DIE FUNKSIONERING VAN GELOOFSINSTELLINGS IN SUID-AFRIKA: ´N PUBLIEKREGTELIKE ONDERSOEK deur ELIZABETH HELENA VAN COLLER 200837966 Proefskrif voorgelê om te voldoen aan die vereistes vir die graad DOCTOR LEGUM in PUBLIEKREG in die FAKULTEIT REGSGELEERDHEID aan die UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG PROMOTOR: Prof. HA Strydom MEDE-PROMOTOR: Prof. P Coertzen (Universiteit van Stellenbosch) 2012 Vir André 1 Dankbetuigings Die totstandkoming en voltooiing van hierdie proefskrif kon slegs geskied met die (morele, finansiële en dikwels ook emosionele en hardhandige!) ondersteuning van verskeie mense en instansies wat ´n rol gespeel en ´n bydrae gemaak het tot hierdie wonderlike projek. My opregte dank en erkenning aan die volgende persone en instansies: • My Hemelse Vader vir talente, en geleenthede en mense wat Hy die afgelope 34 jaar op my pad geplaas het om my voete, hande en gedagtes vleuels te gee. • Aan my Pa en Ma wat my wonderlike geleenthede gebied het om groot te word, te studeer, op my eie voete te staan en sonder wie ek hierdie projek nie sou kon aanpak nie. • My vriende, familie en kollegas wat uit hulle pad gegaan het om raad te gee, belang te stel, te ondersteun en te simpatiseer waar dit nodig was. • Spesiale dankie aan André, wat in my bly glo het en wat soms met die sambok moes inklim, my oor die vingers moes tik, maar wat met liefde en geduld saam met my die pad gestap het, vasgebyt het en my aangespoor het. • My promoter, Prof Hennie Strydom en mede-promotor Prof Pieter Coertzen vir hulle leiding, geduld en akademiese onderskraging. • Kollegas by die Department Afrikaans & Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, en in die besonder Gini Keyser, vir die tegniese en taalversorging. • Die eksaminatore wat die tyd ingesit het om hierdie proefskrif te eksamineer, voorstelle te maak en verslae te skryf. • Die Universiteit van Johannesburg, Rhodes Universiteit, die Vrije Universiteit van Amsterdam, die Nasionale Navorsingsinstituut, Stichting Neerlandia en Die Stichting Studiefonds vir hulle finasiële bydraes, toekennings en beurse waarsonder hierdie studie nie moontlik sou gewees het nie. My opregte dank. Helena van Coller (2012) 2 INHOUDSOPGAWE 1 INLEIDING 1 1.1 1.2 INLEIDING EN OOGMERKE VAN STUDIE NAVORSINGSUITLEG 1 4 2 DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT – ´N REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF 9 2.1 2.2 2.3 2.5 2.6 INLEIDING GODSDIENSVRYHEID DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN NEDERLAND 2.3.1 Historiese oorsig 2.3.2 Die skeiding van kerk en staat in die 21ste eeu DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN SUID-AFRIKA 2.4.1 Historiese oorsig 2.4.2 ´n Nuwe benadering INTERNASIONALE EN EUROPESE TOEPASSING GEVOLGTREKKING 9 10 12 12 15 18 18 20 25 29 3 DIE REGSTATUS VAN GODSDIENSTIGE ORGANISASIES 31 3.1 3.2 3.3 INLEIDING DIE VEREISTES EN BEPALING VAN REGSPERSOONLIKHEID DIE HOWE SE BENADERING TEN AANSIEN VAN DIE KERK AS REGSPERSOON 3.3.1 Die regsaard van die kerk en ander godsdienstige organisasies 3.3.2 Die ontwikkeling van regspersoonlikheid deur wetgewing en regspraak DIE KERKRAAD, RING EN SINODE AS REGSPERSONE DIE REGSPOSISIE VAN KERKGENOOTSKAPPE IN DIE NEDERLANDSE REG 3.5.1 Inleiding en agtergrond 3.5.2 Kategorieë van regspersone 3.5.3 Selfstandige onderdele 3.5.4 Gedingspartye GEVOLGTREKKING 31 32 2.4 3.4 3.5 3.6 4 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 DIE AARD, POSISIE EN BETEKENIS VAN “GELOOFSINSTELLINGS” – ´N REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF INLEIDING KONSEPTUALISERING EIENSKAPPE EN KENMERKE DIE POSISIE IN NEDERLAND 4.4.1 Die howe se benadering 4.4.2 Die wetlike omskrywing DIE AARD, POSISIE EN FUNKSIONERING VAN GELOOFSINSTELLINGS IN DIE MAATSKAPLIKE VERKEER 4.5.1 Agtergrond 4.5.2 Geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies 4.5.3 Klassifikasie van geloofsinstellings 3 34 34 37 41 44 44 45 48 50 52 53 53 54 59 61 61 65 68 68 74 78 4.6 GEVOLGTREKKING 86 5 GELOOFSINSTELLINGS EN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE 88 5.1 5.2 5.3 INLEIDING DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE – ´N OORSIG KONFLIK TUSSEN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE, DIE REG OP GODSDIENSVRYHEID EN DIE REG OP GELYKHEID VOORBEELDE 5.4.1 Algemeen 5.4.2 Politieke organisasies 5.4.3 Opvoedkundige instellings en godsdiensonderrig 5.4.4 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 5.4.4.1 Inleiding en agtergrond 5.4.4.2 Feitelike agtergrond 5.4.4.3 Bespreking GEVOLGTREKKING 95 98 98 100 104 108 108 110 112 118 DIE TOEPASSING VAN DIE BEGINSEL VAN “NIEINMENGING” EN “MARGINALE TOETSING” 120 6.6 INLEIDING DIE OUTONOMIE VAN GELOOFSINSTELLINGS DIE POSISIE IN SUID-AFRIKA ANDER SIENINGS DIE BETEKENIS, INHOUD EN TOEPASSING VAN DIE STATUUT 6.5.1 Inleiding 6.5.2 Inhoud en betekenis van die statuut 6.5.3 Die uitleg van die statuut 6.5.4 Voorbeeld GEVOLGTREKKING 120 121 125 131 138 138 139 144 147 152 7 DIE TOEPASSINGSVELD VAN DIE ADMINISTRATIEFREG 154 7.1 7.2 INLEIDING EN AGTERGROND KONSEPTUALISERING 7.2.1 Die gemenereg 7.2.2 Die Grondwet en PAJA HORISONTALE AANWENDING 7.3.1 Inleiding en enkele opmerkings 7.3.2 Die toepassing van artikel 33 en PAJA 7.3.3 Administratiewe geregtigheid by wyse van analogie DIE ONDERSKEID TUSSEN PUBLIEK- EN PRIVAATREG DIE DIENSVERHOUDING VAN ´N PREDIKANT: ARBEIDSREG OF ADMINISTRATIEFREG? 7.5.1 Verskillende uitgangspunte ten aansien van die regsverhouding van ´n predikant 7.5.1.1 Die N.G. Kerk-gemeenskap 7.5.1.2 Die Gereformeerde Kerke 7.5.1.3 Die Anglikaanse Kerk 7.5.1.4 Botsende sienings 7.5.2 Die posisie in Nederland 7.5.3 Ontslag: Arbeidsreg of Administratiefreg? GEVOLGTREKKING 154 156 156 158 161 161 170 172 177 5.4 5.5 6 6.1 6.2 6.3 6.4 6.5 7.3 7.4 7.5 7.6 4 88 89 184 184 184 187 189 190 193 200 208 8 PROSEDURELE BILLIKHEID 211 8.1 8.2 211 213 213 216 216 8.3 8.4 INLEIDING AUDI ALTERAM PARTEM 8.2.1 Die toepassing van die leerstuk van regmatige verwagtinge 8.2.2 Die minimumvereistes vir prosedurele billikheid 8.2.2.1 Inleidende opmerkings 8.2.2.2 Voldoende kennisgewing en geleentheid om saak te stel. 8.2.2.3 Toepassing ten aansien van geloofsinstellings in besonder 8.2.3 Die reg op regsverteenwoordiging 8.2.4 Die reg op redes NEMO IUDEX IN SUA CAUSA GEVOLGTREKKING 9 REGMATIGHEID EN REDELIKHEID 260 9.1 9.2 9.3 9.4 INLEIDING REGMATIGHEID 9.2.1 Inleiding 9.2.2 Bevoegdheid en delegasie 9.2.3 Jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening REDELIKHEID GEVOLGTREKKING 260 261 261 262 267 275 283 10 LOCUS STANDI EN REMEDIES 285 10.1 10.2 10.3 10.4 10.5 INLEIDING LOCUS STANDI IN JUDICIO UITPUTTING VAN INTERNE REMEDIES REMEDIES 10.4.1 Tersydestelling 10.4.2 Terugverwysing of die verpligting tot ´n sekere optrede 10.4.3 Kompensasie 10.4.4 Interdik 10.4.5 Verklaring van regte GEVOLGTREKKING 285 286 290 296 296 298 299 302 303 305 11 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING 307 218 224 233 240 248 257 BIBLIOGRAFIE 315 LYS VAN SAKE 339 AANHANGSEL A 346 5 HOOFSTUK 1 1 INLEIDING 1.1 INLEIDING EN OOGMERKE VAN STUDIE “In liberal society, the government has no competence to determine moral ends. In theory, at least, the goals of the liberal democratic government must depend on the values held by those it governs – values that originate outside of government in churches, families, political parties, trade unions, private schools, and other voluntary associations. In the absence of these groups, government and society would be deprived of the enriching world-views that these groups contribute to […] culture and politics.” 1 Die regsorde in Suid-Afrika, soos ook in Nederland en baie ander Westerse lande, staan voor ´n uitdaging weens toenemende sekularisasie, individualisme, multikulturalisme en godsdienstige pluralisme. Hierdie uitdagings tree na vore in verskeie komplekse vraagstukke, nie net van ´n juridiese aard nie, maar ook van ´n morele aard. Dit is logies gesien in die lig van die feit dat op ´n verskeidenheid van lewensterreine, mense van uiteenlopende kulture en godsdienste op ´n daagslike basis met mekaar kontak maak en die potensiaal vir konflik al hoe groter word. Die institusionele of kollektiewe reg op godsdiensvryheid is van groot belang vir godsdienstige pluralisme in Suid-Afrika én vir die uiteenlopende religieuse gemeenskappe en die uitdagings wat daarmee gepaardgaan. Sekularisme bied geen oplossing nie, soos Marshall2 dit tereg stel: “The question of diversity is supposedly solved by eliminating [...] the contending parties from the public realm. The eradication of public religious expression is offered as a solution to the genuine problem of diversity of religions. However, this approach does not deal openly with diversity. It merely excludes religious diversity and establishes secularism in its place [...] The problems of religious pluralism is a very real problem and very difficult, but they are not to be solved by pretending that a secular society is genuinely pluralistic when secularism is in fact only one part of our plurality.” Aangesien die Suid-Afrikaanse samelewing ´n steeds groeiende multikulturele karakter vertoon, wat ook uitdrukking vind in godsdienstige pluralisme met baie meer verskeidenheid as in die verlede, is dit dalk uiters gepas dat hierdie navorsing fokus op die funksionering van geloofsinstellings in Suid-Afrika en meer spesifiek in die publiekreg, binne ´n pluralistiese 1 RJ Ahdar “Religious Group Autonomy, Gay Ordination, and Human Rights Law” in R O’Dair en A Lewis (eds) “Law and Religion”(2001) 4 Current Legal Issues 279. 2 P Marshall “Overview of Christ and Culture” in RE van der Vennen (ed) Church and Canadian Culture (1991) 1-10. 1 samelewing met ´n groeiende behoefte aan godsdienstige diversiteit. In ´n regstaat is daar die behoefte aan verdraagsaamheid tussen dit wat beskou word as “heilig” en dit wat beskou word as “sekulêr”. Dit gaan noodwendig behels dat die howe ingetrek gaan word by dispute tussen lede van geloofsinstellings ten einde sekere regte soos verskans in die Grondwet te beskerm en af te dwing. ´n Balans gaan gehandhaaf moet word tussen die respek en beskerming van godsdienstige opvattings en praktyke aan die een kant en die beskerming van die menswaardigheid van alle mense aan die ander kant. Indien die staat ´n geloofsinstelling forseer om ´n sekere standpunt in te neem of te ondersteun in die uitoefening van sy geloof, sal dit ´n inbreukmaking op die reg van godsdiensrvryheid daarstel. Dit beteken egter nie dat geloofsinstellings outomaties gevrywaar word van algemene indiensnemingspraktyke, gelykheidswetgewing, toelatingsvereistes, prosedurele reëls of die bepalings van die Grondwet en ander wetgewing nie. Die navorsing sal fokus op die interne funksionering, optredes en prosedures van geloofsinstellings binne ´n raamwerk van godsdiensvryheid, waar die regering die status en funksionering van geloofsinstellings en kerke in Suid-Afrika moet respekteer. Die navorsing sal ook fokus op die noodsaaklikheid, belangrikheid en reikwydte van voldoening aan statutêre en ander prosedurele vereistes deur geloofsinstellings ten aansien van die uitoefening van hulle bevoegdhede. ‘n Belangrike vraag wat na vore kom, is wat is die grondwetlike raamwerk waarbinne geloofsinstellings funksioneer, wat noodwendig ´n ondersoek ten opsigte van die verhouding tussen kerk en staat regverdig. Die model wat voorgestaan word, is die model soos dit ook in Nederland toegepas word waar die kerk erkenning geniet in die openbare sfeer en pluralistiese samewerking tussen die kerk en die staat bestaan en bevorder word. Vanweë die uiteenlopende religieuse gemeenskappe, word daar van die staat verwag om neutraal te staan teenoor die verskillende religieuse opvattings en gelowe. Die religieuse diversiteit word juis bevorder waar godsdienstige uitinge en bedrywighede nie verbied word nie en so word neutraliteit deur verskeidenheid eerder as eenvormigheid gefasiliteer. In hierdie verband is die Nederlandse posisie ´n belangrike verwysingspunt vir hierdie tesis, aangesien dit ten aansien van godsdienstige pluralisme groot ooreenkomste toon met SuidAfrika, nie net wat die diversiteit met betrekking tot geloofsgemeenskappe en die opkoms van sekularisasie betref nie, maar ook ten aansien van die ontstaan, geskiedenis en posisie van die kerk, met spesifieke verwysing na kerke in die gereformeerde tradisie. ´n Groot deel 2 van die navorsing sal gevolglik gefokus wees op die posisie en optredes van kerke in die gereformeerde tradisie, aangesien die Nederlandse invloed op Suid-Afrika ook grootliks opgemerk kan word in die beslissings deur die howe ten aansien van godsdienstige aspekte. Met die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap in 1652, stig die VOC (Vereenigde OostIndiesche Compagnie) ´n verversingspos aan die Kaap. Met die stigting van die verversingspos, word die gereformeerde godsdiens van die Nederduits Gereformeerde Kerk, soos dit ontstaan het en as ´n openbare staatsbeheerde kerk in Nederland gefunksioneer het, ook na die Kaap gebring.3 Dit sou dan ook die toekoms van die kerk en die gepaardgaande verhouding tussen kerk en staat in Suid-Afrika bepaal en beïnvloed en noodwendig ook die beslissings van die howe met betrekking tot die kerk en optredes deur kerke. Die verhouding word verder versterk deur die daaropvolgende heerskappy van Nederland in die vorm van die Betaafse Republiek van 1804-1806 en die publikasie van die “Kerkorde van De Mist” waar in die regering pertinent die belangrikheid van godsdiens in die samelewing uitlig en beklemtoon.4 Ander belangrike vrae wat in die navorsing bespreek sal word, is die regstatus van geloofsinstellings en wat presies bedoel word met ´n geloofsinstelling ten einde aanspraak te kan maak op die onderskeie regte soos verskans in die Grondwet. Ten aansien van die funksionering van geloofsinstellings in die publiekreg, sal aandag gegee word aan spesifieke grondwetlike bepalings van toepassing op geloofsinstellings met spesifieke verwysing na die reg op godsdiensvryheid, die reg op vryheid van assosiasie en die reg op gelykheid en niediskriminasie. Met betrekking tot die aspek van voldoening aan statutêre en ander prosedurele vereistes deur geloofsinstellings, sal die navorsing grotendeels fokus op die toepassing van die administratiefreg op die dissiplinêre optredes binne geloofsinstellings en die voortspruitende vereistes van administratiewe geregtigheid soos dit toepassing vind ten aansien van optredes deur huishoudelike tribunale van geloofsinstellings. Die toepassing van hierdie beginsels sal ondersoek word met verwysing na relevante wetgewing, hofuitsprake en praktiese voorbeelde, met inagneming van die Grondwet en die gemeenregtelike beginsels van natuurlike geregtigheid. Die navorsing is ook in ooreenstemming met die oogmerke van die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bevordering en Beskerming van Godsdiensregte, 5 deur onder meer ook te fokus op die volgende oogmerke van dié Raad wat van belang vir geloofsinstellings in Suid-Afrika is: 3 Sien P Coertzen “Grappling with Religious Differences” 2008 BYU L. Rev 780 en verder. Sien latere bespreking op p 18 en verder. 5 Sien p 22 vir die die agtergrond met betrekking tot die totstandkoming van die Raad. 4 3 • To preserve, promote and develop the rights of religious communities; • To advise on, and to assist in, matters concerning the achievement of the aims of the Council; • To promote and to protect the rights of religious communities in South Africa; • To promote and to develop peace, friendship, humanity, tolerance and unity among and within religious communities, on the basis of equality, non-discrimination and free association; 1.2 • To foster mutual respect among religious communities; and • To promote the right of religious communities to develop their heritage. NAVORSINGSUITLEG Die beginsel van godsdiensvryheid is van groot belang in ´n pluralistiese samelewing en bepaal die verhouding tussen kerk en staat in ´n bepaalde konteks. Die reg op godsdiensvryheid vind uiting in twee belangrike beginsels, naamlik eerstens die spesifieke juridiese konteks wat voorsiening maak vir beide die individuele sowel as die kollektiewe reg op godsdiensvryheid ter bevordering van ´n pluralistiese samelewing met uiteenlopende religieuse gemeenskappe en verskillende religieuse opvattings en gelowe. ´n Tweede aspek van godsdiensvryheid wat van groot belang is, is die regstatus van ´n geloofsinstelling en die voortspruitende plig wat op die staat rus om hom nie met die interne aangeleenthede van ´n geloofsinstelling te bemoei nie. Hoofstuk 2 sal fokus op die verhouding tussen kerk en staat in Suid-Afrika, maar ook in Nederland, waar die funksionering van geloofsinstellings en die uitdagings waaraan geloofsinstellings in ´n toenemende sekulêre samelewing onderwerp word, vergelykbare uitdagings skep, maar ook vergelykbare toepassing vereis en oplossings bied. Die betekenis en toepassing van die reg op godsdiensvryheid is van die uiterste belang vir geloofsinstellings, aangesien dit die raamwerk bepaal waarbinne kerke en geloofsinstellings in die publiekreg kan funksioneer en ook bepaal tot watter mate die staat sal inmeng met die interne funksionering van hierdie instellings, maar ook die reikwydte en toepassing van administratiefregtelike prosedures. Die klem sal veral val op die kollektiewe reg op godsdiensvryheid in Suid-Afrika, Nederland en die Europese konteks, waarvan slegs enkele voorbeelde bespreek sal word. Hoofstuk 3 sal dan verder aandag skenk aan die tweede belangrike element van godsdiensvryheid, naamlik die regstatus van geloofsinstellings as ´n essensiële element van die reg op godsdiensvryheid. Indien ´n geloofsinstelling met regspersoonlikheid beklee is, beskik dit oor verskillende regte en verpligtinge. Daar sal ondersoek ingestel word na die howe se benadering ten aansien van geloofsinstellings en hulle onderskeie organe se 4 regsposisies, soos dit ook uiting vind in verskeie wetgewende en Kerkordelike bepalings van verskillende kerke en geloofsinstellings. Aangesien die behoeftes van godsdienstige organisasies dikwels anders is as die van byvoorbeeld politieke organisasies en vakbonde, sien ´n mens dat in verskillende jurisdiksies daar op verskillende wyses voorsiening gemaak word vir godsdienstige organisasies. Party sisteme maak voorsiening vir die spesiale regstatus van godsdienstige organisasies en ander sisteme stel weer registrasie voor as ´n vereiste vir sekere “voorregte” wat aan godsdienstige organisasies verleen word. In van die lande van Oos- en Sentraal-Europa (Tsjeggië, Hongarye, Pole, ensovoorts) sien ´n mens dat geregistreerde godsdienstige organisasies byvoorbeeld ´n spesiale status beklee wat hulle anders maak as ander gewone vrywillige verenigings. Geregistreerde godsdienstige organisasies kan aanspraak maak op onder andere die reg op godsdiensonderrig in openbare skole; toegang tot gevangenisse, die weermag en gesondheidsorg-instellings; toegang tot die openbare media en hulle kan selfs aanspraak maak op openbare befondsing vir salarisse.6 In ander Europese lande soos België, Duitsland, Ierland en Nederland, verkry godsdienstige organisasies regspersoonlikheid as gewone private vrywillige verenigings, maar hulle word nie as “godsdienstig” aangemerk nie. ´n Beroep op godsdiensvryheid behels ´n aparte vraag na die “godsdienstige” aard van die betrokke organisasie. Hoofstuk 4 sal poog om vanuit ´n juridies-funksionele-benadering ondersoek in te stel na die betekenis van ´n “godsdienstige organisasie”. Hierdie benadering fokus op sekere uitwendige kenmerke en eienskappe aan die hand waarvan ´n instelling as “godsdienstig” aangemerk kan word vir doeleindes van die beskerming van die reg op godsdiensvryheid. Die Nederlandse posisie ten aansien van die betekenis en posisie van “kerkgenootskappe” bied ´n goeie voorbeeld wat ook in die Suid-Afrikaanse konteks vir die howe tot hulp kan wees met betrekking tot godsdienstige vraagstukke. Die aard, posisie en funksionering van geloofsinstellings as nie-winsgewende organisasies binne die maatskaplike verkeer, sal ook ondersoek word. Aangesien die staat nie ´n allesomvattende instelling kan wees nie, benodig die staat verskillende samelewingsfere wat kan bydra tot die samelewing. So kan ons onderskei tussen verskillende samelewingsfere, waaronder die staat, godsdiens, wetenskap, ekonomie, kuns en kultuur. Elkeen van hierdie sfere verrig ´n spesifieke funksie wat bydra tot die geheel van die 6 B Schanda “Religious Entities as Legal Persons – Eastern Central Europe” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 12. 5 samelewing.7 In ´n pluralisties samelewing is geeneen van die sfere belangriker as ´n ander nie en in die sfeer van godsdiens, byvoorbeeld, behoort geen een spesifieke geloofsgemeenskap in ´n monopolistiese posisie te wees waar sekere lewensbeskouings op almal afgedwing word nie. Hoofstuk 5 sal gevolglik fokus op geloofsinstellings en die reg tot vryheid van assosiasie. Die onderlinge verhouding tussen belangrike fundamentele regte soos gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie enersyds, en die reg op vryheid van godsdiens en vryheid van assosiasie andersyds, sal ook krities ondersoek word, veral wanneer hierdie regte met mekaar in konflik kom. Die aard van die bepaalde organisasie sal nie slegs belangrik wees om te bepaal tot welke mate ´n organisasie in die openbare sfeer funksioneer nie, maar sal ook bepalend wees ten aansien van die reikwydte, beskerming en beperking van hierdie fundamentele regte, asook die toepassing van die Grondwet en algemene regsbeginsels op die funksionering van geloofsinstellings. Aangesien die reg op godsdiensvryheid, soos reeds gesien, veronderstel dat die staat hom nie behoort te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke geloofsinstelling nie, is dit belangrik om ondersoek in te stel na die toepassing van die beginsel van nie-inmenging deur die staat in die interne organisasie van geloofsinstellings. Met verwysing na praktiese voorbeelde sal daar in Hoofstuk 6 gefokus word op die benadering wat die howe behoort te volg ten einde die outonomie van geloofsinstellings te respekteer. Enkele voorbeelde uit ander jurisdiksies sal bestudeer word, aangesien dit nie net ´n interessante blik op die situasie in Suid-Afrika bied nie, maar ook van hulp kan wees vir die Suid-Afrikaanse howe wanneer hulle met godsdienstige vraagstukke gekonfronteer word. Die leerstuk van “marginale toetsing” soos dit aangewend word in die Nederlandse konteks sal veral aandag geniet. Die Nederlandse howe pas hierdie leerstuk toe veral ten opsigte van vraagstukke binne kerkgenootskappe, en van die voorbeelde wat bestudeer word, verwys veral na dispute binne die Gereformeerde Kerke en kan gevolglik van groot waarde wees vir vergelykbare vraagstukke binne kerke en geloofsinstellings in Suid-Afrika. In hierdie ondersoek sal die betekenis en uitleg van ´n spesifieke geloofsinstelling se statuut of Kerkorde ook ´n belangrike rol speel om die grense van inmenging te bepaal. Wat die toepassing van die administratiefreg betref, het die Suid-Afrikaanse howe, anders as die Engelse howe, nog altyd ´n toenemende bereidwilligheid getoon om nie net die optrede van openbare liggame te hersien nie, maar ook dié van private entiteite. Hoofstuk 7 sal fokus 7 IJ van der Merwe “Publiek, Republiek en die Publieke Kerk” 2008 NGTT 354-355. 6 op die gronde van hersiening ten aansien van privaatregtelike handelinge wat ons aantref binne geloofsinstellings, veral binne die konteks van dissiplinêre optredes. Die bespreking sal fokus op die moontlike horisontale aanwending van die Grondwet en die toepassing van die administratiefregtelike reëls ooreenkomstig die gemenereg, insluitende die toepassing en moontlike uitbreiding van die reëls van natuurlike geregtigheid binne huishoudelike tribunale. Die reg op godsdiensvryheid, soos vervat in die Grondwet, gee geloofsinstellings die reg om hulself en voortspruitende ampte te definieer, óók die amp van predikant. Die benadering van nie-inmenging deur die howe in die interne funksionering van geloofsinstellings laat die vraag ontstaan of hierdie instellings ook gevrywaar word van sekere landswette soos die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, om maar enkeles te noem. Hoofstuk 7 sal verder ook spesifiek aandag gee aan arbeidsverhoudinge in die algemeen en diensverhoudinge in die besonder soos van toepassing binne geloofsinstellings. Die toepassing en benadering in verskillende denominasies sal ondersoek word en daar sal aangedui word dat veral ten aansien van diensverhoudinge, verskillende kerke verskillende benaderings volg wat steeds gelyke beskerming geniet binne die reg op godsdiensvryheid. Alle wetgewing, reëls en regulasies is dus nie sonder meer eenvormig van toepassing op alle kerke en geloofsinstellings nie. Die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, met die gevolglike implikasie vir geloofsinstellings, sal ook aandag geniet, met spesifieke verwysing na die interaksie tussen die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Die ontslag of skorsing van ´n predikant kan dikwels ingrypende gevolge vir die betrokkene inhou, meer so as vir ´n gewone kerkraadslid. Vir ´n predikant wat graag nog sy beroep wil beoefen en wat ´n moontlike skorsing of ontslag in die gesig staar, is dit nie so eenvoudig om by ´n ander kerk of selfs gemeente aan te sluit nie en dit hou dikwels ernstige finansiële implikasies vir die persoon in. Hoofstuk 8 sal ondersoek instel na die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid, oftewel prosedurele billikheid, binne geloofsinstellings. Die gemeenregtelike reëls vind uiting in dié twee belangrike beginsels, naamlik die reg van ´n benadeelde persoon om sy saak behoorlik te stel en die beginsel dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees. Hierdie twee beginsels is van die uiterste belang vir geloofsinstellings om te verseker dat die korrekte prosedures in plek is en te dat ´n persoon wie se regte nadelig geraak is deur 7 die optrede van ´n geloofsinstelling, ´n billike verhoor kry. Ten spyte van die leerstuk van nie-inmenging en die feit dat geloofsinstellings se outonomie gerespekteer behoort te word, sal ´n hof inmeng waar dit blyk dat ´n geloofsinstelling onduidelike of onvoldoende prosedurele waarborge het. Ten einde uitvoering te gee aan die reg op prosedureel billike administratiewe optrede word die argument geopper dat beide die reg op regsverteenwoordiging, sowel as die reg op redes, nie net beskou moet word as belangrike elemente van ´n billike verhoor nie, maar dat dit as’ t ware deel vorm van die reëls van natuurlike geregtigheid. Hoofstuk 8 sal, met verwysing na praktiese voorbeelde en toepassings, ook ondersoek instel na die status van die reg tot redes en die reg op regsverteenwoordiging as vereistes vir ´n billike verhoor. Die fundamentele reg op regverdige administratiewe optrede maak nie net voorsiening vir prosedurele billikheid en prosedurele aspekte nie. Artikel 33 maak spesifiek ook voorsiening vir administratiewe optrede wat regmatig en redelik is. Ooreenkomstig die gemenereg word vereis dat ´n besluitnemer moet voldoen aan die vereistes van administratiewe legaliteit en dat hy hom moet hou by die voorskrifte soos neergelê deur die reg. Hoofstuk 9 sal ondersoek instel na die toepassing van die vereistes van redelikheid en regmatigheid binne huishoudelike tribunale van geloofsinstellings, soos dit toepassing vind ooreenkomstig die gemenereg, sowel as die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Die nie-nakoming van die vereiste van redelikheid, regmatigheid en prosedurele billikheid beteken effektief dat die betrokke administratiewe handeling onregmatig is en tersyde gestel kan word. Die vraag is of ´n benadeelde persoon die nodige locus standi het om die hof te nader en ook of die benadeelde dadelik die howe kan nader vir ´n tersydestelling en of die benadeelde eers die betrokke remedies beskikbaar binne die betrokke kerk of geloofsinstelling moet gebruik. Hoofstuk 10 sal fokus op die vereiste van locus standi en uitputting van interne remedies as twee prosedurele aangeleenthede wat van belang is waar geloofsinstellings of lede van geloofsinstellings die hof wil nader vir die nodige regsmiddele. Die hoofstuk sal afsluit met die remedies tot beskikking van ´n benadeelde persoon wat deur die onregmatige, onredelike of prosedureel onbillike optrede van ´n geloofsinstelling dalk die besluit tersyde wil laat stel of die behoefte het aan ´n ander beskikbare remedie. Ten slotte word ´n samevatting van die belangrikste vraagstukke wat in Hoofstuk 1 tot 10 na vore gekom het, gegee in Hoofstuk 11, met ´n gevolgtrekking as afsluiting. 8 HOOFSTUK 2 2 DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT – ´N REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF 2.1 INLEIDING In die ondersoek na die verhouding tussen kerk en staat staan die vraag wat “kerkreg” is en wat die kerklike en juridiese benadering en betekenis wat relevant is tot so ´n ondersoek behels, tereg sentraal. Volgens die sewentiende-eeuse siening van Voetius word die wetenskap van kerkreg beskou as die “heilige wetenskap van die regering van die sigbare kerk, oftewel scientia sacra regendi ecclesiam visibilem”.1 Ingevolge hierdie siening is daar duidelik te onderskei tussen die kerklike “politeia” en die “politeia” van die staat. Bakker2 lê meer klem op die geheel van alle norme wat die struktuur, organisasie en regsverhoudinge van die kerk bepaal as hy die term kerkreg soos volg beskryf: “[...] het geheel van de normen die de structuur van de kerklijke organisatie en de rechtsverhoudingen binnen de kerken, alsmede de betrekkingen van de kerken naar buiten, sowel tot elkaar als tot de staat, bedoelen te regelen.” Die vraag is dus: waarom die bemoeienis met die kerkreg? Net soos ander organisasies word die kerk vanuit ´n teologiese perspektief ook gesien as ´n gemeenskap van mense, waar die lede in ´n bepaalde juridiese verhouding teenoor mekaar en teenoor die betrokke organisasie staan. Ingevolge die kerkreg, het ons dus te doen met ´n gemeenskap van gelowiges, waarvan die betrokke geloofsopvattinge dikwels die inhoud bepaal van die komplekse verhouding tussen die kerklike en die burgerlike reg.3 In Duitsland word kerkreg deur veral regsgeleerdes beoefen as deel van die regswetenskap, hoewel die mening bestaan dat kerkreg wel ´n teologiese dissipline is met “juridiese affiniteit” wat verder volgens Karl Barth ´n “dogmatische Grundlegung” benodig en steun op die ekklesiologie.4 By monde van Rudolph Sohm5 word die woord “kerkreg” verder as’t ware beskou as ´n contradictio in terminis, want “Das Wesen der Kirche ist geistlich; Das Wesen des Rechts is weltlich”. 1 Soos vertaal deur W Bakker “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht (1992) 15. 2 Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 15. 3 K Walf Vragen rondom het Nieuwe Kerklijke Recht (1988) 15. 4 Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 16. 5 R Sohm Kirchenrecht Band 1 (1892) 1, sien verder LC van Drimmelen “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg Kerk en Recht (2004) 17. 9 Oor die algemeen word egter aangevoer dat die kerkreg, wat sy inhoud betref, teologies of materieel van aard is en juridies van aard ooreenkomstig die vorm, proses en formele aspekte. Die eie aard van die kerkreg is egter onmiskenbaar in beide inhoud en proses en dit is juis hierdie “eie aard” wat vergelykbaar is met Althusius (1557-1638) se siening van “sfeer soewereiniteit” in terme waarvan eiesoortige entiteite deur hulle eie reg gereguleer word, ´n siening wat ´n belangrike rol speel in die verhouding tussen kerk en staat.6 Die verhouding tussen kerk en staat spruit voort uit die belangrike beginsel van godsdiensvryheid en gevolglik sal die spesifieke betekenis en toepassing van hierdie begrip deurgaans in die besprekings wat volg die raamwerk bepaal waarbinne kerke en geloofsinstellings in die publiekreg kan funksioneer. Die bespreking wat volg, fokus spesifiek op die institusionele of kollektiewe reg op godsdiensvryheid en die ontwikkeling en betekenis van die begrip in SuidAfrika, maar ook in Nederland, wat groot ooreenkomste toon met die godsdienstige pluralisme in Suid-Afrika met sy uiteenlopende religieuse gemeenskappe én die uitdagings wat daarmee gepaardgaan. 2.2 GODSDIENSVRYHEID Soos reeds opgemerk, vloei die verhouding tussen kerk en staat voort uit die belangrike beginsel van godsdiensvryheid. Hierdie beginsel omvat twee belangrike elemente. Die eerste omvat gewoonlik ´n wetsbepaling wat fokus op die reg op godsdiensvryheid en dit beklemtoon die vryheid van individue om hulle vrylik te verbind tot ´n spesifieke godsdiensof geloofsoortuiging en die bevordering van ´n pluralistiese samelewing met uiteenlopende religieuse gemeenskappe en verskillende religieuse opvattings en gelowe. Hierdie element vind ons byvoorbeeld in artikel 6 van die Nederlandse Grondwet asook artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Grondwet en verskeie internasionale en Europese dokumente.7 ´n Tweede aspek of element van godsdiensvryheid wat van groot belang is, is die regspersoonlikheid of regstatus van ´n bepaalde godsdienstige organisasie of geloofsinstelling. Die Europese Hof beslis uitdruklik dat die reg tot “regstatus” van ´n godsdienstige organisasie deel vorm van die reg op godsdiensvryheid.8 Voorspruitend uit hierdie beginsel is die verpligting op die staat om hom nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke godsdienstige organisasies nie. Beide 6 Sien Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 13-19; Van Drimmelen Kerk en Recht 15-21. Die term ‘kerk’ sluit ook alle godsdienstige organisasies of geloofsinstellings in en die verhouding tussen kerk en staat verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen staat en geloofsinstellings. Sien latere bespreking op p 126. 7 Sien latere bespreking op p 20 en verder. 8 Sien latere bespreking op p 27 en verder. 10 hierdie twee belangrike elemente van die reg op godsdiensvryheid bepaal dus die raamwerk waarbinne kerke en geloofsinstellings in die samelewing en spesifiek die publiekreg kan funksioneer. Hierdie bespreking sal fokus op die eerste wetlike element van godsdiensvryheid, terwyl die tweede aspek in die daaropvolgende hoofstuk aandag sal geniet. Op grond van die minimumvereistes vir godsdiensvryheid stel Durham9 ´n regsvergelykende model saam in terme waarvan godsdiensvryheid gekategoriseer en ge-analiseer kan word. Dit geskied op basis van ´n glyskaal bestaande uit sewe kategorieë wat strek van ´n absolute teokrasie aan die een kant van die spektrum tot vyandigheid teenoor godsdiens en vervolging deur die regering aan die ander kant van die spektrum. Binne die twee uiterstes tref ons dan ook onder andere ´n sisteem aan waarvolgens erkenning gegee word aan ´n gevestigde kerk; of waarvolgens – hoewel daar nie ´n gevestigde kerk is nie – die regering tog ´n bepaalde kerk vooropstel; ´n sisteem van samewerkende regering waarvolgens die staat nie voorrang verleen aan ´n bepaalde kerk nie, maar nou saamwerk met geloofsinstellings; ´n separatistiese of skeidingsmodel met ´n groter skeiding tussen kerk en staat en voorts ´n sisteem waarvolgens die regering nie noodwendig anti-godsdienstig is nie, maar onsensitief en onbewustelik optree teenoor kerke en ander geloofsinstellings. Die huidige Suid-Afrika toon ´n opmerklike ooreenkoms met die sosiale, politieke en spesifiek godsdienstige landskap van Nederland in dié opsig dat daar ´n verskuiwing was van ´n sterk Christelik-georiënteerde gemeenskap en sy politieke en sosiale verhoudings na ´n gemeenskap wat gekenmerk word deur sterker sekulêre sienings en godsdienstige pluralisme; ´n gemeenskap waarin die kerk nie meer in die magtige posisie van voorheen is nie en moet veg om ´n regmatige plek in die openbare sfeer met ´n standpunt waarna geluister moet word. Beide die Suid-Afrikaanse en Nederlandse gemeenskap vertoon ´n groeiende multikulturele karakter, wat uiting vind in ´n godsdienstige pluralisme met ´n veel groter verskeidenheid as in die verlede. In hierdie bespreking sal die verhouding tussen kerk en staat in beide SuidAfrika en Nederland krities ondersoek word. Aan die hand van Durham se model, maar ook aan die hand van die modelle wat in Europa bestaan, sal aangetoon word hoedat beide SuidAfrika en Nederland geen streng sekulêre karakter vertoon met ´n streng skeiding tussen kerk en staat nie, maar eerder een waarvolgens erkenning aan godsdiens gegee word en pluralistiese samewerking tussen kerk en staat bestaan. Die toepassing van godsdiensvryheid op internasionale vlak sal ook kortliks ondersoek word. 9 Sien C Durham “Perspectives on Religious Liberty: A Comparative Framework” in J van der Vyver en J Witte (eds) Religious Human Rights in Global Perspective (1996) 12-25. 11 2.3 DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN NEDERLAND Soos reeds opgemerk, vloei die verhouding tussen kerk en staat in Nederland ook voort uit die belangrike beginsel van godsdiensvryheid wat in die Nederlandse konteks neerslag vind in twee belangrike wetsbepalinge: artikel 6 van die Nederlandse Grondwet en artikel 2, Boek 2 van die Burgerlijke Wetboek. Eersgenoemde fokus op die reg op godsdiensvryheid en laasgenoemde fokus op die regspersoonlikheid van die sogenaamde “kerkgenootschappen” en die voortspruitende verpligting op die staat om hom nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die organisasie nie. Die volgende bespreking sal eerstens ´n oorsig gee van die ontwikkeling van die verhouding tussen kerk en staat in die lig van die beginsel van godsdiensvryheid. 2.3.1 Historiese oorsig Een van die basiese staatsregsbeginsels in Nederland berus op die beginsel van skeiding tussen kerk en staat. In Europa bestaan daar hoofsaaklik drie basiese modelle wat die verhouding tussen kerk en staat bepaal. ´n Model van ´n gevestigde kerk, streng skeiding tussen kerk en staat, en ´n model van pluralistiese samewerking.10 Die eerste kategorie verwys hoofsaaklik na lande met ´n staatskerk waar voorkeur aan ´n bepaalde godsdiens of kerk gegee word. Voorbeelde is onder andere die Verenigde Koninkryk, Italië en Spanje. In die tweede kategorie vind ons die toepassing van ´n streng skeiding tussen kerk en staat, soos dit onder andere neerslag vind in Turkye en Frankryk. In Frankryk is hierdie toepassing verwoord in artikel 1 van die Franse Grondwet, wat Frankryk verplig het tot die aanneem van ´n godsdiensneutrale houding waarvolgens godsdiens absoluut buite die openbare domein val. Nederland en België val onder die derde kategorie en volg ´n model van pluralistiese samewerking. Ingevolge hierdie model word die staat gekenmerk deur uiteenlopende religieuse gemeenskappe en die staat staan neutraal teenoor die verskillende religieuse opvattings en gelowe.11 Hierdie model word verder gekenmerk deur ´n pluralistiese samewerking tussen die staat en die kerk, deurdat die kerk wel in die openbare sfeer 10 BP Vermeulen en MJ Kanne “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 70-71. AHM Dölle “De Verhouding tussen Kerk en Staat in het Koninkrijk der Nederlanden” 2002 Tijdschrift voor Bestuurswetenschappen & Publiekrecht (TBP) 685. 11 12 erkenning geniet en funksioneer en finansiering vanaf owerheidsweë nie uitgesluit is nie.12 Die godsdienstige pluralisme in Nederland het op ´n dinamiese wyse ontwikkel en vorm gekry.13 Tydens die Republikeinse tydperk (1579-1795) is die verhoudinge op godsdienstige gebied gekenmerk deur onder andere verdeeldheid en verskeidenheid. Hoewel die grootste deel van die bevolking steeds Rooms-Katoliek was, het die gereformeerdes met die vereniging van die Unie van Utrecht (1579) hulle posisie verstewig deur die dryfkrag te word agter die opstand teen Spanje.14 Anders egter as in baie ander Europese lande, was die Gereformeerde Kerk geen amptelike staatskerk nie, maar het dit tog ´n geprivilegieerde posisie beklee wat deur die staat gehandhaaf en beskerm is. Dit het gelei tot die alleenreg van die gereformeerde godsdiens in die openbare sfeer en finansiële ondersteuning van staatsweë.15 Dit het egter ook meegebring dat die staat toesig uitgeoefen het oor die kerk en gevolglik ingemeng het in teologiese onmin binne die kerk. Daar was dus heelwat inmenging van owerheidsweë in die aangeleenthede van die kerk.16 Die uitstaande kenmerk van die Republikeinse tydperk was egter nie soveel die erkenning van ´n bepaalde kerk of godsdiens nie, maar eerder die verdraagsaamheid teenoor religieuse minderhede. Ook binne die gereformeerde teologie word die klem al sterker geplaas op godsdienstige verdraagsaamheid en teen 1795, met die inval van die Franse troepe in die Republiek, breek ´n nuwe tydperk van hervorming aan.17 Die Betaafse Rewolusie van 1795 beteken die einde van die Republiek van die Verenigde Nederlande en die totstandkoming van ´n eenheidstaat onder leiding van Frankryk. ´n Daaropvolgende besluit deur die Nasionale Vergadering van die Betaafse Republiek in 1796 beëindig die bevoorregte posisie van die Gereformeerde Kerk. Alle kerkgenootskappe sou gelyk wees voor die reg en godsdiensvryheid geniet.18 Artikel 19 van die eerste “Staatregeling” van die Betaafse Republiek van 1798 het uitdruklik bepaal dat “elke burger vrijheid [heeft], om God te dienen naar de overtuiging van zijn hart”. Gevolglik word gelyke beskerming verleen aan alle kerke, onderhewig aan die handhawing van openbare orde. Godsdienstige pluralisme wat tydens die Republiek bloot geduld is, word nou amptelik gewettig. Die reg op godsdiensvryheid en skeiding tussen kerk en staat, wat toe reeds sedert 1796 gegeld het, vind ook neerslag in die 12 AJ Overbeeke “Willem I’s rentree te Brussel. 175 Jaar Scheiding België-Nederland en de Verhoudingen tussen Kerk en Staat” 2006 Nederlands Tijdschrift voor Rechtsfilosofie & Rechtstheorie (R&R) 55-63. 13 Sien vir ´n volledige bespreking J de Bruijn “Kerk en Staat – Historisch. De Verhouding tussen Kerk en Staat in Nederland (1579-2003) in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 49-67. 14 De Bruijn Kerk en Recht 50. 15 De Bruijn Kerk en Recht 51-53. 16 FT Oldenhuis et al. “Schurende Relaties tussen Recht en Religie” Instituut voor Integratie en Sociale Weerbaarheid Rijksuniversiteit Groningen (2007) 9. 17 J de Bruijn Kerk en Recht 51-53. 18 Oldenhuis Schurende Relaties 10. 13 Grondwet van 1814 en 1815. Die 1815-Grondwet bevestig eweneens die gelyke beskerming van “alle godsdienstige gezindheden in het Koninkrijk bestaande”.19 Met die Grondwet van 1848, en ´n meer liberale benadering wat daarmee gepaardgaan, word die bevoegdhede van die parlement uitgebrei en die skeiding tussen kerk en staat nadruklik bevestig.20 In 1953 word die Wet op Kerkgenootskappe21 aangeneem, wat die vryheid van kerkgenootskappe opnuut bevestig. Die tydperk wat volg, kry ´n sterk politieke karakter met die opkoms van ´n generasie van anti-rewolusionêres soos dr. Abraham Kuyper, voorstander van ´n bestel van Christelike politiek, waardeur die godsdienstige element in die politiek opmerklik versterk word. Met verloop van tyd tree die morele gesag van die kerk sterk na vore en vind dit ook uiting in die doelstellings van verskeie politieke partye, onder andere die Liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (Liberale Volkspartij voor Vrijheid en Demokratie – VVD) en die Party van Arbeid (Partij van de Arbeid – PVA), wat beide in 1959 gestig is.22 Nederland funksioneer in hierdie stadium dus oorwegend as ´n Christelike volk en beide die maatskaplike en politieke verhoudings word sterk deur Christelike opvattings bepaal en ingekleur.23 Teen die jare sestig verander hierdie prentjie egter drasties deur onder andere die opkoms van sekularisme en ´n toename in immigrante vanuit nie-Westerse lande. Stelselmatig verloor die kerk sy eens magtige posisie in die publieke sfeer en die Nederlandse samelewing kry ´n toenemende multikulturele karakter, wat uiting vind in ´n godsdienstige pluralisme wat veel meer verskeidenheid toon as voorheen.24 19 Artikel 191 van die Nederlandse Grondwet van 1815. J de Bruijn Kerk en Recht 58-59. 21 Wet van 10 September 1853, Stb. 1853, 102. 22 Die Liberale Volksparty verklaar onomwonde in sy doelstellings dat “de grondslagen der Nederlandse beschaving wortelen in het christendom. (…) Zij is ervan doordrongen, dat het bovenal de christelijke geest is, die ons volk de waarde en de vrijheid van de mens en zijn verantwoordelijkheid heeft doen beseffen. Zij acht het daarom een onafwijsbare eis, dat door versterking van deze geest zedelijke ontworteling en geestelijke nihilisme worden overwonnen. (…) Zij geeft zich er daarbij ten volle rekenschap van, dat de zedekundige beginselen van het Christendom worden aangehangen door zeer velen, die de christelijke godsdiens niet belijden”. Ook in die doelstellings van die Party van Arbeid word die morele betekenis van die kerk erken: “De partij ziet het als een taak van de overheid om aan de kerken de vrijheid te waarborgen hun roeping te vervullen met betrekking tot de verkondiging van hun boodschap, hun dienstbetoon aan de wereld en het spreken van hun word ook over het staatkundige en maatschappelijke leven.” Aangehaal in J de Bruijn “Van Pieter ‘t Hoen tot Joop van den Ende. Tweehonderd Jaar Publieke Moraal in Nederland” in: J de Bruijn et al. (reds) Geen Heersende Kerk, Geen Heersende Staat. De Verhouding tussen Kerken en Staat 1796-1996 (1998) 107. 23 J de Bruijn Kerk en Recht 62-65. 24 J de Bruijn Kerk en Recht 66-67. 20 14 2.3.2 Die skeiding van kerk en staat in die 21ste eeu Godsdiensvryheid in Nederland word gewaarborg deur artikel 6 van die Nederlandse Grondwet en artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms (Europese Konvensie).25 Artikel 6 bepaal soos volg: 1 Ieder heeft het recht zijn godsdienst of levensovertuiging, individueel of in gemeenschap met anderen, te belijden, behoudens ieders verantwoordelijkheid volgens de Wet. 2 De Wet kan ter zake van de uitoefening van dit recht buiten gebouwen en besloten plaatsen regels stellen ter bescherming van de gezondheid, in het belang van het verkeer en ter bestrijding of voorkoming van wanordelijkheden. In die konteks van die grootskaalse Grondwet-hersiening van 1983, blyk dit dat alle grondregte ook aan regspersone, groepe en organisasies regte en aansprake verleen in die mate waartoe die aard van die reg dit toelaat, in ooreenstemming met artikel 8(2) van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Gevolglik verwys artikel 6 na “in gemeenschap met anderen” en kan kerkgenootskappe hulle ook op hierdie artikel beroep. Hierdie “kollektiewe” aard van die reg op godsdiensvryheid vind ook neerslag in artikel 9 van die Europese Konvensie en sowel die Europese Kommissie26 as die Europese Hof27 bevestig hierdie standpunt. Die heersende debatte in Nederland rakende die plek van godsdiens in die openbare sfeer en die verhouding tussen kerk en staat, word egter grootliks gelei deur die huidige kwessies met betrekking tot Nederland as multikulturele samelewing en die integrasiebeleid. Ook die opkoms van sekularisme (Laicite), waarvolgens meer en meer aandag geskenk word aan ´n sekulêre samelewing met ´n neutrale publieke ruimte en waarvolgens daar geen inmenging deur die staat in godsdienstige aangeleenthede is nie en ook geen godsdienstige betrokkenheid in owerheidsaangeleenthede of in die openbare sfeer is nie, speel ´n rol. Teenoor die Laicite plaas Loenen28 ´n sterk vorm van religieuse pluralisme waardeur maksimale ruimte verleen word aan die uiting van godsdiens in die openbare sfeer en waardeur elkeen vry is om volgens sy eie godsdienstige oortuigings te leef. Sy voer aan dat hierdie sterk vorm van pluralisme nie opvallend in Europa voorkom nie en dat die 25 European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998). “When a Church body lodges an application under the Convention, it does so in reality on behalf of its members. It should therefore be accepted that a church body is capable of possessing and exercising the rights contained in Art. 9(1) in its own capacity as a representative of its members.” Sien Europese Kommissie 5 Mei 1979, Jaarboek XXII (1979) 246 (Pastor X and Church of Scientology v Sweden); Europese Kommissie 14 Julie 1987, Besluite en Verslae 53 (1978) 246 (A.R.M Chappel v United Kingdom). 27 “[A]n ecclesiastical or religious body may, as such, exercise on behalf of its adherents the rights guaranteed by Article 9 of the Convention.” Sien Europese Hof 27 Junie 2000, AB 2001, 116 (Cha’are Shalom Ve Tsedek v Frankrijk). 28 T Loenen Geloof in Geding. Juridische Grenzen van Religieus Pluralisme in het Perspectief van de Mensenrechten (2006) 11-16. 26 15 Nederlandse kerk-staat-verhouding ´n posisie tussen dié van Laicite en religieuse pluralisme inneem, hoewel dit oorwegend aansluit by dié van sterk religieuse pluralisme. Die verskillende interpretasies van die kerk-staat-verhouding het sterk na vore gekom in die teenstrydige benaderings geopper in 2003 in die pers deur die destydse Amsterdamse burgermeester Cohen, en die voormalige Franse president Chirac, soos geïllustreer deur Ten Hooven.29 Hoewel beide ´n oproep doen op die skeiding van kerk en staat, is dit opmerklik dat beide tot teenstrydige gevolgtrekkings kom. Frankryk, by monde van Chirac,30 is duidelik ´n voorstander van die skeiding tussen kerk en staat, op die beginsel van Laicite en godsdiensneutraliteit. Binne sy interpretasie van hierdie begrippe laat hy homself duidelik uit teen enige religieuse deelname en uitinge in byvoorbeeld skole, siende dat die skool ´n “republikeinse heiligdom” is.31 Cohen, aan die ander kant, is ook ´n voorstander van die skeiding tussen kerk en staat, maar met ´n ander interpretasie van Laicite of godsdiensneutraliteit as Chirac, want volgens hom maak dit juis ´n staat partydig wanneer godsdiens tot die privaat sfeer teruggedwing word. Volgens hom moet die staat neutraal wees, maar steeds ´n openbare ruimte waarborg vir die gelyke deelname deur verskillende godsdienstige gemeenskappe.32 Die onlangse debatte oor en toepassing van ´n verbod deur verskeie Europese lande ten aansien van die dra van gesigsbedekkings (boerkas) deur Moslemvroue in die openbaar sluit aan by die moeilike debat van godsdienstige pluralisme en godsdienstige neutraliteit. Malherbe33 staan krities teenoor die begrip “neutraliteit” en voer aan dat dit ´n distansiëring van godsdiens beteken eerder as ´n gelyke of billike akkommodering daarvan en gevolglik word so ´n “neutrale” benadering deur sekulêre vertrekpunte onderlê. In die Nederlandse 29 M ten Hooven “Religie verdeelt Nederland. Een Oude Scheidslijn in een Nieuwe Gedaante” in M ten Hooven en T de Wit (reds) Ongewenste Goden. De Publieke Rol van Religie in Nederland (2006) 13-37. 30 J Chirac Over de Scheiding van Kerk en Staat, Rede uitgespreek op 17 December 2003, www.elysee.fr, ook beskikbaar by http://www.liberales.be/essays/chirac. 31 Hy verklaar soos volg: “De scheiding van kerk en staat moet vooral gelden op school. De school is de plaats bij uitstek waar onze gezamenlijke waarden worden verworven en overgedragen. Daar wordt de republikeinse idee gevormd. Het is de plaats waar vrije en kritische burgers gevormd worden. Waar de sleutel wordt aangereikt tot zelfontplooiing, waar aangeleerd wordt om het eigen lot in handen te nemen en waar iedereen een brede waaier aan mogelijkheden krijgt aangereikt. De school is een republikeins heiligdom dat we moeten verdedigen, om de gelijkheid te bewaren met betrekking tot de verwerving van de waarden en van de kennis, de gelijkheid tussen meisjes en jongens, het gemengd zijn van alle onderwijs, en in het bijzonder van de sport.” 32 Cohen verklaar soos volg: “Alleen een seculiere staat creëert de ruimte voor de grote diversiteit die het kenmerk is van de moderniteit en de moderne stedelijke samenleving. Alleen in een seculiere staat is een bepaalde mate van coëxistentie tussen verschillende groepen en individuen mogelijk. Alleen in een seculiere staat met een democratische ordening kan een publieke ruimte ontstaan om de verschillende uitgangspunten van de verschillende bevolkingsgroepen te articuleren en uit te onderhandelen. Want alleen in een seculiere staat is, om met Thorbecke te spreken, ‘de eenheid van de staat, en de gelijkheid voor het recht’ [15] gewaarborgd. Dat doet de seculiere, democratische staat, door een belangrijk principe boven alles te stellen: het respect voor de fundamentele rechten van een ieder, zonder onderscheid des persoons. Dat principe impliceert dat de vrijheden van de één ook voor de ander gelden, mits men zich aan de wet houdt. Totdat die vrijheden botsen – dat is niet erg, dat hoort zo in een democratie, waarin we over onze verschillen onderhandelen totdat ze met elkaar in overstemming worden gebracht of wij die verschillen aanvaardbaar achten of aanvaarden.” J Cohen “Scheiding van Kerk en Staat in die 21 ste Eeuw” Willem van Oranje lesing, 1 Junie 2004, beskikbaar by www.amsterdam.nl/cohen/toespraken. 33 R Malherbe “Enkele Kwelvrae oor die Grondwetlike Beskerming van die Reg op Godsdiensvryheid” 2006 NGTT 194-195. 16 regspraak tref ons verskeie voorbeelde aan ten aansien van die verbod op boerkas, soos beslis deur onder andere die Kommissie vir Gelyke Behandeling (Commissie Gelijke Behandeling – CGB). Ten opsigte van openbare skole is die Kommissie van mening dat die openbare onderwys ruimte moet laat vir alle godsdienstige of geestelike oortuigings, insluitende die dra van ´n boerka, mits die betrokkenes die openbare karakter van die skool onderskryf. 34 Met betrekking tot besondere onderwys volg die CGB ´n ietwat ander benadering. ´n Protestantse of Rooms-Katolieke skool mag byvoorbeeld die dra van ´n boerka verbied, indien aangetoon kan word dat die verbod nodig is vir die verwesenliking van die spesifieke grondslag van die skool, anders word daar geag dat die skool ongeoorloofde onderskeid op godsdienstige gronde maak. ´n Privaat skool met ´n spesifieke godsdienstige karakter mag dus godsdienstige uitinge verbied, ten einde gevolg te gee aan die bepaalde godsdienstige identiteit van die skool.35 Daar word aangevoer dat die uitsprake van die CGB inhoudelik verskil van dié van die Europese Hof vir Menseregte, aangesien die CGB die vraag eerder uit die hoek van diskriminasie benader as uit die perspektief van die reg op godsdiensvryheid. Gevolglik sal die CGB nie sommer ´n verbod op ´n boerka toestaan nie. So beslis die CGB byvoorbeeld in April 2011 dat ´n Volendamse Katolieke skool diskrimineer deurdat ´n Islamitiese leerling geen hoofdoek mag dra nie. Die CGB kom tot hierdie gevolgtrekking deur sy beslissing te baseer op diskriminasie eerder as op die reg tot vryheid van godsdiens. Die Nederlandse howe en die Europese Hof36 is meer geneig om ´n verbod op ´n boerka toe te staan, gesien in die lig van godsdiensvryheid. So gesien sal die Katolieke skool toegelaat word om die dra van ´n hoofdoek te weier, slegs indien dit in stryd is met die Katolieke karakter van die skool. Die begrip “neutraliteit” in Nederlandse skole word byvoorbeeld gewaarborg deur pluralisme, eerder as eenvormigheid. Volgens die Nederlandse interpretasie van die begrip “neutraliteit” word alle godsdienstige oortuigings gelyk behandel. In Turkye, byvoorbeeld, word alle godsdienstige uitinge in die openbare ruimte (soos die dra van die boerka) verbied. Die dra van die boerka is ook in Frankryk en meer onlangs ook in België verbied. Die dra van die boerka word gesien as ´n godsdienstige uiting wat binne die beskerming van die reg op godsdiensvryheid behoort te val. In April 2011 het die Franse Parlement egter ´n resolusie aanvaar in terme waarvan die dra van boerkas deur Moslemvroue in die openbaar verbied is. 34 Oldenhuis Schurende Relaties 47. Oldenhuis Schurende Relaties 48-49. 36 Sien byvoorbeeld Europese Hof 15 Februarie 2001, saak 42393/98 (Dahlab v Zwitserland). 35 17 Lord Pannick37 is van mening dat die Europese Hof van Menseregte die verbod as ´n inbreukmaking op artikel 9 van die Europese Konvensie behoort te vind. Hy meen “[t]here is no public interest to weigh against the manifestation of religious beliefs” en “only the unease of the non-believer that women should wish so to conceal themselves from the public”. ´n Moslempaartjie van Frankryk het op 9 Junie 2011 ´n klag ingedien by die Europese Hof ten aansien van die boerka-verbod in Frankryk en die hof se uitspraak kan ´n baie belangrike beslissing wees met betrekking tot die beperking van die reg op godsdiensvryheid. België het Frankryk se voorbeeld gevolg en op 23 Julie 2011 dieselfde verbod ingestel. In Nederland is die standpunt egter dat: “[d]e pluriformiteit van de samenleven juist bevorderd [word] door uitingen van religieuze gevoelens niet te verbieden. In Nederland wordt de neutraliteit gefaciliteerd door pluformiteit, in Turkije door uniformiteit.”38 Dit is ook hierdie benadering ten aansien van godsdienstige neutraliteit wat voorgestaan word in Suid-Afrika wat gekenmerk word deur ´n ryke verskeidenheid van godsdienstige opvattinge, gebruike en praktyke wat gerespekteer behoort te word binne die reg op godsdiensvryheid. Vervolgens word na die posisie in Suid-Afrika gekyk. 2.4 DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN SUID-AFRIKA 2.4.1 Historiese oorsig In Suid-Afrika het die regering tussen 1652 en 1795 ´n Konstantynse benadering gevolg ten opsigte van die “Kerk” in Suid-Afrika, ´n benadering van nie net alleen beskerming van die kerk nie, maar ook beheer oor die kerk. Soos uitgedruk deur Hiemstra:39 “The basic structure proposed by the Constantinian model is that political authorities are understood to be dominant over church authorities. Firstly, this means political authorities often assist, influence, and sometimes fully control church authority. Secondly, the state’s control includes advancing and supporting ‘true religion’ through the use of its coercive power.” In 1795 word die Kaap vir die eerste keer deur die Engelse oorgeneem en die besetting duur tot 1803 waarna die Kaap weer onder Nederlandse heerskappy kom in die vorm van die Betaafse Republiek van 1804-1806. JA de Mist word aangestel as Kommissaris-Generaal en 37 Would the Burqa Ban Stand up at the European Court? (2011) Beskikbaar by http://www.defence.pk/forums/world-affairs/103681-wouldburqa-ban-stand-up-european-court.html. 15 Oktober 2011. 38 Oldenhuis Schurende Relaties 52. 39 JL Hiemstra “Church, State and the Kingdom of God, an Overview” (2005) 2 REC Focus 28. 18 met die publikasie van die “Kerkorde van De Mist” het De Mist die mening gehuldig dat geen georganiseerde samelewing sonder godsdiens kan bestaan nie. Hoewel hy hom verbind het tot die hoogste vorm van beskerming van die kerk deur die regering, kon hy dit egter slegs doen binne die grense van “firm and just principles” wat volgens hom bestaan het binne die regsorde van die staat: “Regelmatige wetten en Orderes, zonder welke ook de beste en nuttigste instellingen op de duur onbestaanbaar zyn, en, het einde uitloopen op verwarring, scheuring en verdeeldheden tot verderf van den Staat.”40 Die effek van die “Kerkorde van De Mist” was nie een van skeiding tussen kerk en staat nie, maar eerder een van beheer van die staat oor die kerk met die gevolglike totale ondergeskiktheid en onderworpenheid van die kerk aan die staat. Dit sou selfs kon aanleiding gee tot een van die eerste sieninge van die kerk as ´n blote vrywillige organisasie. Jooste41 is van mening dat De Mist inderdaad aanleiding gegee het tot ´n totale herkonseptualisering van die “Kerk” as niks meer as ´n blote vrywillige vereniging nie. Teen 1806 sien ons ´n verdere verandering in die verhouding tussen kerk en staat – ´n skuif van beheer oor die kerk deur die Nederlandse regering tot een van beheer deur die Engelse regering. Op 22 Julie 1843 word ´n ordonnansie deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk opgestel en aan die Wetgewende Raad voorgelê: “[A] code of law more adapted to the present circumstances of the Church and the Colony, than those comprised in the Church Ordinance of Commissioner-General De Mist.”42 Van spesifieke belang vir die toekomstige posisie van die kerk was artikel 8 van die Ordonnansie.43 Volgens artikel 8 word bepaal dat “all church laws and regulations will legally be seen as the laws of a mere voluntary association, which are legally binding only on them who voluntary subject themselves to the said laws and regulations”. [Eie kursivering.] In ´n verslag van sir William Porter, rakende die Ordonnansie, word hierdie benadering selfs duideliker gestel: “The Church laws are to be viewed as the rules of a mere voluntary association. It is not said, indeed that the D.R. Church is such a mere voluntary association; a position which her members would deny 40 P Coertzen “The Position of Churches in South Africa under a New Constitution” in H Warnink (ed) Legal Position of Churches (2001) 37-38. 41 JP Jooste Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Potchefstroom, Sinode Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (1958) 15. 42 P Coertzen Legal Position of Churches 39. 43 Ordonnansie nr. 7 van 1843. 19 and which it would have been improper to lay down. But to declare that her legislation shall be judged of just as if she were such an association, is, I conceive a sound principle and with a legislation so limited, she cannot possibly do harm.”44 Die invloed van die Engelse reg en hierdie benadering vind ook uiting in die beslissings van die howe. In die 1922-saak van Bredell v Pienaar and others,45 word die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur Regter Watermeyer omskryf as ´n vrywillige vereniging, uit hoofde van paragraaf 8 van die Ordonnansie,46 en gevolglik moet die reëls en regulasies van die kerk gesien word as synde dié van ´n vrywillige vereniging.47 Dit word ook bevestig in die latere uitspraak van Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika.48 In laasgenoemde bevestig die hof dat kerke nog altyd in ons regspraak op dieselfde grondslag as vrywillige verenigings behandel is en baseer dié beslissing ook op die 1843Ordonnansie wat bepaal dat die N.G. Kerk in Suid-Afrika se reëls en regulasies: “shall be regarded in law in like manner as the rules and regulations of a merely voluntary association, and shall be capable of affecting the persons or properties of such persons only as shall be found in the course of any action or suit before any competent Court to have subscribed, agreed to, adopted or recognised the said rules and regulations or some of them in such manner as to be bound thereby in virtue of the ordinary legal principles applicable to cases of express or implied contract.” Die tydperk tot en met 1994, wat insluit die Uniewording in 1910, die bewindoorname deur die Nasionale Party en die gepaardgaande afdwinging van die “apartheids”-beleid in 1948 en die Republiekwording in 1960, is steeds gekenmerk deur die toepassing van die vroeëre Konstantynse benadering in ´n meerdere of mindere mate. Kerke en geloofsgemeenskappe het geen ware vryheid van godsdiens geken gedurende hierdie tydperk nie.49 2.4.2 ´n Nuwe benadering Artikel 15(1) van die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet50 bepaal soos volg: “Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.” Artikel 31 bepaal verder: 44 FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 348. 45 Bredell v Pienaar and others 1922 CPD 578 op 581. 46 Ordonnansie nr. 7 van 1843. 47 JD van der Vyver “Religion” in WA Joubert en TJ Scott (eds) LAWSA (2003) 23 op 150-151. 48 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) 25G. Vir die feite van die Theron-beslissing sien p 227. 49 P Coertzen “Grappling with Religious Differences” 2008 BYU L. Rev 785-788. 50 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,1996. 20 (1) Persone wat aan ´n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die reg ontsê word om saam met ander lede van daardie gemeenskap(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en (b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie. (2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ´n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie. Artikel 15 saamgelees met artikel 31, verskans ´n reg tot individuele godsdiensvryheid sowel as ´n reg tot institusionele godsdiensvryheid. Dit blyk in ooreenstemming te wees met artikel 18 van die Universele Verdrag van Menseregte wat bepaal dat: “Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes freedom to change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or private, to manifest his religion or belief in teaching, practice, worship and observance.” Opmerklik in bogenoemde bepaling is die uitdruklike verwysing na en insluiting van die reg om van geloof of godsdiens te verander en hierdie bepaling is gevolglik opgeneem in die Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede.51 In die algemeen gesien eis artikel 18 die beskerming van godsdienstige optrede bestaanbaar met die (individuele en institusionele) uitoefening van die reg op vryheid van denke, gewete en godsdiens. Die SuidAfrikaanse Grondwet se beskrywing van godsdiensvryheid is dus betreklik vaag in vergelyking met die Universal Declaration of Human Rights (Universele Verklaring)52 en die Europese Konvensie.53 Dit plaas ´n groot verantwoordelikheid op geloofsgemeenskappe enersyds en die regering by monde van die howe andersyds wanneer dit gaan oor die interpretasie van die inhoud van hierdie reg. Godsdiensgemeenskappe moet in die 51 Sien die bespreking op bladsy 22 vir inligting rakende die agtergrond en totstandkoming van die Handves. Artikel 1 en 2 van die Handves bepaal soos volg: (1)Elke persoon (waar toepaslik in hierdie Handves sluit “persoon” ´n godsdiensinstelling in), het die reg om volgens hulle eie godsdienstige of filosofiese oortuigings te glo en te kies watter geloof, wêreldbeskouing, godsdiens, of godsdiensinstelling om te onderskryf, daarby te affilieer of daaraan te behoort. (2)Niemand mag gedwing word om te glo, wat om te glo of nie te glo, of daarvolgens te handel nie. Elke persoon het die reg om van geloof, godsdiens, oortuiging of godsdiensinstelling te verander, of ´n nuwe godsdiensgemeenskap of godsdiensinstelling te vorm. Elke persoon mag op grond van hulle geloofs- of ander oortuigings weier om aan bepaalde aktiwiteite deel te neem, byvoorbeeld van militêre of opvoedkundige aard, of sekere mediese behandeling te ontvang, of bepaalde pligte uit te voer of dienste te lewer, insluitende mediese dienste of prosedures. 52 53 Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948). European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998). 21 afwesigheid van ´n duidelike inhoud van godsdiensvryheid hulle eie regte en geloofsidentiteit formuleer binne die beperkings van die Grondwet en die algemene reg, en die regering en die howe moet in die afwesigheid van sodanige formulering deur geloofsgemeenskappe, inhoud aan die reg op godsdiensvryheid gee deur middel van hofbeslissings op ´n ad hoc-basis soos die omstandighede dit vereis. Artikel 234 van die Grondwet laat ruimte vir geloofsgemeenskappe om inhoud te gee aan die reg op godsdiensvryheid deur die moontlikheid van die formulering van ´n Handves van Godsdiensregte. Artikel 234 bepaal soos volg: “Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.” Sodanige Handves verkry dan die regskrag van wetgewing en kan beide die staat en geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika ondersteun met die interpretasie van die inhoud en grense van die reg op godsdiensvryheid. Verskeie ander regte in die Handves het reeds inhoud gekry deur middel van wetgewing, soos byvoorbeeld die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wat inhoud gee aan artikel 33: die reg op administratiewe geregtigheid. Op 21 Oktober 2010 is ´n Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede onderteken en ´n Suid-Afrikaanse Raad vir die Bevordering en Beskerming van Godsdiensregte in die lewe geroep. Die Grondwet van die Raad is aangeneem tydens die eerste Algemene Vergadering gehou op 21 September 2011 by die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch. Die hoop is om die Handves binnekort aan die Parlement voor te lê.54 Die Handves maak voorsiening vir onder andere die reg om te glo of nie te glo nie (insluitende die reg tot vryheid van assosiasie),55 die reg om godsdiens uit te leef en te beoefen,56 die reg op beskerming deur die staat en die verpligtinge van die staat ten aansien van godsdiensregte (insluitende institusionele godsdiensvryheid),57 die reg op onderwys in ooreenstemming met godsdienstige oortuigings,58 die reg op bepaalde huweliks-, familie- en persoonsregtelike tradisies,59 die vryheid van uitdrukking, propaganda en godsdienstige waardigheid,60 die reg om vrywillige finansiële ondersteuning en bydraes te 54 ´n Resente kopie van die Handves word as addendum tot die bespreking toegevoeg. Artikel 1-2. Artikel 4. 57 Artikel 3, 9. 58 Artikel 7-8. 59 Artikel 5. 60 Artikel 6. 55 56 22 werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer61 en die reg om liefdadigheidswerk in die gemeenskap te doen.62 Bogenoemde Handves wat inhoud gee aan die reg op godsdiensvryheid, is dus ´n belangrike instrument om die verhouding tussen kerk (godsdiens) en staat in Suid-Afrika verder te reguleer. Artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Grondwet sluit egter ook artikel 15(2)63 en 15(3)64 in. Du Plessis65 voer aan dat die blote insluiting van bogenoemde bepalings, spesifiek artikel 15(2): “contradicts any depiction of the South African State as a secular State. South Africa is rather a religion-neutral State whose constitutional provisions on the right to religious freedom sustain religion without preferring any particular faith or denomination.”66 Artikel 15(2) stel drie vereistes vir godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings, naamlik nakoming van reëls wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is; dat dit op billike grondslag geskied; en dat bywoning daarvan vry en vrywillig is. Staats- of staatsondersteunde instellings sluit in skole, hospitale, gevangenisse en so meer. Artikel 15(2) het ´n wesenlike impak op die verhouding tussen staat en kerk, en spesifiek op die verhouding tussen die Staat en geloofsinstellings in Suid-Afrika. Dit blyk ´n groot probleem te wees vir geloofsinstellings in Suid-Afrika, aangesien toepaslike reëls deur die openbare gesag gemaak word en moontlik ´n inbreukmaking of beperking van die institusionele reg op godsdiensvryheid tot gevolg kan hê. Dit is gevolglik nie vreemd dat hierdie vrese opgeneem is in die bewoording van die voorgestelde Handves van Godsdiensregte nie.67 Geen reg in die 61 Artikel 11. Artikel 12. 63 (2) Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits(a) daardie beoefening reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is; (b) dit op billike grondslag geskied; en (c) bywoning daarvan vry en vrywillig is. 64 (3) (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan(i) huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of ´n stelsel van godsdiens-, persone- of familiereg nie; of (ii) stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur persone wat ´n besondere godsdiens aanhang nie. (b) Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die Grondwet bestaanbaar wees. 65 LM du Plessis “Current Problems Concerning Church and State Relationships and Religious Freedom in South Africa. The Viewpoint of a Constitutional Lawyer” in H Warnink (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy (2001) 19 en verder. 66 Sien verder JD van der Vyver “Godsdiensvryheid: Sekularisasie of Politieke Neutraliteit?” 2000 Woord en Daad 3-5. 67 “ 9. Elke godsdiensinstelling het die institusionele reg op godsdiensvryheid. Elke godsdiensinstelling het die outonomie om hulle eie belydenisse, leerstellinge en kerklike ordes vas te stel, oor alle leerstellige en Kerkordelike sake self te besluit en hulle eie interne sake, insluitende organisatoriese strukture en prosedures, die aanwysing, diensvoorwaardes en ontslag van ampsdraers, en lidmaatskapvereistes, te reël. Elke godsdiensinstelling word erken en beskerm as ´n onafhanklike nie-staatlike instelling teenoor wie die staat ´n positiewe onpartydige en akkommoderende houding handhaaf. Die staat moet die outonomie van elke godsdiensinstelling eerbiedig en nie leerstellige en Kerkordelike sake reguleer of aan enige godsdiensinstelling daaroor voorskryf nie. Dit sluit in dat die howe nie oor leerstellige en Kerkordelike sake uitspraak lewer nie. Elke godsdiensinstelling onderwerp hulle aan die reg van die land en moet hulle outonome optrede op grond van hulle geloofsoortuigings of leerstellinge en binne die raamwerk van die reg van die land kan verantwoord. 62 23 Handves geld egter absoluut nie en so kan die reg op godsdiensvryheid ook beperk word aan die hand van die algemene beperkingsklousule vervat in artikel 36 van die Grondwet tot die mate wat dit redelik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing. Sekere faktore moet dan in ag geneem word om te bepaal of die beperking redelik en regverdigbaar is, wat insluit die aard van die reg, die belangrikheid van die doel van die beperking, die aard en die omvang van die beperking, die verband tussen die beperking en die doel daarvan en ten slotte die vraag of daar ´n minder beperkende manier is om die doel te verwesenlik. Wat betref institusionele godsdiensvryheid, is artikel 3168 van groot belang. Hierdie bepaling beklemtoon die reg van godsdiensgemeenskappe om hulle godsdiens te geniet en te beoefen en om organe van die burgerlike samelewing te vorm en te organiseer. Verder bepaal artikel 8(4) van die Grondwet dat ´n regspersoon eweneens geregtig is op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis. Ingevolge die gemenereg word georganiseerde godsdiensgemeenskappe as regspersone gesien en sluit dit alle genootskappe, denominasies en plaaslik georganiseerde gemeentes in soos duideliker sal blyk uit die volgende bespreking in Hoofstuk 3. Van bykomende belang in hierdie verband is artikel 18 van die Universele Verklaring wat bepaal dat “this right includes freedom to change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or private, to manifest his religion or belief in teaching, practice, worship and observance”. Dit beklemtoon dus ook die kollektiewe aard van die reg deur saam met ander te aanbid en te bely en godsdienstige oortuigings te deel en te onderhou. Artikel 7(2) van die Grondwet bepaal uitdruklik dat die Staat die regte in die Handves van Regte nie net moet eerbiedig en beskerm nie, maar ook moet bevorder en verwesenlik. Gevolglik word Suid-Afrika nie gesien as ´n sekulêre staat nie, maar eerder as ´n godsdiensneutrale staat wat voorsiening maak vir die verskansing van godsdiensregte sonder om aan ´n spesifieke geloof of geloofsbelydenis voorkeur te gee. Hoewel die staat dus nie soseer “godsdienstig” is nie, word ruimte gelaat vir die bevordering en verwesenliking van godsdiens. 10. Elke godsdiensinstelling as regspersoon het die reg om in die regsverkeer op te tree, byvoorbeeld deur kontrakte te sluit, eiendom aan te skaf te onderhou en van die hand te sit en toegang tot die howe te verkry. Die staat mag belasting- en ander voordele aan godsdiensinstellings toestaan. 11. Elke persoon het die reg om vir godsdienstige doeleindes vrywillige finansiële en ander vorme van ondersteuning en bydraes te werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer. 12. Elke persoon het die reg om op godsdienstige of ander gronde noodlenigings-, opheffings- en liefdadigheidswerk in die gemeenskap te doen, liefdadigheids- en welsynsorganisasies te stig, te onderhou en daartoe by te dra, en fondse vir hierdie doel te werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer.” 68 Sien p 20-21. 24 Suid-Afrika is, soos Swanepoel69 tereg opmerk, “nie ´n sogenaamde sekulêre staat wat godsdiensonverskillig is nie, maar een waarin daar in die Grondwet op verskeie wyses aan godsdiens erkenning verleen word”. Hierdie siening het verder aandag geniet in verskeie beslissings deur die Suid-Afrikaanse howe, wat later in meer besonderhede bespreek sal word. Die inhoud van die Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede is ook in ooreenstemming met internasionale dokumente en verdrae, soos die Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief,70 en die Declaration in the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities71 wat inhoud gee aan die reg op godsdiensvryheid soos vervat in verskeie internasionale dokumente.72 Gevolglik sal aandag gegee word aan enkele belangrike bepalings wat ook in die Suid-Afrikaanse Handves opgeneem is. 2.5 INTERNASIONALE EN EUROPESE TOEPASSING Artikel 18 van die Universele Verklaring van 194873 bepaal: “Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes freedom to change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or private, to manifest his religion or belief in teaching, practice, worship and observance.” Die elemente van hierdie artikel sluit in die reg om te glo, die reg om van geloof te verander en die reg om geloof en godsdiens uit te leef. Opmerklik in bogenoemde bepaling is die uitdruklike verwysing en insluiting van die reg om van geloof of godsdiens te verander en hierdie bepaling is gevolglik opgeneem in die voorgestelde Handves van Godsdiensregte vir Suid-Afrika.74 Dit is ook verder opgeneem in die International Convention on Civil and 69 J Swanepoel “Tendense in die Interpretasie van Godsdiensregte” 2006 NGTT 201. Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief, G.A. res. 36/55, 36 U.N. GAOR Supp. (No. 51) at 171, U.N. Doc. A/36/684 (1981). 71 Declaration in the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities, adopted by the General Assembly in its resolution 47/135 on 18 December 1992. 72 Artikel 18 van die Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948); Artikel 18 van die International Convention on Civil and Political Rights, Artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998); Artikel 1 van die African [Banjul] Charter on Human and Peoples’ Rights, adopted June 27, 1981, OAU Doc. CAB/LEG/67/3 rev. 5, 21 I.L.M. 58 (1982), entered into force Oct. 21, 1986. 73 Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948). 74 (1)Elke persoon (waar toepaslik in hierdie Handves sluit “persoon” ´n godsdiensinstelling in), het die reg om volgens hulle eie godsdienstige of filosofiese oortuigings te glo en te kies watter geloof, wêreldbeskouing, godsdiens, of godsdiensinstelling om te onderskryf, daarby te affilieer of daaraan te behoort. 70 (2)Niemand mag gedwing word om te glo, wat om te glo of nie te glo, of daarvolgens te handel nie. Elke persoon het die reg om van geloof, godsdiens, oortuiging of godsdiensinstelling te verander, of ´n nuwe godsdiensgemeenskap of godsdiensinstelling te vorm. Elke persoon mag op grond van hulle geloofs- of ander oortuigings weier om aan bepaalde aktiwiteite deel te neem, byvoorbeeld van militêre of opvoedkundige aard, of sekere mediese behandeling te ontvang, of bepaalde pligte uit te voer of dienste te lewer, insluitende mediese dienste of prosedures. 25 Political Rights van 1966 (ICCPR) as “freedom to have or adopt a religion or belief of his choice”.75 Die reg om te glo word gesien as ´n absolute reg wat nie onderhewig is aan enige beperkings nie, maar die gepaardgaande element van individuele of gesamentlike beoefening of uitlewing van godsdienstige oortuigings kan kragtens die internasionale reg beperk word slegs indien die beperking deur die reg voorgeskryf word en noodsaaklik is om die openbare veiligheid, orde, gesondheid, moraal of fundamentele regte van ander te beskerm. 76 Die Universele Verklaring bepaal verder dat elkeen ´n plig teenoor die gemeenskap het “in which alone the free and full development of his personality is possible”.77 Geen reg of vryheid mag ook uitgeoefen word teenstrydig met die beginsels van die Verenigde Nasies nie en volgens artikel 10 word bepaal dat “nothing in this Declaration may be interpreted as implying for any State, group or person any right to engage in any activity or to perform any act aimed at the destruction of any of the rights and freedoms set forth herein”. Op die Europese front vind ons die Europese Konvensie waarvan die toepassing en interpretasie uitsluitlik geskied by wyse van die Europese Hof vir Menseregte (“Europese Hof”) wat jurisdiksie het oor alle state wat die Konvensie onderteken het. Verskeie artikels in die Konvensie is in ´n mindere of meerdere mate gerig op die vryheid van godsdiens. Artikel 9, 14 en artikel 2 van Protokol 1 verwys spesifiek na “godsdiens”. Artikel 9 erken die vryheid van godsdiens, gewete en oortuiging en die gepaardgaande beperkings wat opgelê mag word vir die uitlewing daarvan: 1. Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes freedom to change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or private, to manifest his religion or belief, in worship, teaching, practice and observance. 2. Freedom to manifest one's religion or beliefs shall be subject only to such limitations as are prescribed by law and are necessary in a democratic society in the interests of public safety, for the protection of public order, health or morals, or the protection of the rights and freedoms of others. Artikel 14 vervat die gelykheidsbeginsel en bepaal soos volg: “The enjoyment of the rights and freedoms set forth in this Convention shall be secured without discrimination on any ground such as sex, race, colour, language, religion, political or other opinion, national or social origin, association with a national minority, property, birth or other status.” 75 International Convention on Civil and Political Rights, Artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, Des 16, 1966, art 18(1). 76 Sien artikel 18(3) van die ICCPR en artikel 1(3) van die Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief, Proclaimed by General Assembly resolution 36/55 of 25 November 1981. 77 Universele Verklaring artikel 29(1). 26 Verder verwys artikel 2 van Protokol 1 spesifiek na die reg op “godsdienstige” onderwys deur te bepaal dat: “No person shall be denied the right to education. In the exercise of any functions which it assumes in relation to education and to teaching, the State shall respect the right of parents to ensure such education and teaching in conformity with their own religions and philosophical convictions.” In die algemeen word aanvaar, en dit blyk ook duidelik uit die regspraak van die Europese Hof, dat die reg op godsdiensvryheid uit twee belangrike elemente bestaan. Enersyds verwys dit na die reg om te glo, wat soos in die geval van die Universele Verklaring ´n absolute reg is, en andersyds verwys dit na die meer relatiewe reg om van geloof of godsdiens te verander en die reg tot beoefening of uitlewing van ´n bepaalde geloof of godsdiens. Die beperking soos vervat in artikel 9(2) maak dit duidelik dat dit slegs van toepassing is op “freedom to manifest one’s religion or beliefs”. Volgens die Europese Hof is die reg op godsdiensvryheid (artikel 9) en die reg tot assosiasie (artikel 11), soos beskerm deur die Europese Konvensie, slegs betekenisvol as dit ´n reg insluit tot “regstatus” van godsdienstige organisasies. Die hof beslis in Sidiropoulus v Greece78 soos volg: “The Court points out that the right to form an association is an inherent part of the right set forth in Article 11 [freedom of association][...] That citizens should be able to form a legal entity in order to act collectively in a field of mutual interest is one of the most important aspects of the right to freedom of association, without which that right would be deprived of any meaning.” Artikel 9 moet dus ook geïnterpeteer word in die lig van artikel 11, wat soos volg lees: 1. Everyone has the right to freedom of peaceful assembly and to freedom of association with others, including the right to form and to join trade unions for the protection of his interests. 2. No restrictions shall be placed on the exercise of these rights other than such as are prescribed by law and are necessary in a democratic society in the interests of national security or public safety, for the prevention of disorder or crime, for the protection of health or morals or for the protection of the rights and freedoms of others. This Article shall not prevent the imposition of lawful restrictions on the exercise of these rights by members of the armed forces, of the police or of the administration of the state. Uit die regspraak van die Europese Hof rakende artikel 11, blyk dit dat die hof selfs gewillig is om die reg van godsdienstige organisasies om ´n entiteit te registreer, en die gepaardgaande 78 Sidiropoulus v Greece 1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1614. 27 regstatus daarvan, te erken as deel van die reg op godsdiensvryheid.79 Lehnhof80 voer aan dat verskeie faktore bydra tot die gevolgtrekking dat godsdienstige organisasies nie net geregtig is op dieselfde mate van beskerming onder artikel 11 as ander organisasies nie, maar selfs ´n hoër mate van beskerming geniet. Een van die faktore verwys na die sterk Europese tradisie van “associative protection” wat aanleiding daartoe gee dat verskeie godsdienstige groepe en organisasies “resist government policies that classify or register religious groups as the same type of association as other, non-religious associations”.81 Dit is in ooreenstemming met die sterk tradisie van godsdiensvryheid in Europa. Nie net word dit beskryf as “far-reaching and profound” nie, maar daar is ook opgemerk dat: “Civil and religious freedom are but two of the fundamental rights of man. Notwithstanding this, it is sad to reflect that in many countries in Europe today those elementary freedoms are denied to many citizens. If the Council of Europe achieves no other end than the guarantee of those two rights, it will have justified its existence. There are many other rights to which citizens can bring an indisputable claim, but to my mind they are merely subdivisions of those.”82 Uit artikel 9 is dit duidelik dat voorsiening ook gemaak word vir godsdiensuitoefening in gemeenskap met ander en nie net privaat nie. Die Europese Hof bevestig in Hasan and Chaush v Bulgaria83 dat “religious communities traditionally and universally exist in the form of organized structures”. Die hof beslis verder in Manoussakis v Greece84 dat die reg op godsdiensvryheid verder “excludes any discretion on the part of the State to determine whether religious beliefs or the means used to express such beliefs are legitimate”. Die Europese Hof het al tydens meer as een geleentheid uitdruklik beslis dat die reg op godsdiensvryheid toegepas moet word in die lig van die reg op vryheid van assosiasie en beklemtoon gevolglik die reg op godsdienstige assosiasie. In die saak van Hasan and Chaush v Bulgaria85 is mnr Hasan verkies as die Hoofmoefti (Mohammedaanse priester) van die Bulgaarse Moslems en as sodanig geregistreer deur die Bulgaarse Direktoraat van Godsdienstige Gemeentes. Twee jaar later word ´n tweede moefti verkies en mnr Hasan word, ten spyte van ´n beswaar, vervang as Hoofmoefti. Die Bulgaarse regering is van 79 Sien byvoorbeeld Freedom and Democracy Party v Turkey, App. No. 23885/94 (1999) op http://www.ochr.coe.int; United Communist Party of Turkey and Others v Turkey, 1998-I Eur. Ct.H.R.1 vir die meer algemene reg op vryheid van assosiasie en Sidiropoulos v Greece, 1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1616-1617 waar die hof bepaal dat die reg op assosiasie ´n reg tot regstatus insluit. 80 L Lehnhof “Freedom of Religious Association: The Right of Religious Organizations to Obtain Legal Entity Status under the European Convention” 2002 BYU L.Rev 581. 81 Lehnhof 2002 BYU L.Rev 582. 82 Sien Lehnhof 2002 BYU L.Rev 583. 83 Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 62 (2000) by http://www.ochr.coe.int. 84 Manoussakis v Greece 1996-IV Eur. Ct. H.R 1346, par 28. 85 Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96. 28 mening dat die Moslemgeloof in Bulgarye slegs een leier kan aanstel en gevolglik weier die regering dus ook om meer as een wettige Moslemgemeente te erken. Die beslissing deur die hof toon verder die belangrike verhouding tussen die reg op godsdiensvryheid (artikel 9) en die reg op vryheid van assosiasie (artikel 11) aan. Die Bulgaarse regering het aangevoer dat slegs artikel 11 van toepassing is en die reg op godsdienstige assosiasie nie deel vorm van die reg op vryheid van godsdiens nie. Die hof pas egter artikel 9 toe en beslis soos volg: “[...] religious communities traditionally and universally exist in the form of organised structures. They abide by rules which are often seen by followers as being of a divine origin. Religious ceremonies have their meaning and sacred value for the believers if they have been conducted by ministers empowered for that purpose in compliance with these rules. The personality of the religious ministers is undoubtedly of importance to every member of the community. Participation in the life of the community is thus a manifestation of one’s religion, protected by article 9 of the Convention.”86 Dit is duidelik dat die reg op vryheid van assosiasie ´n onlosmaaklike komponent van die reg op godsdiensvryheid is en dat selfs die weiering om ´n kerk te registreer ´n inbreukmaking van die kerk se “institusionele” reg op godsdiensvryheid is. Die verband tussen die reg op vryheid van assosiasie en die reg op godsdiensvryheid word verder deur die hof bevestig: “Where the organisation of the religious community is at issue, Article 9 must be interpreted in the light of Article 11 of the Convention which safeguards associative life against unjustified State interference [...] Were the organisational life of the community not protected by Article 9 of the Convention, all other aspects of the individual’s freedom of religion would become vulnerable.”87 2.6 GEVOLGTREKKING Uit hierdie hoofstuk blyk dit duidelik dat Suid-Afrika nie gesien kan word as ´n staat wat heeltemal godsdiensonverskillig is nie, maar as een waar die Grondwet in verskeie bepalings aan godsdiens erkenning verleen. In Nederland blyk dit ook dat die skeiding tussen kerk en staat geen streng skeiding is nie, maar daar word eerder ´n historiese Nederlandse benadering tot die skeiding gevolg, in teenstelling met ´n streng Laicite-benadering. Nederland in die 21ste eeu toon dus geen streng sekulêre karakter nie. Dit is eerder ´n samelewing waarbinne ruimte gegee word aan verskillende godsdienstige gemeenskappe om op gelyke voet deel te wees van en deel te neem aan die burgerlike samelewing binne ´n model van pluralistiese samewerking. Dit is duidelik dat die Europese Hof dan ook ten gunste is van ´n benadering 86 87 Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 par 62. Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 par 62. 29 waarvolgens godsdienstige pluralisme bevorder word eerder as om dit te elimineer, en beslis soos volg in die saak van Serif v Greece:88 “Although the Court recognises that it is possible that tension is created in situations where a religious or any other community becomes divided, it considers that this is one of the unavoidable consequences of pluralism. The role of the authorities in such circumstances is not to remove the cause of tension by eliminating pluralism, but to ensure that the competing groups tolerate each other.” Hierdie benadering van die Europese Hof is dan ook meer in ooreenstemming met die SuidAfrikaanse benadering waarin ruimte gelaat word vir die bevordering en verwesenliking van godsdiens. Die verpligting wat gevolglik op die staat rus om hom nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke godsdienstige organisasies nie, spruit verder voort uit die reg tot “regstatus” van ´n godsdienstige organisasie wat gesien word as ´n belangrike element van die reg op godsdiensvryheid. Hierdie aspek sal nou in nadere besonderhede in die volgende hoofstuk bespreek word. 88 J Murdoch “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of Article 9 of the European Convention of Human Rights” (2007) Human Rights Handbook No 9 44. 30 HOOFSTUK 3 3 DIE REGSTATUS VAN GODSDIENSTIGE ORGANISASIES 3.1 INLEIDING Uit die vorige hoofstuk rakende die verhouding tussen kerk en staat het dit geblyk dat hierdie verhouding sy grondslag vind in die belangrike beginsel van godsdiensvryheid en dat die reg tot “regstatus” van ´n godsdienstige organisasie gesien word as ´n belangrike element van die reg op godsdiensvryheid. Voorspruitend uit hierdie beginsel is die verpligting op die staat om hom nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke godsdienstige organisasies nie. Hierdie siening word bevestig deur die Europese Hof in die saak van Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova.1 Volgens die reg van Moldova “only recognised denomination has legal personality” en die hof beslis dat: “[…] not being recognised, the applicant Church cannot operate. In particular, its priests may not conduct divine service, its members may not meet to practice their religion and, not having legal personality, it is not entitled to judicial protection of its assets. The court therefore considers that the government’s refusal to recognise the applicant Church [...] constituted interference with the right of the applicant Church and the other applicants to freedom of religion, as guaranteed by Article 9§1 of the Convention.” In Suid-Afrika is die kerk ook, net soos ander entiteite, gegrond op sy eie interne reëls en regulasies. Volgens Appèlregter Jansen, in die toonaangewende saak van Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA,2 is die geldigheid en effek van sodanige reëls en regulasies nie afhanklik van die regspersoonlikheid van die betrokke liggaam nie, en vind toepassing op gelyke grond binne die religieuse liggaam, ongeag of die liggaam oor regspersoonlikheid beskik al dan nie. Hierdie bespreking sal fokus op die uitgangspunt dat die bevoegdhede van kerke en ander religieuse liggame egter grootliks saamhang met die vraag of hulle oor regspersoonlikheid beskik al dan nie. Indien ´n spesifieke kerk met regspersoonlikheid beklee is, beskik dit oor verskillende regte en verpligtinge en kan dit onder meer eiendom besit, deelneem aan regshandelinge en dagvaar en gedagvaar word in eie naam. 1 2 Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova 45701/99 [2001] ECHR 860 (13 December 2001). Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 13. 31 Die bespreking sal verder fokus op bogenoemde regte en verpligtinge deur eerstens ´n uiteensetting te gee van die verskillende kategorieë regspersone en die verdere erkenning en benadering van die howe ten aansien van die kerk as regspersoon in die Suid-Afrikaanse Reg en sy vergelykende posisie in Nederland. Ter afsluiting sal die bespreking kortliks fokus op die posisie van die kerkraad, ring en sinode as afsonderlike regspersone en draers van sekere regte en verpligtinge, asook die regspersoonlikheid van “zelfstandige onderdele” ten opsigte van die Nederlandse “Kerkgenootschap”. 3.2 DIE VEREISTES EN BEPALING VAN REGSPERSOONLIKHEID Regspersone kan gesien word as assosiasies van persone, oftewel sosiale entiteite, wat onafhanklike bestaansreg het binne die reg. ‘n Regspersoon bestaan apart van sy lede en is in eie reg die draer van regte, kompetensies en regsverpligtinge.3 Die regspersoon het verder die vermoë om eiendom te besit en om as eiser of verweerder in enige regsaksie op te tree. Op grond van sekere formaliteite wat nagekom moet word, word hoofsaaklik tussen drie kategorieë van regspersone onderskei. In die eerste geval kan ´n regspersoon ontstaan deur middel van toestemming vanaf owerheidsweë wat hoofsaaklik in wetgewing vervat is.4 Hier word spesifiek gedink aan universiteite, soos die Universiteit van Pretoria5, of instansies soos Eskom6 en Yskor.7 In die geval van verskeie kerkverbande is daar op dieselfde statutêre wyse bepaal dat die kerk ´n regspersoon is. So word gesien dat die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika ingevolge artikel 3 van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika 24 van 1961, soos gewysig deur Wet 4 van 1970, as regspersoon omskryf is: “Die kerk is ´n regspersoon met ewigdurende regsopvolging, bevoeg om in sy eie naam as eiser en verweerder in regte op te tree en om afsonderlik van sy lede regte te verkry en verpligtings aan te gaan.” Hierdie bepaling vind ook neerslag in artikel 3 van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika 111 van 1978, waarin die Metodistekerk soos volg omskryf is: “Die kerk soos oorspronklik ingestel en saamgestel ingevolge die wette in die Aanhef hierby genoem, bly, ondanks die herroeping van gemelde wette, voortbestaan onder die naam ‘Die Metodistekerk van Suider-Afrika’, en is ´n regspersoon met ewigdurende regsopvolging. 3 CJ Davel en RA Jordaan Personereg (1994) 3. JD van der Vyver “Religion” in WA Joubert TJ Scott (ed) LAWSA Vol 23 (2003) par 151. 5 Opgerig kragtens artikel 4(1) van die Private Wet op die Universiteit van Pretoria 106 van 1990. 6 Opgerig kragtens artikel 1 van die Elektrisiteitswet 41 van 1987. 7 Opgerig kragtens artikel 2(1) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk 119 van 1979. 4 32 Die kerk kan as eiser en as verweerder in regte optree en kan sowel los- as vasgoed verkry, besit en vervreem, en kan alle ander handelinge verrig en dinge doen wat regspersone regtens kan verrig en doen, behoudens die bepalings van hierdie Wet of enige ander wetsbepaling.” [Eie kursivering.] Beide wette is egter in 2008 herroep.8 In die tweede geval kan ´n regspersoon tot stand kom deur te registreer ingevolge parlementêre wetgewing, soos die Maatskappyewet 71 van 2008. Volgens Pienaar9 verwys beide bogenoemde gevalle na die tipe vereniging wat geklassifiseer word as ´n statutêre vereniging. Hierdie statutêre verenigings sluit instansies in soos onder andere banke, bouverenigings, sekere professionele verenigings en verenigings sonder winsoogmerk. As ´n kerklike organisasie bestudeer word, kan die Christelike Seemansorganisasie as voorbeeld dien. Hierdie organisasie het begin as ´n interkerklike organisasie. Sedert 1978 staan hierdie organisasie bekend as die Christelike Seemansorganisasie en is ´n voorbeeld van ´n organisasie sonder winsoogmerk, wat ingevolge die bepalings van die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk 71 van 1997 geregistreer is. Die Grondwet van hierdie organisasie maak dit ook duidelik dat die organisasie beklee is met regspersoonlikheid, soos bepaal in artikel 2: 2. REGSPERSOONLIKHEID EN REGSAANSPREEKLIKHEID 2.1 Die CSO is ´n (fiktiewe) regspersoon, staan apart van sy lede en ampsdraers, met die vermoë om regte te bekom en om as eiser of verweerder in enige regsaksies op te tree. 2.2 Die voortbestaan van die CSO as regspersoon word nie geaffekteer deur ´n verandering in sy lidmaatskap of ampsdraers nie. 2.3 Lede en werknemers van die CSO het geen regte in die eiendom of enige bates van die organisasie, uit hoofde van die feit dat hulle lede of werknemers van die CSO is nie. ´n Derde moontlikheid, wat dan veral van belang is vir hierdie bespreking, is die verkryging van regspersoonlikheid deurdat daar aan die gemeenregtelike vereistes vir die totstandkoming van regspersone voldoen is. In die geval van laasgenoemde, het dit betrekking op die gemeenregtelike regspersoon, oftewel universitas. Op hierdie punt tref Pienaar10 verder onderskeid tussen sodanige gemeenregtelike regspersone as verenigings wat korporatiewe liggame is ingevolge die gemenereg (universitas) en oningelyfde verenigings. Hoewel ´n universitas nie ingelyf is deur middel van wetgewing of deur registrasie nie, bly dit ´n 8 Sien onderskeidelik die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika No. 45 van 2008 en die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika No. 47 van 2008. GJ Pienaar “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” 1998 PER/PELJ 152. 10 Pienaar 1998 PER/PELJ 152. 9 33 korporatiewe liggaam en kan daar nie na verwys word as ´n oningelyfde vereniging nie.11 Volgens die hof in Shillings CC v Cronje,12 verwys “oningelyf” na “an association which does not have legal persona separate from its constituent”. Wat die gemeenregtelike regspersoon betref, word daar gevolglik na die aard van die vereniging tesame met die konstitusie en doel van die betrokke vereniging gekyk om te bepaal of dit dus wel ´n gemeenregtelike regspersoon is, al dan nie. Dit is deur die hof soos volg uitgedruk: “An association of individuals does not always require the special sanction of the State in order to hold property and to sue in its separate name in South Africa. In order to determine whether an association of individuals is a corporate body, which can sue in its own name, the court has to consider the nature and the objects of the association as well as the constitution, and if these show that it possesses the characteristics of a corporation or universitas, then it can sue in its own name.”13 Dus is ´n blote verwysing na die onderskeie organe as regspersone in die Kerkorde of konstitusie voldoende vir die entiteit om met regspersoonlikheid beklee te word.14 Die howe het egter geensins ´n konsekwente benadering gevolg met betrekking tot die erkenning van die regspersoonlikheid van verskeie kerke en religieuse liggame nie, en dit is dus noodsaaklik om verdere ondersoek in te stel na die benadering van die howe ten opsigte van die kerk as regspersoon. 3.3 DIE HOWE SE BENADERING TEN AANSIEN VAN DIE KERK AS REGSPERSOON 3.3.1 Die regsaard van die kerk en ander godsdienstige organisasies So vroeg soos 1908, in die saak van Cassim v Molife,15 is aangevoer dat “[…] being a religious body, the authorities are unanimous that it is ipso jure a universitas”. Dit blyk egter duidelik uit vroeëre en latere beslissings deur die hof dat hierdie siening nie konsekwent of selfs eenvormig toegepas is nie. Die howe is ook geensins eenvormig ten opsigte van die regsimplikasies en eienskappe van sodanige regspersoon nie. In dieselfde jaar, in die saak van Webb & Co Ltd v Northern Rifles,16 beskryf die hof ´n universitas as: 11 Pienaar 1998 PER/PELJ 152. Shillings CC v Cronje 1988 (2) SA 402 (A) 419F. 13 Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229. 14 Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150. 15 Cassim v Molife 1908 TS 748 op 750. 16 Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 464-465. 12 34 “An universitas personarum in Roman-Dutch law is a legal fiction, an aggregation of individuals forming a persona or entity, having the capacity of acquiring rights and incurring obligations to a great extent as a human being.” ´n Onderskeid word verder getref tussen sodanige universitas en ´n blote vereniging van persone. ´n Universitas is ´n entiteit wat apart bestaan van die lede wat dit vorm en wat die bevoegdheid het om apart van die lede regte te kan kry en verpligtinge aan te gaan. 17 Verder word gesien dat onder invloed van die Engelse reg, die Nederduitse Gereformeerde Kerk in wetgewing van die Britse koloniale regerings ook verder beskou is as ´n “vrywillige vereniging”. In die 1922-saak van Bredell v Pienaar,18 word die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur Regter Watermeyer omskryf as ´n vrywillige vereniging, uit hoofde van paragraaf 8 van die Ordonnansie,19 en gevolglik moet die reëls en regulasies van die kerk gesien word as synde dié van ´n vrywillige vereniging.20 O’Brien Geldenhuys21 is van mening dat die kenmerke van sodanige vereniging is dat lede kontraktueel verbonde naas en teenoor mekaar staan en dat die regte en verpligtinge van die lede onderling bepaal word deur die akte van oprigting, of die ooreenkoms waardeur die vereniging in die lewe geroep word. Die vereniging bestaan voort, ongeag die wisseling van lede en goedere. Besittings van die vereniging kom die lede toe en behoort aan hulle. Hierdie siening word by herhaling deur die Suid-Afrikaanse regspraak bevestig, veral as beslissings soos Jockey Club of South Africa22 en Theron v Ring van Wellington23 bestudeer word. In laasgenoemde bevestig die hof dat kerke nog altyd in ons regspraak op dieselfde grondslag as vrywillige verenigings behandel is en baseer die beslissing op ´n 1843-Ordonnansie waarvolgens die N.G. Kerk in Suid-Afrika se reëls en regulasies: “[...] shall be regarded in law in like manner as the rules and regulations of a merely voluntary association, and shall be capable of affecting the persons or properties of such persons only as shall be found in the course of any action or suit before any competent Court to have subscribed, agreed to, adopted or recognised the said rules and regulations or some of them in such manner as to be bound thereby in virtue of the ordinary legal principles applicable to cases of express or implied contract.” 17 Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 464-465. Bredell v Pienaar 1922 CPD 578 op 581. 19 Ordonnansie nr 7 van 1843. Sien vroeëre bespreking op p 19 en verder. 20 Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150-151. 21 FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 341. 22 Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 350-351. Sien ook Odendaal v Loggerenberg and others, NNO 1960(3) SA 367 (O) – “The Dutch Reformed Church of the Orange Free State is a voluntary association and its domestic disputes are dealt with in terms of its laws and enactments.” 23 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 25G. 18 35 Van der Merwe24 is egter van mening dat om die kontrakteregbeginsels op die kerk van toepassing te maak, gesien word as ´n totale miskenning van die soewereiniteit en wil van God. Die siening dat die kerk ´n vereniging is, tas ook die wese van die kerkregeringstelsel aan. Volgens hom is dit duidelik dat die kerk nie as ´n vereniging behandel kan word nie en dat die beginsels van die verenigingsreg en/of kontraktereg nie daarop van toepassing gemaak kan word nie. Daar is ook geen sprake van “vrywillige” vereniging nie, want as God die mens roep en hy die Here na harte aanneem, is hy verplig om hom by die kerk aan te sluit en is daar geen sprake van vrywilligheid nie.25 Of hierdie kritiek van Van der Merwe regverdig is al dan nie, verander niks aan die wyse waarop die howe die kerk beskou nie, en op grond van die howe se siening dat die kerk ´n vrywillige vereniging met regspersoonlikheid is, voer D’Oliveira26 aan dat die kerk oor dieselfde kam geskeer moet word as ander vrywillige verenigings, soos jokkieklubs en sportliggame. Pienaar27 vind aansluiting by Van der Merwe in soverre dit die kwessie van die kontraktuele aard van die kerk se reëls en regulasies betref. Hy steun op vroeëre regspraak waar die howe aansluiting gesoek het by die RomeinsHollandse reg ten aansien van die regsposisie van verenigings. Hieruit blyk dit dat die howe duidelik onderskei tussen ´n verenigingsregspersoon as universitas en ´n kontraktuele vennootskap as societas.28 Een van die belangrikste eienskappe van ´n universitas is die reg om eiendom te verkry en te besit. Hierdie reg bly bestaan ongeag die wisseling van lede, solank as wat daar ten minste een lid bestaan in wie hierdie regte van die universitas kan vestig. Hierna word ook verwys as ewigdurende erfopvolgingsreg.29 Hierdie eienskappe van ´n universitas of verenigingsregspersoon vind gestalte in wat na verwys word as die interne verbandsreg van die betrokke universitas, terwyl die societas op kontrak berus.30 Wanneer die Theronbeslissing31 weer bestudeer word, blyk Pienaar32 korrek te wees in sy siening dat die beslissing voortspruit uit ´n verkeerdelike interpretasie van die Jockey Club-beslissing,33 waar die uitgangspunt was dat die reëls en regulasies van verenigings met of sonder 24 PC van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (LLM-Skripsie, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1999) 14. 25 Van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek 16. 26 JA v S D’Oliveira “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” (1976) 39 THRHR 212. 27 G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” (1991) 54 THRHR 401. 28 Sien byvoorbeeld Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6. 29 Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 465. 30 Pienaar 1991 THRHR 401. 31 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 2 SA 1 (A) 23F-G. 32 Pienaar 191 THRHR 403. 33 Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 347. 