Uploaded by tmuller

Gr.5 EAT Begriptoets

advertisement
Afrikaans EAT
Begripstoetse
Gr.5
Die leeu se pruik
1. „n Ou leeu wou eendag in „n opvoering (show) speel. Maar
daar was „n probleem. Al sy maanhare het uitgeval. Dis mos
wat gebeur as „n leeu oud word.
2. Hy koop toe „n pruik.Pragtig en blink, net soos „n sterk
leeumannetjie se maanhare. Hy het nog nooit so goed gelyk
nie!
3. Die aand met die opvoering gaan alles goed. Maar toe begin
„n sterk wind te waai.
4. Die ou leeu wou nog keer, maar die wind ruk die pruik
van sy kop af. Gelukkig kon hy vinnig dink. Hy sê toe vir die
gehoor.“As jou eie hare nie eens op jou
kop wil bly nie, sal iemand anders s‟n
seker ook nie.”
5.
Les: As iets nie bedoel is om tegebeur
nie, kan jy dit nie maak gebeur nie.
(Fanie Viljoen. Ongepubliseer)
Vrae
1. Wat is die titel van die storie?
2. Wat beteken die woord pruik in die titel?
_
3. Was die leeu „n ou leeu of was hy „n jong leeu?
4. Die leeu wou graag in „n opvoering speel, maar wat was die probleem?
5. Gee ʼn moontlike rede waarom die leeu se maanhare uitgeval het.
6. Wie is die hoofkarakter van die fabel?
7.Wat het op die verhoog gebeur?
8. Wat is die les wat ons uit die fabel kan leer?
_
Die esel en die hond
„n Esel en „n hond moes op „n dag saamreis. Die esel het „n mandjie met
brood op sy rug gehad. Die son het warm geskyn en na drie dae was albei die
diere baie honger en moeg. Op die vierde dag sien hulle „n stroom water en
groen gras op die walle.
Die esel en die hond het gou van die water gedrink en toe het die esel van die
lekker groen gras geëet.
“Jy kan bly wees dat jy gras eet,” sê die hond toe.
“Nou sal jy weer sterk word en verder kan loop, maar wat van my? Ek sal
doodgaan van die honger.”
Die esel antwoord toe: “Ek kry vir jou jammer, maar jy moet maar leer gras
eet.”
“Dit kan ek nie,” sê die hond treurig.
“Sal jy nie vir my help nie? Gee vir my van die brood.”
Die esel wil dit eers nie doen nie. Toe sê hy:
“Nou goed dan, neem een.”
Die hond eet die brood op en voel beter.
Net toe sien hulle „n leeu.
Die leeu brul en sê: “A, „n lekker esel. Ek is lus vir eselvleis!”
Die hond knor : “As jy aan die esel raak, sal ek met jou veg. Die esel het my
gehelp toe ek honger was en nou sal ek hom help.”
Die leeu kyk na die groot hond en toe draai hy om en loop weg.
Vrae
1. Wat het die esel op sy rug gehad?
2. Na hoeveel dae het hul by „n stroom gekom?
3. Hoe het die esel en die donkie hul dors geles?
4. Hoe het die esel sy honger gestil?
_
5. Die esel het gesê die hond moet maar ....................... eet.
6. Wat het die hond geëet?
7. Watter dier het die esel en die hond teëgekom?
8. Wat wou die leeu doen?
9. Waarom het die hond die esel beskerm teen die leeu? Die esel het
10. Wat kan jy uit die storie leer? As jy iemand help, dan sal…………………
1.
hy jou brood eet.
2.
hy jou ook eendag dalk help.
3.
hy die leeus wegjaag.
4.
jy betaal word.
Skryf jou antwoord hier neer.
Uil verloor sy mooi oë
1. Lank gelede, toe voëls kon praat, was daar 'n meisietjie wat goeie
vriende was met 'n uil. Die meisietjie was baie lief vir die uil. Sy het die
uil se mooi oë bewonder.
2. Die twee vriende het gesit en gesels oor verskillende dinge. Die
meisietjie het die uil vertel van haar ma, pa, broers, susters en ook van
haar ouma wat 'n towenaar is. Die uil het haar vertel van alle voëls, die
wat net vleis eet en dié wat wag nadat ander diere geëet het en die kos
wat agter gebly het, dan eet.
