Uploaded by President Educators

gr10 kwartaal 4 Onderwyser notas

advertisement
Afrikaans EAT Graad 10
LP1
Kwartaal 4
Beplanning
2023
Kritiese luister na teks vir partydigheid en vooroordeel
Klasdebat/groepbespreking
Luister na 'n Tydskrifartikel
Luister na die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg in groepsverband.
GROOT VERGOEDING NÂ ONREGVERDIGE DISKRIMINASIE
18 Mei 2017
Die vakbond AAB-Saamstaanaksie (AAB-SA) het vandag 'n reuse bedrag namens twee van sy lede in
die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) bekom nadat hulle oor die hoof gesien is vir
betrekkings weens die DKD se regstellende aksiebeleid.
Volgens Anton Rens, hoof van AAB-SA se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het P.L. Marrens en T. B.
Matwla elkeen bykans R550 000 as vergoeding ontvang weens onregmatige diskriminasie teen hulle.
"Die bedrag is eintlik net 'n druppel in die emmer as 'n mens in ag neem hoeveel emosionele skade
hierdie ellendige, dom optrede van die DKD ons lede besorg het, maar AAB-SA is verheug dat hy
hierdie saak namens sy twee lede met hand en tand kon beveg", het 'n oorstelpte Rens aan Maroela
Media gesê.
Volgens hom het hierdie hofsaak gespruit uit die feit dat nie een van die twee mans die kortlys vir die
betrokke poste kon behaal nie, ten spyte daarvan dat hulle meer as geskikte kandidate vir die poste
was. "Dit kom basies neer op blatante diskriminasie op grond van die lede se ras en geslag. Ons sa/ dit
nie duld nie", het Rens verduidelik.
[Aangepas uit Maroela Media, Mei 2017]
1.
2.
3.
4.
5.
6.
LK1
Watter aspek(te) van Kritiese taalbewustheid kan julle in hierdie teks identifiseer? Motiveer julle
antwoorde.
Wat was die joernalis se ingesteldheid teenoor die DKD (hoe het hy/sy oor die DKD gevoel) toe
hierdie artikel geskryf is?
Was die boodskap eensydig (is net een kant van die saak gestel) of is die standpunte van ander
rolspelers ook ingesluit?
Watter emotiewe taal het die skrywer gebruik om sy of haar ingesteldheid (gevoel) teenoor die
DKD te ondersteun?
Noem 'n paar van die gevolge wat die genoemde antwoord by vraag 1 op die twee lede kon gehad
het.
Lug 'n mening oor hoe hierdie hofsaak en die gevolglike boete vir die DKD verhoed (gekeer) kon
word.
Aandagtige lees vir kritiese bewustheid van taalgebruik in tekste soos toesprake/berigte Kritiese leeskwessies: Wie trek
voordeel uit teks? Wie verloor? Hoe?
Aandagtige lees
Studie van letterkunde:
Bespreek kenmerke van literêre teks(te) en effektiwiteit daarvan Tema/boodskap
Aandagtige lees van literêre teks vir begrip Ondersoek temas verder Vergelyk en kontrasteer
Aktiwiteit LK1 - Lees en Kyk
Lees die onderstaande teks. Identifiseer en verduidelik die oorredingstegnieke. Verduidelik ook watter effek die
tegnieke op die teikengehoor het.
1
[Bron: Google Prente]
Hoe om jou metabolisme met 242 kalorieë te versnel
Ons weet dat oefening gesond is vir ons — veral as dit jou metabolisme met 242 kalorieë versnel.
(Later meer hieroor.) Maar daar is talle redes om 'n sessie in die gimnasium te vermy. Eerstens is dit
baie tydrowend om in verkeersknope op pad na of terug van die gimnasium vasgevang te word.
Tweedens kan dit 'n verleentheid skep as jy sonder 'n plan van aksie gimnasium toe gaan. En derdens,
dit staan soos 'n paal bo water: die meeste oefenprogramme werk nie vir jou nie. Jy het in elk geval al
so baie op die proef gestel.
Maar daar is 'n SPLINTERNUWE manier om vet te verbrand (in die gerief van jou huis) wat jy
waarskynlik nog nooit op die proef gestel het nie. Ek sal jou ten sterkste aanraai om dié nuwe manier
te probeer. Hier volg 'n eenvoudige oefeninkie wat jy moet doen. Dis pret, dis vinnig, en jy hoef nie die
gimnasium te besoek of duur kardio-vaskulêre toerusting aan te skaf wat jou hele huis vol staan nie.
