Uploaded by jaquelienbailey86

671631567-GRAAD-9-JUNIE-VRAESTEL-1

advertisement
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
VRAESTEL 1
GRAAD 9
JUNIE 2023
TYD: 2 UUR
TOTAAL: 70
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1.
2.
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS.
AFDELING A : VRAAG 1 - Leesbegrip
(25)
VRAAG 2 - Visuele teks
(15)
AFDELING B : VRAAG 3 - Opsomming
(10)
AFDELING C : VRAAG 4 - Taalstrukture en Konvensies
(20)
Lees die tekste en vrae goed deur.
3.
Beantwoord AL die vrae.
4.
Laat ’n reël oop na ELKE antwoord.
5.
Begin elke afdeling BO-AAN ’n nuwe bladsy.
6.
Nommer jou antwoorde korrek soos wat dit op die vraestel genommer is.
7.
Skryf netjies en leesbaar.
8.
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
AFDELING A : LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
TEKS A
Lees die volgende artikel noukerig en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
2
WORD JY VINNIG KWAAD? PASOP!
1. 1.
Is jy een van daardie mense wat vinnig “snap” – jou humeur verloor en sommer
2.
net wil weghardloop? Pasop, sê kenners, jy moet leer om met hierdie emosie
3.
saam te werk.
4.
2.
Om kwaad te word, is nie verkeerd nie, en dit is ’n gesonde deel van elke mens se
lewe. Hoe jy kwaad word, is egter soms verkeerd. Kwaad word en woede is
emosies en emosies is unieke reaksies op gebeure of interaksies met mense of
jou omgewing wat aangenaam of onaangenaam ervaar word. Jou emosies is hóé
jy met alles rondom jou kommunikeer – dit is dus baie belangrik om te leer hoe om
jou emosies, veral jou woede, te beheer.
3.
“Woede is ʼn sekondêre reaksie,” sê Ronel du Toit, voorligtingsielkundige by die
Universiteit van Pretoria, “jy moet kyk wat lê agter jou woede”. Dit is algemeen
onder tieners dat hul woede opgekrop word – jy sluk jou kwaai gevoelens keer op
keer totdat dit só in jou opbou dat jy jou oorgee aan woede. “Dit is belangrik dat jy
agterkom wat jou kwaad maak en dit daar en dan te konfronteer. Moenie laat dit
binne-in jou opbou nie – jy gaan nie jou reaksies daarna kan keer nie,” sê Du Toit.
4.
Daar is menigte situasies wat ’n mens kwaad maak – en as ’n sneller optree vir
woede. Jy kan dit gewoonlik met ’n “ek-boodskap” verduidelik: - Ek is kwaad - Ek
voel verneder - Ek word gedreig - Ek word seksueel misbruik - Ek voel magteloos
omdat ... Let op wanneer jy kwaad raak, en wanneer jy woedend raak – wanneer
‘snap’ jy die vinnigste? Jy sal gewoonlik ’n patroon begin raaksien. Is dit omdat jy
honger of dors is? Of irriteer ’n spesifieke situasie jou altyd? Dalk stres jy oor
volgende week se eksamen.
5.
“Wanneer jy die snellers identifiseer en raaksien, kan jy probeer om dit te vermy,”
sê Du Toit. Jy moet versigtig wees wanneer jou kwaai-emosies oorgaan na
