Hoofstuk 1: Kritiese taalbewustheid Hoe om vrae oor advertensies en leesstukke doeltreffend te beantwoord Onthou, wanneer ‘n teks in die eksamen of in die klas gebruik word om jou leesbegrip te toets, word sekere tipe vrae aan jou gestel. Die soort antwoord wat jy gaan gee, hang af van die soort vraag wat gevra word. Jy sal vrae oor die volgende tekssoorte moet beantwoord: prosatekste en grafiese tekste (grafieke, diagramme, tabelle, spotprente, ens.) Wenke: Snellees die teks om te verstaan waaroor dit gaan. Lees die teks weer deur. Lees al die vrae. (Leerders mag dink dat hulle tyd mors, maar as jy begin antwoord voordat jy die leesstuk en vrae regtig verstaan, mors jy eintlik tyd.) Soeklees die teks vir spesifieke inligting soos verlang. Lees om die doel van die teks te verstaan. Moenie dat onbekende woorde jou ontstel nie. Probeer raai wat die woorde in konteks beteken, kyk of die woord nie met Engels ooreenkom nie, verdeel die woord in lettergrepe en kyk of jy nie gedeeltes daarvan verstaan nie. Skryf die gevraagde inligting neer. Vraagstelling en die beantwoording daarvan: VRAAG ANTWOORD Beantwoord die volgende vraag in ʼn volsin: Verduidelik in een sin... Beantwoord in ʼn VOLSIN. Waarom dink jy... Waaruit lei ons af... Haal ʼn frase/ sinsnede aan om jou antwoord te staaf... Slegs ʼn GEDEELTE van ʼn sin. Jou antwoord word verkeerd gemerk as jy die hele sin afskryf. Watter woord... Slegs EEN woord. Jou antwoord word verkeerd gemerk as jy meer as een woord skryf. Skryf slegs een woord neer... Skryf EEN volsin neer... Skryf DRIE woorde neer... ʼn Volsin is een sin NIE twee nie. LEES WAT GEVRA WORD! AS JY VIER WOORDE NEERSKRYF WORD DIT NIE REGGEMERK NIE! As die puntetoekenning 2 punte is Kyk noukeurig na die puntetoekenning – dit bepaal hoe jou antwoord gaan lyk. Moet NOOIT nie ʼn vraag beantwoord nie! Daar mag GEEN oop spasies op jou vraestel wees Jy mag dalk net reg raai. nie! Herformuleer die woorde van die teks as jy gevra word om dit in jou eie woorde te skryf. As 2-3 feite genoem word, moenie ʼn reeks skryf nie. As een-woord-antwoorde gevra word, moenie ʼn sin skryf nie. Vir waar/onwaar/feite/meningsvrae, gee ook die rede/motivering/aanhaling soos gevra. Moenie een deel van die antwoord weglaat nie. Onthou: Opeenvolgende/agtereenvolgende woorde = woorde wat horisontaal onmiddellik na mekaar volg. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 1 1. Visuele geletterdheid Visuele tekste is o.a. advertensies, spotprente, webblaaie, prente en strokiesprente Leerders ondersoek: 2. uitleg wat die sleutel tot ʼn gewilde webblad / advertensies / spotprente / prente is hoe die skrywer die leser se aandag gevange hou die rol van beweging, die rol van kleur Grafiese teks (grafieke, diagramme, tabelle, spotprente, ens.): 3. Jy moet hierdie soort teks noukeurig lees en kyk. Vrae kan gestel word oor die woorde sowel as die visuele aspekte (prent/ foto/ tekening/grafiek). Watter voorwerpe/ mense /diere/ kom in die grafiese teks voor? Wat is die funksie van die voorwerpe /mense/diere in die grafiese teks? Verduidelik wat elke karakter doen. Waar is die voorwerpe / mense / diere geplaas? Voorgrond? Agtergrond? Waarom? Wat kan jy uit die gesigsuitdrukkings, kleredrag en liggaamshouding aflei? Vergelyk die gesigsuitdrukkings van die verskillende karakters. Watter woorde kom in die grafiese teks voor? Wat beteken hierdie woorde normaalweg en wat beteken dit in die grafiese teks? In ‗n spotprent: Waarmee/ met wie word daar spot gedryf? Wat is die spotprenttekenaar se houding teenoor die saak? In grafieke/ tabelle/ tydlyne/ diagramme: Hoe vergelyk die data met mekaar? Gebruik die korrekte woordeskat (styging, daling,toename, afname, vermeerder, verminder ens.) Watter simbole/ beelde kom voor? Hoe vul beeld en woord mekaar aan? Wat is die rol van die agtergrond in die grafiese teks? Die verband (ooreenkoms of verskil) tussen die grafiese teks en die prosateks Moontlike vrae rakende grafiese teks: 1. Identifiseer... 2. Verduidelik... 3. Ontleed en verduidelik 4. Bevraagteken partydigheid/ stereotipering/ gevoelstaal/ manipulerende taal. 5. Wie is die teikenmark? 6. Wat skuil agter die prent/ woorde (implisiete betekenis)? 7. Wat is die slagspreuk? 8. Wat is die boodskap? 9. Lettertipe en grootte van opskrif en andere? 10. Is die lettertipe funksioneel? 11. Wat is die eksplisiete boodskap? 12. Hoe eksploiteer die adverteerder die huidige situasie genoem in die advertensie? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 2 4. Tekstipes: 1. Informatiewe teks: gee informasie/ inligting. 2. Feitelike teks: Gee bewese feite weer. 3. Grafiese teks: Inligting weergegee deur: Grafika, Tabelle, Diagramme, Advertensies 4. Instruktief: Gee instruksies aan die leser, oor hoe om byvoorbeeld aanwysings te volg. 5. Motiverend: Wil die spreker motiveer om by voorbeeld ‗n sekere produk te koop, te belê in ‗n vakansiepakket of om ‗n bydrae te maak tot ‗n fonds of instansie. 6. Affektief: Wil ontroer (affect). Dit wil byvoorbeeld ‗n gevoel oordra. Die gevoel kan positief of negatief wees. 5. Trant van teks/ skryfstyle: 1. Humoristiese styl: grappig van aard. 2. Formeel: Gekenmerk deur formele taalgebruik – resensies is gewoonlik formeel geskryf. 3. Informeel/ Geselstrant. 6. Advertensies: Vrae kan gestel word oor advertensietegnieke (dit sluit die visuele/ grafiese aspekte in) sowel as oor taalaspekte. Jy moet die volgende basiese dinge oor ‟n advertensie ken: Struktuur van ‗n advertensie: kop, liggaam en voet 6.1 Kop: kry die leser se aandag (bv. deur lettertipe en lettergrootte, vetdruk, rym) Liggaam: beskryf die voordele van die produk Voet: vat saam, slagspreuk/ trefsin, kontakbesonderhede, leuse/ logo 6.2 Samestelling van advertensie: woord en beelde (grafika); watter nuwe woorde kom voor? Watter grafika kom voor? Waar is die grafika geplaas (voorgrond/ agtergrond)? Wat is die grootste: woorde of grafika? 6.3 Identifiseer produk en maniere waarop dit beklemtoon word: kleur, plasing, rym 6.4 Identifiseer teikenmark van advertensies: Wie moet die produk koop? 7. Hoe “lees” „n mens ‟n advertensie? Wat sien jy in die advertensie? Wat is die uitleg van die advertensie (hoe is die basiese komponente gerangskik?) Watter tekens en simbole kom voor en hoe beïnvloed dit die impak van die advertensie? Hoe wissel die lettertipe en lettergrootte? Indien karakters voorkom: Hoe lyk hulle? Wat kan jy uit die agtergrond aflei? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 3 Verskaf die taalgebruik / beelde bloot inligting, of help dit om emosionele respons te ontlok? Watter woorde / uitdrukkings help om te oorreed en te manipuleer. Watter handeling vind in die advertensie plaas en waarom is dit belangrik? Watter produk / diens word geadverteer? Wie is die teikengroep? Watter sosiologiese, politiese, ekonomiese of kulturele houding word deur die advertensie gereflekteer? Grafiese elemente: prente en/of foto‟s; opskrifte; lettersoorte en lettergroottes; spasiëring en ontwerp (ook die gebruik van oop wit spasie); en slagspreuke/trefsinne (―Logos‖) Taalaspekte: Die gebruik van leestekens; slagspreuke; emotiewe taalgebruik; retoriese tegnieke; herhaling; die gebruik van figuurlike taal; alliterasie; assonansie; Wat word op die voorgrond geplaas? Wat is die verband tussen die woorde en beelde? 8. Advertensietegnieke (Wat gebruik die kopieskrywer om te oorreed en te manipuleer?): Lettertipe en lettergrootte Tipografie (hoe die advertensie op papier gedruk is) Foto‟s/ prente / beelde Vetdruk en skuinsdruk Herhaling Statistiek Klanke (veral alliterasie en assonansie) Informele trant (praat met die leser asof hy / sy „n vriend is) Gebruik ‗n bekende persoon om die produk te adverteer/ as ―getuie‖ van die gehalte van die produk Idiomatiese taalgebruik Woordspeling Kontras Vraagsinne en stelsinne (bv. Wil jy graag ryk wees? Ons het die antwoord.) Slagspreuke Alledaagse omgangstaal en uitdrukkings (bv. Eish!) Funksie van hierdie tegnieke: beklemtoon die produk / geleentheid / diens; versterk die boodskap (van die maatskappy); help om leser te oorreed of manipuleer; doen ‗n sielkundige beroep op die leser (bv. laat die leser gemaklik / trots / spesiaal voel Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 4 9. Strategieë om visuele tekste beter te verstaan: 1. Vra vrae soos: Hou die teks verband met iets wat ek alreeds ken of van weet? Gebruik jou persoonlike ervaring/ kennis om met die inligting te identifiseer. 2. Kontroleer of die skriftelike deel met die illustrasies of foto‘s verband hou. 3. Gebruik jou kennis van gebare, gesigsuitdrukkings en liggaamshouding om karakters te beskryf. 4. Identifiseer die doel van die teks en gebruik dit om jou begrip van die betekenis en van die illustrasie te verduidelik. 10. Paragraafskakeling: Die bou van „n paragraaf: Die bou hang af van die plek wat die kernsin daarbinne inneem. As die kernsin (die belangrikste sin) aan die begin van die paragraaf staan, is die daaropvolgende sinne ‗n uitbreiding van die hoofgedagte in die kernsin. As die kernsin aan die einde van die paragraaf staan, is dit gewoonlik ‗n gevolgtrekking. 1. Aaneenskakelende paragrawe: Twee of meer opeenvolgende paragrawe waarin die inhoud van die paragrawe met mekaar aansluiting vind. 2. Teenstellende/ kontrasterende paragrawe: Twee of meer opeenvolgende paragrawe wat in kontras staan. Voegwoorde wat teenstelling aandui: maar, inteendeel, nieteenstaande word gewoonlik gebruik. 3. Oorsaak en gevolg: die paragrawe word ingelei deur voegwoorde soos daarom, gevolglik, dus, derhalwe, as gevolg van en nog vele meer. 4. 11. Leesvaardighede: In enige leesoefening is dit belangrik: 1. om op te let na die titel van die teks: Die titel gee gewoonlik vir jou ʼn aanduiding waaroor die teks handel. 2. Om te onderskei tussen ʼn feit en ʼn bewering: ʼn Feit is iets wat werklik bestaan en bewys kan word. Feite is kontroleerbaar en kan getoets word deur middel van eksperimente, navorsing en waarnemings. ʼn Mening/ bewering is ʼn persoon se eie siening van ʼn saak. Dit kan gewoonlik nie bewys word nie. Woorde soos glo, dink, voel, is oortuig, die meeste mense sê, altyd en almal is ʼn aanduiding dat dit ʼn mening is. Menings is nie kontroleerbaar nie en berus op ʼn persoon se eie ervaring en afleiding. 3. om te onderskei tussen subjektiewe en objektiewe uitsprake: ʼn Objektiewe siening is onbevooroordeeld en word nie beïnvloed deur ʼn persoon se persoonlike gevoelens nie. ʼn Subjektiewe siening/ uitspraak is persoonlik en gee die persoon se eie mening weer. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 5 4. om te onderskei tussen denotasie en konnotasie: DENOTIEWE/ LETTERLIKE BETEKENIS (denotasie): die direkte betekenis (dictionary) KONNOTIEWE/ FIGUURLIKE BETEKENIS (konnotasie): wat bedoel word met die woorde. 5. om suggestie te verstaan: Suggestie/ of as iets gesuggereer word (verskuilde of geïmpliseerde betekenis) is dit wat nie direk gesê word nie, maar dit wat jy tussen die lyne moet aflei. Dit is wanneer ʼn skrywer, spreker of kunstenaar ʼn indirekte, verskuilde boodskap wil oordra. Hy suggereer iets en die leser moet sy eie afleiding maak. 6. om ironie te verstaan: 7. Ironie is wanneer daar op spottenderwyse presies die teenoorgestelde bedoel word as wat gesê word, omstandighede van sake wat presies die teenoorgestelde is as wat ʼn mens verwag. Ironie is ʼn stylfiguur en is eintlik ʼn teenstelling. 8. om sarkasme te verstaan: Sarkasme is wanneer daar doelbewus met ʼn ander die spot gedryf word deur presies die teenoorgestelde te sê as wat bedoel word. Anders as ironie maak sarkasme seer en het ʼn bytende ondertoon. 9. Om woordspeling te verstaan en dit te kan raaksien: Dit is wanneer ʼn skrywer speel met die verskillende betekenisse wat ʼn woord kan hê. 10. Om stereotipering te verstaan en dit te kan raaksien: Dit is wanneer daar ʼn vaste opvatting/ idee (gewoonlik ʼn partydige een) oor ʼn sekere persoon of groep bestaan, byvoorbeeld: So word ʼn blonde vrou as dom gestereotipeer ʼn Griek as ʼn kafee-eienaar. Jode het almal groot neuse. 11. Emotiewe taal (gevoelstaal) EMOSIES! Hierdie taal is gelaai met emosie. In plaas van neutrale taal. 12. Oorredende taal: Dit is wanneer taal ingespan word om die leser te oorreed en tot hulle standpunt oor te haal. 12. Om partydigheid te verstaan: Dit is wanneer ‗n beoordeling onder die invloed van ‗n bepaalde gesindheid staan. Die persoon kyk nie neutraal of objektief na die gebeure nie. 13. Manipulerende taal: Hierdie taal manipuleer deur onregverdige vooroordeel of invloed oor ander uit te oefen. Byvoorbeeld: Jy gaan nie die naweek iewers heen as jy nie die toets bo 80% SLAAG NIE. 14. Retoriese vrae: Dis ‗n vraag waarop daar nie ‗n antwoord verwag word nie. Die doel van die vraag is om die leser te betrek by die inhoud van die teks. 15. Cliché: Is ‗n afgesaagde, holruggeryde uitdrukking of beeldspraak. Dit is iets wat te veel gebruik is. Dit is onoorspronklik en het sy sprankel verloor. 16. Asterisk*: Verwys na ‗n aantekening/ verduidelik elders in die teks. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 6 17. Implisiete boodskap: Dit is die geïmpliseerde betekenis. Dit is wanneer iets wat iemand sê ‗n verskuilde (weggesteekte) betekenis het. Dit word met ander woorde nie reguit gesê nie. 18. Geïmpliseerde betekenis: Dit hou verband met konnotasie. Dit is om iets te kenne te gee waardeur die hoorder op grond van sekere voorveronderstellings ‗n onjuiste gevolgtrekking maak. TOETS JOUSELF! 1. Watter sport word met hierdie bal gespeel? 2. Wat is so eienaardig omtrent die vorm van hierdie bal? 3. Wat probeer Rooi Oog aan die Rooihuid in raampie 2 verduidelik? 4. Wat wil die Rooihuid in raampie 3 doen? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 7 1. Wie is die adverteerders? 2. Skryf die logo van die advertensie neer. 3. Watter oordeel spreek die kopieskrywer met die vraag ―Hoe Afrikaans is jy?‖ 4. Watter emotiewe waarde het die gebruik van die woord ‗jou‘ in: ―… in jou eie taal, net soos dit jou pas.‖ 5. Wat is jeuglektuur? 6. Verskeie argumente word daagliks oor die belangrikheid van moedertaalonderrig aangevoer. Wat is jou standpunt hieroor? Gee jou antwoord in twee volsinne weer. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 8 Kom ons kyk nou hoe benader ‟n mens die lees van ‟n advertensie: Dit is belangrik om eers te weet waaroor ‟n advertensie gaan voordat jy vrae daaroor begin beantwoord. Dit is ook belangrik om te weet dat advertensies geskryf is om mense te oorreed om die produk te koop, of andersins om mense se aandag te trek. Wanneer ons na die advertensie hierbo kyk en daardeur lees, kan ons onmiddellik ‘n paar afleidings maak. Eers te kyk vir leidrade in die advertensie wat jy kan gebruik. Die volgende afleidings kan gemaak word: 1. ʼn Skoolverlaterskamp word geadverteer. 2. Die kamp vind plaas vanaf 5-10 Julie te Nooitgedacht. 3. Nooitgedacht is geleë op die oewer van die Vaalrivier naby die Vrystaat. 4. Die kamp is vir alle Graad 10‘s tot 12‘s. 5. Die tema is: Hoe groot is ons God. Deur slegs na ‘n paar woorde hierbo te kyk, kon ons heelwat afleidings maak. Die vrae wat dus uit ‘n advertensie soos hierbo gevra kan word, sal insluit: 1. Waar vind die kamp plaas? 2. Wie is die teikenmark? 3. Wie bied die kamp aan? 4. Hoe oud is die GKSA hierdie jaar? 5. Waarvoor staan GKSA? NB: Baie min weet nie dit! Moenie nie antwoord nie. Daar is leidrade in die advertensie! Kyk wie bied die kamp aan: Die Gereformeerde Kerk Cachet. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 9 Dus GK staan vir Gereformeerde Kerk. SA staan vir Suid-Afrika dus GKSA staan vir Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. MAKLIK! Bogenoemde advertensie het heelwat meer inligting as die vorige advertensie. Die advertensie het ook moeiliker woorde. Dit is duidelik vir ‘n meer volwasse persoon geskryf. Hier word heelwat beskrywings gegee om die produk te beskryf of te verduidelik. ‘n Mens kan ook heelwat vrae oor bogenoemde advertensie vra, byvoorbeeld: 1. Hoe kan ‘n mens gewig verloor? 2. Waar sal hierdie klinieke oral aangetref word? 3. Wat beteken die woord: revolusionêr? 4. Wie is die teikengroep? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 10 Baie vrae kan oor ʼn advertensie gevra word byvoorbeeld: 1. Wie is die teikenmark van die bostaande advertensie? 2. Waarvoor is Oudtshoorn bekend? Noem twee. 3. Waarvoor staan www? ONTHOU SPELLING TEL! 4. Wat is die implisiete betekenis van die meegaande grafika rakende die voornemende adverteerder? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 11 NIE TE KOOP AAN PERSONE JONGER AS 18. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 12 Leeruitkoms 2: Lees en kyk 1. Wat is die onderwerp van die advertensie? 2. Identifiseer die hoofgedagte van paragraaf 1 en skryf dit in EEN volsin neer. ONTHOU EEN VOLSIN BETEKEN DAT JY SLEGS EEN SIN MAG NEERSKRYF. JOU ANTWOORD WORD NIE REG GEMERK AS JY MEER AS EEN SIN SKRYF NIE! 3. Watter twee besonderhede in paragraaf 1 ondersteun die eerste paragraaf se hoofgedagte? Skryf die twee sake puntsgewys onder mekaar neer. JOU ANTWOORD GAAN SO LYK: ● / 1. ● / 2. 4. Watter leestegniek het jy gebruik om die onderstaande besonderhede vir die hoofgedagte te vind? ● Vluglees is wanneer die teks vlugtig deurgelees word om ʼn oorsig oor die teks te verkry. ● Soeklees is wanneer daar na bepaalde inligting gesoek word sonder om die teks in sy geheel deur te lees. ● Begriplees is wanneer die inhoud met begrip gelees word om te verstaan. ● Studielees is wanneer die teks deeglik bestudeer word om die inhoud jou eie te maak. 5. Watter oënskynlike kontras vind jy in paragraaf 1? Kontras is ʼn teenstelling. Antitese is wanneer twee kante direk tenoor mekaar gestel word om deur middel van kontras te beklemtoon. Paradoksale teenstelling is ʼn indirekte kontras wat op die oog af soos ʼn teenstrydigheid lyk. Dit is ʼn skynbare teenstelling wat by nadere ondersoek ʼn dieperliggende waarheid ontsluit. 6. Wat beteken au naturel in die kop (opskrif) van die advertensie? 7. Herlees paragraaf 2 en kyk weer na die advertensie. Watter groener keuses van Avondale word uitgebeeld? 8. Het Avondale hulle wyn op die manier wat hier beskryf word, gemaak? 9. Kyk na die slagspreuk ―Moeder Natuur stem saam.‖ Is hierdie stelling ʼn feit of ʼn mening? 10. Watter impak het die gebruik van die elisie (hoort i.p.v. behoort) in paragraaf 3 op die betekenis van die sin? Elisie is die weglating van ʼn beklemtoonde lettergreep om gewoonlik ritme te behou. 11. Stem jy saam met die skrywer se afleiding en gevolgtrekking in die slotsin van die teks? Motiveer jou antwoord. (2) As hulle jou vra of jy saamstem met iets moet jy eerstens ja/ nee antwoord vir ʼn punt. Jou motivering op jou ja/ nee tel dan ook ʼn punt. 12. Neem jy aanstoot aan die naaktheid van die advertensie? Motiveer jou antwoord. 13. Dink jy die boodskap van die advertensie sou dieselfde gewees het as die druiweplukkers klere gedra het? Motiveer jou antwoord. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 13 14. Wat wil die feit dat die werkers/ druiweplukkers in die advertensie verskillende rasse en geslagte verteenwoordig, oor die wyn sê? 15. Wie is die teikengroep van die advertensie? 16. Watter impak het die lettertipe en –grootte in die hoofopskrif op die betekenis van die advertensie? 17. Waarom is die subopskrif funksioneel? Watter impak het dit op die betekenis? 18. Wat is die denotasie van ―revolusionêr‖ (par. 2). 19. Wat is die konnotasie van ―groener‖ besluite (par.2)? 20. Wat is die geïmpliseerde betekenis in die feit dat Avondale se benadering tot wynbou ―revolusionêr‖ is? 21. Watter eksplisiete boodskap oor wynbou deel Avondale met die leser? Ben , Babsie en familie 1. ―Ben, ek sien glad nie uit na vanaand se ete nie.‖ 1.1 Gee die denotiewe betekenis van Babsie se woorde. 1.2 Gee die konnotiewe betekenis van Babsie se woorde. 2. Voltooi: Babsie se woorde in raampie 5 is ‘n voorbeeld van ‘n betekenis wat (eksplisiet/implisiet) gestel is. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 14 3. Voltooi: Babsie se liggaamstaal in raampie 6 is ‘n voorbeeld van ‘n betekenis wat (eksplisiet/implisiet) oorgedra word. 4. Gee ‘n voorbeeld van ‘n goeie sosiale waarde wat een van die sprekers kommunikeer. 5. Gee ‘n voorbeeld van Babsie wat haar gevoel teenoor Ben uitspreek. 6. Is daar ‘n voorbeeld van taalgebruik waar die een spreker 6.1 die ander manipuleer? 1. Na watter ―kragstryd” word verwys in die volgende aanhaling uit die advertensie: ―Beëindig die kragstryd.‖? 2. Wie is die adverteerder in die advertensie? 3. Hoe benut of eksploiteer die adverteerder die huidige krisis in die land om meer kliënte en besigheid te kry? Noem TWEE dinge. 4. Wie is die teikenmark vir hierdie advertensie? WENK! Baie help dit baie om te kyk uit watter drukkersmedia die advertensie/ berig of strokiesprent geneem is. Dit bepaal meestal die teikenmark. Rapport/ Beeld word gewoonlik gelees deur volwassenes. Jip word gelees deur tieners. 5. Hoe, dink jy, is die adverteerder van plan om uit hierdie buitengewone diens aan kliënte geld te maak? Hoofstuk 2: Woordeskat HERKOMS VAN WOORDESKAT 1. Erfgoed: Definisie: Woorde hoofsaaklik afkomstig uit 17de – eeuse Nederlands (voor 1657) en uit die Gotiese tale. Afrikaans het baie woordeskat uit Sewentiende-eeuse Nederlands geërf. Woorde wat voor 1652 al in Nederlands uit Frans en Latyn ontleen is, is ook deel van Afrikaans. Sowat 95% van Afrikaanse woordeskat kom uit Nederlands (Raidt, 1991). Voorbeelde: • Ou Nederlands: hond, huis, koek, boer, zwart (swart), methode (metode). • Nederlandse handels – en seemanstaal: • Handelstaal: As gevolg van handel tussen Europa en die Ooste het ‗n omgangstaal ontstaan, bekend as handelstaal wat ontwikkel het uit Nederlands, Maleis – Portugees byvoorbeeld: Patatta, koejawel, mielie, likkewaan, sambreel, sambok, piering. • Seemanstaal: Ontstaan uit verskillend Europese en Oosterse tale byvoorbeeld:Botter, kombuis, kombers, matras. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 15 2. Leengoed: Definisie: Jong tale, soos Afrikaans, leen woorde uit ander tale om in ‗n taalbehoefte te voorsien. Ontlening is ‗n natuurlike verskynsel en verryk ‗n taal. Woorde word uit ander tale ‗geleen‘. Woord kan die oorspronklike vorm behou of verander. Ontstaan dikwels weens taalkontak of blote behoefte. Voorbeelde: Afrikaans het woorde aan die volgende tale ontleen: Khoi – tale: Woorde van die Khoisan is hoofsaaklik leenwoorde vir name van plekke, diere en plante. Byvoorbeeld: Boegoe; dagga; kwagga; karos; Griekwa; aitsa, ga, abba, geitjie. Maleis – Portugees (Maleis en Portugees) Blatjang; baie; piering; blatjang; atjar; bobotie; sosatie; tronk; kraal; spens; paljas (toorgoed, doepa: Hy het hom gepaljas (getoor). Duits: Wiks; swaap; laer; liederlik; lummel (lümmel). Frans: Restaurant; garage; menu; kamoeflage; barrage; bagasie; doeane; mayonnaise; elite. Engels: Trein; trust; jurie; tennis; rugby; krieket; telefoon; speaker. Wallies: eisteddfod Spaans: Muskiet; kommando; Sjerrie; tornado; kitaar; kastanjette; sigaar; kafeteria Italiaans: Opera; bandiet; malaria; spaghetti, macaroni; ravioli. Afrika tale: Indoena; kaia; impi; mamba; mopani; donga. 3. Eiegoed: Definisie: Nuwe woorde deur die sprekers van Afrikaans om nuwe artikels, plante, diere en voëls te beskryf. Die woordeskat van die taal word hierdeur uitgebrei. Sluit woorde in wat ontstaan het uit afleidings, samestellings en samestellende afleidings. Voorbeelde: • Plante: protea; taaibos • Diere: klipspringer; vlakvark; rooikat; springbok • Voëls: Piet – my – vrou; Hoep- hoep Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 16 Woordeskatuitbreiding van Afrikaans vind op die volgende maniere plaas: Onderstaande staan bekend as: TAALVERSKYNSLES 1. Kontaminasie/ taalbesmetting: Definisie: Twee woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, word vermeng. Voorbeelde: • Maleis – Slamse = Slamaaiers • Amuseer – vermaak = veramuseer • Oplui – telefoneer = optelefoneer • Peper – kruisement = peperment • Aanbetref: aangaan en betref • In pleks van: in plaas van en in plek van • Verkul: verneuk en kul • Laterhand: lateraan en naderhand • Kokkorot: kakkerlak en cockroach 2. Volksetimologie: Definisie: Woorde uit ‗n ander taal verklank om soos Afrikaans te klink. Volksetimologie is die vervorming van leenwoorde, en 'n algemene siening hiervan is dat dit vroeër wel 'n bydrae tot ons woordeskat gelewer het, maar vandag nie meer ter sake is nie. Dit is veral op grond van die tipiese voorbeelde van volksetimologie in ons taalhandboeke wat hierdie gevolgtrekking gemaak word. Voorbeelde: • Bronchitis – bromkatjies • Saalsak, Meelsak en Appeleenoog – Sadrag, Mesag en Abednego. • Marietjie Louw – Martial Law • Bicycle – baie sukkel • Incubator – eendjiebyter • For better and for worse – vir botter en vir wors • The benefit of the doubt – die binnevet van die boud • Nuwe toevoeging – kothuis vanaf cottage. • Eau de cologne – oliekolonie • Spinnerag - spinnerak • Muizenissen – muisneste • Voorbeeld van volksetimologie wat uit onkunde ontstaan het: • Katjiepiering – uit Maleis: katjoe – piring. 3. Klanknabootsing/ onomatopee: Definisie: Nuwe woorde word gevorm op grond van die nabootsing in die taal van bepaalde klanke en geluide, of deur die benoeming van geluide of klanke. Voorbeelde: • Piet – my – vrou • Woer – woer • Koer Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 17 • • • • • Toeter Toktokkie Zoem; doef; tjirp Kwêvoël, Janpierewiet Klapper 4. Toutologie/ stapelvorm: (onthou – kabeltou) Definisie: Die herhaling van dieselfde woord/ begrip in een woord. Dus die verdubbeling van woorde wat na dieselfde saak verwys. Sommige van die vorme is histories van aard en ons voel hulle nie meer as toutologieë aan nie (eier – eiers; kinder – kinders). Voorbeelde: • Tortelduif • Spanjoelhond • Brokstuk • Graftombe • Walvis (wal is ‗n ou benaming vir vis) • Windhond (wind is ‗n ou benaming van hond) • Damwal (In Nederlands is dam ‗n benaming vir wal). • Dubbel meervoud: (reeds ‗n meervoud, maar voeg meervoud by). • Eier(s) • Kinder(s) 5. Pleonasme: Definisie: Die herhaling van dieselfde woord/ begrip in ‗n sin. Onnodige herhaling van woorde in ‗n sin. Voorbeelde: • Die weduwee wie se man dood is. • Ek loop te voet. • Yslike groot boom. • Sy is opreg sonder valsheid. Gebiedend noodsaaklik. • Ronde sirkel. Vuil besmeerde klere. • Enorme groot. 6. Analogie: Definisie: Nuwe woorde wat na voorbeeld van bestaande woorde gevorm word. Voorbeelde: • - eling: drenkeling; suigeling; hemeling. • - enaar: leuenaar; moordenaar; kunstenaar; wewenaar; kluisenaar. • - erig: klouerig; waterig • - nier: bankier; tuinier • doodstil; doodseker; doodonskuldig Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 18 7. Neologismes/ nuutskeppings: Definisie: Woorde wat gegee word vir nuwe begrippe in Afrikaans. Voorbeelde: Pendeltuig – space shuttle Woordmeul – word processor Fotokopieë Skootrekenaars (laptops) 8. Kroostrooster (babysitter) flaterwater (Tipp-ex) gonswoord (buzz word) rymkletser (rapper) Anglisismes: Definisie: Woorde uit Engels. Voorbeelde: • Pendeltuig – feminis • Sien handboek vir nog voorbeelde! 9. Argaïsmes: Definisie: Verouderde woorde in die taal of woorde waarvan die voorwerp waarna dit verwys uitgesterf het. Voorbeelde: • Snuiter • Tonteldoos • Wat de ongeluk • Vandesejaar Hoofstuk 3: Die Klanksisteem Alle klanke in Afrikaans word in drie groepe verdeel: 1.a Vokale of klinkers Diftonge of tweeklanke Konsonante/ medeklinkers Die DRIE groepe Vokale: a; e; i; o; u; oe; ie; eu; ee; aa; uu; oo (Arme Ek Is Oupa Uil en sOEn dIE sEUn 1.b Diftonge/ tweeklanke: ai; aai; eeu; ei; y; ooi; ou; ui; oei; oi Klanke kan stemloos of stemhebbend wees. Klanke wat met stem uitgespreek word, noem ons stemhebbende klanke. Klanke wat met vrye deurgang uitgespreek word, noem ons stemlose klanke. Alle vokale en diftonge is stemhebbend. Waar konsonante stemhebbend of stemloos kan wees. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 19 1.c Konsonante/ medeklinkers: Konsonante word gevorm as die spraakorgane (tong, lippe, tande, stembande) die asemstroom op een of ander manier wysig, deur dit te versper of af te sluit. Konsonante sluit in: d; c; d; f; g; h; j; k; l; m; n; p; q; r; s; t; v; w; x; z met ander woorde al die oorblywende letters in die alfabet. 1. d Manier van vorming van konsonante: Konsonante word op die volgende SES maniere gevorm: 1. Eksplosiewe: Eksplosiewe kom tot stand wanneer die lug êrens in die spraakkanaal heeltemal afgesluit word deur die onderbreking in die lugstroom, gevolg deur ‗n skielike vrylating van lug sodat ‗n plofgeluid ontstaan. Frikatiewe kom tot stand wanneer die lugstroom vernou word sodat ‗n wrywing/ skuurgeluid ontstaan. Frikatiewe = friction 3. Laterale: 4. Affrikate: b; d; p; k; t; g LET OP DIE VOLGENDE: Eksplosiewe = explosion 2. Frikatiewe: Eksplosiewe klanke: Berge (die klank is ‗n eksplosief) Berg (die klank is ‗n frikatief) Frikatiewe klanke: s; z; g; sj; v; x As die lug aan albei kante van die tong wat in die middel van die mond is verbygaan, vorm ons die lateraal. Affrikate word soos die eksplosief gevorm, maar ‗n vernouing ontstaan met die uitspreek van die frikatief sodat die konsonante feitlik Laterale klank: L (L) Affrikate klanke: Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 20 as een uitgespreek word. Nadat die eksplosief uitgespreek word, word ‗n frikatief gevorm. As die twee klanke direk na mekaar uitgespreek word, ontstaan die affrikaat. 5. Nasale: r 6. T iller: ts; tj; dz LET OP DIE VOLGENDE Nasale klank: As die deurgang van die lugstroom deur die mondkanaal heeltemal afgesluit word, sodat die lug deur die neus of nasale kanaal vloei, word nasale konsonante gevorm. Vinnige op en af beweging van die tongpunt deur die lugstroom veroorsaak, vorm die triller. ts – tsaar en tsetsevlieg tj – tjalie en tjek dz – jellie en kollege m; n; ng Triller: r; ook die bry R Klankverskynsels: 2. 2.1 Ronding, Ontronding en Oorronding (Foutiewe ronding) Ronding: Sekere vokale en diftonge vereis ronding van die lippe. Dit beteken dat ons sekere woorde met geronde lippe uitspreek. Vokale en diftonge wat gerond uitgespreek moet word: Ongeronde vokale vereis spleetvormige lippe: i of ie lief uu (gluur) ee eet eu (seun) e of i het u (sluk) a jas oe (soek) aa vraat o (bog) aai slaai ooi (strooi) ai baie eeu (leeu) ei/ y vleis/ lys ou (stout) ui (lui) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 21 Ontronding: Wanneer geronde klanke, plat uitgespreek word. Ontronding is dus die neiging om geronde vokale ongerond uit te spreek. Voorbeelde: Vuur vier. Huisieheisie Buk bik Deur deer Ek het die miere van my heisie brein geverf. Oorronding: Wanneer ongeronde en soms ook geronde klanke met lippe in ‗n oordrewe geronde posisie uitgespreek word, vind oorronding plaas. Voorbeelde: 2.2 Neef – neuf Vier – vuur Pa – pô Sewe – seuwe Nasalering en vokalisering: Die nasale klank verdwyn, maar die nasale kenmerk daarvan word deur die voorafgaande klinker wat verleng word, oorgeneem. Die vokaal kry die eienskap van die nasaal en die nasaal kry die eienskap van die vokaal. Die klank wat so ontstaan, word gevorm terwyl die lugstroom deur die mond sowel as die neus stroom. Die vokaal word genasaleer terwyl die nasaal gevokaliseer word. Wanneer vokale a; e; o gevolg word deur ‗n NS vind nasalering en vokalisering plaas. Voorbeeld: Let wel: Mens ons dans pons In sommige gevalle word die n behou en nie genasaleer nie. kansel; sensor; konsonante; kuns; sensuur; instrukteur Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 22 2.3 Assimilasie: As ons praat sê ons nie elke letter nie want spraak is ‗n ononderbroke klankstroom. Assimilasie is dus die gelykmaking van klanke. Ons onderskei tussen algehele assimilasie en gedeeltelike assimilasie. Voorbeelde: 2.4 Gedeeltelike assimilasie: Wanneer ‗n N gevolg word deur ‗n B; M; P word die N as ‗n M uitgespreek: Algehele assimilasie: Anders- anners kelder – keller honde – honne eenders – eeners hoenders – hoeners het die – he – die wilde – wille op die – oppie in die – innie hierdie – hierie onpaar – ompaar onmiddellik – ommiddellik aanbod – aambod Stellenbosch – Stellembosch Palatalisasie: Palatalisasie vind plaas waar sommige klanke by die harde verhemelte uitgespreek word. Wanneer ‗n K/ Ggevolg word deur ‗n i/ e vind palatalisasie plaas. Onthou dit gaan oor KLANKE en nie hoe doe woorde lyk of gespel word nie. Voorbeeld: gieter (i-klank na ‗n g) geel (Dit mag nie so lyk nie, maar daar is wel ‗n i-klank na die g) geld (in sommige gevalle klink dit of daar na die G-KLANK ‗n J-KLANK ingevoeg word. Palatalisasie vind dan ook plaas) Kielie keel kerk keer mandjie en katjie (Onthou dit gaan oor hoe die uitspraak van die woorde klink) Wanneer ‗n J ingevoeg word na ‗n H bv: hemel –hjemel Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 23 2.5 Vokaalreduksie: Wanneer ‗n vokaal in ‗n swak beklemtoonde lettergreep staan, word dit dikwels uitgespreek as ‗n E (fonetiese ə). ‗n Vokaal word dus in ‗n swak beklemtoonde lettergreep gereduseer tot ‗n neutrale ―i‖. Voorbeelde: Die onderstreepte lettergreep is dié een wat beklemtoon word by uitspraak. 2.6 Ru-moer re- moer Pa-trys pi-trys Ko-lo-nie ki-lo-nie A-ka-de-mie a-ki-de-mie ko-lo-nel ko-li-nel kro-ko-dil kro-ki-dil ba-klei bi-klei Metatesis/ Klankverspringing: Metatesis is die verskynsel waar ‗n konsonant - veral ‗n ren l, van een posisie in die woord na ‗n ander verskuif/ spring. Voorbeelde: 2.7 Granaat garnaat Present persent Probeer porbeer (pro – beer: pri – beer) Turskvy truksvy Klanktoevoeging: Klanktoevoeging is die term wat gebruik word vir die toevoeging van klanke tot woorde. Dit kan aan die begin van die woord, die einde of in die middel van die woord. Waatlemoen – wartlemoen. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 24 Voorbeelde: Voorvoeging: 2.8 Invoeging: goeienaand naand savonds saans Agtervoeging: schielijk skierlik eingenlijk eintlik dubbel dubbeld enkel enkeld Klankweglating/ elisie: Klankweglating/ elisie is die term wat gebruik word vir die weglating van klanke in woorde. Voorbeelde: Dispens spens Historie storie broeder broer leugen leuen Hoofstuk 4: Spelling 1. Verdubbeling van vokale LW: In 'n geslote lettergreep word die lang vokale a, e, o en u altyd dubbel geskryf: skool, muur, speel, baan. In 'n oop lettergreep word die klinkers a, o en u in lang klanke enkel geskryf: bane, mure, so, sku. Hierdie vokale word enkel geskryf in binnelettergrepe asook in eindlettergrepe. Daar is uitsonderings soos eiename, nl. Prinsloo, Karoo. Die u word ook verdubbel wanneer die woord in die oortreffende trap staan, soos sluuste, skuuste. 2. Die ''e'' word soms enkel en soms dubbel geskryf: in oop binnelettergrepe: bene, sere, lere. aan die einde van die woord: gee, nee, see. in sekere woorde: feetjie, meedeel, seekat. Verdubbeling van konsonante (Medeklinkers) LW: Die konsonant verdubbel wanneer dit staan tussen 'n kort vokaal in 'n sillabe wat die hoofklem dra (en waarop 'n volgende vokaal volg): stok - stokke bal - balle Wanneer die vokaal kort is, maar nie die hoofklem in die woord dra nie, verdubbel die konsonant nie: middel - middele ; haatlik - haatlike In gevalle waar die grondwoord op die letter ''I'' eindig en die agtervoegsel - lik aangevoeg word, verdubbel die konsonante: adelik (adel + lik) dadelik (daad + e + lik) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 25 In saamgestelde woorde waar die grondwoord bv. op 'n konsonant eindig en die volgende grondwoord op dieselfde konsonant begin, soos: gras + saad = grassaad smarag + groen = smaraggroen Verdubbeling van konsonante by woorde wat op 'n ''s'' eindig en in die oortreffende trap geskryf word, soos: juisste = juis + ste skuinsste = skuins + ste (agtervoegsel vir die oortreffende trap) 3. Skryfwyse van woorde - Los en vas. 3.1 Woorde word as een woord (vas) geskryf: 1. Woorde wat uit meer as een woorddeel bestaan soos afleidings, samestellings en samestellende afleidings word vas aan mekaar geskryf. bv. Matriekbaadjie, tafelpootjie, koerantberig, goudgeel. 2. 'n Samestelling waarvan die eerste deel 'n eienaam is en gevolg word met 'n selfstandige naamwoord: bv. Voortrekkerstraat 3. 'n Samestelling met die woord ''-kant'' as die tweede deel: bv. onderkant; bokant 4. 'n Samestelling wat bestaan uit 'n bywoord + ''toe'' as die tweede deel: bv. ondertoe , boontoe, vorentoe. BELANGRIK: 'n selfstandige naamwoord + toe word los geskryf: bv. huis toe, kerk toe, skool toe 5. Die woord ''terug'' + 'n werkwoord word vas geskryf: bv. terugneem, teruggee. 6. Die volgende adjektiewe(byvoeglike naamwoorde) en bywoorde word vas geskryf: pootuit, kaalvoet, meteens, opmekaar, agtermekaar, platsak. 