3. Eendag het die uil die meisietjie se sonbril geleen. Die meisietjie was
baie jammer vir haar bril. Die uil het gesê dat hy met vakansie gaan en
hy benodig sonbrille. Die meisietjie het dit vir hom gegee. Die uil het
belowe hy sal dit terug bring.
4. Die uil het nie die bril teruggebring nie en die meisietjie was baie
kwaad. Sy het haar ouma vertel van die uil en sy belofte. Haar ouma
het die uil getoor sodat die uil se oë baie groot moet wees. Die uil is nou
baie skaam oor sy oë en daarom gaan hy nie meer uit gedurende die
dag nie.Uit: Lapastories
Vrae
1.1 Met wie was die meisietjie goeie vriende ? (paragraaf 1)
1.2 Wat het die meisietjie bewonder ? (paragraaf 1)
_1_._6_Wat h_e_t d_i_e_uil_by_die me_isie_t_ji_e gele_en ? (paragr_a_af 3_)
1.3 Wat h_e_t_die t_wee vrie_nde gra_ag gedo_en ? (paragr_aaf 2)
_1_._7_Dink aan t_we_e redes waarom die me_isie_t_ji_e b_aie_j_amme_r_vir
haar bril was?
1.4 Noem twee dinge wat die meisietjie vir die uil vertel het :
1.5 Waarvan het die uil haar vertel ? (paragraaf 2)
1.8 Onderstreep die regte antwoord:
Die uil (het / het nie) die bril teruggebring nie.
1.9 Waaroor is die uil nou baie skaam ? (paragraaf 4.)
1.10 Onderstreep die regte antwoord: (paragraaf 4.)
Die meisietjie was baie ( kwaad / hartseer.)
Hoekom Luiperd sy kos in „n boom wegsteek.
1. Lank gelede was daar drie goeie vriende: Luiperd, Jakkals en Hiёna.
Hulle was altyd saam. As Luiperd „n bok vang, eet sy twee maats ook
lekker.
2. Op „n dag word Luiperd siek. Hy kan nie jag nie.
3. “Jakkals, sal jy asseblief vir ons gaan jag? Ek voel nie lekker nie,” vra
Luiperd.
4. Maar lui ou Jakkals sê: “Ag nee. Ek is te moeg. Vra vir Hiёna.”
5. Luiperd vra toe: Hiёna, kan jy asseblief vandag vir ons gaan jag? Ek is
siek.”
6. Maar Hiёna antwoord: “Jammer, ek kan nie jag nie. My voet is seer.”
7. Toe Luiperd dit hoor, is hy woedend. “Ek het gedink julle is my vriende,
maar julle is nikswerd nie. Julle is lui. Ek sal nooit weer vir julle van my
kos gee nie. Ek sal my kos in „n boom ophang. Ek sal seker maak dat
julle nie „n stukkie daarvan kry nie!”
8. Van daardie dag af het Luiperd sy kos in die boom opgedra en daar geёet.
Jakkals en Hiёna kon dit nie bykom nie. Van toe af moes Jakkals en
Hiёna aasvreters word. Hulle kon net die oorskiet wat ander diere los, eet.
9. Dit was „n hartseer dag vir hulle toe hulle Luiperd se vriendskap verloor
het.
Bron: Die Luiperd boek - gr. 5
Vrae
1.3. Hoekom het Luiperd vir Jakkals en Hiëna gevra om te gaan jag?
1.4. Wat het sy vriende hom geantwoord?
1.4.1 Jakkals:
1.4.2 Hiëna:
1.5. Dink jy hulle het die waarheid gepraat? Hoekom sê jy so?
JA
NEE
1.6. Wat dink Luiperd van Jakkals en Hiëna na alles wat gebeur
het?
1.7. Watter sin in paragraaf 1 sê vir ons dat Jakkals en Hiëna nooit
gejag het nie?
1.8.
Waar eet Luiperd nou sy kos?
1.9. Jakkals en Hiëna is nou aasvreters. Wat beteken dit?
1.10. Hoekom het die twee maats Luiperd se vriendskap
verloor? Verduidelik in jou eie woorde.