36 regspersoonlikheid op kontrak berus. Dit sou dus ´n verkeerde siening wees om die Kerkorde van kerke as kontraktueel van aard te klassifiseer. Daar moet egter in ag geneem word dat die posisie in Engeland grootliks die beslissings ten opsigte van die regstatus van kerke in Suid-Afrika beïnvloed het. Die Church of England in Suid-Afrika word gevolglik beskryf as ´n vrywillige vereniging, sonder regspersoonlikheid wat kontraktueel van aard is. Dit is dan ook in die lig van bogenoemde dat ´n beslissing soos Theron geïnterpreteer moet word, waar grootliks gesteun is op ´n Ordonnansie van 1843, wat grootliks gebaseer is op die Engelse denkrigting. As ´n mens egter na die Romeins-Hollandse interpretasie van die kerk as regspersoon gaan kyk, blyk dit duidelik dat die kerk wel ´n regspersoon is en die eienaar van kerkeiendom kan wees. Die kerk word duidelik gesien as ´n vereniging met regspersoonlikheid. Wat die kontraktuele aard van die verhouding betref, sien ons egter dat die howe steeds in sy beslissings op hierdie verkeerde interpretasie steun en dit blyk duidelik uit die 1998-uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl in die saak van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika,34 waarin die hof hom soos volg uitlaat: “Eerstens wys ek daarop dat ons howe al meermale beslis het dat die N.G. Kerke vrywillige of onderlinge verenigings is waarvan die lede kontraktueel gebind word deur die betrokke Kerkordes.” 3.3.2 Die ontwikkelling van regspersoonlikheid deur wetgewing en regspraak Vanuit ´n juridiese oogpunt gesien, staan dit vas dat die kerk ´n regspersoon is met ´n eie interne reg. Dit was egter nie altyd die siening van die Suid-Afrikaanse howe nie. In die Verenigde Koninkryk word kerke nie as korporatiewe liggame met regspersoonlikheid beskou nie en kerkeiendom vestig in eienaarskap in ´n statutêre liggaam. Dit was ook aanvanklik die praktyk binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk, soos gesien kan word in die saak van Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze,35 waar die Kaapse Provinsiale Afdeling die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk nie as ´n regspersoon erken het nie en beslis het dat “such an association [unincorporated association] is not regarded as having any legal personality”.36 Die howe het dit ook toegepas ten aansien van 34 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 166G. 35 Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298 op 300. 36 Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298 op 300. 37 ander denominasies soos die African Mission Society, waar die hof in Cassim v Molife37 beslis het: “I am not satisfied that the society thus formed was a universitas. There is nothing to show that it was intended that the society should hold property apart from its members.”38 Ons sien egter die erkenning van die regspersoonlikheid van die kerk en sy onderskeie organe in verskeie vroeëre beslissings. Met betrekking tot die Gereformeerde Kerk beslis die hof in 1879 soos volg: “Met die oog op de hierboven aangehaalde autoriteiten [Voet] heb ik geenen twijfel dan dat the Gereformeerde Kerk van Bethulie een geldelijke lichaam is, of eene corporatie; en dat zoodanige corporatie gene uitdrukkelijke outorisatie nodig heft […] Naar mijn oordeel dus is de kerk van Bethulie eene corporatie, en as zulks kunnen de goedere dier corporatie niet aan de leden, door wien zijn bijdragen sijn, trug worden gegeven.”39 In 1893 is die Nederduitse Hervormde Kerk ook as ´n regspersoon beskou in die saak van The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde Church.40 Die hof het ook erkenning gegee aan die Joodse Gemeente van Johannesburg41 as regspersoon. ´n Keerpunt in die howe se opvatting ten aansien van regspersoonlikheid van kerke kan waarskynlik saamgevat word in die obiter dictum van Regter Brink in De Vos v Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk Bloemfontein,42 waar hy sê dat “veel aangevoer kan word ten gunste van die stelling dat die N.G. Kerk wel ´n regspersoon is”.43 Daaropvolgende wetgewing,44 hoewel in die aanhef, het voortgegaan uit hoofde van die veronderstelling dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk wel ´n outonome regspersoon is.45 ´n Verdere duidelike voorbeeld van die hof se benadering kan gesien word in die 1968-saak van die Gemeente van die Apostoliese Kerk,46 waarin die hof uitdruklik die gemeente van die Johannesburgse Apostoliese Kerk as ´n universitas personarum verklaar het, wat bevoeg is 37 Cassim v Molife 1908 TS 748. Cassim v Molife 1908 TS 748 op 752. 39 Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6. 40 The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde Church 1893 CLJ 327 op 335. Sien ook Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 151. 41 Sien Peach & Co v The Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345. 42 De Vos v Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O) 84 en 93. 43 Sien ook Malebjoe v Bantu Methodist Church of South Africa 1957 (4) SA 465 (W) vir die bevestiging van die Bantoe Metodiste Kerk van Suid-Afrika as ´n universitas sowel as die Apostoliese Geloofsending in die saak van Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA 940 (T). 44 Soos Wet 22 van 1961 – Die Private Wet op die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Herroeping van Wette), 1961, wat bepaal dat: “Nademaal die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika ´n outonome regspersoon is en as sodanig geregtig is om wette en regulasies vir die beheer en bestuur van sy eie sake te maak.” [Eie kursivering.] 45 Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150. 46 Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W). 38 38 om eiendom te verkry en te besit in sy eie naam en apart van sy lede. Die hof bevestig ook die posisie ten aansien van die kerk as gemeenregtelike regspersoon in die volgende woorde: “It is not necessary that an association should be created by statute or registered in terms of a statute to possess the attributes of a juristic person. It can derive that quality from the common law, and the answer as to whether it does possess the characteristics of a juristic person which exists apart from its members must always be sought in the rules or constitution. These will show the nature and objects of the association. If it has perpetual succession, that is to say if the association continues to exist although the members may change from day to day and the governing body may change from time to time, and if the constitution provides that it may own property apart from its members, then it will be a universitas.”47 In ´n onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appèl in die saak tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika en die Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika,48 is bevestig dat die howe tot dusver gemeentes van verskillende denominasies konsekwent as regspersone beskou het. Gevolglik word die plaaslike gemeentes van die N.G. Kerk in Afrika ook as regspersoon gesien, wat dus die wettige eienaar van sy goedere, eiendomme en fondse is. Meer onlangs het die howe dit ook toegepas in die saak van die Pinkster Protestante Kerk te Springs,49 ´n vrywillige vereniging wat tot stand gekom het op 3 Maart 1999, toe vier Pinkster Protestante Kerke (PPK), een vir blankes, een vir swartes, een vir kleurlinge en een vir Indiërs saamgesmelt het en ´n konstitusie vir die verenigde kerk aangeneem het. Die konstitusie wat so aangeneem is, het woordeliks ooreengestem met die konstitusie van die blanke PPK soos dit in daardie stadium gelees het. Die Springs-gemeente van die blanke PPK het voortbestaan as ´n gemeente van die PPK. Ingevolge die konstitusie van die PPK kon ´n selfstandige gemeente soos die Springs-gemeente eiendom apart van sy lede verkry en hou en onafhanklik van die wisseling van sy lede voortbestaan. Die Springs-gemeente was dus ´n regspersoon.50 Die howe het ook geen probleem gehad om die volgende religieuse liggame as regspersone te erken nie: die Apostoliese Geloofsending; die Bantoe Metodistekerk en die African Congregation Church.51 Met betrekking tot die Apostoliese Geloofsending, verklaar die hof soos volg: 47 Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W) 377. Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (536/96) 1999 (2) SA 156 (HHA). 49 Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum Springs, Die Registrateur van Aktes Johannesburg, Saak Nr. 273/04. Ongerapporteerde saak in die Hoogste Hof van Appèl. 50 Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum Springs, Die Registrateur van Aktes Johannesburg, Saak Nr. 273/04. Ongerapporteerde saak in die Hoogste Hof van Appèl 3 par 2. 51 Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150. 48 39 “With regard to the first point I have come to the conclusion that the respondent [St John Apostolic Faith Mission] is a legal persona. The tests have been laid down on numerous occasions and there is no need for me to do more than refer to the cases of Webb and Co v Northern Rifles, 1908 T.S. 462, and Morrison v Standard Building Society, 1932 AD 229. The essentials are the holding of property apart from the individual members and the possession of perpetual succession. As far as that is concerned it appears to me that the respondent does comply with these requirements.”52 Ten aansien van die Bantoe Metodistekerk (soos dit toe bekend gestaan het), het die hof sy uitspraak gebaseer op die volgende bepalings van die kerk se konstitusie, naamlik artikel 189, wat soos volg bepaal het: “(i) That all movable and immovable property presently owned by the church and held for and on its behalf and all movable and immovable property hereafter acquired by the church shall be transferred into the names of the president and three trustees.” En verder, artikel 194, wat bepaal het dat: “The church may sue or be sued in its own name and the authority to institute or defend any legal proceedings, including arbitration proceedings, shall be signed and executed on its behalf by the president for the time being referred to in clause 189 hereof.” Die hof bevestig gevolglik dat die belangrikste eienskap van ´n universitas is “the capacity to acquire certain rights as apart from the rights of the individuals forming it, and perpetual succession”.53 Die hof, by monde van Kuper R, bevind derhalwe soos volg: “It is quite clear from the provisions of the constitution relating to membership and to expulsion which it is not necessary to set out in full, that the church goes on even although the existing members leave it. I have come to the conclusion that this is a religious body which the individuals created, a body corporate to hold property and that the body continues even if all the members at the present time leave it.”54 Die hof verklaar onomwonde in Jamile v African Congregational Church,55 dat “[t]he respondent Church is a body corporate which, in terms of its constitution, may be sued in any competent court of law in its own name”.56 Uit voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat die howe, veral in latere beslissings, die kerk en ander religieuse liggame as regspersone erken. Hierdie erkenning vind ook uiting in verskeie wetgewende en Kerkordelike bepalings 52 By monde van Murray R in Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA 940 (T) 942. Sien Webb & Co. Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 465; Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229 op 238. 54 Malebjoe v Bantu Methodist Church of SA 1957 4 SA 464 (W) 467. 55 Jamile v African Congregational Church 1971 SA 836 (D). 56 Jamile v African Congregational Church 1971 SA 836 (D) 836. 53 40 van verskillende kerke. Die verwysing verder na die kerk as vrywillige vereniging, dui op die kerk as ´n vereniging met regspersoonlikheid, wat dus die wettige eienaar van sy goedere, eiendomme en fondse is en onafhanklike bestaansreg het in die reg. Die bevoegdhede van ´n kerklike instelling, spesifiek, moet gevolglik bepaal word in die lig van die reëls en regulasies vervat in die betrokke instelling se konstitusie of statuut, maar ook in die lig van die reg van toepassing op vrywillige verenigings in die algemeen. Die vraag wat nou tereg gevra kan word, is of die verskillende organe, soos gemeentes, ringe en sinodes ook as aparte regspersone en as die draers van regte en verpligtinge funksioneer. Die volgende bespreking sal kortliks fokus op die regsposisie van die verskillende organe van die kerk. 3.4 DIE KERKRAAD, RING EN SINODE AS REGSPERSONE Wat die regspersoonlikheid van die onderskeie organe binne die N.G. Kerk betref, bepaal die N.G. Kerkorde uitdruklik in artikel 3.1 dat “elke gemeente ´n regspersoon [is] en [dat] die kerkraad of sy gemagtigdes sy organ [is]” [Eie kursivering]. Verder bepaal artikel 4.1 dat “die N.G. Kerk in ringverband ´n regspersoon [is]” [Eie kursivering] en artikel 9.11 dat “die N.G. Kerk in sy Algemene Sinode-verband ´n regspersoon [is]” [Eie kursivering]. Uit Artikel 3.1 blyk dit duidelik dat elke gemeente ´n regspersoon is en verder dat die kerkraad slegs optree as ´n orgaan of gevolmagtigde namens die gemeente en nie oor eie regspersoonlikheid beskik nie. Volgens Pienaar57 staan dit dus vas dat “die kerkraad nooit as afsonderlike regspersoon aan die regsverkeer kan deelneem nie, maar hoogstens as bestuursorgaan namens ´n plaaslike kerk of gemeente”. Regspersoonlikheid setel dus in die kerk in sy onderskeie rings- of sinodale verband, en nie in die afsonderlike ring of sinode as kerkvergaderinge nie.58 Waar ´n kerkraad of selfs ´n ringskommissie dan as gedingsparty gesiteer word, moet in ag geneem word dat sodanige kerkraad en kommissie slegs ´n orgaan van die betrokke regspersoon (hetsy gemeente, ring of sinode) is en nie ´n selfstandige regspersoon nie. Gevolglik kan hulle slegs in verteenwoordigende hoedanigheid optree. Die regspersoonlikheid setel dus nie in die orgaan nie, maar in die regspersoon self. Die verwarring van die howe spreek egter duidelik uit ´n beslissing soos Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in 57 G Pienaar “Wie is Eienaar van die Kerkeiendom? Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Gemeente Douglas v Loots 1990 (3) SA 451” (1991) 54 THRHR 307. 58 THN Sadler Die Kerklike Tughandeling (1979) 46. 41 die OVS,59 waar dit wil voorkom of die kerkraad beskou word as ´n liggaam met eie regspersoonlikheid en nie net bloot as ´n orgaan nie, en waar die hof soos volg opmerk: “[…] die kerkraad van die Bethlehem-Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die Oranje Vrystaat [is], ´n liggaam wat met regsbevoegdheid beklee is ooreenkomstig die Kerkorde.”60 Dit is egter duidelik dat dit nie die geval kan wees nie en dat die kerkraad hoogstens in ´n verteenwoordigende hoedanigheid kan optree namens die gemeente.61 Artikel 6 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Verenigings Akte 23 van 1911 bepaal dat die liggaam of instansie waarin die kerkeiendom setel, die gedingsparty is in enige regsgeding wat verband hou met eiendom: “6. Rechtsgedingen door en tegen personen bij wie kerkelik eigendom berust. – Het zal wettig zijn voor de persoon of personen in wie, volgens de wetten, reglementen en regulaties van enige van de gezegde zich verenigende kerken alsdan respektievelik het eigendomsrecht of de administratie van gebouwen, landen, fondsen, gelden, goederen of effekten, aan de ene of andere gemeente of Kerkeraad of aan de Synode of Algemene Vergadering behorende, respektievelik gevestigd zal zijn te dagvaarden of gedagvaard te worden in alle rechtsgedingen en processen betreffende enige zaak of aangelegenheid door enige zodanige beambte of beambten respektievelik bezeten of bestuurd, alsof dezelve zijn of hun privaat eigendom ware, en in enige kriminele zaak mag het eigendomsrecht van enige van de zaken of aangelegenheden voorzegd beschouwd worden gevestigd te zijn in de persoon of personen, die in enige civiele zaak of geding zou of zouden kunnen dagvaarden of gedagvaard worden met betrekking daartoe.” Pienaar62 voer aan dat bogenoemde uitgangspunt ´n moontlike rede is waarom daar soveel verwarring heers in beslissings van die Suid-Afrikaanse howe en waarom die kerkraad dus dikwels as gedingparty beskou word. In ´n onlangse voorlegging aan die Parlement 63 het die N.G. Kerk sy ondersteuning aan die herroeping van bogenoemde wet gegee met die indien van ´n nuwe herroepingswetsontwerp. Met die aanneem van die Private Wet op die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Herroeping van Wette), 1961, is voorsiening gemaak vir onder andere die herroeping van Ordonnansie No. 7 van 1843, Ordonnansie No. 16 van 1845, Ordonnansie No. 2 van 1851, en Wet No. 9 van 1898 van die Kaap die Goeie Hoop. Terselfdertyd is Wet 23 van 1911 as grondslag vir kerkhereniging 59 Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O). Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 552G-553A. 61 Sien ook De Vos v Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O) waar die ringskommissie namens die gemeente as orgaan opgetree het en Smith v Ring van Keetmanshoop van die N.G. Kerk, Suidwes-Afrika 1971 3 SA 353 (SWA), waar die ring van Keetmanshoop en die sinode van die N.G. Kerk in Suidwes-Afrika tereg as afsonderlike regspersone omskryf word. 62 Pienaar 1991 THRHR 304. 63 JJ Gerber en BJ du Toit “Presentation of the Dutch Reformed Church regarding the Dutch Reformed Churches Union Repeal Bill” Dokument voorgelê aan die Parlement, 14 Augustus 2007. 60 42 verwerp. Pienaar64 voer verder aan dat Wet 23 nooit in werking gestel is nie en nie op die N.G. Kerke van toepassing is nie. Artikel 365 van die wet bepaal dat ´n 75% meerdersheidsbesluit van die kerkraad en sinode verkry moet word vir hierdie wet om toepassing te vind. Sodanige meerderheidsbesluit is nooit verkry nie en gevolglik vind die wet nie toepassing nie. Die Kerkorde van die N.G. Kerk66 van 2004 maak egter die posisie van die registrasie van kerkeiendom duidelik. Reglement 9 handel met die reëling van eiendomme, goedere en fondse. Met betrekking tot algemene sinodale eiendomme, goedere en fondse, bepaal reglement 9.1.2 uitdruklik dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk die eienaar van alle roerende en onroerende bates is wat deur die Algemene Sinode beheer en verkry kan word. Vaste eiendom word in die naam van Die Nederduitse Gereformeerde Kerk geregistreer. Dit kan wel geadministreer word deur die Algemene Kommissie vir Fondse (AKF). Dieselfde geld vir eiendomme, goedere en fondse van die N.G. Kerk in sinodale en ringsverband. Die sinode en die ringsvergadering en/of hulle gemagtigdes tree bloot op as organe van die N.G. Kerk as regspersoon. Anders as vroeëre kerkreglemente wat bepaal het dat kerkeiendom in die naam van die kerkraad geregistreer moet word,67 bepaal reglement 9.4 van die Kerkorde uitdruklik dat die afsonderlike gemeentes van die N.G. Kerk die eienaars is van alle roerende en onroerende bates wat deur die kerkraad beheer en verkry kan word. Alle vaste eiendom word egter in die naam van die betrokke gemeente geregistreer en die kerkraad is bloot verantwoordelik vir die administrasie van hierdie eiendomme, goedere en fondse. Die kerkraad tree slegs op as die gemagtigde van die gemeente as regspersoon. In die Nederduitse Gereformeerde Kerk se konsultasiedokument oor Kerkhereniging van 30 Julie 2007 vind ons ter opsomming van die model wat voorgestaan word, die volgende: “Soos dit in ´n gereformeerde kerk hoort, is gemeentes regspersone in sigself en behou hulle verantwoordelikheid met betrekking tot besluitneming en bediening. ´n Algemene Sinode skryf nie aan gemeentes voor hoe hulle hul bediening uitvoer nie.”68 [Eie kursivering.] 64 Pienaar 1991 THRHR 305. 2.Synode gemachtigd om besluit te bevestigen en naam van de verenigde kerk te verklaren. – Zodra niet minder dan drie-vierden van de gezegde Kerkeraden de gezegde Moderatuur van de Synode van hun kerk van hun goedkeuring van het gezegde besluit hebben onderricht, na ten gunste daarvan besloten te hebben door meerderheid van stemmen op een behoorlik bijeengeroepen vergadering, zal het wettig zijn voor de gezegde Synode bij besluit, aangenomen door een meerderheid van minstens drie-vierden van de leden alsdan en aldaar tegenwoordig op een behoorlik bijeengeroepen vergadering: – (a) Om het besluit tevoren als voorzegd aangenomen te bevestigen; (b) Na toestemming tevoren verworven met behoorlik gemachtigde vertegenwoordigers van de andere gezegde Nederduitse Gereformeerde Kerken, of enige ervan welke van plan zijn zich als voorzegd te verenigen, de naam te verklaren die gezegde verenigde kerk dragen zal. 66 Die Kerkorde, met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Oktober 2004. 67 Sien Pienaar 1991 THRHR 304. 68 Soos gevind in die volledige Achterberg II-dokumente. 65 43 Dit is dus duidelik dat regspersoonlikheid in die kerk as instelling in die algemeen kan vestig, of in die verskillende organe, soos gemeentes, ringe en sinodes. Dit is dan ook herbevestig deur die Hoogste Hof van Appèl in die saak tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika.69 3.5 DIE REGSPOSISIE VAN KERKGENOOTSKAPPE IN DIE NEDERLANDSE REG 3.5.1 Inleiding en agtergrond Reeds in die Middeleeue, deur die teologiese beskouing van Pous Innocentius IV (12431254) van die kerk as ´n sedelike liggaam met Christus as hoof, word ´n eie regsfeer vir die kerk geskep. Hierdie pogings het al laat in die elfde eeu begin met die sogenaamde Pouslike Rewolusie of Gregoriaanse Hervormings van Pous Gregorius VII (1015-1085) waardeur die heerskappy van die burgerlike regeerders oor die kerk afgegooi is en die Rooms-Katolieke Kerk as ´n outonome regs- en politieke entiteit in die Westerse Christendom gevestig is.70 Toe reeds is die kerk wat geloofskwessies betref van die staat afgesonder.71 Die eerste staatsregtelike plek wat aan kerkgenootskappe in Nederland verleen is, was kragtens de Staatsregeling van het Bataafse volk van 1798. In die daaropvolgende wetgewing word ook aan alle kerkgenootskappe gelyke beskerming gegee. Hierdie gelyke behandeling van kerkgenootskappe het egter nie beteken dat hulle nie volgens ´n eie interne reg kon funksioneer nie. Artikel 191 van die 1815-Grondwet bepaal onder andere dat “[a]an alle godsdienstige gezindheden in het Koninkrijk bestaande, wordt gelijke bescherming verleend”.72 In die Grondwet van 1848 word die grondwetlike vryheid van godsdiens en skeiding van kerk en staat vervat, wat verdere beslag en inhoud kry met die Wet op de Kerkgenootschappen van 1853. Artikel 1 van die Wet bepaal nou onder andere dat aan alle kerkgenootskappe “de volkomen vrijheid is en blijft verzekerd om alles wat hun godsdienst en de uitoefening daarvan in hunne eigen boezem betreft, te regelen”, wat poog om ´n einde te maak aan die 69 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA). 70 Sien verder J Witte en FS Alexander Christianity and the Law (2008). 71 TJ van der Ploeg “Kerk en Recht; een Juridische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 2328 op 27. 72 TJ van der Ploeg “De Overheid en de Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” (2008) 2 Nederlands Tijdschrift voor Kerk en Recht (NTKR) 196. 44 bemoeienis van die koning met die interne aangeleenthede van kerkgenootskappe.73 In 1855 is die Wet Vereniging en Vergadering aangeneem as uitvloeisel van artikel 10 (Vryheid van Vereniging) van die Grondwet van 1848. Die vraag wat tereg na vore gekom het, was of kerkgenootskappe gevolglik ook onderhewig was aan die wet en as gewone verenigings koninklike goedkeuring vir hulle statute vir regspersoonlikheid moes verkry. Voor die inwerkingtreding van die wet, is kerkgenootskappe soms wel as verenigings beskou, maar dit was duidelik dat die verhouding tussen die kerkgenootskap en die vereniging geensins duidelik was vir die owerheid nie. Die Wet op het Kerkgenootschappen van 1853 het wel die kollektiewe vryheid van godsdiens gereël, maar nie die regspersoonlikheid van kerkgenootskappe nie, waar die Wet van 1855 wel daarvoor voorsiening gemaak het, maar geensins konsekwent deur die Department van Justisie toegepas is nie. Die onsekerheid het dus voortgeduur.74 Reeds met die aanstelling van die Anema-kommissie in 1921 bestaan die siening dat ´n omskrywing van die begrip “kerkgenootschap” nie wetlik moet geskied nie, maar aan die howe oorgelaat moet word vir interpretasie. Volgens die kommissie besit ´n kerkgenootskap regspersoonlikheid vanaf regsweë en nie op grond van koninklike erkenning soos in die geval van ´n vereniging nie. Die kommissie het ´n wetsontwerp voorgestaan (wat nooit in werking getree het nie), maar waarvolgens die regspersoonlikheid van kerkgenootskappe sonder koninklike goedkeuring verseker word en ook geen verdere eise aan kerkgenootskappe gestel moet word nie. As uitvloeisel hiervan het die Ministerie van Justisie kerkgenootskappe toenemend nie meer geklassifiseer as behorende tot die kategorie van die 1855-Vereniging Wet nie. Dit word verder bevestig in die daaropvolgende regspraak en literatuur asook die feit dat kerkgenootskappe “van rechtswege (ipso iure) rechtspersoonlijkheid besit”.75 3.5.2 Kategorieë van regspersone Sedert die Betaafse Republiek, voor die verandering van Nederland na ´n republiek, is daar algemeen na kerkgenootskappe verwys as “verenigde lichamen” en is hulle beskou as “zedelijke of wettelijke personen”. Geen verlof vanaf staatsweë was nodig vir die wettige bestaan van ´n kerkgenootskap nie. Hierdie siening verander egter teen 1820 waartydens uitdruklike goedkeuring vanaf die keiser vereis is vir die bestaan van liggame met staatkundige en godsdienstige oogmerke. In die BW van 1838 kon kerkgenootskappe 73 Van der Ploeg 2008 NTKR 197. Van der Ploeg 2008 NTKR 198. 75 Van der Ploeg 2008 NTKR 198. 74 45 enersyds as “de door de Koning ‘erkende’”of andersyds as “geoorloofd toegelaten” liggame beskou word. Eersgenoemde het hoofsaaklik verwys na publiekeregtelike en laasgenoemde na privaatregtelike regspersone. Met die Grondwet van 1848 en die inwerkingtrede van die Wet op het Kerkgenootschappen van 1853, word kerkgenootskappe allerweë beskou “als geoorloofd toegelaten” liggame.76 Die Nederlandse reg (sien Boek 2 BW) onderskei tussen drie hoofkategorieë van regspersone, naamlik: 1. Die publiekregtelike regspersoon (artikel 1) 2. Die kerkgenootskap, selfstandige onderdele en die liggaam waarin hulle verenig is (artikel 2) en 3. Die privaatregtelike regspersoon (artikel 3). Die publiekregtelike regspersoon word enersyds in artikel 1 soos volg omskryf: 1. De Staat, de provincies, de gemeenten, de waterschappen, alsmede alle lichamen waaraan krachtens de Grondwet verordenende bevoegdheid is verleend, bezitten rechtspersoonlijkheid. 2. Andere lichamen, waaraan een deel van de overheidstaak is opgedragen, bezitten slechts rechtspersoonlijkheid, indien dit uit het bij of krachtens de wet bepaalde volgt. 3. De volgende artikelen van deze titel, behalve artikel 5, gelden niet voor de in de voorgaande leden bedoelde rechtspersonen. En die privaatregtelike regspersoon andersyds soos volg: Art. 3 Verenigingen, coöperaties, onderlinge waarborgmaatschappijen, naamloze vennootschappen, besloten vennootschappen met beperkte aansprakelijkheid en stichtingen bezitten rechtspersoonlijkheid. Volgens Asser-Van der Grinten-Maeijer77 is daar in die literatuur geen algemeen aanvaarde kriterium te vinde vir die onderskeid tussen privaatregtelike en publiekregtelike regspersone nie, behalwe waar sodanige vereiste sou bepaal dat die bepaalde organisasie of instelling uitsluitlik deur die publiekreg eerder as die privaatreg beheers word. Die verdere bespreking spits hom toe op die kategorie soos aangetref in artikel 2, naamlik die kerkgenootskap, 76 Van der Ploeg 2008 NTKR 197. C Asser-Van der Grinten-Maeijer Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht, Deel 2-II Rechtspersonenrecht, De Rechtspersoon (1997) par 172. 77 46 selfstandige onderdele en die liggaam waarin hulle verenig is. Volgens Van der Ploeg78 bestaan daar geen noodsaaklikheid dat die wetgewer of regter aan kerkgenootskappe regspersoonlikheid moet toeken of hulle sodanig as regspersone moet erken nie en Van Eikema Hommes79 is selfs van mening dat ten spyte van die “besondere bestemmingsfunksie” van die kerk met betrekking tot geloofskwessies, daar in die burgerlike reg vir die kerk geen uitsonderingsposisie behoort te bestaan nie. Kerkgenootskappe besit volgens artikel 2:1, Boek 2 BW regspersoonlikheid en artikel 2 bepaal soos volg: KERKGENOOTSCHAPPEN Art. 2 1. Kerkgenootschappen alsmede hun zelfstandige onderdelen en lichamen waarin zij zijn verenigd, bezitten rechtspersoonlijkheid. 2. Zij worden geregeerd door hun eigen statuut, voor zover dit niet in strijd is met de wet. Met uitzondering van artikel 5 gelden de volgende artikelen van deze titel niet voor hen; overeenkomstige [analogiese] toepassing daarvan is geoorloofd, voor zover deze is te verenigen met hun statuut en met de aard der onderlinge verhoudingen.80 Volgens Asser-Van der Grinten-Maeijer81 verleen hierdie wetsbepaling egter nie regspersoonlikheid aan kerkgenootskappe nie, maar erken eerder die regspersoonlikheid van kerkgenootskappe. Volgens Santing-Wubs82 is dit ´n gegewe dat kerkgenootskappe oor regspersoonlikheid beskik en beklee sodanige kerkgenootskappe regspersoonlikheid vanaf regsweë. Dit behels dat artikel 5 van Boek 2 BW ook op kerkgenootskappe van toepassing is wat onder andere bepaal dat: Een rechtspersoon staat wat het vermogensrecht betreft, met een natuurlijk persoon gelijk, tenzij uit de wet het tegendeel voortvloeit. In die Nederlandse reg word ´n kerkgenootskap duidelik onderskei van die publiekregtelike regspersoon (art. 2:1 BW) enersyds en die privaatregtelike regspersoon (art. 2:3 BW) andersyds. Die interne organisasie van kerkgenootskappe word beheer deur die eie interne 78 Van der Ploeg Kerk en Recht 27. Sien Van der Ploeg Kerk en Recht 26. 80 Die Engelse vertaling lui soos volg: Article 2 1.Religious associations, their independent subdivisions and bodies in which they are united possess legal personality. 2.They are governed by their own constitution, insofar as this is not contrary to the law. With the exception of article 5, the following articles of this Title shall not apply to them; the same may be applied to them, mutatis mutandis, to the extent consistent with their constitution and the nature of their mutual relations. 81 C Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 172. 82 AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 22. 79 47 kerkreg van toepassing op die bepaalde kerk of organisasie. Volgens Van der Ploeg83 verwys hierdie kerkreg in die juridiese sin na die geldende reëls binne ´n bepaalde kerk wat die bevoegdhede, regte en verpligtinge van die onderskeie organe en lede van die kerk bepaal en uiteensit. Dit is dan eweneens van toepassing op die verskillende religieuse organisasies, welke verskillende kerke en organisasies gevolglik hulle eie interne reg of ‘kerkreg’ het wat op hulle van toepassing is. Die Nederlandse gevestigde kerkgenootskappe, sowel as hulle selfstandige onderdele en die liggame waarin hulle verenig is, beklee dus ´n eiesoortige en unieke plek in die Nederlandse regsorde. Die kerkgenootskap geld as regspersoon binne die burgerlike verkeer en die struktuur en inrigting word nie deur Nederlandse wetsbepalings gereël nie, maar deur ´n statuut in soverre dit nie in stryd is met die wet nie. In die Nederlandse reg is die kerk dus geen regspersoon van ´n publieke aard nie, omdat dit geen openbare gesag uitoefen nie. Dit is wel van ´n privaatregtelike aard, maar anders as ´n artikel 2:3 stigting of vennootskap wat nie aan streng oprigtingsvereistes of inhoudelike reëls hoef te voldoen nie.84 3.5.3 Selfstandige onderdele Ingevolge artikel 2:1 word regpersoonlikheid ook verleen aan “zelfstandige onderdele” van kerkgenootskappe, sodat die wetgewing ook in ooreenstemming is met die praktyk waar die verskillende plaaslike gemeentes, ringe, kerkrade en so meer met afsonderlike regspersoonlikheid beklee is. Interessant is dat die selfstandige onderdeel nie op godsdienstige besinning of verering gerig hoef te wees nie, maar ook wel ´n organisasie met ´n liefdadigheidsoogmerk of selfs ´n kerklike tehuis vir bejaardes kan wees.85 Selfstandige onderdele tref ons aan binne die Rooms-Katolieke Kerk in Nederland, soos byvoorbeeld die onderskeie kloosters, kloosterordes, bisdomme en selfs kerklike “charitas”-instellings. Dit is vergelykbaar met die posisie binne die Hervormde Kerk waarvolgens plaaslike gemeentes ook as selfstandige onderdele van die kerkgenootskap funksioneer. Die belangrikheid om as selfstandige onderdeel erken te word en te funksioneer, spruit nie net voort uit die spesiale 83 Van der Ploeg Kerk en Recht 23. Van der Ploeg Kerk en Recht 123. 85 Van der Ploeg Kerk en Recht 127. So bepaal die regering in sy Kamerstukken 17725, nr. 3 op 53 soos volg: “In de eerste plaats wordt niet alleen aan zelfstandige onderdelen van kerkgenootschappen rechtspersoonlijkheid toegekend, doch ook aan lichamen waarin kerkgenootschappen zijn verenigd. Daarbij valt te bedenken dat als Protestante kerkgenootschappen niet zelden de plaatselijke kerken moeten worden aangemerkt, die niet alleen zelfstandige afdelingen, zoals diakonieën, kunnen hebben, maar die zich bovendien in de regel in een regionaal verband, zoals in classis, of landelijk verenigen. Deze verbanden zijn in dat geval niet zelf kerkgenootschappen of onderdelen daarvan. Dat ook hieraan rechtspersoonlijkheid kan toekomen, blijkt uit HR 13 Mei 1938, NJ 1939, 247. Voor de mogelijkheid van het bezit van rechtspersoonlijkheid wordt vereist een lichaam waarin de kerkgenootschappen zijn verenigd, d.w.z. een nauw, kerkrechtelijk verband. Een federatief verband of een samenwerking, zoals in de Raad van Kerken, is daarvoor niet voldoende; wil men aan een zodanige samenwerking gestalte geven in de rechtspersoon, dan is men aangewezen op de normale vorm van vereniging of stichting.” 84 48 posisie wat hulle beklee kragtens artikel 2:2 BW nie, maar ook ten aansien van gelyke behandeling. Die Algemene Wet Gelijke Behandeling bepaal voorts in artikel 3: “Deze wet is niet van toepassing op: a. rechtsverhoudingen binnen kerkgenootschappen alsmede hun zelfstandige onderdelen en lichamen waarin zij zijn verenigd, alsmede binnen andere genootschappen op geestelijke grondslag; b. het geestelijk ambt.” Klem op die religieuse karakter van die betrokke selfstandige onderdeel is ´n belangrike element, soos tereg opgemerk is: “Slechts dan kan van een zelfstandig onderdeel, dat zonder meer evenals het kerkgenootschap eigen rechtspersoonlijkheid bezit, worden gesproken, wanneer dit onderdeel een religieus karakter heeft; het moet een onderdeel van het kerkgenootschap zijn, niet een met het kerkgenootschap samenhangende vereniging of stichting, als een op bepaalde religieuze grondslag staande toneelvereniging of een stichting voor jeugdzorg.”86 [Eie kursivering.] Volgens Oldenhuis87 moet die daadwerklike godsdiensuitoefening ´n regstreekse uitoefening wees, soos ´n klooster en teologiese opleidingsinstelling waar predikante opgelei word en sodanig as selfstandige onderdeel funksioneer. Organisasies met ´n meer kommersiële karakter of wat maatskaplike dienste lewer, sou egter volgens hom nie as selfstandige onderdeel kwalifiseer nie, aangesien die aktiwiteit nie regstreeks te make het met byvoorbeeld eredienste of geloofskwessies nie. Hierdie problematiek sien ons ook in die uitsprake deur die howe. In die saak van Sint Walburga88 bevind die hof dat dit dalk ´n te eng benadering is om van ´n selfstandige onderdeel van ´n kerkgenootskap te praat slegs as die aktiwiteite ´n uitsluitende of nagenoeg uitsluitende religieuse karakter het. Die hof laat hom soos volg uit: “Het is van algemene bekendheid dat tal van rooms-katholieke kloosterorden op commerciële wijze het boerenbedrijf en andere economische activiteiten uitoefenen, terwijl dit in de Protestante wereld ook voorkomt. Van kerkelijke zijde heeft men voorts vanouds scholen, bejaardentehuizen, ziekenhuizen en andere sociale en culturele activiteiten ondernomen, waarvoor soms de privaatrechtelijke vorm van een 86 Santing-Wubs Kerken in Geding 26. FT Oldenhuis “De Positie van de ‘Kerkelijke Stichting’ onder het Nieuwe Tweede Boek van het BW” (1979) 5486 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 457. 88 HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 ThWvV (Sint Walburga). 87 49 stichting of vereniging gebruikt wordt, doch ook die van zelfstandig onderdeel, zonder dat de rechtsgeldigheid van een optreden in de laatste vorm ooit aangevochten is.” In ´n latere beslissing deur die hof van ‘s-Hertogenbosch89 rakende die Sint Laurensiekenhuis, moes die hof beslis of die Sint Laurens Hospitaal (opgerig en funksionerende as ´n stigting) sy regspersoonlikheid ontleen as ´n stigting ingevolge artikel 2:3 BW of as selfstandige onderdeel van die Rooms-Katholieke Kerkgenootschap. Dit is duidelik dat die hof aansluit by die vroeëre argument dat daar ´n nou verband moet bestaan tussen die godsverering en die betrokke aktiwiteite van die selfstandige onderdeel van die kerkgenootskap, en beslis soos volg: “De op particulier initiatief opgerichte stichting kan immers niet aangemerkt worden als een kerkgenootschap of zelfstandig onderdeel daarvan, daar niet gezegd kan worden dat hier sprake is van een instelling of organisatie welke de gemeenschappelijke godsverering door de bij die instelling of organisatie aangeslotenen of betrokkenen beoogt.” Godsverering moet egter dalk wyer geïnterpreteer word om ook aktiwiteite in te sluit wat onteenseglik deel uitmaak van en saamhang met ´n bepaalde vorm van godsverering om sodoende ook sekere welsynsorganisasies in te sluit. So vereis Asser-Van der GrintenMaeijer90 in ´n latere publikasie dat die selfstandige onderdeel nie op sigself regstreeks by godsdiensuitoefening betrokke moet wees nie, maar dat die selfstandige onderdeel wel “een charitatief karakter” kan hê. Myns insiens moet daar egter ´n verband bestaan tussen die doel en oogmerke van die betrokke kerkgenootskap en die aktiwiteite van die selfstandige onderdeel. In die Nederlandse reg is die kerkgenootskap derhalwe ook die enigste regspersoon wat in die lewe geroep kan word sonder die gebruiklike formele en materiële vereistes waaraan voldoen hoef te word 3.5.4 Gedingspartye Die kerkgenootskap-regspersoon is dus ook die draer van regte en verpligtinge, kan aan die maatskaplike verkeer deelneem, self handel en ook optree as eiser of verweerder in die regsverkeer. Dit blyk egter soms steeds onduidelik te wees wie as party aangemerk word. In ´n uitspraak van die hof te Lelystad91 is ´n prosedure aanhangig gemaak deur die NederlandsIsraëlitische Gemeente Amersfoort. As verweer word aangevoer dat die genoemde gemeente 89 HR 30 Oktober 1987, NJ 1988, 392 (Ma) (De Locht c.s./Stichting Sint Laurensziekenhuis). C Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 213. 91 Ktr. Lelystad, 24 Februarie 1993, rolnr. 3881/92, ongepubliseerde uitspraak (Nederlands-Israëlitische Gemeente Amersfoort). 90 50 “niet-ontvankelijk” verklaar moet word, aangesien die gemeente nie ´n kerkgenootskap is en derhalwe oor geen regspersoonlikheid beskik nie. In Nederland is dit tans die gebruik dat wanneer ´n party nóg regspersoon, nóg natuurlike persoon is, die eiser as “niet-ontvankelijk” verklaar word en dus nie as prosesparty kan optree nie. Die hof verklaar egter in hierdie geval soos volg: “De gemeente heeft uiteengezet dat zij aan alle vereisten, die aan een kerkgenootschap kunnen worden gesteld, voldoet. Onbetwist, althans onvoldoende betwist, is gebleven dat de Gemeente zich zelfstandig bezig houdt met godsdienstuitoefening c.q. godsverering. Zij presenteert zich aldus […] De Gemeente wordt derhalve als kerkgenootschap in haar vordering ontvangen.”92 Die hof bevind egter anders in die geval waar ´n kommissie van die Christelike Gereformeerde Kerk van die Utrecht-centrum sigself as eiser aangemerk het in ´n geding. Die kommissie het in opdrag van en met die nodige volmag van die Gereformeerde Kerk as kerkgenootskap opgetree. Die hof bevind egter dat die kommissie nie as gedingsparty kan optree nie, aangesien die kommissie nóg natuurlike person, nóg regspersoon is.93 Dit blyk dus duidelik dat die betrokke regspersoon self as eiser of verweerder moet optree, maar wel voor die hof verteenwoordig kan word deur ´n betrokke orgaan. By kerkgenootskappe kan dit byvoorbeeld die bestuur of kerkraad wees en soos in die geval van die N.G. Kerk, blyk dit duidelik dat elke gemeente ´n regspersoon is en verder dat die kerkraad slegs optree as ´n orgaan of gevolmagtigde namens die gemeente en nie oor eie regspersoonlikheid beskik nie. Volgens artikel 16 van die Algemene Reglement vir die bestuur van ´n parogie van die Rooms-Katholieke Kerk in Nederland, word die pastoor as die orgaan van die parochie aangemerk. Artikel 20 bepaal dan verder dat die pastoor die parogie in alle juridiese aangeleenthede verteenwoordig.94 Artikel 99:1 van de Kerkorde van de Gereformeerde Kerken in Nederland (sinodaal, 2001) bepaal onder andere: “De kerk is rechtspersoon en wordt in en buiten rechte vertegenwoordigd door de preses en de scriba van de kerkenraad.” Waar ´n kerkraad of selfs ´n kommissie dan as gedingsparty gesiteer word, moet in ag geneem word dat sodanige kerkraad en kommissie slegs ´n orgaan van die betrokke regspersoon (hetsy gemeente, ring of sinode) is en nie ´n selfstandige regspersoon nie. 92 93 94 Sien verder Santing-Wubs Kerken in Geding 22-23. Pres. Rb. Utrecht 2 Junie 1988, KG 1988, 254 (Commissie van Beheer). Santing-Wubs Kerken in Geding 23-24. 51 3.6 GEVOLGTREKKING Uit die voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse howe in hul uitsprake kerke wel as regspersone erken, maar terselfdertyd word hulle ook as vrywillige verenigings beskou. Dit is egter ook duidelik dat verskillende kerkverbande kerkeiendom op verskillende wyses hanteer en ook verskillende benaderings volg ten aansien van die erkenning van regspersoonlikheid van die onderskeie organe binne die algemene kerkverband. Dit is duidelik dat die bevoegdhede van ´n kerklike instelling gevolglik bepaal moet word in die lig van die reëls en regulasies vervat in die betrokke instelling se konstitusie of statuut. Aangesien dit duidelik blyk dat ´n blote verwysing na die onderskeie organe as regspersone in die Kerkorde of konstitusie voldoende is vir die entiteit om met regspersoonlikheid beklee te word, volg dit logies dat daar na die aard van die vereniging tesame met die konstitusie en doel van die betrokke vereniging gekyk moet word om te bepaal of dit dus wel ´n regspersoon is, al dan nie, en welke regte en bevoegdhede daarmee saamgaan. Kerke moet dus seker maak watter regspersoon aanspreeklik gestel behoort te word indien ´n dispuut ontstaan. Dit word ook verder deur die howe bevestig dat plaaslike gemeentes van verskillende denominasies konsekwent as regspersone beskou behoort te word, wat dus die wettige eienaar van sy goedere, eiendomme en fondse is. In Nederland beklee die gevestigde kerkgenootskappe, sowel as hulle selfstandige onderdele en die liggame waarin hulle verenig is, ´n eiesoortige en unieke plek in die Nederlandse regsorde. Soos in die Suid-Afrikaanse reg geld ´n kerkgenootskap ook as regspersoon binne die burgerlike verkeer, en die struktuur en inrigting word nie deur Nederlandse wetsbepalings gereël nie, maar deur ´n statuut in soverre dit nie in stryd is met die wet nie. Vanuit ´n juridiese oogpunt gesien, staan dit dus vas dat die kerk, sy selfstandige onderdele, organe en liggame waarin hulle verenig is, ´n regspersoon is en gevolglik het verskillende kerke en godsdienstige organisasies hulle eie interne reg of “kerkreg” wat op hulle van toepassing is. Dit is egter nie altyd so maklik om te bepaal wanneer ´n spesifieke organisasie ´n godsdienstige organisasie is vir die doel van die beskerming van die reg op godsdiensvryheid en die nie-inmenging van die staat in die interne werksaamhede van hierdie organisasie nie. Die volgende bespreking sal dus fokus op die belangrike vraag van hoe en wanneer ´n organisasie as “godsdienstig” beskou kan word vir die doeleindes van bogenoemde beskerming. 52 HOOFSTUK 4 4 DIE AARD, POSISIE EN BETEKENIS VAN “GELOOFSINSTELLINGS” -´N REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF 4.1 INLEIDING Soos dit geblyk het uit die vorige hoofstuk, hoef ´n selfstandige onderdeel van ´n kerkgenootskap in die Nederlandse reg nie gerig te wees op godsdienstige besinning of verering om oor regspersoonlikheid te beskik nie, maar kan ook wel ´n organisasie wees met ´n liefdadigheidsoogmerk of selfs ´n kerklike tehuis vir bejaardes. Vir die doeleindes van die beklee van ´n spesiale posisie en uitsondering van gelyke behandeling, wil dit voorkom uit die literatuur en hofbeslissings dat die godsdienstige karakter van die betrokke selfstandige onderdeel wel ´n belangrike element is. Indien daar van daadwerklike godsdiensuitoefening sprake is, moet dit ook regstreeks te make hê met byvoorbeeld erediens of geloofskwessies. Moslem-organisasies verenig dikwels as ´n stigting en godsdienstige organisasies kies soms selfs vir ´n trust of maatskappy. Die meeste Europese lande maak egter voorsiening vir ´n spesifieke organisatoriese struktuur vir godsdienstige organisasies, die sogenaamde sui generis godsdienstige organisasie, hetsy na verwys as ´n kerk, organisasie, gemeenskap, vereniging, genootskap of iets dergeliks. Die rede hiervoor is volgens Potz en Wieshaider1 dat die organisasie nie net as “godsdienstig” aangemerk word nie, maar dat dit kan aanspraak maak op “the guaranteed autonomy to freely administer its internal affairs” en “it is most likely linked with additional rights which are not necessarily considered to be the core of the exercise of religion, but very often go together as a result of co-operation between the State and the religious community in coping with societal challenges”. Die sogenaamde “belief associations” (of soos hulle in die Europese Gemeenskapsreg bekend staan, “philosophical non-confessional organizations”) geniet in die Duitse reg dieselfde 1 R Potz & W Wieshaider “Religious Entities as Legal Persons – Parts of Western and Central Europe in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 30. 53 status as godsdienstige organisasies.2 Die term “kerk” sluit dan ook alle godsdienstige organisasies in. Die vraag wat dus in hierdie hoofstuk beantwoord moet word, is: Wat presies is ´n “godsdienstige organisasie”? Om hierdie vraag te beantwoord, sal die begrip “godsdiens”, krities vanuit ´n juridies-funksionele benadering aan die hand van sekere eienskappe ondersoek word, asook die Nederlandse posisie ten aansien van die betekenis en posisie van “kerkgenootskappe”. Verder sal ondersoek ingestel word na die aard, posisie en funksionering van geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies binne die maatskaplike verkeer. 4.2 KONSEPTUALISERING Wanneer daar van ´n godsdiensgroep gepraat word, verwys dit volgens Du Plessis3 na “meerdere mense wat om die een of ander godsdienstige rede byeen is en/of oor ´n bepaalde tydperk heen saamhoort en/of in ´n bepaalde struktuur sáám georganiseer is”. Dit kan ook ´n godsdiensgemeenskap insluit en ingevolge ´n vroeë WCRP-SA Verdrag, word ´n godsdiensgemeenskap omskryf as: “A group of people who follow a particular system of belief, morality and worship, either in recognition of a divine being, or in the pursuit of spiritual development, or in the expression of a sense of belonging through social custom and ritual.” 4 Volgens Du Plessis5 word anti- en niereligieuse groepe wat aan hierdie beskrywing voldoen, op gelyke wyse beskerm. Maar wat beteken “godsdiens”? In die saak van Christian Education South Africa v Minister of Education6 beslis die hof by monde van Sachs R dat: “Religion is not just a question of belief or doctrine. It is part of a way of life, of a people’s temper and culture.” 2 Artikel 137 ss 7 WRV (Weimarer Reichsverfassung – Weimar Grondwet van 1919) saamgelees met artikel 140 GG. Sien G Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or Belief in Germany” (2005) 19 Emory Int’l L. Rev 884. 3 LM du Plessis “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” (2002) 43 NGTT 216. 4 ´n Suid-Afrikaanse Verdrag rakende Godsdiensregte en Verantwoordelikhede wat goedgekeur is tydens ´n Nasionale Interreligieuse Konferensie wat gehou is gedurende November 1992 onder die vaandel van die “South African Chapter of the World Conference on Religion and Peace (WCRP-SA)”. Sien verder LM du Plessis “Current Problems Concerning Church and State Relationships and Religious Freedom in South Africa. The Viewpoint of a Constitutional Lawyer” in H Warnink (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy (2001) 15 en verder. 5 Du Plessis 2002 NGTT 216. 6 Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 33. 54 Raath7 onderskei tussen godsdiens in die eng sin en religie soos volg: “Met sy gebed, psalm en gesang, verkondiging en verneming van Gods Woord, gebruik van sakramente, sending en evangelisasie, ensovoorts, wend die mens hom (vertikaal) direk en onmiddellik tot God. Ons noem dit godsdiens (in enger sin). Die mens dien God óók met al sy ander aktiwiteite, waaronder alle kultuurvorming […] Die vervulling van hierdie omvattende roeping is ook ´n diens van God. Ons noem dit religie.” In die minderheidsuitspraak in Prince v President,Cape Law Society,8 beslis Ngcobo R soos volg: “Religion is a matter of faith and belief. The beliefs that believers hold sacred and thus central to their religious faith may strike non-believers as bizarre, illogical or irrational. Human beings may freely believe in what they cannot prove. Yet that their beliefs are bizarre, illogical or irrational to others, or are incapable of scientific proof, does not detract from the fact that these are religious beliefs for the purposes of enjoying the protection guaranteed by the right to freedom of religion. The believers should not be put to the proof of their beliefs or faith. For this reason it is undesirable for courts to enter into the debate whether a particular practice is central to a religion unless there is a genuine dispute as to the centrality of a practice.” Die betekenis van godsdiens is belangrik ook vir doeleindes van institusionele godsdiensvryheid om te bepaal wanneer, al dan nie, daar van ´n “godsdienstige” organisasie gepraat word. Volgens Van Rooyen9 het godsdiens dan ook ´n sterk kollektiewe karakter in sy wese en openbaring en omskryf hy godsdiens soos volg: “Godsdiens is die verhouding tussen ´n individu en/of groep en ´n persoonlike god of gode of in ´n wyer sin, ´n goddelike mag of voorwerp van ´n materiële of geestelike aard wat oor bonatuurlike krag beskik. Godsdiens kan verder as die diens en aanbidding van ´n god of godheid omskryf word, soos dit in die verskeie vorme van aanbidding en in die sisteme van geloof en aanbidding tot uitdrukking kom. Dit kan verder ook beskou word as die erkenning van ´n hoër of hoogste mag wat respek, liefde en dankbaarheid afdwing. Samehangend hiermee, bestaan daar altyd die belydenis en die uitoefening van die geloof in die godheid, die dogmas van daardie godsdiens, die gebruike en ander religieuse praktyke wat daaromheen gebou is.” 7 AWG Raath “Grondbeginsels van ´n Calvinistiese Regsleer” 1985 Obiter 64. Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 42. 9 JWC van Rooyen Publikasiebeheer in Suid-Afrika (1978) 96. 8 55 Bogenoemde definisie word deur Rudolph10 geïnterpreteer as insluitende van die okkultisme in die begrip “godsdiens” en is sy siening selfs dat satanisme sou kwalifiseer as “godsdiens” na aanleiding van die beskrywing van “godsdiens” deur die Appèlraad oor Publikasies in die saak van Fountain Source of Occultism11 as: “[…] the relationship between an individual or group and a personal god or gods in the wide sense of the word, or a godly power or object of a material or spiritual nature, which has, according to the view of the adherents, supernatural powers.” Volgens Van Rooyen12 sal satanisme egter nie as godsdiens kwalifiseer nie uit hoofde van die feit dat dit deur die meerderheid van Suid-Afrikaners gesien word as ´n praktyk gerig op die uitleef en bevordering van wat gesien word as “duiwels” en “boos”. Uit Van Rooyen se definisie van “godsdiens” dui dit ook duidelik op die afwesigheid van respek, liefde en dankbaarheid as komponent van “godsdiens”. Hoewel so ´n siening baie subjektief is, sou ´n saak dalk uitgemaak kon word dat godsdiensuitoefening ook ´n etiese en morele begronding moet hê, wat duidelik nie by satanisme teenwoordig is nie. Hierdie benadering en problematiek is duidelik geïllustreer deur die Nederlandse hof in die saak van Sint Walburga.13 De Kloosterorde der Zusters van Sint Walburga, gevestig op die Amsterdamse “walletjies”, het hulself voorgehou as ´n selfstandige onderdeel van die kerkgenootskap “Kerk van Satan”. Die aanbied van “sex shows” het deel uitgemaak van die sogenaamde godsdiensuitoefening van die betrokke kerkgenootskap. Vir Sint Walburga was dit van die uiterste belang om as selfstandige onderdeel van die kerkgenootskap erken te word, aangesien dit hulle sou vrywaar van gereelde polisiekontrole, soos blyk uit die volgende bepaling: “In de gevallen waarin krachtens dit wetboek het betreden van plaatsen is toegelaten, geschiedt dit, buiten het geval van ontdekking op heter daad niet: […] 2. In de lokalen, voor den godsdienst bestemd, gedurende de godsdienstoefening.”14 10 S Rudolph Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer in Suid-Afrika (ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria, 1991) 263. 11 Sien Rudolph Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer 264-265. 12 JCW van Rooyen Censorship in South Africa (1987) 87. Na aanleiding van die Fountain Source of Occultism-saak is hy van mening dat “Occultism has thus been recognized as a religion. It is submitted that Satanism will not be recognized as a religion as a result of its promotion of what is regarded as evil by the vast majority of South Africa”. 13 HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga). Sien verdere bespreking in AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 20. 14 Santing-Wubs Kerken in Geding 20-21. 56 Die hof formuleer enkele verdere vereistes waaraan voldoen moet word om as kerkgenootskap te kan geld en vereis dat daar ten minste sprake moet wees van godsdiens en dat daar ´n gestruktureerde organisasie moet wees. Gevolglik kom die hof tot die gevolgtrekking dat De Kloosterorde van Sint Walburga nie as ´n selfstandige onderdeel van die kerkgenootskap kan geld nie, en beslis soos volg: “De eerste vraag is of de Kerk van Satan als een kerkgenootschap in de zin van dit artikel (art. 2:2 lid 1 BW, ahsw) kan gelden. In de rechtsliteratuur wordt wel aangenomen dat de wetgever hier alleen aan de christelijke en joodse kerkgenootschappen gedacht heeft, zodat alleen deze een beroep op voormeld artikel kunnen doen. Vaststaat blijkens de overgelegde producties dat de Kerk van Satan ondanks het gebruik van kennelijk aan de rooms katholieke kerk ontleende woorden als kerkprovincie, zusters, moeder-overste en abdis niet tot de christelijke of joodse godsdienst behoort. Het hof is voorshands van oordeel dat gezien de huidige multiculturele samenleving van ons land en de in art. 6 Gr.w. en diverse internationale verdragen verankerde gelijkheid van alle godsdiensten tegenover de Staat ook aan de aanhangers van andere dan de christelijke en joodse godsdienst het recht toekomt zich op voormeld artikel te beroepen. Hieraan dient dan echter wel de eis gesteld te worden dat het om godsdienst gaat en dat de aanhangers een gestructureerde organisatie hebben […]”15 Geld hierdie benadering ook ten aansien van ateïsme en kwalifiseer dit as “godsdiens”? Volgens Van Dijkhorst in Wittman16 word “godsdiens” soos volg gedefinieer: “It [religion] cannot include the concepts of atheism or agnosticism which are the very antithesis of religion. The atheist and agnostic is afforded his protection under the freedom of thought, belief and opinion part of this section. There is conceptually no room for him under the freedom of religion part. Freedom of religion does not mean freedom from religion. Remarks in United States constitutional case law which tend to describe atheism or agnosticism as religion are in our context inapplicable. When therefore […] s 15(2) of the Constitution permit[s] religious observances, this is a reference to the Jewish, Christian, Moslem, Buddhist and other faiths practising their religion at State and State-aided institutions. Religious observances (Afrikaans: ‘godsdiensbeoefening’) does not mean a practice which neither Jew, Christian, Moslem, Buddhist, Hindu, nor other faiths recognise as such; where the Supreme Being is neither the God of Israel nor the Holy Trinity nor Allah the Merciful etc. but a vague nonentity.” 15 16 HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga) par 5. Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T) 449. 57 In Swede word ´n kerkverband gedefinieer as “a community for religious activities, of which an integral part is to arrange divine services”.17 Hierdie definisie sluit dus nie die Sweedse Humanistiese Vereniging, wat ´n vereniging vir Ateïste is, in nie. Ateïsme word omskryf as die “afwesigheid van enige godsdienstige geloof, synde ateïsties, politeïsties of panteïsties”.18 Devenish19 voer egter aan dat die reg op godsdiensvryheid ook die reg insluit om geen geloof te hê nie en dat die begrip “godsdiens” ook die begrip niegodsdiens insluit. ´n Reg op godsdiensvryheid sluit dus dikwels ´n verwysing na vryheid van gewete, denke, filosofiese oortuigings en selfs wêreldbeskouing in, sonder om hierdie denke as “godsdiens” te klassifiseer. Binne die konteks van artikel 18 van die Internasionale Verdrag van Burgerlike en Politieke Vryhede van 1966 (ICCPR) word bepaal dat “a belief consisting primarily or exclusively in the worship and distribution of a narcotic drug cannot conceivably be brought within the scope of article 18 of the Covenant”.20 Dit sou dus ook geld vir die algemene reikwydte van die reg op godsdiensvryheid. Verder impliseer godsdienspluralisme ook reeds ´n verskeidenheid van interpretasies en merk Choper21 in hierdie verband soos volg op: “[T]he scope of religious pluralism […] alone has resulted in such a multiplicity and diversity of ideas about what is a ‘religion’ or a ‘religious belief’ that no simple formula seems able to accommodate them all.” Vir praktiese doeleindes ten einde die howe in staat te stel om godsdienstige kwessies effektief te kan hanteer, maar ook om godsdienstige organisasies by te staan, stel Van der Schyff22 tereg ´n “funksionele” benadering voor vir die konseptualisering van die begrip eerder as ´n suiwer filosofiese of teologiese benadering. In die konteks van ´n regsbenadering sal hierdie benadering dan ook deurgaans gevolg word in terme waarvan ´n geloofsinstelling aan die hand van sekere uitwendige kenmerke en eienskappe gekwalifiseer en omskryf kan word. 17 R Friedner “Religious Entities as Legal Persons – Sweden” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 217. 18 JMT Labuschagne “Die Begrip ‘Godsdiens’ in Godsdiensvryheid: ´n Bewussynsantropologiese Ekskursie na die Evolusiekern van die Reg” 1997 De Jure 130. 19 G Devenish “Freedom of Religion, Belief and Opinion” 1995 Obiter 15 op 17. 20 M.A.B, W.A.T. and J-A.Y.T. v Canada (No 570/1993), UN Doc CCPR/C/50/D/570/1993(1994). 21 JH Choper “Defining ‘Religion’ in the First Amendment” 1982 U. ILL. L. Rev 579. 22 G van der Schyff “The Legal Definition of Religion and its Application” (2002) 119 SALJ 289. 58 4.3 EIENSKAPPE EN KENMERKE Aangesien godsdiens in baie algemene terme omskryf word as a “collection of beliefs”, is dit nodig om ´n paar eienskappe te identifiseer. Volgens Van der Schyff23 moet van die volgende eienskappe ten minste teenwoordig wees ten einde as ´n “godsdiens” te kwalifiseer: ´n geloof in ´n opperwese of wesens; ´n geloof in ´n transendente realiteit; ´n morele kode; ´n wêreldlike beskouing wat die menslike rol in die heelal verklaar en aan die hand waarvan ´n individu sy lewe inrig en organiseer; heilige rituele, dae en feeste; aanbidding en gebed; heilige geskrifte en tekste en die bestaan van ´n sosiale organisasie wat sodanige godsdienstige geloofsisteem ondersteun en bevorder. Laasgenoemde is veral van belang vir godsdienstige organisasies. Die hof in Taylor v Kurtstag24 beslis met verwysing na Witte25 dat: “[…] active religious rights require that individuals be allowed to exercise their religious beliefs privately and groups be allowed to engage in private worship assembly. More fully conceived, active religious rights embrace an individual’s ability to engage in religious assembly, religious speech, religious worship, observance of religious laws and ritual, payment of religious taxes, and the like. They also embrace a religious institution’s power to promulgate and enforce internal religious laws of order, organisation, and orthodoxy, to train, select, and discipline religious officials, to establish and maintain institutions of worship, charity, and education, to acquire, use, and dispose of property and literature used in worship and rituals, to communicate with co-believers and proselytes, and many other affirmative acts in manifestation of the beliefs of the institution.” Volgens Van Dijkhorst in Wittman v Deutscher Schulverein26 is “godsdiens” nie ´n neutrale begrip nie en die begrip behels ´n “system of faith and worship [as] the human recognition of superhuman controlling power and especially of a personal God or gods entitled to obedience and worship”. Religieuse kerkverband word dan ook gebruik as ´n “generic term wide enough to cover the various churches, religious societies or religious congregations under whatever name they wished to describe themselves…[and also]…that each religious denomination should be respected when it says what its ethos is”.27 Vryheid van “godsdiens”, soos geïnterpreteer in die lig van artikel 6 van die Nederlandse Grondwet en artikel 9 van die Europese Konvensie, het 23 Van der Schyff 2002 SALJ 290. Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W) par 37. 25 J Witte “The South African Experiment in Religious Human Rights” 1993 Journal for Juridical Science 24-25. 26 Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T) 449. 27 P Colton “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 128. 24 59 ook slegs betrekking op die individuele of kollektiewe uitoefening van godsdiens indien dit deel uitmaak van “zodanig erkende godsdienstige praktijk”.28 Volgens Vermeulen en Kanne29 moet die volgende praktyke teenwoordig wees om as godsdienstige praktyk aangemerk te kan word: - die teenwoordigheid van ´n bepaalde godsdienstige oortuiging; - die uitleef en uitoefening van hierdie oortuiging in beide die individuele sowel as kollektiewe godsverering (kultus, rituele en gebruike), die huislike (privaat) en openbare godsdiensuitoefening; - die uitleef en uitoefening van hierdie oortuigings in die onderwys, opvoeding; - die oprig en inrig van organisasies waarbinne genoemde manifestasies en uitlewinge kan plaasvind; - ander optrede uit hoofde van genoemde oortuiging wat regstreeks verband hou en uitdrukking gee aan die bepaalde oortuiging. So is byvoorbeeld bevind in die saak van die Santo Daime Kerk in Nederland30 dat die gebruik van hallusinerende tee as die uiting van ´n godsdienstige praktyk kwalifiseer vir beskerming onder artikel 9 van die Europese Konvensie. ´n Benadering vergelykbaar met die Konstitusionele Hof se standpunt in Prince v President of the Law Society of the Cape of Good Hope31 dat die gebruik van cannabis ´n onderdeel uitmaak van die Rastafariër-geloof, hoewel die hof bevind het dat ´n verbod daarop ´n regverdige beperking van die reg op godsdiensvryheid daarstel. Die Nederlandse howe volg ´n beleid van “interpretatiewe terughoudenheid” wanneer bepaal moet word wat ´n godsdienstige organisasie onder die belydenis of uiting van hul eie oortuigings en doktrines verstaan, vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse howe se benadering van nie-inmenging in leerstellige kwessies wat in groot besonderhede in Hoofstuk 6 bespreek sal word. Hierdie benadering van die Nederlandse howe is veral van belang in geskille met “uitheemse” of “vreemde” kerkgenootskappe en behels dat dit nie aan buitestaanders, veral owerheidsorgane, oorgelaat moet word om te bepaal wat, al dan nie, deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige organisasie se geloofsoortuiging of doktrine nie. So beslis die Hoge Raad dat: 28 BP Vermeulen en MJ Kanne “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 78. 29 Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 78. 30 Rb. Amsterdam 21 Mei 2001, AB 2001, 342 m.nt. BPV. 31 Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH). 60 “[…] de burgerlijke rechter geen partij mag kiezen in […] geschillen omtrent geloof en belijdenis en met name ook niet […] zijn uitspraak omtrent enig rechtspunt afhankelijk mag stellen van zijn oordeel met betrekking tot theologiese leerstellingen, omtrent welker juistheid, onjuistheid of gewicht aldaar verdeeldheid bestaat.”32 Die Europese Hof bevestig hierdie siening ook in Metropolitan Church of Bessarabia dat “in principle the right to freedom of religion […] excludes assessment by the State of the legitimacy of religious beliefs or the ways in which those beliefs are expressed”.33 4.4 DIE POSISIE IN NEDERLAND 4.4.1 Die howe se benadering Die Nederlandse howe volg ook meer van ´n funksionele benadering as dit kom by die interpretasie en betekenis van die begrip “kerkgemeenskap/kerkgenootschap” in die Nederlandse reg. Hierdie benadering kan dus ook die Suid-Afrikaanse howe leiding gee rakende die effektiewe hantering van godsdienstige kwessies, maar ook om godsdienstige organisasies by te staan. In die Nederlandse reg bestaan daar geen eenvormige omskrywing van die begrip “kerkgenootskap” nie en reeds met die aanstelling van die Anema-kommissie in 1921 bestaan die siening dat ´n omskrywing van die begrip “kerkgenootschap” nie wetlik bepaal moet word nie, maar aan die howe oorgelaat moet word vir interpretasie.34 Hierdie siening geld steeds, soos dit blyk uit kommentaar wat sekere wysigings aan die Burgerlike Wetboek voorafgegaan het: “Naar mijn mening verdient het geen aanbeveling in de wet een definitie van ‘kerkgenootschap’ op te nemen. De grenzen daarvan zouden niet minder vloeiend zijn dan die van het spraakgebruik. Men bedenke daarbij dat het aantal en de variëteit in religieuze stromingen in de afgelopen tijd hier te lande sterk zijn toegenomen, […] Diepgaande verschillen maken een scherpe algemene wettelijke definitie thans bijzonder netelig; een globale omschrijving zal geen verduidelijking van het spraakgebruik brengen, en een te ruime 32 Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79. Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79. TJ van der Ploeg “De Overheid en De Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” (2008) 2 Nederlands Tijdschrift voor Kerk en Recht (NTKR) 83. 33 34 61 roept gevaren van misbruik op. Daarom verdient het zeker vooralsnog de voorkeur in geval van twijfel de rechter over een concreet geval te laten beslissen.”35 [Eie kursivering.] Die howe word gelei in hulle interpretasie deur verskeie begripsomskrywinge en reeds so vroeg soos 1935 vind die definisie van Duynstee36 wyd aanklank: “Een kerkgenootschap is een blijvende vereniging van personen, welke zich de gemeenschappelijke godsverering van haar leden, op de grondslag van gemeenschappelijke godsdienstige opvattinge, ten doel stelt.” [Eie kursivering.] In ´n 1946-uitspraak van die Hoge Raad37 word hierdie omskrywing van Duynstee gevolg, maar sonder enige verwysing na die begrip “vereniging”. In die woorde van die Hoge Raad: “[...], dat in een kerkgenootschap, hetwelk zich de gemeenschappelijke godsverering van de leden, op de grondslag van gemeenschappelijke opvattingen, ten doel stelt, [...].” [Eie kursivering.] Asser-Van der Grinten-Maeijer38 sluit aan by Duynstee: “Een kerkgenootschap is een organisatie van aangeslotenen welke zich de gemeenschappelijke religieuze verering of besinning van de aangeslotenen op de grondslag van gemeenschappelijke godsdienstige opvattingen ten doel stelt en welke als zelfstandige kerkgenootschap en niet als onderdeel van een kerkgenootschap wil gelden.” [Eie kursivering.] Witteveen39 blyk ook geen voorstander te wees van ´n wetlike omskrywing van die begrip “kerkgenootskap” nie, en verkies om aan die hand van ´n paar eienskappe die kenmerke van so ´n godsdienstige beweging te formuleer. Eerstens is daar volgens hom sprake van ´n vereniging van persone, naamlik ´n soort van samewerkingsverband. Dis opmerklik dat Asser-Van der Grinten-Maeijer40 in hulle genoemde definisie verkies om nie van ´n vereniging van lede te praat nie, maar eerder klem te lê op die “organisatie van aangeslotenen”. Die tweede eienskap volgens Witteveen verwys na die grondslag van hierdie samewerkingsverband. Opmerklik in al die bogenoemde omskrywings is die klem op gemeenskaplike 35 JB Huizink De Groene Serie Privaatrecht, Rechtspersonen, Boek 2 BW, Titel 1 Algemene Bepalingen, Artikel 2 (2005) par 3. WJAJ Duynstee Het Rechtskarakter en de Vertegenwoordiging van Kerkgenootschappen en Kerklijke Instellingen (1935) 15. HR 23 Julie 1946, NJ 1947, 1(D.J.V.) (scheuring Gereformeerde Kerk Houwerzijl). 38 C Asser-Van der Grinten-Maeijer Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht, Deel 2-II Rechtspersonenrecht, De Rechtspersoon (1997) par 205 en verder. 39 TAM Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen (Dissertatie, Groningen, ‘s-Gravenhage, 1984) 251 en verder. 40 Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder. 36 37 62 opvattinge (sien kursiverings) wat dan as’t ware dien as die grondslag van die gemeenskaplike godsverering en wat volgens Witteveen vereis dat die lede ten minste ten aansien van die hoofpunte van die betrokke lewensbeskouing, dieselfde oortuiging moet handhaaf. Volgens Huizink41 sou daar egter ook organisasies bestaan wat kon aanspraak maak om as kerkgenootskap te bestaan en vir wie dit meer gepas sou wees om te praat van “zamen beleven van een gemeenschappelijke godsdienstige overtuiging” as bloot “gemeenschappelijke godsverering”. Asser-Van der Grinten-Maeijer42 handhaaf egter die siening dat “voor het zijn van kerkgenootschap is onzes inziens wezenlijk, dat de organisatie op verering van God is gericht. Gemeenschappelijke religieuze beleving of religieuze bezinning is naar onze mening onvoeldoende”. Hierdie kwessie is ook geopper in kommentaar tydens ´n parlementêre diskussie rakende die Invoeringswet waarin die betrokke minister juis die vraag geopper het of die begrip gemeenschappelijke godsverering nie wyer geïnterpreteer moet word om ook voorsiening te maak vir gemeenschappelijke religieuze beleving of religieuze bezinning nie. Die kommentaar lui soos volg: “Met [...] ken men betwijfelen of in deze definitie het element ‘gemeenschappelijke godsverering’ wel typerend is voor alle kerkgenootschappen en of het niet moeten worden verruimd in de richting van een gemeenschappelijke religieuze beleving of religieuze bezinning.”43 Asser-Van der Grinten-Maeijer44 het op sigself nie ´n wesenlike probleem met die wyer interpretasie nie, mits: “men niet alles wat ook maar enigzins te maken heeft met (godsdienst of) levensovertuiging, als religie of als religieus aanduidt. Gemeenschappelijke religieuze beleving is iets anders dan uitsluitend (zo men wil: rationalistische) levensovertuiging”. Volgens hulle val genootskappe of organisasies op geestelike grondslag dus nie onder die begrip kerkgenootskap nie en meld ook tereg dat die betrokke Invoeringswet die kategorieë van “andere genootschappen op geestelijke grondslag” geskrap het. Hieronder val organisasies soos onder andere humanistiese organisasies of selfs die vrymesselaars. Hulle baseer hulle aanname op die feit dat hoewel artikel 6 van die 41 Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3. Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder. De MvA (Memorie van Antwoord) II Invoeringswet Boeken 3-6 NBW, Sesde gedeelte, Kamerstukken 17725, Nr 7, p 11. 44 Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder. 42 43 63 Nederlandse Grondwet voorsiening maak vir die vryheid van godsdiens en gewetensoortuiging, die kerklike vryheid van assosiasie in ´n privaatregtelike sin tesame met die erkenning van regspersoonlikheid van kerkgenootskappe nie op artikel 6 van die Grondwet berus of steun nie, maar artikel 2 Boek 2 BW. Witteveen45 meld verder ´n derde eienskap as ´n kenmerk van sodanige kerkgenootskap. Hierdie eienskap verwys na die doel van die samewerkingsverband deurdat van aanhangers verwag word om ook uiting te gee aan die geloofsopvatting in die praktyk. Aansluitend by die vorige opmerkings, steun hy ´n meer neutrale bewoording van die begrip godsverering, byvoorbeeld “het belijden van de gemeenschappelijke godsdienstige opvattinge”.46 Die laaste eienskap verwys na die wil van die betrokke organisasie en word gesien as ´n baie belangrike eienskap deurdat “de organisatie een-eigen-kerkgenootschap wil zijn”.47 Hoewel dit nie ´n bepalende eienskap is nie, kan dit ´n bepalende rol speel wanneer die hof moet beslis of ´n betrokke organisasie ´n kerkgenootskap is, al dan nie. Wat ook in gedagte gehou moet word, is dat godsdienstige organisasies wat nie noodwendig hulle grondslag in die Christelike of Joodse geloof het nie, baie meer op die voorgrond is as in die verlede. In Nederland dink ons veral aan die opkoms van die Islam en daar sou geen goeie rede wees om Islamitiese geloofsorganisasies uit te sluit van die status van kerkgenootskappe nie. En wat van Boeddhistiese geloofsorganisasies? Wat weer eens duidelik blyk uit die voorafgaande bespreking is dat daar steeds geen duidelikheid bestaan en geen eenvormige omskrywing van die begrip “kerkgenootskap” bestaan waaronder alle kerkgenootskappe gemaklik pas nie, en daar word ook geensins gepoog om so ´n beskrywing te formuleer nie. Dit beklemtoon weer eens die moeilike taak opgelê aan die howe en bevestig maar net weer eens die 1921-posisie van die Anema-kommissie dat ´n wetlike omskrywing van die begrip “kerkgenootschap” steeds nie gepas is nie, maar aan die howe oorgelaat moet word vir interpretasie. Dit word gevolglik bevestig in die volgende woorde: “Een omschrijving waaronder alle kerkgenootschappen kunnen worden gerangschikt is wellicht niet te vinden. Dezerzijds zal in elk geval niet worden getracht een zodanige omschrijving op te stellen. In voorkomende gevallen zal de rechter aan de hand van de concrete omstandigheden, mede gelet op de opvattingen van zijn tijd, moeten vaststellen of hij 45 Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen 254. Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen 255. 47 Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205. 46 64 met een kerkgenootschap te maken heeft. Daarbij heeft de wetgever aan de rechter een grote mate van vrijheid gelaten, nu de wet geen omschrijving van kerkgenootschap geeft.”48 4.4.2 Die wetlike omskrywing In Nederland het die begrip “kerk” of “kerkgenootskap” soos dit juridies benader word, ´n wetlike omskrywing (art 2:2BW) wat hoofsaaklik deur uitwendige kenmerke gekwalifiseer word, anders as die inhoudelike teologiese benadering vanuit die teologie.49 Die interne geloofsopvatting is vir die juris nie veel van belang by die toepassing van reëls nie, hoewel dit moet geskied binne die raamwerk van die reg op godsdiensvryheid, wat van toepassing op alle geloofsgemeenskappe is. Om die “tradisionele” kerke te plaas en te identifiseer binne hierdie beskrywing van “kerkgenootskap”, is gewoonlik nie ´n moeilike taak nie. Twyfel bestaan egter dikwels ten aansien van ander/nuwe/buitelandse religieuse gemeenskappe of kerke en dit word dan oorgelaat aan die howe om ´n oordeel te vel na aanleiding van die spesifieke oogmerke en bestaan van die bepaalde organisasie. In ´n poging om hierdie onduidelikheid vry te spring, kies baie organisasies vir die sekerheid van regspersoonlikheid deur hulleself in te rig en te inkorporeer as stigtinge of vennootskappe. Privaatregtelik besit hulle dus wel regspersoonlikheid, maar beklee nie die unieke privaatregtelike posisie as kerkgenootskap nie.50 Voorbeelde sluit in veral nuwe Christelike gemeenskappe en Islamitiese moskee-gemeenskappe. Uit die oogpunt van die reg op godsdiensvryheid, het hierdie organisasies, hetsy in die vorm van ´n kerkgenootskap of dié van stigting of vennootskap, dieselfde status. Wanneer ´n godsdienstige organisasie egter vir ´n regsvorm soos ´n stigting of vennootskap kies, is hulle onderworpe aan die reëls betreffende die interne organisasie en eksterne verhoudings soos neergelê in Boek 2 BW, soos byvoorbeeld artikel 851 en 1552 BW. 48 Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3. TJ van der Ploeg “Kerk en Recht; Een Juridische Benadering” in LC Van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht 24. 50 Van der Ploeg Kerk en Recht 124-125. 51 1.Een rechtspersoon en degenen die krachtens de wet en de statuten bij zijn organisatie zijn betrokken, moeten zich als zodanig jegens elkander gedragen naar hetgeen door redelijkheid en billijkheid wordt gevorderd. 2.Een tussen hen krachtens wet, gewoonte, statuten, reglementen of besluit geldende regel is niet van toepassing voor zover dit in de gegeven omstandigheden naar maatstaven van redelijkheid en billijkheid onaanvaardbaar zou zijn. Vastgesteld bij de wet van 22 Juli 1976, Stb. 395 (i.w.tr. 26 Juli 1976). Gewijzigd bij de wet van 15 November 1989, Stb. 541 jo 1991, 605 (i.w.tr. 1 Januari 1992). 52 Art.15 1.Een besluit van een orgaan van een rechtspersoon is, onverminderd het elders in de wet omtrent de mogelijkheid van een vernietiging bepaalde, vernietigbaar: a) wegens strijd met wettelijke of statutaire bepalingen die het tot stand komen van besluiten regelen; b) wegens strijd met de redelijkheid en billijkheid die door artikel 8 worden geëist; c) wegens strijd met een reglement. 49 65 In die geval van konflik wat uitloop op ´n beroep op die howe, is hierdie organisasies (in die vorm van ´n stigting of vennootskap) dus in ´n ongelyke posisie in die burgerlike reg, ongeag dieselfde status, gesien uit die oogpunt van die reg op godsdiensvryheid. Hulle is dus onderworpe aan die reëls en regulasies ten opsigte van die interne organisasie en eksterne verhoudings van die betrokke organisasie, soos byvoorbeeld oprigtingsvereistes, verteenwoordigingsbevoeghede en ledeverbod, ander formaliteite. bestuursbevoegdhede, Wat betref die verteenwoordigingsbevoegdhede van kerkgenootskappe, wyk die bevoegdhede ietwat af van die bevoegdhede normaalweg van toepassing op ander privaatregtelike regspersone. Eerstens tref ons by kerkgenootskappe, hulle selfstandige onderdele of selfs die verenigde liggaam, nie noodwendig ´n enkele bestuursraad met verteenwoordigingsbevoegdheid aan nie. Dit word dikwels verleen aan meer as een bevoegde funksionaris. ´n Voorbeeld tref ons aan by die Protestantse Kerk in Nederland. Wat finansiële aangeleenthede betref, word die bevoegdheid gesamentlik verleen aan die sekretaris en die voorsitter van die college van kerkrentmeesters; die bevoegdhede in diakonale aangeleenthede berus by die voorsitter en die sekretaris van die diakonie, terwyl die voorsitter en die skriba van die kerkraad die gemeente in ander sake verteenwoordig. Hierdie posisie is grootliks vergelykbaar met die algemene funksionering van plaaslike gemeentes in Suid-Afrika, soos omskryf in die onderskeie Kerkordes van die verskillende kerke en denominasies. Wat belangrike besluite betref, word daar daarom dikwels vereis dat die besluit deur ´n bevoegde orgaan (saamgestel uit betrokke funksionarisse of verteenwoordigers) geneem word, soos ´n kerkraad, uitvoerende kommissie of selfs sinode. In die tweede instansie bepaal die interne kerklike bepalings rakende die besluitneming en verteenwoordiging, soos neergelê in die betrokke Kerkorde of konstitusie, die organisasie se verteenwoordigingsbevoegdheid na buite. Indien iemand dus ´n regshandeling namens ´n kerklike regspersoon verrig, wat teenstrydig met die kerklike bepaling of sonder die nodige bevoegdheid as verteenwoordiger is, sou die kerklike regspersoon teenoor die derde die verteenwoordingingsonbevoegdheid van die betrokkene kon opper en aanspreeklikheid vryspring. 66 In ´n beslissing van die Hof ‘s-Hertogenbosch53 vind ons ´n interessante voorbeeld. Volgens die Algemene Reglement vir die bestuur van ´n parogie van ´n RoomsKatolieke Kerk in Nederland, is dit ´n vereiste om vir die verkoop van onroerende eiendom ´n skriftelike magtiging vanaf die biskop te verkry. Die betrokke priester, wat voorsitter en sekretaris van die bestuur van die parogie Stein-Kerensheide was, het sonder die nodige magtiging ´n woonhuis met erf, wat eiendom van die parogie was, aan ene Buurenstein verkoop. Die koper was onbewus van die noodsaaklike magtiging van die biskop, wat afwesig was. Die hof beslis soos volg: “(Buurenstein) kan zich er ook niet op beroepen, dat hij de bevoegdheidsbeperking en de onbevoegdheid van de parochie tot de litigieuze verkoop niet kende. Buurenstein heeft niet onderzocht, noch door zijn makelaar of notaris doen onderzoeken of de parochie bevoegd was. Toch had een dergelijk onderzoek in de rede gelegen, niet alleen omdat Buurenstein wist met een rechtspersoon van eigen aard te handelen, maar ook omdat hij verenigingen en stichtingen de Nederlandse wet in art. 44 en 219 boek 2 aan besturen de bevoegdheid tot verkoop van onroerende goed onthoudt, tenzij de statute anders regelen. De vraag naar de bevoegdheid tot vervreemding door een verkoper-rechtspersoon is dus geenzins ongebruikelijk en mag door de koper niet gepasseerd worden.”54 [Eie kursivering.] Die hof beklemtoon die eie aard van die kerkgenootskap en bevind gevolglik dat die kerklike regspersoon nie gebonde is nie. Die interne prosedures van die kerklike regspersoon dien dus as verweer, terwyl hierdie interne prosedures en reëlings meestal nie algemeen bekend is nie. In die praktyk is dit dus geensins ´n aantreklike opsie vir derdes nie en ook nie vir die kerklike regspersoon sou dit lei tot die situasie waar derdes nie meer kontrakte met kerklike regspersone wil sluit nie. Van der Ploeg55 doen aan die hand dat waar so ´n kerklike regspersoon aan die regsverkeer deelneem, daar as’t ware ´n verpligting (voortspruitend uit kerke se maatskaplike sorgvuldigheids- en betroubaarsheidplig) rus om die interne reëls en prosedures rakende besluitneming en verteenwoordiging aan derdes te verstrek, sodat hulle bedag kan wees op die voorwaardes. Op so ´n wyse word die kerklike regspersoon ook ´n meer deursigtige en minder ondeurgrondelike teenparty. In Nederland val die klem dus op die “uitsonderingsposisie” van kerkgenootskappe en word dit hoofsaaklik verdedig aan die hand van die skeiding tussen kerk en staat in 53 Hof‘s-Hertogenbosch, 8 Juli 1991, KG 1991, 368, NJ 1992, 89. Van der Ploeg Kerk en Recht 131-134. 55 Van der Ploeg Kerk en Recht 135. 54 67 die sin dat “de wetgewer behoort de kerk niet voor te schrijven hoe ze zich moet organiseren, aangezien daarmee de scheiding in gevaar zou kunnen komen”.56 Dit blyk egter duidelik dat hierdie siening en die gepaardgaande verhouding tussen kerkgenootskappe en verenigings in Nederland, maar ook in Suid-Afrika, steeds onderhewig is aan politieke spanning. Dit is te verstane gesien in die lig daarvan dat die erkenning van ´n unieke regsposisie van kerkgenootskappe die organisasie ´n bevoorregte posisie blyk te gee bó ander maatskaplike organisasies. Gevolglik is dit nodig om verder ondersoek in te stel na die aard en die posisie wat geloofsinstellings in die maatskaplike verkeer inneem (saam met ander maatskaplike organisasies). 4.5 DIE AARD, POSISIE EN FUNKSIONERING VAN GELOOFSINSTELLINGS IN DIE MAATSKAPLIKE VERKEER 4.5.1 Agtergrond Volgens Hobbes se soewereiniteitsidee is alle gesag staatlik of andersins staatafgeleide gesag en hy beskryf die kerk byvoorbeeld as “´n vergadering van mense wat die Christelike religie bely en wat in die persoon van een soewerein verenig is op wie se bevel hul byeenkom”.57 Sover die kerk dus as ´n selfstandige persoon met ´n eie gesag handel, word dit beskou as ´n “onwettige vergadering”. Die denke ná Hobbes is baie meer individualisties georiënteerd. Von Gierke formuleer byvoorbeeld die Germaanse gemeenskapsidee “Genossenschaft” waarvolgens die individuele bestaan beklemtoon word en waarvan die klem geleë is in “´n innerlike, organiese verbinding van wetgewing en persoonlike vryheid, van enkeling en gemeenskap, waarin die oorbeklemtoning van die individuele bestaan oorwin”.58 Binne Von Gierke se moderne verenigingsbeweging wat vanaf 1806 in Duitsland posgevat het, vind ons die Genossenverbände, oftewel sosiale gemeenskapsgroepe wat gerig was op “associative fraternisation” en enige tyd kon ontstaan, in soverre hulle daarop gemik was om as gemeenskappe van ´n private aard te funksioneer. Van Eikema Hommes59 verwys na sosiale gemeenskappe as ´n “duurzame sociale verhouding” waarin lede tot ´n “hoger sociale eenheid met doorgaans gezags- en 56 Santing-Wubs Kerken in Geding 17. JL Pretorius Die Begrip Openbare Belang en Burgervryheidsbeperking (LL.D-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1987) 63. 58 Pretorius Die Begrip Openbare Belang 99. 59 HJ van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen der Rechtswetenschap. Een Juridische Methodologie (1983) 224. 57 68 ondergeschiktheidsverhoudingen verbonde zijn”. Hierdie sosiale gemeenskappe word onderverdeel in natuurlike en georganiseerde gemeenskappe. Natuurlike gemeenskappe vind hul grondslag in ´n “organische levensaspect” wat moreel gekwalifiseerd is. Bepaalde tipes van morele liefde bepaal ook die natuurlike gemeenskap se interne bestemmingsfunksie. Tipiese voorbeelde van sulke gemeenskappe sluit in die huwelik, gesin en familie. So word ´n gesin byvoorbeeld omskryf as “een morele liefdesgemeenschap van ouders en kinderen, tussen wie een biotische afstammelingsrelatie in de eerste graad bestaat”.60 Teenoor die natuurlike gemeenskappe vind ons die georganiseerde gemeenskappe, of die sogenaamde “Verbände” soos dit in Duits bekend staan. Hierdie gemeenskappe is “cultuurhistorisch” gefundeerd omdat dit op menslike organisasie berus, en soos Van Eikema Hommes dit uitdruk: “Het is de vrije variabele vormgeving aan de sociale betrekkingen der leden met name aan de interne gezags- en ondergeschiktheidsverhoudingen, die in geen enkel sociale verband ontbreken, waarin het georganiseerde karakter van deze gemeenschappen tot uitdrukking komt.”61 Hierdie georganiseerde gemeenskappe vind hulle interne bestemmingsfunksie in verskeie aspekte. ´n Staatsverband is tipies juridies gekwalifiseerd, wat gebaseer is op ´n monopolistiese organisasie; ´n onderneming is tipies ekonomies gekwalifiseerd op ´n kapitale en arbeidsgeoriënteerde organisasie; ´n universiteit is moreel gekwalifiseerd met ´n organisasie van wetenskaplike ondersoek en onderwys. So word die kerkverband dan gesien as “typisch pistisch gekwalificeerd als gemeenschap van Christgelovigen, gebaseerd op een organisatie van woordbediening der Sacramenten”.62 Die interne bestemmingsfunksie van die kerkgemeenskap berus dus op die geloofsaspek. In Duitsland het die sisteem van vrye assosiasie relatief stadig vanaf die sfeer van private verenigings (byvoorbeeld akademiese en sosiale belange) oorgespoel na die openbare sfeer. Dit was ook hoofsaaklik as gevolg van buitelandse heerskappy (1806-1813) dat ´n “public spirit of association” vlam gevat het.63 Heelwat onafhanklike verenigings het oral oor Duitsland heen ontstaan, selfs voor 60 Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225. Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225. 62 Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225. 63 O von Gierke Community in Historical Perspective, a Translation of Selections from Das Deutsche Genossenschaftsrecht, vertaal deur M Fischer en geredigeer deur A Black (1990) 171. 61 69 1948 toe die eerste reg op vryheid van assosiasie in die praktyk ontstaan het en later gekodifiseer is.64 Tussen 1814 en 1848 sien ons heelwat vrye verenigings wat vir spesifieke godsdienstige oogmerke opgerig is. Von Gierke onderskei tussen verskeie groepe. Eerstens onderskei hy tussen groepe wie se oogmerke direk met godsdiens verband hou, hetsy tussen lede (byvoorbeeld godsdienstige opvoedkundige verenigings) of na buite (byvoorbeeeld sendingwerk). Andere is weer gerig op een spesifieke godsdienstige denkrigting, byvoorbeeld die Gustav Adolph Vereniging, Protestantse of Katolieke Verenigings, die Duitse Protestantse Vereniging, ensovoorts. ´n Tweede groep wat hy identifiseer, is verenigings wat ´n meer kerklike, eerder as bloot net religieuse oogmerk nastreef. Hulle is betrokke by die konstitusionele, administratiewe en verskeie ander aspekte van die vereniging en word beskou as kwasie-politieke godsdienstige organisasies. Die laaste groepe is verenigings wat binne die godsdienstige karakter van die vereniging maatskaplike en welsynsaktiwiteite verrig (welsynswerk, ouetehuise, ensovoorts).65 Soos Van der Ploeg66 tereg opmerk, is ´n geloofsinstelling of “kerkgenootschap” aan die buitekant vergelykbaar met ´n vereniging, met die verskil dat dit eerstens ´n godsdienstige oogmerk nastreef. Vanuit ´n teologiese oogpunt, word die gelykstelling van ´n kerkgenootskap met ´n vrywillige vereniging gesien as misplaas weens die feit dat ´n vereniging immers “mensenwerk” is en ´n kerkgenootskap “Gods werk”. Die kerk ontleen sy grondslag en interne werking aan ´n goddelike openbaring. Hierdie teologiese grondslag verleen gevolglik aan die kerkgenootskap ´n eie aard in die Nederlandse reg.67 Of hierdie siening vir alle geloofsinstellings geld, is te betwyfel en Meijers68 is van mening dat ´n kerkgenootskap nie meer is as “een (privaatrechtelijke) vereniging van personen met als doel gemeenschappelijke godsverering” nie. Die kerkgenootskap word egter anders as ander vrywillige verenigings behandel weens die reg op godsdiensvryheid en daarom beskou hy die kerkgenootskap as ´n besondere vorm van ´n vereniging. Van buite gesien sou ´n geloofsinstelling dus funksioneer soos en vergelykbaar wees met ander vrywillige verenigings, maar aan die hand van 64 Von Gierke Community in Historical Perspective 173-174. Von Gierke Community in Historical Perspective 175-176. 66 TJ van der Ploeg “De Overheid en de Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 2008 198. 67 Sien verder TJ van der Ploeg 2008 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 199 en verder. 68 EM Meijers Algemene Begrippen van het Burgerlijke Recht (1947/1958) 265. 65 70 godsdiensvryheid beoordeel word, wat hierdie organisasies addisionele beskerming en ´n sui generis-aard blyk te gee. Die reg op godsdiensvryheid, bo en behalwe die reg op vryheid van assosiasie, bepaal dus die grense waarbinne so ´n organisasie funksioneer. Van Ee69 is van mening dat die organisasievryheid van ´n kerkgenootskap nie op die reg op vryheid van godsdiens berus nie, maar eerder op die reg op vryheid van assosiasie. Gevolglik moet die kerkgenootskap dieselfde as ander vrywillige verenigings behandel word ten aansien van die funksionering en oprigting van die kerkgenootskap. Die institusionele reg op godsdiensvryheid het egter nie net betrekking op die inhoudelike belydenis en godsdienstige opvattinge nie, maar ook op die funksionering, interne organisasie en gesagstruktuur wat juis by geloofsinstellings nou verwant is aan en verweef is met die bepaalde belydenis en geloofsopvattinge. Volgens Van der Ploeg70 “[v]anuit de godsdienst bezien, is een kerkgenootschap dus meer dan een gewone vereniging met een godsdienstige oogmerk”. Dit sluit aan by die siening in Duitsland dat kerke en godsdiensgroepe wat regspersoonlikheid het en waarvan hul oorsprong, aard en oogmerke godsdienstig van aard is, die status van ´n “Körperschaft des öffentlichen Rechts” verkry. Hierdie status gee erkenning aan geloofsinstellings as sui generis-instellings wat ´n eiesoortige posisie beklee in die Duitse samelewing.71 Gevolglik voer Smit72 aan dat ooreenkomstig bovermelde sienings, die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ooreeenkomstig sy selfdefiniëring nie as ´n vrywillige vereniging gedefinieer kan word nie en behoort die Suid-Afrikaanse howe bogenoemde sui generis-aard en -posisie van godsdiensgroepe te erken wanneer die aard van die kerk se regspersoonlikheid gedefinieer word. Dit help egter nie as die betrokke kerk of geloofsinstelling self nie sy sui generis-aard verstaan of kan motiveer en definieer nie, of daarvan gebruik maak nie. Vervolgens kan die howe nie anders as om hulle eie interpretasie te volg of hulle te hou by die interpretasie wat voor die hof geplaas is nie. ´n Goeie voorbeeld tref ons aan in die Schreuder73-saak. 69 JW van Ee “In Strijd met De Wet” 1996 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 168 en verder. Van der Ploeg 2008 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 202. 71 J Smit “Die Kerk se Regsposisie in Suid-Afrika in die Lig van Godsdiensvryheid – Gereformeerd-Kerkregtelik Gesien” 2006 NGTT 642-643. 72 Smit 2006 NGTT 645. 73 Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) 718. 70 71 Gebaseer op deskundige getuienis, het die Nederduitse Gereformeerde Kerk self die volgende standpunt aangeneem ten aansien van die ‘aard’ van die kerk: “Daar is naamlik die duidelike bedoeling dat ´n predikant sy of haar aardse werkgewer dien ingevolge ´n dienskontrak soos wat dit normaalweg verstaan word. Trouens, professor Heyns het uitgewys dat die kerk as vrywillige organisasie bloot ´n ‘menslike organisasie’ is. Dit is in ooreenstemming met die deskundige op organisasies (professor AB Boshoff) se getuienis dat die kerk ook ´n organisasie is wat wel uniek kan wees op grond van die kultuur, waardes en aannames wat heers binne die organisasie. Hy het bygevoeg dat, alhoewel die kerk ´n missionêre doel het en ´n morele organisasie is met eie unieke kenmerke, bestaan alle organisasies uit mense. Professor Boshoff het wel uitgewys dat ´n organisasie nie professionele mense (soos predikante) se natuurlike habitat is nie. [...] Dr Scholtz het in dieselfde verband uitgewys dat die feit dat mense mag dink dat hulle met heilige dinge besig is nie verander aan die feit nie dat hulle ´n sosiale sisteem vorm wat volgens sy eie reëls funksioneer soos enige ander sosiale sisteem.” [Eie kursivering.] Soos reeds opgemerk in Hoofstuk 3, het die vroeëre regspraak die regsposisie van verenigings ontleed aan die hand van die Romeins-Hollandse reg en hieruit blyk dit dat die howe duidelik onderskei tussen ´n verenigingsregspersoon as universitas en ´n kontraktuele vennootskap as societas.74 Latere regspraak het van die standpunt af uitgegaan dat die konstitusie van privaatregtelike verenigings kontraktueel van aard is.75 Daar word gevolglik ook aangevoer dat die reëls en regulasies soos vervat in die vereniging se konstitusie die terme van die kontrak uitmaak. O’Brien Geldenhuys76 steun hierdie siening en is van mening dat die kenmerke van sodanige vereniging is dat lede kontraktueel verbonde naas en teenoor mekaar staan en dat regte en verpligtinge van die lede onderling bepaal word deur die akte van oprigting, of die ooreenkoms waardeur die vereniging in die lewe geroep word. Pienaar77 steun egter die vroeëre regspraak, waar die howe aansluiting gesoek het by die RomeinsHollandse reg ten aansien van die regsposisie van verenigings en waar die eienskappe van ´n universitas of verenigingsregspersoon gestalte vind in wat na verwys word as 74 Sien byvoorbeeld Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6. Hier het die hof op uitsprake van Voet gesteun en onderskei tussen ´n universitas hominum en ´n societas. Die grootste verskil was dat die verenigingsregspersoon (universitas) op die interne verenigingsband tussen die lede gegrond is, terwyl die societas op kontrak berus het. Sien verder G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 1991 THRHR 400 op 401 en verder. 75 Sien Jockey club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 350-351; Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 645B; Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 25G. 76 FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 341. 77 Pienaar 1991 THRHR 401-402. 72 die interne verbandsreg van die betrokke universitas, terwyl die societas op kontrak berus. Die oprigting van die universitas geskied op grond van wilsooreenstemming tussen die onderskeie oprigters met die doel om ´n gesamentlike groepsverband met sekere doelstellings tot stand te bring. Pienaar78 voer gevolglik aan dat die oprigtingshandeling nie kontraktueel van aard is nie, maar ´n “meersydige regshandeling met ´n eie aard” is en verder dat die “statute of konstitusie [...] die objektiewe reg [vorm] wat alle lidmaatskapsbetrekkinge asook verhoudinge teenoor derdes reël”. Pienaar voer aan dat die reëls en regulasies van verenigingsregspersone nie op ´n kontrak gebaseer is nie en dat die regsverhouding wanneer lede toetree tot die vereniging moeilik aan die hand van die kontrakteregbeginsels verklaar kan word. Hy steun die Nederlandse benadering en merk soos volg op:79 “By toetrede onderwerp ´n lid hom aan die objektiewe reg soos vervat in die doelstellings, statute of konstitusie van die regspersoon. Dit is dus nie ´n kontraktuele verhouding wat tussen gelyke kontrakspartye op grond van wilsooreenstemming ontstaan nie, maar ´n onderwerping aan die objektiewe reg wat die onderlinge regsverhoudinge tussen lede en regsverhouding tussen regspersoon en buitestaanders reël.” Bogenoemde privaatregtelike reëls en regulasies is dus die objektiewe reg van die bepaalde samelewingsverband en is ook al na verwys as “autonomous legislation” en “autonomic legislation” van toepassing op die reëls en regulasies van kerke.80 Hierdie positivering van die niestaatlike reg berus volgens Van Zyl en Van der Vyver81 nie op kontrak nie: “Dit word beklemtoon dat [...] die reëls van ´n sportvereniging (soos vervat in sy konstitusie en in die besluite van sy ledevergadering en sy bestuur), net sulke egte reg is as dié wat in ´n statuut vervat is, mits daardie reëls die element van ordening deur vergelding (dit wil sê: regsbeginsels) bevat. Nie-staatlike reg is daardie regsreëls wat vir ´n persoon in die hoedanigheid van lid van ´n ander sosiale entiteit as die staat geld en wat deur die kompetente regsvormende orgaan in daardie samelewingsverband gepositiveer word. Hieronder kry ´n mens die reëls van ´n sportklub, die konstitusie van ´n maatskappy, die kerkreg, ensovoorts.” 78 Pienaar 1991 THRHR 410. Pienaar 1991 THRHR 409. Pienaar 1991 THRHR 411. 81 FJ van Zyl en JD van der Vyver Inleiding tot die Regswetenskap (1982) 273. 79 80 73 Indien van die veronderstelling af uitgegaan word dat geloofsinstellings eiesoortige instellings is wat gegrond is op ´n interne verbandsreg, funksioneer hierdie instellings steeds as privaatregtelike organisasies, ooreenkomstig die onderskeie reëls en regulasies soos vervat in hul konstitusie. Geloofsinstellings funksioneer ook as vrywillige verenigings binne die maatskaplike verkeer, hetsy as kerke en gemeentes wat godsdienstige oortuigings en praktyke bevorder of as gemeenskaps- of diensorganisasies op ´n geestelike grondslag. Gevolglik sal geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies binne die maatskaplike verkeer in nadere besonderhede bestudeer word. 4.5.2 Geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies Oor die algemeen word daar aanvaar dat nie net ´n georganiseerde nie, maar ook ´n aktiewe gemeenskap belangrik is vir “inklusiewe demokrasie en ontwikkeling”.82 ´n Verskeidenheid gemeenskapsorganisasies bestaan en die belangrikste eienskap van hierdie organisasies is dat hulle nie deel vorm van die staat nie. Die fokus is dus nie op kommersiële organisasies of organisasies met ´n winsoogmerk nie, maar op niestaatlike organisasies of organisasies sonder ´n winsoogmerk. Hierdie organisasies word nie vir ´n winsoogmerk bedryf om ´n profyt aan lede te betaal nie en het ten doel om ´n bydrae en voordeel tot die breë publiek te lewer of om die doelstellings van ´n bepaalde groep of organisasie te bevorder. Dit is dan ook binne hierdie kategorie dat geloofsinstellings aangetref word. Die vraag is egter wat met ´n “niewinsgewende sektor” bedoel word. ´n Verskeidenheid van vorme bestaan – nieregeringsorganisasies (sogenaamde NGOs), vrywillige verenigings, organisasies sonder ´n winsoogmerk en vele meer. Volgens Salamon en Anheier83 is van die belangrikste definisies die volgende: 1. ´n Sogenaamde regsdefinisie (in eenvoudige terme – wat sê die wet? Hoe word die bepaalde organisasie of sektor gedefinieer in bepaalde wetgewing); 2. ´n Ekonomiese of finansiële definisie (wat is die bron van inkomste?); 82 Sien in die algemeen ´n Gids tot die Wet op Organisasies sonder ´n Winsoogmerk 71 van 1997, Legal Resources Centre (LRC) Inligtingserie Nr. 2. 83 L Salamon en K Anheier “In Search of the Non-profit Sector. I: The Question of Definitions” (1992) 3(2) Voluntas 133-135. 74 3. ´n Funksionele definisie (wat is die funksie en oogmerke van die bepaalde organisasie?); 4. ´n Strukturele of operasionale definisie (wat is die basiese struktuur en funksionering van die organisasie?). In die eerste kategorie dink ons in die Suid-Afrikaanse konteks byvoorbeeld aan die Wet op Organisasies Sonder Winsoogmerk 71 van 1997. Hierdie wet het op 1 September 1998 in werking getree en maak voorsiening vir die vrywillige registrasie van organisasies sonder winsoogmerk wat deur die wet omskryf word as: “´n trust, maatskappy of ander vereniging van persone – (a) wat vir ´n openbare doel ingestel is; en (b) waarvan die inkomste en eiendom nie aan sy lede of ampsdraers uitkeerbaar is nie, behalwe as redelike vergoeding vir dienste gelewer.”84 Die wet maak dit dus moontlik vir vrywillige verenigings of gemeenskapsorganisasies wat ingevolge die gemenereg as universitas of geïnkorporeerde entiteite aangemerk word om formeel te registreer as ´n organisasie sonder ´n winsoogmerk en dit is ook ´n vereiste vir registrasie om as sodanige entiteit te kwalifiseer. Die wet is veral daarop gemik om dit vir hierdie organisasies moontlik te maak om makliker skenkings te kry, deurdat ´n groter mate van deursigtigheid en toerekenbaarheid teenwoordig is. Sekere voordele of toegewings kan self deur die Minister aan hierdie organisasies gemaak word. Geloofsinstellings kan ook as organisasies sonder winsoogmerk registreer ooreenkomstig die bepalings van die wet. In die tweede kategorie, dus die finansiële definisie, tree die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 op die voorgrond. Voordat die nuwe wysigings aan die Inkomstewet in werking getree het, is sekere organisasies sonder winsoogmerk, spesifiek geloofsinstellings (in die wet na verwys as godsdienstige inrigtings), vrygestel van inkomstebelasting. Artikel 10(1)(f) en 10(1)(fA) het byvoorbeeld soos volg bepaal: “(f) die ontvangste en toevallings van alle godsdienstige, liefdadigheids- en opvoedkundige inrigtings van ´n openbare aard, wat godsdienstige, liefdadigheids- of opvoedkundige 84 Artikel 1. 75 aktiwiteite, na gelang van die geval, in die Republiek beoefen, hetsy hulle geheel en al of ten dele deur toekennings uit staatsinkomste ondersteun word al dan nie; (fA) die ontvangste en toevallings van ´n fonds waarvan die enigste oogmerk is om fondse aan enige liggaam, bedoelde liggaam synde ´n maatskappy, genootskap, vereniging van persone of trust beoog in paragraaf (cF) of enige godsdienstige, liefdadigheids- of opvoedkundige inrigting beoog in paragraaf (f), te verskaf.” [Eie kursivering.] Die nuwe wysiging meld egter in artikel 10 (cN) dat die ontvangste en toevallings van enige openbare weldaadsorganisasie van die normale belasting vrygestel word.85 Hierdie wysiging vereis dus dat ´n openbare weldaadsaktiwiteit verrig moet word deur ´n openbare weldaadsorganisasie ten einde te kwalifiseer vir vrystelling. ´n Openbare weldaadsorganisasie word soos volg omskryf: “ [E]nige organisasie(a) wat(i) ´n maatskappy is beoog in artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van 1973)86, of ´n trust of ´n vereniging van persone is wat in die Republiek ingelyf, opgerig of gestig is; of (ii) ´n tak binne die Republiek is van enige maatskappy, vereniging of trust opgerig, ingelyf of ingestel in ´n land behalwe die Republiek en wat van belasting op inkomste in daardie ander land vrygestel is; 85 10. Vrystellings.-(1) Van die normale belasting word vrygestel(cN) die ontvangste en toevallings van enige openbare weldaadsorganisasie ingevolge artikel 30 (3) deur die Kommissaris goedgekeur, in die mate wat die ontvangste en toevallings verkry is(i) anders as uit enige besigheidsonderneming of handelsaktiwiteit; of (ii) uit enige besigheidsonderneming of handelsaktiwiteit(aa) indien die onderneming of aktiwiteit(A) integraal en direk verwant is tot die enigste of vernaamste oogmerk van daardie openbare weldaadsorganisasie soos in paragraaf (b) van die omskrywing van, “openbare weldaadsorganisasie” in artikel 30 beoog; (B) beoefen of uitgevoer word op ´n grondslag waarvan wesenlik die geheel gerig is op die verhaling van koste; en (C) wat nie onregverdige mededinging met betrekking tot belasbare entiteite tot gevolg het nie; (bb) indien die onderneming of aktiwiteit van ´n toevallige aard is en wesenlik onderneem word met vrywillige bystand sonder vergoeding; (cc) indien die onderneming of aktiwiteit deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant goedgekeur is, met inagneming van(A) die omvang en welwillendheidsaard van die onderneming of aktiwiteit; (B) die direkte verband en verwantskap van die onderneming of aktiwiteit met die enigste of vernaamste oogmerk van die openbare weldaadsorganisasie; (C) die winsgewendheid van die onderneming of aktiwiteit; en (D) die vlak van ekonomiese verwringing wat deur die belastingvrye status van die openbare weldaadsorganisasie wat die onderneming of aktiwiteit bedryf, veroorsaak mag word; of (dd) behalwe ´n onderneming of aktiwiteit ten opsigte waarvan item (aa), (bb) of (cc) van toepassing is en nie meer is nie as die grootste van(i) 5 persent van die totale ontvangste en toevallings van daardie openbare weldaadsorganisasie gedurende die betrokkejaar van aanslag; of (ii) R150 000; 86 Die nuwe Maatskappyewet 71 van 2008 verwys na ´n maatskappy sonder winsoogmerk ooreenkomstig artikel 10. 76 (b) waarvan die enigste of hoofoogmerk die beoefening van een of meer openbare weldaadsaktiwiteite is, waar(i) al daardie aktiwiteite beoefen word op ´n niewinsgewende grondslag en met ´n altruïstiese of filantropiese bedoeling; (ii) geen van daardie aktiwiteite bedoel is om regstreeks of onregstreeks die ekonomiese eiebelang van enige fiduciarius of werknemer van die organisasie te bevorder nie, anders as by wyse van redelike besoldiging wat aan daardie fiduciarius of werknemer betaalbaar is; en (c) waar(i) elke sodanige aktiwiteit deur daardie organisasie beoefen word vir die voordeel van, of algemeen toeganklik is vir, die algemene publiek, ingesluit enige sektor daarvan (behalwe klein en eksklusiewe groepe).” Hierdie omskrywing vereis dus pertinent dat ´n openbare weldaadsaktiwiteit verrig moet word. ´n Openbare weldaadsaktiwiteit word gevolglik omskryf as enige aktiwiteit wat in Deel I van die Negende Bylae gelys word of enige ander aktiwiteit wat van tyd tot tyd deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal word as van ´n welwillendheidsaard te wees. Deel 1 van die Negende Bylae lys 63 aktiwiteite onder 11 verskillende kategorieë, wat insluit welsyn en humanitêr; gesondheidsorg; grond en behuising; onderwys en ontwikkeling; godsdiens, geloof en filosofie; kultuur; bewaring, omgewing- en dierewelsyn; navorsing en verbruikersregte; sport; voorsiening van fondse, bates of ander hulpbronne en algemeen. Die vyfde kategorie van godsdiens, geloof en filosofie is van spesifieke belang vir geloofsinstellings en sluit in: “(a) Die bevordering of beoefening van godsdiens wat dade van aanbidding, getuienis, onderrig en gemeenskapsdiens insluit, gebaseer op ´n geloof in ´n godheid. (b) Die bevordering en/of beoefening van ´n geloof. (c) Die bevordering van, of deelname aan, filosofiese aktiwiteite.” Dit sluit aan by die laaste twee kategorieë wat deur Salamon en Anheier voorgestaan word, naamlik die funksionele en strukturele definisie, wat verwys na die bepaalde struktuur, funksionering en eienskappe van so ´n organisasie, wat volgens hulle insluit dat dit georganiseerd moet wees (´n mate van permanensie dus, gereelde 77 vergaderings, ledetal en so meer); dit moet privaat wees (dus apart van die staat funksioneer; niewinsgewend en selfbesturend wees en dus bevoeg wees om beheer uit te oefen oor die interne aangeleenthede en prosedures). Dit moet vrywillig wees (wat behels dat daar ´n mate van vrywilligheid teenwoordig moet wees in hetsy die funksionering of bestuur van die organisasie). Dit is egter die element van “vrywilligheid” van hierdie organisasies wat veroorsaak dat die reg op vryheid van assosiasie dikwels nie ernstig opgeneem word nie. Hierdie siening word gesteun deur Woolman87 wat aanvoer dat die Konstitusionele Hof nog geensins die reg op vryheid van assosiasie ernstig opneem of selfs ´n saak suiwer op hierdie gronde beslis het nie. Hy voer aan dat: “In 15 years, the Constitutional Court has never decided a case solely, or even largely, in terms of freedom of association. And that says quite a lot about where, in our hierarchy of rights, freedom of association is located.” Bovermelde eienskappe sluit aan by die funksionele benadering wat voorgestaan word waarvolgens geloofsinstellings aan die hand van sekere eienskappe en kenmerke beoordeel word. Hierdie eienskappe en kenmerke van ´n bepaalde geloofsinstelling in ´n bepaalde geval sal bepaal of ´n geloofsinstelling wel kwalifiseer as geloofsinstelling, al dan nie, vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid. Aangesien daar egter ´n wye verskeidenheid organisasies is wat hierdie eienskappe vertoon, is ´n meer spesifieke klassifikasie nodig. Daarvolgens kan ´n klassifikasiesisteem handig te pas kom, soos reeds gesien is in die konteks van die Inkomstebelastingwet en die omskrywing van ´n openbare weldaadsaktiwiteit vir die doeleindes van vrystelling van inkomstebelasting. 