7. Woorde met agtervoegsels soos: op, af, in, uit, aan, langs, om en oor word vas geskryf: sonop, stroomop, straataf, kortaf, dagin, jaarin, daguit, pootuit, padlangs, agterlangs, regsom, kortom, skuinsoor, ens. 4. Meervoude Meervoude in Afrikaans kom by selfstandige naamwoorde voor. Meervoude word aangedui deur agtervoegsels soos: -e, -se, -ere, -ers, -ens, ‘s, -ë. -te of -de by selfstandige naamwoorde te voeg. (Onthou dat nie alle s.nwe. ‘n meervoudsvorm het nie, bv. goud, haat, platinum) VOORBEELDE boek som dieet brief blikkie foto wag bed - boeke somme diëte briewe blikkies foto's wagte beddens been maag kroeg tree lied padda kind werksman - bene mae kroeë treë liedere paddas kinders werksmanne/ werkslui Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 26 speelding buurman oupa resep dief lam ma hemp skip distrik oorlog das - speelgoed bure oupas resepte/reseppe diewe lammers ma‘s hemde skepe distrikte oorloë dasse laboratorium kleinding gemoed hoof kalf hof drie eg wa lid gevangene gevangenis - laboratoriums/laboratoria - kleingoed - gemoedere - hoofde - kalwers - howe - drieë - êe - waens - lede - gevangenes - gevangenisse Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 27 5. Verkleining Verkleining in Afrikaans word gewoonlik deur die agtervoegsels -tjie, -jie, -pie, -ie, -etjie en -kie aangedui VOORBEELDE seun - seuntjie blom - blommetjie boom - boompie rook - rokie hond - hondjie ring - ringetjie woning - woninkie mandjie - beloning - beloninkie ossewa pad - paadjie baadjie - baadjietjie nooi - nooientjie wa waentjie rok - rokkie stof pen - pennetjie spel - speletjie roos - rosie wolk - wolkie skilpad - skilpadjie som - sommetjie pa - pa‘tjie mandjie - mandjietjie ouma - oumatjie skip - skippie/ skepie mandjietjie - - ossewaentjie stoffie Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 28 BELANGRIK! In Afrikaans het verkleiningsvorme verskillende funksies. Gewoonlik druk verkleining verhouding t.o.v. grootte uit, maar in sekere gevalle word verkleining ook gebruik om gevoel uit te druk. 6. - minagting / veragting : Die dametjie is te groot vir haar skoene. - simpatie / meegevoel / deernis: My ou oompie is baie siek. - spot: Sy fyne maniertjies staan my nie aan nie. - nederigheid / beskeidenheid: Ek hoop die bedraggie van vyf honderd rand help. - liefde / vertedering: Kom ons sit vir my liefie blomme in die mandjie. Telwoorde: Twee honderd vyf-en-twintig Twee honderd vyf en twintig Tweehonderd vyf en twintig Tweehonderd vyf-en-twintig Nege uur = tydsduur/hoe lank dit duur Negeuur = tydstip/ hoe laat dit is volgens die horlosie 7. Wisselvorme Die volgende woorde is wisselvorme van mekaar, met ander woorde die een kan die ander een vervang. Vitamine (mv. vitamines) Proteïne (mv. proteïnes) Restaurant Aalwyn Plastiek Aspirine Aartappel Laboratoriums Chinees Ag Memorandums Meestal Granadilla Trapsuutjies Skree Individu Millennium Medikusse Akademikusse Kitaar Vitamien (mv. vitamiene) Proteïen (mv. proteïene) Restourant Aalwee Plasties Asperien Ertappel Laboratoria Sjinees Agt Memoranda Meesal Grenadella Trapsoetjies Skreeu Indiwidu Millennia Medici Akademici Ghitaar Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 29 Maar: die volgende woorde is nie wisselvorme nie, die een is ‘n selfstandige naamwoord en die ander een ‘n byvoeglike naamwoord. marine (s.nw.) mariene (adj.) stereotipe (s.nw.) stereotipe (adj.) Nog nuttige wisselvorme: 8. Klank- en Lettergrepe Klankgrepe verdeel volgens wat jy hoor bv. tasse : ta-se (as jy die woord uitspreek, hoor jy net een s-klank Lettergrepe verdeel volgens spelreëls: Wanneer ‗n meerlettergrepige woord aan die einde van ‗n reël afgebreek word, word ‗n koppelteken gebruik. Daar is altyd ‗n klinker of vokaal in ‗n lettergreep. Reëls vir die verdeling van lettergrepe: Woorde word in betekenisdraende eenhede verdeel bv. woon-huis, lip-taal, voet-stap, jaar-liks Woorde kan volgens uitspraak in klankdele verdeel word. bv. kom-bers, be-ker, goe-wer-neur, suiker-mie-lie Wanneer daar net een konsonant tussen twee vokale staan, verdeel die woord gewoonlik voor die konsonant bv. goe-de-re, ska-mer, ga-wer, soe-te-rig Wanneer daar twee konsonante tussen die vokale staan, verdeel die woord gewoonlik tussen die twee konsonant bv. ver-sig-tig, slim-mer, vet-ter Wanneer daar drie konsonante langs mekaar staan, val die lettergreepverdeling na die eerste konsonant bv. ak-tri-se, kon-trei, ab-strak Wanneer daar ‗n ng-klank in die woord voorkom, val die lettergreepverdeling altyd tussen die n en die g bv. en-gel, lan-ger, in-ge-nieur, on-ge-luk, ban-ge-rig Wanneer die letters s en j twee klanke in ‘n woord voorstel, word die woord tussen die s en die j verdeel, bv. as-jas, mors-jors Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 30 9. Wanneer hierdie letters een klank voorstel, val die lettergreepverdeling voor die sj, bv. ma-sjien, bro-sju-re. Wanneer vokale en diftonge nie in dieselfde lettergreep staan nie, kom die skeiding tussen hierdie klanke, bv. dra-er, goi-ing, be-ar-bei, of-fi-si-eel, pri-eel, fi-nan-si-eel Wanneer daar ‘n deelteken op ‘n woord is, toon dit waar die lettergreep verdeel, bv. re-en, spie-el, koe-el, ge-eindig, pri-ele, finansi-ele (By verdeling van lettergrepe is die gebruik van die deelteken opsioneel.) Afkortings, Verkortings en Akronieme Verkortings bestaan uit ‘n woord se eerste lettergreep en die volgende konsonant/e Brit. – Brittanje gesk. – geskiedenis Akronieme bestaan uit die eerste letter van twee of meer opeenvolgende lettergrepe of woorde. AKRONIEME/ LETTERWOORDE: is ʼn afkorting wat as ʼn woord uitgespreek word. CD-ROM Kompakskyf-leesalleengeheue COSATU Congress of South African Trade Unions Deafsa Organisasie van Dowes in Suid-Afrika Fifa Internasionale Voetbalfederasie Interpol Internasionale misdaadpolisie-organisasie Kodesa Konvensie vir ʼn Demokratiese Suid-Afrika Nasa Nasionale ruimtevaart-en-ruimteadministrasie Nepad Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling Noksa Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika Oscar Academy of Motion Picture Arts and Sciences Award Pansat Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad Sadou Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie Safcol Suid-Afrikaanse bosboumaatskappy Salt Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop Sapa Suid-Afrikaanse Persassosiasie ESKOM Elektrisiteitsvoorsieningskommissie SANRA Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme Santam Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappy SARVU Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie SASOL Suid-Afrikaanse Steenkool,- Olie- en Gaskorporasie Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 31 SATOER Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie UNIN Universiteit van die Noorde UNISA Universiteit van Suid-Afrika VIGS Verworwe immuniteitsgebreksindroom Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy YSKOR HAT Sanlam AFKORTINGS DAE VAN DIE WEEK: Maandag Ma. Dinsdag Di. Woensdag Wo. Donderdag Do. Vrydag Vr. Saterdag Sa. Sondag So. MAANDE VAN DIE JAAR md. (maand) mde. (maande) Januarie Jan. Februarie Feb. / Febr. Maart Mrt. April Apr. Mei Junie Jun. Julie Jul. Augustus Aug. September Sep. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 32 Oktober Okt. November Nov. Desember Des. Metrieke (SI-eenhede) Meeste SI-eenhede word met ʼn kleinletter geskryf Behalwe: A = ampere; C= celsuis; W = Watt; J = joule SI-eenhede word uitgeskryf as dit nie saam met ʼn syfer in ʼn sin gebruik word nie cc Kubieke sentimeter sg Sentigram cl Sentiliter cm Sentimeter dm Desimeter g Gram kg Kilogram kJ Kilojoule km Kilometer kW Kilowatt l Liter m Meter mm Millimeter ALGEMENE AFKORTINGS AA Alkoholiste Anoniem Automobiel - Assosiasie aanb. aanbod afk. afkorting Afr. Afrika; Afrikaans; Afrikaner a.g.v. as gevolg van Akad. akademie Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 33 Alg. algebra anon. anoniem antw. antwoord ATG Afrikaanse Taalgenootskap ATKV Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging batt. battery BBP baie belangrike persoon bedr. bedrag; bedryf bg. bogenoemde bl. bladsy Bpk. Beperk br. breedte; broer bs. bostaande BTW belasting op toegevoegde waarde bv. byvoorbeeld c sent Chr. Christus def. definisie dep. deposito, depot dept. departement d.i. dit is dies. dieselfde d.m.v. deur middel van dos. dosyn dr. dokter; doktor; debiteur Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 34 ds. dominee DV Deo Volente (as die Here wil) e. eetlepel e.a. en andere eenh. eenheid ekv. enkelvoud EP elektroniese pos FAK Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging faks. faksimilee GB Groot-Brittanje Ges. Gesang gr. graad; groot (te) hfst. hoofstuk hl. hoofletter hst. hoofstad ID Identiteitsdokument i.p.v. in plaas van i.v.m. in verband met jr. junior j. jaar kapt. kaptein KWV Koöperatiewe Wynbouersvereniging l. lees; lengte; links; lopies leerl. leerling m. miljoen; minuut Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 35 min. minuut me. titel van ʼn vroulike persoon Me. Middeleeue memo. memorandum mnr. meneer mv. meervoud n. namens NB Nota Bene (L.) Let Wel nm. namiddag NSRI Nasionale Seereddingsinstituut OAE Organisasie vir Afrika-Eenheid ondw. onderwerp p.d. per dag p.j. per jaar Pk. poskantoor pred. predikant prof. professor proff. professore prok. prokureur prov. provinsie pres. president pt. punt RAU Randse Afrikaanse Universiteit RGN Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing RSVP antwoord asseblief Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 36 reg. regisseur SABC South African Broadcasting Corporation SAP Suid-Afrikaanse Polisie SABS Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde temp. temperatuur TV televisie UK Universiteit van Kaapstad vlg. vergelyk vol. volume vm. voormiddag WNNR Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad www wêreldwye web Skryftekens: Ook genoem DIAKRITIESE TEKENS Die afkappingsteken (apostroof) word gebruik by meervouds – en verkleiningsvorme. Selfstandige naamwoorde wat op ‗n –i; -o; -u Skadu‘s; pa‘s; oupas eindig en op ‗n lang beklemtoonde a Eiename wat op ‗n –e en -(r)s eindig wat nie Terblanche‘e; Cilliers‘tjie; Du Plessis‘s uitgespreek word nie. Letters, syfers getalle en simbole A‘s; 3‘s of 3‘tjie 1990‘s By meervoudsvorme en verkleiningsvorme collage‘e of collages garage‘e of garages, garage‘ie van selfstandige naamwoorde wat op ‗n –e eindig wat nie uitgespreek word nie. Ter aanduiding dat een of meer klanke nie g‘n, as‘t ware, daar‘s, s‘n uitgespreek word nie By meervoudsvorme en verkleiningsvorme p‘tjie, BMW‘s, B.Ed‘s, OTM‘e van afkortings waarvan die letters afsonderlik uitgespreek word, asook afkortings van grade en diplomas By elisie in ‗n gedig twyfelende = twyf‘lende Kappie ‗n Lang i, o, u en e in ‗n oop lettergreep. Affere, sê, aikôna, brûe en rûe Wanneer ‗n –e in ‗n geslote lettergreep Miljoenêr, sekondêr, skêr, populêr (teenoor kombers, vlermuis voorkom wat op ‗n enkele konsonantletter en pers) eindig en die e lank uitgespreek word. TOETS SO: Verdeel die woord in lettergrepe. Indien die woord in ‗n oop lettergreep staan, kry die –e ‗n kappie op. Indien die –e in ‗n geslote lettergreep voorkom, is daar nie ‗n kappie op die –e nie. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 37 Funksie van die kappie: dit verleng die klank! Deelteken Funksie: Om ‗n nuwe lettergreep aan te dui. Beïnvloed, reünie, naïef, silhoeët, vermoë, moeë. Maar onthou: dieet en diëte, finansieel en finansiële, kommersieel en kommersiële. In die meervoud kry die woorde ‗n ë. As twee of meer vokale op mekaar volg en tot verskillende lettergrepe behoort, word die deelteken gebruik om aan te toon waar ‗n nuwe lettergreep begin verleë, materiële, alkalië, drieë (drie eindig reeds op ‗n –e, daarom die tweede –e met ‗n deelteken, so ook industrieë) Eg-Afrikaanse woorde met ae kry geen deelteken nie, maar woorde van vreemde herkoms kry wel ‗n deelteken By samestellings word die koppelteken gebruik by die opeenvolging van vokaalletters Geen deelteken word gebruik by woorde wat eindig op –ieel, -ieer, of -ieet nie Maar wel by hul afgeleide vorme: diëte, priële, finansiële, spasiëring Uitsonderings: spieël, reël het deeltekens, al lyk dit nie nodig nie. Onthou die oorspronklike Nederlandse woorde was spiegel en regel hael, dae, aërobiese, aërodinamika Die koppelteken Om ‗n opeenhoping van vokale wat lees moeilik maak te voorkom en om woorde aan mekaar te koppel. In die samestellings waar die eerste deel van die woord van vreemde herkoms is, veral Latyn. Om dubbelsinnigheid by uitspraak van ‗n samestelling te vermy In verbindings met syfers, simbole, lettername, afkortings en akronieme By die verbindings met –hulle By saamgestelde titels en ampsbenaminge By herhalingsvorme By aardrykskundige eiename Om lees te vergemaklik. As ‗n weglatingsteken (weglatingskoppelteken) Afstandskoppelteken: Verbindings wat deur ‗n losstaande adjektief geskei word, kan met of sonder ‗n koppelteken geskryf word Woordgroepkoppelings: Samestellings met –en: Verbindings met staf-, onder-, kandidaatword sonder koppelteken geskryf (al is dit militêre range). Samestellings met adjunk-, assistent-, hoof-, sub-, leerling-, kandidaat-, assessor-, mede- en vise- word sonder koppelteken geskryf. see-eend maar geëet essensieel, finansieel, kommersieel, offisieel, differensieer, lisensieer, spasieer, dieet Toe-eien, bo-op, foto-omslag. Ad hoc-komitee, en suite-badkamer, bona fide-boer. ru-gare (rugare), bo-sluis (bosluis), pronk-ertjie (pronkertjie). A-span, 1994-verkiesing, U-draai, 4x4-bakkie, 100 m-wedloop, ABSA-kliënt, DNS-molekule Ma-hulle, Piet-hulle Direkteur-generaal; luitenant-kolonel Kamma-kamma, fluit-fluit, woer-woer. Groot-Brittanje, Nieu-Seeland woonstelblok-parkering, buurtwag-hoofbeampte Binne- en buitekant (skakel herhaling uit) volbloed–Arabiese hings of volbloed Arabiese hings. traak-my-nie-agtig, kruidjie-roer-my-nie. bek-en-klouseer, tref-en-trapongeluk. stafsersant, onderoffisier, kandidaatoffisier adjunkminister,visevoorsitter,subredakteur,leerlingonderwyser, medewerker ens. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 38 Die vorme eks-, nie-, non-, oud- in samestellings en afleidings word sonder „n koppelteken vas aan die ander deel van die woord geskryf, tensy daar „n rede is vir die gebruik van die koppelteken, soos die opeenvolging van vokale wat lees bemoeilik of „n hoofletter in die middel van die woord: Aksenttekens Akuutteken Gravisteken ekskêrel, eksvrou, eksmininster, eks-Katoliek, eks-Blou-Bul nieamptelik, nienakoming, nie-essensieel, nie-Suid-Afrikaans nonaktiwiteit, nonkonformis, non-Calvinisme of noncalvinisme oudamptenaar, oudstudent, oud-Tukkie, oud-President Beklemtoon 4 WOORDE: appèl, dè, nè? en hè. In die spelling van vreemde woorde: Crèche, première. Akuut Gravis Gebruik: As die woord twee klinkers bevat, word die akuutaksent op albei geplaas bv. Hy het géén kans nie. Ek wéét! Hy gaan wéér iets doen! As die klinker ‗n ‗ie‘ is, word die akuutaksent slegs op die ‗e‘ geplaas bv. Dit is nié hoe dit werk nie. Ook lúi, héilig, ens. As die klinker ‗n ‗i‘ is, vervang die akuutaksent die kolletjie op die ‗i‘ bv. Ek wíl gaan swem. As daar ‗n ander skryfteken op die woord is, verdring die aksentteken nie die ander skryfteken wat ‗n spellingvereiste is nie bv. kóéël, réën, spiéël. Leestekens Leesteken Die punt Komma Kommapunt Uitroepteken Aanhalingstekens Vraagteken Beletselteken/ ellips/ stippels Dubbelpunt Word gebruik Aan einde van sinne, by afkortings. Tussen 2 gesegdes (ww.) Voor maar en want By parenteses/ inlassinne Voor of na die naam van ‗n aangesprokene. Geen kommas voor en, dat, sodat Voor dus; derhalwe; daarom; inteendeel; nogtans; nog; nietemin; tog Gebruik kommapunt in plaas van voegwoorde! Om emosie uit te druk en by uitroepsinne By die direkte rede By ‗n aanhaling binne die direkte rede Aan die einde van vraagsinne Wanneer ‗n aanhaling onvoltooid is Om ‗n pouse aan te dui Om tydsduur te suggereer Na volg, volgende , LW en NB In tydsaanduidings Voorbeelde Hy hou bv. baie van roomys. As jy lag, kielie ek jou. Ek wou lag, maar het nie. Ek wou bly, want ek was moeg. Die seun, wat lag, sing. Kom, Koos, moet nie so wees nie! Hardloop vinniger! Ek is geskok! Jan vra: ―Hoe laat is dit nou?‖ Jan sê: ― As jy weer ―cool‖ sê, gaan ek skree.‖ Waar woon jy? Die mense staan heeldag... Sy staan nader...Wat sien sy? Hy hou aan en aan... LW: Slegs volwassenes 12:43 Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 39 Hoofstuk 5: Morfologie / Woordvorming 1. Stam/Basisvorm/Simpleks(ongelede woord) Die kleinste deel van ‗n woord wat selfstandige betekenis het, word ‗n basisvorm of stam of simpleks(simpleks = simpelste vorm van die woord) genoem. Dis die deel van ‗n woord waaraan voor- en agtervoegsels gelas kan word. Bv. kas, huis, stoel In tafeltjie is dit tafel, want ta – en –fel is net sillabes of lettergrepe sonder betekenis. In ‗n woord soos lessenaars is die stam lessenaar. Al kan jy ook sê ‗my lesse is naar‘, het dit in die woord ‗lessenaar‘ nie enige betekenis nie. Ander voorbeelde is pyn en appel in pynappel of skil en pad in skilpad. In voetpad is voet en pad egter elkeen ‗n basis of stam. 2. Morfeme / Affikse Morfeme het nie selfstandige betekenis nie. Deur ‗n morfeem aan ‗n stam te voeg, word ‗n nuwe woord gevorm Morfeme/ voegsels/ affikse word in 3 groepe verdeel: 1. 2. 3. ♥ Premorfeme/ prefiks/ voorvoegsel = voorvoegsels bv. beman Postmorfeme/suffiks/ agtervoegsel= agtervoegsels bv. mans Metamorfeme = wanneer ‗n klinker verander bv. drink, dronk, drank Die klank van die stam verander dus om ‗n nuwe woord te vorm Funksies van morfeme Die funksie van morfeme kan in 2 groepe verdeel word Afleidingsmorfeme (1) Afleidingsmorfeme lei nuwe woorde van bestaande woorde af. Dit kan pre-; meta- of postmorfeme wees. Onder afleidingsmorfeme sorteer die volgende: 1. Woordsoortelike funksie van morfeme Selfstandige naamwoordvormer (verander die woord na ‗n selfstandige naamwoord) bak – bakster , skoon - skoonheid 2. Byvoeglike naamwoordvormer - lag – laggende , gevoel - gevoelloos Werkwoordvormer - man – beman, hoof - onthoof Bywoordvormer - raak – rakelings, einde – eindelik Betekenisfunksie/ semantiese funksie van morfeme aarts – eerste; vernaamste aartsvyand aarts – baie aartsdom; aartslui her – weer; opnuut herleef oer – baie oud oeroud wan – nie; slegte wangedrag Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 ver – oor versilwer ant – teen antwoord on – sleg; nie ongeluk; onding her – weer herwin mis – sleg; verkeerd misreken on- nie (onwaar) 40 ont- beroof van / wegneem (onthoof) ont- begin (ontkiem) be- voorsien van (beman) her- weer (hersien) anti- teen/ gekant teen (anti-rugby) ant- teen (antwoord) aarts- opperste/ eerste/ oudste (aartsvader) aarts- baie erg (aartslui) ver- verander van (vervel) e- elektroniese (e-pos) tele- ver / oor „n afstand (televisie. teleskoop, telefoon) mis- verkeerd (misverstand, mistasting) oer- oud/ oudste / eerste (oermens) sub- onder (substandaard) ko- saam (koëdskool = „n skool waar seuns en dogters saam skoolgaan) bi- twee (bi-polêr = twee pole) aëro- lug (aërodinamies) nie (a-sosiaal) -loos sonder wan- verkeerd(e) (wanopvatting) hiper- = bo / bokant / oor (hiperaktief) Fleksiemorfeme (Fleksie = verbuiging) (2) Verander nie die funksie van die woord nie, maar slegs die vorm daarvan. Onder fleksiemorfeme val die volgende: 1. Morfologiese funksie van morfeme Meervoud (mans, vrouens) Verkleining (stroompie) Trappe van vergelyking Verhouding ten opsigte van tyd: verlede tyd gespeel Verhouding ten opsigte van plasing: koue nag 3. Kompleks(Gelede woord) - Indien ‗n woord uit meer as een herkenbare woorddeel of ―lid‖ bestaan, is dit ‗n kompleks. Ons onderskei tussen verskillende soorte komplekse: 1. 2. Afleidings: stam + premorfeme en/of postmorfeme Bv. geblom, mans Samestellings: 2 of meer basisvorme met of sonder ‗n verbindingsklank (voegsel) Bv. das + knoop = dasknoop tafel + poot = tafelpoot Soms word ook van ‗n voegsel/verbindingsklank gebruik gemaak Bv. hond + hok = hondehok en eet + klok Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 Verbindingsklank of voegsel Dit word nie as ‗n woorddeel beskou nie. Staan slegs tussen 2 stamme of tussen stam en agtervoegsel = etensklok 41 Samestellings kan verder in „n kern en bepaler verdeel word bv. Boekrak Kern – rak Bepaler –boek (dit bepaal watter soort rak dit is) 3. Samestellende afleidings: 2 of meer basisvorme + premorfeme en/of postmorfeme Bv. motorbote - motor(basis) + boot(basis) + e(agtervoegsel) vuurvliegies - vuur(basis) + vlieg(basis) + ies(agtervoegsel) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 42 Hoofstuk 6: Sinsleer/ sintaksis: Tipes sinne in Afrikaans: 1. Stelsin: Maak ‗n stelsin op ‗n mededeling. (Meisies hou van romantiese films.) 