Uploaded by marius0643

PDF Document (1)

advertisement
DIE FUNKSIONERING VAN GELOOFSINSTELLINGS
IN SUID-AFRIKA: ´N PUBLIEKREGTELIKE
ONDERSOEK
deur
ELIZABETH HELENA VAN COLLER
200837966
Proefskrif voorgelê om te voldoen aan die vereistes vir die graad
DOCTOR LEGUM
in
PUBLIEKREG
in die
FAKULTEIT REGSGELEERDHEID
aan die
UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG
PROMOTOR: Prof. HA Strydom
MEDE-PROMOTOR: Prof. P Coertzen (Universiteit van Stellenbosch)
2012
Vir André
1
Dankbetuigings
Die totstandkoming en voltooiing van hierdie proefskrif kon slegs geskied met die
(morele, finansiële en dikwels ook emosionele en hardhandige!) ondersteuning van
verskeie mense en instansies wat ´n rol gespeel en ´n bydrae gemaak het tot hierdie
wonderlike projek.
My opregte dank en erkenning aan die volgende persone en instansies:
•
My Hemelse Vader vir talente, en geleenthede en mense wat Hy die afgelope 34 jaar
op my pad geplaas het om my voete, hande en gedagtes vleuels te gee.
•
Aan my Pa en Ma wat my wonderlike geleenthede gebied het om groot te word, te
studeer, op my eie voete te staan en sonder wie ek hierdie projek nie sou kon aanpak
nie.
•
My vriende, familie en kollegas wat uit hulle pad gegaan het om raad te gee, belang te
stel, te ondersteun en te simpatiseer waar dit nodig was.
•
Spesiale dankie aan André, wat in my bly glo het en wat soms met die sambok moes
inklim, my oor die vingers moes tik, maar wat met liefde en geduld saam met my die
pad gestap het, vasgebyt het en my aangespoor het.
•
My promoter, Prof Hennie Strydom en mede-promotor Prof Pieter Coertzen vir hulle
leiding, geduld en akademiese onderskraging.
•
Kollegas by die Department Afrikaans & Nederlands, Duits en Frans aan die
Universiteit van die Vrystaat, en in die besonder Gini Keyser, vir die tegniese en
taalversorging.
•
Die eksaminatore wat die tyd ingesit het om hierdie proefskrif te eksamineer,
voorstelle te maak en verslae te skryf.
•
Die Universiteit van Johannesburg, Rhodes Universiteit, die Vrije Universiteit van
Amsterdam, die Nasionale Navorsingsinstituut, Stichting Neerlandia en Die Stichting
Studiefonds vir hulle finasiële bydraes, toekennings en beurse waarsonder hierdie
studie nie moontlik sou gewees het nie.
My opregte dank.
Helena van Coller (2012)
2
INHOUDSOPGAWE
1
INLEIDING
1
1.1
1.2
INLEIDING EN OOGMERKE VAN STUDIE
NAVORSINGSUITLEG
1
4
2
DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT – ´N
REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF
9
2.1
2.2
2.3
2.5
2.6
INLEIDING
GODSDIENSVRYHEID
DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN NEDERLAND
2.3.1 Historiese oorsig
2.3.2 Die skeiding van kerk en staat in die 21ste eeu
DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN SUID-AFRIKA
2.4.1 Historiese oorsig
2.4.2 ´n Nuwe benadering
INTERNASIONALE EN EUROPESE TOEPASSING
GEVOLGTREKKING
9
10
12
12
15
18
18
20
25
29
3
DIE REGSTATUS VAN GODSDIENSTIGE ORGANISASIES
31
3.1
3.2
3.3
INLEIDING
DIE VEREISTES EN BEPALING VAN REGSPERSOONLIKHEID
DIE HOWE SE BENADERING TEN AANSIEN VAN DIE KERK AS
REGSPERSOON
3.3.1 Die regsaard van die kerk en ander godsdienstige organisasies
3.3.2 Die ontwikkeling van regspersoonlikheid deur wetgewing en
regspraak
DIE KERKRAAD, RING EN SINODE AS REGSPERSONE
DIE REGSPOSISIE VAN KERKGENOOTSKAPPE IN DIE
NEDERLANDSE REG
3.5.1 Inleiding en agtergrond
3.5.2 Kategorieë van regspersone
3.5.3 Selfstandige onderdele
3.5.4 Gedingspartye
GEVOLGTREKKING
31
32
2.4
3.4
3.5
3.6
4
4.1
4.2
4.3
4.4
4.5
DIE AARD, POSISIE EN BETEKENIS VAN
“GELOOFSINSTELLINGS” – ´N REGSVERGELYKENDE
PERSPEKTIEF
INLEIDING
KONSEPTUALISERING
EIENSKAPPE EN KENMERKE
DIE POSISIE IN NEDERLAND
4.4.1 Die howe se benadering
4.4.2 Die wetlike omskrywing
DIE AARD, POSISIE EN FUNKSIONERING VAN
GELOOFSINSTELLINGS IN DIE MAATSKAPLIKE VERKEER
4.5.1 Agtergrond
4.5.2 Geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies
4.5.3 Klassifikasie van geloofsinstellings
3
34
34
37
41
44
44
45
48
50
52
53
53
54
59
61
61
65
68
68
74
78
4.6
GEVOLGTREKKING
86
5
GELOOFSINSTELLINGS EN DIE REG OP VRYHEID VAN
ASSOSIASIE
88
5.1
5.2
5.3
INLEIDING
DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE – ´N OORSIG
KONFLIK TUSSEN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE,
DIE REG OP GODSDIENSVRYHEID EN DIE REG OP GELYKHEID
VOORBEELDE
5.4.1 Algemeen
5.4.2 Politieke organisasies
5.4.3 Opvoedkundige instellings en godsdiensonderrig
5.4.4 Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park
5.4.4.1 Inleiding en agtergrond
5.4.4.2 Feitelike agtergrond
5.4.4.3 Bespreking
GEVOLGTREKKING
95
98
98
100
104
108
108
110
112
118
DIE TOEPASSING VAN DIE BEGINSEL VAN “NIEINMENGING” EN “MARGINALE TOETSING”
120
6.6
INLEIDING
DIE OUTONOMIE VAN GELOOFSINSTELLINGS
DIE POSISIE IN SUID-AFRIKA
ANDER SIENINGS
DIE BETEKENIS, INHOUD EN TOEPASSING VAN DIE STATUUT
6.5.1 Inleiding
6.5.2 Inhoud en betekenis van die statuut
6.5.3 Die uitleg van die statuut
6.5.4 Voorbeeld
GEVOLGTREKKING
120
121
125
131
138
138
139
144
147
152
7
DIE TOEPASSINGSVELD VAN DIE ADMINISTRATIEFREG
154
7.1
7.2
INLEIDING EN AGTERGROND
KONSEPTUALISERING
7.2.1 Die gemenereg
7.2.2 Die Grondwet en PAJA
HORISONTALE AANWENDING
7.3.1 Inleiding en enkele opmerkings
7.3.2 Die toepassing van artikel 33 en PAJA
7.3.3 Administratiewe geregtigheid by wyse van analogie
DIE ONDERSKEID TUSSEN PUBLIEK- EN PRIVAATREG
DIE DIENSVERHOUDING VAN ´N PREDIKANT: ARBEIDSREG OF
ADMINISTRATIEFREG?
7.5.1 Verskillende uitgangspunte ten aansien van die regsverhouding
van ´n predikant
7.5.1.1 Die N.G. Kerk-gemeenskap
7.5.1.2 Die Gereformeerde Kerke
7.5.1.3 Die Anglikaanse Kerk
7.5.1.4 Botsende sienings
7.5.2 Die posisie in Nederland
7.5.3 Ontslag: Arbeidsreg of Administratiefreg?
GEVOLGTREKKING
154
156
156
158
161
161
170
172
177
5.4
5.5
6
6.1
6.2
6.3
6.4
6.5
7.3
7.4
7.5
7.6
4
88
89
184
184
184
187
189
190
193
200
208
8
PROSEDURELE BILLIKHEID
211
8.1
8.2
211
213
213
216
216
8.3
8.4
INLEIDING
AUDI ALTERAM PARTEM
8.2.1 Die toepassing van die leerstuk van regmatige verwagtinge
8.2.2 Die minimumvereistes vir prosedurele billikheid
8.2.2.1 Inleidende opmerkings
8.2.2.2 Voldoende kennisgewing en geleentheid om saak
te stel.
8.2.2.3 Toepassing ten aansien van geloofsinstellings in
besonder
8.2.3 Die reg op regsverteenwoordiging
8.2.4 Die reg op redes
NEMO IUDEX IN SUA CAUSA
GEVOLGTREKKING
9
REGMATIGHEID EN REDELIKHEID
260
9.1
9.2
9.3
9.4
INLEIDING
REGMATIGHEID
9.2.1 Inleiding
9.2.2 Bevoegdheid en delegasie
9.2.3 Jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening
REDELIKHEID
GEVOLGTREKKING
260
261
261
262
267
275
283
10
LOCUS STANDI EN REMEDIES
285
10.1
10.2
10.3
10.4
10.5
INLEIDING
LOCUS STANDI IN JUDICIO
UITPUTTING VAN INTERNE REMEDIES
REMEDIES
10.4.1 Tersydestelling
10.4.2 Terugverwysing of die verpligting tot ´n sekere optrede
10.4.3 Kompensasie
10.4.4 Interdik
10.4.5 Verklaring van regte
GEVOLGTREKKING
285
286
290
296
296
298
299
302
303
305
11
SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING
307
218
224
233
240
248
257
BIBLIOGRAFIE
315
LYS VAN SAKE
339
AANHANGSEL A
346
5
HOOFSTUK 1
1
INLEIDING
1.1
INLEIDING EN OOGMERKE VAN STUDIE
“In liberal society, the government has no competence to determine moral ends. In theory, at least, the
goals of the liberal democratic government must depend on the values held by those it governs – values
that originate outside of government in churches, families, political parties, trade unions, private
schools, and other voluntary associations. In the absence of these groups, government and society
would be deprived of the enriching world-views that these groups contribute to […] culture and
politics.”
1
Die regsorde in Suid-Afrika, soos ook in Nederland en baie ander Westerse lande, staan voor
´n uitdaging weens toenemende sekularisasie, individualisme, multikulturalisme en
godsdienstige pluralisme. Hierdie uitdagings tree na vore in verskeie komplekse vraagstukke,
nie net van ´n juridiese aard nie, maar ook van ´n morele aard. Dit is logies gesien in die lig
van die feit dat op ´n verskeidenheid van lewensterreine, mense van uiteenlopende kulture en
godsdienste op ´n daagslike basis met mekaar kontak maak en die potensiaal vir konflik al
hoe groter word. Die institusionele of kollektiewe reg op godsdiensvryheid is van groot
belang vir godsdienstige pluralisme in Suid-Afrika én vir die uiteenlopende religieuse
gemeenskappe en die uitdagings wat daarmee gepaardgaan. Sekularisme bied geen oplossing
nie, soos Marshall2 dit tereg stel:
“The question of diversity is supposedly solved by eliminating [...] the contending parties from the
public realm. The eradication of public religious expression is offered as a solution to the genuine
problem of diversity of religions. However, this approach does not deal openly with diversity. It merely
excludes religious diversity and establishes secularism in its place [...] The problems of religious
pluralism is a very real problem and very difficult, but they are not to be solved by pretending that a
secular society is genuinely pluralistic when secularism is in fact only one part of our plurality.”
Aangesien die Suid-Afrikaanse samelewing ´n steeds groeiende multikulturele karakter
vertoon, wat ook uitdrukking vind in godsdienstige pluralisme met baie meer verskeidenheid
as in die verlede, is dit dalk uiters gepas dat hierdie navorsing fokus op die funksionering van
geloofsinstellings in Suid-Afrika en meer spesifiek in die publiekreg, binne ´n pluralistiese
1
RJ Ahdar “Religious Group Autonomy, Gay Ordination, and Human Rights Law” in R O’Dair en A Lewis (eds) “Law and Religion”(2001)
4 Current Legal Issues 279.
2
P Marshall “Overview of Christ and Culture” in RE van der Vennen (ed) Church and Canadian Culture (1991) 1-10.
1
samelewing met ´n groeiende behoefte aan godsdienstige diversiteit. In ´n regstaat is daar die
behoefte aan verdraagsaamheid tussen dit wat beskou word as “heilig” en dit wat beskou
word as “sekulêr”. Dit gaan noodwendig behels dat die howe ingetrek gaan word by dispute
tussen lede van geloofsinstellings ten einde sekere regte soos verskans in die Grondwet te
beskerm en af te dwing. ´n Balans gaan gehandhaaf moet word tussen die respek en
beskerming van godsdienstige opvattings en praktyke aan die een kant en die beskerming van
die menswaardigheid van alle mense aan die ander kant. Indien die staat ´n geloofsinstelling
forseer om ´n sekere standpunt in te neem of te ondersteun in die uitoefening van sy geloof,
sal dit ´n inbreukmaking op die reg van godsdiensrvryheid daarstel. Dit beteken egter nie dat
geloofsinstellings outomaties gevrywaar word van algemene indiensnemingspraktyke,
gelykheidswetgewing, toelatingsvereistes, prosedurele reëls of die bepalings van die
Grondwet en ander wetgewing nie.
Die navorsing sal fokus op die interne funksionering, optredes en prosedures van
geloofsinstellings binne ´n raamwerk van godsdiensvryheid, waar die regering die status en
funksionering van geloofsinstellings en kerke in Suid-Afrika moet respekteer. Die navorsing
sal ook fokus op die noodsaaklikheid, belangrikheid en reikwydte van voldoening aan
statutêre en ander prosedurele vereistes deur geloofsinstellings ten aansien van die
uitoefening van hulle bevoegdhede. ‘n Belangrike vraag wat na vore kom, is wat is die
grondwetlike raamwerk waarbinne geloofsinstellings funksioneer, wat noodwendig ´n
ondersoek ten opsigte van die verhouding tussen kerk en staat regverdig. Die model wat
voorgestaan word, is die model soos dit ook in Nederland toegepas word waar die kerk
erkenning geniet in die openbare sfeer en pluralistiese samewerking tussen die kerk en die
staat bestaan en bevorder word. Vanweë die uiteenlopende religieuse gemeenskappe, word
daar van die staat verwag om neutraal te staan teenoor die verskillende religieuse opvattings
en gelowe. Die religieuse diversiteit word juis bevorder waar godsdienstige uitinge en
bedrywighede nie verbied word nie en so word neutraliteit deur verskeidenheid eerder as
eenvormigheid gefasiliteer.
In hierdie verband is die Nederlandse posisie ´n belangrike verwysingspunt vir hierdie tesis,
aangesien dit ten aansien van godsdienstige pluralisme groot ooreenkomste toon met SuidAfrika, nie net wat die diversiteit met betrekking tot geloofsgemeenskappe en die opkoms
van sekularisasie betref nie, maar ook ten aansien van die ontstaan, geskiedenis en posisie
van die kerk, met spesifieke verwysing na kerke in die gereformeerde tradisie. ´n Groot deel
2
van die navorsing sal gevolglik gefokus wees op die posisie en optredes van kerke in die
gereformeerde tradisie, aangesien die Nederlandse invloed op Suid-Afrika ook grootliks
opgemerk kan word in die beslissings deur die howe ten aansien van godsdienstige aspekte.
Met die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap in 1652, stig die VOC (Vereenigde OostIndiesche Compagnie) ´n verversingspos aan die Kaap. Met die stigting van die
verversingspos, word die gereformeerde godsdiens van die Nederduits Gereformeerde Kerk,
soos dit ontstaan het en as ´n openbare staatsbeheerde kerk in Nederland gefunksioneer het,
ook na die Kaap gebring.3 Dit sou dan ook die toekoms van die kerk en die gepaardgaande
verhouding tussen kerk en staat in Suid-Afrika bepaal en beïnvloed en noodwendig ook die
beslissings van die howe met betrekking tot die kerk en optredes deur kerke. Die verhouding
word verder versterk deur die daaropvolgende heerskappy van Nederland in die vorm van die
Betaafse Republiek van 1804-1806 en die publikasie van die “Kerkorde van De Mist” waar in
die regering pertinent die belangrikheid van godsdiens in die samelewing uitlig en
beklemtoon.4
Ander belangrike vrae wat in die navorsing bespreek sal word, is die regstatus van
geloofsinstellings en wat presies bedoel word met ´n geloofsinstelling ten einde aanspraak te
kan maak op die onderskeie regte soos verskans in die Grondwet. Ten aansien van die
funksionering van geloofsinstellings in die publiekreg, sal aandag gegee word aan spesifieke
grondwetlike bepalings van toepassing op geloofsinstellings met spesifieke verwysing na die
reg op godsdiensvryheid, die reg op vryheid van assosiasie en die reg op gelykheid en
niediskriminasie. Met betrekking tot die aspek van voldoening aan statutêre en ander
prosedurele vereistes deur geloofsinstellings, sal die navorsing grotendeels fokus op die
toepassing van die administratiefreg op die dissiplinêre optredes binne geloofsinstellings en
die voortspruitende vereistes van administratiewe geregtigheid soos dit toepassing vind ten
aansien van optredes deur huishoudelike tribunale van geloofsinstellings. Die toepassing van
hierdie beginsels sal ondersoek word met verwysing na relevante wetgewing, hofuitsprake en
praktiese voorbeelde, met inagneming van die Grondwet en die gemeenregtelike beginsels
van natuurlike geregtigheid. Die navorsing is ook in ooreenstemming met die oogmerke van
die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bevordering en Beskerming van Godsdiensregte, 5 deur
onder meer ook te fokus op die volgende oogmerke van dié Raad wat van belang vir
geloofsinstellings in Suid-Afrika is:
3
Sien P Coertzen “Grappling with Religious Differences” 2008 BYU L. Rev 780 en verder.
Sien latere bespreking op p 18 en verder.
5
Sien p 22 vir die die agtergrond met betrekking tot die totstandkoming van die Raad.
4
3
•
To preserve, promote and develop the rights of religious communities;
•
To advise on, and to assist in, matters concerning the achievement of the aims of the Council;
•
To promote and to protect the rights of religious communities in South Africa;
•
To promote and to develop peace, friendship, humanity, tolerance and unity among and within
religious communities, on the basis of equality, non-discrimination and free association;
1.2
•
To foster mutual respect among religious communities; and
•
To promote the right of religious communities to develop their heritage.
NAVORSINGSUITLEG
Die beginsel van godsdiensvryheid is van groot belang in ´n pluralistiese samelewing en
bepaal die verhouding tussen kerk en staat in ´n bepaalde konteks. Die reg op
godsdiensvryheid vind uiting in twee belangrike beginsels, naamlik eerstens die spesifieke
juridiese konteks wat voorsiening maak vir beide die individuele sowel as die kollektiewe reg
op godsdiensvryheid ter bevordering van ´n pluralistiese samelewing met uiteenlopende
religieuse gemeenskappe en verskillende religieuse opvattings en gelowe. ´n Tweede aspek
van godsdiensvryheid wat van groot belang is, is die regstatus van ´n geloofsinstelling en die
voortspruitende plig wat op die staat rus om hom nie met die interne aangeleenthede van ´n
geloofsinstelling te bemoei nie. Hoofstuk 2 sal fokus op die verhouding tussen kerk en staat
in Suid-Afrika, maar ook in Nederland, waar die funksionering van geloofsinstellings en die
uitdagings waaraan geloofsinstellings in ´n toenemende sekulêre samelewing onderwerp
word, vergelykbare uitdagings skep, maar ook vergelykbare toepassing vereis en oplossings
bied. Die betekenis en toepassing van die reg op godsdiensvryheid is van die uiterste belang
vir
geloofsinstellings,
aangesien
dit
die
raamwerk
bepaal
waarbinne
kerke
en
geloofsinstellings in die publiekreg kan funksioneer en ook bepaal tot watter mate die staat
sal inmeng met die interne funksionering van hierdie instellings, maar ook die reikwydte en
toepassing van administratiefregtelike prosedures. Die klem sal veral val op die kollektiewe
reg op godsdiensvryheid in Suid-Afrika, Nederland en die Europese konteks, waarvan slegs
enkele voorbeelde bespreek sal word.
Hoofstuk 3 sal dan verder aandag skenk aan die tweede belangrike element van
godsdiensvryheid, naamlik die regstatus van geloofsinstellings as ´n essensiële element van
die reg op godsdiensvryheid. Indien ´n geloofsinstelling met regspersoonlikheid beklee is,
beskik dit oor verskillende regte en verpligtinge. Daar sal ondersoek ingestel word na die
howe se benadering ten aansien van geloofsinstellings en hulle onderskeie organe se
4
regsposisies, soos dit ook uiting vind in verskeie wetgewende en Kerkordelike bepalings van
verskillende kerke en geloofsinstellings.
Aangesien die behoeftes van godsdienstige organisasies dikwels anders is as die van
byvoorbeeld politieke organisasies en vakbonde, sien ´n mens dat in verskillende jurisdiksies
daar op verskillende wyses voorsiening gemaak word vir godsdienstige organisasies. Party
sisteme maak voorsiening vir die spesiale regstatus van godsdienstige organisasies en ander
sisteme stel weer registrasie voor as ´n vereiste vir sekere “voorregte” wat aan godsdienstige
organisasies verleen word. In van die lande van Oos- en Sentraal-Europa (Tsjeggië,
Hongarye, Pole, ensovoorts) sien ´n mens dat geregistreerde godsdienstige organisasies
byvoorbeeld ´n spesiale status beklee wat hulle anders maak as ander gewone vrywillige
verenigings. Geregistreerde godsdienstige organisasies kan aanspraak maak op onder andere
die reg op godsdiensonderrig in openbare skole; toegang tot gevangenisse, die weermag en
gesondheidsorg-instellings; toegang tot die openbare media en hulle kan selfs aanspraak
maak op openbare befondsing vir salarisse.6 In ander Europese lande soos België, Duitsland,
Ierland en Nederland, verkry godsdienstige organisasies regspersoonlikheid as gewone
private vrywillige verenigings, maar hulle word nie as “godsdienstig” aangemerk nie. ´n
Beroep op godsdiensvryheid behels ´n aparte vraag na die “godsdienstige” aard van die
betrokke organisasie. Hoofstuk 4 sal poog om vanuit ´n juridies-funksionele-benadering
ondersoek in te stel na die betekenis van ´n “godsdienstige organisasie”. Hierdie benadering
fokus op sekere uitwendige kenmerke en eienskappe aan die hand waarvan ´n instelling as
“godsdienstig” aangemerk kan word vir doeleindes van die beskerming van die reg op
godsdiensvryheid. Die Nederlandse posisie ten aansien van die betekenis en posisie van
“kerkgenootskappe” bied ´n goeie voorbeeld wat ook in die Suid-Afrikaanse konteks vir die
howe tot hulp kan wees met betrekking tot godsdienstige vraagstukke. Die aard, posisie en
funksionering van geloofsinstellings as nie-winsgewende organisasies binne die maatskaplike
verkeer, sal ook ondersoek word.
