Lesplan – Kwartaal 3 Week 1 & 2 Graad 6 Afrikaans EAT -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------NOTA AAN DIE ONDERWYSER: 1. Vir Kwartaal 3 gaan ons konsentreer op die onderrig van die Keatiewe Skryfprojek stappe/fases, en die informele assessering daarvan. 2. Dit is belangrik om 'n literêre genre (poësie / roman / drama / volksverhaal / kortverhaal) of letterkundige begrippe (atmosfeer / konflik / intrige / karakterisering/ ruimte / dramatiesedoelstelling, ens.) te kies wat voorheen gelees of geleer is om te behandel. 3. Week 1 gaan oor die onderrig van HOE OM navorsing te doen. 4. Nadat ons leerders geleer het hoe om navorsing te doen en leerlinge die aktiwiteit/e beoefen het, sal ons hul vermoë om onafhanklik navorsing te doen, formeel assesseer aan die hand van 'n Kontrolelys of 'n Rubriek/Matrieks. 5. Onthou dat die puntetoekenning vir KSP Fase 1: Navorsing 10 punte is. 6. Ons sal fokus op KSP-fase twee: Skryf in die Kwartaal 3, week 3 en 4 Lesplan. 7. Onthou hierdie eksemplaar lesplan is ‘n voorstelling – onderwysers mag verskillende letterkundige genre /s of begrip/pe ondersoek as dit wat hier voorgestel word. ‘n Eenvoudige navorsingsproses: 1. Lees en bespreek die teks (Letterkunde genre) 2. Ontwikkel 'n 'Navorsings vraag' 3. Identifiseer verskillende navorsingsbronne / metodes 4. Doen navorsing en fokus om die navorsingsvra ag te beantwoord 5. Noteer alle bevindinge / data (Kan in breinkaart of paragraafform aat wees. 6. Leerders bewaar bewyse van die navorsingspro ses in 'n lêer. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 1 NOTA AAN DIE ONDERWYSER: 1. Leerders gaan oefen om navorsing te doen deur die kenmerke en temas in 'n kortverhaal te ondersoek. STAP EEN: ✓ Bespreek die tekssoort soos uiteengesit in Aktiwiteite 1 & 2 hieronder ✓ Definieer 'n NAVORSINGSVRAAG – Wat is die verbintenis tussen ‘n Sonbesie en die dogtertjie vir die man? (Gemik op die storie Sonbesie – Aktiwiteit 2) ✓ STAP TWEE: ✓ Besluit oor navorsingsformate: Aanlyn, Biblioteek, Vrae en Antwoorde, ens. ✓ Gebruik ten minste 3-4 verskillende navorsingsbronne: Google; Biblioteek; ens. ✓ Stel 'n bibliografie op aan die einde van die navorsingsproses: VOORBEELD: ▪ Samuels, N. (2021) Hoe om navorsing te doen ▪ Turner, Samantha (2018) Hoe om nie te plagiaat nie ✓ Gebruik 'n breinkaart of enige kreatiewe formaat om navorsingsbevindinge te noteer. https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.swanies.co.za%2FSkryf&psig=AOvVaw1ohbu_j7UTTaYmWZCU4Omx&ust=16274123718 41000&source=images&cd=vfe&ved=0C AsQjRxqFwoTCKjuzNq1gfICFQAAAAAdAAAAABAX AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 2 STAP DRIE: Neem notas van Navorsingsbevindinge ✓ Gebruik die onderstaande skryfraam as riglyn SKRYF DIE NAVORSINGSVRAAG IN HIERDIE BLOK BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE EERSTE KATEGORIE IN HIERDIE BLOK. ONTHOU BIBLIOGRAFIE BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE TWEEDE KATEGORIE IN HIERDIE BLOK. ONTHOU BIBLIOGRAFIE BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE DERDE KATEGORIE IN HIERDIE BLOK. ONTHOU BIBLIOGRAFIE BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE IN HIERDIE BLOK: A. B. C. HOE HET HIERDIE KATEGORIEË VERWANTE MET MEKAAR? WAT HET JY GELEER UIT AL DRIE KATEGORIEË? TOT WATTER SLOTSOM KOM JY?/ BEANTWOORD DIE NAVORSINGSVRAAG. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 3 Aktiwiteit 1: LUISTER EN PRAAT NOTAS AAN DIE ONDERWYSER: 1. Ons sal ‘n kortverhaal gebruik om die leerders te leer HOE OM NAVORSING te doen en hoe om hul bevindings te noteer Oliver die held Deur Cornelia Claasen Oliver die varkie bly by oom Alex en tannie René op ʼn hoewe. Hy het sy eie bed met ’n wit muskietnet. Saans lees tannie René vir hom stories. Elke dag ry Oliver saam met oom Alex voor in die bakkie rond. Elkeen het ʼn veiligheidsgordel aan. Op die vloer lê altyd ʼn klomp leë meelsakke. Oom Alex steek sy geldsakkie daaronder weg. Vandag ry hulle dorp toe en stop voor die Spar. Oom Alex haal ’n paar rand uit sy geldsakkie. “Ek gaan net gou ’n paar klein goedjies kry, Oliver,” sê hy. “Pas die bakkie mooi op.” Oliver gee ’n snork, krul hom op en raak aan die slaap. Kwarra! Die ruit aan oom Alex se kant spat aan stukke. ’n Baksteen beland op die sitplek. Van skrik val Oliver op die bakkie se vloer en kruip in ’n meelsak. Skielik roer iets tussen die meelsakke en ’n hand raak aan Oliver. Oliver skree en kom snork-snork orent. "Help, 'n spook!" skree die dief en hol gillend weg. Oom Alex kom aangehardloop bakkie toe. “Oliver, is alles reg?” roep hy. ʼn Snorkende wit gedaante staan op die bakkie se voorste sitplek. “Oliver, is dit jy?” Oliver klouter nies-nies uit die meelsak. Oom Alex vryf Oliver se kop en sê: “Jy is my held! Ek is so trots op jou! Jy het die dief verjaag en my geldsakkie is veilig!” Daardie aand word Oliver bederf met ʼn heerlike bord boontjiebredie afgerond met ’n bakkie sagopoeding. Daarna raak hy dadelik aan die slaap op sy bed met die wit muskietnet. Die volgende dag verskyn Oliver se foto in die dorpskoerant met “Held” boaan geskryf. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 4 Luisterbegrip: Luister na 'n kortverhaal / storie: Oliver, die held deur Cornelia Claasen (Kan ook kies uit kontemporêre, realistiese fiksie / tradisionele stories / persoonlike verslae / avontuurverhale / snaakse stories / fantasie / werklike lewenstories / historiese fiksie) Gebruik nou die volgende vrae om 'n gesprek met die klas aan te spreek: Onderwysers lei ‘n klasbespreking: (gebaseer op die verhaal: Oliver, die held deur Cornelia Claasen) 1. Voor jy die hele storie lees, kyk na die prentjie en lees net die eerste twee sinne van die storie. Sou jy se Oliver is ‘n bedorwe varkie? 2. Waaroor gaan hierdie kortverhaal? 3. Wat is die tydlyn / volgorde van gebeure in die kortverhaal? 4. Kan jy die tema van die kortverhaal verbind met ‘n soortgelyke ervaring in jou eie lewe? Verduidelik. 5. Kan jy die volgende elemente in die verhaal identifiseer? Verduidelik. a. Karakterisering b. Milieu c. Konflik d. Plot en e. Tema 6. Kan jy die kortverhaal in twee sinne oorvertel? AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 5 Aktiwiteit 2: LEES EN KYK Leesbegrip: lees 'n storie Sonbesie Deur Rachelle Best “Oom, asseblief, kan Oom dit afhaal?” Sy vra mooi. “Ek en my boetie het gespeel, Oom, en hy’t dit per ongeluk toegedruk. Ons weet nie waar die sleutels is nie, Oom.” Sy praat so vinnig hy kan skaars hoor wat sy sê. Hy het nie eens gesien waar sy vandaan kom nie. Dis asof sy uit die stof verskyn het. “Kom laat ek sien, kind,” sê hy. Sy loer op na sy gesig, kyk dadelik weer weg. Sy een wenkbrou lig effens en hy skud sy kop. Wat sou die meisiekind in sy gesig gesien het? Waarvoor is sy so bang? Sy strek haar stokkie-arms na hom toe uit. “Dit lyk seer. Wanneer het dit gebeur?” vra hy. Die geskarrel in die werkswinkel agter hom vervaag in die agtergrond. Die hitte tril oorverdowend in die stilte. “Sommer net-nou-net, Oom, toe ons gespeel het. My ma gaan amper by die huis wees van die werk af. Ons gaan in vreeslike moeilikheid