Verantwoordelikheid
1.
Dit is verstommend hoeveel verlore goedere daar daagliks by ons skool
rondlê. Enigiets van dasse tot kosblikke. „n Mens sal sê geld groei op die
Laerskool Heuwelsig ouers se rûe.
2.
Het julle geweet dat die arme mev. Pillay, ons hardwerkende
sekretaresse, elke middag na skool al daardie verlore goedere moet
bymekaarmaak?
Besef julle dat dit haar taak is om alles in die
verloregoedere - houer by ontvangs te gaan sit? Nadat sy alles opgetel het
wat die skoolgrond vol lê, stel sy „n lys van verlore goedere op. Ek dink sy
verdien „n medalje. Ek sou al soooo geïrriteerd gewees het as ek sy was.
3.
Week na week word daardie lys op die skool se kennisgewingbord
geplak, „n mens sou verwag dat dit die eerste plek sal wees waar enigiemand
wat iets verloor het, sal gaan kyk. Sommige kinders in die skool verkies om
hulle goed net daar in die verloregoedere - houer te los, eerder as om die R5boete te betaal. Dit maak mos nie sin nie.
4.
Wat skort met hierdie prentjie? Die antwoord : Alles !
5.
Wat kan ons hieromtrent doen? Een van die dinge wat die onderwysers
ons leer, is die les van verantwoordelikheid. Ons moet ophou om van ander
mense te verwag om op te ruim waar ons omgekrap het. Kom ons raak
meer georganiseerd en pas ons besittings op. Kom ons maak seker dat alles,
behoorlik gemerk is. As ons elkeen net „n paar dinge verander, sal Laerskool
Heuwelsig trots wees op die verantwoordelike, goed georganiseerde
jongmense wat eendag hier sal uitstap.
Aangepas uit: Slimkoppe
Woorde: 250
Vrae
1.1. Wat gebeur aan die einde van die skooldag met die verlore goedere?
1.2. Hoe sou die spreker voel as sy al die verlore goedere moes optel?
1.3. Verbeel jou jy is „n leerder van Laerskool Heuwelsig. Jy het jou kosblik
verloor. Verduidelik wat jy sal doen om dit terug te kry.
1.4. Onderstreep die korrekte antwoord:
Die storie kan beskryf word as:
Krities en negatief
Bemoedigend en positief
Humoristies en sinloos
Dramaties en oordrewe
1.5. Stem jy saam met die bewering dat kinders meer verantwoordelik moet
wees. Hoekom sê jy so.
1.6. Watter woord (paragraaf 2) sê vir ons hoe die spreker sal voel as sy elke
middag alles moes optel?
1.7. Bespreek wat ons kan doen om ons verlore goedere op te pas.
(Paragraaf 5).
1.8. Wat is die hoofgedagte van hierdie storie?
DIE PERD EN DIE DONKIE
„n Man het „n perd en „n donkie gehad. Hy het altyd al sy goed op die arme ou
donkie gelaai. Die perd het nooit iets gedra nie. Eendag het hierdie drie, die
man, die perd en die donkie, op „n reis gegaan. Die ou languor kon later amper
nie meer verder nie. Hy vra toe vir die perd om hom te help om die swaar pak
te dra.
Die perd het sy maat skeef aangekyk en gesê: “Jy met jou lang ore en jou vuil
vel, jy is te lui. Dra jou pak. Ek is te mooi en te goed om sulke dinge te doen.”
Die donkie het al swaarder gekry. Hy het geval en bly lê. Hy het nie weer
opgestaan nie. Hy was dood. Daarna het die man al die goed op die lui perd
gepak. Toe he thy die dooie donkie ook nog gevat en op die perd gelaai. Dit was
die mooi dier se straf , omdat hy so lui was
Vrae
(a) Hoekom wou die perd nie vir die donkie die swaar pak help dra nie?
(b) Hoekom het die donkie later geval en doodgegaan?
(c) Wat het die perd vir die donkie gesê?
(d) Hoe het die man die perd gestraf?
(e) Kyk na die sketsie.
(i) Watter dier se ore is die langste?
(ii) Watter dier word hier gedra?
(iii) Waar stap die man in die sketsie?
(iv) Wat is alles op die perd se rug?