Aangesien die staat nie ´n allesomvattende instelling kan wees nie, benodig die staat
verskillende samelewingsfere wat kan bydra tot die samelewing. So kan ons onderskei tussen
verskillende samelewingsfere, waaronder die staat, godsdiens, wetenskap, ekonomie, kuns en
kultuur. Elkeen van hierdie sfere verrig ´n spesifieke funksie wat bydra tot die geheel van die
6
B Schanda “Religious Entities as Legal Persons – Eastern Central Europe” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations
as Legal Persons (2007) 12.
5
samelewing.7 In ´n pluralisties samelewing is geeneen van die sfere belangriker as ´n ander
nie en in die sfeer van godsdiens, byvoorbeeld, behoort geen een spesifieke
geloofsgemeenskap in ´n monopolistiese posisie te wees waar sekere lewensbeskouings op
almal afgedwing word nie. Hoofstuk 5 sal gevolglik fokus op geloofsinstellings en die reg tot
vryheid van assosiasie. Die onderlinge verhouding tussen belangrike fundamentele regte soos
gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie enersyds, en die reg op vryheid van
godsdiens en vryheid van assosiasie andersyds, sal ook krities ondersoek word, veral wanneer
hierdie regte met mekaar in konflik kom. Die aard van die bepaalde organisasie sal nie slegs
belangrik wees om te bepaal tot welke mate ´n organisasie in die openbare sfeer funksioneer
nie, maar sal ook bepalend wees ten aansien van die reikwydte, beskerming en beperking van
hierdie fundamentele regte, asook die toepassing van die Grondwet en algemene
regsbeginsels op die funksionering van geloofsinstellings.
Aangesien die reg op godsdiensvryheid, soos reeds gesien, veronderstel dat die staat hom nie
behoort te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke
geloofsinstelling nie, is dit belangrik om ondersoek in te stel na die toepassing van die
beginsel van nie-inmenging deur die staat in die interne organisasie van geloofsinstellings.
Met verwysing na praktiese voorbeelde sal daar in Hoofstuk 6 gefokus word op die
benadering wat die howe behoort te volg ten einde die outonomie van geloofsinstellings te
respekteer. Enkele voorbeelde uit ander jurisdiksies sal bestudeer word, aangesien dit nie net
´n interessante blik op die situasie in Suid-Afrika bied nie, maar ook van hulp kan wees vir
die Suid-Afrikaanse howe wanneer hulle met godsdienstige vraagstukke gekonfronteer word.
Die leerstuk van “marginale toetsing” soos dit aangewend word in die Nederlandse konteks
sal veral aandag geniet. Die Nederlandse howe pas hierdie leerstuk toe veral ten opsigte van
vraagstukke binne kerkgenootskappe, en van die voorbeelde wat bestudeer word, verwys
veral na dispute binne die Gereformeerde Kerke en kan gevolglik van groot waarde wees vir
vergelykbare vraagstukke binne kerke en geloofsinstellings in Suid-Afrika. In hierdie
ondersoek sal die betekenis en uitleg van ´n spesifieke geloofsinstelling se statuut of
Kerkorde ook ´n belangrike rol speel om die grense van inmenging te bepaal.
Wat die toepassing van die administratiefreg betref, het die Suid-Afrikaanse howe, anders as
die Engelse howe, nog altyd ´n toenemende bereidwilligheid getoon om nie net die optrede
van openbare liggame te hersien nie, maar ook dié van private entiteite. Hoofstuk 7 sal fokus
7
IJ van der Merwe “Publiek, Republiek en die Publieke Kerk” 2008 NGTT 354-355.
6
op die gronde van hersiening ten aansien van privaatregtelike handelinge wat ons aantref
binne geloofsinstellings, veral binne die konteks van dissiplinêre optredes. Die bespreking sal
fokus op die moontlike horisontale aanwending van die Grondwet en die toepassing van die
administratiefregtelike reëls ooreenkomstig die gemenereg, insluitende die toepassing en
moontlike uitbreiding van die reëls van natuurlike geregtigheid binne huishoudelike
tribunale. Die reg op godsdiensvryheid, soos vervat in die Grondwet, gee geloofsinstellings
die reg om hulself en voortspruitende ampte te definieer, óók die amp van predikant. Die
benadering van nie-inmenging deur die howe in die interne funksionering van
geloofsinstellings laat die vraag ontstaan of hierdie instellings ook gevrywaar word van
sekere landswette soos die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op die
Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, om maar enkeles te noem.
Hoofstuk 7 sal verder ook spesifiek aandag gee aan arbeidsverhoudinge in die algemeen en
diensverhoudinge in die besonder soos van toepassing binne geloofsinstellings. Die
toepassing en benadering in verskillende denominasies sal ondersoek word en daar sal
aangedui word dat veral ten aansien van diensverhoudinge, verskillende kerke verskillende
benaderings volg wat steeds gelyke beskerming geniet binne die reg op godsdiensvryheid.
Alle wetgewing, reëls en regulasies is dus nie sonder meer eenvormig van toepassing op alle
kerke en geloofsinstellings nie. Die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle
neiging om te oorvleuel, met die gevolglike implikasie vir geloofsinstellings, sal ook aandag
geniet, met spesifieke verwysing na die interaksie tussen die Wet op Arbeidsverhoudinge en
die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Die ontslag of skorsing van
´n predikant kan dikwels ingrypende gevolge vir die betrokkene inhou, meer so as vir ´n
gewone kerkraadslid. Vir ´n predikant wat graag nog sy beroep wil beoefen en wat ´n
moontlike skorsing of ontslag in die gesig staar, is dit nie so eenvoudig om by ´n ander kerk
of selfs gemeente aan te sluit nie en dit hou dikwels ernstige finansiële implikasies vir die
persoon in.
Hoofstuk 8 sal ondersoek instel na die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike
geregtigheid, oftewel prosedurele billikheid, binne geloofsinstellings. Die gemeenregtelike
reëls vind uiting in dié twee belangrike beginsels, naamlik die reg van ´n benadeelde persoon
om sy saak behoorlik te stel en die beginsel dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet
wees. Hierdie twee beginsels is van die uiterste belang vir geloofsinstellings om te verseker
dat die korrekte prosedures in plek is en te dat ´n persoon wie se regte nadelig geraak is deur
7
die optrede van ´n geloofsinstelling, ´n billike verhoor kry. Ten spyte van die leerstuk van
nie-inmenging en die feit dat geloofsinstellings se outonomie gerespekteer behoort te word,
sal ´n hof inmeng waar dit blyk dat ´n geloofsinstelling onduidelike of onvoldoende
prosedurele waarborge het. Ten einde uitvoering te gee aan die reg op prosedureel billike
administratiewe
optrede
word
die
argument
geopper
dat
beide
die
reg
op
regsverteenwoordiging, sowel as die reg op redes, nie net beskou moet word as belangrike
elemente van ´n billike verhoor nie, maar dat dit as’ t ware deel vorm van die reëls van
natuurlike geregtigheid. Hoofstuk 8 sal, met verwysing na praktiese voorbeelde en
toepassings, ook ondersoek instel na die status van die reg tot redes en die reg op
regsverteenwoordiging as vereistes vir ´n billike verhoor.
Die fundamentele reg op regverdige administratiewe optrede maak nie net voorsiening vir
prosedurele billikheid en prosedurele aspekte nie. Artikel 33 maak spesifiek ook voorsiening
vir administratiewe optrede wat regmatig en redelik is. Ooreenkomstig die gemenereg word
vereis dat ´n besluitnemer moet voldoen aan die vereistes van administratiewe legaliteit en
dat hy hom moet hou by die voorskrifte soos neergelê deur die reg. Hoofstuk 9 sal ondersoek
instel na die toepassing van die vereistes van redelikheid en regmatigheid binne
huishoudelike tribunale van geloofsinstellings, soos dit toepassing vind ooreenkomstig die
gemenereg, sowel as die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid.
Die nie-nakoming van die vereiste van redelikheid, regmatigheid en prosedurele billikheid
beteken effektief dat die betrokke administratiewe handeling onregmatig is en tersyde gestel
kan word. Die vraag is of ´n benadeelde persoon die nodige locus standi het om die hof te
nader en ook of die benadeelde dadelik die howe kan nader vir ´n tersydestelling en of die
benadeelde eers die betrokke remedies beskikbaar binne die betrokke kerk of
geloofsinstelling moet gebruik. Hoofstuk 10 sal fokus op die vereiste van locus standi en
uitputting van interne remedies as twee prosedurele aangeleenthede wat van belang is waar
geloofsinstellings of lede van geloofsinstellings die hof wil nader vir die nodige regsmiddele.
Die hoofstuk sal afsluit met die remedies tot beskikking van ´n benadeelde persoon wat deur
die onregmatige, onredelike of prosedureel onbillike optrede van ´n geloofsinstelling dalk die
besluit tersyde wil laat stel of die behoefte het aan ´n ander beskikbare remedie. Ten slotte
word ´n samevatting van die belangrikste vraagstukke wat in Hoofstuk 1 tot 10 na vore
gekom het, gegee in Hoofstuk 11, met ´n gevolgtrekking as afsluiting.
8
HOOFSTUK 2
2
DIE
VERHOUDING
TUSSEN
KERK
EN
STAAT
–
´N
REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF
2.1
INLEIDING
In die ondersoek na die verhouding tussen kerk en staat staan die vraag wat “kerkreg” is en
wat die kerklike en juridiese benadering en betekenis wat relevant is tot so ´n ondersoek
behels, tereg sentraal. Volgens die sewentiende-eeuse siening van Voetius word die
wetenskap van kerkreg beskou as die “heilige wetenskap van die regering van die sigbare
kerk, oftewel scientia sacra regendi ecclesiam visibilem”.1 Ingevolge hierdie siening is daar
duidelik te onderskei tussen die kerklike “politeia” en die “politeia” van die staat. Bakker2 lê
meer klem op die geheel van alle norme wat die struktuur, organisasie en regsverhoudinge
van die kerk bepaal as hy die term kerkreg soos volg beskryf:
“[...] het geheel van de normen die de structuur van de kerklijke organisatie en de rechtsverhoudingen
binnen de kerken, alsmede de betrekkingen van de kerken naar buiten, sowel tot elkaar als tot de
staat, bedoelen te regelen.”
Die vraag is dus: waarom die bemoeienis met die kerkreg? Net soos ander organisasies word
die kerk vanuit ´n teologiese perspektief ook gesien as ´n gemeenskap van mense, waar die
lede in ´n bepaalde juridiese verhouding teenoor mekaar en teenoor die betrokke organisasie
staan. Ingevolge die kerkreg, het ons dus te doen met ´n gemeenskap van gelowiges, waarvan
die betrokke geloofsopvattinge dikwels die inhoud bepaal van die komplekse verhouding
tussen die kerklike en die burgerlike reg.3 In Duitsland word kerkreg deur veral regsgeleerdes
beoefen as deel van die regswetenskap, hoewel die mening bestaan dat kerkreg wel ´n
teologiese dissipline is met “juridiese affiniteit” wat verder volgens Karl Barth ´n
“dogmatische Grundlegung” benodig en steun op die ekklesiologie.4 By monde van Rudolph
Sohm5 word die woord “kerkreg” verder as’t ware beskou as ´n contradictio in terminis, want
“Das Wesen der Kirche ist geistlich; Das Wesen des Rechts is weltlich”.
1
Soos vertaal deur W Bakker “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht
(1992) 15.
2
Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 15.
3
K Walf Vragen rondom het Nieuwe Kerklijke Recht (1988) 15.
4
Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 16.
5
R Sohm Kirchenrecht Band 1 (1892) 1, sien verder LC van Drimmelen “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen
en TJ van der Ploeg Kerk en Recht (2004) 17.
9
Oor die algemeen word egter aangevoer dat die kerkreg, wat sy inhoud betref, teologies of
materieel van aard is en juridies van aard ooreenkomstig die vorm, proses en formele aspekte.
Die eie aard van die kerkreg is egter onmiskenbaar in beide inhoud en proses en dit is juis
hierdie “eie aard” wat vergelykbaar is met Althusius (1557-1638) se siening van “sfeer
soewereiniteit” in terme waarvan eiesoortige entiteite deur hulle eie reg gereguleer word, ´n
siening wat ´n belangrike rol speel in die verhouding tussen kerk en staat.6 Die verhouding
tussen kerk en staat spruit voort uit die belangrike beginsel van godsdiensvryheid en
gevolglik sal die spesifieke betekenis en toepassing van hierdie begrip deurgaans in die
besprekings wat volg die raamwerk bepaal waarbinne kerke en geloofsinstellings in die
publiekreg kan funksioneer. Die bespreking wat volg, fokus spesifiek op die institusionele of
kollektiewe reg op godsdiensvryheid en die ontwikkeling en betekenis van die begrip in SuidAfrika, maar ook in Nederland, wat groot ooreenkomste toon met die godsdienstige
pluralisme in Suid-Afrika met sy uiteenlopende religieuse gemeenskappe én die uitdagings
wat daarmee gepaardgaan.
2.2
GODSDIENSVRYHEID
Soos reeds opgemerk, vloei die verhouding tussen kerk en staat voort uit die belangrike
beginsel van godsdiensvryheid. Hierdie beginsel omvat twee belangrike elemente. Die eerste
omvat gewoonlik ´n wetsbepaling wat fokus op die reg op godsdiensvryheid en dit
beklemtoon die vryheid van individue om hulle vrylik te verbind tot ´n spesifieke godsdiensof geloofsoortuiging en die bevordering van ´n pluralistiese samelewing met uiteenlopende
religieuse gemeenskappe en verskillende religieuse opvattings en gelowe. Hierdie element
vind ons byvoorbeeld in artikel 6 van die Nederlandse Grondwet asook artikel 15 van die
Suid-Afrikaanse Grondwet en verskeie internasionale en Europese dokumente.7
´n Tweede aspek of element van godsdiensvryheid wat van groot belang is, is die
regspersoonlikheid
of
regstatus
van
´n
bepaalde
godsdienstige
organisasie
of
geloofsinstelling. Die Europese Hof beslis uitdruklik dat die reg tot “regstatus” van ´n
godsdienstige organisasie deel vorm van die reg op godsdiensvryheid.8 Voorspruitend uit
hierdie beginsel is die verpligting op die staat om hom nie te bemoei met die organisasie en
interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke godsdienstige organisasies nie. Beide
6
Sien Bakker Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 13-19; Van Drimmelen Kerk en Recht 15-21. Die term ‘kerk’ sluit ook alle
godsdienstige organisasies of geloofsinstellings in en die verhouding tussen kerk en staat verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen
staat en geloofsinstellings. Sien latere bespreking op p 126.
7
Sien latere bespreking op p 20 en verder.
8
Sien latere bespreking op p 27 en verder.
10
hierdie twee belangrike elemente van die reg op godsdiensvryheid bepaal dus die raamwerk
waarbinne kerke en geloofsinstellings in die samelewing en spesifiek die publiekreg kan
funksioneer. Hierdie bespreking sal fokus op die eerste wetlike element van
godsdiensvryheid, terwyl die tweede aspek in die daaropvolgende hoofstuk aandag sal geniet.
Op grond van die minimumvereistes vir godsdiensvryheid stel Durham9 ´n regsvergelykende
model saam in terme waarvan godsdiensvryheid gekategoriseer en ge-analiseer kan word. Dit
geskied op basis van ´n glyskaal bestaande uit sewe kategorieë wat strek van ´n absolute
teokrasie aan die een kant van die spektrum tot vyandigheid teenoor godsdiens en vervolging
deur die regering aan die ander kant van die spektrum. Binne die twee uiterstes tref ons dan
ook onder andere ´n sisteem aan waarvolgens erkenning gegee word aan ´n gevestigde kerk;
of waarvolgens – hoewel daar nie ´n gevestigde kerk is nie – die regering tog ´n bepaalde
kerk vooropstel; ´n sisteem van samewerkende regering waarvolgens die staat nie voorrang
verleen aan ´n bepaalde kerk nie, maar nou saamwerk met geloofsinstellings; ´n separatistiese
of skeidingsmodel met ´n groter skeiding tussen kerk en staat en voorts ´n sisteem
waarvolgens die regering nie noodwendig anti-godsdienstig is nie, maar onsensitief en
onbewustelik optree teenoor kerke en ander geloofsinstellings.
Die huidige Suid-Afrika toon ´n opmerklike ooreenkoms met die sosiale, politieke en
spesifiek godsdienstige landskap van Nederland in dié opsig dat daar ´n verskuiwing was van
´n sterk Christelik-georiënteerde gemeenskap en sy politieke en sosiale verhoudings na ´n
gemeenskap wat gekenmerk word deur sterker sekulêre sienings en godsdienstige pluralisme;
´n gemeenskap waarin die kerk nie meer in die magtige posisie van voorheen is nie en moet
veg om ´n regmatige plek in die openbare sfeer met ´n standpunt waarna geluister moet word.
Beide die Suid-Afrikaanse en Nederlandse gemeenskap vertoon ´n groeiende multikulturele
karakter, wat uiting vind in ´n godsdienstige pluralisme met ´n veel groter verskeidenheid as
in die verlede. In hierdie bespreking sal die verhouding tussen kerk en staat in beide SuidAfrika en Nederland krities ondersoek word. Aan die hand van Durham se model, maar ook
aan die hand van die modelle wat in Europa bestaan, sal aangetoon word hoedat beide SuidAfrika en Nederland geen streng sekulêre karakter vertoon met ´n streng skeiding tussen kerk
en staat nie, maar eerder een waarvolgens erkenning aan godsdiens gegee word en
pluralistiese samewerking tussen kerk en staat bestaan. Die toepassing van godsdiensvryheid
op internasionale vlak sal ook kortliks ondersoek word.
9
Sien C Durham “Perspectives on Religious Liberty: A Comparative Framework” in J van der Vyver en J Witte (eds) Religious Human
Rights in Global Perspective (1996) 12-25.
11
2.3
DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN NEDERLAND
Soos reeds opgemerk, vloei die verhouding tussen kerk en staat in Nederland ook voort uit
die belangrike beginsel van godsdiensvryheid wat in die Nederlandse konteks neerslag vind
in twee belangrike wetsbepalinge: artikel 6 van die Nederlandse Grondwet en artikel 2, Boek
2 van die Burgerlijke Wetboek. Eersgenoemde fokus op die reg op godsdiensvryheid en
laasgenoemde fokus op die regspersoonlikheid van die sogenaamde “kerkgenootschappen”
en die voortspruitende verpligting op die staat om hom nie te bemoei met die organisasie en
interne aangeleenthede van die organisasie nie. Die volgende bespreking sal eerstens ´n
oorsig gee van die ontwikkeling van die verhouding tussen kerk en staat in die lig van die
beginsel van godsdiensvryheid.
2.3.1
Historiese oorsig
Een van die basiese staatsregsbeginsels in Nederland berus op die beginsel van skeiding
tussen kerk en staat. In Europa bestaan daar hoofsaaklik drie basiese modelle wat die
verhouding tussen kerk en staat bepaal. ´n Model van ´n gevestigde kerk, streng skeiding
tussen kerk en staat, en ´n model van pluralistiese samewerking.10 Die eerste kategorie
verwys hoofsaaklik na lande met ´n staatskerk waar voorkeur aan ´n bepaalde godsdiens of
kerk gegee word. Voorbeelde is onder andere die Verenigde Koninkryk, Italië en Spanje. In
die tweede kategorie vind ons die toepassing van ´n streng skeiding tussen kerk en staat, soos
dit onder andere neerslag vind in Turkye en Frankryk. In Frankryk is hierdie toepassing
verwoord in artikel 1 van die Franse Grondwet, wat Frankryk verplig het tot die aanneem van
´n godsdiensneutrale houding waarvolgens godsdiens absoluut buite die openbare domein
val.
Nederland en België val onder die derde kategorie en volg ´n model van pluralistiese
samewerking. Ingevolge hierdie model word die staat gekenmerk deur uiteenlopende
religieuse gemeenskappe en die staat staan neutraal teenoor die verskillende religieuse
opvattings en gelowe.11 Hierdie model word verder gekenmerk deur ´n pluralistiese
samewerking tussen die staat en die kerk, deurdat die kerk wel in die openbare sfeer
10
BP Vermeulen en MJ Kanne “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004)
70-71.
AHM Dölle “De Verhouding tussen Kerk en Staat in het Koninkrijk der Nederlanden” 2002 Tijdschrift voor Bestuurswetenschappen &
Publiekrecht (TBP) 685.
11
12
erkenning geniet en funksioneer en finansiering vanaf owerheidsweë nie uitgesluit is nie.12
Die godsdienstige pluralisme in Nederland het op ´n dinamiese wyse ontwikkel en vorm
gekry.13 Tydens die Republikeinse tydperk (1579-1795) is die verhoudinge op godsdienstige
gebied gekenmerk deur onder andere verdeeldheid en verskeidenheid. Hoewel die grootste
deel van die bevolking steeds Rooms-Katoliek was, het die gereformeerdes met die
vereniging van die Unie van Utrecht (1579) hulle posisie verstewig deur die dryfkrag te word
agter die opstand teen Spanje.14 Anders egter as in baie ander Europese lande, was die
Gereformeerde Kerk geen amptelike staatskerk nie, maar het dit tog ´n geprivilegieerde
posisie beklee wat deur die staat gehandhaaf en beskerm is. Dit het gelei tot die alleenreg van
die gereformeerde godsdiens in die openbare sfeer en finansiële ondersteuning van
staatsweë.15 Dit het egter ook meegebring dat die staat toesig uitgeoefen het oor die kerk en
gevolglik ingemeng het in teologiese onmin binne die kerk. Daar was dus heelwat inmenging
van owerheidsweë in die aangeleenthede van die kerk.16
Die uitstaande kenmerk van die Republikeinse tydperk was egter nie soveel die erkenning
van ´n bepaalde kerk of godsdiens nie, maar eerder die verdraagsaamheid teenoor religieuse
minderhede. Ook binne die gereformeerde teologie word die klem al sterker geplaas op
godsdienstige verdraagsaamheid en teen 1795, met die inval van die Franse troepe in die
Republiek, breek ´n nuwe tydperk van hervorming aan.17 Die Betaafse Rewolusie van 1795
beteken die einde van die Republiek van die Verenigde Nederlande en die totstandkoming
van ´n eenheidstaat onder leiding van Frankryk. ´n Daaropvolgende besluit deur die
Nasionale Vergadering van die Betaafse Republiek in 1796 beëindig die bevoorregte posisie
van die Gereformeerde Kerk. Alle kerkgenootskappe sou gelyk wees voor die reg en
godsdiensvryheid geniet.18 Artikel 19 van die eerste “Staatregeling” van die Betaafse
Republiek van 1798 het uitdruklik bepaal dat “elke burger vrijheid [heeft], om God te dienen
naar de overtuiging van zijn hart”. Gevolglik word gelyke beskerming verleen aan alle kerke,
onderhewig aan die handhawing van openbare orde. Godsdienstige pluralisme wat tydens die
Republiek bloot geduld is, word nou amptelik gewettig. Die reg op godsdiensvryheid en
skeiding tussen kerk en staat, wat toe reeds sedert 1796 gegeld het, vind ook neerslag in die
12
AJ Overbeeke “Willem I’s rentree te Brussel. 175 Jaar Scheiding België-Nederland en de Verhoudingen tussen Kerk en Staat” 2006
Nederlands Tijdschrift voor Rechtsfilosofie & Rechtstheorie (R&R) 55-63.
13
Sien vir ´n volledige bespreking J de Bruijn “Kerk en Staat – Historisch. De Verhouding tussen Kerk en Staat in Nederland (1579-2003) in
LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 49-67.
