Uploaded by Zanel Bindeman

Aanvaarding kan trots en eenheid bevorder in die samelewing

advertisement
EDCC514A
Zanél Bindeman
29877709
0660696501
zanelbin@gmail.com
Aanvaarding kan trots en eenheid bevorder in die samelewing
Inleiding
“ Be a free thinker and don’t accept everything you hear as truth. Be critical and evaluate what you
believe in.” – Aristole
Alledaags moet ‘n persoon eers dink voor enige waarheid geheg word aan wat gehoor word, dit kan
aansienlik maklik wees om enige iets wat enige iemand se te glo wanneer jy nie genoegsame tyd aan
dink toeken nie.
Kritiese denke, logiese ontleding, noukeurige leeswerk en duidelike skryf is eienskappe wat filosofie
ons leer. Die belangrikheid van die menslike gemeenskap en die plek van die gemeenskap in die heelal
word deur Afrika Filosofie beklemtoon (Higgs & Smith, 2015:55).
In hierdie opstel sal ek die stelling wat Steven Biko gemaak het rakende hoe God swart mense geskape
het (Biko, 2017) evalueer met betrekking tot Afrika Filosofie. Ek poog om duidelikheid te gee, deur
Ubuntu, dat swart bewussyn nie slegs toon dat blankes boos was teenoor swart mense nie, maar dat
swart mense bewus moet word dat daar soveel meer bereik kan word wanneer hulle trots is op hulself
en eenheid vorm met die res van die gemeenskap. Laastens word ‘n assessering van Biko se woorde vir
die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel in die 21ste eeu aangebied.
Ek poog om die impak wat Afrika Filosofie asook Ubuntu op die gemeenskap het om as een saam te
werk uit te beeld.
Afrika Filosofie
In Genesis 1:27 staan dat God die mense geskape het na sy beeld (Bybel, 1953), nie wit mense of swart
mense nie, eenvoudig, mense. Om swart te wees is nie ‘n fout of ‘n afwyking nie. Dus stem ek saam
met Steven Biko (Biko, 2017) dat God doelbewus swart mense geskape het soos wat hulle lyk. Afrika
Filosofie is, volgens Higgs & Smith (2015:51), die reaksie op probleme van Afrika en die oorheersing
van Westerse denke. Afrika denke plaas die gemeenskap as die middelpunt van die lewe (Higgs &
Smith, 2015:53). Die swart bewussyn beweging word gefokus op net die nie-blankes en beweer dat wit
mense sleg optree teenoor swart mense, maar tog poog dit daarin om aan die einde ‘n eenheid te vorm
met almal. Volgens Biko is om swart te wees nie ‘n saak van pigmentasie nie, maar eerder ‘n refleksie
van geestelike houding (Biko, 2017). Houding hang van persoon tot persoon af. Elke swart individu
moet besluit of hy in die skaduwee van blankes gaan woon of om eerder trots te wees op hoe hy geskape
is en sy uitkyk op die lewe verander om so dan deel te wees van een groot gemeenskap om eenheid te
vorm.
1
EDCC514A
Zanél Bindeman
29877709
0660696501
zanelbin@gmail.com
Om eenheid te vorm deur Ubuntu
Die toewyding om in vrede saam te bestaan te spyte van verskillende menings en is ‘n voorbeeld van
Ubuntu (Higgs & Smith, 2015:54). Om in harmonie saam te lewe as een gemeenskap is die mylpaal
wat bereik moet word. Die poging om nuwe trots in die swart gemeenskap te kweek, by hulle
waardestelsel voeg, hulle pogings verhoog, hulle kultuur asook godsdiens te trotseer en die uitkyk op
die lewe te verbeter (Bantu, 2017), sal die vorming van een gemeenskap ondersteun. Wanneer swart
persone aanvaar dat hulle swart is word daar reeds in die rigting van bevryding beweeg, maar
Hirshmann (1990:4) maak dit duidelik dat indien swart mense ras diskriminasie wil bestry en oorkom
moet hulle eers die betekenis van swart wees beoordeel en dit ordentlik verstaan.
Swart mense kan al die bogenoemde pogings bekom wanneer hulle in samewerking tree met die
gemeenskap. Afrikane glo dat ‘n persoon, ‘n persoon is, deur ander persone (Tutu, 1999). Ons het
mekaar nodig om te gevorm te word in die mens waartoe ons strewe om te wees.
Assesering van Biko se woorde
Biko se woorde het volgens my ‘n groot impak op die onderwysstelsel van Suid-Afrika in die 21ste eeu
omrede dit beklemtoon dat lewende wesens moet aanvaar hoe God hulle geskape het en eerder meer
aandag moet verg aan die groei van hulle morele stelsel, kultuur, trots ensovoorts. Om as ‘n eenheid te
werk om leerders almal op gelyke vlak te onderrig en nie net sommige bevoorregte kinders nie is ook
‘n afleiding wat gemaak kan word. Verskillende rasse se kultuur en godsdiens kan gekombineer word
om leerders op te voed.
Daar is duidelik groot konflik tussen rasse. In die artikel ‘Black Development’ lees ek dat die wit ras
aan bewind was en die swart ras geen mag gehad het nie (Ndebele, 1972). Biko maak dit duidelik dat
enige persoon, maak nie saak watter ras, ‘n impak op die samelewing kan hê indien hy kies om nie oor
te geen aan die stereotipering van die swart mense wat as slegte mense gesien word nie. Rassisme kan
geëlimineer word wanneer swart mense poog om met meer trots te lewe.
Gevolgtrekking
Biko se stelling bring tot gevolg dat swart mense ‘n groot verskil maak in die samelewing indien hulle
besluit om te aanvaar dat hulle vel kleur die manier is van hoe hulle geskape is. Hulle moet weet dat
God elke mens tot sy beeld gevorm het en dat dit geen fout is dat hulle swart is nie. Hierdie aanvaarding
sal dan trots en eenheid bevorder in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
2
EDCC514A
Zanél Bindeman
29877709
0660696501
zanelbin@gmail.com
Mense kan mekaar vorm wanneer hulle in harmonie met mekaar saam leef en dus, wanneer swarte
mense die bogenoemde aanvaarding ondergaan het kan hulle baie bydrae tot hierdie vorming en soos
gestel deur Higgs & Smith (2015:54) kan dit bydrae tot die welstand en geluk van mense.
Bibliografie
Biko, B., 2017. The Definition Of Black Conciusness by Bantu Stephen Biko | The Chimurenga Chronic.
[online] The Chimurenga Chronic. [accesed 24 March 2021]
Bybel, 1953. Die bybel. 1933/1953 Afrikaanse vertaling. Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Higgs, P & Smith, J. 2015. Rethinking ou word. Juta: Cape Town, pp 51-55 [accessed on 22 March
2021]
Hirschmann, David. “The Black Conciousness Movement in South Africa.” The Journal of Modern
African Studies, vol 28, no1, 1990, pp. 4 [accessed 2 April]
Ndebele, N., Black View Point – Black Development by Njabulo Ndebele | South African History Online
[online] [accessed 3 April]
Tutu, D. 1999. No future without forgiveness. New York, NY: Doubleday. [accessed 3 April]
3
EDCC514A
Zanél Bindeman
29877709
0660696501
zanelbin@gmail.com
4
EDCC514A
Zanél Bindeman
29877709
0660696501
zanelbin@gmail.com
5
Download