4.5.3 Klassifikasie van geloofsinstellings ´n Verskeidenheid van sisteme bestaan, insluitende die “International Standard Classification” (ISIC),88 “General Industrial Classification of Economic Activities” (NACE)89 en ´n baie volledige sisteem naamlik die “National Taxonomy of Exempt 87 S Woolman “On the Fragility of Associational Life. A Constitutional Liberal’s Response to Patrick Lenta” (2009) 25 SAJHR 296. 88 Opmerklik is dat onder die ISIC-sisteem, godsdienstige organisasies so in die verbygaan geklassifiseer word onder die hoof van “other community social and personal service activities” en dan spesifiek as “other membership organisations (including religious, political)”. 89 In terme van die NACE word godsdienstige organisasies saam met maatskaplike dienste, vakbonde, toerisme en professionele organisasies geklassifiseer as “other services to the public”. 78 Entities” (NTEE)90 (wat ons in die VSA aantref). Die “International Classification of Nonprofit Organisastions” (ICNPO) bied ´n goeie voorbeeld van ´n sisteem wat nie so kompleks is soos die NTEE nie, maar ook nie so beperk soos die ISIC en die NACE nie en wat voorsiening maak vir die klassifikasie van afsonderlike “eenhede” of “bedrywe” eerder as organisasies in die algemeen. Die uitgangspunt is dat organisasies in die algemeen dikwels uit verskillende eenhede of bedrywe bestaan wat almal afsonderlike funksies verrig. Hierdie sisteem sal dan spesifiek ook voorsiening maak vir die afsonderlike afdelings of eenhede. Ingevolge hierdie sisteem, word twaalf breë groepe organisasies geïdentifiseer wat op hulle beurt weer uit subkategorieë bestaan. Dis vergelykbaar met dieselfde sisteem wat aangetref word vir doeleindes van klassifikasie van organisasies as openbare weldaadsorganisasies vir doeleindes van belastingvrystelling kragtens die Inkomstebelastingwet 58 van 1962. TABEL 1 Die “International Classification of Nonprofit Organization (ICNPO)” opsommingstabel: GROEP 1: Kultuur en ontspanning GROEP 2: Onderwys en navorsing GROEP 3: Gesondheidsorg 1 100 Kultuur en kuns 2 100 Primêre en sekondêre onderwys 3 100 Hospitale en rehabilitasie 1 200 Ontspanning 2 200 Hoër onderwys 3 200 Verpleeginrigtings 1 300 Diensorganisasies 2 300 Ander onderwys 3 300 Geestesgesondheid en krisisbeheer GROEP 4: Gemeenskapsdienste 2 400 Navorsing Groep 5: Omgewing 3 400 Ander gesondheidsdienste GROEP 6: Ontwikkeling en behuising 4 100 Gemeenskapsdienste 5 100 Omgewing 6 100 Ekonomiese, sosiale en gemeenskapsontwikkeling 4 200 Nood en vlugtelinge 5 200 Diere 6 200 Behuising 4 300 Inkomste-ondersteuning en onderhoud 6 300 Indiensneming en opleiding GROEP 7: Reg, advokatuur en politiek GROEP 8: Liefdadigheids- en vrywillige bystand 7 100 Burgerlike organisasies GROEP 9: Internasionale aktiwiteite 9 100 Internasionale aktiwiteite 8 100 Liefdadigheidsbemiddelaars 7 200 Regsdienste 7 300 Politieke organisasies GROEP 10: Godsdiens 10 100 Godsdienstige gemeentes en organisasies GROEP 11: Besigheids- en professionele verenigings, vakbonde GROEP 12: Nêrens anders geklassifiseer nie 11 100 Besigheids- en professionele verenigings, vakbonde 12 100 Nêrens anders geklassifiseer nie 90 In terme van die NTEE, wat seker een van die volledigste en mees uitgebreide sisteme is wat meer as 25 kategorieë bevat en meer as 100 subkategorieë is daar maar ´n enkele verwysing na “religion-related” entities. 79 Groep 10 fokus op “Godsdiens” en sluit spesifiek die volgende in: “[...] organisations promoting religious beliefs and administering religious services and rituals; includes churches, mosques, synagogues, temples, shrines, seminaries, monasteries and similar religious institutions, in addition to related associations and auxiliaries of such organisations.”91 Hierdie sisteem onderskei dus pertinent kerke en ander godsdienstige gemeentes van alle ander organisasies. Groep 10 maak dan ook verder onderskeid tussen gemeentes aan die een kant en gemeentelike organisasies aan die ander kant: “Congregations: churches, synagogues, temples, mosques, shrines, monasteries, seminaries and similar organisations promoting religious beliefs and administering religious services and rituals. Associations of congregations: associations and auxiliaries of religious congregations and organisations supporting and promoting religious beliefs, services and rituals.”92 Soos reeds gesien, bestaan daar heelwat verwarring betreffende die definisie van ´n “godsdienstige” organisasie of ´n “faith-based organisation”. Godsdienstige organisasies of geloofsinstellings is ´n breë konsep wat gemeentes aan die een kant insluit, maar ook meer algemene godsdienstige diensorganisasies as “faith-based organisations”. Jeavons93 voer aan dat dit verkeerd sou wees om gemeentes te klassifiseer as “faith-based organisations”, aangesien ´n pastoor, rabbi, imam of dominee homself kwalik sal beskou as die leier van ´n “faith-based organisation”, maar eerder as die leier van ´n kerk, tempel, sinagoge of moskee. Hierdie organisasies se primêre oogmerk of funksie is aanbidding, waarvan die aard “sacerdotal” – priesterlik is. Wanneer geloofsgemeenskappe en wedersydse diensgemeenskappe egter saamgevoeg word, ontstaan ´n baie belangrike maatskaplike element van dienslewering. Gemeentes is betrokke by ´n wye verskeidenheid van diensaktiwiteite, beide vir lede van die gemeente self, maar ook vir lede van die gemeenskap. Dit maak egter nie noodwendig van so ´n gemeente ´n “diensorganisasie” nie, maar is dikwels bloot ´n uitdrukking van ´n bepaalde geloof of godsdiens. 91 L Salamon en K Anheier “In Search of the Non-profit Sector. II: The Problem of Classification” (1992) 3(3) Voluntas 297. Salamon en Anheier Voluntas 3(3) 297. 93 TH Jeavons “The Vitality and Independence of Religious Organizations” 2003 Society 27. 92 80 Gemeentes word verder omskryf as “the basic units of organized religious life in almost every spiritual tradition visible [...]”.94 In ´n onlangse studie in Amerika is bevind dat gemeentes ongeveer 75% van hulle uitgawes aanwend vir godsdienstige aktiwiteite (aanbidding, opleiding) en dat die gewone lidmaat ongeveer 45% van sy tyd spandeer aan sogenaamde diensaktiwiteite (sopkombuise, basaars en ander fondsinsamelingsprojekte, om maar enkeles te noem) en dat hierdie data as’t ware teenstrydig is met die algemene opvatting dat gemeentes meer “member service” as “public benefit” georiënteerd is.95 Dieselfde waarneming sou waarskynlik in SuidAfrika geld, met gemeentes se betrokkenheid by verskeie fondsinsamelingsprojekte. Gemeentes is dus hoofsaaklik self verantwoordelik om fondse in te samel, hetsy deur fondsinsamelingsprojekte of deur bydraes aan die gemeente en word gevolglik beskryf as “among the most important of nonprofit, public benefit organizations”.96 Dit is dus juis die mate van “finansiële onafhanklikheid” wat gemeentes suksesvol maak, nie net in die veld van dienslewering nie, maar ook ten aansien van die behoud van die bepaalde gemeente se geloofsidentiteit. Waar ´n organisasie egter afhanklik word van staats- of eksterne befondsing vir oorlewing, het dit dikwels ´n “verpligte” skuif in die organisasie se doelstellings en aard tot gevolg. Gevolglik word “faith-based organisations” in ´n ander kategorie geplaas as gemeentes omdat hierdie organisasies dikwels afhanklik is van eksterne fondse vir oorlewing. Dit beteken egter nie dat gemeentes nie betrokke is by hierdie vorm van dienslewering nie, soos tereg opgemerk word: “[...] congregations are amongst the most independent of all the organizations in the independent sector. They are also very active in serving public needs in many ways, in addition to meeting the spiritual and practical needs of their members.”97 Die vraag wat gevolglik gevra kan word, is: Wat word bedoel met ´n “faith-based organisation”? ´n “Faith-based organisastion” of ´n organisasie met ´n geestelike grondslag is grootliks ´n niewinsgewende organisasie wat by een of ander vorm van dienslewering betrokke is, wat wissel van onderwys, welsyn, bejaardesorg, gesondheidsorg tot evangelisasie. Dit word beskryf as aktiwiteite wat “in medieval times [...] would have come primarily within the jurisdiction of the church rather than 94 Jeavons 2003 Society 28. Jeavons 2003 Society 30. Jeavons 2003 Society 31. 97 Jeavons 2003 Society 36. 95 96 81 the state”.98 Die beskrywing en klassifikasie van hierdie organisasies is egter nie so eenvoudig nie. Talle van hierdie organisasies het ´n godsdienstige oogmerk om byvoorbeeld godsdienstige onderrig te gee of om evangelisasiewerk te doen. Ander word weer befonds deur kerke en gemeentes om ouetehuise of welsynsorganisasies te bedryf en sommige het geen spesifieke godsdienstige oogmerk nie, terwyl godsdienstige waardes steeds ´n belangrike rol speel. Organisasies op ´n geestelike grondslag, veral op die terrein van maatskaplike dienste, is byna geheel en al van staatsbefondsing afhanklik en vertoon hierdie organisasies dikwels ´n baie laer vlak van “oorlewing” as gemeentes en kan selde op private bydraes en donasies oorleef. Waar laat dit gevolglik hierdie organisasies? Hoe moet hulle dienslewering verhoog? Hoe kan hulle dit verhoog sonder verhoogde staatsbefondsing? Beteken meer staatsbefondsing noodwendig meer deursigtigheid, strenger reëls en regulasies en inmenging in die werksaamhede van hierdie organisasies? Beteken dit meer administrasie en burokrasie wat op die ou end minder effektiewe dienslewering tot gevolg het? Soos Jeavons99 tereg argumenteer: “The availability of new funds, the ways they are provided, and the demands for accountability that must come with them certainly have the potential to cause goal displacement and mission drift, a loss of independence and vitality, and an erosion of the separation of church and state for both congregations and religious service agencies as government seeks to use these organizations to pursue public policy agendas.” Hierdie noodwendige interaksie en soms oorvleueling van die publieke/private sfeer het ten aansien van geloofsinstellings ook noodwendig ´n debat oor die sekulêre/godsdienstige onderskeid tot gevolg. Met die krisis waarin die regering se openbare welsynsplig blyk te wees, word toenemende druk op godsdienstige organisasies geplaas om van hierdie funksies oor te neem. Die Hooggeregshof in Bloemfontein het onlangs beslis dat dit ongrondwetlik is vir regeringsinstansies om nie hulle grondwetlike verantwoordelikhede na te kom nie. Maatskaplike hulpverlening is in ´n benarde posisie weens finansiële probleme van staatsgesubsidieerde maatskaplike instellings. N.G. Maatskaplike Dienste in die Vrystaat tesame met NAWONGO, die land se grootste oorkoepelende liggaam vir welsynsorganisasies, het die hof genader vir ´n dringende tussentydse bevel dat die 98 99 Jeavons 2003 Society 32. Jeavons 2003 Society 35. 82 subsidies van welsynsorganisasies aangepas moet word om hulle voortbestaan te verseker. Volgens ds. Willem Botha, hoofdirekteur N.G. Maatskaplike Dienste in die Vrystaat, plaas die hof kinders onder hulle sorg en voorsien dan nie genoeg geld om hulle te versorg nie. “Die kerk en welsyn moet nou die staat subsidieer, pleks van andersom. Die regering moet sy verantwoordelikhede teenoor kinders nakom.”100 Die hof het ´n strukturele bevel toegestaan wat onder andere die volgende bepalings bevat:101 • Die huidige finansieringsbeleid is ongrondwetlik; • Die ongelyke subsidiëring van dienste deur nieregeringsorganisasies (NGOs) in vergelyking met die geld wat die Staat vir sy eie dienste bewillig, is ongrondwetlik en moet reggestel word; en • Die staat moet binne vier maande ´n nuwe finansieringsbeleid opstel om gehoor te gee aan die uitspraak van die hof.102 Wanneer geloofsinstellings so betrokke raak, loop hulle die risiko van regeringsbeheer, inmenging en sensuur en kan dit hulle eie geloofsidentiteit en doelstellings in gedrang bring. Hoe meer hulle afhanklik raak van staatsondersteuning, hoe makliker kan so ´n organisasie onder druk kom om hulle onafhanklikheid en godsdiens prys te gee. Daar moet egter in ag geneem word dat ´n kerk of geloofsinstellings wel met die staat kan saamwerk sonder om hulle geloofsidentiteit prys te gee en dat dit eintlik van hulle verwag word. In ´n grondwetlike bedeling met die waarborg van godsdiensvryheid behoort daar samewerking tussen die staat en alle godsdiensgemeenskappe te wees. Die voorwaarde bly egter steeds dat daar geen onregmatige bevoordeling deur die staat van een godsdiens sal wees nie. Geloofsinstellings kan juis in samewerking met die staat sowel die staat as die openbare lewe ten goede beïnvloed op voorwaarde dat hulle nie in die proses hulle geloofsidentiteit mag prysgee nie. Volgens Glenn103 is dit nie net regeringsbeheer nie, maar enige vorm van buiteinmenging wat die oogmerke en karakter van godsdienstige skole, hospitale en 100 “Hof toe oor Welsyn” Kerkbode 21 Mei 2010, 1. Sien National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisations and Others v MEC of Social Development, Free State and Others (1719/2010) [2010] ZAFSHC 73 (5 August 2010) par 56. 102 “Welsyn Juig oor Uitspraak” Kerkbode 20 Augustus 2010, 1. 103 C Glenn The Ambigious Embrace: Government and Faith-based Schools and Social Agendas (2000) 150, 163-165, 178, 185, 289, soos na verwys in M Minow “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Non-profit and Profit, and Secular and Religious” (2000) 80 B.U.L.Rev 1091. 101 83 organisasies kan ondermyn. Hy gaan selfs so ver as om aan te voer dat enige professionele norme wat deur onderwysers, maatskaplike werkers, verpleegsters en so meer binne hierdie organisasies ontwikkel word, die spesiale godsdienstige kwaliteite en eienskappe van die godsdienstige verskaffer in gedrang bring. Gevolglik word aangevoer dat “blurring the religious/secular line jeopardizes religious autonomy”.104 Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) voel sterk daaroor dat vrywillige verenigings (wat geloofsinstellings insluit) openbare fondse moet ontvang slegs as hulle dienste verrig aan die algemene publiek of ten minste aan ´n gedeelte van die algemene publiek. Hulle voer aan dat: “An association that admits any person who subscribes to and supports its aims and objectives can be classified as an open association and should [...] be entitled to public funding.”105 Hulle is verder van mening dat ´n organisasie soos die ATKV, waarvan lidmaatskap vir almal oop is, maar wat vereis dat lede hulle verbind tot sekere Christelike waardes, steeds in aanmerking kan kom vir direkte staatsbefondsing. Indien ´n organisasie wettige en grondwetlike oogmerke het, moet hulle kwalifiseer vir staatsbefondsing en “then the state is precluded from denying funding to that body solely because it disapproves of its policies, practices, or activities”.106 ´n Voorbeeld tref ons aan ten aansien van die Highlands House, ´n ouetehuis vir lede van die Joodse gemeenskap en waarvan toegang beperk word tot persone van die Joodse geloof. Die ouetehuis word onderhou deur bydraes van lede van die Joodse gemeenskap, inwoners en ongeveer ´n 7.5%-bydrae deur die staat. Hierdie is egter geen direkte bydrae nie, maar in die vorm van toelaes aan individue. Volgens die voorsitter van die Raad word bevestig dat die ouetehuis wel diskrimineer teen ander nie-Joodse lede van die gemeenskap, maar dat dit nie onbillike diskriminasie is nie, aangesien dit verband hou met die bevordering van die Joodse gebruike en beginsels wat bestem is vir die Joodse gemeenskap. Die Menseregtekommissie is van mening dat so ´n ouetehuis wat gestig en bestuur word deur ´n geloofsinstelling vir die uitsluitlike doel om in die godsdienstige en ander behoeftes van die gemeenskap te voorsien, en wat nie op grond van ras of ander onbillike kriteria diskrimineer nie, wel grondwetlik toelaatbaar sal wees. Die 104 Minow 2000 B.U.L.Rev 1091. Verslag van die Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations: Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission 32, beskikbaar by www.sahrc.org.za. 106 Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 32-33. 105 84 belangrikheid van sulke ouetehuise, maar ook van ander organisasies op ´n geestelike grondslag, word soos volg beskryf: “There can be no doubt that homes for the aged like Highlands Home play a useful and constructive role for members of the community that it serves. It provides them with the comfort and security of being in an environment that is supportive of them and is deeply committed to upholding and promoting their religion in all its manifestations without compromise. This provides great solace and reassurance at a time when religion and religious affiliations are particularly important in the lives of people. These homes are often set up and operated largely from funds obtained form the community that they serve. The reality is that opening a home to persons of different religious beliefs may profoundly change the character of the homes, as a variety of compromises, some pertaining to religious beliefs, may have to be made. This may diminish the fund-raising potential to such an extent that the existence of the homes may be threatened. Self-supporting institutions also reduce the fiscal burden on the state and enable funding to be diverted to needier communities.”107 Die SACC stel voor dat die volgende riglyne en kriteria in ag geneem moet word vir die toekenning van staatsbefondsing: • Of die vrywillige vereniging oogmerke en doelstellings nastreef wat direk of indirek deur die Grondwet beskerm word; • Die mate waarin die organisasie poog om die lewenskwaliteit en potensiaal van alle mense te bevorder en te ontsluit deur by te dra tot die progressiewe realisering van sosio-ekonomiese regte; • Die aard, doel en oogmerke van die organisasie en die voordeel wat dit inhou vir die gemeenskap wat dit dien en die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap; • Die mate waarin die organisasie omgaan met benadelings- en diskriminerende praktyke van die verlede; • 107 108 Mededingende prioriteite ten aansien van begrotingstoekennings.108 Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 33. Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 32. 85 4.6 GEVOLGTREKKING Godsdienspluralisme impliseer ´n verskeidenheid van interpretasies van die begrip “godsdiens” en “godsdienstige organisasie”. ´n Belangrike vraag wat in hierdie hoofstuk na vore gekom het, is hoe en wanneer ´n organisasie as “godsdienstig” aangemerk word vir doeleindes van die beskerming van die reg op godsdiensvryheid en die gevolglike nie-inmenging van die staat in die interne werksaamhede van hierdie organisasie. In soverre dit gaan oor ´n begripsomskrywing, word aan die hand gedoen dat die begrip “geloofsinstelling” gebruik word, in ooreenstemming met die terminologie in die (Konsep)Handves van Godsdiensregte en Fundamentele Vryhede vir Suid-Afrika. Die verwysing na “elke persoon” in die Handves sluit ook ´n godsdiensgemeenskap of godsdiensinstelling in en sluit dit ook enige verwysing na kerk, religieuse entiteite, instellings en geloofsgemeenskap in. Die verhouding tussen staat en kerk verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen die staat en geloofsinstellings in Suid-Afrika. Aangesien geloofsinstellings so ´n wye verskeidenheid van organisasies insluit, is die ondervermelde benadering109 dalk juis gepas, waar alle godsdienstige entiteite, geloofsgemeenskappe ingesluit, as vrywillige verenigings funksioneer en waar die term godsdienstige of kerkverband verwys na ´n: “generic term wide enough to cover the various churches, religious societies or religious congregations under whatever name they wished to describe themselves…[and also]…that each religious denomination should be respected when it says what its ethos is.”110 Vir die doeleindes van die reg op godsdiensvryheid word aan die hand gedoen dat al bovermelde instellings oor dieselfde kam geskeer moet word. Wat verder duidelik uit hierdie bespreking na vore getree het, is dat so ´n geloofsinstelling beheer word deur “´n eie interne kerklike reg” en waarom dit vir so ´n instelling belangrik is om as “godsdienstig” beskou te word ten einde ´n “uitsonderingsposisie” te beklee as geloofsinstelling of kerkgenootskap. Soos reeds gemeld, word ´n meer funksionele benadering voorgestaan eerder as ´n formalistiese of suiwer filosofiese of teologiese definisie en begripsomskrywing. Dit blyk ook uit die Nederlandse perspektief dat: 109 110 Soos voorgestaan deur Colton Churches and Other Religious Organisations 128 en soos wat dit toepassing vind in Ierland. Colton Churches and Other Religious Organisations 128. 86 “Het gemis van een zodanige omschrijving is nog nimmer in onze rechtspraak als een leemte gevoeld, terwijl iedere definitie noodzakelijk tot theologische disputen aanleiding moet geven.”111 Aan die hand van sekere eienskappe kan belangrike kenmerke van so ´n geloofsinstelling dus geformuleer word en ooreenkomstig uitwendige kenmerke gekwalifiseer word. Uiteindelik sal die regter aan die hand daarvan moet beoordeel of ´n bepaalde geloofsinstelling in ´n bepaalde geval as geloofsinstelling kwalifiseer of nie vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid. Die aard van ´n organisasie of vereniging kan wel ´n belangrike rol speel wanneer belangrike fundamentele regte met mekaar in konflik kom. Ten aansien van geloofsinstellings is die institusionele reg op godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie twee baie belangrike gemeenskapsregte wat dikwels in konflik staan met die fundamentele regte van gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie. In die volgende hoofstuk sal geloofsinstellings en die reg op vryheid van assosiasie en die verhouding met ander fundamentele regte, soos die reg op godsdiensvryheid en die reg op gelykheid, gevolglik in meer besonderhede ondersoek word. 111 Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3. 87 HOOFSTUK 5 GELOOFSINSTELLINGS EN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE 5.1 INLEIDING “Associational rights safeguard primordial religious and cultural attachments from undue state interference.”1 Uit die beslissing van die Konstitusionele Hof in beide Prince v President, Cape Law Society2 en Christian Education South Africa v Minister of Education3 blyk dit dat geloofsinstellings hulself in ´n veel slegter posisie bevind vergeleke met die hof se benadering in onder andere Taylor v Kurtstag4 en Wittman v Deutscher Schulverein.5 Woolman6 voer tereg aan dat die Konstitusionele Hof nog nie tot die besef gekom het dat daar ´n wesenlike verskil bestaan tussen “largely ascriptive associations”7 soos geloofsinstellings aan die een kant van die spektrum en vrywillige verenigings soos byvoorbeeld die krieketunie aan die ander kant nie. Dit is ´n hoogs ondraaglike situasie as daar van geloofsinstellings verwag word “to jettison a doctrine or two” om gevolglik aan breër sosiale en politieke norme te voldoen, terwyl dit beslis in ´n groter mate verwag kan word van ´n vereniging soos die krieket-unie wat op ´n baie groter skaal in die openbare sfeer funksioneer. Die hof in beide Kurtstag en Wittman gee erkenning aan geloofsinstellings “to have one’s life shaped in a manner that does not readily permit the alteration of either belief or act and that to be a member of a liberal society is to live in a state committed to not so readily dictating the ends of its citizens”.8 Dit gee geloofsinstellings egter nie ´n blanko tjek nie en die staat kan nog steeds in die funksionering van so ´n organisasie inmeng. Dit beteken bloot dat die staat op die unieke karakter van sodanige vereniging en spesifiek die hoë drempel van inmenging moet ag slaan. Die mate waarin ´n organisasie in die openbare sfeer funksioneer, tesame met die aard van die 1 S Woolman “Association” in I Currie en J de Waal Bill of Rights Handbook (2005) 421. Prince v President, Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH). 3 Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH). 4 Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). 5 Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T). 6 Woolman Bill of Rights Handbook 442. 7 Die Collins Engelse Woordeboek beskryf die term “ascriptive” veral in ´n kerkregtelike konteks as “a statement ascribing something to someone, esp praise to God”. Sien Collins English Dictionary – Complete and Unabridged © HarperCollins Publishers 1991, 1994, 1998, 2000, 2003 beskikbaar by http://www.thefreedictionary.com/ascriptive. 8 Woolman Bill of Rights Handbook 442. 2 88 organisasie, is ook belangrike elemente wat in ag geneem moet word. Die posisie van onder andere politieke partye en opvoedkundige instellings sal dus kortliks bestudeer word. Die bespreking fokus verder op die belangrikheid van die reg op vryheid van assosiasie in die algemeen en van toepassing op geloofsinstellings in die besonder. Wanneer godsdiensregte as groepregte van toepassing op geloofsinstellings ondersoek word, is dit duidelik dat ´n botsing van belange kan ontstaan tussen die fundamentele regte van gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie enersyds en gemeenskapsregte soos die reg op vryheid van godsdiens en vryheid van assosiasie, andersyds. Die voorbeeld van Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park9 sal bespreek word om die onderlinge verhouding tussen hierdie regte te ondersoek en botsing van belange krities te evalueer. 5.2 DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE – ´N OORSIG Die reg op vryheid van assosiasie is een van die mees fundamentele regte in ´n demokratiese samelewing. In Suid-Afrika word dit omskryf as ´n reg wat behels “a general capacity for citizens to join, without interference by the state, in associations in order to attain various ends”10 en dit word aangetref in ´n reeks van internasionale instrumente.11 Volgens Woolman12 lê die belangrikheid van organisasies en veral godsdienstige organisasies in die feit dat eerstens “associations, such as religious communities, are integral to self-understanding, and that there can be no self without the host of associations that give the self content”. Tweedens voer hy ook aan dat “associations, such as religious associations, enhance social cohesions, and are the indispensable settings for meaningful action”. Een van die belangrike aspekte van die reg op vryheid van assosiasie is die feit dat dit diversiteit bevorder. Lenta13 lê heelwat klem op diversiteit as aanknopingspunt en regverdiging vir die belangrike posisie wat organisasies en die reg op vryheid van assosiasie gevolglik in ´n samelewing speel. Hy omskryf dit soos volg: 9 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T). H Cheadle and D Davis South African Constitutional Law: The Bill of Rights (2002) 251. Artikel 20 van die Universele Verklaring; Artikel 22 van die ICCPR, Artikel 11 van die Europese Konvensie. 12 S Woolman “On the Fragility of Associational Life” A Constitutional Liberal’s Response to Patrick Lenta” (2009) 25 SAJHR 286. 13 Soos aangehaal deur Brennan R in Roberts v United States Jaycees 468 US 609 (1984) en na verwys in P Lenta “Taking Diversity Seriously: Religious Associations and Work-Related Discrimination” (2009) 126 SALJ 832. 10 11 89 “Associations should not always be expected to conform to public principles, including nondiscrimination, when those principles clash with the convictions of members, and the state should refrain as far as possible from interfering with the internal affairs of associations. This is what the protection of diversity requires.”14 [Eie kursivering.] Artikel 18 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op vryheid van assosiasie. Die een aspek van hierdie reg hou in dat individue as lede van bepaalde organisasies die vryheid het om te bepaal met wie hulle wil assosieer, hetsy vir sosiale, politieke of godsdienstige redes, as ´n manifestering van ´n bepaalde vryheid van taal, kultuur, geloof of godsdiens. Bogenoemde assosiasie hou dus bepaalde lidmaatskap- en toelatingsvereistes in. Woolman15 verwys hierna as “capture [which] justifies the ability of associations to control their association through selective membership policies, the manner in which they order their internal affairs and the discharge of members or users”. Dit word gesien as ´n polisiëringsfunksie oor beide die lidmaatskap sowel as die interne bestuur van die vereniging. Dit hou ook in dat ten aansien van interne aangeleenthede eie aan die organisasie (dus spesifieke geloofspraktyke en oortuigings), daar beskerming is “from capture by those who would use them for ends at a variance with the existing and rightful members of the association”.16 Andersyds hou die reg op vryheid van assosiasie ook in dat elkeen die reg het om te besluit by watter organisasie hy of sy wil aansluit. In die konteks van die horisontale toepassing van die Grondwet hou dit dus in dat daar nie op grond van die gronde soos aangetref in artikel 917 van die Grondwet gediskrimineer mag word nie. Dit sluit onder andere in godsdiens, geloof, geslag, taal, kultuur, en so meer, en hou verband met diskriminerende toelatingsvereistes van organisasies of die interne verbandsreg van die bepaalde organisasie.18 Indien ´n kultuur of godsdienstige organisasie kan 14 Lenta 2009 SALJ 832. Woolman 2009 SAJHR 287. 16 S Woolman “Freedom of Association” in Chaskalson et al. (eds) Constitutional Law of South Africa (2003) 44-16. 17 Artikel 9 bepaal soos volg: (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg. (2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is. (3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte. (4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet. (5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is. 18 G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 576-577. 15 90 aantoon dat diskriminerende praktyke of toelatingsvereistes byvoorbeeld wettiglik gemik is op die behoud en bevordering van die bepaalde gemeenskap se kulturele en godsdienstige bestaan, behoort die reg op assosiasie van die bepaalde organisasies om bepaalde toelatingsvereistes te vereis, bo ander oorwegings gestel te word. Organisasies wat nie as staatsorgane funksioneer nie, sal dus ooreenkomstig die horisontale werking van die Grondwet wel gebonde wees aan die voorskrifte van hoofstuk 2 van die Grondwet, maar in wisselende en meer beperkte mate. Die aard van die bepaalde organisasie sal bepalend wees ten aansien van die trefwydte van toepassing en beskerming van die regte soos vervat in hoofstuk 2. Vir die doeleindes van hierdie bespreking word ´n eenvoudige glyskaalkategoriseringsmodel voorgestaan. Sodanige model berus op die uitgangspunt dat die mate waarin ´n bepaalde organisasie in die openbare sfeer funksioneer, sal bepaal waar op die skaal so ´n organisasie hom bevind. ´n Organisasie wat ´n handeling van grootliks ´n openbare aard vervul, sal byvoorbeeld aan die een spektrum van die skaal val, terwyl ´n meer intieme, privaat organisasie, wat ´n funksie van ´n meer private aard vervul ter realisering van ´n bepaalde kulturele, sosiale, taal- of godsdienstige belang, weer aan die ander kant van die spektrum sal val. Soos Woolman19 tereg opmerk: “A liberal democratic state is on very shaky ground when it starts to decide on matters we tend to believe belong to some transcendal domain – even where such rules run counter to liberal democratic principles.” Gevolglik bevind organisasies in hierdie domein hul aan die een kant van die spektrum en meer openbare organisasies soos politieke partye, vakbonde en universiteite, hul aan die ander kant van die spektrum. Tussen die twee uiterstes sal verskeie organisasies aangetref word waarvan die aard van die bepaalde organisasie bepalend sal wees ten aansien van die omvang van die beskerming asook toepassing van die Grondwet en van algemene regsbeginsels. Wáár ´n betrokke organisasie hom dus op hierdie skaal bevind, sal ´n aanduiding wees van die mate van “outonomie” wat die organisasie geniet ten opsigte van die uitoefening van funksies, voldoening aan prosedurele voorskrifte en formaliteite, maar ook die drempel van inmenging deur die staat in die interne funksionering van die betrokke organisasie en die “grense” van 19 Woolman Constitutional Law of South Africa 44-18. 91 geregtelike hersiening deur die howe. Soos Regter Brennan20 tereg opmerk, sal die grootte, die oogmerke en doelstellings, beleide, toelatingsvereistes, geestesverwantskappe en ander eienskappe bepalend wees ten einde te bepaal of so ´n vrywillige vereniging aan staatskontrole onderwerp sal word en in watter mate. “It is, however clear that issues of power, participation and opportunity in a liberal democratic society may require that institutions designed to deliver such goods – trade unions, political parties, universities and so – must do so in a fair manner – a manner that is in some sense congruent with the values of a liberal democratic society.”21 Die Australiese hof in Baldwin v Everingham22 beslis in hierdie verband soos volg: “On general principles, where a voluntary association fulfils a substantial public function in our society, it may appear indefensible that questions of construction concerning its constitution should be beyond judicial resolution. It is one thing to say that a small voluntary association with limited assets, existing solely to serve the personal needs of members should be treated as beyond such supervision; it is another thing to say that a major national organisation with substantial assets, playing a central role in the determination of the affairs of the country should be so immune.” Buiten die aard van die organisasie, sal die onderlinge verhouding tussen belangrike fundamentele regte soos die reg op vryheid van assosiasie, die reg op godsdiensvryheid en die reg op gelykheid sekere beperkings en voorskrifte stel aan die funksionering van hierdie organisasies en aan die voortspruitende navolging van sekere prosedurele voorskrifte en gevolglike staatskontrole. Artikel 31(a) en (b) maak spesifiek voorsiening vir die vryheid van assosiasie van godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe. Ten aansien van geloofsinstellings, speel artikel 15 (vryheid van godsdiens), artikel 18 (vryheid van assosiasie) en artikel 31 (die reg om godsdienstige verenigings te vorm) ´n baie belangrike rol ten opsigte van die mate van inmenging vanaf owerheidsweë in die interne werksaamhede van die organisasie (lidmaatskapvereistes, aktiwiteite, ensovoorts). Inmenging deur die staat in die interne werksaamhede van organisasies kan geskied op grond van diskriminerende praktyke, 20 In Roberts v United States v Jaycees 468 US 609 (1984). Woolman Constitutional Law of South Africa 44-18. 22 Baldwin v Everingham [1993] 1 Qd R 10 17. 21 92 maar dan slegs ingevolge die beperkingsbepaling soos vervat in artikel 3623 van die Grondwet. Soos Coertzen24 tereg opmerk, maak artikel 36 van die Grondwet dit moontlik vir die staat sowel as enige instelling van die burgerlike samelewing om sekere regte, vervat in die Handves van Regte, te beperk mits dit gebeur in ooreenstemming met die vereistes van die Grondwet. Regte kan ekstern, deur algemeen geldende regsreëls beperk word. Die vereiste is egter dat die beperking slegs kan geskied deur middel van ´n algemeen geldende regsvoorskrif. Die betrokke regsvoorskrif moet gevolglik oor die eienskappe van ´n regsreël beskik en voortspruit uit ´n bron wat regmatige bevoegdhede verleen.25 Volgens Rautenbach en Malherbe26 sluit die begrip “regsreël” wetgewing, enige reël van die gemenereg, inheemse reg, voorskrifte van die Grondwet en enige ander reël wat deur die howe ontwikkel is, in. Regsreëls sal volgens hulle kwalifiseer as “law” vir doeleindes van artikel 36 “if they are accessible, comprehensible and predictable”.27 ´n Verdere vereiste is dat die regsreël “algemeen geldend” moet wees. Dit beteken dat die regsreël “must be sufficiently clear, accessible and precise that those who are affected by it can ascertain the extent of their rights and obligations”.28 Die regsreël moet ook nie op ʼn arbitrêre of willekeurige wyse toegepas word nie, en die reël moet eenvormig toegepas word ten aansien van diegene wat daaraan gebonde is. By geloofsinstellings omskryf en verleen die betrokke statuut of Kerkorde die bevoegdhede waarvolgens opgetree moet word. Die statuut of Kerkorde kan dus ooreenkomstig bogenoemde omskrywing kwalifiseer as ‘n regsreël. Indien sodanige reël eenvormig en nie arbitrêr toegepas word nie, geld sodanige reël ook eenvormig met betrekking tot die lede van die betrokke geloofsinstellings wat daaraan gebonde is en sal algemeen geldend wees ten aansien van lede van die betrokke geloofsinstelling. 23 Artikel 36 bepaal soos volg: (1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ´n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van(a) die aard van die reg; (b) die belangrikheid van die doel van die beperking; (c) die aard en omvang van die beperking; (d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) ´n minder beperkende wyse om die doel te bereik. (2) Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie. 24 P Coertzen “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” 2006 NGTT 363. 25 Sien verder I Currie en J de Waal The New Constitutional & Administrative Law Volume One Constitutional Law (2001) 340 en verder. 26 IM Rautenbach en EFJ Malherbe Constitutional Law 5th ed (2009) 345. 27 Rautenbach en Malherbe Constitutional Law 346. 28 I Currie en J de Waal The Bill of Rights Handbook 5th ed (2005) 169. 93 Met betrekking tot geloofsinstellings is Coertzen29 gevolglik van mening dat: “Instellings van die burgerlike samelewing (soos bv. kerke) kan deur die formulering van interne grondwette, statute, kerkordes, bepalinge en reglemente die beperkingsmoontlikhede wat die Grondwet bied, benut om elkeen van die bepalinge van die Handves van Regte te interpreteer of te herinterpreteer binne die konteks van die interne grondwet van die instelling. In die geval van kerke sal dit neerkom op ’n interpretasie of herinterpretasie na aanleiding van die geloofsaard van die kerk soos dit onder meer neerslag vind in die belydenis en orde van ’n kerk. So ’n herinterpretasie sal, veral waar dit op beperking van die regte van die Handves van Regte deur ’n kerk, in die lig van art 36, telkens baie goed gemotiveer moet kan word met in agneming van die geloofsaard van die kerk. Sodanige beperking sal ook moet voldoen aan die vereistes gestel in art 36 […]” Voorbeelde van moontlike beperkings ooreenkomstig artikel 36 is waar organisasies se werksaamhede of konstitusies in stryd is met die beginsel van ´n oop en vrye samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid; waar lidmaatskap geweier word op grond van diskriminerende praktyke en waar organisasies se interne verbandsreg nie voldoen aan demokratiese beginsels nie.30 Vanweë die aard van die betrokke geloofsinstelling en die werking van artikels 15, 18 en 31 behoort die owerheid slegs in uitsonderlike gevalle en met geldige redes in die werksaamhede van die betrokke geloofsinstelling in te meng. Dit geld ook vir inmenging deur die howe in die werksaamhede van hierdie geloofsinstellings en sal in die volgende hoofstuk in meer besonderhede bespreek word. Geloofsinstellings bevind hul dus in hierdie bevoorregte posisie tot die mate wat die werksaamhede of vereistes van die organisasie bona fide van ´n godsdienstige aard is. Woolman en De Waal31 meen dat: “The internal affairs of such associations are generally linked to some concrete vision of religious or community life. In a liberal society the state should have no role to play in the construction of these particular visions of the good life.” Die teendeel is egter ook waar: “The more public goods distributed by an association or the more public its function, the more likely it is to be subject to legitimate state intervention.”32 29 Coertzen 2006 NGTT 363. Pienaar 1997 THRHR 576-577. 31 S Woolman en J de Waal “Freedom of Association” in Van Wyk et al. (reds) Rights and Constitutionalism: The New South African Legal Order (1994) 384. Sien ook vir ´n meer resente bespreking Woolman Bill of Rights Handbook 423 en verder. 32 Woolman Bill of Rights Handbook 426. 30 94 Indien geloofsinstellings byvoorbeeld hoofsaaklik ´n ekonomiese of politieke doel nastreef, voer Woolman33 verder aan dat “state interference with the membership policies – and perhaps even the internal affairs – of the association may well pass constitutional muster”. Soos reeds gesien, kan die aard van ´n organisasie of vereniging wel ´n belangrike rol speel wanneer belangrike fundamentele regte met mekaar in konflik staan. Ten aansien van geloofsinstellings is die institusionele reg op godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie twee baie belangrike gemeenskapsregte wat dikwels in konflik staan met die fundamentele regte van gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie. Gevolglik sal die botsing tussen verskillende fundamentele regte in meer besonderhede bestudeer word, tesame met enkele voorbeelde ter illustrasie. 5.3 KONFLIK TUSSEN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE, DIE REG OP GODSDIENSVRYHEID EN DIE REG OP GELYKHEID Artikel 31 is gekoppel aan artikel 18, wat beide daarop gemik is om die diversiteit van kultuur, taal en godsdiens in Suid-Afrika te erken en te bevorder. Soos Sachs R tereg opmerk met betrekking tot artikel 31: “There are a number of provisions designated to protect the rights of members of communities. They underlie the constitutional value of acknowledging diversity and pluralism in our society and give a particular texture to the broadly phrased right to freedom of association contained in s 18. Taken together they affirm the right of people to be who they are without being forced to subordinate themselves to the cultural and religious norms of others, and highlight the importance of individuals being able to enjoy what is called the ‘right to be different’. In each case, space has to be found for members of the communities to depart from a general norm. These provisions collectively and separately acknowledge the rich tapestry constituted by civil society, indicating in particular that language, culture and religion constitute a strong weave in the overall pattern.”34 In ´n besprekingsdokument van die Menseregtekommissie, met verwysing na artikel 31(2), word aangevoer dat daar ´n hiërargie van regte is en word daar tot die volgende gevolgtrekking gekom: 33 34 Woolman Bill of Rights Handbook 434. Christian Education SA v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 24. 95 “According to this hierarchy, the rights to human dignity and equality are superior to others. Therefore, when these core rights collide with other rights such as the right to freedom of association, the right to dignity and equality must prevail.” 35 So ´n benadering strook nie met die bovermelde siening van Sachs R nie en is ook nie in ooreenstemming met die ontwikkeling van regspraak op hierdie gebied nie. In ´n latere verslag wat deur verskeie deskundiges op die gebied van vrywillige organisasies namens die Menseregtekommissie saamgestel is, word hierdie standpunt ook nie gesteun nie. Daar word tereg aangevoer dat ´n “more nuanced balancing of rights” vereis word. En verder dat: “[A] mere conflict between an associational right and the right to equality cannot always result, irrespective of circumstances, in the predominance of the right to equality. The consequence of this interpretation would be to emasculate associational rights and severely restrict cultural liberties.”36 Hierdie benadering is dan ook een wat deurgaans in hierdie bespreking gesteun sal word, in teenstelling met onder andere die siening van Bilchitz wat sterk ten gunste is van die “presumption of equality”-benadering wat later in die bespreking van die Johan Strydom-saak meer aandag sal geniet.37 In Nederland in verskeie van die kerkgenootskappe word die posisie van die vrou byvoorbeeld anders gesien as dié van die man. Die posisie van man en vrou is nie gelyk nie, maar gelykwaardig. Hoewel die gelykheidsbeginsel in die Nederlandse reg ook een van die mees fundamentele regte in die Nederlandse regsorde is, skep die Nederlandse Grondwet ook geen rangorde van fundamentele regte nie en sal die reg op vryheid van godsdiens opgeweeg moet word teen die gelykheidsbeginsel. Daar word selfs aangevoer dat siende die Algemene Wet Gelijke Behandeling (AWGB) nie van toepassing is binne kerkgenootskappe nie, vryheid van godsdiens voorrang sal geniet wanneer daar ´n botsing tussen die gelykheidsbeginsel en godsdiens binne ´n kerkgenootskap ontstaan. Die regte vervat in artikels 18 en 31 geld egter ook nie absoluut nie en gevolglik maak die hof in Christian Education38 dit duidelik dat, ooreenkomstig artikel 31(2), die 35 Discussion paper on Voluntary Associations prepared by SAHRC staff 7, soos aangehaal in ´n verslag van die Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations: Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission” 18, beskikbaar by www.sahrc.org.za. 36 Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 18. 37 Sien latere bespreking op p 108 en verder. 38 Christian Education SA v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 26. 96 regte in 31(1) nie uitgeoefen mag word op ´n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie en beslis soos volg: “It should be observed, further, that special care has been taken expressly to acknowledge the supremacy of the Constitution and the Bill of Rights. Section 31(2) ensures that the concept of rights of members of communities that associate on the basis of language, culture and religion, cannot be used to shield practices which offend the Bill of Rights. These explicit qualifications may be seen as serving a double purpose. The first is to prevent protected associational rights of members of communities from being used to ‘privatise’ constitutionally offensive group practices and thereby immunize them from external legislative regulation or judicial control. This will be particularly important in relation to practices previously associated with the abuse of the notion of pluralism to achieve exclusivity, privilege and domination. The second relates to oppressive features of internal relationships primarily within the communities concerned, where section 8, which regulates the horizontal application of the Bill of Rights, might be specially relevant.” Artikel 31(2) maak dit duidelik dat enige uitsluitingsvereistes, optrede of kriteria van ´n vrywillige vereniging nie summier toegelaat sal word nie, maar steeds aan die hand van die beperkingsbepaling en die proporsionaliteitstoets getoets sal word. Gevolglik is dit nie nodig dat daar van die veronderstelling uitgegaan hoef te word dat assosiatiewe regte by voorbaat ondergeskik en van minder waarde as die reg op gelykheid en menswaardigheid is nie. ´n Goeie voorbeeld tref ons aan in die saak van Taylor v Kurtstag39 waar die hof ´n belange-afweging moes maak tussen die individu se reg op vryheid van godsdiens en assosiasie en dié van die gemeenskap. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die assosiatiewe regte van die gemeenskap swaarder weeg as die persoonlike regte van die individu en dat die beperking van die individu se regte gevolglik billik en regverdigbaar was. Die hof beoordeel die omvang van die beperking op die regte van die individu volledig en weeg dit op teen die assosiatiewe regte van die organisasie. Dit behels noodwendig ´n grondwetlike beperking van die regte van die individu, wat die hof noodsaak om die aard en doel van die beperking volledig te ondersoek aan die hand van artikel 36, wat insluit: 39 • die aard van die reg en die belangrikheid van die doel van die beperking; • die aard en omvang van die beperking; Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). Vir die feite van die saak sien die latere bespreking op p 128 en verder. 97 • die verband tussen die beperking en die doel daarvan, naamlik die verband tussen die beperkende toelatingsvereistes en die oogmerke van die organisasie; en • ´n minder beperkende wyse om die doel te bereik. Waar ´n vereniging se toelatings- of uitsluitingsvereistes egter ´n skending van die reg op gelykheid ooreenkomstig artikel 9 van die Grondwet daarstel, word ´n ietwat ander toets gevolg.40 Ondersoek sal ingestel word na die rasionele verband tussen die differensiasie en ´n wettige staatsoogmerk. Indien die differensiasie op een van die gelyste gronde in artikel 9(3) gegrond is, is dit diskriminasie wat onbillik geag word. Die onbillikheid van die diskriminasie moet dan bepaal word aan die hand van die toets of dit wel billik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing ooreenkomstig artikel 36 van die Grondwet. Enkele voorbeelde sal bestudeer word om die botsing en hiërargie van fundamentele regte te illustreer en verder te ondersoek. Die posisie ten aansien van politieke partye, opvoedkundige instellings en godsdiensonderrig sal ook kortliks aandag geniet. Die voorbeeld van Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park41 sal breedvoerig bespreek word om die verhouding tussen die reg op vryheid van assosiasie (artikel 18), godsdiensvryheid (artikel 15), gemeenskaplike godsdiensbeoefening (artikel 31) en die reg op gelykheid en niediskriminasie (artikel 9) krities te ondersoek en te evalueer, veral in soverre hierdie fundamentele regte met mekaar in konflik staan. 5.4 VOORBEELDE 5.4.1 Algemeen Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is in 1930 gestig as ´n kultuurorganisasie en teen die 1980’s was lidmaatskap slegs oop vir blankes. Die ATKV bestuur vyf vakansieoorde wat oop is vir alle lede van die publiek, maar die aktiwiteite by die oorde bevorder die Afrikaanse kultuur en Christelike waardes. Slegs lede kry ´n afslag van tot 30% op verblyf, terwyl ander lede van die publiek die volle prys moet betaal. Ten opsigte van die vraag of die toelatingsvereistes van die ATKV 40 Sien Harksen v Lane NO and Others 1998 (1) SA 300 (KH) en latere beslissings soos Van Heerden v Minister of Finance 2004 (6) SA 121 (KH) wat die toets vir diskriminasie verder verfyn het. 41 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T). 98 neerkom op onbillike diskriminasie, voer dr Kok namens die ATKV aan dat die toelatingsvereistes wel neerkom op diskriminasie op godsdienstige gronde, maar dat dit ´n wettige doel nastreef deur die handhawing en bevordering van sy godsdienstige grondslag en verbintenis tot Christelike waardes. Gevolglik voer hy aan dat die toelatingsvereistes nie neerkom op onbillike diskriminasie nie. In die beslissing van die Menseregtekommissie in die ATKV/Goudini-aangeleentheid, moes die Kommissie beslis of die organisasie wat nie net ´n taalvereniging nie, maar ook ´n kultuur- en godsdiensvereniging is, lidmaatskap van die vereniging kan beperk tot aanhangers van slegs ´n bepaalde geloof (in dié geval aanhangers van die Christelike geloof). Lidmaatskap is dus geweier aan persone wat wel op taal- en kultuurgronde sou kwalifiseer, maar wat vanweë hulle geloof (in dié geval Moslemaanhangers) uitgesluit is. Die Kommissie het beslis dat die ATKV wel geregtig is om ´n bepaalde geloofsoortuiging as lidmaatskapvereiste te stel en lede op godsdienstige gronde uit te sluit.42 Die Konstitusionele Hof se benadering in Minister of Home Affairs v Fourie43 gee ´n sinvolle uiteensetting van en riglyne vir hoe die staat met geloofsinstellings moet omgaan. Die hof in Fourie opper verskeie riglyne wat fundamenteel is vir die reg op vryheid van assosiasie in die algemeen en geloofsinstellings in die besonder. Eerstens is geloofsinstellings kritiese bronne van betekenis vir die meerderheid van Suid-Afrikaners. Tweedens, geloofsinstellings skep instellings wat die materiële, etiese, intellektuele en geestelike welstand van vele Suid-Afrikaners ondersteun. Derdens speel geloofsinstellings, as deel van die burgerlike samelewing, ´n onontbeerlike rol in die bemiddeling tussen die staat en sy burgers. Vierdens, hoewel godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe geregtig is om uiting te gee aan hulle “intensely held world views”, mag dit nie geskied op ´n wyse wat onbillik diskrimineer teen ander lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap nie. Laastens, hoewel bogenoemde sieninge en praktyke dikwels ander lede van die gemeenskap sal uitsluit van lidmaatskap of deelname, sal sodanige uitsluiting nie noodwendig onbillike diskriminasie daarstel nie.44 42 Verslag van die Mensregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 5. Minister of Home Affairs v Fourie (Doctors for Life International & Others; amici curiae); Lesbian & Gay Equality Project & Others v Minister of Home Affairs 2006 (1) SA 524 (KH). 44 Woolman 2009 SAJHR 302. 43 99 5.4.2 Politieke organisasies Artikel 18 (vryheid van assosiasie) saamgelees met artikel 19(1)45 (politieke regte) maak voorsiening vir die vrye bedryf van politieke aktiwiteite deur politieke organisasies en die staat mag ook slegs in die interne aktiwiteite, bedrywighede en lidmaatskapvereistes van die organisasies inmeng ingevolge artikel 36(1) sover dit redelik en regverdigbaar is. Weens die onontbeerlike funksie wat politieke organisasies dikwels in die behoud en bevordering van ´n demokratiese regering speel, word inmenging deur die owerheid veral ten aansien van die lidmaatskapvereistes en interne verbandsreg van die bepaalde organisasies egter met groot omsigtigheid benader. In vergelyking met kleiner sosiale en meer private organisasies is die funksies van politieke organisasies dikwels meer van ´n openbare aard wat staatsinmenging tot ´n groter mate kan regverdig.46 ´n Vorm van inmenging deur die staat in die interne aangeleenthede van veral politieke organisasies poog om van sulke organisasies te verwag om hulle interne sake op ´n demokratiese wyse te struktureer. Die vraag wat gevolglik na vore kom is: Tot welke mate regverdig die staat se belang in die integriteit van ´n demokratiese samelewing die skending van ´n politieke organisasie se reg tot vryheid van assosiasie en die bedryf van politieke aktiwiteite? As van die veronderstelling uitgegaan word dat politieke organisasies, soos baie ander vrywillige organisasies, hoofsaaklik van ´n private aard is, sal dit inmenging moeilik regverdig. As egter van die standpunt uitgegaan word dat politieke organisasies ´n belangrike funksie vervul in die funksionering van ´n verteenwoordigende demokrasie, kan aangevoer word dat die party se strukture ook demokraties moet wees en sal enige afwyking van demokratiese beginsels in die organisasie se interne struktuur en aangeleenthede self geregverdig moet word.47 Ten opsigte van politieke partye berig die Courier Mail in 2000 soos volg: 45 (1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg om(a) ´n politieke party te stig; (b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, ´n politieke party; en (c) hulle vir ´n politieke party of saak te beywer. 46 Pienaar 1997 THRHR 585. 47 Woolman Constitutional Law of South Africa 44-40. 100 “The public has real interest in the way political parties are organised and function because taxes [...] are handed over to political parties to subsidise their electoral operations [...] They have been receiving public funding for more than a quarter of a century.”48 ´n Interessante voorbeeld tref ons aan ten aansien van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP) in Nederland. In 2005 beslis die Regbank in Den Haag dat die Nederlandse Staat glad nie meer partyfinansiering aan die SGP mag gee nie, aangesien die party op grond van godsdienstige oorwegings vroue van volwaardige lidmaatskap van die party uitgesluit het. Die SGP is in 1918 gestig en is een van die oudste bestaande politieke partye in Nederland met die volgende oogmerke: “De overheid is als dienaresse Gods in haar ambt onvoorwaardelijk onderworpen aan Gods Woord en Wet, waarnaar zij geoordeeld zal worden. Bij de uitoefening van haar ambt dient zij zorg te dragen voor de inrichting van de samenleving overeenkomstig de in Gods Woord geopenbaarde normen en voor de naleving van de normen.”49 Ooreenkomstig artikel 7 van die SGP word “Gods Woord” uitgelê en verstaan as siende die “man en vrouw kragtens de scheppingsorde een eigen specifieke, van elkaar te onderscheiden roeping en plaats hebben ontvangen. In deze orde is de man hoofd van de vrouw”.50 Hierdie siening berus dus op die basis van ´n streng ortodokse uitleg van die Bybel dat die man en vrou verskillende verantwoordelikhede het. Gevolglik word die bestuurbevoegdhede aan mans toegeken en het vroue geen seggenskap in politieke aangeleenthede nie en kan dus geen volwaardige lid van die SGP word nie, maar slegs ´n buitengewone lid.51 Verskeie organisasies, onder andere die Clara Wichman Instituut, ´n sentrum vir vroue en die reg, het ´n aansoek by die hof ingedien: Eerstens teen die SGB omdat hulle in stryd handel met die niediskriminasie beginsel en politieke deelnemingsregte soos gewaarborg in nasionale en internasionale reg, en tweedens teen die staat omdat hulle die SGB subsidieer. Ooreenkomstig artikel 7(a) en (c) van die “Vrouwenverdrag”52 moet die staat “alle passende maatregelen” neem om die diskriminasie van vroue in die politiek en 48 “Rules for Party Organisations” Brisbane 19 August 2000 Courier Mail. Staatkundig Gereformeerde Partij, Program van Beginselen, artikel 3, beskikbaar by www.sgp.nl. 50 Staatkundig Gereformeerde Partij, Program van Beginselen, artikel 7, beskikbaar by www.sgp.nl. 51 M Busstra en J Vrielink “Geen Vrouwen, Geen Geld” 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 7. 52 Nederland is ´n party tot die “Convention on the Elimination of All Forms of Discrimination against Women (CEDAW)” aangeneem in 1979 deur die VN Algemene Vergadering. Artikel 7 bepaal onderskeidelik soos volg: States Parties shall take all appropriate measures to eliminate discrimination against women in the political and public life of the country and, in particular, shall ensure to women, on equal terms with men, the right: (a) To vote in all elections and public referenda and to be eligible for election to all publicly elected bodies; 49 101 openbare lewe te beperk en moet dit verseker dat vroue dieselfde as mans behandel word met betrekking tot die uitbring van stemme; dus deur verkiesbaar te wees en te kan deelneem aan nieregeringsorganisasies op die gebied van die openbare en politieke terrein.53 Die hof beslis gevolglik dat die staat onregmatig en in stryd met bovermelde artikels van die Verdrag gehandel het deur subsidies aan die SGB te gee terwyl “vrouwen niet op gelijke voet met mannen lid kunnen worden van die partij”. 54 Die SGP as party word dus nie verbied nie, maar sal finansieel benadeel word ten aansien van die nietoekenning van subsidies indien die diskriminerende praktyke voortgesit word. Hierdie beslissing beklemtoon weer eens die spanning tussen veral die reg op gelykheid en niediskriminasie en ander fundamentele regte. Die beslissing word dan ook gekritiseer deur Busstra en Vrielink,55 wat aanvoer dat ´n botsing van fundamentele regte nie in abstracto beslis kan word waar een fundamentele reg swaarder weeg as ´n ander nie, maar dat dit moet geskied in concreto – in die lig van al die betrokke belange. Hulle bevestig die bovermelde siening dat vryhede soos die reg op vryheid van godsdiens of vryheid van assosiasie nooit a priori voorrang geniet bo die gelykheidsbeginsel nie, maar dat die gelykheidsbeginsel ook geen voorrang geniet bo hierdie vryhede nie. As dit wel sou gebeur, sou dit kritici van gelykheidswetgewing gelyk gee deur te bepaal dat “een discriminatieverbod voor burgers een totalitaire aanslag op de democratie” sal wees en dat dit sal neerkom op “de afschaffing van de persoonlijke vrijheid”.56 Die hof vermy enige afweging van belange en voer as’t ware implisiet ´n hiërargie of voorrang van fundamentele regte in. Barkhuyzen57 verwys na verskeie internasionale dokumente waaruit dit sou blyk dat met betrekking tot politieke organisasies en ander organisasies wat deelneem aan die openbare lewe, die diskriminasieverbod voorrang sou geniet en dat organisasies nie in stryd daarmee kan handel nie, ook nie in die geval van ´n beroep op die reg op godsdiensvryheid of vryheid van assosiasie nie.58 Die CP’86 (De Centrumpartij) is ´n voorbeeld van ´n party in Nederland wat deur die (b) To participate in the formulation of government policy and the implementation thereof and to hold public office and perform all public functions at all levels of government; (c) To participate in non-governmental organizations and associations concerned with the public and political life of the country. 53 Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 8-9. 54 Saak LJN: BK4547, Hoge Raad , 08/01354, Par 1.13, beskikbaar by http://zoeken.rechtspraak.nl 55 Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 10. 56 Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 10. 57 T Barkhuyzen “Politieke Participatie van Discriminerende Partijen: Ondersteunen, Gedogen of Bestrijden?” (2004) 29 Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 887. 58 Sien UN Doc.E/CN.6/591, par 84.8; UN Doc. A/C.3/32/wg.1/crp.7/Add.6; Barkhuyzen 2004 Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 887. 102 hof verbied is, aangesien dit uit die statute, partybeleid en optrede duidelik was dat dit in stryd was met die openbare orde deurdat dit diskriminasie op grond van ras of ander afkoms bevorder het.59 Ons sien dus duidelik dat met betrekking tot politieke partye, die diskriminasieverbod baie ernstig opgeneem word, anders as byvoorbeeld ten aansien van geloofsinstellings of organisasies op ´n geestelike grondslag. So is die Algemene Wet Gelijke Behandeling (AWGB) weens die werking van die reg op godsdiensvryheid nie binne hierdie organisasies van toepassing nie. Artikel 3 van die AWGB bepaal dat: “Deze wet is niet van toepssing op: a. Rechtsverhoudingen binnen kerkgenootschappen alsmede hun zelfstandige onderdelen en lichamen waarin zij zijn verenigd, alsmede binne andere genootschappen op geestelijke grondslag. b. Het geestelike ambt.” Die wetgewer gee dus in hierdie organisasies en ten opsigte van die geestelike ampte groot ruimte aan godsdiensvryheid. So beslis die hof dan ook dat die uitsluit van vroue uit die “priesterambt” nie deur die AWGB gedek word nie en die gevolglike onderskeid nie ontoelaatbaar is nie.60 Hier gaan dit egter oor ´n uitsluitlik interne kerklike aangeleentheid en “de rechter [zal] niet snel zeggen dat deze in strijd is met de gelijkheid van man en vrouw, vanwege de scheiding tussen kerk en staat en de godsdiensvryheid die prevaleert in de interne werking”.61 Die Regbank ‘s-Gravenhage maak dit egter duidelik dat die staat moet ingryp wanneer ´n organisasie of instelling hom op openbare terrein begewe en mans en vroue ongelyk behandel word. Die SGP is´n politieke party wat in die openbare sfeer beweeg en die gelykheidsbeginsel moet steeds afgeweeg word teen ander fundamentele regte, soos die reg op vryheid van godsdiens en die reg op vryheid van assosiasie. Die staat kan dus wel beperkings stel ooreenkomstig artikel 9(2) van die Europese Konvensie. Die hof in die SGP-saak het dus wel die reg tot vryheid van godsdiens beperk deur die party se subsidie in te trek. In die openbare sfeer blyk dit dat die gelykheidsbeginsel dus voorrang geniet bo ander fundamentele regte. 59 Sien die hof se beslissing in Rechtbank Amsterdam 18 November 1998, NJ 1999, 377; Barkhuyzen 2004 Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 884. FT Oldenhuis et al. Schurende Relaties tussen Recht en Religie (2007) 44. 61 Oldenhuis Schurende Relaties 59. 60 103 5.4.3 Opvoedkundige instellings en godsdiensonderrig Artikel 29(3) van die Grondwet bepaal uitdruklik soos volg: (3) Elkeen het die reg om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te bring en in stand te hou wat (a) nie op grond van ras diskrimineer nie; (b) by die staat geregistreer is; en (c) standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare openbare onderwysinstellings nie. (4) Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie. Du Plessis62 verwys onder andere na die bewoording van die tussentydse Grondwet wat uitdruklik bepaal het dat ´n gemeenskaplike kultuur, taal of godsdiens as ´n legitieme bestaansgrond kon dien vir die daarstelling van ´n onafhanklike onderwysinstelling en behoort onder die nuwe bewoording tuisgebring te kan word. Die Handves van Godsdiensregte bevat ook spesifiek in artikel 8 ´n verwysing na die reg van elke persoon om op ´n vrywillige grondslag godsdienstige onderwys, opleiding en onderrig te ontvang en te verskaf. Die staat mag sodanige onderwys, opleiding en onderrig subsidieer. Elke persoon sluit ook ´n godsdiensinstelling, groep of organisasie in. ´n Verdere belangrike komponent van artikel 15 van die Grondwet, veral vir skole, is artikel 15(2) wat voorsiening maak vir godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings. Artikel 15(2) stel egter drie vereistes vir godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings, naamlik: dat reëls wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is, nagekom word; dat dit op billike grondslag geskied; en dat bywoning daarvan vry en vrywillig is.63 Staats- of staatsondersteunde instellings sluit ook skole in. Daar is egter ´n verskil tussen godsdiensbeoefening ooreenkomstig artikel 15(2) en godsdiensonderrig. Volgens Malherbe64 het godsdiensbeoefening niks te make met die betrokke skoolkurrikulum 62 LM du Plessis “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” (2002) 43 NGTT 221. Sien verder R Malherbe “Constitutionality of Government Policy Relating to the Conduct of Religious Observances in Public Schools” 2002 TSAR 401. 64 Malherbe 2002 TSAR 404. 63 104 nie. Godsdiensonderrig kan egter deel vorm van die amptelike kurrikulum wat deur die onderwysowerhede bepaal kan word. Enige regeringsbeleid moet egter voldoen aan dieselfde vereistes en beperkings van die reg op godsdiensvryheid. Artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 herhaal en bevestig die inhoud van artikel 15(2) van die Grondwet en bepaal soos volg: “7. Vryheid van gewete en godsdiens in openbare skole. Behoudens die Grondwet en enige toepaslike provinsiale wet kan godsdiensbeoefening by ´n openbare skool gehou word ingevolge reëls wat deur die beheerliggaam uitgevaardig is, indien sodanige beoefening op ´n billike wyse geskied en bywoning daarvan deur leerders en personeellede vry en vrywillig is.” Dit is interessant dat daar in Duitsland konfessionele godsdiensonderrig in openbare skole plaasvind en heelwat godsdiensgroepe so geakkommodeer word in ooreenstemming met die reëls van die betrokke godsdiensgemeenskap en in noue samewerking met hulle. Artikel 7(3) van die Duitse Grondwet (GG-Grundgesetz) bepaal onder andere dat godsdiensonderrig deel vorm van die gewone kurrikulum in staats- en stedelike skole, maar uitgesluit is in sekulêre skole. Sonder om afbreuk te doen aan die staat se reg tot toesig, kan godsdiensonderrig gegee word in ooreenstemming met die leerstellinge van die godsdienstige gemeenskap. Geen onderwyser mag egter verplig word om teen sy wil sodanige godsdiensonderrig te gee nie. Dit sluit dus in Katolieke godsdiensonderrig aan Katolieke, Protestantse godsdiensonderrig aan Protestante, Joodse godsdiensonderrig aan Jode, en so meer.65 Beslissings deur die howe dui daarop dat geloofsinstellings en godsdienstige skole die reg het om lede te skors wat hul verbind het tot die navolging van die bepaalde reëls en regulasies van die betrokke beheerliggaam en dan weier on die betrokke reëls te volg.66 Die hof beslis in Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria67 dat die reg op die behoud van private opvoedkundige instellings gebaseer op taal, kultuur en godsdiens is om “non-speakers, non-participants and non-believers” uit te sluit.68 Die hof bevestig verder in Wittman dat die beheerliggaam die reg het om ´n leerling te 65 G Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or Belief in Germany” (2005) 19 Emory Int’L Rev 856. 66 Sien verder in hierdie verband Malherbe (2002) TSAR 391 en verder. 67 Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T). 68 Woolman Bill of Rights Handbook 434. 105 skors wat bewus was van die feit dat sy verplig was om beide taal- en godsdienstige klasse by te woon en gevolglik geweier het om die betrokke klasse by te woon: “Does this mean that private parochial schools which do not receive State aid may not prescribe obligatory attendance at their morning prayers and confessional religious instruction classes? The answer is negative. Section 17 of the interim Constitution and s 18 of the Constitution recognise the freedom of association. Section 14(1) and s 15(1) respectively recognise the freedom of religion which includes the right to join others in worship, propagation of the faith, etc. Freedom of association entails the right with others to exclude non-conformists. It also includes the right to require those who join the association to conform with its principles and rules.”69 ´n Ander interessante aangeleentheid wat voor die Menseregtekommissie gedien het, was voorleggings wat gemaak is namens die “South African Board of Jewish Education” (SABJE). Alle skole onder beheer van die SABJE is onafhanklike skole, met ´n tradisie om wel nie-Joodse leerlinge en opvoeders by die skool toe te laat, op voorwaarde dat hulle wel aan die vereistes van ´n Joodse opvoeding moet voldoen, naamlik die neem van Hebreeuse taalklasse, die nakoming van godsdienstige onderrig en deelname aan en bywoning van die skool se godsdienstige aktiwiteite. Gevolglik moet ouers en leerlinge wat tot die skool toegelaat word, by die beleid van die skool hou en aan al die aktiwiteite van die skool deelneem. Woolman70 voer namens die SABJE aan dat die skool se toelatingsbeleid nie neerkom op onbillike diskriminasie nie, dat daar geen differensiasie ten aansien van ´n spesifieke grond is nie en dat die toelatingsbeleid ´n toelaatbare en billike diskrimasie is wat gegrond is op die legitieme oogmerke van die SABJE en die skole onder sy beheer. Die diskriminerende toelatingsvereistes is noodsaaklik om die oogmerke van die SABJE te bereik wat ´n Joodse opvoeding bied wat Hebreeuse taalklasse en Joodse godsdienstige onderrig insluit.71 Veral in die konteks van arbeidsverhoudinge en gepaardgaande diskriminerende praktyke, gebeur dit egter gereeld dat die howe bepaalde godsdienstige doktrines, praktyke en statute verkeerd uitlê ten einde ´n bepaalde uitslag te bewerkstellig.72 In die VSA het die howe al gereeld oor hierdie hekkie gestruikel. Een van die beslissings 69 Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T) 451 C-E. Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 7-8. 71 Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 7-8. 72 Sien veral die kritiek van R Malherbe ten aansien van die uitleg wat die howe al gevolg het in “Die Impak van die Grondwet op Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 2008 NGTT 273. 70 106 was die saak van EEOC v Fremont Christian School,73 waar die EEOC (Equal Employment Opportunity Commission) niediskriminasie, wetgewing en wetgewing rakende gelyke betaling wou afdwing op die skool. Die skool Fremont (´n konserwatiewe Christelike skool) het uit hoofde van hulle Christelike en bybelse opvatting van die man as hoof van die familie (wat dus vir die huishouding moet voorsien) slegs mediese versekering aan enkellopendes en getroude mans verskaf. Getroude vroue is dus uitgesluit van mediese versekering. Die hof verwerp die skool se beroep op godsdiensvryheid en voer aan dat die afdwinging van die bepaalde wetgewing nie ´n “significant impact” op die skool se geloofsopvatting en praktyke sal hê nie.74 Die afdwinging van die bepaalde wetgewing het egter tot gevolg dat ´n geloofsopvatting en bepaalde religieuse praktyk verbied word wat duidelik ´n godsdienstige grondslag het en die skool effektief verhoed om op grond van ´n geloofsopvatting te onderskei tussen die rol van mans en vroue. Die feit dat dit volgens die hof se siening nie ´n wesenlike inbreuk sal maak op die skool se eie geloofsopvatting nie, wys net duidelik dat die hof self besluit het wat belangrik is of wat deel vorm van ´n bepaalde geloofsinstelling se geloofsopvatting. Dit word deur Brady verwoord as “strained if not disingenuous” en dat die hof basies “secondguessed the school’s understanding of its own beliefs”.75 Hoewel ´n deeglike belange-afweging (vergelykbaar met ´n artikel 36-ondersoek) van al die belangrike elemente dalk dieselfde uitslag tot gevolg kon hê, wys dit duidelik dat die hof, wat betref sy verstandhouding en interpretasie van die institusionele reg op godsdiensvryheid, die stoel ver mis gesit het. Dis ook opmerklik in die hof se benadering ´n paar jaar later in die saak van Dole v Shenandoah Baptist Church76 waar ´n Christelike skool uit hoofde van dieselfde siening as in Fremont (van die man as hoof van die huishouding) slegs aan manlike personeel ´n aanvullende salaris betaal het. Dit was alvorens die skool salarisse van alle personeel verhoog het. In die afdwinging van sekere wetgewing beslis die hof weer eens dat dit slegs ´n minimale inbreuk sal maak op Shenandoah se geloofsopvatting en dat “[t]he pay requirements at issue do not cut to the heart of Shenandoah beliefs”.77 Hoewel die skool nie meer mans en vroue verskillend betaal nie, glo hulle steeds in die verskillende rolle van EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986). EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986) 1368-1369. 75 K Brady “Religious Organizations and Free Exercise: The Suprising Lessons of Smith” 2004 BYU L. Rev 1682. 76 Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990). 77 Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990) 1397. 73 74 107 mans en vroue in die huwelik, wat volgens hulle bybels gefundeer is. Die beslissing van die hof verhoed hulle dus om in die toekoms sodanige “godsdienstiggefundeerde” interpretasies in enige toekomstige besluite rakende enige betalings te maak. Die onvermoë van die hof om ´n beperking op godsdienstige praktyke sinvol te begryp, te interpreteer en toe te pas, is duidelik ´n gevolg van die hof se onbegrip vir godsdienstige doktrines.78 5.4.4 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park79 5.4.4.1 Inleiding en agtergrond ´n Belangrike en interessante Amerikaanse saak waarna verwys word in die beslissing van Basson R in Strydom, is die saak van Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos.80 In Amos was sekere bepalings van die Civil Rights Act81 ter sprake in terme waarvan geloofsinstellings in arbeidsverhoudinge en indiensneming mag diskrimineer op grond van godsdiens, ongeag of die werknemer ´n godsdienstige funksie verrig of nie.82 Voormalige werknemers van ´n afdeling van die Church of the Latter-Day Saints, wat geweier het of nie geskik was om lede van die betrokke kerk te word nie, is deur die kerk uit hulle poste ontslaan. Van die werknemers was nie betrokke by enige spesifieke religieuse funksies of onderrig nie, van hulle was vragmotorbestuurders en klerewerksters. Die kerk het nie gekwalifiseer vir die betrokke ‘uitsondersbepaling’ in die Civil Rights Act nie, maar het aangevoer dat die kerk van alle werknemers kan verwag om die kerk se waardes te onderskryf. Die werknemers het aangevoer dat om godsdienstige werkgewers toe te laat om van die uitsonderingsposisie gebruik te maak ten aansien van niegodsdienstige posisies, ´n inbreukmaking op die Establishment Clause is en godsdiens onregmatig bevoordeel word. Die hof bevestig hierdie uitsonderingsposisie 78 Brady 2004 BYU L. Rev 1683. Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T). 80 Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987). 81 Hoofstuk VII van die Civil Rights Act van 1964, 42 USC 2000e maak dit onregmatig vir ´n werkgewer om ´n individu in diens te neem of te ontslaan of andersins teenoor enige individu te diskrimineer ten aansien van vergoeding, indiensnemingsvoorwaardes of enige voordele gegrond op ras, kleur, godsdiens, seksuele oriëntasie of oorsprong. Dit sluit in indiensneming, ontslag, bevordering en alle optrede binne die werkplek. Artikel 702 skep ´n uitsondering en bepaal soos volg: APPLICABILITY TO FOREIGN AND RELIGIOUS EMPLOYMENT SEC. 2000e-1. [Section 702] (a) Inapplicability of subchapter to certain aliens and employees of religious entities This subchapter shall not apply to an employer with respect to the employment of aliens outside any State, or to a religious corporation, association, educational institution, or society with respect to the employment of individuals of a particular religion to perform work connected with the carrying on by such corporation, association, educational institution, or society of its activities. 82 Hierdie uitsonderingsposisie geld slegs ten aansien van godsdiens en met betrekking tot diskriminasie op grond van ras, geslag of seksuele oriëntasie nie. 79 108 ten opsigte van alle niewinsgewende aktiwiteite en bevind dat die verbod teen godsdienstige diskriminasie in die werkplek met betrekking tot sekulêre, niewinsgewende aktiwiteite van godsdienstige organisasies, nie inbreuk maak op die Establishment Clause nie. Die hof beslis dat “it is a significant burden on a religious organization to require it, on pain of substantial liability, to predict which of its activities a secular court will consider religious”.83 Die skeidingslyn tussen “godsdienstig” en “sekulêr” is ´n moeilike lyn om te trek en dit is te verstane dat godsdienstige organisasies “[would] be concerned that a judge would not understand its religious tenets and sense of mission” en die gevolglike aanspreeklikheid “might affect the way an organization carried out what it understood to be its religious mission”.84 Lenta85 is van mening dat dit egter nie beteken dat “religious associations should not be required to demonstrate to the court that the position related to the unfair discrimination is sufficiently closely connected to the doctrinal core of the church”, wat die N.G. Kerk Moreleta Park volgens die hof nie voldoende gedemonstreer het nie. Hy is van mening dat Basson R in Strydom korrek was in sy siening dat godsdienstige groepe nie toegelaat sal word om te diskrimineer in arbeidsaangeleenthede nie, “unless the job in question is sufficiently closely connected to the doctrinal core of the religion”.86 Gevolglik is hy ook van mening dat die hof se beslissing in Amos nie korrek was nie. Hierdie siening, dat dit aanvaarbaar is vir die howe “to delve (carefully) into questions of core tenets of belief – and decide which beliefs are trumps and which beliefs are not”, word egter nie gedeel deur Woolman87 nie en hy steun die siening van Brennan R in Amos dat “religious organizations have an interest in autonomy in ordering their religious affairs”.88 Brennan R handhaaf die grondwetlikheid van artikel 702 “covering all types of church employees, no matter what the job, appropriately balances the right of employees to religious liberty and the autonomy of religious organizations”.89 Hierdie teenstrydige sienings kom later nog duideliker na vore, 83 Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987) 336. Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987) 336. Lenta 2009 SALJ 843. 86 Lenta 2009 SALJ 843. 87 Woolman 2009 SAJHR 298. 88 Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987). 89 Lenta 2009 SALJ 843. 84 85 109 aangesien die dispuut in Strydom juis te make gehad het met die betekenis en interpretasie van die begrip “geestelike leier” en die betrokkenheid by en reikwydte van godsdiensonderrig. Met verwysing na verdere Amerikaanse en Kanadese regspraak, steun die hof op die volgende uittreksel van Woolman, wat belangrik is vir die daaropvolgende bespreking van die hof se beslissing in Strydom: “The second scenario relates to discrimination against employees of a seminary or Christian school. Factors militating against legal intervention might include the job description of the person suffering discrimination and the impact on religious freedom of not granting the religious institution an exemption. If, for example, the seminary or theology faculty could show that a teaching post involved substantial religious responsibilities, the seminary might be able to succeed in obtaining an exemption from anti-discrimination legislation using the analogy of the ‘church-minister’ exemption […] Furthermore, if a Christian school could show that leading an ‘exemplary Christian life’ was an important part of every teacher’s job description – ‘exemplary’, of course, being interpreted by the church in accordance with its own tenets – then it is conceivable that the church would be given some latitude to flout the legal prohibition on employment discrimination. Apart from these sorts of special circumstances, however, religious institutions like schools, seminaries or universities – would probably not be deemed exempt from anti-discrimination law [...]”90 5.4.4.2 Feitelike agtergrond Mnr. Johan Strydom was ´n musiekdosent by die N.G. Gemeente Moreletapark se Kunste-Akademie. Sy diens is in 2005 deur die gemeente beëindig, nadat dit aan die lig gekom het dat hy in ´n vaste verhouding met ´n man is. Die saak behels ´n botsing tussen verskeie belangrike fundamentele regte. Die reg op vryheid van assosiasie en vryheid van godsdiens aan die een kant en die reg op gelykheid aan die ander kant.91 Die hof moes beslis of geloofsinstellings vrygestel word van die bepalings van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 ten aansien van diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie in die werkplek. Ook ter sake was die vraag of die geloofsinstelling se reg om te diskrimineer verder strek as bloot geestelike leiers en gevolglik ook ´n musiekdosent wat nie by godsdiensonderrig betrokke was nie, insluit. 90 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 16. Sien artikel 18 (vryheid van assosiasie), artikel 15(1) (vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening) en artikel 31(1) (institusionele godsdiensvryheid). 91 110 Die hof beslis by monde van Basson R dat die gemeente se besluit om Strydom se diens as musiekdosent in 2005 te beëindig, diskriminasie daarstel, aangesien Strydom bloot ´n musiekdosent was, wat nie in die posisie van ´n “geestelike leier” was nie, dit nie in sy kontrak duidelik gemaak is dat hy betrokke was of sou wees by godsdienstige onderrig nie en die kerk gevolglik nie gevrywaar is van die bepalings van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie nie. Die kerkraad van die N.G. Gemeente Moreletapark het besluit om nie teen die beslissing van die gelykheidshof te appelleer nie. Van die redes wat die kerk aanvoer, sluit onder andere die volgende in: • Die fundamentele reg van die kerk om vry te wees en te glo wat die Bybel sê, is nie aangetas nie; • Die gemeente se oortuiging dat die beoefening van homoseksualiteit sonde is, is nie deur die hof verwerp nie; • Die gemeente se reg om vereistes vir geestelike leiers te stel, is deur die hof aanvaar; • Die gemeente het genoeg geleentheid gehad om te getuig van sy siening oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sê; en • Hulle kon verder getuig oor “die liefde vir God vir alle mense en daarom ook vir persone wat homoseksualiteit beoefen, en dat daar in Christus nuwe lewe en oorwinning oor sonde is”.92 Die gemeente verskil steeds met die hof oor die bevinding dat Strydom, wat as musiekdosent in die gemeente gewerk het, nie as geestelike leier deur die hof geag is nie. Volgens hulle omvat ´n geestelike leier veel meer as bloot predikante, ouderlinge en diakens. Die gemeente voel dat Strydom wel in ´n posisie van ´n geestelike leier was en volgens die gemeente het hy “as rolmodel vir jong studente opgetree en daarom was hy onderhewig aan die verklaarde gemeentebeleid oor geestelike leiers”.93 92 N Jackson “Ekskuus…maar Homoseksualiteit Bly Sonde” Beeld 9 September 2008 http://www.news24.com/Beeld/SuidAfrika/0,,3-975_2390915,00.html. 93 Jackson 2008 Beeld. 111 5.4.4.3 Bespreking Wat geestelike leiers betref, maak Woolman94 dit duidelik dat: “[...] although the value of equality is foundational to the new constitutional dispensation, it is unlikely that equality considerations could outweigh the enormous impact of failing to give churches an exemption in relation to their spiritual leaders. Where appointment, dismissal and employment conditions of religious leaders (such as priests, imams, rabbis, and so forth) are concerned, religious bodies are likely to be exempted from compliance with legislation prohibiting unfair discrimination.” Ten aansien van die hof se beslissing in Strydom voer De Vos95 aan dat dit vir kerke, moskees en sinagoges ´n skending van die reg op godsdiensvryheid sou wees indien daar van hulle verwag sou word “to employ a gay dominee, imam, rabbi or priest or to force the Catholic Church to ordain woman priests. The same would be true for forcing them to employ someone giving religious instruction at that institution”. Volgens hom beteken dit egter nie dat hulle onvoorwaardelik gevrywaar word van die bepalings van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie en selfs die Grondwet nie. Waar ´n kerk of geloofsinstelling dus ´n individu in ´n niegodsdienstige hoedanigheid aanstel, moet dit geskied sonder diskriminasie. Hy argumenteer verder in hierdie verband soos volg: “Where a religious group employs an individual in a non-religious capacity, for example, the Constitution demands that they do so without discriminating against anyone. A church that employs a secretary or a gardener cannot prohibit a gay man or a black woman from doing these jobs because that church happens to espouse homophobic or racist views. This is because these jobs are not directly linked to the religious nature of the institution. A person employed as a typist, a gardener (or a music teacher for that matter) does not give religious instruction and forcing a church to employ such a person in no way forces the church to espouse views or practices that its religion frowns upon or even abhor. The religious freedom of the church is therefore not affected while the rights of all citizens remain protected. This seems like a sensible compromise also adopted by the Pretoria High Court. To have held otherwise would have […] created a situation in which religious institutions are in effect above the law […] 94 Sien Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 15. P de Vos “On Freedom of Religion and the Gay Music Teacher” Constitutionally Speaking Blog 3 September 2008 http://constitutionallyspeaking.co.za/?p=655. 4 September 2008. 95 112 So this judgment manages to balance the interest of the state against the interest of religious groups in a sensible and pragmatic fashion, refusing to sanction religious tyranny […] In a country where we are building a culture of respect for diversity and difference churches can therefore not get a free pass.” Myns insiens is hierdie siening van De Vos nie in pas met die essensie van godsdiensvryheid wat godsdienstige outonomie waarborg in soverre “each religious denomination should be respected when it says what its ethos is” nie.96 Dit is nie ´n hof se taak om godsdienstige doktrines te bepaal of uit te lê nie en ook nie om inhoud te verleen aan iets essensieel godsdienstig van aard nie. Geloofsinstellings moet toegelaat word om self betekenis aan essensieel godsdienstige funksies toe te deel en gevolglik moet ´n hof terughoudend opgestel wees en respek toon wanneer ´n geloofsinstelling van mening is dat, uit ´n geloofsperspektief, ´n sekere funksie van ´n godsdienstige aard is, of soos in hierdie geval, ´n musiekdosent as geestelike leier binne die gemeente optree. In die Strydom-saak het die kerk dalk nie duidelik genoeg gesê wat hulle van al hulle werknemers verwag nie en plaas dit ´n hof in ´n baie moeilike situasie waar ´n kerk of geloofsinstellings nie van die reg gebruik maak om te sê wat hulle voorwaardes is, al dan nie. Lenta97 stem saam met De Vos ten aansien van die hof se finale beslissing in die Strydom-saak, hoewel hy aanvoer dat beide die hof en De Vos “fails to show sufficient respect for diversity”. Woolman98 is egter glad nie oortuig van die feit dat die hof in Strydom tot die regte gevolgtrekking gekom het nie en voer aan dat indien die kerk ´n goed saamgestelde argument voorgelê het gegrond op vryheid van assosiasie (artikel 18), godsdiensvryheid (artikel 15) en gemeenskaplike godsdiensbeoefening (artikel 31), die hof in alle waarskynlikheid ten gunste van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park sou beslis het. Diskriminasie in die werkplek op grond van geslag en seksuele oriëntasie gebeur wel. Lenta99 voel sterk daaroor dat antidiskriminasiewetgewing nie gebruik moet word om hierdie vorm van diskriminasie te verhoed nie, want “religious associations have a right to manage their own affairs in accordance with the beliefs of members as expressed through their churches – freedom of religion and associational autonomy demand as much”. 96 P Colton “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 128. 97 Lenta 2009 SALJ 839. 98 Woolman 2009 SAJHR 283. 99 Lenta 2009 SALJ 829. 113 Hy gebruik die voorbeeld van vrouebediening in die Katolieke Kerk. ´n Vrou wat die howe nader en daarop aandring om as priester bevestig te word, maar die Katolieke Kerk weier om haar in die bediening toe te laat, plaas haarself in ´n teenstrydige posisie. As Katoliek onderwerp sy haar aan die mag van die Pous, maar aan die ander kant vra sy die hof om die kerk se standpunt kragteloos te maak. Dit plaas die howe in ´n onbenydenswaardige posisie, omdat ´n hof in so ´n geval moet beslis ten gunste van een faksie teen ´n ander in ´n uitsluitlik interne kerkaangeleentheid “thereby altering the character of the religion concerned”.100 Gevolglik moet die howe in bogenoemde omstandighede, in ooreenstemming met die voorafgaande beslissing in Amos en die siening van onder andere Woolman, uiterste terughoudendheid aan die dag lê, ´n siening wat byvoorbeeld geensins deur Bilchitz101 gesteun word nie. Volgens hom bestaan daar byvoorbeeld in die Anglikaanse Kerk heelwat interne verskille ten aansien van homoseksualiteit en interne konflik rakende Anglikaanse godsdienstige praktyke en doktrines. Dit plaas die howe in dieselfde moeilike posisie waar een gemeente byvoorbeeld ´n homoseksuele priester ontslaan op grond van sy seksuele oriëntasie, en ´n ander gemeente hom daarvan distansieer. Dit demonstreer die moeilike posisie van die howe om nie kant te kies nie, maar ook die konflik tussen die reg op assosiasie binne verkillende groepe. Bilchitz is sterk ten gunste van die “presumption of equality” en voer aan: “Courts thus are required to decide upon whose side they should intervene. Both the presumption of equality and the harmful nature of discrimination [...] require the state to favour the group against which discrimination is being perpetrated.”102 So ´n siening gee egter nie die nodige erkenning aan die reg op godsdiensvryheid, sowel as die reg op vryheid van assosiasie, nie. Dit neem ook geensins die unieke posisie wat godsdienstige organisasies in die samelewing beklee, sowel as hulle unieke aard, in ag nie. Interessant dat in Ryland v Edros,103 waarin die hof uitsluitsel moes gee oor die geldigheid van ´n Moslemhuwelik met verwysing na onder andere die openbare beleid en boni mores van die gemeenskap, die hof twee baie belangrike waardes van die Grondwet uitlig en erken. Trengove beklemtoon hierdie belangrike en verbandhoudende waardes van die Grondwet, naamlik die beginsel van gelykheid, 100 Lenta 2009 SALJ 829. D Bilchitz “Should Religious Associations be Allowed to Discriminate?” Lesing gelewer by die SLTSA (Society of Law Teachers of South Africa) Kongres, Stellenbosch Januarie 2011, ongepubliseerde artikel 15. 102 Bilchitz 2011 SLTSA-paper 16. 103 Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH). 101 114 maar ook die beginsel van “tolerance and accommodation”.104 Farlam R stem saam met hierdie siening en gee ook erkenning aan die belangrikheid van “the values of equality and tolerance of diversity and the recognition of the plural nature of our society […]”.105 [Eie kursivering.] Hoewel Woolman106 kritiek uitspreek oor Lenta107 se siening dat die howe “should scrutinise the religious basis of claims to be permitted to discriminate on a case-bycase basis” kan dit in bogenoemde situasies dalk die beste benadering wees. Dit is egter nie ´n maklike taak nie en gevolglik moet die howe uiterste terughoudendheid in sulke aangeleenthede handhaaf en ´n baie meer akkommoderende eerder as beperkende siening ten opsigte van geloofsinstellings en voortspruitende diskriminerende praktyke handhaaf. Dit is in ooreenstemming met die benadering van terughoudendheid en marginale toetsing wat in Hoofstuk 6 voorgestaan en in meer besonderhede bespreek word. Hoewel Lenta dus ten gunste van ´n “case-by-case”benadering is, voer hy tog aan dat “courts should not simply suspend their own judgement and defer to the definition offered by religious associations of what activities and jobs are sufficiently close to their religious beliefs”.108 En verder: “Religious bodies should not be permitted to engage in work-related discrimination where the activity to be performed by the employee or contract worker or prospective employee or contract worker bears no significant relationship to the settled religious convictions of the organisation. Religious associations claiming the right to discrimination on otherwise illegal grounds should be required to show a connection between the position in respect of which they wish to discriminate and their beliefs and convictions.” 109 Myns insiens is dit egter presies wat godsdiensvryheid van die howe verwag. Soos Brennan R in Amos tereg opmerk: “[it] would be inappropriate since it would involve ongoing government entanglement in religious affairs.”110 104 Sien Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH).707H-708I. Trengove verwys na 10 belangrike beginsels en bepalings van die Grondwet as ´n manifestasie van hierdie twee belangrike waardes. 105 Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH) 708H. 106 Sien in die algemeen Woolman 2009 SAJHR 280 vn 2. 107 Lenta 2009 SALJ 859. 108 Lenta 2009 SALJ 859. 109 Lenta 2009 SALJ 859. 110 Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987). 115 Wat dikwels uit die oog verloor word, is dat geloofsinstellings nie net gewone vrywillige organisasies is nie, maar godsdienstige organisasies. Gevolglik speel nie net die reg op vryheid van assosiasie ´n rol nie, maar ook die belangrike reg op godsdiensvryheid. Lenta111 argumenteer in hierdie verband soos volg: “The right to freedom of religion incorporates the interest of churches in conducting the internal affairs, including labour relations, according to their perceived interests; that is, in keeping decision-making authority over operations within the church free of government interference. The argument that government should not regulate the way in which churches select their officers and workers is that to do so is an unacceptable encroachment on religious affairs: it is simply inappropriate for the state to insist that religious organisations carry on their internal affairs in a way that is inconsistent with settled religious convictions and practices.” Woolman112gebruik die interessante voorbeeld van die Amerikaanse howe se benadering in die saak van Boy Scouts of America v Dale,113 waar die hof teen die Boy Scouts beslis het ten aansien van hulle begeerte om homoseksuele lede van lidmaatskap uit te sluit. Die hof het die betekenis, bedoeling en aard van die vereniging in ag geneem en tot die gevolgtrekking gekom dat op dieselfde wyse as wat die oënskynlike wegdoen van “gender divide without any attendant loss of meaning and purpose”, die wegdoen van diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie dieselfde doel sal bereik om steeds die strewe na ´n uitmuntende karakter te kan bereik ooreenkomstig die doelstellings van die organisasie. Geld hierdie benadering ook met betrekking tot godsdienstige organisasies? Lidmaatskapvereistes en die interne bestuur en organisasie van veral ´n geloofsinstelling is krities ten aansien van sy bepaalde karakter en geloofsidentiteit. Dit kan rampspoedige gevolge inhou indien wetgewing ´n verandering in ´n geloofsinstelling se beleid forseer en dit gevolglik die verandering van die essensiële karakter en geloofsidentiteit van so ´n organisasie tot gevolg het. Gevolglik voer Woolman114 tereg aan dat godsdiens wel anders is as gewone verenigings: “Like it or not, religion is different. Time – sacred time – for religion is circular, not linear. Linear time – human time – is profane. Religion returns through holiday and ritual to the beginning: when God – of one stripe or another – made the world and laid down the law. 111 Lenta 2009 SALJ 833. Woolman 2009 SAJHR 292-294. Boy Scouts of America v Dale 530 US 640, 120 SCt 2446 (2000)(Dale). 114 Woolman 2009 SAJHR 294. 112 113 116 Others – non-members – may find the religious beliefs and practices of a faith perverse. But rational distinctions – or the absence of rational distinctions – is hardly the point when an organised faith is put in the position of defending God’s law – not their own. It is God’s law that provides the setting for meaningful action for the members of the Nederduitse Gereformeerde Gemeente Morelata Park. The notion that they could alter God’s law is akin to idolatry. It confuses the sacred and the profane.” Lenta115 voer aan dat die hof in Strydom die indruk skep dat die reg op gelykheid ´n meer fundamentele reg as die reg op vryheid van godsdiens en assosiasie is. Hoewel die hof erkenning gee aan die belangrikheid van die reg op godsdiensvryheid, met verwysing na die saak van Prins v President, Cape Law Society and Others,116 beslis Basson R egter dat die reg op gelykheid “is viewed as foundational to our constitutional order” en met verwysing na Minister of Education & Another v Syfrets Trust Ltd NO & Another117 dat: “As a cursory perusal of constitutional jurisprudence shows, equality is not merely a fundamental right; it is a core value of the Constitution. This is borne out by various provisions in the Constitution itself, which articulate the ideal of equality.”118 So ´n benadering en gepaardgaande siening is volgens Lenta vals en hy voer aan dat die reg op godsdiensvryheid een van die mees fundamentele regte is wat ´n persoon kan besit en dat “[...] it would not be a huge exaggeration to suggest that this freedom is the grain of sand in the oyster of politics around which the pearl of liberalism gradually form”. En dat die reg op godsdiensvryheid beskou word as die “ultimate freedom” en “not merely one of many rights, but the prototypical human right”.119 Hierdie siening word gesteun deur Benson120 wat tereg aanvoer dat “equality is not more important than freedom of religion”. Dit is ook in pas met die benadering soos voorgestaan in die bovermelde bespreking en siening van Sachs R, die verslag van die Mensregtekommissie en die posisie in Nederland. Die Christen Demokratiese Party (ACDP) en die Apostoliese Geloofsending steun ook hierdie siening en volgens die ACDP is alle regte se inperking onderhewig aan die beperking ingevolge artikel 36 115 Lenta 2009 SALJ 834-836. Prince v President, Cape Law Society and Others 2002 (2) SA 794 (KH) in Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 9. 117 Minister of Education & Another v Syfrets Trust Ltd NO & Another 2006 (4) SA 25 (KH) in Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 10. 118 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 10. 119 Lenta 2009 SALJ 836 en die siening van K Hasson “Religious Liberty and Human Dignity: A Tale of Two Declarations” (2003) 27 Harvard Journal of Law & Public Policy 88-89. 120 I Benson “The Freedom of Conscience and Religion in Canada: Challenges and Opportunities” (2007) 21 Emory International LR 148. 116 117 van die Grondwet, maar dat “the right to equality should not trump the right to religious freedom and the right to freedom of association”.121 Bilchitz122 argumenteer egter sterk vir ´n “egalitarian form of liberalism” wat erkenning gee aan individue en organisasies om hulle eie lewenswyse in te rig solank dit nie inbreuk maak op die reg van ander individue om dieselfde te doen nie. Volgens hom vereis dit “a strong presumption in favour of equality and mitigates against effectively exempting religious associations from the provisions of the Constitution and PEPUDA relating to non-discrimination”. Geen reg is egter absoluut nie en die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie stel beslis ´n uitdaging aan en ´n beperking op die reg op godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie. Soos Woolman tereg opmerk: “[it]...poses an imminent threat to associational freedom”.123 Dit geld eweneens vir geloofsinstellings, en in soverre die Wet “gelykheid” voorrang gee bo die reg op godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie, is Lenta van mening dat “this is illegitimate”.124 5.5 GEVOLGTREKKING Hierdie bespreking het duidelik die belangrikheid van die reg op vryheid van assosiasie vir geloofsinstellings beklemtoon en aangetoon dat: “With certain kinds of association the threshold for interference in determining the voice ought to be quite high. With families, religious groups and traditional communities, the first inclination of a liberal state ought to be to allow the members to work out their voice on their own.” 125 [Eie kursivering.] Vir geloofsinstellings om aanspraak te maak op die beskerming wat die Grondwet bied en nie-inmenging deur die staat in veral lidmaatskapvereistes en interne organisasie, blyk dit dat die vereiste steeds geld dat die werksaamhede ten aansien waarvan die beskerming gevra word, ten minste van ´n godsdienstige aard moet wees en nie moet inbreuk maak op ander se fundamentele regte nie. Indien diskriminasie vermoed word, moet ondersoek ingestel word of dit billik is ooreenkomstig die bepalings van die Grondwet. Die voorbeeld en bespreking van die hof se benadering 121 “Court’s Gay Ruling Upsets Christian Bodies” Mail and Guardian Online 29 Augustus 2008 http://mg.co.za/article/2008-0829-courts-gasy-ruling-upsets-chritian-bodies. 5 September 2008. 122 Bilchitz 2011 SLTSA-paper 5. 123 Woolman Constitutional Law of South Africa 44-36. 124 Sien Lenta 2009 SALJ 837 vn 44. 125 Woolman Constitutional Law of South Africa 44-20. 118 in die Strydom-saak het egter gewys dat die reg op godsdiensvryheid, veral wanneer dit in konflik staan met die reg op gelykheid en niediskriminasie, nie na waarde geag word nie. Waar laat dit geloofsinstellings, maar ook die howe ten aansien van toekomstige beslissings soortgelyk aan, Strydom? Woolman126 som dit goed op in relatief sterk woorde, maar myns insiens ‘n korrekte benadering: “So long as church rules clearly preclude openly gay and lesbian members of the church from participating in public practices in the church, neither our courts nor our state has any business using such blunt cudgels as the right to dignity to reinstate an openly lesbian organist so that she might teach in a faith-based school and be remunerated for her efforts.” Dit beteken gevolglik nie dat die howe nie steeds bereid sal wees om ondersoek in te stel na ´n bepaalde geloofsinstelling se leerstellings en of dit deel uitmaak van ´n bepaalde godsdiens nie. Die reg op godsdiensvryheid veronderstel egter dat die staat hom nie behoort te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke geloofsinstelling nie. So ´n benadering ondersteun die logika van vryheid van assosiasie met die belangrike element dat “we can never allow them to use their involuntariness as a mechanism of abuse”.127 Die beginsel van nieinmenging deur die staat in die interne organisasie van geloofsinstellings sal in die volgende hoofstuk verder ondersoek en bespreek word. 126 127 Woolman 2009 SAJHR 305. Woolman Constitutional Law of South Africa 44-20. 119 HOOFSTUK 6 6 DIE TOEPASSING VAN DIE LEERSTUK VAN “NIE-INMENGING” EN “MARGINALE TOETSING” 6.1 INLEIDING In die lig van die reg op godsdiensvryheid hou die beginsel van nie-inmenging in dat die howe, maar ook geloofsinstellings self, ´n belangrike rol speel in die afbakening van die beskermingsveld van die reg op godsdiensvryheid. Malherbe1 argumenteer soos volg in hierdie verband: “In geskille is dit howe se taak om grense in hierdie verband vas te stel en uit die regspraak blyk dat ten einde die kerklike veld van outonomie te erken, die howe óf ondersoek instel of ´n bepaalde leerstellige kwessie inherent deel is van die betrokke geloof óf dit sonder meer aanvaar.” In die saak van Christian Education2 beslis die hof egter dat: “In cases of this nature a court will in the first place consider whether the belief relied upon in fact forms part of the religious doctrine of the religion practised by the person concerned. Once it is found that the belief does form part of that doctrine, the court will not embark upon an evaluation of the acceptability, logic, consistency of the person’s claim that a conflict exists between the legislation and the belief which is indeed burdensome to the person.” Dit is dus duidelik dat die hof tog in ´n mate na die meriete van ´n bepaalde doktrine kyk, in elk geval sover as wat die hof getuienis moet oorweeg oor ´n bepaalde leerstelling en of dit inderwaarheid deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige doktrine. In die saak van Christian Education het die hof sover gegaan as om ook te bepaal in welke mate lyfstraf deel is van die applikant se bepaalde Christelike geloof. Malherbe3 voer aan dat die feit dat die hof as’t ware lyfstraf gelykgestel het aan geweld, as ´n waardeoordeel oor leerstellige kwessies beskou kan word en waarvan die howe ingevolge die leerstuk van nie-inmening hulle moet weerhou. In die lig van die feit dat die howe wel bereid is om ondersoek in te stel na ´n bepaalde geloofsinstelling se leerstellings en of dit deel uitmaak van ´n bepaalde godsdiens, rus 1 R Malherbe “Die Impak van die Grondwet op Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 2008 NGTT 273. Christian Education SA v Minister of Education of the RSA 1999 (9) BCLR 951 (SE) 958E. 3 Malherbe 2008 NGTT 273. 2 120 ´n groot verantwoordelikheid op geloofsinstellings om sekerheid te hê oor hulle eie doktrines en leerstellings en gevolglike handelinge en prosedures wat daaruit spruit. Soos die hof tereg in die Fourie-saak beslis:4 “Judges would be placed in an intolerable situation if they were called upon to construe religious texts and take side on issues which have caused deep schisms within religious bodies.” Belangrik is ook die feit dat die hof nog steeds aan die hand van die beperkingsbepaling ´n inperking van regte moet toets wanneer dit wel vasstaan dat ´n bepaalde handeling of prosedure deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige doktrine of leerstelling. Indien so ´n leerstellige doktrine, prosedure of handeling ´n inperking van regte veroorsaak, moet die hof aan die hand van die algemene beperkingsklousule bepaal of sodanige inperking wat dit veroorsaak, regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid.5 6.2 DIE OUTONOMIE VAN GELOOFSINSTELLINGS Hoewel die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof in S v Lawrence6 by monde van Chaskalson HR en O’Regan R beslis het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet geen “establishment-clause” bevat soos die Amerikaanse Grondwet nie en gevolglik nie dieselfde streng skeiding tussen staat en kerk deur die howe erken en toepas soos in die VSA nie, is die Amerikaanse regspraak en posisie ten aansien van institusionele godsdiensvryheid en beginsels van outonomie tog belangrik.7 Die Suid-Afrikaanse howe verwys ook dikwels na die Amerikaanse regspraak ten aansien van die outonomiteit van geloofsinstellings in hulle beslissings en sal die posisie in die VSA gevolglik kortliks bestudeer word. In Amerika is dit opmerklik dat heelwat van die hofbeslissings rakende godsdiensvryheid gerig is op die individuele reg op godsdiensvryheid eerder as die reg op godsdiensvryheid van geloofsinstellings, naamlik institusionele 4 Minister of Home Affairs v Fourie; Gay and Lesbian Equality Project v Minister of Home Affairs 2006 (3) BCLR 355 (KH) par 92. 