DIE HOND EN DIE WATER
Fransie het eendag by „n helder stroom water gespeel. Oor die stroom was „n klein
bruggie van plank. Toe kom daar „n mooi hond verby. Hy het „n lekker groot stuk
vleis in sy bek gedra. Op die bruggie het hy gaan staan. Hy het indie water
gekyk en onder in die water het hy nog „n hond gesien. Die hond het net soos
hy gelyk en ook „n groot stuk vleis in sy bek gehad.
“ Daardie vleis wil ek ook hê “, he thy gedink. Hy het daarna gehap en daarval
sy stuk vleis binne-in die water. Met sy stert tussen sy bene het hy weggedrag. “
Goed so!” het Fransie geskree. “Jy wou twee stukke gehad het, en nou het jy
niks.”
Vrae:
(a) Kyk na die sketsie:
(i) Is dit „n breë brug of „n nou bruggie?
(ii) Kan jy die hond se beeld in die water sien?
Hoe noem „n mens so „n beeld
(iii) Kyk na die seun. Waarom lyk dit of hy so lekker lag?
(b) Waarvan was die bruggie gemaak?
(c) Wat het die hond in sy bek gehad?
(e) Was dit regtig vleis waarna die hond gehap het?
(f) Wat het Fransie vir hom geskree?
_
JAKKALS EN HAAN
Jakkals het vir Haan naby Boer se huis gekry. Hulle twee het lekker gesels.
Toe sê Jakkals: “Ek kan baie dinge doen. Luister!”
Hy het sy een oog toegeknyp en lank getjank.
“Dis niks”, sê Haan. “Luister na my.” Hy het ook sy een oog toegeknyp. Hy
het sy nek gerek en begin kraai …. koekeledoe ……….
Met sy toe oog het hy nie vir Jakkals gesien nie. Toe gryp Jakkals hom in sy
bek en hardloop weg.
“Los vir Haan!” skree Boer. “Haan is myne.”
“Jakkals,” sê Haan, “skree vir Boer terug: „Is nie. Hy is myne!‟ ”
Jakkals het hard geskree: “Is nie! .............. “
Toe val Haan uit Jakkals se bek en vlieg gou in „n boom.
Hy het weer sy nek gerek en weer sy een oog toegeknyp en gekraai:
“Koekeledoe!”
Vrae:
(a) Sê of die volgende waar of onwaar is. Noem jou rede.
(i)
Die haan kon baie dinge doen.
(ii)
Die jakkals het albei sy oë toegeknyp.
(iii)
Die haan het in die boom gevlieg.
(iv) Die jakkals is lekker gekul.
(b) Kyk na die sketsie:
(i)
Hoe is die boer aangetrek?
(ii)
Die haan se kop is na Jakkals toe gedraai. Wat, dink jy, sê hy vir
Jakkals?
DIE DUIFIE EN DIE MIERTJIE
Eendag het „n miertjie na die rivier gegaan om water te drink. Meteens het „n
grassie onder sy pootjies weggegly en hy het binne-in die water geval. Hy het
geswem en alles probeer, maar hy kon nie uitkom nie. „n Duifie het bo in „n
boom gesit. Hy het gesien die miertjie gaan verdrink. Gou het hy „n blaartjie
afgebyt en dit naby die miertjie in die water laat val. Die klein miertjie het op
die blaar geklim en lekker na die wal gedrywe. Hy was weer veilig.
Kort daarna sien die miertjie „n seun met sy rekker. Die stout mannetjie het
saggies nader gekruip om die duif in „n boom te skiet. Die miertjie het vinnig
gestap en die seun se toon gaan byt. Hy het geskrik, na sy voet gegryp en
geskree: “Eina!”
Die duifie het dadelik weggevlieg. Die miertjie het sy lewe gered.
Vrae:
(a) Hoekom het die miertjie in die water geval?
(b) Wat het die duifie gedoen om sy lewe te red?
(c) Wat het met die blaartjie waarop die miertjie gesit het, gebeur?
(d) Wat het die miertjie gedoen sodat die duifie die seun kon sien?
(e) Kyk mooi na die sketsie en vertel van alles wat julle daarop sien.
(f) Wat het die seun geskree?