wees, Oom.” Sy kyk weer weg. “Sy’t gesê ons mag nie met die goed speel as sy nie by die huis is nie. Sy sê dit kan seermaak. En sy’s reg, Oom, dis seer.” Haar versigtigheid vir die waarheid steek hom. Sy hou weer haar hande uit na hom en hy hoef nie te vra om te weet dis nie ’n speel-speel ongeluk nie. Die metaal sny tot in haar vel en die bloed syfer plek-plek deur die pers kolle waar dit al ’n wyle teen die beentjies in haar gewrigte druk. Hy kyk vlugtig na haar, skat sy’s omtrent vyf, dieselfde as Lila. Net maerder. En vuiler. Ou vuil. “Waar bly jy?” probeer hy uitvis. “Net hier naby, Oom, nie ver nie. Ek het sommer oorgestap. My boetie sê hier’s altyd mense.” Sy gee geen detail weg nie. Hy kyk rond sonder om te lyk of hy te veel belangstel en gaan haal dan sy gereedskapskas. Sy trap senuagtig rond, asof sy iemand of iets verwag. “Is jy alleen hier?” probeer hy weer. “Ja, Oom, maar my boetie is by die huis. My ma sal my mos nooit alleen los nie.” Sy kyk vir die eerste keer reguit in sy oë, asof sy hom wil dwing om haar te glo. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 6 Dis nie sommer speelgoed nie, dis van harde metaal. Hy krap rond tussen sy gereedskap en haal die boutsnyer uit. Hy sal versigtig moes wees. Daar is nie veel speling tussen die metaal en haar vel nie. “Nee, Oom!” skrik-sê sy en pluk haar armpies weg toe hy naderkom met die groot stuk gereedskap in die hand. “Oom kan nie dit afsny nie. My ma sal raas as die goed iets oorkom.” Wat gaan aan by daardie huis, wonder hy, maar hy wil haar nie laat skrik met nog vrae nie. “Kom nader, meisiekind, kom ons probeer dan eerder die slot oopmaak. Dit gaan net langer vat, reg?” Die trane lê vlak in haar oë. “Oukei, Oom. Dankie, Oom.” Hy het ’n bobby-pin hier iewers gehad. Hy krap weer in sy kis. Sy staan nie ’n oomblik stil nie. Dringendheid straal uit haar trippelende lyfie. “Aaa, hier’s dit! Ek moes mos al eenkeer self ontsnap, het geweet dit sal weer handig inkom!” Hy knipoog goedig vir haar. Onseker of daar ’n effense glimlag om haar mondhoeke is. Met deernis neem hy haar arms om die slot reg te posisioneer. Karring-karring met die slot. Skuif sy bril reg. “Vervlaks, die goed is beter gemaak as op my dag.” Karring-karring. Die slot kliek oop. “Daar’s hy!” Sy gryp-vat dit by hom, duidelik bang hy wil dit hou. Toe, sonder ’n woord draai sy om en verdwyn so vinnig soos sy haar verskyning gemaak het. Hy wou nog vra wat haar naam is. Sonbesie spring in sy kop, waarom weet hy nie. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 7 Aktiwiteit 2.1: Lees die verhaal deur verskillende leesstrategieë te gebruik: A: Gebruik die verhaal: Sonbesie as die teks wat ondersoek moet word. B: NAVORSINGSVRAAG – Wat is die verbintenis tussen ‘n Sonbesie en die dogtertjie vir die man? Leerders moet deur die volgende vrae gelei word: a. Lees nou die verhaal weer en beantwoord dan die vrae wat volg: a. Identifiseer die volgorde van gebeure in die verhaal. b. Beskryf die omgewing. c. Wie is die hoofkarakter in die verhaal? d. Beskryf die verhouding tussen die twee hoofkarakters. e. Hoekom dink jy, voel die Oom ongemaklik oor die dogtertjie se welstand? f. Hoekom sien die Oom die dogtertjie vuiler as ou vuil? g. Beskryf ‘n sonbesie. C. Gebruik ten minste 2-3 verskillende bronne / metodes om bogenoemde vrae te beantwoord. D: Gebruik 'n breinkaart om jou navorsingsbevindinge/notas te organiseer en aan te teken. E: Stel 'n bibliografie saam van al die bronne wat jy gebruik het aan die einde van die navorsingsproses. F: Verseker dat jy die NAVORSINGSVRAAG, soos uiteengesit in Punt B hierbo, beantwoord as deel van jou slotsom. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 8 Aktiwiteit 2.2: Woordeskatontwikkeling a. Gebruik 'n woordeboek om die volgende woorde / frases met betrekking tot Sonbesie te verduidelik: ou vuil: gereedskapkas; boutsnyer; speling; dringendheid, trippelende; deernis; posisioneering. Aktiwiteit 2.3: Begrip Onderwysers kan leerders toelaat om hul navorsingsbevindinge tydens 'n klasbespreking aan te bied, om te verseker dat alle leerders die navorsingsproses gevolg het, sowel as om elemente van 'n verhaal te bespreek. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 9 NOTAS AAN ONDERWYSER: 1. Die kontrolelys vir die navorsingsaktiwiteite mag deur die onderwyser aangepas word volgens die onderrigpunte van eie navorsingsproses. 2. Bespreek die kontrolelys met leerders VOORDAT die assessering begin. 3. HERINNERING: Ons kan nie assesseer wat nie onderrig was nie! Naam van Leerder: _____________________________ Graad: _______________________________________ Skool: _______________________________________________________________ Onderwyser: ______________________________________________________________ No. KONTROLELYS: KRITERIA 1 Ek het bewyse van my beplanning vir my navorsing 2 My hipotese/navorsingsvraag is duidelik gestel 3 Ek het die tyd wat toegeken is om my navorsing te doen, gehoorsaam 4 Ek het onafhanklik gewerk 5 Ek het my navorsing in die klas gedoen 6 Ek het ‘n verskeidenheid navorsingsbronne gebruik en die bronne aangeteken 7 Ek het van verskillende navorsingstegnieke gebruik en het ‘n bibliografie 8 9 10 My data is sistematies aangeteken My bevindinge stem duidelik ooreen met my hipotesis/navorsingsvraag Ek het ‘n samevatting wat my bevindinge opsommend reflekteer TOTAAL Punte (GR4-6 = 10) KOMMENTAAR: HANDTEKENING: Datum: AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 10 Aktiwiteit 3: SKRYF EN AANBIED Skryf dagboekinskrywings a. Leerders skryf 'n eenvoudige tweedagse dagboekinskrywing asof die Oom dit in sy dagboek geskryf het, nadat hy Sonbesie (die klein dogtertjie in die kortverhaal) ontmoet het: ✓ Kies toepaslike inhoud vir die onderwerp ✓ Gebruik die gepaste struktuur as 'n raam ✓ Vertel die gebeure in die korrekte volgorde ✓ Gebruik verbindingswoorde ✓ Gebruik gepaste grammatika, spelling, punktuasie en spasies tussen paragrawe ✓ Gebruik 'n woordeboek om spelling en betekenis van woorde na te gaan b. Leerders moet die skryfproses volg c. Hulle moet bewys lewer van al die stappe in die skryfproses https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fiknowthat.co.za%2Fcollections%2Fgeneral-algemeen%2Fproducts%2Frubriek-afrikaans-vriendskaplikebrief-metinkkaart&psig=AOvVaw0qxDYpBqus5NwOg8dryL8q&ust=1627419823029000&source=images&cd=vfe&ved=0CAsQjRxqFwoTCPjnzMDRgfICFQAAAAAdAAAAABA J AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 11 Aktiwiteit 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES 4.1 Spelling • Voeg ‘ies’ by om meervoude te vorm WOORD VERKLEINWOORD MEERVOUD van die verkleinwoord Hemp Karakter Televisie Boom Rekenaar Voorskoot Blom Beursie Sleutels Gemakstoel 4.2 Werk met woorde en sinne • Begin om verbindingswoorde te gebruik om oorsaak en gevolg aan te dui (sodat) OORSAAK KIES DIE KORREKTE GEVOLG 1.Die dogter en haar boetie het met ‘n slot gespeel, b. en toe gebruik hy ‘n haarnaald om dit oop te sluit. 2. Hulle het nie geluister na hul ma nie, c. en toe druk een van die twee die slot toe. 3. Die dogter wou nie he die oom moes die slot oopbreek nie, d. dus haas sy haar om by die huis te kom. 4. Die dogtertjie se trane lê vlak want e. nou het die dogtertjie seer gekry. 