5 Malherbe 2008 NGTT 274. Sien ook vroeëre bespreking op p 92 en verder. 6 S v Lawrence 1997 (10) BCLR 1348 (KH) par 100-101, 116-118. 7 R Malherbe “Enkele Kwelvrae oor die Grondwetlike Beskerming van die Reg op Godsdiensvryheid” 2006 NGTT 188. Die afwesigheid van ´n “establishment-clause” soos die Amerikaanse Grondwet en die gevolglike minder streng benadering tot die skeiding tussen staat en kerk in Suid-Afrika word bevestig in die saak van Wittman v Deutscher Schulverein 1999 (1) BCLR 92 (T). 121 godsdiensvryheid. Volgens Brady8 blyk dit dat die howe se beslissings waar geloofsinstellings betrokke is, aanleiding gee tot drie uiteenlopende benaderings. Die eerste behels ´n relatiewe breë benadering tot “church autonomy”, wat die staat verbied om enigsins betrokke te raak by die interne aangeleenthede van kerke en geloofsinstellings, ongeag of dit van ´n “godsdienstige” aard of van ´n meer administratiewe aard is. Aan die ander kant van die spektrum kry ons ´n benadering ooreenkomstig die Smith-denke van godsdiensvryheid in individuele aangeleenthede, waar die hof beslis het dat “when government action is neutral and generally applicable, religious groups are not entitled to special relief even if the regulation burdens religious practices”.9 Tussen die twee uiterstes kry ons ´n benadering waarvolgens geloofsinstellings nie soos in die eerste geval ´n breë onbeperkte reg tot outonomie het rakende alle interne aangeleenthede nie, maar geregtig is op uitsonderings van wetgewing en regulasies wat godsdienstige praktyke belas. Reeds so vroeg soos 1872, in die saak van Watson v Jones,10 bevestig die hof die reg van individue om vrywillige geloofsinstellings te stig vir die uitoefening en uitlewing van godsdienstige geloof, doktrine en praktyke wat insluit die reg om tribunale op te rig vir die hantering van konflikte en dat die hof ontsag moet hê vir beslissings deur hierdie tribunale rakende “questions of discipline, or of faith, or ecclesiastical rule, custom or law”.11 Een van die benaderings in Watson reflekteer die breë benadering tot outonomie van geloofsinstellings wat vereenselwig word met die sogenaamde “separationist view” wat ´n duidelike skeiding tussen kerk en staat voorstaan en wat behels ´n “system of government that gives individuals the right to form religious associations, no matter how unorthodox, [and] places church affairs beyond the competence of government”.12 In ´n latere beslissing van Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the Russion Orthodox Church in North America13 val die hof terug op die Watsonbeslissing en interpreteer dit opnuut as reflekterend van “a spirit of freedom for religious organizations, an independence from secular control or manipulation, in short, power to decide for themselves, free from state interference, matters of church 8 K Brady “Religious Organizations and Free Exercise: The Suprising Lessons of Smith” 2004 BYU L. Rev 1635. Brady 2004 BYU L. Rev 1635. 10 Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872). 11 Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 727. 12 Brady 2004 BYU L. Rev 1639. 13 Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the Russian Orthodox Church in North America 344 U.S 94 (1952). 9 122 government as well as those of faith and doctrine”. Dit blyk ook dat die hof steeds ´n benadering van ´n streng “rule of separation between church and state” volg.14 Daaropvolgende beslissings volg verskillende benaderings, maar dit blyk dat die howe steeds die grense van toepassing van godsdiensvryheid vir geloofsinstellings onbeslis laat. In die saak van Mclure v Salvation Army15 gebruik die hof weer eens baie algemene terme om die regte van geloofsinstellings te beskryf met verwysing na onder andere die “wall of separation between Church and State”; dat interkerklike dispute “place matters of church government and administration beyond the purview of civil authorities”. Selfs in meer algemene terme in EEOC v Catholic University of America16 bevind die hof ´n “constitutional right of a church to manage its own affairs free from government interference”17 en “affirmation of a church’s sovereignty over its own affairs”18 en “throughout these opinions there exists a spirit of freedom for religious organizations, an independence from secular control or manipulation”.19 [Eie kursivering.] Bogenoemde beslissings was egter in die konteks van indiensneming en die gevolglike outonomie van geloofsinstellings met betrekking tot die indiensneming van werknemers. Hoewel die hof dus nie die outonomie uitbrei na noodwendig alle aangeleenthede van geloofsinstellings nie, laat dit wel die moontlikheid vir ´n breë raamwerk van godsdienstige outonomie. Verskeie skrywers is ten gunste van ´n breë benadering, insluitende Brady,20 Laycock21 en ander.22 Hoewel Laycock aanvaar dat die reg tot outonomie nie ´n absolute reg is nie, is hy steeds van mening dat “churches have a constitutionally protected interest in managing their own institutions free of government interference”23 en dat hierdie reg “[even] extends to every aspect of church operations, insluitende “routine administrative matters”.24 Ek sal egter nie so ver soos 14 Brady 2004 BYU L. Rev 1641. Mclure v Salvation Army 460 F.2d 553 (5th Cir. 1972). EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996). 17 EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 460. 18 EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 463. 19 EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 462. 20 Sien Brady 2004 BYU L. Rev 1633-1714. 21 D Laycock “Towards a General Theory of the Religion Clauses: The Case of Church Labor Relations and the Right to Church Autonomy” (1981) 81 Colum. L. Rev. 1373. 22 Sien verder M McConnel “Accommodation of Religion” 1985 Sup. Ct. Rev.27-28; M McConnel “Neutrality Under the Religion Clauses (1986) 81 Nw. U.L.Rev 158-161; S Smith “Separation and the ‘Secular’: Reconstructing the Disestablishment Decision” (1986).67 Tex. L. Rev 1018. 23 Laycock 1981 Colum. L. Rev 1373. 24 Laycock 1981 Colum. L. Rev. 1398. 15 16 123 Laycock gaan wat betref outonomie ten opsigte van alle aspekte en optrede wat verband hou met die funksionering en uitoefening van gesag deur ´n geloofsinstelling nie. Sommige aspekte verdien wel beskerming, maar outonomie is nie absoluut nie. ´n Ander benadering is dié van Bagni25 wat aanvoer dat suiwer geestelike aangeleenthede wat die “core” of “heart” van die organisasie of kerk is, beskerming geniet. Hy voer verder aan dat sommige aspekte deel vorm van die “spiritual epicenter” van die kerk, soos die onderskeie diensverhoudings van kerk/predikant; toelatingsvereistes; godsdienstige onderrig; aanbidding; rituele, en so meer. Hierdie bepaalde aktiwiteite geniet beskerming en aktiwiteite wat buite hierdie sfeer val, moet proporsioneel gereguleer word aan die hand van die “degree of secularity”.26 Dit is ook in ooreenstemming met die benadering van Esbeck,27 wat aanvoer dat die staat verbied word om inbreuk te maak op geloofsinstellings se “inherent godsdienstige” terrein wat uitsluitlike godsdienstige aktiwiteite insluit wat verband hou met die bepaalde organisasie se geloofsidentiteit, naamlik aanbidding, doktrine, kerklike beleid, dissipline, lidmaatskapvereistes en persoonlike besluite rakende die aanstel van werknemers op grond van godsdienstige oortuigings.28 Lupu en Tuttle29 verwys ook daarna as die sfeer van “religious activity” en “ecclesiastical immunity”. Waar geloofsinstellings dus op ´n “godsdienstige” wyse optree, behoort hulle van staatsinmenging gevrywaar te word. Met betrekking tot aangeleenthede wat nie as suiwer godsdienstig aangemerk kan word nie (maatskaplike aktiwiteite en so meer) “special wariness should characterize the relationship”.30 Indien geloofsinstellings egter funksies verrig wat vergelykbaar met gewone vrywillige organisasies is, is Lupu en Tuttle31 ten gunste van ´n beleid van neutraliteit wat beide godsdienstige sowel as gewone vrywillige organisasies gelyk behandel. Hierdie benadering van onder andere Bagni, Esbeck en Lupu en Tuttle veronderstel ´n duidelike skeiding tussen beskermde godsdienstige aktiwiteite 25 B Bagni “Discrimination in the Name of the Lord: A Critical Evaluation of Discrimination by Religious Organizations” (1979) 79 Colum. L Rev 1514. 26 Bagni 1979 Colum. L Rev 1539-1540. 27 C Esbeck “Establishment Clause Limits on Governmental Interference with Religious Organizations” (1984) 41 Wash & Lee L. Rev. 347; C Esbeck “The Establishment Clause as a Structural Restraint on Governmental Power” (1998) 84 Iowa L. Rev 1; C Esbeck “Myths, Miscues, and Misconceptions: No-Aid Separationism and the Establishment Clause” (1999)13 Notre Dame J.L Ethics & Pub. Pol’y 285. 28 Esbeck 1998 Iowa L. Rev 10-11, 44-45, 109; Esbeck 1984 Wash & Lee L. Rev. 376, 397, 420; Esbeck 1999 Notre Dame J.L Ethics & Pub. Pol’y 308. 29 I Lupu & R Tuttle “The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” (2002) 47 Vill.L Rev 37. 30 Esbeck 1984 Wash & Lee L. Rev. 378. 31 Lupu en Tuttle 2002 Vill.L Rev 78-79, 92. 124 aan die een kant teenoor aktiwiteite van ´n niegodsdienstige aard wat geen spesiale beskerming vereis nie aan die ander kant. ´n Baie meer “beperkende” benadering geniet egter ook ondersteuning onder heelwat skrywers. Hierdie benadering gaan van die standpunt uit dat geloofsinstellings nie geregtig is op spesiale beskerming van neutrale wetgewing wanneer dit ´n beperking plaas op godsdienstige praktyke nie en dat dit sal aanleiding gee tot spesiale beskerming van geloofsinstellings, met inbegrip van sekere voordele, wat geloofsinstellings geniet bo die van sogenaamde “sekulêre” organisasies,32 ´n siening wat byvoorbeeld geensins in ooreenstemming met die akkommoderende interpretasie en toepassing van wetgewing in Duitsland is nie. 6.3 DIE POSISIE IN SUID-AFRIKA In Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Other,33 met verwysing na heelwat van die bovermelde Amerikaanse beslissings, gee Dumbutshena AR ´n goeie uiteensetting van verskeie jurisdiksionele aangeleenthede rakende die posisie van die burgerlike howe ten aansien van godsdienstige kwessies en ander aspekte van kerklike doktrines en praktyke. Met verwysing na die Amerikaanse hof se benadering in Watson v Jones34 beslis die hof soos volg: “The logic of this language leaves the civil courts no role in determining ecclesiastical questions in the process of resolving property disputes.[...] The opinion radiates [...] a spirit of freedom for religious organisations, an independence from secular control or manipulation – in short, power to decide for themselves, free from state interference, matters of church government as well as those of faith and doctrine [...] As the United States cases indicate, courts may properly determine church property disputes on neutral principles, and also interfere where decisions of ecclesiastical government are based on fraud, collusion or arbitrariness. Otherwise, only marginal inquiry into church government is permissible. In cases such as this, the decisions of the governing body of the church should be accepted on issues of practice and procedure of ecclesiastical government, as well as issues of doctrine.”35 In Mankatshu is die appellant as ´n priester in die Ou Apostoliese Kerk van Afrika aangestel op ´n niebesoldigde basis. Hy is deur die kerk tydens ´n dissiplinêre verhoor 32 Sien Brady 2004 BYU L. Rev 1670 en verder. Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA). Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872). 35 Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 461D-G. 33 34 125 uit sy pos as priester geskors en geëkskommunikeer van lidmaatskap op grond van beweerde wangedrag en nienakoming van kerklike doktrines. Hy voer aan dat hy nie die geleentheid gegun is om aangehoor te word nie. Die hof bevind dat hy aanspraak maak op ´n voordeel waarop hy as ´n niebesoldigde priester nie geregtig is nie. Die hof is van mening dat daar geen melding gemaak is van bedrog, samespanning of arbitrêre optrede aan die kant van die Algemene Sinode van die Presbiteriaanse Kerk nie, en gevolglik word die appèl afgewys. Die hof is van mening dat verskeie van die appellante se submissies van die hof sal vereis: “[...] to inquire into and decide controversial questions of doctrine (or departure from doctrine) or practice or procedure in ecclesiastical government [...] In my opinion, they [these arguments] cannot be resolved on neutral principles of law as some at least involve questions of religious doctrine, or practice and procedure of ecclesiastical government.”36 Waar laat dit gevolglik geloofsinstellings? Om hierdie vraag te beantwoord, is dit dalk wenslik om eers nadere ondersoek in te stel na die ontstaan en ontwikkeling van die “sfeer soewereiniteit” van geloofsinstellings, aangesien dit verband hou met die reg van hierdie instellings om hulleself te organiseer en om bepaalde interne gedragsreëls en prosedures neer te lê. Reeds in Hoofstuk 2 is gefokus op die eie aard van die kerkreg en dat dit juis hierdie “eie aard” van geloofsinstellings is wat vergelykbaar is met die Calvinistiese juris Johannes Althusius (1557-1638) se siening van “sfeer soewereiniteit” in terme waarvan eiesoortige entiteite deur hulle eie reg gereguleer word wat ´n belangrike rol speel in die verhouding tussen kerk en staat.37 Die begrip behels dus dat alle eiesoortige sosiale entiteite deur hulle eie reg gereguleer word en dat die bepaalde reg in alle opsigte verskil afhangende van die tipiese aard van die bepaalde sosiale entiteit.38 Die Nederlandse begrip van “souvereiniteit in eigen sfeer” dateer terug tot 1862, toe die politikus Groen van Prinsterer die begrip gebruik in die konteks van die kerk-staat-verhouding en onder andere praat van “the independence of the state over against the church in consequence of its direct submission to God,” en die “[s]tate is not subject to the church, but together with the church it is subject to 36 Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 461H-I. Sien W Bakker “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen (reds) Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht (1992) 13-19; LC van Drimmelen “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 15-21. Die term ‘kerk’ sluit ook alle godsdienstige organisasies of geloofsinstellings in en die verhouding tussen kerk en staat verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen staat en geloofsinstellings. Sien latere bespreking. 38 JD van der Vyer “Sphere Sovereignity of Religious Institutions: A Contemporary Calvinistic Theory of Church-State Relations” in G Robbers (ed) Church Autonomy (2001) 649. 37 126 God’s commandments”.39 Dit is egter Abraham Kuyper wat die begrip betekenis gee buite die kerk-staat-verhouding deur dit ook op die verhouding tussen alle sosiale entiteite van toepassing te maak en argumenteer dat: “God riep instellingen van allerlei orde in het leven, en aan elk van die schonk Hij een zekere mate van macht. Hij heeft alzoo de macht, die Hij uit te reiken hat, verdeelt. Hij gaf niet aan een enkele instelling al zijn macht, maar aan elk dier instellingen die macht, die met haar aard en roeping overeenkwam.”40 Die begrip verkry verder betekenis deur die filosofie van Herman Dooyeweerd (18941977). Dit vereis van “every social entity to focus its activities on its characteristic function, and – negatively stated – not to indulge in, or obstruct the exercise of, functions that essentially belong to social entities of a different kind”.41 Binne die konteks van godsdiensvryheid voer Van der Vyver42 aan dat “sfeersoewereiniteit” nie altyd op gelyke voet staan met die skeiding van kerk en staat nie, maar dat dit sensitief is vir, maar ook gegrond is op, die vervlegting van verskillende sosiale entiteite binne die samelewing, insluitend kerk en staat. Volgens hom verwys soewereine bevoeghede verder slegs na die interne verhouding van “structural different kinds of social entities” en gevolglik is daar nie sprake van soewereiniteit as dit gaan oor die interne verhouding binne ´n bepaalde organisasie nie en sou so ´n gedelegeerde bevoegdheid eerder aangemerk word as “outonomie”. Die “sfeersoewereiniteit” van ´n godsdienstige gemeenskap hou dus in dat die lede van die bepaalde geloof die bevoegdheid het om ´n organisasie te stig en hulself te organiseer as uiting van hulle geloof; om self te besluit oor die interne struktuur van die organisasie en om self bepaalde gedragsreëls, regulasies en prosedures neer te lê vir die uitoefening van gesag en orde binne die organisasie. So gesien, is “sfeersoewereiniteit” “a matter of existence, organization and power of social institutions”.43 39 Van der Vyver Sphere Sovereignty 650-651. Van der Vyver Sphere Sovereignty 651-652 – “God established institutions of various kinds, and to each of these He awarded a certain measure of power. He thus divided the power that He had available for distribution. He did not give all his power to one single institution but gave to every one of these institutions the power that coincided with its nature and calling.” 41 Van der Vyver Sphere Sovereignty 653. 42 Van der Vyver Sphere Sovereignty 654. 43 Van der Vyver Sphere Sovereignty 655. 40 127 In die Suid-Afrikaanse konteks is die saak van Taylor v Kurtstag44 van die uiterste belang vir die kollektiewe uitoefening van die reg op godsdiensvryheid, naamlik die institusionele reg op godsdiensvryheid van geloofsinstellings. Dit toon ook ´n belangrike verband tussen die reg op godsdiensvryheid (artikel 31) en die reg op vryheid van assosiasie (artikel 18), wat in die vorige hoofstuk omvattend bespreek is. ´n Lid van die Joodse gemeenskap is deur die Beth Din, die bevoegde Joodse kerklike gesag, geëkskommunikeer uit die Joodse geloof deur middel van ´n Cherem (bevel). Hy doen aansoek vir die tersydestelling van die Cherem, omdat dit nie net sy reg op assosiasie kragtens artikel 18 skend nie, maar ook ´n skending is van sy reg op institusionele godsdiensvryheid ingevolge artikel 31 – die reg op kollektiewe uitoefening van die reg op godsdiensvryheid. Anders as die minderheidsuitspraak van Ngocobo R in Prince45 waarin hy beslis dat “[i]t is undesirable for courts to enter into the debate whether a particular practice is central to a religion unless there is a genuine dispute as to the centrality of a practice”, bevestig die hof in Kurtstag dat die Cherem deel uitmaak van die Joodse geloof en dat, as lid van die bepaalde geloof, ´n lid gebonde daaraan is en dat “they are not coerced; assumption of the obligation is consensual”.46 Die hof moes gevolglik bepaal of daar ´n inbreuk op die lid se regte gemaak is en besluit of die Cherem tersyde gestel moes word. Hoewel die Cherem ´n ingrypende uitwerking op die bepaalde lid se posisie binne die Joodse geloof en die bepaalde gemeenskap het, bevestig die hof dat dit hier gaan oor godsdienstige doktrine en dat “the threshold for intervention is and should be high” en dat indien die hof wel sou ingryp: “[…] it would be impossible for voluntary organisations, particularly religious communities, to require conformity with particular values and to impose sanctions for their contravention. The members of the faith, exercising their own rights in terms of s 31, have the right to protect the integrity of their common bond by disciplining those who do not conform.”47 Die benadering wat voorgestaan , is dus nie ´n benadering waarin godsdienstige outonomie absoluut geld nie, maar ook nie ´n benadering wat so beperkend is dat dit aangemerk word as neutraal en daardeur geloofsinstellings te na kom nie. ´n Benadering moet gevolg word wat akkommoderend genoeg is om voorsiening te 44 Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 42. Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 35. 47 Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 58. 45 46 128 maak vir die reg van outonomie van geloofsinstellings rakende interne aangeleenthede van ´n duidelike godsdienstige aard, maar selfs aktiwiteite kan insluit van ´n minder godsdienstige en meer alledaagse aard. Daar moet in gedagte gehou word dat die howe kwalik in ´n posisie is om te bepaal welke beskouings in verskillende godsdienste en godsdienstige tradisies sentraal staan. Individuele vryheid van godsdiens is ook anders as institusionele vryheid van godsdiens. Verskillende regte, vryhede en belange sal wedersyds opgeweeg moet word. Hoewel dit waar is dat ´n groep of organisasie ´n versameling van individue is, is hulle egter ook onafhanklik van hulle lede en soos Regter Brennan tereg beslis, geloofsinstellings is nie bloot net ´n uitdrukking van individuele geloofsoortuigings nie, maar die “community represents an ongoing tradition of shared beliefs, an organic entity not reducible to a mere aggregation of individuals”.48 Om bloot dieselfde sogenaamde “neutrale” beleid tot individuele godsdiensvryheid toe te pas op geloofsinstellings, mag dalk nie die juiste benadering wees nie. Geloofsinstellings speel ´n onontbeerlike rol in die gemeenskap en dit is deur godsdienstige gemeenskap dat individue gesamentlike godsdienstige idees en oortuigings ontwikkel en gemeenskappe hulle geloofsidentiteit ontwikkel en uitleef. Nie net is dit individue se reg om met mekaar te assosieer, godsdienstige en ander verenigings, instellings en genootskappe te stig, in stand te hou en daarby aan te sluit nie, maar deur godsdienstige samekomste en gemeenskap word individue se geloof gevorm en ontwikkel. Soos Brady49 tereg opmerk, in sulke omstandighede kan die effek wees dat “restrictions on individual action outside the community may not undermine religious belief […] but restrictions on internal group life could be devastating”. Hoe ver moet hierdie beskerming en “akkommoderende” houding teenoor geloofsinstellings strek en wat presies behels ´n “breë” benadering tot godsdienstige outonomie? In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging (non-entanglement doctrine) in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk of geloofsinstellings se “outonome sfeer”. Geloofsinstellings geniet dus ´n veld van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede 48 Regter Brennan in Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos, 483 U.S 327 (1987) 342. 49 Brady 2004 BYU L. Rev 1676. 129 wat daaruit mag voortspruit. Artikel 7(2)50 van die Suid-Afrikaanse Grondwet beklemtoon die feit dat die staat positief moet optree om die nodige ruimte te skep waarbinne die reg op godsdiensvryheid (individueel en kollektief) uitgeoefen kan word en Malherbe51 voer tereg aan dat die tradisionele benadering soos gevolg in Duitsland – ook genoem die “onpartydige akkommoderende” benadering – met betrekking tot die verhouding tussen staat en godsdiens “veel meer toepaslik vir SuidAfrika is as die Amerikaanse model”. Alle godsdienstige organisasies in Duitsland, ongeag hulle organisatoriese status, geniet hierdie “breë” reg tot godsdienstige outonomie.52 In die Amerikaanse saak van Jones v Wolf53 beslis die hof dat in godsdienstige aangeleenthede, die hof nie outomaties die beslissing van die kerklike tribunaal sal eerbiedig nie, maar dat die hof neutrale regsbeginsels kan gebruik of enige ander metode om die geskil op te los solank as wat dit nie ´n oorweging van ´n godsdienstige vraagstuk behels nie. Die howe sal dus neutrale en “sekulêre” beginsels van ondere andere trustreg, kontraktereg, sakereg, ensovoorts toepas om die Kerkordes, konstitusies en regulasies van geloofsinstellings te interpreteer. Slegs wanneer die interpretasie deur die howe ´n kerkregtelike of godsdienstige vraagstuk behels, sal die howe eerbied hê vir die beslissings van geloofsinstellings. Die voordeel van so ´n benadering word deur die howe beskryf as: “[it] free[s] civil courts completely from entanglement in questions of religious doctrine, polity, and practice”. En verder dat “the neutral-principles approach […] obviates entirely the need for an analysis or examination of ecclesiastical polity or doctrine in settling church […] disputes”.54 Voor die inwerkingtreding van die Grondwet “our Courts would not adjudicate upon a doctrinal dispute between two schisms of a sect unless some proprietary or other legally recognised right was involved”.55 In Ryland v Edros56 beslis Farlam R egter dat in die lig van die reg op godsdiensvryheid wat in die Grondwet verskans is, die “doctrine of doctrinal entanglement” waarskynlik nou deel van ons reg is. Indien ´n 50 (2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Malherbe 2008 NGTT 272. 52 G Robbers “Church Autonomy in Germany including an Attachment on Relevant European Union Law” in H Warning (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy (2001) 122. 53 Jones v Wolf 443 U.S 595 (1979). 54 Brady 2004 BYU L. Rev 1642. 55 Allen v Gibbs 1977 (3) SA 212 (SE) 218A-E. 56 Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (K). 51 130 beslissing die hof dus betrek by leerstellige kwessies, sal dit nie gepas wees vir die hof “to endeavor to find the answer to the questions posed for decision”.57 By die vraag tot welke mate ´n hof hom sal uitlaat oor geloofskwessies en wat die gevolglike trefwydte van hersiening van ´n kerklike handeling of besluit is, is die sienings in ander jurisdiksies wel van belang. Die benadering in België bied byvoorbeeld ´n interessante blik op die posisie van geloofsinstellings en die kollektiewe reg op vryheid van geloof teen die agtergrond van ´n toenemende belangrikheid van fundamentele regte in ´n demokratiese samelewing. In Nederland is die beleid van “interpretatiewe terughoudenheid” en die leerstuk van “marginale toetsing” weer van belang en kan dien as riglyn vir Suid-Afrikaanse howe wanneer godsdienstige vraagstukke beantwoord moet word. Daar word vervolgens na enkele sienings uit ander jurisdiksies verwys. 6.4 ANDER SIENINGS Die howe in België het sedert onafhanklikheid in 1830, toe die Belgiese Grondwet gepromulgeer is, breedweg drie benaderings gevolg ten aansien van kerklike dispute. Die eerste benadering is die mees beperkende benadering wat inhou dat burgerlike howe slegs toets of kerklike besluite deur die bevoegde kerklike orgaan gemaak is en die regter benader die dispuut met die grootste mate van omsigtigheid en vermy enige inmenging op godsdienstige terrein. Hy beslis nie oor die korrekte standaard of toepassing van die kerklike reg nie en spreek hom slegs uit oor die bevoegdheid van die betrokke orgaan. Hierdie benadering is ´n streng formele benadering. Die tweede benadering vind ´n middeweg en is ´n benadering wat ook implisiet deur die Belgiese Hoogste Hof gevolg is. Die hof beperk hom nie slegs tot die vraag of die betrokke orgaan bevoeg was al dan nie, maar ook of die bevoegde kerklike orgaan ooreenkomstig sy eie reëls en prosedures van die betrokke geloof gehandel het. Dit is egter nie altyd so eenvoudig om te bepaal wat die korrekte prosedures is nie. Hierdie benadering is steeds formeel, maar in ´n baie breër sin. Die derde benadering maak voorsiening vir ´n meer aktiewe benadering en ondersoek deur die howe. Die toets is nie meer ´n suiwer formele toets nie, en die inhoud van kerklike standaarde word ook deur die regter getoets. Dit is ´n benadering wat 57 Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (K) 703E-F. 131 hoofsaaklik deur die Belgiese Appèlhowe gevolg is, maar nie deur die Hoogste Hof nagevolg word nie. Hierdie benadering hou in dat godsdienstige organe nie slegs hulle eie reëls moet volg nie, maar dat die reëls ook die nodige waarborge met die verwysing na inhoud moet bevat. Daar word selfs sover gegaan as om aan te voer dat die prosedures van die betrokke geloofsinstelling aan die vereistes van artikel 6(1) van die Europese Verdrag vir die Beskerming van Menseregte en Fundamentele Vryhede ten aansien van ´n billike verhoor moet voldoen. Dit sluit in die reg op ´n verweer en onpartydigheid van die howe.58 Warnink59 maak ´n interessante waarneming deur op te merk dat burgerlike howe ´n groter neiging toon om verskillende fundamentele regte teenoor mekaar op te weeg en daardeur gevolglik minder terughoudend optree met betrekking tot van die interne organisasie van godsdienstige gemeenskappe. Hierdie benadering word gekritiseer deurdat aangevoer word dat die kollektiewe vryheid van geloof op die agtergrond gedwing word en nie so belangrik geag word as in die verlede nie. Warnink voer egter aan dat dit juis is as gevolg van die toenemende belangrikheid van fundamentele regte, dat die howe gouer is om verskillende regte teen mekaar op te weeg en te ondersoek as in die verlede. Sy voer aan dat: “The increasing interest in internal church matters being shown by the secular courts may have more to do with the increased attention being paid to fundamental rights in general than to the weaker position of the collective freedom of religion today.”60 Dat so ´n benadering egter ´n impak op die outonomie van geloofsinstellings het, is gewis. Veral die reg op gelykheid is ´n fundamentele reg wat al sterker op die voorgrond tree. Dit is een van die fundamentele regte wat die mees beperkende kan inwerk op beide die individuele, sowel as die kollektiewe reg op godsdiensvryheid – ´n tendens wat duidelik na vore gekom het in die bespreking in die voorafgaande hoofstuk ten aansien van die Johan Strydom-aangeleentheid. Die Nederlandse howe volg ´n beleid van “interpretatiewe terughoudenheid” wanneer bepaal moet word wat ´n godsdienstige organisasie onder die belydenis of uiting van hul eie oortuigings en doktrines verstaan. Dit is vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse 58 H Warnink “Ecclesiastical Tribunals – Procedures – Judicial Bodies and the State” 2001 NGTT 160-161. Warnink 2001 NGTT 158 162. 60 Warnink 2001 NGTT 158 162. 59 132 howe se benadering van nie-inmenging in leerstellige kwessies. Hierdie benadering van die Nederlandse howe is veral van belang in geskille met “uitheemse” of “vreemde” kerkgenootskappe en behels dat dit nie aan buitestaanders, veral owerheidsorgane, oorgelaat moet word om te bepaal wat, al dan nie, deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige organisasie se geloofsoortuiging of doktrine nie. Die Europese Hof bevestig hierdie siening ook in Metropolitan Church of Bessarabia61 dat “in principle the right to freedom of religion […] excludes assessment by the State of the legitimacy of religious beliefs or the ways in which those beliefs are expressed”. By die vraag tot welke mate ´n hof hom sal uitlaat oor geloofskwessies en wat die gevolglike trefwydte van hersiening van ´n kerklike handeling of besluit is, speel die beginsel van godsdiensvryheid en die verhouding tussen kerk en staat, soos in die vorige hoofstukke bespreek, ´n baie belangrike rol. Afhangende van die aard van die geskil, hou hierdie twee beginsels in dat die howe ten aansien van kerklike aangeleenthede en besluite “terughoudend opgestel” moet wees. Dit word goed opgesom in ´n uitspraak van die Hoge Raad, waarin dit gegaan het oor die regsverhouding tussen ´n kerk en sy predikant en die hof hom soos volg oor die begrip “terughoudende opstelling” uitgelaat het: “De rechtbank stelt voorop dat de beginselen van vrijheid van godsdienst en scheiding van Kerk en Staat met zich mede brengen dat uiterste terughoudenheid geboden is bij het toepasselijk verklaren van regelingen van materieel burgerlijk recht op de rechtsverhoudingen tussen de verschillende organen en onderdelen van een kerkgenootschap. De regeling van dergelijke verhoudingen in het eigen statuut van een kerkgenootschap wordt veelal in hoge mate bepaald door aspecten van leerstellige karakter die een vaak eeuwenlange ontwikkeling hebben doorgemaakt. Het resultaat daarvan doet zich vaak voor als een voor leken moeilijk te doorgronden weefsel waarin die verhoudingen op subtiele wijze zijn vervlochten. Het in dergelijke verhoudingen oordelen met toepassing van burgerlijke recht houdt licht het gevaar in zich, daar daarbij tevens wordt inbegrepen in en een oordeel wordt gegeven over de leerstellingen die aan het eigen statuut van het kerkgenootschap ten grondslag hebben gelegen.” 61 62 62 [Eie kursivering.] Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79. HR 14 Junie 1991, NJ 1992, 173 (HJS) (Kruis/Christelijke Gereformeerde Kerk ‘s-Hertogenbosch). 133 Hierdie benadering van die howe word na verwys as “marginale toetsing” wat deur Wiarda63 soos volg omskryf word: “Marginale toetsing betekent dat aan een justitiabele, wiens houding of gedrag aan normen als redelijkheid, billijkheid of betamelijkheid moet worden getoets, ‘the benefit of the doubt’ word gegund, zolang onredelijkheid, onbillijkheid of onbetamelijkheid er niet dik bovenop liggen.” Daar word aangevoer dat marginale toetsing gepas is ten aansien van enige organisasie wat gegrond is op een of ander vorm van “vryheid” op ´n bepaalde terrein, wat dan dien as die regsgrond vir marginale toetsing. Dit verwys onder andere na sosiale entiteite soos ´n gesin, kerk of selfs besigheid ooreenkomstig waarvan die toepassing van ´n interne reg as’t ware omskryf kan word as die “juridiese soewereiniteit in eie kring”.64 Dit word omskryf deur Borst65 as: “Samelevingsverbanden als gezin, kerk, bedrijfsorganisatie, onderneming etc. bezitten – naar Dooyweerds terminologie – juridische souvereiniteit in eigen kring bij de vorming en toepassing van het interne verbandsrecht [...] zij kennen een eigen gezag, eigen intern bedrijfsrecht, eigen organisatiebeleid. Maar de bevoegdheden zijn niet onbeperkt, er zijn grenzen. Het is met name de taak van de burgerlijke rechter de grenzen van die vrijheid vast te stellen. Dat is in wezen dezelfde taak als administratieve rechter heeft tegenover de publieke administratie [...].” Dit is veral gepas waar iemand in ´n gesagsposisie binne die formele grense van sy bevoegdheid handel, om so ´n handeling “marginaal te toets”. Waar dit egter om ´n tughandeling gaan, waar die besluit ernstige gevolge kan inhou vir die betrokkene en die optrede na buite gerig is, beklemtoon die hof wel dat: “De noodzaak tot terughoudende, marginale toetsing door de wereldlijke rechter van het handelen van een kerkgenootschap is veel minder aanwezig, wanneer het handelen niet de eigen godsdienstbeoefening en de verdere interne gang van zaken betreft, doch zich naar buiten richt door aan derden mededelingen te doen die voor het betrokke lid van de kerk schade kunnen opleveren.”66 63 GJ Wiarda Drie Typen van Rechtsvinding (1999) 102-103. Sien AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 166-167 en verder; HJ van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen der Rechtswetenschap (1983) 455 en HJ van Eikema Hommes Hoofdlijnen der Rechtssociologie en De Materiële Indeling van Publiek- en Privaatrecht (1983) 99-100. 65 P Borst “Enige beschouwingen over Marginale Toetsing in Publiek- en Privaatrecht” (1962) 4736 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 390. 66 Pres. Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid Gemeenschap van Gelovigen). 64 134 Reeds in 1909 bestaan die mening dat die regter hom nie sal uitlaat oor geloofskwessies nie: “Slechts het geloofsoog kan uitmaken of eene verandering in de belijdenis van eenen Kerk verkeerd dan wel noodzakelijk is.”67 En verder: “Op het gebied van het recht hebben wij dezen factor dan ook in het geheel niet in aanmerking te nemen, maar slechts te onderzoeken of formeel, voor het uiterlijke, wijziging in overeenstemming is met de daaromtrent geldende bepalingen. Voor het recht geld niet de vraag: ‘is de verandering overeenkomstig Gods wil?’, maar: ‘Strijdt de wijziging niet meer eenig wettelijk of statutair voorschrift?’ Bij elk kerkgenootschap zal men hieromtrent tot eene verschillende beslissing kunnen komen.”68 Vermeulen69 verwys hierna as “interpretatiewe terughoudenheid” deurdat gelowiges self bepaal hoe die belydenis van hulle geloof geïnterpreteer moet word en dat dit gevolglik nie aan buitestaanders (die howe) oorgelaat moet word nie. Hierdie standpunt kom herhaaldelik na vore in die Nederlandse regspraak.70 ´n Locus classicus is ´n uitspraak deur die Hoge Raad in ´n geskil betreffende kerkskeuring binne die Gereformeerde Kerk van Hasselt.71 Te midde van die kerkskeuring moes die hof hom uitlaat oor die teologiese gebondenheid en uittrede van die plaaslike gemeente uit die sinodale kerkverband. Die hof roep deskundige hulp in en beslis dat die hof hom wel kan uitlaat oor ´n skending van die Kerkorde, maar nie waar dit van ´n dogmatiese of teologiese aard is nie, slegs in die geval van willekeur of kwade trou (mala fides). Gevolglik beslis die hof dat die kerkraad van die plaaslike gemeente wel bevoeg is om onder die omstandighede uit die sinodale verband te tree, tensy daar sprake is van willekeur of mala fides. Die Gereformeerde Kerk appelleer teen die beslissing. Die hof wys egter die appèl van die hand en beslis soos volg: 67 LH van Lennep De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen (Dissertatie, Universiteit van Leiden, 1909) 201. 68 Van Lennep De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen 210. 69 BP Vermeulen “Artikel 6” in AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar (2000) 97. 70 Sien onder andere Rb. Maastricht 30 Mei 1930, NJ 1930, 1499 (ontslane priester); Hof ‘s-Gravenhage 31 Oktober 1938, NJ 1939, 201 (skeuring Oud-Gereformeerde Gemeente Scheveningen); Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1945/45, 746. (skeuring Gereformeerde Kerk Maastricht); Hof Amsterdam 15 November 1945, NJ 1945, 157 (skeuring Gereformeerde Kerk Krommenie); HR 23 Januarie 1848, NJ 1948, 432 (skeuring Gereformeerde Kerk Vleuten-De Meern); Hof Amsterdam 24 Junie 1948, NJ 1948, 569 (skeuring Gereformeerde Kerk Eemdijk); Hof Arnhem 10 Januarie 1950, NJ 1950, 539 (skeuring Gereformeerde Kerk Daarlerveen); HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201 (skeuring Gereformeerde Kerk Hasselt); Hof ‘sGravenhage 28 November 1958, NJ 1960, 7 (skeuring Gereformeerde Gemeente Berkenwoude); Pres. Rb. Haarlem 17 Februarie 1989, KG 1989, 134 (Joods-kerklike egskeiding); Hof ‘s-Hertogenbosch 22 Desember 1989, NJ 1990, 487 (beëindiging beheer Moskee); Rb. Groningen 5 Maart 1993, NJ 1994, 417 (skeuring Gereformeerde Kerk Boerakker); HR 20 Oktober 1995, NJ 1996, 330 (EAA) (Van Asseldonck c.s./Bisschop Ter Schure); HR 12 Mei 2000, NJ 2000, 439 (geskil Moskee Lelystad). 71 HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, (Gereformeerde Kerk te Hasselt) 201. 135 “[...] dat de burgerlijke rechter geen partij mag kiezen in op het terrein dier gezindten rijzende geschillen omtrent geloof en belijdenis en met name ook niet, al behoort de beslissing over prejudiciële geschilpunten in het algemeen tot zijn taak, zijn uitspraak omtrent enig rechtspunt afhanklijk mag stellen van zijn oordeel met betrekking tot theologische leerstellingen, omtrent welker juistheid, onjuistheid of gewicht aldaar verdeeldheid bestaat.”72 Dit is egter geen maklike taak om te bepaal wanneer daar van “theologiese leerstellingen” of “suiwer geloofskwessies” sprake is nie. Dit is duidelik dat ´n suiwer skeiding tussen die reg en godsdiens nie altyd moontlik kan wees nie. Oldenhuis voer tereg aan dat die onderskeid tussen sogenaamde “rechtsvragen” en “geloofsvragen” nie gepas is nie, aangesien geloofskwessies altyd in regskwessies omskep kan word wat aan die hand van die kerkreg beoordeel kan word.73 Myns insiens moet kerkgenootskappe die voordeel van die twyfel gegun word en eerder as om hulle reg op godsdiensvryheid by voorbaat te beperk tydens ´n kerklike geskil, terughoudendheid toe te pas. Die howe sal so ´n geskil dus ‘marginaal toets’ wat in die Nederlandse konteks omskryf word as – “[...] een in verband met een kerklijk geschil gepretenteerde vraag van geloof of belijdenis wordt als zodanig aangemerkt, tenzij het ten enenmale ondenkbaar is dat een redelijke rechter haar als vraag van geloof of belijdenis aanmerkt.”74 Die hof sal dus altyd probeer om die geskil op te los aan die hand van ander oorwegings wat hy wél kan hersien (soos byvoorbeeld die navolging van die statuut of prosedures) eerder as om hom toe te spits op geloofskwessies. Indien hy wel bevind dat ´n geloofskwessie ter sprake is, behoort hy hom nie daaroor uit te laat nie. ´n Voorbeeld in die regspraak tref ons aan in ´n uitspraak van die hof in Arnhem, waartydens ´n gemeentelid van die Gereformeerde Gemeente ´n tugmaatreël van die gemeente in die hof aangeveg het. Die hof beslis soos volg: “De Gereformeerde Gemeente voert met juistheid aan dat de vraag of onderhavige tuchtmaatregelen al dan terecht zijn genomen, beoordeeld dient te worden aan de hand van binnen het betreffende kerkgenootschap aangehangen godsdienstige opvattingen en normen. Naar het voorlopig oordeel van het hof sluit dit evenwel niet uit dat de burgerlijke rechter in een geschil waarin de eiser vraagt om in een burgerlijke recht beschermd te worden, toets of bij derglijke besluiten van kerkgenootschappen geen sprake is van willekeur of kwade trouw 72 HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201. FT Oldenhuis Rechtsvinding van de Burgerlijke Rechter in Kerklijke Conflicten (1977) 64 en 73. 74 Santing-Wubs Kerk en Recht 196. 73 136 dan wel of de regels ten aansien van de wijze van totstandkoming van besluiting niet zijn geschonden.” 75 Die wetgewer gee aan kerkgenootskappe groot vryheid by die vasstelling en bepaling van reëls en prosedures binne die kerkgenootskap. Hierdie vryheid word egter steeds begrens en beperk deur die dwingende reg, die openbare orde en die statuut van die kerkgenootskap. In ´n beslissing aangaande die Kerkordewysiging van 1991 laat die hof hom soos volg uit ten aansien van die grense en aard van hersiening: “Dat betekent dat de burgerlijke rechter (het besluit tot) de Kerkordewijziging 1991, voor zover in geschil [...], mag toetsen wat betreft de totstandkoming: aan het statuut van de Kerk. Als (het besluit tot) de Kerkordewijziging 1991 die toets heeft doorstaan, resteert voor het overige slechts een marginale toetsing, namelijk die of de Generale Synode in redelijkheid tot de Kerkordewijziging 1991, voorzover in geschil, heeft kunnen besluiten, waarbij rekening moet worden gehouden met het bijzondere karakter van de Kerk als kerkgenootschap.” 76 [Eie kursivering.] Dit is egter moontlik dat die hof sekere optredes aan die hand van die statuut kan toets en waar dit die geval is, kan dit gepas en toelaatbaar wees. Die hof van ‘sHertogenbosch77 het byvoorbeeld hierdie siening gevolg ten aansien van ´n skorsingsmaatreël wat deur ´n kerkraad op ´n predikant afgedwing is. Die betrokke predikant van die Oud-Gereformeerde Gemeente het geweier om hom te hou aan hierdie skorsingsbesluit. Die besluit is geneem, aangesien die predikant – in ooreenstemming met die bepaalde Kerkorde – geweier het om die naam van ´n gemeentelid wat onder “stille sensuur” geplaas is, se naam van die kansel af te kondig. Aanvanklik beslis die hof dat die predikant gebonde is aan die skorsingsbesluit. Op appèl beslis die hof egter aan die hand van die toepassing en interpretasie van die Kerkorde en toepaslike bepalings, dat daar daar geen steun in die bepaalde Kerkorde vir die skorsingsgrond is nie. Die hof beslis gevolglik dat die skorsing onregmatig was. Volgens Van Eikema Hommes78 is dit ´n fundamentele beginsel dat die regsvormende organe van kerke en organisasies, hulle moet hou aan die reg soos neergelê in hulle statute en reglemente. Wiarda79 beklemtoon hierdie 75 Hof Arnhem 14 September 1993, rolnr. 92/142 KG, ongepubliseerd (tugmaatreël gemeentelid Gereformeerde Gemeente). Rb. ‘s-Gravenhage 29 November 1995, rolnr. 92/6878, ongepubliseerd (Hervormde Gemeente Aarlanderveen c.s./Nederlandse Hervormde Kerk). 77 Hof ‘s-Hertogenbosch 31 Maart 1955, NJ 1955, 600 (skorsing predikant Oud-Gereformeerde Gemeente). 78 Van Eikema-Hommes Hoofdlijnen der Rechtssociologie 101. 79 Wiarda Drie Typen van Rechtsvinding 97. 76 137 siening deur te bepaal dat “besluiten van de organen van rechtspersonen aan de voorschriften van de wet en van de statute moeten beantwoorden spreekt vanzelf”. Die hof in Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika80 bevestig die posisie en dien as gesag vir die feit dat ´n burgerlike hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig die vertolking daarvan op te tree. Die howe behoort egter terughoudendheid te openbaar wanneer ´n beslissing gemaak moet word ten aansien van kerklike gebruike en uitleg. Die volgende bespreking sal in meer besonderhede kyk na die betekenis, inhoud en toepassing van die statuut. 6.5 DIE BETEKENIS, INHOUD EN TOEPASSING VAN DIE STATUUT 6.5.1 Inleiding In Yiba and Others v African Gospel Church81 bevestig die hof die beginsels van toepassing ten opsigte van die aard van die verhouding tussen ´n vrywillige vereniging en sy lede en die interpretasie van sy konstitusie in die konteks van dissiplinêre optredes. Die hof beklemtoon die feit dat ´n vrywillige vereniging op grond van wedersydse ooreenkoms gegrond op concensus ten aansien van die basiese eienskappe en oogmerke van die vereniging tot stand kom. Die konstitusie van die vereniging, tesame met die reëls en regulasies, vorm die ooreenkoms wat die aard en reikwydte van bevoegdhede van die vereniging sowel as die ampsdraers en lede uiteensit. Die vereniging onderneem implisiet om lede billik te hanteer ooreenkomstig die reëls en die bepalinge van die konstitusie en die bepalings kan nie geïgnoreer word nie. Verenigings het ook geen inherente bevoegdheid om lede te dissiplineer nie en die betrokke konstitusie, reëls en regulasies moet daarvoor voorsiening maak. Gevolglik moet die vereniging sy dissiplinêre bevoegdhede ook uitoefen ooreenkomstig die betrokke rëels en regulasies en sal ´n hof nie inmeng waar ´n vereniging ooreenkomstig sy eie reëls opgetree het nie. Die hof sal wél ingryp waar ´n huishoudelike tribunaal nie ooreenkomstig sy eie reëls opgetree het nie, sy diskresies 80 81 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A). Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K). 138 nie behoorlik uitgeoefen het nie, die betrokke prosedures nie gevolg het nie, of ultra vires opgetree het.82 Aangesien ´n skorsing of ontslag een van die mees drastiese vorme van straf is, moet dit uitdruklik of by noodwendige implikasie in die konstitusie vervat wees. ´n Vereniging kan nie ´n lid skors indien dit teenstrydig met sy eie reëls is nie, en ´n lid kan ook nie ontslaan word deur ´n ander liggaam as die een beklee met die dissiplinêre bevoegdhede nie.83 Die vraag wat gevolglik na vore kom is: Wat word presies deur die statuut bepaal? Binne die konteks van ´n geloofsinstelling, beteken die statuut dat die betrokke organisasie gereël word deur reëls wat self opgelê is en nie deur die staat-opgelegde reëls nie. Beteken dit egter dat ´n moskee sy Imam kan ontslaan sonder om aan die vereistes van die arbeidsreg te voldoen? Of dat ´n vereniging ´n lid kan skors sonder om aan sekere administratiefregtelike prosedures te voldoen? Dit is nie altyd maklik om te bepaal watter aangeleenthede (skorsing, ontslag, medeseggenskap, besluitneming) deur die kerkreg en watter deur die burgerlike reg bepaal word nie. 6.5.2 Inhoud en betekenis van die statuut Waarom is ´n statuut van belang? Pel84 gee ´n goeie opsomming van die noodsaaklikheid van ´n statuut soos volg: “Een Kerkorde is nodig, niet alleen als een noodzakelijk kwaad, maar ook omdat de kerk op aarde is. Het laaste is het meest principiële. De kerk is een gemeenschap van mensen op aarde. Zij bevindt zich niet in de hemel, ze bestaat nog veel minder in idealistische roze wolken, maar zij bevindt zich in de wereld. [...] Kerk-zijn op aarde betekent onvermijdelijk kerk-zijn met structuren. [...] Zelfs als we ze niet op papier zetten, dan zijn ze er nog.” In ´n samelewing met ´n steeds groeiende multikulturele karakter vind ons ook ´n godsdienspluralisme met ´n baie groter verskeidenheid as in die verlede. Dit vind op sigself ook uiting in ´n verskeidenheid van interpretasies van kerklike reg en onder die term “statuut”, soos uitgedruk deur Pel:85 “valt dus een bont palet aan uiteenlopende kerkrechtelijke stelsels en bepalingen”. Dit sluit in die meer tradisionele Christelike 82 Die toepassing van die administratiefregtelike beginsels en gronde vir hersieing sal in die volgende hoofstukke in meer besonderhede bespreek word. Sien Hoofstuk 7 in die besonder. 83 Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) 960D-961H. 84 PT Pel “Het Kerkelijk Statuut en de Wet” (2010) 4 Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht (NTKR) 92. 85 Pel 2010 NTKR 91. 139 kerke in hulle onderskeie modelle, Rooms-Katolieke, Baptiste, Vrye Evangeliese Gemeentes, Pinkstergemeentes, Apostoliese Geloofsending, Hervormde en Gereformeerde Kerke, maar ook alle ander godsdienstige gemeenskappe. Die term “kerkreg” het dus betrekking op geloofsinstellings in al hulle onderlinge verskeidenheid en daarom impliseer die term “statuut” ´n diverse kerklike organisasiereg vanweë die groot verskeidenheid van kerklike en godsdienstige strukture, bepalings en prosedures. Soos reeds gesien in Hoofstuk 2 word kerkgenootskappe in die Nederlandse reg gereël deur ´n eie statuut sover dit nie in stryd is met die wet nie. Volgens Pel86 is die term “statuut” (soos gebruik in artikel 2:2 BW) ´n versamelterm vir die totaal van alle “positiefrechtelijke bepalingen, regels, principes en gewoonterecht die rechtskrag hebben in de kerken”. Die term “wet” word geïnterpreteer as alle formele wette van die wetgewer, toepaslike strafwetgewing op siviele terrein, verskeie regsnorme, insluitende die volgende: - “fundamentele dwingende regels met voorangpretentie”; - “fundamentele beginselen van burgerlijke wetgeving”; - “fundamentele rechtsbeginselen van de rechsorde, zoals goede trouw, redelijkheid, bilijkheid en goede zeden”; - “regels van openbare orde”.87 Of soos Vermeulen88 dit opsom: “fundamentele dwingende regels van het gemene – geschreven of ongeschreven – Nederlands recht”. Pienaar89 bevestig weer eens die siening dat ´n Kerkorde en statuut nie kontraktueel van aard is nie. Volgens hom is dit nie in ooreenstemming met die dogmatiese opvattings van verskeie teoloë en kerkregsgeleerdes nie en word dit eerder gesien as die interne verbandsreg van die kerk ooreenkomstig die Nederlandse reg en die toepassing van die RomeinsHollandse beginsels. So ´n verbandsreg bestaan uit die ius constituendum (voorskrifte wat direk uit die Bybel afkomstig is) en die ius constitutum (voorskrifte wat op onderlinge aanvaarding berus) wat egter volgens Pienaar nie beteken dat die Kerkorde 86 Pel 2010 NTKR 87. Pel 2010 NTKR 100. 88 BP Vermeulen “Artikel 6 Grondwet” in PWC Akkermans en AK Koekkoek (reds) De Grondwet. Een Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar (1992) 125. 89 G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 1991 THRHR 407. 87 140 nou kontraktueel van aard is nie.90 As die inhoud van die kerklike statuut bestudeer word, kan die volgende elemente geïdentifiseer word: - ´n Geskrewe reg; wat bestaan uit die vasgestelde Kerkorde of konstitusie en die onderskeie ordonnansies, regulasies en so meer; - Kerklike besluite; dit sluit in alle besluite van mindere en meerdere vergaderings, ampsdraers, interne komitees en ander interkerklike aangeleenthede; - Kerklike regspraak; dit sluit in alle regspraak en besluite deur spesiale instansies of komitees belas met die beregting van interkerklike geskille en besware; - Ongeskrewe kerklike tradisies en gewoontes; - Kerklike doktrines; wat verwys na die opvattings van deskundiges en skrywers ten aansien van die betrokke kerk se reg, in die verlede en die hede.91 Daar word dikwels na die statuut van ´n organisasie verwys as ´n konstitusie of reglemente en ten opsigte van kerke, die bepaalde Kerkorde. ´n Statuut word beskou as die fundamentele organisasiereëls van die individuele regspersoon, ongeag die benaming wat elke regspersoon daaraan toevoeg. Elke sivielregtelike regspersoon het gevolglik statute, in watter vorm of benaming dit ook al uiting vind.92 By vennootskappe en stigtinge is die statuut in die vorm van die stigtingsverklaring en die bepaalde vennootskaps- of samewerkingsooreenkomste. Met betrekking tot ´n stigting en vennootskap beskryf Dijk en Van der Ploeg93 ´n statuut soos volg: “Statuten zouden wij willen omschrijven als de algemene grondregels die de werkingsfeer en de structuur van een vereniging of stichting aangeven en doen blijken van het bestaan van een georganiseerd lichaam.” ´n Kerkorde word volgens Dingemans94 soos volg omskryf: “Een Kerkorde is gestructureerde en in de praktijk gebrachte theologie. Of nog preciezer gezegs: een Kerkorde is een in rechtsregels vertaalde ecclesiologie. Wat een kerkgemeenschap 90 Pienaar 1991 THRHR 407. Pel 2010 NTKR 97. 92 Santing-Wubs Kerken in Geding 72. 93 PL Dijk en TJ van der Ploeg Van Vereniging en Stichting, Coöperatie en Onderlinge Waarborgmaatschappij (2002) 61. 94 GDJ Dingemans “Kerkorde als Ecclesiologische Vormgeving” in W van‘t Spijker et al. (reds) Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht, (1992) 215-228, soos aangehaal in Pel 2010 NTKR 88. 91 141 denkt over haar eigen vormgeving en inrichting, wordt in een Kerkorde vertaald in rechtsregels, die gelden voor het functionering van die gemeenschap.” So word die statuut ondere andere deur Maeijer95 gesien as ´n bindende “regeling deur aangeslotenen van dat kerkgenootchap” ooreenkomstig die Nederlandse privaatreg in soverre dit nie gaan oor geloof en belydenis nie. Hy is verder van mening dat norme van buite wel ´n invloed op die kerklike statuut kan hê en argumenteer soos volg: “Dit eigen statuut bepaalt primair de rechtsverhoudingen binnen het kerkgenootchap, maar deze rechtsverhoudingen kunnen onder omstandigheden ook zijn onderworpen aan bepaalde dwingende normen van Nederlands geschreven privaatrecht […] en aan Nederlands ongeschreven privaatrecht, o.m. het beginsel van redelijkheid en billijkheid of objectieve goede trouw.”96 Hy maak verder ook onderskeid tussen die interne en die eksterne optrede van die kerkgenootskap. Waar ´n kerkgenootskap teenoor derdes optree (dus sy eksterne optrede) word die kerkgenootskap in sy optrede soos ´n gewone vrywillige vereniging behandel waarop die gewone siviele reg van toepassing is. Meijers97 steun hierdie standpunt in soverre hy van mening is dat die Nederlandse reg “onverkort van toepassing is op het extern handelen van kerkgenootschappen”. Indien daar ´n botsing bestaan tussen die kerklike statuut en die dwingende reg, sal laasgenoemde voorkeur geniet. Ten aansien van die interne handelinge voer hy egter aan dat ooreenkomstig die reg op godsdiensvryheid, terughoudendheid gepas is. Hy meld tog dat basiese regsbeginsels soos goeie trou, goeie sedes, redelikheid en billikheid wel op kerkgenootskappe van toepassing is en ´n skending van hierdie fundamentele beginsels regverdig “rechterlijke bemoeienis”.98 Hierdie benadering geld dus eweneens met betrekking tot die konstitusies of statute van ander geloofsinstellings. Dit is egter geen maklike taak om onderskeid te tref tussen die eksterne en interne handelinge van so ´n instelling nie en in sommige omstandighede mag die siviele reg op beide die interne sowel as die eksterne optrede van toepassing wees, dalk wel in wisselende mate. Maar soos Meijers99 tereg opmerk “[h]et burgerlijk recht echter dient de godsdienstvrijheid te respecteren en mag de uitoefening daarvan niet 95 JMM Maeijer Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging (1986) 5, 7. Maeijer Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging 6. 97 APH Meijers “Scheiding van Kerk en Staat” in APH Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht (1994) 7. 98 Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht 16-17. 99 Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht 29. 96 142 beperken”, ´n siening wat byvoorbeeld glad nie gedeel word deur Van Ee100 nie. Hy is van mening dat daar geen rede bestaan om aan kerkgenootskappe in Nederland ´n uitsonderingsposisie toe te ken nie en dat daar geen sin daarin is om ´n onderskeid te tref tussen die interne en eksterne handeling van ´n kerkgenootskap nie. Hy voer aan dat: “Normen van redelijkheid en billijkheid gelden voor ieder, ongeacht de situatie of het motief, zowel extern als intern in het kerkgenootschap.”101 Volgens Van Ee speel die situasie of konteks geen rol nie. Myns insiens is so ´n benadering nie korrek nie. Op sigself beteken hierdie beginsels niks nie, maar moet aan die hand van die bepaalde situasie en die aard van die handeling gekonkretiseer word. Die aard van ´n handeling en die bepaalde feitelike konteks is dus baie belangrik om te bepaal wat die trefwydte, betekenis en toepassing van sekere beginsels in ´n gegewe situasie is. Redelikheid en billikheid is dus geen absolute begrippe nie. Soos Schoordijk dit stel: “De rechter geeft richting aan de rechtsontwikkeling [...] De rol van de redelijkheid en billijkheid is hiermede gegeven. De wet moet in de eerste plaats een redelijk uitleg krijgen. Bij de uitleg van die wet is het zaak voor een rechter oplossingen te vinden die werfkracht hebben. Ik herhaal: veelal dient zich niet slects één vorm van billijkheid aan. Zij heeft zo vele modulaties!”102 En verder: “[...] Wat redelijk en billijk is, zal van geval tot geval bezien worden.”103 Die statuut speel dus ´n baie belangrike rol om die howe by te staan deur die grense van hersiening te bepaal wanneer die geldigheid van ´n besluit aangeveg word. Aangesien tugmaatreëls binne verskeie kerke egter dikwels gepaardgaan met die betrokke kerk se geloofsiening of bepaalde geloofskwessies, behoort die regter deurgaans terughoudendheid toe te pas en elke geval moet op eie meriete beoordeel 100 Sien JW van EE “In Strijd met De Wet” (1996) 5 RM Themis 175. Van EE 1996 RM Themis 176-177. HCF Schoordijk Redelijkheid en Billijkheid aan de Vooravond van een Nieuw Millennium (1996) 5. 103 Schoordijk Redelijkheid en Billijkheid 6. 101 102 143 word en gevolglik is die feitelike konteks wel van belang. Soos Van der Vyver104 dit stel: “It is not for state institutions to judge the substance, or the truth or falsity, of religious belief per se. However, it is a vital function of government to resolve, through its judicial arm, disputes pertaining to the rights and obligations of its subjects. Courts of law ought not to shy away from that function merely because those rights and obligations cannot in a given case be established without doctrinal issues.” 6.5.3 Die uitleg van die statuut Aangesien die eie aard van ´n geloofsinstelling ook in ag geneem moet word by die uitleg van sy konstitusie, Kerkorde of statuut, word aangevoer dat dit noodsaaklik is vir ´n bepaalde hermeneutiek (uitleg) van die kerkreg, waarby hierdie eie aard en karakter van die kerkgenootskap in ag geneem word. Dit word soos volg verwoord deur Van de Beek:105 “Iedere rechtshermeneutiek zal recht moeten doen aan de eigen aard van de gemeenschap waarin het functioneert. Toch heeft juist de eigen aard van de christelijke gemeente ook formele consequenties voor de hermeneutiek van het kerkrecht. [...] Alles van het gewone recht geldt hier ook, maar de eigen aard van dit recht geeft extra complicaties.” Pel106 is verder van mening dat regsgeleerdes die kerklike statuut te na kom deur dit té juridies te benader en sodoende die sui generis-aard van die kerklike reg te misken. Dit geld ook vir die burgerlike howe, waar die howe dikwels ´n eie interpretasie aan iets wat inherent godsdienstig en van ´n eie aard is, gegee het. Volgens Malherbe107 is dit belangrik vir godsdiensgemeenskappe om te besef dat die Grondwet nie neutraal uitgelê word nie, maar dat sekere bepaalde wêreldbeskouings van toepassing kan wees. Die Konstitusionele Hof in S v Makwanyane108 volg ´n “generous and purposive” benadering, maar in die lig van bogenoemde siening, sal so ´n benadering steeds beïnvloed word deur die bepaalde wêreldbeskouing van die hof. Volgens 104 JD van der Vyver “Constitutional Perspective of Church-State Relations in South Africa” 1999 BYU L. Rev 670. A van de Beek “Hermeneutiek van het Kerkrecht” in W van’t Spijker et al. (reds) Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht (1992) 62. 106 Pel Het 2010 NTKR 89. 107 Malherbe 2008 NGTT 274. 108 S v Makwanyane 1995 (6) BCLLR 665 (KH). 105 144 Malherbe109 het die hof in verskeie aangeleenthede getoon dat dit ´n sterk humanistiese uitkyk op sekere sake het. Volgens Van’t Spijker en Van Drimmelen110 is die uitleg ingevolge die kerkreg ´n komplekse aangeleentheid. Hulle onderskei verskillende tipes van uitleg wat binne die konteks van die kerkreg aangetref word. Daar is die literaire hermeneutiek wat die bedoeling van ´n reël ondersoek binne sy letterlike/woordelike betekenis. Die structurele hermeneutiek vra wat die betekenis van ´n reël binne die geheel van die wetgewing of Kerkorde is. Historische hermeneutiek gaan kyk na die historiese konteks waarbinne die reël tot stand gekom het. Hier word onderskei tussen drie aspekte. Wetshistorisch-uitleg kyk na die betekenis van die reël as positiewe reg ten tyde van die totstandkoming van die reël. Wetshistorisch-uitleg gaan kyk teen watter voorgeskiedenis en tradisie die reël ontstaan het, byvoorbeeld teen die agtergrond en geskiedenis van die Gereformeerde kerkreg. Die laaste aspek is naar de geschiedenis van het functioneren (Wirkungsgeschichte) en fokus op enige aanduiding van vroeëre regspraak of aanduiding oor hoe die reël in die verlede toegepas is. Dan is daar die systematische hermeneutiek waar die betekenis van die reël binne die geheel van die teologiese tradisies van die bepaalde kerk geplaas en uitgelê word en laastens die teleologische hermeneutiek wat volgens Van’t Spijker en Van Drimmelen111 nie net die grootste reikwydte het nie, maar ook vir die meeste spanning sorg. Hierdie uitleg fokus op die “hantering van het kerkrecht gericht op het doel”. Die doel verwys na die feit dat reg geskied wat betref die regsgevoel van die gemeenskap, vanuit bestaande juridiese reëls om te voorsien in leemtes van die wet en soms selfs teen die letterlike teks van die wet in. Dat die uitleg van die kerkreg dus ´n komplekse aangeleentheid is, is nie te ontken nie. So ´n uitleg is nie net nodig vir ´n regter nie, maar ook vir die kerklike besluitnemer, en veral vir die kerklike samelewing. Dit geld insgelyks vir die orde in die lewe van die kerklike gemeenskap en vergaderings en vir regsekerheid ten aansien van interne besluite en optredes. Gevolglik is nie net ´n letterlike betekenis van reëls en regulasies belangrik nie, maar ook die geskiedenis, ontstaan en praktiese gebruike en tradisies. Soveel te meer ´n rede waarom die howe uiterste terughoudendheid moet 109 Malherbe 2008 NGTT 274-276. Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 63. 111 Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 64. 110 145 openbaar wanneer ´n beslissing gemaak moet word ten opsigte van godsdienstige gebruike en uitleg. Dit plaas ´n ewe belangrike plig op kerke en geloofsinstellings om op hoogte te wees van hulle eie gebruike en interpretasies. Van’t Spijker en Van Drimmelen112 som dit goed op wanneer hulle aantoon dat ´n kritiese teologiese besinning nodig is om die funksionering van die kerkreg te verstaan en behoort te geskied: “In samespraak met de Schrif, de traditie, de concrete kerklijke en maatschappelike situatie. Kerkrecht is daarbij die theologische wetenschap, die in de complexiteit van het theologische gebeuren in het bijzonder aandacht heeft voor de functie van de vastgelegde rechtsregels, in samehang met het geheel van de bezinning op de betekenis van het evangelie in de wereld waarvan de kerk zelf een onderdeel is. Er is niet een simpel schriftberoep mogelijk in het kerkrecht; er is niet een simpel beroep op de wens van een bepaalde gemeente mogelijk; er is niet een simpel beroep op ambtelijk gezag mogelijk; er is evenmin een simpel beroep op een Kerkorde-artikel mogelijk. Alleen in de totale samehang van de kerkelijke werkelijkheid is de contingente beslissing te nemen [...].” [Eie kursivering.] Sake soos De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another113 Odendaal v Kerkraad van die Gemeente BloemfonteinWes van die N.G. Kerk in OVS en Andere114 en Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika115 bevestig die posisie dat ´n burgerlike hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig sy vertolking daarvan op te tree. Die Hoogste Hof van Appèl in Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika116 bevestig dat ´n behoorlike uitleg van die Kerkorde insluit dat die woorde oorweeg moet word met inagneming van die aard en opset en ook dat daar na die samehang van die woorde in die Kerkorde as geheel gekyk moet word. Die hof steun hier op die siening van Lord Wilberforce in Prenn v Simmonds117 wat beslis dat die breë kontekstuele agtergrond ook die sogenaamde “matriks van feite” insluit waarin die Kerkorde geset is wanneer die Kerkorde vertolk word. Die hof beslis soos volg: 112 Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 71. De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another 1952 (2) SA 83 (O). Odendaal v Kerkraad van die Gemeente Bloemfontein-Wes van die N.G. Kerk in OVS en Andere 1960 (1) SA 160 (O). 115 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A). 116 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA). 117 Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL) 239J. 113 114 146 “[…] the time has long passed when agreements, even those under seal, were isolated from the matrix of facts in which they were set and interpreted purely on internal linguistic considerations [...] We must enquire beyond the language and see what the circumstances were with reference to which the words were used, and the object, appearing from those circumstances, which the person using them had in view.” ´n Interessante voorbeeld tref ons aan ten opsigte van geluidsregulasies en die vraag of geloofsinstellings vrygestel sal word van bepaalde regulasies en wette ten opsigte van die lui van klokke of byvoorbeeld die roep van ´n bilal (gebedsroeper). Dit bied ´n nuttige illustrasie van die feit dat godsdienstige uitdrukking steeds so uitgelê moet word om gevolg te gee aan die reg op godsdiensvryheid. Aangesien godsdienstige praktyke en gebruike ter sprake is, behoort ´n akkommoderende uitleg gevolg te word eerder as ´n beperkende uitleg en in lyn met die hof se benadering van terughoudendheid met betrekking tot godsdienstige vraagstukke. 6.5.4 Voorbeeld In die Suid-Afrikaanse konteks is die beslissing van die hof in Garden Cities Incorporated Association Not For Gain118 interessant. Die besigheid van Garden Cities, ´n ingelyfde vereniging sonder winsoogmerk, was om informele woonbuurtes in die Kaap te ontwikkel. Ooreenkomstig artikel 18 van die Townships Ordinance 33 van 1934 was twee van die erwe aangemerk vir doeleindes van godsdienstige oogmerke. Een van die erwe is verkoop aan ´n korporatiewe liggaam, Northpine Islamic Society, met die uitsluitlike doel om ´n moskee op te rig in Northpine naby Brackenfell. Kragtens die ooreenkoms tussen die partye is daar ten aansien van die gebruik van klankversterkers, op die volgende bepaling ooreengekom: “No amplified sound: (a) The purchaser will conduct no activities on this erf which will, in the opinion of Garden Cities, be a source of nuisance or disturbance to other owners of erven in the township and, in particular, no sound amplification equipment will be used on or in the buildings and/or structures to be erected on this erf. (b) No ‘call to prayer’ will be made from the buildings and/or structures and the purchaser undertakes to install a light at the top of the minaret which will be switched on at the hour of 118 Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K). 147 prayer. The light to be installed will be used in such a way as not to be a nuisance or disturbance to other owners of erven in the township.” Ten spyte van hierdie bepaling, het die Northpine Islamic Society ´n klankversterker en luidspreker by die moskee geïnstalleer. Gevolglik word ´n aansoek gebring om die respondent te verbied om hierdie toerusting te gebruik en om dit te verwyder en voer hulle aan dat hulle reg op godsdiensvryheid aangetas is. Conradie R is van mening dat die beroep op godsdiensvryheid “is too dramatically stated” en dat die “prohibition does no more than consensually regulate a particular ritual practised at a particular place. It does that in the interest of other members of the community”.119 Hierdie siening van Conradie R word gekritiseer deur Goolam120 wat aanvoer dat die beslissing nie artikel 31 van die Grondwet (kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe) in ag neem nie. Hy is van mening dat: “If, however, the Islamic call to prayer (athaan) constitutes a source of nuisance or disturbance to some members of our society, then the striking of bells equally amounts to noise pollution to other members of our society. If the athaan is curtailed, then perhaps the time has come for the bell to toll on the tolling of bells in a secular South Africa. This would amount to equality of treatment in respect of all noises, nuisances and disturbances emanating from religious buildings and/or structures.” So ´n benadering vergelyk egter appels met lemoene! Om die lui van klokke summier met die situasie voor hande te vergelyk, is myns insiens nie korrek nie. Suid-Afrika is ook geen sekulêre staat nie, maar eerder ´n godsdiensneutrale staat wat voorsiening maak vir die verskansing van godsdiensregte sonder om aan ´n spesifieke geloof of geloofsbelydenis voorkeur te gee. Hoewel die staat dus nie soseer “godsdienstig” is nie, word ruimte gelaat vir die bevordering en verwesenliking van godsdiens. Elke beperking moet op sy eie meriete en feite beoordeel word om vas te stel of dit ´n billike beperking op die reg op godsdiensvryheid is. Die hof het myns insiens wel gefouteer om nie in ag te neem dat die moskeeroep, nes kloklui, ´n duidelike godsdienstige funksie vervul nie. Die reg op godsdiensvryheid, soos reeds gesien, geld egter nie onbeperk nie en enige beperking ten aansien van geluidsterkte, duur en frekwensie moet steeds deeglik aan die hand van die beperkingskriteria getoets word, aangesien dit ´n beperking van die reg op godsdiensvryheid daar kan stel, wat nie deur 119 120 Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K) 271B-C. NMI Goolam “Time for the Bell to Toll on the Tolling of Bells?” (1999) 62 THRHR 643. 148 Conradie R in Garden Cities gedoen is nie, en rede vir kritiek kan wees. Indien ´n behoorlike belange-afweging gedoen is aan die hand van die beperkingskriteria, met inagneming van die funksie van die moskeeroep asook die belange van die inwoners, sou die beslissing van Conradie R dalk as ´n billiker beperking van die reg op vryheid van godsdiens gesien kon word, al sou die gevolg van so ´n belange-afweging dieselfde resultaat tot gevolg gehad het. Algemene wetgewing is dikwels van toepassing op godsdienstige organisasies, maar dikwels word spesiale aanpassings gemaak om in die behoeftes van spesifieke godsdienstige organisasies te voorsien. In Duitsland word dit gereël deur die Bundesimmissionsschutzgesetz (Federal Immission Control Act) en die howe se siening is dat liturgiese kloklui deur kerke in die tradisionele en gewone sin op ´n gereelde basis “does not constitute a substantial burden to the public [...] but they are a social adequate immission”. Die howe beslis egter ietwat anders rakende die lui van kerkklokke om die tyd aan te kondig en beslis dat “this kind of ringing must be somewhat less loud”. Die howe beslis ook op dieselfde wyse rakende die liturgiese kerkkloklui vir die roep van ´n bilal. Daar is verskeie moskees in Duitsland en die gebedsroeper se roep word gesien as “legally accepted”. Die roep kan selfs met behulp van luidsprekers harder gemaak word, maar met inagnemening van die legitieme behoeftes van die inwoners en selfs verkeer.121 Gevolglik is die lui van kerkklokke of die roep van die bilal nie uitgesluit van geluidsregulasies nie, maar word wetgewing eerder gesien as akkommoderend en regulasies neem dus godsdienstige behoeftes in ag en is dit die regering se plig om wedersydse belange behoorlik te balanseer en te akkommodeer. In Nederland bepaal artikel 10 van die Wet op Openbare Manifestaties onder andere die volgende: “Klokgelui ter gelegenheid van godsdienstige en levensbeschouwelijke plechtigheden en lijkplechtigheden, alsmede oproepen tot het belijden van godsdienst of levensovertuiging, zijn toegestaan. De gemeenteraad is bevoegd ter zake regels te stellen met betrekking tot duur en geluidsniveau.”122 121 G Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion and Belief in Germany” (2005) 19 Emory Int’l L. Rev 885. BC Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies. Een Grondrechtelijk-Rechtsfilosofische Studie naar de Betekenis en Grenzen van Religieuze Tolerantie (1994) 160. 122 149 Met die inwerkingtreding van bogenoemde wet, is die Wet op de Kerkgenootschappen van 1853 herroep, wat ten aansien van kloklui die volgende bepaling (artikel 8) gehad het: “1. Het klokkengelui tot viering van kerkelijke plectigheden of om de ingezetenen tot de godsdienstoefening op te roepen, kan in gemeenten, waar kerken van meer dan één kerkgenootschap zijn, in het belang der openbare orde en rust door Onzen Commisaris in de provincie worden verboden. 2. Klokkengelui tot andere einden heeft geenen plaats dan met vergunning der plaatselijke politie.” Hierdie bepaling kon dus kloklui verbied en nie bepaalde regulasies neerlê ten einde kloklui te reguleer nie. Die inhoud van hierdie bepalings is dan ook nie vervat in die bepalings van die Wet op Openbare Manifestaties nie, maar die gevolg van artikel 10 is dat daar nou uitdruklike wetlike beskerming bestaan vir ´n godsdienstige uitingsvorm. Die gemeenteraad bly steeds bevoeg om regulasies neer te lê ten opsigte van die tydsduur en die geluidsvlak. Die vraag is of dit ´n toelaatbare beperking van die reg op godsdiensvryheid is. Indien ´n munisipale regulasie slegs voorsiening maak vir die tradisionele kloklui op ´n Sondag, kan die moskee-oproep op ´n Vrydag wel ´n beperking van godsdiensvryheid daarstel. Ook indien die behoefte sou ontstaan om daaglikse gebedsoproepe te doen. Labuschagne123 voer aan dat kloklui en gepaardgaande godsdiensoproepe nie sonder meer vry van beperkings is nie en sou ´n normale belange-afweging gedoen moet word aan die hand van die beperkingskriteria in artikel 6(2) van die Nederlandse Grondwet en artikel 9 van die Europese Verdrag. So is daar reeds in verskeie gemeenskappe ooreenkomste aangegaan tussen byvoorbeeld die Islamitiese gemeenskap en die plaaslike owerheid met betrekking tot die tydsduur en geluidsvlak van die gebedsoproep. ´n Plaaslike owerheid sou dan gepaste regulasies kon neerlê ten einde die behoeftes van ´n bepaalde godsdienstige gemeenskap te akkommodeer. Daar moet egter ook in ag geneem word dat ander inwoners ook sekere belange en behoeftes het en gevolglik sal sekere grense wel aan hierdie reg op godsdiensvryheid gestel kan word. Labuschagne124 kritiseer ´n vroeëre siening van die Minister van Buitelandse Sake dat godsdienstige “uitinge” in dieselfde 123 124 Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 161. Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 163-164. 150 lig as die vryheid van uitdrukking in die normale sin van artikel 7 van die Nederlandse Grondwet gesien kan word. Die Minister maak die opmerking dat daar aan die inhoud van ´n “uitdrukking”, perke gestel kan word en bepaal spesifiek ten aansien van die geluidsterkte by musikale uitdrukkings die volgende: “(A)rtikel 7 lid 3 GW verschaft geen vrijbrief voor elke door musici gewenste geluidsterkte. [...] De geluidsterkte ten gevolge van het gebruik van geluidswagens, megafoons, e.d. maaktaldus de regering – geen essentieel onderdeel uit van de inhoud van de gedachten of gevoelens, die langs die weg tot uiting worden gebracht. Het hier gestelde geldt naar mijn oordeel mutatis mutandis evenzeer voor vergelijkbare uitingen ter belijdenis van godsdienst of levensovertuiging, die onder artikel 6 Grondwet begrepen zijn.” Wat die Minister egter ook uit die oog verloor is dat die inhoud van godsdienstige uitdrukkings nie sonder meer uitgelê en gedefinieer kan word aan die hand van die normale uitleg ten opsigte van vryheid van uitdrukking nie. Dit is immers godsdienstige uitdrukkings waarvan die inhoud aan die hand van die bepaalde geloofsoortuiging van die betrokke geloofsinstelling verstaan moet word. So ´n uitdrukking word ook beskerm deur die addisionele beskerming wat die reg op godsdiensvryheid verleen. Labuschagne125 blyk korrek te wees in sy siening dat die oproep tot gebed of erediens immers ´n godsdienstige handeling is waarvan die inhoud van die boodskap duidelik deur die geluidsterkte en intensiteit bepaal kan word, wat nie die geval is by ´n gewone meningsuiting nie. Volgens hom kan “een hoger geluidsniveau meer gelovigen eraan [...] herinneren ter kerke of naar de moskee te gaan, wat uiteraard vanuit het perspectief van een kerk of moskee bezien van groot belang is”. Die kloklui en moskeeroep vervul dus ´n duidelike godsdienstige funksie. Enige beperking met betrekking tot die geluidsterkte, duur en frekwensie kan ´n beperking van die vryheid van godsdiens beteken en so ´n beperking sal deeglik aan die hand van die beperkingskriteria getoets moet word. Hier sal die “interpretatiewe terughoudenheid” van die howe ook ´n belangrike rol speel, sowel as ´n billike uitleg van bepaalde reëls en regulasies om die aard van die geloofsinstelling in ag te neem binne die bepaalde feitelike konteks. 125 Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 164. 151 6.6 GEVOLGTREKKING Die reg op godsdiensvryheid soos vervat in die Grondwet, gee kerke en ander geloofsinstellings die reg om hulself en voortspruitende ampte te definieer. Die howe kan egter steeds ondersoek instel na ´n bepaalde geloofsinstelling se leerstellings en of dit deel uitmaak van ´n bepaalde godsdiens, maar behoort sigself nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke geloofsinstelling nie. Ooreenkomstig die leerstuk van nie-inmenging en die leerstuk van marginale toetsing behoort die howe ´n benadering te volg wat akkommoderend genoeg is om voorsiening te maak vir die reg van outonomie van godsdienstige organisasies rakende interne aangeleenthede van ´n duidelike godsdienstige aard, wat selfs aktiwiteite van ´n mindere godsdienstige aard kan insluit. Die feit dat ´n burgerlike hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig sy vertolking daarvan op te tree, beteken egter nie dat die howe ´n eie vertolking en interpretasie van godsdienstige aspekte kan gee nie. Die howe behoort terughoudendheid te openbaar, ook ten aansien van die uitleg van die statuut. Die spesifieke feitelike konteks is van groot belang, asook die feit dat ´n geloofsinstelling betrokke is en gevolglik “is [it] confirmed in several decisions that the intensity of review clearly depends on the subject matter in hand”.126 Waar hierdie bespreking ook hoofsaaklik gefokus het op die vraag tot welke mate ´n hof hom sal uitlaat oor geloofskwessies en wat die gevolglike trefwydte van hersiening van ´n kerklike handeling of besluit is, wil die volgende hoofstuk fokus op die gronde en omstandighede vir die geregtelike hersiening van bogenoemde privaatregtelike funksies. Die bespreking sal fokus op die toepassingsveld van die administratiefreg spesifiek ten aansien van private optredes deur geloofsinstellings en wat die redes is waarom die howe ´n toenemende bereidwilligheid toon om nie net die optrede van openbare liggame te hersien nie, maar ook dié van private entiteite. Hierdie benadering kom ook duidelik na vore op die gebied van arbeidsverhoudinge en die definiëring van die amp van predikant in die besonder deur verskillende kerke 126 See R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840 [18] (“the intensity of review in a public law case will depend on the subject matter in hand.”); Sheffield City Council v Smart [2002] EWCA Civ 14 [2002] HLR 639 [42] (“There is now a good deal of modern authority to the effect that the intensity of judicial review varies with the subject-matter”). 152 en geloofsinstellings. Die diensverhouding van ´n predikant soos dit toepassing vind binne verskeie denominasies sal ondersoek word. Waar die vorige hoofstukke gefokus het op die onderlinge verhouding en veral die botsing van verskillende fundamentele regte, en die nie-inmenging van die staat in die interne organisasie van geloofsinstellings, wil die volgende hoofstuk poog om die belangrikheid van die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uit te lig, met die gepaardgaande implikasie vir geloofsinstellings. Die interaksie tussen administratiefreg en arbeidsreg sal dus ook aandag geniet. 153 HOOFSTUK 7 7 DIE TOEPASSINGSVELD VAN DIE ADMINISTRATIEFREG 7.1 INLEIDING EN AGTERGROND Ooreenkomstig die gemenereg het die begrip “administratiewe handeling” geen spesifieke betekenis nie en voor 1994 het die howe byna nooit spesifiek na die term verwys nie. Die vraag was baie meer algemeen van aard: Of ´n orgaan deel uitmaak van die uitvoerende gesag in die breë sin van die woord en kwalifiseer as ´n openbare liggaam en indien nie, of die handelinge tog hersienbaar is op ander gronde – hoofsaaklik uit hoofde van die dissiplinêre aard van die handeling. ´n Baie vae beskrywing dus, maar ook nie vreemd in die lig van ons geskiedenis van misbruik van openbare gesag nie. Hoexter merk tereg op: “Administrative law was pressed into service as a vehicle to protect human rights in an order that was characterised by repressive, inhumane and unequal laws.”1 Die howe het gevolglik ´n toenemende bereidwilligheid getoon om nie net die optrede van openbare liggame te hersien nie, maar ook dié van private entiteite. Geregtelike hersiening verwys na die bevoegdhede van die howe om administratiewe besluite te kontroleer, te ondersoek en tersyde te stel. In die predemokratiese tydperk (voor 1994), was die hersieningsbevoegdheid van die hof ´n inherente bevoegdheid ontleen aan en beheer deur die gemenereg, maar dikwels gekwalifiseer deur die ultra vires-leerstuk (wat sy ontstaan en ontwikkeling vanuit die Engelse reg ken).2 Dit was moeilik om ingevolge hierdie leerstuk die hersiening van private funksies of uitoefening van niestatutête funksies te verklaar (hoofsaaklik as gevolg van die ultra vires-leerstuk se klem op statutêre inhoud) en is dus dikwels gesien as “an incomplete 1 C Hoexter Administratiev Law (2007) 165. Hierdie inherente bevoegdheid van die hof tot hersiening word deur die hof in Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111 op 115 beskryf soos volg: “Whenever a public body has a duty imposed on it by statute, and disregards important provisions of the statute, or is guilty of gross irregularity or clear illegality in the performance of his duty, this Court may be asked to review the proceedings complained of and set aside or correct them. This is no special machinery created by the Legislature; it is a right inherent in the Court.” Vir ´n grondwetlike benadering tot die ultra viresleerstuk, sien AJH Henderson “The Curative Powers of the Constitution: Constitutionality and the New Ultra Vires Doctrine in the Justification and Explanation of the Judicial Review of Administrative Action” (1998) 115 SALJ 346. Sien verder rakende die ultra vires-leerstuk L Baxter Administrative Law (1984) 303-305, 307-312 en vir die Engelse posisie, C Forsyth (ed) Judicial Review and the Constitution (2000), W Wade en C Forsyth Administrative Law 9th ed (2004); PP Craig Administrative Law 5th ed (2003); P Craig “Ultra Vires and the Foundations of Judicial Review” (1998) 57 Cambridge Law Journal 63; P Craig “Competing Models of Judicial Review” 1999 Public Law 428; J Jowell “Of Vires and Vaccuums: The Constitutional Context of Judicial Review” 1999 Public Law 448; J Jowell “Parliamentary Sovereignty Under the New Constitutional Hyphothesis” 2006 Public Law 562. 2 154 account of review”.3 In die nuwe demokratiese bedeling, word hersiening (indirek) deur artikel 33 van die Grondwet en (direk) deur die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 (PAJA) beheers.4 Dit gebeur wel dat ´n besluit dalk nie voldoen aan die eng definisie van “administratiewe handeling” ingevolge PAJA nie en gevolglik hersien kan word kragtens die Grondwet (op grond van die grondwetlike legaliteitsbeginsel waar dit gaan oor die uitoefening van openbare gesag) of die gemenereg in die geval van private funksies. Dit is die laasgenoemde (beperkte) kategorie wat die fokus van hierdie bespreking vorm. Die vraag wat dus na vore kom, is onder welke omstandighede moet hersiening vir bogenoemde privaatregtelike funksies en handelinge plaasvind en wat die gronde daarvoor is. Volgens Hoexter5 is die moontlike verduideliking van die hersienbaarheid van privaatregtelike bevoegdhede in die administratiefreg, die toepassing van artikel 8(2) van die Grondwet en die moontlike horisontale aanwending van artikel 33 van die Grondwet. Hierdie bespreking sal fokus op die gronde van hersiening ten aansien van private instellings (soos geloofsinstellings), met verdere verwysing na die onderskeid tussen publiek- en privaatreg en die rol van veral die kontraktereg in die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. Soos dit sal blyk, het die howe gereeld die besluite van private entiteite hersien (insluitende kerke en klubs) uit hoofde van die kontraktuele verhouding tussen lede en ook spesifiek in die konteks van dissiplinêre verhore. Geld dit ook vir dissiplinêre optrede voortspruitend uit ´n dienskontrak? En wat is die posisie indien daar geen dienskontrak bestaan nie? Die bespreking sal gevolglik ook fokus op die posisie ten opsigte van ´n predikant wat geskors of ontslaan word voortspruitend uit ´n dienskontrak al dan nie. Die bespreking sal fokus op die diens van ´n predikant, die dienskontrak en die gevolglike vraag of dit as arbeidsregtelik aangemerk kan word wat aan die hand van die bestaande arbeidswetgewing gereël moet word, en of dit ´n sui generis-verhouding is ingevolge die interne reg van die betrokke kerk of geloofsinstelling. Die regsposisie van die predikant sal krities ondersoek word deur te 3 Hoexter Administrative Law 111. Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid sal in die daaropvolgende bespreking na verwys word as PAJA. 5 Sien Hoexter Administrative Law 121. 4 155 fokus op die posisie in verskeie denominasies, aan die hand van voorbeelde, en die posisie in Nederland. Die bespreking sal ook fokus op die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg met die voorbeeld van openbare indiensneming as vertrekpunt, aangesien daar aangevoer word dat ontslag binne openbare sektor-verhoudinge eerder deur die arbeidsreg as die administratiefreg bereg moet word. Binne geloofsinstellings, juis waar ´n verhouding nie as arbeidsregtelik aangemerk word nie, vind die administratiefreg eerder toepassing. Die bespreking sal verder poog om die belangrikheid van die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uit te lig, met die voortspruitende implikasie vir private entiteite. Vervolgens word enkele begrippe wat van belang is vir doeleindes van die bespreking, kortliks bestudeer. 7.2 KONSEPTUALISERING 7.2.1 Die gemenereg Administratiewe geregtigheid verwys na die begrip legaliteit wat ingevolge die gemenereg in die eng sin inhou dat alle staatsoptrede veroorloof moet word deur die reg en dat dit die gevolglike regverdigingsgrond skep vir geregtelike hersiening. In die breë sin beteken dit dat alle handelinge van publieke owerheidsinstellings wettig veroorloof moet wees, maar ook moet voldoen aan sekere minimumstandaarde van die reg, insluitende redelikheid, gelykheid voor die reg en die afwesigheid van arbitrêre administratiewe optrede.6 Boulle7 verkies die term “administratiewe geregtigheid” en volgens hom sluit die begrip beginsels van redelikheid, billikheid, gelykheid, veroorloofdheid en proporsionaliteit in. Hy onderskei tussen prosedurele sowel as substantiewe administratiewe geregtigheid. Eersgenoemde omvat die reëls van billikheid en natuurlike geregtigheid, terwyl laasgenoemde verband hou met billike en rasionele resultate ooreenkomstig inviduele of gemeenskapspersepsies.8 Die gemeenregtelike vereiste vir legaliteit is dikwels omskryf as “applying one’s mind to the matter”, wat vereis het dat ´n administrateur moes voldoen het aan “all the 6 Y Burns Administrative Law under the 1996 Constitution (1998) 58-59. LJ Boule “ADR Application in Administrative Law” 1993 Acta Juridica 138. 8 Burns Administrative Law 130. 7 156 requirements for administrative legality”.9 Die gemeenregtelike hersieningsbevoegdheid is deur Innes HR in Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council10 soos volg omskryf: “Whenever a public body has a duty imposed on it by statute, and disregards important provisions of the statute, or is guilty of gross irregularity or clear illegality in the performance of this duty, this Court may be asked to review the proceedings complained of and set aside or correct them. This is no special machinery created by the Legislature; it is a right inherent in the Court.” Hoexter11 voer aan dat hierdie siening van Innes HR nie meer heeltemal korrek is nie, aangesien gemeenregtelike hersiening nie meer slegs afhanklik is van die bestaan van ´n openbare liggaam, ´n statutêre plig of ´n “gross irregularity” of “clear illegality” nie. ´n Meer gedetailleerde benadering vind ons in Northwest Townships Ltd v Administrator, Transvaal12 waar Colman R beslis dat “a failure by the person vested with the discretion to apply his mind to the matter” sluit in “capriciousness, a failure, on the part of the person enjoined to make the decision, to appreciate the nature and limits of the discretion to be exercised, a failure to direct his thoughts to the relevant data or the relevant principles, reliance on irrelevant considerations, an arbitrary approach, and an application of wrong principles”. Dit word ook verwoord en goed opgesom deur die hof in Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Limited:13 “Broadly, in order to establish review grounds it must be shown that the president failed to apply his mind to the relevant issues in accordance with the ‘behests of the statute and the tenets of natural justice’. [...] Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision was arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a result of unwarranted adherence to a fixed principle or in order to further an ulterior or improper purpose; or that the president misconceived the nature of the discretion conferred upon him and took into account irrelevant considerations or ignored relevant ones; or that the decision of the president was so grossly unreasonable as to warrant the inference that he had failed to apply his mind to the matter in the manner aforesaid.[...] Some of these grounds tend to overlap.” 9 Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution (2006) 198. Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111 op 115. 11 Hoexter Administrative Law 112. 12 Northwest Townships Ltd v Administrator, Transvaal 1975 (4) SA 1 (T) 8G. 13 Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Limited 1988 (3) SA 132 (A) 152A-D. 10 157 7.2.2 Die Grondwet en PAJA Die legaliteitsvereistes het sy oorsprong in die gemenereg en is nie in die SuidAfrikaanse reg gekodifiseer nie. Dit bereik egter die status van ´n fundamentele reg deurdat dit opgeneem is in artikel 33 van die Grondwet, soos uitgedruk deur die hof in Pharmaceutical Manufacturers Association of South Africa:14 “The common-law principles that have previously provided the grounds for judicial review of public power have been subsumed under the Constitution, and in so far as they might continue to be relevant to judicial review, they gain their force from the Constitution.” Die hof beklemtoon egter steeds die belangrikheid van die gemeenregtelike beginsels: “That is not to say that the principles of common law have ceased to be material to the development of public law. These well-established principles will continue to inform the content of administrative law and other aspects of public law, and will contribute to their future development.” Regmatige administratiewe optrede, soos tans vervat in die Grondwet, is basies dieselfde as die gemeenregtelike beginsel van administratiewe geregtigheid. Artikel 6 van PAJA, wat die gronde van hersiening uiteensit, omvat die meerderheid van die gemeenregtelike beginsels van administratiewe geregtigheid. Burns en Beukes15 voer selfs aan dat artikel 6 as ´n kodifikasie van die beginsels van administratiewe legaliteit gesien kan word. Die verhouding tussen die gemenereg, die Grondwet en PAJA word deur die Konstitusionele Hof in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism16 soos volg omskryf: “The grundnorm of administrative law is now to be found in the first place not in the doctrine of ultra vires, nor in the doctrine of parliamentary sovereignty, nor in the common law itself, but in the principles of our Constitution. The common law informs the provisions of PAJA and the Constitution, and derives its force from the latter. The extent to which the common law remains relevant to administrative review will have to be developed on a case-by-case basis as the courts interpret and apply the provisions of PAJA and the Constitution.” 14 Pharmaceutical Manufacturers Association of South Africa In Re: Ex Parte Application of President of the RSA 2000 (3) BCLR 241 (KH), 2000 (2) SA 674 (KH) par 33-45. 15 Burns en Beukes Administrative Law 89. 16 Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (7) BCLR 687 (KH), 2004 (4) SA 490 (KH) par 22. 158 Die gemeenregtelike beginsels bly dus steeds relevant en Hoexter17 voer aan dat artikel 33 en ander relevante bepalings gesien moet word “as both incorporating and expanding on the established principles of the common law”. Dit is dan ook in ooreenstemming met artikel 39(3) van die Grondwet, wat bepaal dat die Handves van Regte nie die bestaan ontken van ander regte of vryhede wat deur die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is. Die gemeenregtelike beginsels het egter ´n beperkte rol en vind hoofsaaklik aanwending ten aansien van private funksies. Binne die sfeer van geregtelike hersiening in ´n administratiefregtelike sin, beskryf Hoexter18 vyf moontlike “pathways to review”, waarvan die gemeenregtelike hersiening slegs een van die vyf moontlikhede is. Die vyf opsies word gerieflikheidshalwe opgesom in die volgende tabel: 17 18 Hoexter Administrative Law 28. Hoexter Administrative Law 112. 159 TOEPASSING VAN DIE ADMINISTRATIEFREG Hersiening in ´n “administratiefregtelike” sin Gemeenregtelike Artikel 33 PAJA Legaliteitsbeginsel hersiening Spesiale statutêre hersiening (private funksies) “administratiewe “nié-administratiewe Wet op handeling” handeling” Toegang tot Inligting 33 Regverdige administratiewe “It is a requirement of the rule of PAJA law that the exercise of public optrede “Om uitvoering te gee aan die reg power by the Executive and other op op administratiewe optrede wat functionaries wat regmatig, redelik en prosedureel arbitrary.” regmatig, redelik en prosedureel billik is; en om uitvoering te gee billik is. aan die reg op skriftelike redes vir (Pharmaceutical administratiewe (1) Elkeen het administratiewe die reg optrede should not be Manufacturers soos Association of SA: In re Ex Parte (2) Elkeen wie se regte nadelig voorsien in artikel 33 van die President of the Republic of South geraak Grondwet van die Republiek van Africa 2000 (2) SA 674 (CC) par Suid-Afrika, 1996; 85) voorsiening te optrede is het deur die administratiewe reg op verskaffing van skriftelike redes. die aangeleenthede optrede en om maak vir wat daarmee verband hou.” Behalwe vir gemeenregtelike hersiening, is hersiening gevolglik moontlik ooreenkomstig artikel 33 van die Grondwet of PAJA. In beide gevalle moet die handeling voldoen aan die vereistes van ´n administratiewe handeling. Indien dit nie voldoen aan die vereistes van die definisie nie (dit is byvoorbeeld ´n uitvoerende handeling eerder as ´n administratiewe handeling), is hersiening steeds moontlik ooreenkomstig die grondwetlike legaliteitsbeginsel (anders as die gemeenregtelike 160 legaliteitsbeginsel). Die laaste opsie is waar wetgewing spesifiek voorsiening maak vir statutêre hersiening, soos in die geval van die Wet op Toegang tot Inligting 2 van 2000. Behalwe vir die beperkte kategorie van gemeenregtelike hersiening, het al die ander moontlikhede betrekking op die beperking van die uitoefening van openbare gesag deur die howe. Aangesien huishoudelike tribunale en geloofsinstellings selde ´n openbare gesag uitoefen in hulle optredes en beslissings, fokus hierdie bespreking gevolglik op geregtelike hersiening ooreenkomstig die gemenereg ten aansien van private funksies. Die moontlike gronde vir die hersiening van private funksies, sowel as die moontlike horisontale aanwending van die Grondwet, sal nou verdere aandag geniet. 7.3 HORISONTALE AANWENDING 7.3.1 Inleiding en enkele opmerkings Die basiese gedagte agter die debat rakende die horisontale aanwending van die Handves van Regte is die algemene uitgangspunt dat ´n Handves van Regte hoofsaaklik van ´n publiekregtelike aard is en toegepas moet word in die vertikale verhouding tussen staat en burger. Om voorsiening te maak vir die horisontale aanwending van ´n Handves van Regte “would have unduly intrusive consequences in matters that were adequately regulated by ‘private law’”.19 Daar word selfs na verwys as die konstitusionalisering van die privaatreg of die privatisering van fundamentele regte.20 Hierdie debat, waarna in Duitsland verwys word as die probleem rakende Drittwirkung – die drieledige werking van die Duitse Basiese Reg – is hoofsaaklik gebaseer op die onderskeid tussen publiek- en privaatreg en wat in Suid-Afrika berus op die onderskeid tussen staatlike reg en die interne reg van niestaatlike organisasies.21 Ingevolge die nuwe grondwetlike bedeling word aanvaar dat die grondwetlike regte nie alleen vertikale toepassing het en slegs die verhouding tussen staat en onderdaan beheers nie, maar ook horisontale toepassing het en die verhouding tussen privaat 19 A Cockrell “Private Law and the Bill of Rights: A Threshold issue of ‘Horizontality’” 25 October 2009 Bill of Rights Compendium Service par 3A2. In De Klerk v Du Plessis 1995 (2) SA 40 (T) 471 bepaal die hof dat “Traditionally bills of rights have been inserted in Constitutions to strike balance between governmental power and individual liberty; to constitute a precaution against state tyranny”. ´n Handves van Regte word verder in Jooste v Botha 2000 (2) SA 199 (T) 209C-D deur Van Dijkhorst R beskryf as “primarily a protective device, a buttress between State and subject for the furtherance of individual liberty in its wide sense”. 20 Sien D Visser “Enkele Beginsels en Gedagtes oor die Horisontale Werking van die Grondwet” (1997) 60 THRHR 296. 21 J van der Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” (1994) 57 THRHR 379. 161 individue beheers. Verder maak die Grondwet ook voorsiening vir beide die direkte en indirekte horisontale werking. Direkte horisontale toepassing van die Handves van Regte word deur Van Aswegen,22 in die konteks van kontrakte- en deliktereg, soos volg omskryf: “Direct horizontal application of the provisions of a bill of rights means that the regulation of private relations is automatically subjected to the provisions of the bill of rights and can never result in the infringement or limitation of any fundamental right protected in such an instrument.” Die doel is dus om ´n teenstrydigheid tussen die Handves van Regte en enige ander reg of optrede aan te toon en ´n persoon is dus gemagtig om kragtens artikel 38 ´n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ´n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ´n inbreukmaking dreig, waarna die hof gepaste regshulp kan verleen, met inbegrip van ´n verklaring van regte. Indirekte horisontale toepassing van die Handves van Regte verwys na die uitleg van enige wetgewing of die ontwikkeling van die gemenereg in ´n soortgelyke geval aan die hand van veral artikel 39(2) van die Grondwet. Soos dit blyk uit Du Plessis v De Klerk,23 kan ´n private geskil slegs deur die hof bereg word indien die skuldoorsaak of gronde van verweer reeds in die privaatreg bestaan of beskikbaar is. Daar kan dan aanspraak daarop gemaak word dat die bepaalde beginsels of reëls nie in stryd met die Grondwet toegepas word nie en dat die bestaande reg nie net toegepas nie, maar ook ontwikkel moet word om gevolg te gee aan ´n reg in die Handves. Uit die beslissing van die Konstitusionele Hof in Fose v Minister of Safety and Security24 blyk dit dan ook dat die hof ten gunste is van die indirekte horisontale toepassing van die Handves eerder as ´n direkte toepassing, soos veral blyk in die konteks van die deliktereg en skadevergoeding en met spesifieke verwysing na die 1996-Grondwet. Die onderskeid tussen direkte en indirekte horisontale aanwending van die Handves van Regte hou volgens Van der Walt25 weinig betekenis, maar wel metodologiese implikasies in, as daar gesteun word op Van Dijkhorst R se siening in Jooste v 22 A van Aswegen “The Implications of a Bill of Rights for the Law of Contract and Delict” 1995 SAJHR 53. Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658. 24 Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH). 25 J van der Walt “Die Toekoms van die Onderskeid Tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (deel 1)” (2000) 2 TSAR 421. Sien verder J van der Walt “Perspectives on Horizontal Application: Du Plessis v De Klerk Revisited” 1997 SAPL/SAPR 1. 23 162 Botha26 ten gunste van “the need to create new causes of action, should it be impossible to disclose a cause of action in existing private law”. Dit word ook verwoord deur Kriegler R in ´n minderheidsopinie in Du Plessis v De Klerk:27 “[I]t makes no fundamental difference with regard to such consequences whether the horizontal application of Chapter 3 is direct or indirect. It has little, if any, effect jurisprudentially or socially whether the chapter 3 rights are enforced directly or whether they ‘irradiate’private legal relationships.” Gevolglik moet die indirekte horisontale toepassing van die Handves gesien word as: “[...] a sound and courageous methodological procedure that takes seriously the challenge to invigorate existing common law with constitutional values.”28 Die Handves van Regte vind toepassing op die totale reg, wat insluit wetgewing, die gemenereg en gewoontereg wat alle private verhoudings reguleer. Dit was die eenparige besluit van die Konstitusionele Hof rakende die tussentydse Grondwet in Du Plessis v De Klerk29 en hoewel daar ´n verskil in opinie was rakende die direkte en indirekte toepassing van die Handves op die gemenereg, is Woolman et al.30 van mening dat “[it] does not affect the fact that all the judges were of the opinion that it does apply”. In die private sfeer veral, word die steun en rationale vir die horisontale werking verwoord deur Madala R in die saak van Du Plessis v De Klerk:31 “Those who would widen the scope of the operation of the Bill of Rights hold the view that the verticality approach is unmindful of the modern day reality that in many instances the abuse in the exercise of power is perpetrated less by the State and more by private individuals against other private individuals.”32 Bepaalde regspersone kwalifiseer uit hoofde van hulle aard nie vir die beskerming van sekere fundamentele regte nie. Volgens Pienaar33 bestaan daar geen voorskrifte ten opsigte van die tipes regspersone wat beskerming geniet, al dan nie, en gevolglik sal dit beide gemeenregtelike, sowel as statutêre regspersone wat nie as staatsorgane 26 Jooste v Botha 2000 (2) BCLR 187 (T). Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 (KH) par 122. 28 Van der Walt 2001 SAJHR 352. 29 Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658. 30 S Woolman, T Roux en M Bishop Constitutional Law of South Africa (2009) 300. 31 Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 op 727G-J. 32 Sien verder Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 en Van der Walt (2000) 2 TSAR 421; J van der Walt “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (deel 2)” (2000) 4 TSAR 605 en verder. 33 G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 566. 27 163 funksioneer nie, kan insluit. In Du Plessis v De Klerk34 bevestig die Konstitusionele Hof egter dat die tussentydse Grondwet nie in die algemeen voorsiening maak vir die direkte horisontale toepassing van fundamentele regte nie, hoewel die moontlikheid van uitsonderings wel oopgehou is. In suiwer privaatregtelike aangeleenthede behels dit dus dat die partye gewoonlik nie kan steun op fundamentele regte soos verskans in hoofstuk 3 nie, maar ingevolge artikel 35(3) kan die horisontale werking van hoofstuk 3 wel indirek aanwending vind in privaatregtelike verhoudings deurdat die howe gemagtig word om die gemenereg en gewoontereg te ontwikkel in ooreenstemming met die gees, strekking en waardes vervat in die Grondwet. Dit geld dus vir die interne reg van niestaatlike liggame en interne dissiplinêre verrigtinge moet byvoorbeeld kragtens die gemenereg aan die beginsels van natuurlike geregtigheid voldoen. Met betrekking tot die horisontale aanwending van die Handves en die tussentydse Grondwet, merk Van der Vyver35 verder op dat die vereistes van ´n billike verhoor, soos uiteengesit in artikel 25(3), sekerlik by die gemeenregtelike konsep van “natuurlike geregtigheid” ingelees sal word. Die hof by monde van Kentridge R beslis in hierdie verband soos volg: “Fortunately, the Constitution allows for the development of the common law and customary law by the Supreme Court in accordance with the objects of chapter 3. I have no doubt that this subsection introduces the indirect application of the fundamental rights provisions to private law. I draw attention to the words ‘have due regard to’ in s 35(3). That choice of language is significant. The Lawgiver did not say that Courts should invalidate rules of common law inconsistent with chapter 3 or declare them unconstitutional. The fact that Courts are to do no more than have regard to the spirit, purport and objects of the chapter indicates that the requisite development of the common law and customary law is not to be pursued through the exercise of the powers of this Court under s 98 of the Constitution. The presence of this subsection ensures that the values embodied in chapter 3 will permeate the common law in all its aspects, including private litigation.”36 Die finale Grondwet bevat duideliker bepalings rakende die omskrywing van regspersone as staatsorgane en die horisontale werking van die Grondwet, veral in die geval van regspersone wat nie as staatsorgane optree nie. Artikel 2 van die Grondwet37 bevestig die oppergesag van die Grondwet en bepaal uitdruklik dat enige 34 Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH). Van der Vyver 1994 THRHR 378. 