Uploaded by Parool Aheer

Afrikaans Grammatica Examenpapier - Middelbare School

advertisement
Taal
VRAAG 1: Woordorde (STOMPI)
Herskryf die sinne, maar begin met die gegewe woorde.
1.1)
Die matriekeksamen is die laaste stap voordat ons ons hoërskoolloopbaan afsluit.
Voordat _ons ons hoërskoolloopbaan afsluit is die matriekeksamen die laaste stap._
1.2)
Dit is belangrik om goeie studiemetodes te ontwikkel om suksesvol te wees in
matriek.
Om suksesvol te wees in matriek _is dit belangrik om goeie studiemetodes te
ontwikkel._
1.3)
Die luiperd bêre sy prooi hoog in die boom om te keer dat ander diere dit steel.
Om te keer _dat ander diere dit steel, bêre die luiperd sy prooi hoog in die boom._
1.4)
Ek hersien my notas in die aand om seker te maak ek onthou alles.
In die aand _hersien ek my notas om seker te maak ek alles onthou._
1.5)
Baie mense eet gesond om te verseker dat hulle langer lewe. .
Om te verseker _dat hulle langer lewe eet baie mense gesond._
[5]
VRAAG 2: Tye
Herskryf die volgende sinne in die verlede tyd. Begin soos aangedui.
2.1)
Die matriekeksamen is die laaste stap voordat ons ons hoërskoolloopbaan afsluit.
In die verlede _was die matriekeksamen die laaste stap voordat ons ons
hoërskoolloopbaan afgesluit het._
2.2)
Dit is belangrik om goeie studiemetodes te ontwikkel om suksesvol te wees in
matriek.
Eeue gelede _was dit belangrik om goeie studiemetodes te ontwikkel om suksesvol
te wees in matriek. _
2.3)
Ek voel 'n mengsel van opgewondenheid en spanning oor die volgende fase van my
lewe na matriek.
Gister _het ek 'n mengsel van opgewondenheid en spanning oor die volgende fase
van my lewe na matriek gevoel._
2.4)
Ons onderwysers speel 'n groot rol in ons voorbereiding vir die eindeksamen.
In die verlede _het ons onderwysers 'n groot rol in ons voorbereiding vir die
eindeksamen gespeel._
2.5)
Matrikulante moet hul tyd doeltreffend bestuur om al hul werk betyds klaar te maak.
Matrikulante _moes hul tyd doeltreffend bestuur om al hul werk betyds klaar te
maak._
Herskryf die volgende sinne in die toekommende tyd. Begin soos aangedui.
2.6)
Baie mense eet gesond om te verseker dat hulle langer lewe.
In die toekoms _sal baie mense gesond eet om te verseker dat hulle langer lewe._
2.7)
Hulle koop aarbeie omdat dit goedkoop is.
Hulle _sal aarbeie koop omdat dit goedkoop sal wees._
2.8)
Die luiperd bêre sy prooi hoog in die boom om te keer dat ander diere dit steel.
In die toekoms _sal die luiperd sy prooi hoog in die boom bêre om te keer dat ander
diere dit steel._
2.9)
Martie het vanoggend haar potlood per ongeluk gebreek .
Vanoggend _sal Martie haar potlood per ongeluk breek._
2.10) Verlede week het Juffrou Steyn die hele klas gevra om te help by die kermis.
Volgende week _ sal Juffrou Steyn die hele klas vra om te help by die kermis._
[10]
VRAAG 3: Ontkenning
Gee die ontkennende vorm van die volgende sinne:
3.1)
Het jy al ooit in 'n groepstudiesessie deelgeneem vir 'n vak?
Nee, _ ek het nog nooit in 'n groepstudiesessie deelgeneem vir 'n vak nie._
3.2)
Het jy al aan enige buitemuurse aktiwiteite deelgeneem terwyl jy in matriek was?
Nee,_ ek het nie aan enige buitemuurse aktiwiteite deelgeneem terwyl ek in matriek
was nie._
3.3)
Ek hersien my notas in die aand om seker te maak ek onthou alles
Nee, _ek hersien nie my notas in die aand om seker te maak ek onthou alles nie._
3.4)
Het jy al ooit met ‘n bus gery?
Nee, _ek het nog nooit met 'n bus gery nie._
3.5)
As hy die span maak, mag hy oefening mis.
_As hy die span maak, mag hy nie oefening mis nie._
VRAAG 4: VOEGWOORDE
Verbind die sinne met die woord tussen hakies.
4.1)
Hulle was baie moeg en honger. Hulle het my gehelp om die motor se band te
vervang. (nogtans)
_Hulle was baie moeg en honger, nogtans het hulle my gehelp om die motor se
band te vervang._
4.2)
Herman het in Duitsland gewerk. Hy het in Suid-Afrika kom woon. (voordat)
_Herman het in Duitsland gewerk voordat hy in Suid-Afrika kom woon het._
4.3)
Die rolprentster Elizabeth Taylor het in verskeie rolprente opgetree. Leane
Ross was bekend vir ‘n enkele rol. (in teenstelling met)
_Die rolprentster Elizabeth Taylor het in verskeie rolprente opgetree, in teenstelling
met Leane Ross wat bekend was vir ‘n enkele rol._
4.4)
Kaapstad is ‘n gewilde toeristestad. Baie mense besoek die Kirstenboschtuin.
(dus)
_Kaapstad is ‘n gewilde toeristestad, dus besoek baie mense die Kirstenboschtuin._
4.5)
Daar is baie strande om te besoek. Die restaurante op die stande is gewild.
(dus)
_Daar is baie strande om te besoek, dus is die restaurante op die strande gewild._
[5]
VRAAG 5: Direkte en Indirekte Rede
Skryf die sinne oor in die indirekte rede.
5.1)
Die tienermeisie sê: “Ek is hartseer omdat Zayn One Direction verlaat het.”
_ Die tienermeisie sê dat sy hartseer is omdat Zayn One Direction verlaat het._
5.2)
Die aanhangers wil weet: “Kan ons nog steeds na die konsert gaan kyk?”
_ Die aanhangers wil weet of hulle nog steeds na die konsert kan gaan kyk._
5.3)
One Direction sê: “Ons is jammer om julle in die steek te laat.”
_ One Direction sê dat hulle jammer is om hulle in die steek te laat._
Skryf die volgende sinne oor in die direkte rede.
5.4)
Kim sê vir Johan da thy sy woorde moet tel.
_ Kim sê vir Johan: “Jy moet jou woorde tel.”_
5.5)
Die onderwsyer het gevra wie One Direction is.
_ Die onderwyser het gevra: “Wie is One Direction?”_
[5]
VRAAG 6: Lydende Vorm
Skryf die volgende sinne oor in die Lydende Vorm.
6.1)
Niemand geniet die outydse metodes nie.
_ Die outydse metodes word deur niemand geniet nie._
6.2)
Interaktiewe tablette het vervelige ou handboeke vervang.
_ Vervelige ou handboeke is deur interaktiewe tablette vervang._
6.3)
Selfs kunstenaars sal baie uitstallings bywoon.
_ Baie uitstallings sal selfs deur kunstenaars bygewoon word._
6.4)
Die jong bobbejane het gereeld bessies en muise geëet.
_Bessies en muise is gereeld deur die jong bobbejane geëet._
6.5)
Baie mense kon die slimfone glad nie gebruik nie.
_Die slimfone kon glad nie deur baie mense gebruik word nie._
[5]
Download