Uploaded by roelienbekker

GR 7 Kwartaal 1 2023 Formele Taak 1 memorandum

advertisement
SKOOL WAPEN
Assesserings Taak
Graad 7
Kwartaal 1
Punte
: 50
MEMORANDUM
VRAAG 1:BEHOEFTES EN BEGEERTES
1. Beantwoord die volgende vrae.
1.1. Differensieer tussen behoeftes en begeertes.
(4)

‘n Behoefte kan beskryf word as iets wat ons nodig het om te oorleef. 

‘n Begeerte is iets wat ons graag wil hê, maar ons sal daarsonder kan
leef.
1.2. Gebruik die onderstaande kolomme en dui aan watter van die volgende
items kan as behoeftes of begeertes geklassifiseer word. Dui die antwoord
met ‘n  aan.
(5)
BESKRYWING
1.2.1
BEHOEFTE BEGEERTE

Carla koop vir haar die nuutste modieuse
skoene.
1.2.2

John sukkel om kos te koop en moet
bedel vir kos om te oorleef.
1.2.3

Mense in plaaslike nedersettings lewe in
die basiese woongeriewe.
1.2.4

Sharon gaan vir ‘n manikuur een keer per
maand.
1.2.5

Mary het geen lopende water in haar huis
en gaan haal dit my ‘n gemeenskaplike
punt.
1.3. Mense het verskillende behoeftes as ‘n familie. Pas die beskrywing in
kolom B by die behoefte in kolom A.
ANTWOORD
(5)
KOLOM A
KOLOM B
1.3.1 C
Emosionele behoefte.
A: Geloofs en spirituele gebruike.
1.3.2 E
Sosiale behoefte.
B: Onderwys en opleiding.
1.3.3 D
Kreatiewe behoefte.
C: Prys, liefde, vertroue en sekuriteit.
1.3.4 A
Spirituele behoefte.
D: Dans, skryf, kuns en sport.
1.3.5 B
Intellektuele behoefte.
E: Kameraadskap en vriendskap.
KOPIEREG© EASY! 2023
2
1.4. Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.
1.4.1. Identifiseer uit die scenario hoe enige basiese behoefte van die familie
voorsien word.

(2)
“kry drinkwater van ‘n naby geleë watertenk”. 
1.4.2. Noem enige begeerte waarvan Themba elke dag droom.

(1)
Themba droom van ‘n groot huis met ‘n swembad en lopende water. 
(Aanvaar enige EEN.)
1.4.3. Die geloof van sy ouma en haar behoefte om elke Sondag kerk toe te
gaan is deel van .............spirituele ........ behoeftes.
(1)
1.4.4. Noem uit die scenario twee plekke van verbetering wat tot voordeel van
die gemeenskap sal wees.

(2)
Die tenk is die eiendom van die munisipaliteit en is nie altyd vol water nie –
die tenk moet gereeld volgemaak word. 

en die krane lek – die krne moet reggemaak word. 
Totaal vraag 1: 20
VRAAG 2: GESKIEDENIS VAN GELD EN BANKWESE
2. Beantwoord die volgende vrae:
2.1. Verduidelik wat die woord ruilhandel beteken.

(2)
Ruilhandel is die uitruil van goedere of dienste vir iets anders sonder dat geld
betrokke is. 
2.2. Noem EEN voordeel en EEN nadeel van ruilhandel.
(4)
VOORDELE:
•
Verskillende goedere kan vir ’n verskeidenheid ander goedere verruil
word.
•
Daar vind geen vermorsing van produkte plaas nie. 
•
Ruilhandel is nie net vir ryk mense nie, almal kan deelneem. 
•
Natuurlike hulpbronne kan slegs in basiese behoeftes voldoen. 
NADELE:
•
Dit is moeilik om 'n waarde aan sekere produkte te koppel. 
•
Mense kan oneerlik wees en bederfde produkte ruil. 
KOPIEREG© EASY! 2023
3
•
Dit is moeilik om die regte persoon te vind vir die goedere wat jy wil verruil.
•
Dit is moeilik om die waarde van goedere bymekaar te pas. 
(Aanvaar enige EEN voordeel en EEN nadeel.)
2.3. Gee duidelike definisies van die volgende:
(10)
2.3.1. Promesse.