DIE KAT EN DIE KLOK
Daar was eendag „n kat wat baie muise gevang het. Die arme diertjies was
later baie bang vir hom. Toe roep „n ou muis die klomp bymekaar.
“Maats,” sê hy, “ons moet iets met hierdie kat maak.”
Almal het baie diep gedink. Toe sê „n jong muis met „n blink, vaal vel: “Ek
het „n plan. Ons moet „n klokkie kry en dit om die kat se nek hang. As hy
aankom, lui die klokkie tieng … tieng … tieng. Dan hardloop ons in die
gate en hy kan ons nie kry nie.”
“Dis „n goeie plan”, het al die ander muise geskree.
Toe staan „n stokou muis op en sê: “Maats, wie sal die klok om die kat se
nek gaan hang?”
Hulle het na mekaar gekyk. Almal was te bang. Daarom dra die kat tot
vandag toe nie „n klok om sy nek nie.
Vrae:
(a) Watter muis het al die ander bymekaargeroep?
(b) Watter plan het die jong muis gehad?
(c) Het die ander muise gedink dat dit „n goeie plan was?
(d) Watter een van hulle het die plan gaan uitvoer?
(e) Watter geluid sou die klok maak as die kat loop?
(f) Hoekom was die muise bang vir die kat?
DIE VUURVLIEGIE EN DIE KRAAI
Eendag wou „n kraai „n vuurvliegie vang om te eet. “Wag net so „n bietjie”, sê
die vuurvliegie. “Ek sal vir jou iets moois vertel.”
“Wat kan dit wees?” vra die kraai.
“Luister”, sê die vuurvliegie. “Ek is die enigste vuurvliegie hier in die bos. Ek
sal jou na „n plek toe neem waar honderde vuurvliegies is. Dan kan jy mos
eet so veel soos jy wil.”
Die vuurvliegie neem hom toe na „n
plek waar „n boswagter „n groot vuur
gemaak het. Baie vonkies het in die
lug opgeskiet.
“Kyk na daardie vuurvliegies,” het die
vuurvliegie gesê. “Hulle maak hulle
lekker warm by die vuur. Jy kan
hulle almal vang en opeet. Ek sal
ook vir jou ander plekke gaan wys
waar jy nog meer kan kry.”
Die ou kraai het die vonkies bygedam
en hulle ingesluk.
“O, maar julle is gevaarlike goedjies,” het hy gesê. “My keel brand vreeslik.”
Van toe af het die kraai nooit weer vir vuurvliegies lus gehad nie.
Vrae:
(a) Wat wou die kraai met die vuurvliegie doen?
(b) Watter oulike plan het die vuurvliegie uitgedink?
(c) Wie het die groot vuur in die bos gemaak?
(d) Het die kraai van die vonkies gehou? Waarom dink jy het hy?
(e) Was die vuurvliegie heeltemal eerlik? Is dit mooi om nie eerlik te wees
nie?
DIE DRIE WENSE (I)
„n Arm ou oom en sy vrou het eendag in hulle huisie by „n vuurtjie gesit. Dit
was baie koud. Toe klop iemand aan die deur. Die oom het dit gaan
oopmaak en toe staan „n fee voor hom.
“Oom,” het sy gesê, “Oom en Oom se vrou kan drie dinge wens. Daardie
wense sal uitkom.”
Toe die oom weer kyk, was die fee weg.
Die oom het alles vir sy vrou vertel. Hulle het gewonder wat hulle moet
wens. Hulle het lank gedink.
Toe wou die vuurtjie doodgaan. Die tante het houtjies opgesit. Daarna sê sy:
“Ou man, ek wens ons het „n lekker stuk wors om nou hier te braai.”
Meteens het „n heerlike stuk wors deur die skoorsteen langs die vuur geval.
(a) Kyk mooi na die sketsie:
(i)
Staan die oom aan die linkerkant of regterkant van sy vrou?
(ii)
Wat staan op die rakkie bokant die stoof?
(iii)
Watter goedjies hang naby die tante se kop?
(vi) Wat hang aan elke kant van die venster?
(b) Hoekom het die ou oom en sy vrou by die vuurtjie gesit?
(c) Wie het aan die deur geklop?
(d) Die ou tante het die een wens vermors. Hoekom dink jy ook so?