woede. “Dan skop jou veg, vlug of vries-reaksie in en jy kan nie meer logies dink
nie. ’n Woorde-oorlog ontstaan dan en dit moet jy vermy, want in ’n oorlog is daar
altyd ʼn verloorder.” Siestog.
6.
“Onthou dat jy altyd ’n keuse het,” sê Du Toit, “Jy kan fisies baklei, weghardloop,
in trane uitbars, die persoon sleg sê, iemand kry om jou te help, ensovoorts. Of jy
3
kan selfgeldend reageer en die situasie probeer oplos. Dit kan slegs gedoen word
deur ’n oop en eerlike gesprek te voer met die ander persoon.” Jy moet altyd
probeer om die vrede te bewaar – hetsy die konflik met jou ouers, onderwyser of
vriend is. Elke huis het sy kruis. Sjoe! Emosies kan moeilik wees om te beheer.
7.
As jy sukkel met woede-uitbarstings of voel dat jy gereeld baie kwaad word, is dit
’n goeie idee om met ’n onderwyser of sielkundige daaroor te gesels. Hulle kan jou
leer hoe om die woede te beheer en anders op te tree in die situasies wat jou laat
oorkook!
[Verwerk uit Jip, 8 September 2012]
VRAE:
1.1
Haal ’n enkele woord uit die opskrif aan wat ’n waarskuwing is.
(1)
1.2
Verduidelik wat bedoel word met die woord “snap” in paragraaf 1.
(1)
1.3
Sê of die volgende stelling WAAR / ONWAAR is:
1.3.1 Dit is verkeerd om kwaad te wees.
(1)
1.3.2 Haal ’n frase uit paragraaf 2 aan om jou antwoord in VRAAG 1.3.1
te bewys.
(1)
1.4
Watter raad gee Ronel du Toit in paragraaf 3?
1.5
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.
Dit is nie belangrik om te weet wat jou kwaad maak nie.
1.6
(1)
Waarom, volgens paragraaf 3, is dit gevaarlik vir tieners om hulle emosies te
laat opbou?
1.7
(2)
(1)
Kies die antwoord wat die volgende vraag korrek beantwoord.
Skryf slegs die korrekte letter langs die vraagnommer neer.
4
Watter ander gevoelens ontlok gewoonlik ’n gevoel van woede?
1.8
A
Magteloosheid
B
Vernedering
C
Beide A en B
D
Geluk
(1)
Verwys na paragraaf 5:
Wanneer kan ’n mens nie meer logies dink nie?
1.9
Verwys na paragraaf 5.
1.9.1
1.9.2
1.10
(1)
Word die uitdrukking “woorde-oorlog” LETTERLIK of FIGUURLIK
bedoel?
(1)
Motiveer jou antwoord in 1.9.2.
(1)
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter langs die
vraagnommer.
Sjoe! is ’n voorbeeld van:
1.11
A
Oorredende taal
B
Eufemisme
C
Stereotipering
D
Tussenwerpsel
(1)
Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf die vraagnommer en die woord
neer.
Verwys na paragraaf 6:
Die woord siestog is ’n voorbeeld van (oorredende taal / emotiewe taal). (1)
1.12
Wat kan jy, volgens paragraaf 6, doen om probleme tussen jou en iemand
anders op te los?
5
Noem 2 dinge.
(2)
1.13
Watter TWEE mense, volgens paragraaf 7, kan hulp vir woede aanbied? (1)
1.14
Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf die vraagnommer en die woord
neer.
Om te sê dat alle emosies sleg is, is ’n voorbeeld van (partydigheid /