5. Die dogtertjie se ma gaan kwaad is as sy nie betyds by die huis kom nie, f. sy is haastig om by die huis te kom. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 12 4.3 Woordeskat in konteks • Sinonieme (woorde wat dieselfde betekenis het, bv. vriendelik / aangenaam) Skryf die SINONIEM van die onderstreepte woorde neer: (Uit die kortverhaal: Sonbesie) Wat gaan aan by daardie huis, wonder hy, maar hy wil haar nie laat skrik met nog vrae nie. “Kom nader, meisiekind, kom ons probeer dan eerder die slot oopmaak. Dit gaan net langer vat, reg?” Die trane lê vlak in haar oë. “Oukei, Oom. Dankie, Oom.” Hy het ’n bobby-pin hier iewers gehad. Hy krap weer in sy kis. Sy staan nie ’n oomblik stil nie. Dringendheid straal uit haar trippelende lyfie. _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ ------------------------------------------------------------------------------------------------------EINDE. AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 13 HERSIENDE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN AFRIKAANS EAT GRAAD 6 KWARTAAL 3 VAARDIGHEDE Kwartaal 3 Week 1-2 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) Luisterbegrip: luister na 'n storie Gebruik 'n teks van 'n handboek of uit die onderwyser se hulpbronlêer (Kies uit kontemporêre, realistiese fiksie / tradisionele stories / persoonlike verslae / avontuurverhale / snaakse stories / fantasie / werklike lewenstories / historiese fiksie) • Beantwoord letterlike vrae • Bespreek die belangrikste karakter • Teken relevante inligting op 'n kaart • aan, byvoorbeeld op 'n tydlyn • Som die storie op LEES EN KYK Leesbegrip: lees 'n storie Gebruik 'n teks van 'n handboek of uit die onderwyser se hulpbronlêer • Pre-lees: voorspel na aanleiding van titel en prente • Beskryf die kenmerke van die teks • Gebruik leesstrategieë, byvoorbeeld • kontekstuele leidrade om betekenis te bepaal en afleidings te maak • Beantwoord vrae oor die storie • Identifiseer en bespreek die agtergrond en karakters • Beskryf oorsaak en gevolg in 'n storie • Gee 'n persoonlike reaksie op die storie • Verbind dit met eie ervaring Besin oor tekste wat selfstandig / in pare gelees is • Lewer 'n gestruktureerde boekresensie deur middel van 'n goeie mondelinge aanbieding SKRYF EN AANBIED Skryf dagboek inskrywings • Kies toepaslike inhoud vir die onderwerp • Gebruik die gepaste struktuur as 'n raam • Vertel die gebeure in die korrekte volgorde • Gebruik verbindingswoorde • Gebruik gepaste grammatika, spelling, punktuasie en spasies tussen paragrawe Gebruik die stappe van prosesskryf • Hou 'n dinkskrum vir idees • Skryf 'n eerste konsep • Hersien • Redigeer • Skryf die finale weergawe • Bied die netjiese, leesbare weergawe aan Skryf woorde en hul betekenis in 'n persoonlike woordeboek neer • Gebruik sinne, tekeninge of verduidelikings om betekenis van woorde te verduidelik TAALSTRUKTURE EN-KONVENSIES Spelling • Spel bekende woorde korrek deur 'n persoonlike woordeboek te gebruik • Voeg ‘ies’ by om die meeste meervoude te vorm Werk met woorde en sinne • Eenvoudige present om universele stellings te beskryf, bv. ‘Die son sak in die weste.’ • Begin om verbindingswoorde te gebruik om oorsaak en gevolg aan te dui (sodat) Woordeskat in konteks • Woorde geneem uit gedeelde of individueel geleesde tekste • Sinonieme (woorde wat dieselfde betekenis het, bv. vriendelik / aangenaam) AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 14