Uploaded by H Hayes

1673256534208 BELANGRIKE INLIGTING 2023 230109 112933

advertisement
LAERSKOOL GARSFONTEIN GARSIES GRAAD R KONTAKBESONDERHEDE:
Straatadres:
Rina van Zylstraat 393, Garsfontein
Posadres:
Posbus 905-933, Garsfontein, 0042
Telefoonnommer:
012-348 1269 / 70
Eposadresse:
Algemeen:
kantoor@lsgf.co.za
Graadleier:
este@lsgf.co.za
Finansies & registrasies van nuwe Gr R leerders:
yolande@lsgf.co.za
ONS VISIE
Ons poog om in alles wat ons doen ‘n skool vir uitnemendheid te wees.
ONS MISSIE
Ons streef daarna om:
 Die leerders veilig en geborge te laat voel en hulle selfvertroue
te bevorder.
 Die leerders skoolgereed te kry vir Graad 1.
 Elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel en uit te bou.
 Sosiaal aanpasbare leerders na Graad 1 te stuur.
ONS SKOOLURE
 Die skooldag begin elke dag stiptelik om 07:30 en eindig om 12:30.
 Die personeel is vanaf 07:00 in hul klasse beskikbaar maar kan
ongelukkig nie verantwoordelikheid neem vir leerders wat VOOR
dan opdaag nie.
 Daar is ‘n wagklas-fasiliteit slegs tot 13:15. Daarna sal leerders
onder toesig van die naskoolsentrum geplaas word. ‘n Boete van
R50,00 is betaalbaar vir elke 15 minute wat die kleuter laat
afgehaal word.
 Die skool sluit die laaste dag van elke kwartaal vroeër. U sal per
omsendbrief daarvan verwittig word.
 Die skool (asook die kantoor) is gedurende vakansies gesluit.
PROFESSIONELE BESTUUR GEMOEID MET GRAAD R
Mnr Neels Snyman
Skoolhoof
Me Louisa Reeves
Departementshoof: Gr R en Gr 1
Me Esté Roos
Graadleier
GRAAD R PERSONEEL
Bytjieklas
Me Karen Venter
Simbool:
G
Renostertjieklas
Me Leann Venter
Simbool:
A
Beertjieklas
Me Candice Thompson
Simbool:
R
Sterretjieklas
Me Natasha Barnard
Simbool:
S
Skapieklas
Me Lienkie Lamprecht
Simbool:
F
Vissieklas
Me Esté Roos
Simbool:
O
Leeutjieklas
Me Sunel Fourie
Simbool:
N
Hasieklas
Me Janine Schoeman
Simbool:
T
Smurfieklas
Me Lizelle Venter
Simbool:
E
KLEREDRAG
 Die leerders kom met gewone speelklere skool toe.
 MERK asseblief al u kind se klere, aangesien dit kan wegraak. Die
Gr R-personeel kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word
nie.
 Pak ‘n ekstra stel skoon klere in, net vir in geval.
 Verlore klere sal vir een week gebêre word en daarna aan die
Garshand geskenk word.
VERVERSINGS
Pak asseblief vir u kind ‘n gesonde en voedsame toebroodjie, vrugte
en koeldrank / sap in. Geen lekkernye, skyfies (“chips”), gaskoeldrank
of Energade gedurende die week nie. Bêre liefs die soetgoed vir
Vrydae se snoepie.
MEDISYNE
 Alle medisyne moet duidelik gemerk word.
 Medisyne moet nie in u kind se tas gesit word nie, dit kan breek en
is gevaarlik. Oorhandig dit aan u kind se onderwyseres en teken
dit in die medisyneboek aan.
SPEELGOED
Geen speelgoed mag saamgebring word nie! Dit kan wegraak en die
personeel kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
SNOEPIE
Die leerders mag slegs op Vrydae versnapperings by die snoepie
aankoop.
ASSESSERING
 Assessering vind deurlopend plaas.
 Verslae word aan die einde van elke kwartaal aan u kind gegee.