Plus, jy het baie keuses! Jy hoef dus nie dieselfde vervelige oefeninge oor en oor te doen nie. Ek het
reeds 'n hele paar sessies agter die rug. Vir iemand wat nie daarvan hou om na 'n gimnasium toe te
gaan of om duur lidmaatskapfooie te betaal nie, is dit die IDEALE oplossing.
Die oefenplan laat jou toe om by die huis te oefen en jy verbrand tot 242 kalorieë per dag — danksy
die unieke en prettige sessies wat jou metabolisme stimuleer. Dis ongelooflik! Navorsingsresultate wat
in die jongste uitgawe van Men's Health tydskrif verskyn, bewys dat hierdie oefenplan selfs lank na
afloop van 'n sessie kalorieë verbrand!
Dit beteken jy verloor elke maand 'n ekstra paar kilogramme vet — slegs deur jou rustende
metabolisme op te jaag. Boonop sal jy dubbeld soveel kalorieë verbrand terwyl jy hierdie eenvoudige
oefeninge by jou huis doen. Glo my, jou mislukte oefenprogramme van die verlede kan toegeskryf
word aan die feit dat jy nog nie hierdie program op die proef gestel het nie.
Soek bewyse in die teks van die oorredingstegnieke waarna in kolom een verwys word.
KOLOM 1
KOLOM 2
Oorredingstegniek
Voorbeeld van woorde/frases
Eksplisiete aansprake
Wetenskaplike bewyse
Taal wat intensiteit weergee
'n Belofte van oplossings vir probleme
Alledaagse woorde met 'n gelade betekenis
Kragtige woorde/woorde met slaankrag
2
SA1
SA2
Herskryf ‘n teks om partydigheid en vooroordeel te verwyder EN skryf ‘n beredeneerde opstel
Fokus op die volgende: Prosesskryf
Beplanning, konsep, hersiening, redigering, proeflees en aanbieding
Teksstrukture en taalkenmerke
SA1 Herskryf die volgende teks en verwyder die partydigheid en vooroordeel.
Diskriminasie ten opsigte van die volgende kom gereeld in ons samelewing voor:
 ras – “Jy kan nie in die pos aangestel word nie omdat jou velkleur nie reg is nie.”
 taal – “Hierdie taal kan nie meer in skole as onderrigtaal gebruik word nie.”
 geslag – “Vroue sal nooit hierdie groot stuk masjinerie kan hanteer nie.”
 sosiale stand – “Jy is mos daardie lae klas-outjie wat uit die onderdorp kom, nè?”
 liggaamlike gebreke – “Jy sal nie hier kan werk nie omdat jy nie trappe sal kan baasraak nie.”
 ouderdom – “Daardie outoppie sal nie verstaan waarom Facebook so belangrik is nie.”
SA2 Skryf en aanbied
Skryf in jou werkboek oor 'n persoonlike ondervinding waarvan jy kennis dra waar stereotipering jou of iemand
anders benadeel het.
Klasbespreking
Gebruik die volgende idees in jul gesprekke oor jou ondervinding.
Was jy self 'n slagoffer van stereotipering of ken jy iemand anders wat 'n slagoffer was?
Was hierdie stereotipering gebaseer op geslag, velkleur, ouderdom?
Hoe het stereotipering die persoon se lewe beïnvloed?
Hoe het die persoon opgetree teenoor die mense wat hom/haar gestereotipeer het?
Watter lewenslesse kan jy hieruit geleer?
Skryf nou 'n beredeneerde opstel om die volgende aspekte uit te lig: stereotipering en partydigheid.
T1
Hersien:
Spelling
Selfstandige naamwoorde Tyd
Leestekens
Byvoeglike naamwoorde Werkwoorde: Infinitief Ontkenning
Betekenisleer Werkwoorde Bywoorde Deelwoorde Klankverskynsels
1. Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae in jou werkboek. Jy moet eers die
vrae self beantwoord voordat jy die memorandum raadpleeg.
3
1.1.
1.2.
1.3.
1.4.
1.5.
1.6.
1.7.
