Uploaded by gillianfourie221

EX PARTE BOEDEL STEENKAMP 1962 (3) SA 954 (O)

advertisement
Source:
South African Law Reports, The (1947 to date)/CHRONOLOGICAL LISTING OF CASES – January 1947 to April 2024/1962/Volume 3: 669 ­ 995 (September)/EX
PARTE BOEDEL STEENKAMP 1962 (3) SA 954 (O)
URL:
http://jutastat.juta.co.za/nxt/gateway.dll/salr/3/25225/25737/25791?f=templates$fn=default.htm
EX PARTE BOEDEL STEENKAMP 1962 (3) SA 954 (O)
1962 (3) SA p954
Citation
1962 (3) SA 954 (O)
Court
Oranje­Vrystaatse Provinsiale Afdeling
Judge
De Villiers R
Heard
June 21, 1962
Judgment
July 5, 1962
Annotations
Link to Case Annotations
Flynote : Sleutelwoorde
Testament ­ Kind in ventre matris ­ Wanneer geregtig om gelykop met ander kinders te erwe wat by die dood van die testateur reeds gebore is.
Headnote : Kopnota
Die testateur het die restant van sy boedel in gelyke dele aan sy dogter en haar kinders van die eerste geslag bemaak 'wat by datum van dood
in die lewe is'.
Beslis, dat vir die doeleindes van erflating 'n kind in ventre matris vermoed moet word lewendig te wees, en geregtig is om gelykop te erf met sy
moeder, die testateur se dogter, en haar ander kinders wat by die dood van die testateur reeds gebore is.
Flynote : Sleutelwoorde
Will ­ Child in ventre matris ­ When entitled to inherit in equal shares with other children born before the death of the testator.
Headnote : Kopnota
The testator had bequeathed the residue of his estate in equal shares to his daughter and her children of the first generation 'living at his
death'.
Held, that a child in ventre matris had to be presumed to be alive for the purpose of inheritance, and was entitled to inherit equally with his
mother, the testator's daughter, and her other children already born at the death of the testator. C
Case Information
Aansoek vir die uitlegging van 'n testament. Die feite blyk uit die uitspraak.
H. J. O. van Heerden, curator­ad­litem vir die minderjarige kinders Gerda en Daniel Johannes: Indien para. 6 van die testament bepaal het D dat
die restant gelaat word 'aan my dogter . . . en haar kinders', sonder byvoeging van die woorde 'wat by datum van dood in die lewe is' sou daar
geen twyfel bestaan het dat die seun Paul Johannes ook moet erf nie. Sien In re Estate van Velden, 18 S.C. 31; Lewis' Estate v Jackson's
Estate, 22 S.C. 73; Hopkins v Estate Smith, 1920 CPD 558; Estate Delponte v de Fillippo and Others, 1910 CPD 334. In sodanige E geval sou
selfs toekomstige kinders van die dogter waarskynlik in aanmerking geneem word. Sien Ex parte van Zyl, 1938 OPD 144; Ex parte Louwrens and
Others, 1941 OPD 249. Volgens die aangehaalde gewysdes, is die rede waarom kinders gebore na die dood van die testateurs, ongeag wanneer
hulle verwek is, in die gepostuleerde geval betrek sou word, F omdat vermoed word dat dit die bedoeling van die testateur was. Hierdie
vermoede moet egter wyk indien die woorde van die testament blyke van 'n ander bedoeling gee. Sien Voet, 28.5.12 en 13. Dit is wel waar dat
die gemeenregtelike bronne leer dat insoverre dit tot sy voordeel is, 'n kind geag word gebore te wees het op die oomblik toe hy verwek is, maar
wanneer hierdie stelling op 'n testamentêre bepaling toegepas word, kan G dit uiteraard nie sterker krag as 'n blote vermoede hê nie. Dit is
immers ondenkbaar dat 'n testateur nie uitdruklik of by implikasie, kan bepaal dat alleen kinders wat werklik voor sy dood gebore is, moet erf nie.
