Uploaded by Tashlin Fortuin

Die watersiklus

advertisement
Die watersiklus
Mense sê die Aarde is die blou planeet, omdat die grootste deel
van die aarde se oppervlak met water bedek is, terwyl land 'n
kleiner deel van die oppervlak vorm.
Wat is die watersiklus?
Die watersiklus verwys na hoe water verander van een toestand
na 'n ander, in 'n siklus. Dit vind oor ons hele planeet plaas.
Stappe in die watersiklus:
1. Die Son se hitte veroorsaak dat water uit die oseane,
strome, riviere en mere verdamp.
2. Verdamping vind plaas en die waterdamp styg in die lug
op.
3. Hoër op in die lug waar die lug koeler is, kondenseer die
waterdamp tot miljoene waterdruppels wat saam 'n wolk
vorm.
4. Wanneer die waterdruppels in die wolke groter raak, val van
die water na die aarde as reën. Die wetenskaplike woord vir
hierdie proses is neerslag. In ander wolke wat nog kouer
word, vries die waterdamp en vorm dan sneeu. Die sneeu
val na die grond en smelt.
5. Van die afloopwater wat op die grond val, vloei na die riviere
en dan na die oseane. Hierdie water sal weer verdamp, wat
die watersiklus weer van voor af begin
Download