Uploaded by Mosbey1 Bulls

Fiela se Kind Werkblad: Toneel 1 & 2 Analyse

advertisement
FIELA SE KIND – DIE DRAMA, DALENE MATTHEE
EERSTE BEDRYF: TONEEL 1 (bl. 42 -46)
Opsomming
Die toneel begin met ‘n woudtoneel. Die mis hang baie dig oor die hele Bos.
Elias praat hier met homself(monoloog) waarin hy ons meer van sy vrou en kinders vertel.
Wanneer Barta(sy vrou) op die toneel verskyn maak Elias dadelik asof hy baie besig is. Dit gee die
gehoor die idee dat hy baie lui en agterbaks of dan oneerlik is.
Willem kom sê vir Elias dat Lukas nie by die huis is nie. Elias stuur hom om by die bure te gaan kyk.
Tant Malie vertel van’n tante van haar wie se kind so weggeraak het. Dit berei die leser/gehoor voor
op die ergste wat moontlik kan gebeur en bou so dramatiese spanning.
Tant Grietjie stel voor dat hulle die manne laat kom om hulle te help soek.
Hulle probeer uitvind wie Lukas laaste gesien het. Tant Malie vererger die situasie deur te noem dat
die mis baie dig is en dat die grootvoete in die omgewing besig is.
Die mans daag op om te help soek na Lukas.
Daar is ‘n tydsprong van 8 dae waarin hulle nog steeds nie vir Lukas gekry het nie.
Die konstabel noem die moontlikheid dat Lukas dalk dood kan wees.
Daar is nou ‘n tydsprong van 7 maande.
Die boswagter bring die nuus dat daar ‘n geraamtetjie langs die Gounarivier gekry is, maar dit kan
of die van ‘n kind of die van ‘n kleinerige kind wees.
VRAE
1. Hierdie toneel is deel van die eksposisiefasie van die drama. Wat is die funksie van die
eksposisie?
Die eksposisiefase gee die agtergrondinligting oor die milieu (ruimte) van die drama en die
belangrikste karakters word bekend gestel aan die leser.
2. In Elias se eerste spreekbeurt (sy gedagtes) sien die leser wat Elias se lewensbeskouing
(lewensfilosofie) is. Watter twee AFLEIDINGS (CONCLUSIONS) kan jy uit Elias se
lewensbeskouing maak? Motiveer jou afleidings.
Elias is baie lui “Jy het net een lyf en dit moet baie lank hou.” Hy werk nie baie hard nie.
Hy is is optimisisties, hy glo dat ‘n groot geluk hom sal tref dat hy baie geld kan maak.
3. “Wanneer hy Barta met die koffie hoor kom, gryp hy vining die handbyl en kyk aandagtig na
die steel.” (bl. 42). Hierdie handling van Elias bevestig (confirm) die vermoede dat hy lui
(lazy) is. VERDUIDELIK jou stelling.
Hy tel die handbyl op sodat Barta moet dink da thy werk, hy maak net (pretend) dat hy werk.
4. Wat makeer die kinders as Elias dink dat hulle aan die “snuif en hoes” (sniffing and coughing)
(bl.42) ly? Waardeur word dit veroorsaak (caused)?
Hulle het verkoue (cold), die dak lek en die huis is heeltyd klam (damp).
5. Noem TWEE dinge waaruit die leser reeds op bl. 42 kan aflei dat die Van Rooyens baie arm
(poor) is.
Elias weet nie hoe hy gaan sinkplate in die hande kry om die dak reg te maak nie en Barta
het nie skoene nie.
6. Elias oorweeg dit om Krisjan Smal se oudste seun te kry om hom te help om balke (beams)
te kap, maar hy besluit daarteen. Waarom?
Dan moet hy blyplek vir die seun gee, nog’n mond om te voer en hy wil nie sukkel nie.
7. Die leser sien reeds op die eerste bladsy dat Elias nie hoë morele waardes (values)het nie.
BESPREEK (DISCUSS) die stelling (statement).
Hy oorweeg om die olifante te skiet en hulle ivoor (ivory) op ‘n onwettige manier (illegal
manner) op die skepe (ships) te kry.
8. “Barta kom soos ‘n gedaante (apparition) uit die digte mis aan” (bl.43) .Wat is die FUNKSIE
van die digte (thick) mis (fog)?
Dit skep spanning (tension) en voorspel onheil (detriment).
9. Watter storie vertel Tant Malie? Verduidelik waarom Tant Malie as ‘n doemprofeet gesien kan
word?
Sy vertel van die jong seun wat verdwaal (lost) het en verluim (froze) het toe hy vuurhout
gaan soek het. Dit is moontlik wat met Lukas ook gebeur het en dit ontstel vir Barta.
10. Watter ander storie vertel Tant Malie op bl. 45? Wat is die funksie van hierdie twee stories
van vraag 9?
Sy vertel ook van Flip Lourens wat so in die dik mis weggeraak het en hulle het hom nooit
weer gevind nie. Dit skep spanning.
