Uploaded by Ilonka Poole

Krokodil

advertisement
KROKODIL (Johann de Lange)
Vir Ina Rousseau
1 Die krokodil hang
2
aan sy gemmer oë
3
van die watervlak
4
- oë van ʼn kat
5
vertikaal gekeep -
6
hang aan sy snoet
7
ʼn growwe stuk
8
boomstomp
9
die romp en pote
10
dryf roerloos
11
onder
12
roofdier
13
van die water
14
op wag
15
vir die wulp
16
of ekster
17
die vet kikvors
18
op die kaaimansblom
19
die bont rietpadda
20
met kwikbene
21
beweeg hy
22
dan trappel
23
die stert en pote
24
ʼn ligvoetse
25
onderwaterse ballet
26
op land
27
sy maag laag
28
teen die sand
29
krink sy hakke
30
in ʼn komieklike
31
lomp waggel
32
hy lê in die son
33
met sy bek oop
34
met sy antieke
35
tydlose gryns
36
om hom klik
37
en gons insekte
38
sy lê eenkant
39
haar eiers slu
40
in die grond
41
uitoorlê selfs
42
die sluwe maraboe
43
met sy snoeperige
44
snawel -
45
opgesnipper
46
en uitgeknip
47
gepoleer gepatroon
48
en fyn gestik
49
word hy iets ligs
50
oor ʼn voulike
51
skouer geglip
52
maak hy oop
53
en toe
54
om allerlei
55
kleinighede te sluk.
OPSOMMING
‘n Krokodil lê vreedsaam, maar wakker in die water op die uitkyk na prooi.
Hier, in die water, beweeg die krokodil grasieus. Wanneer dit egter uit op
die land beweeg, is die krokodil lomp en onhandig. Die wyfie verberg haar
eiers slim sodat voëls dit nie kan eet nie. In ʼn verrassende wending
verander die fokus van die natuur na die mens. Die krokodil is in stukke
opgesny en ʼn handsak is van die vel gemaak. Voorheen het die krokodil
se kake oop en toe gegaan om prooi te sluk; nou gaan die handsak oop en
toe om onbelangrike besittings te “sluk”.
SUMMARY
The poem describes a crocodile peacefully lying in the water, looking out for prey. In
the water she moves gracefully. When she gets out of the water and moves on land,
she is clumsy. The poem describes how she cunningly hides her eggs from preying
birds. In a sudden turnabout, the last verse moves away from nature: the crocodile
has been cut into pieces and made into a handbag. Whereas her jaws opened and
closed before to swallow her prey, the handbag now opens and closes in order to
“swallow” unimportant human possessions.
TEMA
Die tema van die gedig is die kommersiële uitbuiting (exploitation) van die natuur
deur die mens. Daarmee saam gaan die vernedering van die dier. In die natuur is
die krokodil ʼn gevreesde en geslepe (cunning) roofdier, maar hy kan hom nie teen
die mens verweer (defend) nie. Die krokodil word gereduseer (reduced) tot ʼn
handsak waarin “kleinighede” rondgedra word.
VRAE (33)
1.
2.
3.
4.
5.
6.
6.1
Watter dele van die krokodil is sigbaar bo die wateroppervlak? Noem
TWEE.
Watter dele van die krokodil is onder die wateroppervlak. Noem
TWEE.
Watter kleur is die krokodil se oë en met watter ander dier se oë word
dit vergelyk?
Gee ‘n voorbeeld van ‘n metafoor in reël 7-8 en verduidelik kortliks.
Watter EEN WOORD in versreël 10 sê vir ons dat die krokodil nie
beweeg nie?
Kies die prentjie in kolom A wat by die woorde in kolom B pas.
Skryf slegs die vraagnommer en letter neer as antwoord, bv. 6.1(a)
KOLOM A
KOLOM B
a.
ekster
6.2
b. wulp
6.3
c. kikvors
6.4
d. kaaimansblom
6.5
e. maraboe
(2)
(2)
(2)
(2)
(1)
(5)
7.
8.
9.
10.
11.
Noem TWEE maniere hoe die krokodil beweeg.
Watter EEN woord in versreël 30 sê vir ons dat die krokodil snaaks lyk
as hy beweeg.
Waarom word die maraboe as slu beskryf?
Wat word opgesnipper, uitgeknip, gepoleer , gepatroon en fyn gestik?
Waarom is die maraboe se snawel as snoeperig beskryf?
(2)
(1)
(1)
(1)
(1)
12. 'n Krokodil kan hom baie goed in die water kamoefleer. Aan watter drywende
voorwerp herinner 'n krokodil 'n mens?
13
14
15
16
17
18
19
20
21
In die water word die krokodil se bewegings 'n "ligvoetse onderwaterse ballet"
genoem. Hoe is die krokodil se bewegings egter buite die water? Haal 'n versreël
as antwoord aan.
Hoekom verlaat hierdie krokodilwyfie die water, volgens strofe 2?
Waarvoor is die maraboe bekend, volgens die tweede strofe?
'n Krokodil is 'n reptiel wat uit vroeëre tye oorleef het. Haal woorde uit die tweede
strofe aan wat aandui dat hy alreeds lank op aarde leef.
In die eerste strofe word die krokodil as 'n jagter uitgebeeld. In die laaste strofe
word die jagter die een wat gejag word. Verduidelik hierdie stelling.
Ons lees in die laaste strofe: "maak hy oop en toe om allerlei kleinighede te sluk".
18.1 Wat maak die krokodil in die eerste strofe oop?
18.2 Watter kleinighede sluk hy in dié strofe?
18.3 Wat word in die laaste strofe oopgemaak?
18.4 Watter kleinighede word hier "gesluk"?
'n Krokodil se vel blink nie. Hoekom blink dit in die laaste strofe?
Gee 'n voorbeeld van 'n metafoor uit die eerste strofe.
Wat is die tipografiese belangrikheid van die baie (45) en kort versreëls wat die
digter gebruik?
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
Download