Uploaded by Liezl de Klerk

Kenmerke van jeugroman

advertisement
Afrikaans
Kenmerke van ‘n
jeugroman
(Bl.63)
Wat is ‘n jeugroman?
‘n Jeugroman is boek wat hoofsaaklik geskryf is vir jonger
mense (tussen 12 en 18 jaar).
Die gebeure en storielyn pas gewoonlik by die daaglikse lewe
van kinders van diè ouderdom.
Hierdie stories het spesifieke kenmerke, soos enige ander
soort teks/roman.
Verteller
Die persoon wat die verhaal of storie vertel.
Eerstepersoonverteller
Derdepersoonverteller
Die “ek-verteller”, dit is een van die
karakters in die storie en hulle vertel
die storie uit hulle oogpunt.
Die derdepersoonverteller is nie self in
die verhaal nie. Die soort verteller kan
enige tyd op enige plek wees en kan
weet wat alle karakters dink en voel.
Bv. Vandag is my eerste dag by die
skool. Ek is vreesbevange. My maag
trek in mekaar soos ek na die
skoolhekke loop.
Soms beskryf ‘n derdepersoonverteller
die gebeure uit die hoofkarakter se
oogpunt en is dan die fokalisator.
Bv. Vandag is Nadia se eerste dag in ‘n
nuwe skool. Sy is vreesbevange. Haar
maag trek inmekaar soos sy na die
skoolhekke loop.
Karakters
-
Die karakters is die mense/diere in die storie.
-
Die hoofkarakter is die een waaroor die storie gaan.
-
Ons kan ‘goeie’ karakters en ‘slegte’ karakters kry in ‘n roman.
-
Daar is verskillende maniere om ‘n karakter voor te stel:
-
Die verteller kan beskryf hoe die karakter lyk en hul persoonlikheid.
“Hy was ‘n lang, skraal seun. Hy was baie skaam, maar het ‘n kort humeur gehad.”
-
Lesers kan aflei watter eienskappe die karakter het deur hoe hy/sy optree.
“Jan skop Mike se tas soos hy verby hom in die ry loop en lag vir sy stukkende skoene.”
-
Die gedagtes van die karakter word beskryf.
“Ai, ek wens hulle wil nie so lelik wees met Mike nie. Eendag gaan ek genoeg guts hê om iets
te sê.”
-
Daar word vertel wat ander persone van die karakter sê.
“Mike is ‘n regte nerd, maar ek het al gesien hoe skree hy op sy sussie in die winkel. Ek sou
versigtig wees as ek Jan was.”
Die ruimte
Die gebeure/
intrige
Konflik
Is die tyd en plek waarin die verhaal afspeel.
Bv. By die skool, huis en inkopiesentrum
Die dinge wat die karakter beleef (‘n probleem, avontuur, reis) wat ‘n
invloed op daardie karakter het. Dit lei gewoonlik tot ‘n verandering of
oplossing of oorwinning aan die einde.
Dit is die botsing wat plaasvind in die verhaal.
Uiterlike konflik is met ander karakters, die skool of hul ouers ens.
Innerlike konflik is wanneer die karakter konflik binne hom-of
haarself het. “Eendag gaan ek genoeg guts hê.”
Die
boodskap
Dit wat ons kan leer in die verhaal.
Bv. Aanhouer wen of vriende maak die lewe beter
Baie soos die boodskap, maar word gewoonlik in een woord opgesom.
Die tema
Bv. Vriendskap/ uithouvermoë/ liefde/dapperheid
Download
Study collections