14
De Bruijn Kerk en Recht 50.
15
De Bruijn Kerk en Recht 51-53.
16
FT Oldenhuis et al. “Schurende Relaties tussen Recht en Religie” Instituut voor Integratie en Sociale Weerbaarheid Rijksuniversiteit
Groningen (2007) 9.
17
J de Bruijn Kerk en Recht 51-53.
18
Oldenhuis Schurende Relaties 10.
13
Grondwet van 1814 en 1815. Die 1815-Grondwet bevestig eweneens die gelyke beskerming
van “alle godsdienstige gezindheden in het Koninkrijk bestaande”.19
Met die Grondwet van 1848, en ´n meer liberale benadering wat daarmee gepaardgaan, word
die bevoegdhede van die parlement uitgebrei en die skeiding tussen kerk en staat nadruklik
bevestig.20 In 1953 word die Wet op Kerkgenootskappe21 aangeneem, wat die vryheid van
kerkgenootskappe opnuut bevestig. Die tydperk wat volg, kry ´n sterk politieke karakter met
die opkoms van ´n generasie van anti-rewolusionêres soos dr. Abraham Kuyper, voorstander
van ´n bestel van Christelike politiek, waardeur die godsdienstige element in die politiek
opmerklik versterk word. Met verloop van tyd tree die morele gesag van die kerk sterk na
vore en vind dit ook uiting in die doelstellings van verskeie politieke partye, onder andere die
Liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (Liberale Volkspartij voor Vrijheid en
Demokratie – VVD) en die Party van Arbeid (Partij van de Arbeid – PVA), wat beide in 1959
gestig is.22
Nederland funksioneer in hierdie stadium dus oorwegend as ´n Christelike volk en beide die
maatskaplike en politieke verhoudings word sterk deur Christelike opvattings bepaal en
ingekleur.23 Teen die jare sestig verander hierdie prentjie egter drasties deur onder andere die
opkoms van sekularisme en ´n toename in immigrante vanuit nie-Westerse lande.
Stelselmatig verloor die kerk sy eens magtige posisie in die publieke sfeer en die Nederlandse
samelewing kry ´n toenemende multikulturele karakter, wat uiting vind in ´n godsdienstige
pluralisme wat veel meer verskeidenheid toon as voorheen.24
19
Artikel 191 van die Nederlandse Grondwet van 1815.
J de Bruijn Kerk en Recht 58-59.
21
Wet van 10 September 1853, Stb. 1853, 102.
22
Die Liberale Volksparty verklaar onomwonde in sy doelstellings dat “de grondslagen der Nederlandse beschaving wortelen in het
christendom. (…) Zij is ervan doordrongen, dat het bovenal de christelijke geest is, die ons volk de waarde en de vrijheid van de mens en
zijn verantwoordelijkheid heeft doen beseffen. Zij acht het daarom een onafwijsbare eis, dat door versterking van deze geest zedelijke
ontworteling en geestelijke nihilisme worden overwonnen. (…) Zij geeft zich er daarbij ten volle rekenschap van, dat de zedekundige
beginselen van het Christendom worden aangehangen door zeer velen, die de christelijke godsdiens niet belijden”. Ook in die doelstellings
van die Party van Arbeid word die morele betekenis van die kerk erken: “De partij ziet het als een taak van de overheid om aan de kerken de
vrijheid te waarborgen hun roeping te vervullen met betrekking tot de verkondiging van hun boodschap, hun dienstbetoon aan de wereld en
het spreken van hun word ook over het staatkundige en maatschappelijke leven.” Aangehaal in J de Bruijn “Van Pieter ‘t Hoen tot Joop van
den Ende. Tweehonderd Jaar Publieke Moraal in Nederland” in: J de Bruijn et al. (reds) Geen Heersende Kerk, Geen Heersende Staat. De
Verhouding tussen Kerken en Staat 1796-1996 (1998) 107.
23
J de Bruijn Kerk en Recht 62-65.
24
J de Bruijn Kerk en Recht 66-67.
20
14
2.3.2
Die skeiding van kerk en staat in die 21ste eeu
Godsdiensvryheid in Nederland word gewaarborg deur artikel 6 van die Nederlandse
Grondwet en artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and
Fundamental Freedoms (Europese Konvensie).25 Artikel 6 bepaal soos volg:
1
Ieder heeft het recht zijn godsdienst of levensovertuiging, individueel of in gemeenschap met
anderen, te belijden, behoudens ieders verantwoordelijkheid volgens de Wet.
2
De Wet kan ter zake van de uitoefening van dit recht buiten gebouwen en besloten plaatsen
regels stellen ter bescherming van de gezondheid, in het belang van het verkeer en ter
bestrijding of voorkoming van wanordelijkheden.
In die konteks van die grootskaalse Grondwet-hersiening van 1983, blyk dit dat alle
grondregte ook aan regspersone, groepe en organisasies regte en aansprake verleen in die
mate waartoe die aard van die reg dit toelaat, in ooreenstemming met artikel 8(2) van die
Suid-Afrikaanse Grondwet. Gevolglik verwys artikel 6 na “in gemeenschap met anderen” en
kan kerkgenootskappe hulle ook op hierdie artikel beroep. Hierdie “kollektiewe” aard van die
reg op godsdiensvryheid vind ook neerslag in artikel 9 van die Europese Konvensie en sowel
die Europese Kommissie26 as die Europese Hof27 bevestig hierdie standpunt. Die heersende
debatte in Nederland rakende die plek van godsdiens in die openbare sfeer en die verhouding
tussen kerk en staat, word egter grootliks gelei deur die huidige kwessies met betrekking tot
Nederland as multikulturele samelewing en die integrasiebeleid. Ook die opkoms van
sekularisme (Laicite), waarvolgens meer en meer aandag geskenk word aan ´n sekulêre
samelewing met ´n neutrale publieke ruimte en waarvolgens daar geen inmenging deur die
staat in godsdienstige aangeleenthede is nie en ook geen godsdienstige betrokkenheid in
owerheidsaangeleenthede of in die openbare sfeer is nie, speel ´n rol.
Teenoor die Laicite plaas Loenen28 ´n sterk vorm van religieuse pluralisme waardeur
maksimale ruimte verleen word aan die uiting van godsdiens in die openbare sfeer en
waardeur elkeen vry is om volgens sy eie godsdienstige oortuigings te leef. Sy voer aan dat
hierdie sterk vorm van pluralisme nie opvallend in Europa voorkom nie en dat die
25
European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998).
“When a Church body lodges an application under the Convention, it does so in reality on behalf of its members. It should therefore be
accepted that a church body is capable of possessing and exercising the rights contained in Art. 9(1) in its own capacity as a representative
of its members.” Sien Europese Kommissie 5 Mei 1979, Jaarboek XXII (1979) 246 (Pastor X and Church of Scientology v Sweden);
Europese Kommissie 14 Julie 1987, Besluite en Verslae 53 (1978) 246 (A.R.M Chappel v United Kingdom).
27
“[A]n ecclesiastical or religious body may, as such, exercise on behalf of its adherents the rights guaranteed by Article 9 of the
Convention.” Sien Europese Hof 27 Junie 2000, AB 2001, 116 (Cha’are Shalom Ve Tsedek v Frankrijk).
28
T Loenen Geloof in Geding. Juridische Grenzen van Religieus Pluralisme in het Perspectief van de Mensenrechten (2006) 11-16.
26
15
Nederlandse kerk-staat-verhouding ´n posisie tussen dié van Laicite en religieuse pluralisme
inneem, hoewel dit oorwegend aansluit by dié van sterk religieuse pluralisme.
Die verskillende interpretasies van die kerk-staat-verhouding het sterk na vore gekom in die
teenstrydige benaderings geopper in 2003 in die pers deur die destydse Amsterdamse
burgermeester Cohen, en die voormalige Franse president Chirac, soos geïllustreer deur Ten
Hooven.29 Hoewel beide ´n oproep doen op die skeiding van kerk en staat, is dit opmerklik
dat beide tot teenstrydige gevolgtrekkings kom. Frankryk, by monde van Chirac,30 is duidelik
´n voorstander van die skeiding tussen kerk en staat, op die beginsel van Laicite en
godsdiensneutraliteit. Binne sy interpretasie van hierdie begrippe laat hy homself duidelik uit
teen enige religieuse deelname en uitinge in byvoorbeeld skole, siende dat die skool ´n
“republikeinse heiligdom” is.31 Cohen, aan die ander kant, is ook ´n voorstander van die
skeiding tussen kerk en staat, maar met ´n ander interpretasie van Laicite of godsdiensneutraliteit as Chirac, want volgens hom maak dit juis ´n staat partydig wanneer godsdiens tot
die privaat sfeer teruggedwing word. Volgens hom moet die staat neutraal wees, maar steeds
´n openbare ruimte waarborg vir die gelyke deelname deur verskillende godsdienstige
gemeenskappe.32
Die onlangse debatte oor en toepassing van ´n verbod deur verskeie Europese lande ten
aansien van die dra van gesigsbedekkings (boerkas) deur Moslemvroue in die openbaar sluit
aan by die moeilike debat van godsdienstige pluralisme en godsdienstige neutraliteit.
Malherbe33 staan krities teenoor die begrip “neutraliteit” en voer aan dat dit ´n distansiëring
van godsdiens beteken eerder as ´n gelyke of billike akkommodering daarvan en gevolglik
word so ´n “neutrale” benadering deur sekulêre vertrekpunte onderlê. In die Nederlandse
29
M ten Hooven “Religie verdeelt Nederland. Een Oude Scheidslijn in een Nieuwe Gedaante” in M ten Hooven en T de Wit (reds)
Ongewenste Goden. De Publieke Rol van Religie in Nederland (2006) 13-37.
30
J Chirac Over de Scheiding van Kerk en Staat, Rede uitgespreek op 17 December 2003, www.elysee.fr, ook beskikbaar by
http://www.liberales.be/essays/chirac.
31
Hy verklaar soos volg: “De scheiding van kerk en staat moet vooral gelden op school. De school is de plaats bij uitstek waar onze
gezamenlijke waarden worden verworven en overgedragen. Daar wordt de republikeinse idee gevormd. Het is de plaats waar vrije en
kritische burgers gevormd worden. Waar de sleutel wordt aangereikt tot zelfontplooiing, waar aangeleerd wordt om het eigen lot in handen
te nemen en waar iedereen een brede waaier aan mogelijkheden krijgt aangereikt. De school is een republikeins heiligdom dat we moeten
verdedigen, om de gelijkheid te bewaren met betrekking tot de verwerving van de waarden en van de kennis, de gelijkheid tussen meisjes en
jongens, het gemengd zijn van alle onderwijs, en in het bijzonder van de sport.”
32
Cohen verklaar soos volg:
“Alleen een seculiere staat creëert de ruimte voor de grote diversiteit die het kenmerk is van de moderniteit en de moderne stedelijke
samenleving. Alleen in een seculiere staat is een bepaalde mate van coëxistentie tussen verschillende groepen en individuen mogelijk.
Alleen in een seculiere staat met een democratische ordening kan een publieke ruimte ontstaan om de verschillende uitgangspunten van de
verschillende bevolkingsgroepen te articuleren en uit te onderhandelen. Want alleen in een seculiere staat is, om met Thorbecke te spreken,
‘de eenheid van de staat, en de gelijkheid voor het recht’ [15] gewaarborgd. Dat doet de seculiere, democratische staat, door een belangrijk
principe boven alles te stellen: het respect voor de fundamentele rechten van een ieder, zonder onderscheid des persoons. Dat principe
impliceert dat de vrijheden van de één ook voor de ander gelden, mits men zich aan de wet houdt. Totdat die vrijheden botsen – dat is niet
erg, dat hoort zo in een democratie, waarin we over onze verschillen onderhandelen totdat ze met elkaar in overstemming worden gebracht
of wij die verschillen aanvaardbaar achten of aanvaarden.” J Cohen “Scheiding van Kerk en Staat in die 21 ste Eeuw” Willem van Oranje
lesing, 1 Junie 2004, beskikbaar by www.amsterdam.nl/cohen/toespraken.
33
R Malherbe “Enkele Kwelvrae oor die Grondwetlike Beskerming van die Reg op Godsdiensvryheid” 2006 NGTT 194-195.
16
regspraak tref ons verskeie voorbeelde aan ten aansien van die verbod op boerkas, soos beslis
deur onder andere die Kommissie vir Gelyke Behandeling (Commissie Gelijke Behandeling
– CGB). Ten opsigte van openbare skole is die Kommissie van mening dat die openbare
onderwys ruimte moet laat vir alle godsdienstige of geestelike oortuigings, insluitende die dra
van ´n boerka, mits die betrokkenes die openbare karakter van die skool onderskryf. 34
Met betrekking tot besondere onderwys volg die CGB ´n ietwat ander benadering. ´n
Protestantse of Rooms-Katolieke skool mag byvoorbeeld die dra van ´n boerka verbied,
indien aangetoon kan word dat die verbod nodig is vir die verwesenliking van die spesifieke
grondslag van die skool, anders word daar geag dat die skool ongeoorloofde onderskeid op
godsdienstige gronde maak. ´n Privaat skool met ´n spesifieke godsdienstige karakter mag
dus godsdienstige uitinge verbied, ten einde gevolg te gee aan die bepaalde godsdienstige
identiteit van die skool.35 Daar word aangevoer dat die uitsprake van die CGB inhoudelik
verskil van dié van die Europese Hof vir Menseregte, aangesien die CGB die vraag eerder uit
die hoek van diskriminasie benader as uit die perspektief van die reg op godsdiensvryheid.
Gevolglik sal die CGB nie sommer ´n verbod op ´n boerka toestaan nie. So beslis die CGB
byvoorbeeld in April 2011 dat ´n Volendamse Katolieke skool diskrimineer deurdat ´n
Islamitiese leerling geen hoofdoek mag dra nie. Die CGB kom tot hierdie gevolgtrekking
deur sy beslissing te baseer op diskriminasie eerder as op die reg tot vryheid van godsdiens.
Die Nederlandse howe en die Europese Hof36 is meer geneig om ´n verbod op ´n boerka toe
te staan, gesien in die lig van godsdiensvryheid. So gesien sal die Katolieke skool toegelaat
word om die dra van ´n hoofdoek te weier, slegs indien dit in stryd is met die Katolieke
karakter van die skool.
Die begrip “neutraliteit” in Nederlandse skole word byvoorbeeld gewaarborg deur
pluralisme, eerder as eenvormigheid. Volgens die Nederlandse interpretasie van die begrip
“neutraliteit” word alle godsdienstige oortuigings gelyk behandel. In Turkye, byvoorbeeld,
word alle godsdienstige uitinge in die openbare ruimte (soos die dra van die boerka) verbied.
Die dra van die boerka is ook in Frankryk en meer onlangs ook in België verbied. Die dra van
die boerka word gesien as ´n godsdienstige uiting wat binne die beskerming van die reg op
godsdiensvryheid behoort te val. In April 2011 het die Franse Parlement egter ´n resolusie
aanvaar in terme waarvan die dra van boerkas deur Moslemvroue in die openbaar verbied is.
34
Oldenhuis Schurende Relaties 47.
Oldenhuis Schurende Relaties 48-49.
36
Sien byvoorbeeld Europese Hof 15 Februarie 2001, saak 42393/98 (Dahlab v Zwitserland).
35
17
Lord Pannick37 is van mening dat die Europese Hof van Menseregte die verbod as ´n
inbreukmaking op artikel 9 van die Europese Konvensie behoort te vind. Hy meen “[t]here is
no public interest to weigh against the manifestation of religious beliefs” en “only the unease
of the non-believer that women should wish so to conceal themselves from the public”. ´n
Moslempaartjie van Frankryk het op 9 Junie 2011 ´n klag ingedien by die Europese Hof ten
aansien van die boerka-verbod in Frankryk en die hof se uitspraak kan ´n baie belangrike
beslissing wees met betrekking tot die beperking van die reg op godsdiensvryheid. België het
Frankryk se voorbeeld gevolg en op 23 Julie 2011 dieselfde verbod ingestel. In Nederland is
die standpunt egter dat:
“[d]e pluriformiteit van de samenleven juist bevorderd [word] door uitingen van religieuze gevoelens
niet te verbieden. In Nederland wordt de neutraliteit gefaciliteerd door pluformiteit, in Turkije door
uniformiteit.”38
Dit is ook hierdie benadering ten aansien van godsdienstige neutraliteit wat voorgestaan word
in Suid-Afrika wat gekenmerk word deur ´n ryke verskeidenheid van godsdienstige
opvattinge, gebruike en praktyke wat gerespekteer behoort te word binne die reg op
godsdiensvryheid. Vervolgens word na die posisie in Suid-Afrika gekyk.
2.4
DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN SUID-AFRIKA
2.4.1
Historiese oorsig
In Suid-Afrika het die regering tussen 1652 en 1795 ´n Konstantynse benadering gevolg ten
opsigte van die “Kerk” in Suid-Afrika, ´n benadering van nie net alleen beskerming van die
kerk nie, maar ook beheer oor die kerk. Soos uitgedruk deur Hiemstra:39
“The basic structure proposed by the Constantinian model is that political authorities are understood to
be dominant over church authorities. Firstly, this means political authorities often assist, influence, and
sometimes fully control church authority. Secondly, the state’s control includes advancing and
supporting ‘true religion’ through the use of its coercive power.”
In 1795 word die Kaap vir die eerste keer deur die Engelse oorgeneem en die besetting duur
tot 1803 waarna die Kaap weer onder Nederlandse heerskappy kom in die vorm van die
Betaafse Republiek van 1804-1806. JA de Mist word aangestel as Kommissaris-Generaal en
37
Would the Burqa Ban Stand up at the European Court? (2011) Beskikbaar by http://www.defence.pk/forums/world-affairs/103681-wouldburqa-ban-stand-up-european-court.html. 15 Oktober 2011.
38
Oldenhuis Schurende Relaties 52.
39
JL Hiemstra “Church, State and the Kingdom of God, an Overview” (2005) 2 REC Focus 28.
18
met die publikasie van die “Kerkorde van De Mist” het De Mist die mening gehuldig dat
geen georganiseerde samelewing sonder godsdiens kan bestaan nie. Hoewel hy hom verbind
het tot die hoogste vorm van beskerming van die kerk deur die regering, kon hy dit egter
slegs doen binne die grense van “firm and just principles” wat volgens hom bestaan het binne
die regsorde van die staat:
“Regelmatige wetten en Orderes, zonder welke ook de beste en nuttigste instellingen op de duur
onbestaanbaar zyn, en, het einde uitloopen op verwarring, scheuring en verdeeldheden tot verderf van
den Staat.”40
Die effek van die “Kerkorde van De Mist” was nie een van skeiding tussen kerk en staat nie,
maar eerder een van beheer van die staat oor die kerk met die gevolglike totale
ondergeskiktheid en onderworpenheid van die kerk aan die staat. Dit sou selfs kon aanleiding
gee tot een van die eerste sieninge van die kerk as ´n blote vrywillige organisasie. Jooste41 is
van mening dat De Mist inderdaad aanleiding gegee het tot ´n totale herkonseptualisering van
die “Kerk” as niks meer as ´n blote vrywillige vereniging nie. Teen 1806 sien ons ´n verdere
verandering in die verhouding tussen kerk en staat – ´n skuif van beheer oor die kerk deur die
Nederlandse regering tot een van beheer deur die Engelse regering. Op 22 Julie 1843 word ´n
ordonnansie deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk opgestel en aan die Wetgewende
Raad voorgelê:
“[A] code of law more adapted to the present circumstances of the Church and the Colony, than those
comprised in the Church Ordinance of Commissioner-General De Mist.”42
Van spesifieke belang vir die toekomstige posisie van die kerk was artikel 8 van die
Ordonnansie.43 Volgens artikel 8 word bepaal dat “all church laws and regulations will
legally be seen as the laws of a mere voluntary association, which are legally binding only on
them who voluntary subject themselves to the said laws and regulations”. [Eie kursivering.]
In ´n verslag van sir William Porter, rakende die Ordonnansie, word hierdie benadering selfs
duideliker gestel:
“The Church laws are to be viewed as the rules of a mere voluntary association. It is not said, indeed
that the D.R. Church is such a mere voluntary association; a position which her members would deny
40
P Coertzen “The Position of Churches in South Africa under a New Constitution” in H Warnink (ed) Legal Position of Churches (2001)
37-38.
41
JP Jooste Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Potchefstroom, Sinode Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (1958)
15.
42
P Coertzen Legal Position of Churches 39.
43
Ordonnansie nr. 7 van 1843.
19
and which it would have been improper to lay down. But to declare that her legislation shall be
judged of just as if she were such an association, is, I conceive a sound principle and with a
legislation so limited, she cannot possibly do harm.”44
Die invloed van die Engelse reg en hierdie benadering vind ook uiting in die beslissings van
die howe. In die 1922-saak van Bredell v Pienaar and others,45 word die Nederduitse
Gereformeerde Kerk deur Regter Watermeyer omskryf as ´n vrywillige vereniging, uit
hoofde van paragraaf 8 van die Ordonnansie,46 en gevolglik moet die reëls en regulasies van
die kerk gesien word as synde dié van ´n vrywillige vereniging.47 Dit word ook bevestig in
die latere uitspraak van Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika.48 In laasgenoemde bevestig die hof dat kerke nog altyd in ons regspraak op dieselfde
grondslag as vrywillige verenigings behandel is en baseer dié beslissing ook op die 1843Ordonnansie wat bepaal dat die N.G. Kerk in Suid-Afrika se reëls en regulasies:
“shall be regarded in law in like manner as the rules and regulations of a merely voluntary association,
and shall be capable of affecting the persons or properties of such persons only as shall be found in the
course of any action or suit before any competent Court to have subscribed, agreed to, adopted or
recognised the said rules and regulations or some of them in such manner as to be bound thereby in
virtue of the ordinary legal principles applicable to cases of express or implied contract.”
Die tydperk tot en met 1994, wat insluit die Uniewording in 1910, die bewindoorname deur
die Nasionale Party en die gepaardgaande afdwinging van die “apartheids”-beleid in 1948 en
die Republiekwording in 1960, is steeds gekenmerk deur die toepassing van die vroeëre
Konstantynse benadering in ´n meerdere of mindere mate. Kerke en geloofsgemeenskappe
het geen ware vryheid van godsdiens geken gedurende hierdie tydperk nie.49
2.4.2
´n Nuwe benadering
Artikel 15(1) van die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet50 bepaal soos volg:
“Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.”
Artikel 31 bepaal verder:
44
FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas
in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 348.
45
Bredell v Pienaar and others 1922 CPD 578 op 581.
46
Ordonnansie nr. 7 van 1843.
47
JD van der Vyver “Religion” in WA Joubert en TJ Scott (eds) LAWSA (2003) 23 op 150-151.
48
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) 25G. Vir die feite van die Theron-beslissing sien
p 227.
49
P Coertzen “Grappling with Religious Differences” 2008 BYU L. Rev 785-788.
50
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,1996.