2. Vraagsin: 2 soorte a. Spesifieke vraagsin ‗n Vraagwoord kom voor aan die sin. Wie kyk na die films? Wanneer kyk ons na sulke films? b. Algemene vraagsin Net die woordorde van die sin verander. Die werkwoord word vooraan die sin geplaas en die sin eindig met ‗n vraagteken. Hou meisies van romantiese films? NB: ‗n Sin is nie ‗n vraagsin as die sin nie eindig met ‗n vraagteken nie. 3. 4. 5. 6. Bevelsin: Gee ‗n bevel weer. Die uitroepteken is belangrik. (Hou op om aan die kamera te peuter!) Uitroepsin: Het gewoonlik ‗n komma na die tussenwerpsel en ‗n uitroepteken. Voorbeeld: Aitsa, julle leer hard! OF Eina, jy maak my seer! Seënwense: Om goeie wense oor te dra. (Ek wens jou ‗n goeie dag toe.) Begroeting: Word gebruik om mense te groet. Dit kan ook in die vorm van seënwense uitgespreek word. (Middag, almal!) Ons kan sinne in 3 hoofgroepe indeel: 1. Enkelvoudige sinne 2. Veelvoudige sinne 3. Saamgestelde sinne „n Enkelvoudige sin bestaan gewoonlik uit: 1. onderwerp (wie/wat voer die handeling uit) gesegde (die handeling wat uitgevoer word) en die direkte voorwerp ( wie/wat ondergaan die handeling) indirekte voorwerp bepalings (byvoeglik/bywoordelik) Die enkelvoudige sin het slegs een hoofwerkwoord/gesegde: Elke span het ‗n doelwagter. Die middelveldspeler klop sy opponent. Die skeidsregter het die fluitjie geblaas. Hoe om die sinsdele te identifiseer: STAP 1: Gesegde: soek die hoofwerkwoord (bv. skop, vang, hardloop) of hoofww. + medeww. (bv. Het geskop, sal vang, wil hardloop) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 43 STAP 2: Onderwerp: Wie/wat + werkwoord? (bv. Wie/wat skop? Antw. Die sokkerspeler, Ronaldo = onderwerp) STAP 3: Direkte voorwerp: Wie/ wat + gesegde + onderwerp. STAP 4: Indirekte voorwerp: Volg gewoonlik (nie altyd nie) na ‗n voorsetsel. Aan wie/ vir wie/ wat + gesegde + onderwerp +voorwerp STAP 5: ♥ Die ou vrou met die harde stem, speel Bingo elke Saterdagaand. Stap 1: Stap 2: Stap 3: ♥ Bepalings (bywoordelik en byvoeglik) Soek die gesegde/ werkwoord: Speel Soek die onderwerp. Wie/ wat speel. Die vrou. Soek die voorwerp. Wie/ wat speel die vrou? Bingo Die man met die lang baard, gee vir sy seun, „n splinternuwe kar. Stap 1: Stap 2: Stap 3: Stap 4: Soek gesegde. Gee Soek die onderwerp. Wie/ wat gee. Die man Wie/ wat gee die man? ‗n kar Aan wie/ vir wie/ wat + gee+ die man + ‗n kar Sy seun BEPALINGS (OOK AANVULLINGS GENOEM): Bepalings het nie werkwoorde/ gesegdes in nie! Ons kry TWEE soorte bepalings/ aanvullings: I. II. I. II. Byvoeglike bepalings Bywoordelike bepalings Byvoeglike bepalings: Vra WATTER by die onderwerp en die voorwerp Byvoorbeeld: Chinese, met swart hare, drink soet tee. Watter Chinese: met die swart hare Watter tee: soet Bywoordelike bepalings: Werkwoord = hoe/ waar/ wanneer/ waarom/ met watter doel Byvoorbeeld: Chinese drink vinnig tee. (hoe) Chinese dink laat middag tee. (wanneer) Chinese drink in die kombuis tee. (waar) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 44 Chinese drink tee om hulle dors te les. (waarom/ met watter doel) 2. „n Veelvoudige sin het meer as een hoofsin. Die hoofsinne staan langs mekaar en word verbind met die neweskikkende voegwoorde en ook die voegwoorde TERWYL EN OMDAT! ONS KRY DRIE NEWESKIKKENDE VOEGWOORDE: EN (redegewend), MAAR (teenstellend) of WANT(redegewend). NEWESKIKKENDE HOOFSIN: DIE WOORDVOLGORDE VERANDER NIE Die doelwagter mag die bal met sy arms hanteer, maar die doelwagter moet in sy doelgebied wees. Hoofsin: Die doelwagter mag die bal met sy arms hanteer. Neweskikkende hoofsin: Die doelwagter moet in sy eie doelgebied wees. ‗n Speler is met ‗n rooikaart afgestuur en die spel moet sonder hom voortgaan. Hoofsin: ‗n Speler is met ‗n rooikaart afgestuur. Neweskikkende hoofsin: Die spel moet sonder hom voortgaan. Hy sing saggies terwyl die kind slaap. Hy sing saggies omdat die kind slaap. WOORDORDE VERANDER NIE! 3. ‗n Saamgestelde sin bestaan uit ‗n hoofsin en een of meer bysinne. DIT HET DUS MEER AS EEN GESEGDE/ WERKWOOR IN. SOORTE BYSINNE (ONTHOU – BYSINNE HET ALTYD „N GESEGDE/ WERKWOORD IN!) A. Byvoeglike bysin: brei die onderwerp of voorwerp van die hoofsin uit. Vra WATTER! Byvoorbeeld: ‗n Speler wat met ‘n rooi kaart afgestuur is, mag nie vervang word nie. Zakumi,‗n geel luiperd wat ‘n bos groen hare het, was die amptelike gelukbringer vir 2010 se wêreldbeker- toernooi. B. Bywoordelike bysin: brei uit op die gesegde van ‗n hoofsin om plek, tyd of wyse aan te dui. Vra HOE/ WAAR/ WANNEER/ OF SIT ‗N VOORDAT/ SODAT IN. Byvoorbeeld: Die ondersteuners blaas hulle vuvuzelas asof hul lewens daarvan afhang. Zakumi vermaak die ondersteuners wanneer dit halftyd is. Hy staan op voordat die haan kraai. ONS KRY OOK SELFSTANDIGE BYSINNE: DAAR IS DRIE SOORTE! Nommer 1: C. Onderwerpsin: Staan in die plek van die onderwerp in die sin: Kenmerke van onderwerpsinne: 1. Staan in die onderwerpsposisie van ‘n sin Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 45 2. Bevat altyd ‗n werkwoord/ gesegde. 3. Kan ingelei word deur OF; WIE; WAT; WAAROM; HOEKOM; WANNEER en DAT. 4. Die onderwerpsintoets: die onderwerpsin kan vervang word met die woord DIT. Voorbeelde: Wat jy gelees het, is nie die waarheid nie. Dit is nie die waarheid nie. Dat boere afhanklik is van die natuur, is ‗n feit. Dit is „n feit. Of die Kanadees se bevindings waar is, is nie seker nie. Dit is nie seker nie. Nommer 2: D. Voorwerpsin: Staan in die voorwerpposisie in die sin. Bevat altyd ‗n werkwoord/ gesegde. Kan ingelei word deur DAT, OF, HOE, WANNEER, WAAR. Voorbeelde: Die boer glo dat die oes vanjaar goed sal wees. Glo is my gesegde. Wat glo die boer? Dana Snyman skryf stories wat vir oud en jonk bedoel is. Skryf is my gesegde. Wat skryf Dana Snyman. Nommer 3: E. Gesegdesin: Brei die gesegde uit. Kom altyd voor/ na ‗n koppelwerkwoord Kan ingelei word deur WAT; DAT; AF; ASOF Belangrik! Koppelwerkwoorde Is; was; wees; word; lyk; blyk; skyn; voel; heet; raak; klink; voorkom Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 46 Voorbeelde: Dit wil voorkom asof mens tee matig moet gebruik. Koppelwerkwoord Gesegdesin Dit blyk dat sy ‗n goeie skrywer is. Gesegdesin ♥ Sinswyses (sinsbetekenis) Wanneer jy sinne gebruik, wil jy aan die leser/ luisteraar betekenis/kennis oordra. 1. Onbepaalde wyse (infinitief) (om te + ww.) Die sin het ‗n infinitief in die sin (om te/ te + ww.) Dit hou verband met ‗n handeling wat iemand / iets uitvoer. Voorbeeld: Ek hou die meeste daarvan om vroeg te studeer. Swem is lekker laat middae. (Ons kan sê om te swem is lekker laat middae) Jy hoef nie vanmiddag tennis te speel nie. 2. Aantonende wyse (aanwysende wyse / indikatief): Stel ‗n handeling voor as ‗n werklikheid, ‗n sekerheid in die hede (nou) die verlede en die toekoms. Voorbeeld: 3. Ek doen my werk. Volgende jaar is ek eerste jaar aan die universiteit. Ek skry hierdie jaar graad 12. Aanvoegende wyse (Toevoegende wyse / konjunktief): Die teenoorgestelde van die aantonende wyse. Waar die aantonende wyse ‗n werklikheid voorstel, stel die aanvoegende wyse iets as Dit stel die handeling voor as ‗n moontlikheid/onmoontlikheid, ‗n waarskynlikheid of ‗n wens. MOONTLIKHEID: Dalk het hy sy werk gedoen. Miskien het hy sy werk gedoen. (WOORDE: dalk; miskien en straks.) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 47 WAARSKYNLIKHEID: Hy sal seker nog sy werk doen. 4. (WOORDE: sal en seker) Jy mag my na die funksie vergesel. Ek moet al my skoolwerk leer. As ek maar meer tyd bestee het aan my akademie. Dalk gaan ons. Ek wens dis al verby. Gebiedende wyse (imperatief): 5. Soek die uitroepteken. Stel die handeling voor as ‗n bevel of ‗n versoek. VOORBEELD: Jy moet vanmiddag die kaartjies gaan koop! Vraende wyse (interrogatief): Alle vraagsinne. Soek die vraagteken! Wanneer gaan ons fliek? ♥ Sinsreduksie Sinne kan verkort word deur: Die bysin te reduseer tot ‗n bepaling, dus moet die werkwoord uitgehaal word. Voorbeeld: Die ligte word sodra die son opkom, afgeskakel. Die ligte word met sonsopkoms afgeskakel. Die weglating van ‗n voegwoord en dit te vervang met ‗n kommapunt. Die woordorde kan dan verander. Voorbeeld: Die kaptein speel nie Saterdag nie, want hy het sy ligamente beseer. Die kaptein speel nie Saterdag nie; hy het sy ligamente beseer. Onnodige woorde weg te laat Voorbeeld: Ek ontmoet jou waar die twee paaie kruis. - Ek ontmoet jou by die kruispad. ♥ Sinsuitbreiding Om ‗n sin uit te brei, kan ek nou – deur van bogenoemde resep gebruik te maak: 1. ‗n Voorwerp insit: Die man hardloop die 400m blitsvinnig. 2. ‗n Indirekte voorwerp insit: Die pa koop vir sy seun ‗n nuwe leesboek. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 48 3. Verdere bepalings insit deur te vra - watter (onderwerp/voorwerp)? - Waar, wanneer, hoe, waarom (gesegde)? Die stoute kind lees op die oomblik vinnig in die boek. 4. 5. Die sin uitbrei tot ‗n saamgestelde sin deur ‗n bysin, (wat ‗n gesegde [ww.] bevat), in te sit. Hy het die huis geverf. (enkelvoudige sin) Hy het, nadat hy sy kar verkoop het, die huis geverf. (saamgestelde sin) Uitbrei tot ‗n veelvoudige sin (deur nog ‗n hoofsin waarvan die woordorde nie verander nie, by te voeg} - Jan verf die huis en Piet werk in die tuin. ♥ Direkte en Indirekte rede Verskil tussen direkte en indirekte rede Direkte rede Indirekte rede Spreker se direkte woorde Oorvertelde woorde Aanhalings en dubbelpunt: ―...‖ Geen aanhalingsteken en dubbelpunt Direkte rede: Spreker se direkte woorde (Altyd in aanhalings met dubbelpunt). Indirekte rede: Spreker se oorvertelde woorde (Geen aanhalings en dubbelpunt). Wanneer ‗n persoon se direkte woorde gebruik word sonder enige verandering, noem ons dit die direkte rede, bv. ―Jack, help my asseblief om die opstel te skryf,‖ smeek Lucy. Jack antwoord beslis: ―Nee, ek leer nou Engels.‖ Die direkte rede word met aanhalingstekens aangedui. Let ook op die gebruik van die dubbelpunt en die komma in die volgende voorbeeld: Jack vra: ―Lucy, sal jy my help?‖ Wanneer iemand se direkte woorde later in ‗n koerant of ‗n verslag oorgedra word, noem ons dit die indirekte rede, bv. Lucy smeek dat Jack haar moet help om die opstel te skryf. Jack weier en sê hy leer Engels. Jy mag nie tyd van die sin verander van die direkte rede na die indirekte rede of anders om nie. In die IEB-eksamens is hulle baie lief om te vra om ‗n sin van die indirekte rede na die direkte rede oor te skryf. Alle uitroepe het omskrywing nodig: Byvoorbeeld: ―Ag nee, ek het koffie op die mat gemors!‖ Sy het moedeloos uitgeroep dat sy koffie op die mat gemors het. ♥ 1. Die volgende is belangrik by die indirekte rede: Voornaamwoorde verander: My – hom/ haar Jy – hy/ sy Julle – hulle Myne – syne/ hare Joune - syne/ hare Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 49 2. Ek – hy/ haar Ons – julle Bywoorde van tyd en plek, asook tydsaanduidende woorde verander: Hier – daar Hierdie – daardie Gister – die vorige dag Nou – toe Môre – die volgende dag Verlede – die vorige Vandag – daardie dag Hiernatoe - daarnatoe Die gebruik van DAT en OF: Linda sê: ―Ek hou baie van dans‖ Hierheen – daarheen Oormôre – oor twee dae Volgende jaar – die jaar daarna Erna vra: ―Hou jy baie van draf?‖ Linda sê dat sy baie van dans hou. Erna vra of ek baie van draf hou. Onthou: By stelsinne gebruik ons dat in die omskakeling. By vraagsinne gebruik ons of in die omskakeling. Indirekte rede: gevoel Omskryf die volgende: (LEI DIE GEVOEL UIT DIE SIN AF.) VAN (Direkte rede) asseblief dankie Ai! Eina! Sjoe! Ag nee! NA (Indirekte rede) vra hoflik bedank sug skree van die pyn sug teleurgesteld ♥ Leestekens by die direkte rede Gebruik aanhalingstekens aan die begin en einde van ‗n aanhaling (Onthou: jy skryf ‗n woord of sin tussen aanhalingstekens, nie in aanhalingstekens nie) Gebruik aanhalingstekens by die direkte rede en plaas die leesteken aan die einde van die aanhaling: ―Ek het nou genoeg gewerk!‖ roep hy uit. Gebruik aanhalingstekens vir elke spreker se woorde en elke keer in ‗n afsonderlike reël. Let Wel: Indien ‗n aanhaling aan die einde van ‗n sin verskyn, skryf ons ‗n punt na die laaste aanhalingsteken, bv. Hy was glo nie ―juis beïndruk nie‖. (punt nie deel van aanhaling nie) Gebruik enkelaanhalingstekens vir ‗n aanhaling binne ‗n aanhaling: ―In die gedig ‗Sproeireën‘ is beeldspraak effektief aangewend.‖ Gebruik enkelaanhalingstekens in opskrifte: Suid-Afrika antwoord ‗ons sal wen‘ Wanneer ‗n Dialoog as skryfstuk geskryf word, word geen aanhalingstekens gebruik nie. bv Jan: Hoe gaan dit? San: Goed dankie. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 50 Vermy die volgende: Moenie ‗n woord of woorde onnodig aanhaal as dit duidelik is wie dit sê nie: Die koerante berig dat die insluiting van die senter ‗n verrassing is. Moenie iets wat mense vir hulself in hul gedagtes sê, tussen aanhalingstekens plaas nie; gebruik ‗n dubbelpunt, gevolg deur ‗n hoofletter: Hy het gedink: Dis ‗n stuk gemors. Moenie name van veldtogte (Aids campaign), organisasies (SA Vroueliga, DBV), geboue (Tuynhuis, Melrose House), maatskappye (Sanlam, Nedcor), sakeondernemings (SPAR, Checkers), radio- en TV-stasies (RSG, e-TV), boeke (Harry Potter se droom), koerante (Beeld, Rapport), CD‘s (Best of the BG’s, Kaalvoet), tussen aanhalingstekens skryf nie. Lydende en Bedrywende vorm Die verskil tussen lydende (passiewe) en bedrywende (aktiewe) vorm Bedrywende Lydende Word (minder gereeld) gebruik om ‘n sekere deel van ‘n sin te beklemtoon. Rekeninge moet betaal word. Kinders word nie hier toegelaat nie. Word die meeste gebruik. Mense moet hul rekeninge betaal. Hier mag kinders nie toegelaat word nie. Hoe om sinne van die bedrywende na die lydende vorm om te skakel: STAP 1: Probeer om die BETEKENIS van die sin te verstaan. STAP 2: Onderstreep die WERKWOORD (gesegde) in die sin. STAP 3: Soek die ONDERWERP en die VOORWERP van die sin. STAP 4: Die ONDERWERP en die VOORWERP ruil om. STAP 5:NB! In watter TYD is die sin geskryf? Belangrik omtrent die omskakeling is: ♥ ♥ ♥ ♥ Die onderwerp en voorwerp ruil plekke om . Sinne verander volgens die tyd waarin dit geskryf is. Teenwoordige tyd: het +ge+ww. Is + ge+ww. Verlede tyd: het + ge +ww. sal + ge + ww. Toekomende tyd: sal sal + ge +ww. Voltooide verlede tyd: ge+ww.+ het ge+ww. + was ♥ Voorbeelde 1. Teenwoordige tyd Die verkoopsman verkoop die selfoon. (bedrywend) Die selfoon word deur die verkoopsman verkoop. (lydend) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 51 2. Verlede tyd Die verkoopsman het die selfoon verkoop. (bedrywend) Die selfoon is deur die verkoopsman verkoop. (lydend) 3. Toekomende tyd Die verkoopsman sal die selfoon verkoop. (bedrywend) Die selfoon sal deur die verkoopsman verkoop word. (lydend) 4. As sin geen voorwerp bevat nie Hy slaap. Daar word geslaap. Hy het geslaap. Daar is geslaap. Onthou As dit nie ‗n spesifieke persoon is wat die handeling verrig nie, is dit onnodig om in die lydende vorm aan te dui wie die handeling uitvoer. Hy bak die brood. (bedrywend) Die brood word gebak (deur hom) . (lydend) MAAR NIE VERKEERD AS JY DIT WEL DOEN NIE! ONTHOU NET! DIE WERKWOORD STAAN AAN DIE EINDE VAN DIE SIN! Die brood word deur hom gebak. Woordvolgorde in Afrikaans Afrikaans en Engels verskil wat die plasing van die werkwoord betref. Afrikaans volg ‗n streng woordvolgorde. STOMPI is die basiese struktuur van ‗n Afrikaanse sin. Sv1TOMPv2I is ‗n Engelse kortpad om jou te help om die Afrikaanse sinsvolgorde te herken en te leer ken. Hoe doen ‗n mens dit? Eers moet ons ondersoek waarvoor elke letter van STOMPI staan. Sv1TOMPv2I word gebruik wanneer mens besig is met sinsontleding in Afrikaans, maar ook vir lydende en bedrywende vorm, woordorde, ens. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 52 NB! VOLG DIE SINSONTLEDING OP BL. 46 Ontkenning/ die negatief Onthou Afrikaans het ALTYD dubbel ontkenning: Nee, ek is nie moeg nie. Was jy al ooit in ‗n noodsituasie? Nee, ek was nog nooit in ‗n noodsituasie nie. Is daar nog koeldrank oor? Nee, daar is geen koeldrank oor nie. óf die een óf die ander nog die een nog die ander Iemand het dit gedoen. Niemand het dit gedoen nie. Daar sal êrens een wees. Daar sal nêrens een wees nie. Sit stil! (Skeibare ww./ deeltjieww.) Moenie stilsit nie! (een woord) Bestudeer die onderstaande lys woorde wat jou kan help om sinne vanuit positief na negatief (ontkennend) om te skakel. al - nog nie Ooit al ooit - nooit al ooit - nog nooit nie iemand – niemand ... nie êrens - nêrens altyd - nie altyd nie OF nooit nie nog/steeds - nie meer nie òf...òf - nòg... nòg alles - niks nie/ nie alles… nie almal/iemand - niemand nie/ nie almal … nie al iets - nog niks nie reeds - nog nie alreeds – nog nie beide – nog ... nog een – nog... nie Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 53 Hoofstuk 7: Betekenisleer/ semantiek 1. Sinonieme/ sinonimie Dit is woorde wat min of meer dieselfde betekenis en waarde het. Onthou om die vorm van die betrokke woord te behou. Hiermee word bedoel dat die woord dieselfde moet lyk as die oorspronklike woord byvoorbeeld: Die seun sing pragtig. mooi, lieflik ensovoorts. Die pragtig(e) kat skuur teen die bank. mooi(e), lieflik(e) Voorbeelde: Let wel – daar is baie ander sinonieme in die Afrikaanse taal. Alles kan nie gelys word nie. Ek raai jou sterk aan om ekstra leeswerk te doen. 2. Antonieme/ antonimie: Dit is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis het. Onthou om die vorm (soos by sinonieme) van die betrokke woord te behou, bv: foutiewe korrekte mooiste lelikste vuurwarm yskoud nader verder afbrekend opbouend Trappe van vergelyking en intensiewe vorme moet hier ingedagte gehou word. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 54 Voorbeelde: aanvanklik bekrompe debiet ekstrovert homogeen konserwatief mondelings floreer uitmuntend - uiteindelik - liberale - krediet - introvert - heterogeen - liberaal - skriftelik - kwyn -swak algehele beroemd beaam gierig hys (vlag) leier optimisties surplus welslae - gedeeltelike - berug - weerspreek - vrygewig - stryk - volgeling - pessimisties - tekort - mislukking Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 55 3. Homofone/ homofonie (teleFoon) Dit is woorde wat dieselfde klink, maar hulle spelling en betekenis verskil. 4. Homonieme/ homonimie Die woorde se spelling en klank is dieselfde, maar hulle verskil in betekenis. Dit is belangrik om te kyk na die betekenis in die sinsverband. Voorbeelde: was(kers) haas(nie stadig) maat(vriend) kos(voedsel) 5. - was(klere) lig (nie swaars) - lig(nie donker) - haas(dier) leer (kennis inneem) - leer(van vel gemaak) - maat(meet) maal (keer) - maal(koffie) - kos(waarde) teer (sag) - teer(teerpad) Paronieme/ stamverwante woorde Dit is woorde wat dieselfde STAM het, maar die vorm en betekenis verskil. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 56 6. Poliseme/ polisemie (Die meerduidigheid van woorde) Dit is een woord met verskillende toepassingsmoontlikhede. Staan ook bekend as die meerduidigheid van woorde. Met ander woorde die woorde het meer as een betekenisonderskeiding. Hierdie woorde staan bekend as poliseme en die verskynsel as polisemie. Voorbeelde: skool kerk - 7. Die skool kom uit. Dis ‗n nuwe skool. Dis ‗n goeie skool. Die skool sluit Vrydag. Die skool het vandag verloor. Die kerk is in Boomstraat. Ek is in die AP Kerk. Die kerk kom uit. Die kerk was interessant. Die kerk help die armes. (kinders) (gebou) (onderrig) (werksaamhede) (span) (gebou) (kerkverband) (diens eindig) (boodskap) (gemeentelede) Doeblette Dit is twee woorde wat ‗n gemeenskaplike oorsprong het, maar wat in vorm verskil en gewoonlik ook in betekenistoepassing verskil. Doeblette word ook dubbelwoorde of tweelingwoorde genoem. Voorbeelde: prakseer praktiseer boom bodem bundel bondel broos bros Hy prakseer ‘n plan. (om ‗n plan te maak) Die dokter praktiseer in die Algemene Hospitaal. (‗n beroep beoefen) Die boom van die pot het aangebrand. (onderste deel) Ek het my kop op die bodem van die swembad gestamp. (vloer) Die gedigte het in die bundel verskyn. (klomp gedigte saam) Die seun het ‗n bondel hout bymekaar gemaak. (baie stukke hout saam) Die meisie se hart is broos. (breek maklik) Beskuit is bros. (krummelrig) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 57 vertroulik betroubaar verveeld vervelig kwes kwets Wat in vertroue, as geheim meegedeel word. Waarop staatgemaak kan word, geloofwaardig. Sonder enige belangstelling (iemand is verveeld) Wat verveel, oninteressant (iets is vervelig) Die jagter kwes die bok. (wond) Hy kwets die meisie se gevoelens. (seermaak) Hoofstuk 8: Woordsoorte ♥ 1. NAAMWOORDE Eiename: 2. Name van plekke, mense. Word altyd met ‗n hoofletter geskryf. Selfstandige naamwoorde (S. NW.): TOETS VIR SELFSTANDIGE NAAMWOORDE o Het gewoonlik ‗n ‗n of die voor aan die woord o Het ook dikwels 1. Meervoud 2. Verkleining 3. geslag 2.1 Soorte selfstandige naamwoorde: 2.1.1 Soortname: 2.1.2 Abstrakte selfstandige naamwoorde: 2.1.3 Woorde wat eindig op –heid; -ing; -isme en –skap. Asook begrippe, idees en nie-sintuiglike ervarings Byvoorbeeld: liefde, haar, vriendskap, liberalisme, kommunisme Emosies: liefde, haat, woede, ens. Gevoel: pyn, hitte Gewaarwordinge: stilte, verbeelding Massaname (stofname): 2.1.4 Dui ‗n voorwerp aan wat tot ‗n seker groep op klas behoort Byvoorbeeld: akteur, blom, hond Goed wat nie getel kan word nie Grondstowwe Het nie meervoud en verkleining nie Byvoorbeeld: water; goud; suiker; wol; sand Maatname: Inhoudsmate - word gewoonlik saam met massaname gebruik Byvoorbeeld: sak suiker; liter water; bord kos; riem papier Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 58 2.1.5 Versamelname: Identifiseer groepe voorwerpe, mense, diere soos ‗n swerm voëls, reeks berge. EKSTRA RAKENDE DIE SELFSTANDIGE NAAMWOORD: ♥ VOORNAAMWOORDE (VNW.) Voornaamwoorde word in die plek van selfstandige naamwoorde gebruik Tipes voornaamwoorde: 1. Die persoonlike voornaamwoord: Dit word gebruik om na mense, diere en dinge te verwys, soos: hy, sy, julle, hulle, ek, ons, my, hom, haar, u 2. Die onpersoonlike voornaamwoord: Daar is slegs TWEE: dit en daar 3. Die besitlike voornaamwoord: Dit word gebruik om die besitter aan te dui, bv: Dit is my hondjie. Ek speel graag met my hondjie. My suster het ook ‘n hondjie, maar myne is mooier as hare. Ek wonder of jy ook ‘n hondjie het en of joune dalk groter is as myne of dalk net so mooi is soos myne. Die pennesakkie is myne / joune / hare / syne / hulle s‘n / julle s‘n / ons s‘n. Dit is my pen Vra altyd die vraag: Wie se? Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 59 4. Die betreklike voornaamwoord: Dit het betrekking op die selfstandige naamwoord in die sin en begin gewoonlik met ‗n W, bv: Die man wat hier sit, skryf ‘n opstel. Die potlood waarmee hy skryf, is swart en die papier waarop hy skryf, is wit. Die man van wie jy hou, is oulik. Die pen waarmee ek skryf, is swart. Die man op wie jy vertrou. Die hond waarvan jy hou, is vol vlooie. Die kind wat daar loop, sit alweer detensie. Die vakansie waaroor ons praat, was nie lank genoeg nie. 5. (Kyk na byvoeglike bysinne) Onbepaalde voornaamwoord: 6. Dit dui nie op ‗n spesifieke mens, dier of voorwerp nie. niemand, iemand, iets, sommige, party, almal, niks, alles, „n mens, enigeen, jy: bv.-Jy weet nooit wat kan gebeur nie. Wederkerende voornaamwoord: Die onderwerp en voorwerp in die sin is dieselfde persoon. Sintaksis: ww. = gesegde onderwerp – wie/wat +gesegde voorwerp - wie/wat +gesegde +onderwerp Bv. Ons misgis ons met die tyd. 7. Wederkerige voornaamwoord is altyd MEKAAR! 8. Vraende voornaamwoord: Staan aan die begin van ‗n spesifieke vraagsin. Hoe gaan dit? Waarvan hou jy? Hoekom, wat, wie ens. ♥ Byvoeglike naamwoorde (b.nw. )/ adjektiewe (adj.) Die byvoeglike naamwoord/ adjektief beskryf die selfstandige naamwoord en voornaamwoorde. Dit PREDIKATIEF (na die adjektief) wees OF Dit kan ATTRIBUTIEF (voor die adjektief wees) ONTHOU A STAAN VOOR P IN DIE ALFABET! Adjektiewe het intensiewe vorme! Intensiewe vorme is altyd een woord. Byvoorbeeld: bloedrooi; goudgeel; grasgroen! Maar daar is uitsonderings: Wawyd oop Wawyd wakker Helder wakker Nugter wakker Bitter min Blakend gesond Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 60 Adjektiewe het ook trappe van vergelyking: STELLEND baie goed graag dikwels veraf welbekend dood VERGROTEND meer beter liewer meermale verder af beter bekend dood OORTREFFEND die meeste die beste die graagste meestal die verste af die beste bekend dood o o MEER EN MEES! Wanneer ‗n woord meer as een lettergreep het en op ‗n –e eindig, kry die woord se vergrotende – en oortreffende trap meer en mees vooraan. o Byvoorbeeld: Tevrede meer tevrede mees tevrede Verleë meer verleë mees verleë Verbaas meer verbaas mees verbaasde (uitsondering) Nog trappe van vergelyking: o As die adjektief op ‗ –s eindig kry die woord altyd twee s‘e in die oortreffende trap. Slinks slinkser die slinksste Voorbeelde van hoe adjektiewe in sinne kan voorkom Die ongeskikte man ry oor die stopstraat. (man is die s.nw. en ongeskikte sê vir ons meer van die man, daarom is ongeskikte die adjektief) Sy is honger. (Vra die vraag: Is hoe? Antwoord: honger adjektief) Adjektiewe as intensiewe vorme Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 61 ♥ Werkwoorde 1. Hoofwerkwoord/ selfstandige werkwoord 1.1 Die oorganklike werkwoord: 1.2 Die onoorganklik werkwoord: 1.3 Die onpersoonlike werkwoord word saam met die onpersoonlike voornaamwoord gebruik. o Dit reën. o Dit hael. Die wederkerende werkwoord: 1.5 Die hoofwerkwoord is onoorganklik as die ww. nie ‗n voorwerp het nie. o Die vrou bak. Bak het nie ‗n voorwerp nie dus is bak ‗n onoorganklike werkwoord. Die onpersoonlike werkwoord: 1.4 Die hoofwerkwoord is oorganklik as die werkwoord (ww.) ‗n voorwerp het. o Die seun skop die bal. Die seun is my onderwerp. Skop is my werkwoord en Die bal is dus my voorwerp. Dit is dus ‗n oorganklike werkwoord. Die wederkerende werkwoord word saam met die wederkerende voornaamwoord gebruik. o Matthys vererg hom. Die wederkerige werkwoord: Die wederkerige werkwoord word saam met die wederkerige voornaamwoord gebruik. o Hulle groet mekaar. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 62 2. Die hulpwerkwoorde/ medewerkwoorde: 2.1 Die hulpwerkwoord van tyd: Het; sal en wil Die hulpwerkwoord help om VERLEDE/ TOEKOMENDE TYD uit te druk! Byvoorbeeld: o Ek sal Dinsdag werk (toekoms) o Ek het gister gewerk (verlede) MAAR 2.2 Ek het mangelontsteking – die het in die geval is ‗n onoorganklike hoofwerkwoord! Hulpwerkwoord van vorm: Daar is net TWEE: is en word Baie belangrik! Die “deur hom-toets”! ♥ ♥ Ek is/ word (deur hom) siek. X Ek is/ word (deur hom) geslaan. As die deur hom-toets werk, is die is/ word „n hulpwerkwoord van vorm. Andersins is die woord na die is/ word „n adjektief! 2.3 Hulpwerkwoord van wys/ modaliteit: 2.4 Sal/ sou; kan/ kon; wil/ wou; mag/ mog; moet/ moes; behoort (te); durf; hoef (te) Skakelwerkwoorde: Skakelwerkwoorde tree saam met die hoofwerkwoord/ selfstandige werkwoord op om betekenis oor te dra. Byvoorbeeld: o Die tieners lê en lees. o Hulle staan en slaap. o Susan het gou leer swem. o Ek het hulle hoor praat. o Ek wil graag gaan oefen. o Loop en sing. o Sit en eet. o Hy sal bly lees. o Probeer hengel. o Begin lees. SKAKELWERKWOORD IN DIE VERLEDETYD: 1. Twee werkwoorde + en (ww. en ww. lê en lees) saamgedoen: Die eerste werkwoord word in die verlede tyd geskryf: Hy het gelê en lees. 2. Twee werkwoorde + en (nie saamgedoen nie): Albei werkwoorde kry ge- vooraan. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 63 3. 3. Twee werkwoorde met die skakelwerkwoord begin: Geen ge- nie: hy begin lees – hy het begin lees. Koppelwerkwoorde: Koppelwerkwoorde neem nooit ‗n voorwerp nie al lyk dit soms so! IS, WAS, WEES, WORD, LYK, BLYK, SKYN, VOEL, HEET, RAAK, KLINK, BLY Koppelwerkwoorde kom in sinne voor saam met: 1. o adjektiewe: Piet word/is groot. (groot is ‗n adj.) o selfstandige naamwoorde: Piet word/is ‗n dokter. (dokter is ‗n s.nw.) o voornaamwoorde: Dit is hy. 2. 3. Is en word is ook hulpww. van vorm Onthou die ―deur hom‖-toets Piet is (deur hom) ‗n dokter. X = koppelww. Skeibare werkwoorde (deeltjie werkwoord) – word nie as woordsoort geklassifiseer nie: Piet is (deur hom) geslaan. √ = hulpww. 4.1 4.2 van vorm Dit is werkwoord wat in twee gedeel kan word. Byvoorbeeld: o Teruggee (hy gee die boek terug) o Gelukwens (ek wens hom geluk met sy verjaarsdag). Onskeibare werkwoorde: 5. Onskeibare werkwoorde is hoofwerkwoorde/ selfstandige werkwoorde waarvan die dele nooit deur ‗n ge- geskei kan word nie. o Ondersteun Infinitief: 6. Die infinitief is die vorm van die werkwoord wat gewoonlik na te of om te gebruik word. Die infinitief kan op DRIE maniere geskryf word: o Hy is besig om te leer. (NB! Die werkwoord is deel van die infinitief!) o Die huis is te koop. o Swem is lekker - die infinitief is uit die sin gelaat, maar kan wel ingesit word: om te swem is lekker. Die infinitief moet nie met die selfstandige werkwoord verwar word nie. Die infinitief is dikwels die onderwerp of die voorwerp in die sin. o Hardloop maak mens fiks. o Ek leer swem. Deelwoorde: Deelwoorde is werkwoorde wat van vorm en in sommige gevalle van woordsoortelikefunksie verander het. Die term ―deelwoord‖ dui daarop dat die woord deels ‗n werkwoord en deels ‗n naamwoord (s.nw.of b.nw.). is. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 64 Twee soorte word onderskei, naamlik: 1. 2. 2.1 2.2 ♥ Teenwoordige deelwoord/ onvoltooide deelwoorde: Hierdie woorde staan ook bekend as onvoltooide deelwoorde. Dit dui aan dat ‗n handeling nog aangaan. Die teenwoordige deelwoord word gevorm deur o –end (e) of o –de agteraan die woord te voeg, o Byvoorbeeld: o laggende kind, huilend, staande, blaffende, lopende Verlede deelwoord/ voltooide deelwoord: Hierdie deelwoord kan in TWEE dele verdeel word, naamlik: Swak Verlede deelwoord: Word gevorm deur ge – vooraan die woord te voeg of ‗n –de of –te agteraan die woord te voeg. o Byvoorbeeld: o geskraap x geskraapte - word meestal letterlik gebruik, bv gebreekte koppie. Sterk verlede deelwoord: Word gevorm deur stamklinkerveranderinge/ metamorfeme. o Byvoorbeeld: o slyp x geslepe dief o sweer – geswore vyand o breek x gebroke mens. o Word meestal figuurlik gebruik, bv. gebroke hart VERLEDE DEELWOORDE AS BYVOEGLIKE NAAMWOORDE ‗n Land wat geploeg is, is ‗n geploegde land. ‗n Mes wat geslyp is, is ‗n geslypte mes. 'n Tak wat gebuig is, is ‗n gebuigde tak. 'n Brood wat verbrand het, is ‗n verbrande brood. Ons sien dus dat verlede deelwoorde ook as adjektiewe gebruik kan word en dat hulle op –de, -te of –e kan uitgaan. Dit is moeilik om vaste reëls vir hierdie uitgange te gee, maar die volgende sal help -de i) Werkwoorde wat op l, m, n, ng, r, rf, rg, rm of ‗n vokaal uitgaan, bv. maal - gemaalde koffie vou - gevoude arms verdoem - ‗n verdoemde man nooi - genooide gas verslaan - verslaande leërs saai - gesaaide lande meng - gemengde lekkers terg - getergde kinders leer - geleerde les kerf - gekerfde tabak beskerm - beskermde blomme ii) Werkwoorde op f, g, s voorafgegaan deur ‗n lang vokaal of ‗n diftong, bv. skaaf - geskaafde hout vergruis - sy vergruisde voet stoof - gestoofde pere verhuis - die verhuisde familie verskuif - verskuifde meubels verbaas - verbaasde kinders bedroef - bedroefde ouers buig - gebuigde takke saag - gesaagde planke droog - gedroogde vrugte pleeg - gepleegde moorde -te i) Werkwoorde wat op p en k uitgaan, bv. kap - gekapte hout slyp - ‗'n geslypte mes verlep - verlepte blomme bak - 'n gebakte brood kook - gekookte eiers beperk beperkte middele Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 65 ii) Werkwoorde op f, g, s voorafgegaan deur ‗n kort vokaal, bv. straf - gestrafte dief pos - geposte briewe sif - gesifte meel vermis – vermiste vlieëniers verlig - verligte strate kwes - 'n gekweste bok verplig - verpligte onderwys pas - gepaste woorde versag - ‗n versagte vonnis las - gelaste stukke bars - gebarste mure / gebarste bom -e 9. i) Werkwoorde wat op d en t uitgaan, bv. bind - ‗n gebinde boek plant - geplante bome verbrand - verbrande briewe verlaat - 'n verlate huis ii) Verlede deelwoorde van sterk werkwoorde, bv. sweer - geswore vyande doen - gedane sake Ondergaan klinkerverandering – is gewoonlik figuurlik Tye van die werkwoord: Drie tye/ tydsvorme: 1. 2. 3. 1. 2. Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd Teenwoordige tyd: Dit dui ‗n handeling in die teenwoordige tyd aan. Die handeling is nog aan die gang. o Byvoorbeeld: o Die man sing mooi. o Die vrou begin hardloop. o Die volkslied word gesing (die handeling is nog aan die gang). Verlede tyd: ‗n Handeling in die verlede word aangedui. Die handeling is afgehandel, gewoonlik gevorm deur ―het‖ + ―ge-‖ o Die man het mooi gesing. o Die vrou het begin hardloop. o Die volkslied is gesing. Mens kry ook die historiese teenwoordige tyd: Mens gebruik die teenwoordige tydvorm in die verledetydsverband om iets dramatieser te laat klink. ‗n Paar weke gelede, staan die man voor my deur en wag. Gister begin hy sommer hoes en nies en kla oor sy kop wat pyn. ♥ Bywoorde: Bywoorde is ‗n woord wat by ‗n werkwoord, adjektief en bywoord, voorsetsels, voegwoorde, ‗n sinsdeel of sin meer inligting gee oor: 1. 2. 3. 4. Tyd Wyse Plek Modaliteit Die VIER soorte BYWOORDE Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 66 Bywoorde vertel ons meer van ander woordsoorte: 1. Saam met die werkwoord: 2. Die tennisspeler slaan hard. Die leeu hardloop vinnig. Saam met adjektiewe: 3. Klein kinders word maklik bang. Word hoe? Bang is dus die adjektief en maklik brei op die woord bang uit. Die huis is taamlik duur. Hy is baie sterk. Saam met ander bywoorde: 4. Die bokser slaan besonder hard. Die vrou sing baie mooi. Saam met telwoorde: 5. Daar is ongeveer 30 potlode in die blikkie. Daar was ongeveer 1000 mense. Sowat 10 mense was daar. Saam met voorsetsel: Die plaas lê net agter die bultjie. Voorsetsel selfstandige naamwoord Voorsetsel: Word voor selfstandige naamwoord, voornaamwoorde en bywoorde gebruik. aan, by, van, vir, tot, agter, oor, teen, voor, deur, in, op, langs, tussen, vanaf, anderkant, uit. 6. Saam met voegwoorde: ♥ 1. Soorte bywoorde: Bywoord van tyd (wanneer): 2. Ek sal jou help, bloot (omdat) jy my vriend is. Ek sal daar wees, veral (aangesien) ek jou skuld. Hy werk saans in die pakhuis. Hy werk wanneer? saans Bywoord van plek (waar/ wanneer): Hulle loop buitentoe: Hulle loop waarheen? buitentoe Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 67 3. Bywoord van wyse: 4. Die kind skryf mooi. Skryf hoe? Modale bywoord/ bywoord van modaliteit: Bywoorde het soms betrekking op die hele sin en nie net op bepaalde woorde nie. Die bywoorde help om die houding of gevoel van die spreker uit te druk/ seker, werklik, sowaar, sommer, glo, kamma, immers, darem, miskien, dalk, mos, regtig, tog, waarlik, inderdaad, moontlik, stellig. RYMPIE: KISSSS TWWIG DDRMM Jy kon my darem gesê het. Dit is dalk tog waar. Jy kan mos darem nie so jok nie. Die modale bywoord kan ontkenning ook uitdruk, want dit beïnvloed ook die betekenis van die hele sin omdat dit die sin ontkennend maak. Ek sal dit dalk nie regkry nie. Bywoorde in vaste verbindings: Noodlottig beseer Stilswyend aankyk Ruimskoots vergoed Oogluikend toegelaat Gevat antwoord Onteenseglik bewys ♥ Determineerders Daar is twee tipe determineerders: 1. Skaamteloos erken Proefondervindelik bewys Onbedag gesê Onverrigter sake Ruiterlik erken Gelate aanvaar Lidwoorde: „n - determineerder: onbepaalde lidwoord die 2. - determineerder: bepaalde lidwoord Aanwysende woorde hierdie, daardie, dié Determineerder: aanwysende woord Voorbeelde: „n Man loop vinnig (determineerder onbepaalde lidwoord) Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 68 Die man loop vinnig (determineerder bepaalde lidwoord) Daardie man loop vinnig (determineerder aanwysende woord) Dié man loop vinnig (determineerder aanwysende woord) ♥ Voegwoorde Neweskikkende voegwoorde: Voegwoordelike bywoorde: Onderskikkende voegwoorde: Verbind twee hoofsinne met mekaar sonder dat die woordorde verander. Kan sinne verbind. Net na die voegwoordelike bywoord volg ‗n werkwoord of hulpwerkwoord. Verbind hoofsinne en bysinne met mekaar. Die woordorde van die laaste sin verander. maar, want, en, dog, nog, sowel, of, trouens dus, derhalwe, daarom, dan, toe, al, tog, anders, daarna, nogtans, gevolglik, buitendien, bowendien, verder. dat, totdat, voordat, nadat, sodat, opdat, deurdat, omdat, wat, as, indien, sodra, onderwyl, terwyl, asof, alhoewel, hoewel, ofskoon, mits, tensy, hoekom, waarom, soos, aangesien DAAR IS ALTYD ‗N KOMMA VOOR MAAR + WANT DAAR IS ALTYD ‗N KOMMA VOOR VOEGWOORDELIKE BYWOORDE. ♥ Tussenwerpsels Dui emosie en uitroep aan Kyk vir die ! en vir die komma wat die tussenwerpsel van die res van die sin skei. Sjoe, dis warm! Eina, dit was seer! VOORSETSELS aan die dood ontkom aan die kaak stel aan die verstand bring aan ʼn siekte beswyk herinner aan ʼn gebrek aan ly aan ʼn siekte onderworpe aan skouer aan skouer staan agter die waarheid kom bo verwagting buite die kwessie bepaal by by monde van by uitsondering by voorbaat jou nood kla by so by die honderd Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 69 deur die mat val deur sy nek praat deur die mis deel in vreugde enig in sy soort in aanmerking neem in ‘n eksamen slaag in/ op Engels iets vra in/ onder kwarantyn plaas in ʼn behoefte voorsien in/ op ʼn dorp woon in/ op ʼn komitee die in/ onder sulke omstandighede jou verlustig in ʼn boek is in die pers (ter perse) getroud met iemand nader met ʼn voorstel konkel met met dagbreek met die deur in die huis val met iemand verskil met verloop van tyd aard na boor na water of olie na my wete na sy mening smag na verlang na aansoek doen om smeek om genade siekte onder lede hê onder die bewind van onder eed verklaar onder iemand se toesig onder leiding van onder ʼn skuilnaam skryf onder vier oë spreek bekommer oor iets berou hê oor oor die land reis verheug wees oor aandring op iets op bevel doen te voet/ te perd iemand op straat sien teen sesuur inteken op ter nagedagtenis aan/ van jaloers wees op tot ʼn gevolgtrekking kom met die oog op tot die tande gewapen Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 70 op die agtergrond uit die staanspoor op/ in die bestuur dien uit nuuskierigheid op die oog af uit sy beurt praat op heterdaad betrap beroof van op jou hoede wees van dors beswyk op skool/ universiteit wees van mening wees op/ met vakansie/ verlof/ pensioen aanspreeklik vir per abuis dit gaan voor die wind per ongeluk ʼn skip voor anker lê per toeval voorsien van klere per vliegtuig/ trein/ motor/ boot reis van nuuts af te danke aan van hoë gehalte te oordeel na ʼn rat voor die oë Hoofstuk 8: Woordeboekgebruik HAT (Odendal & Gouws) VERDUIDELIKING kin‟der·sto·rie (ons noem dit die trefwoord/ lemma) kin‟der·sto·rie s.nw. kin‟der·sto·rie s.nw. 1 Kinderverhaal. 