 Leerders moet asseblief elke dag skool toe kom om te voorkom
dat hulle agter raak met assesserings. Indien ‘n leerder egter siek
is, sal hy/sy van skool verskoon word.
NASKOOL
Daar is ‘n naskool op die perseel. Naskoolpersoneel kom haal die
kinders om 12:30 by die klasse af. Die naskool funksioneer egter
onafhanklik van die skool en daarom behartig hulle self hulle
administrasie. U is self verantwoordelik om reëlings te tref vir die
bywoning van u kind by ‘n naskool.
Hier volg inligting van naskole in die omliggende omgewing:
Naam van naskool
Garsie naskool
(op perseel)
Ballamorie
Studiesentrum
Naskool@Garsies
Dinky Dots
Little Lambs
Voetspore
Klitsie Naskool
Happy Feet
Kontakpersoon
Riana
Kontaknommer
Judy Oberholzer
064 660 4991
(Whatsapp)
082 775 4949
Karen Grobler
Estelle Mocke
Letchen Pretorius
Lydia van Deventer
Alta Pretorius
Jennifer Sapsford
082 224 6890
083 444 7240
082 958 9719
071 532 1225
082 296 6828
082 578 9640
SKOOLGELD VIR 2023
Die inskrywingsfooi van R800 (betaalbaar met inskrywing vir bestaande
ouers en vir die publiek sodra suksesvolle registrasie bevestig is) asook
R2 500 deposito wat teen 30 September 2022 betaalbaar is, word teen
u skoolfondsrekening gekrediteer in Januarie 2023. Betalings van die
R2 500 wat na September gemaak word sal ook gekrediteer word teen
die skoolfondsrekening in Januarie 2023.
Die skoolfonds vir 2023 word tydens November 2022 vasgestel. Die bedrag
is betaalbaar vir ‘n tydperk van 10 maande. U sal betyds verwittig word
van die bedrag betaalbaar per maand.
Indien u die bedrag van R3 300 (inskrywingsfooi asook deposito soos bo
vermeld) reeds in 2022 betaal, is u slegs vanaf 1 Februarie 2023
aanspreeklik vir die betaling van skoolgeld.
Skoolgeld is vooruitbetaalbaar en moet voor / op die 7de van elke maand
betaal word.
Die betaling van skoolgelde moet asb elektronies geskied:
Direkte inbetalings (EFT) in die volgende bankrekening:
REKENINGNAAM:
Laerskool Garsfontein
BANK:
ABSA
TJEKREKENINGNOMMER:
3490 146 570
TAKKODE:
632 005
Tydelike verwysing is as volg:
Leerder se naam & van, Gr R ’23. U sal ‘n rekeningstaat tydens Januarie
ontvang met u kind se rekeningnommer wat voortaan as verwysing
gebruik moet word. Epos asb bewys van betaling aan Me. Yolandé
von Wielligh by die Graad R kantoor by: yolande@lsgf.co.za
NB NB NB:
U word versoek om nie u Gr R leerder se skoolfonds saam met
u ouer kind se skoolfonds te betaal nie. U Gr R kind se
rekeningnommer is uniek en verskil van u laerskoolkind se
rekeningnommer. Sulke betalings raak onmoontlik om na te
speur.
Kaartfasiliteite
Beskikbaar by die finansieskantoor van die Laerskool.
GRAAD R SKOOLGELDNAVRAE
Kontakpersoon:
Me. Yolandé von Wielligh
Telefoonnommer:
012-348 1269 / 70
Eposadres:
yolande@lsgf.co.za
REKENAARGELETTERDHEID
Vind een keer per week, in ons nuut opgegradeerde sentrum, plaas.
SPORT
Die volgende sportsoorte vorm deel van Garsies Graad R se
buitemuurse program:
Atletiek;
Playball;
Bulletjie-rugby;
Mini-netbal (slegs vaardighede word aangeleer.
wedstryde.)
 Krieket.