Sien Voet 1.5.5; de Groot, 1.3.4. In die onderhawige geval dui die H woorde 'wat by datum van dood in die lewe is' ongetwyfeld daarop dat
kinders verwek na die dood van die testateur, nie kan erf nie, en
1962 (3) SA p955
DE VILLIERS R
derhalwe verval die vermoede gemeld in die beslissings aangehaal hierbo. En indien bedoelde vermoede verval, kan daar tog geen rede wees
waarom die vermoede gemeld in die gewysdes eers aangehaal, sou bly staan nie. In die Engelse reg word blykbaar aanvaar dat 'n testamentêre
bepaling A soos die onderhawige ook op 'n kind gebore na maar verwek voor die dood van die testateur, van toepassing sou wees, hoewel erken
word dat so 'n konstruksie in stryd is met die normale betekenis van die woorde 'in die lewe is'. Blykbaar word geredeneer dat die testateur
beoog het om ook sodanige kinders te bevoordeel. Dit is egter moeilik om te verstaan waarom 'n testateur wat die aangehaalde woorde gebruik,
sou beoog om 'n B kind gebore na maar verwek voor sy dood te bevoordeel, maar nie 'n kind verwek en gebore na sy dood nie. Sien Elliot v
Joicey, 1935 A.C. 209; Villor v Gilbey, 1907 A.C. 139. Dit word dus betoog dat die seun Paul Johannes nie geregtig op 'n deel van die restant
van die boedel is nie.
C P. E. Linde, curator­ad­litem vir die minderjarige kind Paul Johannes de Villiers: 'n Kind in ventre matris, word, vir die doeleindes van 'n
erflating, vermoed lewendig te wees op grond daarvan dat dit tot sy voordeel is. Sien Voet, 1.5.5; Elliot v Joicey, 1935 A.E.R. (reprint) op bl.
584; Botha and Others v Thompson, N.O., 1936 CPD 1. Die gebruik van die woorde 'kinders . . . wat by datum van my dood in die D lewe is . . .'
kan geen verskil maak nie, m.a.w., aangesien 'n kind in ventre matris as lewendig beskou word indien dit tot sy voordeel strek, maak die gebruik
van die woorde 'in lewe is' geen verskil nie. Sien Elliot se saak, ibid. op bl. 589. In elk geval kan daar in die woorde van hierdie testament geen
indicia gevind word wat dui op 'n bedoeling om 'n kind in ventre matris uit te sluit nie. Wat die testateur E klaarblyklik bedoel het met die woorde
'wat . . . in die lewe is' is 'wat . . .. nog in die lewe is', d.w.s. kinders wat reeds gebore is en wat nog nie dood is nie. Dit strook met die skema
van die res van sy bepalings. Die nadruk is nie op 'lewe' maar eintlik op 'nog nie dood' nie. Indien die nadruk so ingesien word dan is die gebruik
van die woorde 'in die lewe' nie 'n aanduiding van 'n uitsluiting van 'n kind a F vetre se mére.
Cur. adv. vult.
Postea (Julie 5).
Judgment
G DE VILLIERS, R.: Paul Johannes Steenkamp, hierna die testateur genoem, het op die 22ste Februarie 1960, 'n testament gemaak in terme
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd.
Downloaded : Wed Apr 03 2024 13:43:07 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
waarvan hy, ondermeer, die restant van sy boedel soos volg in para. 6 daarvan bemaak het:
Cur. adv. vult.
Postea (Julie 5).
Judgment
G DE VILLIERS, R.: Paul Johannes Steenkamp, hierna die testateur genoem, het op die 22ste Februarie 1960, 'n testament gemaak in terme
waarvan hy, ondermeer, die restant van sy boedel soos volg in para. 6 daarvan bemaak het:
H 'Ek bemaak die restant van my boedel in gelyke dele aan my dogter Magdalena Susanna de Villiers (gebore Steenkamp) en haar kinders van die eerste
geslag wat by datum van dood in die lewe is, dit wil sê my dogter en haar kinders moet elk 'n eweredige deel ontvang.