20
(1)
Persone wat aan ´n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die reg ontsê word om
saam met ander lede van daardie gemeenskap(a)
hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en
(b)
kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te
vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
(2)
Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ´n wyse wat met enige bepaling van die
Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
Artikel 15 saamgelees met artikel 31, verskans ´n reg tot individuele godsdiensvryheid sowel
as ´n reg tot institusionele godsdiensvryheid. Dit blyk in ooreenstemming te wees met artikel
18 van die Universele Verdrag van Menseregte wat bepaal dat:
“Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes freedom to
change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or
private, to manifest his religion or belief in teaching, practice, worship and observance.”
Opmerklik in bogenoemde bepaling is die uitdruklike verwysing na en insluiting van die reg
om van geloof of godsdiens te verander en hierdie bepaling is gevolglik opgeneem in die
Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede.51 In die algemeen gesien eis
artikel 18 die beskerming van godsdienstige optrede bestaanbaar met die (individuele en
institusionele) uitoefening van die reg op vryheid van denke, gewete en godsdiens. Die SuidAfrikaanse Grondwet se beskrywing van godsdiensvryheid is dus betreklik vaag in
vergelyking met die Universal Declaration of Human Rights (Universele Verklaring)52 en die
Europese Konvensie.53 Dit plaas ´n groot verantwoordelikheid op geloofsgemeenskappe
enersyds en die regering by monde van die howe andersyds wanneer dit gaan oor die
interpretasie van die inhoud van hierdie reg. Godsdiensgemeenskappe moet in die
51
Sien die bespreking op bladsy 22 vir inligting rakende die agtergrond en totstandkoming van die Handves.
Artikel 1 en 2 van die Handves bepaal soos volg:
(1)Elke persoon (waar toepaslik in hierdie Handves sluit “persoon” ´n godsdiensinstelling in), het die reg om volgens hulle eie godsdienstige
of filosofiese oortuigings te glo en te kies watter geloof, wêreldbeskouing, godsdiens, of godsdiensinstelling om te onderskryf, daarby te
affilieer of daaraan te behoort.
(2)Niemand mag gedwing word om te glo, wat om te glo of nie te glo, of daarvolgens te handel nie.
Elke persoon het die reg om van geloof, godsdiens, oortuiging of godsdiensinstelling te verander, of ´n nuwe godsdiensgemeenskap of
godsdiensinstelling te vorm.
Elke persoon mag op grond van hulle geloofs- of ander oortuigings weier om aan bepaalde aktiwiteite deel te neem, byvoorbeeld van
militêre of opvoedkundige aard, of sekere mediese behandeling te ontvang, of bepaalde pligte uit te voer of dienste te lewer, insluitende
mediese dienste of prosedures.
52
53
Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948).
European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998).
21
afwesigheid van ´n duidelike inhoud van godsdiensvryheid hulle eie regte en geloofsidentiteit
formuleer binne die beperkings van die Grondwet en die algemene reg, en die regering en die
howe moet in die afwesigheid van sodanige formulering deur geloofsgemeenskappe, inhoud
aan die reg op godsdiensvryheid gee deur middel van hofbeslissings op ´n ad hoc-basis soos
die omstandighede dit vereis. Artikel 234 van die Grondwet laat ruimte vir
geloofsgemeenskappe om inhoud te gee aan die reg op godsdiensvryheid deur die
moontlikheid van die formulering van ´n Handves van Godsdiensregte. Artikel 234 bepaal
soos volg:
“Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement
Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.”
Sodanige Handves verkry dan die regskrag van wetgewing en kan beide die staat en
geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika ondersteun met die interpretasie van die inhoud en
grense van die reg op godsdiensvryheid. Verskeie ander regte in die Handves het reeds
inhoud gekry deur middel van wetgewing, soos byvoorbeeld die Wet op die Bevordering van
Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wat inhoud gee aan artikel 33: die reg op
administratiewe geregtigheid. Op 21 Oktober 2010 is ´n Suid-Afrikaanse Handves van
Godsdiensregte en -vryhede onderteken en ´n Suid-Afrikaanse Raad vir die Bevordering en
Beskerming van Godsdiensregte in die lewe geroep. Die Grondwet van die Raad is
aangeneem tydens die eerste Algemene Vergadering gehou op 21 September 2011 by die
Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch. Die hoop is om die Handves
binnekort aan die Parlement voor te lê.54 Die Handves maak voorsiening vir onder andere die
reg om te glo of nie te glo nie (insluitende die reg tot vryheid van assosiasie),55 die reg om
godsdiens uit te leef en te beoefen,56 die reg op beskerming deur die staat en die verpligtinge
van die staat ten aansien van godsdiensregte (insluitende institusionele godsdiensvryheid),57
die reg op onderwys in ooreenstemming met godsdienstige oortuigings,58 die reg op bepaalde
huweliks-, familie- en persoonsregtelike tradisies,59 die vryheid van uitdrukking, propaganda
en godsdienstige waardigheid,60 die reg om vrywillige finansiële ondersteuning en bydraes te
54
´n Resente kopie van die Handves word as addendum tot die bespreking toegevoeg.
Artikel 1-2.
Artikel 4.
57
Artikel 3, 9.
58
Artikel 7-8.
59
Artikel 5.
60
Artikel 6.
55
56
22
werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer61 en die reg om liefdadigheidswerk in die
gemeenskap te doen.62
Bogenoemde Handves wat inhoud gee aan die reg op godsdiensvryheid, is dus ´n belangrike
instrument om die verhouding tussen kerk (godsdiens) en staat in Suid-Afrika verder te
reguleer. Artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Grondwet sluit egter ook artikel 15(2)63 en
15(3)64 in. Du Plessis65 voer aan dat die blote insluiting van bogenoemde bepalings, spesifiek
artikel 15(2):
“contradicts any depiction of the South African State as a secular State. South Africa is rather a
religion-neutral State whose constitutional provisions on the right to religious freedom sustain religion
without preferring any particular faith or denomination.”66
Artikel 15(2) stel drie vereistes vir godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde
instellings, naamlik nakoming van reëls wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is;
dat dit op billike grondslag geskied; en dat bywoning daarvan vry en vrywillig is. Staats- of
staatsondersteunde instellings sluit in skole, hospitale, gevangenisse en so meer. Artikel
15(2) het ´n wesenlike impak op die verhouding tussen staat en kerk, en spesifiek op die
verhouding tussen die Staat en geloofsinstellings in Suid-Afrika. Dit blyk ´n groot probleem
te wees vir geloofsinstellings in Suid-Afrika, aangesien toepaslike reëls deur die openbare
gesag gemaak word en moontlik ´n inbreukmaking of beperking van die institusionele reg op
godsdiensvryheid tot gevolg kan hê. Dit is gevolglik nie vreemd dat hierdie vrese opgeneem
is in die bewoording van die voorgestelde Handves van Godsdiensregte nie.67 Geen reg in die
61
Artikel 11.
Artikel 12.
63
(2) Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits(a) daardie beoefening reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is;
(b) dit op billike grondslag geskied; en
(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.
64
(3) (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan(i) huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of ´n stelsel van godsdiens-, persone- of familiereg nie; of
(ii) stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur persone wat ´n besondere godsdiens
aanhang nie.
(b) Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die Grondwet bestaanbaar wees.
65
LM du Plessis “Current Problems Concerning Church and State Relationships and Religious Freedom in South Africa. The Viewpoint of a
Constitutional Lawyer” in H Warnink (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy (2001) 19 en verder.
66
Sien verder JD van der Vyver “Godsdiensvryheid: Sekularisasie of Politieke Neutraliteit?” 2000 Woord en Daad 3-5.
67
“ 9. Elke godsdiensinstelling het die institusionele reg op godsdiensvryheid.
Elke godsdiensinstelling het die outonomie om hulle eie belydenisse, leerstellinge en kerklike ordes vas te stel, oor alle
leerstellige en Kerkordelike sake self te besluit en hulle eie interne sake, insluitende organisatoriese strukture en prosedures, die
aanwysing, diensvoorwaardes en ontslag van ampsdraers, en lidmaatskapvereistes, te reël.
Elke godsdiensinstelling word erken en beskerm as ´n onafhanklike nie-staatlike instelling teenoor wie die staat ´n positiewe
onpartydige en akkommoderende houding handhaaf.
Die staat moet die outonomie van elke godsdiensinstelling eerbiedig en nie leerstellige en Kerkordelike sake reguleer of aan
enige godsdiensinstelling daaroor voorskryf nie. Dit sluit in dat die howe nie oor leerstellige en Kerkordelike sake uitspraak
lewer nie.
Elke godsdiensinstelling onderwerp hulle aan die reg van die land en moet hulle outonome optrede op grond van hulle
geloofsoortuigings of leerstellinge en binne die raamwerk van die reg van die land kan verantwoord.
62
23
Handves geld egter absoluut nie en so kan die reg op godsdiensvryheid ook beperk word aan
die hand van die algemene beperkingsklousule vervat in artikel 36 van die Grondwet tot die
mate wat dit redelik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing. Sekere
faktore moet dan in ag geneem word om te bepaal of die beperking redelik en regverdigbaar
is, wat insluit die aard van die reg, die belangrikheid van die doel van die beperking, die aard
en die omvang van die beperking, die verband tussen die beperking en die doel daarvan en
ten slotte die vraag of daar ´n minder beperkende manier is om die doel te verwesenlik. Wat
betref institusionele godsdiensvryheid, is artikel 3168 van groot belang.
Hierdie bepaling beklemtoon die reg van godsdiensgemeenskappe om hulle godsdiens te
geniet en te beoefen en om organe van die burgerlike samelewing te vorm en te organiseer.
Verder bepaal artikel 8(4) van die Grondwet dat ´n regspersoon eweneens geregtig is op die
regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van
daardie
regspersoon
dit
vereis.
Ingevolge
die
gemenereg
word
georganiseerde
godsdiensgemeenskappe as regspersone gesien en sluit dit alle genootskappe, denominasies
en plaaslik georganiseerde gemeentes in soos duideliker sal blyk uit die volgende bespreking
in Hoofstuk 3. Van bykomende belang in hierdie verband is artikel 18 van die Universele
Verklaring wat bepaal dat “this right includes freedom to change his religion or belief, and
freedom, either alone or in community with others and in public or private, to manifest his
religion or belief in teaching, practice, worship and observance”. Dit beklemtoon dus ook die
kollektiewe aard van die reg deur saam met ander te aanbid en te bely en godsdienstige
oortuigings te deel en te onderhou. Artikel 7(2) van die Grondwet bepaal uitdruklik dat die
Staat die regte in die Handves van Regte nie net moet eerbiedig en beskerm nie, maar ook
moet bevorder en verwesenlik. Gevolglik word Suid-Afrika nie gesien as ´n sekulêre staat
nie, maar eerder as ´n godsdiensneutrale staat wat voorsiening maak vir die verskansing van
godsdiensregte sonder om aan ´n spesifieke geloof of geloofsbelydenis voorkeur te gee.
Hoewel die staat dus nie soseer “godsdienstig” is nie, word ruimte gelaat vir die bevordering
en verwesenliking van godsdiens.
10. Elke godsdiensinstelling as regspersoon het die reg om in die regsverkeer op te tree, byvoorbeeld deur kontrakte te sluit,
eiendom aan te skaf te onderhou en van die hand te sit en toegang tot die howe te verkry. Die staat mag belasting- en ander
voordele aan godsdiensinstellings toestaan.
11. Elke persoon het die reg om vir godsdienstige doeleindes vrywillige finansiële en ander vorme van ondersteuning en bydraes
te werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer.
12. Elke persoon het die reg om op godsdienstige of ander gronde noodlenigings-, opheffings- en liefdadigheidswerk in die
gemeenskap te doen, liefdadigheids- en welsynsorganisasies te stig, te onderhou en daartoe by te dra, en fondse vir hierdie doel te
werf, te ontvang, te bestuur en te spandeer.”
68
Sien p 20-21.
24
Suid-Afrika is, soos Swanepoel69 tereg opmerk, “nie ´n sogenaamde sekulêre staat wat
godsdiensonverskillig is nie, maar een waarin daar in die Grondwet op verskeie wyses aan
godsdiens erkenning verleen word”. Hierdie siening het verder aandag geniet in verskeie
beslissings deur die Suid-Afrikaanse howe, wat later in meer besonderhede bespreek sal
word. Die inhoud van die Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede is ook in
ooreenstemming met internasionale dokumente en verdrae, soos die Declaration on the
Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief,70
en die Declaration in the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and
Linguistic Minorities71 wat inhoud gee aan die reg op godsdiensvryheid soos vervat in
verskeie internasionale dokumente.72 Gevolglik sal aandag gegee word aan enkele belangrike
bepalings wat ook in die Suid-Afrikaanse Handves opgeneem is.
2.5
INTERNASIONALE EN EUROPESE TOEPASSING
Artikel 18 van die Universele Verklaring van 194873 bepaal:
“Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes freedom to
change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in public or
private, to manifest his religion or belief in teaching, practice, worship and observance.”
Die elemente van hierdie artikel sluit in die reg om te glo, die reg om van geloof te verander
en die reg om geloof en godsdiens uit te leef. Opmerklik in bogenoemde bepaling is die
uitdruklike verwysing en insluiting van die reg om van geloof of godsdiens te verander en
hierdie bepaling is gevolglik opgeneem in die voorgestelde Handves van Godsdiensregte vir
Suid-Afrika.74 Dit is ook verder opgeneem in die International Convention on Civil and
69
J Swanepoel “Tendense in die Interpretasie van Godsdiensregte” 2006 NGTT 201.
Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief, G.A. res. 36/55, 36 U.N.
GAOR Supp. (No. 51) at 171, U.N. Doc. A/36/684 (1981).
71
Declaration in the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities, adopted by the General
Assembly in its resolution 47/135 on 18 December 1992.
72
Artikel 18 van die Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948); Artikel 18 van
die International Convention on Civil and Political Rights, Artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and
Fundamental Freedoms, as amended by Protocol 11 (Nov. 1, 1998); Artikel 1 van die African [Banjul] Charter on Human and Peoples’
Rights, adopted June 27, 1981, OAU Doc. CAB/LEG/67/3 rev. 5, 21 I.L.M. 58 (1982), entered into force Oct. 21, 1986.
73
Universal Declaration of Human Rights, G.A. Res 217A (III), op 74, U.N Doc. A/810 (Dec.10, 1948).
74
(1)Elke persoon (waar toepaslik in hierdie Handves sluit “persoon” ´n godsdiensinstelling in), het die reg om volgens hulle eie
godsdienstige of filosofiese oortuigings te glo en te kies watter geloof, wêreldbeskouing, godsdiens, of godsdiensinstelling om te onderskryf,
daarby te affilieer of daaraan te behoort.
70
(2)Niemand mag gedwing word om te glo, wat om te glo of nie te glo, of daarvolgens te handel nie.
Elke persoon het die reg om van geloof, godsdiens, oortuiging of godsdiensinstelling te verander, of ´n nuwe godsdiensgemeenskap of
godsdiensinstelling te vorm.
Elke persoon mag op grond van hulle geloofs- of ander oortuigings weier om aan bepaalde aktiwiteite deel te neem, byvoorbeeld van
militêre of opvoedkundige aard, of sekere mediese behandeling te ontvang, of bepaalde pligte uit te voer of dienste te lewer, insluitende
mediese dienste of prosedures.
25
Political Rights van 1966 (ICCPR) as “freedom to have or adopt a religion or belief of his
choice”.75 Die reg om te glo word gesien as ´n absolute reg wat nie onderhewig is aan enige
beperkings nie, maar die gepaardgaande element van individuele of gesamentlike beoefening
of uitlewing van godsdienstige oortuigings kan kragtens die internasionale reg beperk word
slegs indien die beperking deur die reg voorgeskryf word en noodsaaklik is om die openbare
veiligheid, orde, gesondheid, moraal of fundamentele regte van ander te beskerm. 76 Die
Universele Verklaring bepaal verder dat elkeen ´n plig teenoor die gemeenskap het “in which
alone the free and full development of his personality is possible”.77 Geen reg of vryheid mag
ook uitgeoefen word teenstrydig met die beginsels van die Verenigde Nasies nie en volgens
artikel 10 word bepaal dat “nothing in this Declaration may be interpreted as implying for
any State, group or person any right to engage in any activity or to perform any act aimed at
the destruction of any of the rights and freedoms set forth herein”.
Op die Europese front vind ons die Europese Konvensie waarvan die toepassing en
interpretasie uitsluitlik geskied by wyse van die Europese Hof vir Menseregte (“Europese
Hof”) wat jurisdiksie het oor alle state wat die Konvensie onderteken het. Verskeie artikels in
die Konvensie is in ´n mindere of meerdere mate gerig op die vryheid van godsdiens. Artikel
9, 14 en artikel 2 van Protokol 1 verwys spesifiek na “godsdiens”. Artikel 9 erken die vryheid
van godsdiens, gewete en oortuiging en die gepaardgaande beperkings wat opgelê mag word
vir die uitlewing daarvan:
1. Everyone has the right to freedom of thought, conscience and religion; this right includes
freedom to change his religion or belief, and freedom, either alone or in community with others and in
public or private, to manifest his religion or belief, in worship, teaching, practice and observance.
2. Freedom to manifest one's religion or beliefs shall be subject only to such limitations as are
prescribed by law and are necessary in a democratic society in the interests of public safety, for the
protection of public order, health or morals, or the protection of the rights and freedoms of others.
Artikel 14 vervat die gelykheidsbeginsel en bepaal soos volg:
“The enjoyment of the rights and freedoms set forth in this Convention shall be secured without
discrimination on any ground such as sex, race, colour, language, religion, political or other opinion,
national or social origin, association with a national minority, property, birth or other status.”
75
International Convention on Civil and Political Rights, Artikel 9 van die European Convention for the Protection of Human Rights and
Fundamental Freedoms, Des 16, 1966, art 18(1).
76
Sien artikel 18(3) van die ICCPR en artikel 1(3) van die Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination
Based on Religion or Belief, Proclaimed by General Assembly resolution 36/55 of 25 November 1981.
77
Universele Verklaring artikel 29(1).
26
Verder verwys artikel 2 van Protokol 1 spesifiek na die reg op “godsdienstige” onderwys
deur te bepaal dat:
“No person shall be denied the right to education. In the exercise of any functions which it assumes in
relation to education and to teaching, the State shall respect the right of parents to ensure such
education and teaching in conformity with their own religions and philosophical convictions.”
In die algemeen word aanvaar, en dit blyk ook duidelik uit die regspraak van die Europese
Hof, dat die reg op godsdiensvryheid uit twee belangrike elemente bestaan. Enersyds verwys
dit na die reg om te glo, wat soos in die geval van die Universele Verklaring ´n absolute reg
is, en andersyds verwys dit na die meer relatiewe reg om van geloof of godsdiens te verander
en die reg tot beoefening of uitlewing van ´n bepaalde geloof of godsdiens. Die beperking
soos vervat in artikel 9(2) maak dit duidelik dat dit slegs van toepassing is op “freedom to
manifest one’s religion or beliefs”. Volgens die Europese Hof is die reg op godsdiensvryheid
(artikel 9) en die reg tot assosiasie (artikel 11), soos beskerm deur die Europese Konvensie,
slegs betekenisvol as dit ´n reg insluit tot “regstatus” van godsdienstige organisasies. Die hof
beslis in Sidiropoulus v Greece78 soos volg:
“The Court points out that the right to form an association is an inherent part of the right set forth in
Article 11 [freedom of association][...] That citizens should be able to form a legal entity in order to act
collectively in a field of mutual interest is one of the most important aspects of the right to freedom of
association, without which that right would be deprived of any meaning.”
Artikel 9 moet dus ook geïnterpeteer word in die lig van artikel 11, wat soos volg lees:
1.
Everyone has the right to freedom of peaceful assembly and to freedom of association with
others, including the right to form and to join trade unions for the protection of his interests.
2.
No restrictions shall be placed on the exercise of these rights other than such as are prescribed
by law and are necessary in a democratic society in the interests of national security or public
safety, for the prevention of disorder or crime, for the protection of health or morals or for the
protection of the rights and freedoms of others. This Article shall not prevent the imposition of
lawful restrictions on the exercise of these rights by members of the armed forces, of the
police or of the administration of the state.
Uit die regspraak van die Europese Hof rakende artikel 11, blyk dit dat die hof selfs gewillig
is om die reg van godsdienstige organisasies om ´n entiteit te registreer, en die gepaardgaande
78
Sidiropoulus v Greece 1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1614.
27
regstatus daarvan, te erken as deel van die reg op godsdiensvryheid.79 Lehnhof80 voer aan dat
verskeie faktore bydra tot die gevolgtrekking dat godsdienstige organisasies nie net geregtig
is op dieselfde mate van beskerming onder artikel 11 as ander organisasies nie, maar selfs ´n
hoër mate van beskerming geniet. Een van die faktore verwys na die sterk Europese tradisie
van “associative protection” wat aanleiding daartoe gee dat verskeie godsdienstige groepe en
organisasies “resist government policies that classify or register religious groups as the same
type of association as other, non-religious associations”.81 Dit is in ooreenstemming met die
sterk tradisie van godsdiensvryheid in Europa. Nie net word dit beskryf as “far-reaching and
profound” nie, maar daar is ook opgemerk dat:
“Civil and religious freedom are but two of the fundamental rights of man. Notwithstanding this, it
is sad to reflect that in many countries in Europe today those elementary freedoms are denied to
many citizens. If the Council of Europe achieves no other end than the guarantee of those two rights, it
will have justified its existence. There are many other rights to which citizens can bring an
indisputable claim, but to my mind they are merely subdivisions of those.”82
Uit artikel 9 is dit duidelik dat voorsiening ook gemaak word vir godsdiensuitoefening in
gemeenskap met ander en nie net privaat nie. Die Europese Hof bevestig in Hasan and
Chaush v Bulgaria83 dat “religious communities traditionally and universally exist in the
form of organized structures”. Die hof beslis verder in Manoussakis v Greece84 dat die reg op
godsdiensvryheid verder “excludes any discretion on the part of the State to determine
whether religious beliefs or the means used to express such beliefs are legitimate”.
Die Europese Hof het al tydens meer as een geleentheid uitdruklik beslis dat die reg op
godsdiensvryheid toegepas moet word in die lig van die reg op vryheid van assosiasie en
beklemtoon gevolglik die reg op godsdienstige assosiasie. In die saak van Hasan and Chaush
v Bulgaria85 is mnr Hasan verkies as die Hoofmoefti (Mohammedaanse priester) van die
Bulgaarse Moslems en as sodanig geregistreer deur die Bulgaarse Direktoraat van
Godsdienstige Gemeentes. Twee jaar later word ´n tweede moefti verkies en mnr Hasan
word, ten spyte van ´n beswaar, vervang as Hoofmoefti. Die Bulgaarse regering is van
79
Sien byvoorbeeld Freedom and Democracy Party v Turkey, App. No. 23885/94 (1999) op http://www.ochr.coe.int; United Communist
Party of Turkey and Others v Turkey, 1998-I Eur. Ct.H.R.1 vir die meer algemene reg op vryheid van assosiasie en Sidiropoulos v Greece,
1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1616-1617 waar die hof bepaal dat die reg op assosiasie ´n reg tot regstatus insluit.
80
L Lehnhof “Freedom of Religious Association: The Right of Religious Organizations to Obtain Legal Entity Status under the European
Convention” 2002 BYU L.Rev 581.
81
Lehnhof 2002 BYU L.Rev 582.
82
Sien Lehnhof 2002 BYU L.Rev 583.