Geen
(Hierdie aktwiteite word deur die skool se afrigters aangebied.)
KULTUUR
Die volgende kultuuraktiwiteite word vir Graad R by die skool, deur die
skool, aangebied:
 Koor;





Gumboots;
Voordrag;
Sangspeletjie;
Trompoppies;
Kombuisorkes.
LEERLING-ONDERSTEUNINGS-KOÖRDINEERDER (LOK)
Laerskool Garsfontein beskik oor ‘n Leerling-OndersteuningsKoördineerder (LOK), by name Natasha van Dyk (082 556 4323).
Haar taak is om probleme by laerskoolleerlinge te identifiseer. ‘n
Aanbeveling word dan gemaak en leerlinge word na bv. arbeids-,
spraak-, of spelterapeute verwys. Die skool beskik oor ‘n lys van
voorkeurterapeute wat gebruik kan word.
Terapie is vir u eie rekening.
ARBEIDSTERAPEUT – GRAAD R
Daar is ‘n voltydse arbeidsterapeut werksaam by Garsies Graad R.
Daar word in groepsverband sifting, gestandaardiseerde persepsuele
evaluasies en kliniese waarnemings met leerders gedoen. Individuele
arbeidsterapie en verwysing na buite-terapeute word ook gedoen. Die
buiteverwysings is vir die rekening van die ouers. Geen terapie word
deur dié terapeut gedoen nie.
EERSTE SKOOLDAG
 Die skool begin op 11 Januarie 2023.
 Personeel is daagliks eers vanaf 07:00 in hul klaskamers beskikbaar
en kan nie verantwoordelik gehou word vir leerders wat vroeër
opdaag nie.
 Leerders moet voor 07:30 by hul klasse aanmeld.
 Leerders sal al hul skryfbehoeftes asook ‘n skooltas op die eerste
dag van skool ontvang.
INLIGTINGSAAND
‘n Inligtingsaand vind gewoonlik op die eerste Donderdag van die
eerste skoolweek om 18:30 in u kind se klas plaas.
BUITEMUURSE AKTIWITEITE AANGEBIED (NIE DEUR DIE SKOOL)
Alle inligting in verband met hierdie aktiwiteite word vanaf die tweede
skoolweek in Januarie aan die ouers gestuur via die kind se posbus. Dit
sluit aktiwiteite in soos tennis, skaak en gimnastiek. Bêre asseblief die
inligting op ‘n veilige plek, aangesien die Graad R kantoor en die
onderwysers nie oor hierdie inligting beskik nie. Kommunikasie vind
direk tussen die ouers en afrigters plaas.
TOEGANG TOT GRAAD R KLASSE
Toegang tot die Graad R perseel word verkry te Zitastraat. Die hek
word in die oggende deur ‘n veiligheidswag om 07:40 gesluit en eers
weer om 12:30 oopgemaak.
Baie belangrik: Indien u na 7:40 by die skool aankom, sal u dan by die
hoofingang te Rina van Zylstraat parkeer en via ontvangs, die vierkant
en dan die klein Gr R hekkie langs die Graad R kantoor beweeg na die
kind se klas toe. U sal NIE via Zitastraat se hek toegang verkry nie.
Gebruik asb die ingang by die skoolkantoor in Rina van Zylstraat indien
die leerder vroeër huistoe gaan (bv. wanneer die leerder siek is).
GRAAD R KANTOOR: DEBITEURE & REGISTRASIES
Die Graad R kantoor is vanaf 06:55 – 14:00 tot u beskikking.
Die verantwoordelikhede van Me. Yolandé von Wielligh by die kantoor
sluit die volgende in:




Debiteure (Graad R skoolgeld);
Hantering van Graad R inskrywings;
Byhou van waglyste;
Toegangsbeheer.
SKOOLKOMMUNIKEERDER
Ons doen ‘n vriendelike beroep op u, om asseblief die
Skoolkommunikeerder op u selfoon of rekenaar te laai. U kan dit doen
deur na die volgende skakel te gaan:
http://www.school-communicator.com/downloads en die nodige
stappe te volg.
Sommige van ons kommunikasie aan ouers word deur middel hiervan
gedoen, veral tydens situasies waar daar nie tyd is om briewe uit te
stuur nie bv. kansellering van sport as gevolg van ongure weer ens.
INSKRYWINGS VIR 2024
Ouers wat reeds leerders in die laerskool het, kry geleentheid om Gr R
2024 leerders al vanaf Januarie 2023 in te skryf. ‘n Inskrywingsfooi van
R800 is betaalbaar met inskrywing of so spoedig moontlik daarna. ‘n
Verdere bedrag van R2 500 is betaalbaar voor /op 30 September 2023
vir u skoolfonds vir Januarie 2024. Beide bedrae word t.o.v die
skoolgeldrekening van die kind aangewend.
NB: Aansoeke vir die publiek sal vanaf einde Februarie oopgestel
word.
‘n Garsie t-hemp, skryfbehoeftes, asook ‘n skooltas word aan elke
leerder voorsien. Ouers word versoek om een boks snesies en ‘n
Afrikaanse storieboek per jaar (tydens Januarie) te voorsien.
***Klasindelings van leerders word deur die Graad R bestuur behartig
en ouers kan ongelukkig nie eise, in die verband, stel nie.
DAGPROGRAM
07:00 - 08:00
:
Aankoms, vryspel.
08:00 - 08:15
:
Samekoms.
08:15 - 08:25
:
Luister en praat / register / weerkaart /
verjaarsdae.
08:25 - 08:55
:
Wiskunde.
08:55 - 09:05
:
Toiletroetine.
09:05 - 09:30
:
Verversings.
09:30 - 10:30
:
Buitespel en toiletroetine.
10:30 - 11:00
:
Temabespreking, persoonlike en sosiale
welstand.
11:00 - 12:15
:
Ontluikende lees, gedeelde lees en
selfstandige lees (DAR).
12:15 - 12:30
:
Fonemies (aanleer van klanke).
12:30
:
Leerders verdaag.
(Wagklas by Juffrou slegs tot 13:15)
Related documents
Download