FIELA SE KIND - die drama Dalene Matthee DIE DRAMA WAT IS ʼn DRAMA? Wat is 'n drama? • 'n Drama is 'n storie wat geskryf is om deur akteurs opgevoer te word. • Dit word in dialoogvorm geskryf. • Karakterisering en konflik is belangrike tegnieke. • Alhoewel 'n drama opgevoer behoort te word, kan 'n mens ook die teks of geskrewe weergawe lees en jou die handeling verbeel. DIE DRAMA HOE MOET EK ONDERRIG? • Aktiveer voorkennis PRE-LEES LEES • let op hoe woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens., die betekenis van die teksbeïnvloed • Gebruik leesbegripstrategieë • beskou en beoordeel teks in geheel POST-LEES WAT MOET EK ONDERRIG? KABV, bl. 32 • Motoriese moment • Verwikkeling • Klimaks • Ontknoping • Slot Dialoog Beeldspraak Tyd Verhoog- en toneelaanwysi ngs Struktuurelemente Literêre kenmerke Handeling Tema/ boodskap Intrige en subintrige Dramatiese ironie Karakterisering Ruimte Konflik Hoe lyk ʼn drama? - struktuurelemente (bou) Hoe lyk ʼn drama? • Eksposisie: voorstelling van karakters, plekke, tydperk, atmosfeer , ens. ▪ Elias van Rooyen is die ANTAGONIS • Motoriese moment: Die besoek van die sensusmanne op die Komoeti’s se plaas nie • Ontwikkelingsfase: Lukas word in die bos “gevange” gehou deur die Van Rooyens (SPANNING) • Krisisfase: WENDING vind plaas. Lukas aanvaar hy is nie ʼn Komoetie nie, maar ook nie ʼn Van Rooyen nie. • Klimaks: word TWEE keer aangepak ▪ Lukas probeer Barta kry om te erken dat hy nie haar kind is nie ▪ Barta erken dat sy hom nie herken het nie • Ontknoping: Lukas besluit wie en wat hy is – hy aanvaar hy is Benjamin Komoetie. Karakterisering: • Dit wat mense sê vertel ons van hulle karakters byvoorbeeld die Komoetie-gesin wat antwoorde uit die Bybel kry – hulle is godsdienstig. • Ons noem dit karakter-openbarende dialoog ▪ “Seil soos ʼn slang, Fiela! As jy voor ʼn wit mens verleë staan, moet jy laag buk” • Hoe hanteer die karakters konflik? byvoorbeeld konflik tussen Fiela en een van die sensusopnemers ▪ Fiela is nie bang nie; vat selfs die sensusmanne aan. • Name wat karakters het, sê soms iets van hulle persoonlikheid ▪ Benjamin – beteken naam wat verander is. (Jakob en Ragel se seun Benjamin: Ragel noem hom Ben-Oni wat pyn en smart beteken. Jakob verander dit later na Benjamin wat Seun van Voorspoed en Geluk beteken) Intrige en karakterisering: Intrige: ▪ Lukas verdwyn as 3-jarige – uitgebreide soektog begin ▪ Fiela neem hom in – wit hanskind word ʼn Komoetie ▪ Nege jaar later kom sensusopemers by die Komoeties aan ▪ Uitkenningsparade voor die Knysna magistraat ▪ Benjamin word aan bosmense,Van Rooyens, gegee ▪ Fiela poog om hom terug te kry ▪ Band ontwikkel tussen Benjamin en sy “suster” Nina ▪ Lukas bly 7 jaar in die bos ▪ Lukas konfronteer Barta ▪ Hy verander sy naam weer terug na Lukas Komoetie DIE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE NA WOLWEKRAAL (Motoriese moment) Karakters … • • • • • Hoofkarakter – protagonis – Benjamin Komoetie Newe-karakters – Fiela is die belangrikste Ander newe-karakters – Elias, Bartha, Selling en Nina Hoof-antagonis – Elias Ander karakters – Die Lange en die Dikke, die magistraat, tannies in die bos, Kaliel en John Benn KARAKTERS DIE KOMOETIE-GESIN Fiela en Selling Komoetie Benjamin Komoetie Dawid, Tollie, Kittie en Emma en Benjamin DIE VAN ROOYEN-GESIN – nuwe familie Elias Barta Willem Kristoffel Nina Lukas (Benjamin) Ruimte: • Lange Kloof – simboliseer liefde, deernis, omgee, veiligheid. • Knysnabos – die bos is ruig en ondeurdringbaar. Bosbewoners is uiters armoedig. Simboliseer gevaar en mishandeling van kinders. • Die see-ruimte – hoofrolspelers is John Benn en Kaliel September. Dit simboliseer oopte. Lukas kan die sterre sien en besef dat hy Nina liefhet, maar hoor ook die tyding van sy broer se dood. Kwessies rakende Fiela se kind – die drama: • Identiteitsverwarring: Benjamin word Lukas ▪ Kinders wat uit hulle bekende omgewing geruk word: Benjamin word weggeruk van Fiela ▪ Kindermishandeling en –verwaarlosing: Elias ▪ Die effek van donkerte op die psige: Oop, ligte Karoo-ruimte teenoor die donker, klam, bosruimte. Kindermishandeling en –verwaarlosing • Ruimte: ▪ Oudtshoorn en volstruisboerdery teenoor die Knysnabos (Die Knysnakoppe) Konflik – interne en eksterne botsing • Intern: ▪ Fiela se wroeging (Bespreek) ▪ Lukas se konflik (Bespreek) • Ekstern: ▪ Benjamin en die sensusmanne ▪ Benjamin en die magistraat ▪ Fiela en die magistraat ▪ Lukas en Bartha / Elias DIE TWEEDE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE. Uiterlike konflik tussen die sensusmanne en Fiela. Benjamin word van die plaas weggeneem. In die hof Die aankoms van Benjamin by die Van Rooyens (sy nuwe familie) Lukas loop weg; word gevang en geslaan Tema en boodskap Tema of hoofgedagte: • Die mens is aan die genade van ... ▪ besluite van iemand anders en/of ▪ ʼn maatskaplike en politieke stelsel ...uitgelewer MAAR Ook die bevryding en oorwinning daaroor. Tema of hoofgedagte in Fiela se kind – die drama: • Die bruin mense is aan die genade van wit mense se besluite uitgelewer. • Fiela beveg vooroordeel – ʼn wit kind mag nie by bruin mense woon nie. • ʼn wit man moet “baas” genoem word. • Nina is uitgelewer aan haar pa se geweld en vernedering vir sy gemak en geldsug. • Lukas was uitgelewer – een man het hom uitgelewer aan swaarkry en mishandeling met die woorde “Die een met die blou hempie”. • Benjamin en Nina neem hulle lot in hulle eie hande en oorwin hulle lot. Boodskap: Wat is die lewenswaarheid of insigte waartoe jy kom, nadat jy vir Fiela se kind – die drama gelees of gekyk het? • Moenie mense op grond van klas of ras stereotipeer nie. • Die mens se besluit of woorde kan noodlottige gevolge op een die ander hê. • Die mens kán sy moeilike omstandighede oorwin. • ... Aktiwiteit: Bespreek die volgende kwessies. • Is die drama nog relevant? • Verskaf redes. Baie dankie!