83
Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 62 (2000) by http://www.ochr.coe.int.
84
Manoussakis v Greece 1996-IV Eur. Ct. H.R 1346, par 28.
85
Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96.
28
mening dat die Moslemgeloof in Bulgarye slegs een leier kan aanstel en gevolglik weier die
regering dus ook om meer as een wettige Moslemgemeente te erken. Die beslissing deur die
hof toon verder die belangrike verhouding tussen die reg op godsdiensvryheid (artikel 9) en
die reg op vryheid van assosiasie (artikel 11) aan. Die Bulgaarse regering het aangevoer dat
slegs artikel 11 van toepassing is en die reg op godsdienstige assosiasie nie deel vorm van die
reg op vryheid van godsdiens nie. Die hof pas egter artikel 9 toe en beslis soos volg:
“[...] religious communities traditionally and universally exist in the form of organised structures. They
abide by rules which are often seen by followers as being of a divine origin. Religious ceremonies have
their meaning and sacred value for the believers if they have been conducted by ministers empowered
for that purpose in compliance with these rules. The personality of the religious ministers is
undoubtedly of importance to every member of the community. Participation in the life of the
community is thus a manifestation of one’s religion, protected by article 9 of the Convention.”86
Dit is duidelik dat die reg op vryheid van assosiasie ´n onlosmaaklike komponent van die reg
op godsdiensvryheid is en dat selfs die weiering om ´n kerk te registreer ´n inbreukmaking
van die kerk se “institusionele” reg op godsdiensvryheid is. Die verband tussen die reg op
vryheid van assosiasie en die reg op godsdiensvryheid word verder deur die hof bevestig:
“Where the organisation of the religious community is at issue, Article 9 must be interpreted in the
light of Article 11 of the Convention which safeguards associative life against unjustified State
interference [...] Were the organisational life of the community not protected by Article 9 of the
Convention, all other aspects of the individual’s freedom of religion would become vulnerable.”87
2.6
GEVOLGTREKKING
Uit hierdie hoofstuk blyk dit duidelik dat Suid-Afrika nie gesien kan word as ´n staat wat
heeltemal godsdiensonverskillig is nie, maar as een waar die Grondwet in verskeie bepalings
aan godsdiens erkenning verleen. In Nederland blyk dit ook dat die skeiding tussen kerk en
staat geen streng skeiding is nie, maar daar word eerder ´n historiese Nederlandse benadering
tot die skeiding gevolg, in teenstelling met ´n streng Laicite-benadering. Nederland in die
21ste eeu toon dus geen streng sekulêre karakter nie. Dit is eerder ´n samelewing waarbinne
ruimte gegee word aan verskillende godsdienstige gemeenskappe om op gelyke voet deel te
wees van en deel te neem aan die burgerlike samelewing binne ´n model van pluralistiese
samewerking. Dit is duidelik dat die Europese Hof dan ook ten gunste is van ´n benadering
86
87
Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 par 62.
Hasan and Chaush v Bulgaria App. No. 30985/96 par 62.
29
waarvolgens godsdienstige pluralisme bevorder word eerder as om dit te elimineer, en beslis
soos volg in die saak van Serif v Greece:88
“Although the Court recognises that it is possible that tension is created in situations where a religious
or any other community becomes divided, it considers that this is one of the unavoidable consequences
of pluralism. The role of the authorities in such circumstances is not to remove the cause of tension by
eliminating pluralism, but to ensure that the competing groups tolerate each other.”
Hierdie benadering van die Europese Hof is dan ook meer in ooreenstemming met die SuidAfrikaanse benadering waarin ruimte gelaat word vir die bevordering en verwesenliking van
godsdiens. Die verpligting wat gevolglik op die staat rus om hom nie te bemoei met die
organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke godsdienstige organisasies
nie, spruit verder voort uit die reg tot “regstatus” van ´n godsdienstige organisasie wat gesien
word as ´n belangrike element van die reg op godsdiensvryheid. Hierdie aspek sal nou in
nadere besonderhede in die volgende hoofstuk bespreek word.
88
J Murdoch “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of Article 9 of the European Convention of
Human Rights” (2007) Human Rights Handbook No 9 44.
30
HOOFSTUK 3
3
DIE REGSTATUS VAN GODSDIENSTIGE ORGANISASIES
3.1
INLEIDING
Uit die vorige hoofstuk rakende die verhouding tussen kerk en staat het dit geblyk dat hierdie
verhouding sy grondslag vind in die belangrike beginsel van godsdiensvryheid en dat die reg
tot “regstatus” van ´n godsdienstige organisasie gesien word as ´n belangrike element van die
reg op godsdiensvryheid. Voorspruitend uit hierdie beginsel is die verpligting op die staat om
hom nie te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke
godsdienstige organisasies nie. Hierdie siening word bevestig deur die Europese Hof in die
saak van Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova.1 Volgens die reg van
Moldova “only recognised denomination has legal personality” en die hof beslis dat:
“[…] not being recognised, the applicant Church cannot operate. In particular, its priests may not
conduct divine service, its members may not meet to practice their religion and, not having legal
personality, it is not entitled to judicial protection of its assets. The court therefore considers that the
government’s refusal to recognise the applicant Church [...] constituted interference with the right of
the applicant Church and the other applicants to freedom of religion, as guaranteed by Article 9§1 of
the Convention.”
In Suid-Afrika is die kerk ook, net soos ander entiteite, gegrond op sy eie interne reëls en
regulasies. Volgens Appèlregter Jansen, in die toonaangewende saak van Theron v Ring van
Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA,2 is die geldigheid en effek van sodanige reëls en
regulasies nie afhanklik van die regspersoonlikheid van die betrokke liggaam nie, en vind
toepassing op gelyke grond binne die religieuse liggaam, ongeag of die liggaam oor
regspersoonlikheid beskik al dan nie. Hierdie bespreking sal fokus op die uitgangspunt dat
die bevoegdhede van kerke en ander religieuse liggame egter grootliks saamhang met die
vraag of hulle oor regspersoonlikheid beskik al dan nie. Indien ´n spesifieke kerk met
regspersoonlikheid beklee is, beskik dit oor verskillende regte en verpligtinge en kan dit
onder meer eiendom besit, deelneem aan regshandelinge en dagvaar en gedagvaar word in eie
naam.
1
2
Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova 45701/99 [2001] ECHR 860 (13 December 2001).
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 13.
31
Die bespreking sal verder fokus op bogenoemde regte en verpligtinge deur eerstens ´n
uiteensetting te gee van die verskillende kategorieë regspersone en die verdere erkenning en
benadering van die howe ten aansien van die kerk as regspersoon in die Suid-Afrikaanse Reg
en sy vergelykende posisie in Nederland. Ter afsluiting sal die bespreking kortliks fokus op
die posisie van die kerkraad, ring en sinode as afsonderlike regspersone en draers van sekere
regte en verpligtinge, asook die regspersoonlikheid van “zelfstandige onderdele” ten opsigte
van die Nederlandse “Kerkgenootschap”.
3.2
DIE VEREISTES EN BEPALING VAN REGSPERSOONLIKHEID
Regspersone kan gesien word as assosiasies van persone, oftewel sosiale entiteite, wat
onafhanklike bestaansreg het binne die reg. ‘n Regspersoon bestaan apart van sy lede en is in
eie reg die draer van regte, kompetensies en regsverpligtinge.3 Die regspersoon het verder die
vermoë om eiendom te besit en om as eiser of verweerder in enige regsaksie op te tree. Op
grond van sekere formaliteite wat nagekom moet word, word hoofsaaklik tussen drie
kategorieë van regspersone onderskei. In die eerste geval kan ´n regspersoon ontstaan deur
middel van toestemming vanaf owerheidsweë wat hoofsaaklik in wetgewing vervat is.4 Hier
word spesifiek gedink aan universiteite, soos die Universiteit van Pretoria5, of instansies soos
Eskom6 en Yskor.7 In die geval van verskeie kerkverbande is daar op dieselfde statutêre wyse
bepaal dat die kerk ´n regspersoon is. So word gesien dat die Apostoliese Geloofsending van
Suid-Afrika ingevolge artikel 3 van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van
Suid-Afrika 24 van 1961, soos gewysig deur Wet 4 van 1970, as regspersoon omskryf is:
“Die kerk is ´n regspersoon met ewigdurende regsopvolging, bevoeg om in sy eie naam as eiser en
verweerder in regte op te tree en om afsonderlik van sy lede regte te verkry en verpligtings aan te
gaan.”
Hierdie bepaling vind ook neerslag in artikel 3 van die Private Wet op die Metodistekerk van
Suider-Afrika 111 van 1978, waarin die Metodistekerk soos volg omskryf is:
“Die kerk soos oorspronklik ingestel en saamgestel ingevolge die wette in die Aanhef hierby genoem,
bly, ondanks die herroeping van gemelde wette, voortbestaan onder die naam ‘Die Metodistekerk van
Suider-Afrika’, en is ´n regspersoon met ewigdurende regsopvolging.
3
CJ Davel en RA Jordaan Personereg (1994) 3.
JD van der Vyver “Religion” in WA Joubert TJ Scott (ed) LAWSA Vol 23 (2003) par 151.
5
Opgerig kragtens artikel 4(1) van die Private Wet op die Universiteit van Pretoria 106 van 1990.
6
Opgerig kragtens artikel 1 van die Elektrisiteitswet 41 van 1987.
7
Opgerig kragtens artikel 2(1) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk 119 van 1979.
4
32
Die kerk kan as eiser en as verweerder in regte optree en kan sowel los- as vasgoed verkry, besit en
vervreem, en kan alle ander handelinge verrig en dinge doen wat regspersone regtens kan verrig en doen,
behoudens die bepalings van hierdie Wet of enige ander wetsbepaling.” [Eie kursivering.]
Beide wette is egter in 2008 herroep.8 In die tweede geval kan ´n regspersoon tot stand kom
deur te registreer ingevolge parlementêre wetgewing, soos die Maatskappyewet 71 van 2008.
Volgens Pienaar9 verwys beide bogenoemde gevalle na die tipe vereniging wat geklassifiseer
word as ´n statutêre vereniging. Hierdie statutêre verenigings sluit instansies in soos onder
andere banke, bouverenigings, sekere professionele verenigings en verenigings sonder
winsoogmerk.
As
´n
kerklike organisasie
bestudeer
word,
kan
die Christelike
Seemansorganisasie as voorbeeld dien. Hierdie organisasie het begin as ´n interkerklike
organisasie.
Sedert
1978
staan
hierdie
organisasie
bekend
as
die
Christelike
Seemansorganisasie en is ´n voorbeeld van ´n organisasie sonder winsoogmerk, wat
ingevolge die bepalings van die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk 71 van 1997
geregistreer is. Die Grondwet van hierdie organisasie maak dit ook duidelik dat die
organisasie beklee is met regspersoonlikheid, soos bepaal in artikel 2:
2. REGSPERSOONLIKHEID EN REGSAANSPREEKLIKHEID
2.1
Die CSO is ´n (fiktiewe) regspersoon, staan apart van sy lede en ampsdraers, met die
vermoë om regte te bekom en om as eiser of verweerder in enige regsaksies op te tree.
2.2
Die voortbestaan van die CSO as regspersoon word nie geaffekteer deur ´n verandering in sy
lidmaatskap of ampsdraers nie.
2.3
Lede en werknemers van die CSO het geen regte in die eiendom of enige bates van die
organisasie, uit hoofde van die feit dat hulle lede of werknemers van die CSO is nie.
´n Derde moontlikheid, wat dan veral van belang is vir hierdie bespreking, is die verkryging
van regspersoonlikheid deurdat daar aan die gemeenregtelike vereistes vir die totstandkoming
van regspersone voldoen is. In die geval van laasgenoemde, het dit betrekking op die
gemeenregtelike regspersoon, oftewel universitas. Op hierdie punt tref Pienaar10 verder
onderskeid tussen sodanige gemeenregtelike regspersone as verenigings wat korporatiewe
liggame is ingevolge die gemenereg (universitas) en oningelyfde verenigings. Hoewel ´n
universitas nie ingelyf is deur middel van wetgewing of deur registrasie nie, bly dit ´n
8
Sien onderskeidelik die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika No. 45 van 2008 en die Wet op
die Herroeping van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika No. 47 van 2008.
GJ Pienaar “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” 1998 PER/PELJ 152.
10
Pienaar 1998 PER/PELJ 152.
9
33
korporatiewe liggaam en kan daar nie na verwys word as ´n oningelyfde vereniging nie.11
Volgens die hof in Shillings CC v Cronje,12 verwys “oningelyf” na “an association which
does not have legal persona separate from its constituent”. Wat die gemeenregtelike
regspersoon betref, word daar gevolglik na die aard van die vereniging tesame met die
konstitusie en doel van die betrokke vereniging gekyk om te bepaal of dit dus wel ´n
gemeenregtelike regspersoon is, al dan nie. Dit is deur die hof soos volg uitgedruk:
“An association of individuals does not always require the special sanction of the State in order to hold
property and to sue in its separate name in South Africa. In order to determine whether an association
of individuals is a corporate body, which can sue in its own name, the court has to consider the nature
and the objects of the association as well as the constitution, and if these show that it possesses the
characteristics of a corporation or universitas, then it can sue in its own name.”13
Dus is ´n blote verwysing na die onderskeie organe as regspersone in die Kerkorde of
konstitusie voldoende vir die entiteit om met regspersoonlikheid beklee te word.14 Die howe
het egter geensins ´n konsekwente benadering gevolg met betrekking tot die erkenning van
die regspersoonlikheid van verskeie kerke en religieuse liggame nie, en dit is dus noodsaaklik
om verdere ondersoek in te stel na die benadering van die howe ten opsigte van die kerk as
regspersoon.
3.3
DIE HOWE SE BENADERING TEN AANSIEN VAN DIE KERK AS
REGSPERSOON
3.3.1
Die regsaard van die kerk en ander godsdienstige organisasies
So vroeg soos 1908, in die saak van Cassim v Molife,15 is aangevoer dat “[…] being a
religious body, the authorities are unanimous that it is ipso jure a universitas”. Dit blyk egter
duidelik uit vroeëre en latere beslissings deur die hof dat hierdie siening nie konsekwent of
selfs eenvormig toegepas is nie. Die howe is ook geensins eenvormig ten opsigte van die
regsimplikasies en eienskappe van sodanige regspersoon nie. In dieselfde jaar, in die saak van
Webb & Co Ltd v Northern Rifles,16 beskryf die hof ´n universitas as:
11
Pienaar 1998 PER/PELJ 152.
Shillings CC v Cronje 1988 (2) SA 402 (A) 419F.
13
Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229.
14
Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150.
15
Cassim v Molife 1908 TS 748 op 750.
16
Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 464-465.
12
34
“An universitas personarum in Roman-Dutch law is a legal fiction, an aggregation of individuals
forming a persona or entity, having the capacity of acquiring rights and incurring obligations to a great
extent as a human being.”
´n Onderskeid word verder getref tussen sodanige universitas en ´n blote vereniging van
persone. ´n Universitas is ´n entiteit wat apart bestaan van die lede wat dit vorm en wat die
bevoegdheid het om apart van die lede regte te kan kry en verpligtinge aan te gaan. 17 Verder
word gesien dat onder invloed van die Engelse reg, die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
wetgewing van die Britse koloniale regerings ook verder beskou is as ´n “vrywillige
vereniging”. In die 1922-saak van Bredell v Pienaar,18 word die Nederduitse Gereformeerde
Kerk deur Regter Watermeyer omskryf as ´n vrywillige vereniging, uit hoofde van paragraaf
8 van die Ordonnansie,19 en gevolglik moet die reëls en regulasies van die kerk gesien word
as synde dié van ´n vrywillige vereniging.20
O’Brien Geldenhuys21 is van mening dat die kenmerke van sodanige vereniging is dat lede
kontraktueel verbonde naas en teenoor mekaar staan en dat die regte en verpligtinge van die
lede onderling bepaal word deur die akte van oprigting, of die ooreenkoms waardeur die
vereniging in die lewe geroep word. Die vereniging bestaan voort, ongeag die wisseling van
lede en goedere. Besittings van die vereniging kom die lede toe en behoort aan hulle. Hierdie
siening word by herhaling deur die Suid-Afrikaanse regspraak bevestig, veral as beslissings
soos Jockey Club of South Africa22 en Theron v Ring van Wellington23 bestudeer word. In
laasgenoemde bevestig die hof dat kerke nog altyd in ons regspraak op dieselfde grondslag as
vrywillige verenigings behandel is en baseer die beslissing op ´n 1843-Ordonnansie
waarvolgens die N.G. Kerk in Suid-Afrika se reëls en regulasies:
“[...] shall be regarded in law in like manner as the rules and regulations of a merely voluntary
association, and shall be capable of affecting the persons or properties of such persons only as shall be
found in the course of any action or suit before any competent Court to have subscribed, agreed to,
adopted or recognised the said rules and regulations or some of them in such manner as to be bound
thereby in virtue of the ordinary legal principles applicable to cases of express or implied contract.”
17
Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 464-465.
Bredell v Pienaar 1922 CPD 578 op 581.
19
Ordonnansie nr 7 van 1843. Sien vroeëre bespreking op p 19 en verder.
20
Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150-151.
21
FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering soos toegepas
in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 341.
22
Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 350-351. Sien ook Odendaal v Loggerenberg and others, NNO 1960(3) SA 367
(O) – “The Dutch Reformed Church of the Orange Free State is a voluntary association and its domestic disputes are dealt with in terms of
its laws and enactments.”
23
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 25G.
18
35
Van der Merwe24 is egter van mening dat om die kontrakteregbeginsels op die kerk van
toepassing te maak, gesien word as ´n totale miskenning van die soewereiniteit en wil van
God. Die siening dat die kerk ´n vereniging is, tas ook die wese van die kerkregeringstelsel
aan. Volgens hom is dit duidelik dat die kerk nie as ´n vereniging behandel kan word nie en
dat die beginsels van die verenigingsreg en/of kontraktereg nie daarop van toepassing gemaak
kan word nie. Daar is ook geen sprake van “vrywillige” vereniging nie, want as God die mens
roep en hy die Here na harte aanneem, is hy verplig om hom by die kerk aan te sluit en is daar
geen sprake van vrywilligheid nie.25 Of hierdie kritiek van Van der Merwe regverdig is al dan
nie, verander niks aan die wyse waarop die howe die kerk beskou nie, en op grond van die
howe se siening dat die kerk ´n vrywillige vereniging met regspersoonlikheid is, voer
D’Oliveira26 aan dat die kerk oor dieselfde kam geskeer moet word as ander vrywillige
verenigings, soos jokkieklubs en sportliggame. Pienaar27 vind aansluiting by Van der Merwe
in soverre dit die kwessie van die kontraktuele aard van die kerk se reëls en regulasies betref.
Hy steun op vroeëre regspraak waar die howe aansluiting gesoek het by die RomeinsHollandse reg ten aansien van die regsposisie van verenigings. Hieruit blyk dit dat die howe
duidelik onderskei tussen ´n verenigingsregspersoon as universitas en ´n kontraktuele
vennootskap as societas.28
Een van die belangrikste eienskappe van ´n universitas is die reg om eiendom te verkry en te
besit. Hierdie reg bly bestaan ongeag die wisseling van lede, solank as wat daar ten minste
een lid bestaan in wie hierdie regte van die universitas kan vestig. Hierna word ook verwys as
ewigdurende
erfopvolgingsreg.29
Hierdie
eienskappe
van
´n
universitas
of
verenigingsregspersoon vind gestalte in wat na verwys word as die interne verbandsreg van
die betrokke universitas, terwyl die societas op kontrak berus.30 Wanneer die Theronbeslissing31 weer bestudeer word, blyk Pienaar32 korrek te wees in sy siening dat die
beslissing voortspruit uit ´n verkeerdelike interpretasie van die Jockey Club-beslissing,33 waar
die uitgangspunt was dat die reëls en regulasies van verenigings met of sonder
24
PC van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (LLM-Skripsie, Universiteit
van die Oranje-Vrystaat, 1999) 14.
25
Van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek 16.
26
JA v S D’Oliveira “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” (1976) 39 THRHR 212.
27
G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” (1991) 54 THRHR 401.
28
Sien byvoorbeeld Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6.
29
Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 465.
30
Pienaar 1991 THRHR 401.
31
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 2 SA 1 (A) 23F-G.
32
Pienaar 191 THRHR 403.
33
Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 347.
36
regspersoonlikheid op kontrak berus. Dit sou dus ´n verkeerde siening wees om die Kerkorde
van kerke as kontraktueel van aard te klassifiseer.
Daar moet egter in ag geneem word dat die posisie in Engeland grootliks die beslissings ten
opsigte van die regstatus van kerke in Suid-Afrika beïnvloed het. Die Church of England in
Suid-Afrika word gevolglik beskryf as ´n vrywillige vereniging, sonder regspersoonlikheid
wat kontraktueel van aard is. Dit is dan ook in die lig van bogenoemde dat ´n beslissing soos
Theron geïnterpreteer moet word, waar grootliks gesteun is op ´n Ordonnansie van 1843, wat
grootliks gebaseer is op die Engelse denkrigting. As ´n mens egter na die Romeins-Hollandse
interpretasie van die kerk as regspersoon gaan kyk, blyk dit duidelik dat die kerk wel ´n
regspersoon is en die eienaar van kerkeiendom kan wees. Die kerk word duidelik gesien as ´n
vereniging met regspersoonlikheid. Wat die kontraktuele aard van die verhouding betref, sien
ons egter dat die howe steeds in sy beslissings op hierdie verkeerde interpretasie steun en dit
blyk duidelik uit die 1998-uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl in die saak van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika,34 waarin die hof hom
soos volg uitlaat:
“Eerstens wys ek daarop dat ons howe al meermale beslis het dat die N.G. Kerke vrywillige of
onderlinge verenigings is waarvan die lede kontraktueel gebind word deur die betrokke Kerkordes.”
3.3.2
Die ontwikkelling van regspersoonlikheid deur wetgewing en regspraak
Vanuit ´n juridiese oogpunt gesien, staan dit vas dat die kerk ´n regspersoon is met ´n eie
interne reg. Dit was egter nie altyd die siening van die Suid-Afrikaanse howe nie. In die
Verenigde Koninkryk word kerke nie as korporatiewe liggame met regspersoonlikheid
beskou nie en kerkeiendom vestig in eienaarskap in ´n statutêre liggaam. Dit was ook
aanvanklik die praktyk binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk, soos gesien kan word in
die saak van Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze,35 waar die Kaapse
Provinsiale Afdeling die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk nie as ´n regspersoon
erken het nie en beslis het dat “such an association [unincorporated association] is not
regarded as having any legal personality”.36 Die howe het dit ook toegepas ten aansien van
34
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde Gereformeerde Kerk
in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 166G.
35
Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298 op 300.
36
Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298 op 300.