DIE DRIE WENSE (II)
Die oom was sommer dadelik kwaad.
“Ons het net drie wense,” sê hy, “en daar het jy nou een vermors. Jy is „n
dom vrou, weet jy? Ek wens die ent van die wors sit aan jou neus vas.”
“O!” skree die tante.
Toe die oom kyk, hang die stuk wors aan die punt van haar neus. Sy het
getrek. Hulle twee het albei getrek. Hulle kon dit nie loskry nie.
“Ag tog! Ag tog!” het die tante gehuil. “Moet ek my lewe lank met „n
halfmeter wors aan my neus loop?”
Hulle het oor die saak gesels. Toe sê die oom: “Ek wens die wors gaan los
van jou neus af.”
Meteens het dit op die vloer geval.
Hulle kon niks meer wens nie, maar hulle was tog weer gelukkig, hierdie
arm ou oom en arm ou tante.
Vrae
a) Hoekom het die ou oom gesê sy vrou is dom?
(b) Was die ou oom slimmer? Hoekom dink jy so?
(c) Wie het almal help trek om die wors van die ou tante se neus los te kry?
(d) Wat was die derde wens?
(e) Hoe lank was die wors?
(f) Was die ou oom en tante arm of ryk.
DIE TWEE MUISVRIENDE (I)
Baie lank gelede was daar twee muise. Hulle was groot vriende. Die een het
van die plaas af gekom en die ander van die dorp af.
Die plaasmuis nooi toe die dorpsmuis om by hom te kom kuier. Daar het
hulle heerlik geëet, want koring, mielies en wortels was volop.
Eendag sê die dorpsmuis: “Dis nie lekker hier nie. Julle lewe soos miere.
Kom kuier by my op die dorp. Ek sal vir jou wys wat heerlike kos is. Daar is
brood, droëvye, heuning, rosyntjies en kaas.”
Hulle het op die dorp aangekom. Die dorpsmuis het „n lekker stuk kaas in
die kombuig gekry. Hulle het dit geëet toe iemand skielik binnekom. Vinnig
het hulle na die muisgat toe gehardloop en onder die donker vloer gaan
wegkruip.
Vrae
(a) Waar het die twee muise gewoon?
(b) Watter soort kos was op die plaas?
(c) Watter soort kos was op die dorp?
(d) Waar het die muise die kaas geëet?
(e) Waar het hulle gaan wegkruip?
DIE TWEE MUISVRIENDE (II)
Die volgende dag was alles stil in die huis. Hulle het saggies deur die nou
gat gekruip. Die dorpsmuis het kaas en rosyntjies gebring. Die ontbyt was
heerlik. Hulle pensies het sommer so rond geword.
Weer het iemand binnegekom. Hulle het weggehardloop na die gat toe.
Hulle wou deurgaan, maar o wee! Hulle lyfies was te vet. Hulle het gedruk
en gedruk. Later was hulle weer albei onder die vloer en uitasem. Die
plaasmuis het sy een ogie voor die gat gesit en geloer. Buite het hy twee
groot blink oë gesien. Dit was die huiskat wat vir hulle gewag het. Dié
middag was die plaasmuis baie honger, maar die kat was nog altyd daar.
“Maat,” sê hy vir die dorpsmuis, “jou kos is regtig lekker, maar ek gaan terug
plaas toe. Hier is te veel gevare. Hier is „n muis nie seker van sy lewe nie.
Eet maar lekker. Tot siens!”
Daarna het die plaasmuis deur „n gat wat buitentoe uitgaan, gekruip. Toe
het hy met sy kort muisbeentjies plaas toe begin draf.
Vrae:
(a) “Die ontbyt was heerlik,” lees ons.
Wanneer eet „n mens ontbyt?
(b) Hoekom het die muise die tweede keer moeilik deur die gat gekom?
(c) Hoekom was hulle so uitasem?
(d) Wie se twee groot blink oë het die muis gesien?
(f) Hoekom het die plaasmuis weer plaas toe gegaan?
DIE DONKIE EN DIE LEEUVEL
Eendag, baie lank gelede, was daar „n smous wat „n donkie gehad het. Hy
het van dorp tot dorp gegaan om knope, spelde, kamme en linte te verkoop.