11. Wat is die Grootvoete?
Die olifante.
12. Tot watter GEVOLGTREKKING (CONCLUSION) kom die Konstabel op die agste dag van
die soektog?
Die kind kan nie meer leef nie.
13. Watter TIPE VERTELLER is “DIE STEM OP BAND” (bl. 45,46)?
Derderpersoonsverteller/Alomteenwoordige verteller.
14. Barta, Sofie en Malie is “in lanfer geklee” (bl. 46). Wat beteken dit?
Hulle het swart klere aan en is in rou (mourning)
15. Sewe maande na Lukas se verdwyning het die boswagter kom sê dat hulle die geraamte
(skeleton) van ‘n kleinerige kind na die reën gekry het. Kan ‘n mense met sekerheid (certainty)
sê dit was Lukas? Motiveer jou antwoord.
Nee, dit kan ook ‘n bobbejaan se geraamte wees.
SKRYF EN AANBIED
SA 1: OPSOMMING. Lees bl. 18 en 19 van jou leesboek “ Fiela se kind’ aandagtig deur. Som die
gedeelte oor SIMBOLE op in sewe punte onder mekaar. Jou Opsomming mag nie meer as 70
woorde wees nie. Onthou om beplanning en redigering te doen.
 Die Lange Kloof is ‘n barre en harde wêreld, maar oop en ruim en is ‘n teken van Fiela en
haar gesin se lewenswyse, gelowig en hardwerkend.
 Die Bos is ‘n teken van Elias se sukkelende, lui Elias en sy familie.
 Die Lange Kloof is ‘n plek van liefde en beskerming.
 Die Bos ‘n ‘n plek van hartseer ne mishandeling en is liefdeloos.
 Nina se botteltjies word teken van haar drome en later haar drang van ontvlugting uit die Bos.
 As Nina die bottels begrawe is sy klaar met die Bos en die dinge van’n kind.
 Benjaming se dubbele naam is ‘n simbool van sy verwarring en identiteitskrisis en sy gevoel
vir Nina.
SA 2: OPSOMMING. Lees bl. 19 en 20 van jou leesboek “Fiela se kind” aandagtig deur. Som die
Eerste bedryf se eksposisiegedeelte op in sewe punte onder mekaar. Jou Opsomming mag nie
meer as 70 woorde wees nie. Onthou om beplanning en redigering te doen.
 Die Bos is dig van die mis en alles is klam.
 Die kinders is chronies siek en hulle sukkel met ‘n vuur om die kos gaar te kry en dit is duidelik
hulle is armoedig.
 Dit is duidelik Elias is lui en beplan hoe om maklik geld te maak.
 Fiela Komoetie se plaas is in Lange Kloof en die kinders jaag die volstruise aan en is vrolik.
 Fiela is optimisties en haar sterk persoonlikheid is opvallend .
 Die onherbergsame ruimte van die Lange Kloof word verder uitgelig.
EERSTE BEDRYF: TONEEL 2 (bl. 46-57)
Opsomming.
Ons ontmoet Fiela Komoetie en haar gesin: haar man Selling en die kinders – Kittie, Dawid, Tollie,
Emma en Benjamin. Hulle is ‘n trotste kleurlinggesin wat onder andere met volstruise boer. Hulle
plant mielies en groente en het ‘n paar skape en ‘n melkbok. Hulle tap ook aalwyne vir sap. Fiela
beit die grond waarop hulle woon en boer. Hulle is ‘n gesing met hoë morele waardes en Fiela en
die kinders is geletterd (kan lees en skryf). Twee sensusbeamptes kom na die plaas toe en Fiela is
dadelik senuweeagtig en probeer vir so lank as moontlik om Benjamin se herkoms te verskuil, want
hy is wit en hulle is bruin.
Ons hoor deurgaans haar gedagtes op band wat vir ons ‘n idee gee van haar innerlike konflik.
Wanneer Benjamin op die toneel kom kan die waarheid nie langer weggesteek word nie, en die
beamptes lei af dat die vermiste Lukas is. Hulle verlaat die plaas Wolwekraal om die saak uit te
sorter, maar Fiela hoor vir maande nie van hulle nie.
VRAE
1. Die eerste gedeelte van hierdie toneel is steeds deel van die EKSPOSISIEFASE. Wat is die
funksie hiervan?
Dit stel die leser bekend aan die tweede ruimte (setting) waarin die drama afspeel nl. die
Lange Kloof. Die tweede gesin, die Komoeties word bekend gestel.
2. Wat LEI jy af van Benjamin se karakter wanneer Selling sê Benjamin is nie een vir “agter
draf” nie? (bl. 46).
Benjamin is ‘n gebore leier.
3. Dink Fiela dit is vreemd (strange) dat ‘n vreemde kar al heelweek in die Kloof rondry?
Motiveer jou antwoord.
Nee, sy dink dit is smouse (hawkers/sales men) wat volstruisvere en ander goed wil koop.