37
ander denominasies soos die African Mission Society, waar die hof in Cassim v Molife37
beslis het:
“I am not satisfied that the society thus formed was a universitas. There is nothing to show that it was
intended that the society should hold property apart from its members.”38
Ons sien egter die erkenning van die regspersoonlikheid van die kerk en sy onderskeie organe
in verskeie vroeëre beslissings. Met betrekking tot die Gereformeerde Kerk beslis die hof in
1879 soos volg:
“Met die oog op de hierboven aangehaalde autoriteiten [Voet] heb ik geenen twijfel dan dat the
Gereformeerde Kerk van Bethulie een geldelijke lichaam is, of eene corporatie; en dat zoodanige
corporatie gene uitdrukkelijke outorisatie nodig heft […] Naar mijn oordeel dus is de kerk van Bethulie
eene corporatie, en as zulks kunnen de goedere dier corporatie niet aan de leden, door wien zijn
bijdragen sijn, trug worden gegeven.”39
In 1893 is die Nederduitse Hervormde Kerk ook as ´n regspersoon beskou in die saak van
The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde
Church.40 Die hof het ook erkenning gegee aan die Joodse Gemeente van Johannesburg41 as
regspersoon. ´n Keerpunt in die howe se opvatting ten aansien van regspersoonlikheid van
kerke kan waarskynlik saamgevat word in die obiter dictum van Regter Brink in De Vos v
Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk Bloemfontein,42 waar hy sê dat “veel
aangevoer kan word ten gunste van die stelling dat die N.G. Kerk wel ´n regspersoon is”.43
Daaropvolgende wetgewing,44 hoewel in die aanhef, het voortgegaan uit hoofde van die
veronderstelling dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk wel ´n outonome regspersoon is.45
´n Verdere duidelike voorbeeld van die hof se benadering kan gesien word in die 1968-saak
van die Gemeente van die Apostoliese Kerk,46 waarin die hof uitdruklik die gemeente van die
Johannesburgse Apostoliese Kerk as ´n universitas personarum verklaar het, wat bevoeg is
37
Cassim v Molife 1908 TS 748.
Cassim v Molife 1908 TS 748 op 752.
39
Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6.
40
The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde Church 1893 CLJ 327 op 335. Sien ook Van
der Vyver LAWSA Vol 23 par 151.
41
Sien Peach & Co v The Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345.
42
De Vos v Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O) 84 en 93.
43
Sien ook Malebjoe v Bantu Methodist Church of South Africa 1957 (4) SA 465 (W) vir die bevestiging van die Bantoe Metodiste Kerk van
Suid-Afrika as ´n universitas sowel as die Apostoliese Geloofsending in die saak van Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA
940 (T).
44
Soos Wet 22 van 1961 – Die Private Wet op die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Herroeping van Wette), 1961, wat
bepaal dat:
“Nademaal die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika ´n outonome regspersoon is en as sodanig geregtig is om wette en
regulasies vir die beheer en bestuur van sy eie sake te maak.” [Eie kursivering.]
45
Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150.
46
Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W).
38
38
om eiendom te verkry en te besit in sy eie naam en apart van sy lede. Die hof bevestig ook
die posisie ten aansien van die kerk as gemeenregtelike regspersoon in die volgende woorde:
“It is not necessary that an association should be created by statute or registered in terms of a statute to
possess the attributes of a juristic person. It can derive that quality from the common law, and the
answer as to whether it does possess the characteristics of a juristic person which exists apart from its
members must always be sought in the rules or constitution. These will show the nature and objects of
the association. If it has perpetual succession, that is to say if the association continues to exist although
the members may change from day to day and the governing body may change from time to time, and
if the constitution provides that it may own property apart from its members, then it will be a
universitas.”47
In ´n onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appèl in die saak tussen die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Afrika en die Verenigde Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika,48 is
bevestig dat die howe tot dusver gemeentes van verskillende denominasies konsekwent as
regspersone beskou het. Gevolglik word die plaaslike gemeentes van die N.G. Kerk in Afrika
ook as regspersoon gesien, wat dus die wettige eienaar van sy goedere, eiendomme en fondse
is. Meer onlangs het die howe dit ook toegepas in die saak van die Pinkster Protestante Kerk
te Springs,49 ´n vrywillige vereniging wat tot stand gekom het op 3 Maart 1999, toe vier
Pinkster Protestante Kerke (PPK), een vir blankes, een vir swartes, een vir kleurlinge en een
vir Indiërs saamgesmelt het en ´n konstitusie vir die verenigde kerk aangeneem het. Die
konstitusie wat so aangeneem is, het woordeliks ooreengestem met die konstitusie van die
blanke PPK soos dit in daardie stadium gelees het. Die Springs-gemeente van die blanke PPK
het voortbestaan as ´n gemeente van die PPK. Ingevolge die konstitusie van die PPK kon ´n
selfstandige gemeente soos die Springs-gemeente eiendom apart van sy lede verkry en hou en
onafhanklik van die wisseling van sy lede voortbestaan. Die Springs-gemeente was dus ´n
regspersoon.50 Die howe het ook geen probleem gehad om die volgende religieuse liggame as
regspersone te erken nie: die Apostoliese Geloofsending; die Bantoe Metodistekerk en die
African Congregation Church.51 Met betrekking tot die Apostoliese Geloofsending, verklaar
die hof soos volg:
47
Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W) 377.
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde
Kerk in Suider-Afrika (536/96) 1999 (2) SA 156 (HHA).
49
Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum Springs, Die Registrateur van Aktes
Johannesburg, Saak Nr. 273/04. Ongerapporteerde saak in die Hoogste Hof van Appèl.
50
Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum Springs, Die Registrateur van Aktes
Johannesburg, Saak Nr. 273/04. Ongerapporteerde saak in die Hoogste Hof van Appèl 3 par 2.
51
Van der Vyver LAWSA Vol 23 par 150.
48
39
“With regard to the first point I have come to the conclusion that the respondent [St John Apostolic
Faith Mission] is a legal persona. The tests have been laid down on numerous occasions and there is no
need for me to do more than refer to the cases of Webb and Co v Northern Rifles, 1908 T.S. 462, and
Morrison v Standard Building Society, 1932 AD 229. The essentials are the holding of property apart
from the individual members and the possession of perpetual succession. As far as that is concerned it
appears to me that the respondent does comply with these requirements.”52
Ten aansien van die Bantoe Metodistekerk (soos dit toe bekend gestaan het), het die hof sy
uitspraak gebaseer op die volgende bepalings van die kerk se konstitusie, naamlik artikel 189,
wat soos volg bepaal het:
“(i) That all movable and immovable property presently owned by the church and held for and on its
behalf and all movable and immovable property hereafter acquired by the church shall be transferred
into the names of the president and three trustees.”
En verder, artikel 194, wat bepaal het dat:
“The church may sue or be sued in its own name and the authority to institute or defend any legal
proceedings, including arbitration proceedings, shall be signed and executed on its behalf by the
president for the time being referred to in clause 189 hereof.”
Die hof bevestig gevolglik dat die belangrikste eienskap van ´n universitas is “the capacity to
acquire certain rights as apart from the rights of the individuals forming it, and perpetual
succession”.53 Die hof, by monde van Kuper R, bevind derhalwe soos volg:
“It is quite clear from the provisions of the constitution relating to membership and to expulsion which
it is not necessary to set out in full, that the church goes on even although the existing members leave
it. I have come to the conclusion that this is a religious body which the individuals created, a body
corporate to hold property and that the body continues even if all the members at the present time leave
it.”54
Die hof verklaar onomwonde in Jamile v African Congregational Church,55 dat “[t]he
respondent Church is a body corporate which, in terms of its constitution, may be sued in any
competent court of law in its own name”.56 Uit voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat
die howe, veral in latere beslissings, die kerk en ander religieuse liggame as regspersone
erken. Hierdie erkenning vind ook uiting in verskeie wetgewende en Kerkordelike bepalings
52
By monde van Murray R in Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA 940 (T) 942.
Sien Webb & Co. Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 op 465; Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229 op 238.
54
Malebjoe v Bantu Methodist Church of SA 1957 4 SA 464 (W) 467.
55
Jamile v African Congregational Church 1971 SA 836 (D).
56
Jamile v African Congregational Church 1971 SA 836 (D) 836.
53
40
van verskillende kerke. Die verwysing verder na die kerk as vrywillige vereniging, dui op die
kerk as ´n vereniging met regspersoonlikheid, wat dus die wettige eienaar van sy goedere,
eiendomme en fondse is en onafhanklike bestaansreg het in die reg. Die bevoegdhede van ´n
kerklike instelling, spesifiek, moet gevolglik bepaal word in die lig van die reëls en regulasies
vervat in die betrokke instelling se konstitusie of statuut, maar ook in die lig van die reg van
toepassing op vrywillige verenigings in die algemeen.
Die vraag wat nou tereg gevra kan word, is of die verskillende organe, soos gemeentes, ringe
en sinodes ook as aparte regspersone en as die draers van regte en verpligtinge funksioneer.
Die volgende bespreking sal kortliks fokus op die regsposisie van die verskillende organe van
die kerk.
3.4
DIE KERKRAAD, RING EN SINODE AS REGSPERSONE
Wat die regspersoonlikheid van die onderskeie organe binne die N.G. Kerk betref, bepaal die
N.G. Kerkorde uitdruklik in artikel 3.1 dat “elke gemeente ´n regspersoon [is] en [dat] die
kerkraad of sy gemagtigdes sy organ [is]” [Eie kursivering]. Verder bepaal artikel 4.1 dat “die
N.G. Kerk in ringverband ´n regspersoon [is]” [Eie kursivering] en artikel 9.11 dat “die N.G.
Kerk in sy Algemene Sinode-verband ´n regspersoon [is]” [Eie kursivering]. Uit Artikel 3.1
blyk dit duidelik dat elke gemeente ´n regspersoon is en verder dat die kerkraad slegs optree
as ´n orgaan of gevolmagtigde namens die gemeente en nie oor eie regspersoonlikheid beskik
nie. Volgens Pienaar57 staan dit dus vas dat “die kerkraad nooit as afsonderlike regspersoon
aan die regsverkeer kan deelneem nie, maar hoogstens as bestuursorgaan namens ´n plaaslike
kerk of gemeente”. Regspersoonlikheid setel dus in die kerk in sy onderskeie rings- of
sinodale verband, en nie in die afsonderlike ring of sinode as kerkvergaderinge nie.58 Waar ´n
kerkraad of selfs ´n ringskommissie dan as gedingsparty gesiteer word, moet in ag geneem
word dat sodanige kerkraad en kommissie slegs ´n orgaan van die betrokke regspersoon
(hetsy gemeente, ring of sinode) is en nie ´n selfstandige regspersoon nie. Gevolglik kan hulle
slegs in verteenwoordigende hoedanigheid optree. Die regspersoonlikheid setel dus nie in die
orgaan nie, maar in die regspersoon self. Die verwarring van die howe spreek egter duidelik
uit ´n beslissing soos Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in
57
G Pienaar “Wie is Eienaar van die Kerkeiendom? Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Gemeente Douglas v Loots 1990 (3)
SA 451” (1991) 54 THRHR 307.
58
THN Sadler Die Kerklike Tughandeling (1979) 46.
41
die OVS,59 waar dit wil voorkom of die kerkraad beskou word as ´n liggaam met eie
regspersoonlikheid en nie net bloot as ´n orgaan nie, en waar die hof soos volg opmerk:
“[…] die kerkraad van die Bethlehem-Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die Oranje Vrystaat [is],
´n liggaam wat met regsbevoegdheid beklee is ooreenkomstig die Kerkorde.”60
Dit is egter duidelik dat dit nie die geval kan wees nie en dat die kerkraad hoogstens in ´n
verteenwoordigende hoedanigheid kan optree namens die gemeente.61 Artikel 6 van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk en Verenigings Akte 23 van 1911 bepaal dat die liggaam of
instansie waarin die kerkeiendom setel, die gedingsparty is in enige regsgeding wat verband
hou met eiendom:
“6. Rechtsgedingen door en tegen personen bij wie kerkelik eigendom berust. – Het zal wettig zijn
voor de persoon of personen in wie, volgens de wetten, reglementen en regulaties van enige van de
gezegde zich verenigende kerken alsdan respektievelik het eigendomsrecht of de administratie van
gebouwen, landen, fondsen, gelden, goederen of effekten, aan de ene of andere gemeente of Kerkeraad
of aan de Synode of Algemene Vergadering behorende, respektievelik gevestigd zal zijn te dagvaarden
of gedagvaard te worden in alle rechtsgedingen en processen betreffende enige zaak of aangelegenheid
door enige zodanige beambte of beambten respektievelik bezeten of bestuurd, alsof dezelve zijn of hun
privaat eigendom ware, en in enige kriminele zaak mag het eigendomsrecht van enige van de zaken of
aangelegenheden voorzegd beschouwd worden gevestigd te zijn in de persoon of personen, die in enige
civiele zaak of geding zou of zouden kunnen dagvaarden of gedagvaard worden met betrekking
daartoe.”
Pienaar62 voer aan dat bogenoemde uitgangspunt ´n moontlike rede is waarom daar soveel
verwarring heers in beslissings van die Suid-Afrikaanse howe en waarom die kerkraad dus
dikwels as gedingparty beskou word. In ´n onlangse voorlegging aan die Parlement 63 het die
N.G. Kerk sy ondersteuning aan die herroeping van bogenoemde wet gegee met die indien
van ´n nuwe herroepingswetsontwerp. Met die aanneem van die Private Wet op die
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Herroeping van Wette), 1961, is
voorsiening gemaak vir onder andere die herroeping van Ordonnansie No. 7 van 1843,
Ordonnansie No. 16 van 1845, Ordonnansie No. 2 van 1851, en Wet No. 9 van 1898 van die
Kaap die Goeie Hoop. Terselfdertyd is Wet 23 van 1911 as grondslag vir kerkhereniging
59
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O).
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 552G-553A.
61
Sien ook De Vos v Die Ringkommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O) waar die ringskommissie namens
die gemeente as orgaan opgetree het en Smith v Ring van Keetmanshoop van die N.G. Kerk, Suidwes-Afrika 1971 3 SA 353 (SWA), waar die
ring van Keetmanshoop en die sinode van die N.G. Kerk in Suidwes-Afrika tereg as afsonderlike regspersone omskryf word.
62
Pienaar 1991 THRHR 304.
63
JJ Gerber en BJ du Toit “Presentation of the Dutch Reformed Church regarding the Dutch Reformed Churches Union Repeal Bill”
Dokument voorgelê aan die Parlement, 14 Augustus 2007.
60
42
verwerp. Pienaar64 voer verder aan dat Wet 23 nooit in werking gestel is nie en nie op die
N.G. Kerke van toepassing is nie. Artikel 365 van die wet bepaal dat ´n 75%
meerdersheidsbesluit van die kerkraad en sinode verkry moet word vir hierdie wet om
toepassing te vind. Sodanige meerderheidsbesluit is nooit verkry nie en gevolglik vind die
wet nie toepassing nie. Die Kerkorde van die N.G. Kerk66 van 2004 maak egter die posisie
van die registrasie van kerkeiendom duidelik. Reglement 9 handel met die reëling van
eiendomme, goedere en fondse.
Met betrekking tot algemene sinodale eiendomme, goedere en fondse, bepaal reglement 9.1.2
uitdruklik dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk die eienaar van alle roerende en
onroerende bates is wat deur die Algemene Sinode beheer en verkry kan word. Vaste
eiendom word in die naam van Die Nederduitse Gereformeerde Kerk geregistreer. Dit kan
wel geadministreer word deur die Algemene Kommissie vir Fondse (AKF). Dieselfde geld
vir eiendomme, goedere en fondse van die N.G. Kerk in sinodale en ringsverband. Die sinode
en die ringsvergadering en/of hulle gemagtigdes tree bloot op as organe van die N.G. Kerk as
regspersoon. Anders as vroeëre kerkreglemente wat bepaal het dat kerkeiendom in die naam
van die kerkraad geregistreer moet word,67 bepaal reglement 9.4 van die Kerkorde uitdruklik
dat die afsonderlike gemeentes van die N.G. Kerk die eienaars is van alle roerende en
onroerende bates wat deur die kerkraad beheer en verkry kan word. Alle vaste eiendom word
egter in die naam van die betrokke gemeente geregistreer en die kerkraad is bloot
verantwoordelik vir die administrasie van hierdie eiendomme, goedere en fondse. Die
kerkraad tree slegs op as die gemagtigde van die gemeente as regspersoon. In die Nederduitse
Gereformeerde Kerk se konsultasiedokument oor Kerkhereniging van 30 Julie 2007 vind ons
ter opsomming van die model wat voorgestaan word, die volgende:
“Soos dit in ´n gereformeerde kerk hoort, is gemeentes regspersone in sigself en behou hulle
verantwoordelikheid met betrekking tot besluitneming en bediening. ´n Algemene Sinode skryf nie aan
gemeentes voor hoe hulle hul bediening uitvoer nie.”68 [Eie kursivering.]
64
Pienaar 1991 THRHR 305.
2.Synode gemachtigd om besluit te bevestigen en naam van de verenigde kerk te verklaren. – Zodra niet minder dan drie-vierden van de
gezegde Kerkeraden de gezegde Moderatuur van de Synode van hun kerk van hun goedkeuring van het gezegde besluit hebben onderricht,
na ten gunste daarvan besloten te hebben door meerderheid van stemmen op een behoorlik bijeengeroepen vergadering, zal het wettig zijn
voor de gezegde Synode bij besluit, aangenomen door een meerderheid van minstens drie-vierden van de leden alsdan en aldaar
tegenwoordig op een behoorlik bijeengeroepen vergadering: –
(a) Om het besluit tevoren als voorzegd aangenomen te bevestigen;
(b) Na toestemming tevoren verworven met behoorlik gemachtigde vertegenwoordigers van de andere gezegde Nederduitse Gereformeerde
Kerken, of enige ervan welke van plan zijn zich als voorzegd te verenigen, de naam te verklaren die gezegde verenigde kerk dragen zal.
66
Die Kerkorde, met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Oktober 2004.
67
Sien Pienaar 1991 THRHR 304.
68
Soos gevind in die volledige Achterberg II-dokumente.
65
43
Dit is dus duidelik dat regspersoonlikheid in die kerk as instelling in die algemeen kan vestig,
of in die verskillende organe, soos gemeentes, ringe en sinodes. Dit is dan ook herbevestig
deur die Hoogste Hof van Appèl in die saak tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika.69
3.5
DIE REGSPOSISIE VAN KERKGENOOTSKAPPE IN DIE NEDERLANDSE
REG
3.5.1
Inleiding en agtergrond
Reeds in die Middeleeue, deur die teologiese beskouing van Pous Innocentius IV (12431254) van die kerk as ´n sedelike liggaam met Christus as hoof, word ´n eie regsfeer vir die
kerk geskep. Hierdie pogings het al laat in die elfde eeu begin met die sogenaamde Pouslike
Rewolusie of Gregoriaanse Hervormings van Pous Gregorius VII (1015-1085) waardeur die
heerskappy van die burgerlike regeerders oor die kerk afgegooi is en die Rooms-Katolieke
Kerk as ´n outonome regs- en politieke entiteit in die Westerse Christendom gevestig is.70
Toe reeds is die kerk wat geloofskwessies betref van die staat afgesonder.71 Die eerste
staatsregtelike plek wat aan kerkgenootskappe in Nederland verleen is, was kragtens de
Staatsregeling van het Bataafse volk van 1798. In die daaropvolgende wetgewing word ook
aan alle kerkgenootskappe gelyke beskerming gegee. Hierdie gelyke behandeling van
kerkgenootskappe het egter nie beteken dat hulle nie volgens ´n eie interne reg kon
funksioneer nie. Artikel 191 van die 1815-Grondwet bepaal onder andere dat “[a]an alle
godsdienstige gezindheden in het Koninkrijk bestaande, wordt gelijke bescherming
verleend”.72
In die Grondwet van 1848 word die grondwetlike vryheid van godsdiens en skeiding van kerk
en staat vervat, wat verdere beslag en inhoud kry met die Wet op de Kerkgenootschappen van
1853. Artikel 1 van die Wet bepaal nou onder andere dat aan alle kerkgenootskappe “de
volkomen vrijheid is en blijft verzekerd om alles wat hun godsdienst en de uitoefening
daarvan in hunne eigen boezem betreft, te regelen”, wat poog om ´n einde te maak aan die
69
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde
Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA).
70
Sien verder J Witte en FS Alexander Christianity and the Law (2008).
71
TJ van der Ploeg “Kerk en Recht; een Juridische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 2328 op 27.
72
TJ van der Ploeg “De Overheid en de Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” (2008) 2 Nederlands Tijdschrift voor Kerk en
Recht (NTKR) 196.
44
bemoeienis van die koning met die interne aangeleenthede van kerkgenootskappe.73 In 1855
is die Wet Vereniging en Vergadering aangeneem as uitvloeisel van artikel 10 (Vryheid van
Vereniging) van die Grondwet van 1848. Die vraag wat tereg na vore gekom het, was of
kerkgenootskappe gevolglik ook onderhewig was aan die wet en as gewone verenigings
koninklike goedkeuring vir hulle statute vir regspersoonlikheid moes verkry. Voor die
inwerkingtreding van die wet, is kerkgenootskappe soms wel as verenigings beskou, maar dit
was duidelik dat die verhouding tussen die kerkgenootskap en die vereniging geensins
duidelik was vir die owerheid nie. Die Wet op het Kerkgenootschappen van 1853 het wel die
kollektiewe vryheid van godsdiens gereël, maar nie die regspersoonlikheid van
kerkgenootskappe nie, waar die Wet van 1855 wel daarvoor voorsiening gemaak het, maar
geensins konsekwent deur die Department van Justisie toegepas is nie. Die onsekerheid het
dus voortgeduur.74
Reeds met die aanstelling van die Anema-kommissie in 1921 bestaan die siening dat ´n
omskrywing van die begrip “kerkgenootschap” nie wetlik moet geskied nie, maar aan die
howe oorgelaat moet word vir interpretasie. Volgens die kommissie besit ´n kerkgenootskap
regspersoonlikheid vanaf regsweë en nie op grond van koninklike erkenning soos in die geval
van ´n vereniging nie. Die kommissie het ´n wetsontwerp voorgestaan (wat nooit in werking
getree het nie), maar waarvolgens die regspersoonlikheid van kerkgenootskappe sonder
koninklike goedkeuring verseker word en ook geen verdere eise aan kerkgenootskappe gestel
moet word nie. As uitvloeisel hiervan het die Ministerie van Justisie kerkgenootskappe
toenemend nie meer geklassifiseer as behorende tot die kategorie van die 1855-Vereniging
Wet nie. Dit word verder bevestig in die daaropvolgende regspraak en literatuur asook die
feit dat kerkgenootskappe “van rechtswege (ipso iure) rechtspersoonlijkheid besit”.75
3.5.2
Kategorieë van regspersone
Sedert die Betaafse Republiek, voor die verandering van Nederland na ´n republiek, is daar
algemeen na kerkgenootskappe verwys as “verenigde lichamen” en is hulle beskou as
“zedelijke of wettelijke personen”. Geen verlof vanaf staatsweë was nodig vir die wettige
bestaan van ´n kerkgenootskap nie. Hierdie siening verander egter teen 1820 waartydens
uitdruklike goedkeuring vanaf die keiser vereis is vir die bestaan van liggame met
staatkundige en godsdienstige oogmerke. In die BW van 1838 kon kerkgenootskappe
73
Van der Ploeg 2008 NTKR 197.
Van der Ploeg 2008 NTKR 198.
75
Van der Ploeg 2008 NTKR 198.