‘n Promesse is ‘n nota op papier waarin die een party die ander party belowe
om ‘n som geld te betaal op ‘n sekere tyd, dit is ‘n getekende belofte om te
betaal. 
2.3.2. Cowrie skulpe.

Die Cowrie skulp was gebruik as ‘n metode van betaling en was beskou as ‘n
simbool van rykdom en mag. 
2.3.3. EFO.

Wanneer iemand kies om enige banksake op die internet te doen deur ‘n
rekenaar of ‘n selfoon the gebruik of fondse elektronies oor te plaas
(EFO).
2.3.4. OTM.

Dit is die masjien wat geld beskikbaar stel in die vorm van kontant of waarop
ander bankdienste gedoen kan word wanneer die bankkaart daarin gesit
word. 
2.3.5. Debiet kaart.

Dit is die kaart wat die houer daarvan toelaat om geld oor te plaas of om
aankope te doen direk uit die bank rekening. 
2.4. Noem enige DRIE voordele of nadele van elektroniese bankwese.
(6)
VOORDELE:
•
Jy hoef nie geld oral saam met jou te dra nie. 
•
Dit is gemaklik omdat jy van enige plek af kan bank. 
•
Die dienste is 24 uur per dag beskikbaar. 
•
Dit is ’n vinnige manier van sake doen. 
•
Dit dek al die transaksies buiten om geld te bank en te onttrek. 
NADELE:
•
Jy moet toegang tot ’n rekenaar of internet hê. 
KOPIEREG© EASY! 2023
4
•
Jou wagwoord is nie veilig nie en mense kan jou geld steel. 
•
Dit is onpersoonlik en daar is nie gesig tot gesig kontak nie. 
•
Die internet spoed sal die spoed van jou transaksie bepaal. 
•
Kriminele kan jou bankbesonderhede kry en jou geld steel(phishing). 
(Aanvaar enige DRIE)
2.5. Verduidelik enige VIER rolle (funksies) van geld.

(8)
Geld is ’n eenheid van waarde. 
o Dit het ’n spesifieke waarde. 
o Dit is maklik en vinnig om goedere en dienste te koop. 
o Jy kan iets van dieselfde waarde in ruil vir jou geld koop. 
o Dit is makliker en vinniger as ruilhandel. 
Noem 1 punt
Verduidelik 1 punt
Sub maks 2 punte

Dit is ’n manier van betaling. 
o Meer handel kan plaasvind omdat dit nie slegs van behoeftes en
begeertes afhang soos met ruilhandel nie. 
o Jy het nie nodig om vir iemand te wag om ies aan te bied voordat jy dit
kan koop nie. 
o Jy hoef nie iets aan te bied voordat iemand dit wil koop nie. 
Noem 1 punt
Verduidelik 1 punt
Sub maks 2 punte

Dit hou die ekonomie gesond. 
o Dit motiveer mense om te werk en produktief te wees. 
o Besighede is gemotiveer om wins te maak. 
o Dit hou die ekonomie gesond. 
Noem 1 punt
Verduidelik 1 punt
Sub maks 2 punte

Dit moedig besparing aan. 
o Spaargeld gee aan mense die mag om iets te kan koop. 
o Dit stel ons in staat om iets later te koop. 
KOPIEREG© EASY! 2023
5
o Dit stel ons ook in staat om iets van groter waarde te koop. 
Noem 1 punt
Verduidelik 1 punt
Sub maks 2 punte
MAKS. 8
Totaal vraag 2: 30
GROOT TOTAAL : 50
KOPIEREG© EASY! 2023
6
Download