Sy donkie het alles gedra.
Bo-op die vrag was ook die vel van „n leeu. Dit was mooi toegevou en die
mense het nie geweet wat dit was nie.
Die smous was slim, maar hy was ook skelm. As sy donkie honger kry, het
hy mooitjies die leeuvel oor die donkie se lyf en kop getrek. Dan het hy hom
lekker in die ander mense se veld en koring laat wei.
Die mense was altyd te bang om naby die leeu te kom en om hom weg te jag.
Hulle het liewer so vinnig soos hulle kon, weggehardloop. Daarom het die
smous nooit „n sent vir die donkie se kos betaal nie.
Dit was „n slim, maar ook „n skelm plan.
Vrae
(a) Wat het die smous alles verkoop?
(b) Wat het die smous bo-op die vrag vasgemaak?
(c) Hoekom het die mense nie geweet wat dit was nie?
(d) Wat het hy altyd met daardie ding gemaak?
(e) Hoekom het hy nooit vir sy donkie se voer betaal nie?
DIE DONKIE EN DIE LEEUVEL (II)
Eendag het die donkie weer so lekker langs „n voetpaadjie gewei. Vier mans het
aangestap gekom en hulle boeglam geskrik toe hulle die lelike leeu sien. Hulle
het omgespring en gehardloop dat die stof so staan.
“ Ek moet darem baie wreed lyk,” het die donkie gedink.
“ Al die mense is vir my bang. Ek gaan hulle nog banger maak. Ek gaan vir hulle
skree: „Hee-hô! Hee-hô!‟”
Meteens het die mans gaan staan en na mekaar gekyk.
“ Dis „n snaakse geluid vir „n leeu,” het die een gesê.
“ Dit klink meer na „n donkie,” het die ander geantwoord.
“ Kom ons gaan kyk,” het die derde gesê.
“ Luister net,” het „n vierde uitgeroep. Hulle het weer gehoor: “ Hee-hô!
Hee-hô!”
Gou het hulle teruggegaan. Die donkie het geskrik en weggehardloop, maar
die vier mans het hom gevang. Hulle het die leeu se vel van hom afgeruk, en
hom „n goeie pak slae gegee. Daarna het hulle hom weggejaag.
Vrae
(a) Hoekom het die vier mans hulle boeglam geskrik?
(b) Wat het hulle gedoen nadat hulle so geskrik het?
(c) Wat het die donkie gedoen om hulle nog banger te maak?
(d) Hoekom het die vier mans meteens gaan staan?
(e) Wat het hulle gedoen om die ou donkie te straf?
„N ONGELUK
1. Tom was baie bly, want sy pa het vir hom „n fiets gegee. Nou kon hy
elke mộre op sy fiets skool ry.
2. Een oggend het Tom weer skool toe gery. Omdat dit laat was, het hy
baie vinnig gery. Daar het „n groot klip in die pad gelê, maar Tom het
dit nie betyds gesien nie.
3. Toe Tom oor die klip ry, kon hy die fiets nie vashou nie. Die voorwiel
het regs geswaai en Tom het hard op die grond geval. Daar het hy bly
lê.
4. Twee mans het met „n bakkie daar verbygery. Hulle het Tom opgetel
en hospitaal toe geneem. Daar was geen dokter aan diens by die
hospital nie.Hulle moes „n dokter bel en vir Tom se ouers gaan sê wat
gebeur het.
5. Tom het nie baie seer gekry nie. Hy moes twee dae in die hospitaal
bly,toe kon hy weer huis toe gaan.
Vrae
1.1 Hoekom was Tom baie bly?
1.2 Wat het Tom elke mộre gedoen?
1.3 Hoekom het Tom so vining gery?
1.4 Wat het Tom nie betyds gesien nie?
1.5 Wie het Tom opgetel?
1.6
Is die volgende sinne waar of onwaar?
Bv. Tom het skool toe geloop: onwaar.
a.
Drie mans het hom opgetel.
b.
Hulle het Tom hospitaal toe geneem.
c.
Tom het vir sy ouers gesê wat gebeur het.
d.
Tom het baie seer gekry.
e.
Tom moes vir twee dae in die hospitaal bly.