74
45
enersyds as “de door de Koning ‘erkende’”of andersyds as “geoorloofd toegelaten” liggame
beskou word. Eersgenoemde het hoofsaaklik verwys na publiekeregtelike en laasgenoemde
na privaatregtelike regspersone. Met die Grondwet van 1848 en die inwerkingtrede van die
Wet op het Kerkgenootschappen van 1853, word kerkgenootskappe allerweë beskou “als
geoorloofd toegelaten” liggame.76 Die Nederlandse reg (sien Boek 2 BW) onderskei tussen
drie hoofkategorieë van regspersone, naamlik:
1. Die publiekregtelike regspersoon (artikel 1)
2. Die kerkgenootskap, selfstandige onderdele en die liggaam waarin hulle verenig is
(artikel 2) en
3. Die privaatregtelike regspersoon (artikel 3).
Die publiekregtelike regspersoon word enersyds in artikel 1 soos volg omskryf:
1.
De Staat, de provincies, de gemeenten, de waterschappen, alsmede alle lichamen waaraan
krachtens de Grondwet verordenende bevoegdheid is verleend, bezitten rechtspersoonlijkheid.
2.
Andere lichamen, waaraan een deel van de overheidstaak is opgedragen, bezitten slechts
rechtspersoonlijkheid, indien dit uit het bij of krachtens de wet bepaalde volgt.
3.
De volgende artikelen van deze titel, behalve artikel 5, gelden niet voor de in de voorgaande
leden bedoelde rechtspersonen.
En die privaatregtelike regspersoon andersyds soos volg:
Art. 3
Verenigingen, coöperaties, onderlinge waarborgmaatschappijen, naamloze vennootschappen, besloten
vennootschappen met beperkte aansprakelijkheid en stichtingen bezitten rechtspersoonlijkheid.
Volgens Asser-Van der Grinten-Maeijer77 is daar in die literatuur geen algemeen aanvaarde
kriterium te vinde vir die onderskeid tussen privaatregtelike en publiekregtelike regspersone
nie, behalwe waar sodanige vereiste sou bepaal dat die bepaalde organisasie of instelling
uitsluitlik deur die publiekreg eerder as die privaatreg beheers word. Die verdere bespreking
spits hom toe op die kategorie soos aangetref in artikel 2, naamlik die kerkgenootskap,
76
Van der Ploeg 2008 NTKR 197.
C Asser-Van der Grinten-Maeijer Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht, Deel 2-II
Rechtspersonenrecht, De Rechtspersoon (1997) par 172.
77
46
selfstandige onderdele en die liggaam waarin hulle verenig is. Volgens Van der Ploeg78
bestaan daar geen noodsaaklikheid dat die wetgewer of regter aan kerkgenootskappe
regspersoonlikheid moet toeken of hulle sodanig as regspersone moet erken nie en Van
Eikema
Hommes79
is
selfs
van
mening
dat
ten
spyte
van
die
“besondere
bestemmingsfunksie” van die kerk met betrekking tot geloofskwessies, daar in die burgerlike
reg vir die kerk geen uitsonderingsposisie behoort te bestaan nie. Kerkgenootskappe besit
volgens artikel 2:1, Boek 2 BW regspersoonlikheid en artikel 2 bepaal soos volg:
KERKGENOOTSCHAPPEN
Art. 2
1.
Kerkgenootschappen alsmede hun zelfstandige onderdelen en lichamen waarin zij zijn
verenigd, bezitten rechtspersoonlijkheid.
2.
Zij worden geregeerd door hun eigen statuut, voor zover dit niet in strijd is met de wet. Met
uitzondering van artikel 5 gelden de volgende artikelen van deze titel niet voor hen;
overeenkomstige [analogiese] toepassing daarvan is geoorloofd, voor zover deze is te
verenigen met hun statuut en met de aard der onderlinge verhoudingen.80
Volgens Asser-Van der Grinten-Maeijer81 verleen hierdie wetsbepaling egter nie
regspersoonlikheid aan kerkgenootskappe nie, maar erken eerder die regspersoonlikheid van
kerkgenootskappe. Volgens Santing-Wubs82 is dit ´n gegewe dat kerkgenootskappe oor
regspersoonlikheid beskik en beklee sodanige kerkgenootskappe regspersoonlikheid vanaf
regsweë. Dit behels dat artikel 5 van Boek 2 BW ook op kerkgenootskappe van toepassing is
wat onder andere bepaal dat:
Een rechtspersoon staat wat het vermogensrecht betreft, met een natuurlijk persoon gelijk, tenzij uit de
wet het tegendeel voortvloeit.
In die Nederlandse reg word ´n kerkgenootskap duidelik onderskei van die publiekregtelike
regspersoon (art. 2:1 BW) enersyds en die privaatregtelike regspersoon (art. 2:3 BW)
andersyds. Die interne organisasie van kerkgenootskappe word beheer deur die eie interne
78
Van der Ploeg Kerk en Recht 27.
Sien Van der Ploeg Kerk en Recht 26.
80
Die Engelse vertaling lui soos volg: Article 2
1.Religious associations, their independent subdivisions and bodies in which they are united possess legal personality.
2.They are governed by their own constitution, insofar as this is not contrary to the law. With the exception of article 5, the following
articles of this Title shall not apply to them; the same may be applied to them, mutatis mutandis, to the extent consistent with their
constitution and the nature of their mutual relations.
81
C Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 172.
82
AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 22.
79
47
kerkreg van toepassing op die bepaalde kerk of organisasie. Volgens Van der Ploeg83 verwys
hierdie kerkreg in die juridiese sin na die geldende reëls binne ´n bepaalde kerk wat die
bevoegdhede, regte en verpligtinge van die onderskeie organe en lede van die kerk bepaal en
uiteensit. Dit is dan eweneens van toepassing op die verskillende religieuse organisasies,
welke verskillende kerke en organisasies gevolglik hulle eie interne reg of ‘kerkreg’ het wat
op hulle van toepassing is. Die Nederlandse gevestigde kerkgenootskappe, sowel as hulle
selfstandige onderdele en die liggame waarin hulle verenig is, beklee dus ´n eiesoortige en
unieke plek in die Nederlandse regsorde. Die kerkgenootskap geld as regspersoon binne die
burgerlike verkeer en die struktuur en inrigting word nie deur Nederlandse wetsbepalings
gereël nie, maar deur ´n statuut in soverre dit nie in stryd is met die wet nie. In die
Nederlandse reg is die kerk dus geen regspersoon van ´n publieke aard nie, omdat dit geen
openbare gesag uitoefen nie. Dit is wel van ´n privaatregtelike aard, maar anders as ´n artikel
2:3 stigting of vennootskap wat nie aan streng oprigtingsvereistes of inhoudelike reëls hoef te
voldoen nie.84
3.5.3
Selfstandige onderdele
Ingevolge artikel 2:1 word regpersoonlikheid ook verleen aan “zelfstandige onderdele” van
kerkgenootskappe, sodat die wetgewing ook in ooreenstemming is met die praktyk waar die
verskillende plaaslike gemeentes, ringe, kerkrade en so meer met afsonderlike
regspersoonlikheid beklee is. Interessant is dat die selfstandige onderdeel nie op
godsdienstige besinning of verering gerig hoef te wees nie, maar ook wel ´n organisasie met
´n liefdadigheidsoogmerk of selfs ´n kerklike tehuis vir bejaardes kan wees.85 Selfstandige
onderdele tref ons aan binne die Rooms-Katolieke Kerk in Nederland, soos byvoorbeeld die
onderskeie kloosters, kloosterordes, bisdomme en selfs kerklike “charitas”-instellings. Dit is
vergelykbaar met die posisie binne die Hervormde Kerk waarvolgens plaaslike gemeentes
ook as selfstandige onderdele van die kerkgenootskap funksioneer. Die belangrikheid om as
selfstandige onderdeel erken te word en te funksioneer, spruit nie net voort uit die spesiale
83
Van der Ploeg Kerk en Recht 23.
Van der Ploeg Kerk en Recht 123.
85
Van der Ploeg Kerk en Recht 127. So bepaal die regering in sy Kamerstukken 17725, nr. 3 op 53 soos volg:
“In de eerste plaats wordt niet alleen aan zelfstandige onderdelen van kerkgenootschappen rechtspersoonlijkheid toegekend, doch ook aan
lichamen waarin kerkgenootschappen zijn verenigd. Daarbij valt te bedenken dat als Protestante kerkgenootschappen niet zelden de
plaatselijke kerken moeten worden aangemerkt, die niet alleen zelfstandige afdelingen, zoals diakonieën, kunnen hebben, maar die zich
bovendien in de regel in een regionaal verband, zoals in classis, of landelijk verenigen. Deze verbanden zijn in dat geval niet zelf
kerkgenootschappen of onderdelen daarvan. Dat ook hieraan rechtspersoonlijkheid kan toekomen, blijkt uit HR 13 Mei 1938, NJ 1939, 247.
Voor de mogelijkheid van het bezit van rechtspersoonlijkheid wordt vereist een lichaam waarin de kerkgenootschappen zijn verenigd, d.w.z.
een nauw, kerkrechtelijk verband. Een federatief verband of een samenwerking, zoals in de Raad van Kerken, is daarvoor niet voldoende;
wil men aan een zodanige samenwerking gestalte geven in de rechtspersoon, dan is men aangewezen op de normale vorm van vereniging of
stichting.”
84
48
posisie wat hulle beklee kragtens artikel 2:2 BW nie, maar ook ten aansien van gelyke
behandeling. Die Algemene Wet Gelijke Behandeling bepaal voorts in artikel 3:
“Deze wet is niet van toepassing op:
a.
rechtsverhoudingen binnen kerkgenootschappen alsmede hun zelfstandige onderdelen en
lichamen waarin zij zijn verenigd, alsmede binnen andere genootschappen op geestelijke
grondslag;
b.
het geestelijk ambt.”
Klem op die religieuse karakter van die betrokke selfstandige onderdeel is ´n belangrike
element, soos tereg opgemerk is:
“Slechts dan kan van een zelfstandig onderdeel, dat zonder meer evenals het kerkgenootschap eigen
rechtspersoonlijkheid bezit, worden gesproken, wanneer dit onderdeel een religieus karakter heeft; het
moet een onderdeel van het kerkgenootschap zijn, niet een met het kerkgenootschap samenhangende
vereniging of stichting, als een op bepaalde religieuze grondslag staande toneelvereniging of een
stichting voor jeugdzorg.”86 [Eie kursivering.]
Volgens Oldenhuis87 moet die daadwerklike godsdiensuitoefening ´n regstreekse uitoefening
wees, soos ´n klooster en teologiese opleidingsinstelling waar predikante opgelei word en
sodanig as selfstandige onderdeel funksioneer. Organisasies met ´n meer kommersiële
karakter of wat maatskaplike dienste lewer, sou egter volgens hom nie as selfstandige
onderdeel kwalifiseer nie, aangesien die aktiwiteit nie regstreeks te make het met
byvoorbeeld eredienste of geloofskwessies nie. Hierdie problematiek sien ons ook in die
uitsprake deur die howe. In die saak van Sint Walburga88 bevind die hof dat dit dalk ´n te eng
benadering is om van ´n selfstandige onderdeel van ´n kerkgenootskap te praat slegs as die
aktiwiteite ´n uitsluitende of nagenoeg uitsluitende religieuse karakter het. Die hof laat hom
soos volg uit:
“Het is van algemene bekendheid dat tal van rooms-katholieke kloosterorden op commerciële wijze het
boerenbedrijf en andere economische activiteiten uitoefenen, terwijl dit in de Protestante wereld ook
voorkomt. Van kerkelijke zijde heeft men voorts vanouds scholen, bejaardentehuizen, ziekenhuizen en
andere sociale en culturele activiteiten ondernomen, waarvoor soms de privaatrechtelijke vorm van een
86
Santing-Wubs Kerken in Geding 26.
FT Oldenhuis “De Positie van de ‘Kerkelijke Stichting’ onder het Nieuwe Tweede Boek van het BW” (1979) 5486 Weekblad voor
Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 457.
88
HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 ThWvV (Sint Walburga).
87
49
stichting of vereniging gebruikt wordt, doch ook die van zelfstandig onderdeel, zonder dat de
rechtsgeldigheid van een optreden in de laatste vorm ooit aangevochten is.”
In ´n latere beslissing deur die hof van ‘s-Hertogenbosch89 rakende die Sint
Laurensiekenhuis, moes die hof beslis of die Sint Laurens Hospitaal (opgerig en
funksionerende as ´n stigting) sy regspersoonlikheid ontleen as ´n stigting ingevolge artikel
2:3 BW of as selfstandige onderdeel van die Rooms-Katholieke Kerkgenootschap. Dit is
duidelik dat die hof aansluit by die vroeëre argument dat daar ´n nou verband moet bestaan
tussen die godsverering en die betrokke aktiwiteite van die selfstandige onderdeel van die
kerkgenootskap, en beslis soos volg:
“De op particulier initiatief opgerichte stichting kan immers niet aangemerkt worden als een
kerkgenootschap of zelfstandig onderdeel daarvan, daar niet gezegd kan worden dat hier sprake is van
een instelling of organisatie welke de gemeenschappelijke godsverering door de bij die instelling of
organisatie aangeslotenen of betrokkenen beoogt.”
Godsverering moet egter dalk wyer geïnterpreteer word om ook aktiwiteite in te sluit wat
onteenseglik deel uitmaak van en saamhang met ´n bepaalde vorm van godsverering om
sodoende ook sekere welsynsorganisasies in te sluit. So vereis Asser-Van der GrintenMaeijer90 in ´n latere publikasie dat die selfstandige onderdeel nie op sigself regstreeks by
godsdiensuitoefening betrokke moet wees nie, maar dat die selfstandige onderdeel wel “een
charitatief karakter” kan hê. Myns insiens moet daar egter ´n verband bestaan tussen die doel
en oogmerke van die betrokke kerkgenootskap en die aktiwiteite van die selfstandige
onderdeel. In die Nederlandse reg is die kerkgenootskap derhalwe ook die enigste
regspersoon wat in die lewe geroep kan word sonder die gebruiklike formele en materiële
vereistes waaraan voldoen hoef te word
3.5.4
Gedingspartye
Die kerkgenootskap-regspersoon is dus ook die draer van regte en verpligtinge, kan aan die
maatskaplike verkeer deelneem, self handel en ook optree as eiser of verweerder in die
regsverkeer. Dit blyk egter soms steeds onduidelik te wees wie as party aangemerk word. In
´n uitspraak van die hof te Lelystad91 is ´n prosedure aanhangig gemaak deur die NederlandsIsraëlitische Gemeente Amersfoort. As verweer word aangevoer dat die genoemde gemeente
89
HR 30 Oktober 1987, NJ 1988, 392 (Ma) (De Locht c.s./Stichting Sint Laurensziekenhuis).
C Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 213.
91
Ktr. Lelystad, 24 Februarie 1993, rolnr. 3881/92, ongepubliseerde uitspraak (Nederlands-Israëlitische Gemeente Amersfoort).
90
50
“niet-ontvankelijk” verklaar moet word, aangesien die gemeente nie ´n kerkgenootskap is en
derhalwe oor geen regspersoonlikheid beskik nie. In Nederland is dit tans die gebruik dat
wanneer ´n party nóg regspersoon, nóg natuurlike persoon is, die eiser as “niet-ontvankelijk”
verklaar word en dus nie as prosesparty kan optree nie. Die hof verklaar egter in hierdie geval
soos volg:
“De gemeente heeft uiteengezet dat zij aan alle vereisten, die aan een kerkgenootschap kunnen worden
gesteld, voldoet. Onbetwist, althans onvoldoende betwist, is gebleven dat de Gemeente zich zelfstandig
bezig houdt met godsdienstuitoefening c.q. godsverering. Zij presenteert zich aldus […] De Gemeente
wordt derhalve als kerkgenootschap in haar vordering ontvangen.”92
Die hof bevind egter anders in die geval waar ´n kommissie van die Christelike
Gereformeerde Kerk van die Utrecht-centrum sigself as eiser aangemerk het in ´n geding. Die
kommissie het in opdrag van en met die nodige volmag van die Gereformeerde Kerk as
kerkgenootskap opgetree. Die hof bevind egter dat die kommissie nie as gedingsparty kan
optree nie, aangesien die kommissie nóg natuurlike person, nóg regspersoon is.93 Dit blyk dus
duidelik dat die betrokke regspersoon self as eiser of verweerder moet optree, maar wel voor
die hof verteenwoordig kan word deur ´n betrokke orgaan. By kerkgenootskappe kan dit
byvoorbeeld die bestuur of kerkraad wees en soos in die geval van die N.G. Kerk, blyk dit
duidelik dat elke gemeente ´n regspersoon is en verder dat die kerkraad slegs optree as ´n
orgaan of gevolmagtigde namens die gemeente en nie oor eie regspersoonlikheid beskik nie.
Volgens artikel 16 van die Algemene Reglement vir die bestuur van ´n parogie van die
Rooms-Katholieke Kerk in Nederland, word die pastoor as die orgaan van die parochie
aangemerk. Artikel 20 bepaal dan verder dat die pastoor die parogie in alle juridiese
aangeleenthede verteenwoordig.94 Artikel 99:1 van de Kerkorde van de Gereformeerde
Kerken in Nederland (sinodaal, 2001) bepaal onder andere:
“De kerk is rechtspersoon en wordt in en buiten rechte vertegenwoordigd door de preses en de scriba
van de kerkenraad.”
Waar ´n kerkraad of selfs ´n kommissie dan as gedingsparty gesiteer word, moet in ag
geneem word dat sodanige kerkraad en kommissie slegs ´n orgaan van die betrokke
regspersoon (hetsy gemeente, ring of sinode) is en nie ´n selfstandige regspersoon nie.
92
93
94
Sien verder Santing-Wubs Kerken in Geding 22-23.
Pres. Rb. Utrecht 2 Junie 1988, KG 1988, 254 (Commissie van Beheer).
Santing-Wubs Kerken in Geding 23-24.
51
3.6
GEVOLGTREKKING
Uit die voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse howe in hul
uitsprake kerke wel as regspersone erken, maar terselfdertyd word hulle ook as vrywillige
verenigings beskou. Dit is egter ook duidelik dat verskillende kerkverbande kerkeiendom op
verskillende wyses hanteer en ook verskillende benaderings volg ten aansien van die
erkenning van regspersoonlikheid van die onderskeie organe binne die algemene
kerkverband. Dit is duidelik dat die bevoegdhede van ´n kerklike instelling gevolglik bepaal
moet word in die lig van die reëls en regulasies vervat in die betrokke instelling se konstitusie
of statuut.
Aangesien dit duidelik blyk dat ´n blote verwysing na die onderskeie organe as regspersone
in die Kerkorde of konstitusie voldoende is vir die entiteit om met regspersoonlikheid beklee
te word, volg dit logies dat daar na die aard van die vereniging tesame met die konstitusie en
doel van die betrokke vereniging gekyk moet word om te bepaal of dit dus wel ´n
regspersoon is, al dan nie, en welke regte en bevoegdhede daarmee saamgaan. Kerke moet
dus seker maak watter regspersoon aanspreeklik gestel behoort te word indien ´n dispuut
ontstaan. Dit word ook verder deur die howe bevestig dat plaaslike gemeentes van
verskillende denominasies konsekwent as regspersone beskou behoort te word, wat dus die
wettige eienaar van sy goedere, eiendomme en fondse is. In Nederland beklee die gevestigde
kerkgenootskappe, sowel as hulle selfstandige onderdele en die liggame waarin hulle verenig
is, ´n eiesoortige en unieke plek in die Nederlandse regsorde. Soos in die Suid-Afrikaanse reg
geld ´n kerkgenootskap ook as regspersoon binne die burgerlike verkeer, en die struktuur en
inrigting word nie deur Nederlandse wetsbepalings gereël nie, maar deur ´n statuut in soverre
dit nie in stryd is met die wet nie. Vanuit ´n juridiese oogpunt gesien, staan dit dus vas dat die
kerk, sy selfstandige onderdele, organe en liggame waarin hulle verenig is, ´n regspersoon is
en gevolglik het verskillende kerke en godsdienstige organisasies hulle eie interne reg of
“kerkreg” wat op hulle van toepassing is.
Dit is egter nie altyd so maklik om te bepaal wanneer ´n spesifieke organisasie ´n
godsdienstige organisasie is vir die doel van die beskerming van die reg op godsdiensvryheid
en die nie-inmenging van die staat in die interne werksaamhede van hierdie organisasie nie.
Die volgende bespreking sal dus fokus op die belangrike vraag van hoe en wanneer ´n
organisasie as “godsdienstig” beskou kan word vir die doeleindes van bogenoemde
beskerming.
52
HOOFSTUK 4
4
DIE
AARD,
POSISIE
EN
BETEKENIS
VAN
“GELOOFSINSTELLINGS” -´N REGSVERGELYKENDE PERSPEKTIEF
4.1
INLEIDING
Soos dit geblyk het uit die vorige hoofstuk, hoef ´n selfstandige onderdeel van ´n
kerkgenootskap in die Nederlandse reg nie gerig te wees op godsdienstige besinning
of verering om oor regspersoonlikheid te beskik nie, maar kan ook wel ´n organisasie
wees met ´n liefdadigheidsoogmerk of selfs ´n kerklike tehuis vir bejaardes. Vir die
doeleindes van die beklee van ´n spesiale posisie en uitsondering van gelyke
behandeling, wil dit voorkom uit die literatuur en hofbeslissings dat die godsdienstige
karakter van die betrokke selfstandige onderdeel wel ´n belangrike element is. Indien
daar van daadwerklike godsdiensuitoefening sprake is, moet dit ook regstreeks te
make hê met byvoorbeeld erediens of geloofskwessies.
Moslem-organisasies verenig dikwels as ´n stigting en godsdienstige organisasies kies
soms selfs vir ´n trust of maatskappy. Die meeste Europese lande maak egter
voorsiening vir ´n spesifieke organisatoriese struktuur vir godsdienstige organisasies,
die sogenaamde sui generis godsdienstige organisasie, hetsy na verwys as ´n kerk,
organisasie, gemeenskap, vereniging, genootskap of iets dergeliks. Die rede hiervoor
is volgens Potz en Wieshaider1 dat die organisasie nie net as “godsdienstig”
aangemerk word nie, maar dat dit kan aanspraak maak op “the guaranteed autonomy
to freely administer its internal affairs” en “it is most likely linked with additional
rights which are not necessarily considered to be the core of the exercise of religion,
but very often go together as a result of co-operation between the State and the
religious community in coping with societal challenges”. Die sogenaamde “belief
associations” (of soos hulle in die Europese Gemeenskapsreg bekend staan,
“philosophical non-confessional organizations”) geniet in die Duitse reg dieselfde
1
R Potz & W Wieshaider “Religious Entities as Legal Persons – Parts of Western and Central Europe in L Friedner (ed)
Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons (2007) 30.
53
status as godsdienstige organisasies.2 Die term “kerk” sluit dan ook alle godsdienstige
organisasies in.
Die vraag wat dus in hierdie hoofstuk beantwoord moet word, is: Wat presies is ´n
“godsdienstige organisasie”? Om hierdie vraag te beantwoord, sal die begrip
“godsdiens”, krities vanuit ´n juridies-funksionele benadering aan die hand van sekere
eienskappe ondersoek word, asook die Nederlandse posisie ten aansien van die
betekenis en posisie van “kerkgenootskappe”. Verder sal ondersoek ingestel word na
die aard, posisie en funksionering van geloofsinstellings as niewinsgewende
organisasies binne die maatskaplike verkeer.