4. Hoe weet die leser dat Fiela ‘n baie lojale mens is?
Fiela sê hulle deel net met Rossinski (‘n smous).
5. Waarom kan die valk (falcon) wat skree (bl.46) gesien word as ‘n draer van onheil? Bespreek
volledig.
Valke van kuikens (chicklets) en soms lammers (lambs). Hulle het reeds die vorige dag Fiela
se mooiste kuiken gevang. Dit kan dui dat onheil (evil) Fiela se gesin (family) gaan tref.
Heelmoontlik Benjamin – haar hanskind.
6. Wat is die FUNKSIE van die gedeelte op bladsy 47 waar Fiela se stem op band praat?
BESPREEK volledig.
Dit gee agtergrondinligting (background) oor hoe dit in die Lange Kloof lyk teenoor die Bos,
inligting oor Fiela en Selling.
7. Wat is die plaas se naam en waar is dit geleë?
Wolwekraal, die Lange Kloof.
8. Met wat boer die Komoeties? (Bl. 51)
Koring, mielies, groente, skape en ‘n melkbok.
9. In Fiela se monoloog kom die kontras tussen die seekant van die berg en die kloofkant
duidelik na vore. Lys die verskille tussen die seekant en die kloofkant.
Die Seekant: Welige (lush) plantegroei(bos), dit reën baie en mense maak ‘n bestaan uit
bosbou. Die Kloofkant: Die grond (soil) is minder vrugbaar, dit reën baie minder en die mense
maak ‘n bestaan ui volstruise, dasvelle en aalwyne (aloe).
10. Hoe weet ons dat Selling sieklik is en nie meer hard kan werk nie?
Fiela sê : “Veel is Seling nie meer nie, die swakte het hom ingeneem,…”
11. Noem die verskille tussen Fiela en Elias.
Fiela is hardwerkend, gelowig en lief vir haar kinders. Elias is lui, lae morele waardes en
mishandel (abuse) sy kinders en is liefdeloos.
12. Noem die verskille tussen Fiela en Selling.
Fiela is sterk,gesond en die matriarg. Selling is sieklik, swak en doen wat Fiela sê.
13. Waarom het Fiela spesiaal ‘n volstruiswyfie gekoop om by die volstruismannetjie (Skopper)
te sit.
Sy wil met die volstruise broei (breed) om geld te maak om grond te koop.
14. Wat is die MOTORIESE MOMENT van die drama?
Die aankoms van die twee mans (sensusmanne) op die perdekar.
15. Waarom besoek Lange en Dikke Fiela-hulle?
Hulle doen ‘n sensusopname.
16. Die ONTWIKKELINGS-VERWIKKELINGSFASE (DEVELOPMENTAL PHASE ) word ingelei
deur erge spanning (tension). HAAL die sin aan op bl.49 om die stelling te ondersteun.
“Fiela(met ‘n doodskrik wat deur haar skiet)”
17. Waarom praat die sensusmanne neerhalend (derogative) met Fiela en Selling en van wat is
dit ‘n voorbeeld?
Omdat Fiela en Selling bruin mense is (hulle dink hulle is ongeleerd), dit is ‘n voorbeeld van
vooroordeel (prejudice).
18. Fiela se “doodskrik” (bl. 49) het iets met die kinders te doen. BESPREEK hierdie stelling
volledig.
Sy wil nie hê die sensusmanne moet die kinders sien nie ,want sy weet daar sal probleme
wees as hulle sien dat Benjamin wit is.
19. Waardeur word die SPANNING verhoog? Noem vier dinge.
Fiela bid (pray) dat die kinders van die huis af wegbly en sy word al hoe banger as die Lange
vra hoeveel kinders hulle het. Wanneer Fiela maak asof sy Benjamin se geboortedag in die
Bybel lees, wonder die leser wat aangaan. Dan verskyn Benjamin op die toneel en die bom
bars. Hy is wit en hulle is bruin.
20. Verduidelik wat die term “hanslam” beteken.
‘n Hanslam is lam wie se ma (‘n ooi) hom weggegooi het. Benjamin is ‘n weggooikind wat
deur Fiela groot gemaak word.
21. Watter stappe het Fiela geneem toe Benjamin by hulle opgedaag het om dit te aan te meld?
Petrus Zondagh was by die see en onbereikbaar. Fiela het die veldkornet gaan soek, maar
hy was weg Dugas toe agter skaapdiewe aan. Toe sy hom weer gaan soek was hy by ‘n
begrafnis en Haarlem. Hulle het nog nie ‘n magistraat gehad nie.
22. “Die kind wou toe nie meer van my rok af nie” (bl.53). Wat beteken die stelling?
Benjaming was geheg (attached) aan haar en wou haar nie los nie.
23. Aan watter ander gebeurtenis herinner die Dikke toe Fiela sê dat Benjamin nege jaar gelede
by hulle opgedaag het?
Die verdwyning van Lukas van Rooyen 9 jaar gelede (ago).