36 Du Plessis v De Klerk 1996 3 SA 850 (KH) 885E-H. 37 Artikel 2 bepaal: Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word. 35 164 regsvoorskrif of optrede wat daarmee onbestaanbaar is, ongeldig is. Artikel 8 van die Grondwet is veral van belang. Artikel 8(1) bepaal dat die Handves van Regte van toepassing is op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane. Totale reg onderskei nie tussen die onderlinge vertakkings van die reg soos privaatreg, publiekreg, strafreg, handelsreg, en so meer, nie. Gevolglik is die Handves van Regte van toepassing op die totale reg wat privaat verhoudings reguleer. Dit was ook die eenparige siening van die Konstitusionele Hof in die saak van Du Plessis v De Klerk.38 Artikel 8(2) van die Grondwet bepaal dat die Handves van Regte ´n natuurlike of ´n regspersoon bind indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig daardeur opgelê. Die belangrike vraag wat dus na vore kom is: Wat is die omvang van die horisontale toepassing van die Handves op privaatregtelike regspersone?39 Volgens Pienaar40 is dit nie so eenvoudig nie en hang dit nou saam met die vraag welke regspersone as staatsorgane getipeer kan word. In die geval van verskeie kerkverbande is daar voor 2008 op statutêre wyse bepaal dat die kerk ´n regspersoon is. Die blote feit dat ´n regspersoon statutêr in die lewe geroep word, maak dit nie noodwendig ´n wetgewende of uitvoerende staatsorgaan nie. Beide die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika en die Metodistekerk van Suider-Afrika is in wetgewing as ´n (statutêre) regspersoon beskryf.41 Beide wette is in 2008 herroep.42 Die Apostoliese Geloofsending van SuidAfrika en die Metodistekerk van Suider-Afrika sou egter moeilik as staatsorgane getipeer kon word. Die horisontale werking van Hoofstuk 2 van die Grondwet word egter verder gekwalifiseer deur die “aard” van die reg en die verpligting wat opgelê word. Uit hoofde van bogenoemde kwalifikasie blyk dit dat artikel 33 grotendeels geassosieer 38 Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 par 72. Verskeie akademiese literatuur het die lig gesien rakende hierdie onderwerp. Sien byvoorbeeld J Lourens en M Frantzen “The South African Bill of Rights: Public, Private or Both: A Viewpoint on its Sphere of Application” 1994 CILSA 340; D van der Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 1994 THRHR 378; E de Wet “Indirect Drittwirkung and the Application Clause” 1995 SAJHR 610; HA Strydom “The Private Domain and the Bill of Rights” 1995 SAPR/PL 52; JWG van der Walt “Perspectives on Horizontal Application: Du Plessis v De Klerk Revisited” 1997 SAPR/PL 1; JWG van der Walt “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (deel 1)” (2000) 2 TSAR 421; G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 566. 40 G Pienaar “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” 1998 PER/PELJ 5. 41 Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika is in terme van artikel 3 van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika 24 van 1961, soos gewysig deur Wet 4 van 1970, as regspersoon omskryf. Hierdie bepaling is ook gevind in artikel 3 van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika 111 van 1978. 42 Sien onderskeidelik die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika No. 45 van 2008 en die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika No. 47 van 2008. 39 165 word met die funksies van die staat en die gevolglike uitoefening van publieke funksies eerder as private funksies. Currie en De Waal43 voer dus aan dat die aard van die reg op administratiewe optrede soos vervat in artikel 33 in die algemeen die direkte toepassing van die Grondwet op private handelinge uitsluit. Hierdie siening blyk in ooreenstemming te wees met die siening van Madala R in Du Plessis v De Klerk44 met betrekking tot die bepaalde feitelike konteks as riglyn: “We should examine every enumerated right and decide whether it can sensibly be applied in the private domain. In support of this approach, it all depends on the nature and extent of the particular right, the values that underlie it, and the context in which the alleged breach of the right occurs.” [Eie kursivering.] Woolman et al.45 voer aan dat die administratiefreg nog altyd aangewend is in die ongelyke verhouding tussen privaat partye en dat dit moontlik sou wees om die Handves van Regte aan te wend in vergelykbare verhoudings. Aangesien ´n Handves van Regte hoofsaaklik gemik is op die regulering van ongelyke verhoudings, is dit onwaarskynlik dat die Handves nuwe oplossings kan bied in suiwer privaatregtelike verhoudings tussen gelyke privaat partye en bly die privaatreg die hoofbron van geskille van so ´n aard. Artikel 8(2) maak voorsiening vir die algemene horisontale toepassing, maar slegs waar hoofstuk 2 toepasbaar is en volgens Currie en De Waal46 moet die reg horisontaal toegepas word tensy dit per definisie onvatbaar is vir horisontale aanwending.47 Dit sluit aan by die meer buigsame benadering van Cheadle en Davis48 wat aanvoer dat ´n reg horisontaal aangewend sal word indien die reg “capable [of] and suitable [for]” horisontale aanwending is. Die reg op administratiewe geregtigheid (artikel 33) is dus ´n reg wat deur Currie en de Waal49 gesien word as “inherently incapable of horizontal enforcement” ingevolge artikel 8(2). Artikel 39 van die Grondwet bevat egter ´n verpligting om die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder en bepaal soos volg: 43 I Currie en J de Waal The Bill of Rights Handbook (2005) 54. Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 par 161. 45 Woolman, Roux en Bishop Constitutional Law 307-308. 46 J de Waal, I Currie en G Erasmus The Bill of Rights Handbook (1998) 32. 47 Hier verwys hulle onder andere na kinders se basiese reg op voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste (artikel 28(1)(c)); politieke regte (artikel 19); die reg tot burgerskap (artikel 20); die reg van gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone (artikel 35) en die reg op administratiewe geregtigheid (artikel 33). 48 H Cheadle en D Davis “The Application of the 1996 Constitution in the Private Sphere” (1997) 13 SAJHR 44. 49 De Waal, Currie en Erasmus The Bill of Rights Handbook 33-34. 44 166 “39(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemenereg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder. (3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.” Artikel 39 maak dus voorsiening vir die indirekte horisontale aanwending van die Handves van Regte en word deur Hoexter50 gesien as “constitutional authority to set public-law standards for ‘private administrators’ to follow where coercive power is being exercised or where the relationship is one of inequality”. In hierdie verband voer Rautenbach51 aan dat, aangesien die Handves van Regte spesifiek gerig is op die beskerming van ongelyke regsverhoudinge tussen die staat en ander regsubjekte, die gees, strekking en oogmerke dus ook in ag geneem moet word by “ongelyke privaatregtelike verhoudings” en dus veral aanwending sal vind by vrywillige verenigings. Volgens hom bestaan daar reeds administratiefregtelik die beginsel dat sodanige verhoudings nie net bloot kontraktueel van aard is nie, maar dat administratiefregtelike beginsels aanwending vind. Sy standpunt is verder dat: “[...] administratiefregtelike beginsels op privaatregtelike regspersone van toepassing is, uitgesonderd in gevalle waar dit uitdruklik kontraktueel tussen die partye uitgesluit is. As gevolg van die ongelyke verhouding kan dit selfs wees dat die kontraktuele uitsluiting van hierdie gemeenregtelike administratiefregtelike beginsels deur ´n hof onkonstitusioneel bevind kan word.” 52 In die onlangse uitspraak in die saak van Taylor v Kurtstag53 aanvaar die hof by wyse van Malan R, soos voorgestaan deur Rautenbach en Malherbe,54 dat administratiefregtelike beginsels van toepassing is op ongelyke verhoudings soos dit veral toepassing vind ten aansien van dissiplinêre aangeleenthede binne kerke en geloofsinstellings, aangesien hierdie verhoudings gegrond is op “principles that are applicable to the application of general rules to individual cases in all unequal 50 Hoexter Administrative Law 124. IM Rautenbach General Provisions of the South African Bill of Rights (1995) 76-80. 52 Rautenbach General Provisions 76-80. 53 Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA 362 (W). 54 IM Rautenbach en EFJ Malherbe Constitutional Law 4th ed (2004) 201-205 vn 174, soos na verwys deur die hof in Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA par 42. 51 167 relationships”.55 Volgens Baxter56 bestaan daar twee verskillende lyne van beslissings rakende die toepasbaarheid van hersiening van private instellings. Bogenoemde benadering is in ooreenstemming met die wyer benadering tot hersiening, waar die howe meer geredelik die kontraktuele terme sal interpreteer om ´n billike verhoor te vereis voor dissiplinêre aksies geneem word en wanneer “a contracting party is not on equal bargaining par with the other”. Die hof in Klein v Dainfern College57 verwys met goedkeuring na bogenoemde siening van Baxter en beslis verder in hierdie verband soos volg: “No doubt the wider or more liberal approach to judicial review is based partly upon the realisation that members of private organisations often have little real choice over the terms of their agreements at all, including those relating to penal and disciplinary provisions. It is submitted that this view is more realistic.”58 Uit ´n Engelse benadering huldig Hunt59 die mening dat “the very existence of institutional power capable of affecting rights and interests” voldoende behoort te wees vir die hersiening van die betrokke handeling van ´n liggaam. Soos De Ville60 tereg opmerk, is die keuse om ´n bepaalde godsdiens te beoefen of politieke party te steun in bepaalde gevalle wel beperk en die blote (teoretiese) feit dat iemand oor ´n “keuse” ten aansien van verskillende instellings of organisasies beskik “should not influence the categorising (coercive) action which has important consequences for those affected by the actions of such ‘voluntary’ associations”. Hy gaan selfs so ver as om aan te voer dat: “because of the likely effect of s 39(2) of the Constitution, it matters little for purposes of determining the grounds of review to which voluntary associations are subject, whether their (coercive) actions qualify as administrative action.”61 Met betrekking tot artikel 39(2) was Malan R in Taylor v Kurtstag62 egter nie bereid om verder op die saak in te gaan nie. Dit is ook duidelik uit die uitspraak van Claassen R in Klein v Dainfern College63 dat die hof nie sy beslissing gebaseer het op die 55 Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA par 42. Baxter Administrative Law 340. 57 Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T). 58 Sien Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 16. 59 M Hunt “The Province of Administrative Law” in M Taggart (ed) Constitutionalism and the Contractualisation of Government in the United Kingdom (1997) 32. 60 JR de Ville Judicial Review (2005) 51. 61 De Ville Judicial Review 50. 62 Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA 362 (W) par 42. 63 Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 23. 56 168 toepassing van artikel 39(2) nie, inteendeel, die hof is van mening dat “the object and the spirit of the Bill of Rights is, inter alia, to curtail excess of public power by organs of State and not private institutions”. [Eie kursivering.] Claassen R gaan verder van die standpunt uit dat die hersiening van private funksies nie per se deur die Grondwet uitgesluit word nie en voer aan dat: “The extension of judicial review to domestic tribunals exercising public powers does not, however, mean that judicial review is now limited to such instances. Such extension did not, in my view, extinguish the courts’ powers of judicial review in instances where coercive actions of domestic tribunals not exercising public powers are at stake [...] No rational reason exists to exclude individuals from the protection of judicial review in the case of coercive actions by private tribunals not exercising any public power. To my mind the Constitution makes no pronouncements in respect of this branch of private administrative law. Thus, continuing to apply the principles of natural justice to the coercive actions of private tribunals exercising no public powers will in no way be abhorrent to the spirit and purport of the Constitution.”64 Met verwysing na die beginsels van natuurlike geregtigheid, blyk dit dat die hof die hersiening van private funksies eerder sien in die lig van die toepassing van die gemeenregtelike beginsels, as die indirekte toepassing van die Handves deur middel van artikel 39(2) van die Grondwet. Hoewel De Ville ´n meer radikale benadering volg ten aansien van die toepassing van artikel 39(2), bevestig hy die gemeenregtelike hersiening van sodanige funksies soos volg: “Insofar as voluntary associations or domestic tribunals are concerned, their actions (insofar as these actions were of a coercive nature, for example, disciplinary proceedings) have in the past been held to be subject to administrative law principles. Whereas some commentators have taken the view that the (coercive) actions of these associations would qualify as administrative action, others have argued that the actions of these bodies will generally not so qualify as they do not exercise public powers or perform public functions. If the latter approach is adopted, the coercive actions of voluntary associations would nevertheless still be subject to review on the basis of common-law administrative principles.” Dit blyk dus uit bogenoemde dat selfs na aanvang van die nuwe grondwetlike bedeling, die gemeenregtelike beginsels steeds aanwending vind, maar wel binne wat 64 Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 24. 169 beskou word as die beperkte area van “private administratiefreg”. Dit word soos volg deur die hof beaam in Klein v Dainfern:65 “I am in agreement with the following words [...] ‘Administrative action’ is the conduct of public authorities and indeed private entities when they exercise public powers, perform public functions or are obliged to exercise authority in the public interest. This means that common-law review now only applies in a very narrow field in relation to private entities that are required in their domestic arrangements to observe the common-law principles of administrative law. This applies in relation to voluntary associations, such as sporting clubs and religious organisations.” 7.3.2 Die toepassing van artikel 33 en PAJA Artikel 33 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg op administratiewe optrede het wat regmatig, redelik en prosedureel billik is en dat elkeen wie se regte nadelig deur administratiewe optrede geraak is, die reg op die verskaffing van skriftelike redes het. Artikel 33 verwag meer as net blote nakoming van formaliteite. Dit impliseer ook die nakoming van die vereistes van substantiewe billikheid en redelikheid. In artikel 33 van die Grondwet val die klem sterk op die feit dat die toepassing nie net prosedureel is nie, maar ook substantief. PAJA gee wetgewende vorm en inhoud aan die beginsels van artikel 33 en vorm die wetgewende grondslag van die algemene administratiefreg in Suid-Afrika. ´n “Administratiewe handeling” word kragtens die wet omskryf as enige besluit geneem, of die versuim om ‘n besluit te neem, deur ‘n staatsorgaan wat mag uitoefen kragtens die Grondwet of ‘n provinsiale Grondwet; of waar sodanige staatsorgaan ‘n publieke mag uitoefen of ‘n publieke funksie vervul kragtens enige wetgewing. Die definisie sluit ook ‘n natuurlike persoon of ‘n regspersoon in, indien sodanige persoon kragtens ‘n magtigende bepaling ‘n publieke mag uitoefen of ‘n publieke funksie vervul. Die definisie omvat ook ‘n lys van uitsluitings wat vir doeleindes van hierdie bespreking nie relevant is nie. Die klem val dus op ´n publieke funksie of ´n publieke mag. Uit die betekenis van ´n administratiewe handeling soos dit toepassing vind in artikel 33 van die Grondwet en PAJA is dit duidelik dat ´n administratiewe handeling grotendeels geassosieer word met die funksies van die staat en die gevolglike 65 Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 20. 170 uitoefening van publieke funksies eerder as private funksies. Volgens Currie en Klaaren:66 “It is submitted, following the Pharmaceutical Manufacturers’ decision, that ‘administrative action’ for purposes of the constitutional right does not, as a general rule, include the conduct of private, non-statutory bodies that have been subjected at common law to administrative law principles, such as voluntary associations exercising contractual disciplinary powers. It will, however, apply to those persons where those persons are exercising public power or performing public functions.” Hierdie benadering deur Currie en Klaaren word gekritiseer deur Burns67 en beskou as “too limited and legalistic”. Sy voer aan dat die beginsels van administratiewe geregtigheid in die algemeen en die beginsels van prosedurele billikheid in besonder op handelinge deur ´n huishoudelike tribunaal en vrywillige verenigings toegepas moet word. Die vraag wat onmiddellik ontstaan, is: Wat van geloofsinstellings? Geld hierdie siening ook vir geloofsinstellings en, indien wel, tot watter mate? Pretorius68 voer aan dat daar geargumenteer kan word dat ´n vrywillige vereniging wel ´n administratiewe handeling verrig deur die bepalings van die vereniging se konstitusie te implementeer en deur die belange van die vereniging te administreer. Hy voer verder aan dat: “By analogy, it may be suggested that an act of an ‘administrative nature’ is, in broad terms, an act performed in the exercise of any power derived from an ‘empowering provision’ and is concerned with the application of rules.” So gesien, sal die skorsing van ´n lid ooreenkomstig die bepalings van die vrywillige vereniging se konstitusie of die beëindiging van die kontrak tussen die vereniging en die lid ´n handeling van ´n administratiewe aard wees. So ´n handeling mag egter wel van ´n administratiewe aard wees, maar gesien in die lig van die definisie van ´n administratiewe handeling en die siening van onder andere Currie en Klaaren,69 is dit te betwyfel dat so ´n handeling van ´n vrywillige vereniging as ´n algemene reël beskou sal word, as van ´n publieke aard te wees of geklassifiseer kan word as die uitoefening van ´n publieke funksie. Hierdie siening word ook gesteun deur 66 I Currie and J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook (2001) 71. Y Burns “Do the Principles of Administrative Justice Apply to the Actions of Domestic Bodies or Voluntary Associations such as the South African Rugby Football Union and the United Cricket Board?” (2002) 17 SAPR/PL 374. 68 DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 399. 69 Currie and Klaaren Benchbook 71. 67 171 Pretorius70 wat verder aanvoer dat daar wel uitsonderingsgevalle kan wees. Indien ´n vrywillige vereniging dus wel ´n handeling verrig wat van ´n publieke aard is, sal hierdie handeling direk onderhewig wees aan die vereistes van PAJA. Dit is dikwels die vrywillige aard van die verhoudings wat die optrede van huishoudelike tribunale onderskei van dié van openbare liggame en staatsorgane. Dit is juis hierdie vrywillige aard wat daartoe aanleiding gegee het dat die howe al dikwels die ooreenkoms tussen die vereniging en sy lede beperkend uitgelê het en geregtelike hersiening gevolglik geweier het.71 Ander howe het egter ook al beslis dat dissiplinêre verhore onderhewig is aan die beginsels van prosedurele billikheid en aan die hof se 72 hersieningsbevoegdheid. Hieronder volg enkele voorbeelde. 7.3.3 Administratiewe geregtigheid by wyse van analogie ´n Administratiefregtelike verhouding word gekenmerk deur ´n ongelyke verhouding, wat weer gekenmerk word deur die teenwoordigheid van owerheidsgesag, waarvolgens een party in ´n magsposisie is teenoor ´n ander wat in ´n ondergeskikte posisie is. By huishoudelike tribunale is dit juis die vrywillige aard van die verhouding wat dit van staatsorgane of instellings van openbare gesag onderskei. Daar moet ook in ag geneem word dat die toelating, skorsing en ander dissiplinêre aangeleenthede van vrywillige verenigings deur die vereniging se interne verbandsreg (statuut en konstitusie) bepaal word en deur die howe op grond daarvan geïnterpreteer en uitgelê sal word. Daar moet verder ook in ag geneem word dat die doel van administratiewe geregtigheid is: “[...] to promote accountability, transparency, openness and participation on the part of the administration and to protect the individual and it seems illogical to assume that these principles will not apply to the sphere of voluntary associations and similar bodies, in instances where the individual is in a similar subordinate position.”73 70 Pretorius 2002 SALJ 399. Sien byvoorbeeld Constantinides v Jockey Club of South Africa 1954 (3) SA 35 (K); Bekker v Western Province Sports Club (Inc) 1972 (3) SA 803 (K); Carr v Jockey Club of South Africa 1976 (2) SA 717 (W); Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T). 72 In Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T) is die verrigtinge van ´n dissiplinêre komitee van die Rugbyunie op hersiening geneem. Die hof bevind dat hoewel die rugbyklub nie ´n gesaghebbende administratiewe liggaam is nie, het dit ´n interne gesagstruktuur en ´n verhouding van gesag wat die reëls van administratiefreg toepasbaar maak. 73 Burns 2002 SAPR/PL 379. 71 172 Gevolglik is Burns74 van mening dat: “The unequal relationship in private law in the sphere of voluntary associations is in many respects analogous to the authoritative relationship encountered in public law. This is why the rules of administrative law are often applied by way of analogy to the disciplinary actions of private-law associations at common law.” In die saak van Baloro v University of Bophuthatswana75 bevind die hof dat organisasies soos die Mediese en Tandheelkundige Raad en regsverenigings vir doeleindes van die Handves van Regte in die tussentydse Grondwet as staatsorgane geag moet word. Hierdie siening word uitdruklik verwerp deur Van Dijkhorst R in Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and Broadcasting76 waar hy soos volg beslis: “[…] it is not functioning at a level of government. It regulates a very small group within society – much smaller than the group of rugby players under the control of a provincial rugby union (which does not function at a level of government). Even though the State may have appointed some members of the governing body, it cannot control.” Die hof maak dit egter duidelik dat hoewel die Raad nie ´n staatsorgaan is en van ´n publieke aard is of ´n publieke funksie vervul nie, dit egter dissiplinêre stappe teen sy lede kan neem. Die hof kan vereis dat administratiefregtelike reëls, meer spesifiek die reëls van natuurlike geregtigheid, op die handeling van die Raad toegepas word. Dit sluit aan by die bovermelde siening van Burns wat ook binne geloofsinstellings en diensooreenkomstige dissiplinêre handeling teen lede of ´n predikant toegepas kan word. Die administratiefreg in die algemeen en die reëls van natuurlike geregtigheid in die besonder sal gevolglik aanwending vind. In die saak van Carr v Jockey Club of SA77 beslis die hof dat hoewel ´n jokkieklub, ´n vrywillige vereniging met semiprofessionele status is, dit nie ´n administratiewe owerheidsorgaan is nie, aangesien dit nie deur wetgewing in die lewe geroep is nie en dit ook nie owerheidsgesag uitoefen nie. Die howe sal egter die administratiefreg by wyse van analogie toepas, waar daar ´n interne hiërargie van gesag is, byvoorbeeld waar tugoptrede teen ´n jokkie ingestel word, ten spyte van die privaatregtelike basis van die verhouding. In die saak van Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse 74 Burns 2002 SAPR/PL 379. Baloro v University of Bophuthatswana 1995 (4) SA 197 (B). Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and Broadcasting 1996 (3) SA 800 (T) 809. 77 Carr v Jockey Club of SA 1976 (2) SA 717 (W). 75 76 173 Rugby-Unie78 het die hof bevind dat alhoewel ´n rugbyklub nie ´n administratiewe liggaam is nie, die reëls van die administratiefreg op sy handelinge van toepassing is, aangesien die klub sy eie interne hiërargie het en in ´n gesagsverhouding teenoor sy lede staan. Kerke en ander geloofsinstellings beklee geen owerheidsgesag nie, word selde deur wetgewing in die lewe geroep en verrig selde ´n publieke funksie. Hulle beskik egter steeds oor ´n interne hiërargie en interne verhoudings gegrond op gesag, wat die toepassing van administatiefreg regverdig. ´n Interessante voorbeeld tref ons aan in die saak van Cronje v United Cricket Board of South Africa.79 Die voormalige krieketkaptein Hansie Cronje is deur die Verenigde Krieketraad lewenslank uit krieket geskors. Cronje het sewe dae gehad om enige voorleggings te maak met betrekking tot die besluit. Hy het aansoek gedoen vir ´n bevel om die besluit te hersien en tersyde te stel op grond van die nienakoming van sy grondwetlike reg tot administratiewe geregtigheid deurdat hy geregtig was op ´n verhoor alvorens die besluit geneem is. Die hof beslis soos volg: “The respondent is not a public body. It is a voluntary association wholly unconnected to the State. It has its origin in contract and not in statute. Its powers are contractual and not statutory. Its functions are private and not public. It is privately and not publicly funded [...] The conduct of private bodies, such as the respondent, is ordinarily governed by private law and not public law. It does not exercise public power and its conduct is accordingly not subject to the public law rules of natural justice.”80 Kirk-Cohen R bevind verder dat die reëls van natuurlike geregtigheid publiekregtelike reëls is en dat privaat individue en liggame die reëls uitdruklik of by noodwendige implikasie in ´n kontrak kan insluit. Slegs waar dit so geïnkorporeer is, kan dit aanwending vind in die verhouding tussen die vereniging en sy lede.81 Burns82 is van mening dat die hof tot ´n ander gevolgtrekking sou kom indien dit die horisontale aanwending van die Grondwet en die gemeenregtelike benadering tot die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid op vrywillige verenigings en artikel 39(3) in ag geneem het. Sy voer verder aan dat indien Kirk-Cohen R artikel 8(3)83 van die 78 Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T). Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T). 80 Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T) 1375. 81 Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T) 1376. 82 Burns 2002 SAPR/PL 377. 83 Artikel 8(3) lui soos volg: By die toepassing van ´n bepaling van die Handves van Regte op ´n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)(a) moet ´n hof, ten einde gevolg te gee aan ´n reg in die Handves die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en 79 174 Handves toegepas het, hy die appellant die reg om aangehoor te word alvorens ´n besluit geneem word, sou toelaat. Met betrekking tot geloofsinstellings tref ons ´n interessante voorbeeld aan in die Engelse regspraak, wat ook die Engelse posisie ten aansien van die hersiening van private funksies kortliks opsom. In Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann84 is ´n deklarasie uitgevaardig deur Lord Jakobovits, die waarnemende hoofrabbi van Groot Brittanje en die Gemenebes, in terme waarvan die applikant, Ivan Wachman, beskou is as “no longer [...] morally and religiously fit to hold rabbinical office”.85 Die deklarasie is aangeveg op grond van die skending van die beginsels van natuurlike geregtigheid en die belangrike vraag voor die hof was of die dissiplinêre funksies van die hoofrabbi vatbaar was vir geregtelike hersiening ten opsigte van die uitvoer van sy funksies as spirituele hoof van die United Hebrew Congregations of the British Commonwealth. Van die belangrikste funksies van die rabbi word uiteengesit as “to advise and rule on matters of Jewish law, ritual, and doctrine, [...] to certify religious officiants as religiously and morally fit (or unfit) to hold their respective offices within their congregation”.86 Simon Brown R oorweeg die argumente teen en ten gunste van geregtelike hersiening en beslis soos volg: “I can see no distinction in this regard between rabbis and, for instance, members of the Bar, or members of a university. So far as the Bar and universities are concerned, once the exclusive visitorial jurisdiction has been invoked and exhausted, the court can review the visitor’s decision: it does not decline such review on the footing that those aggrieved chose rather than were compelled to go to the Bar or University.”87 Hy kom dan egter tot die finale beslissing dat die funksies van die hoofrabbi “are essentially intimate, spiritual and religious functions which the government could not and would not seek to discharge in his place were he to abdicate his regulatory responsibility”.88 Die regter gaan voort om te beslis dat ´n hof kwalik in ´n posisie is (b) kan ´n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36 (1) is. 84 Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB). 85 GN Barrie “Judicial Review of Disciplinary action of Ecclesiastical Body” 1993 TSAR 339. 86 Barrie 1993 TSAR 339. 87 Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB) 1040. 88 Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB) 1042. 175 om te beslis wat ´n essensiële religieuse funksie is en wanneer ´n persoon moreel en religieus bevoeg is om sy geestelike en pastorale funksies te vervul. Hy beslis dan soos volg: “One cannot, therefore, escape the conclusion that if judicial review lies here, then one way or another this secular court must inevitably be drawn into adjudicating upon matters intimate to a religious community.”89 Volgens Barrie90 kom die “Queen’s Bench Divisions’ approach to judicial review of the Disciplinary function of a Chief Rabbi [...] as a surprise”. Hy steun op Grundling v Van Rensburg91 en skrywers soos Wiechers, Baxter, Boulle et al. en die siening vanuit die gemenereg dat die dissiplinêre funksies van religieuse liggame vatbaar is vir geregtelike hersiening op grond van die ongelyke verhouding en verreikende effek van die betrokke handeling. Hierdie siening is inderdaad korrek, maar moet ook gesien word in die lig van die beginsel van nie-inmenging (non-entanglement doctrine) in leerstellige kwessies, wat die howe daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk se “outonome sfeer”. Geloofsinstellings geniet dus ´n veld van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit mag voortspruit. Gevolglik staan ´n benadering soos gevolg deur Malan R in Taylor v Kurtstag92 in lyn met beide bogenoemde sienings. Hy aanvaar dat besluite deur die Joodse Beth Din vatbaar is vir geregtelike hersiening, maar beklemtoon ook die belangrikheid van terughoudendheid wanneer hy soos volg beslis: “Although the decision of the Beth Din are subject to judicial scrutiny, just as those of any other faith are, the values embodied in the doctrines of entanglement and the reluctance to interfere in matters of faith, whether procedural or otherwise, cannot be discarded [...]” Na die beslissing in Wachman is daar in Engeland as ´n algemene reël “no governmental interest in the functioning of religious organizations, judicial supervision is rare”.93 De Smith, Woolf en Jowell94 is van mening dat die howe in Engeland huiwerig moet wees om betrokke te raak by die beslegting van 89 Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB) 1043. 90 Barrie 1993 TSAR 338-339. 91 Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W). 92 Taylor v Kurtstag 2004 (4) All SA 317 (W) par 61. 93 M Hill “Judicial Approaches to Religious Disputes” in R O’Dair en A Lewis (eds) Law and Religion (2001) 410, sien ook R v Imam of Bury Park Jami Masjid ex p. Sulaiman Ali 919920 COD 132, waar ´n Imam se beslissing dat die applikant nie kon stem in die verkiesing van die uitvoerende komitee van die moskee nie, nie beskou is as vatbaar vir geregtelike hersiening nie, aangesien dit betrekking gehad het op intieme godsdienstige belange van die godsdientige gemeenskap. 94 S de Smith, H Woolf en J Jowell Judicial Review of Administrative Action (1995) 186. 176 godsdienstige geskille en dat inmenging beperk moet word tot geskille van “manifest injustice” en waar daar geen alternatiewe remedies beskikbaar is nie.95 Lord Woolf96 is egter ten gunste van ´n breër benadering tot geregtelike hersiening en is van mening dat dit uitgebrei moet word om alle liggame wat mag oor ´n ander uitoefen en in ´n posisie is om nadeel te veroorsaak, in te sluit, al is dit ´n godsdienstige liggaam. Hy word gesteun in sy siening deur Pannick,97 wat self van mening is dat die howe ´n meer buigsame benadering moet volg ten aansien van geregtelike hersiening.98 Bogenoemde bespreking het die soms moeilike onderskeid tussen publieke en private funksies uitgelig vir doeleindes van geregtelike hersiening en die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. Dit regverdig ´n verdere bespreking wat die skeidslyn tussen die private en publieke sfeer in nadere besonderhede ondersoek. 7.4 DIE ONDERSKEID TUSSEN PUBLIEK- EN PRIVAATREG Minow99 maak die volgende opmerking: “For private, including religious, traditions, insulation from governmental control, and even from the temptation to use government to dominate other groups, is vital to retaining vibrant distinctiveness and religiously-informed paths of development.” Die vervlegting en vervaging van die onderskeid tussen privaatregtelike en publiekregtelike verhoudings was duidelik ter sprake in die saak van Fose v Minister of Safety and Security100 en die volgende dictum van Ackerman R: “It is both undesirable and unnecessary, for purposes of this case, to attempt to do that which has seemingly eluded scholars in the past and given rise to wide differences of opinion among them, namely the drawing of a clear and permanent line between the domains of private law and public law and the utility of any such efforts. Much of this interesting debate is concerned with an analysis of power relations in society; the shift which has taken place in the demarcations between ‘private law’ and ‘public law’; how functions traditionally associated with the State are increasingly exercised by institutions with tenuous or no links with the State; how remedies such as judicial review are being applied in an ever widening field and 95 Dieselfde benadering word gevolg deur SH Baily, B Jones en AR Mowbray Cases and Materials on Administrative Law 1997 826 en P Craig Administrative Law (2003) 820. 96 H Woolf “Judicial Review: A Possible Program for Reform” 1992 Public Law 221. 97 D Pannick “Who is the Subject of Judicial Review and in Respect of What?” 1992 Public Law 1. 98 GN Barrie “Judicial Review and Religious Freedom in South Africa” 2005 TSAR 167. 99 M Minow “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Non-profit and Profit, and Secular and Religious” (2000) 80 B.U.L.Rev 1081. 100 Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH). 177 how legal principles previously only associated with private legal relations are being applied to State institutions. Suffice it to say that it could be dangerous to attach consequences to or infer solutions from concepts such as ‘public law’ and ‘private law’ when the validity of such concepts and the distinctions which they imply are being seriously questioned.”101 ´n Interessante ontwikkeling op hierdie terrein vind ons in die VSA. Binne die konteks van ´n grootskaalse welsynshervormingsprogram, is ´n stelsel genaamd “Charitable Choice” aangeneem, wat geloofsinstellings, sowel as ander gemeenskapsorganisasies die bevoegdheid gee om as kontrakteurs deel te neem aan die administrasie van ´n nuwe federale welsynsprogram.102 Wat “Charitable Choice” vir geloofsinstellings beteken, is dat indien die staat besluit om federale fondse aan te wend om met privaat organisasies te kontrakteer, die staat “faith-based organisations” moet toelaat om vir hierdie kontrakte mee te ding en dat geen beperkings geplaas mag word op hulle godsdienstige karakter en praktyke nie. Ons sien dus ´n duidelike band tussen openbare fondse en private betalings en sekulêre programme en godsdienstige verskaffers. Die reg beskerm pertinent die vryheid van godsdiens van beide verskaffer en ontvanger. In die praktyk bring dit dus mee dat ´n geloofsinstelling nie mag diskrimineer teenoor ´n begunstigde op grond van godsdiens of die weiering om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem nie. Eweneens het die godsdienstige verskaffer die reg om enige godsdienstige kuns of simbole te vertoon en godsdienstige kriteria te gebruik in die aanstel van werknemers.103 Wêreldwyd sien ons die tendens van samewerkingsooreenkomste tussen owerheid en “faith-based organisastions” veral ter verligting van armoede en nood. Hierdie sogenaamde publieke/private ooreenkomste sluit dus regerings-godsdienstige samewerking in en vind winsgewende/niewinsgewende ook uiting sektore, in die waaronder staatlike/niestaatlike maatskaplike welsyn. en Die publieke/private onderskeid vervaag al hoe meer soos private niewinsgewende organisasies al hoe meer afhanklik raak van die staat vir fondse, maar ook ´n al belangriker rol speel in die veld van onderwys, gesondheid en maatskaplike welsyn. Die winsgewende/niewinsgewende onderskeid blyk ook te vervaag soos niewinsgewende organisasies gedurig op soek bly na voldoende fondse, self betrokke 101 Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH) 818G-819H. IC Lupu en R Tuttle “Giannella Lecture: The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” (2002) 47 Vill. L. Rev. 45-46. 103 Minow 2000 B.U.L.Rev 1064. 102 178 raak by winsgewende aktiwiteite en ooreenkomste en borgskappe en samewerkingsverbande aangaan met ander winsgewende organisasies. Hierdie noodwendige interaksie en moontlike oorvleueling tussen die publieke en private sfeer veroorsaak ook ten aansien van geloofsinstellings ´n belangrike onderskeid en oorvleueling met betrekking tot die sekulêre en die godsdienstige sfeer. Soos reeds gesien in Hoofstuk 4, word daar toenemende druk op geloofsinstellings geplaas om van die staat se openbare welsynspligte oor te neem, ten spyte van ´n onlangse hofbeslissing wat aangetoon het dat dit ongrondwetlik vir regeringsinstansies is om nie hulle grondwetlike verantwoordelikhede na te kom nie.104 Dit is dikwels ´n soort reaksie op swak dienslewering en word soos volg verwoord: “[...] governments fail to provide education, substance abuse treatment, welfare, corrections, and dispute resolution because governments neglect people’s spiritual side and lack the power of religious teachings, traditions, rituals, and communities. Governmental programs do not generate a sense of ‘moral obligation’ that is essential to education and social services, but community-based private alternatives do.”105 Wanneer geloofsinstellings egter by sulke projekte en dienste betrokke raak, loop hulle die risiko van staatsinmenging, wat hulle eie geloofsidentiteit en doelstellings in gedrang kan bring. Hoe meer hulle ook verder afhanklik raak van staatsondersteuning, hoe makliker kan so ´n organisasie onder druk kom om hulle onafhanklikheid en godsdiens prys te gee. Die paradoks lê verder in die feit dat, terwyl daar druk op die regering geplaas word vir private godsdienstige alternatiewe en die regering gekritiseer word vir hulle onvermoë, private godsdienstige organisasies hulle steeds in ´n toenemende mate wend tot die regering vir fondse, maar nie hulle “eiesoortige” posisie en soewereiniteit in die samelewing wil prysgee nie. Dit sluit aan by die vorige bespreking dat die aard van die organisasie en die mate waarin die organisasie in die publieke sfeer optree, sal bepaal tot welke mate die staat in die werksaamhede van hierdie organisasie sal inmeng. Dit beteken egter nie dat die plek van ´n suiwer 104 Sien bespreking in Hoofstuk 4 en National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisations and Others v MEC of Social Development, Free State and Others (1719/2010) [2010] ZAFSHC 73 (5 August 2010). 105 Minow 2000 B.U.L.Rev 1076. 179 private sfeer ingeperk moet word nie. So ´n benadering “would diminish, not strengthen, human freedom and dignity”.106 Minow107 voer tereg aan dat “commitment to some form of distinction between the public and private realm is also vital to a vibrant pluralistic society”. Die streng regulering van die openbare orde, formaliteite en regulasies, deursigtigheid en deelname kan ´n wesenlike inbreukmaking op belangrike aspekte van vrye uitdrukking, beoefening en geloof daarstel wat geassosieer word met eiesoortige kulturele, religieuse en individuele praktyke. Die “private” sfeer kan in die slag bly as die toenemende betrokkenheid by “openbare” aktiwiteite gepaard gaan met al hoe meer beperkende reëls en regulasies. Dieselfde argument vind ons in die lewendige debat oor die skeiding van magte tussen die wetgewende, uitvoerende en regsprekende regeringsfere waar Regter Frankfurter van Amerika dieselfde benadering volg deur aan te voer dat so ´n kategorisering en definisie nie kan geskied bloot op grond van ´n abstrakte analise nie. Toegepas op die private/publieke debat, kan selfs ook aangevoer word dat hierdie twee sfere “partly interacting, not wholly disjointed” is.108 Met betrekking tot geregtelike hersiening in die private sfeer, volg die Skotse howe ´n baie meer soepel benadering as wat die geval is ten aansien van die Engelse howe. In die Skotse reg sien ons dat die streng onderskeid tussen publiek- en privaatreg verwerp word “wherever a decision-making power is conferred on somebody, whether by statute or private contract or some other instrument, and that body exceeds or abuses its power or fails in its duty”.109 Die hof mag tussenbeide tree indien so ´n liggaam sy eie reëls en statuut verontagsaam of die reëls van natuurlike geregtigheid skend, selfs waar dit die bestuursorgaan van ´n private vereniging is. Sodoende word geregtelike hersiening selfs uitgebrei ten opsigte van besluite deur godsdienstige liggame110 indien hulle optredes onregmatig en onredelik is. So ´n sisteem staan baie 106 Minow 2000 B.U.L.Rev 1080. Minow 2000 B.U.L.Rev 1081. 108 T Koopmans Courts and Political Institutions. A Comparative View (2003) 165. 109 W Wade en C Forsyth Administrative Law (2009) 548. 110 Sien McDonald v Burns 1940 SLT 325 (susters is geskors uit ´n Rooms-Katolieke klooster en die verrigtinge is bevoeg verklaar deur die hof). 107 180 meer in lyn met die Suid-Afrikaanse benadering en word deur Wade en Forsyth111 soos volg beskryf: “Justice can thus be done in cases which lie beyond the reach of the rigid English system with its misguided public and private law dichotomy, and procedural obstacles and dilemmas are avoided.” Dit is duidelik dat die skeidslyn tussen die private en publieke sfeer wel ´n dinamiese, niestatiese en soms problematiese skeidslyn is wat gedurig aan die beweeg is en ´n uitdaging inhou vir spelers aan beide kante van die skeidslyn. Dit word nie betwis dat hierdie skeidslyn wel beweeg en soms oorhang na die een of ander kant nie. Wat belangrik is, is dat hierdie skeidslyn wel in posisie bly en nie so oorhang dat dit breek of ´n totale vervaging tot gevolg het nie. In bovermelde voorbeelde het dit duidelik na vore gekom dat die kontraktuele aard van ´n verhouding dikwels die toepassing van geregtelike hersiening in die algemeen, maar meer spesifiek die reëls van natuurlike geregtigheid uitgesluit het. Die posisie en aanwending van die kontraktereg binne huishoudelike tribunale sal nou verdere aandag geniet. Volgens Hoexter112 is daar twee benaderings: die suiwer kontraktuele benadering en die publiekregtelike benadering. Ingevolge die suiwer kontraktuele benadering word die verhouding tussen die partye gesien as suiwer kontraktueel van aard, wat gevolglik gegrond is op konsensus en slegs deur die privaatreg beheers word, ongeag die feit dat een van die partye wel ´n publieke karakter kan openbaar of wetgewing ter sprake kan wees. Die verpligtinge van die partye spruit voort uit die terme van die kontrak en die reëls van die administratiefreg word vermy. Suiwer kontraktuele beredenering is dikwels gebruik om ´n eis vir prosedurele billikheid te verydel soos die opvatting van Pickard WAR, naamlik dat die reëls van natuurlike geregtigheid “have no application in matters of contractduidelik illustreer.113 In hierdie geval het die saak gehandel oor die skorsing van ´n student, wat dus ´n dissiplinêre aangeleentheid was en wat volgens Hoexter114 nog altyd vatbaar vir geregtelike hersiening was, selfs waar ´n besluit deur ´n private eerder as ´n publieke liggaam genoem is. Die aard van die bevoegdheid wat die huishoudelike tribunaal uitoefen, is van groot belang ten aansien van die toepassing van die 111 Wade en Forsyth Administrative Law 548. C Hoexter “Contracts in Administrative Law: Life after Formalism?” (2004) 121 SALJ 599. Sien Pickard WAR in Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck). 114 C Hoexter 2004 SALJ 603. 112 113 181 publiekregtelike plig om redelik en billik op te tree, soos Cockrell115 tereg argumenteer: “At the level of legal platitude it could simply be said that such a duty arises from the express or implied terms of the contract itself. But at a deeper level the legal basis of this duty is considerably more enigmatic, and the implicit presumption in favour of its inclusion seems to be better explained in terms of the good faith basis of our law of contract. The law’s willingness to import the duty to comply with the administrative-law standards of bounded rationality may also be explained on the basis that the domestic tribunal possesses the sort of hierarchical power which mimics the exercise of state power. In sum, the role of the contract in the importation of these administrative-law duties seems to be a relatively passive one, since the contract is simply the empty vessel into which the duty is poured. The default presumption in favour of the inclusion of the duty is triggered by the nature of the power which the tribunal exercises.” [Eie kursivering.] Die aard van veral dissiplinêre optrede neig ten gunste van die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. In beide die saak van Sibanyoni116 en Mkize117 het die hof egter geweier om die reëls van natuurlike geregtigheid toe te pas en ´n suiwer kontraktuele benadering gevolg. Pretorius118 is van mening dat die reg om aangehoor te word, gepas is waar ´n besluit deur ´n persoon eensydig geneem word wat in ´n posisie van mag oor ´n ander is, of waar die besluit van genoegsame belang is om die koste en ongerief van ´n verhoor te regverdig. Dit geld selfs waar so ´n verhoor ´n beter besluit teweeg sal bring of die openbare beleid dit vereis. Hy voer dus in redelike sterk terme tereg aan dat bogenoemde beslissings verkeerd is en argumenteer soos volg: “Oblivious to the subtle nuances of the principles set out above, and blinded by their single-minded and tenacious faith in the idea of pacta sunt servanda, come hell or high water, these decisions seek to defend the realm of contract against invasion by principles of judicial review and – heavens forbid! – notions of fairness.”119 Howie R in Lunt v University of Cape Town120 kritiseer veral die hof se siening in Sibanyoni met die stelling dat “ the operation of contractual principles excludes the audi alteram partem rule”. Van die ander kritiek sluit in dat “the existence of a 115 A Cockrell “Can You Paradigm? – Another Perspective on the Public Law/Private Law Divide” 1993 Acta Juridica 230-231. Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck). Mkize v Rector, University of Zululand 1986 (1) SA 901 (D). 118 Pretorius 2002 SALJ 380. 119 Pretorius 2002 SALJ 380. 120 Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (C) 449E. Sien verder die kritiek van E Mureinik “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 48. 116 117 182 contract should not have detracted from the applicability of the rules of natural justice in what was essentially punitive action taken by the rector of the university in his capacity as chief disciplinary officer”121 en dat in die omstandighede “the applicant should have been afforded the opportunity to be heard seeing that the action taken against him was essentially punitive in nature taken by the authorities acting in a disciplinary capacity”.122 Cooper R in Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown)123 stem egter nie saam met Howie R dat die audi alteram partem-reël toepassing geniet in die veld van kontraktereg nie en voer verder aan dat: “I am in respectful disagreement with the learned Judge’s view that the ‘legitimate expectation approach’ applies ‘even in a contractual context’.” Soos Mureinik124 tereg opmerk, sal ´n kontrak met eiesoortige kenmerke die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid regverdig. Hierdie kenmerke is dan dikwels eienskappe van ´n “disciplinary” of “punitive” aard. Die rede hiervoor is dat wanneer die bevoegdheid wat uitgeoefen word van ´n dissiplinêre aard is, verskeie ander faktore na vore tree, soos die erns van die gevolge wat dit vir die betrokke party inhou, waaronder werksverlies, finansiële verlies, reputasie, en so meer. Gevolglik kom hy tot die gevolgtrekking dat “the disciplinary character of a power is a strong argument that its valid exercise should be made contingent upon compliance with the requirements of natural justice”.125 Pretorius126 bevestig die siening van Bamford127 dat die verhouding tussen lede van private, niestatutêre organisasies gewoonlik kontraktueel van aard is en beheer word deur privaatregtelike beginsels. Ons sien egter dat die howe wel vereis dat die dissiplinêre optredes van private liggame in ooreenstemming met die beginsels van natuurlike geregtigheid geskied. In Toerien v De Villiers128 beslis die hof byvoorbeeld dat: “Dit lankal nie meer gesê kan word dat die administratiefregtelike beginsels van natuurlike geregtigheid slegs op publiekregtelike verhoudings van toepassing is nie. In dissiplinêre 121 Soos aangehaal deur Howie R in Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 448H. Lunt v University of Cape Town 1989 2 SA 438 (K) 448J-449A. 123 Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown) 1991 (4) SA 458 (E) 469J. 124 E Mureinik “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 50. 125 Mureinik 1985 SAJHR 51. 126 Pretorius 2002 SALJ 375. 127 Sien B Bamford The Law of Partnership and Voluntary Association in South Africa 3rd ed (1982) 117 en 132. 128 Toerien v De Villiers NO 1995 (2) SA 879 (K) 882E-F. 122 183 aangeleenthede word dit op suiwer privaatregtelike verhoudings toegepas, en wel op die basis van ´n geïmpliseerde term in die kontrak.”129 Hierdie siening is deur die howe toegepas met betrekking tot verskeie organisasies, insluitende kerklike liggame.130 Die vraag wat gevolglik na vore kom is of bogenoemde siening ook geld ten aansien van dissiplinêre optrede voortspruitend uit ´n dienskontrak van ´n predikant. En is die diens van ´n predikant enigsins kontraktueel, en meer spesifiek arbeidsregtelik van aard? Gevolglik sal die volgende bespreking krities ondersoek instel na die regsverhouding van ´n predikant en die voortspruitende implikasies vir ´n skorsing of ontslag van die betrokke predikant. Die bespreking sal ook fokus op die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg en sal poog om die belangrikheid van die onderlinge gebondenheid van Grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uit te lig, met die gevolglike implikasie vir private entiteite. Die verskillende uitgangspunte ten opsigte van die regsverhouding van ´n predikant sal vervolgens verdere aandag geniet. 7.5 DIE DIENSVERHOUDING VAN ´N PREDIKANT: ARBEIDSREG OF ADMINISTRATIEFREG? 7.5.1 Verskillende uitgangspunte ten aansien van die regsverhouding van ´n predikant 7.5.1.1 Die N.G. Kerk-gemeenskap Reeds in 1976 met die toonaangewende saak van Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika131 beslis die hof by monde van Jansen AR dat die verhouding tussen die predikant en die kerkraad, binne die N.G. Sendingkerk, arbeidsregtelik van aard is “[…] aangesien dit duidelik is dat die appellant, as leraar, ´n dienskontrak aangegaan het, wat onderhewig aan die Kerkorde gelees moet word, en dat wesenlik sy eis daarop neerkom dat die bepalings van daardie kontrak 129 Sien die kritiek van Pienaar in die vorige hoofstuk met betrekking tot die “kontraktuele aard” van die verhouding binne ´n vrywillige vereniging. 130 Sien byvoorbeeld Van Rooyen v Dutch Reformed Church, Utrecht 1915 NPD 323; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578; Cohen v Committee of Harrismith Hebrew Congregation 1924 OPD 25; Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika 1976 (2) SA 1 (A); Moodley v Shri Siva Subramanier Aulayam 1979 (2) SA 696 (SE); Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) 1990 (4) SA 22 (Tk); Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA). 131 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A). 184 afgedwing moet word”.132Jansen AR maak dit duidelik dat die dienskontrak steeds onderhewig aan die Kerkorde gelees moet word. Die saak van Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others133 is van groot belang vir die Nederduitse Gereformeerde Kerk en dié se gepaardgaande siening van die predikantsverhouding binne die N.G. Kerk-gemeenskap. Ds. Schreuder is in 1996 as predikant ontslaan deur die N.G. Kerk Wilgespruit, ingevolge artikel 12 van die Kerkorde.134 Hy voer aan dat hy onbillik ontslaan is ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge.135 Die hof het geen probleem gehad om die verhouding tussen die predikant en sy betrokke gemeente as ´n kontraktuele diensverhouding aan te merk nie.136 Namens Schreuder is immers verklaar dat hy as predikant in diens van die kerkraad en die gemeente staan.137 Die pligte van ´n predikant is uiteengesit in artikel 9 van die Kerkorde en is ook vervat as ampspligte in die betrokke beroepsbrief. Die hof beslis dat die beroepsbrief ´n dienskontrak tussen die predikant en die gemeente of kerkraad daarstel en beslis verder soos volg: “In die lig van hierdie getuienis is ek oortuig dat die bedoeling van die beroepsbrief is om kontraktuele verpligtinge in die vorm van ´n dienskontrak te skep tussen die predikant en sy of haar gemeente.”138 En verder: “Dit is gevolglik duidelik dat die verhouding tussen ´n predikant en die betrokke gemeente of kerkverband ´n kontraktuele diensverhouding is.”139 Die beslissing in Schreuder hou in dat in soverre dit die N.G. Kerk betref, die diens van ´n predikant aan die hand van die bestaande arbeidswetgewing sal moet geskied. Indien die N.G. Kerk sy standpunt betreffende diensverhoudinge duideliker gestel het en nie net aangetoon het dat die diensverhouding van ´n predikant inderdaad ´n kontrak is nie, maar ook een is wat onderhewig aan die bepalinge van die Kerkorde is, 132 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) par 26D. Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH). 134 “12.1 Indien ´n leraar nie sy gemeente verder tot stigting kan dien nie, mag die ring na ondersoek, waarin beide die kerkraad en die betrokke leraar aangehoor word, die band tussen leraar en gemeente losmaak indien daar, volgens die oordeel van die ring, billike voorsiening vir die leraar gemaak is. 12.2 Billike voorsiening word deur die ring in oorleg met die betrokke kerkraad of instansie en die betrokke leraar bepaal. ´n Uitbetaling van ses maande se lewensonderhoud en toelaes asook reëlings in verband met pensioendekking vir hierdie periode word as voldoende beskou.” 135 66 van 1995. 136 Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 25. 137 Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 15. 138 Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 20. 139 Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 25. 133 185 sou die hof dalk ander oorwegings sterkter gestel het. Aangesien die kerk dit egter nie duidelik gestel het nie, het dit die hof weer eens geen keuse gelaat as om te bepaal dat die arbeidswetgewing gevolglik geld nie. Die Algemene Sinode van die N.G. Kerk het in die lig van die nuwe arbeidswetgewing die Kerkorde derhalwe hersien.140 Volgens die N.G. Kerk is die arbeidswetgewing nie in stryd met die Bybel of enige bestaande besluite wat by die kerk as ´n geloofsinstelling pas nie.141 Die arbeidswetgewing plaas klem op die beginsel van billikheid wat die Skrifbeginsels onderskryf dat gelowiges op ´n billike wyse met mekaar omgaan en op ´n regverdige wyse met mekaar in ´n diensverhouding staan. Naas die Kerkorde, het die N.G. Kerk ook verskeie besluite geneem rakende die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Hoewel die Kerkorde reflekteer dat die N.G. Kerk arbeidswetgewing in ag neem in sy interne verhoudinge, bly die formulering en toepassing daarvan steeds kerklik van aard. Artikel 12 van die N.G. Kerkorde142 bepaal dat predikante vir die uitvoering van hulle amp of bediening deur ´n kerkvergadering (kerkraad, ring, sinode, Algemene Sinode) beroep en in diens gestel word. Die gemeente of betrokke kerkvergadering is dus die werkgewer van die predikant, maar ook van alle werknemers in diens van die N.G. Kerk. Indiensneming en diensbeëindiging van die predikant geskied deur die betrokke kerkvergadering soos vasgestel deur die Kerkorde en ander geldende besluite.143 Werknemers, anders as predikante, se diensverhouding word per diensooreenkoms gereël.144 In die 2010-Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk145 word spesifieke reëlings getref ten aansien van griewe en dissipline in die kerk. Artikel 59-66 van die Kerkorde handel met kerklike dissipline wat betrekking het op ´n kerkraad se herderlike opsig en tug oor diegene wat aan sy sorg toevertrou is. Die dissiplinêre en griewe-optrede vervat in artikel 12 van die Kerkorde het weer betrekking op die diensverhouding tussen ´n kerkvergadering as werkgewer en die werknemers in sy diens. Die bestuursgids bevat ook ´n voorbeeld van ´n dissiplinêre 140 Die volgende wetgewing het ondere andere ´n belangrike rol gespeel in die wysigings: Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Spesifiek artikel 18 en 23); Die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995, soos gewysig; Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, soos gewysig; Die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998; Die Wet op Werkloosheidsversekering 30 van 1966; Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings- en Siektes 130 van 1993; Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993; Die Wet op die Ontwikkeling van Vaardighede 97 van 1998. 141 Sien Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 1 en verder. 142 Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007. 143 Artikel 12.4 van die N.G. Kerkorde. 144 Artikel 58.1 van die N.G. Kerkorde. 145 Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 261. 186 prosedure in Hoofstuk 15, wat kerke in hulle onderskeie personeelbeleide kan opneem. Die kerk beklemtoon egter die feit dat hoewel hulle die Wet op Arbeidsverhoudinge toepas in hulle interne verhoudinge, die kerk steeds sui generis in sy funksionering en aard is en die toepassing van die wetgewing gevolglik in hierdie konteks gesien moet word. Die handleiding bepaal verder in hierdie opsig soos volg: “Die Wet op Arbeidsverhoudinge en gevestigde bestuurspraktyke poog om billikheid en regverdigheid in die werkplek te vestig. Die Kerkorde bied die grondslag vir ordelikheid in die kerk (Artikel 2) en omskryf die andersheid van die kerk. In wese staan die twee prosesse nie in stryd nie en ondersteun eerder ´n gemeenskaplike doel. Daar is ook deur die 1998 Algemene Sinode gepoog om die Kerkorde nog meer en duideliker in lyn te bring met die toepaslike landswette (Artikel 12 en 58 tot 64 van Kerkorde).”146 Wat die diensooreenkoms en spesifiek die beroepsbrief betref, word predikante in die N.G. Kerk beroep ooreenkomstig artikel 7 van die Kerkorde. Die beroepsbrief soos vervat in besluit 7b.1 van die Kerkorde is die diensaanbod wat aan die hand van Kerkorde art. 9 (die diensopdrag) en na aanleiding van Kerkorde art. 13 (die diensvoordele van die beroepene) omskryf word en dien as raamwerk van die diensooreenkoms. Binne die N.G. Kerk word die beroepsbrief gesien as ´n dienskontrak, vergelykbaar met dié van byvoorbeeld ´n skriba, orrelis, skoonmaker of tuinier. Coertzen147 “is oortuig daarvan dat talle van hulle hul werk, net soos die dominee, as ´n roeping en diens aan die Here en sy gemeente sien”.148 In die saak van Wagenaar v United Reformed Church149 beslis die hof dat ´n beroepsbrief aan al die nodige vereistes voldoen om ´n diensooreenkoms daar te stel. 7.5.1.2 Die Gereformeerde Kerke Binne die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika word die beroepsbrief egter nie gesien as ´n werksaanbod nie, maar bloot as ´n uitdrukking van bepaalde Artikels (4, 5 en spesifiek 11) van die Kerkorde wat op die roeping en versorging van sy bedienaars betrekking het.150 Die bedoeling van die betrokke partye om ´n bepaalde regsverhouding te skep, veral dan ´n werkgewer/werknemer-verhouding of ´n 146 Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 261. P Coertzen “Predikante-kontrake – G´n Fout nie” (1999) 162(12) Die Kerkbode 6. Coertzen 1999 Kerkbode 6. 149 Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA) par 7. 150 Artikel 11 van die Kerkorde bepaal onder andere soos volg: “Die kerkraad wat die kerk verteenwoordig, is verplig om sy bedienaars van die Woord met behoorlike onderhoud te versorg en mag hulle nie die onderhoud weerhou of hulle uit hulle diens ontslaan sonder kennis en goedkeuring van die klassis met advies van die deputate van die partikuliere sinode nie.” 147 148 187 bepaalde diensverhouding is van groot belang en is ook die toets wat deur die howe gebruik word. In Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town v CCMA)151 beslis die hof: “The crucial question is whether, at the time the parties concluded the offer and acceptance, they intended to create a legally binding contractual relationship i.e. the mere fact of an offer and acceptance did not equate to a binding contractual relationship; the offer and acceptance had to be accompanied by the intention to create the contract.” [Eie kursivering.] Van Jaarsveld152 kritiseer egter die klem wat geplaas word op die “bedoeling” van die partye en volgens hom is dit slegs een van meerdere kriteria wat gebruik kan word. Hy beklemtoon die feit dat die bedoeling om ´n afdwingbare ooreenkoms te sluit nog nooit ´n primêre vereiste vir die bepaling van ´n diensverhouding was nie. Volgens Smit en Du Plooy153 word die Heilige Skrif gesien en aanvaar as die belangrikste bron van die kerklike orde binne die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Die Kerkorde gee uitvoering aan die Skrif deur die predikant se diens te reël. Gevolglik voer hulle aan dat by die reëling van predikante se diens, die Skrif dieselfde funksie vir die kerk vervul as wat die arbeidswetgewing vir die burgerlike gemeenskap beoog. Die belydenisskrifte is egter ook ´n belangrike bron van die Kerkorde en gee inhoud aan en verwoord die Skrifbeginsels. ´n Interpretasie van die Nederlandse Geloofsbelydenis regverdig volgens hulle die gevolgtrekking dat predikante nie as werknemers van die kerkraad beskou kan word nie.154 “Die reëling van die Gereformeerde predikantsdiens blyk, volgens die selfdefiniëring van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ´n interne kerklike aangeleentheid te wees, gegrond op godsdienstige bepalings en nie onderhewig aan die staat se arbeidswetgewing nie.”155 Die predikant se diens in Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word nie deur die Kerkorde by wyse van ´n kontrak gereël nie, maar deur die interne reg van die kerk.156Artikel 1 van die Gereformeerde Kerkorde bepaal soos volg: 151 Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1223 par 24. 152 SR van Jaarsveld “Priesters, Predikante en Pastore – Werknemers van Gemeentes of slegs Werkers van die Koninkryk? 2006 De Jure 175. 153 J Smit & D du Plooy “Reëling van die Gereformeerde Predikant se Diens – ´n Arbeidsregtelike of ´n Interne Kerklike Aangeleentheid?” 2008 In die Skriflig 60. 154 Sien Smit en Du Plooy 2008 In die Skriflig 61 en verder. Sien Kerkorde artikel 4 en 5. 155 Smit en Du Plooy 2008 In die Skriflig 71. 188 “Om goeie orde in die kerk van Christus te onderhou, is daarin nodig: die dienste, samekomste, toesig oor die leer, sakramente en seremonies en die kerklike tug, waaroor hierna agtereenvolgens gehandel word.” Volgens Smit157 benadruk bogenoemde uitgangspunt die doel van die Gereformeerde Kerkorde, wat nie net die reëling vir instandhouding van die kerk bevat nie, maar ook die reëlings met betrekking tot die predikant se diens. Aangesien die predikantsdiens deel is van die orde van ´n hoër gesag met betrekking tot die instandhouding van sy kerk, word dit as ´n interne kerklike aangeleentheid beskou.158 7.5.1.3 Die Anglikaanse Kerk Die siening in die Gereformeerde Kerk dat predikante nie as werknemers van die kerkraad beskou kan word nie, tref ons ook in ´n mate aan binne die Anglikaanse Kerk. Binne die Anglikaanse Kerk is die saak van Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA159 van belang. ´n Priester van die Anglikaanse Kerk is na ´n dissiplinêre verhoor op klagte van wangedrag geskors. Hy is ontneem van sy preekbevoegdheid en mag vir vyf jaar geen diens in die kerk verrig het nie. Hoewel hy sy status as priester behou het, sou hy geen vergoeding ontvang nie en voer hy aan dat sy skorsing op ´n ontslag neerkom. Die Kommissie vir Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ´n bevel gemaak waarvolgens die priester se ontslag deur die kerk as onbillik bestempel is. Die Anglikaanse Kerk van Kaapstad bring ´n aansoek vir die hersiening van die KVBA-beslissing en voer aan dat die kommissaris van die KVBA gefouteer het en dat daar geen diensverhouding bestaan tussen die priester en die Anglikaanse Kerk nie en dat die KVBA gevolglik geen jurisdiksie gehad het nie. In die Anglikaanse Kerk besluit die gemeente nie waar die betrokke priester diens sal doen nie, maar die biskop. Die priester word nie deur die gemeente beroep nie en die biskop is verantwoordelik vir die aanstelling en ontslag van die priester.160 Die Anglikaanse Kerk voer aan dat: 156 Sien verder J Smit “Die Beroepsbrief in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – ´n Kontraktuele Werksaanbod?” 2007 In die Skriflig 586 en verder. 157 Smit 2007 In die Skriflig 587. 158 Sien verder Kerkorde artikel 16 en artikel 23. 159 Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1227. 160 Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1215 par 7(iv) – “Matters relating to the appointment, removal and co-ordination of the clergy are a diocesan responsibility which is carried out by the Bishop (or Archbishop as in the present matter) of that diocese.” 189 “[...] a priest is not regarded as the servant of the Church: while the Church provides the framework for the priest’s work (through the constitution and canons), the priest is regarded as working for God, ie the relationship between the priest and the Church cannot be regarded as one of employment. The applicant simply, according to it, provided the sphere within which priests serve God arising out of their calling. It is for that reason, so applicant argued, that priests are said to be called of God and serving God and offering their lives to God – this precludes the Anglican Church generally, and the applicant in particular, from speaking of employing priests.”161 Die hof kom tot die gevolgtrekking dat daar geen bedoeling tussen die partye was om ´n afdwingbare diensooreenkoms te sluit nie en bevind gevolglik dat: “[...] a contract of employment is necessary for purposes of establishing an employment relationship and that there was no legally enforceable contract of employment between the applicant and the third respondent, the parties are not an employer and employee as defined by the LRA and consequently the first respondent has no jurisdiction to entertain the alleged dispute referred to it by the third respondent.”162 Van Jaarsveld163 kritiseer hierdie siening van die kerk en beskou dit selfs as “lagwekkend vir die kerk om aan te voer dat priesters nie dienare van die kerk is nie, maar slegs van God en dat die kerk slegs ´n priester se roeping fassiliteer deur die verskaffing van ´n raamwerk waarbinne hy God kan dien”. 7.5.1.4 Botsende sienings In ´n 2005-beslissing van die KVBA in Wagenaar v United Reformed Church164 is ´n predikant van ´n Pretoriase gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika losgemaak van sy gemeente. Hy voer aan dat hy onbillik ontslaan is en steun op die Schreuder-beslissing. Die kerk ontken egter dat Wagenaar ´n werknemer ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge was en dat sy losmaking van die gemeente nie beteken het dat hy nie meer deel van die kerk was nie. Die kerk steun op die benadering soos gevolg in die Church of the Province-beslissing. Na ´n interpretasie van die bepaalde feite van die saak en optrede deur die partye, bevind die hof dat die predikant wel in ´n kontraktuele verhouding met die kerk gestaan het. Gevolglik was 161 Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1217 par xiii. 162 Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1217 par 40. 163 Van Jaarsveld 2006 De Jure 175. 164 Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA). 190 Wagenaar ´n werknemer ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge en die kommissaris bevind dat die losmaak van die band neerkom op ´n ontslag wat prosedureel en substantief onbillik is. Die uitspraak in Wagenaar beklemtoon die onversoenbaarheid van bogenoemde twee beslissings, maar ook die belangrike bevestiging dat daar geen algemene reël in die Suid-Afrikaanse reg bestaan ten aansien van die diensverhouding van ´n predikant nie. Die hof beslis soos volg: “It seems that there is no general rule in South Africa as to whether a Minister of Religion is an employee or not. Nor is there likely to be. Different denominations have different teachings and ideologies. In my view each case depends upon the facts.”165 Hierdie siening word ook bevestig in die uitspraak van Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland.166 Allan Macdonald is in 2001 aangestel in sy amp as dominee van die Vrye Presbiteriaanse-gemeente Daviot, Tomatin en Stratherrick. Hy het geen geskrewe kontrak of diensverklaring ontvang nie en in 2006 publiseer hy ´n boek waarin hy sekere aspekte van die kerk erg kritiseer.167 Hy is versoek om verskoning aan te teken en na sy weiering, word hy geskors en uiteindelik in Mei 2008ontslaan.168 Macdonald het ´n eis vir onbillike ontslag ingedien by ´n indiensnemingstribunaal en die voortsittende beampte Regter MacKenzie bevind dat Macdonald nie ´n werknemer van die kerk was nie en gevolglik nie onbillik of andersins ontslaan kon word nie. Hy beslis soos volg: “[...] Deacons, Elders and Ministers are ordained to their respective offices within the Free Presbyterian Church and each is an office-holder and that therefore the claimant is an officeholder by virtue of his ordination. His rights and duties are defined by the office he holds and not by any contract. He is not an employee of the respondent.”169 Op appèl bevestig die hof dat die bedoeling van die partye om ´n bepaalde regsverhouding te skep belangrik is, asook artikel 9 van die Europese Konvensie (godsdiens, geloof en oortuiging). Die hof bevestig verder dat die verhoorhof tereg aangevoer het dat wanneer bepaal moet word of daar die bedoeling was om ´n 165 Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA) par 139F. Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009). 167 Veritatem Eme – Buy the Truth. 168 F Cranmer “Clergy Employment, Judicial Review and the Free Presbyterian Church of Scotland” 2010 Ecclesiastical Law Journal 355. 169 Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009) par 81. 166 191 werkgewer/werknemer-verhouding te skep, die beginsels van die individuele kerk in ag geneem moet word. Die reg sal nie geredelik ´n regsverhouding op lede van ´n kerk afdwing as dit teenstrydig is met hulle geloof nie.170 Die hof kom tot die gevolgtrekking dat: “[Judge MacKenzie’s] conclusion is consistent with recognition of the principle that, in the case of a church whose foundation and structure shows a belief that it is not appropriate, in the case of important offices including that of Minister, to set up a legal relationship that is subject to control by the Civil Magistrate.”171 ´n Baie belangrike gevolgtrekking van die hof is die bevestiging dat daar geen algemene reël bestaan wat bepaal dat alle predikante werknemers is, of nie is nie. In New Testament Church of God v Stewart172 kom die hof tot die gevolgtrekking dat Stewart wel ´n werknemer van die kerk is, maar maak dit duidelik dat sy gevolgtrekking nie ´n algemene bevinding bevat “that ministers of religion are employees” nie. “Employment tribunals should carefully analyse the particular facts, which will vary from church to church, and probably from religion to religion, before reaching a conclusion.” Die hof se beslissing in die Schreuder-saak is dan ook grootliks beïnvloed deur die N.G. Kerk se eie siening oor die aard van die predikantsverhouding binne die kerkgemeenskap en hoe dit geïnterpreteer en toegepas word in ooreenstemming met die bepaalde geloofsidentiteit van die N.G. Kerk. Die Anglikaanse Kerk se interpretasie en toepassing van die diensverhouding van ´n predikant/priester in ooreenstemmig met hulle bepaalde geloofsidentiteit, het die hof egter tot ander insigte gebring in Church of the Province. Die Anglikaanse Kerk het getuienis aangebied wat die hof oortuig het van hulle siening en tradisie binne die kerkgemeenskap in terme waarvan predikante en priesters nie as werknemers beoordeel word nie. In Nederland sien ons dieselfde tendens in terme waarvan die regsposisie van ´n predikant hoofsaaklik bepaal word aan die hand van die organisatoriese struktuur van die bepaalde kerkgenootskap waarbinne hy aktief is.173 Die regsverhouding tussen ´n predikant en sy gemeente is egter geen uitgemaakte saak nie en die standpunt van die 170 Cranmer 2010 Ecclesiastical Law Journal 356-357. Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland [2010] UKEAT S/0034/09/BI op 42. (10 Februarie 2010). Beskikbaar by http://www.bailii.org/uk/cases/UKEAT/2010/0034_09_1002.html, 3 Oktober 2010. 172 New Testament Church of God v Stewart 2007 EWCA Civ 1004 op 55. 173 P Raven De Rechtsverhouding van een Predikant en Zijn Gemeente: Een Arbeidsovereenkomst in de zin van Artikel 7:610 BW (Doktorale skripsie, Open Univesiteit Nederland, 2006) 7. 171 192 howe is ook nie konsekwent nie. ´n Uitspraak van die Hoogste Hof in 2010174 het ook geen noemenswaardige lig op die onderwerp gewerp nie en die debat is weer oop. Die posisie in Nederland bied ´n interessante en tog ook relevante blik op die SuidAfrikaanse posisie en gevolglik sal die posisie in Nederland verder bestudeer word. 7.5.2 Die posisie in Nederland In Nederland, binne kerkgenootskappe in die presbiteriaal-sinodale stelsel175, verrig die predikant sy werksaamhede wat verband hou met die bediening van die Woord op grond van ´n ooreenkoms met die gemeente. Hierdie ooreenkoms, soos die posisie in die meeste Suid-Afrikaanse gemeentes, neem die vorm van ´n beroepsbrief aan waarin die pligte en verantwoordelikhede van die predikant uiteengesit word.176 Gesien in die lig van artikel 2:2 BW,177 wat bepaal dat ´n kerkgenootskap deur sy eie statuut bestuur word soverre dit nie in stryd met die wet is nie, beskou kerkgenootskappe die regsposisie tussen predikant en die gemeente as ´n verhouding sui generis (van eie aard). Die mening bestaan dan ook dat die voortspruitende ooreenkoms nie as arbeidsregtelik aangemerk moet word nie, maar ´n ooreenkoms sui generis is.178 Die vraag wat tereg na vore kom, is of en tot welke mate die siviele arbeidsreg tog op ´n kerkgenootskap van toepassing is. Artikel 7:610 van die Burgerlike Wetboek omskryf ´n arbeidsooreenkoms soos volg: “De arbeidsovereenkomst is de overeenkomst waarbij de ene partij, de werknemer, zich verbindt in dienst van de andere partij, de werkgever, tegen loon gedurende zekere tijd arbeid te verrichten.” Die element van “diens verrig aan ´n ander party” word dikwels gesien as die element van ´n gesagsverhouding wat in ´n ooreenkoms teenwoordig moet wees om as arbeidsregtelik aangemerk te word. Die afwesigheid van ´n sogenaamde gesagsverhouding blyk dan ook dikwels die rede te wees waarom die regsverhouding 174 LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028, beskikbaar op http://rechtspraak.nl. Binne die sinodale stelsel tref ons ´n breër kerkverband aan, bestaande uit plaaslike gemeentes. Gemeentes bestaan uit een of meer predikante, ouderlinge en diakens wat saam die kerkraad vorm en leiding gee aan die gemeente. In ´n breër verband word meerdere vergaderings of sinodale vergaderinge aangetref (bv die klassis, provinsiale kerkvergadering of landelike sinode.) Sien verder LC van Drimmelen “Typen van Kerklijke Organisatie” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 203-205. 176 Raven De rechtsverhouding 9. 177 2.Zij worden geregeerd door hun eigen statuut, voor zover dit niet in strijd is met de wet. 178 Raven De rechtsverhouding 10. 175 193 tussen ´n predikant en sy gemeente nie as ´n arbeidsooreenkoms beskou word nie. Vergelyk byvoorbeeld Koopmans:179 “Bij predikanten van de Hervormde Kerk en ander Protestante kerkgenootschappen ontbreek ieders gezagsverhouding.” En verder: “Het ontbreken van een arbeidsovereenkomst bij bezigheden van godsdienstige aard wortelt in ander omstandigheden, meestal in het ontbreken van een gezagsverhouding […]”180 Hierdie siening word ook aangetref in van die vroeëre Nederlandse regspraak, waar die hof van die standpunt uitgaan dat die verhouding tussen predikant en gemeente deur die spesiale reëls van die betrokke kerk bepaal word.181 In ´n later saak van die Hoge Raad182 bevestig die hof die groeiende tendens van die howe om die bestaan van ´n arbeidsooreenkoms nie per se uit te sluit bloot vanweë die geestelike karakter van ´n predikant se werksverrigting nie. In die beslissing van die Hoge Raad is ´n imam uit sy amp ontslaan. Hy veg sy ontslag aan en dring aan op sy loon totdat die arbeidsooreenkoms regmatig beëindig is. Die moskee voer aan dat daar geen sprake van ´n arbeidsooreenkoms was nie. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat hoewel daar geen gesagsverhouding (dus geen arbeidsooreenkoms) mag bestaan ten aansien van die godsdienstige aspekte van die bepaalde godsdienstige amp nie, dit nie noodwendig beteken dat daar geen sprake van ´n gesagsverhouding ten opsigte van ander aspekte (soos werktyd, verlof, ensovoorts) is nie. Hierdie algemene aspekte kan dus wel deel vorm van ´n wettige arbeidsooreenkoms.183 Hierdie tendens van die howe word ook waargeneem deur Oldenhuis,184 veral in die konteks van pastorale medewerkers en predikante in die gesondheidsorg. Die CRVB beslis onder andere soos volg: “De aanvaarding van goddelijk gezag behoeft de aanvaarding van menslijk gezag als waarvan sprake is bij een arbeidsovereenkomst niet uit te sluiten.”185 179 T Koopmans De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer (1962) 226-227. Koopmans De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer 32 en verder. 181 Sien Rechtbank Zwolle, 16 Maart 1966, NJ 1967, 178. 182 Hoge Raad, 17 Juni 1994, NJ 1994, 757. 183 Raven De rechtsverhouding 28-29. 184 FT Oldenhuis “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Kerklijke Conflicten” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 178. 185 CRVB 29 Junie 1977, RSV 1977, 309;313. 180 194 Dit word verder bevestig deur Rood186 in sy kommentaar by die saak van die Hoge Raad met betrekking tot die ontslag van ´n predikant van die Christelijke Gereformeerde Kerk te ‘s-Hertogenbosch. Hy gaan van die standpunt uit dat die beginsel van vryheid van godsdiens en skeiding tussen kerk en staat nie in die weg hoef te staan van die toepassing van die arbeidsreg op die geestelike terrein nie. Ten spyte van hierdie tendens, lyk dit egter of die howe steeds steun en voorkeur verleen aan die standpunt van ´n kerkgenootskap as ´n sui generis-verhouding en die Nederlandse “Hoge Raad” bevestig hierdie standpunt soos volg: “[...] uiterste terughoudendheid geboden is bij het toepasselijk verklaren van regelingen van materieel burgerlijke recht op de rechtsverhouding tussen verschillende organen en onderdelen van een kerkgenootschap.”187 Oldenhuis188 lig verder uit dat dit opmerklik is dat heelwat kerkgenootskappe, veral van die kleiner protestantse kerkgenootskappe, geen inhoud verleen aan die sogenaamde sui generis-karakter van die bepaalde kerkgenootskap in die Kerkorde, statuut of selfs beroepsbrief nie. Veral waar ´n kerkgenootskap van die standpunt uitgaan dat die verhouding tussen die kerkgenootskap en predikant nie ´n arbeidsooreenkoms daarstel nie, sou ´n mens verwag dat die betrokke kerkgenootskap die vermoënsregtelike en ander belangrike aspekte van die verhouding duidelik sal omskryf, wat steeds nie die geval is nie. Dit is juis hierdie onvermoë van kerkgenootskappe om inhoud en duidelikheid aan die interpretasie en toepassing van hul eie statuut en geloofsidentiteit te gee, wat veroorsaak dat dit in die hande van die howe gelaat word vir interpretasie. ´n Tendens wat duidelik waargeneem kan word in die Suid-Afrikaanse konteks in die saak tussen die N.G. Kerk Moreleta Park en Johan Strydom waarna reeds verwys is.189 Die funksies van die predikant in die Christelijk Gereformeerde Kerk in Nederland word byvoorbeeld uiteengesit in artikel 16.190 Die meeste kerke in die Gereformeerde tradisie het Kerkordes met vergelykbare bepalings. Dit is duidelik dat daar ´n 186 MG Rood, kommentaar by HR 14 Junie 1997, NJ 1992, 173 HJS, TVVS 1991, 297-298 nt. MGR (ds. Kruis – Chr. Geref. Kerk ‘s-Hertogenbosch). 187 HR 14 Junie 1997, NJ 1992, 173 HJS, TVVS 1991, 297 en verder nt. MGR (ds. Kruis – Chr. Geref. Kerk ‘s-Hertogenbosch). 188 Oldenhuis Kerk en Recht 178. 189 Sien p 108 en verder. 190 Artikel 16 – De Taak van de dienaren des Woords (Editie(s) 2007). Tot de taak van de dienaren des Woords behoort dat zij in de gebeden en in de bediening des Woords en der sacramenten volharden, dat zij als goede herders zorg en verantwoordelijkheid dragen voor hun mede-ambtsdragers, ouderlingen en diakenen, en voor de hele gemeente, tucht oefenen met de ouderlingen en zich ervoor inspannen dat alles betamelijk en in goede orde geschiedt. 195 besondere band bestaan tussen die predikant en sy gemeente, wat ook blyk uit die opdrag of beroeping tot besondere arbeid (soos sending of gesondheidsorg) wat ons in artikel 6 aantref.191 Dit geld egter nie net vir predikante nie. Binne die Gereformeerde tradisie verwys die term “kerklijk werker” in die praktyk ook na pastorale werkers, evangeliste, kategete, jeug- of diakonale werkers, proponente, kosters, administrateurs en selfs mede- of hulpleraars. Hierdie sogenaamde kerklike werkers word dan ook selde as ´n amp gesien en kwalifiseer eerder as ´n hulpdiens wat ondergeskik is aan die kerkraad.192 Dit kan dus self ´n orrelis, soos in mnr. Strydom se geval, of onderwysers in godsdienstige skole, insluit. Volgens Van der Ploeg het sommige kerke wel hulle sake “prima in orde” waarvan die Protestantse Kerk volgens hom ´n voorbeeld is. Hy is verder van mening dat: “als de kerk tot in detail heeft geregeld wat er bijvoorbeeld moet gebeuren bij langdurige ziekte of arbeidsongeschiktheid, zou ik me als predikant geen zorgen maken over het ontbreken van een dienstverband.” 193 Pel194 wys verder daarop dat die howe baie waarde heg aan die sogenaamde “beroepsbrief” vir interpretasie en dat dit gevolglik aan te beveel is dat dit kerkregtelik goed omskryf en uitgewerk word. Daar word algemeen aanvaar dat die regsreëls van toepassing binne die kerkreg en die arbeidsreg van verskillende orde is.195 Beteken dit noodwendig dat hierdie reëls met mekaar in konflik staan? Kan die kerkgenootskap op grond van sy gegewe vryheid in artikel 2:2 BW en die reg op vryheid van godsdiens vrylik funksioneer buite die arbeidsreg? Bepaal artikel 2:2 BW nie immers dat die kerklike statuut moet buig voor die wet of algemene reg nie? Volgens Van der Ploeg196 vertoon die verhouding tussen predikant en die kerklike regspersoon ´n tweeledige karakter. Daar is die kerklike band met die kerklike 191 Artikel 6 - Beroeping tot bijzondere arbeid. Een dienaar des Woords zal een benoeming tot bijzondere arbeid zoals het geven van godsdienstonderwijs verbonden met pastorale arbeid aan protestants-christelijke scholen, geestelijke verzorging van militairen of varenden, in de gezondheidszorg, in penitentiaire inrichtingen en dergelijke alleen mogen aannemen wanneer hij verbonden blijft aan een gemeente. De verhouding waarin deze dienaar tot de betrokken gemeente staat, dient geregeld te worden onder goedkeuring van de classis. 192 HA Post “Positie Kerklijk Werker in Protestante Traditie Onduidelijk en Onbevredigend” 2008 Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht 5. 193 Mouissie “Debat over predikant als werknemer ligt open” Nederlands Dagblad 21 Januarie 2010 http://wwwnd.nl/artikelen/2010/januari/21/debat-over-predikant-als-werknemer-ligt-open. 194 P Pel “De Rechtspositie van De Predikant” in Rechtspositie en Traktement van De Predikant Uitgave van het GMV (1991) 35. 195 Sien byvoorbeeld Van der Ploeg Kerk en Recht 159 en verder. 196 Van der Ploeg Kerk en Recht 170. 196 regspersoon wat deur die kerklike statuut beheers word en daarnaas die arbeidsooreenkoms voortspruitend uit die Burgerlike Wetboek.197 By die ontslag van ´n predikant is die algemene siening dat die interne prosedure wat binne die bepaalde kerkgenootskap geld, toegepas moet word. Indien die interne prosedures nie gevolg is nie of die besluitneming in stryd met die redelikheids- en billikheidsnorme is, kan die besluit nietig verklaar of tersyde gestel word. Die burgerlike howe het egter in beginsel geen seggenskap in die regsaspekte van die bepaalde predikant- of priesterskap nie.198 Een van die medewerkers van die Protestantse Kerk in Nederland, De Jong, argumenteer tereg soos volg: “Het komt voor dat kerken bijna geen eigen regelingen hebben, en stellen dat een predikant geen dienstverband heeft. Dan kan een rechter toch besluiten het arbeidsrecht toe te passen, omdat het kerkrecht de predikant onvoldoende beschermt. Het arbeidsrecht is er op gericht ‘zwakke’ partijen – de werknemer – te beschermen.”199 Die beskerming van ´n predikant is dus van groot belang as dit kom by regsake, soos dit duidelik blyk in die saak van De Boer, wat hierna as voorbeeld bespreek sal word. In die saak van De Boer, soos gesien sal word, “vond het hof dat de regelingen van de Christelijke Gereformeerde Kerk in orde waren”.200 In hierdie saak is De Boer201 deur die klassis van die Christelijke Gereformeerde Kerk van Zeewolde as predikant geskors. Die voorsieningsregter in die “kort geding” oorweeg die belangrikheid van terughoudendheid in die betrokke geval, maar kom tot die gevolgtrekking dat die klassis, in hul skorsingsbesluit, basiese beginsels “van een behoorlijke rechtsgang zoals een genoegzame mate van hoor en wederverhoor” verontagsaam het en die skorsing word gevolglik tersyde gestel. Die regter beklemtoon die feit dat die konflik nie van ´n “leerstellige” aard was nie en so word die klem geplaas op die bepaalde prosedures wat gevolg is.202 Die regter het die skorsing van De Boer opgehef en bevind dat hy die geleentheid gebied moet word om sy gebruiklike werksaamhede en pligte te hervat. Die klassis van die betrokke gemeente het egter geweier om aan die vonnis uitvoering te gee. Die saak beland voor die “kanton Rechtbank” in Zwolle in 197 Die Burgerlike Wetboek bevat onder andere bepalings rakende vakansie en verlof, gelyke behandeling, regte en verpligtinge van werkgewers en werknemers en so meer. Van der Ploeg Kerk en Recht 171-172. 199 Mouissie Nederlands Dagblad. 200 Sien die opmerking van De Jong in Mouissie Nederlands Dagblad. 201 Rb. Zwolle 1 Februari 2002, KG 70866/KG ZA 01-466. 202 Sien Oldenhuis Kerk en Recht 181. 198 197 2005, waar die hof ´n belangrike uitspraak maak ten aansien van die aard en bestaan van ´n arbeidsooreenkoms. De Boer het aangevoer dat hy ´n arbeidsooreenkoms met die kerk gehad het en onredelik en onbillik ontslaan is. Die hof moes in die afwesigheid van ´n geskrewe ooreenkoms beslis of die verhouding tussen De Boer en die Gemeente van Zeewolde en/of die klassis, aangemerk kon word as ´n arbeidsoorkoms, al dan nie. Die regter maak dit vanuit die staanspoor duidelik dat geen enkele kenmerk van die regsverhouding tussen die partye beslissend is nie, maar dat die “verschillende rechtsgevolgen die partijen aan hun verhouding hebben verbonden in een onderling verband moeten worden bezien”.203 Van die faktore wat die hof in ag geneem het, is die feit dat beide die gemeente en die klassis apart met regspersoonlikheid beklee is. Hulle onderlinge regsverhouding sowel as die regsverhouding met De Boer is ook verder in die Kerkorde opgeneem en gereël.204 Die hof is verder van mening dat die bepaalde skorsings- en ontslagprosedure wat die kerk gevolg het, nie ´n uitvloeisel van ´n meningsverskil oor godsdienstige sake soos byvoorbeeld die uitleg van die Bybel was nie, maar oor aangeleenthede wat betrekking gehad het op die omgang met gemeentelede en uitleg van die beroepsbrief of “traktement”.205 Die klassis het gevolglik ooreenkomstig die Kerkorde en prosedures daarin vervat, hulle bevoegdhede uitgeoefen om die niegodsdienstige funksies van De Boer te beoordeel, te beïnvloed en te sanksioneer.206 Die hof beslis, met verwysing na die omskrywing van ´n arbeidsooreenkoms in artikel 7:610 BW, dat daar wel ´n arbeidsooreenkoms tussen De Boer en die Christelijke Gereformeerde Kerk Zeewolde bestaan het en dat De Boer gevolglik onbillik en onredelik ontslaan is. Die saak gaan op hoër beroep na die Geregshof in Arnhem207 en in teenstelling met die groot verwagting dat die hof eindelik uitspraak sou lewer oor die vraag of ´n predikant ´n “gewone” werknemer is, al dan nie, kom daar geen uitspraak oor die “diensverband” van ´n predikant nie en blyk dit dat hierdie omstrede kwessie weer eens oop is vir diskussie. Die hof beslis dat De Boer eers die kerklike regsprosedures moes volg (van die klassis, na die “particulier” sinode, na die 203 LJN, AS6771, Sector kanton Rechtbank Zwolle, 217772 CV 03-9824 para 3.7. beskikbaar op http://rechtspraak.nl. Rechtbank Zwolle par 3.8. 205 Rechtbank Zwolle par 3.13. 206 Rechtbank Zwolle par 3.14. 207 LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028, beskikbaar op http://rechtspraak.nl. 204 198 algemene sinode), alvorens hy die hof kon nader. Die hof beslis ook dat “de kerk heeft naar het oordeel van het hof geen fundamentele rechtsbeginselen geschonden”.208 Die hof maak geen melding van die kwessie rakende ´n arbeidsooreenkoms wat aan die orde was voor die regbank in Zwolle nie. Raven, wat ´n doktorale verhandeling oor die regsverhouding tussen die predikant en sy gemeente geskryf het, spreek sy spyt hieroor uit want volgens hom sou “een uitspraak hierover […] de kerken verder hebben geholpen in de discussie over hoe juridisch om te gaan met predikanten, en over hoe het arbeidsrecht zich verhoudt tot het eigen kerkrecht”.209 Die regsverhouding tussen ´n predikant en sy gemeente is geen uitgemaakte saak nie. Die Protestantse Kerk in Nederland kies byvoorbeeld teen so ´n “diensverband” wat die Gereformeede Kerk reeds in 2007 gedoen het. Die nuwe Kerkorde van die Gereformeerde Kerken (vrijgemaakt) bevat ook so ´n bepaling.210 Die standpunt van die howe is ook geensins konsekwent nie en in hierdie verband voer een van die advokate tereg aan dat: “De Hoge Raad bepaalde in de jaren negentig dat een predikant geen arbeidsovereenkomst heeft. Maar enkele jaren geleden oordeelde de Raad in de zaak van een imam dat er wel een diensverband was. Dat is tegenstrijdig. De uitspraak in de zaak-De Boer had hierin beeldbepalend kunnen worden.”211 Wat hou dit dus vir die toekoms in? Pel212 stel voor dat kerke self die keuse moet maak tussen die toepassing van die kerkreg of arbeidsreg en dat: “Discussies over of er en dienstverband is, komen altijd op het verkeerde moment, namelijk als er al ruzie is. Dat kan je beter voorkomen.” Kerke en predikante behoort behoorlik met mekaar te kommunikeer, te onderhandel en af te spreek oor die onderskeie regte en verpligtinge van beide partye en daarvolgens te handel. En aangesien die predikant in sy verhouding met die kerkgenootskap dikwels as die “swakkere party” gesien word, voer Oldenhuis213 aan dat beter beskerming vir die predikant gepas is. Die feit dat die verhouding tussen 208 Sien http://www.rechtspraak.nl/Gerechten/Gerechtshoven/Arnhem/Actualiteiten/Uitspraak+in+geschil+tussen+dominee+de+Boer+en +de+Christelijk+Gereformeerde+Kerk+te+Zeewolde+en+Clas.htm. 209 Mouissie Nederlands Dagblad. 210 Sien die opmerkings van Pel in Mouissie Nederlands Dagblad. 211 Sien Mouissie Nederlands Dagblad. 212 Sien die opmerkings van Pel in Mouissie Nederlands Dagblad. 213 Oldenhuis Kerk en Recht 179. 199 predikant en die kerkgenootskap nie as ´n arbeidsooreenkoms kwalifiseer nie, doen volgens hom geensins afbreuk aan die feit dat daar wel ´n vorm van vermoënsregtelike verhouding ter sprake is nie. Gevolglik sal die howe wel die beginsels van die dwingende reg toepas, waaronder die kontraktereg en deliktereg, of soos die gewoonte in die Suid-Afrikaanse reg is, die administratiefreg. Die belangrike vraag wat egter na vore kom, veral in die konteks van arbeidsverhoudinge en veral waar geen arbeidooreenkoms ter sprake is nie, is watter vertakking van die reg ter sprake is? Is dit arbeidsreg? Of dalk administratiefreg en kontraktereg? Of dalk al drie? In Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU)214 maak Plasket R dit duidelik dat “[t]he overlap of two or more branches of law is not unusual in our legal system”215 en dat die beskerming wat beide die arbeidsreg en die administratiefreg bied, mekaar aanvul en komplementeer. Hy beslis verder dat “[w]e no longer believe the myth that administrative law and contract cannot mix”.216 Die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg het veral na vore getree binne die konteks van “public sector employment”. Gevolglik sal die voorbeeld van openbare indiensneming gebruik word om hierdie uiters belangrike en niestatiese verhouding tussen arbeidsreg en administratiefreg te illustreer. 7.5.3 Ontslag: Arbeidsreg of Administratiefreg? In die Oos-Kaapse beslissing van POPCRU217 is Plasket R sterk ten gunste van die siening dat: “[...] There is nothing incongruous about individuals having more legal protection rather than less, or of more than one fundamental right applying to one act, or of more than one branch of law applying to the same set of facts [...] [I]n my view, the protections afforded by labour law and administrative law are complementary and cumulative, not destructive of each other simply because they are different [...]” Met verwysing na daaropvolgende uitsprake deur die Konstitusionele Hof in sake soos Sidumo v Rustenburg Platinum Mines Ltd,218 Chirwa v Transnet Ltd219 en 214 Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) [2006] 2 All SA 175 (E), bl 120 van 2008 (3) SA 91 (E). 215 Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 61. 216 Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 61 vn 66. 217 Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 60. 200 Masetla v President of the Republic of South Africa,220 is Hoexter221 van mening dat die Konstitusionele Hof geensins duidelikheid gebring het ten aansien van die wisselwerking tussen en toepassing van onderskeidelik arbeidsreg en administratiefreg nie. In teenstelling met die beslissing in Chirwa, waar die meerderheid ten gunste van ´n “strict compartementalisation of fundamental rights” was, is die beslissing in Sidumo en Masetla meer ten gunste van die feit dat fundamentele regte nie in isolasie van mekaar kan bestaan nie. Navsa AR, vir die meerderheid in Sidumo, beslis dat arbitrasiebesluite van die KVBA wel administratiewe optrede kragtens artikel 33 van die Grondwet is, maar dat PAJA nie daarop van toepassing is nie. Verder beskou hy die Wet op Arbeidsverhoudinge as gespesialiseerde wetgewing naas PAJA.222 Die meerderheid in Sidumo is ten gunste van die siening dat grondwetlike regte “interconnected en overlapping” is.223 Navsa beslis in hierdie verband soos volg: “This submission is based on the misconception that the rights in ss 23, 33 and 34 are necessarily exclusive and have to be dealt with in sealed compartments. The right to fair labour practices, in the present context, is consonant with the right to administrative action that is lawful, reasonable and procedurally fair. Everyone has the right to have these rights enforced before the CCMA acting as an impartial tribunal. In the present context, these rights in part overlap and are interconnected. 224 [Eie kursivering.] Sachs R spreek hom ook sterk uit teen “pure classifications” en is ten gunste van “an amalgam of three separate but intermingling constitutional rights”.225 En verder: “Acceptance of hybridity is based on the fact that protected rights in a constitutional democracy overlap, intersect and mutually reinforce each other. Though in particular factual situations the interests secured by the rights might collide, there can be no intrinsic or categorical incompatibility between the rights themselves. Courts should not feel obliged to obliterate one right through establishing the categorical or classificatory pre-eminence of another.”226 218 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH). Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH). 220 Masetla v President of the Republic of South Africa & Another 2008 (1) SA 566 (KH). 221 C Hoexter “Clearing the Intersection? Administrative Law and Labour Law in the Constitutional Court.” (2008) Constitutional Court Review 210. 222 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 88-91. 223 Hoexter 2008 Constitutional Court Review 216. 224 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 112. 225 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 147. 226 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 148. 219 201 Hierdie siening word egter glad nie deur die hof in die saak van Chirwa gevolg nie. In Chirwa is me. Chirwa ontslaan deur die Transnet Pensioenfonds tydens ´n dissiplinêre verhoor. Sy het die saak eers na die KVBA verwys vir bemiddeling en toe dit onsuksesvol was, is besluit om eerder die Hooggeregshof te nader vir die hersiening en tersydestelling van haar ontslag op grond van ´n skending van haar reg tot regmatige administratiewe optrede kragtens PAJA. Sy het aangevoer dat een van haar skuldoorsake berus op die Wet op Arbeidsverhoudinge en ´n tweede voortvloeiende uit die Grondwet, saamgelees met PAJA en dat die Hooggeregshof gevolglik konkurrente jurisdiksie het met die Arbeidshof ten aansien van haar eis. Skweyiya R beslis namens die meerderheid dat die Hooggeregshof nie jurisdiksie in die aangeleentheid het nie en dat die appellante die roete ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge moes gevolg het. Gevolglik beslis die meerderheid dan ook dat die Arbeidshof uitsluitlike jurisdiksie in dié aangeleentheid het. Cameron AR in die minderheidsuitspraak handhaaf die jurisdiksie van die Hooggeregshof en beslis onder andere dat “where the same conduct gives rise to different causes of action, employees may choose the forum and the legislation under which they wish to pursue their actions […] neither the LRA nor PAJA expressly deprives the High Court of jurisdiction to adjudicate disputes arising from public sector employment”.227 Hy bevestig dus dat die Hooggeregshof konkurrente jurisdiksie het met die Arbeidshof. Hierdie siening is in ooreenstemming met die benadering soos gevolg deur Plasket R in die saak van POPCRU, waarin Plasket R soos volg beslis: “The overlap of two or more branches of law is not unusual in our legal system. Because our superior courts are based on the English model of courts of general jurisdiction possessed of inherent jurisdiction, and because our legal system is not, like some continental systems, based on the existence of separate and distinct jurisdictions of specialist courts for private law and public law matters, it does not matter much in South African law, at least from a jurisdictional perspective, whether a matter is one of public law, private law or involves both. When the distinction between labour law and administrative law is elevated to a distinction of the order of importance accorded to it in some of the Labour Court judgments, the result, in my view, is a degree of formalism that rivals the old and discredited classification of functions approach once used as a means of determining the intensity of judicial review. In similar vein, the attempt to place administrative law and labour law into neat pigeonholes runs the risk of 227 Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 32. 202 elevating ‘what may be no more than a convenient classification into a source of legal rules’ [...].”228 Hoexter229 voel sterk daaroor dat “wishful thinking cannot change the fact that in practice labour law and administrative law are not neatly divided and that in many cases they do overlap”. ´n Sprekende voorbeeld van die wisselwerking tussen arbeidsreg en administratiefreg tref ons aan in die saak van Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape.230 ´n Skoolhoof is verplaas na ´n ander skool en op ´n laer vlak aangestel vanweë ´n fout deur die Departement van Onderwys. Die Departement het ´n aanbeveling vir heraanstelling van die skoolfhoof in sy vorige posisie geïgnoreer en gevolglik bring hy ´n hersieningsaansoek ingevolge PAJA. Froneman J oorweeg beide die sake van Fredericks231 en Chirwa, maar volg die redenasie van die hof in Fredericks, deur te beslis dat op grond van die bewoording in artikel 157(2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge,232 die Hooggeregshof en Arbeidshof konkurrente jurisdiksie het om die aangeleentheid te beslis. Hoexter233 spreek haarself sterk uit ten gunste van ´n benadering wat die gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uitlig. Sy beskou die eng kategoriese siening van veral die meerderheidsuitspraak in Chirwa as ´n jammerte “not just because the vision of the majority is so completely at variance with the ethos of Sidumo, but also because it ignores an important constitutional principle”. Froneman R volg ook hierdie benadering in Nakin. In sy minderheidsuitspraak in Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape234 is Nugent R ook krities wat betref die Chirwa-beslissing.235 ´n Volbank in die saak van Makhanya v University of Zululand236 het openlik verskil met die beslissing in Chirwa en Nugent R kom tot die gevolgtrekking dat: 228 Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 661. Hoexter 2008 Constitutional Court Review 221. 230 Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck). 231 Fredericks v MEC for Education & Training, Eastern Cape [2002] 2 BLLR 119 (KH). 232 (1) Behoudens die Grondwet en artikel 173, en behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitende jurisdiksie ten opsigte van alle aangeleenthede wat elders ingevolge hierdie Wet of ingevolge enige ander wet deur die Arbeidshof beslis moet word. (2) Die Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die Hoë Hof ten opsigte van ´n beweerde of dreigende skending van enige fundamentele reg in Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, verskans wat voortspruit uit(a) indienshouding of indiensneming, en uit arbeidsverhoudinge; (b) ´n geskil oor die grondwetlikheid van enige uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, of enige dreigende uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, deur die Staat in sy hoedanigheid as ´n werkgewer; en (c) die toepassing van enige wet vir die uitvoering waarvan die Minister verantwoordelik is. 233 Hoexter 2008 Constitutional Court Review 228. 234 Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape [2008[ 8 BLLR 711 (HHA) par 38. 235 Sien ook verder BPS van Eck “Chirwa v Transnet and Beyond: Urgent Need for the Constitutional Court to provide Certainty.” (2010) TSAR 119-128. 236 Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA). 229 203 “I am driven to conclude that the ratio for the order that was made in Chirwa (both of the minority and the majority, but for Skweyiya J) was that the termination of an employment contract in the circumstances in which it occurred in that case, does not constitute ‘administrative action’, and for that reason the claim was bad in law and it was dismissed on that ground. The further views of the majority that the High Court had no jurisdiction to consider the claim was not the ratio for the order that it made and what was said by various members of the court in that regard is thus not binding upon us. In those circumstances we are free to dispose of this appeal on conventional principles.”237 ´n Jarelange onsekerheid oor die vraag of arbeidsgeskille eksklusief in die Arbeidshowe aangehoor moet word en of die Hooggeregshof ook jurisdiksie het, het in Gcaba v Minister of Safety and Security238 voor die Konstitusionele Hof beland. Hierdie onsekerheid volg op twee botsende uitsprake van die Konstitusionele Hof. In die 2001-saak van Fredericks beslis die hof dat die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie die jurisdiksie van die Hooggeregshof uitsluit in grondwetlike aangeleenthede nie. In die 2007-saak van Chirwa beslis die hof egter dat waar ´n staatsorgaan in sy hoedanigheid as werkgewer ´n handeling verrig, die Arbeidshof jurisdiksie het om enige dispuut wat voortspruit uit ´n arbeidsverhouding en gegrond is op ´n bepaling in die Handves van Regte, te beslis. In Gcaba se saak is senior superintendent Jackson, ´n polisiebeampte van die Grahamstadse polisie, se pos van stasiekommissaris opgegradeer na dié van direkteur. Gcaba het aansoek gedoen vir die pos, hy het die kortlys gehaal, is geroep vir ´n onderhoud, maar is nie in die pos aangestel nie. Hy nader die Oos-Kaapse Hooggeregshof vir ´n hersieningsaansoek om die besluit deur die polisie om hom nie aan te stel nie tersyde te stel, aangesien dit ´n aantasting van sy reg op administratiewe geregtigheid is. Die hof beslis egter dat dit ´n suiwer arbeidsaangeleentheid is en dat die hof nie die jurisdiksie het om Gcaba se eis aan te hoor nie en gee die polisie gelyk. Gcaba het gevolglik die Konstitusionele Hof genader vir ´n beslissing. Die Konstitusionele Hof moes beslis of die Hooggeregshof korrek was in sy beslissing dat die hof nie jurisdiksie gehad het om die hersieningsaansoek aan te hoor nie, sowel as die gevolglike tersydestelling van die besluit om Gcaba nie in die pos as stasiebevelvoerder in Grahamstad aan te stel nie. Die hof aanvaar dat mnr. Gcaba meer as een skuldoorsaak kan hê en erken verder die benadering soos gevolg in 237 238 Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA) par 94. Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH). 204 Fredericks en die minderheidsuitspraak in Chirwa dat “rigid compartementalisation should be avoided”.239 Die hof aanvaar verder dat fundamentele regte “intrinsically interdependent, indivisible and inseparable” is.240 En verder: “The constitutional and legal order is one coherent system for the protection of rights and the resolution of disputes. A related principle is that legislation must not be interpreted to exclude or unduly limit remedies for the enforcement of constitutional rights.”241 Die hof beklemtoon egter dat “the constitution recognises the need for specificity and specialisation in a modern and complex society” en bevestig die siening in die Chirwa-saak dat: “Once a set of carefully-crafted rules and structures has been created for the effective and speedy resolution of disputes and protection of rights in a particular area of law, it is preferable to use that particular system.”242 Die hof bevestig dat beide die Hooggeregshof en die Arbeidshof jurisdiksie het met betrekking tot arbeidsaangeleenthede waar grondwetlike regte ter sprake is. Wat betref die jurisdiksie van die Hooggeregshof ten aansien van PAJA, beslis die hof dat indien daar nie ´n administratiewe handeling is nie, die kwessie van ´n “overlapping jurisdiction” nie geopper sal word nie. Die hof beklemtoon egter dat indiensnemingsen arbeidsaangeleenthede in die algemeen nie ´n administratiewe handeling is kragtens PAJA nie. Die hof beslis soos volg: “The ordinary thrust of section 33 is to deal with the relationship between the state as bureaucracy and citizens and guarantees the right to lawful, reasonable and procedurally fair administrative action. Section 33 does not regulate the relationship between the state as employer and its workers. When a grievance is raised by an employee relating to the conduct of the state as employer and it has few or no direct implications or consequences for other citizens, it does not constitute administrative action.”243 Indien Gcaba dus nie ´n eis kan bewys gegrond op die administratiefreg wat beregbaar is deur die Hooggeregshof nie, moet hy die Arbeidshof nader. Gevolglik is die appèl onsuksesvol en die hof bevestig die beslissing van die Hooggeregshof deur te beslis dat: 239 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 53. Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 54. 241 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 54-55. 242 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 56. 243 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 64. 240 205 “The applicant’s complaint was essentially rooted in the LRA, as it was based on conduct of an employer towards an employee which may have violated the right to fair labour practices. It was not based on administrative action. His complaint should have been adjudicated by the Labour Court.”244 Ten aansien van kontraktuele dispute maak die hof dit duidelik dat: “[…] the LRA does not intend to destroy causes of action or remedies and section 157 should not be interpreted to do so. Where a remedy lies in the High Court, section 157(2) cannot be read to mean that it no longer lies there and should not be read to mean as much. Where the judgment of Ngcobo J in Chirwa speaks of a court for labour and employment disputes, it refers to labour- and employment related disputes for which the LRA creates specific remedies. It does not mean that all other remedies which might lie in other courts like the High Court and Equality Court, can no longer be adjudicated by those courts.”245 Die hof maak dit gevolglik duidelik dat met betrekking tot kontraktuele dispute, die hof steeds genader kan word vir die gepaste remedies, insluitende geregtelike hersiening. Soos dit geblyk het uit die vroeëre bespreking het die Suid-Afrikaanse howe in die verlede nog altyd ´n groot bereidwilligheid getoon en gereeld die besluite van private entiteite hersien (insluitende kerke en klubs) uit hoofde van die kontraktuele verhouding tussen lede en ook spesifiek in die konteks van dissiplinêre verhore. Hierdie vorm van tugreg word deur Clavareau246 omskryf as ´n geheel van reëls wat nie tot die strafreg behoort nie, wat beoog om te sanksioneer (te straf) sodat elkeen wat deel vorm van en aan ´n sosiale groep247 (in die breë sin) behoort, die reëls van die groep sal naleef. By geloofsinstellings is die klem veral op tugreg van toepassing binne verenigings, wat beskou word as die mees vrywillige vorm van tugreg, anders dan as tugreg met ´n wetlike komponent (soos ons dikwels aantref by professionele beroepe),248 of selfs ´n vorm van tugreg by aangehoudenes wat eintlik maar ´n vorm van ´n verpligte strafsanksie is. By eersgenoemde is die mate van vrywilligheid heelwat meer as byvoorbeeld by die laaste kategorie, waar daar geen 244 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 76. Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 73. 246 PJA Clavareau Eenige Hulpovereenkomste (1947) 138. Sien verderAH Santing-Wubs “Orde en Tucht, Tucht in Orde?” (2003) Ars Aequi 48 en verder. 247 Die term ‘groep’, soos omskryf deur Leijten Tuchtrecht getoetst (verhandeling, Tilburg, 1991) 31 en onderskryf deur SantingWubs 2003 Ars Aequi 48 vn 6, word omskryf as “een groep is een sociale eenheid, waarbij tussen de leden een band op grond van gemeenschaplijke waarden en normen bestaat. Dit impliceert dat de leden meer dan alleen een kenmerk gemeen hebben en er tevens niet louter een samehorigheidsgevoel bestaat. Er zal ook sprake moeten zijn van een min of meer duurzame verhouding tussen de leden”. Hierdie beskrywing behoort ook toepassing te vind wanneer dit gaan oor geloofsinstellings. 248 Soos byvoorbeeld aangetref in die prokureursberoep, advokate, professionele sport, medici ensovoorts. 245 206 sprake van vrywilligheid is nie. Santing-Wubs249 voer aan dat namate die vrywilligheid groter is, die staat minder bemoeienis moet hê met die bepaalde tugreg. Ingevolge hierdie benadering, sou geloofsinstellings dus onder die eerste kategorie geplaas kon word. Tugmaatreëls kan egter baie ingrypende gevolge vir die betrokkene inhou. Die gevolge van tug kan ook grootliks verskil ten aansien van ´n gewone kerklid en byvoorbeeld ´n predikant. Indien ´n kerklid, of ´n lid van ´n geloofsinstelling of organisasie, hom nie wil onderwerp aan die betrokke tugmaatreël nie, staan dit hom dikwels vry om die betrokke kerk of instelling te verlaat en by ´n ander aan te sluit (in teorie, altans), soos by ´n gewone vereniging. 250 Vir ´n predikant wat graag nog sy beroep wil beoefen en wat ´n moontlike skorsing of ontslag in die gesig staar, is dit egter nie so eenvoudig om by ´n ander kerk of selfs gemeente aan te sluit nie. Veral met betrekking tot ander gemeenregtelike en statutêre remedies is die hof in Gcaba duidelik daaroor dat: “If only the Labour Court could deal with disputes arising out of all employment relations, remedies would be wiped out, because the Labour Court (being a creature of statute with only selected remedies and powers) does not have the power to deal with the common law or other statutory remedies.”251 Hierdie siening van die hof is dus baie belangrik in die sfeer van niegrondwetlike administratiefreg of private adminstratiefreg, veral ten aansien van die hersiening van besluite deur private organisasies ingevolge die gemeenregtelike beginsels van administratiefreg, selfs ten opsigte van indiensnemingsdispute. Froneman R in Fredericks is van mening dat “fundamental constitutional rights do not operate in tightly fitted compartments. In many, perhaps even most, instances, they overlap and are interconnected”.252 En verder dat die “substantive coherence and development of employment law can only gain from insights derived initially from administrative law concerns”.253 [Eie kursivering.] So ´n ontwikkeling kan geskied binne die raamwerk van artikel 39(2) van die Grondwet en volgens Hoexter254 dien dit as grondwetlike gesag vir die howe om publiekregtelike standaarde te stel vir private besluitnemers 249 Santing-Wubs 2003 Ars Aequi 48- 49. Sien vroeëre siening van De Ville op p 167. 251 Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 73. 252 Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck) par 31. 253 Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck) par 35. 254 Hoexter 2008 Constitutional Court Review 223. 250 207 om te volg, veral in verhoudings wat gekenmerk word deur ongelykheid, soos in ´n indiensnemingsverhouding, en waar ´n dwingende gesag uitgeoefen word, soos dikwels by huishoudelike tribunale. 7.6 GEVOLGTREKKING Ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse gemenereg en soos deur die howe op verskeie geleenthede beslis, is dit duidelik dat die dissiplinêre tribunale van vrywillige verenigings vatbaar vir geregtelike hersiening is deur die howe.255 Hierdie tipe hersiening geskied binne die raamwerk van die sogenaamde niegrondwetlike administratiefreg of private adminstratiefreg, veral ten aansien van die hersiening van besluite deur private organisasies ooreenkomstig die gemeenregtelike beginsels van administratiefreg. Aangesien geen “openbare funksie” vervul word nie, is dit dus nie ´n aangeleentheid binne die raamwerk van die Grondwet (meer spesifiek, artikel 33) of PAJA nie, en die rol en belangrikheid van die gemeenregtelike beginsels word deur die Konstitusionele Hof bevestig in die saak van Pharmaceutical Manufacturers Association. Die hof beslis dat die gemeenregtelike beginsels en regspraak sal “continue to inform the content of administrative law and other aspects of public law, and will contribute to their future development”.256 Hoewel daar aangevoer is dat die administratiefreg aanwending vind in die ongelyke verhouding tussen private persone en dat dit die indirekte toepassing van die Handves kragtens artikel 39(2) van die Grondwet in dienooreenkomstige verhoudings regverdig, blyk dit tog dat die howe die hersiening van private funksies eerder sien in die lig van die toepassing van die gemeenregtelike beginsels. Wat verder geblyk het uit die bespreking is dat die verhouding tussen lede van private, niestatutêre organisasies dikwels kontraktueel van aard is en beheer word deur privaatregtelike beginsels. Die howe vereis wel dat die dissiplinêre optredes van private liggame (insluitende kerke en huishoudelike tribunale) in ooreenstemming met die beginsels van natuurlike geregtigheid geskied, en dit blyk ook ten aansien van optredes voortspruitend uit diensverhoudinge en optredes deur kerklike tugkomitees waar ´n predikant geskors of ontslaan word. Uit beide die Suid-Afrikaanse en 255 Sien Turner v Jockey Club of SA 1974 (3) SA 633 (A) (dissiplinêre verhoor van ´n lid van die Jokkieklub); Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) (tugverhoor van ´n kerk); Sien verder Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA 362 (W) (rakende die ekskommunikasie van die Joodse geloof). 256 Pharmaceutical Manufacturers Association of SA: In re Ex parte President of the Republic of South Africa 2000 (2) SA 674 (KH) par 45. 208 Nederlandse kontekste blyk dit duidelik dat daar geen algemene reël bestaan dat predikante werknemers van die gemeente is, al dan nie, en gebonde is aan ´n dienskontrak nie. Verskillende denominasies het verskillende uitgangspunte en ideologieë. Gevolglik moet elke saak op sy eie meriete beoordeel word. Die howe moet dus sensitief wees vir die sui generis-aard van kerke en behoort nie geredelik ´n regsverhouding op lede van ´n kerk af te dwing as dit teenstrydig met hulle geloof is nie. Die reg op godsdiensvryheid soos vervat in die Grondwet laat kerke en ander geloofsinstellings dus toe om hulleself en voortspruitende ampte te definieer. Verskillende geloofsinstellings, kerke en denominasies word veroorloof om verskillende godsdienstige geloofsidentiteit. Die uitgangspunte geloofsbeskouing te en hê, ooreenkomstig -praktyke van een hulle eie kerk- of geloofsgemeenskap kan dus nie altyd as geldend vir ´n ander beskou word nie. Wat betref die verhouding tussen arbeidsreg en administratiefreg is dit opmerklik dat ten spyte van die meerderheidsbeslissing in Chirwa, ons tog ´n sterk tendens sien ten gunste van die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel. Dit is die siening wat ons aantref in die meerderheidsuitspraak in Sidumo, asook in die minderheidsuitspraak in Chirwa self. Dit word bevestig deur Cameron AR, en Langa HR gee ook op meer as een geleentheid erkenning aan die oorvleueling van die Wet op Arbeidsverhoudinge en PAJA.257 Hy beslis soos volg: “There is an important principle at play here. Both PAJA and the LRA protect important constitutional rights and we should not presume that one should be protected before another or presume to determine that the ‘essence’ of a claim engages one right more than another. A litigant is entitled to the full protection of both rights, even when they seem to cover the same ground.”258 Cameron AR sluit hierby aan: “We must end where we began: with the Constitution. I can find in it no suggestion that, where more than one right may be in issue, its beneficiaries should be confined to a single legislatively created scheme of rights. I can find in it no intention to prefer one legislative 257 258 Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175, 176. Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175. 209 embodiment of a protected right over another; nor any preferent entrenchment of rights or of the legislation springing from them.”259 Wat duidelik geblyk het uit hierdie hoofstuk en wat van belang is vir die bespreking in die volgende hoofstuk, is dat die gemeenregtelik administratiefregtelike beginsels, soos dit uiting vind in die reëls van natuurlike geregtigheid, van toepassing is op die dissiplinêre verrigtinge binne vrywillige verenigings, insluitende geloofsinstellings. Dit is gepas in situasies waar ´n persoon as gevolg van so ´n dissiplinêre optrede ontneem is van sy lewensonderhoud. Dit is ook veral gepas vanweë die ongelyke verhoudings wat in hierdie situasies aangetref word en wat die analogiese toepassing van administratiefregtelike beginsels regverdig. Die volgende hoofstuk sal fokus op die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid of prosedurele billikheid op die prosedures van huishoudelike tribunale. 259 Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175. 210 HOOFSTUK 8 8 PROSEDURELE BILLIKHEID 8.1 INLEIDING Die Concise Dictionary of Law1 omskryf ´n huishoudelike tribunaal as “a body that exercises jurisdiction over the internal affairs of a particular profession or association, under powers conferred either by statute or by contract between the members”. Privaat organisasies is altyd toegelaat om hulle eie sisteem van geskilbeslegting in te rig met dien verstande dat toegang tot die howe nie uitgesluit word nie. Reeds in Odendaal v Loggerenberg en Andere2 bevestig die hof die bevoegdheid om besluite van huishoudelike godsdienstige tribunale te hersien: “Dit is gemene saak dat ´n geregshof met ´n beslissing van ´n huishoudelike hof van ´n vrywillige vereniging van persone, soos die kerk in die onderhawige geval, sal inmeng slegs waar daar by die verhoor en veroordeling van die veroordeelde ´n skending van die reëls of statute van die betrokke vereniging plaasgevind het of die elementêre beginsels van geregtigheid verontagsaam was, en sodanige skending of verontagsaming die veroordeelde werklik benadeel het.” Die beginsels van natuurlike geregtigheid is van toepassing op die dissiplinêre tribunale van onder andere klubs of kerklike liggame, aangesien hierdie tribunale: “wield powers as great as, if not greater than, any exercised by courts of law. They can deprive a man of his livelihood [...] They are usually empowered to do this for any breach of their rules, which, be it stated, are rules which they impose and which [the individual concerned] has no real opportunity of accepting or rejecting. In theory their powers are based on contract. The [individual concerned] is supposed to have contracted to give them these great powers; but in practice he has no choice in the matter.”3 Soos Chafee4 opmerk: “An expelled member’s suit against the organization to which he belonged, for example, is the kind of controversy particularly suited to judicial review.” The Concise Dictionary of Law 2nd ed (1990). Odendaal v Loggerenberg en Andere NNO 1961 (1) SA 712 (O) 719C-E. 3 Soos aangehaal in DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 376. 4 Sien DM Rabban “Judicial Review of the University-Student Relationship: Expulsion and Governance” (1973) 26 Stanford Law Review 109. 1 2 211 Soos tereg opgemerk deur Wiechers,5 is die reëls van natuurlike geregtigheid gemeenregtelike reëls wat van toepassing is op administratiewe ondersoeke en verhore. Na die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid word onder andere ook verwys as “due process” ooreenkomstig een van die mees fundamentele waarborge in die Amerikaanse Grondwet. Die verband tussen natuurlike geregtigheid en “due process” word omskryf as “different ways of expressing [the same idea]”.6 Ander terme sluit in “fair play in action”, prosedurele billikheid of bloot billikheid. Prosedurele billikheid vind uiting in twee belangrike beginsels, naamlik die audi alteram partem-reël wat verwys na die reg van ´n benadeelde persoon om sy of haar saak behoorlik te stel en beteken letterlik “luister na die ander kant”. Die ander beginsel is die nemo iudex in sua causa-reël wat vereis dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees en nie regter in sy eie saak kan wees nie. Volgens Wade en Forsyth7 is die vereiste dat administratiewe besluitnemers verplig is om ´n billike verhoor te gee “broad enough to include the rule against bias, since a fair hearing must be an unbiased hearing; but in deference to the traditional dichotomy, that rule has always been treated separately”. Hierdie hoofstuk sal gevolglik fokus op beide die audi-vereiste, sowel as vooroordeel as belangrike elemente van die reg op prosedurele billikheid. Die inhoud en toepassing van prosedurele billikheid sal ondersoek word, asook die leerstuk van regmatige verwagtinge. Artikel 33 van die Grondwet wat die fundamentele reg tot regverdige administratiewe optrede uiteensit, maak nie net voorsiening daarvoor dat elkeen die reg het op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is nie, maar bepaal spesifiek in subartikel 2 dat elkeen wie se regte nadelig deur administratiewe optrede geraak is, die reg op die verskaffing van skriftelike redes het. Daar bestaan verskeie argumente ten gunste van die vereiste en plig wat op besluitnemers rus om redes te verskaf.8 Die reg tot redes word ook beskou as ´n essensiële element van prosedurele billikheid of natuurlike geregtigheid en dit is daarom nie vreemd dat dit 5 M Wiechers Administratiefreg 2de uitg. (1984) 217. Sien Murphy R in Forbes v New South Wales Trotting Club 1979 143 CLR 242 op 275. 7 W Wade en C Forsyth Administrative Law 7th ed (1994) 494. 8 Sien onder andere L Baxter Administrative Law (1989) 228, I Currie en J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook (2001) 135-136 par 5.2; U Stander “Die Wenslikheid vir die Verskaffing van Redes vir Administratiewe Handelinge” 1992 Stell LR 96-105; PP Craig “The Common Law, Reasons and Administrative Justice” 1994 CLJ 283-285; PP Craig Administrative Law 5th ed (2003); Bel Porto School Governing Body and Others v Premier of the Province, Western Cape and Another 2002 (3) SA 265 (KH) par 159. 6 212 as die “third principle of natural justice” beskou word nie.9 Daar word egter aangevoer dat ´n sterk saak gestel kan word om die reg tot redes as deel van natuurlike geregtigheid te beskou, ´n argument wat selfs sterkter is as ten aansien van regsverteenwoordiging en kruisondervraging in huishoudelike tribunale.10 Die reg op regsverteenwoordiging word egter ook beskou as ´n belangrike element van ´n billike verhoor en vorm deel van die diskresionêre vereistes vir prosedurele billikheid ooreenkomstig artikel 3(3) van PAJA en bepaal dat ten einde uitvoering te gee aan die reg op prosedureel billike administratiewe optrede, ’n administrateur in sy of haar diskresie ook aan die benadeelde persoon die geleentheid mag bied om bystand te verkry en, in ernstige of gekompliseerde sake, regsverteenwoordiging te verkry. Gevolglik sal hierdie bespreking ook fokus op die reg op redes en regverteenwoordiging as belangrike elemente van ´n billike verhoor. 8.2 AUDI ALTERAM PARTEM 8.2.1 Die toepassing van die leerstuk van regmatige verwagtinge Artikel 33 van die Grondwet maak voorsiening vir die reg tot regverdige administratiewe optrede en bepaal dat elkeen die reg het op administratiewe optrede wat prosedureel billik is. Artikel 3(1) van PAJA maak dit verder duidelik dat ‘n administratiewe handeling wat ‘n wesenlike en nadelige uitwerking op die regte en regmatige verwagtinge van enige persoon het, prosedureel billik moet wees. Artikel (2)(c) bepaal verder dat ‘n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien die handeling prosedureel onbillik was. Artikel 3(1) verwys nie net na waar ´n administratiewe handeling ´n nadelige uitwerking op ´n persoon se regte het nie, maar ook ´n nadelige uitwerking op ´n persoon se regmatige verwagting het. Ná die beslissing in Administrator, Transvaal and Others v Traub and Others,11 is die toepassing van die audi-reël uitgebrei om ook toepassing te vind in gevalle waar ´n persoon ´n regmatige verwagting het. Ten aansien van die toekomstige gevalle waar ´n regmatige verwagting geag teenwoordig te wees, beslis Corbett HR soos volg: 9 Sien C Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative Action in the Democratic South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit, 2002) 470. 10 Sien M Kirby “Reasons for Judgment: ‘Always Permissible, Usually Desirable and Often Obligatory’” (1994) 12 Aust Bar Rev 121; F Kitto “Why Write Judgements?” (1992) 66 ALJ 787. 11 Administrator, Transvaal and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A) 716G. 213 “[...] a reasonable balance must be maintained between the need to protect the individual from decisions unfairly arrived at by a public authority (and by certain domestic tribunals) and the contrary desirability of avoiding undue judicial interference in their administration.” Corbett HR sluit dan ook pertinent die beslissings van huishoudelike tribunale in met betrekking tot ´n administratiewe handeling wat ´n nadelige uitwerking op ´n persoon se regmatige verwagtinge het. In President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others12 verwys die hof met goedkeuring na die dictum van Corbett HR in Traub, en beslis verder soos volg: “The question whether an expectation is legitimate and will give rise to the right to a hearing in any particular case depends on whether in the context of that case, procedural fairness requires a decision-making authority to afford a hearing to a particular individual before taking the decision. To ask the question whether there is a legitimate expectation to be heard in any particular case is, in effect, to ask whether the duty to act fairly requires a hearing in that case. The question whether a “legitimate expectation of a hearing” exists is therefore more than a factual question. It is not whether an expectation exists in the mind of a litigant but whether, viewed objectively, such expectation is, in a legal sense, legitimate; that is, whether the duty to act fairly would require a hearing in those circumstances.”13 De Ville14 voer aan dat die vraag of ´n regmatige verwagting op prosedurele billikheid bestaan, gevolglik nie beperk word tot gewese praktyke en beloftes nie, maar konteksbepaald is. Hy is dan ook ten gunste van ´n breë benadering in die konteks van prosedurele beskerming en voer aan dat die “contextual approach is much more satisfying than the formalism involved in regarding legitimate expectation as a threshold”.15 Volgens Raath16 moet daar normatiewe inhoud verleen word aan die konsep van regmatige verwagtinge en hy voer aan dat die vraag gewoon moet wees of die redelike man in die lig van al die besonderhede, in ag genome die aard en omvang van die betrokke regsbelange ter sake, ´n regmatige verwagting gehad het om aangehoor te word. Die hof in Lunt v University of Cape Town17 kritiseer veral die vroeëre siening in Sibanyoni dat “the operation of contractual principles excludes the audi alteram partem rule” en beslis ten aansien van die toepassing van die regmatige 12 President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (KH). President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (KH) par 216. 14 De Ville Judicial Review 231. 15 De Ville Judicial Review 233. 16 AWG Raath “Legitimate Expectation en die Feniks uit die As” 1992 Tydskrif vir Regswetenskap 98-99. 17 Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 449E. Sien verder die kritiek van E Mureinik “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 48. 13 214 verwagting-leerstuk dat “[t]here is [...] a need in South Africa for [...] legal reform [...] and application of the [legitimate] expectation test will do much to achieve it”.18 Die hof aanvaar dat die leerstuk van regmatige verwagtinge ook in suiwer kontraktuele aangeleenthede gepas is, ´n siening wat byvoorbeeld geensins nagevolg is deur die hof in Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown)19 nie, en waar die hof van mening is dat die audi alteram partem-reël nie toepassing geniet in die veld van kontraktereg nie. Cooper R voer aan dat “I am in respectful disagreement with the learned Judge’s view that the ‘legitimate expectation approach’ applies ‘even in a contractual context’”.20 ´n Soorgelyke benadering is gevolg deur die hof in Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa.21 Die appellant was ´n priester in die Ou Apostoliese Kerk van Afrika en hy is aangestel op ´n niebesoldigde basis. Hy is deur die kerk tydens ´n dissiplinêre verhoor uit sy pos as priester geskors en geëkskommunikeer van lidmaatskap op grond van beweerde wangedrag en nienakoming van kerklike doktrines. Die appellant het aangevoer dat sy skorsing onregmatig was, aangesien hy nie die geleentheid gegun is om sy kant van die saak te stel nie. Hy voer verder aan dat hy ´n regmatige verwagting gehad het op die toekomstige gebruik van fasiliteite en dienste van die kerk, aangesien hy ´n bydrae gemaak het en dat, in die lig daarvan, sy burgerlike regte en belange wel nadelig geraak is deur die weiering om aangehoor te word. Die hof beklemtoon die feit dat hy slegs sal inmeng indien daar ´n bestaande burgerlike reg of belang ter sprake is en beslis dat: “The authorities say that, when there is an absence of civil rights or interests prejudicially affected by a decision of a voluntary association, the civil courts have no jurisdiction.” 22 Die hof bevestig die siening van MT Steyn R in Motaung v Mukubela:23 “A Court of law will, however, not interfere, even when there has been a clear infringement of the constitutional rules of a voluntary association, unless such interference is necessary to protect some civil or temporal right or interest.” 18 Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 449H. Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown)1991 (4) SA 458 (E) 469J. Sien die verdere kritiek op die Embling-saak in DM Pretorius “Letting the Unruly Horse Gallop in the Field of Private Law: The Doctrine of Legitimate Expectations in ‘Purely Contractual’ Relations” 2001 SALJ 503. 21 Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA). 22 Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA) 460H. 23 Motaung v Mukubela and Another NNO; Motaung v Mothiba NO 1975 (1) SA 618 (O) 628C. 19 20 215 Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die audi alteram partem-reël nie in bogenoemde gevalle van toepassing is nie en beslis verder dat: “The appellant is seeking a privilege to which he has no claim. He has no civil rights or interests entitling him to be heard. Because of this he has no legitimate expectation to be heard. He was a non-stipendiary priest. In my opinion the appellant’s application for relief was rightly dismissed.”24 Pretorius25 voer aan dat hierdie beslissing nie korrek is nie, aangesien die feitelike konteks van die regmatige verwagting eers ondersoek moes word, en die regmatige verwagting nie afhang van die feit dat hy geen burgerlike regte en belange gehad het wat ´n verhoor regverdig het nie. Hy voer tereg aan dat die skorsing en ekskommunikasie uit die kerk reeds ´n besluit van ´n dissiplinêre aard was wat in ooreenstemming met die reëls van natuurlike geregtigheid moes geskied het en gevolglik moes hy die geleentheid gegun geword het om aangehoor te word. 8.2.2 Die minimumvereistes vir prosedurele billikheid 8.2.2.1 Inleidende opmerkings Die audi alteram partem-reël hou in dat wanneer ´n openbare liggaam of amptenaar ooreenkomstig ´n magtigingswet of magtigende bepaling ´n handeling verrig wat ´n persoon se bestaande regte, vryhede of regmatige verwagtinge nadelig aantas, so ´n persoon geregtig is om ´n billike geleentheid gegun te word om sy of haar kant van die saak te stel, alvorens die betrokke handeling verrig word, ´n besluit geneem of ´n bevoegdheid uitgeoefen word. Die howe is duidelik ten gunste van die feit dat die vereiste van ´n billike verhoor ´n buigsame konsep is en dat die inhoud daarvan konteksspesifiek is. Vir geloofsinstellings beteken dit dat die betrokke aard van die tugverhoor, tesame met die reg op godsdiensvryheid in bepaalde situasies, sekere prosedurele vereistes kan vereis of ´n geloofsinstelling in bepaalde omstandighede kan vrywaar en toelaat om van sekere formaliteite af te wyk. Hoexter26 bevestig hierdie siening deur te beklemtoon dat ten aansien van prosedurele billikheid “[c]ontext is all-important” en dat die inhoud daarvan nie staties is nie. Sy steun gevolglik nie die voor-demokratiese “all-or-nothing”-benadering nie. Artikel 4(a) van 24 Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA) 464C. Pretorius 2001 SALJ 517. 26 C Hoexter Administrative Law in South Africa (2007) 326. 25 216 PAJA bevestig hierdie siening deur te bepaal dat ‘n administrateur wel van die vereistes van prosedurele billikheid soos uiteengesit in artikel 2(b) mag afwyk, indien dit onder die omstandighede wel redelik en regverdigbaar is om dit te doen. Om vas te stel of die betrokke afwyking wel redelik en regverdigbaar is, vereis die artikel verder dat die administrateur alle relevante faktore in ag moet neem. Hierdie faktore sluit in: (i) die oogmerke van die magtigende bepaling; (ii) die aard en doel van die administratiewe handeling en die noodsaak daarvan om die administratiewe handeling te verrig; (iii) die waarskynlike uitwerking van die administratiewe handeling; (iv) die dringendheid van die verrigting van die administratiewe handeling of die dringendheid van die aangeleentheid; en (v) die noodsaak daarvan om ‘n doeltreffende administrasie en goeie regering te bevorder. Indien so ´n prosedure dan billik blyk te wees met die inagneming van bogenoemde faktore, mag die administrateur kragtens daardie ander prosedure optree. Baxter27 is van mening dat “[f]air hearings need not necessarily meet all the formal standards of the proceedings adopted by courts of law. The vagaries of the administrative process demands much less formality and much greater flexibility”. Die howe bevestig verder dat, ten spyte van die wisselende inhoud in sekere omstandighede, daar tog sekere minimumvereistes vir die reg op ´n billike verhoor is. Dit behels dat ´n persoon wie se regte nadelig deur ´n besluit of administratiewe optrede geraak is, ingelig moet word van die optrede teen hom en die geleentheid gegun moet word om sy saak te stel en aangehoor te word. Artikel 6(1) van PAJA maak dit verder duidelik dat enige persoon verrigtinge mag instel in ’n hof of tribunaal vir die geregtelike hersiening van ‘n administratiewe handeling. Artikel 6(2)(c) is dan belangrik, waar dit bepaal dat ʼn hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien die handeling prosedureel onbillik was. Hierdie vereistes soos vervat in PAJA stem ook ooreen met gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid, oftewel 27 L Baxter Administrative Law (1984) 542. 217 prosedurele billikheid. Die audi-reël bevat verskeie sub-reëls wat as die elemente van ´n billike verhoor beskou kan word. Hierdie gemeenregtelike reëls is in PAJA behou, soos uiteengesit in artikel 3(2)(b) en artikel 3(3). Ooreenkomstig die gemenereg het hierdie subreëls onder andere bestaan uit die volgende: a) Voldoende kennisgewing van die beoogde optrede; b) Redelike en tydige kennisgewing; c) Persoonlike verskyning; d) Regsverteenwoordiging; e) Getuienis/kruisondervraging; en f) Openbare verhoor.28 Die twee belangrikste vereistes van prosedurele billikheid is seker dat ´n benadeelde persoon ten minste voldoende kennisgewing moet kry van enige optrede teen hom en ´n voldoende geleentheid moet kry om sy saak te stel. “Voldoende” veronderstel dat genoeg inligting verskaf moet word om ´n persoon in staat te stel om sy of haar regte uit te oefen.29 8.2.2.2 Voldoende kennisgewing en geleentheid om saak te stel Ooreenkomstig die gemenereg is ´n persoon betrokke by dissiplinêre verrigtinge geregtig “to have the charge clearly formulated with sufficient particularity in such a manner as will leave him/her under no misapprehension as to the specific act or conduct to be investigated”.30 Ooreenkomstig die gemenereg is dit essensieel dat die kennisgewing die tyd en plek waar voorleggings gemaak sal word, moet insluit.31 Artikel 3(2)(a) van PAJA beklemtoon hierdie gemeenregtelike vereiste deur te bepaal dat die billikheid van ‘n administratiewe prosedure sal afhang van die omstandighede van elke geval. Maar wat presies beteken dit? In Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission32 beslis die hof soos volg: 28 Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed (2006) 321. I Currie en J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook (2001) par 3.12 en 3.13. 30 Claassen R in Klein v Dainfern College 2006 (3) SA 73 (T). 31 Sien byvoorbeeld Bredell v Pienaar 1922 KPA 578 op 585. 32 Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (4) BCLR 531 (A) 542F-543A, met verwysing na die dictum van Lord Mustill in Doody v Secretary of State for the Home Department and Other Appeals [1993] 3 All ER 92 (HL) 106D-H. Sien ook verder Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools, Eastern Transvaal 1999(2) SA 91 (KH) par 39; President of the Republic of South Africa v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1 (KH) par 219; Janse van Rensburg NO v Minister of Trade and Industry NO 2001 (1) SA 29 (KH) par 24; Permanent Secretary, Department of Education and Welfare, Eastern Cape, v Ed-U-College (PE) (Section 21) Inc 2001 (2) SA 1 (KH) par 19; Minister 29 218 “The principles of fairness are not to be applied by rote identically in every situation. What fairness demands is dependent on the context of the decision, and this is to be taken into account in all its aspects [...] An essential feature of the context is the statute which creates the discretion, as regards both its language and the shape of the legal and administrative system within which the decision is taken.” En verder: “[C]onflicting interests have to be reconciled and choices made, proportionality, which is inherent in the Bill of Rights, is relevant to determining what fairness requires. Ultimately, procedural fairness depends in each case upon the balancing of various relevant factors including the nature of the decision, the ‘rights’ affected by it, the circumstances in which it is made, and the consequences resulting from it.”33 In Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others34 beslis die hof byvoorbeeld dat 48 uur-kennis vir die applikant om redes aan te voer waarom hulle nie ontslaan moes word nie, onvoldoende was in teenstelling met die beslissing in MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty) Ltd35 waar die hof beslis het dat 48 uur-kennis onder die omstandighede billik was. In Nkomo36 bevestig die hof dat: “No specific, all-encompassing test can be laid down for determining whether a hearing is fair – everything will depend upon the circumstances of the particular case. There are, however, at least two fundamental requirements that need to be satisfied before a hearing can be said to be fair; there must be notice of the comtemplated action and a proper opportunity to be heard.” Die hof het in ag geneem dat die applikant ongeletterd en nie-Engelssprekend was en bystand sou benodig. Gevolglik beslis die hof dat: “The time allowed of 48 hours over a weekend was totally inadequate to enable the applicants to overcome these hurdles. The opportunity afforded them was, in the premises, largely illusory and did not comply with the requirements for a fair hearing.”37 of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Others 2001 (3) SA 1151 (KH) par 101; Chairman, Board of Tariffs and Trade v Brenco Inc 2001 (4) SA 511 (AH) par 13,14; Zondi v MEC for Traditional and Local Government Affairs 2005 (3) SA 589 (KH) par 113-114. 33 Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Others 2001 (3) SA 1151 (KH). 34 Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N). 35 MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty) Ltd 2008 (2) SA 319 (KH). 36 Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N) 527. 37 Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N) 528. 219 ´n Verdere voorbeeld is die beslissing van die hof in Diko v Nobongoza,38 waar die hof beslis het dat ´n informele kennisgewing van ´n byeenkoms wat na ´n geslote kantoor gefaks is, “cannot constitute compliance with the principles of natural justice”. In Turner v Jockey Club of South Africa39 word die dissiplinêre optrede van die jokkieklub tersyde gestel nadat dit aan die lig gekom het dat die betrokke jokkie skielik met ernstige bewerings gekonfronteer is waarvan hy geen kennis gedra het nie en wat nie aan hom gekommunikeer is voor die verhoor nie. Die Konstitusionele Hof in Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs40 bevestig en beklemtoon dat die reg op ´n behoorlike kennisgewing voor ´n besluit geneem word, ´n fundamentele vereiste van billikheid is en dat dit die benadeelde persoon die geleentheid bied om sy saak te stel. Die hof beslis verder: “It is a fundamental element of fairness that adverse decisions should not be made without affording the person to be affected by the decision a reasonable opportunity to make representations. A hearing can convert a case that was considered to be open and shut to be open to some doubt, and a case that was considered to be inexplicable to be fully explained. The reasonable opportunity to make representations can generally be given by ensuring that reasonable steps are taken to bring the fact of the decision-making to the attention of the person to be affected by the decision.”41 Baxter42 beskryf hierdie element van prosedurele billikheid as “the essence of a fair hearing”. Die vereiste dat ´n benadeelde persoon ´n redelike geleentheid gebied word om vertoë te rig, sluit nie outomaties ´n mondelinge verhoor en die geleentheid om persoonlik te verskyn, in nie. Die gemenereg erken geen outomatiese reg tot enige van hierdie elemente nie en PAJA volg hierdie benadering deur hierdie element in te sluit onder die diskresionêre vereistes soos vervat in artikel 3(3) van PAJA.43 Wat belangrik is, is dat die benadeelde persoon ´n billike verhoor kry en ´n billike geleentheid gebied word om sy saak te stel, en afhangende van die omstandighede kan dit die reg om persoonlik te verskyn of die maak van skriftelike voorleggings insluit. In Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others 38 Diko v Nobongoza 2006 (3) SA 126 (K) 137E-F. Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A). Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4) BCLR 347 (KH). 41 Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4) BCLR 347 (KH) par 112. 42 Baxter Administrative Law 553. 43 In De Beer v Health Professions Council of South Africa 2005 (1) SA 332 (T) par 31-3, beslis die hof byvoorbeeld dat die Raad se weiering om ´n mondelinge verhoor aan die appellante te gee nie onbillik in die omstandighede was nie. 39 40 220 Eastern Cape44 beslis die hof dat prosedurele billikheid nie vereis dat mondelinge getuienis in aanvulling tot skriftelike voorleggings aangebied moet word nie. Die hof beslis dat: “The fact that the applicant’s request to appear personally before the Executive Council, in order to address it and call witnesses, was not acceded to and does not in itself result in the process being unfair. The applicant had more than sufficient opportunity to place whatever evidence she deemed necessary before the Executive Council.”45 Dit was dus ook nie ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid nie, aangesien meer as genoegsame geleentheid aan die applikant gebied is om die nodige getuienis voor die uitvoerende raad te plaas.46 Die reg om inligting en argumente aan te bied en te betwis, vorm ook geen inherente deel van die reëls van natuurlike geregtigheid nie en die maatstaf is weer eens of ´n benadeelde persoon ´n billike geleentheid gebied is om sy saak te stel. Dit geld ook vir die reg op ´n openbare verhoor, wat geen absolute reg is ooreenkomstig die gemenereg nie. In South African Jewish Board of Deputies v Sutherland NO47 het die applikant ´n skriftelike klag ingedien teen die uitsending van ´n sekere program en is verskeie geleenthede gebied om voorleggings ten aansien daarvan te maak. ´n Formele verhoor om die klag aan te hoor, is egter geweier. Met verwysing na artikel 3(3) van PAJA bevind Malan R dat die ernstige aard van die geval ´n formele verhoor vereis het en dat die gevolglike weiering daarvan die applikant se reg op prosedurele billikheid onder die bepaalde omstandighede geskend het. Baxter48 is van mening dat die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid vergelykbaar is met die plig om “billik” op te tree en gaan selfs verder deur aan te voer dat hierdie reëls beginsels van “good administration” is en dat hulle afdwinging dien as ´n voorbeeld vir toekomstige administratiewe handelinge. Burns49 voer aan dat die reëls van natuurlike geregtigheid “have been supplanted by the constitutional right to procedural fairness. It must again be emphasised that the body of case law dealing with the rules of natural justice still apply today to the extent that it does not conflict 44 Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4) SA 120 (Ck) par 24 en 26. 45 Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4) SA 120 (Ck) par 24. 46 Burns en Beukes Administrative Law 324. 47 South African Jewish Board of Deputies v Sutherland NO 2004 (4) SA 368 (W) par 34. 48 Baxter Administrative Law 538-540. 49 Burns en Beukes Administrative Law 213. 221 with the Constitution”. Met verwysing na die woorde van Botha AR in Turner v Jockey Club of South Africa50 som Levinsohn WRP die inhoud van die reëls van natuurlike geregtigheid in National Horseracing Authority v Naidoo51 soos volg op: “The principles of natural justice do not require a domestic tribunal to follow the procedure and to apply the technical rules of evidence observed in a court of law, but they do require such a tribunal to adopt a procedure which would afford the person charged a proper hearing by the tribunal, and an opportunity of producing his evidence and of correcting or contradicting any prejudicial statement or allegation made against him. [...] The tribunal is required to listen fairly to both sides and to observe ‘the principles of fair play’.[...] In addition to what may be described as the procedural requirements, the fundamental principles of justice require a domestic tribunal to discharge its duties honestly and impartially. [...] They require also that the tribunal’s finding of the facts on which its decision is to be based shall be ‘fair and bona fide’ . [...] It is, in other words, ‘under an obligation to act honestly and in good faith.’” In breë terme beteken dit: “[F]irstly, that the person concerned must be given a reasonable time in which to assemble the relevant information and to prepare and put forward his representations; secondly, he must be put in possession of such information as will render his right to make representations a real, and not an illusory one.”52 Soos reeds gesien in Hoofstuk 7, het die voormalige krieketkaptein Hansie Cronje in Cronje v United Cricket Board of South Africa,53 aansoek gedoen vir ´n bevel om die krieketraad se besluit om hom te skors, te hersien en tersyde te stel op grond van die nienakoming van prosedurele billikheid. Die hof beslis dat die krieketraad ´n vrywillige vereniging is waarvan die bevoeghede kontraktueel en nie statutêr van aard is nie. Die hof beslis verder dat die krieketraad nie ´n openbare bevoegdheid uitoefen nie en nie aan die publiekregtelike reëls van natuurlike geregtigheid onderhewig is nie. Hierdie siening is egter oop vir kritiek. Plasket54 is myns insiens korrek in sy siening dat “Kirk-Cohen J was not correct when he said that it is only statute that can create public power and that a duty to be heard can only arise through statute”. Plasket voer verder aan dat: 50 Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F. National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 8. 52 Volgens Colman R in Heatherdale Farms (Pty) Ltd v Deputy Minister of Agriculture 1980 (3) SA 476 (T) 486F-G. 53 Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T). 54 C Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative Action in the Democratic South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit, 2002) 187. 51 222 “[T]o categorise the power of the respondent as being contractual, rather than statutory, and from this to draw the conclusion that the rules of public law do not apply to it, ignores the reality of the power at the disposal of the respondent: in the words of Lloyd LJ in Datafin, the respondent ‘regulates not only itself, but all others who have no alternative but to come to’ it if they wish to have anything to do with cricket.”55 Hierdie beslissing word ook gekritiseer deur Burns56 wat aanvoer dat die beginsels van administratiewe geregtigheid in die algemeen en die beginsels van prosedurele billikheid in besonder op handelinge deur ´n huishoudelike tribunaal en vrywillige verenigings toegepas moet word. Sy beklemtoon weer eens die feit dat ´n administratiefregtelike verhouding gekenmerk word deur ´n ongelyke verhouding, waar een party in ´n magsposisie is teenoor die ander party wat in ´n ondergeskikte posisie is. Dit is op grond van hierdie siening dat die hof se beslissing in Cronje gekritiseer word. Gevolglik voer sy aan dat: “[I]t seems illogical to assume that these principles [accountability, transparency, openness and participation] will not apply to the sphere of voluntary associations and similar bodies, in instances where the individual is in a similarly subordinate position.”57 In teenstelling met die beslissing van die hof in Cronje, volg die hof ´n baie meer soepel benadering in die saak van Marais v Democratic Alliance.58 Die hof beslis dat die bepalings van PAJA nie van toepassing is op die verrigtinge van ´n politieke party nie. Die hof beslis spesifiek dat die besluite van die Nasionale Bestuurskomitee (NMC) van ´n politieke party nie ´n administratiewe handeling ooreenkomstig PAJA is nie en vind die beginsels van prosedurele billikheid soos neergelê in die wet nie toepassing nie.59 Van Zyl R pas nietemin die gemeenregtelike beginsels van natuurlike geregtigheid toe en beslis soos volg: “It now remains to establish whether or not the procedure employed by the respondent, with a view to removing the applicant as Mayor of Cape Town and terminating his membership of the respondent, was fair and in accordance with the rules of natural justice. At the outset it requires to be observed that the political stratagem employed by the respondent to achieve this goal [...] smacks of unfairness, unreasonableness and a lack of good faith. Inevitably it calls 55 Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action 187. Sien Burns en Beukes Administrative Law 141 en die verdere kritiek in YM Burns “Do Principles of Administrative Justice Apply to the Actions of Domestic Bodies and Voluntary Associations such as the South African Rugby Football Union and the United Cricket Board” 2002 SAPR/PL 379. 57 Burns en Beukes Administrative Law 141 en verder Burns 2002 SAPR/PL 379. 58 Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K). 59 Sien Burns en Beukes Administrative Law 143. 56 223 into question the fairness of the procedure followed by the respondent to achieve such goal.”60 Aangesien die NMC Marais nie ´n billike verhoor gegee het nie, bevind die hof dat dit ´n skending van die audi alteram partem-reël is en gevolglik word die besluit tersyde gestel. Die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid omvat die beginsels van billikheid en hierdie beslissing van die hof toon duidelik dat selfs waar ´n handeling nie as ´n administratiewe handeling ooreenkomstig die wet aangemerk kan word nie, die grondwetlike beginsels ook op die gemenereg van toepassing is en vind die meer soepel billikheidsvereistes aanwending. Hierdie benadering van die hof in Marais word dan ook gesteun in soverre die verrigtinge van ´n huishoudelike tribunaal aan die meer soepel billikheidsvereistes gemeet word en gevolglik aanwending vind met betrekking tot geloofsinstellings. 8.2.2.3 Toepassing ten aansien van geloofsinstellings in besonder Met betrekking tot geloofsinstellings staan dit vas dat huishoudelike tribunale hulle funksies moet uitoefen in ooreenstemming met die vereistes soos neergelê in die konstitusie, maar ook in ooreenstemming met die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid. Die bovermelde bespreking ten aansien van die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid is gevolglik ook van toepassing op geloofsinstellings. Wat in gedagte gehou moet word, is dat daar sprake is van ´n huishoudelike tribunaal van ´n vrywillige vereniging en gevolglik moet die volgende woorde van MT Steyn R in Motaung v Mukubela61 in gedagte gehou word: “In considering whether there has been a material breach of the constitutional provisions of a voluntary association (such as a Church), a Court of law should not view the matter as if under a strong magnifying glass and should not carpingly ferret out and unduly enlarge every minor deviation from the strict letter of the constitutional provision being examined. Much rather should it adopt a practical, common-sense approach to the matter, constantly bearing in mind that the persons called upon to administer such a constitution are usually laymen who are unversed in the ways of the law. Where, however, despite the adoption of this benevolent approach, the Court is satisfied that there has in fact been a serious breach of the constitutional provisions of such an association and that such breach is therefore not a ‘mere matter of form 60 61 Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K) 191. Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 618H-619A. 224 without any interference with the substance’ of the decision involved, it should not hesitate to give full effect to the legal consequences of such a breach.” In De Vos v Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another62 beslis Brink R, met verwysing na Garment Workers’ Union v De Vries and Others63 dat: “In considering questions concerning the administration of a lay society governed by rules, it seems to me that a Court must look at the matter broadly and benevolently and not in a carping, critical and narrow way. A Court should not lay down a standard of observance that would make it always unnecessarily difficult – and sometimes impossible to carry out the constitution. I think that one should approach such enquiries as the present in a reasonable commonsense way, and not in the fault-finding spirit that would seek to exact the uttermost farthing of meticulous compliance with every trifling detail, however unimportant and unnecessary, of the constitution. If such a narrow and close attention to the rules of the constitution are demanded, a very large number of administrative acts done by lay bodies could be upset by the Courts. Such a state of affairs would be in the highest degree calamitous – for every disappointed member would be encouraged to drag his society into Court for every trifling failure to observe the exact letter of every regulation. There is no reason why the same benevolent rules should not be applied to the interpreting of the conduct of governing bodies of societies as one applies to the interpretation of by-laws.” In United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala64 is ´n predikant van die Metodistekerk se diens eensydig deur die gemeente beëindig. Die hof bevestig dat die respondent die reg het om sy saak te stel en dat die reëls van natuurlike geregtigheid nie nagekom is nie. Die hof bevestig ook die vroeëre siening van Steyn R in Turner v Jockey Club of South Africa,65 waar Botha AR weer eens beklemtoon dat die reëls van natuurlike geregtigheid nie vereis dat ´n huishoudelike tribunaal die streng prosedurele vereistes en tegniese reëls van ´n geregshof hoef te volg nie, maar dat: “[T]hey do require such a tribunal to adopt a procedure which would afford the person charged a proper hearing by the tribunal, and an opportunity of producing his evidence and of correcting or contradicting any prejudicial statement or allegation made against him.” 62 De Vos v Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another 1952 (2) SA 83 (O). Garment Workers’ Union v De Vries and Others 1949 (1) SA 1110 (W) 1129. United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O). 65 Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F. 63 64 225 Die hof beslis dat die respondent in United Methodist Church nie ´n billike verhoor en ´n geleentheid om sy saak te stel gehad het nie. In Motaung v Mukubela66 word ´n hersieningsaansoek deur die hof aangehoor en ´n besluit tersyde gestel omdat beginsels van natuurlike geregtigheid verontagsaam is. Die applikant is in ´n laer pos aangestel sonder dat hy van enige oortreding aangekla is of enige voorafgaande waarskuwing van die voorneme om hom te degradeer gekry het. Die hof beslis dat “[t]he effect of this demotion was to reduce his status from that of one of the high officers of the Church to that of a junior officer, operating at parish level. His means of livelihood was obviously also seriously diminished thereby”. In Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others67 is ´n predikant van die Umtata-gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tydens ´n dissiplinêre verhoor skuldig bevind aan ernstige wangedrag ten aansien van sy pligte as predikant van die gemeente. Die applikant voer aan dat hy nie tydig en voldoende ingelig is van die klagtes teen hom nie en dat die aantygings so vaag geformuleer is dat hy nie ´n genoegsame geleentheid gehad het om behoorlik voor te berei nie. Hy voer aan dat hy nie net van ´n billike geleentheid ontneem is om die getuienis teen hom te toets en te betwis nie, maar dat hy ook nie die geleentheid gegee is om die respondent aan te spreek nie.68 Die hof bevestig die basiese beginsels van ´n billike verhoor deur soos volg te beslis: “It is, of course, a fundamental tenet of legality and justice that every party to a dispute must be afforded a fair opportunity of stating his case and of producing his evidence. Equally, in disciplinary proceedings, as in criminal prosecutions, the charges must be so notified and framed that the person accused is timeously and adequately informed of the case he has to meet.”69 Die hof beslis dat dit gemenesaak is dat die applikant glad nie ´n verhoor gehad het nie. En verder: “He was not even advised of the time when, or place where, the appeal would be considered. The only representations from him that were before the second respondent when it adjudicated the appeal are those that were contained in the letter of one page only in which he ‘tendered’ 66 Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O). Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK). Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 27B-D. 69 Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 28G-29A. 67 68 226 his appeal. There was no reason to think that the applicant intended that short letter to constitute the only presentation that he intended to make of his case on appeal. It seems obvious that he was doing no more in that letter than recording his wish to appeal and stating, in broad and general terms, the grounds of his dissatisfaction. It would be quite wrong to assume that by means of that letter he was allowed to make an adequate presentation of his case. It is trite that there can be no judicially conducted adjudication of an appeal unless, among other things, each of the parties has been afforded the opportunity of adequately presenting his case.”70 Gevolglik beslis die hof dat die aansoek moet slaag en dat as gevolg van die gebrek aan ´n billike verhoor en fundamentele onregmatighede in die appèlverrigtinge, die besluit van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tersyde gestel moet word. In Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere71 is ´n predikant uit sy amp geskors. Hy doen aansoek om sy skorsing tersyde te stel op grond van growwe onreëlmatighede aan die kant van die respondente. Namens die applikant is aangevoer dat hy geregtig is op die fundamentele beginsels van natuurlike geregtigheid. Art. 59 van die Kerkorde bepaal dat tugmaatreëls nie toegepas mag word voordat ´n klag grondig ondersoek is en sonder dat die beklaagde genoegsame geleentheid gehad het om homself te verdedig nie. Namens die applikant is aangevoer dat die Ring se optrede strydig met die bepalings van die Kerkorde was dat ´n beklaagde genoegsame geleentheid moet kry om homself te verdedig en dat daar inbreuk gemaak is op die fundamentele vereistes van natuurlike geregtigheid dat ´n aangeklaagde ´n billike en behoorlike geleentheid gegun moet word om hom teen die klag te verweer.72 Die hof beslis dat die respondent wel sekere fundamentele onreëlmatighede begaan het wat die applikant benadeel het, en gevolglik word die skorsing tersyde gestel. In Taylor v Kurtstag73 is ´n lid van die Joodse gemeenskap deur die Beth Din, die bevoegde Joodse kerklike gesag, geëkskommunikeer uit die Joodse geloof deur middel van ´n Cherem (bevel). Hy voer aan dat die besluit ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid was en dat die Beth Din verplig is om billik op te tree en ten minste die audi alteram partem-reël moet eerbiedig. Hy voer aan dat hy nie ´n geleentheid gebied is om sy saak te stel voor die Beth Din, alvorens die besluit 70 Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 29B-D. Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA). Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 363G-H. 73 Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). 71 72 227 geneem is om hom te ekskommunikeer nie. Die hof by monde van Malan R bevestig weer eens dat die billikheid van ´n verhoor aan die hand van die bepaalde omstandighede bepaal moet word: “Clearly, when deciding the fairness of the process, its nature must be taken into account. A religious tribunal is subject to the discipline of the Constitution, but its being a religious body giving effect to the associational rights of its members, must be accounted for.”74 Op grond van die feite beslis die hof egter dat die applikant genoegsame kennis gegee is van die verhore en die nodige besonderhede van die Cherem en beslis dat die verhoor en daaropvolgende besluit om hom die Cherem op te lê, billik was onder die omstandighede en gevolglik word die aansoek van die hand gewys. In Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA75 is die appellante deur die Ring van Wellington aan sekere klagtes van oortreding van die Kerkorde skuldig bevind. Daar is onder andere aangevoer dat die Algemene Sinodale Kommissie fouteer het deur oorweging te skenk aan die geldigheid al dan nie van die besluit van die Ring sonder om die appellante ´n geleentheid te bied om vertoë te lewer oor daardie besondere aspek van die saak. Die uitslag van die appèlverrigtinge was egter dat die appèl teen die skuldigbevinding afgewys is, maar dat die appèl teen die straf wat opgelê is, geslaag het, hoewel op ander gronde as wat deur die appellante aangevoer is. Gevolglik is die hof van mening dat: “Na my oordeel, gesien die uitslag van die appèl met betrekking tot strafoplegging, was dit glad nie nodig vir die Algemene Sinodale Kommissie om die appellante ´n geleentheid te bied om vertoë te rig met betrekking tot die grond waarop die appèl teen die straf in die appellante se guns uitgewys is nie. Daar kan nouliks gesê word dat die versuim om hulle so ´n geleentheid te bied die appellante werklik benadeel het.”76 Die hof beslis egter wel dat die Kommissie mero motu gehandel het toe sekere inligting wat nie aan die appellante bekend gemaak is nie in oorweging geneem is. Die Kommissie het die appellante geensins in kennis gestel dat so ´n uiters ernstige beslissing teen hulle oorweeg sou word op nuwe gronde waaromtrent daar geen formele beswaar aanhangig gemaak is nie. Daar is ook nie aan die appellante kennis 74 Taylor v Kurtstag 2004 (4) All SA 317 (W) par 63. Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A). 76 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 44F-G. 75 228 gegee of die geleentheid gebied om ´n verweer op te werp nie.77 Hofmeyer AR is gevolglik van mening dat die beginsels van natuurlike geregtigheid deur die Kommissie geskend is en dat die appellante ernstig benadeel is deur die Ring se beslissing deur omstandighede in oorweging te neem en deur hulle ´n behoorlike en billike verhoor aangaande die straf wat hulle wettiglik opgelê kon word, te ontsê. Die hof beslis gevolglik dat alle verrigtinge van die Sinodale Kommissie en die Ring met betrekking tot die straf aan die appellant opgelê, ongeldig en nietig is. Binne die gereformeerde kerkreg in Nederland vind die beginsels van ´n billike verhoor en die audi-reël binne geloofsinstellings eweneens toepassing en volg die Nederlandse howe dieselfde benadering ten aansien van die toepassing van die reëls van prosedurele billikheid soos dit uit die bovermelde bespreking ook in die SuidAfrikaanse konteks na vore gekom het. Die beginsel van “hoor en wederhoor” is een van die belangrikste beginsels van ´n regverdige optrede en word beskryf as ´n beginsel wat “zonder meer ook van toepassing [is] op de kerkelijke geschilsbeslechting”.78 Bouwman79 beklemtoon hierdie siening deur verder op te merk dat: “Nodig is het ook, dat de aangeklaagde gehoor wordt, en hem ruimschoots gelegenheid gegeven wordt, zich te verantwoorden en te verdedigen. Ongehoord iemand veroordelen is ten zeerste af te keuren.” Tugmaatreëls het die vermoë om ernstige gevolge vir die betrokkene in te hou en die belange van die betrokkene moet juis met die grootste omsigtigheid en sorgvuldigheid hanteer word. ´n Hof moet die basiese beginsels van billikheid handhaaf wanneer by die toepassing van so ´n tugmaatreël ingegryp word. Soos die regbank in Utrecht tereg beslis: “Daarbij verdient opmerking dat het afzetten van een kerkelijke ambtsdrager bij wijze van tuchtmaatregel een besluit is dat diep ingrijpt in het persoonlijk, kerkelijk en maatschappelijk leven van de betrokkene, zodat aan de totstandkoming daarvan hoge eisen van zorgvuldigheid gesteld moeten worden. 77 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 46 A. AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 109. 79 H Bouwman Gereformeerd Kerkrecht. Het Recht der Kerken in de Practijk Deel II (1934) 622. 78 229 Hoewel de burgerlijke rechter bij toetsing van kerkelijke besluiten terughoudendheid past, dient het ontslagbesluit van een ambtsdrager in ieder geval de toets van het fundamentele beginsel van hoor en wederverhoor te kunnen doorstaan.”80 Die hof ‘s-Gravenhage verwys na hierdie basiese beginsels van prosesreg as “de eisen van een behoorlijke tuchtrechtspraak”.81 Hierdie basiese beginsels kom duidelik na vore in die kerklike regspraak.82 So is enkele predikante van die Gereformeerde Kerk te Groningen byvoorbeeld tydens die gemeentevergadering geskors. Die besluit is egter strydig met die Kerkorde geneem. Die hof beslis soos volg: “[...] daargelaten nog, dat in strijd met alle recht en gereformeerde beginsel de eischeres (die kerk, hvc) de gedaagden niet gehoord heeft over wat hun ten laste is gelegd.”83 Weens die skending van die beginsel van hoor en wederhoor deur die kerkraad van die Molukse Evangelische Kerk, beslis die regbank in Dordrecht84 dat die kerkraad ´n nuwe gemeentevergadering moes belê waar die geskorste predikant die geleentheid gegun moes word om sy standpunt teenoor die gemeente te stel. Die beginsel word deur die regbank van Breda soos volg uiteengesit: “Bovendien, doch zeker niet in de laaste plaats, moet ook bij het opleggen van kerkelijke tuchtrechtelijke maatregelen gelden het grondbeginsel van ieder tuchtrecht dat de betrokkene moet worden gehoord en het recht moet hebben zich te verdedigen.”85 Die beginsel van hoor en wederhoor is nie net van belang wanneer tugmaatreëls opgelê en afgedwing word nie, maar ook wanneer ander organisatoriese besluite binne die kerkgenootskap geneem word. So sien ons byvoorbeeld dat die hof in Zwolle dit as ´n “algemeen rechtsbeginsel” beskou, selfs waar ´n gemeente ´n besluit geneem het om kerkdienste te wysig sonder om die betrokkenes genoegsaam in te lig. Die hof beklemtoon die feit dat ´n kerkraad wel sekere beleidsvryheid ten aansien van die neem van besluite en uitoefening van sy bevoegdhede het, maar dat selfs in so ´n 80 Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG, 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse Kerk). Hof ‘s-Gravenhage 28 Mei 1975, NJ 1976, 210 (Van Duivenbode/KNVB). 82 Vir verdere voorbeelde sien ook Rb.Winschoten 18 November 1925, NJ 1925 1288 (Van Bentum/Vrije Evangelische Gemeente Winschoten); Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1944/45, 746 (skeuring Gereformeerde Kerk Maastrict); Pres. Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid Gemeenschap van Gelovigen); Pres. Rb. Zwolle 1 Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466, gepubliseer op www.Rechtspraak.nl, LJN nr. AD 8785 (ds. De B/classis Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken). 83 Sien Bouwman Gereformeerd Kerkrecht 622. 84 Pres. Rb. Dordrecht 15 Desember 1983, KG 1984, 16 (ontslag predikant Molukse Evangelische Kerk). 85 Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse Kerk). 81 230 geval die basiese beginsels van hoor en wederhoor in ag geneem moet word. Die hof beslis soos volg: “Zulks laat evenwel onverlet dat de burgerlijke rechter onder omstandigheden bevoegd is in te grijpen, zeker als het min of meer beheersmatige kwesties betreft, zoals in dit geval. Het beginsel dat degenen wier belangen bij een (mogelijk) besluit zijn betrokken in het kader van een zorgvuldige voorbereiding van dat besluit in de gelegenheid worden gesteld hun zienswijze kenbaar te maken, dient te worden aangemerkt als zo ´n algemene rechtsbeginsel, waaraan ook in gevallen als deze moet worden voldaan.”86 [Eie kursivering.] ´n Interessante voorbeeld waar die beginsels van prosedurele billikheid ter sprake is, tref ons aan in die Protestantse Kerk in Nederland. Op 1 Mei 2004 verenig die Nederlandse Hervormde Kerk (NHK), die Gereformeerde Kerken in Nederland (GKN) en die Evangelisch-Lutherse Kerk in het Koninkrijk der Nederlanden (ELK) om die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) te vorm. Op hierdie datum tree die nuwe Kerkorde van die Verenigde Kerk ook in werking. In teenstelling met byvoorbeeld die Katolieke Kerk, is daar sprake van skeiding van magte by die PKN. Die wetgewende en bestuursbevoegdhede word aan die amptelike vergadering opgedra, terwyl die regsprekende bevoegheid aan spesiale “colleges” vir die behandeling van besware en geskille opgedra word, wat beslissings maak onafhanklik van die algemene vergadering. Die PKN kies bewustelik vir so ´n skeiding van magte om juis die regsbeskerming van diegene wat by ´n geskil betrokke is, te vergroot.87 Ten aansien van verskillende geskille wat in die PKN kan ontstaan, maak die Kerkorde voorsiening vir verskillende vorme van regspraak. Eerstens handel Ordonnansie 10 oor “kerklijke tuchtrechtspraak”, Ordonnansie 12 maak voorsiening vir “bezwaren en geschillen” en Ordonnansies 3-20 en 3-21 maak voorsiening vir die beslegting van geskille indien daar konflik ontstaan tussen die predikant en die kerkraad of gemeente. Wat die posisie ten aansien van die arbeidsreg in die PKN betref, word die regsposisie van “kerklijke medewerkers” deur die arbeidsreg beheer, terwyl dié van predikante egter as ´n besondere regsverhouding gesien word wat deur die eie statuut beheers word. 86 Pres.Rb.Zwolle 7 Augustus 1998, KG 1998, 240 (Oudshoorn/Hervormde Gemeente Zwolle). FT Oldenhuis et al. “Schurende Relaties tussen Recht en Religie” (2007) Instituut voor Integratie en Sociale Weerbaarheid, Rijksuniversiteit Groningen 102. 87 231 Ten aansien van die kerklike tug, staan dit ´n gewone kerklid vry om uit die kerk te tree indien hy hom nie aan die kerk se opsig en tug wil onderwerp nie. Vir ´n predikant is dit egter nie so vrywillig nie. Die PKN maak seker dat die tugprosedures die nodige prosesregtelike waarborge bevat en teen die beslissing van ´n “regional opzitcollege” kan daar geappèlleer word na die “generale college voor het opzicht”.88 Ordonnansie 12 sit die riglyne vir die hantering van besware en geskille in die kerk uiteen en bepaal ook dat sogenaamde “colleges” vir die behandeling van besware en geskille in die lewe geroep word.89 Alle besware word dan ooreenkomstig die prosedures in die Ordonnansie uiteengesit, ingedien en hanteer, en voorsiening word ook gemaak vir die moontlikheid om ´n besluit op hersiening te neem.90 Hierdie “colleges” hou hul besig met die administratiewe funksionering en bestuursbevoegdhede van die kerklike vergaderinge en organe. Gevolglik word gevra of die bepalings van die Kerkorde nagekom is, of al die nodige belange afgeweeg is, en of die nodige vereistes van billikheid en sorgvuldigheid in ag geneem is. Die besluite word dus nie inhoudelik beoordeel nie, maar daar word slegs gekyk of dit op die korrekte wyse tot stand gekom het. Dit word selfs vergelyk met die hersiening deur die administratiewe regter “aan de beginselen van behoorlijke procesorde”.91 Besware sluit ´n besluit, handeling of versuim deur ´n kerklike liggaam in en die kollege toets so ´n besluit, handeling of versuim aan die beginsels van “behoorlijk bestuur”. Die PKN het probeer om met die Protestantse Kerkorde (PKO) rekening te hou met prosesregtelike waarborge wat deur die burgerlike regter in verskeie beslissings ten aansien van die interne kerklike regsgang gestel is. Die PKN kies, in ooreenstemming met die gebruik van die Hervormde Kerk, om die regspraak deur onafhanklike kolleges te laat bereg om onafhanklikheid, maar ook onpartydigheid te waarborg. Artikel 7(6) van die Ordonnansie bepaal ondere andere soos volg: “De leden van een college voor de behandeling van bezwaren en geschillen kunnen niet deelnemen aan of als zodanig aanwezig zijn bij de behandeling van een bezwaar of een geschil, een zaak betreffende waarbij zij direct of indirect betrokken zijn of zijn geweest, dan wel enig belang hebben.” 88 Ordonnansie 10-11. Sien artikel 2 van Ordonnansie 12. Sien artikel 1(3). 91 Oldenhuis Schurende Relaties tussen Recht en Religie 105. 89 90 232 Dit blyk dus duidelik uit bovermelde bespreking en voorbeelde dat daar ´n verpligting op geloofsinstellings rus om te verseker dat hulle optredes en prosedures voldoen aan die basiese prosedurele vereistes van ´n billike verhoor. Geloofsinstellings moet toesien dat hulle kerkordes en dissiplinêre kodes en optredes bepalings bevat wat aan ´n benadeelde persoon voldoende kennisgewing bied van enige optrede teen hom tydens enige dissiplinêre of tugoptrede en aan die benadeelde persoon ´n voldoende geleentheid bied om sy saak te stel gedurende die verrigtinge. Geld dit ook ten aansien van die reg op regsverteenwoordiging en die skriftelike voorsiening van redes? Die volgende bespreking sal fokus op hierdie twee aspekte as belangrike elemente van ´n billike verhoor. 8.2.3 Die reg op regsverteenwoordiging In Du Plessis v De Klerk92 bevestig die Konstitusionele Hof dat die tussentydse Grondwet nie in die algemeen voorsiening maak vir die direkte horisontale toepassing van fundamentele regte nie, hoewel die moontlikheid van uitsonderings wel oopgehou is. In suiwer privaatregtelike aangeleenthede behels dit dus dat die partye gewoonlik nie kan steun op fundamentele regte soos verskans in hoofstuk 3 nie, maar ingevolge artikel 35(3) kan die horisontale werking van die hoofstuk 3 wel indirek aanwending vind in privaatregtelike verhoudings deurdat die howe gemagtig word om die gemenereg en gewoontereg te ontwikkel in ooreenstemming met die gees, strekking en waardes vervat in die Grondwet. Dit geld dus vir die interne reg van niestaatlike liggame en interne dissiplinêre verrigtinge moet byvoorbeeld kragtens die gemenereg aan die beginsels van natuurlike geregtigheid voldoen. Met betrekking tot die horisontale aanwending van die Handves en die tussentydse Grondwet, merk Van der Vyver93 verder op dat die vereistes van ´n billike verhoor, soos uiteengesit in artikel 25(3), sekerlik by die gemeenregtelike konsep van “natuurlike geregtigheid” ingelees sal word. In die nuwe Grondwet sit artikel 35(3) die vereistes vir ´n billike verhoor uiteen en artikel 35(3)(f) bepaal pertinent dat elke beskuldigde persoon die reg op ´n billike verhoor het, wat insluit die reg op ´n regspraktisyn van eie keuse en om deur daardie regspraktisyn verteenwoordig te word. 92 93 Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH). Van der Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 1994 (57) THRHR 379. 233 Artikel 35(2)(b) en 35(3)(f) maak voorsiening vir die reg op regsverteenwoordiging ten aansien van aangehoude en beskuldigde persone binne die konteks van normale strafregtelike verrigtinge en die hof se uitgangspunt in Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences94 bevestig dit deur te beslis dat die toepassing van die ooreenstemmende regte in die tussentydse Grondwet (artikel 25) beperk moet word tot die strafproses, spesifiek wat betref aangehoudenes en beskuldigdes.95 Dit is ook die hof se siening in Cuppan v Cape Display Supply Chain Services96 waar die applikant se diensooreenkoms slegs voorsiening gemaak het vir verteenwoordiging deur ´n vakbondverteenwoordiger, en die vraag voor die hof was of daar ´n reg op regsverteenwoordiging tydens dissiplinêre verrigtinge is. Die hof bevestig dat die prosesregtelike bepalings vervat in die tussentydse Grondwet slegs geld tydens strafregtelike vervolgings en nie in verrigtinge voor private huishoudelike tribunale nie. Die verwysings na die reëls van natuurlike geregtigheid in die betrokke dissiplinêre kode verleen nie spesifiek ´n reg op regsverteenwoordiging nie.97 Soos verder bevestig deur die hof in Hosking and Another v Van der Merwe and Another NNO:98 “South African courts have not regarded the right to legal representation as a component of ‘natural justice’.”99 Van der Vyver100 voer egter aan dat: “It is fair to conclude that disciplinary proceedings of a non-state institution will in future have to comply with the norms specified in section 25(3)[...] because of the common-law rules pertaining to a fair trail, which are now to be adjusted, in view of section 35(3), to include, amongst other things, a right to legal representation.” Artikel 3(2)(a) van PAJA bevestig dat die billikheid van ‘n administratiewe prosedure sal afhang van die omstandighede van elke geval. Artikel 3(2)(b) maak voorsiening vir sekere verpligte prosedures en die reg op regsverteenwoordiging val nie onder hierdie lys van verpligte prosedures nie. Ons tref dit eerder aan in artikel 3(3), wat ´n diskresie aan ´n administrateur verleen om aan die persoon die geleentheid te gee om 94 Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 (2) SA 148 (K) 163 MC Roos “Die Reg op Regsverteenwoordiging tydens Administratiewe Verrigtinge” 2004 PER/PELJ 7. Cuppan v Cape Display Supply Chain Services 1995 (4) SA 175 (D). 97 Sien verder Roos 2004 PER/PELJ 12. 98 Hosking and Another v Van der Merwe and Another NNO 1992 (1) SA 920 (W). 99 Van der Vyver 1994 THRHR 393. 100 Van der Vyver 1994 THRHR 393. 95 96 234 bystand te verkry en, in ernstige of gekompliseerde sake, regsverteenwoordiging te verkry. Die reg op regsverteenwoordiging, soos toegepas in die Gemenebes, volg baie dieselfde patroon as in Suid-Afrika. Kerke soos die Anglikaanse Kerk funksioneer baie dieselfde as hulle ampsgenote in Suid-Afrika. In Australië byvoorbeeld, maak die reëls van sekere organisasies spesifiek voorsiening vir regsverteenwoordiging, soos byvoorbeeld renklubs. Ten aansien van klubs en ander verenigings in die algemeen, sal een van die volgende situasies gewoonlik op die voorgrond tree: • Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n diskresie toe, maar regsadviseurs verskyn selde of daar is geen gevestigde praktyk in dié verband nie; • Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n diskresie toe en die tribunaal laat soms regsadviseurs toe; • Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n diskresie toe, maar regsverteenwoordiging word nie normaalweg toegelaat nie; • Die reëls sluit die reg op regsverteenwoordiging uit.101 Indien ´n organisasie of klub onredelik afwyk van sy normale praktyk om wel regsverteenwoordiging toe te laat, kan dit dalk ´n bevinding van partydigheid of onredelikheid tot gevolg hê. In ´n verslag van die Queensland Kommissie van Ondersoek102 het die Kommissie geweier om ´n algemene reg tot regsverteenwoordiging aan te beveel met betrekking tot administratiewe tribunale, maar wel bevestig dat so ´n reg sterker is waar dissipline ter sprake is. Aangesien dissiplinêre verhore dikwels viva voce geskied, kan ´n sterk saak dus gemaak word ten gunste van regsverteenwoordiging. In McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd103 beslis Needham R dat daar geen algemene reg tot regsverteenwoordiging bestaan nie, hoewel hy die moontlikheid oopgelaat het dat dit in ongespesifiseerde gevalle wel anders mag wees. Verder beslis die Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v Aldrich and Commissioner of Police104 dat dit die algemene siening is dat “there [is] no absolute right to legal representation”, hoewel dit die kompromie maak dat “a tribunal may (not ‘must’) allow legal representation when justice might not otherwise 101 Forbes Justice in Tribunals 162-163. Sien Forbes Justice in Tribunals 165 vn 22. McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd 1975 1 NSWLR 61. 104 Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v Aldrich and Commissioner of Police 1993 QCA 253. 102 103 235 be done”.105 In 1874 is ´n Anglikaanse priester deur sy biskop geskors en die kerk het geweier dat hy deur ´n advokaat verteenwoordig word tydens die verrigtinge voor die kerklike tribunaal: “No doubt it is one of the first principles of justice, that no man should be condemned without being heard. But in the absence of any common law right or statutory provision no one has the right to be heard by counsel.”106 Met betrekking tot kerke, tref ons enkele voorbeelde in Nederland aan, wat ´n baie goeie blik bied op die posisie van regsverteenwoordiging binne verskeie kerke uit die gereformeerde tradisie. In Nederland is ´n predikant van die Christelijk Gereformeerde Kerk deur die kerk se klassis eers tydelik onthef van sy plig as predikant en later geskors. Die predikant het hom na aanleiding van hierdie maatreëls deur ´n advokaat laat bystaan. Die president van die regbank beslis: “[...] dat [eiser] (ds. De Boer, hvc) in redelijkheid niet kan worden tegengeworpen dat hij zich bij dit kerkrechtelijk geschil heeft laten bijstaan door een advocaat, mede gelet op het feit dat beginselen van behoorlijke procesorde medebrengen dat rechtsbijstand mogelijk moet zijn.” 107 [Eie kursivering.] Dit blyk dus ook hier geen absolute reg te wees nie, maar wel moontlik wanneer die omstandighede dit vereis. Santing-Wubs108 voer verder aan dat die reg op bystand ´n persoon “naar keuze” moet wees. Sommige kerke vereis dat dit ´n persoon binne die kring van die betrokke kerk moet wees. So vereis die Rooms-Katolieke Kerk byvoorbeeld dat die persoon iemand in eie kring moet wees tensy die biskop van die betrokke bisdom anders toelaat. Die Gereformeerde Kerk in Nederland se Kerkorde het byvoorbeeld bepaal dat indien bystand benodig word, so ´n persoon óf tot die betrokke kerk moet behoort, óf “in leer en leven daarmee verwantschap heeft”.109 Die Nederlandse Hervormde Kerk het hierdie vereiste reeds in 1985 afgeskaf uit hoofde van die feit dat die kerk gevoel het dat dit nie billik is om die reg op regsverteenwoordiging in te perk nie en daar word ook slegs verwys na die bystand deur ´n “raadsman”, sonder dat enige verdere eise gestel word. Hierdie bepaling is 105 Forbes Justice in Tribunals 171. Ex Parte Thackeray 1874 13 SCR (NSW) (L) 1 op 14-15 by monde van Martin HR. 107 Pres. Rb. Zwolle 1 Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466, gepubliseer op www.Rechtspraak.nl, LJN nr. AD 8785 (ds. De B/classis Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken). 108 Santing-Wubs Kerken in Geding 135. 109 Santing-Wubs Kerken in Geding 135. 106 236 ook vervat in die nuwe Kerkorde, Ordonnansie 12 van die Protestantse Kerk in Nederland110 wat bepaal dat: “Wanneer betrokkene(n) daarom verzoeken of wanneer het college zelf aanleiding ziet deze(n) uit te nodigen, worden de betrokkenen in de gelegenheid gesteld in elkaars aanwezigheid en desgewenst bijgestaan door een raadsman of -vrouw hun inzichten aan het college mondeling toe te lichten.”111 Billikheid is ook ´n baie buigsame begrip wat volgens Barrie112 ´n breër en buigsamer toepassing as die reëls van natuurlike geregtigheid het. Dit bied die howe die geleentheid om verder as net die blote prosedurele regte te kyk, maar ook of die resultaat wat bereik is billik was. Hy is dan ten gunste van die insluiting van die reg op regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as deel van die reëls van natuurlike geregtigheid. Toe ds. Laurie Gaum destyds deur die Ring van Kaap die Goeie Hoop uit sy amp as predikant geskors is weens sy homoseksuele verhouding, het hy herhaaldelik gevra vir die reg op regsverteenwoordiging in sy appèl na die Wes-Kaapse Sinode en die Algemene Sinode. Namens Gaum is soos volg aangevoer: “Ons het dit gedoen omdat die nadelige gerugte wat die ring wil ondersoek ´n nadelige uitwerking op ds. Gaum se regte as ampsdraer in die kerk kan hê. Dit is glad nie ongehoord dat vrywillige verenigings, aan die hand van die reëls van natuurlike geregtigheid en regverdige administratiewe optrede, soos opgeneem in die Grondwet van Suid-Afrika, wel regsverteenwoordiging vir ´n geïmpliseerde toelaat nie – veral nie as tugoptrede en skorsing teen so iemand kan volg nie.”113 Die ondersoekliggaam het egter nie aan die versoek gehoor gegee nie. Die Algemene Sinode het op die ou end Gaum se appèl gehandhaaf, maar wel op ´n tegniese punt. Weens verskeie prosedurele foute sou Gaum hom andersins suksesvol tot die howe kon wend. Namens Gaum sou aangevoer kon word dat in die lig van bovermelde bespreking, die reëls van natuurlike geregtigheid die reg op regsverteenwoordiging insluit en dat dit ´n vereiste sou wees indien dit ´n integrale deel van ´n billike verhoor vir Gaum sou wees. Regsverteenwoordiging in die geval van ´n kerk of geloofsinstelling moet egter geïnterpreteer word in die lig van die aard van die kerk 110 Ordinantie 12 De Behandeling van Bezwaren en Geschillen. Sien Ordinantie 12 De Behandeling van Bezwaren en Geschillen artikel 7(2). GN Barrie “Right to Representation in Domestic Tribunals” (1996) 2 TSAR 393. 113 M Malan “N.G. Kerk en Gaum dalk Hof toe” 29 Mei 2005 Rapport 1. 111 112 237 of geloofsinstelling. Dit behels dus nie noodwendig ´n advokaat nie, slegs in baie uitsonderlike gevalle. Ten aansien van verrigtinge binne ´n geloofsinstelling, sou regsverteenwoordiging in die vorm van bystand, meer gepas wees, eerder as regsverteenwoordiging in die vorm van ´n advokaat. In Motaung v Mukubela114 was die applikant ´n lid van die “Ethiopian Church of South Africa” en aangestel in die amp van ´n distrikspredikant van die kerk in Kroonstad. Die dissiplinêre kode van die kerk word uiteengesit in hoofstuk VI van die kerk se konstitusie. Artikel 11 van die dissiplinêre kode bepaal dat: “[...] save in the case of proceedings before the supreme tribunal, or judicial committee, no complainant or accused shall have the right to legal representation.” Die applikant het ´n klag teen die president van die kerk ingedien en aangedring op regsverteenwoordiging tydens die vergadering voor die “judicial committee” soos waarvoor in die dissiplinêre kode voorsiening gemaak word, maar sy versoek is deur die komitee geweier. Op ´n verdere vergadering deur die “supreme conference of the Church” is ´n versoek aanvaar in terme waarvan die applikant se pos van distrikspredikant na ´n plaaslike gemeentepredikant verlaag is en hy is verplaas na Oudtshoorn in die voorgestelde pos. Die applikant was nie teenwoordig toe hierdie besluit geneem is nie en het ook geen voorafgaande kennisgewing ontvang waarin hy meegedeel is van die beoogde besluit of enige klag teen hom nie. Gevolglik nader hy die hof vir ´n hersiening en tersydestelling van die besluit van die komitee om hom regsverteenwoordiging te weier tydens die verhoor rakende sy klag teen die president en die besluit deur die “supreme conference” om sy pos te verlaag en hom te verplaas. Die hof beskou die optrede van die komitee as ´n ernstige skending van die dissiplinêre kode en konstitusie van die kerk. Die applikant het ooreenkomstig die konstitusie ´n reg op regsverteenwoordiging gehad wat geweier is. Volgens die hof is hierdie ´n reg wat beskerm en toegepas moet word en wat gronde daarstel om die besluit deur die komitee tersyde te stel. Verder is die applikant geen voorafkennis gegee van hulle voorneme om sy pos te verlaag nie, of die geleentheid gebied om sy saak te stel nie. Volgens die hof was die procedure, soos uiteengesit in die kerk se dissiplinêre kode en konstitusie, billik, en moes die reëls van natuurlike geregtigheid 114 Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O). 238 toegepas word. Die hof beslis dat die komitee nie die bevoegdheid gehad het om so op te tree nie en dat beide die besluit van die komitee en die konferensie onregmatig was en tersyde gestel moet word. In Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee115 is mnr. Max Hamata, ´n student aan die Skiereilandse Technikon, voor ´n tugkomitee van die Technikon gedaag en sy versoek om ´n prokureur van buite die Technikon aan te stel om hom by te staan, is verwerp. Hy het na die Kaapse Hooggeregshof geappèlleer, maar sy aansoek is van die hand gewys en hy het toe die Appèlhof genader. Die hof het eenparig beslis dat Hamata toegelaat moes gewees het om sy eie prokureur aan te stel en gevolglik is die tugverrigtinge tersyde gestel. Die Technikon moes boonop Hamata se regskostes betaal. Die hof som die posisie goed op deur soos volg te beslis: “There may be administrative organs of such a nature that the issues which come before them are always so mundane and the consequences of their decisions for particular individuals always so insignificant that a domestic rule prohibiting legal representation would be neither unconstitutional nor be required to be ‘read down’ (if its language so permits) to allow for the exercising of a discretion in that regard. On the other hand, there may be administrative organs which are faced with issues, and whose decisions may entail consequences, which range from the relatively trivial to the most grave. Any rule purporting to compel such an organ to refuse legal representation no matter what the circumstances might be, and even if they are such that a refusal might very well impair the fairness of the administrative proceeding, cannot pass muster in law.”116 Die hof in Hamata117 bevestig die siening van Chaskalson HR in Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another (Mukhwevho Intervening)118 dat: “Ultimately, procedural fairness depends in each case upon the balancing of various relevant factors, including the nature of the decision, the ‘rights’ affected by it, the circumstances in which it is made, and the consequences resulting from it.” 115 Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA). Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA) par 12. 117 Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA). 118 Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another (Mukhwevho Intervening) 2001 (3) SA 1151 (KH) 1184E. 116 239 Die hof in Hamata is van mening dat, deur die gemeenregtelike reëls toe te pas, dit tot dieselfde resultaat sal lei, aangesien die gemenereg ook vereis dat dissiplinêre verrigtinge ooreenkomstig die vereistes van billikheid moet geskied. Die hof verwys na die beslissing van die Konstitusionele hof in Bel Porto School Governing Body v Premier, Western Cape,119 waar Chaskalson HR aan die woord is en met verwysing na die tussentydse Grondwet soos volg beslis: “Item 23(2)(b) seems to me to encapsulate and in some respects extend the well-known common-law grounds of judicial review as they have developed over the years in England and South Africa – legality, procedural fairness and rationality.” Vir huishoudelike tribunale beteken dit dus dat die tribunaal tydens dissiplinêre verrigtinge oor ´n diskresie beskik om te besluit of regsverteenwoordiging toegelaat sal word al dan nie, aan die hand van die feite en vereistes van billikheid in die betrokke geval. Dit behels ook ´n behoorlike interpretasie van beide die Grondwet en die gemenereg en die faktore relevant tot die uitoefening van die diskresie. Die hof in Hamata beslis dan ook dat daar geen absolute reg op regsverteenwoordiging bestaan “other than flexibility to allow for legal representation” nie en dan slegs ook “in cases where it is truly required in order to attain procedural fairness”.120 Ten spyte van die grondwetlike en statutêre grondslag van prosedurele billikheid, blyk daar steeds eenvormigheid te wees tussen die inhoud van die gemeenregtelike reëls van prosedurele billikheid, naamlik die reëls van natuurlike geregtigheid, en die reëls soos vervat in die Grondwet en PAJA. Dit blyk duidelik uit die beslissing van Hamata, waar die reg op regsverteenwoordiging as deel van prosedurele billikheid erken word, hoewel die toepassing steeds konteksspesifiek is en sal afhang van die betrokke omstandighede van die geval. 8.2.4 Die reg op redes Die reël dat ´n administratiewe besluitnemer by die uitoefening van ´n diskresionêre bevoegdheid redes vir sy besluit moet gee, word deur Wiechers121 as die derde reël (buiten voldoende kennisgewing en die geleentheid om jou saak te stel) beskou wat deel van die audi alteram partem-beginsel vorm, maar wat volgens hom weinig 119 Bel Porto School Governing Body v Premier, Western Cape 2002 (3) SA 265 (KH) 291F-G. Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA) par 11. 121 Wiechers Administratiefreg 240. 120 240 toepassing in die praktyk vind. Die plig om redes vir administratiewe besluite te verskaf, word beskou as “one of the fundamentals of good administration”.122 Hierdie siening word ook deur De Ville bevestig.123 In Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd124 word die reg tot redes deur Olivier AR binne die breë konteks van die reg op gelykheid omskryf as: “The right to equal treatment pervades the whole field of administrative law, where the opportunity for nepotism and unfair discrimination lurks in every dark corner. How can such right be protected other than by insisting that reasons be given for an adverse decision? It is cynical to say to an individual: you have a constitutional right to equal treatment, but you are not allowed to know whether you have been treated equally. The right to be furnished with reasons for an administrative decision is the bulwark of the right to just administrative action.” Plasket R in Kiva v Minister of Correctional Services125 bou voort op hierdie siening van Olivier AR dat dit nie net die reg op gelykheid is wat geaffekteer word nie, maar ook die reg op toegang tot die howe, soos vervat in artikel 34 van die Grondwet: “As the right to reasons is intended to make judicial review effective, it can also be said that the right affected is the right to access of court entrenched in s 34 of the Constitution: without reasons for an administrative action, an affected person is not able adequately to consider whether he or she should challenge it by way of review. It is also evident that the applicant, without reasons, cannot determine whether he was the victim of an unfair labour practice, in violation of the fundamental right to fair labour practices entrenched in s 23(1) of the Constitution.” Die hof verwys tereg met goedkeuring na die waarde van die reg op redes wat deur Baxter126 soos volg omskryf word: “In the first place, a duty to give reasons entails a duty to rationalise the decision. Reasons therefore help to structure the exercise of discretion, and the necessity of explaining why a decision is reached requires one to address one’s mind to the decisional referents which ought to be taken into account. Secondly, furnishing reasons satisfies an important desire on the part of the affected individual to know why a decision was reached. This is not only fair: it is also conducive to public confidence in the administrative decision-making process. Thirdly – and probably a major reason for the reluctance to give reasons – rational criticism of a decision may only be made when the reasons for it are known. This subjects the administration to 122 Lord Denning in Breen v Amalgamated Engineering Union [1971] 2 QB 175 (CA) 191C. JR de Ville Judicial Review of Administrative Action in South Africa (2006) 287. 124 Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd 2001 (1) SA 853 (HHA). 125 Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E) par 31. 126 Baxter Administrative Law 228. See Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E) par 36. 123 241 public scrutiny and it also provides an important basis for appeal or review. Finally, reasons may serve a genuine educative purpose, for example where an applicant has been refused on grounds which he is able to correct for the purpose of future applications.” Ooreenkomstig die gemenereg het daar geen verpligting op besluitnemers gerus om mondelinge of geskrewe redes vir administratiewe besluite te verskaf nie. Hoewel daar geen plig op besluitnemers gerus het nie, was die howe in sommige gevalle tog bereid om sekere afleidings te maak waar daar geen, of ´n weiering om redes te verskaf, teenwoordig was. Innes HR beslis in Judes v District Registrar of Mining Rights, Krugersdorp127 dat die weiering om redes te verskaf, ´n belangrike element kan wees om aan te dui “whether the decision had been bona fide, or whether it had not been influenced by ulterior or improper motives”. In Jeffery v President, South African Medical and Dental Council128 het ´n dissiplinêre komitee nie redes vir hul besluit verskaf toe die applikant aan wangedrag skuldig bevind is nie. Die hof beslis dat die vereistes van billikheid die behoefte om ingelig en redes vir die besluit te ontvang, vereis. Die afwesigheid van redes het aanduiding gegee dat die ondersoek nie billik was nie. Die reg op redes het sy ontstaan in die Indiese howe en daar word aangevoer dat hierdie beginsel sekerlik grotendeels deur die Indiese howe ontwikkel is.129 Bhagwati R in Siemens Engineering Company v Union of India130 beslis dat die vereiste om redes te verskaf: “[...] is, like the principle of audi alteram partem, a basic principle of natural justice which must inform every quasi-judicial process and this rule must be observed in its proper spirit and mere pretence of compliance with it would not satisfy the requirement of law.” ´n Reeks van hofsake in Australië bevestig die siening dat huishoudelike tribunale in die algemeen nie ingevolge die gemenereg verplig is om redes te verskaf nie. Vir die afgelope 50 jaar vereis die Engelse reg van openbare liggame in Engeland om die beginsels van goeie administrasie te respekteer. Die reg op redes is een van hierdie beginsels. Die reg op redes is egter ietwat beperk ten aansien van sy aanwending, aangesien dit nie soos ander beginsels van effektiewe bestuur (billikheid, redelikheid) van algemene toepassing is nie. Ooreenkomstig die gemenereg, is daar geen plig om redes te verskaf nie, wat die aanwending daarvan beperk, en só ´n plig om redes te 127 Judes v District Registrar of Mining Rights, Krugersdorp 1907 TS 1046 op 1052. Jeffery v President, South African Medical and Dental Council 1987 (1) SA 387 (K). Sien Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action 470. 130 Siemens Engineering Company v Union of India AIR 1976 SC 1785 op 1789. 128 129 242 verskaf, is ook slegs in buitengewone omstandighede teenwoordig. Die Engelse reg aanvaar wel dat die gemenereg in sekere omstandighede ´n plig om redes te verskaf, oplê.131 Elliot132 voer aan dat die plig om redes te verskaf, asook die gevolge van die nienakoming van die plig, in pas gebring moet word met die ander vergelykbare beginsels van effektiewe bestuur. Hy voer gevolglik aan dat daar ´n algemene plig moet wees om redes te verskaf, dat dit kontekssensitief moet wees en dat ´n skending van die reg op sigself die handeling onregmatig kan maak. Ten spyte van hierdie siening, beslis Lord Mustill in die dikwels aangehaalde saak van Doody133 dat “the [common] law does not at present recognise a general duty to give reasons for an administrative decision”. Na byna 20 jaar is die standpunt steeds dat daar geen plig bestaan om redes te verskaf nie, behalwe in buitengewone omstandighede. Hierdie “buitengewone” omstandighede sluit in omstandighede waar: “[the] subject matter is an interest so highly regarded by the law (for example, personal liberty), that fairness requires that reasons, at least for particular decisions, be given as of right.”134 Elliott135 som die huidige posisie in die Engelse reg op as: “it would be complacent to assume that English law has arrived at a general duty to give reasons in all but name.” Die reg tot redes word verder beskou as ´n “intellectual discipline” en “[t]he giving of reasons is one of the fundamentals of good administration”.136 ´n Plig om redes te verskaf, bewys nie net ´n “commitment to rationality”137 nie, maar beklemtoon ook die aspek van waardigheid wat daarmee gepaardgaan. Soos Allan138 dit stel: “The giving of reasons by officials, in particular, can readily be understood as serving a ‘dignitarian’ function quite distinct from the arrangements for securing sound decisions [...] [A]n obligation to give reasons may have a beneficial effect on the quality of the decision and in that sense contribute to fairness; but whether or not that is so in any particular case, giving reasons may be regarded as an integral part of treating a disappointed applicant with the respect which his dignity as a citizen demands.” 131 Sien onder andere W Wade en C Forsyth Administrative Law 8th ed (2000) 517-518; GN Barrie “The Giving of Reasons for Administrative Decisions in English and United States Law” 2000 TSAR 595-601. 132 M Elliott “Has the Common Law Duty to Give Reasons Come of Age Yet? 2011 Public Law 56. 133 R v Secretary of State for the Home Department Ex p. Doody [1994] 1 A.C. 531 op 564. 134 R v Higher Education Funding Council Ex p Institute of Dental Surgery [1994] 1 W.L.R 242 op 263. 135 Elliott 2011 Public Law 58. 136 Forbes Justice in Tribunals 249. 137 A Le Seur “Legal Duties to Give Reasons” (1999) 52 C.L.P 154-155. 138 T Allen “Procedural Fairness and the Duty of Respect” (1998) 18 O.J.L.S 499. 243 Hoewel die gemenereg ook ´n buigsame instrument is, is dit belangrik om daarop te let dat beginsels van toepassing op statutêre tribunale nie altyd gepas is met betrekking tot huishoudelike tribunale nie. Dit word verwoord deur Kirby P in Osmond v Public Service Board of New South Wales139 waar hy opmerk dat: “[T]he common law, developed as it is case by case, has proved an appropriately flexible instrument [...] If the guiding principle is the duty to act fairly or justly [...] what may be expected of a Minister [...] or a statutory tribunal may not be expected of a private club or private individual making a decision. The detail of reasons that may be required in one case may not fairly or justly be demanded [...] in another.” Die hof se beslissing in Osmond word beskryf as ´n terugslag vir diegene wat die reg tot redes as deel van die reëls van natuurlike geregtigheid wil vestig. Die hof beslis gevolglik: “[T]he ordinary common law position remains [...] that where, as a matter of ordinary construction, the relevant statutory provisions do not impose an obligation to give reasons, the rules of natural justice will not remedy the omission.” 140 Die Konstitusionele Hof se interpretasie van die legaliteitsbeginsel is dat dit nie prosedurele billikheid insluit nie en dit nie ´n vereiste vir ´n besluitnemer is om redes vir ´n besluit te verskaf nie. Die hof beslis egter dat die oppergesag van die reg “requires judges not to act arbitrarily and to be accountable” deur in normale omstandighede redes vir hulle besluite te verskaf.141 Artikel 33(2) van die reg op administratiewe geregtigheid bepaal dat elkeen wie se regte nadelig deur administratiewe optrede geraak is, die reg het op die verskaffing van skriftelike redes. Artikel 5(1) van PAJA bepaal verder dat enige persoon wie se regte wesenlik en nadelig deur ʼn administratiewe handeling geraak is en aan wie daar geen redes vir daardie handeling verskaf is nie, mag versoek dat die betrokke administrateur redes vir die handeling verskaf. Bogenoemde bepalings vereis nie slegs dat redes verskaf moet word nie, maar artikel 5(3) vereis verder dat die redes “voldoende” moet wees. In Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & 139 Osmond v Public Service Board of New South Wales [1984] 3 NSWLR 447 op 464. Public Service Board of NSW v Osmond (1986) 159 CLR 656 op 676. 141 Sien C Hoexter “The Principle of Legality in South African Administrative Law” 2004 Macquarie Law Journal 183. 140 244 another142 handel die hof met “voldoende” redes ooreenkomstig artikel 5(3) van PAJA. Die hof beslis met verwysing na Hoexter143 soos volg: “[I]t is apparent that reasons are not really reasons unless they are properly informative. They must explain why action was taken or not taken; otherwise they are better described as findings or other information.”144 Die hof verwys verder na die siening van Woodward R in Ansett Transport Industries (Operations) Pty Ltd v Wraith145 waar die hof beslis dat om daartoe in staat te wees om voldoende redes te verskaf, dit vir die besluitnemer noodsaaklik is: “[...] to explain his decision in a way which will enable a person aggrieved to say, in effect: ‘Even though I may not agree with it, I now understand why the decision went against me. I am now in a position to decide whether that decision has involved an unwarranted finding of fact, or an error of law, which is worth challenging.’ This requires that the decision-maker should set out his understanding of the relevant law, any findings of fact on which his conclusions depend (especially if those facts have been in dispute), and the reasoning processes which led him to those conclusions. He should do so in clear and unambiguous language, not in vague generalities or the formal language of legislation. The appropriate length of the statement covering such matters will depend upon considerations such as the nature and importance of the decision, its complexity and the time available to formulate the statement. Often those factors may suggest a brief statement of one or two pages only.”146 Die Konstitusionele Hof in Bel Porto School Governing Body v Premier of the Province, Western Cape147 bevestig die belangrikheid van die plig om redes te verskaf deur te beslis dat: “The duty to give reasons when rights or interests are affected has been stated to constitute an indispensable part of a sound system of judicial review. Unless the persons affected can discover the reason behind the decision, he/she may be unable to tell whether it is reviewable or not and so may be deprived of the protection of the law. Yet it goes further than that. The giving of reasons satisfies the individual that his or her matter has been considered and also promoted good administrative functioning because the decision-makers know that they can be called upon to explain their decision and thus be forced to evaluate all the relevant 142 Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA). C Hoexter The New Constitutional & Administrative Law II (2002) 244. 144 Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA) par 40. 145 Ansett Transport Industries (Operations) Pty Ltd v Wraith (1983) 48 ALR 500 507. 146 Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA) par 40. 147 Bel Porto School Governing Body v Premier of the Province, Western Cape 2002 (3) SA 265 (KH) par 159. 143 245 considerations correctly and carefully. Moreover, [...], the reasons given can help to crystalise the issues should litigation arise.” Waar laat dit geloofsinstellings? In Nederland hou die motiveringsbeginsel in dat ´n besluit ordentlik gemotiveer moet wees en die inhoud daarvan die nodige feite en omstandighede wat aanleiding tot die besluit gegee het, moet weergee. In die saak van ´n geskorste predikant het die betrokke klassis in sy skorsingsbesluit na sekere feite en omstandighede verwys sonder om die nodige besonderhede en bronne op grond waarvan hierdie ingrypende besluit geneem is, te verskaf. Die inhoud van die besware was aan die predikant onbekend. Die hof beslis soos volg: “Van een besluit als het onderhavige, dat voor de betrokkene zeer ingrijpend is, mag evenwel worden verlangd dat het zodanig is gemotiveerd, met vermelding van de feiten en de bronnen waarop het is gebaseerd, dat het controleerbaar is en dat voldoende inzicht wordt gegeven in de daaraan ten grondslag liggende gedachtengang. (Ook) dit kan worden beschouwd als een universeel geldend rechtsbeginsel, dat geacht moet worden binnen het kerkelijk recht gelding te hebben. [...] Dat het besluit zelf uitvoerig is gemotiveerd maakt het voorgaande, anders dan namens de classis is betoogd, niet anders.”148 Die N.G. Kerkorde149 bepaal onder andere in artikel 12 die volgende: “12b2.2.4 Indien bevind word dat die predikant onbevredigende diens lewer, moet die redes vir die onbevredigende diens en die vereistes waaraan hy/sy moet voldoen, in oorleg met hom/haar en skriftelik onder sy/haar aandag gebring word. 12b2.3.5 Die kommissie voorsien skriftelik aan die predikant(e) met wie oorleg gepleeg word: 12b2.3.5.1 die redes vir die beoogde diensbeëindiging; 12b2.3.6 Die betrokke predikant(e) word geleentheid gebied om vertoë te rig oor enige aangeleentheid waaroor oorleg gepleeg word, en die kommissie oorweeg die vertoë en reageer daarop. Indien die kommissie nie daarmee eens is nie, verstrek die kommissie redes daarvoor.” [Eie kursiverings.] By bepalings in verband met appèlle en beswaarskrifte wat geld vir alle kerkvergaderings wat appèlle en beswaarskrifte hanteer, is die appèlliggaam verplig om redes vir die besluit te notuleer en moet daar skriftelik aan die party kennis gegee 148 AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 111. Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007. 149 246 word.150 Verder handel artikel 63 oor die prosedures rakende die tugondersoek en artikel 63.8.9 bepaal dat die bevindinge en besluite tot tugmaatreëls van kerkvergaderinge of hulle gevolmagtigde ondersoekliggame met ´n opgaaf van redes gepaard moet gaan. In die hertoelating van predikante en proponente tot die bediening, moet ´n skriftelike aansoek by die ring ingedien word. Artikel 7.5.3 bepaal onder andere dat indien die sinodale kommissie die aansoek weier, dit met opgawe van redes skriftelik aan die applikant bekendgemaak word. In Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others151 vra die hof by monde van Dumbutshena AR wanneer ´n benadeelde persoon aangehoor behoort te word. Met verwysing na Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others,152 word die toets soos neergelê deur Lord Denning beklemtoon, wat aantoon wanneer ´n benadeelde persoon geregtig is, al dan nie, om aangehoor te word. Die toets verwys ook spesifiek na die plig, al dan nie, om redes te verskaf. Die hof beslis soos volg: “Then comes the problem: ought such a body, statutory or domestic, give reasons for its decision or give the person concerned a chance of being heard? Not always, but sometimes. It all depends on what is fair in the circumstances. If a man seeks a privilege to which he has no particular claim – such as an appointment to some post or other – then he can be turned away without a word. He need not be heard. No explanation need be given: [...] But, if he is a man whose property is at stake, or who is being deprived of his livelihood, then reasons should be given why he is being turned down, and he should be given a chance to be heard. I go further. If he is a man who has some right or interest, or some legitimate expectation, of which it would not be fair to deprive him without a hearing, or reasons given, then these should be afforded him, according as the case may demand.”153 Dieselfde kritiek van Pretorius154 met betrekking tot die benadeelde persoon se legitieme verwagting kom na vore ten aansien van die hof se verpligting om redes te verskaf. Die belangrikste vraag is of die benadeelde persoon in die betrokke omstandighede ´n billike verhoor gekry het. Die feit dat die benadeelde persoon tydens ´n dissiplinêre verhoor uit sy pos geskors is en uit die kerk geëkskommunikeer 150 Artikel 23.b.8. Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA) 463H-464B. 152 Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others [1971] 1 All ER 1148 (CA). 153 Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others [1971] 1 All ER 1148 (CA) 1154F-H. 154 DM Pretorius “Letting the Unruly Horse Gallop in die Field of Private Law: The Doctrine of Legitimate Expectations in ‘Purely Contractual’ Relations” 2001 SALJ 517. 