Uploaded by George Segalo

Lesplan Gr6 Afrikaans EAT Kw3 W1&2

advertisement
Lesplan – Kwartaal 3 Week 1 & 2
Graad 6 Afrikaans EAT
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
1. Vir Kwartaal 3 gaan ons konsentreer op die onderrig van die Keatiewe Skryfprojek
stappe/fases, en die informele assessering daarvan.
2. Dit is belangrik om 'n literêre genre (poësie / roman / drama / volksverhaal /
kortverhaal) of letterkundige begrippe (atmosfeer / konflik / intrige /
karakterisering/ ruimte / dramatiesedoelstelling, ens.) te kies wat voorheen gelees
of geleer is om te behandel.
3. Week 1 gaan oor die onderrig van HOE OM navorsing te doen.
4. Nadat ons leerders geleer het hoe om navorsing te doen en leerlinge die
aktiwiteit/e beoefen het, sal ons hul vermoë om onafhanklik navorsing te doen,
formeel assesseer aan die hand van 'n Kontrolelys of 'n Rubriek/Matrieks.
5. Onthou dat die puntetoekenning vir KSP Fase 1: Navorsing 10 punte is.
6. Ons sal fokus op KSP-fase twee: Skryf in die Kwartaal 3, week 3 en 4 Lesplan.
7. Onthou hierdie eksemplaar lesplan is ‘n voorstelling – onderwysers mag
verskillende letterkundige genre /s of begrip/pe ondersoek as dit wat hier
voorgestel word.
‘n Eenvoudige navorsingsproses:
1. Lees en
bespreek die
teks
(Letterkunde
genre)
2.
Ontwikkel
'n
'Navorsings
vraag'
3. Identifiseer
verskillende
navorsingsbronne
/ metodes
4. Doen
navorsing en
fokus om die
navorsingsvra
ag te
beantwoord
5. Noteer alle
bevindinge /
data (Kan in
breinkaart of
paragraafform
aat wees.
6. Leerders
bewaar
bewyse van
die
navorsingspro
ses in 'n lêer.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 1
NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
1. Leerders gaan oefen om navorsing te doen deur die kenmerke en temas in 'n
kortverhaal te ondersoek.
STAP EEN:
✓ Bespreek die tekssoort soos uiteengesit in Aktiwiteite 1 & 2 hieronder
✓ Definieer 'n NAVORSINGSVRAAG – Wat is die verbintenis tussen ‘n Sonbesie en die
dogtertjie vir die man? (Gemik op die storie Sonbesie – Aktiwiteit 2)
✓ STAP TWEE:
✓ Besluit oor navorsingsformate: Aanlyn, Biblioteek, Vrae en Antwoorde, ens.
✓ Gebruik ten minste 3-4 verskillende navorsingsbronne: Google; Biblioteek; ens.
✓ Stel 'n bibliografie op aan die einde van die navorsingsproses:
VOORBEELD:
▪ Samuels, N. (2021) Hoe om navorsing te doen
▪ Turner, Samantha (2018) Hoe om nie te plagiaat nie
✓ Gebruik 'n breinkaart of enige kreatiewe formaat om navorsingsbevindinge te
noteer.
https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.swanies.co.za%2FSkryf&psig=AOvVaw1ohbu_j7UTTaYmWZCU4Omx&ust=16274123718 41000&source=images&cd=vfe&ved=0C
AsQjRxqFwoTCKjuzNq1gfICFQAAAAAdAAAAABAX
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 2
STAP DRIE: Neem notas van Navorsingsbevindinge
✓ Gebruik die onderstaande skryfraam as riglyn
SKRYF DIE NAVORSINGSVRAAG
IN HIERDIE BLOK
BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE EERSTE
KATEGORIE IN HIERDIE BLOK.
ONTHOU BIBLIOGRAFIE
BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE TWEEDE
KATEGORIE IN HIERDIE BLOK.
ONTHOU BIBLIOGRAFIE
BESKRYF ‘N ASPEK VAN DIE DERDE
KATEGORIE IN HIERDIE BLOK.
ONTHOU BIBLIOGRAFIE
BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE IN HIERDIE BLOK:
A.
B.
C.
HOE HET HIERDIE KATEGORIEË VERWANTE
MET MEKAAR?
WAT HET JY GELEER UIT AL DRIE
KATEGORIEË?