1.8.
2.
2.1.
2.2.
2.3.
2.4.
2.5.
2.6.
2.7.
LP2
Wat word in hierdie advertensie geadverteer?
Wie is die teikenmark van die advertensie?
Noem enige twee voordele wat hierdie diens jou bied.
Hoe manipuleer die adverteerder jou as leser?
Dink jy die prente is gepas vir hierdie advertensie?
Watter tegniek gebruik die adverteerder om die leser se aandag te trek?
Waarheen kan die leser gaan om meer inligting te kry?
Sal jy van Die Wolkskool se dienste gebruik maak? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae in jou werkboek. Jy moet eers
die vrae self beantwoord voordat jy die memorandum raadpleeg.
Waar speel die gebeure in die strokiesprent af?
Hoe word die woord “RELA-A-AX” beklemtoon?
Kies slegs die korrekte woord tussen hakies.
Die seun is baie (hardwerkend/lui) wanneer dit by skoolwerk kom.
Hoe kan ons aflei dat die seun slordig is?
Gee die Afrikaanse woord vir “Relax”.
Waar het die seun die idee gekry om te appelleer?
Wat lei ons uit die ma se lyftaal af?
Luister aandagtig om aantekeninge te maak; oefen prosedure
Luister vir volgorde
EFFEKTIEWE MANIERE OM JOU SELFVERTROUE TERUG TE KRY
Die lewe kan soms teleurstellings oor ons pad bring wat ons eintlik kan laat met ‘n gevoel van onsekerheid
oor onsself. Hier is ‘n paar idees om selfvertroue terug te ploeg in jou lewe.
Jy gaan nooit selfvertroue bou deur jouself voortdurend as vet, lui, dom, lomp en hopeloos te beskou nie. Let
op jou negatiewe gedagtes en verruil eerder ‘n negatiewe lewensuitkyk vir ‘n positiewe een.
4
‘n Mens is uiteindelik wat jy is. Praat elke oggend met jouself in die spieël. Vertel jouself hoe bekwaam,
georganiseerd, intelligent, uniek en aantreklik jy is en kort voor lank sal hierdie positiewe selfspraak
veroorsaak dat jy die lewe sommer baie rooskleuriger ervaar.
Almal het ‘n rolmodel wat hulle kan respekteer en bewonder. Wanneer jy nie genoeg vertroue in jou eie
besluitnemingsvermoë het nie, dink aan dié rolmodel en stel jou voor wat hy in daardie situasie sou doen.
Moenie ontmoedig word deur foute en probleme nie. Beskou hierdie foute eerder as geleenthede om jou
durf en moed te bewys. Beskou foute as ‘n goeie leerskool. Onthou dat probleme altyd kleiner lyk wanneer
dit eers opgelos is.
Mense met selfvertroue glimlag altyd en hulle lag uitbundig. Lag is boonop goeie medisyne omdat dit
endorfiene vrystel wat jou laat goed voel. ‘n Glimlag is nie net aansteeklik nie, maar voordat jy weet, voel jy
ook vrolik en sien jy kans om take maklik aan te pak. So kry jy maklik die swaarkry met lekkerkry klaar.
Omring jou met mense wat jou selfvertroue aanhelp, jou vir klein gunsies bedank, jou met jou prestasies
gelukwens en bly is oor jou sukses. Boonop moet jy, en dit is baie belangrik, onthou: jy mag dalk wonderlik
wees, maar jy is nie perfek nie, daarom moet jy dit aanvaar. Volgende keer sal jy beter doen.
Die lewe is te kort om oor jou foute te tob. Op hierdie manier sal jy minder spyt wees en baie twyfel in die
kiem smoor. [Verwerk uit: Beeld: Pols, 25 Oktober 2016]
Vrae:
1.
2.
3.
4.
5.
Hoe laat teleurstellings jou voel?
Noem 2 maniere hoe jy nooit jou selfvertroue gaan kan bou nie.
Waarvoor moet jy 'n negatiewe uitkyk verruil?
Gee 2 voorbeelde van positiewe selfspraak.
Noem 2 maniere hoe jy iemand met goeie selfvertroue kan raak sien.