eufemisme).
1.15
(1)
Verwys na paragraaf 6:
Wat beteken die IDIOOM: Elke huis het sy kruis?
1.16
(1)
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die woord neer.
Mans word gouer kwaad as vroue is ’n voorbeeld van ’n (idioom /
1.17
veralgemening).
(1)
Pas die beskrywing in KOLOM A by die korrekte woord in KOLOM B.
(4)
Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer. bv. 1.18.1 C
KOLOM A
KOLOM B
1.17.1 Voorligtingsielkundige aan die
Universiteit van Pretoria.
A Kenners
1.17.2 Wanneer jy woorde gebruik om met
iemand te baklei.
B Snellers
1.17.3 Mense wat baie kennis van ’n sekere
onderwerp het.
C Dr. du Toit
1.17.4 Dinge wat ’n mens kwaad maak.
D Woorde-oorlog
[25]
VRAAG 2: VISUELE TEKS
Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
TEKS B: SPYSKAART
Jy en ’n paar vriende gaan middagete by ’n Wimpy-restaurant eet.
6
GEROOSTERDE TOEBROODJIES
Bedien met ’n porsie skyfies of slaai.(keusevan witof volgraanbrood)
Kaas
Kaas en tamatie
Ham, kaas en tamatie
Tuna mayonnaise
Gekruide maalvleis op
Roosterbrood
R34,00
R38,00
R40,00
R35,00
R62,00
KLASSIEKE BURGERS Bedien met ’n
porsie skyfies of slaai.
Wimpy burgers
Spek en kaas
Hoender
Deluxe groenteburger
R49,00
R57,00
R58,00
R58,00
NAGEREG
DRANKIES
Melkskommel
R30,90
Groot beker koeldrank (Coke, Fanta.
Cream soda) om te deel.
R59,00
Tee
R15,00
Roomys
Bar-one wafel
Vars vrugteslaai
R27.00
R42,00
R39,90
Wimpy-ontbyt word heeldag bedien!
VRAE:
2.1
Jy is baie gesondheidbewus en eet nie gemorskos nie.
Watter nagereg sal jy bestel?
2.2
(1)
Jou vriendin, Claudine is ʼn vegetariër.
2.2.1 Wat is ’n vegetariër?
(1)
7
2.2.2
Watter burger sal sy bestel?
(1)
2.3
Jy is baie lief vir vis. Watter gereg sal in jou smaak val?
2.4
Hoeveel is die groot beker koeldrank (om te deel)?
(1)
Skryf die bedrag in WOORDE.
(1)
2.5.1 Wat beteken die woord ‘bykos’?
(1)
2.5.2 Noem EEN bykos waarmee burgers en toebroodjies bedien word.
(1)
2.6.1 Wat is die DUURSTE item op die spyskaart?
(1)
2.6.2 Wat is die GOEDKOOPSTE item op die spyskaart?
(1)
2.7
Waarom gee ’n klient vir ’n kelner ’n fooitjie?
(1)
2.8
Haal EEN woord uit die teks aan om te bewys dat volgende stelling
ONWAAR is.
Wimpy-ontbyt word net in die oggend bedien.
2.9
Pas die beskrywing in KOLOM A by die woord in KOLOM B.
Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer. bv. 2.9.1 F.
KOLOM A
KOLOM B
2.9.1 Die ekstra geld wat klante vir
’n kelner of kelnerin gee.
8
A
Voorgereg
(1)
2.9.2 ’n Lys met verskillende disse
B
Nagereg
C
Spyskaart
D
fooitjie
en pryse wat ’n restaurant
aanbied en bedien.
2.9.3 Die geregte wat meestal uit
soetgoed bestaan.
2.9.4 Die geregte wat meestal uit
sout-disse bestaan.
[15]
TOTAAL AFDELING A: 40
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 3: HOE OM ’N GELUKKIGE MENS TE WEES.