24. Fiela sê vir Dikke “ Nou probeer jy visvang in ‘n emmer”( Bl. 54). Wat beteken die uitdrukking?
Hy soek iets wat nie daar is nie.
25. Gee twee redes waarom Fiela sê dis onmoontlik vir Benjamin om Lukas Van Rooyen te
wees?
Dis onmoontlik vir ‘n drie-jarige om alleen van die Bos af, oor die berge te loop (te gevaarlik).
Hy was skoon en netjies toe sy hom gevind het.
26. Waarom sê Fiela dat sy nie die kind se ma probeer vind het nie?
As ‘n ooi haar lam weggegooi het draai sy nie om nie. ‘n Ma wat haar kind weggooi sal nie
terugkom vir die kind nie.
27. Hoe word TYDSVERLOOP in hierdie toneel aangedui?
Fiela se stem op band vertel hoe die maande verbygaan.
28. Waarom wil Fiela nie toelaat dat Benjamin saam met die ander kinders veld toe gaan nie?
Sy wil hom beskerm indien die sensusmanne dalk terugkom.
29. Waarom wil Fiela met volstruise broei (breed)?
Sy wil geld maak om nog grond te koop.
30. Hoekom is dit opwindend dat die volstruiswyfie (Pollie) begin dans het?
Dit is goeie nuus vir die Komoeties want die beteken die volstruise gaan paar.
EERSTE BEDRYF: TONEEL 3 (BL. 57-59)
Opsomming
Die derde toneel speel weer af by die Van Rooyens se huis. Ons leer da Elias probeer het om ‘n
strik vir die olifante te stel. Hy het die boom só gekap dat die olifante by die afgrond sal afval as
hulle teen die boom druk. Die olifante het hom gejaag en amper doodgetrap. Die boswagter bring
vir hulle die nuus dat Lukas moontlik gevind is.
Vrae
1. Wat word bedoel met die woord “grootvoete”?Wat vertel dit vir ons van die Bosmense?
Dit is die olifante. Hulle is bygelowig (superstitious) en wil nie hulle regte naam gebruik nie,
want hulle dink dit roep die olifante om hulle te kom trap.
2. Dink jy dat Elias sy verdiende loon gekry het toe die olifante hom gejaag het? Motiveer jou
antwoord.
Ja, hy wou die olifante doodmaak vir hulle tande (tusks) .
3. Wat moes Elias alles neergooi?
Die handsaag, osrieme, kortsaag en die komberse.
4. Barta is baie ontsteld oor die kombers wat Elias moes agterlaat. Wat sê dit van die Van
Rooyens se sosiale stand?
Hulle is arm en daar is nie geld vir nuwes nie.
5. Op bl. 58 sê Nina dat hulle nie so moet raas nie, want hulle sal die uil op die dak wegjaag.
Waarom sê Barta dat sy die uil moet wegjaag?
Barta (soos al die Bosmense) is baie bygelowig en glo dat as ‘n uil op jou dak sit, dit onheil
(evil/bad omen) vir jou bring.
6. Waarom skrik Elias toe hy die Boswagter sien?
Hy dink dat die Boswagter gehoor het hy het ‘n strik (trap) vir die olifante gestel en hy weet
hy mag nie olifante doodmaak nie.
7. Lees Elias se eerste spreekbeurt aan die Boswagter weer versigtig. Wat kan ons van sy
karakter aflei uit hierdie stuk uit?
Hy is pateties. Hy is bereid om voor die Boswagter te kruip net om nie in die moelikheid te
kom nie.
8. Watter nuus bring die Boswagter vir die van Rooyens?
Dat Lukas moontlik gevind is.
9. Elias sê op bl. 59: “Meneer, jy praat ‘n ding wat my kop nie wil vat nie, ek sit bedol.” Wat
bedoel Elias met hierdie woorde?
Hy kan dit nie glo (believe) en verwerk dat Lukas moontlik nog lewe nie.
EERSTE BEDRYF: TONEEL 4 (BL. 57 – 66)
Opsomming
Die sensusmanne keer terug om vir Fiela die nuus te gee. Hulle sal Benjamin die volgende dag
Knysna toe vat om voor die magistraat te verskyn. Uit Fiela se stem op band lei ons af dat sy baie
innerlike konflik beleef. Uiteindelik besluit sy dat dit die regte ding is om Benjamin Knysna toe te
stuur. Terwyl sy hom was, berei Fiela vir Benjamin voor om die magistraat se vrae te beantwoord
en sy maak hom netjies; sy herinner hom ook aan sy maniere. Dit is duidelik dat sowel Fiela as
Benjamin bang is vir wat sal gebeur, maar Fiela glo vas dat Benjamin sal terugkom.
Vrae
1. Waarom tap Fiela-hulle die aalwyne (aalwee)?
Hulle kan die aalwynsap(aloe juice) verkoop.
2. Ons hoor twee ander randkarakters in hierdie toneel. Wie is hulle?
Miss Baby Stewart en Antie Maria.
