Uploaded by Trishana Padachie

G5 Afrik FAL Worksheets COL TM2001377

advertisement
Empowering our nation through education
Afrikaans
Eerste Addisionele Taal
Graad 5 – Pakket met werkvelle 1
27 Julie – 7 Augustus 2020
Fotokopieerbare werkvelle
TM2001377
Naam: -------------------------------------------------------------------Van: ----------------------------------------------------------------------Klas: ---------------------------------------------------------------------Naam van die onderwyser: ---------------------------------------------Sperdatum: ---------------------------------------------------------------
Inhoud
Werkvel 1............................................................................................................................... 1
Leesbegrip
Werkvel 2............................................................................................................................... 2
Leesbegrip
Oefen jou taal: Woorde met y en ei
Werkvel 3............................................................................................................................... 3
Oefen jou taal: Basisvorm (stam); meervoude en verkleinwoorde;
verlede tyd
Werkvel 4............................................................................................................................... 4
Oefen om te skryf: Paragrawe oor jouself
Werkvel 5............................................................................................................................... 5
Oefen jou taal: Ontkenning
Werkvel 6............................................................................................................................... 6
Leesbegrip
Oefen jou taal: Lydende en bedrywende vorm
Die kopiereg vir hierdie pakket berus by Shuter & Shooter Uitgewers (Edms.) Bpk.
Dit mag dus nie vir kommersiële doeleindes aangepas of gebruik word nie.
ii
Fotokopieerbare werkvelle
Werkvel 1
A. Leesbegrip
1. Lees die teks en beantwoord die vrae.
Die lemoenvlinder is ’n groot vlinder (butterfly). Ons kry dit in baie dele (parts)
van Afrika. Die ruspe (caterpillar) eet verskillende soorte plante, maar veral die
blare van sitrusplante (citrus plants). Baie boere sien die lemoenvlinder as ’n pes
(pest).
Die lemoenvlinder se grootste vyand (enemy) is voëls, wat die vlinders eet.
Perdebye (wasps) eet die jong ruspes.
Sê of elke stelling waar of onwaar is.
a) ’n Lemoenvlinder is klein.
b) Ons kry lemoenvlinders in Amerika.
c) Die ruspe eet sitrusblare.
d) Boere hou van lemoenvlinders.
e) Perdebye eet die lemoenvlinders.
2. Lees die vier paragrawe. Beantwoord dan die vraag.
Die lewensiklus (life cycle) van die lemoenvlinder
1 Die ruspe maak hom met sy (silk) aan ’n takkie vas. Dan word dit ’n papie
(cocoon). Dit bly vir twee tot drie weke ’n papie.
2 Die wyfievlinder lê eiers op ’n sitrusblaar. Na ses dae broei ’n ruspe uit elke
eier uit.
3 Die vlinder kom uit die papie.
Die volwasse vlinder het swarten-geel vlerke (wings) met rooi
en blou kolle.
4 Die jong ruspe is swart, geel en
wit. Hulle is klein en groei tot 10
tot 15 mm. Die volwasse ruspe
is groen met wit of pienk merke.
Hulle groei tot omtrent 45 mm.
Die vier paragrawe hierbo is in die verkeerde volgorde. Onderstreep die regte
volgorde.
a) 1 - 3 - 4 - 2
b) 2 - 4 - 1 - 3
c) 4 - 2 - 3 - 1
1
Fotokopieerbare werkvelle
d) 3 - 1 - 2 - 4
Werkvel 2
A. Leesbegrip
1. Lees die teks en beantwoord die vrae.
’n Jong ruspe (young caterpillar) kom uit elke eier. Die jong ruspe is swart, geel
en wit. Dit is goed gekamoefleer. Hulle is klein en groei tot 10 tot 15 mm. Dit
bly nie op die blaar nie. Die volwasse ruspe (adult caterpillar) is groen met wit
of pienk merke (marks) en kolle (spots) wat soos oë lyk. Hulle groei tot omtrent
45 mm. As hulle in gevaar is, steek hulle oranje horings (horings) uit om hulle te
beskerm. Die ruspe se vyande hou nie van die reuk (smell) van die horings nie.
Vul die regte woorde uit die teks in.
en b)
Die jong ruspe is swart, a)
volwasse ruspe is c)
, maar die
met wit of d)
Die jong ruspe groei tot 10 of e)
mm, maar die volwasse
ruspe groei tot omtrent f)
mm.
B. Oefen jou taal
1. Voltooi die woorde met y of ei. Die antwoorde is in die teks hierbo.
er.
a) Die jong ruspe kom uit ’n
b) Die jong ruspe is baie kl
c) Die ruspe bl
n.
nie op die blaar nie.
d) Die kolle op die volwasse ruspe l
k soos oë.
ande.
e) Die ruspe het baie v
2. Voltooi die woorde met y of ei. Gebruik ’n woordeboek om jou te help.
a) Ek skr
b) M
f ’n paragraaf oor die lemoenvlinder.
tekening van ’n vlinder is baie mooi.
c) Hierdie vlinder is ’n w
d) ’n Ruspe is nooit v
e) Part
merke.
fie en sy lê eiers.
lig van sy vyande nie.
mense hou nie van lemoenvlinders nie.