Ingeval my dogter voor my te sterwe kom sal die geheel van die restant van my bedoel in gelyke dele aan haar kinders van die eerste geslag wat by my dood
in die lewe is toekom.'
Die testateur is op die 15de Desember 1960 oorlede. Op laasgenoemde datum het Magdalena Susanna de Villiers (gebore Steenkamp) twee
1962 (3) SA p956
DE VILLIERS R
kinders gehad, naamlik 'n seun Daniel Johannes en 'n dogter Gerda, gebore op 18 Februarie 1960 en 16 Maart 1958, onderskeidelik. Op die 15de
Desember 1960 was sy swanger en sy het op die 13de Julie 1961 geboorte gegee aan 'n seun Paul Johannes.
A Applikant, die eksekuteur­testamentêr in die boedel van die testateur, na behoorlike kennisgewing aan alle belanghebbende partye, doen nou
aansoek in terme van art. 19 (1) (c) van Wet 59 van 1959 dat die Hof moet bepaal of Daniel Johannes en Gerda, die kleinkinders wat reeds B
gebore was met die dood van die testateur, alleen die restant van die boedel erf en of Paul Johannes wat na die testateur se dood gebore is
maar wat in ventre matris was voor sy dood, ook in die erfenis deel.
Dit is gemene saak dat 'n kind in ventre matris vir die doeleindes van erflating vermoed word lewendig te wees mits dit later gebore word en
mits dit tot die voordeel van sodanige kind is. Voet, 1.5.5, word soos volg deur Gane vertaal:
C 'Still by a fiction of law they (kinders in ventre matris) are regarded as already born whenever it is a question of their advantage.'
Kyk ook South African Law Journal, vol. 69, p. 77, vir verdere Romeins­Hollandse outoriteite en In re Estate van Velden, 18 S.C. 31; Estate
Lewis v Estate Jackson, 22 S.C. 73; Hopkins v Estate Smith and D Others, 1920 CPD 558; Estate Delponte v de Fillippo and Others, 1910 CPD
334, en Botha and Others v Thompson, N.O., 1936 CPD 1.
Indien in die onderhawige geval die testateur dus bepaal het dat die restant van sy boedel aan sy genoemde dogter en haar kinders bemaak E
word, sou daar geen twyfel gewees het nie dat Paul Johannes ook in die erfenis moet deel want dit is duidelik in sy voordeel dat hy beskou moet
word as reeds gebore op die datum van dood van die testateur. Trouens op grond van Voet, 28.5.12 en 13, en Ex parte van Zyl, N.O., 1938 OPD
144, en Ex parte Lourens and Others, 1941 OPD 249 (maar kyk Botha and Others v Thompson, N.O., supra), sou hy waarskynlik ge­erf het al
was F hy nie in ventre matris met die dood van die testateur nie want, soos VAN DEN HEEVER, R., dit stel in Ex parte van Zyl, supra, en wel op
bl. 152:
'but in the absence of indices of another intention on the part of the testator, it can safely be said that there is a general acceptance of the presumption that a
testator who left a bequest to a class of descendants did not intend to confine the succession to descendants born before his death'.
G Dit is egter duidelik uit al die gewysdes dat die vermoedes geskep in Voet, 1.5.5 en 28.5.12 en 13, moet wyk indien dit blyk uit die testament
as 'n geheel dat die testateur 'n ander bedoeling het.