3. Wanneer Selling op die toneel verskryn, staan daar in die toneelaanwysing “Lyk ellendig”.
Selling sê ook: “Die wêreld draai vanmôre met my.” (Bl. 60). Wat makeer Selling?
Hy voel duiselig.
4. Dink jy Fiela het simpatie met Selling se toestand (condition)? Motiveer jou antwoord
Nee, sy gee vir hom medisyne om te drink en sê wat hy alles moet gaan doen.
5. Watter nuus bring Lange en Dikke vir Fiela-hulle?
Mister Goldsbury (die magistraat) wil Benjamin Vrydag sien en hulle (Die Lange en die Dikke)
moet die kind vir hom vat.
6. Hoe troef (outsmart) Fiela vir die Lange op bl. 61 wanneer hy sê dit sal te lank vir Fiela vat
om met Benjamin Knysna toe te stap? BESPREEL (DISCUSS) volledig.
Die vorige keer het hulle geglo dat dat ‘n kind van drie jaar oud oor die berg kan stap. Nou
dink hulled at ‘n kind van 12 jaar dit nie kan doen nie. Dit bewys dat Lukas nie Benjamin kan
wees nie, maar hulle luister nie na Fiela nie.
7. Die Van Rooyens word gevra om Knysna toe te gaan om die magistraat te sien in toneel
3.Hoe staan dit in kontras met hoe Fiela behandel word deur die regering(government)?
Fiela word gesê om weg te bly (weens haar velkleur) en kry dus nooit ‘n kans om haar kant
van die storie te vertel nie.
8. Alhoewel Fiela nie vir Benjamin saam neem kerk toe, of saam met die kinders skool toe stuur
nie, maak sy wel seker dat hy ‘n goeie opvoeding (education) kry. VERDUIDELIK die stelling.
Fiela leer self vir Benjamin van die Here. Sy leer ook vir Benjamin lees en skryf. Tollie en
Dawid leer elke dag vir Benjamin wat hulle by die skool geleer het. Twee middae ‘n week leer
Miss Baby Stewart hom somme (wiskunde).
9. Tot watter BESLUIT (DESCISION) kom Fiela na baie innerlike konflik?
Sy sal vir Benjamin Knysna toe stuur, want dit is die regte ding om te doen.
10. Hoe weet ons dat Fiela baie vertroue in haar medemens het? Noem TWEE dinge.
Sy glo die sensusmanne sal Saterdag vir Benjamin terugbring, want sy vertrou dat die
Magistraat sy woord sal hou. Sy glo ook dat die Magistraat sal insien dat Benjamin nie Lukas
is nie.
11. Waarvoor sal Benjamin hom nie hoef te skaam as hy in Knysna is nie?
Hy hoef hom nie te skaam da thy ‘n Komoetie is nie.
12. Hoe maak Fiela seker dat Benjamin ordentlik (descent) gaan lyk wanneer hy voor die
magistraat staan?
Sy stuur vir Dawid om vir Benjamin ‘n nuwe hemp en skoene te gaan koop. Sy maak sy beste
broek reg.
13. Wat sê Fiela vir Banjamin toe hy sê hy is bang?
Sy sê dat hy die bang (vrees) moet wegjaag.
14. Op bl. 64 is nog ‘n bewys dat Fiela baie gelowig (religious) is. HAAL (QOUTE) die sin aan.
“Die Here het jou aan Ma toebetrou”
15. Watter ander bewys (proof) stuur Fiela saam met Benjamin om te bewys dat hulle goed vir
Benjamin sorg.
Die vyf sjielings
16. Waarom dink Fiela dat haar hart sal gaan staan? (Bl. 66)
Dat Benjamin vir die Magistraat sal sê Selling was in die trunk.
LEES EN KYK – FIELA SE KIND DIE DRAMA
Som die tema asook die drie ruimtes wat in die drama voorkom deeglik op.
Die Tema in Fiela se kind is soos volg:
 Die mens se soeke na identiteit.
 Die samelewing se manier om kleuronderkseid te tref en geneigdheid om volgens
kleur te stereotipeer.
 Die mens se uitgelewerdheid aan magte wat sy lewe manipulee ren dit vir
hom moeilik maak om sy geluk te vind.
 Die magteloosheid van die mens teen die owerhede, magte of die noodlot wat
sy lewe bepaal.
Die drie ruimtes se simbole
In die Lange Kloof is Benjamin omring met die mense wat hom lief het.Hy is ‘n
Kind van die ooptes. Dis ‘n harde wêreld, maar oop en ruim en is ‘n teken van Fiela
En haar gesin se eerbare lewe met Christelike waardes wat hardwerkend is.
Die Bos: Die Bos is in kontras met Lange Kloof. Dit is vrugbaar en donker waar
Die sukkelende lui Elias en sy gesin woon. Die Bos word die beeld van die hoofKarakter se emosionele en geestelike vasgevangenheid. Hier is geen liefde nie en
Die kontras tussen lig (goed) en donker (kwaad) word duidelik.