1.7 Onderstreep die regte woord om die sinne waar te maak.
a.
Elke (middag, mộre) ry Tom op sy fiets skooltoe.
b.
Daar het „n groot (klip, rots) in die pad gelê.
c.
Tom het hard op die grond (gelê, geval).
d.
Die mans het in „n (bakkie, bus) gery.
e.
Sy (oupa, pa) het vir hom die fiets gegee.
Lees die gedig “Die fiets” en beantwoord die vrae.
DIE FIETS
Van al die baie goed
Wat op die paaie ry
Bly die fiets nog steeds
Die snaakste ding vir my
Die wieletjies so dun en skraal
Moet jy met jou voet maal
Dit maak jou bene gou-gou lam
En laat jou lyf ook moeg en stram
Vrae
1.8.1
Soek vir 8 woorde wat in the gedig rym (rymwoorde)
bv. met – het.
1.8.2.
1.8.3
a.
c.
b.
d.
Wat sê sy is die snaakste ding?
Hoe lyk die fiets se wieletjies?
1.8.4 Hoeveel wiele het „n fiets?
1.8.5 Soek vir twee woorde in die gedig met die aa klank.
+
1.8.6 Soek vir een woord in die gedig is, met die aai klank.
Die jakkals en die kraai.
1)
Reynard, die jakkals, sien een
oggend hoe „n kraai met „n stuk
kaas in sy bek wegvlieg en op
„n hoë tak in „n boom gaan sit.
“Daardie stuk kaas wil ek hê,”
dink die jakkals en stap na die
boom.
2)
“Goeiedag, meneer Kraai,” roep
hy. “Hoe goed lyk jy nie vandag
nie ? Jou vere glinster en jou oë
is so helder. Ek is seker jou stem
is mooier en beter as al die ander
voëls s‟n. Laat ek net een van jou
liedjies hoor sodat ek jou die koning
van die voëls kan noem”. Die kraai
stoot sy bors trots uit en voel baie
bly oor die jakkals se woorde.
3)
Die kraai, wat eintlik nie baie goed
kon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras.Maar die
oomblik toe hy sy bek oopmaak,val die stuk kaas op die grond.
Reynard, die jakkals, gryp dit natuurlik onmiddellik en vreet dit op.
“Dis genoeg,” sy hy. “Dit is al wat ek wou hê.” Hy kyk op
na die kraai en sê : “In ruil vir die kaas gee ek jou „n stukkie advies vir
die toekoms. Moenie vleiers vetrou nie.”
4)
Die jakkals draai om en stap weg en laat „n verslae kraai agter. Hy besef
dat die jakkals hom „n streep getrek het en dat hy in die strik getrap
het. Gegrief vlieg die kraai weg om verder te gaan soek vir iets om te eet.
Vrae
1.1. Beantwoord
onderstreep:
die
volgende
vraag
deur
die
regte
1.1.1. Wat wou die jakkals graag gehad het ? (paragraaf 1)
a)
b)
c)
d)
e)
Die kraai se stuk kaas.
Die kraai se vere.
Die kraai se pote.
Die kraai se stem.
Nie een van die antwoorde nie.
antwoord
te
1.1.2. Waarom het die jakkals vir die kraai gevlei ? (paragraaf 3)
1.1.3Waarom was die kraai so trots oor die jakkals se woorde ? (paragraaf 2)
1.1.4. Wat beteken die woord “glinster” ? (paragraaf 2) “Jou vere glinster.”
1.1.5. Wat was die grootste fout wat die kraai gemaak het ? (paragraaf 3)
1.1.6. Waarom het die kraai vir die jakkals begin sing ? (paragraaf 2)
1.2. Soek sinonieme in die storie vir die volgende woorde:
byvoorbeeld raad: (paragraaf 3) advies. (Woorde met dieselfde
betekenis.)
1.2.1.
gelukkig (paragraaf 2)
1.2.2.
hoogmoedig (paragraaf 2)
1.3
Soek antonieme in die storie vir die volgende woorde:
byvoorbeeld toemaak: (paragraaf 3) oopmaak. (Woorde met die
teenoorgestelde betekenis.)
1.3.1.
lae
(paragraaf 1)
1.3.2.
wantrou (paragraaf 3)
Download