Som SEWE wenke op wat jy kan doen om ʼn gelukkiger mens te wees.

Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.

Skryf jou SEWE SINNE onder mekaar neer en nommer die sinne 1–7.
9

Jy moet een sin oor elke feit skryf.

Begin elke sin met ’n WERKWOORD.

Laat ʼn reël tussen jou sinne oop.

Jou opsomming mag nie LANGER as 60 woorde wees nie.

Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
TEKS C
WENKE OM JOU GELUK TE VERSEKER
Moet jy ʼn lang lys goed voor ʼn groot toets leer? Soms keer stres dat jy dinge gedoen kry;
daarom is dit belangrik om te ontspan. Soek ʼn stil plekkie waar jy gemaklik kan sit en
konsentreer op jou asemhaling.
Het jy stry gekry met jou beste maat? Dink ʼn bietjie na oor jou reaksie op die situasie. Hoekom
is jy kwaad? Gaan sit dan saam met iemand met wie jy openhartig kan gesels en praat oor die
saak en hoe jy daaroor voel. Soms moet jy net jou hart uitpraat as jy van negatiewe emosies
ontslae wil raak.
Afleiding help altyd wanneer jy jou stresvlakke wil laat daal. Kry iets om jou aandag van jou
probleme af te lei. Doen iets produktiefs wat jou die bevrediging sal laat smaak dat jy iets bereik
het of laat ʼn snaakse fliek of goeie boek jou meevoer.
Voel jy effens paniekerig oor jou groot afspraak vanaand? Oefening is ʼn wonderlike manier om
senuagtigheid te laat verdwyn en die endorfiene wat dit jou liggaam laat afskei, sal jou laat goed
voel.
Jy het hartseer wakker geword en jy is allesbehalwe lus om te glimlag, maar dwing jouself om
breed te glimlag wanneer jy by mense verbystap – jy sal verbaas wees oor hoe vinnig daardie
glimlag in ʼn spontane een verander, veral as iemand terugglimlag.
Dink aan ʼn paar goeie dinge wat vandag gebeur het. Selfs iets doodgewoons kan jou help
opbeur, soos jou gunsteling-gereg of ’n maat wat jou vrolik groet. As jy op iets positiefs fokus,
sal die swartgalligheid vinnig verdwyn.
10
Beur jouself op deur iemand anders te help. Goeie dade laat die gewer én die ontvanger beter
voel. Help jou ma met die skottelgoed of doen welsynwerk vir ’n liefdadigheidsorganisasie –
dit kan iets kleins of groots wees.
[Verwerk uit: www.Netwerk 24.co.za]
TOTAAL AFDELING B: [10]
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES
VRAAG 4: SPOTPRENT
Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die taalvrae wat daarop
gebaseer is.
Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. bv. 4.1 groen.
TEKS D
11
[Verwerk uit: Google images]
VRAE:
4.1
Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
My IPOD se laaier is êrens.
4.2
(1)
Skryf die volgende sin oor in die INDIREKTE REDE.
Jeremy se ma vra: “Hoe laat is jou toets?”
(2)
Begin só:
Jeremy se ma vra …
4.3
Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
Mendeljev het gister die periodieketabel aandagtig bestudeer.
Begin só:
4.4
Die periodiektabel ...
Skryf die volgende sin oor in die TOEKOMENDE TYD.
Mens kan nie sonder ʼn selfoon leer nie.
Begin só:
12
(2)
Volgende week …
4.5
(1)
Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Jeremy het vir sy toets voorberei. Hy het gaan slaap. (Nadat)
(2)
Begin só:
Nadat ...
4.6
Gee die AFKORTING vir Desember.
4.7
Verdeel die volgende woord in LETTERGREPE.
eksamen
(1)
(1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL
Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
Opstelike taalfoute kom voor.
TEKS E
13
NANAGA-PADSTAL, ALEXANDRIA
Nanaga is ʼn instelling. Dit bestaan al 43 (5.1) (jare/jaar). Die padstal was eers ʼn
klein (5.2) (wit) geboutjie langs die (5.3) Grahamstad en Port Elizabeth pad. Die
plek het sy eie vulstasie. Alles kry jy in die (5.4) (vriendelik) restaurant.
Dave, ’n toeris, het gedink dit is (5.5 nie moontlik nie) om eksotiese vulsels by ’n
gewone restaurant te kry. Hy sê dat jy teen vier-uur by Nanaga moet wees om
roosterkoeke te geniet. 5.6 Motoriste moet geduldig wees.
As jy Nanaga besoek sal jy nie ’n kat in die (5.7 sak/maandjie/winkel) koop nie.
5.8 Die een ding wat nog nie verander het nie, is hoe gewild Nanaga se pasteie
en roosterkoeke is.
Motoriste moet geduldig wees as hulle (5.9 op / met) vakansie is. ’n Mens moet
(5.10 hulle / jou) hande was voordat jy iets by Nanaga eet.
[Verwerk en aangepas uit WEG, April 2019]
VRAE:
5.1
Kies die korrekte SPELLING van die woord tussen hakies.
Dit bestaan al 43 (jare / jaar).
5.2
(1)
Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies
ʼn klein (wit) geboutjie …
5.3
(1)
Kies die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die woord tussen
hakies.
5.4
Grahamstad en Port Elizabeth is (eiename / soortname).
(1)
Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
(1)
Alles kry jy in die (vriendelik) restaurant.
5.5
Gebruik EEN WOORD vir die woorde tussen hakies deur ’n VOORVOEGSEL
14
by te voeg.
Dave het gedink dit is (nie moontlik nie) om eksotiese vulsels te kry.
5.6
(1)
Skryf die sin in die INFINITIEF.
Motoriste moet geduldig wees.
Begin so:
5.7
Motoriste behoort …
(1)
Kies die korrekte woord tussen hakies om die IDIOOM te voltooi.
(1)
As jy Nanaga besoek sal jy nie ʼn kat in die (sak/maandjie/winkel) koop nie.
5.8
Is die volgende sin ’n SAAMGESTELDE SIN of ’n ENKELVOUDIGE SIN? (1)
Die een ding wat nog nie verander het nie, is hoe gewild hulle pasteie en
roosterkoeke is.
5.9
Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.
Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
(1)
Motoriste moet geduldig wees as hulle (op / met) vakansie is.
5.10
Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.
’n Mens moet (hulle/ jou) hande was voordat jy eet.
(1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 70
15
16
Download