Die See: Die see is die ruimte wat Lukas uit vrye wil betree en speel ‘n
Belangrike rol in sy ontwikkeling.Die see bied vir hom ‘n ruimte weg van sy
Verlede waar hy kan ontvlug en homself vind. Dit simobliseer sy vryheid.
Die tweede bedryf
TONEEL 1
IN DIE MAGISTRAAT SE KANTOOR
Woordeskat:
Kateder – cathedra
Wink – beckon
Begryp – understand
Ons is nie kaalgatte nie – We are not destitute
Twyfel – doubt
Herken – recognise
Vreemd – strange
Opsomming:
Benjamin is nou in Knysna by die magistraat se kantoor. Die magistraat kom in en vra hom
allehande vrae wat Benjamin presies antwoord soos wat Fiela hom geleer het. Barta kom in vir die
uitkenningsparade en sy wys Benjamin uit as Lukas.
Benjamin verstaan nie wat die implikasies hiervan is nie en die magistraat besluit dat hy dadelik
saam met die Van Rooyens terug Bos toe moet gaan.
Vrae en Antwoorde:
1. Wat is die milieu(setting for the scene)?
Die magistraatskantoor op Knysna.
2. Wat doen die magistraat toe hy binnekom(came in)?
Hy praat met Benjamin om hom gerus te stel.
3. Dink jy dit is reg dat Benjamin sonder sy grootmaakouers(parents that raised him) voor die
gereg verskyn? Antwoord JA of NEE en motiveer jou antwoord.
Nee, want hy is ’n minderjarige kind en hy verstaan nie grootmense se optrede nie.
17. Hoe reageer Benjamin wanneer die magistraat noem dat Barta hom as haar kind
Uitgeken(identified) het?
Hy is baie ontsteld en sê dat die bosvrou lieg.
4. Wat gebeur nou verder met Benjamin?
Hy moet saam met die bosvrou en haar man Bos toe gaan.
5. Verduidelik die uitdrukking, “Ons is nie kaalgatte nie”, in jou eie woorde.
Dit beteken dat die Komoeties nie arm is nie.
6. Wat suggereer(suggest) die magistraat se houding(attitude) en woorde aan Benjamin oor
sy universele waardes(values)?
Benjamin:”Baas, asseblief.
Magistraat:”Jy is ‘n wit kind en jy sal jou soos ‘n wit kind gedra.”
Hy is eintlik ook maar ’n rassis en dink dat blanke mense beter as bruin mense is.
18. Waarom, dink jy, tree(behaves) Benjamin byna irrasioneel op aan die einde van die besoek
aan die magistraat?
Hy verstaan nie werklik wat gebeur het nie en hy is ook bang.
TONEEL 2
DEEL 1: BENJAMIN AS LUKAS BY DIE VAN ROOYENS
Woordeskat:
Gedaan – tired
Ongeduldig – impatient
Verwilder – chase away
Hoekom is die kind so sonder tong? –Why does he not say anything?
Opsomming:
Lukas is saam met Barta en Elias oppad Bos toe. Hy praat nie met hulle nie.
Die bure en die res van die Van Rooyens wag vir hulle by die huis.
Tant Gertjie sê hy praat nie omdat hy moeg is. Die kinders probeer om aan hom te raak maar hy
skop na hulle. Almal noem hom nou Lukas.
Vrae en Antwoorde:
1.1
Bedoel Barta dit LETTERLIK of FIGUURLIK wanneer sy vra waarom Lukas sonder
(without) tong(tongue) is?
Sy bedoel dit figuurlik.
1.2
Wat beteken dit as iemand sonder tong is?
Dit beteken hy praat nie.
2.
Hoe vererger(aggravate) Elias Lukas se vrees(fear) en verwarring(confusion)?
Hy spreek hom as Lukas aan.
3.
Verduidelik hoekom Lukas nie by Elias en Barta sit nie.
Hy is nog vreemd vir hulle./Deur in hulle kring te sit, beteken hy het hulle as sy ouers
aanvaar en dit het hy nog nie gedoen nie.
4.
Wat eet hulle op pad(on their way) Bos toe?
Op pad Bos toe eet hulle die kos wat Fiela vir Benjamin ingepak het.
5.
Hoekom, volgens(according) tant Gertjie, is Lukas so stil?
Tant Gertjie dink Lukas is stil omdat hy moeg en vreemd is.
6.
Wat sou jy gedoen het as jy Lukas was en jy moet nou by die Van Rooyens in die Bos gaan
woon(live)?
Ek sou gehuil/weggehardloop het.
DEEL 2: LUKAS EN NINA
Woordeskat:
Bobbejaanboude – baboon haunches
Onbeskofte – rude
Nuk – mood
Ergerlik – irritated
Vertrou – trust
Spog – brag
Snipperig – cheeky
Neuk – bother
Benouder – more anxious
Agterdogtig – suspicious
Hy gaat jou kortvat – He is going to put a stop to your nonsense.
Opsomming:
Lukas sit buite die huis. Nina kom na hom toe en wil weet of hy ‘n geheim kan hou.