151 247 is, het juis ´n ernstige impak op sy lewensonderhoud wat volgens die hof die gee van redes en die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid regverdig. Hy moes gevolglik die geleentheid gegun geword het om aangehoor te word en in die omstandighede sou redes gepas gewees het. Ten opsigte van geloofsinstellings is dit duidelik dat ooreenkomstig die gemenereg, daar steeds geen algemene vereiste bestaan om redes te verskaf nie. Bogenoemde bespreking en voorbeelde het egter die belangrikheid van redes as ´n element van ´n billike verhoor beklemtoon. Veral ten aansien van besluite deur geloofsinstellings tydens dissiplinêre verhore, waar ´n skorsing of ontslag ernstige verlies aan lewensonderhoud kan veroorsaak, kan die vereistes van billikheid die behoefte om ingelig en redes vir die besluit te ontvang, vereis. Die afwesigheid van redes kan gevolglik vir die hof ´n aanduiding wees dat ´n ondersoek nie billik was nie. Dit is duidelik dat die N.G. Kerk byvoorbeeld reeds hierdie belangrike element in hulle appèl- en tugmaatreëls geïnkorporeer het, soos waarskynlik ook verskeie ander kerke. Ander geloofsinstellings moet gevolglik seker maak dat hulle die reg op redes in ag neem in hulle tugprosedures ten einde gevolg te gee aan die reg op ´n billike verhoor. ´n Verdere belangrike beginsel en element van ´n billike verhoor, is die nemo iudex in sua causa-reël wat vereis dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees en nie regter in sy eie saak kan wees nie. Die reël teen vooroordeel sal nou in verdere besonderhede bespreek en ondersoek word. 8.3 NEMO IUDEX IN SUA CAUSA Wesseling-van Gent155 voer aan dat ten aansien van die beginsel van onafhanklikheid en onpartydigheid van ´n voortsittende beampte, die eerste beginsel – onafhanklikheid – ´n middel is om die tweede beginsel van onpartydigheid te bereik. Soos Smits dit uitdruk: “[O]nafhankelijkheid beoogt eerlijke rechtspraak, onpartijdige rechtspraak is eerlijke rechtspraak.” 156 155 EM Wesseling-van Gent “Minimumvereisten voor een Civiele Procedure” Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) (1985) 5742 op 395. 156 P Smits Artikel 6 EVRM en de Civiele Procedure. Over de Betekenis van Art. 6 EVRM voor het Nederlandse Burgerlijke Prosesrecht (Doctorale scriptie, Erasmus Universiteit Rotterdam, 1996.) 247. 248 ´n Beslissing, waarin die belangrikheid van en onderskeid tussen “onafhanklikheid” en “onpartydigheid” van ´n besluitnemer ter sprake was, is die saak van SA National Defence Union & another v Minister of Defence.157 Ooreenkomstig die regulasies wat aangeveg is, kon die betrokke minister “onafhanklike” persone in die Militêre Arbitrasie Raad aanstel. Die Raad was verantwoordelik vir die bemiddeling van aangeleenthede wat verband hou met basiese diensvoorwaardes, wat volgens die minister “almost always involve the employer in his representative capacity”.158 Die betrokke bepaling is ongrondwetlik verklaar en die hof verwys na die volgende uittreksel in R v Valente159 wat deur die hof goedgekeur is in De Lange v Smuts:160 “Although there is obviously a close relationship between independence and impartiality, they are nevertheless separate and distinct values or requirements. Impartiality refers to a state of mind or attitude of the tribunal in relation to the issues and the parties to the particular case. The word ‘impartial’ [...] connotes absence of bias, actual or perceived. The word ‘independent’ [...] reflects or embodies the traditional constitutional value of judicial independence. As such, it connotes not merely a state of mind or attitude in the actual exercise of judicial functions, but a status or relationship to others, particularly the Executive branch of government, that rests on objective conditions or guarantees.” In Campbell and Fell v United Kingdom161 beslis die Europese Hof dat: “In determining whether a body can be considered to be independent – notably of the executive and the parties in the case – the court has regard to the manner of appointment of its members and the duration of their term of office, the existence of guarantees against outside pressures and the question whether the body presents an appearance of independence.” Die toets vir onafhanklikheid is ´n objektiewe toets en in Van Rooyen v S162 beslis die hof soos volg: “[F]or the following reasons [...] the Military Arbitration Board would not be perceived to be independent and impartial: 157 SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T). 158 SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) par 47. 159 R v Valente (1985) 24 DLR (4th) 161 (SCC). 160 De Lange v Smuts NO 1998 (3) SA 785 (KH) par 71. 161 Campbell and Fell v United Kingdom (28 June 1984, Series A No 80, para 78), soos aangehaal in SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) par 50. 162 Van Rooyen v S (General Council of the Bar intervening) 2002 (5) SA 246 (KH) paras 19-30. 249 Disputes before the Board will always – at best for the Minister almost always – involve the employer in his representative capacity; The members of the Board are appointed by the Minister and the members may be chosen on the basis of their political, social or economic views; Members of the board have no security of tenure and may be removed by the Minister if he dislikes an award given by that member; Those who appear before the Board will find it impossible to forget that its incumbents are beholden to the Minister if he dislikes an award given by that member.” Die hof in SA National Defence Union & another v Minister of Defence163 bevind dat die inbreukmaking op artikel 33 nie geregverdig kan word nie. Ooreenkomstig een van die aangevegde regulasies: “[T]he Registrar of the Military Trade Unions has the power to register military trade unions, to consider the returns and reports of military trade unions, to withdraw the registration of a military trade union and to perform a host of ancillary functions.”164 Dit gee gevolglik aan die registrateur ´n onbeperkte diskresie wanneer hy sy funksies uitoefen. Die hof is van mening dat: “Section 33 of the Constitution provides that everyone has the right to administrative action that is lawful, reasonable and procedurally fair. That means that there must be no reasonable perception of bias. Presently, in my view, there is a reasonable perception that the Registrar might be perceived to be biased by virtue of the fact that he owes his appointment to the Minister.” 165 Artikel 6(2)(a)(iii) van PAJA bepaal dat ‘n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien die administrateur wat die handeling verrig het bevooroordeeld was of as daar redelikerwys vermoed kan word dat hy bevooroordeeld was. Dit omvat die gemeenregtelike reël teen vooroordeel – nemo iudex in sua causa – wat vereis dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees en nie regter in sy eie saak kan wees nie. Hierdie reël is deur De Villiers HR in die 163 SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) par 55. 164 SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) par 56. 165 SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) par 57. 250 saak van Queen v Piet Plaatjes166 soos volg beskryf: “Now no principle of law is clearer than that a person should not be judge in his own cause.”167 Dit impliseer dat die tribunaal wat die handeling verrig, dit moet doen sonder vooroordeel of partydigheid teenoor die saak of teenoor die aangeklaagde. Dit vereis ook dat ´n klaer in ´n geding nie deel mag vorm van die vergadering of tribunaal wat die klagte ondersoek nie.168 Die gemeenregtelike reël is gegrond op twee basiese beginsels van effektiewe bestuur, naamlik dat ´n besluit eerder billik sal wees indien die besluitnemer sonder vooroordeel is en dat die publiek meer vertroue in die administratiewe prosesse en besluitnemings sal hê, indien “justice is not only done, but seen to be done”.169 Gevolglik word hierdie reël ook as een van die belangrike elemente van die beginsels van effektiewe bestuur beskou. Ooreenkomstig die gemenereg is daar twee verskillende toetse vir vooroordeel wat uit die saak van City and Suburban Transport (Pty) Ltd170 na vore gekom het. Die een het ´n “real likelihood” van vooroordeel vereis, terwyl die ander ´n “reasonable suspicion” van vooroordeel vereis het. Hoexter AR verwys met goedkeuring na die beslissing in S v Radebe171 waar Rumpff AR die gemeenregtelike posisie soos volg opsom: “Die algemene beginsel in die Romeins-Hollandse reg is duidelik en bevat die grondreël dat niemand in sy eie saak Regter kan wees nie. Uit die geskrifte van die skrywers en sekere wetgewende bepalings blyk dit dat by die toepassing van hierdie grondreël ´n Regter by die beoordeling van ´n saak uitgesluit word wanneer nie alleen eie belang, maar ook ´n neiging of gesindheid ten opsigte van een van die partye, hom anders sou kon laat oordeel as wat die onpartydigheid eis, sodat daar rede bestaan, nieteenstaande die Regter se eie voorneme, om vir partydigheid aan sy kant te vrees. Merula, Manier van Procederen 4.4, verwys na twee hoofgronde waarop ´n Regter gevra kan word om te rekuseer, nl. onbevoegdheid en omdat hy ‘suspect’ is, d.w.s dat hy onder verdenking staan van moontlike partydigheid [...]”172 Soos dit blyk uit die voorafvermelde twee basiese beginsels wat die gemeenregtelike reël teen vooroordeel begrond, is die feit dat geregtigheid nie net moet geskied nie, 166 Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351. Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351 op 352. 168 PC van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (LLM-Skripsie, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1999) 19. 169 Hoexter Administrative Law 405. 170 City and Suburban Transport (Pty) Ltd v Local Board Transportation, Johannesburg 1932 WLD 100. 171 S v Radebe 1973 (1) 796 (A). 172 S v Radebe 1973 (1) 796 (A) 812A-C, soos aangehaal in BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 689B-E. 167 251 maar ook “seen to be done”, ´n baie belangrike element. Hierdie ondersoek of toets is ´n objektiewe toets wat in die saak van BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union173 verder omskryf is. Die hof beslis dat ware vooroordeel teenwoordig is indien die betrokke geval benader word “with a mind which was in fact prejudiced or not open to conviction”. Die hof in De Lille v Speaker of the National Assembly174 beslis verder dat: “Bias or partiality occurs when the tribunal or committee approaches a case not with its mind open to persuasion nor conceding that exceptions could be made to its attitudes or opinions, but when it shuts its mind to any submissions made or evidence tendered in support of the case it has to decide. No one can fairly decide a case before him if he has already prejudged it. Thus prejudgment of the issues to be decided (which is in a sense prejudice) constitutes bias. The entire proceedings become tainted with bias.” De Ville175 is van mening dat vooroordeel ´n nou verband het met die afwesigheid van ´n billike geleentheid vir ´n persoon om sy of haar saak te stel. Hy is ook van mening dat dit baie moeilik is om ´n saak uit te maak vir wesenlike vooroordeel (“actual bias”), in teenstelling met ´n vermoede van vooroordeel, en is daar ook weinig SuidAfrikaanse beslissings waar die beslissing op wesenlike vooroordeel gegrond is. ´n Beslissing gegrond op wesenlike vooroordeel moet gevolglik met omsigtigheid benader word. In Roylance v General Medical Council176 bevestig die hof dat die “reasonable apprehension of bias test”: “[...] may minimise the risk of unnecessary damage to the reputation of the person concerned and make it easier for a member particularly of a lay tribunal to stand down without loss of face. It may reduce the embarrassment which a challenge on the ground of bias may understandably evoke not only for the person accused of bias, but also for the person making the allegation.”177 Indien geen teken van wesenlike vooroordeel aanwesig is nie, maar daar ´n vermoede of skyn van vooroordeel aan die kant van die besluitnemer bestaan, is dit voldoende vir die besluitnemer om hom van die saak te onttrek. Die toets vir die vermoede van 173 BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 690A-B. De Lille v Speaker of the National Assembly 1998 (3) SA 430 (K) par 17. 175 De Ville Judicial Review 273. 176 Roylance v General Medical Council (No 2) [1999] 3 WLR 541 (PC) 546E-G. 177 De Ville Judicial Review 273-274. 174 252 vooroordeel is bevestig deur die hof in BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union,178 wat die volgende behels: “The test to be applied therefore involves the legal fiction of the reasonable man – someone endowed with ordinary intelligence, knowledge and common sense. That the test prescribed is an objective one, however, does not mean that the exceptio recusationis is to be applied in vacuo, as it were. The hypothetical reasonable man is to be envisaged in the circumstances of the litigant who raises the objection to the tribunal hearing his case. It is important, nevertheless, to remember that the notion of the reasonable man cannot vary according to the individual idiosyncrasies or the superstitions or the intelligence of particular litigants.”179 Daar het onsekerheid geheers oor die feit of die “real likelihood of bias”-toets of die “reasonable suspicion of bias”-toets toegepas moet word. Die vraag was gevolglik: “Must there appear to be a real likelihood of bias? Or is it enough if there appears to be a reasonable suspicion of bias?”180 Daar word aangevoer dat laasgenoemde ´n minder presiese toets omvat as eersgenoemde, wat vereis dat daar ´n bewys van die moontlikheid van wesenlike vooroordeel teenwoordig moet wees aan die kant van die besluitnemer.181 Die hof in BTR Industries bevestig egter dat: “[...] in our law the existence of a reasonable suspicion of bias satisfies the test; and that an apprehension of a real likelihood that the decision maker will be biased is not a prerequisite for disqualifying bias.”182 In die daaropvolgende saak van President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others183 bevestig die Konstitusionele Hof die korrektheid van die beslissing in BTR Industries, maar staan eerder die omskrywing “apprehension of bias” as “suspicion of bias” voor, weens die negatiewe konnotasie met die woord “suspicion”. Gevolglik voer die hof aan dat die vraag in elke geval moet wees: 178 BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 695C-E. Hierdie toets word ook toegepas in Australië en Kanada. Sien verder De Ville Judicial Review 274 vn 479. In Engeland is die toets vir “real danger of bias” aanvanklik toegepas, maar nou behels dit die vraag “whether the fair-minded and informed observer, having considered the facts, would conclude that there was a real possibility that the tribunal was biased”. 180 BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 690D. 181 De Ville Judicial Review 274. 182 BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 693I-J. 183 President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 1999 (4) SA 147 (KH). 179 253 “[...] whether a reasonable, objective and informed person would on the correct facts reasonably apprehend that the Judge has not or will not bring an impartial mind to bear on the adjudication of the case, that is a mind open to persuasion by the evidence and the submission of counsel.”184 Verskeie omstandighede kan aanleiding gee tot die vermoede van vooroordeel, veral waar daar ´n finansiële voordeel of ´n persoonlike belang by die aangeleentheid is. Vooroordeel is tipies teenwoordig waar ´n besluitnemer of lede van die besluitnemingsorgaan hul met een party tot die dispuut assosieer (of waar daar ´n vermoede is dat so ´n assosiasie bestaan). Die omstandighede van Mafongosi v United Democratic Movement185 is tipies van die omstandighede wat sigself maklik binne die dissiplinêre opset van ´n kerk of ander geloofsinstelling kan voordoen, spesifiek waar dieselfde lede van die oorspronlike dissiplinêre tribunaal ook as die appèltribunaal funksioneer. In Mafongosi was sekere lede van die dissiplinêre tribunaal ook aanwesig in die appèltribunaal en het as’t ware ´n appèl teen hulle eie beslissing aangehoor. Die hof beslis dat daar nie geargumenteer kan word dat die appèltribunaal onpartydig was nie, waar dieselfde pesone wat verantwoordelik was vir die oorspronklike besluit om die applikant te skors ook op die appèltribunaal teenwoordig was. Die hof beslis soos volg: “Far from being entitled to attend meetings of the party by virtue of being members thereof, the four persons including the leader of the UDM were not supposed to sit during the hearing of an appeal against their own decision. This alone vitiated the whole hearing of the appeal. The inescapable inference is that the other members who sat on that appeal might have been, to some extent, influenced by the fact that their leader and three other members were involved when the decision was taken in the tribunal below and present to defend it on appeal. In the circumstances it cannot be argued that the appeal tribunal was impartial when it included the same persons who decided to expel applicants from the party. This, in my view, violated the rules of natural justice regarding fairness and equity. The applicants’ right to appeal has been rendered illusory by allowing the same persons who took the decision to sit on appeal.”186 By kerke is dit voor die handliggend dat die regsprekende orgaan uit lede van dieselfde kerk bestaan. Om partydigheid te voorkom, stel Santing-Wubs187 voor dat ampsdraers van sogenaamde “meerdere vergaderings” wat enige vriendskaps- of 184 President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 1999 (4) SA 147 (KH) par 48. 185 Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH). 186 Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH) par 34. 187 Santing-Wubs Kerken in Geding 136. 254 familiebande met die appellant het, uitgesluit word van enige beraadslaging en stemming en dat hul aanwesigheid selfs belet kan word. In Liebenberg v Brakpan Liquor Licensing Board188 is ´n besluit om ´n lisensie aan die burgemeester se broer toe te ken tersyde gestel, aangesien dit geblyk het dat die burgemeester self ´n lid van die betrokke Raad was.189 By meerdere vergaderinge (ringsittings, kommissies, sinodes, ensovoorts) is daar egter dikwels afgevaardigdes aanwesig wat in ´n vroeëre stadium by die geskil betrokke was (hetsy op gemeente- of ringvlak). Om onpartydigheid te verseker of te beoog, het die Gereformeerde Gemeente Houten in Nederland ´n bepaling gehad wat soos volg lui: “Indien een aantal afgevaardigden in een eerder stadium bij een zaak betrokken was, wijst de preses zeer nadrukkelijk op de noodzaak van de handhaving van een objectieve benadering. Hij vraagt of in eerste instantie alleen diegenen aan het beraad willen deelnemen, die nog niet eerder bij de zaak betrokken waren. Aan de besluitvorming mag in geen geval worden deelgenomen door de afgevaardigen van de mindere vergadering die als laatste in de zaak heft geoordeelt. Leden van de commissie van onderzoek worden niet van de besluitvorming uitgesloten.”190 Aangesien partydigheid ook die skyn van partydigheid insluit, word aangevoer dat deelname aan die aanvanklike beraadslaging, en nie net die besluitvorming nie, uitgesluit moet word. Selfs aanwesigheid by so ´n beraadslaging kan die skyn van partydigheid skep.191 Die voormalige Kerkorde van die Gereformeerde Kerk (sinodaal) het egter nie die aanwesigheid by beraadslaging en besluitvorming uitgesluit nie, maar slegs die medewerking.192 Dit is egter geen maklike taak om te onderkei tussen vooroordeel en die normale voor- en afkeure en opinies van mense nie. Soos die hof dit in Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee stel:193 “[...] it is not bias per se to hold certain tentative views about a matter. It is human nature to have certain prima facie views on any subject. A line must be drawn, however, between mere predispositions or attitudes, on the one hand, and pre-judgment of the issues to be decided, on the other. Bias or partiality occurs when the tribunal approaches a case not with its mind open 188 Liebenberg v Brakpan Liquor Licensing Board 1944 WLD 52. Hoexter Administrative Law 409. 190 “Handleiding bij de kerkelijke rechtspraak van de Gereformeerde Gemeenten” (1999) In orde 23. 191 Sien die siening van Santing-Wubs in Kerken in Geding 138. 192 In die uitvoeringsbepaling 32.3 par 12 staan onder andere “Aan de behandeling en besluitvorming in de particuliere synode mag niet worden meegewerkt door ambtsdragers die deel uitmaken van de kerkelijke vergadering wier besluit het betreft of die anderzins bij het geschil zijn betrokken.” Sien verder Santing-Wubs Kerken in Geding 138. 193 Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (4) SA 621 (K) par 67. 189 255 to persuasion nor conceding that exceptions could be made to its attitudes or opinions, but when it shuts its mind to any submissions made or evidence tendered in support of the case it has to decide. No one can fairly decide a case before him if he has already prejudged it.” In MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality194 word dieselfde gedagtes deur De Villiers R uitgedruk en beslis die hof dat: “[...] a mere general interest in the object to be pursued by a tribunal is not such bias as to disqualify. A magistrate for instance who subscribes to the S.P.C.A. is not thereby disabled from trying a charge brought by that body for cruelty to a horse.” In Taylor v Kurtstag,195 waar ´n lid van die Joodse gemeenskap uit die Joodse geloof geëkskommunikeer is, beklemtoon die hof die feit dat dit nie altyd maklik is om onderskeid te tref tussen die meriete en prosedures van ´n geval nie. Die hof voer verder aan dat dit nie altyd moontlik of selfs aan te bevele is: “[...] to infer bias where the members of the tribunal have had prior contact with the member to be disciplined. But it does not follow that, because of the history of the matter, an inference of partiality can reasonably be drawn. In particular, in the circumstances of this case no such perception is justified. The Beth Din cannot be ascribed bias, nor can the history of the matter reasonably have led to an apprehension of bias [...] It cannot reasonably be said that, because the members of the Beth Din persisted in pursuing the matter in the performance of their duty under Jewish law, the outcome was a ‘foregone conclusion’ or the hearing was unfair. If a Cherem were unavoidable, this is not because of any bias or predetermination, but because of the doctrines of Jewish law.”196 In Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere197 is ´n predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gemeente van Luderitz deur die Ringskommissie van die Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika uit sy amp geskors. Die applikant bring ´n hersieningsaansoek op grond van beweerde onreëlmatighede aan die kant van die Ring, die Ringskommissie en die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika. Van die vrae wat die hof moes beantwoord, was onder andere of die betrokke onreëlmatigheid daarop bereken was om die applikant te benadeel. Daar is aangevoer dat die blote skyn van vooroordeel nie ´n 194 MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality 1968 (2) SA 10 (O) 12C-D. Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W) par 61. 197 Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA). 195 196 256 bewys is van ´n onreëlmatigheid wat daarop bereken is om te benadeel nie. Daar word trouens betoog dat in die afwesigheid van die bewys van werklike vooroordeel geen onreëlmatigheid bewys is nie. Namens die applikant word egter aangevoer dat ´n “verhoor-liggaam onbevoeg is om daarop te sit as daar by die beklaagde ´n redelike vrees bestaan dat die betrokke lid nie onpartydig teenoor hom in die verhoor sal optree nie”. 198 Verder word aangevoer dat in die omstandighede van die betrokke saak “die toets nie is of daar werklike vooroordeel was nie. Selfs al blyk dit dat daar in werklikheid geen vooroordeel was nie, maar dit blyk dat daar ´n skyn van vooroordeel of partydigheid was, dan was die verrigtinge onreëlmatig”.199 Die hof in Smith sien dit as ´n bevestiging van die slagspreuk deur Lord Hewarr HR dat “[...] it is not merely of some importance, but of fundamental importance, that justice should be done and be manifestly seen to be done”.200 Namens die respondente word aangevoer dat om die blote skyn van vooroordeel tot ´n onreëlmatigheid self te verhef, teenstrydig met gevestigde beginsels van ons reg is. Hoexter R stem egter nie hiermee saam nie en bevestig dat dit ´n fundamentele beginsel van ons eie regspraak is: “[...] dat dit nie genoeg is om reg te laat geskied nie; daar moet ook gesorg word dat dit sigbaar geskied. Na my oordeel ly dit geen twyfel dat volgens ons geldende reg die blote skyn van vooroordeel by een of meer lede van ´n verhoor-liggaam op ´n onreëlmatigheid neerkom.”201 Hierdie beslissing staan dan ook in lyn met die toets vir die vermoede of skyn van vooroordeel soos dit tans deur die howe toegepas word en is gevolglik ook van toepassing ten aansien van besluite geneem deur geloofsinstellings. 8.4 GEVOLGTREKKING Hierdie bespreking het duidelik aangetoon dat die toepassing van die audi alteram partem-reël, as een van die belangrike komponente van prosedurele billikheid, uitgebrei is om ook toepassing te vind in gevalle waar ´n persoon ´n regmatige verwagting het. Gevolglik het die redelike man, waar die aard en omvang van die betrokke regsbelange dit regverdig, ook ´n regmatige verwagting om aangehoor te word. Die howe bevestig die minimumvereistes vir die reg op ´n billike verhoor. Dit 198 Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 361A-C. Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 361 C-D. Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 36C. 201 Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 362F-G. 199 200 257 sluit in dat die benadeelde wie se regte nadelig deur ´n administratiewe besluit geraak is, ingelig moet word van die optrede teen hom of haar en die geleentheid gegun moet word om sy saak te stel en aangehoor te word. Die vereiste dat ´n benadeelde persoon ´n redelike geleentheid gebied word om vertoë te rig, sluit nie outomaties ´n mondelinge verhoor en die geleentheid om persoonlik te verskyn, in nie. Die reg om inligting en argumente aan te bied en te betwis, vorm ook geen inherente deel van die reëls van natuurlike geregtigheid nie en die maatstaf is weer eens of ´n benadeelde persoon ´n billike geleentheid gebied is om sy saak te stel. Dit geld ook vir die reg op ´n openbare verhoor, wat geen absolute reg ooreenkomstig die gemenereg is nie. Uit die voorafgaande bespreking het dit ook duidelik geblyk dat, ten spyte van die feit dat daar ooreenkomstig die gemenereg geen verpligting gerus het op besluitnemers om mondelinge of geskrewe redes vir administratiewe besluite te verskaf nie, die howe die belangrikheid van redes as ´n element van ´n billike verhoor beklemtoon. Artikel 33(2) van die Grondwet en artikel 5(1) van PAJA maak nou uitdruklik voorsiening vir die verskaffing van redes en net soos met die reg op regsverteenwoordiging wat geen absolute reg is nie, kan die verpligting om redes te verskaf ooreenkomstig die gemenereg ook ´n vereiste wees wanneer die omstandighede dit vereis. Die belangrikste vraag is dus of die benadeelde persoon in die betrokke omstandighede ´n billike verhoor gekry het, al dan nie. Veral tydens dissiplinêre verrigtinge, waar poste en lewensonderhoud ter sprake is, is die argument sterk ten gunste van die gee van redes sowel as die reg op regsverteenwoordiging. By geloofsinstellings sou regsverteenwoordiging in die vorm van bystand egter meer gepas wees as regsverteenwoordiging in die vorm van ´n advokaat. Daar is ook ´n sterk argument ten gunste van die insluiting van die reg op redes en regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as deel van die reëls van natuurlike geregtigheid. Hoewel besluitnemers tydens dissiplinêre verrigtinge steeds oor ´n diskresie beskik om te besluit of regsverteenwoordiging toegelaat sal word al dan nie, behoort geloofsinstellings seker te maak dat hulle tugprosedures in orde is ten einde gevolg te gee aan die reg op ´n billike verhoor. Die gemeenregtelike reël teen vooroordeel is die ander belangrike element van prosedurele billikheid en behels dat die besluitnemer nie bevooroordeeld of 258 redelikerwys vermoed kan word bevooroordeeld te gewees het nie. Gevolglik bevestig die hof dat, indien daar ´n vermoede of skyn van vooroordeel aan die kant van die besluitnemer bestaan, dit voldoende vir die besluitnemer is om hom van die saak te onttrek en dit word objektief beoordeel. Aangesien partydigheid dus ook die skyn van partydigheid insluit, moet geloofsinstellings seker maak dat hulle betrokke prosedures en optredes voldoende prosesregtelike en regsbeskerming waarborg. ´n Hof kan vervolgens steeds ingryp indien die prosedures onduidelik of onvoldoende beskerming bied en geloofsinstellings moet besef dat dit nie genoeg is om slegs reg te laat geskied nie; daar moet ook gesorg word dat dit sigbaar geskied. Soos Oldenhuis202 dit stel: “[...] de burgerlijke rechter stelt zich nu nog terughoudend op ten aanzien van de rechtsbescherming in de kerk, maar indien de kerklijke procedure onduidelik is, of onvoldoende waarborgen biedt, zal de burgerlijke rechter op den duur zich gaan richten op wereldlijke procedures.” Hierdie hoofstuk het gefokus op die audi-vereiste, met die inbegrip van die reg op regsverteenwoordiging en die reg op redes, tesame met die reël teen vooroordeel as belangrike vereistes van ´n billike verhoor en belangrike elemente ten einde uitvoering te gee aan die reg op prosedurele billikheid. Buiten vir prosedurele billikheid, vereis administratiewe geregtigheid egter ook dat ´n administratiewe optrede aan die vereistes van regmatigheid en redelikheid moet voldoen. Die volgende hoofstuk sal op regmatigheid en redelikheid fokus as twee belangrike vereistes van die reg op administratiewe geregtigheid. 202 Oldenhuis Schurende Relaties tussen Recht en Religie 107, sien ook LJ Koffeman “Rechtsbescherming in Protestants Nederland”, in R Torfs et al. (eds) Canon Law Monograph Series. Deel 3. Recht op Recht in de Kerk (2003) 168-169. 259 HOOFSTUK 9 9 REGMATIGHEID EN REDELIKHEID 9.1 INLEIDING Artikel 33 van die Grondwet maak spesifiek voorsiening vir administratiewe optrede wat regmatig en redelik is. Handboekskrywers is dit eens met mekaar dat die legaliteitsbeginsel onder meer vereis dat handelinge en optrede van die administrasie aan die algemene voorskrifte van die reg, hetsy geskrewe of ongeskrewe, moet voldoen.1 Die vereistes ten opsigte van legaliteit kom uit die gemenereg en is nie in die Suid-Afrikaanse reg gekodifiseer nie. Regmatigheid in die administratiefreg (legaliteit) bereik egter die status van `n fundamentele reg deurdat dit opgeneem is in artikel 33 van die Grondwet. Dit blyk ooreen te stem met die inhoud van die grondwetlike beginsel van legaliteit soos veral van toepassing op die uitoefening van openbare gesag wat nie as ´n administratiewe handeling kwalifiseer uit hoofde van artikel 33 of PAJA nie. Die gewone benadering tot regmatigheid was die gronde vir legaliteit in die gemenereg en na 1994 is regmatigheid of geregtigheid en legaliteit een begrip. Regmatige administratiewe optrede, soos tans vervat in die Grondwet is basies dieselfde as die gemeenregtelike beginsel van administratiewe geregtigheid. Hierdie beginsel omvat die gronde van hersiening soos dit toepassing vind ten aansien van bevoegdheid, jurisdiksie en die misbruik van ´n diskresie. Die gemeenregtelike vereiste vir legaliteit is dikwels omskryf as “applying one’s mind to the matter” wat vereis het dat ´n administrateur moes voldoen aan “all the requirements for administrative legality”.2 Die gronde vir hersiening soos neergelê in artikel 6 van PAJA omvat die vereistes van regmatigheid of administratiewe legaliteit. Die nienakoming van die gronde, soos neergelê in artikel 6, beteken effektief dat die betrokke administratiewe handeling onregmatig is en tersyde gestel kan word. Die begrip regmatigheid word egter gesien as ´n oorkoepelende begrip wat al die vereistes van regmatige administratiewe optrede insluit, namelik redelikheid, sowel as prosedurele billikheid. Hierdie twee begrippe word egter belangrik genoeg geag om as aparte begrippe gesien en beskerm te word ooreenkomstig artikel 33 van die 1 J de Ville “Die Legaliteitsbeginsel in die Staats- en Administratiefreg onder ´n Nuwe Grondwetlike Bedeling – ´n Vergelykende Toekomsperspektief” 1993 SA Publiekreg 69. 2 Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed (2006) 198. 260 Grondwet. Hierdie hoofstuk sal gevolglik eerstens fokus op die element van regmatigheid as belangrike vereistes van die reg op regverdige administratiewe optrede en die gevolglike vereiste van redelikheid as ´n eweneens belangrike element van die reg op administratiewe geregtigheid. 9.2 REGMATIGHEID 9.2.1 Inleiding Wat regmatigheid betref, is daar volgens Hoexter3 “nothing to choose between the grounds in the PAJA and those implied by the principle of legality”. En verder is “the principle of legality […] a mirror image of administrative law. It is administrative law ‘under another name’”.4 Met betrekking tot die beginsel van regmatigheid blyk dus dat daar weinig verskil is tussen die gronde van hersiening soos uiteengesit in PAJA en gronde soos dit implisiet vervat is in die grondwetlike legaliteitsbeginsel. Wiechers het reeds in 1984 die gronde van hersiening gesistematiseer in die vorm van die vereistes vir administratiewe legaliteit en verskillende geldigheidsvereistes geformuleer. Hierdie geldigheidsvereistes is onder andere die geldigheidsvereiste ten aansien van die outeur van die administratiewe handeling; die vorm van die administratiewe handeling; die doel van die administratiewe handeling; die gevolge van die administratiewe handeling en die vereiste van bona fides.5 Die gronde van hersiening wat verband hou met die beginsel van redelikheid, sal vervolgens bespreek word onder twee aparte hoofde, naamlik bevoegdheid en delegasie, en jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening. In elke geval sal daar eers kortliks na die algemene beginsels en toepassing gekyk word en dan meer spesifiek soos die betrokke gronde toepassing vind ten opsigte van geloofsinstellings. Daar sal ook na die betrokke gronde in PAJA verwys word, bloot om aan te toon onder watter spesifieke gronde in PAJA die gemeenregtelike vereistes vervat is en aangesien regmatigheid of “applying one’s mind to the matter” uiting vind in verskeie bepalings van PAJA wat ooreenkomstig die gemenereg onder die breë vaandel van ultra vires6 sou tuishoort. Die reëls van natuurlike geregtigheid aan die ander kant 3 C Hoexter Administrative Law in South Africa (2007) 226. C Hoexter Administrative Law in South Africa 2nd ed (2012) 254. 5 M Wiechers Administratiefreg 2de uitg (1984) 205-206. 6 Ultra vires in die eng sin verwys na die vereiste dat die administratiewe handeling aan die vereistes van die magtigende wet moet voldoen en niks meer nie. Dit vorm dus slegs ´n onderdeel van wat Wiechers beskryf as administratiewe legaliteit. Ultra 4 261 sorteer gewoonlik onder die vaandel van die audi alteram partem-reël (oftewel prosedurele billikheid) en gevolglik is dit as ´n aparte aspek in die vorige hoofstuk bespreek. 9.2.2 Bevoegdheid en delegasie Artikels in PAJA wat verband hou met ultra vires-optredes en veral bevoegdheid en delegasie, sluit in: artikel 6(2)(a)(i) wat vereis dat die administrateur wat die handeling verrig deur ‘n magtigende bepaling die bevoegdheid verleen is om daardie handeling te verrig. Dit is ´n voorbeeld van die gemeenregtelike ultra vires-leerstuk in die eng sin, wat ook vereis dat die besluitnemer bevoeg is om die funksie te verrig en die bevoegdheid uit te oefen.7 Ooreenkomstig artikel 6(2)(a)(ii) kan ´n besluit hersien word indien die besluitnemer opgetree het kragtens ‘n delegasie van bevoegdheid welke delegasie nie deur ‘n magtigende bepaling toegelaat is nie, en dit is ook ´n voorbeeld van ultra vires in die eng sin. Ooreenkomstig artikel 6(2)(e)(i) moet die administratiewe handeling vir ‘n rede verrig word wat deur die magtigende bepaling toegelaat word en gesien word as ´n vereiste wat veel omvattender is as die eng benadering tot ultra vires. Artikel 6(2)(f)(i) verwys na omstandighede waar die handeling self wederregtelik is, of nie deur die magtigende bepaling toegelaat word nie en in lyn met die breë benadering tot ultra vires staan.8 Soos die hof in Pharmaceutical Manufacturers Association of SA In Re: Ex Parte Application of President of the RSA beslis:9 “What would have been ultra vires under the common law by reason of a functionary exceeding a statutory power is invalid under the Constitution according to the doctrine of legality. In this respect, at least, constitutional law and common law are intertwined and there can be no difference between them.” Binne geloofsinstellings beteken die ultra vires-leerstuk gewoon dat binne ´n kerk byvoorbeeld, die betrokke kerkvergadering sy bevoegdhede by ´n tughandeling moet uitoefen ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde en betrokke kerklike bepalinge. Indien hierdie bevoegdhede dus oorskry word, is die handeling ultra vires vires in die wyer sin word deur Wiechers beskryf as ´n kollektiewe begrip vir al die vereistes vir regmatige administratiewe optrede en dit is dan ´n begrip wat sinoniem is met die totale regsvereistes vir die geldigheid van alle administratiewe optrede en wat voldoen aan die vereistes van legaliteit. Sien M Wiechers Administrative Law (1995) 177. 7 Burns en Beukes Administrative Law 205. 8 Burns en Beukes Administrative Law 205-206. 9 Pharmaceutical Manufacturers Association of SA In Re: Ex Parte Application of President of the RSA 2000 (2) SA 674 (KH) par 50. 262 en gevolglik onregmatig. Sadler10 voer aan dat nie elke geringe oortreding van hierdie kerkregtelike bepalinge as ´n ultra vires-handeling beskou moet word nie. In De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein11 tref ons ´n goeie voorbeeld aan. Die betrokke reëls het bepaal dat ´n klag by die voorsitter ingedien moet word, maar die klag is by die ringskriba ingedien. Die hof beslis dat dit nie ´n beregbare oortreding is nie, aangesien niemand daardeur benadeel is nie. In Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere12 beslis die hof dat, om af te wyk van die bepaalde stemprosedures soos dit in die betrokke reëls omvat is, in die bepaalde geval nie ´n fatale gebrek in die verrigtinge daarstel nie. Ook nie soos in Du Plessis v The Synod of the DR Church13 waar die Moderatuur ´n sinode byeengeroep het in plaas van ´n sinodale kommissie, soos die reëls voorskryf het, nie.14 Ultra vires-optrede binne ´n kerk of geloofsinstelling kan dus beteken dat ´n bepaalde ring of sinode hom skuldig maak aan ´n magsweiering (waar ´n betrokke vergadering byvoorbeeld weier om ´n klag teen ´n ampsdraer te ondersoek) of magstoeëiening (waar ´n betrokke vergadering ´n klag ondersoek wat binne die bevoegdheid van ´n ander of meerdere vergadering val). ´n Kerkvergadering kan ook die magte wat aan hom toegeken is ooreenkomstig die Kerkorde of kerklike bepaling vir ´n ander doel aanwend, byvoorbeeld waar ´n kerkraad kerkfondse wanbestee. Die optrede is dan vir ´n ongeoorloofde doel. Dit kan ook insluit dat ´n kerkraad of -vergadering te kwader trou teenoor ´n lastige lidmaat optree en hulle mag misbruik. ´n Kerkvergadering kan selfs ´n handeling verrig wat onredelik is of hom skuldig maak aan ´n regs- of feitedwaling.15 Laasgenoemde sal in meer besonderhede bespreek word in die gedeelte oor jurisdiksionele aspekte. Die vereiste van bevoegdheid ooreenkomstig die gemenereg het bestaan uit die vereiste van ratione personae (die persoonlike hoedanighede en kwalifikasies van die outeur); ratione loci (die plek en omstandighede waarin die administratiewe handeling moet geskied); ratione materiae (magtiging moet ten aansien van die objek van die administratiewe handeling geskied); en ratione temporis (magtiging word verleen om 10 THN Sadler Die Kerklike Tughandeling (1979) 182. De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O). 12 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A). 13 Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403. 14 Sadler Die Kerklike Tughandeling 182. 15 Sadler Die Kerklike Tughandeling 183. 11 263 ´n handeling binne ´n bepaalde tydsduur te hê).16 Bogenoemde gronde vind uiting in artikel 6(2)(a)(i)17 en 6(2)(a)(ii)18 van PAJA. Die inhoud en reikwydte van die bevoegdheidsvereiste word bepaal aan die hand van onder andere die relevante magtigende bepaling, relevante wetgewing, die reëls ten aansien van die uitleg van wette en die algemene beginsels soos ontwikkel deur die howe.19 In Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur20 het die kerkraad van die N.G. Gemeente De Deur ´n besluit geneem om kragtens artikel 37 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit die algemene sinodale verband te tree. Op grond van ´n interpretasie van die onderskeie bepalings in die Kerkorde, beslis die hof dat dit duidelik is dat die “samestellende kerke” wat volgens artikel 37 uit die “algemene sinodale verband” mag tree, net dié is wat daartoe toegetree het en dat plaaslike gemeentes, oftewel kerke, nie “samestellende kerke” binne die bedoeling van die Kerkorde en artikel 37 is nie.21 Die hof beslis dat die kerkraad van die N.G. Gemeente De Deur regtens buite sy bevoegdheid gehandel het met die neem van die betrokke besluit en die betrokke besluit word tersyde gestel.22 In Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika23 het die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika tydens sy gewone vergadering besluit om met die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika te verenig. Dit het ingrypende wysigings aan die Kerkorde genoodsaak wat aangebring is en wat verband gehou het met die besluit tot kerkvereniging. Verskeie gemeentes was egter nie gediend met die kerkvereniging en die wysigings van die Kerkorde nie en het aangevoer dat dit ongeldig was. Die hof beslis dat die Algemene Sinode nie by magte was om ´n besluit te neem in stryd met die Kerkorde nie en dat die Algemene Sinode nie by magte is om ´n bepaling in die Kerkorde te wysig ten einde ´n doel te bereik 16 Wiechers Administratiefreg 205. (2) ʼn Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien – (a) die administrateur wat die handeling verrig het – (i) nie deur ‘n magtigende bepaling die bevoegdheid verleen is om daardie handeling te verrig nie; 18 (2) ‘n Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien – (a) die administrateur wat die handeling verrig het – (ii) opgetree het kragtens ‘n delegasie van bevoegdheid welke delegasie nie deur ‘n magtigende bepaling toegelaat is nie; 19 Burns en Beukes Administrative Law 289. 20 Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W). 21 Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) par 197G-H. 22 Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) par 198B. 23 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA). 17 264 wat buite sy magte is nie.24 Die belydenis was in artikel 36 van die Kerkorde verskans en die Algemene Sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur ´n eensydige wysiging van artikel 36 nie. Die hof is gevolglik van mening dat die Algemene Sinode buite sy magte gehandel het en beslis soos volg: “Die gehele besluit van die algemene sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991 om met die NGSK te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verband staan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig. Daarbenewens was die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook ongeldig.”25 Die geldigheidsvereiste ratione personae verwys ook na die vereiste dat ´n administratiewe orgaan wat ´n bepaalde bevoegdheid het, daardie bevoegdheid self moet uitoefen. Dit geld ook waar ´n diskresie verleen word. So ´n diskresie wat aan ´n administratiewe orgaan verleen is, mag nie aan ´n ander orgaan oorgedra word nie.26 Hierdie vereiste kom dan ook na vore in artikel 6(2)(a)(ii) van PAJA. Die begrip delegasie word soos volg deur Baxter27 omskryf: “A less complete transfer of powers is delegation, in terms of which one public authority authorizes another to act in its stead. Though the practical necessity of delegation has always been recognized, the power to delegate does not automatically exist: it must be provided for, either expressly or impliedly.” Die verbod om ´n administratiewe bevoegdheid te delegeer, word vervat in die stelreël delegatus delegare non potest.28 Hierdie reël word soos volg omskryf: “The maxim delegatus delegare non potest is based upon the assumption that, where the legislature has delegated powers and functions to a subordinate authority, it intended that authority itself to exercise those powers and to perform those functions, and not to delegate them to someone else, and that the power delegated does not therefore include the power to delegate. It is not every delegation of delegated powers that is hit by the maxim, but only such delegations as are not, either expressly or by necessary implication, authorised by the delegated powers.”29 24 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 170A-C. 25 Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 175G. 26 Wiechers Administratiefreg 210. 27 L Baxter Administrative Law (1984) 432. 28 Wiechers Administratiefreg 210. 29 Attorney-General, OFS v Cyril Anderson Investments (Pty) Ltd 1965 (4) SA 628 (A) 639C-D. 265 So bepaal die N.G. Kerkorde byvoorbeeld in artikel 6 dat die verlening van ampsbevoegdheid as bedienaar van die Woord in al sy gestaltes of die wegneem daarvan slegs kan geskied deur die Algemene Taakspan Regte namens die Algemene Sinode. Daar word geen voorsiening gemaak vir enige delegasie van bevoegdheid nie. By ´n amptelike tugondersoek ooreenkomstig artikel 63, word die ondersoek deur ´n ondersoekliggaam hanteer wat óf die kerkvergadering self kan wees óf ´n gevolmagtigde kommissie van die kerkvergadering. Die ondersoekliggaam kan dus sy bevoegdhede aan ´n bevoegde kommissie delegeer. Die kerkvergadering besluit of die vergadering self die tugondersoeke gaan doen en of daar van ´n gevolmagtigde kommissie gebruik gemaak gaan word. Indien ´n kerkraad van ´n gevolmagtigde kommissie as ondersoekliggaam gebruik maak om ´n amptelike tugondersoek te hanteer, moet ´n kommissie ooreenkomstig die bepalings van artikel 63 aangewys word. Indien die bevoegdheid nie ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde aan die bevoegde kommissie verleen of gedelegeer is nie, kan die besluit tersyde gestel word. In Yiba and Others v African Gospel Church30 was die appellante almal pastore van die African Gospel Church, ´n godsdienstige liggaam ooreenkomstig die konstitusie, met die moderator as hoof van die kerk. Die appellante is deur die moderator geskors ooreenkomstig artikel XXX van die konstitusie en ingelig dat die aangeleentheid tydens ´n dissiplinêre verhoor hanteer sou word. Die appellante het aangevoer dat die liggaam wat hulle van lidmaatskap geskors het nie die nodige bevoegdheid gehad het om dit te doen nie. Artikel XXV van die konstitusie maak voorsiening vir dissiplinêre prosedures. Ooreenkomstig artikel XXV 2(b) mag geen persoon van lidmaatskap geskors word alvorens die betrokke bepalings nie nagekom is nie. Lede kan slegs geskors word na die hou van ´n verhoor voor ´n distrikskomitee, en ´n distrikssuperintendent of “minister of high authority” kan slegs geskors word na die hou van ´n verhoor voor die sentrale uitvoerende komitee. Die appellante is opgeroep om voor die uitvoerende komitee en die sentrale komitee gesamentlik te verskyn. Die besluit om die appellante te skors, is geneem deur die uitvoerende en sentrale uitvoerende komitee gesamentlik. Ooreenkomstig artikel IXD (c) is slegs die uitvoerende komitee bevoeg om dissiplinêre stappe teen lede te neem, en geen bevoegdheid berus by die sentrale uitvoerende komitee nie. Artikel XXV 2(b) maak dit duidelik dat “no person 30 Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K). 266 shall be expelled from membership of the church unless there has been compliance with its terms”.31 Volgens die hof: “As such, they could only have been expelled pursuant to a trial before a district committee as contemplated in art E XXV(2)(b) . It is further common cause that this did not take place and accordingly their purported expulsion from membership of the church is invalid.”32 Gevolglik beslis die hof dat die appellante se skorsing ultra vires die bepalings van die kerk se konstitusie was en gevolglik dat die liggaam wat hulle geskors het, nie bevoeg was om dit te doen nie. Die hof bevind dat die skorsing onregmatig is en die appèl word gehandhaaf. 9.2.3 Jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening In Dawood v Minister of Home Affairs33 beslis die Konstitusionele Hof dat: “Discretion plays a crucial role in any legal system. It permits abstract and general rules to be applied to specific and particular circumstances in a fair manner. The scope of discretionary powers may vary. At times they will be broad, particularly where the factors relevant to a decision are so numerous and varied that it is inappropriate or impossible for the Legislature to identify them in advance. Discretionary powers may also be broadly formulated where the factors relevant to the exercise of the power are indisputably clear. A further situation may arise where the decision-maker is possessed of expertise relevant to the decision to be made.” Waar ´n hof die diskresionêre bevoegdheid van ´n administratiewe orgaan moet hersien, behoort die hof nie sy opinie of beslissing ten aansien van die feite in die plek van die huidhoudelike tribunaal te stel nie.34 Die hof sal ´n beslissing hersien wanneer ´n huishoudelike tribunaal nie sy diskresionêre bevoegdheid uitgeoefen het nie om te bepaal of die tribunaal sy bevoegdheid behoorlik uitgeoefen het.35 Die omstandighede wat daarop kan dui dat die tribunaal versuim het om sy diskresie uit te oefen, is byvoorbeeld waar die tribunaal die aard en omvang van sy bevoegdhede verkeerd verstaan het, of waar hy willekeurig of met mala fides opgetree het.36 In Theron en 31 Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) par 962I. Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) par 963A. Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH) par 53. 34 Sien Wiechers Administratiefreg 322 en verder; Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika en Andere 1975 (2) SA (A) p 14, 34. 35 National Transport Commission v Chetty’s Motor transport (Pty) Ltd 1972 (3) SA (A) 735. 36 Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 235 en verder. 32 33 267 Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere37 aanvaar die hof wat na verwys word as die formele maatstaf met betrekking tot die hersiening van ´n diskresionêre bevoegdheid. Die hof beslis: “Daar is dus ´n beroep op die algemene beginsel dat ´n hof hom nie met die vraag van hoe ´n liggaam, met diskresie beklee, sy bevoegdheid uitgeoefen het, kan inlaat nie, maar slegs met die vraag of die liggaam sy diskresie wel uitgeoefen het; dat dit gaan oor die wyse waarop die handeling tot stand gekom het en nie oor die inhoud van die handeling nie; of, anders gestel, dat ´n hof hom nie met die ‘meriete’ van ´n uitoefening van ´n diskresie sal inlaat nie. Gerieflikheidshalwe sal die betrokke maatstaf vervolgens, waar nodig, die ‘formele maatstaf’ (in teenstelling tot ´n materiële) genoem word.”38 Wiechers39 lê ´n paar riglyne neer wat van toepassing is indien die geldigheidsvereistes vir ´n administratiewe handeling op administratiewe diskresieuitoefening toegepas word. Eerstens moet vasgestel word of die besluitnemer wat die diskresie uitgeoefen het, die nodige bevoegdheid gehad het. Daar moet ook vasgestel word of die besluitnemer die korrekte prosedures gevolg het in die uitoefening van die diskresie. Daar moet ook ondersoek word of die besluitnemer wel die nodige aandag aan die saak bestee het. Die aspek van aandagbesteding, wat ook tot ´n mate tuishoort onder die vereiste van ratione loci en materiae, word nie deur Wiechers as ´n selfstandige geldigheidsvereiste gesien nie. Die vereiste van aandagbesteding beteken volgens hom dat die administratiewe orgaan sy eie bevoegdhede korrek verstaan en dat enige regs- of feitedwalings wat dit aantas, kan aanleiding gee tot die ongeldigheid van die handeling. Die besluitnemer mag hom in die uitoefening van sy diskresie ook nie deur irrelevante en onbehoorlike oorwegings laat beïnvloed nie.40 Bogenoemde vereistes word goed saamgevat in artikel 6(2)(d) van PAJA, wat die bevoegdheid aan ´n hof of tribunaal verleen om ´n administratiewe handeling te hersien wat wesenlik beïnvloed is deur ‘n regsdwaling en artikel 6(2)(e) wat handel met die uitoefening van diskresionêre bevoegdhede. Die artikel bepaal soos volg: (2) ‘n Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien – (e) die handeling – 37 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A). Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 13F-G. Wiechers Administratiefreg 331-332. 40 Wiechers Administratiefreg 333-334. 38 39 268 (i) verrig is om ‘n rede wat nie deur die magtigende bepaling toegelaat word nie; (ii) verrig is met ‘n bybedoeling of ander beweegrede as die doel waarvoor die bevoegdheid verleen is; (iii) verrig is omdat irrelevante oorwegings in aanmerking geneem is of relevante oorwegings nie in ag geneem is nie; (iv) verrig is op grond van die ongemagtigde of ongevraagde voorskrifte van ‘n ander persoon of liggaam; (v) ter kwader trou verrig is; (vi) op ‘n arbitrêre of willekeurige wyse verrig is. In Theron beslis die hof dat dit gevestigde Suid-Afrikaanse reg is dat waar ´n diskresie aan ´n besluitnemer verleen word, die bona fide-beslissing op die meriete daarvan finaal is, en dat “´n geregshof nie daarin kan ingryp nie, selfs nie op grond van ´n bona fide-regsdwaling nie, behalwe waar die regsdwaling betrekking het op die gemagtigde se regsbevoegdheid”.41 In navolging van die Engelse reg het die SuidAfrikaanse howe ´n onderskeid getref tussen jurisdiksionele regsdwalings en niejurisdiksionele regsdwalings. Eersgenoemde is geag hersienbaar te wees, aangesien dit verband gehou het met die reikwydte van bevoegdheid aan die hand van ´n “misreading, misperception or mis-understanding of the jurisdictional scope of authority”.42 Laasgenoemde is egter gesien as ´n uitoefening van ´n diskresionêre bevoegdheid binne die bevoegde jurisdiksie van die besluitnemer, maar die besluitnemer het gedwaal ten aansien van die neem van die besluit. Hierde dwalings is verder gesien as nou-verbandhoudend met die meriete van die aangeleentheid en die howe was nie geneë om by die meriete van ´n saak in te meng nie. Gevolglik is niejurisdiksionele dwalings beskou as niehersienbaar. Dit was dus geen maklike taak om te onderskei tussen jurisdiksionele en niejurisdiksionele dwalinge nie. Reeds in die minderheidsuitspraak in Theron43 poog Jansen AR om weg te doen met hierdie onderskeid. Die vraag oor die wyse waarop die diskresiebevoegdheid uitgeoefen word is vrae wat gevolglik jurisdiksionele feite raak 41 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 12E-F. Burns en Beukes Administrative Law 348. 43 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 20H-21C. 42 269 en preliminêre of kollaterale kwessies is. Dit sluit vrae in wat gerig is op die bepaling van regs- en feitedwalings soos of die liggaam die verkeerde vraag gestel het of die verkeerde toets toegepas het, en of die feite- of regsdwaling “na die jurisdiksie” gegaan het.44 In Theron, ten aansien van die geskil oor die juiste interpretasie van die toepaslike bepalings van die Kerkorde, is ´n beroep gedoen op: “die algemene beginsel dat ´n hof hom nie met die vraag van hoe ´n liggaam, met diskresie beklee, sy bevoegdheid uitgeoefen het, kan inlaat nie, maar slegs met die vraag of die liggaam sy diskresie wel uitgeoefen het; dat dit gaan oor die wyse waarop die handeling tot stand gekom het en nie oor die inhoud van die handeling nie; of, anders gestel, dat ´n hof hom nie met die ‘meriete’ van ´n uitoefening van ´n diskresie sal inlaat nie. Gerieflikheidshalwe sal die betrokke maatstaf vervolgens, waar nodig, die ‘formele maatstaf’ (in teenstelling tot ´n materiële) genoem word.”45 Ooreenkomstig die uitgebreide formele maatstaf46 word die meriete nie te breed opgeneem nie. Anders as die formele maatstaf is dit ook toelaatbaar vir die hof om wanneer die regmatigheid van die besluit bepaal word, te vra of die besluit ook redelik was. Die hof behou ook die finale seggenskap oor ´n regsdwaling. In Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd47 beslis die hof dat ´n regsdwaling wel hersien kan word indien die administrateur die aard van sy bevoegdheid verkeerd geïnterpreteer het, en beslis soos volg: “If a discretion is conferred by statute upon an individual and he fails to appreciate the nature of that discretion through misreading of the Act which confers it, he cannot and does not properly exercise that discretion. In such a case a court of law will correct him and order him to direct his mind to the true question which has been left to his decision.” In die belangrike saak van Hira v Booysen48 verwerp die hof die onderskeid tussen ´n regsdwaling wat betrekking het op die meriete en nie hersienbaar is nie, en ´n regsdwaling “which causes the decision-maker to fail to appreciate the nature of the discretion or power conferred upon him and as a result not to exercise the discretion or power or to refuse to do so” en wel hersienbaar is.49 ´n Belangrike aspek van die 44 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 15C-F. Sien verder JA v S D’Oliveira “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” (1976) 39 THRHR 219 en verder. Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 13F-G. 46 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 16B, 20E. 47 Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 234. 48 Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A). 49 Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) 90D-E. 45 270 beslissing in Hira v Booysen is dat Corbett HR beslis dat hersienbaarheid van ´n regsdwaling nou verband hou met die konstruksie van die statuut en hy gee dan sekere riglyne ten aansien van so ´n statutêre konstruksie. Een van die belangrike aspekte wat na vore kom, is die feit dat die erns of die wesenlike aard van die dwaling bepalend is met betrekking tot die ongeldigheid van die besluit: “If, for instance, the facts found by the tribunal are such to justify its decision even on a correct interpretation of the statutory criterion, then normally (i.e. in the absence of some other review ground) there would be no ground for interference.”50 Artikel 6(2)(d) van PAJA behou die vereiste van “materiality” deur te bepaal dat ´n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ´n administratiewe handeling te hersien wat wesenlik deur ‘n regsdwaling beïnvloed is. In die konteks van ´n dissiplinêre verhoor, beslis die hof reeds in SA Medical & Dental Council v McLoughlin51 dat indien ´n dissiplinêre tribunaal ´n verkeerde besluit geneem het as gevolg van ´n verkeerde uitleg van die reg, die besluit tersyde gestel kan word in gemeenregtelike hersieningsverrigtinge.52 Dit sou dus ook geld binne kerke en geloofsinstellings. By die bepaling en interpretasie van jurisdiksionele feite is die uitleg van die magtigende bepaling van groot belang. Vir die toepassing binne geloofsinstellings is die betekenis, inhoud en toepassing van die betrokke statuut bepalend ten aansien van die vraag of ´n hof sal ingryp by ´n diskresie-uitoefening.53 Waar plaas dit hersiening met betrekking tot ´n feitedwaling? ´n Niejurisdiksionele feit is ´n feit waarvan die jurisdiksie nie afhang nie. ´n Feitedwaling is dus ´n dwaling “binne” die jurisdiksie van die besluitnemer en wat ooreenkomstig die gemenereg nie hersienbaar is nie. Volgens die hof in Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board:54 “[W]here jurisdiction is not in issue and there is no obvious transgression of the boundaries within which the functionary has been empowered to make decisions, our Courts have not permitted a review solely on the basis of a material mistake of fact on the part of the person who made the decision.” 50 Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) 93G-H. SA Medical & Dental Council v McLoughlin 1948 (2) SA 355 (A). 52 Hoexter Administrative Law 255. 53 Sien volledige bespreking van die statuut op p 138 en verder. 54 Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 32. 51 271 Die tradisionele benadering ten opsigte van ´n niejurisdiksionele feitedwaling is gevolg in verskeie beslissings voor en na 1994.55 Met die beslissing in Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board56 word ´n feitedwaling erken as ´n grond van hersiening in lyn met die vereistes van artikel 33 van die Grondwet en die legaliteitsbeginsel. Cloete AR in Pepcor beslis soos volg: “In my view, a material mistake of fact should be a basis upon which a Court can review an decision. If legislation has empowered a functionary to make a decision, in the public interest, the decision should be made on the material facts which should have been available for the decision properly to be made. And if a decision has been made in ignorance of facts material to the decision and which therefore should have been before the functionary, the decision should [...] be reviewable […]. The doctrine of legality which was the basis of the decisions in Fedsure, Sarfu and Pharmaceutical Manufacturers requires that the power conferred on a functionary to make decisions in the public interest, should be exercised properly, i.e. on the basis of the true facts; it should not be confined to cases where the common law would categorise the decision as ultra vires.”57 Reeds in Shidiack v Union Government58 beslis die hof dat ´n feitedwaling hersien kan word op grond van mala fides, onbehoorlike bybedoelings, gebrekkige aandagbesteding of die inbreukmaking op ´n uitdruklike wetgewende bepaling. Met die beslissing in Pepcor, wat beslis is voor die inwerkingtreding van PAJA, erken die hof uitdruklik ´n wesenlike feitedwaling as ´n aparte grond van hersiening. Net soos die hersieningsgrond ten aansien van regdwalings ook op geloofsinstellings van toepassing is, sal diskresionêre besluite van geloofsinstellings waar daar ´n wesenlike feitedwaling teenwoordig is, deur ´n hof hersien kan word. Met betrekking tot ´n diskresie-uitoefening, mag die besluitnemer in die uitoefening van sy diskresie hom verder nie deur irrelevante en onbehoorlike oorwegings laat beïnvloed of sy diskresies onbehoorlik uitoefen nie. Mala fides word deur Wiechers59 omskryf as ´n “opsetlike gebrek aan aandagbesteding” en kom ter sprake waar ´n besluitnemer nie sy diskresie behoorlik uitoefen nie. Een van Wiechers se geldigheidsvereistes vir legaliteit is die vereiste dat alle administratiewe handelinge 55 Sien De Freitas v Somerset West Municipality 1997 (3) SA 1080 (K) 1084E, G-H waar Farlam R bevestig dat die betrokke “erroneous assumption of fact” nie betrekking het op die jurisdiksie nie en gevolglik dat die hof nie by magte is om die diskresionêre besluit wat binne die bevoegdheid van die besluitnemer val te hersien bloot omdat hy ´n feitedwaling begaan het nie. In Ferreira v Premier, Free State 2000 (1) SA 241 (O) bevestig Van Coller R die tradisionele regsposisie ten aansien van ´n feitedwaling. 56 Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 45 en 47. 57 Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 47. 58 Shidiack v Union Government 1912 AD 642. 59 Wiechers Administratiefreg 277. 272 bona fide verrig moet word. Die gebrek aan bona fides veronderstel dus mala fides (ongeldigheidsbewussyn), wat volgens Wiechers ´n ongeldigheid op sigself veronderstel, maar nie ´n grond op sy eie is nie.60 Baxter beskou “dishonesty” wel as ´n aparte hersieningsgrond.61 In die vroeë regspraak is mala fides egter dikwels nie op sigself as ´n grond vir ongeldigheid toegepas nie.62 Mala fides is ook dikwels beskou as ´n vorm van “failure to apply the mind”.63 In Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Ltd64 beskryf Corbett AR ´n “failure to apply the mind” soos volg: “the decision was arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a result of unwarranted adherence to a fixed principle or in order to further an ulterior or improper purpose; or that the president misconceived the nature of the discretion conferred upon him and took into account irrelevant considerations or ignored relevant ones; or that the decision of the president was so grossly unreasonable as to warrant the inference that he had failed to apply his mind to the matter in the manner aforestated.” Ooreenkomstig die gemenereg het ´n mala fide-handeling sekere belangrike gevolge. Mala fide-optredes dien as ´n regverdigingsgrond vir die feit dat interne remedies nie uitgeput hoef te word nie. ´n Mala fide-handeling sal ook nie na die besluitnemer toe terugverwys word vir ´n heroorweging nie.65 PAJA gee erkenning aan mala fides as ´n onafhanklike hersieningsgrond deur in artikel 6(2)(e)(v) te bepaal dat ‘n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien die handeling ter kwader trou verrig is. Daar is hofsake wat aantoon dat waar ´n huishoudelike tribunaal met mala fides opgetree het, die ondersoek onafhanklik van ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid beantwoord kon word. Die reëls van natuurlike geregtigheid behoort egter wyd genoeg te wees om ook mala fides aan die kant van die tribunaal in te sluit.66 In Du Plessis v The Synod of the DR Church67 beslis die hof dat: 60 Wiechers Administratiefreg 286-287. Baxter Administrative Law 515. 62 In Adam’s Stores (Pty) Ltd v Charlestown Town Board 1951 (2) SA 508 (N) op 142 word mala fides deur die hof afgelei, hoewel die hof beslis dat die rede vir die ongeldigheid eerder die bevoegdheidsoorskryding; die nienakoming van geskrewe prosedures en vooroordeel is. 63 Hoexter Administrative Law 278. 64 Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Ltd 1988 (3) SA 132 (HHA) 152C-D. 65 Burns en Beukes Administrative Law 379. 66 Sien onder andere Alexander v Union Club of SA 1949 (1) SA 301 (W) 305-306; Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403 op 422; Lucas v Wilkinson 1926 NPD 10 16-17; Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union 1930 AD 225 op 237-238; Johannesburg Local Road Transportation Board v David Morton Transport (Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) 895; Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 10D-E. 67 Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403. 61 273 “If the tribunal acts with mala fides, then the Court will protect the individual affected. If, for instance, a church tribunal, in order to acquire jurisdiction, were to call something heresy which the members could not reasonably have considered heresy, then this Court would upset their decision, not because the words complained of were not heresy, but because the tribunal acted irregularly, in being governed by mala fides.”68 In Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another69 is ´n pastoor van die betrokke kerk, tesame met 22 ander pastore van dieselfde kerk, ooreenkomstig sekere bepalings van die Kerkorde verplaas. Die Envangelical Lutheran Church word bestuur ooreenkomstig ´n konstitutise getiteld “Constitution of the Evangelical Lutheran Church in Southern Africa”.70 Artikel 9.1.1 van die Kerkorde maak dit duidelik dat: “When a pastor, called and ordained according to para 4, has been entrusted with the care of the congregation, he shall be inducted by the dean of the circuit and is in duty bound to observe the rules and regulations of the church. He shall be transferable to any place within the area of the church in accordance with para 17.4.4.”71 Die repondent het aangevoer dat sy verplasing onregmatig is en dat dit neerkom op ´n verlaging van sy pos. Die vraag wat die hof gevolglik moes beantwoord was of die verplasing van die respondent gegrond was op “bias, malice and ulterior dishonest motives”?72 Die hof beslis dat die kerk ´n ware behoefte aangetoon het waarom die betrokke pastore, insluitende die respondent, verplaas moes word en dat dit geskied het om te voldoen aan die behoeftes en vereistes van die kerk. Die hof beslis gevolglik dat die besluit van die kerk om die respondent te verplaas nie geskied het op grond van enige “malice or any improper or ulterior motive” nie.73 Daar bestaan ´n nou verband tussen ´n administratiewe handeling wat mala fide is en die redelikheid, al dan nie, van die handeling en gevolglik sal die vereiste van redelikheid nou in meer besonderhede bestudeer word. 68 Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403 op 422. Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG). 70 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 962E. 71 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 962I-J. 72 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 961A. 73 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 968A. 69 274 9.3 REDELIKHEID Ooreenkomstig die gemenereg is redelikheid egter nie as ´n aparte regverdigingsgrond erken en toegepas nie. In Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd74 som Stratford AR die gemeenregtelike posisie soos volg op: “There is no authority that I know of, and none has been cited, for the proposition that a court of law will interfere with the exercise of a discretion on the mere ground of its unreasonableness. It is true the word is often used in the cases on the subject, but nowhere has it been held unreasonableness is sufficient ground for interference; emphasis is always laid upon the necessity of the unreasonableness being so gross that something else can be inferred from it, either that it is ‘inexplicable except on the assumption of male fides or ulterion motive’[...] or that it amounts to proof that the person on whom the discretion is conferred has not applied his mind to the matter.” In Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA75 word hierdie posisie soos volg weergegee: “Blote onredelikheid is op sigself geen aanduiding van ´n versuim om diskresionêre bevoegdhede uit te oefen nie, en is in ons regspraak nog nooit as ´n hersieningsgrond aangemerk waarop ´n Geregshof in die finale beslissing van ´n gemagtigde kan ingryp nie.” In Suid-Afrika was die posisie gevolglik dat redelikheid op sigself nie ´n selfstandige vereiste is nie en onredelikheid dus slegs ´n aanduiding van die nienakoming van een of ander van die geldigheidsvereistes is, die sogenaamde simptomatiese onredelikheidstoets. Volgens Wiechers beteken dit dat redelikheid dus slegs as bewys kon dien vir byvoorbeeld die aanwesigheid van mala fides, ´n gebrek aan aandagbesteding, onbehoorlike bybedoelings en die weiering of versuim om ´n diskresie uit te oefen.76 Die howe was dus bereid om in te gryp indien ´n besluit so verregaande onredelik (“grossly unreasonable”) was dat geen redelike persoon tot so ´n besluit sou kon kom nie en dit aanleiding gegee het tot ´n ander hersienings- of regverdigingsgrond.77 Hierdie maatstaf het dan ook as die formele maatstaf bekend gestaan. In die minderheidsuitspraak in Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA78 word ´n meer objektiewe benadering tot onredelikheid gesteun. 74 Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 236-7. Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 10F. 76 Wiechers Administratiefreg 271. 77 Sadler Die Kerklike Tughandeling 184. 78 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A). 75 275 Jansen AR aanvaar ´n “uitgebreide formele maatstaf” in terme waarvan onredelikheid per se binne die hersieningsbevoegdheid van die hof val.79 Volgens Jansen AR: “Dit sou dus beter met ons eie reg strook om waar twyfel oor die bedoeling van die wetgewer kan bestaan, die formele maatstaf eerder uit te brei as eng toe te pas, m.a.w om in daardie geval die ‘meriete’ nie te breed op te neem nie.”80 Dit beteken dat die feite wat andersins onberegbaar sou wees, eng opgeneem word, wat beteken dat die “uitwerking en moontlike onbillike gevolge van die administratiewe handeling as beregbare, jurisdiksionele feite of eerder bevoegdheidsbepalende faktore”81 in ag geneem word. In Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO82 verwerp die hof die “gross unreasonableness”toets en bevestig dat die toets vir redelikheid onder die grondwetlike bedeling ´n minder streng toepassing vir die hersiening van onredelike administratiewe optrede verg. Die hof beslis dat die growwe onredelikheidstoets “does not accord with the modern approach to judicial review”.83 Artikel 6(2)(e)(vi) maak voorsiening daarvoor dat ´n handeling hersien kan word indien dit op ‘n arbitrêre of willekeurige wyse verrig is. Hierdie hersieningsgrond, sowel as die grond van mala fides, is nou verwant aan irrasionele en onredelike administratiewe optrede en Baxter84 is van mening dat irrasionele, willekeurige en arbitrêre optrede die hoogste vorm van onredelikheid is. In Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs85 verwys O’Regan R ook na “reasonableness or rationality”. In Stanfield v Minister of Correctional Services86 beslis die hof soos volg ten aansien van redelikheid: “The need for administrative action to be reasonable, in terms of section 33(1) of the Constitution gives rise to what has probably become the essential standard of review, namely the rationality of the action, conduct or decision in question. This must be assessed objectively and dispassionately, since the counter-side of rationality is usually arbitrariness and even capriciousness justifying the review and setting aside of the administrative action in question.” Daar is gevolglik ´n nou band tussen die gronde vir hersiening soos uiteengesit in artikel 6(2)(e)(vi), 6(2)(f) en 6(2)(h) van PAJA. Artikel 6(2)(f) maak voorsiening vir 79 Sien verder Sadler Die Kerklike Tughandeling 185 en verder. Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 16B. 81 Wiechers Administratiefreg 281. 82 Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B). 83 Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B) 96. 84 Baxter Administrative Law 521. 85 Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH). 86 Stanfield v Minister of Correctional Services 2004 (4) SA 43 (K) par 98. 80 276 rasionaliteit as ´n aparte grond van hersiening. Artikel 6(2)(f) bepaal dat ´n administratiewe handeling hersien kan word indien die handeling self wederregtelik is, of nie deur die magtigende bepaling toegelaat is nie; of indien die handeling nie rasioneel verband hou met onder andere: (aa) die doel waarvoor die handeling verrig is nie; (bb) die doel van die magtigende bepaling nie; (cc) die inligting tot die beskikking van die administrateur nie; of (dd) die redes wat die administrateur vir die verrigting van die handeling aangevoer het nie. Artikel 6(2)(h) erken redelikheid as aparte grond van hersiening. Dit bepaal dat ´n administratiewe handeling hersien kan word indien die magsuitoefening of die uitvoering van die administratiewe handeling wat oënskynlik deur die magtigende bepaling, waarkragtens die administratiewe handeling verrig is, toegelaat word, so onredelik is dat geen redelike persoon daardie mag op so ‘n wyse sou uitoefen of die administratiewe handeling op daardie wyse sou verrig nie. Artikel 6(2)(h) van PAJA moet saamgelees word met artikel 33(1) van die Grondwet en gevolglik beslis O’Regan R in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs,87 met verwysing na die beslissing van Lord Cooke in R v Chief Constable of Sussex, ex parte International Trader’s Ferry Ltd,88 dat die standaard vir redelikheid “gewoon redelikheid” is en beslis soos volg: “Even if it may be thought that the language of s 6(2)(h), if taken literally, might set a standard such that a decision would rarely if ever be found unreasonable, that is not the proper constitutional meaning which should be attached to the subsection. The subsection must be construed consistently with the Constitution and in particular s 33 which requires administrative action to be ‘reasonable’. Section 6(2)(h) should then be understood to require a simple test, namely that an administrative decision will be reviewable if, in Lord Cooke’s words, it is one that a reasonable decision-maker could not reach.” Hoexter is dan ook ten gunste van ´n “ordinary dictionary meaning” en dat: 87 88 Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH) par 44. R v Chief Constable of Sussex, ex parte International Trader’s Ferry Ltd [1999] 1 All ER 129 (HL) 157. 277 “[...] to require less than reasonableness so defined would be to allow capricious decisionmaking. To require more – to require correctness or perfection – would be to allow the courts to substitute their own views for those of the administrator.”89 Die hof beklemtoon weer eens die buigsaamheid van beide redelikheid en rasionaliteit en dat beide begrippe “context-specific” is.90 O’Regan R bevestig dat die redelikheid van ´n beslissing sal afhang van die bepaalde faktore en beslis soos volg: “What will constitute a reasonable decision will depend on the circumstances of each case, much as what will constitute a fair procedure will depend on the circumstances of each case. Factors relevant to determining whether a decision is reasonable or not will include the nature of the decision, the identity and expertise of the decision-maker, the range of factors relevant to the decision, the reasons given for the decision, the nature of the competing interests involved and the impact of the decision on the lives and well-being of those affected.”91 Hierdie siening van ons howe is ook in ooreenstemming met die “sliding scale of reasonableness” ten aansien van hersiening in die Engelse reg, soos omskryf en erken deur die hof in R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department:92 “There is [...] what may be called a sliding scale of review; the graver the impact of the decision in question upon the individual affected by it, the more substantial the justification that will be required.”93 Veral waar fundamentele regte in gedrang is, sal die hof ´n “heightened scrutiny” toets of selfs ´n toets vir proporsionaliteit toepas. Hierdie benadering is dus uiters gepas met betrekking tot geloofsinstellings, veral by dissiplinêre verrigtinge waar verskeie fundamentele regte ter sprake is (die reg op godsdiensvryheid, reg op vryheid van assosiasie, reg op gelykheid) en die gevolge van so ´n dissiplinêre verhoor ´n ernstige impak op die individu kan hê.94 Die skorsing of ontslag van ´n predikant hou ook ernstige finansiële implikasies vir die betrokkene in waar dit kan lei tot ´n ernstige verlies aan lewensonderhoud. Die aspek van verlies aan lewensonderhoud duik dikwels op by die sogenaamde “jokkieklub”-sake, waar die howe ook al dikwels 89 Hoexter Administrative Law 313. Sien ook C Hoexter “The Future of Judicial Review in South African Administrative Law” (2000) 117 SALJ 509-510. 90 Sien byvoorbeeld Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH) par 145. 91 Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH) par 45. 92 R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840 par 19. 93 Hoexter Administrative Law 321. 94 Sien verder EH van Coller “Proportionality Review – The Battle Between Community Standards and English Domestic Law” (2006) CILSA 469-484, vir ´n oorsig oor die glyskaalmodel van toepassing ten aansien van redelikheid en proporsionaliteit. 278 klei getrap het met die aard van die verhouding tussen die jokkie en sy klub, of daar van private of publieke funksies ter sprake is en tot watter mate administratiefregtelike reëls gevolglik toepassing vind. Die legaliteitsbeginsel word steeds gesien as ´n belangrike bron van administratiefreg en word tereg beskryf as “an evolving concept in our jurisprudence, whose full creative potential will be developed in a context-driven and incremental manner”.95 Veral ten aansien van besluite van ´n nie-administratiewe aard deur huishoudelike tribunale soos dit toepassing vind by geloofsinstellings, is hierdie ontwikkeling van groot belang. Soos Hoexter96 tereg opmerk het die legaliteitsbeginsel die potensiaal “to encompass the full range of administrative-law precepts”. ´n Interessante voorbeeld en goeie opsomming vind ons in die saak van National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another,97 veral met betrekking tot die element van “redelikheid”. Mnr. Naidoo, ´n resiesperdafrigter is positief getoets vir en in besit gevind van sekere verbode middels deur ´n raad van ondersoek wat ingestel is deur die National Horseracing Authority van Suid-Afrika. Die raad het Naidoo ´n wegwysing opgelê. Hy nader die plaaslike afdeling van die Hooggeregshof wat die skuldigbevinding handhaaf, maar die strafbepaling tersyde stel. Naidoo bring toe ´n appèl na die provinsiale afdeling van die Hooggeregshof en voer aan dat die ondersoek ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid daarstel en dat die strafbepaling (wegwysing) nie redelik in die omstandighede was nie. Alvorens die hof kon beslis of die besluit en strafbepaling deur die tribunaal redelik was al dan nie, moes die hof eers beslis of die optrede van die dissiplinêre tribunaal ´n administratiewe handeling was ooreenkomstig par b van die definisie van ´n administratiewe handeling in artikel 1 van PAJA. Die respondente het aangevoer dat die hof die saak moes beslis aan die hand van die gesag van vroeëre jokkieklubsake,98 waar die uitgangspunt van die howe was dat die verhouding tussen die jokkie en die jokkieklub kontraktueel van aard is en dat waar daar ´n dissiplinêre verhoor hangend is, dit moet geskied in navolging van die reëls van natuurlike geregtigheid. 95 Sachs R in ´n minderheidsuitspraak in Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH) par 614, met verwysing na die beslissing van O’Regan R in Rail Commuters Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH) par 85-6. 96 C Hoexter Administrative Law 2nd ed (2012) 356. 97 National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N). 98 Sien Marlin v Durban Turf Club and Others 1942 AD 112; Jockey Club of South Africa and Others v Feldman 1942 AD 340; Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F-G; en Jockey Club of South Africa v Forbes 1993 (1) SA 649 (A). 279 Die respondent het egter in sy betoog spesifiek na artikel 39(2) van die Grondwet en die howe se plig om die gemenereg te ontwikkel verwys. Hy voer ook aan dat sy strafbepaling “neither justified nor rational in the circumstances” was en “unfair and irrational”.99 Die hof is van mening dat so ´n benadering ´n hersiening ooreenkomstig die bewoording van PAJA (spesifiek artikel 6(2)(h)) regverdig. Gevolglik beperk die hof nie sy ondersoek slegs tot die gemeenregtelike posisie soos dit voor die nuwe grondwetlike bedeling was nie, maar baseer sy ondersoek op die beginsel van redelikheid ingevolge PAJA. Van belang vir hierdie ondersoek is nie die vraag of die Horseracing Authority ´n openbare gesag uitoefen nie, maar eerder of dit die bedoeling van PAJA was om sodanige liggame in die definisie in te sluit. Wallis R beslis soos volg: “The contention that there is a blanket exclusion of sporting bodies from the definition of administrative action is not in my view justified by the wording of the provision or, on a comprehensive basis, by the nature of such bodies. The statutory test is whether they are exercising a public power or performing a public function. It seems to me that when this question arises in relation to specific conduct by a sporting body it requires a close examination of the functions of that sporting body. There may well be sport organisations operating in relation to relatively minor sports, which have virtually no regulatory powers. I have in mind sports that attract little public interest, where participation is not dependent on association with the national body and where there is no significant commercial interest. On the other hand larger sporting bodies operating in relation to major sports such as horseracing, football, cricket and rugby stand on an entirely different footing. They exercise a virtually monopolistic control over all aspects of those sports from junior to national levels and are active in the international sphere. Public interest in those sports is massive and the amounts of money generated by these sporting activities are very considerable. A person excluded by one of these sporting bodies from participation in their sport is effectively deprived of their livelihood. I can see no reason why Parliament should have overlooked such bodies in enacting the provisions of PAJA much less deliberately excluded them without saying as much.”100 Hoewel die Engelse howe in die sogenaamde jokkieklubsake nie hersiening toelaat nie, volg hulle dieselfde benadering ten aansien van die aard van die organisasie, naamlik dat sulke organisasies wel van ´n openbare aard kan wees en openbare bevoegdhede kan uitoefen. Hersiening word uitgesluit vanweë die feit dat “there is no public source for the power of such bodies albeit that they are exercising public 99 National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) par 14. National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) 192A-E. 100 280 powers” en die feit dat die benadering van die Engelse howe “dependent [is] upon the fact that in England, for historical reasons, judicial review is available only in respect of public authorities”.101 Die howe is dit eens dat bevoegdhede wat uitgeoefen word wel van ´n openbare aard kan wees en ´n impak op die publieke sfeer kan hê. In die Suid-Afrikaanse konteks kan dit dus ´n aanduiding wees dat so ´n liggaam ooreenkomstig PAJA van ´n openbare aard is en openbare funksies verrig en onderhewig aan die bepalings van die Wet is. Wallis R beslis gevolglik die aangeleentheid ooreenkomstig die breër benadering van hersiening gebaseer op redelikheid ingevolge PAJA, eerder as die voor-grondwetlike gemeenregtelike posisie. Dit is jammer dat hy dit onnodig vind om hom uit te laat oor die belangrike kwessie van die ontwikkeling van die gemenereg ooreenkomstig artikel 39 van die Grondwet. Hy opper tereg die struikelblokke in so ´n ondersoek, naamlik wat die gronde sou wees vir die toepassing van regte soos vervat in die Wet waar so ´n handeling nie binne die reikwydte van die Wet val nie. Hy erken wel die benadering van sy kollega Levinsohn WRP in dieselfde saak, naamlik dat so ´n uitbreiding nog altyd teenwoordig was binne die konsep van natuurlike geregtigheid, hoewel hy aanvoer dat “I would guard against being thought to have reached any definite conclusion on this point”. 102 Beide Wallis R en Levinsohn WRP bevind dat die besluit van die raad onderworpe is aan ´n toets vir redelikheid en in beginsel stem hulle saam dat die National Horseracing Authority wel van ´n openbare aard is en ´n openbare funksie vervul en kom tot die gevolgtrekking dat die appèl moet slaag en die aansoek van die hand gewys moet word. Wallis R bring egter sy redelikheidsondersoek ooreenkomstig PAJA, terwyl Levinsohn WRP nie heeltemal die siening van sy kollega Wallis R deel dat die gemeenregtelike posisie nie van toepassing is nie. Hy beslis soos volg: “Prima facie it seems to me that the weight of legal authority in South Africa favours the view that the quartet of Jockey Club cases is still applicable and that the Constitution and PAJA did not have any impact on this. Any change in the law, particularly one that classifies the disciplinary powers of the appellant as being the exercise of public powers and therefore 101 Sien die Engelse saak van R v Disciplinary Committee of the Jockey Club, ex parte Aga Khan [1993] 1 WLR 909 (CA) en verder National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) par 26 (Wallis R). 102 National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 29 (Wallis R). 281 administrative action under the umbrella of PAJA would in my view result in a seismic shift in the state of the law, particularly as it affects the appellant’s activities.”103 Levinsohn WRP is verder ook ten gunste van ´n konsekwente benadering ten opsigte van die funksionering van huishoudelike dissiplinêre tribunale en beslis soos volg: “In my opinion it is doubtful whether the framers of the Constitution and the legislature in enacting PAJA intended to bring such domestic tribunals under its umbrella. It may well be an aspect which needs to be dealt with in the future by the legislature.”104 Dit wil egter blyk of Levinsohn WRP ten gunste van die uitbreiding van die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid is. Hoewel Levinsohn WRP105 saamstem met die siening van Botha AR in Turner v Jockey Club of South Africa106 dat die fundamentele beginsels van geregtigheid ´n elastiese begrip is, is hy egter versigtig om sonder meer te aanvaar dat “this would depend upon the nature of the hearing, the complexity or otherwise of the matters in dispute before the particular tribunal”. En verder: “In the instant case we have seen that a lengthy hearing took place, expert witnesses testified and decisions had to be made on credibility. By all accounts this was not your common-orgarden disciplinary hearing where, for example, a decision could be summarily made on viewing the patrol film of a horse race.” Hy is van mening dat in bogenoemde omstandighede dit nie onvanpas sal wees om ´n verdere vereiste tot die fundamentele beginsels van geregtigheid toe te voeg nie, naamlik die vereiste van redelikheid en rasionaliteit. Volgens Levinsohn WRP: “This would particularly be apposite in a complex case where a reviewing court would be in exactly the same position to assess the objective evidence in the case and would be able to conclude that the decision made is rational in relation to the evidence laid before the tribunal. 103 National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 4 (Levinsohn WRP). National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 6 (Levinsohn WRP). 105 National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 10 (Levinsohn WRP). 106 Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646D-H. Botha AR handel deeglik met die betekenis van fundamentele beginsels van geregtigheid wat van toepassing is en wat voortspruit uit die uitdruklike en implisiete terme van die ooreenkoms tussen die Jokkieklub en diegene wat gebind word deur die ooreenkoms. Hy beslis soos volg: “What the fundamental principles of justice are which underlie our system of law, and which are to be read as tacitly included in the respondent’s rules, have never been exhaustively defined and are not altogether clear. In Russell v Duke of Norfolk and Others, (1949) 1 All ER 109, Lord TUCKER said at p 118 that - ‘The requirements of natural justice must depend on the circumstances of the case, the nature of the enquiry, the rules under which the tribunal is acting, the subject matter that is being dealt with, and so forth. Accordingly, I do not derive much assistance from the definitions of natural justice which have been from time to time used, but, whatever standard is adopted, one essential is that the person concerned should have a reasonable opportunity of presenting his case.’” 104 282 In my opinion this would be a development of the common law which would be wholly in accordance with the values encompassed in the Bill of Rights.”107 Levinsohn WRP is dus duidelik ten gunste van die ontwikkeling van die gemenereg. Waar sy kollega Wallis R tot sy gevolgtrekking kom ooreenkomstig die redelikheidsondersoek kragtens PAJA, kom Levinsohn WRP tot dieselfde gevolgtrekking, maar deur as’t ware die gemenereg te ontwikkel en dieselfde “test for rationality” wat toepassing vind onder die Wet, toe te voeg as ´n element van die beginsels van natuurlike geregtigheid. Hy brei gevolglik die inhoud van die reëls van natuurlike geregtigheid uit om ook die rasionaliteitsvereiste in te sluit. Gevolglik sou dit nie verkeerd wees om tot die gevolgtrekking te kom dat waar die omstandighede dit vereis, dit nie onvanpas sal wees om ten aansien van dissiplinêre optrede van geloofsinstellings die vereiste van redelikheid en rasionaliteit toe te voeg as vereiste van die basiese beginsels van geregtigheid nie, en te vereis dat geloofsinstellings gebonde aan hierdie vereistes is nie. 9.4 GEVOLGTREKKING In hierdie hoofstuk is ondersoek ingestel na die gemeenregtelike ultra vires-leerstuk ooreenkomstig waarvan ´n geloofsinstelling sy bevoegdhede moet uitoefen kragtens die bepalings van die statuut of konstitusie en betrokke regulasies. Indien hierdie bevoegdhede dus oorskry word, is die handeling ultra vires, wat gevolglik onregmatig is en tersyde gestel kan word. Daar is ondersoek ingestel na verskeie geldigheidsvereistes wat met die breë begrip van regmatigheid verband hou. Waar ´n geloofsinstelling buite sy bevoegdheid opgetree het, ´n bevoegdheid onregmatig gedelegeer het, nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie; daar ´n feite- of regsdwaling aan die kant van die besluitnemer was of ´n besluit gewoon mala fide geneem is, is dit gronde vir die tersydestelling van die besluit. Administratiewe optrede wat irrasioneel en onredelik is, kan ook tersyde gestel word en anders as die gemeenregtelike posisie waar redelikheid nie as ´n aparte regverdigingsgrond erken en toegepas word nie, word redelikheid nou as aparte hersieningsgrond erken in terme waarvan ´n besluit tersyde gestel kan word. Dit wil ook blyk of veral ten aansien van dissiplinêre optredes deur geloofsinstellings, die 107 National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 11 (Levinsohn WRP). 283 vereiste van redelikheid en rasionaliteit gesien word as belangrike vereistes van die basiese beginsels van geregtigheid en geloofsinstellings sal daarop moet let en toesien dat hulle optredes voldoen aan die vereistes van redelikheid en rasionaliteit. Die vorige twee hoofstukke het in groot besonderhede ondersoek ingestel na die vereistes van prosedurele billikheid, regmatigheid en redelikheid waaraan besluite en optredes van geloofsinstellings moet voldoen, ten einde gevolg te gee aan die reg op administrateiwe geregtigheid. Alvorens die hof egter genader kan word vir die hersiening van ´n besluit wat nie aan die vereistes van administratiewe geregtigheid voldoen nie, is daar sekere prosedurele aspekte wat nagekom behoort te word. Die volgende hoofstuk sal in nadere besonderhede fokus op die locus standi van die aansoeker en die vereiste met betrekking tot die uitputting van interne remedies as twee belangrike prosedurele vereistes wat nagkom moet word voor die hof genader word vir geregtelike hersiening. Die hoofstuk sal afsluit met ´n bespreking van die gepaste remedies van toepassing op geloofsinstellings waar inbreuk gemaak is op die reg tot regverdige administratiewe optrede. 284 HOOFSTUK 10 10 LOCUS STANDI EN REMEDIES 10.1 INLEIDING Daar bestaan verskeie prosesregtelike vereistes wat nagekom moet word alvorens die hof genader kan word vir die hersiening van ´n besluit wat onredelik, onregmatig of prosedureel onbillik is en vir die gevolglike gebruikmaking van die nodige regsmiddele. Daar word byvoorbeeld vereis dat ´n hersieningsaansoek binne ´n redelike tyd gebring moet word en dat slegs finale besluite hersien kan word. Baie van hierdie prosesregtelike vereistes word deur die siviele prosesreg gereël. Daar is veral twee vereistes wat van belang is waar geloofsinstellings van die nodige hersieningsremedies gebruik wil maak. Eerstens van belang is die locus standi van die aansoeker en tweedens is die vereistes van uitputting van interne remedies. Locus standi verwys na beide die bevoegdheid van ´n persoon of organisasie om aan die regsverkeer deel te neem en tot die geding toe te tree (te dagvaar of gedagvaar te word) sowel as ´n genoegsame belang in die geding. Hoofstuk 3 het reeds in groot besonderhede gekyk na die regstatus van geloofsinstellings asook die onderskeie organe as regspersone, uit hoofde waarvan geloofsinstellings oor verskeie regte en verpligtinge beskik. Hierdie hoofstuk sal slegs kortliks aandag gee aan die locus standi van die aansoeker en die gevolglike vraag of die aansoeker ´n genoegsame belang het om ´n hersieningsaansoek te bring en op die beskikbare regsmiddele aanspraak kan maak. Verder word dikwels vereis dat interne remedies eers uitgeput moet word, alvorens ´n aansoeker die hof vir geregtelike hersiening kan nader en aanspraak maak op die beskikbare remedies kan maak. Gevolglik sal die bespreking ook fokus op die uitputting van interne remedies en wanneer, al dan nie, ´n persoon in die belang van geregtigheid en in buitengewone omstandighede kan aansoek doen om vrygestel te word van die verpligting om eers enige interne remedies uit te put. Die hoofstuk sal afsluit met ´n bespreking van gepaste remedies wat tot ´n person se beskikking is wanneer ´n geloofsinstelling onregmatig, onredelik en prosedureel onbillik opgetree het en inbreuk gemaak het op die reg tot regverdige administratiewe optrede. 285 10.2 LOCUS STANDI IN JUDICIO Artikel 38 van die Grondwet maak dit duidelik dat iemand in hierdie artikel genoem, die reg het om ´n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ´n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ´n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ´n verklaring van regte. Die persone wat ´n hof kan nader, is(a) iemand wat in eie belang optree; (b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie; (c) iemand wat as ´n lid van, of in die belang van, ´n groep of klas persone optree; (d) iemand wat in die openbare belang optree; en (e) ´n vereniging wat in die belang van sy lede optree. Artikel 38 maak dit duidelik dat die bevoegdheid om die hof te nader, soos uiteengesit in artikel 38, slegs van toepassing is wanneer daar op ´n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak word. PAJA bevat geen bepalings met betrekking tot die afdwinging van regte nie en aangesien daar nie direk op artikel 33 aanspraak gemaak kan word nie, is Hoexter1 van mening dat die beperkende reëls ten aansien van locus standi ooreenkomstig die gemenereg in lyn gebring behoort te word met die grondwetlike bepalings. Artikel 38(a), (b) en (e) blyk om grotendeels die gemeenregtelike posisie weer te gee en is ook van besondere belang met betrekking tot geloofsinstellings en sal gevolglik die fokus van die bespreking wees. Artikel 38(c) en 38(d) strek veel verder as die gemeenregtelike posisie. Eersgenoemde maak voorsiening vir ´n klasaksie en laasgenoemde gee erkenning aan die Romeinsregtelike actio popularis wat nie ooreenkomstig die gemenereg erken word nie. Ooreenkomstig die actio popularis word elke persoon se belang in die behoorlike uitvoering van owerheidswerksaamhede erken en kan elke persoon die geldigheid van sulke werksaamhede in ´n hof betwis.2 Ooreenkomstig die gemenereg moes ´n aansoeker vir geregtelike hersiening ´n voldoende, persoonlike en direkte belang in die 1 2 C Hoexter Administrative Law 2nd ed (2012) 488. M Wiechers Administratiefreg (1984) 310. 286 aangeleentheid kon aantoon.3 In PE Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd4 bepaal Eloff R dat: “It is well settled that, in order to justify its participation in a suit such as the present, a party [...] has to show that it has a direct and substantial interest in the subject-matter and outcome of the application.” Slegs in beperkte en uitsonderlike gevalle, waar die lewe, burgerlike vryhede of fisiese integriteit van die persoon in gedrang is, kan ´n aksie gebring word deur ´n persoon wat geen direkte en voldoende belang by die aangeleentheid het nie, maar wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie. In Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another5 het die appellante aansoek gedoen vir ´n verbiedende bevel teen die aanhouding van sekere lede van hulle kerkgenootskap. Hulle het namens die aangehoudenes, wat nie self die aansoek kon bring nie, aansoek gedoen. Die hof beslis dat die aansoekers wel locus standi gehad het, aangesien hulle die aansoek gebring het in hulle hoedanigheid as lede van die dieselfde kerkgenootskap as die waartoe die aangehoudenes behoort het. Rumpff HR beslis verder in hierdie verband soos volg: “I have already suggested that for the sake of the preservation of liberty the interest which an applicant is required to have, should be widely construed. For that reason I think that the interest that a person may have in the liberty of another may arise not only through family relationship or personal friendship but also through the relationship that may bind the two persons by reason of an agreement, express or implied, relating to a matter of common interest. I am thinking here of a partnership, or a society, or a church, or a political party. Any member of such a society or body would, in my view, have an interest in the personal liberty of a co-member.”6 Die howe het in verskeie daaropvolgende uitsprake die regsbelang van verenigings om namens die lede van sulke verenigings en groepe aansoek te doen, erken.7 Dit blyk egter, veral ten aansien van verenigings, of die hof steeds van die aansoeker verwag om aan te toon dat daar ´n direkte belang by die onderwerp van die geskil is. 3 Sien Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS 372. PE Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA 801 (T) 804B. 5 Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A). 6 Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A) 312G-H. 7 Sien byvoorbeeld SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labour 1978 (1) SA 1027 (SWA) (locus standi van ´n personeelvereniging namens sy lede word erken); Law Society Transvaal v Behrman 1981 (4) SA 538 (A) (prokureursorde se locus standi erken om teen ´n toelating te appelleer); Tsosane v Minister of Prisons 1982 (2) SA 55 (K) (familielede en vriende van aangehoudenes se locus standi erken). 4 287 Ooreenkomstig die gemenereg is ´n oningelyfde vereniging met die eienskappe van ´n universitas personarum ´n aparte regspersoon met ewigdurende erfopvolgingsreg en regte en verpligtinge apart van sy lede.8 In die afwesigheid van ´n eksplisiete of implisiete bepaling dat die vereniging namens sy lede kan optree, is hierdie verenigings dikwels locus standi deur die howe geweier, uit hoofde van die feit dat die benadeling deur die lede en nie deur die vereniging self gelei is nie. ´n Voorbeeld tref ons aan in die saak van Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) v Muslim Judicial Council (Cape).9 Die eiser in die saak is ´n vrywillige vereniging van Moslems wat kragtens ´n geskrewe konstitutisie funksioneer en algemeen na verwys word as “Ahmadis”. Hulle het aangevoer dat die verweerders, wat ´n vrywillige vereniging van sheiks, imams en teoloë is, onregmatige propoganda verkondig wat inhou dat die “Ahmadis” uitgemaak word as nie-Moslems en ongelowiges wat toegang tot alle moskees geweier moet word en die reg ontneem moet word om die dooies te begrawe in Moslembegraafplekke.10 Die Judicial Council het aangevoer dat die eisers geen locus standi by die geding het nie, aangesien die onregmatigheid en benadeling deur die lede en nie deur die vereniging gelei is nie. Hulle voer gevolglik ook aan dat die eisers geen direkte belang by die verrigtinge het nie. Die hof bevestig dat die “Ahmadis” ´n vrywillige vereniging is wat ´n universitas is en gevolglik kan dagvaar en gedagvaar kan word in eie naam.11 Met verwysing na die gemeenregtelike posisie soos uiteengesit in Dalrymple and Others v Colonial Treasurer12 bevestig die hof die siening dat ´n aansoeker vir geregtelike hersiening ´n voldoende, persoonlike en direkte belang in die aangeleentheid moet aantoon alvorens die aansoeker locus standi ten aansien van die geding het. Die hof is van mening dat die nietoelating tot die betrokke moskee en begraafplek verband hou met die feit dat die eisers as “non-Muslims” beskou word en nie omdat hulle lede van die “Ahmadis” as ´n vereniging is nie. Die hof is gevolglik van mening dat die eisers slegs ´n indirekte belang by die aangeleentheid het. Die hof 8 Sien die volledige bespreking in Hoofstuk 3. Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K). 10 Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K) 856D-E. 11 Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K) 863G. 12 Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS 372. 9 288 is verder van mening dat die vereniging nie by magte is om ´n aksie in te stel bloot omdat die lede deel van die betrokke vereniging is nie. Volgens die hof: “It would not be able to sue on behalf of members where those members have an action in their individual capacities merely because they belong to the association. The wrong complained of must be directed towards those members in their capacities as members of that association. In the present instance it appears to me that, even if the first plaintiff were an unincorporated association, the particulars of claim lack the necessary Caverments to establish that the association is suing for wrongs committed towards those members, as members of the association. It is not alleged that they are being denied access to the mosque or the cemetery because they are members of the first plaintiff, but because they are nonMuslims. Similarly the alleged defamation of them is not because they are members of the association, but, again, because they are alleged to be non-believers, apostates and accordingly not Muslims.”13 Die hof beslis gevolglik dat die eisers nie die nodige locus standi in judicio het om die betrokke aksie te bring nie.14 In Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another15 is ´n pastoor van die betrokke kerk, tesame met 22 ander pastore van dieselfde kerk, ooreenkomstig sekere bepalings van die Kerkorde verplaas. Die respondent het geweier om verplaas te word en aangevoer dat sy vrou hom sou verlaat indien hy die verplasing sou aanvaar en dat dit ´n verlaging van sy pos is. Hy het geweier om sy woning te verlaat en aangevoer dat sy verplasing onregmatig is. Die respondent se gemeente is by die verrigtinge gevoeg nadat aangevoer is dat hulle ´n belang by die verrigtinge het. Daar is aangevoer dat die gemeente nie net ´n “substantial interest” in die verrigtinge het nie, maar ook dat hulle standpunt met betrekking tot die verplasing in ag geneem moet word. Die hof beslis dat kragtens die Kerkorde, die gemeente geen ware belang of locus standi ten aansien van die besluite van die Lutheran Church in die aanstel van pastore het nie. Die Kerkorde maak ook nie voorsiening daarvoor dat die betrokke gemeente ´n pastoor kan beroep of ontslaan nie. Dit maak ook geen melding van enige bevoegdheid om ´n pastoor te verplaas nie. Die hof is gevolglik van mening dat die gemeente geen belang of locus standi by die verrigtinge het ten aansien van die besluite geneem deur die 13 Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K) 866A-D. 14 Sien byvoorbeeld ook South African Optometric Association v Frames Distributors (Pty) Ltd t/a Frames Unlimited 1985 (3) SA 100 (O) 104E-F. Hier beslis die hof dat die vereniging se belang om die respondent te verhoed om sekere produkte onregmatig te verkoop nie “direct and substantial” is nie en dat die belang bloot “at best, merely an indirect interest” is. 15 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG). 289 Kerk nie.16 Met betrekking tot geloofsinstellings blyk dit dat die uitleg en interpretasie van die betrokke konstitusie en kerkorde ´n belangrike rol speel ten aansien van die feit of ´n hof locus standi sal verleen. Dit blyk ook dat die hof steeds van geloofsinstellings of lede van ´n geloofsinstelling sal verwag om ´n genoegsame belang in die verrigtinge aan te toon. Bogenoemde bespreking het aangedui dat die locus standi van die aansoeker, en geloofsinstellings in besonder, van groot belang is waar lede van ´n geloofsinstelling of die verening self van die nodige hersieningsremedies gebruik wil maak. Net soos die locus standi van ´n geloofsinstelling van groot belang is, net so is die vereistes van uitputting van interne remedies van groot belang alvorens ´n persoon die hof kan nader om ´n besluit deur ´n geloofsinstelling wat dalk onredelik of onregmatig is of nie aan die nodige prosesregtelike waarborge voldoen nie, tersyde te stel. Gevolglik sal die uitputting van interne remedies nou in meer besonderhede bespreek word. 10.3 UITPUTTING VAN INTERNE REMEDIES Artikel 7(2)(a) van PAJA maak dit duidelik dat geen hof of tribunaal ‘n administratiewe handeling kan hersien nie, tensy enige interne remedie waarvoor enige ander reg voorsiening maak, eers uitgeput is nie. Artikel 7(2)(c) bepaal verder dat ‘n hof of tribunaal, indien dit in belang van geregtigheid geag word, in buitengewone omstandighede en op aansoek van die betrokke persoon, sodanige persoon kan vrystel van die verpligting om eers enige interne remedie uit te put. Buitengewone omstandighede kan insluit mala fides, afwesigheid van geskikte remedies, vooroordeel, onredelike vertraging of tydsversuim en enige ander fundamentele onregmatighede soos die afwesigheid van ´n billike verhoor. Ooreenkomstig die gemenereg is daar geensins ´n konsekwente benadering deur die howe gevolg ten aansien van die vereistes dat interne remedies eers uitgeput moet word alvorens die hof genader kan word vir hersiening nie. In verskeie beslissings het die howe van die standpunt uitgegaan dat interne remedies eers uitgeput moet word voordat die hof genader kan word17 en in ´n reeks ander beslissings het die hof hierdie 16 Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 968B-E. Sien onder andere Shames v SAR & H 1922 AD 228 op 236; Crisp v SA Council of the Amalgamated Eng. Union 1929 AD 225 op 236; Jockey Club of SA v Feldman 1942 AD 340 op 355, 360; Jamile v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D) 847. 