TOT WATTER SLOTSOM KOM JY?/
BEANTWOORD DIE NAVORSINGSVRAAG.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 3
Aktiwiteit 1: LUISTER EN PRAAT
NOTAS AAN DIE ONDERWYSER:
1. Ons sal ‘n kortverhaal gebruik om die leerders te leer HOE OM NAVORSING te doen
en hoe om hul bevindings te noteer
Oliver die held
Deur Cornelia Claasen
Oliver die varkie bly by oom Alex en tannie René op ʼn hoewe. Hy het sy eie bed met ’n wit
muskietnet. Saans lees tannie René vir hom stories.
Elke dag ry Oliver saam met oom Alex voor in die bakkie rond. Elkeen het ʼn
veiligheidsgordel aan. Op die vloer lê altyd ʼn klomp leë meelsakke. Oom Alex steek sy
geldsakkie daaronder weg. Vandag ry hulle dorp toe en stop voor die Spar.
Oom Alex haal ’n paar rand uit sy geldsakkie. “Ek gaan net gou ’n paar klein goedjies
kry, Oliver,” sê hy. “Pas die bakkie mooi op.”
Oliver gee ’n snork, krul hom op en raak aan die slaap.
Kwarra!
Die ruit aan oom Alex se kant spat aan
stukke. ’n Baksteen beland op die sitplek.
Van skrik val Oliver op die bakkie se vloer
en kruip in ’n meelsak. Skielik roer iets
tussen die meelsakke en ’n hand raak aan
Oliver. Oliver skree en kom snork-snork
orent.
"Help, 'n spook!" skree die dief en hol
gillend weg.
Oom Alex kom aangehardloop bakkie
toe. “Oliver, is alles reg?” roep hy. ʼn
Snorkende wit gedaante staan op die
bakkie se voorste sitplek. “Oliver, is dit jy?”
Oliver klouter nies-nies uit die meelsak.
Oom Alex vryf Oliver se kop en sê: “Jy is my held! Ek is so trots op jou! Jy het die dief
verjaag en my geldsakkie is veilig!”
Daardie aand word Oliver bederf met ʼn heerlike bord boontjiebredie afgerond met ’n
bakkie sagopoeding. Daarna raak hy dadelik aan die slaap op sy bed met die wit
muskietnet.
Die volgende dag verskyn Oliver se foto in die dorpskoerant met “Held” boaan geskryf.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 4
Luisterbegrip: Luister na 'n kortverhaal / storie: Oliver, die held deur Cornelia Claasen
(Kan ook kies uit kontemporêre, realistiese fiksie / tradisionele stories / persoonlike
verslae / avontuurverhale / snaakse stories / fantasie / werklike lewenstories / historiese
fiksie)
Gebruik nou die volgende vrae om 'n gesprek met die klas aan te spreek:
Onderwysers lei ‘n klasbespreking: (gebaseer op die verhaal: Oliver, die held deur
Cornelia Claasen)
1. Voor jy die hele storie lees, kyk na die prentjie en lees net die eerste twee sinne van
die storie. Sou jy se Oliver is ‘n bedorwe varkie?
2. Waaroor gaan hierdie kortverhaal?
3. Wat is die tydlyn / volgorde van gebeure in die kortverhaal?
4. Kan jy die tema van die kortverhaal verbind met ‘n soortgelyke ervaring in jou eie
lewe? Verduidelik.
5. Kan jy die volgende elemente in die verhaal identifiseer? Verduidelik.
a. Karakterisering
b. Milieu
c. Konflik
d. Plot en
e. Tema
6. Kan jy die kortverhaal in twee sinne oorvertel?
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 5
Aktiwiteit 2: LEES EN KYK
Leesbegrip: lees 'n storie
Sonbesie
Deur Rachelle Best
“Oom, asseblief, kan Oom dit afhaal?” Sy vra mooi. “Ek en my boetie het gespeel, Oom, en
hy’t dit per ongeluk toegedruk. Ons weet nie waar die sleutels is nie, Oom.”
Sy praat so vinnig hy kan skaars hoor wat sy sê. Hy het nie eens gesien waar sy
vandaan kom nie. Dis asof sy uit die stof verskyn het. “Kom laat ek sien, kind,” sê hy.
Sy loer op na sy gesig, kyk dadelik weer weg. Sy een wenkbrou lig effens en hy skud sy
kop. Wat sou die meisiekind in sy gesig gesien het? Waarvoor is sy so bang?
Sy strek haar stokkie-arms na hom toe uit.
“Dit lyk seer. Wanneer het dit gebeur?” vra hy. Die geskarrel in die werkswinkel agter
hom vervaag in die agtergrond. Die hitte tril oorverdowend in die stilte.