Sy nooi hom om saam met haar in die Bos te gaan en sê hy moet sy nonsens los anders gaan
Elias hom pak gee. Lukas hou vol dat hy nie hulle kind is nie.
Lukas vra Nina om vir hom die pad na die Lange Kloof te wys. Nina sê dat haar geheim op
dieselfde pad is. Lukas is bekommerd oor die grootvoete.
Lukas wil omdraai maar Nina hou net aan met loop. Hulle kom by die plek waar Nins al haar
botteltjies weggesteek het en sy maak vir Lukas musiek op die botteltjies.
Lukas sê dat hy haar 5 sjielings sal gee as sy vir hom die pad na die Lange Kloof sal wys. Hy laat
Nina sweer dat sy die pad vir hom die volgende dag sal wys.
Vrae en Antwoorde:
1.
Wie probeer om vriende met Lukas te wees?
Nina.
2
Verduidelik waarom dit juis Nina is wat vriende met hom probeer maak.
Hulle is min of meer dieselfde ouderdom.
3.
Wat wil Nina doen?
Sy wil haar geheim vir Lukas gaan wys.
4.
Hoekom wil Lukas nie saam met haar Bos toe gaan nie?
Hy wag vir Fiela om hom te kom haal.
5.
Watter inligting(information) gee Nina vir Lukas?
Lukas moet sy nonsens stop of hulle pa sal hom slaan.
6.
Wat moet Nina vir Lukas doen?
Sy moet hom die pad Lange Kloof toe wys.
7.
Waarom aanvaar (accept) Nina amper onmiddellik dat Lukas haar verlore broer is? Gee
TWEE moontlike redes(reasons)
Sy het gehoor Fiela is bruin en sy glo nie ’n bruin vrou kan ’n blanke kind hê nie en haar
ma het Benjamin dadelik as Lukas uitgeken.
8.
Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Gee slegs die
nommer en die antwoord.
Lukas noem vir Nina 8.1___________. Hy vra haar om hom die pad 8.2________ toe te
wys. Nina sê dat dit met die 8.3____________ is wat hy sal moet loop om daar uit te kom.
Lukas sê dis die pad wat deur die 8.4__________ en waarlangs hulle hom
8.5__________toe geneem het. Nina sê dit is 8.6__________ se pad.
8.1 meisiekind
8.2 Lange Kloof
8.3 hardepad
8.4 Bos loop
8.5 Knysna
8.6 Diepwalle
9.
Wat is Nina se geheim(secret)?
Sy steek vier botteltjies weg en maak musiek daarmee.
10.
Wat sal Lukas vir Nina gee(give) as sy vir hom die pad uit die Bos wys?
Vyf sjielings.
11.
Wat wil Nina met die geld koop?
’n Mondfluitjie/’n kombers koop.
12.
Verduidelik(explain) waarom jy met die stelling kan saamstem(agree).
Die bosbewoners is baie liggelowig.
Ja, want met die insident van die uil sê Barta dit bring net slegte nuus. Nina sê ook dat jy
nie die naam van die grootvoete noem nie, want anders sal hulle jou jaag.
13. Wat openbaar(reveal) Nina se stelling hieronder van haar karakter?
“Hulle sê sy’s bruin. Waar kan ‘n bruin mens ‘n wit kind hê?”
Sy wys haar onskuld asook die manier waarop sy grootgeword het, en net soos Benjamin
praat sy agter haar ouers aan.
DEEL 3: ELIAS, BARTA EN DIE KINDERS SE ROL
Woordeskat:
Tamteer – annoy, irritate
Leeglê – laze around, idle, loaf
Geskoffel – hoed
Dis in my vuur wat die kaiing lê – I have to deal with this problem.
Opsomming:
Elias besluit dat Lukas die volgende dag gaan begin om balke te saag om van sy nuk ontslae te
raak. Barta wil nie hê Elias moet aan Lukas slaan nie omdat die magistraat iemand gaan stuur om
te kom kyk hoe hy aanpas. Hulle sal in die moeilikheid kom as daar merke aan Lukas se lyf is.
Elias is egter vasbeslote dat hy Lukas gaan vasvat as hy nie gaan begin luister en sy nonsens los
nie.
Elias is kwaad omdat Lukas by bruin mense gebly het en die gewoonte het om wit mense “Baas”
te noem.
Lukas en Nina is weer in die Bos. Elias wil hê Lukas moet met die werk help. Hy is ook kwaad vir
Barta omdat Nina nie in die huis werk nie en nie altyd in die Bos rondloop.
Barta sê Nina is te lief vir die Bos en daarom sal hulle haar nooit uit die Bos kan uithou nie.
Vrae en Antwoorde:
1.
Wat is die Van Rooyens se stapeldieet(staple diet)?
Patats.
2.
Waar wil Elias vir Lukas gebruik?
Hy moet leer balke saag.
3.
Hoekom wil Elias hom daar gebruik?
Elias wil vir Lukas gebruik sodat hy minder rebels of vol nonsens sal wees.