17 290 vereiste nie so streng toegepas nie.18 Wat wel vasstaan, is dat by vrywillige verenigings die vraag of interne remedies eers uitgeput moet word alvorens die hof genader kan word vir hersiening, aan die hand van die betrokke konstitusie bepaal moet word. Die hof sal kennis neem van uitdruklike of stilswyende bepalinge wat bepaal dat interne remedies eers uitgeput moet word.19 Die bepalings van die betrokke Kerkorde, statuut en konstitusie van ´n geloofsinstelling is dus van groot belang tesame met die korrekte interpretasie van die betrokke bepalings. In Jamile and Others v African Congregational Church20 het die betrokke Kerkorde van die kerk soos volg beslis: “No minister or member shall institute legal proceedings against the Church or any division thereof or against the president or any officer thereof in any court of law agreeing as they and everyone of them hereby do to submit all complaints, grievances and disputes to the arbitrament of the Umongo subject to confirmation by the annual conference whose decisions and awards shall be final and binding in all respects.”21 Die hof beslis dat dit duidelik is dat subartikel (3) in sy geheel gelees moet word en dat ooreenkomstig die konstruksie van die betrokke artikel dit duidelik is dat die applikant uitdruklik verbied word om die hof te nader vir hersiening alvorens huishoudelike remedies nie uitgeput is nie.22 Hierdie is egter nie ´n absolute reël nie en in gepaste omstandighede sal die hof wel ´n hersiening toelaat waar interne remedies nie eers uitgeput is nie.23 Binne vrywillige verenigings en veral geloofsinstellings, behoort ´n hof egter huiwerig te wees om sy hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens die vereniging nie eers self die geleentheid gegun is om sy eie dispuut te bereg nie. Volgens Wiechers24 behoort die hof slegs in te meng voor die uitputting van interne remedies waar daar ´n bewys van mala fides is. Dit kan ook die geval wees waar die betrokke vereniging nie ´n gepaste 18 Sien onder andere De Waal v Van der Horst 1918 TPD 277 op 285; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578 op 583; De Vos v Die Ringskommissie 1952 (2) SA 83 (O) 102; Odendaal v Die Kerkraad van Bfn-Wes 1960 (1) SA 160 (O) 175-178. 19 Sien veral Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A) 503; Golube v Oosthuizen 1955 (3) SA 1 (T) 4. Sien verder Wiechers Administratiefreg 309; Sadler Die Kerklike Tughandeling 168 en verder. 20 Jamile and Others v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D) 841. 21 Artikel VIII, sub-art. (3). 22 Sien verder Jockey Club of SA v Feldman 1942 AD 340 op 362; Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union 1930 AD 225 op 236; Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 557-558. 23 Sien in hierdie verband veral Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A) 502; Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 27-28; Ndara v Umtata Presbytery, N.G. Kerk in Afrika (Transkei) 1990 (4) SA 22 (Tk) 25–27. 24 Wiechers Administratiefreg 309. 291 remedie het vir onregmatige optrede binne die vereniging nie, en in so ´n geval sal die hof wel ingryp.25 Artikel 23 van die N.G. Kerkorde26 bepaal byvoorbeeld soos volg: “23.1 Die besluite van vergaderinge of hulle gevolmagtigde kommissies is bindend, maar daaroor kan in appèl na ´n meerdere vergadering of die meerdere vergadering se gevolmagtigde kommissie gegaan word. 23.2 Lidmate, ampsdraers en amptenare van die Nederduitse Gereformeerde Kerk mag hulle nie tot die burgerlike hof wend in hulle beswaar teen ´n kerkvergadering se besluit(e) nie, voordat hulle nie éérs die kerklike middele tot hulle beskikking aangewend en uitgeput het nie.” Santing-Wubs27 is van mening dat lede van ´n kerkgenootskap verplig is om die kerklike geskil eers aan die interne regsprekende orgaan voor te lê. Indien ´n geskil van ´n spoedeisende aard is, kan dit ´n rede vir die hof wees om die saak aan te hoor sonder dat die interne regsgang uitgeput is, of waar die interne regsgang nie die nodige prosesregtelike waarborge bevat of die nodige regsbeskerming verleen nie. ´n Voorbeeld tref ons aan in ´n beslissing van die hof te Lelystad28 waar ´n geskil ontstaan het rakende ´n arbeidsooreenkoms van ´n predikant met die gemeente. ´n Interne kerklike prosedure was beskikbaar, maar die appèlprosedure sou eers na ´n jaar inhoudelik oorweeg kon word. Die regter beslis dat aan die hand van die beginsels van redelikheid en billikheid, dit onaanvaarbaar sou wees vir die eiser om eers na ´n jaar die hof te kon nader en gevolglik hoef die eiser nie eers die interne regsgang te volg nie. By die instel van ´n regsgeding deur of teen die Metodistekerk van Suid-Afrika, is die bepalings van veral paragraaf 3.8, 5.9, 5.10 en 5.11 van die “Laws and Discipline” van belang, soos dit na vore gekom het in die saak van Presiding Bishop, Methodist 25 Sien Motaung v Mukubela, Motaung v Mothiba 1975 (1) SA 618 (O); De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O); Shadrach v Garment Workers Union of Cape Peninsula 1946 CPD 906; Ballinger v Hind 1951 (2) SA 8 (W); Main Line Transport v Durban Local Road Transportation Board 1959 (1) SA 632 (D); Wright v Jockey Club 1945 NPD 356; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578; Shanks v Independent Order of Rechabites 1917 WLD 25; Aarons v Cape Society of Accountants & Auditors 1928 CPD 524; Klemp v Mentz 1949 (2) SA 443 (W); Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 557-558. 26 Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007. 27 AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 101. 28 Ktr. Lelystad 2 Februarie 2005, JIN 2005/180 (arbeidsooreenkoms predikant Christelijk Gereformeerde Gemeente). 292 Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others.29 Paragraaf 5.11 bepaal soos volg: “5.11 No legal proceedings shall be instituted by any minister or member of the church, acting in their personal or official capacity, against the church or any Minister or member thereof for any matter which in any way arises from or relates to the mission, work, activities or governance of the church. The mediation and arbitration process and forums prescribed and provided for by the church for conflict resolution (Appendix 14) must be used by all Ministers and members of the church. If a matter is referred for arbitration, the finding of the Arbitrator shall be final and binding on all Ministers and members of the Church. Notwithstanding anything to the contrary contained in this paragraph, the provisions thereof do not apply to the Presiding Bishop in conjunction with the Executive Secretary when acting in their official capacity in the interest of the Church.” Paragraaf 3.8, 5.9 en 5.10 bepaal onderskeidelik soos volg: “3.8 No member acting in their personal or official capacity, shall institute legal proceedings against the church or any minister or member thereof for any matter which in any way arises from or relates to the mission, work, activities or governance of the church. The process and forums referred to in paragraph 5.11 must be used. 5.9 All legal proceedings by or against the church shall be instituted in the name of the Presiding Bishop and the Executive Secretary for the time being or in the name of the Registrar if such an appointment has been made by the Connexional Executive (para. 5.41) for and on behalf of the church. 5.10 Acting in their official capacity, no person holding office in the Church, and no organisation, Society, Circuit or Synod shall institute legal proceedings for the Church, save as provided for in para. 5.9.” Chetty R bevestig sy siening soos in die vroeëre saak van Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele30 dat bogenoemde bepalings van die dissiplinêre beleid duidelik en ondubbelsinnig is en die instel van ´n regsgeding teen die Metodistekerk van Suid-Afrika uitsluit, behalwe soos bepaal in paragraaf 5.9 van die beleid.31 Hy is verder van mening dat “in ecclesiastical matters, it was salutary that disputes, as and when they arose, should ideally be resolved 29 Presiding Bishop, Methodist Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others 2008 (6) SA 69 (Tk). Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer). Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer) 73H-I. 30 31 293 through internal mechanisms”.32 Die effek van ´n behoorlike interpretasie van bogenoemde bepalings is dat die hof se jurisdiksie uitgesluit word ten aansien van “any matter which in any way arises from or relates to the mission, work, activities or governance of the church”.33 Die hof is van mening dat die respondent eerstens die dispuut vir arbitrasie moes verwys het en handhaaf die appèl. In Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others34 is ´n predikant van die Umtata-gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tydens ´n dissiplinêre verhoor skuldig bevind aan ernstige wangedrag met betrekking tot sy pligte as predikant van die gemeente. Die saak gee ´n duidelike uiteensetting van wanneer die hof ´n hersiening sal toelaat en afstand sal doen van die vereiste dat interne remedies eers uitgeput moet word. Die hof se beslissing beklemtoon die feit dat ´n eiser vir die doeleindes van ´n aansoek vir die hersiening van ´n besluit van ´n dissiplinêre tribunaal, nie verhoed word om die howe vir hersiening te nader waar die besluit met fundamentele onreëlmatighede gepaardgegaan het nie. Dit geld selfs waar die eiser nog ´n remedie tot sy beskikking het wat nog nie uitgeput is nie, soos ´n verdere appèl na ´n appèltribunaal of sinode, soos in hierdie geval. In Ndara is die applikant nie tydig en voldoende ingelig van die klagtes teen hom nie. Daar was ook fundamentele onregmatighede in die appèlverrigtinge deurdat die meriete van die aangeleentheid nie voldoende oorweeg is nie. Die hof beslis gevolglik dat die besluite tersyde gestel moet word ten spyte van die feit dat daar ´n verdere remedie van ´n appèl na die sinode van die kerk beskikbaar was. In Golube v Oosthuizen and Another35 beslis die hof by monde van De Wet R dat: “The mere fact that the Legislature has provided an extra-judicial right of review or appeal is not sufficient to imply an intention that recourse to a Court of law should be barred until the aggrieved person has exhausted his statutory remedies.”36 Beck HR in Ndara steun hierdie siening van die hof en hy is verder van mening dat so ´n veronderstelling “can seldom, if indeed ever, arise when the aggrieved person’s very complaint is the illegality or fundamental irregularity of the decision which he 32 Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer) 74A. Sien par 3.8 van die dissiplinêre beleid. 34 Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK). 35 Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T). 36 Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T) 4E-F. 33 294 seeks to challenge”.37 In Grundling v Van Rensburg NO38 beslis die hof dat indien daar ´n hangende appèl na die kerk se sinode tydens tugverrigtinge is, daar steeds ´n noodwendige implikasie in die Kerkorde moet wees om die interim hersieningsbevoegdheid van die howe uit te sluit. Slegs indien so ´n beletsel daarin gevind kan word, word die toevlug tot die howe in die tussentyd uitgesluit. Dit is selfs te betwyfel of die hersieningsbevoegdheid van die howe in so ´n geval uitgesluit sal word indien daar ´n onredelike vertraging of tydsversuim aan die kant van die besluitnemer is. Dit sou gevolglik kon deurgaan as ‘n aangeleentheid wat gesien kan word as buitengewone omstandighede, waar die hof in die belang van geregtigheid sodanige persoon vrystel van die verpligting om eers enige interne remedie uit te put. In Motaung v Mukubela39 was die applikant ´n lid van die “Ethiopian Church of South Africa” en aangestel in die amp van ´n distrikspredikant van die kerk in Kroonstad. Die applikant se pos van distrikspredikant is verlaag na ´n plaaslike gemeentepredikant en hy is verplaas na Oudtshoorn in die voorgestelde pos. Hy nader die hof vir ´n hersiening en tersydestelling van die besluit deur die “supreme conference” om sy pos te verlaag en hom te verplaas. Die dissiplinêre kode van die kerk word in hoofstuk VI van die kerk se konstitusie uiteengesit. Paragraaf 79 van die dissplinêre kode bepaal dat: “No member shall be entitled to take any case arising out of his membership of the Ethiopian Church to a court of law until he has exhausted all his remedies provided him by the constitution.”40 Met betrekking tot die kwessie van interne remedies beslis die hof dat die Kerkorde geen voorsiening maak vir remedies ten aansien van onregmatige optredes aan die kant van die “judicial committee” nie. Aangesien die applikant nie deur dié betrokke komitee verhoor is nie, is daar geen appèl beskikbaar na ´n hoër kerklike liggaam of enige regsmiddele kragtens die Kerkorde aan hom beskikbaar nie. Die hof beslis dat die applikant in die omstandighede geregtig was om die hof te nader vir geregtelike hersiening van die betrokke besluit.41 Om te bepaal watter faktore ´n hof in ag moet neem om te bepaal wanneer interne remedies wel uitgeput moet word, kan die 37 Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 26E-F. Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W). 39 Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O). 40 Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 622C. 41 Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 630D-G. 38 295 gemenereg sekere riglyne bevat.42 In Lawson v Cape Town Municipality43 beslis die hof dat die volgende oorwegings in ag geneem kan word: “[...] the subject matter of the statute (transport, trading licences, town planning and so on); the body or person who makes the initial decision and the bases on which it is to be made; the body or person who exercises appellate jurisdiction; the manner in which that jurisdiction is to be exercised, including the ambit of any ‘rehearing on appeal’; the powers of the appellate tribunal, including its power to redress or ‘cure’ wrongs of a reviewable character, and whether the tribunal, its procedures and powers are suited to redress the particular wrong of which an applicant complains.” Bogenoemde riglyne sou dus ook van toepassing wees ten aansien van geloofsinstellings en die gevolglike vraag of daar in die betrokke geval ´n verpligting op die aansoeker rus om eers interne remedies uit te put alvorens die hof genader word vir ´n aansoek vir geregtelik hersiening. Die volgende bespreking sal fokus op van die belangrikste remedies wat tot ´n persoon se beskikking is wat ´n hof wil nader vir gepaste regshulp as gevolg van ´n onredelike, onregmatige en prosedureel onbillike optrede deur ´n geloofsinstelling. 10.4 REMEDIES 10.4.1 Tersydestelling Daar word algemeen aanvaar dat ten aansien van byvoorbeeld die kerklike tughandeling, ´n handeling wat ultra vires is, dit wil sê, indien daar ´n magsoorskryding of ´n aanduiding van mala fides is, die hof die betrokke handeling tersyde sal stel, wat volgens Sadler beteken dat die handeling as “ab initio” nietig beskou moet word.44 Ooreenkomstig die gemenereg is dit ook ´n algemene beginsel dat die hof eerder die saak na die oorspronklike administratiewe orgaan sal terugverwys as om die besluit te korrigeer, aangesien ´n terugverwysing “is almost always the prudent and proper course”.45 Dit is so, aangesien die besluitnemer: 42 Burns en Beukes Administrative Law 475. Lawson v Cape Town Municipality 1982 (4) SA 1 (K) 6-7. Sadler Die Kerklike Tughandeling 195. 45 Hoexter Administrative Law 489. 43 44 296 “[...] is generally best equipped by the variety of its composition, by experience, and its access to sources of relevant information and expertise to make the right decision. The court typically has none of these advantages and is required to recognise its own limitations.”46 Hierdie posisie geld eweneens ten aansien van geloofsinstellings waar dit vir ´n hof baie moeilik is om besluite te neem oor geloofskwessies of selfs prosedurele kwessies of interpretasie van ´n Kerkorde, aangesien dit dikwels nou verband hou met die bepaalde geloofsidentiteit van die betrokke kerk of geloofsinstelling.47 In Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere48 is ´n predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gemeente van Luderitz deur die Ringskommissie uit sy amp geskors. Die applikant bring ´n hersieningsaansoek op grond van beweerde onreëlmatighede aan die kant van die kommissie. Die hof bevind ´n onreëlmatigheid aan die kant van die kommissie weens vooroordeel en die besluit word tersyde gestel. Soos vroeër aangedui in die bespreking in Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others49 kan die hof beslis dat ´n besluit tersyde gestel moet word ten spyte van die feit dat daar ´n verdere remedie van ´n appèl na die sinode van die kerk beskikbaar was. Dit is veral gepas waar die applikant nie tydig en voldoende ingelig is van die klagtes teen hom nie en waar fundamentele onregmatighede in die appèlverrigtinge teenwoordig was. Huishoudelike tribunale moet hulle funksies uitoefen in ooreenstemming met die vereistes soos neergelê in die konstitusie, maar ook in ooreenstemming met die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid, regmatigheid en redelikheid. ´n Skending van enige van hierdie beginsels dien dus as ´n grond vir die tersydestelling van die administratiewe handeling, en die voorbeelde is menigvuldig soos dit in die vorige hoofstukke reeds na vore gekom het. 46 Gauteng Gambling Board v Silverstar Development Ltd 2005 (4) SA 67 (HHA) par 29. Sien verder die bespreking van bevoegdheid en delegasie op p 261 en verder met verwysing na Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 263 en verder. 48 Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA). 49 Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK). Sien ook bespreking op p 225 en verder. 47 297 10.4.2 Terugverwysing of die verpligting tot ´n sekere optrede In Livestock and Meat Industries Control Board v Garda50 beslis die hof dat: “[...] the Court has a discretion to be exercised judicially upon the consideration of the facts of each case, and [...] although the matter will be sent back if there is no reason for not doing so, in essence it is a question of fairness to both sides.” Ooreenkomstig die gemenereg het die howe oor ´n diskresie beskik om in ´n bepaalde geval ´n remedie te verleen of om sekere optrede te gelas. In Johannesburg City Council v Administrator Transvaal51 beslis die hof dat ´n saak gewoonlik nie na die oorspronklike besluitnemer terugverwys sal word waar die saak reeds vasgestel is en dit gevolglik ´n vermorsing van tyd sou wees nie. Dit sal ook nie terugverwys word waar die administratiewe orgaan bevooroordeeld was en dit onbillik sou wees om van die applikant te verwag om aan dieselfde gesag onderwerp te word nie.52 Weens praktiese oorwegings kan die hof ook die uitvoering van ´n bepaalde handeling self gelas of waar die terugverwysing die geaffekteerde persoon nadelig sou raak.53 Dit geld ook ten aansien van ´n onredelike tydsverloop en waar ´n terugverwysing “grossly unfair” sou wees.54 Wiechers55 is van mening dat indien daar mala fides aan die kant van die administratiewe orgaan is, die hof die administratiewe orgaan tot sekere optrede moet verplig en indien daar dus geen rede is om te verhoed dat die administratiewe orgaan met mala fides opgetree het nie, sal die saak vir ´n herbesluit terugverwys word. Indien ´n onreëlmatigheid teenwoordig is tydens, byvoorbeeld, ´n kerklike ondersoek en die betrokke vergadering sy diskresie onbehoorlik uitgeoefen het, kan die hof die besluit tersyde stel en terugverwys sodat die orgaan sy diskresie behoorlik kan uitoefen. In Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere56 is ´n beslissing en daaropvolgende besluit van die Algemene Sinodale Kommissie deur die hof ongeldig verklaar en die vraag het ontstaan of die aangeleentheid na die Kommissie terugverwys moes word. Die hof was van mening dat dit bloot oor ´n regsprekende funksie gegaan het eerder as ´n besondere 50 Livestock and Meat Industries Control Board v Garda 1961 (1) SA 342 (A). Johannesburg City Council v Administrator Transvaal 1969 (2) SA (T) 76D-H. Wiechers Administratiefreg 337. 53 Sien byvoorbeeld Local Road Transportation Board v Durban City Council 1965 (1) SA 586 (A) 598-599. 54 Dawnlaan Beleggings (Edms) Bpk v Johannesburg Stock Exchange 1983 (3) SA 344 (W) 369H. 55 Wiechers Administratiefreg 338. 56 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A). 51 52 298 diskresionêre funksie. Die hof is van mening dat dit geen doel sou dien om dit na die Kommissie terug te verwys nie en dat die hof ooreenkomstig die Kerkorde die beslissing van regskwessies op homself neem.57 Die hof beslis soos volg: “Hierdie hof het die inherente jurisdiksie om die onreëlmatige verrigtinge van die Sinodale Kommissie nie alleen ter syde te stel nie maar ook om dit reg te stel [...]”58 Waar die reëls van natuurlike geregtigheid geskend word weens ´n onreëlmatigheid, voer Sadler59 aan dat die hof die aangeleenthied ook nie sal terugverwys nie, aangesien hierdie gebreke slegs met ´n “de novo”-ondersoek reggestel kan word. Soos die hof in Turner v Jockey Club of SA60 beslis: “Where the decision of an inquiry board is vitiated by a disregard of the fundamental principles of justice, the matter cannot be corrected by a remittal or by further evidence, or in any other manner short of a hearing de novo.” In Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS61 het die kerkraad van die Môrelig Gemeente geweier om sekere klagtes van die voormalige leraar van die gemeente aan te hoor, en bring hy ´n aansoek vir ´n bevel om die kerkraad te gelas om die betrokke klagtes aan te hoor. Die hof beslis dat die kerkraad geen gronde gehad het om nie die klagtes aan te hoor nie en dat hulle die meriete van die gemelde klagtes moes oorweeg het. Gevolglik gelas die hof die kerkraad om met die gemelde klagtes te handel ooreenkomstig die voorskrifte van die Kerkorde. ´n Beslissing kan ook terugverwys word waar die applikant nie voldoen het aan die vereiste om eers interne remedies uit te put nie en kan gelas word om eers die remedies uit te put alvorens die hof die saak sal hersien.62 10.4.3 Kompensasie Geregtelike hersiening, hetsy ooreenkomstig die gemenereg of onder PAJA, is dikwels nie die gepaste remedie wanneer ´n persoon op skadevergoeding of kompensasie aanspraak maak as gevolg van ´n administratiewe optrede nie. Daar word aangevoer dat ´n eis in kontrak of delik dalk ´n meer gepaste remedie as 57 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 31B-E. Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 46G. 59 Sadler Die Kerklike Tughandeling 197. 60 Turner v Jockey Club of SA 1974 (3) 633 (A) 655C. 61 Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O). 62 Sien vorige gedeelte rakende die uitputting van interne remedies. 58 299 hersiening is wanneer ´n benadeelde persoon finansiële verliese gely het as gevolg van onregmatige administratiewe optrede.63 Die uitbreiding van kontraktuele remedies, veral in die veld van staatskontrakte en tenders, is ´n baie belangrike en relevante debat op die oomblik in die administratiefreg, maar val ongelukkig buite die bestek van hierdie ondersoek. Artikel 8(1)(c)(ii)(bb) van PAJA maak byvoorbeeld wel voorsiening daarvoor dat in uitsonderlike gevalle die hof die administrateur of enige ander party tot die verrigtinge kan gelas om vergoeding te betaal. In Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape64 het die applikant vir langer as nege maande gewag vir haar ongeskiktheidstoelae om goedgekeur te word. Volgens Leach R sou die applikant ooreenkomstig die gemenereg deur middel van ´n mandamus die administrateur kon verplig om ´n besluit te neem, maar dit vind egter nie terugwerkend toepassing nie. Hy steun op artikel 38 van die Grondwet wat daarvoor voorsiening maak dat indien daar aangevoer word dat op ´n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is, of dat so ´n inbreukmaking dreig, die hof gepaste regshulp kan verleen. Hy beslis soos volg: “Bearing in mind [...] that appropriate relief means that which is ‘specifically fitted or suitable’, it seems to me that it would be just and equitable for an aggrieved person in the position of the applicant to be placed in the same position in which she would have been had her fundamental right to lawful and reasonable administrative action not been unreasonably delayed, and that relief placing her in such a position would be ‘appropriate’ as envisaged by the Constitution.” Gevolglik is die respondente gelas om die applikant ´n bedrag te betaal gelykstaande aan ´n bedrag indien haar toelae wel na 3 maande goedgekeur sou wees, plus rente. Dieselfde benadering is deur die hof in Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape gevolg.65 Gepaste regshulp word verder deur die hof in Fose v Minister of Safety and Security66 soos volg omskryf: “It seems to me that there is no reason in principle why ‘appropriate relief’ should not include an award for damages, where such an award is necessary to protect and enforce chap 3 rights.” 63 Hoexter Administrative Law 503. Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE). Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 359 (SE). 66 Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (K) 60. 64 65 300 Ooreenkomstig die bepaling in PAJA, gaan vergoeding gepaard met ´n tersydestelling van die handeling. Die vraag is wanneer is ´n tersydestelling opsigself nie ´n voldoende remedie nie, en dit reg en billik is om vergoeding te gelas. In nog ´n saak wat gehandel het met ´n onredelike vertraging ten aansien van ´n ongeskiktheidstoelaag, Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape,67 beslis die hof dat ´n eis vir kompensasie op die bepalings in PAJA gegrond moet word en nie op artikel 38 van die Grondwet nie. Die hof verwys ook na die vorige uitspraak in Mahambehlala68 en voer aan dat die betrokke bepaling in PAJA, artikel 8(1)(c)(ii)(bb), nie voorsiening maak vir die tipe verligting soos gevra in Mahambehlala69 nie.70 PAJA bepaal wel dat ´n bevel vir vergoeding slegs in uitsonderlike gevalle gemaak sal word, maar artikel 6 bepaal ook dat die hof of tribunaal tydens verrigtinge vir geregtelike hersiening enige bevel kan maak wat reg en billik is. En wát billik is, moet beoordeel word na gelang van die geval. Gevolglik is dit nie vreemd nie dat Froneman R in Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape71 die hof se siening in Jayiya72 verwerp in soverre hy van mening is dat artikel 8 van PAJA enige bevel wat reg en billik is, veronderstel. Waar ´n bevel vir tersydestelling ´n onvoldoende remedie is, is ´n addisionele bevel vir vergoeding wel ´n moontlikheid ooreenkomstig artikel 8(1)(c)(ii)(bb). Die vereiste van “uitsonderlike omstandighede” plaas wel ´n beperking daarop, maar verseker dat daar nie ´n oorvloed van litigasie sal wees ten aansien van hierdie remedie nie. Indien dit egter die billikheid van die verrigtinge sal verseker, kan die opsie nie uitgesluit word nie en is die maatstaf of dit reg en billik in die omstandighede is. Gevolglik word die siening van Plasket R in Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape73 gesteun. Hy beslis soos volg: “It would be just, equitable and appropriate to order the respondent to rectify the violation by paying what should never have been withheld and to pay interest on that debt. Such an order, in my view, would be just, equitable and appropriate because it would provide proper, 67 Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA). Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE). 69 Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE). 70 Hoexter Administrative Law 506. 71 Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape 2005 (1) SA 141 (SE). 72 Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA). 73 Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape [2005] 2 All SA 535 (SE). 68 301 adequate, fair, and effective relief to the applicant and it can easily be complied with by the respondent.”74 Vergoeding sou ook gepas kon wees wanneer ´n persoon se lewensonderhoud wesenlik aangetas is as gevolg van ´n administratiewe besluit, veral wanneer ´n skorsing of ontslag ter sprake is. In die Strydom-saak75 is Strydom se diens deur die gemeente beëindig, nadat dit aan die lig gekom het dat hy in ´n vaste verhouding met ´n man is. Die saak is in die gelykheidshof gebring en was gegrond op diskriminasie ooreenkomstig die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000. Die hof het beslis dat die gemeente wel teen Strydom gediskrimineer het weens sy seksuele voorkeur. Hulle moes hom om verskoning vra en R86 970 vergoeding betaal. Die saak is wel ooreenkomstig die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie gebring en die remedies vind ook toepassing. Vergoeding sou egter eweneens binne geloofsinstellings geskik wees, veral wanneer ´n skorsing of ontslag nie noodwendig ´n arbeidsaangeleentheid is nie76 en die reëls van die administratiefreg aanwending sou vind. Vir ´n predikant of ampsdraer binne ´n bepaalde geloofsinstelling sal die blote tersydestelling van ´n skorsing of ontslag nie altyd die gepaste remedie wees nie. Die aard van ´n geloofsinstelling is so dat ´n persoon kwalik weer met integriteit by dieselfde gemeente wil of kan werk en alternatiewe opsies nie altyd moontlik is nie. Vergoeding sou in gepaste omstandighede as ´n aanvullende remedie oorweeg kon word. Soos vroeër egter opgemerk, sou dit dalk meer gepas wees om die privaatregtelike roete te volg vir ´n eis vir skadevergoeding of kompensasie, eerder as die administratiefreg. 10.4.4 Interdik Deur middel van ´n interdik word die administratiewe orgaan gelas om ´n administratiewe handeling, wat ´n aantasting van die applikant se regte daarstel, te beeïndig. Die applikant sal die gewone vereistes vir ´n interdik moet bewys, naamlik dat daar nie ander remedies tot sy beskikking is nie, dat hy ´n duidelike regsbelang het en dat hy onherstelbare skade sal ly indien die interdik nie toegestaan word nie.77 74 Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape [2005] 2 All SA 535 (SE) par 41. 75 Sien bespreking in Hoofstuk 5. 76 Sien bespreking in Hoofstuk 7. 77 Wiechers Administratiefreg 301. 302 PAJA bevat verskeie verwysings na remedies wat ´n interdik veronderstel. Artikel 8(1)(a)(ii) gee die administrateur opdrag om op so ‘n wyse op te tree wat die hof of tribunaal vereis; 8(1)(b) verbied die administrateur om op ‘n sekere wyse op te tree en 8(1)(e) maak voorsiening vir ‘n tydelike interdik of ´n ander tydelike remedie. In Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society78 het ´n Islamitiese vereniging ´n erf gekoop met die uitsluitlike doel om ´n moskee daar op te rig.79 Na aanleiding van ´n ooreenkoms tussen die partye is bepaal dat die moskee nie van ´n klankversterker gebruik sou maak nie. Ten spyte van hierdie bepaling het die vereniging ´n klankversterker en luidspreker by die moskee geïnstalleer. Die repondent word deur middel van ´n interdik verbied om hierdie toerusting te gebruik en word deur die hof gelas om dit te verwyder. 10.4.5 Verklaring van regte ´n Verklaring van regte of verklarende bevel verklaar die regte van die betrokke partye tot die geskil en sit die regsposisie uiteen. Dit word beskryf as ´n “flexible remedy which can assist in clarifying legal and constitutional obligations”.80 Dit word uiteengesit in artikel 8(1)(d) van PAJA wat voorsiening maak vir ´n hof om die regte van die partye ten opsigte van enige aangeleentheid waarmee die administratiewe handeling verband hou, te verklaar. Dit is ´n remedie wat uiters gepas is met betrekking tot geloofsinstellings waar ´n konflik ten aansien van die uitleg of betrokke regsposisie ooreenkomstig die statuut of konstitusie ontstaan. Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika81 bevestig die posisie en dien as gesag vir die feit dat ´n burgerlike hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig sy vertolking daarvan op te tree. Die howe behoort egter terughoudendheid te openbaar wanneer ´n belissing gemaak moet word ten aansien van kerklike gebruike en uitleg. In Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS82 is ´n aansoek om ´n verklarende bevel gevra wat die kerkraad gelas om sekere klagtes aan te hoor. De Wet R beslis dat die 78 Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K). Sien die vroeëre bespreking op p 147 vir ´n volledige bespreking van die Garden Cities-saak. 80 Rail Commuters’ Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH) 107. 81 Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A). 82 Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O). 79 303 Grondwet van ´n vrywillige vereniging volgens die gewone beginsels wat op kontrakte van toepassing is, vertolk moet word.83 Die hof beslis soos volg: “Aangesien die onderhawige aansoek slegs gaan om die vertolking van sekere van die kontraktuele bepalings wat op die partye van toepassing is en geensins betrekking het op ´n geskil aangaande die meriete van ´n beslissing van respondent nie, kan hierdie hof na my mening regtens uitsluitsel gee aangaande die regshulp wat deur applikant aangevra word.” 84 In Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur85 moes die hof ´n betrokke artikel van die Kerkorde interpreteer en uitlê. Die Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente De Deur het ´n besluit geneem om kragtens artikel 37 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit die algemene sinodale verband te tree. Artikel 37 het bepaal dat dit die samestellende kerke vry staan om uit die algemene sinodale verband te tree wanneer hulle so ´n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig. Die hof moes die betrokke artikel interpreter, aangesien daar aangevoer is dat artikel 37 die besluit nie gemagtig het nie, omdat die gemeente nie een van die samestellende kerke is waarna in die artikel verwys word nie. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat: “[…] dit [is] absoluut duidelik dat die ‘samestellende kerke’ wat luidens art 37 uit die ‘algemene sinodale verband’ mag tree dié is wat daartoe toegetree het, naamlik die verskeie gewestelike kerke soos hierbo vermeld. Plaaslike gemeentes oftewel kerke, is nie ‘samestellende kerke’ binne die bedoeling van die Kerkorde en in besonder, die bedoeling van art 37 nie.”86 ´n Verklaring van regte is ook dikwels deur die hof gebruik ten aansien van geloofsinstellings om te bepaal of ´n betrokke kerk of geloofsinstelling wel ´n universitas is en gevolglik oor sekere regte en verpligtinge beskik. In Ex parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church87 is die hof versoek vir ´n bevel wat verklaar dat die Johannesburg Congregation of the Apostolic Church ´n universitas personarum is en gevolglik bevoeg is om eiendom te besit in sy eie naam, apart van lede van die gemeente. Die hof bevestig die siening dat ´n vereniging nie deur ´n statuut in die lewe geroep hoef te word of geregistreer hoef te wees om oor 83 Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 557G-H. Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 558E. 85 Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W). 86 Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) 197G-H. 87 Ex parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W). 84 304 regspersoonlikheid te beskik nie. Na ´n interpretasie van die kerk se betrokke reëls, is die hof van mening dat daar voorsiening gemaak word vir ewigdurende erfopvolgingsreg en dat daar duidelik ´n bedoeling blyk dat die gemeente eiendom apart van die lede kan besit. Die hof verklaar soos volg: “The Johannesburg Congregation of the Apostolic Church is declared to be a universitas personarum and as such entitled to hold movable and immovable property in its own name apart from its members.”88 10.6 GEVOLGTREKKING Uit bogenoemde bespreking het dit geblyk dat die vereistes van locus standi en uitputting van interne remedies twee belangrike prosedurele aspekte is wat van belang is wanneer lede van geloofsinstellings of geloofsinstellings self ´n hof wil nader vir geregtelike hersiening. Wat locus standi betref, is dit duidelik dat veral ooreenkomstig die gemenereg, die howe nie ´n konsekwente benadering gevolg het ten aansien van die erkenning van locus standi aan verenigings of aan ´n aansoeker waar ´n direkte belang nie bewys kon word nie. Die howe is wel bereid om locus standi te verleen waar die lewe, burgerlike vryhede of fisiese integriteit van die persoon in gedrang is, sonder dat ´n persoon ´n direkte en voldoende belang by die aangeleentheid het. Oor die laaste twee dekades toon die howe ook ´n groter bereidwilligheid om locus standi te verleen teenoor organisasies wat ´n rol in die beskerming van sekere openbare belange speel. In Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental Affairs and Tourism of the Republic of South Africa89 huldig Pickering R die mening dat: “[…] there is also much to be said for the view that, […] where a statute imposes an obligation upon the State to take certain measures in order to protect the environment in the interests of the public, then a body such as the first applicant, with its main object being to promote environmental conservation in South Africa, should have locus standi at common law to apply for an order compelling the State to comply with its obligations in terms of such statute.” 88 Ex parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W) 378A-B. Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental Affairs and Tourism of the Republic of South Africa 1996 (3) SA 1095 (TkS) 1105B. 89 305 Hoexter90 is van mening dat die howe stelselmatig besig is om te beweeg in die rigting van die erkenning van die afdwinging van regte deur verenigings soos wat daar in artikel 38(e) van die Grondwet voorsiening voor gemaak word. Dit wil egter tog blyk of die howe, veral soos dit toepassing vind ten aansien van geloofsinstellings of lede van geloofsinstellings, vereis dat die aansoeker ´n wesenlike belang by die verrigtinge het alvorens locus standi verleen sal word. Wat die uitputting van interne remedies betref, is die mening steeds dat ´n hof huiwerig behoort te wees om sy hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens ´n geloofsinstelling nie eers self die geleentheid gegun is om sy dispuut te bereg nie. In buitengewone omstandighede kan ´n hof wel afstand doen van die vereiste om eers interne remedies uit te put. Waar ´n geloofsinstelling dus met mala fides optree, nie voorsiening maak vir geskikte remedies nie, bevooroordeeld is, onredelike vertraging of tydsversuim veroorsaak of enige ander fundamentele onregmatigheid begaan, kan afstand gedoen word van die vereiste om interne remedies uit te put. Ooreenkomstig die gemenereg het die howe oor ´n diskresie beskik om in ´n bepaalde geval ´n remedie te verleen of om sekere optrede te gelas. Vanweë die aard van dispute binne geloofsinstellings vind die gemeenregtelike beginsel steeds toepassing daarop en sal die hof eerder die saak na die oorspronklike kerklike orgaan terugverwys as om die besluit self te neem. In uitsonderlike gevalle kan die hof egter self die besluit neem sonder om dit na die oorspronklike besluitnemer toe terug te verwys. Dit sal wees wanneer die besluitnemer met mala fides opgetree het, of dit andersins tot die nadeel van die benadeelde persoon sal wees om dit terug te verwys. Waar ´n geloofsinstelling inbreuk maak op die beginsels van regverdige administratiewe optrede, sal die hof in die algemeen die betrokke handeling tersyde stel. Verskeie ander remedies is ook tot beskikking van ´n persoon wie se regte nadelig deur die optrede van ´n geloofsinstelling geraak is. So kan ´n interdik of verklaring van regte aangevra word, of selfs, in baie uitsonderlike gevalle, kompensasie. Die maatstaf vir die verlening van ´n geskikte remedie blyk egter of dit reg en billik in die omstandighede is, en sou dus nie uitgesluit kon word indien die omstandighede en billikheid dit vereis nie. 90 Hoexter Administrative Law 2nd ed 510. 306 HOOFSTUK 11 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING Uit Hoofstuk 2 het dit duidelik geblyk dat beide Suid-Afrika en Nederland geen streng sekulêre karakter toon nie, maar deur die Grondwet en verskeie dokumente poog om ´n samelewing te skep waarbinne ruimte gegee word aan verskillende godsdienstige gemeenskappe, wat binne ´n model van pluralistiese samewerking op gelyke voet deel van die burgerlike samelewing kan wees. Ten spyte van die verskansing van die reg op godsdiensvryheid in nasionale en internasionale dokumente, blyk dit egter dat daar ´n sterk tendens is om godsdiensvryheid vanuit ´n sekulêre standpunt te benader eerder as uit die hoek van gelyke of billike behandeling soos ´n sisteem van godsdienstige pluralisme dit vereis. Dit kom verder tans na vore in die debatte in Europa ten aansien van die verbod op die dra van gesigsbedekkings deur Moslemvroue in die openbaar. In ´n gemeenskap wat gekarakteriseer word deur sterker sekulêre sienings en ´n samelewing met ´n groeiende multikulturele karakter, is dit van die uiterste belang vir geloofsinstellings dat die staat hom nie behoort te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van ´n geloofsinstelling nie en die outonomie van geloofsinstellings behoort te respekteer. In Hoofstuk 3 is bevestig dat kerke en geloofsinstellings, sowel as die selfstandige onderdele en organe van geloofsinstellings, in die regverkeer as regspersone funksioneer. Dit bring sekere regte en verpligtinge mee, maar beteken ook dat die staat nie net die individuele godsdiensvryheid moet respekteer nie, maar veral geloofsinstellings se reg op kollektiewe godsdiensvryheid moet respekteer, beskerm en verwesenlik. Aangesien ´n spesifieke organisasie egter eers as ´n geloofsinstelling aangemerk moet word ten einde te kwalifiseer vir hierdie uitsonderingsposisie en beskerming wat die reg op godsdiensrvryhied bied, het Hoofstuk 4 gefokus op die belangrike vraag van hoe en wanneer ´n organisasie as “godsdienstig” aangemerk kan word vir die doeleindes van bogenoemde beskerming. Daar is aangetoon dat geloofsinstellings eiesoortige instellings is wat gegrond is op ´n interne verbandsreg. ´n Funksionele benadering is gevolg deurdat geloofsinstellings aan die hand van sekere eienskappe en kenmerke beoordeel is. Hierdie eienskappe en kenmerke van ´n bepaalde geloofsinstelling in ´n bepaalde geval sal bepaal of ´n geloofsinstelling wel kwalifiseer as geloofsinstelling, 307 al dan nie, vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid. Geloofsinstellings funksioneer egter ook as gemeenskapsorganisasies, as organisasies sonder ´n winsoogmerk binne die maatskaplike verkeer wat weer eens aan die hand van ´n funksionele en strukturele definisie geklassifiseer word deur na die bepaalde struktuur, funksionering en eienskappe van ´n geloofsinstelling te kyk. By geloofsinstellings as vrywillige verenigings, speel die reg op vryheid van assosiasie, soos dit in Hoofstuk 5 aan die lig gekom het, ook ´n belangrike rol. Die interaksie tussen die reg op vryheid van assosiasie en die reg op godsdiensvryheid kom ook ter sprake by die inmenging in interne dispute van godsdienstige gemeenskappe en beide regte veronderstel “the expectation that [such a] community will be allowed to function peacefully, free from arbitrary State intervention”.1 Die reg op godsdiensvryheid gee aan geloofsinstellings die geleentheid, maar ook die verantwoordelikheid om nie net inhoud te gee aan die reg op godsdiensvryheid nie, maar ook om hulle eie geloofsidentiteit teologies-kerkregtelik, binne die beperkings van die Grondwet en die algemene reg, te kan formuleer en te verdedig. Geloofsinstellings moet dus kan aantoon waarom sekere sekulêre wetgewing of bepaalde prosedures nie op hulle van toepassing is nie. Dit het duidelik na vore gekom in die saak van Strydom, en veral wanneer daar ´n konflik ontstaan tussen die reg op vryheid van assosiasie, die reg op godsdiensvryheid en die reg op gelykheid. Geloofsinstelling kan dus nie optree soos wat hulle wil nie, maar is geregtig op die beskerming wat die Grondwet bied, hetsy deur die reg op vryheid van asossiasie of die reg op godsdiensvryheid. Soos dit duidelik na vore gekom het in Hoofstuk 6, word ´n benadering voorgestaan wat ooreenkomstig die leerstuk van nie-inmenging en marginale toetsing die howe verplig om akkommoderend te wees ten aansien van vraagstukke wat betrekking het op geloofsinstellings, veral waar dit te doen het met interne aangeleenthede. So ´n benadering behoort voorsiening te maak vir die reg op outonomie van godsdienstige organisasies rakende interne aangeleenthede van ´n duidelike godsdienstige aard, maar kan selfs aktiwiteite van ´n mindere godsdienstige en meer alledaags aard insluit. In Hoofstuk 7 is dieselfde benadering gevolg ten aansien van diensverhoudinge. Die reg op godsdiensvryheid laat geloofsinstellings toe om 1 J Murdoch “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of Article 9 of the European Convention of Human Rights” (2007) Human Rights Handbook No 9 42. 308 kerklike ampte te definieer. Dit geld ook vir die amp van predikant. Indien ´n dispuut egter ontstaan, rus die onus op die betrokke geloofsinstelling om getuienis aan te bied wat die hof sal oortuig van hulle siening, tradisie en geloofsidentiteit binne die kerkgemeenskap in terme waarvan predikante en priesters dalk nie as werknemers beoordeel behoort te word nie. Gevolglik maak die Grondwet dit ook duidelik dat enige uitsluitingsvereistes, optrede of kriteria van ´n geloofsinstelling nie summier toegelaat sal word nie, maar steeds aan die hand van die beperkingsbepaling en die proporsionaliteitstoets getoets sal word. Die howe behou die reg om hierdie sieninge en getuienis van geloofsgemeenskappe te toets. In die afwesigheid van sodanige formulering deur geloofsgemeenskappe, sal die hof inhoud aan die reg op godsdiensvryheid gee deur middel van hofbeslissings op ´n ad hoc-basis soos die omstandighede dit vereis. Die hof behou ook die bevoegdheid om te toets of die bepaalde handeling van die geloofsgemeenskap wel toelaatbaar is en nie ´n oorskryding van algemene regsbeginsels daarstel nie. Van Coller R in United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala2 maak die volgende opmerking: “I trust that the parties, being church men and women, will try to resolve their differences in the spirit that the Bible teaches us we should adopt, namely the spirit of brotherly love, and I think an attempt should be made, by the parties, to solve this problem and not to come to Court.” In die praktyk is dit egter dikwels nie moontlik nie, wat veroorsaak dat geloofsinstellings gereeld betrokke raak in regsdispute en die howe nader vir gepaste regshulp. Die vraag wat in Hoofstuk 7 beantwoord moes word, is wat presies die gronde is en wanneer ´n geloofsinstelling die howe kan nader om ´n besluit tersyde te stel deur middel van ´n hersieningsaansoek. Die bespreking het gefokus op die beperkte kategorie van administratiefregtelike hersiening in terme waarvan die uitoefening van ´n private funksie tog ooreenkomstig die gemenereg hersienbaar is op grond van adminitratiefregtelike beginsels, eerder as die horisontale aanwending van die Grondwet. Veral binne die konteks van dissiplinêre en tugverhore van huishoudelike tribunale, soos aangetref by kerke en geloofsinstellings, vind die reëls van die administratiefreg toepassing, aangesien daar binne hierdie opset van ´n 2 United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O) 1059D-E. 309 geloofsinstelling, ´n interne hiërargie en interne verhoudings gegrond op gesag teenwoordig is, wat die toepassing van administatiefreg regverdig. Aangesien die reg op administratiewe geregtigheid, soos vervat in beide artikel 33 van die Grondwet en PAJA, grotendeels geassosieer word met die funksies van die staat, is aangetoon dat die hersiening van private funksies eerder gesien word in die lig van die toepassing van die gemeenregtelike beginsels, as die indirekte toepassing van die Handves deur middel van artikel 39(2) van die Grondwet. Die bevoegdhede wat deur dissiplinêre tribunale uitgeoefen word, het dikwels verreikende gevolge en ´n individu het dikwels geen keuse as om daaraan onderwerp te word nie. Hierdie optredes vereis dus dat die beginsels van natuurlike geregtigheid toegepas word. Die gemeenregtelike administratiefregtelike beginsels soos dit uiting vind in die reëls van natuurlike geregtigheid, is gevolglik van toepassing op die dissiplinêre verrigtinge binne vrywillige verenigings, insluitende geloofsinstellings, veral ten aansien van die ongelyke verhoudings, wat in hierdie situasies aangetref word en die analogiese toepassing van administratiefregtelike beginsels regverdig. Hoofstuk 8 het in meer besonderhede gekyk na die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. Ten aansien van die toepasbaarheid van die reëls van natuurlike geregtigheid op die prosedures van huishoudelike tribunale, beslis die Australiese howe reeds in 1874 dat hierdie reëls: “[are] not confined to the conduct of strictly legal tribunals, but [are] applicable to every tribunal or body of persons invested with authority to adjudicate upon matters involving civil consequences to individuals.”3 In die woorde van Botha AR moet die gemeenregtelike beginsels van natuurlike geregtigheid ook gesien word as ´n elastiese begrip wat steeds vatbaar bly vir ontwikkeling en uitbreiding, soos die omstandighede dit bepaal en die Grondwet vereis. Soos MT Steyn R tereg reeds in 1975 opgemerk het in Motaung v Mukubela:4 “Being rules of the common law, this much can safely be said of the principles of natural justice, viz: that they have been a part of our system of law for a very long time and that they are capable of further formulation, growth and practical application to meet the needs of a rapidly developing and expanding society which is continually being subjected to an every increasing degree of administrative and bureaucratic regulation and control.” 3 4 Wood v Woad (1874) LR 9 Ex 190 op 196. Motaung v Mukubela and Another, NNO ; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 629C-D. 310 As minimum-vereistes, vereis die reëls van natuurlike geregtigheid dat die besluitnemer wat ´n handeling verrig wat ´n persoon se bestaande regte, vryhede of regmatige verwagtinge nadelig aantas, so ´n persoon moet inlig van die saak teen hom of haar en ´n billike geleentheid moet gee om sy of haar kant van die saak te stel, alvorens die betrokke handeling verrig word. Dit vereis ook dat die besluitnemer vry moet wees van vooroordeel. Aangesien die vereiste van ´n billike verhoor ´n buigsame konsep is, is die inhoud daarvan konteks-spesifiek. Die reg op godsdiensvryheid kan vir geloofsinstellings in bepaalde situasies sekere prosedurele vereistes stel, of in bepaalde omstandighede vrywaar om van sekere formaliteite af te wyk. Die bespreking in Hoofstuk 8 het verder aangedui dat hoewel daar ooreenkomstig die gemenereg geen plig gerus het op besluitnemers om redes te verskaf nie en daar ook geen absolute reg op regverteenwoordiging was nie, beide elemente egter belangrike vereistes vir die reg op ´n billike verhoor is. Die reg op redes is nou vervat as ´n vereiste in artikel 33(2) van die Grondwet, sowel as artikel 5 van PAJA. Dit is ook reeds opgeneem in verskeie kerklike bepalinge van verskeie kerke. Ten spyte van sienings ten gunste van die insluiting van die reg op regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as deel van die reëls van natuurlike geregtigheid, blyk dit egter steeds ´n diskresionêre vereiste te wees. Geloofsinstellings kan dus steeds besluit of regsverteenwoordiging toegelaat sal word al dan nie, maar wel aan die hand van die feite en vereistes van billikheid in die betrokke geval. Uit die voorbeelde het dit egter duidelik geblyk dat geloofsinstellings hulle bevoegdhede moet uitoefen in ooreenstemming met die reëls van natuurlike geregtigheid. Dit sluit ook in dat die reël teen vooroordeel deur geloofsinstellings toegepas moet word. Selfs indien daar geen teken van wesenlike vooroordeel aanwesig is aan die kant van die besluitnemer nie, maar daar bestaan ´n vermoede of skyn van vooroordeel, is dit voldoende vir die besluitnemer om homself van die saak te onttrek. Aangesien die reg op administratiewe geregtigheid nie slegs prosedurele waarborge omvat nie, het Hoofstuk 9 gefokus op regmatigheid, sowel as redelikheid, as vereistes vir regverdige administratiewe optrede. Regmatigheid het ooreenkomstig die gemenereg neerslag gevind in die ultra vires-leerstuk in terme waarvan ´n 311 geloofsinstelling sy bevoegdhede moet uitoefen ooreenkomstig die bepalings van die betrokke statuut, konstitusie of kerklike bepalinge. Met verwysing na voorbeelde is aangedui dat verskeie optredes deur geloofsinstellings aanleiding kan gee tot onregmatige optredes wat gevolglik tersyde gestel kan word. Hierde optredes is dan ook vervat as afsonderlike gronde van hersiening in artikel 6 van PAJA. Van hierdie gronde hou in dat ´n besluit tersyde gestel kan word indien ´n geloofsinstelling buite sy bevoegdheid opgetree het, ´n bevoegdheid onregmatig gedelegeer het, nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie, daar ´n feite- of regsdwaling aan die kant van die besluitnemer was of ´n besluit gewoon mala fide geneem is. Administratiewe optrede wat irrasioneel en onredelik is, kan ook ter syde gestel word. Ooreenkomstig die gemenereg is redelikheid nie as ´n aparte regverdigingsgrond erken en toegepas nie. Redelikheid word nou as aparte hersieningsgrond erken in terme waarvan ´n besluit tersyde gestel kan word, ook ten aansien van besluite deur geloofsinstellings. Tersydestelling is egter nie die enigste remedie beskikbaar vir persone wat benadeel is deur onregmatige optredes deur geloofsinstellings nie. Die howe is egter steeds huiwerig om sy hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens ´n saak nie eers deur die betrokke geloofsinstellings aangehoor is nie en waar die betrokke persoon nie ´n genoegsame belang in die vorm van locus standi ten aansien van die geding kan aantoon nie. In geval van mala fides, afwesigheid van geskikte remedies, vooroordeel, onredelike vertraging of tydsversuim en enige ander fundamentele onregmatighede soos die afwesigheid van ´n billike verhoor, sal die hof afstand doen van die vereiste om eers interne remedies uit te put. ´n Onregmatige optrede deur ´n geloofsinstelling sal gewoonlik tersyde gestel word. Indien die omstandighede dit vereis, kan ander remedies ook gepas wees, soos byvoorbeeld, ´n interdik, verklaring van regte, ´n terugverwysing of aanwysing of selfs kompensasie. Die maatstaf vir die verleen van ´n geskikte remedie bly egter steeds of dit reg en billik is in die omstandighede. Kerke en geloofsinstellings het gevolglik ´n plig om hulle Kerkordes, reglemente en konstitusies in die lig van die vereistes van die Grondwet en die Handves van Regte te evalueer. Dit hoef egter geensins gepaard te gaan met die inboeting of beperking van die bepaalde instelling se geloofsidentiteit nie, maar geloofsinstellings behoort ´n duidelike kennis en formulering van hulle eie geloofsaard en identiteit te hê. ´n 312 Verslag van die Mensregtekommissie5 bevat verskeie riglyne vir wanneer geloofsinstellings hulle bestaande Kerkordes of konstitusies wil evalueer. So behoort ´n bepaalde geloofsinstelling seker te maak van die bepaalde godsdienstige, of ander regte, wat hulle wil beskerm en moet hierdie regte duidelik omskryf en geïdentifiseer word. Vir ´n geloofsinstelling kan dit byvoorbeeld ´n bepaalde lidmaatskapsvereiste insluit, wat op die oog af blyk te diskrimeer op grond van geslag of seksuele orïentasie, diensverhoudinge, en so meer. Die grondwetlike reg wat beperk word, moet eweneens duidelik omskryf en geïdentifiseer word. Van die elemente wat in hierdie proses ´n rol kan speel, sluit onder andere in dat alternatiewe maniere om dieselfde doel te bereik, ondersoek en oorweeg moet word sonder dat daar ´n onbillike beperking van regte is. Geloofsinstellings moet redes kan aanvoer indien alternatiewe metodes nie gebruik word nie en aandui dat redelike stappe geneem is om die nadeel verbonde aan die beperking te beperk. Geloofsinstellings moet dus bepaal of die bepaalde assosiatiewe reg binne die riglyne van die bepaalde reg soos vervat in die Grondwet val, of so ´n beperking inbreuk maak op enige ander bepaling in die Handves van Regte en indien wel, of dit redelik en regverdigbaar is in die lig van die vereistes soos neergelê in artikel 36 van die Grondwet.6 In die administratiefreg word dit algemeen aanvaar dat die uitoefening van sekere bevoegdhede of selfs ´n skorsing ´n ernstige impak op en gevolge vir die benadeelde persoon se reputasie kan inhou en dat so ´n besluit voorafgegaan moet word deur ´n verhoor.7 Reeds so vroeg soos 1864 in Kotze v Murray8 beslis die hof dat ´n skorsing van ´n predikant sy status in die gemeenskap en sy karakter nadelig kan beïnvloed en in die afwesigheid van ´n verhoor, die skorsing tersyde kan stel. In die onlangse saak van De Boer, waar ´n predikant deur die klassis van die Christelijke Gereformeerde Kerk van Zeewolde geskors is, het die hof die toepassing van basiese beginsels van prosesreg weer eens beklemtoon: “De toepassing van het kerklijk recht heeft ander doelstellingen dan het wereldlijk recht. Dat neemt echter niet weg dat bij de toepassing van het kerklijk recht elementaire beginselen van 5 Verslag van die Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations: Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission” 31 en verder, beskikbaar by www.sahrc.org.za. 6 Sien verder P Coertzen “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” 2006 NGTT 369. 7 Sien DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 377 vn 23. 8 Kotzé v Murray (1864) 5 Searle 39. 313 een goede rechtsgang gewaarborg horen te zijn, zoals zorgvuldigheid, het beginsel van hoor en wederhoor enzovoort.”9 Lede van bepaalde geloofsinstellings het die bevoegdheid om organisasies te stig en hulself te organiseer as uiting van hulle geloof. Geloofsintellings het eweneens die reg om te besluit oor die interne struktuur van die organisasie en om self bepaalde gedragsreëls, regulasies en prosedures neer te lê vir die uitoefening van gesag en interne orde binne die organisasie, ooreenkomstig die bepaalde geloofsidentiteit van die geloofsinstelling. Dit gee egter nie aan geloofsinstellings ´n blanko tjek om op te tree soos wat hulle wil nie. Geloofsinstellings moet hulle Kerkordes, konstitusies en ander bepalinge evalueer en bepaal of daar moontlik sprake kan wees van diskriminasie of differensiasie in enige van die geloofsinstelling se aanstellings-, lidmaatskaps, indiensnemings, tug- of enige ander prosedures of bepalinge. Geloofsinstellings se tugprosedures en dissiplinêre kodes moet ook voorsiening maak vir die nodige prosesregtelike waarborge wat voldoen aan die vereiste vir ´n billike verhoor. Geloofsinstellings moet seker maak dat indien daar wel betrokke diskriminerende bepalinge is of prosedures onbillik blyk te wees, dat aangetoon kan word dat dit wel regverdigbaar is aan die hand van die bepaalde legitieme geloofsidentiteit van die betrokke geloofsinstelling en ooreenkomstig die reg op godsdiensvryheid. Hoewel dit dus kan beteken dat die geloofsinstelling wel bepaalde beperkende reëls en regulasies kan hê ten aansien van bogenoemde prosedures en bepalinge, geld dit nie onbeperk nie en sal ´n beperking altyd getoets word aan die hand van die beperkingsbepaling in artikel 36 van die Grondwet gegewe die vereistes vir ´n oop en demokratiese samelewing. Soos Woolman10 tereg opmerk: “Only in circumstances of obvious coercion, and where parties concerned have little opportunity to articulate their voice through exit, should the state show a willingness to intercede.” 9 “Uitspraak in Zaak Zeewolde Positief” Reformatorisch Dagblad (21 Januarie 2010) beskikbaar by http://www.refdag.nl/m/a/43/1457923. 25 Februarie 2010. 10 S Woolman “Freedom of Association” in Chaskalson et al (eds) Constitutional Law of South Africa (2003) 44-20. 314 BIBLIOGRAFIE A AHDAR RJ 2001. “Religious Group Autonomy, Gay Ordination, and Human Rights Law” in R O’Dair en A Lewis (eds) “Law and Religion” 4 Current Legal Issues 279. ALLEN T 1998. “Procedural Fairness and the Duty of Respect” 18 O.J.L.S 497. ANON 19 August 2000. “Rules for Party Organisations” Brisbane Courier Mail. ANON 2001. Would the Burqa Ban Stand up at the European Court? Beskikbaar by http://www.defence.pk/forums/world-affairs/103681-would-burqa-ban-stand-up-europeancourt.html. 15 Oktober 2011. ANON 29 Augustus 2008. “Court’s Gay Ruling upsets Christian bodies” Mail and Guardian Online. Beskikbaar by http://mg.co.za/article/2008-08-29-courts-gasy-ruling-upsets- christian-bodies. 5 September 2008. ANON 21 Mei 2010. “Hof toe oor Welsyn” Kerkbode 1. ANON 20 Augustus 2010. “Welsyn Juig oor Uitspraak” Kerkbode 1. ASSER-VAN DER GRINTEN-MAEIJER 1997. “Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht Deel 2-II Rechtspersonenrecht” De Rechtspersoon 8ste uitg. WEJ Tjeenk Willink, Deventer. B BAGNI B 1979. “Discrimination in the Name of the Lord: A Discrimination by Religious Organizations” 79 Colum. L Rev 1514. 315 Critical Evaluation of BAILY SH, JONES B & MOWBRAY AR 1997. Cases and Materials on Administrative Law. Sweet & Maxwell, London. BAKKER W 1992. “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht. Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen. BAMFORD B 1982. The Law of Partnership and Voluntary Association in South Africa 3rd ed. Juta, Cape Town. BARKHUYZEN T 2004. “Politieke Participatie van Discriminerende Partijen: Ondersteunen, Gedogen of Bestrijden?” 29 Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 887. BARRIE GN 1996. “Right to Representation in Domestic Tribunals” 2 TSAR 390. BARRIE GN 2000. “The Giving of Reasons for Administrative Decisions in English and United States Law” TSAR 595. BARRIE GN 2005. “Judicial Review and Religious Freedom in South Africa” TSAR 162. BARRIE GN 1993. “Judicial Review of Disciplinary Action of Ecclesiastical Body” TSAR 339. BAXTER L 1984. Administrative Law. Juta, Cape Town. BENSON I 2007. “The Freedom of Conscience and Religion in Canada: Challenges and Opportunities” 21 Emory International LR 148. BILCHITZ D Januarie 2011. “Should Religious Associations be Allowed to Discriminate?” Lesing gelewer by die SLTSA (Society of Law Teachers of South Africa) Kongres, Stellenbosch, ongepubliseerde artikel 15. 316 BORST P 1962. “Enige beschouwingen over Marginale Toetsing in Publiek- en Privaatrecht” 4736 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 390. BOULE LJ 1993. “ADR Application in Administrative Law” Acta Juridica 138. BOUWMAN H 1934. Gereformeerd Kerkrecht. Het Recht der Kerken in de Practijk Deel II. Kampen, Nederland. BRADY K 2004. “Religious Organizations and Free Exercise: The Surprising Lessons of Smith” BYU L. Rev 1635. BRENNAN G 1986. “The Purpose and Scope of Judicial Review” 2 Aust Bar Rev 93. BURNS Y 1998. Administrative Law under the 1996 Constitution. Butterworths, Durban. BURNS Y & BEUKES M 2006. Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed. LexisNexis Butterworths, Durban. BURNS YM 2002. “Do Principles of Administrative Justice Apply to the Actions of Domestic Bodies and Voluntary Associations such as the South African Rugby Football Union and the United Cricket Board” SAPR/PL 372. BUSSTRA M & VRIELINK J 2006. “Geen Vrouwen, Geen Geld” Tijdschrift voor Mensenrechten 7. C CHEADLE H & DAVIS D 1997. “The Application of the 1996 Constitution in the Private Sphere” 13 SAJHR 44. CHEADLE H & DAVIS D 2002. South African Constitutional Law: The Bill of Rights. Butterworths, Durban. 317 CHIRAC J 2003. Over de Scheiding van Kerk en Staat. Rede uitgespreek op 17 Desember 2003, beskikbaar by http://www.liberales.be/essays/chirac CHOPER JH 1982. “Defining ‘Religion’ in the First Amendment” U. ILL. L. Rev 579. CLAVAREAU PJA 1947. Eenige Hulpovereenkomste. Universitaire pers, Leiden. COCKRELL A 1993. “Can You Paradigm? – Another Perspective on the Public Law/Private Law Divide” Acta Juridica 227. COCKRELL A 2009. “Private Law and the Bill of Rights: A Threshold issue of ‘Horizontality’” 25 Bill of Rights Compendium Service Issue par 3A2. COERTZEN P 1999. “Predikante-kontrake – G´n Fout nie” 162(12) Die Kerkbode 6. COERTZEN P 2001. “The Position of Churches in South Africa under a New Constitution” in Warnink H Legal Position of Churches and Church Autonomy 35-53. Uitgeverij Peeters, Leuven. COERTZEN P 2006. “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” NGTT 369. COERTZEN P 2008. “Grappling with Religious Differences in South Africa: A Draft for a Charter of Religious Rights” BYU L. Rev. 779. COLLINS ENGLISH DICTIONARY 1991, 1994, 1998, 2000, 2003 “Collins English Dictionary – Complete and Unabridged” HarperCollins Publishers, beskikbaar by http://www.thefreedictionary.com/ascriptive. COLTON P 2007. “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in Friedner L Churches and other Religious Organisations as Legal Persons 125-138. Uitgeverij Peeters, Leuven. 318 CRAIG PP 1994. “The Common Law, Reasons and Administrative Justice” CLJ 282. CRAIG PP 1998. “Ultra Vires and the Foundations of Judicial Review” 57 Cambridge Law Journal 63. CRAIG PP 1999. “Competing Models of Judicial Review” Public Law 428. CRAIG PP 2003. Administrative Law 5th ed. Thomson Sweet & Maxwell, London. CRANMER F 2010. “Clergy Employment, Judicial Review and the Free Prebyterian Church of Scotland” Ecclesiastical Law Journal 355. CSO 2007. Die Christelike Seemansorganisasie. Beskikbaar by http://www.cso.co.za/info.asp. CURRIE I & DE WAAL J 2001. The New Constitutional & Administrative Law Volume One Constitutional Law. Juta, Cape Town CURRIE I & DE WAAL J 2005. The Bill of Rights Handbook 5th ed. Juta, Cape Town. CURRIE I & J KLAAREN 2001. The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook. SyberInk, South Africa. D D` OLIVEIRA JA V S 1976. “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” 39 THRHR 211. DAVEL CJ & JORDAAN RA 1994. Personereg. Juta, Kaapstad. 319 DE BRUIJN J 2004. “Kerk en Staat – Historisch. De Verhouding tussen Kerk en Staat in Nederland (1579-2003)” in LC van Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht 49-67. Uitgeverij LEMMA, Utrecht. DE BRUIJN J 1998. “Van Pieter ‘t Hoen tot Joop van den Ende. Tweehonderd Jaar Publieke Moraal in Nederland” in J de Bruijn (red) Geen Heersende Kerk, Geen Heersende Staat. De Verhouding tussen Kerken en Staat 1796 – 1996 97 – 115. Meinema, Zoetermeer. DE SMITH S, WOOLF H & JOWELL J 1995. Judicial Review of Administrative Action 5th ed. Sweet and Maxwell, London. DE VILLE JR 1993. “Die Legaliteitsbeginsel in die Staats- en Administratiefreg onder ´n Nuwe Grondwetlike Bedeling - ´n Vergelykende Toekomsperspektief” SA Publiekreg 69. DE VILLE JR 2006. Judicial Review of Administrative Action in South Africa. LexisNexis Butterwoths, Durban. DE VOS P 3 September 2008. “On Freedom of Religion and the Gay Music Teacher” Constitutionally Speaking Blog 3. Beskikbaar by http://constitutionallyspeaking.co.za/?p=655. 4 September 2008. DE WAAL J, CURRIE I & ERASMUS G 1998. The Bill of Rights Handbook. Juta, Cape Town. DE WET E 1995. “Indirect Drittwirkung and the Application Clause” SAJHR 610. DEVENISH G 1995. “Freedom of Religion, Belief and Opinion” Obiter 15. DINGEMANS GDJ 1992. “Kerkorde als Ecclesiologische Vormgeving” in W Van ‘t Spijker en LC van Drimmelen (red) Inleiding tot de Studie Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen. 320 van het Kerkrecht 215-228. DIJK PL & VAN DER PLOEG TJ 2002. Van Vereniging en Stichting, Coöperatie en Onderlinge Waarborgmaatschappij. Verwerk deur CHC Overes, TJ van der Ploeg, CA Schwarz en WJM van Veen, Deventer. DÖLLE AHM 2002. “De verhouding tussen Kerk en Staat in het Koninkrijk der Nederlanden”Tijdschrift voor Bestuurswetenschappen & Publiekrecht (TBP) 685. DOMMERING EJ 1983. Preadvies NJV. Zwolle. DU PLESSIS LM 2001. “Current Problems Concerning Church and State Relationships and Religious Freedom in South Africa. The Viewpoint of a Constitutional Lawyer” in H Warnink (red) Legal Position of Churches and Church Autonomy 13-33. Uitgeverij Peeters, Leuven. DU PLESSIS LM 2002. “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” 43 NGTT 216. DURHAM C 1996. “Perspectives on Religious Liberty: A Comparative Framework” in J Van der Vyver & J Witte (ed) Religious Human Rights in Global Perspective 12-25. Kluwer Law International, The Netherlands. DUYNSTEE WJAJ 1935. Het Rechtskarakter en de Vertegenwoordiging van Kerkgenootschappen en Kerklijke Instellingen, Preadvies. WJAJ Duynstee en C Punt, ‘s-Gravenhage. E ELLIOTT M 2011. “Has the Common Law Duty to Give Reasons Come of Age Yet?” Public Law 56. ESBECK C 1984. “Establishment Clause Limits on Governmental Interference with Religious Organizations” 41 Wash & Lee L. Rev. 347. 321 ESBECK C 1998. “The Establishment Clause as a Structural Restraint on Governmental Power” 84 Iowa L. Rev 1. ESBECK C 1999. “Myths, Miscues, and Misconceptions: No-Aid Separationism and the Establishment Clause” 13 Notre Dame J.L Ethics & Pub. Pol’y 285. EUROPEAN CONVENTION 1 Nov 1998. European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11. F FORBES JRS 2010. Justice in Tribunals 3rd ed. The Federation Press, Australia. FORSYTH C (ED) 2000. Judicial Review and the Constitution. Hart Publishing, Oxford. FRIEDNER R 2007. “Religious Entities as Legal Persons – Sweden” in L Friedner Churches and other Religious Organisations as Legal Persons 217-221. Uitgeverij Peeters, Leuven. G GERBER JJ & DU TOIT BJ 14 Augustus 2007. Dokument voorgelê aan die Parlement, getiteld “Presentation of the Dutch Reformed Church regarding the Dutch Reformed Churches Union Repeal Bill”. GLENN C 2000. The Ambigious Embrace: Government and Faith-based Schools and Social Agendas. Princeton University Press, Princeton. GOOLAM NMI 1999. “Time for the Bell to Toll on the Tolling of Bells?” 62 THRHR 641. 322 H HASSON K 2003. “Religious Liberty and Human Dignity: A Tale of Two Declarations” 27 Harvard Journal of Law & Public Policy 81. HENDERSON AJH 1998. “The Curative Powers of the Constitution: Constitutionality and the New Ultra Vires Doctrine in the Justification and Explanation of the Judicial Review of Administrative Action” 115 SALJ 346. HIEMSTRA JL 2005. “Church, State and the Kingdom of God, an Overview” 2 REC Focus 3-28. HILL M 2001. “Judicial Approaches to Religious Disputes” in R O’Dair en A Lewis (ed) Law and Religion 409. Oxford University Press, Oxford. HOEXTER C 2000. “The Future of Judicial Review in South African Administrative Law” 117 SALJ 484. HOEXTER C 2002. The New Constitutional & Administrative Law II. Juta Law, Landsdowne. HOEXTER C 2004. “Contracts in Administrative Law: Life after Formalism?” 121 SALJ 595. HOEXTER C 2004. “The Principle of Legality in South African Administrative” 4 Law Macquarie Law Journal 165. HOEXTER C 2007. Administrative Law in South Africa. Juta, Cape Town. HOEXTER C 2008. “Clearing the Intersection? Administrative Law and Labour Law in the Constitutional Court” Constitutional Court Review 210. HOEXTER C 2012. Administrative Law in South Africa 2nd ed. Juta, Cape Town. 323 HUIZINK JB 2005. De Groene Serie Privaatrecht, Rechtspersonen, Boek 2 BW, Titel 1 Algemene Bepalingen, Artikel 2 (bygewerk tot en met 1 Mei 2005). Kluwer, Deventer. HUNT M 1997. “The Province of Administrative Law” in Michael Taggart (ed) Constitutionalism and the Contractualisation of Government in the United Kingdom 32. Hart Publishing, Oxford. I IN ORDE 1999. Handleiding bij de Kerkelijke Rechtspraak van de Gereformeerde Gemeente. Houten. J JACKSON N 9 September 2008. “Ekskuus…maar Homoseksualiteit bly Sonde” Beeld. Beskikbaar by http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2390915,00.html. JEAVONS TH 2003. “The Vitality and Independence of Religious Organizations” Society 27. JOOSTE JP 1958. Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Sinode Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Potchefstroom. JOWELL J 1999. “Of Vires and Vacuums: The Constitutional Context of Judicial Review” Public Law 448. JOWELL, J 2006. “Parliamentary Sovereignty Under the New Constitutional Hyphothesis” Public Law 562. 324 K KIRBY M 1994. “Reasons for Judgment: ‘Always Permissible, Usually Desirable and Often Obligatory’” 12 Aust Bar Rev 121. KITTO F 1992. “Why Write Judgements?” 66 ALJ 787. KOFFEMAN LJ 2003. “Rechtsbecherming in Protestants Nederland” in R Torfs, LJ Martens & K Koffeman Canon Law Monograph Series Deel 3 Recht op Recht in de Kerk 108. Uitgeverij Peeters, Leuven. KOFFEMAN LJ 2003. “Rechtsbescherming in de Kerken van de Gereformeerde Traditie in Nederland” in R Torfs, LJ Martens & K Koffeman Canon Law Monograph Series Deel 3 Recht op Recht in de Kerk 103. Uitgeverij Peeters, Leuven. KOOPMANS T 1962. De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer. Alphen, Nederland. KOOPMANS T 2003. Courts and Political Institutions. A Comparative View. Cambridge University Press, Cambridge. L LABUSCHAGNE BC 1994. Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies. Een Grondrechtelijk- Rechtsfilosofische Studie naar de Betekenis en Grenzen van Religieuze Tolerantie. Wolters-Noordhoff, Groningen. LABUSCHAGNE JMT 1997. “Die Begrip “godsdiens” in Godsdiensvryheid: ´n Bewussynsantropologiese Ekskursie na die Evolusiekern van die Reg” De Jure 118. LAYCOCK D 1981. “Towards a General Theory of the Religion Clauses: The Case of Church Labor Relations and the Right to Church Autonomy” 81 Colum. L. Rev. 1373. 325 LE SEUR A 1999. “Legal Duties to Give Reasons” 52 C.L.P 150. LEGAL RESOURCES CENTRE (LRC) “´n Gids tot die Wet op Organisasies sonder ´n Winsoogmerk 71 van 1997” Inligtingserie Nr. 2. LEHNHOF L 2002. “Freedom of Religious Association: The Right of Religious Organizations to obtain Legal Entity Status under the European Convention” BYU L.Rev 581. LEMMENS P 1991. “De Kerklijke Overheid in de Greep van de Wereldlijke Rechter” in H Warnink (red) Rechtsbescherming in de Kerk 80. Uitgeverij Peeters, Leuven. LENTA P 2009. “Taking Diversity Seriously: Religious Associations and Work-Related Discrimination” 126 SALJ 832. LOENEN T 2006. Geloof in Geding. Juridische Grenzen van Religieus Pluralisme in het Perspectief van de Mensenrechten. SDU, ’s-Gravenhage. LOURENS J & M FRANTZEN 1994. “The South African Bill of Rights: Public, Private or Both: a Viewpoint on its Sphere of Application” CILSA 340. LUPU I & R TUTTLE 2002. “The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” 47 Vill.L Rev 37. LUPU IC & R TUTTLE 2002. “Giannella Lecture: The Distinctive Place of Religious Constitutional Order” 47 Vill. L. Rev. 37. M MAEIJER JMM 1986. Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging. Amsterdam. 326 Entities in our MALAN M 29 Mei 2005. “N.G. Kerk en Gaum dalk Hof toe” Rapport 1. MALHERBE R 2002. “Constitutionality of Government Policy Relating to the Conduct of Religious Observances in Public Schools” TSAR 401. MALHERBE R 2006. “Enkele Kwelvrae oor die Grondwetlike Beskerming van die Reg op Godsdiensvryheid” NGTT 180. MALHERBE R 2008. “Die Impak van die Grondwet op Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 49 NGTT 263. MARSHALL P 1991. “Overview of Christ and Culture” in RE van der Vennen (ed) Church and Canadian Culture 1-10. University Press of America, New York. MCCONNEL M 1985. “Accommodation of Religion” Sup. Ct. Rev.1. MCCONNEL M 1986. “Neutrality Under the Religion Clauses” 81 Nw. U.L.Rev 146. MEIJERS APH 1994.“Scheiding van Kerk en Staat” in APH Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht. WEJ Tjeenk Willink, Zwolle. MENSEREGTEKOMMISSIE 2006. Verslag van die Mensregtekommissie: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations: Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission 32. Beskikbaar by www.sahrc.org.za. MINOW M 2000. “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Nonprofit and Profit, and Secular and Religious” 80 B.U.L.Rev 1081. 327 MOUISSIE 21 Januarie 2010. “Debat over Predikant als Werknemer ligt open” Nederlands Dagblad Beskikbaar by http://wwwnd.nl/artikelen/2010/januari/21/debat-over-predikant-als-werknemer-ligt-open. MURDOCH J 2007. “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of Article 9 of the European Convention of Human Rights” Human Rights Handbook No. 9. MUREINIK E 1985. “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” 1 SAJHR 48. N N.G. KERK Junie 2007. Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007. N.G. KERK 2010. Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge. O O’BRIEN GELDENHUYS FE 1951. Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika. Van Schaik, Pretoria. OLDENHUIS FT 1977. Rechtsvinding van de Burgerlijke Rechter in Kerklijke Conflicten. Groningen. OLDENHUIS FT 1979. “De Positie van de 'Kerkelijke Stichting' onder het Nieuwe Tweede Boek van het BW” 5486 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 457. OLDENHUIS FT 2004. “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Kerklijke Conflicten’ in LC Van Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht. Uitgeverij LEMMA BV, Utrecht. 328 OLDENHUIS FT, BROUWER JG, WEGERIF DNR & KEIJZER FE 2007. Schurende Relaties tussen Recht en Religie. Instituut voor Integratie en Sociale Weerbaarheid Rijksuniversiteit, Groningen. OVERBEEKE AJ 2006. “Willem I’s rentree te Brussel. 175 Jaar Scheiding België-Nederland en de Verhoudingen tussen Kerk en Staat” Nederlands Tijdschrift voor Rechtsfilosofie & Rechtstheorie (R&R) 55. P PANNICK D 1992. “Who is the Subject of Judicial Review and in Respect of What?” Public Law 1. PEL P 1991. “De Rechtspositie van De Predikant” in Rechtspositie en Traktement van De Predikant uitgave van het GMV 35. PEL PT 2010. “Het Kerkelijk Statuut en de Wet” 4 Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht (NTKR) 86. PIENAAR G 1991. “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 54 THRHR 400. PIENAAR G 1991. “Wie is Eienaar van die Kerkeiendom? Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Gemeente Douglas v Loots 1990 3 SA 451” 54 THRHR 301. PIENAAR G 1997. “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” 60 THRHR 566. PIENAAR GJ 1998. “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” PER/PELJ 151. PLASKET C 2002. The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative Action in the Democratic South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit). 329 POST HA 2008. “Positie Kerklijk Werker in Protestante Traditie Onduidelijk en Onbevredigend” Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht 1. POTZ R & WIESHAIDER W 2007. Religious Entities as Legal Persons – Parts of Western and Central Europe” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons 27-36. Uitgeverij Peeters, Leuven. PRETORIUS DM 2001. “Letting the Unruly Horse Gallop in die Field of Private Law: The Doctrine of Legitimate Expectations in ‘Purely Contractual’ Relations” SALJ 503. PRETORIUS DM 2002. “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” 119 SALJ 374. PRETORIUS JL 1987. Die Begrip Openbare Belang en Burgervryheidsbeperking (LL.D-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat). R RAATH AWG 1985. “Grondbeginsels van ´n Calvinistiese Regsleer” Obiter 48. RAATH AWG 1992. “Legitimate Expectation en die Feniks uit die As” Tydskrif vir Regswetenskap 75. RABBAN DM 1973. “Judicial Review of the University-Student Relationship: Expulsion and Governance” 26 Stanford Law Review 95. RAUTENBACH IM & MALHERBE EFJ 2004. Constitutional Law 4th ed. LexisNexis Butterworths, Durban. RAUTENBACH IM & MALHERBE EFJ 2009. Constitutional Law 5th ed. LexisNexis Butterworths, Durban. 330 RAUTENBACH IM 1995. General Provisions of the South African Bill of Rights. LexisNexis Butterworths, Durban. RAVEN P 2006. De Rechtsverhouding van een Predikant en Zijn Gemeente: Een Arbeidsovereenkomst in de zin van Artikel 7:610 BW (Doctorale skriptie, Open Universiteit Nederland). ROBBERS G 2001. “Church Autonomy in Germany including an Attachment on Relevant European Union Law” in H Warning (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy 121 – 127. Uitgeverij Peeters, Leuven. ROBBERS G 2005. “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or Belief in Germany” 19 Emory International Law Review 841. ROOS MC 2004. “Die Reg op Regsverteenwoordiging tydens Administratiewe Verrigtinge” 7 PER/PELJ 1. RUDOLPH S 1991. Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer in Suid-Afrika (Ongepubliseerde LLDproefskrif, Universiteit van Pretoria). S SADLER THN 1979. Die Kerklike Tughandeling. N.G. Kerkboekhandel, Pretoria. SALAMON L & K ANHEIER 1992. “In Search of the Non-profit Sector. I: The Question of Definitions” 3(2) Voluntas 125. SALAMON L & K ANHEIER 1992. “In Search of the Non-profit Sector. II: The Problem of Classification” 3(3) Voluntas 267. SANTING-WUBS AH 2002. Kerken in Geding. Boom Juridische Uitgewers, Nederland. 331 SANTING-WUBS AH 2003. “Orde en Tucht, Tucht in Orde?” Ars Aequi 49. SANTING-WUBS AH 2004. “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Geloofskwesties” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg Kerk en Recht 189-197. Uitgeverij LEMMA BV, Utrecht. SCHANDA B 2007. Religious Entities as Legal Persons – Eastern Central Europe” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons 9-12. Uitgeverij Peeters, Leuven. SCHOORDIJK HCF 1996. Redelijkheid en Billijkheid aan de Vooravond van een Nieuw Millennium. Zwolle. SMIT J & DU PLOOY D 2008. “Reëling van die Gereformeerde Predikant se Diens – ´n Arbeidsregtelike of ´n Interne Kerklike Aangeleentheid?” In die Skriflig 60. SMIT J 2006. “Die kerk se Regsposisie in Suid-Afrika in die Lig van Godsdiensvryheid – Gereformeerd-Kerkregtelik Gesien” NGTT 633. SMIT J 2007. “Die Beroepsbrief in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – ´n Kontraktuele Werksaanbod?” In die Skriflig 586. SMITH S 1986. “Separation and the ‘Secular’: Reconstructing the Disestablishment Decision” 67 Tex. L. Rev 955. SMITS P 1996. Artikel 6 EVRM en de Civiele Procedure. Over de Betekenis van Art. 6 EVRM voor het Nederlandse Burgerlijke Prosesrecht (Doctorale scriptie, Erasmus UniversiteitRotterdam). SOHM, R 1892. Kirchenrecht Band 1. Leipzig. 332 STAATKUNDIG GEREFORMEERDE PARTIJ Program van Beginselen, beskikbaar by www.sgp.nl. STANDER U 1992. “Die Wenslikheid vir die Verskaffing van Redes vir Administratiewe Handelinge” Stell LR 95. STRYDOM HA 1995. “The Private Domain and the Bill of Rights” SAPR/PL 52. SWANEPOEL J 2006. “Tendense in die Interpretasie van Godsdiensregte” 47 NGTT 201. T TEN HOOVEN M 2006. “Religie verdeelt Nederland. Een Oude Scheidslijn in een Nieuwe Gedaante” in M ten Hooven & T de Wit (red.) Ongewenste Goden. De Publieke Rol van Religie in Nederland 13. Amsterdam. V VAN ASWEGEN A 1995. “The Implications of a Bill of Rights for the Law of Contract and Delict” SAJHR 50. VAN BIJSTERVELD SC 1998. Godsdienstvrijheid in Europees Perspectief .Tjeenk Willink, Deventer. VAN COLLER EH 2006. “Proportionality Review – The Battle Between Community Standards and English Domestic Law” CILSA 469. VAN DE BEEK A 1992. “Hermeneutiek van het Kerkrecht” in W van’t Spijker en LC van Drimmelen Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 59-72. Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen. VAN DER MERWE IJ 2008. “Publiek, Republiek en die Publieke Kerk” NGTT 344. 333 VAN DER MERWE PC 1999. Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (LLM-skripsie, Universiteit van die Oranje-Vrystaat). VAN DER PLOEG TJ 2004. “De Rechtspositie van Priesters, Predikante en andere Voorgangers” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (red) Kerk en Recht 159-174. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht. VAN DER PLOEG TJ 2004. “Kerk en Recht; een Juridische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (red) Kerk en Recht 23-28. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht. VAN DER PLOEG TJ 2008. “De Overheid en De Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” 2 Nederlands Tijdschrift voor Kerk en Recht (NTKR) 79. VAN DER PLOEG TJ 2008. “De Overheid en de Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 196. VAN DER SCHYFF G 2002. “The Legal Definition of Religion and its Application” 119 SALJ 289. VAN DER VYVER JD 1994. “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 57 THRHR 378. VAN DER VYVER JD 1999. “Constitutional Perspective of Church-State Relations in South Africa” BYU L. Rev 635. VAN DER VYVER JD 2000. “Godsdiensvryheid: Sekularisasie of Politieke Neutraliteit?” Woord en Daad 3. VAN DER VYER JD 2001. “Sphere Sovereignity of Religious Institutions: A Contemporary Calvinistic Theory of Church-State Relations” in G Robbers (ed) Church Autonomy 645-682. Peter Lang, Frankfurt am Main. 334 VAN DER VYVER JD 2003. “Religion” in WA Joubert & TJ Scott (red) The Law of South Africa vol 23 141-163. Butterworths, Durban. VAN DER WALT JWG 1997. “Perspectives on Horizontal Application: Du Plessis v De Klerk Revisited” SAPR/PL 1. VAN DER WALT JWG 2000. “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die Lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (Deel 1)” 2 TSAR 421. VAN DER WALT JWG 2000. “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die Lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (Deel 2)” 4 TSAR 605. VAN DER WALT JWG 2001. “Progressive Indirect Horizontal Application of the Bill of Rights: Towards a Cooperative Relation between Common Law and Constitutional Jurisprudence” 17 SAJHR 352. VAN DRIMMELEN LC 2004. “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (red) Kerk en Recht 15-21. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht. VAN DRIMMELEN LC 2004. “Typen van Kerklijke Organisatie” in LC van Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht 203-205. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht. VAN ECK BPS 2010. “Chirwa v Transnet and beyond: Urgent need for the Constitutional Court to provide certainty.” TSAR 119. VAN EE JW 1996. “In Strijd met De Wet” 5 RM Themis 163. VAN EIKEMA HOMMES HJ 1983. De Elementaire Grondbegrippen Der de Methodologie 2 uitg. Kluwer, Deventer. 335 Rechtswetenschap. Een Juridische VAN EIKEMA HOMMES HJ 1983. Hoofdlijnen der Rechtssociologie en de Materiële Indeling van Publiek- en Privaatrecht. Zwolle. VAN JAARSVELD SR 2006. “Priesters, Predikante en Pastore – Werknemers van Gemeentes of slegs Werkers van die Koninkryk?” De Jure 175. VAN LENNEP LH 1909. De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen (Dissertatie, Universiteit van Leiden) VAN ROOYEN JCW 1978. Publikasiebeheer in Suid-Afrika. Juta, Kaapstad. VAN ROOYEN JCW 1987. Censorship in South Africa. Juta, Cape Town. VAN ZYL FJ & VAN DER VYVER JD 1982. Inleiding tot die Regswetenskap. Butterworths, Durban. VERMEULEN BP 1992. “Artikel 6 Grondwet” in PWC Akkermans en AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar 106-145. Zwolle. VERMEULEN BP 2000. “Artikel 6” in AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar 93 -109. Tjeenk Willink, Deventer. VERMEULEN BP & KANNE MJ 2004. “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht 69. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht. VISSER D 1997. “Enkele Beginsels en Gedagtes oor die Horisontale Werking van die Grondwet” 60 THRHR 296. 336 VON GIERKE O 1990. Community in Historical Perspective, a Translation of Selections from Das Deutsche Genossenschaftsrecht (vertaal deur M Fischer en geredigeer deur A Black) Cambridge University Press, Cambridge. W WADE W & FORSYTH C 1994. Administrative Law 7th ed. Clarendom Press, Oxford. WADE W & FORSYTH C 2000. Administrative Law 8th ed. Oxford University Press, Oxford. WADE W & FORSYTH C 2004. Administrative Law 9th ed. Oxford University Press, Oxford. WADE W & FORSYTH C 2009. Administrative Law 10th ed. Oxford University Press, Oxford. WALF K 1988. Vragen Rondom het Nieuwe Kerklijke Recht. Hilversum. WARNINK H 2001. “Ecclesiastical Tribunals – Procedures – Judicial Bodies and the State” NGTT 158. WCRP-SA 1992. ´n Suid-Afrikaanse Verdrag rakende Godsdiensregte en Verantwoordelikhede wat goedgekeur is tydens ´n Nasionale Inter-religieuse Konferensie wat gehou is gedurende November 1992 onder die vaandel van die “South African Chapter of the World Conference on Religion and Peace”. WESSELING-VAN GENT EM 1985. “Minimumvereisten voor een Civiele Procedure” 5742 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 395. WIARDA GJ 1999. Drie Typen van Rechtsvinding (saamgestel en aangevul deur T Koopmans), WEJ Tjeenk Willink, Deventer. 337 WIECHERS M 1984. Administratiefreg 2de uitg. Butterworths, Durban. WIECHERS M 1995. Administrative Law. Butterworths, Goodwood. WITTE J 1993. “The South African Experiment in Religious Human Rights” Journal for Juridical Science 1. WITTE J & ALEXANDER FS 2008. Christianity and the Law. Cambridge University Press, Cambridge. WITTEVEEN TAM 1984. Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen (Dissertatie, Groningen, ‘s-Gravenhage). WOOLF H 1992. “Judicial Review: a Possible Program for Reform” Public Law 221. WOOLMAN S 2003. “Freedom of Association” in M Chaskalson, J Kentridge, J Klaaren, G Marcus, D Spitz, and S Woolman (eds) Constitutional Law of South Africa 22-26. Juta, Cape Town. WOOLMAN S 2005. “Association” in I Currie en J De Waal Bill of Rights Handbook 423. Juta, Cape Town. WOOLMAN S 2009. “On the Fragility of Assosiational Life. A Constitutional Liberal’s Response to Patrick Lenta” 25 SAJHR 280. WOOLMAN S & DE WAAL J 1994. “Freedom of Association” in D Davis, J Dugard, D van Wyk & B de Villiers (eds) Rights and Constitutionalism: The New South African Legal Order 384, Juta, Cape Town. WOOLMAN S, ROUX T & BISHOP M 2009. Constitutional Law of South Africa 2th ed. Juta, Cape Town. 338 LYS VAN SAKE A Aarons v Cape Society of Accountants & Auditors 1928 CPD 524 Adam’s Stores (Pty) Ltd v Charlestown Town Board 1951 (2) SA 508 (N) Administrator, Transvaal and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A) Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K). Alexander v Union Club of SA 1949 (1) SA 301 (W) Allen v Gibbs 1977 (3) SA 212 (SE) Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987) Ansett Transport Industries (Operations) Pty Ltd v Wraith (1983) 48 ALR 500 Attorney-General, OFS v Cyril Anderson Investments (Pty) Ltd 1965 (4) SA 628 (A) B Baldwin v Everingham [1993] 1 Qd R 10 Ballinger v Hind 1951 (2) SA 8 (W) Baloro v University of Bophuthatswana 1995 (4) SA 197 (B) Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4) SA 120 (Ck) Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (7) BCLR 687 (KH), 2004 (4) SA 490 (KH) Bekker v Western Province Sports Club (Inc) 1972 (3) SA 803 (K) Bel Porto School Governing Body and Others v Premier of the Province, Western Cape and Another 2002 (3) SA 265 (KH) Bredell v Pienaar and others 1922 CPD 578 Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others [1971] 1 All ER 1148 (CA) BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Alied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) C Campbell and Fell v United Kingdom (28 June 1984, Series A No 80) Carr v Jockey Club of SA 1976 (2) SA 717 (W) Cassim v Molife 1908 TS 748 Chairman, Board of Tariffs and Trade v Brenco Inc 2001 (4) SA 511 (AH) Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) Christian Education SA v Minister of Education of the RSA 1999 (9) BCLR 951 (SE) Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) City and Suburban Transport (Pty) Ltd v Local Board Transportation, Johannesburg 1932 WLD 100 Cohen v Committee of Harrismith Hebrew Congregation 1924 OPD 25 Constantinides v Jockey Club of South Africa 1954 3 SA 35 (K) Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987) Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union 1930 AD 225 CRVB 29 Junie 1977, RSV 1977 Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T) Cuppan v Cape Display Supply Chain Services 1995 4 SA 175 (D) D Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS Dawnlaan Beleggings (Edms) Bpk v Johanneburg Stock Exchange 1983 (3) SA 344 (W) Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH) De Beer v Health Professions Council of South Africa 2005 (1) SA 332 (T) 339 De Freitas v Somerset West Municipality 1997 (3) SA 1080 (K) De Klerk v Du Plessis 1995 2 SA 40 (T) De Lange v Smuts NO 1998 (3) SA 785 (KH) De Lille v Speaker of the National Assembly 1998 (3) SA 430 (K) De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another 1952 (2) SA 83 (O) De Waal v Van der Horst 1918 TPD 277 Diko v Nobongoza 2006 (3) SA 126 (K) Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and Broadcasting 1996 (3) SA 800 (T) Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990) Doody v Secretary of State for the Home Department and Other Appeals [1993] 3 All ER 92 (HL) Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH) Du Plessis v De Klerk [1996] 5 BCLR 658 Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403 Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (4) BCLR 531 (A) Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur1994 (2) SA 191 (W) E EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986) Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown) 1991 (4) SA 458 (E) Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W) Ex Parte Thackeray 1874 13 SCR (NSW) (L) F Ferreira v Premier, Free State 2000(1) SA 241 (O) Forbes v New South Wales Trotting Club 1979 143 CLR 242 Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH) Fredericks v MEC for Education & Training, Eastern Cape [2002] 2 BLLR 119 (KH) Freedom and Democracy Party v Turkey, App. No. 23885/94 (1999) G Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K) Garment Workers' Union v De Vries and Others 1949 (1) SA 1110 (W) Gauteng Gambling Board v Silverstar Development Ltd 2005 (4) SA 67 (HHA) Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T) Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W) H Hadjianastassiou v Greece (A/252-A) (1993) 16 E.H.R.R 219 Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA) Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (4) SA 621 (K) Harksen v Lane NO and Others 1998 (1) SA 300 (KH) Hasan and Chaus v Bulgaria App. No. 30985/96 62 (2000) Heatherdale Farms (Pty) Ltd v Deputy Minister of Agriculture 1980 (3) SA 476 (T) Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) Hof ‘s-Gravenhage 28 Mei 1975, NJ 1976, 210 (Van Duivenbode/KNVB) Hof ‘s-Gravenhage 28 November 1958, NJ 1960, 7 (skeuring Gereformeerde Gemeente Berkenwoude) 340 Hof ‘s-Gravenhage 31 Oktober 1938, NJ 1939, 201 (skeuring Oud Gereformeerde Gemeente Scheveningen) Hof ‘s-Hertogenbosch 22 Desember 1989, NJ 1990, 487 (beeïndiging beheer Moskee) Hof ‘s-Hertogenbosch 31 Maart 1955, NJ 1955, 600 (schorsing predikant Oud Gereformeerde Gemeente) Hof Amsterdam 15 November 1945, NJ 1945, 157 (skeuring Gereformeerde Kerk Krommenie) Hof Amsterdam 24 Junie 1948, NJ 1948, 569 (skeuring Gereformeerde Kerk Eemdijk) Hof Arnhem 10 Januarie 1950, NJ 1950, 539 (skeuring Gereformeerde Kerk Daarlerveen) Hof Arnhem 14 September 1993, rolnr. 92/142 KG, ongepubliseerd (tugmaatreël gemeentelid Gereformeerde Gemeente) Hosking and Another v Van der Merwe and Another NNO 1992 (1) SA 920 (W) HR 12 Mei 2000, NJ 2000, 439 (geskil Moskee Lelystad) HR 14 Junie 1991, NJ 1992, 173 (HJS) (Kruis/Christelijke Gereformeerde Kerk ‘sHertogenbosch) HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201 (skeuring Gereformeerde Kerk Hasselt) HR 20 Oktober 1995, NJ 1996, 330 (EAA) (Van Asseldonck c.s./Bisschop Ter Schure) HR 23 Januarie 1848, NJ 1948, 432 (skeuring Gereformeerde Kerk Vleuten-De Meern) HR 23 Julie 1946, NJ 1947, 1(D.J.V.) (skeuring Gereformeerde Kerk Houwerzijl) HR 30 Oktober 1987, NJ 1988, 392 (Ma) (De Locht c.s./Stichting Sint Laurensziekenhuis) HR 31Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga) J Jamile and Others v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D) Janse van Rensburg NO v Minister of Trade and Industry NO 2001 (1) SA 29 (KH) Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA) Jeffery v President, South African Medical and Dental Council 1987 (1) SA 387 (K) Jockey Club of South Africa and Others v Feldman 1942 AD 340 Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 Jockey Club of South Africa v Forbes 1993 (1) SA 649 (A) Johannesburg City Council v Administrator Transvaal 1969 (2) SA (T) Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111 Johannesburg Local Road Transportation Board v David Morton Transport (Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Limited 1988 (3) SA 132 (A) Jones v Wolf 443 U.S 595 (1979) Jooste v Botha 2000 2 SA 199 (T) Jooste v Botha 2000 (2) BCLR 187 (T) Judes v District Registrar of Mining Rights, Krugersdorp 1907 TS 1046 K Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape 2005 (1) SA 141(SE) Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the Russian Orthodox Church in North America 344 U.S 94 (1952) Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E) Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) Klemp v Mentz 1949 (2) SA 443 (W) Kotzé v Murray (1864) 5 Searle 39 Ktr. Lelystad 2 Februarie 2005, JIN 2005/180 (arbeidsooreenkoms predikant Christelijk Gereformeerde Gemeente) Ktr. Lelystad, 24 Febrarie 1993, rolnr. 3881/92, ongepubliseerde uitspraak (Nederlands-Israëlitische Gemeente Amersfoort) 341 L Law Society Transvaal v Behrman 1981 (4) SA 538 (A) Lawson v Cape Town Municipality 1982 (4) SA 1(K) Liebenberg v Brakpan Liquor Licensing Board 1944 WLD 52 Livestock and Meat Industries Control Board v Garda 1961 (1) SA 342 (A) LJN nr. AD 8785 (ds. De B/classis Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken) LJN, AS6771, Sector kanton Rechtbank Zwolle, 217772 CV 03-9824 LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028 Local Road Transportation Board v Durban City Council 1965 (1) SA 586 (A) Lucas v Wilkinson 1926 NPD 10 Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) M Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland [2010] UKEAT S/0034/09/BI Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009) Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH) Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE) Main Line Transport v Durban Local Road Transportation Board 1959 (1) SA 632 (D) Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape [2008[ 8 BLLR 711 (HHA) Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA) Malebjoe v Bantu Methodist Church of South Africa 1957 (4) SA 465 (W) Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA) Manoussakis v Greece 1996-IV Eur. Ct. H.R 1346 Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K) Marlin v Durban Turf Club and Others 1942 AD 112 Masetla v President of the Republic of South Africa & Another 2008 (1) SA 566 (KH) Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 359 (SE) McDonald v Burns 1940 SLT 325 Mclure v Salvation Army 460 F.2d 553 (5th Cir. 1972) McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd 1975 1 NSWLR 61 MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty) Ltd 2008(2) SA 319 (KH) Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova 45701/99 [2001] ECHR 860 (13 December 2001) Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T) Minister of Education & Another v Syfrets Trust Ltd NO & Another 2006 (4) SA 25 (KH) Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA) Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH) Minister of Home Affairs v Fourie (Doctors for Life International & Others; amici curiae); Lesbian & Gay Equality Project & Others v Minister of Home Affairs 2006 (1) SA 524 (KH) Minister of Home Affairs v Fourie; Gay and Lesbian Equality Project v Minister of Home Affairs 2006 (3) BCLR 355 (KH) Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another (Mukhwevho Intervening) 2001 (3) SA 1151 (KH) Mkize v Rector, University of Zululand 1986 (1) SA 901 (D) MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality 1968 (2) SA 10 (O) Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA 940 (T) Moodley v Shri Siva Subramanier Aulayam 1979 (2) SA 696 (SE) Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229 Motaung v Mukubela and Another, NNO ; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) N Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck) National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisaions and Others v MEC of Social Development, Free State and Others (1719/2010) [2010] ZAFSHC 73 (5 August 2010) 342 National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) National Transport Commission v Chetty’s Motor Transport (Pty) Ltd 1972 (3) SA (AA) Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) New Testament Church of God v Stewart 2007 EWCA Civ 1004 Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N) Northwest Townships Ltd v Administrator, Transvaal 1975 (4) SA 1 (T) Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape [2005] 2 All SA 535 (SE) O Odendaal v Kerkraad van die Gemeente Bloemfontein-Wes van die N.G. Kerk in OVS en Andere 1960 (1) SA 160 (O) Odendaal v Loggerenberg and Others, NNO 1960 (3) SA 367 (O) Odendaal v Loggerenberg en Andere NNO 1961 (1) SA 712 (O) Osmond v Public Service Board of New South Wales [1984] 3 NSWLR 447 P Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 (2) SA 148 (K) PE Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA 801 (T) Peach & Co v The Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345 Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) Permanent Secretary, Department of Education and Welfare, Eastern Cape, v Ed-U-College (PE) (Section 21) Inc 2001 (2) SA 1 (KH) Pharmeceutical Manufacturers Association of SA: In re Ex parte President of the Republic of South Africa 2000 (2) SA 674 (KH) Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum Springs, Die Registrateur van Aktes Johannesburg, Saak Nr 273/04. Ongerapporteerde saak in die Hoogste Hof van Appèl Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools, Eastern Transvaal 1999(2) SA 91 (KH) Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL) Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse Kerk) Pres. Rb. Dordrecht 15 Desember 1983, KG 1984, 16 (ontslag predikant Molukse Evangelische Kerk) Pres. Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid Gemeenschap van Gelovigen) Pres. Rb. Haarlem 17 Februarie 1989, KG 1989, 134 (Joods-kerklike egskeiding) Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1944/45, 746 (skeuring Gereformeerde Kerk Maastrict) Pres. Rb. Utrecht 2 Junie 1988, KG 1988, 254 (Commissie van Beheer) Pres. Rb. Zwolle 1 Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466 Pres. Rb. Zwolle 7 Augustus 1998, KG 1998, 240 (Oudtshoorn/Hervormde Gemeente Zwolle) President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (KH) President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 1999 (4) SA 147 (KH) Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no 979/2004 (ongerapporteer) Presiding Bishop, Methodist Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others 2008 (6) SA 69 (Tk) 343 Prince v President, Cape Law Society and Others 2002 (2) SA 794 (KH) Public Service Board of NSW v Osmond (1986) 159 CLR 656 Q Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351 Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v Aldrich and Commissioner of Police 1993 QCA 253 R R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840 R v Chief Constable of Sussex, ex parte International Trader’s Ferry Ltd [1999] 1 All ER 129 (HL) R v Disciplinary Committee of the Jockey Club, ex parte Aga Khan [1993] 1 WLR 909 (CA) R v Higher Education Funding Council Ex p Institute of Dental Surgery [1994] 1 W.L.R 242 R v Imam of Bury Park Jami Masjid ex p. Sulaiman Ali 919920 COD 132 R v Secretary of State for the Home Department Ex p. Doody [1994] 1 A.C. 531 R v Valente (1985) 24 DLR (4th) 161 (SCC) Rail commuters’ Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH) Rb. ‘s-Gravenhage 29 November 1995, rolnr. 92/6878, ongepubliseerd (Hervormde Gemeente Aarlanderveen c.s./Nederlandse Hervormde Kerk) Rb. Amsterdam 21 Mei 2001, AB 2001, 342 m.nt. BPV Rb. Groningen 5 Maart 1993, NJ 1994, 417 (skeuring Gereformeerde Kerk Boerakker) Rb. Maastricht 30 Mei 1930, NJ 1930, 1499 (ontslane priester) Rb.Winschoten 18 November 1925, NJ 1925 1288 (Van Bentum/Vrije Evangelische Gemeente Winschoten) Rechtbank Amsterdam 18 November 1998, NJ 1999 Rechtbank Zwolle, 16 Maart 1966, NJ 1967, 178 Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB) Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298 Roberts v United States Jaycees 468 US 609 (1984) Roylance v General Medical Council (No 2) [1999] 3 WLR 541 (PC) Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH) S S v Lawrence 1997 (10) BCLR 1348 (KH) S v Makwanyane 1995 (6) BCLLR 665 (KH) S v Radebe 1973 (1) 796 (A) SA Medical & Dental Council v McLoughlin 1948 (2) SA 355 (A) SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T) Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) Shadrach v Garment Workers Union of Cape Peninsula 1946 CPD 906 Shames v SAR & H 1922 AD 228 Shanks v Independent Order of Rechabites 1917 WLD 25 Sheffield City Council v Smart [2002] EWCA Civ 14 [2002] HLR 639 Shidiack v Union Government 1912 AD 642 Shillings CC v Cronje 1988 (2) SA 402 (A) Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck) Sidiropoulus v Greece 1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1614 Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) Siemens Engineering Company v Union of India AIR 1976 SC 1785 Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) South African Jewish Board of Deputies v Sutherland NO 2004 (4) SA 368 (W) South African Optometric Association v Frames Distributors (Pty) Ltd t/a Frames Unlimited 1985 (3) SA 100 (O) 344 Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B) Stanfield v Minister of Correctional Services 2004 (4) SA 43 (K) Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labour 1978 (1) SA 1027 (SWA) T Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W) The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde Church 1893 CLJ 327 Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) Toerien v De Villiers NO 1995 (2) SA 879 (K) Tsosane v Minister of Prisons 1982 (2) SA 55 (K) Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd 2001 (1) SA 853 (HHA) Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) U Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) 1928 AD 220 United Communist Party of Turkey and Others v Turkey, 1998-I Eur. Ct.H.R.1 United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O) Ltd V Van Heerden v Minister of Finance 2004 (6) SA 121 (KH) Van Rooyen v Dutch Reformed Church, Utrecht 1915 NPD 323 Van Rooyen v S (General Council of the Bar intervening) 2002 (5) SA 246 (KH) Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS W Wagenaar v United Reformed Church SA 2005 1 BALR 127 (KVBA) Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A) Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental Affiars and Tourism of the Republic of South Africa 1996 (3) SA 1095 (TkS) Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T) Wittman v Deutscher Schulverein 1999 (1) BCLR 92 (T) Wood v Woad (1874) LR 9 Ex 190 Wright v Jockey Club 1945 NPD 356 Y Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) Z Zondi v MEC for Traditional and Local Government Affairs 2005 (3) SA 589 (KH) Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4) BCLR 347 (KH) 345