LK2+3
Gedig
SA3
Skryf ‘n teks waarin ‘n prosedure gegee word soos instruksies oor nuwe tegnologie/omgewingsbewaring (kan met
diagram/skets geïllustreer word)
Fokus op die volgende: Prosesskryf
Beplanning, konsep, hersiening, redigering, proeflees en aanbieding
Kyk na die volgende prente. Kies een en skryf instruksies vir jou onderwyser oor hoe om van hierdie toepassing
gebruik te maak. Jou skryfstuk moet bestaan uit 'n breinkaart, beplanning en finaal. Jou Finale skryfstuk moet 100 –
150 woorde wees.
T3 – T4
a)
b)
c)
d)
e)
f)
g)
h)
Klankgrepe en lettergrepe Afkortings en verkortings Voornaamwoorde
Direkte en indirekte rede
Kritiese taalbewustheid
Woordeskat in konteks
Woordeskatontwikkeling
Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek.
5
1. Skryf die onderstreepte woorde oor en voorsien van die regte aksenttekens om klem aan
te dui:
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
2.
3
Nee! Moet asseblief nie met my baklei nie!
Moet ek die boek vir jou aangee?
Sit, moenie staan nie!
Jy skryf met jou linkerhand, ne?
Jy het wat gedoen???
Skryf die meervoud en die verkleiningsvorm van die onderstreepte woorde neer.
2.1
Ons neem foto met ons kamera.
2.2 ‘n Ballerina dra ‘n tutu.
2.3 Ek dra ‘n baadjie.
2.4 Ek luister na die radio.
2.5
In die oorlog het daar ‘n klomp bom ontplof.
2.6 Ons sit in die skadu.
2.7 Plant elke jaar ‘n boom.
2.8 Ek eet ‘n pomelo.
2.9 ‘n Madeliefie is ‘n mooi plant.
2.10 Maak jou potlood skerp.
2.11 Ek het vannag ‘n mooi droom gehad.
2.12 Daar is ‘n gat in die grond.
2.13 Jou kussing het van die bed afgeval.
Verskaf 'n rede hoekom elk van die volgende woorde met 'n koppelteken geskryf word:
3.1
spring-spring
3.2
Sanet-hulle
3.3
BA-graad
4.
LP3
Skryf die onderstreepte woorde oor en sit die korrekte skryfteken op elke woord.
4.1
Ek het geld geerf
4.2
Die trane loop uit sy oe.
4.3
Daar is ‘n paar brue oor die hoofpad.
Luister aandagtig vir begrip en waardering na mondelinge tekste soos voordrag van ‘n gedig/vertelling/musiekliriek
Hersiening:
Luister na die lirieke van Laurika Rauch se liedjie “Stille Waters” en Antwoord die vrae wat volg.
Jy’t gesê ons liefde sal bly staan
Al tuimel al die berge in die oseaan
Doen vir my ‘n gunsie voor jy gaan
Gooi vir my ‘n klippie
‘n Klippie in die oseaan
Wie sal ooit die liefde kan verstaan?
Nader as ‘n hartklop, verder as die maan
Daar is ‘n tyd van kom, en ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sal ek dit ooit verstaan?
Refrein:
En kyk hoe sak die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond
Miskien is liefde net ‘n fantasie
Dis nie alles maanskyn en rose nie
6
Jy was vir ‘n rukkie aan my sy
Was jy net ‘n bietjie
Net ‘n bietjie lief vir my
Miskien is daar ‘n plek vir ons twee saam
Anderkant die berge van die maan
En as die maan weer opkom sal ek onthou
Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou
En as die maan weer opkom sal ek onthou
Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou
Woorde en Musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music
1.
2.
3.
LK4+5
Hoe laat die liedjie jou voel?
Waaroor dink jy handel die lirieke?
As jy iets vir haar kon sê, wat sou dit wees?
Gedig +
Lees vir begrip en inligting (oefen
leesbegrip)
Aandagtige lees
Studie van letterkunde: Hersien alle relevante aspekte, samevatting, verryking
TEKS G: ADVERTENSIE Beantwoord die vrae oor die Lucky Star advertensie.
Skryf net die nommer en die korrekte antwoord neer. Al die een woord-antwoorde in
hierdie vraag moet KORREK gespel word.
1.
Gee die korrekte TRAP VAN VERGELYKING vir die woord tussen hakies.
Sardyne bevat (min) sout as die ander soorte vis.
2.
Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE. Die apteker sê: Tuna bevat
meer proteïne.” Begin so: Die apteker sê dat ...
3.
Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Mense word
aangemoedig om (gesond) kos te eet.
4.
Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Almal moet onthou om
vis in hul verskillende (dieet) in te sluit.
5.
Gee die korrekte SAMESTELLING van die woord tussen hakies. Mense wat ‘n
goeie (lewe + styl) handhaaf, eet gereeld vis.
6.
Gee die korrekte AFKORTING van die woorde tussen hakies. Sardyne is
gesond vir jou liggaam, (dit wil sê) jy kry minder cholesterol.
7.
Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Mense in Suid-Afrika hou baie
daarvan (om / om te) gesond te eet.
7
8.
Kies die korrekte TUSSENWERPSEL tussen hakies. (Ai / Foei / Siestog)! Lucky
Star is vir my so lekker.
9.
Waarom, dink jy, word die volgende twee sinnetjies in die advertensie
gebruik: Eet Beter. Leef Beter.
10.
Skryf die sin oor in die TEENWOORDIGE TYD. Tuna het ook die goedkeuring
van die HBS van Suid-Afrika gekry.
8
9
T5 – T6
Taalleer Hersiening
Bestudeer die strokiesprent hieronder en herskryf die sinne soos aangedui:
[Bron: <http://meester.yolasite.com>]
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Die onderwyser het met die student gestaan en gesels. Môre ...
Die seun wil nie in die moeilikheid kom nie. Verlede jaar ...
Alle studente moet hulle eie werk doen. Alle studente behoort ...
Het jy al ooit ander studente se werk afgeskryf? Nee, ek ...
Hy is in 'n kwaai onderwyser se klas. Hy moet hard werk. Vandat ...
Meneer Smit het hom gewaarsku. Hy wou net in die klas speel. Meneer Smit het hom gewaarsku, nogtans ...
Die seun speel elke dag dieselfde videospeletjie. Dieselfde videospeletjie ...
Meneer Smit plaas die seun in detensie sodat hy hom kan straf. Meneer Smit plaas hom in detensie om ...
Meneer Smit vra: "Sal jy asseblief met jou werk begin?" Meneer Smit vra beleefd vir die seun of ...
Meneer Smit is 'n kwaai onderwyser. Die seun praat met meneer Smit. Meneer Smit met wie ...
Die seun is bang vir meneer Smit. Die res van die klas is bang vir meneer Smit. Sowel ... as ...
Die onderwyser sê vir die seun dat hy al sy werk teen die volgende dag moet inhaal. Die onderwyser het vir
die seun gesê: "..."
LK6+7
Gedig
LP4
Informele klas- en groepbesprekings ter voorbereiding van eksamen
Vraag 1 : Antonieme
1.1.
Lees Sipho se avontuur en vervang elke vetgedrukte woord met ’n woord wat die
teenoorgestelde betekenis het sodat die paragraaf sin maak.
Sipho is bang om in die vuurwarm suidpool te gaan stap. Dit sal slim wees om die
veilige staptog alleen aan te pak. Ongelukkig kon hy toerusting by vyande leen en
hoef hy nie alles self te verkoop nie. So ‘n kort staptog kan baie goedkoop wees.
Hy arriveer oor twee dae vir dié maklike staptog.
1.2.
Skryf die antonieme vir die vetgedrukte woorde in die onderstaande sinne.
a.)
Jamie sal die lig aanskakel sodat ons kan slaap.
b.)
Hy teken ‘n lelike prentjie.
c.)
Dit is die einde van kwartaal.
d.)
Snags huil my baba boetie my wakker.
e.)
Ons kinders is stokoud.
f.)
Daar is baie water in die swembad.
g.)
Ek sit in die voorste ry in die klas.
h.)
Die kinders het baie antwoorde vir die juffrou.
i.)
Ons sal later na die inkopiesentrum vir brood gaan.
j.)
Ons kan nie in die diep swembad staan nie.
10
1.3 Tipiese eksamenvrae:
1.3.1
Gee die ANTONIEM van die woord in hakies.
Die (kort) meisie sit voor my in die klas.
1.3.2
Gee die ANTONIEM vir die onderstreepte woord.
Die span het ‘n slegte wedstryd gehad.