“Sommer net-nou-net, Oom, toe ons gespeel het. My ma gaan amper by die huis wees
van die werk af. Ons gaan in vreeslike moeilikheid wees, Oom.”
Sy kyk weer weg.
“Sy’t gesê ons mag nie met die goed speel as sy nie by die huis is nie. Sy sê dit kan
seermaak. En sy’s reg, Oom, dis seer.”
Haar versigtigheid vir die waarheid steek hom. Sy hou weer haar hande uit na hom en
hy hoef nie te vra om te weet dis nie ’n speel-speel ongeluk nie. Die metaal sny tot in haar
vel en die bloed syfer plek-plek deur die pers kolle waar dit al ’n wyle teen die beentjies in
haar gewrigte druk. Hy kyk vlugtig na haar, skat sy’s omtrent vyf, dieselfde as Lila. Net
maerder. En vuiler. Ou vuil.
“Waar bly jy?” probeer hy uitvis.
“Net hier naby, Oom, nie ver nie. Ek het sommer oorgestap. My boetie sê hier’s altyd
mense.” Sy gee geen detail weg nie.
Hy kyk rond sonder om te lyk of hy te veel belangstel en gaan haal dan sy
gereedskapskas. Sy trap senuagtig rond, asof sy iemand of iets verwag.
“Is jy alleen hier?” probeer hy weer.
“Ja, Oom, maar my boetie is by die huis. My ma sal my mos nooit alleen los nie.” Sy kyk
vir die eerste keer reguit in sy oë, asof sy hom wil dwing om haar te glo.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 6
Dis nie sommer speelgoed nie, dis van harde metaal. Hy krap rond tussen sy gereedskap
en haal die boutsnyer uit. Hy sal versigtig moes wees. Daar is nie veel speling tussen die
metaal en haar vel nie.
“Nee, Oom!” skrik-sê sy en pluk haar armpies weg toe hy naderkom met die groot stuk
gereedskap in die hand. “Oom kan nie dit afsny nie. My ma sal raas as die goed iets
oorkom.”
Wat gaan aan by daardie
huis, wonder hy, maar hy wil
haar nie laat skrik met nog vrae
nie. “Kom nader, meisiekind,
kom ons probeer dan eerder die
slot oopmaak. Dit gaan net
langer vat, reg?”
Die trane lê vlak in haar oë.
“Oukei, Oom. Dankie, Oom.”
Hy het ’n bobby-pin hier
iewers gehad. Hy krap weer in
sy kis. Sy staan nie ’n oomblik
stil nie. Dringendheid straal uit
haar trippelende lyfie.
“Aaa, hier’s dit! Ek moes mos al eenkeer self ontsnap, het geweet dit sal weer handig
inkom!” Hy knipoog goedig vir haar. Onseker of daar ’n effense glimlag om haar mondhoeke
is. Met deernis neem hy haar arms om die slot reg te posisioneer. Karring-karring met die
slot. Skuif sy bril reg. “Vervlaks, die goed is beter gemaak as op my dag.”
Karring-karring. Die slot kliek oop. “Daar’s hy!”
Sy gryp-vat dit by hom, duidelik bang hy wil dit hou. Toe, sonder ’n woord draai sy om en
verdwyn so vinnig soos sy haar verskyning gemaak het.
Hy wou nog vra wat haar naam is. Sonbesie spring in sy kop, waarom weet hy nie.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 7
Aktiwiteit 2.1: Lees die verhaal deur verskillende leesstrategieë te gebruik:
A: Gebruik die verhaal: Sonbesie as die teks wat ondersoek moet word.
B: NAVORSINGSVRAAG – Wat is die verbintenis tussen ‘n Sonbesie en die dogtertjie vir
die man?
Leerders moet deur die volgende vrae gelei word:
a. Lees nou die verhaal weer en beantwoord dan die vrae wat volg:
a. Identifiseer die volgorde van gebeure in die verhaal.
b. Beskryf die omgewing.
c. Wie is die hoofkarakter in die verhaal?
d. Beskryf die verhouding tussen die twee hoofkarakters.
e. Hoekom dink jy, voel die Oom ongemaklik oor die dogtertjie se welstand?
f.
Hoekom sien die Oom die dogtertjie vuiler as ou vuil?
g. Beskryf ‘n sonbesie.
C. Gebruik ten minste 2-3 verskillende bronne / metodes om bogenoemde vrae te
beantwoord.