Mnr. van Heerden, wat opgetree het as kurator­ad­litem namens Gerda en Daniel Johannes, het aangevoer dat die woorde gebesig deur die H
testatuer, naamlik 'wat by datum van dood in die lewe is' die vermoede geskep in Voet, 1.5.5, weerlê en daarop dui dat die testateur slegs die
kinders van sy dogter wou bevoordeel wat by sy dood reeds gebore en in die lewe is. Mnr. Linde wat as kurator­ad­litem opgetree het vir Paul
Johannes, het daarenteen aangevoer dat die aangehaalde woorde nie genoeg is in die lig van die bepalings van die testament as 'n geheel, om
die vermoede geskep in Voet, 1.5.5, te weerlê nie.
Na my mening moet mnr. Linde gelyk gegee word. Al word dit
1962 (3) SA p957
DE VILLIERS R
aanvaar dat mnr. van Heerden gelyk gegee moet word dat die testateur deur die gebruik van die woorde 'wat by datum van dood in die lewe is'
bedoel dat kleinkinders wat na sy dood verwek en gebore word nie deel in die erfenis nie, beteken dit nog nie dat hy ook daardeur bedoel dat A
kleinkinders wat reeds voor sy dood verwek is, maar na sy dood gebore word nie sal erf nie.
Soortgelyke probleme het reeds meermale in die Engelse en Skotse Howe ontstaan en die vraag is onlangs deur die House of Lords weereens in
oorweging geneem in die saak van Elliot v Lord Joicey and Others, 1935 B A.C. 209. Beide regstelsels, wat hierdie vraag betref, handhaaf ook 'n
vermoede gelykstaande aan die genoem in Voet, 1.5.5, en afkomstig uit die Romeinse reg (kyk bl. 238 ­ 9 van die uitspraak van LORD
MACMILLAN). Trouens Voet, 1.5.5, is gegrond op Digesta, 1.5.7 en 26. In genoemde saak word die Engelse en Skotse reg soos volg saamgevat
deur LORD RUSSELL op bl. 233:
'First, words referring to children or issue 'born' before, or 'living' C at, or (as I think we must add) 'surviving', a particular point of time or event, will not in
their ordinary or natural meaning include a child en ventre sa mère at the relevant date. Secondly, the ordinary or natural meaning of the words may be
departed from, and a fictional construction applied to them so as to include therein a child en ventre sa mère at the relevant date and subsequently born alive if,
but only if, that fictional construction will secure to the child a benefit to which it would have been entitled if it had been actually born at the relevant date. Thirdly,
the only reason and the only justification for D applying such a fictional construction is that where a person makes a gift to a class of children or issue described
as 'born' before or 'living' at or 'surviving' a particular point of time or event, a child en ventre sa mère must necessarily be within the reason and motive of the
gift.'
Dit is ook van pas om die woorde van LORD MACMILLAN op bl. 239 van genoemde saak aan te haal:
'Your Lordships were indeed referred to one recent Scottish decision E where the Second Division of the Court of Session declined to apply the fiction, even
although it was to the interest of the posthumous child to do so, because in the will there under consideration the testator had indicated with reiterated emphasis
that only those children of his son who were born prior to the date of the testator's death were to participate in his bequest: Burns's Trustees v Burns, 1917 S.C.
117. I confess that for myself I should not be disposed to approve this decision were it before your Lordships for review; I cannot see why the F operation of the
fiction should be excluded to the detriment of the posthumous child by the fact that the testator has several times and emphatically used the very language which
brings the fiction into operation.'
Kyk ook Jarman on Wills, 8ste uitgawe, vol. 3, bl. 1698, en sake daar aangehaal; Villar v Gilbey, 1907 A.C. 139 en Re Stern's Will Trusts, 1961
(3) A.E.R. 1129.
G Dit wil my voorkom, indien ek dit reg verstaan, dat die ratio decidendi van bogemelde outoriteite is dat, selfs indien dit onthou word dat 'n
verwysing na kinders 'in lewe' of 'gebore' op 'n besondere tydstip in normale taalgebruik 'n kind in ventre matris uitsluit, die gebruik van sodanige
woorde in die onderhawige omstandighede en in die afwesigheid H van enige ander aanduiding wat die testateur se bedoeling heeltemal duidelik
maak, nie genoeg is om die baie sterk natuurlike vermoede te weerlê dat die testateur bedoel het dat 'n kind in ventre matris as reeds gebore of
in lewe beskou moet word nie.