Vraag 2 Sinonieme
2.1. Gebruik die woorde in die prentjie om die vetgedrukte woorde in die sinne te vervang.
Woorde in die prentjie:
werk aanwesig
onmiddellik
a.)
b.)
c.)
d.)
e.)
f.)
g.)
h.)
i.)
vasbeslote
slim
ramp
nou
bevrees
dalk
Al die rugbyspelers is by die oefening teenwoordig.
Sean is ‘n intelligente seun.
Dit is ‘n katastrofe dat spelers dink hulle kan net twee keer ‘n week oefen.
Jy moet dadelik na die veld toe gaan.
Afrigters is bang hulle spelers word beseer.
Die span sal miskien die wedstryd wen.
Daar word tans hard netbal geoefen.
Die span is vasberade om punte aan te teken.
Hy kies om sport as ‘n beroep te doen.
2.2. Pas die sinonieme in KOLOM A by die korrekte sinoniem in KOLOM B.
KOLOM A
KOLOM B
1. baie
a) wêreld
2. slim
b) gevoelens
3. arm
c) fris
4. mooi
d) anders
5. bly
e) Intelligent
6. vet
f) welgesteld
7. emosies
g) talle
8. vreemd
h) gelukkig
9. ryk
i) behoeftig
10. aarde
j) pragtig
11
2.3
Tipiese eksamenvrae:
2.3.1 Gee die SINONIEM van die woord tussen hakies. Die (aantreklike) meisie
sit voor my in die klas.
2.3.2. Gee die SINONIEM vir die onderstreepte woord.
Die span het talle beserings in die wedstryd opgedoen.
Vraag 3 Paronieme
3.1
Identifiseer die stam in die volgende woorde:
a.) vriendelik / vriendskap
b.) hatig / gehaat
c.) soekend / versoek
d.) verkiesing / gekies
e.) herken / verken
f.) gelede / verlede
g.) enigste / verenig
h.) tydelik / tydsaam
i.) binnekort / kortliks
j.) verlei / leiding
3.2. Gebruik die voorvoegsels in die blokkie om paronieme van die volgende woorde te vorm : sleg ,
deel, maak, kry
be-
ver-
ge-
3.3. Gebruik die agtervoegsels in die blokkie om paronieme van die volgende woorde te vorm : hart,
waar, vry
-te
-lik
-elik
-heid
3.4. Tipiese eksamenvraag.
Kies die korrekte woord tussen hakies.
Die (liefies/ verliefde) meisie staar na haar kêrel.
LK8+9
Betower
SA4
Skryf ‘n lang transaksionele teks: Formele brief van waardering/bedanking
Fokus op die volgende: Prosesskryf
Beplanning, konsep, hersiening, redigering, proeflees en aanbieding
Teksstrukture en taalkenmerke
(Verwys na 3.3
Jy en jou klasmaats is genooi om vir 'n week op 'n graad 10 toer te gaan. Die Minister van Onderwys in Gauteng,
Me Angelina Matsie Motshekga, het julle punte en afwesighede ondersoek en besluit julle is die tipe leerders wat
erkenning moet kry, en 'n voorbeeld vir 'n ander kan wees. Sy stuur jou en jou hele klas vir 'n week na 'n ATKVvakansieoord in Hartenbos. Jy, as die gekose leier mag 2 onderwysers kies om saam te vat.
Skryf 'n formele brief van bedanking aan me Motshekga van 150 – 180 woorde. Stel haar ook in kennis van die 2
onderwysers wat jy wil hê moet julle vergesel, motiveer hoekom jy juis hierdie 2 volwassenes gekies het.
Jou skryfstuk moet bestaan uit 'n breinkaart, beplanning en finaal.
12
T7
Hersien:
Sinsoorte
Lydende en bedrywende vorm Sinsdele
Kritiese taalbewustheid Voegwoorde
Sinsbou: woordorde
Verbeter taalfoute uit leerders se skryfstukke
Verwys na die strokiesprent hieronder.
[Bron: <http://meester.yolasite.com>]
Lees die volgende paragraaf deur en skryf elke keer die woorde tussen hakies oor soos gevra word.
Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord onder mekaar in jou boek neer.