D: Gebruik 'n breinkaart om jou navorsingsbevindinge/notas te organiseer en aan te
teken.
E: Stel 'n bibliografie saam van al die bronne wat jy gebruik het aan die einde van die
navorsingsproses.
F: Verseker dat jy die NAVORSINGSVRAAG, soos uiteengesit in Punt B hierbo,
beantwoord as deel van jou slotsom.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 8
Aktiwiteit 2.2: Woordeskatontwikkeling
a. Gebruik 'n woordeboek om die volgende woorde / frases met betrekking tot
Sonbesie te verduidelik:
ou vuil:
gereedskapkas;
boutsnyer;
speling;
dringendheid,
trippelende;
deernis;
posisioneering.
Aktiwiteit 2.3: Begrip
Onderwysers kan leerders toelaat om
hul navorsingsbevindinge tydens 'n
klasbespreking aan te bied, om te
verseker dat alle leerders die
navorsingsproses gevolg het, sowel
as om elemente van 'n verhaal te
bespreek.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 9
NOTAS AAN ONDERWYSER:
1. Die kontrolelys vir die navorsingsaktiwiteite mag deur die onderwyser aangepas word
volgens die onderrigpunte van eie navorsingsproses.
2. Bespreek die kontrolelys met leerders VOORDAT die assessering begin.
3. HERINNERING: Ons kan nie assesseer wat nie onderrig was nie!
Naam van Leerder: _____________________________
Graad: _______________________________________
Skool: _______________________________________________________________
Onderwyser: ______________________________________________________________
No.
KONTROLELYS: KRITERIA
1
Ek het bewyse van my beplanning vir my navorsing
2
My hipotese/navorsingsvraag is duidelik gestel
3
Ek het die tyd wat toegeken is om my navorsing te doen,
gehoorsaam
4
Ek het onafhanklik gewerk
5
Ek het my navorsing in die klas gedoen
6
Ek het ‘n verskeidenheid navorsingsbronne gebruik en die
bronne aangeteken
7
Ek het van verskillende navorsingstegnieke gebruik en het ‘n
bibliografie
8
9
10
My data is sistematies aangeteken
My bevindinge stem duidelik ooreen met my
hipotesis/navorsingsvraag
Ek het ‘n samevatting wat my bevindinge opsommend reflekteer
TOTAAL Punte (GR4-6 = 10)
KOMMENTAAR:
HANDTEKENING:
Datum:
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 10
Aktiwiteit 3: SKRYF EN AANBIED
Skryf dagboekinskrywings
a. Leerders skryf 'n eenvoudige tweedagse dagboekinskrywing asof die Oom dit in
sy dagboek geskryf het, nadat hy Sonbesie (die klein dogtertjie in die
kortverhaal) ontmoet het:
✓ Kies toepaslike inhoud vir die onderwerp
✓ Gebruik die gepaste struktuur as 'n raam
✓ Vertel die gebeure in die korrekte volgorde
✓ Gebruik verbindingswoorde
✓ Gebruik gepaste grammatika, spelling, punktuasie en spasies tussen
paragrawe
✓ Gebruik 'n
woordeboek om
spelling en betekenis
van woorde na te
gaan
b. Leerders moet die
skryfproses volg
c. Hulle moet bewys lewer
van al die stappe in die
skryfproses
https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fiknowthat.co.za%2Fcollections%2Fgeneral-algemeen%2Fproducts%2Frubriek-afrikaans-vriendskaplikebrief-metinkkaart&psig=AOvVaw0qxDYpBqus5NwOg8dryL8q&ust=1627419823029000&source=images&cd=vfe&ved=0CAsQjRxqFwoTCPjnzMDRgfICFQAAAAAdAAAAABA
J
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 11
Aktiwiteit 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
4.1 Spelling
• Voeg ‘ies’ by om meervoude te vorm
WOORD
VERKLEINWOORD
MEERVOUD van die verkleinwoord
Hemp
Karakter
Televisie
Boom
Rekenaar
Voorskoot
Blom
Beursie
Sleutels
Gemakstoel
4.2 Werk met woorde en sinne
• Begin om verbindingswoorde te gebruik om oorsaak en gevolg aan te dui (sodat)
OORSAAK
KIES DIE KORREKTE GEVOLG
1.Die dogter en haar boetie het met ‘n
slot gespeel,
b. en toe gebruik hy ‘n haarnaald om dit oop
te sluit.
2. Hulle het nie geluister na hul ma nie,
c. en toe druk een van die twee die slot toe.