2
Fotokopieerbare werkvelle
Werkvel 3
Oefen jou taal
1. Onderstreep die woord wat jy binne-in elke woord sien (basisvorme).
Voorbeeld: vlinders
vlinders
a) eiers
b) gevlieg
c) blomme
d) gegroei
e) takkie
2. Gebruik ’n -e of ’n -s om die meervoud van die woorde tussen hakies te gee.
a) Drie (vlinder) vlieg om die blomme.
b) Die wyfie lê baie (eier) op ’n sitrusblaar.
c) Daar is eiers op al die (blaar).
d) Na ses (dag) broei ’n ruspe uit elke eier.
e) Die (ruspe) is 10 tot 15 mm lank.
3. Gebruik ’n -tjie of ’n -ie om die verkleinwoord van die woorde te gee.
a) vlinder
b) vlerk
c) blaar
d) eier
e) merk
4. Sit ge- voor die woorde tussen hakies om die sinne in die verlede tyd te maak.
a) Die wyfievlinder het eiers op ’n sitrusblaar (lê).
b) Na ses dae het ’n ruspe uit elke eier (broei).
c) Die ruspe het tot 10 tot 15 mm (groei).
d) ’n Oranje horing het die vyand (waarsku).
e) Die horings het sleg (ruik).
3
Fotokopieerbare werkvelle
Werkvel 4
Oefen om te skryf
Jy gaan nou drie paragrawe oor jouself skryf.
1. Beskryf jouself toe jy ’n baba was.
Toe ek ’n baba was, was ek omtrent
het
sentimeter lank. Ek
kilogram geweeg. My oë was
en my hare was
. Ek kon nie loop nie, maar moes
. Die kos wat ek graag geëet het, was
My gunsteling-speelding was ’n
. Ek was ’n soet baba.
2. Beskryf jouself soos wat jy nou is. Teken ’n prent
van jouself in die spieël.
My naam is
en ek is
jaar en
maande oud. My lengte is
een meter en
sentimeter.
Ek weeg omtrent
kilogram.
My oë is
is
en my hare
. Ek kan vinnig loop en
vinnig hardloop. Die kos wat ek graag eet, is
en
Ek speel graag
.
en
.
3. Beskryf die mens wat jy wil wees wanneer jy eendag groot is. Skryf twee sinne.
Ek wil eendag
Ek wil ook
4
Fotokopieerbare werkvelle
.
Werkvel 5
Oefen jou taal
1. Skryf die regte woorde neer (ontkenning).
a) Is die vlinder klein? Nee, die vlinder is nie klein
.
b) Lê die wyfie net een eier? Nee, die wyfie lê nie net een eier
.
c) Lewe die ruspe lank? Nee, die ruspe lewe nie lank
.
d) Is die papie geel? Nee, die papie is nie geel
.
e) Is die vlinder se vlerke net swart? Nee, die vlinder se vlerke is nie net swart
.
2. Beantwoord die vrae in die negatief. Begin met die skuinsgedrukte woorde.
a) Is jou hare groen?
Nee, my hare
b) Weeg jy 10 kilogram?
Nee, ek weeg
c) Het jy vier arms?
Nee, ek het
d) Kan jy vlieg?
Nee, ek
e) Het jy vlerke?
Nee, ek
3. Skryf die sinne in die negatief.
a) Die vlinder is lelik.
b) ’n Vlinder lewe lank.
c) Mense eet vlinders.
d) Katte vang vlinders.
5
Fotokopieerbare werkvelle
Werkvel 6
A. Leesbegrip
Lees die teks en beantwoord die vrae.
Die lemoenvlinder het baie vyande (enemies). Perdebye (wasps) eet die jong ruspes
en die papies. Voëls eet die volwasse ruspes en die vlinders. Katte vang soms
vlinders.
Onderstreep die regte antwoord.
1. Die lemoenvlinder het (een / meer as een) vyande.
2. Perdebye eet die ( jong/volwasse) ruspes.
3. (Perdebye/Voëls/Katte) eet die papies.
4. Voëls eet die (volwasse/jong) ruspes en die vlinders.
5. Katte vang (altyd/soms) vlinders.
Oefen jou taal
1. Gee die regte vorm van die woord tussen hakies (lydende vorm).
a) Die vlinder lê baie eiers.
Baie eiers word deur die vlinder (lê). ___________________________
b) Perdebye eet al die papies.
Al die papies word deur perdebye (eet). ________________________
c) Die kat het ’n vlinder gevang.
’n Vlinder is deur die kat (vang). _______________________________
2. Onderstreep die regte woord (bedrywende vorm).
a) Eiers word deur wyfievlinders gelê.
Wyfievlinders (lê/gelê) eiers.
Die kat het vlinders (vang/gevang).
b) Vlinders is deur die kat gevang.
c) Ruspes word deur perdebye geëet.
Perdebye (eet/geëet) ruspes.
3. Onderstreep die regte woord (lydende vorm).
a) Die vlinder lê baie eiers.
b) Voëls eet die vlinders.
Baie eiers (word/is) deur die vlinder gelê.
Die vlinders (word/is) deur voëls geëet.
c) Die kat het die vlinder gevang.
Die vlinder (word/is) deur die kat gevang.
6
Fotokopieerbare werkvelle
AANTEKENINGE
7
Fotokopieerbare werkvelle
U kan enige van ons KABV-goedgekeurde handboeke,
onderwysersgidse of leesboeke op ons webwerf aankoop:
www.shuters.co.za
of kontak ons:
Tel: 033 846 8700 Faks: 033 846 8701
Kliëntediens: 033 846 8721/2/3/4
laai nog gratis werkvelle af, by
www.shuters.co.za/worksheets
Please like and follow us on Facebook
Empowering our nation through education
TM2001377
Download