Uploaded by Fernal Letswalo

Hulpbronne Kwaartaal 4 Graad 9 Oktober

advertisement
Hulpbronne
Oktober
Kwaartaal 4
Graad 9
Wat is ‘n Hulpbron?
Daar is twee tipe Hulpbronne
1. Hernubare Hulpbronne
2. Nie-Hernubare Hulpbronne
Hernubare hulp bronne= Dit is bronne wat weer
gebruik kan word bv, water.
Nie-Hernubare Hulpbronne= Dit is bronne wat nie
weer gebruik kan word nie bv, steenkool
 Ons kry natuurlike hulpbronne uit die natuurlike
omgewing.
 Natuurlike hulpbronne sluit in: water, grond, ruolie (gebruik om petrol te maak) en yster (gebruik
om staal te maak).
 ‘n Hernubare hulpbron is ‘n natuurlike hulpbron,
met verloop van tyd kan dit weer aangevul word.
 As ons nie na die hulpbronne om sien nie kan dit
nie-hernubaar word.
 Hernubare hulpbronne sluit ook in: sonstrale,
getye en winde
 ‘n Nie-hernubare hulpbron is n natuurlike
hulpbron wat nie gekweek of opgwek kan word
nie.
 Wanneer die natuurlike hulpbron uitgeput is dan is
daar niks meer beskikbaar vir toekomstige gebruik
nie.
 Nie Hernubare hulpbronne sluit in:
Fossielbrandstowwe, olie, metaalerts ens.
3. Gevolge van onverstandige gebruik van
Hulpbronne
 Hulpronne is nie reg gebruik nie, nou het kos
voorrade verminder, die kospryse sty gen arme
mense kan dit nie bekostig nie.
 Oorbevissing en oorbewyding het gelei tot
voedselonsekerheid (geen toegang tot ,veilige,
hoë gehalte en bekostigbare kos) oor die wereld
heen.
4. Volhoubare en Onvolhoubare hulpbrongebruik
 Onvolhoubare hulpbrongebruik beteken dat
hulpbronne teveel gebruik word en dus
misbruik word, sonder dat toekomstige
hoeveelhede van daardie hulpbron of die
gehalte van die hulpbron oorweeg word.
 Volhoubare hulpbrongebruik hou verband
met praktyke wat die bestuur van natuurlike
hulpbronne verbeter en die volhoubare
oestery van die hulpbronne moontlik maak.
Volhoubare hulpbrongebruik bevorder ‘n
groen omgewing , en beteken dat die
omgewing versorg word deur te verseker dat
dit nie besoedeld word nie.
 Om hulpbronne op n volhoubare manier te
gebruik beteken om
ons hulpbronne so te
gebruik dat daar vir die volgende generasie
ook kan oor bly en sodat hulle nie sukkel om
die hulpbronne te verkry of gebruik nie.
5. Hoe kan ons druk op Hulpbronne verminder?
 Gemeenskappe kan saam optree en weier om
sekere produkte te
koop wat hulpbronne
gebruik wat byna uitgeput is.
 Veldtogte in gemeenskappe kan steun verleen
aan inisiatiewe om papier, glas, blikkies en
ander material te herwin wat vir verpakking
en berging gebruik word.
 Of die media gebruik soos koerante om
inligting te versprei oor praktyke wat help om
druk op hulpbronne te verminder.
 Mense kan aangemoedig word om water te
hersikileer of om minder water te gebruik.
 Mense moet bewus gemaak word van
bedreigde hulpbronne en die bevordering van
n gesonder leefstyl handhaaf.
Konsep van voedselsekerhied
 Voedselsekuriteit beteken om kos te hê om elke
dag se voedingsbehoeftes te voorsien.
• Dit beteken ook dat elke persoon genoeg
kalorieë vir die dag kry.
• Die kwaliteit van die kos is nie van die hoogste
standaard nie, wat beteken dat daar nie genoeg
proteïene en voedingstowwe in die kos is nie, wat
lei tot wanvoeding en gestremde groei.
Wat kan gesien word as 'n bedreiging vir SA se
Voedselsekuriteit?
• Droogte
• Vloede
• Vuur
• Siektes
• Erosie
• Slegte boerderypraktyke (OORBEWEIDING,
OORBEVISSING, ONTBOSSING , PLOEG TEEN DIE
KONTOER).
Genetiese modifikasie van gewasse
Genetiese modifikasie van gewasse behels die
verwydering van ‘n geen uit n ander plant se DNS en
die invoeging daarvan in die DNS van n gewasplant om
dit weerstandig teen onkruiddoders of plaagdoders te
maak, of om die voedingswaarde daarvan te verryk.
Gene wat teen onkruiddoders weerstandig is, word bv
uit bakterieë gehaal en in sojabone ingevoeg.
Download