3. Die dogter wou nie he die oom moes
die slot oopbreek nie,
d. dus haas sy haar om by die huis te kom.
4. Die dogtertjie se trane lê vlak want
e. nou het die dogtertjie seer gekry.
5. Die dogtertjie se ma gaan kwaad is as
sy nie betyds by die huis kom nie,
f.
sy is haastig om by die huis te kom.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 12
4.3 Woordeskat in konteks
• Sinonieme (woorde wat dieselfde
betekenis het, bv. vriendelik /
aangenaam)
Skryf die SINONIEM van die onderstreepte woorde neer: (Uit die kortverhaal: Sonbesie)
Wat gaan aan by daardie huis, wonder hy, maar hy wil haar nie laat skrik met nog vrae
nie. “Kom nader, meisiekind, kom ons probeer dan eerder die slot oopmaak. Dit gaan net
langer vat, reg?”
Die trane lê vlak in haar oë. “Oukei, Oom. Dankie, Oom.”
Hy het ’n bobby-pin hier iewers gehad. Hy krap weer in sy kis. Sy staan nie ’n oomblik
stil nie. Dringendheid straal uit haar trippelende lyfie.
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
------------------------------------------------------------------------------------------------------EINDE.
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 13
HERSIENDE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN AFRIKAANS EAT GRAAD 6 KWARTAAL 3
VAARDIGHEDE
Kwartaal 3
Week 1-2
LUISTER EN PRAAT (MONDELING)
Luisterbegrip: luister na 'n storie
Gebruik 'n teks van 'n handboek of
uit die onderwyser se hulpbronlêer
(Kies uit kontemporêre, realistiese
fiksie / tradisionele stories /
persoonlike verslae /
avontuurverhale / snaakse stories /
fantasie / werklike lewenstories /
historiese fiksie)
• Beantwoord letterlike vrae
• Bespreek die belangrikste
karakter
• Teken relevante inligting op 'n
kaart
• aan, byvoorbeeld op 'n tydlyn
• Som die storie op
LEES EN KYK
Leesbegrip: lees 'n storie
Gebruik 'n teks van 'n handboek of
uit
die onderwyser se hulpbronlêer
• Pre-lees: voorspel na aanleiding
van titel en prente
• Beskryf die kenmerke van die
teks
• Gebruik leesstrategieë,
byvoorbeeld
• kontekstuele leidrade om
betekenis te bepaal en afleidings
te maak
• Beantwoord vrae oor die storie
• Identifiseer en bespreek die
agtergrond en karakters
• Beskryf oorsaak en gevolg in 'n
storie
• Gee 'n persoonlike reaksie op
die
storie
• Verbind dit met eie ervaring
Besin oor tekste wat selfstandig / in
pare gelees is
• Lewer 'n gestruktureerde
boekresensie deur middel van 'n
goeie mondelinge aanbieding
SKRYF EN AANBIED
Skryf dagboek inskrywings
• Kies toepaslike inhoud vir die
onderwerp
• Gebruik die gepaste struktuur as
'n raam
• Vertel die gebeure in die
korrekte volgorde
• Gebruik verbindingswoorde
• Gebruik gepaste grammatika,
spelling, punktuasie en spasies
tussen paragrawe
Gebruik die stappe van prosesskryf
• Hou 'n dinkskrum vir idees
• Skryf 'n eerste konsep
• Hersien
• Redigeer
• Skryf die finale weergawe
• Bied die netjiese, leesbare
weergawe aan
Skryf woorde en hul betekenis in 'n
persoonlike woordeboek neer
• Gebruik sinne, tekeninge of
verduidelikings om betekenis
van woorde te verduidelik
TAALSTRUKTURE EN-KONVENSIES
Spelling
• Spel bekende woorde korrek
deur 'n persoonlike woordeboek
te gebruik
• Voeg ‘ies’ by om die meeste
meervoude te vorm
Werk met woorde en sinne
• Eenvoudige present om
universele stellings te beskryf,
bv. ‘Die son sak in die weste.’
• Begin om verbindingswoorde te
gebruik om oorsaak en gevolg
aan te dui (sodat)
Woordeskat in konteks
• Woorde geneem uit gedeelde of
individueel geleesde tekste
• Sinonieme (woorde wat
dieselfde betekenis het, bv.
vriendelik / aangenaam)
AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT LESPLAN GR6 AFR EAT KWARTAAL 3 WEEK 1 & 2 / Bl 14
Download