Meneer Smit het amper 1 (selde – gee die antoniem) 'n probleem met die studente 2 (waarvoor/vir wie –
kies die korrekte vorm) hy Wiskunde aanbied. Daar is veral een 3 (seun – gee die verkleinvorm) wat sy 4
(patience – gee die korrekte Afrikaanse woord) gereeld beproef. Sy naam is Neelsie en hy het onlangs 5 (12 –
skryf uit) jaar oud geword. Neelsie dink soms 6 (sy/hy – kies die korrekte voornaamwoord) is die 7 (snaaks –
gee die oortreffende trap) persoon in die hele 8 (werêld/wêreld – kies die korrekte woord) en dan probeer
Neelsie om meneer Smit te terg. Eintlik is meneer Smit 'n 9 (goed – gee die korrekte vorm van die woord)
onderwyser want hulle kry gewoonlik goeie 10 (merke/punte – kies die korrekte woord). Hy probeer om nie
11 (met/vir/na – kies die korrekte voorsetsel) Neelsie kwaad te word nie. Neelsie het 12 (na aanleiding van
– gee die korrekte afkorting) meneer Smit se voorkoms gedink dat hy 13 (baie oud – gee die intensiewe
vorm) is. Meneer Smit het hom so koel soos 'n 14 (____ – voltooi die vergelyking) gedra en nie eers 15
(op+dit – gee die korrekte vorm van die woord) gereageer nie. Dit is al die 16 (drie – skryf die rangtelwoord
neer) keer dat Neelsie vandag vir meneer Smit probeer terg.
T8
Voorsetsels Lidwoorde Telwoorde
Uitroepe/tussenwerpsels
Woordvorming Spreekwoorde en idiome
Verbeter taalfoute uit leerders se skryfstukke
Woordeskat in konteks
Woordeskatontwikkeling
Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek.
1. Skryf die onderstreepte woorde oor en voorsien dit van die regte aksenttekens om
klem aan te dui:
1.1
1.2
1.3
Ek weet nie die antwoord nie!
Jy moet die huiswerk doen!
Ek het gesê jy moet die mure wit verf.
1.4
1.5
Hy teken appel aan teen sy hofsaak
Wat het jy nou aangevang???
13
2.
Skryf
a)
die meervoud en
b)
die verkleiningsvorm van die onderstreepte woorde neer.
2.1
2.2
2.3
2.4
2.5
2.6
2.7
2.8
2.9
2.10
Op die foto teen die muur, is ons oupa.
Ons neem ‘n video van die konsert.
Ons kos is in ‘n mandjie gepak.
‘n Ander woord vir televisie is beeldradio.
Daar staan ‘n drom om die vuilgoed in te gooi.
My pa se broer is my oom.
Ons stap in die pad.
Ek eet ‘n piesang.
Voor my bed lê ‘n mat.
My oog brand.
3
Verskaf 'n rede hoekom elk van die volgende woorde met 'n
geskryf word:
3.1
gesels-gesels
3.2
Pa-hulle
3.3
Noord-Afrika
4.
Skryf die onderstreepte woorde oor en sit die korrekte skryfteken op elke woord.
4.1
Ons het die kos opgeeet.
4.2
Beeste se voerbakke word troe genoem.
4.3
Ek weet nie baie van finansiele sake nie.
Memorandum
1.1 wéét
1.2 dié
1.3 wít
1.4 appèl
1.5 wát
2.1a)
foto’s
2.1a)
oupas
2.2a)
video’s
2.3a)
mandjies
2.4a)
beeldradio’s
2.5a)
dromme
2.6a)
ooms
2.7a)
paaie
2.8a)
piesangs
2.9a)
matte
2.10a) oë
koppelteken
b) foto’tjie
b) oupatjie
b) video’tjie
b) mandjietjie
b) beeldradio’tjie
b) drommetjie
b) omie
b) paadjie
b) piesankie
b) matjie
b) ogie
3.1
3.2
3.3
Woorde word herhaal
Verbinding met -“hulle”
Naam wat met rigting verbind word
4.1
opgeëet (LW: Die deelteken word op die middelste “e” geplaas)
14
4.2
4.3
SA5
SA6
trôe
finansiële
Voorbereiding vir eksamen Skryf verhalende/beskrywende/ bespiegelende/argumenterende/ beredeneerde opstelle
Kies ‘n onderwerp en beplan deur middel van kopkaart\
1.
2.
3.
4.
5.
6.
15
Related documents
Download