4.
Verduidelik wat dit beteken om “jou nuk uit te sweet”.
Jy moet ontslae raak van jou streke/nonsens deur harde werk.
5.
Hoekom moet Elias nie aan Lukas slaan(to give him a hiding) nie?
Die magistraat gaan hulle besoek om te hoor hoe dit met Lukas gaan,as hy merke op
Lukas sien kan daar moeilikheid wees.
6.
Verduidelik die metafoor in jou eie woorde.
“Elias: Dit is in my vuur waar die kaiing lê.”
Elias sal sy eie probleme uitsorteer, dit het niks met die magistraat te doen nie.
7.
Watter tipe pa is Elias?
Hy is ’n harde mens wat nie liefde vir sy kinders wys nie./Hy glo ook ’n pak slae sal alles
regmaak.
8.
Waarvoor, dink Elias, is sy kinders goed(good enough)?
Hulle is daar om hom te help geld inbring.
9.
Waar is Nina en Lukas?
In die Bos.
10.
Hoe verdedig(defend) Barta vir Nina?
Sy sê Nina het die vorige week hard gewerk.
11.
Watter karaktereienskap van Nina word deur die volgende aanhaling uitgebeeld?
“Jy sal haar nie uit die Bos kry nie.”
Sy is lief vir die Bos en sy is hardkoppig.
12.1
Watter TWEE dinge word met mekaar in die volgende aanhaling vergelyk(compare)?
Elias: “Ek sal haar vasmaak soos jy ’n wegloop-os vasmaak . .
Nina en die os.
12.2
Watter eienskap het die Nina en die os in gemeen(Have in common)?
Hulle is al twee hardkoppig en loop gedurig weg.
12.3
Is die vergelyking(simile) gepas? Antwoord JA of NEE en motiveer jou antwoord.
Ja, want dit gee ’n goeie beskrywing van Nina en haar hardkoppigheid.
DEEL 4: LUKAS PROBEER WEGLOOP
Woordeskat:
Neul – nag
Bondel – bundle
Tjap – stamp
Verskrikte – terrified
Maaksels – creatures
Lantern – lantern
Tevrede – satisfied
Moenie dat ek vandag tot kook kom nie. – Do not make me boil with anger.
Opsomming:
Elias roep Lukas en Nina terwyl Barta hom smeek om Lukas nie te slaan nie. Sy sal Nina vashou
sodat hy haar kan slaan maar hy moenie aan Lukas raak nie, Elias sê net vir Barta om nie in te
meng nie.
Nina en Lukas sal moet byl kap totdat hulle moeg is.Nina probeer om by die huis in te sluip
sonder dat Elias haar sien maar hy kry haar aan die hare beet. Nina erken later dat Lukas
weggeloop het en oppad is Lange Kloof toe.
Elias haal die osriem af en gaan soek na Lukas voordat dit te donker raak in die Bos.
Vrae en Antwoorde:
1.
Watter tipe ma en vrou is Barta volgens hierdie uittreksel?
Sy is ’n tragiese figuur./Sy kan nie standpunt inneem nie./Sy verdedig nooit haar kinders
nie. Sy is ’n swak, passiewe karakter./Sy is ’n volgeling – nie ’n leier nie.
2.
Verduidelik wat Elias bedoel wanneer hy die volgende sê:
“Barta, moenie dat ek vandag tot kook kom nie.”
Sy moet hom nie smoorkwaad maak nie. (Hy gaan sy humeur verloor)
3.
Hoe wil Elias vir Lukas en Nina straf? Gee TWEE feite.
Hy sal hulle ’n pak slae gee, en hulle sal bylkap tot hulle bly lê.
4.
Wat gebeur toe Nina tuiskom en wat is die gevolg daarvan?
Nina probeer ongesiens by die huis inglip. Elias sien haar en gryp haar aan die hare. Hy
soek Lukas. Nina sê hy het weggeloop en Elias gaan soek hom met die osriem.
5.
Waar is Lukas?
Hy het weggeloop.
6.
Verduidelik waarom Nina ‘n leuen aan haar pa vertel.
As haar pa weet dat sy vir Lukas die pad gewys het, sal hy haar pak gee.
7.
In watter rigting loop Lukas?
Diepwalle se kant.
8.
Hoe weet Elias dat Nina vir hom jok? Gee TWEE feite.
Sy stamel of hakkel en Lukas ken nie die Bos nie.
9.
Waarheen is Lukas oppad?
Lange Kloof.
10.
Wat doen Elias toe hy hoor Lukas is oppad Lange Kloof toe?
Hy kry die lantern en sy baadjie. Hy neem ook die osriem saam om Lukas te slaan en vas
te maak.
10.
Gee TWEE redes waarom Elias baie ontsteld is oor Lukas se besluit om weg te loop Lange
Kloof toe.
Hy sou ’n paar ekstra hande verloor en hy kan nie glo dat die kind bruin mense bo blanke
mense verkies nie.
Related documents
Download