2 Storie soos deur ‗n kind of ‗n kinderagtige volwassene vertel; onbetroubare storie. Verdeling in lettergrepe die punte (・) wys waar die woord in lettergrepe verdeel word Hoe spreek ons die woord uit? Die klemteken (‗) wys watter deel van die woord die klem dra Watter soort woord is dit? s.nw. (selfstandige naamwoord)? b.nw. (byvoeglike naamwoord)? ww. (werkwoord)? As die trefwoord meer as een betekenis (definisie) het, word die betekenisse genommer. Hierdie woordeboek gee die trefwoord, kind + ‟n tweede woord aan die einde van die definisie van die trefwoord, bv. kin‟der- Vorm van kind gebruik as eerste lid van ss.: kinder: -bad, droom, . . . , ensovoorts. Ander samestellings (soos in die voorbeeld hierbo: kind + storie) en afleidings word as aparte trefwoorde met hulle eie definisie(s) gegee. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 71 tik¹ s.nw. (-ke; -kie) 1 Ligte houtjie, klap: Sy gee my ’n tik op die skouer. 2 Kloppende geluid: Die tik van ’n klok, horlosie. ∇ Hier tel jy met angs die tik van die tyd. (C.L. Leipoldt) ww. (getik) 1 ‗n Swak, maar hoorbare geluid maak, soos bv. deur ‗n ligte slag: Hoorhoe tik die horlosie.Aan die venster tik.2 Met ‗n tikmasjien tik: ’n Brief in duplo tik. Vinnig, met albei hande tik.3 Met ‗n ligte hou aandui, aanraak: Met sy vingers die maat tik. Iemand op die skouertik. UITDR.: Iemand dik tik (geselst.) ,hom ‗n goeie loesing gee. Iemand op die vingers tik, hom berispe. Getik wees, mallerig wees;dronk wees. tik² s.nw. (neol.; geselst.)Kristal‘metamfetamien, ‗n uiters verslawende stimulant, dwelm wat euforie van korte duur meebring en die gebruiker o.a. aggressief maak: ∇Die neweeffekte van (tik) maak dit ’n baie gevaarliker dwelmmiddel as die meeste ander dwelms wat plaaslik beskikbaar is Die trefwoord staan aan die begin en in vetdruk. ‗n Syfer regs bo die trefwoord – tik¹ en tik² – dui aan dat die woord ‗n homoniem (dieselfde klink; verskillende betekenisse) is. dui aan dat die trefwoord tot meer as een woordsoort behoort. By die s.nw. kry ons die meervoud en verkleining, nl. (-ke; -kie). As die trefwoord meer as een betekenis het, word die betekenisse genommer. ‗n Betekenis word gevolg deur ‗n voorbeeldsin en/of ‗n ∇ dui ‗n aanhaling uit ‗n ander bron (‗n gedig/prosa/ die media) aan om die betekenis te verduidelik. By die ww. kry ons die verledetydsvorm, nl. (getik) en waar die ww. nie ‗n ge- kry nie, is daar ‗n (-). UITDR.: gee vir ons idiome, segswyses, spreekwoorde, of vaste uitdrukkings. (geselst.) = geselstaal. Sulke aanduidings kry ons voor in die woordeboek (neol.; geselst.) = neologisme (nuwe woord); geselstaal. Hoofstuk 9: Ekstra leerwerk! Terme en benamings wat gereeld in vraestelle opduik! 1. Idiomatiese taalgebruik A Van aangesig tot aangesig met iemand praat — ‘n persoonlike gesprek met iemand voer. Wie A sê, moet ook B sê — wie met ‘n ding begin het, moet daarmee aanhou. Hoog in aansien wees — Hooggeag wees. Altyd op dieselfde aambeeld hamer — herhaaldelik oor dieselfde ding bly praat. Iemand van aansien wees — iemand wees wat hoë agting in die gemeenskap geniet. Ek wil weet waar ek aan of af is — ek wil weet wat my posisie is (Eng.: "I want to know where I stand.") Sonder aansien des persoons — sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al. Sy aand- en môrepraatjies kom nie ooreen nie — wat hy nou sê, stem nie ooreen met wat hy vroeër te kenne gegee het nie Aanstaltes maak — voorbereidsels tref. Die stoute skoene aantrek — dapper iets aandurf. Aangeklam wees (twee rye spore loop, stukkend wees) — dronk wees. Hoog by iemand aangeskrewe staan — in iemand se guns wees. Aan iemand se adres gerig — spesiaal bedoel vir ‘n bepaalde persoon. Iets aandik — oordryf. Al dra ‘n aap ‘n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding — mooi klere of versierings kan ‘n lelike mens nie mooi maak nie Die aap uit die mou laat — die geheim verklap. Jou ‘n aap skrik vir iets — geweldig daarvoor skrik. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 72 ‘n Aap in die mou hê — slinkse streke verberg. Ek het ‘n appeltjie met jou te skil — ek wil ‘n onaangename saak met jou bespreek Nes ‘n aap op ‘n stokkie sit — erg beteuterd lyk. So min van iets weet as 'n aap van godsdiens (as ‘n kat van saffraan) — geen kennis hoegenaamd van iets hê nie. Die aapstuipe kry (die blouapiestuipe kry) — onbeheerbaar kwaad wees. Net ‘n appel en ei vir iets betaal -- iets baie goedkoop verkry. Arbeid adel — werk veredel ‘n mens. Ook ‘n stuiwer in die armbus gooi — ook ‘n bydrae tot die gesprek probeer lewer deur ‘n onbenullige opmerking te maak. Hard met die aarde kennis maak — hard op die grond val. B Die abc van iets — die elementêre beginsels van iets. Op jou baadjie kry — die onderspit delf. Die Achilleshiel van iemand — die kwesbare plek van iemand of die swak punt in sy karakter. Voor Baäl die knie buig — afvallig word; die ware leer versaak. Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang — gesê van iemand wat die skuld op ‘n ander probeer pak. Baantjies vir boeties — betrekkings vir vriende en bloedverwante. Die aftog blaas — vinnig retireer nadat jy nie in jou doel kon slaag nie. Eers baas, dan Klaas — eers die meerdere, dan die mindere. Aftrek kry — gewild wees. Vir elke bagatel (aan die huil gaan, byvoorbeeld) — vir elke kleinigheid. 'n Agterdeur oophou — ‘n kans oophou om los te kom in geval moeilikheid of probleme sou opduik Bak en brou — knoei. Agteros kom ook in die kraal — al is ‘n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees. Gou by die bak, lui by die vak — gou om te eet, maar stadig om te werk. Gods water oor Gods akker laat loop — dinge maar hul gang laat gaan sonder om iets van jou kant af te doen Iemand ‘n poets bak — iets grappigs doen ten koste van iemand. Akkoord gaan met iets — met iets saamstem. Die alfa en die omega — die begin en die einde. Alkant selfkant — dis om ‘t ewe, dit maak geen verskil nie. Iemand van bakboord na stuurboord stuur (van Pontius na Pilatus stuur; van die kassie na die muur stuur) — iemand rond en bont stuur sonder dat hy werklik geholpe kom of iets kan uitrig. Die bal misslaan — jou erg vergis. Balke saag — snork. ‘n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke — ‘n man wat baie dinge aandurf, maar misluk met alles wat hy aanpak. Op alles ja en amen sê — bloot saamstem met ander sonder om ooit ‘n eie mening uit te spreek. Wie sal die kat die bel aanbind? — wie sal hierdie gevaarlike werk durf doen? Beenaf wees (op ‘n meisie) — verlief wees. Amper, maar nog nie stamper nie — byna, maar nog nie heeltemal nie. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig — as iemand gou verstaan wat jy wil sê, hoef jy nie so volledig te verduidelik nie. Die appel val nie ver van die boom nie — die kind is soos die pa of ma. Die beste beentjie voorsit — jou bes doen sodat jy ‘n goeie indruk kan maak. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 73 Ou bene maak — oud word. My blus is uit — ek is baie moeg, uitgeput. ‘n Berg van ‘n molshoop maak (van ‘n muggie ‘n olifant maak) — iets groots maak van ‘n nietigheid. Die bobbejaan agter die bult gaan haal — ‘n moeilikheid tegemoet loop; jou vreeslik kwel oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie. Die berg het ‘n muis gebaar — dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie. Dis ‘n geslote boek — dis ‘n geheim. Iemand goue berge beloof — mooi beloftes maak. Dit spreek boekdele — dis ‘n sprekende bewys. Nuwe besems vee skoon — nuwe werkers werk goed, maar ‘n mens weet nie hoe deeglik hulle hulle vorentoe van hul taak gaan kwyt nie Moenie die boer die kuns afvra nie — moenie te veel uitvra omtrent iets as iemand nie die geheim wil verklap nie. ‘n Saak bewimpel — nie met die volle waarheid voor die dag kom nie, onaangenaamhede in verband met ‘n saak probeer toesmeer. ‘n Ou bok hou van jong blare — ou mans hou van jong meisies. Bokveld toe gaan (lepel in die dak steek) — doodgaan. ‘n Nuwe blaadjie omslaan —opnuut begin met die voorneme om beter te doen. Hy laat hom nie met 'n blaas ertjies op loop jaag nie — hy word nie maklik bang nie, hy word nie deur kleinighede van stryk gebring of daardeur ontstel nie In die bol gepik wees (met die maan gepla wees, van lotjie getik wees, ‘n klap van die windmeul weghê, nie al jou varkies in die hok hê nie, nie reg wys wees nie) — nie by jou volle verstand wees nie Blad steek— handgee. Dit gaan so tussen die boom en die bas — dit gaan soso. Blaffende honde byt nie (sy blaf is erger as sy byt) — hy dreig meer as wat hy werklik doen. Hoë bome vang die meeste wind — mense in belangrike posisies word die meeste gekritiseer. Sonder om te blik of te bloos — onbeskaamd. Buig die boompie solank hy jonk is — vorm die kind se karakter terwyl hy nog klein is. Dis laaste sien van die blikkantien — jy sal hom nooit weer sien nie. In die land van die blindes is eenoog koning — onder ‘n groep mense wat niks van iets weet nie, blink die een mens uit wat wel so ‘n bietjie kennis daarvan het. Blind vir iemand se foute wees — onwillig wees om iemand se tekortkominge raak te sien. Boontjie kry sy loontjie — ‘n skelm spring sy straf nie vry nie. Iemand om die bos lei — iemand bedrieg. Die bordjies is verhang — toestande is nou anders (wie vroeër die wenner was, is nou die verloorder). Iemand ‘n brander stuur — iemand ‘n kwaai brief stuur. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie —Vir jou familie doen jy altyd meer as vir ander mense. Sy bloed kook — hy is baie kwaad. ‘n Ander man se briewe is duister om te lees — ‘n mens kan nooit presies sê hoe dit finansieel, emosioneel of andersins met ‘n ander mens gesteld is nie. Bloed uit 'n klip tap — iets onmoontliks probeer doen. ‘n Broertjie dood aan iets hê — iets haat. ‘n Saak blou-blou laat — 'n saak (wat eintlik moet aangeroer word) nie bespreek nie (of dit nie afhandel nie). Dit nie breed hê nie — arm wees. Dit gaan maar broekskeur — dit gaan maar swaar. ‘n Bloutjie loop — nie daarin slaag om ‘n meisie joune te maak nie; teleurgestel word in jou verwagtings. Mooi broodjies bak — iemand vlei of sy guns probeer wen deur inskiklikheid. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 74 Jy sal dit nie kan bybring nie — jy sal dit nie kan bekostig nie. Duisend dode sterf — dikwels so bang wees asof jy sterf. C Kyk so 'n doring! — skertsend gesê van iemand wat presteer het. Die rondte van vader Cloete doen — by almal aangaan wat jy om ‘n bepaalde rede wil of moet nader, sonder om iemand oor te slaan. Dis vir my ‘n doring in die vlees (dit steek my dwars in die krop) — dis iets wat my erg hinder of irriteer. D Op die draad sit — nie kant kies nie. Die skelm op heter daad betrap — op die skelm afkom terwyl die misdaad gepleeg word. Die draak steek — die gek skeer. Iemand opdreun tot by oom Daantjie in die kalwerhok — iemand ‘n behoorlike skrobbering gee of hom selfs letterlik terdeë te lyf gaan. Nog nie droog agter die ore nie (sommer nog ‘n kuiken of ‘n snuiter) — nog ‘n blote kind. Iets dubbel en dwars verdien — iets in hoë mate verdien. Daar sal dadels van kom — daar sal niks van kom nie. Geen bloue duit besit nie — absoluut niks besit nie. Met dapper en stapper — te voet. Dun gesaai wees — skaars wees. Hy weet waar Dawid die wortels gegrawe het — hy is op hoogte van sake en laat hom nie maklik fop nie. Skoonheid vergaan, maar deug bly staan — deug alleen is onverganklik. ‘n Deurtrapte skelm — ‘n groot deugniet, ‘n geslepe boosdoener. Die doel heilig die middele — gesê wanneer ‘n mens dink dat jy alle middele kan aanwend, selfs slegtes, solank jou oogmerk goed is. Dit wil gedoen wees — dit sal moeilik wees om hierdie prestasie te ewenaar. Donkerwerk is konkelwerk — ‘n mens knoei wanneer jy in die donker werk. Die druiwe is suur — gesê wanneer iemand minagtend of verkleinerend van iets praat wat hy eintlik graag wil hê nie, maar nie kan kry nie. Vir iemand duim vashou — baie graag wil hê dat iemand sukses moet behaal. Ledigheid is die duiwel se oorkussing — niksdoeners bedink allerhande onheilighede. So bang wees soos die duiwel vir ‘n slypsteen — baie bang wees. Gee die duiwel wat hom toekom — al hou jy nie van iemand of van sy dade nie, moet ‘n mens erkenning gee aan die goeie wat hy wel ook doen. Die een se dood is die ander se brood — die een word bevoordeel uit die skade wat ‘n ander een ly. Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond — gesê van ‘n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang. Net een dood skuldig wees — niks ergers as die slegste kan ‘n mens tref nie. E Van die dood in die wêreld gekom het, is ‘n mens nie seker van jou lewe nie — ‘n mens kan nooit seker wees wat in die toekoms sal gebeur nie. Liewer dood as uit die mode — gesê waar iemand tot elke prys die mode volg. Lelike eendjie — vaal meisietjie wat min belofte toon (en tog uiteindelik baie mooi is wanneer sy groot is). Soos water op ‘n eend se rug — gesê van ‘n vermaning waarop geen ag geslaan word nie. Besin eer jy begin — dink voordat jy met iets begin. Die doodskleed het geen sakke nie — ‘n mens kan niks wat jy besit na die hiernamaals saamneem nie. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 75 Jou eersgeboortereg vir ‘n bord lensiesop verkoop — dit wat vir jou dierbaar behoort te wees, nie behoorlik waardeer nie en maklik daarvan afstand doen. Die eeu van (die masjien, die atoom, kernkrag, die ruimtevaart) — die tydperk van... ‘n Eierdans uitvoer — so tussen moeilikhede deurstuur dat jy veilig anderkant uitkom. ‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop — liewer net ‘n deel van iets ontvang of besit as om heeltemal niks te kry of te hê nie. Geld wat stom is, maak reg wat krom is — ‘n mens kan baie met geld doen. Genadebrood eet — van liefdadigheid lewe, soos wanneer ‘n mens te oud is om nog te werk. Die gewoonte maak die gewente — gewoonte raak tweede natuur. Mense wat in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie — ‘n mens moet nie ander se foute kritiseer as jy self ook sulke gebreke het nie. Erfgeld is swerfgeld — geld wat geërf word, word gou verkwis. Goedkoop is duurkoop — goedkoop artikels se gehalte is gewoonlik so swak dat jy gou weer nuwes sal moet aanskaf en gevolglik meer sal moet betaal. Die elmboog gelig (deur die wingerd geloop, tiermelk gedrink) — te veel gedrink. Alle grappies op ‘n stokkie -- laat ons nou ernstig raak ná die geskerts. Hunker na die vleispotte van Egipte — verlang na die beter tye wat jy vroeër geken het. Van die gras af maak — doodmaak. F Nie gras onder jou voete laat groei nie — nie talm nie, maar ‘n taak dadelik aanpak. Familie van Adam se kant af — baie ver langs verwant. Daar is 'n slang in die gras — daar is onraad, daar skuil iets agter. Vol fiemies wees — vol aanstellings of grille wees; oordrewe kieskeurig wees. ‘n Graswewenaar — ‘n man van wie die vrou tydelik weg is. Flikkers gooi by ‘n meisie — besondere aandag gee aan ‘n meisie om haar belangstelling te win. Dis vir my Grieks — ek het daar geen benul van nie, ek verstaan dit glad nie. Moenie sê: "Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie" — moenie iemand verwerp wie se hulp jy dalk later weer baie nodig gaan kry nie. H Jou op die haai vlakte bevind — jou op die kaal en verlate vlakte bevind waar daar geen skuiling is nie. G Gal afgaan — skerp veroordelend praat of skryf. Met iemand se gal werk — iemand kwaai bestraf. Elke haan is koning op sy eie mishoop — elkeen is sterk op sy eie terrein. Geen haan sal daarna kraai nie — niemand sal ooit iets daaroor rep nie. Jou pen in gal doop — uiters bitsig skryf. Net ‘n hanetreetjie — slegs ‘n kort afstand. Iemand ‘n gat in die kop praat — iemand ompraat om iets te doen (in ongunstige sin). Alte goed is buurmansgek — as ‘n mens te goed is, word jy deur ander mense misbruik. Die gelag betaal — alleen die straf dra nadat ander saam met jou oortree het. Moenie jou kom haantjie hou by my nie — moenie so astrant wees in my teenwoordigheid nie. Geen lui haar op jou kop hê nie — fluks wees. Hare kloof— beuselagtige onderskeidings maak. Hoe meer haas, hoe minder spoed — hoe haastiger jy is, hoe minder kry jy iets uitgerig. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 76 Vir jou probleme op die hals haal — self die oorsaak van jou probleme wees. Elke hart het sy smart — elke mens het sy eie sorge en hartseer. Met hals en mag — met alle krag en geweld. Heelhuids van iets afkom —ongedeerd van iets afkom. Dis nie om die hondjie nie, maar om die halsbandjie — dis nie om die doel wat voorgegee word nie, maar met ‘n bybedoeling (soos waar ‘n jong kêrel net vriende maak met ‘n meisie se broer sodat hy die meisie beter kan leer ken). Net vir 'n heen-en-weertjie na die bure gaan — die bure net vir ‘n kort kuiertjie besoek. Iemand iets hand en mond belowe — iemand iets met groot erns belowe. Die hand in eie boesem steek — jouself ondersoek. Met hand en tand beveg — met alle mag beveg. Die hand diep in die sak steek — baie betaal; baie geld gee vir ‘n saak. Die een hand was die ander (as die een hand die ander was, word albei skoon) — dis tot altwee se voordeel as die een die ander help. My hande is afgekap — ek is magteloos. Iemand onder hande neem — iemand berispe. Ek is so oud soos my hande, maar nie soos my tande nie — skertsend gesê wanneer iemand nuuskierig vra hoe oud jy is, maar jy die vraag wil ontwyk. Sy hande staan vir niks verkeerd nie — hy is so vaardig met sy hande dat hy alle soorte handewerk kan doen. Sag heengegaan — vredig gesterf. Die hef in die hande hê — baas wees, die mag hê. Met die helm gebore wees — gebore wees met die (veronderstelde) gawe om vooruit te sien wat in die toekoms gaan gebeur. Hemel en aarde beweeg — alles in die werk stel, alles in ‘n mens se vermoë doen (om jou doel te bereik). Uit die blou hemel — onverwags. In die sewende hemel wees — baie gelukkig wees. Herwaarts en derwaarts — hiernatoe en daarnatoe. Iemand heuning om die mond smeer — iemand vlei. Almal hiet en gebied — almal links en regs beveel. Op twee gedagtes hink — aarsel as jy tussen twee dinge moet kies. Jou hoed vir iemand afhaal — iemand bewonder. Jy kan jou hoed agterna gooi dat... — jy kan baie bly wees dat... Handgemeen raak — slaags raak, baklei. (Meisies is) nie handvol nie, maar landvol — daar is baie om van te kies. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor — ‘n mens is geneig om baie te praat oor dié dinge waaraan jy baie dink. As jy ‘n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok — as jy iemand wil benadeel, kan jy maklik ‘n kamtige rede vind om dit te doen. Agter elke hond aan blaf — ander napraat sonder om ‘n eie mening te hê. Hond se gedagtes kry — agterdogtig raak. Jou hart aan iets ophaal — jou daarin verlustig. ‘n Hond uit ‘n bos gesels -- vreeslik lekker gesels. Sy hart sak in sy skoene — sy moed begeef hom heeltemal. Van jou hart ‘n moordkuil maak — nie in woorde sê wat in jou gemoed omgaan nie. Ek kon nie hond haar-af maak nie — ek kon niks uitgerig kry met die taak wat ek wou of moes verrig nie. Die hond in die pot kry — te laat wees vir ete. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 77 Oor die hond se stert (of rug) wees — oor die ergste of die moeilikste wees. Dit vorm skering en inslag van iets — dit is alles, dis die allerbelangrikste in die saak. Baie honde is ‘n haas se dood — niemand is op die duur teen ‘n oormag bestand nie; baie kan vermag word waar mense saamwerk. Iemand invra — ondersoekende vrae aan iemand stel. Eie honde byt die seerste — jou eie mense kan jou die meeste leed besorg. J Jakkals verander van hare maar nie van snare nie — ‘n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie. ‘n Hondelewe lei — ‘n ellendige bestaan voer. Jakkals trou met wolf se vrou — die son skyn terwyl dit reën. Kommandeer jou honde en blaf self — doen self wat jy voorstel en moenie van ander verwag om dit vir jou te doen nie. Die ware Jakob — die regte persoon of ding. Honger is die beste kok — as ‘n mens honger is, smaak alle kosse vir jou lekker. Mal Jan onder die hoenders — een kêrel onder baie meisies. Jan en alleman — die deursneemens. Soveel hoofde, soveel sinne — soveel mense, soveel menings. Te veel hooi op jou vurk neem — meer onderneem as wat jy kan uitrig. ‘n Naald in ‘n hooimied soek — ‘n onbegonne taak aanpak; die feitlik onmoontlike probeer vind. Hot en haar — rond en bont. Dit hotagter kry — swaar kry. Uit goeie hout gesny wees — van goeie afkoms of karakter wees. Liewer bang Jan as dooi(e) Jan — eerder versigtig as dood. Jan Rap en sy maat — die hele gespuis. Jan Taks — die belastinggaarder. Iemand met ‘n Janusgesig — ‘n huigelaar. 'n Vreemdeling in Jerusalem wees — iets nie weet nie wat almal weet. Hiervoor sal jy Job se geduld en Salomo se wysheid nodig hê — in hierdie saak sal jy baie verdraagsaam en verstandig moet handel. As dit met die groen hout gebeur, wat sal dan met die droë geskied? — As so iets met gerekende mense kan gebeur, wat dan van diegene wat nie so vernaam is nie? Die juk afgooi — vry word. Die huis (of plek) op horings neem — erg te kere gaan in die huis (of plek). K Elke huis het sy kruis — elke huis het sy sorge en probleme. Iemand aan die kaak stel — iemand se skande, bedrog, oortreding openbaar. I Iemand kaal uittrek — iemand beroof van alles wat hy besit. Jou iets inbeeld — jou ‘n voorstelling van iets maak (byvoorbeeld: jou inbeeld hoe dit sal voel om ‘n minister te wees). Hoe kaler hoe rojaler — hoe armer hoe spandabelriger. Iemand inklim — iemand kwaai aanspreek. Hoe kaler jonker hoe groter pronker — hoe die minder vermoënd iemand is hoe meer spog hy. Indaba hou — onderling beraadslaag. In dieselfde juk trek — saamwerk. Iemand kaalkop die waarheid sê — iemand reguit berispe. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 78 Oop kaarte speel — eerlik met iets uitkom; openlik sê wat aan die gang is. Dis klaar met kees — dis klaarpraat; daar is niks meer aan te doen nie. Hy dink hy‘s kaas (en dan is hy nog nie eens dikmelk nie) — hy dink hy is alte waffers; hy dink hy is vreeslik belangrik. Nie vir iemand kan kers vashou nie — deur hom ver oortref word. Die kalf is in die put — die werk moet dringend gedoen word al is dit ons op hierdie tydstip nie geoorloof om dit te doen nie, veral gesê van iets wat noodwendig op ‘n Sondag (die rusdag) moet klaar kom. Nie onder ‘n kalkoen uitgebroei wees nie — nie so dom wees soos ander miskien sal dink nie. Iemand kapittel (die kapittel voorlees, oor die kole haal, die kop was, voor stok kry, roskam, die leviete voorlees of die leviete lees) — iemand ernstig berispe. Die kar voor die perde span — agterstevoor te werk gaan. Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal — die moeilike, onplesierige, gevaarlike of vuil werk vir ‘n ander doen. Geen kat se kans hê nie — feitlik geen kans hê nie. As die kat weg is, is die muis baas — as die baas (die ouers) weg is, maak sy werkers (die kinders) nes hulle wil So min van iets weet as ‘n kat van saffraan— geen kennis hoegenaamd van iets hê nie. Dis nie ‘n kat om sonder handskoene aan te pak nie — dis ‘n gedugte, moeilike teenstander. Sy kierang sal braai — sy oneerlikheid sal geopenbaar word. Die kind met die badwater uitgooi — die goeie van ‘n saak saam met die slegte verwerp. Geen kind of kraai hê nie — niemand hê om voor te sorg nie. Die kinderskoene ontgroei — nie meer ‘n kind wees nie. Vir iemand ‘n klip uit die pad rol — iemand ‘n groot guns bewys. Hy het die klok hoor lui, maar hy weet nie waar die bel hang nie — hy weet daar so iets van, maar snap tog nie waaroor dit alles gaan nie. Dit gaan klopdisselboom — dit gaan voorspoedig. Nie die kloutjie by die oor kan bring nie — nie kan uitwerk hoe dinge eintlik inmekaar steek nie. Kluitjies verkoop — leuens vertel. Iemand met ‘n kluitjie in die riet stuur — iemand met mooipraatjies afskeep. Die kluts kwyt wees — van die spoor af wees; in die war wees. Die kat uit die boom kyk — dinge eers goed deurkyk voordat jy iets aanpak (byvoorbeeld voordat jy ‘n transaksie beklink). Iemand knolle vir sitroene verkoop — iemand met mooipraatjies allerhande dinge laat glo. Die kat in die donker knyp — in die geheim stoutighede aanvang. Die koeël is deur die kerk (en die koster is gekwes) — dit is klaar gedoen en niks kan nou nie meer gedoen word om die saak te verander nie. ‘n Kat in die sak koop — deur ‘n verkoper bedrieg word wanneer jy iets koop. Snags is alle katte grou — alle meisies is eenders in die donker. ‘n Kaapse draai — ‘n wye draai. ‘n Keel opsit — aan die skreeu gaan. Die keersy van die penning (of die medalje) — die ander (donker) kant van die saak. Hy is nie so groen dat ‘n koei hom sal vreet nie — hy is nie so dom as wat ‘n mens dink nie. Dis ‘n waarheid soos ‘n koei — dis iets wat baie vanselfsprekend is. Ou koeie uit die sloot grawe (of haal) — ou griewe, skandes of moeilikhede weer oprakel. Oor koeitjies en kalfies gesels — sommer oor alledaagse dingetjies praat. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 79 Koffie drink soos die kan hom skink — tevrede wees met wat jy kry. Hy lag of hy betaal word — hy lag baie lekker. Hy het van Koerland se vleis geëet — hy is baie lui. Ek lag my ‘n boggel (‘n ertjie, ‘n papie, ek lag my siek, ek lag my dood, ek lag my slap) — ek lag vreeslik. Kolmuis vreet wasgoed -- gesê van iemand wie se broek styf tussen die boude intrek. Land en sand aanmekaar praat — sonder ophou oor allerhande dinge praat. Die kool is die sous nie werd nie — die beloning is nie al die moeite werd nie. Dis so lank as wat dit breed is — dis om ‘t ewe. Hy sal sy kop stamp (sal sy rieme styfloop, dit sal hom suur bekom, hy sal hom vasloop) — groot moeilikhede wag op hom weens dit waarmee hy besig is. Jou kop in 'n bynes steek — jou met ‘n saak bemoei wat jou in groot moeilikheid gaan dompel. Ou kalant, lank in die land — gesê van ‘n vernuftige mens met baie ervaring; ook gesê van iemand wat slu en listig is. Hoe later hoe kwater — hoe later dit word, hoe erger gaan dit. So reg in die leeu se bek — so reg in die moeilikheid. Jou kop op ‘n blok sit dat iets waar is — so seker van iets wees dat jy jou kop sal laat afkap as dit nie so is nie. Doller as kop-af kan dit nie — ‘n mens is maar een dood skuldig; niks kan erger wees as die heel ergste nie. Jy het self nog groen koring op die land — moenie ander mense se groot kinders kritiseer nie, want jou kinders is nog klein en jy kan nie waarborg dat hulle nie ook verkeerd sal gaan wanneer hulle groot is nie. Die leeueaandeel kry — die grootste, die belangrikste gedeelte ontvang. Hulle is legio — daar is ‘n baie groot menigte van hulle. Lekker is net ‘n vinger lank — plesier is maar kort van duur. Die lendene omgord — klaarmaak vir die stryd of werk. Kortgebaker, kortgebonde, kort van draad wees — gou kwaad word, opvlieënd wees. Lepel in die dak steek (bokveld toe gaan) — doodgaan. Met die kous oor die kop tuiskom — met skade en skande huis toe kom. Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel — ‘n leuen word altyd ontdek. Boeke te kus en te keur — baie boeke. Lieg en bedrieg — baie oneerlik wees. Vol kwinte wees — vol fiemies, grille wees. Die lier aan die wilger(boom) hang — ophou met dig (ophou met musiek maak). Die kreeftegang gaan — agteruit gaan. In ligte laaie — in volle vlam. L Die lakens uitdeel — die baas speel. Laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie — doen iets goeds sonder om dit vir almal te vertel. ‘n Lansie vir iemand breek — ‘n gunsie of ‘n goeie woordjie vir iemand doen. Iemand met twee linkerhande — iemand wat baie onhandig is. Groot lantern, weinig lig — gesê as iemand in jou lig staan. Nie links wees nie en iets doen — die taak dadelik aanpak. ‘n Laatperskegesig — ‘n suur en onvriendelike gesig. Ek laat my dit nie vertel nie — dit sal ek nie glo nie. Dis op almal se lippe — almal praat daarvan. Iemand die loef afsteek — iemand oortref of sy plan Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 80 verydel. baie goed vir jou; of die onaangename dinge wat jy nou ervaar, gaan jou ‘n sterker mens maak. Lont ruik — agterdogtig raak. Jou lyf wegsteek — skelm wees en nie jou deel doen wanneer daar gewerk moet word nie. In lewende lywe — in eie persoon. M Jy kan dit maar op jou maag skrywe (en met jou hemp doodvee [of afvee]) — daar sal niks van kom nie. Wie nie pas op sy tyd is sy maaltyd kwyt — as jy laat kom vir ete, kry jy nie kos nie. Met die maan gepla wees (‘n krakie of ‘n streep hê, van lotjie getik wees, nie al jou varkies in die hok hê nie) — nie reg wys wees nie. Met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word — soos ons ander mense behandel, sal ons ook behandel word. Elke man soen sy vrou op sy manier — elke mens doen ‘n ding op sy eie wyse. Self sien hoe jy die mas opkom — self sien dat jy die taak gedoen kry. Die inwendige mens versterk — eet. Op hierdie mes kan ‘n mens Kaap toe ry — hierdie mes is baie stomp. Moedersielalleen — heeltemal alleen. Tussen die lepel en die mond val die pap op die grond — ‘n mens moet nooit te seker van iets wees nie. As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik — jy kan darem baie praat, jy is darem baie glad met jou mond (met jou tong). Iemand na die mond praat — iemand vlei. Hy maak ‘n skoorsteen van sy mond — hy rook baie. Die môrestond het goud in die mond — soggens vroeg kry jy baie dinge gedoen. As die muis dik is, is die koring bitter — as ‘n mens genoeg geëet het, smaak die lekkerste kos nie meer lekker nie. Haar kop is vol muisneste — sy is so verlief dat sy net die hele tyd aan haar kêrel dink. In die middel van die wêreld wees — radeloos wees, nie weet wat om te doen nie. Klein muisies het groot ore — kinders luister fyn en ‘n mens moet versigtig wees wat jy voor hulle sê. Murg in jou pype hê — sterk en daadkragtig wees. N ‘n Draad vir elke naald hê — altyd reg wees met ‘n antwoord. Iemand naaldsteek — probeer agterkom hoe iemand voel of hoe hy dink oor ‘n saak; ook iemand inlig of waarsku. Deur jou nek vir iets betaal — baie duur daarvoor betaal. Deur jou nek praat — onsin praat. Iemand ‘n nekslag toedien — iemand iets aandoen wat hom heeltemal verpletter. Die snuf in die neus kry — onraad bemerk, iets agterkom. Dis neusie verby — die kans is verby; die gulde geleentheid is verlore. Wie sy neus skend, skend sy aangesig — wie sy familie benadeel, benadeel homself. Dit kom uit Noag se ark — dit is baie oud. Iemand die mond snoer — iemand laat ophou praat. Jy kan maar op my nommer druk as jy hulp nodig het — jy moet maar net sê dan help ek jou. Jou mond verbypraat (verbrand) — iets sê wat jy eintlik nie moes gesê het nie. ‘n Noot laer sing — nie meer sulke hoë eise stel nie. Bitter in die mond maak die hart (of die maag) gesond — toe maar, die medisyne wat so sleg smaak, is eintlik Werk, hardloop, ens. dat die kromme note jou haal — baie hard werk, hardloop, ens. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 81 Noustrop trek — baie swaar kry. P Dis van nul en gener waarde — dit beteken absoluut niks nie, dit het hoegenaamd geen waarde nie. Pa staan vir iets — die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. O Dit staan soos ‘n paal bo water (dat sy die mooiste meisie in die klas is) — sy is duidelik en ongetwyfeld (die mooiste meisie in die klas). ‘n Ogie oor iets of iemand hou — sorg dat iets veilig is of dat iemand versorg is. Die breë pad — die pad na die verderf. Dis olie op die vuur — dit maak dinge erger. Die smal pad — die pad na die ewige lewe. Jou nie onbetuig laat nie — die taak fluks aanpak en wys waartoe jy in staat is. Sy loer al oor die onderdeur — sy begin in kêrels belang stel. Uit die oog, uit die hart — iemand wat weg is (nie binne sig is nie) word maklik vergeet. Iemand se oogappel — iemand se besondere gunsteling (byvoorbeeld sy enigste dogter). ‘n Padda in die keel hê — hees wees. Van ‘n padda vere probeer pluk — die onmoontlike probeer vermag (soos om geld van iemand te probeer kry wat geen sent op sy naam het nie). Nie vir koue pampoen skrik nie — nie deur kleinighede van stryk gebring of ontstel word nie As dit pap reën, moet jy skep — benut die geleentheid terwyl dit daar is. Opgang maak — vooruitgaan. Jy kan mielies in sy ore plant — sy ore is vuil. Jou oorhoeks werk — jou oorwerk. Oorhoop lê (of oorhoeks raak) met iemand — rusie hê met iemand. Gou oorsuiker (na die bure toe) — ‘n vinnige besoekie (aan die bure) bring. Iemand die ore van die kop praat — irriterend babbel by iemand. Die ore spits — met groter aandag luister. Jou ouma die paplepel leer vashou — iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy. Iemand met die paplepel voer — iemand werktuiglik en bietjie vir bietjie iets leer; ook iemand aan die lewe hou met aalmoese. My geheue speel my parte — my geheue laat my in die steek. ‘n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie — ‘n geskenk moet jy nie kritiseer nie. Jou pêrels voor die swyne werp — iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat nie werd is om só deur jou gehelp te word nie; ook iets moois of kosbaars vir iemand gee wat dit nie kan waardeer nie. Die ore laat hang — mismoedig wees. Die perke oorskry — te ver gaan. Jou ore uitleen — na allerhande praatjies luister. Dit gaan orrelstryk — dit gaan baie goed; alles verloop uitstekend. Bly sit met die gebakte pere — bly sit met ander se moeilikheid. ‘n Bitter pil om te sluk — ‘n moeilike ding om te verwerk. Van die os op die esel (van die os op die jas) — gesê deur ‘n spreker voordat hy die huidige gespreksonderwerp los en iets heeltemal anders aanroer. Gee ‘n man die pinkie, dan vat hy die hele hand — gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee. Dieselfde poeding met ‘n ander sous — dieselfde ding in ‘n ander vorm. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 82 Al is ‘n pot nog so skeef, hy kry ‘n deksel — die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou. Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is) — ander word berispe vir foute wat jy self maak. Praatjies vul geen gaatjies nie — met ‘n blote gepraat rig ‘n mens nie veel uit nie. Is Saul ook onder die profete? — skertsend gesê as jy iemand in ‘n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie. R Jou rammetjie-uitnek hou — jou grootman, windmakerig of parmantig hou. Eie reg gebruik — iets sonder wetlike goedkeuring doen. Hy is altyd links van die regering — hy is altyd teen die stroom op. Geen rook sonder vuur nie (daar is nooit ‘n rook nie of daar brand ‘n vuurtjie, waar ‘n rokie is, moet ‘n vuurtjie wees) — in elke gerug is daar ‘n kiem van waarheid. Vroeg ryp, vroeg rot — kinders wat te gou grootword, is ook gou niks werd nie. Iemand rot en kaal steel — al die besittings van iemand steel. Jou oor ‘n dooie rot verheug — oorhaastig bly wees oor iets; bly wees oor iets wat tog nie gaan gebeur nie; bly wees oor iets nietigs in die waan dat dit iets belangriks is. Iemand in die rug steek — iemand in die geheim benadeel. My rug is breed — ek kan baie laste dra; ek kan baie verdra. Iemand rugsteun — iemand sterk ondersteun. S Polities taamlik regs wees — polities neig om konserwatief te wees. Iemand met twee regterhande — iemand wat baie handig is. Daardie persoon is my regterhand — daardie persoon is my belangrikste hulp, my troue steun. Iemand uit die saal lig — iemand beroof van sy posisie (in byvoorbeeld ‘n rugbyspan of ‘n bestuursliggaam). Dis ‘n hele sabbatsreis daarheen — dis ver soontoe. Sak, Sarel — moenie so oordryf nie. ‘n Renons in iemand of iets hê— ‘n groot teësin in iemand of iets hê. Een brandsiek skaap steek die hele trop aan — een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken. ‘n Reputasie hê — ‘n slegte naam hê. Slaags raak — baklei. Die rieme neerlê — weghardloop, die loop neem. ‘n Sak sout met iemand opeet — genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken. Jou rieme styfloop — in die moeilikheid beland. ‘n Riemtelegram — ‘n ongegronde gerug. Rinkink — baljaar, te kere gaan. Alle paaie lei na Rome — ‘n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik; of dit is so ‘n belangrike plek dat alle paaie soontoe lei. Rome is nie in een dag gebou nie — ‘n groot werk kom nie gou tot stand nie. Die ronde waarheid — die volle waarheid. Dis net die oortjies van die seekoei -- wat aan ons bekend is, is slegs ‘n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem (goeie alternatief vir die Anglisistiese "punt van die ysberg"). Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou — as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg. Met jou siel onder jou arm loop — verveeld wees en nie weet hoe om die tyd te verwyl nie. Hoe meer siele hoe meer vreugde — hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit. Hoe rooier hoe mooier — rooi trek aandag. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 83 Soos ‘n splinternuwe sikspens lyk — baie netjies en windmakerig aangetrek wees. Vier stewels in die lug lê — onderstebo lê. Stiefmoederlik behandel — sleg behandel, Iemand skaakmat sit — iemand so vaskeer (figuurlik) dat daar geen uitkomkans vir hom is nie. Met ‘n stink spoed beweeg — vreeslik vinnig beweeg. Deur skade en skande word ‘n mens wys — deur sware ondervinding raak jy verstandig. ‘n Stok in die wiel steek — iets verhinder; iemand dwarsboom. Almal of alles oor een kam skeer — almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak. Iemand onder stof loop — iemand onderstebo loop of baasraak. ‘n Tong soos ‘n skeermes hê — bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees. As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek — as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas. Die stoute skoene aantrek en iets doen — al jou moed bymekaarskraap en iets doen. Skoenmaker, hou jou by jou lees — bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie. ‘n Skuifmeul kry — ‘n kans kry om uit die moeilikheid te kom. In die stof byt — sneuwel. ‘n Stofwolk opskop — vreeslik te kere gaan, maar niks uitrig nie. Met die stroom saamgaan — slaafs doen wat die meerderheid doen of die tydgees navolg. Die strop om die nek hê -- pas getroud wees (skertsend). Die beste stuurlui staan aan wal — dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie. Die strydbyl begrawe — vrede sluit. Iets uit jou duim suig — iets versin. Skouer aan die wiel gooi —daadwerklik optree. Die argument hou nie meer steek nie — die argument geld nie meer nie. Daar is ‘n skroef los by hom — hy is nie reg wys nie; hy is nie by sy volle verstand nie. Daar is ‘n slang in die gras — iewers is iets nie pluis nie, dinge lyk verdag. Jou dae in ledigheid slyt — nooit ‘n steek werk verrig nie. Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor — klein kindertjies sê ‘n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem. Dit sal jou suur bekom — jy sal daarvoor boet. Een swaeltjie maak nog geen somer nie — een goeie teken is nie genoeg nie. Jou brood in die sweet van jou aangesig eet — baie swaar ‘n bestaan maak. T Die son trek water — dit word laat. Son in die weste, luiaard op sy beste — as dit laat word, is die luiaard die fluksste. Ek het nog g‘n taal of tyding ontvang (oor wat my familielede in Londen aanvang nie) — ek het niks gehoor (oor wat hulle alles daar doen nie). Alles vir soetkoek opeet — alles glo wat jy hoor. Iets met lang tande doen — iets teësinnig doen. Die spit afbyt — die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen. Jy moet hare op jou tande hê — jy moet jou man kan staan. Steen en been kla — baie kla. Met ‘n mond vol tande sit — beteuterd sit en niks praat nie. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 84 Jou tande vir iets slyp — jou klaarmaak om iets te geniet. Die vinger op die wond lê — wys waar die gebreke is. Lang vingers hê — geneig wees om te steel. Die kinders sit en tande tel — die kinders sit en luister wat die grootmense praat. Ek laat nie op my tone trap nie — ek laat niemand my beledig nie. Trou is nie perdekoop nie — trou is ‘n ernstige stap. Oos wes, tuis bes — in jou eie huis is jy die gelukkigste. Hy is ouer as twaalf — jy kan hom nie sommer fop nie. Jou twak is nat — jy sal dit nie regkry nie, dit sal misluk. Sy turf sit — sy plan het misluk; hy kry dit nie reg nie. U Lyk soos ‘n uil op ‘n kluit -- eensaam, beteuterd, onnosel lyk. ‘n Uiltjie knip — ‘n bietjie slaap. Jy kan nie net spog nie, jy sal moet uithaal en wys — dit help nie om net te koop te loop met wat jy kan doen nie, wys vir ons waartoe jy in staat is. Sy is uitgeknip haar ma — sy lyk net soos haar ma. Heeltemal uitrafel — ongebonde te kere gaan. V Die swakker vat (die skone geslag) — die vrou. Met vlieënde vaandels slaag — met groot sukses slaag. Met anderman se vere (geleende vere) pronk — iets gebruik wat aan ‘n ander behoort en dan die eer daarvoor ontvang. Ver van jou goed, naby jou skade — as jy nie naby jou besittings is om ‘n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel. Iemand op die vingers tik — iemand berispe. My vingers jeuk om dit te doen — ek is baie lus om dit te doen. Die vingers verbrand — in die moeilikheid kom (deur in ‘n ander se sake in te meng). Tweede viool speel — ondergeskik wees. Onder valse vlag vaar — jou uitgee vir iemand anders as wat jy is. Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander) — die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van ‘n identiese tweeling). Nog vis, nog vlees — nie ‘n deel van die een groep nie en ook nie van die ander nie. Hoër vlieg as jou vlerke lank is — te weelderig vir jou vermoë lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoë is; meer onderneem as waartoe jy in staat is. Vlerksleep by ‘n meisie — by ‘n meisie kuier om haar liefde te wen. Twee vlieë in een klap slaan — twee dinge gedoen kry deur een daad. ‘n Vlieg in die salf — ‘n onaangenaamheid wat ‘n saak bederf. Lyk soos ‘n vlieg wat in karringmelk geval het — spierwit aangetrek wees. Vlieë vang — met ‘n oop mond sit. ‘n Ou voël met kaf probeer vang — ‘n bedrewe persoon probeer kul. Elke voël sing soos hy gebek is — elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte. Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat... — ek het êrens verneem dat...; ek het ‘n gerug gehoor dat... Iemand iets aan die verstand bring — iemand iets goed laat begryp. Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak — vinnig padgee, vlug. Geen vinger verroer om iemand te help nie — niks doen om iemand te help nie. Met die verkeerde voet uit die bed klim — in ‘n slegte bui opstaan. Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 85 Vra is vry en weier daarby — jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word. Die mens wik; God beskik — die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë. Jou vuurdoop deurstaan — die moeilike aanvanklike toets slaag (byvoorbeeld jou eerste dag in ‘n nuwe skool waar ontgroening nog nie afgeskaf is nie). Wolf skaapwagter maak — iemand wat onbetroubaar is ‘n verantwoordelike taak gee. ‘n Wolf in skaapklere — ‘n skynheilige mens. Weet hoe die vurk in die hef steek — presies weet hoe sake staan. Met die honde blaf en die wolwe huil — met almal saampraat. W Wors in ‘n hondestal soek — iets soek waar jy dit nie sal kry nie. Voor op die wa wees — vrypostig wees. Om die waarheid te sê, moet ek lieg — ek kan werklik nie met sekerheid sê nie. Van jou wysie af raak — gek word. Y Die kop bo water hou — net nie ten onder gaan nie, net lewe. Gods water oor Gods akker laat loop — sake hulle loop laat neem. Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol) — gesê van iemand wat baie praat, maar min doen. 1. Die ys breek — ‘n begin maak met ‘n lastige saak. Smee die yster terwyl dit warm is — benut die geleentheid solank daar nog geesdrif is (byvoorbeeld deur gou jou bankbestuurder vir ‘n lening te vra nadat jy hom oortuig het dat jy ‘n goeie sakeplan het). Terme 2. voormaligevorige/eertydse emeritus afgetrede bv. Biskop Desmond Tutu postuum na sy dood biografie Jou lewensbeskrywing deur ‗n ander persoon. outobiografie -‗n Beskrywing van jou lewe deur jouself kandidaat iemand wat aansoek doen om ‗n betrekking/vir ‗n onderskeiding of ‗n pos/ aanmeld vir verwerwing van ‗n graad/ eksamen tipografie die manier van druk op ‗n bladsy of boek (druk van letters en sinne op ‗n bepaalde wyse) Tydperke dekade eeu millennium kwartaal termyn semester etmaal - 10 jaar 100 jaar 1000 jaar 3 maande (deel jaar in 4) 4 maande (deel jaar in 3) 6 maande (deel jaar in 2) 24 uur Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 86 3. Benaming vir mense Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 87 Lande en volke: Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 88 Spelling! 1. 5. 9. 13. 17. 21. 25. 29. 33. 37. 41. 45. 49. 53. 57. 61. 65. 69. 73. 77. 81. 85. 89. 93. 97. 101. 105. 109. 113. 117. 121. 125. 129. 133. 137. 141. 145. 149. 153. 157. 161. 165. 169. 173. 177. 181. 185. 189. 193. 197. 201. 205. 209. 213. 217. 221. 225. 229. 233. 237. aandagsoekery aanskoulik aartsvader addendum afgeknou afwesigheid akademie akrobate alleenheerskappy amateuragtig analiseer applikant asemrowende attributief baksteen beeldende bejaardes belasting berader besoedeling bevelvoerder bewysstuk bioskoop bloemlesing bodem bohaai botanies braille broodwinner bundel chaperone choreograaf crèche dagvaarding definisie demone dermatologie diagnose digtheidsbepaling direkteur disnis domastrant drempel droefheid drupsgewys dusver eenstemmigheid eetservies eilandjies eksklusiewe enorme epilepsie faksimilee feestema fenomenale figuur flamink foksterriër formaat frekwensie 2. 6. 10. 14. 18. 22. 26. 30. 34. 38. 42. 46. 50. 54. 58. 62. 66. 70. 74. 78. 82. 86. 90. 94. 98. 102. 106. 110. 114. 118. 122. 126. 130. 134. 138. 142. 146. 150. 154. 158. 162. 166. 170. 174. 178. 182. 186. 190. 194. 198. 202. 206. 210. 214. 218. 222. 226. 230. 234. 238. aandenking aanstaande abstrak adviseur afgeknyp agendas akkerbou aktueel allergie ambassadeur antibiotika arbeiders assessor baadjie baljaar beenstelsel bekostigbare beleggers bereikbaar besope bevryding bibliografie blaadjie blombedding boeiende bonussnitte botsinkie brigade bruidegom bybetaling chemikalieë chroniese cul-de-sac dahlia definitief demonstreer desimale diarree dinamiese dirigent dissipline doodgeëet drenkelinge droëvrugte duikweg dwarsdraad eenverdiepinghuis Egiptenare ekologie ekspressie ensiklopedie êrens farao feëverhaal fiasko fisioterapeut flinke fondament fotogenies frontlinie 3. 7. 11. 15. 19. 23. 27. 31. 35. 39. 43. 47. 51. 55. 59. 63. 67. 71. 75. 79. 83. 87. 91. 95. 99. 103. 107. 111. 115. 119. 123. 127. 131. 135. 139. 143. 147. 151. 155. 159. 163. 167. 171. 175. 179. 183. 187. 191. 195. 199. 203. 207. 211. 215. 219. 223. 227. 231. 235. 239. aangeklaagde aardkors absurd afdreig afgeskaf agentskap akkommodeer akwarium alternatiewe ambisieus aperitief aristokraat assuransie babbelkous bankrot befoeterd bekroonde België beskawing bespiegel bewaarder bibliotekaris blanko bloukraanvoël boepens boombas bottelary briljant buffet bygelowig chiffon cliché cum laude debatfees deftige departement desperaat dieetkunde dinee diskus doelbewus dooiemansdeur driedubbeld droombeelde dungesaai eendedammetjie eenvoudigste egosentries ekologies elfuur entoesiasties espresso fassinerend feitlik fiësta flambojante fluktueer fondsinsameling foyer fungus 4. 8. 12. 16. 20. 24. 28. 32. 36. 40. 44. 48. 52. 56. 60. 64. 68. 72. 76. 80. 84. 88. 92. 96. 100. 104. 108. 112. 116. 120. 124. 128. 132. 136. 140. 144. 148. 152. 156. 160. 164. 168. 172. 176. 180. 184. 188. 192. 196. 200. 204. 208. 212. 216. 220. 224. 228. 232. 236. 240. aangeleentheid aartappelskyfie adamspak affêre afrolmasjiene aggressief akoestiek albaster aluminium ammunisie apologie aromatiese atome bagasie beampte begeerte bekwaamheid belydenis beskerming besprekings bewonderaar bikini's blitstreffer bobotie boesemvriendin borskasse bouvallige brongoskoop buitewyke chaoties chirurg collage daarvandaan debuut dekodering deporteer dessertlepel digkuns diplomatiese disleksie doktersvoorskrif dooierig driftig droomwêreld duplikaat eensellige eerbiedwekkend eiendomsagent ekosisteem ellendig epidemie ewenaar feestelik feminis fietsryer flamenko fluoressent fopspeen Franschhoek funksiewisseling Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 89 241. 245. 249. 253. 257. 261. 265. 269. 273. 277. 281. 285. 289. 293. 297. 301. 305. 309. 313. 317. 321. 325. 329. 333. 337. 341. 345. 349. 353. 357. 361. 365. 369. 373. 377. 381. 385. 389. 393. 397. 401. 405. 409. 413. 417. 421. 425. 429. 433. 437. 441. 445. 449. 453. 457. 461. 465. 469. 473. 477. 481. 485. funksionering gassilinder gediagnoseer gehuggie gelatien geneesheer geproduseer gerusstel gespikkelde gevallestudie gimnastiek graansuier grammatika grondslagfase halfuur hawermout hidrologie historikus humor indekssyfer ingewande inspektrise instrukteur intern Italië kajuit karavaan klammigheid kneusing kommentator kongres konstruksionele konvensionele krammasjien televisiekameras kunstenares kwotas landboukundige leserskring likkewaan lipronding lugwaardinne maatreëls majesteit massavertoning meegesleur milieu mislukking monochroom motto nabootsing nêrens noodlot nydig offisier omnivoor onbarmhartig onderrigwenke onheilsprofesieë ontsmettingsmiddel onverskillig oorganklike 242. 246. 250. 254. 258. 262. 266. 270. 274. 278. 282. 286. 290. 294. 298. 302. 306. 310. 314. 318. 322. 326. 330. 334. 338. 342. 346. 350. 354. 358. 362. 366. 370. 374. 378. 382. 386. 390. 394. 398. 402. 406. 410. 414. 418. 422. 426. 430. 434. 438. 442. 446. 450. 454. 458. 462. 466. 470. 474. 478. 482. 486. fyngevoelig geaardheid gefassineerd geïsoleer gelikwideer geneesmiddels geredigeerde geslagsgelykheid gestimuleer gewelddadige goddeloser gradeplegtigheid grassnyer growwebrood handleiding hedendaagse hiëna homofoon hysbakke individu inisiatief inspirasie instrumentale invloedryke jaagduiwel kampeerders karnaval klassikale knyptang kompensasie konkreet konsultant koördineerders krammetjie kruidenier kwalifiseer kwotasie langtermyn leuenaar limosien logikus lukraak maatskappye manlikheid massering melodie militêre misterieus monoloë muishond naïef neutraal nooiens oase okkupasie omstandighede onbetaamlik ondersteun oninteressant ontvlam onwerklikheid oorloë 243. 247. 251. 255. 259. 263. 267. 271. 275. 279. 283. 287. 291. 295. 299. 303. 307. 311. 315. 319. 323. 327. 331. 335. 339. 343. 347. 351. 355. 359. 363. 367. 371. 375. 379. 383. 387. 391. 395. 399. 403. 407. 411. 415. 419. 423. 427. 431. 435. 439. 443. 447. 451. 455. 459. 463. 467. 471. 475. 479. 483. 487. galop gebaseer gegiggel gekontroleer gemeentelid genetikus gerehabiliteer geslypte gesuiwerde gewildheid goedgekeur grafiese griepepidemie gruwelike hanteerbaarheid herbouing hipnose homogeen ideografie inflasie inligtingsburo instandhouding intellektuele irrelevante jubileer kangaroes kassier kleedkamer Knysna komponis konnotasies kontaminasie korrespondent kredietkaart kruisverwysing kwinkslae laasgenoemde legendes lewenskrag Limpopo loodgieter maaltyd Madagaskar mannetjie matrone memorandum minderjarige mitologie monopolie munisipaliteit nasalering Nieu-Seeland norm observator oktawe omwenteling onbetroubaar onderwyssektor ontdek ontwerper ooievare oorskiet 244. 248. 252. 256. 260. 264. 268. 272. 276. 280. 284. 288. 292. 296. 300. 304. 308. 312. 316. 320. 324. 328. 332. 336. 340. 344. 348. 352. 356. 360. 364. 368. 372. 376. 380. 384. 388. 392. 396. 400. 404. 408. 412. 416. 420. 424. 428. 432. 436. 440. 444. 448. 452. 456. 460. 464. 468. 472. 476. 480. 484. 488. gasomhulsel geblokkeer gehoorverlies gelamineer gemeubileerde genotvolle gerestoureer gesofistikeerde getuigskrif gewillig goewerneur grafsteen groeiende gunsteling Hartebeespoortdam hervorming hipnotisme hoofgeregte impulsiewe infrastruktuur insiggewende instituut intensiewe isoleer Judas kaperjolle Keetmanshoop kliënte kollewyntjies konflikhantering konserwatief kontinent kragmeting krematorium krygsraad kwistige laboratorium lekkertjie liggeraak lippediens lugdruk maandlange magnesium manuskrip medelydend mikrofoon miniromp monnik monumentale museum Nederlanders niksseggend nousluitende obsessie Olimpiese onakkuraat onderafdeling onheilsame ontmoedigend onvermydelik oordrywing oorspronklik Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 90 489. 493. 497. 501. 505. 509. 513. 517. 521. 525. 529. 533. 537. 541. 545. 549. 553. 557. 561. 565. 569. 573. 577. 581. 585. 589. 593. 597. 601. 605. 609. 613. 617. 621. 625. 629. 633. 637. 641. 645. 649. 653. 657. 661. 665. 669. 673. 677. 681. 685. 689. 693. 697. 701. 705. 709. 713. oortredings operas opposisiepartye opstygplek oudit outydse patoloë petisie podium potensiële profyt puik rampspoedige reëndruppels regsbeginsels resessie ribbetjie rivierbedding romanskrywer safari selfdissipline seremonie sienswyse simplekse siviele spekulering skending skroomvallige sleutelmaker snelheidsgrens sorgbehoewend speurders spoorwaens standvastige stigma strategieë suiwerheid talentvolle tenderprosedures terroris tiran toerusting trauma triomf tuinier twyfelagtig uitdunne uitstallings vakansiegangers vandalistiese verbeelding verkeerstekens vermelding verregaande verstelling vertrekkie viool 490. 494. 498. 502. 506. 510. 514. 518. 522. 526. 530. 534. 538. 542. 546. 550. 554. 558. 562. 566. 570. 574. 578. 582. 586. 590. 594. 598. 602. 606. 610. 614. 618. 622. 626. 630. 634. 638. 642. 646. 650. 654. 658. 662. 666. 670. 674. 678. 682. 686. 690. 694. 698. 702. 706. 710. 714. opbrengs opgedaag opportunis oseaan outokrasie paaiemente patryse pitjies politikus predikant propaganda puree rangskikking referendum reklame residensie riolering roeiboot roofaanval saluut selfstandige sersant-majoor sigarette sinode sjimpansee skeidsregter skeptiese skryftake smeulende snippertjies spanbestuurder spioen sprankelende statistiek stigting struweling suspisie tango teologie tersiêre toeganklik tonikum tregter troeteldier tuisteskepper tydrowende uitgewer uitstalrak vakbond vantevore vereniging verkiesbaar vernaamste versinnebeelding verteenwoordiger vertroulik visioen 491. 495. 499. 503. 507. 511. 515. 519. 523. 527. 531. 535. 539. 543. 547. 551. 555. 559. 563. 567. 571. 575. 579. 583. 587. 591. 595. 599. 603. 607. 611. 615. 619. 623. 627. 631. 635. 639. 643. 647. 651. 655. 659. 663. 667. 671. 675. 679. 683. 687. 691. 695. 699. 703. 707. 711. 715. opdraand opgeruimd opsioneel oudergewoonte outomaties parasiet pawiljoen plagiaat pornografie pretensieuse prysuitdeling raadgewers redigering reghoekige relatief resolusie ritssluiter rolprentbedryf rosyntjies sandaal sensasionele sertifikaat sikspens sinskonstruksie sjokolade skematiese skrander skrynwerker smoorkwaad sodanig spanning spitsberaad spyseniering stetoskoop stipulasie studeerkamer swaarmoedigheid taxidrywer terminus teruggetrokke toejuiging trampolien treurspel trompetter tussenwerpsel Uganda uitmuntende uittreksels valutamark veelvraat vergunning verkleurmannetjie veronreg verslaggewer vertolking verwarrend visioenêre 492. 496. 500. 504. 508. 512. 516. 520. 524. 528. 532. 536. 540. 544. 548. 552. 556. 560. 564. 568. 572. 576. 580. 584. 588. 592. 596. 600. 604. 608. 612. 616. 620. 624. 628. 632. 636. 640. 644. 648. 652. 656. 660. 664. 668. 672. 676. 680. 684. 688. 692. 696. 700. 704. 708. 712. openbaring oppervlak opskudding oudhede outopsie paroniem permanente platform porselein produseer publisiteit radiostasie reduksie register republiek restaurant ritueel rolprentstel rubriek seiljag sensitief sielsgelukkig silinder sintuie skaduwees skemerkelkie skroefdeksel skulderkenning smullekker somberheid spelleiding sponsrubber stalletjies stewels stokery substansie sweefbrug teleskopiese terneergedruk tesourier toekomende trapsuutjies triljoen tuberkulose twyfel uitbreiding uitspattige unieke vandalisme vegetariër verkeersreëls verlegging verraderlik versnapering vertraging verweerder Saamgestel en verwerk: E Smit 2013 91