Ek is bereid om die ratio decidendi van die Engelse en Skotse gewysdes te aanvaar want op die keper beskou sluit dit aan by die reëls van
vertolking wat in ons reg toegepas word. Dit is meermale gesê
1962 (3) SA p958
DE VILLIERS R
dat alle reëls van vertolking slegs hulpmiddels is om agter die ware bedoeling van die testateur te kom vanuit die woorde deur hom gebesig in die
testament as 'n geheel (kyk Cuming v Cuming and Others, 1945 AD 201).
A In die onderhawige geval moet in die lig van die baie sterk vermoede vervat in Voet, 1.5.5 (en wat deur hom as 'n fiksie beskryf word) dit
veronderstel word dat die testateur die natuurlike drang sou gehad het om 'n kleinkind in ventre matris te bevoordeel net soos kleinkinders wat
reeds gebore is by sy dood. Die gebruik van die woorde 'in lewe' moet B nie te letterlik opgeneem word nie en beskou word as 'n noodwendige
aanduiding
dat die testateur
maar eerder,
tot dieGMT+0200
voordeel (South
van Paul
Johannes
© 2018
Juta and Company
(Pty) Ltd. daardeur bedoel om die vermoede te weerlê nie,
Downloaded
: Wedaangesien
Apr 03 2024dit
13:43:07
Africa
Standardis,
Time)
dat hy die vermoede beklemtoon. Kyk byvoorbeeld na die saak van Ex parte Odendaal, 1957 (2) SA 15 (O), waar die Hof nie die woorde 'by die
testament as 'n geheel (kyk Cuming v Cuming and Others, 1945 AD 201).
A In die onderhawige geval moet in die lig van die baie sterk vermoede vervat in Voet, 1.5.5 (en wat deur hom as 'n fiksie beskryf word) dit
veronderstel word dat die testateur die natuurlike drang sou gehad het om 'n kleinkind in ventre matris te bevoordeel net soos kleinkinders wat
reeds gebore is by sy dood. Die gebruik van die woorde 'in lewe' moet B nie te letterlik opgeneem word nie en beskou word as 'n noodwendige
aanduiding dat die testateur daardeur bedoel om die vermoede te weerlê nie, maar eerder, aangesien dit tot die voordeel van Paul Johannes is,
dat hy die vermoede beklemtoon. Kyk byvoorbeeld na die saak van Ex parte Odendaal, 1957 (2) SA 15 (O), waar die Hof nie die woorde 'by die
C dood' letterlik vertolk het nie en ook na die saak van In re Estate van Velden, supra, waar 'n testateur die waarde van twee­derdes van sy
boedel aan die 'children born of our marriage' vererf het. In laasgenoemde saak het die Hof beslis dat 'n kind van die testateur se huwelik in
ventre matris by sy dood geregtig was om te erf saam met die kinders reeds gebore by sy dood. Die woord 'born' het nie verhoed dat D die Hof
uitvoering gee aan die vermoede van Voet, 1.5.5, nie.
Dit word beveel dat wat die restant van die testateur se boedel betref Paul Johannes beskou moet word as in lewe by die dood van die
testateur en geregtig is om gelykop te erf met sy moeder Magdalena Susanna de E Villiers, gebore Steenkamp, en met sy suster en broer Gerda
en Daniel Johannes.
Dit word verder beveel dat die koste van hierdie aansoek insluitende die koste van die curatores­ad­litem op die skaal van prokureur en kliënt
betaal word uit die boedel van die testateur.
Applikant se Prokureurs: McIntyre & van der Post.
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd.
Downloaded : Wed Apr 03 2024 13:43:07 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
Related documents
Download