4.2
KONSEPTUALISERING
Wanneer daar van ´n godsdiensgroep gepraat word, verwys dit volgens Du Plessis3 na
“meerdere mense wat om die een of ander godsdienstige rede byeen is en/of oor ´n
bepaalde tydperk heen saamhoort en/of in ´n bepaalde struktuur sáám georganiseer
is”. Dit kan ook ´n godsdiensgemeenskap insluit en ingevolge ´n vroeë WCRP-SA
Verdrag, word ´n godsdiensgemeenskap omskryf as:
“A group of people who follow a particular system of belief, morality and worship, either in
recognition of a divine being, or in the pursuit of spiritual development, or in the expression of
a sense of belonging through social custom and ritual.” 4
Volgens Du Plessis5 word anti- en niereligieuse groepe wat aan hierdie beskrywing
voldoen, op gelyke wyse beskerm. Maar wat beteken “godsdiens”? In die saak van
Christian Education South Africa v Minister of Education6 beslis die hof by monde
van Sachs R dat:
“Religion is not just a question of belief or doctrine. It is part of a way of life, of a people’s
temper and culture.”
2
Artikel 137 ss 7 WRV (Weimarer Reichsverfassung – Weimar Grondwet van 1919) saamgelees met artikel 140 GG. Sien G
Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or Belief in Germany” (2005) 19 Emory Int’l
L. Rev 884.
3
LM du Plessis “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” (2002) 43 NGTT 216.
4
´n Suid-Afrikaanse Verdrag rakende Godsdiensregte en Verantwoordelikhede wat goedgekeur is tydens ´n Nasionale Interreligieuse Konferensie wat gehou is gedurende November 1992 onder die vaandel van die “South African Chapter of the World
Conference on Religion and Peace (WCRP-SA)”. Sien verder LM du Plessis “Current Problems Concerning Church and State
Relationships and Religious Freedom in South Africa. The Viewpoint of a Constitutional Lawyer” in H Warnink (ed) Legal
Position of Churches and Church Autonomy (2001) 15 en verder.
5
Du Plessis 2002 NGTT 216.
6
Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 33.
54
Raath7 onderskei tussen godsdiens in die eng sin en religie soos volg:
“Met sy gebed, psalm en gesang, verkondiging en verneming van Gods Woord, gebruik van
sakramente, sending en evangelisasie, ensovoorts, wend die mens hom (vertikaal) direk en
onmiddellik tot God. Ons noem dit godsdiens (in enger sin).
Die mens dien God óók met al sy ander aktiwiteite, waaronder alle kultuurvorming […] Die
vervulling van hierdie omvattende roeping is ook ´n diens van God. Ons noem dit religie.”
In die minderheidsuitspraak in Prince v President,Cape Law Society,8 beslis Ngcobo
R soos volg:
“Religion is a matter of faith and belief. The beliefs that believers hold sacred and thus central
to their religious faith may strike non-believers as bizarre, illogical or irrational. Human beings
may freely believe in what they cannot prove. Yet that their beliefs are bizarre, illogical or
irrational to others, or are incapable of scientific proof, does not detract from the fact that these
are religious beliefs for the purposes of enjoying the protection guaranteed by the right to
freedom of religion. The believers should not be put to the proof of their beliefs or faith. For
this reason it is undesirable for courts to enter into the debate whether a particular practice
is central to a religion unless there is a genuine dispute as to the centrality of a practice.”
Die betekenis van godsdiens is belangrik ook vir doeleindes van institusionele
godsdiensvryheid om te bepaal wanneer, al dan nie, daar van ´n “godsdienstige”
organisasie gepraat word. Volgens Van Rooyen9 het godsdiens dan ook ´n sterk
kollektiewe karakter in sy wese en openbaring en omskryf hy godsdiens soos volg:
“Godsdiens is die verhouding tussen ´n individu en/of groep en ´n persoonlike god of gode of
in ´n wyer sin, ´n goddelike mag of voorwerp van ´n materiële of geestelike aard wat oor
bonatuurlike krag beskik. Godsdiens kan verder as die diens en aanbidding van ´n god of
godheid omskryf word, soos dit in die verskeie vorme van aanbidding en in die sisteme van
geloof en aanbidding tot uitdrukking kom. Dit kan verder ook beskou word as die erkenning
van ´n hoër of hoogste mag wat respek, liefde en dankbaarheid afdwing. Samehangend
hiermee, bestaan daar altyd die belydenis en die uitoefening van die geloof in die godheid, die
dogmas van daardie godsdiens, die gebruike en ander religieuse praktyke wat daaromheen
gebou is.”
7
AWG Raath “Grondbeginsels van ´n Calvinistiese Regsleer” 1985 Obiter 64.
Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 42.
9
JWC van Rooyen Publikasiebeheer in Suid-Afrika (1978) 96.
8
55
Bogenoemde definisie word deur Rudolph10 geïnterpreteer as insluitende van die
okkultisme in die begrip “godsdiens” en is sy siening selfs dat satanisme sou
kwalifiseer as “godsdiens” na aanleiding van die beskrywing van “godsdiens” deur
die Appèlraad oor Publikasies in die saak van Fountain Source of Occultism11 as:
“[…] the relationship between an individual or group and a personal god or gods in the wide
sense of the word, or a godly power or object of a material or spiritual nature, which has,
according to the view of the adherents, supernatural powers.”
Volgens Van Rooyen12 sal satanisme egter nie as godsdiens kwalifiseer nie uit hoofde
van die feit dat dit deur die meerderheid van Suid-Afrikaners gesien word as ´n
praktyk gerig op die uitleef en bevordering van wat gesien word as “duiwels” en
“boos”. Uit Van Rooyen se definisie van “godsdiens” dui dit ook duidelik op die
afwesigheid van respek, liefde en dankbaarheid as komponent van “godsdiens”.
Hoewel so ´n siening baie subjektief is, sou ´n saak dalk uitgemaak kon word dat
godsdiensuitoefening ook ´n etiese en morele begronding moet hê, wat duidelik nie by
satanisme teenwoordig is nie. Hierdie benadering en problematiek is duidelik
geïllustreer deur die Nederlandse hof in die saak van Sint Walburga.13 De
Kloosterorde der Zusters van Sint Walburga, gevestig op die Amsterdamse
“walletjies”, het hulself voorgehou as ´n selfstandige onderdeel van die
kerkgenootskap “Kerk van Satan”. Die aanbied van “sex shows” het deel uitgemaak
van die sogenaamde godsdiensuitoefening van die betrokke kerkgenootskap. Vir Sint
Walburga was dit van die uiterste belang om as selfstandige onderdeel van die
kerkgenootskap erken te word, aangesien dit hulle sou vrywaar van gereelde
polisiekontrole, soos blyk uit die volgende bepaling:
“In de gevallen waarin krachtens dit wetboek het betreden van plaatsen is toegelaten, geschiedt
dit, buiten het geval van ontdekking op heter daad niet: […]
2. In de lokalen, voor den godsdienst bestemd, gedurende de godsdienstoefening.”14
10
S Rudolph Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer in Suid-Afrika (ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria,
1991) 263.
11
Sien Rudolph Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer 264-265.
12
JCW van Rooyen Censorship in South Africa (1987) 87. Na aanleiding van die Fountain Source of Occultism-saak is hy van
mening dat “Occultism has thus been recognized as a religion. It is submitted that Satanism will not be recognized as a religion
as a result of its promotion of what is regarded as evil by the vast majority of South Africa”.
13
HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga). Sien verdere bespreking in AH Santing-Wubs Kerken in
Geding (2002) 20.
14
Santing-Wubs Kerken in Geding 20-21.
56
Die hof formuleer enkele verdere vereistes waaraan voldoen moet word om as
kerkgenootskap te kan geld en vereis dat daar ten minste sprake moet wees van
godsdiens en dat daar ´n gestruktureerde organisasie moet wees. Gevolglik kom die
hof tot die gevolgtrekking dat De Kloosterorde van Sint Walburga nie as ´n
selfstandige onderdeel van die kerkgenootskap kan geld nie, en beslis soos volg:
“De eerste vraag is of de Kerk van Satan als een kerkgenootschap in de zin van dit artikel (art.
2:2 lid 1 BW, ahsw) kan gelden. In de rechtsliteratuur wordt wel aangenomen dat de wetgever
hier alleen aan de christelijke en joodse kerkgenootschappen gedacht heeft, zodat alleen deze
een beroep op voormeld artikel kunnen doen. Vaststaat blijkens de overgelegde producties dat
de Kerk van Satan ondanks het gebruik van kennelijk aan de rooms katholieke kerk ontleende
woorden als kerkprovincie, zusters, moeder-overste en abdis niet tot de christelijke of joodse
godsdienst behoort. Het hof is voorshands van oordeel dat gezien de huidige multiculturele
samenleving van ons land en de in art. 6 Gr.w. en diverse internationale verdragen verankerde
gelijkheid van alle godsdiensten tegenover de Staat ook aan de aanhangers van andere dan de
christelijke en joodse godsdienst het recht toekomt zich op voormeld artikel te beroepen.
Hieraan dient dan echter wel de eis gesteld te worden dat het om godsdienst gaat en dat de
aanhangers een gestructureerde organisatie hebben […]”15
Geld hierdie benadering ook ten aansien van ateïsme en kwalifiseer dit as
“godsdiens”? Volgens Van Dijkhorst in Wittman16 word “godsdiens” soos volg
gedefinieer:
“It [religion] cannot include the concepts of atheism or agnosticism which are the very
antithesis of religion. The atheist and agnostic is afforded his protection under the freedom of
thought, belief and opinion part of this section. There is conceptually no room for him under
the freedom of religion part. Freedom of religion does not mean freedom from religion.
Remarks in United States constitutional case law which tend to describe atheism or
agnosticism as religion are in our context inapplicable.
When therefore […] s 15(2) of the Constitution permit[s] religious observances, this is a
reference to the Jewish, Christian, Moslem, Buddhist and other faiths practising their religion
at State and State-aided institutions. Religious observances (Afrikaans: ‘godsdiensbeoefening’)
does not mean a practice which neither Jew, Christian, Moslem, Buddhist, Hindu, nor other
faiths recognise as such; where the Supreme Being is neither the God of Israel nor the Holy
Trinity nor Allah the Merciful etc. but a vague nonentity.”
15
16
HR 31 Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga) par 5.
Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T) 449.
57
In Swede word ´n kerkverband gedefinieer as “a community for religious activities, of
which an integral part is to arrange divine services”.17 Hierdie definisie sluit dus nie
die Sweedse Humanistiese Vereniging, wat ´n vereniging vir Ateïste is, in nie.
Ateïsme word omskryf as die “afwesigheid van enige godsdienstige geloof, synde
ateïsties, politeïsties of panteïsties”.18 Devenish19 voer egter aan dat die reg op
godsdiensvryheid ook die reg insluit om geen geloof te hê nie en dat die begrip
“godsdiens” ook die begrip niegodsdiens insluit. ´n Reg op godsdiensvryheid sluit dus
dikwels ´n verwysing na vryheid van gewete, denke, filosofiese oortuigings en selfs
wêreldbeskouing in, sonder om hierdie denke as “godsdiens” te klassifiseer. Binne die
konteks van artikel 18 van die Internasionale Verdrag van Burgerlike en Politieke
Vryhede van 1966 (ICCPR) word bepaal dat “a belief consisting primarily or
exclusively in the worship and distribution of a narcotic drug cannot conceivably be
brought within the scope of article 18 of the Covenant”.20 Dit sou dus ook geld vir die
algemene
reikwydte
van
die
reg
op
godsdiensvryheid.
Verder
impliseer
godsdienspluralisme ook reeds ´n verskeidenheid van interpretasies en merk Choper21
in hierdie verband soos volg op:
“[T]he scope of religious pluralism […] alone has resulted in such a multiplicity and diversity
of ideas about what is a ‘religion’ or a ‘religious belief’ that no simple formula seems able to
accommodate them all.”
Vir praktiese doeleindes ten einde die howe in staat te stel om godsdienstige kwessies
effektief te kan hanteer, maar ook om godsdienstige organisasies by te staan, stel Van
der Schyff22 tereg ´n “funksionele” benadering voor vir die konseptualisering van die
begrip eerder as ´n suiwer filosofiese of teologiese benadering. In die konteks van ´n
regsbenadering sal hierdie benadering dan ook deurgaans gevolg word in terme
waarvan ´n geloofsinstelling aan die hand van sekere uitwendige kenmerke en
eienskappe gekwalifiseer en omskryf kan word.
17
R Friedner “Religious Entities as Legal Persons – Sweden” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as
Legal Persons (2007) 217.
18
JMT Labuschagne “Die Begrip ‘Godsdiens’ in Godsdiensvryheid: ´n Bewussynsantropologiese Ekskursie na die Evolusiekern
van die Reg” 1997 De Jure 130.
19
G Devenish “Freedom of Religion, Belief and Opinion” 1995 Obiter 15 op 17.
20
M.A.B, W.A.T. and J-A.Y.T. v Canada (No 570/1993), UN Doc CCPR/C/50/D/570/1993(1994).
21
JH Choper “Defining ‘Religion’ in the First Amendment” 1982 U. ILL. L. Rev 579.
22
G van der Schyff “The Legal Definition of Religion and its Application” (2002) 119 SALJ 289.
58
4.3
EIENSKAPPE EN KENMERKE
Aangesien godsdiens in baie algemene terme omskryf word as a “collection of
beliefs”, is dit nodig om ´n paar eienskappe te identifiseer. Volgens Van der Schyff23
moet van die volgende eienskappe ten minste teenwoordig wees ten einde as ´n
“godsdiens” te kwalifiseer: ´n geloof in ´n opperwese of wesens; ´n geloof in ´n
transendente realiteit; ´n morele kode; ´n wêreldlike beskouing wat die menslike rol in
die heelal verklaar en aan die hand waarvan ´n individu sy lewe inrig en organiseer;
heilige rituele, dae en feeste; aanbidding en gebed; heilige geskrifte en tekste en die
bestaan van ´n sosiale organisasie wat sodanige godsdienstige geloofsisteem
ondersteun en bevorder. Laasgenoemde is veral van belang vir godsdienstige
organisasies. Die hof in Taylor v Kurtstag24 beslis met verwysing na Witte25 dat:
“[…] active religious rights require that individuals be allowed to exercise their religious
beliefs privately and groups be allowed to engage in private worship assembly. More fully
conceived, active religious rights embrace an individual’s ability to engage in religious
assembly, religious speech, religious worship, observance of religious laws and ritual, payment
of religious taxes, and the like. They also embrace a religious institution’s power to
promulgate and enforce internal religious laws of order, organisation, and orthodoxy, to train,
select, and discipline religious officials, to establish and maintain institutions of worship,
charity, and education, to acquire, use, and dispose of property and literature used in worship
and rituals, to communicate with co-believers and proselytes, and many other affirmative acts
in manifestation of the beliefs of the institution.”
Volgens Van Dijkhorst in Wittman v Deutscher Schulverein26 is “godsdiens” nie ´n
neutrale begrip nie en die begrip behels ´n “system of faith and worship [as] the
human recognition of superhuman controlling power and especially of a personal God
or gods entitled to obedience and worship”. Religieuse kerkverband word dan ook
gebruik as ´n “generic term wide enough to cover the various churches, religious
societies or religious congregations under whatever name they wished to describe
themselves…[and also]…that each religious denomination should be respected when
it says what its ethos is”.27 Vryheid van “godsdiens”, soos geïnterpreteer in die lig van
artikel 6 van die Nederlandse Grondwet en artikel 9 van die Europese Konvensie, het
23
Van der Schyff 2002 SALJ 290.
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W) par 37.
25
J Witte “The South African Experiment in Religious Human Rights” 1993 Journal for Juridical Science 24-25.
26
Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T) 449.
27
P Colton “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as
Legal Persons (2007) 128.
24
59
ook slegs betrekking op die individuele of kollektiewe uitoefening van godsdiens
indien dit deel uitmaak van “zodanig erkende godsdienstige praktijk”.28 Volgens
Vermeulen en Kanne29 moet die volgende praktyke teenwoordig wees om as
godsdienstige praktyk aangemerk te kan word:
-
die teenwoordigheid van ´n bepaalde godsdienstige oortuiging;
-
die uitleef en uitoefening van hierdie oortuiging in beide die individuele sowel
as kollektiewe godsverering (kultus, rituele en gebruike), die huislike (privaat)
en openbare godsdiensuitoefening;
-
die uitleef en uitoefening van hierdie oortuigings in die onderwys, opvoeding;
-
die oprig en inrig van organisasies waarbinne genoemde manifestasies en
uitlewinge kan plaasvind;
-
ander optrede uit hoofde van genoemde oortuiging wat regstreeks verband hou
en uitdrukking gee aan die bepaalde oortuiging.
So is byvoorbeeld bevind in die saak van die Santo Daime Kerk in Nederland30 dat
die gebruik van hallusinerende tee as die uiting van ´n godsdienstige praktyk
kwalifiseer vir beskerming onder artikel 9 van die Europese Konvensie. ´n
Benadering vergelykbaar met die Konstitusionele Hof se standpunt in Prince v
President of the Law Society of the Cape of Good Hope31 dat die gebruik van cannabis
´n onderdeel uitmaak van die Rastafariër-geloof, hoewel die hof bevind het dat ´n
verbod daarop ´n regverdige beperking van die reg op godsdiensvryheid daarstel. Die
Nederlandse howe volg ´n beleid van “interpretatiewe terughoudenheid” wanneer
bepaal moet word wat ´n godsdienstige organisasie onder die belydenis of uiting van
hul eie oortuigings en doktrines verstaan, vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse howe
se benadering van nie-inmenging in leerstellige kwessies wat in groot besonderhede
in Hoofstuk 6 bespreek sal word. Hierdie benadering van die Nederlandse howe is
veral van belang in geskille met “uitheemse” of “vreemde” kerkgenootskappe en
behels dat dit nie aan buitestaanders, veral owerheidsorgane, oorgelaat moet word om
te bepaal wat, al dan nie, deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige organisasie se
geloofsoortuiging of doktrine nie. So beslis die Hoge Raad dat:
28
BP Vermeulen en MJ Kanne “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en
Recht (2004) 78.
29
Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 78.
30
Rb. Amsterdam 21 Mei 2001, AB 2001, 342 m.nt. BPV.
31
Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH).
60
“[…] de burgerlijke rechter geen partij mag kiezen in […] geschillen omtrent geloof en
belijdenis en met name ook niet […] zijn uitspraak omtrent enig rechtspunt afhankelijk mag
stellen van zijn oordeel met betrekking tot theologiese leerstellingen, omtrent welker juistheid,
onjuistheid of gewicht aldaar verdeeldheid bestaat.”32
Die Europese Hof bevestig hierdie siening ook in Metropolitan Church of Bessarabia
dat “in principle the right to freedom of religion […] excludes assessment by the State
of the legitimacy of religious beliefs or the ways in which those beliefs are
expressed”.33
4.4
DIE POSISIE IN NEDERLAND
4.4.1
Die howe se benadering
Die Nederlandse howe volg ook meer van ´n funksionele benadering as dit kom by
die interpretasie en betekenis van die begrip “kerkgemeenskap/kerkgenootschap” in
die Nederlandse reg. Hierdie benadering kan dus ook die Suid-Afrikaanse howe
leiding gee rakende die effektiewe hantering van godsdienstige kwessies, maar ook
om godsdienstige organisasies by te staan. In die Nederlandse reg bestaan daar geen
eenvormige omskrywing van die begrip “kerkgenootskap” nie en reeds met die
aanstelling van die Anema-kommissie in 1921 bestaan die siening dat ´n omskrywing
van die begrip “kerkgenootschap” nie wetlik bepaal moet word nie, maar aan die
howe oorgelaat moet word vir interpretasie.34 Hierdie siening geld steeds, soos dit
blyk uit kommentaar wat sekere wysigings aan die Burgerlike Wetboek voorafgegaan
het:
“Naar mijn mening verdient het geen aanbeveling in de wet een definitie van
‘kerkgenootschap’ op te nemen. De grenzen daarvan zouden niet minder vloeiend zijn dan die
van het spraakgebruik. Men bedenke daarbij dat het aantal en de variëteit in religieuze
stromingen in de afgelopen tijd hier te lande sterk zijn toegenomen, […] Diepgaande
verschillen maken een scherpe algemene wettelijke definitie thans bijzonder netelig; een
globale omschrijving zal geen verduidelijking van het spraakgebruik brengen, en een te ruime
32
Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79.
Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79.
TJ van der Ploeg “De Overheid en De Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” (2008) 2 Nederlands Tijdschrift voor
Kerk en Recht (NTKR) 83.
33
34
61
roept gevaren van misbruik op. Daarom verdient het zeker vooralsnog de voorkeur in geval
van twijfel de rechter over een concreet geval te laten beslissen.”35 [Eie kursivering.]
Die howe word gelei in hulle interpretasie deur verskeie begripsomskrywinge en
reeds so vroeg soos 1935 vind die definisie van Duynstee36 wyd aanklank:
“Een kerkgenootschap is een blijvende vereniging van personen, welke zich de
gemeenschappelijke godsverering van haar leden, op de grondslag van gemeenschappelijke
godsdienstige opvattinge, ten doel stelt.” [Eie kursivering.]
In ´n 1946-uitspraak van die Hoge Raad37 word hierdie omskrywing van Duynstee
gevolg, maar sonder enige verwysing na die begrip “vereniging”. In die woorde van
die Hoge Raad:
“[...], dat in een kerkgenootschap, hetwelk zich de gemeenschappelijke godsverering van de
leden, op de grondslag van gemeenschappelijke opvattingen, ten doel stelt, [...].” [Eie
kursivering.]
Asser-Van der Grinten-Maeijer38 sluit aan by Duynstee:
“Een kerkgenootschap is een organisatie van aangeslotenen welke zich de gemeenschappelijke
religieuze
verering
of
besinning
van
de
aangeslotenen
op
de
grondslag
van
gemeenschappelijke godsdienstige opvattingen ten doel stelt en welke als zelfstandige
kerkgenootschap en niet als onderdeel van een kerkgenootschap wil gelden.” [Eie kursivering.]
Witteveen39 blyk ook geen voorstander te wees van ´n wetlike omskrywing van die
begrip “kerkgenootskap” nie, en verkies om aan die hand van ´n paar eienskappe die
kenmerke van so ´n godsdienstige beweging te formuleer. Eerstens is daar volgens
hom
sprake
van
´n
vereniging
van
persone,
naamlik
´n
soort
van
samewerkingsverband. Dis opmerklik dat Asser-Van der Grinten-Maeijer40 in hulle
genoemde definisie verkies om nie van ´n vereniging van lede te praat nie, maar
eerder klem te lê op die “organisatie van aangeslotenen”. Die tweede eienskap
volgens Witteveen verwys na die grondslag van hierdie samewerkingsverband.
Opmerklik in al die bogenoemde omskrywings is die klem op gemeenskaplike
35
JB Huizink De Groene Serie Privaatrecht, Rechtspersonen, Boek 2 BW, Titel 1 Algemene Bepalingen, Artikel 2 (2005) par 3.
WJAJ Duynstee Het Rechtskarakter en de Vertegenwoordiging van Kerkgenootschappen en Kerklijke Instellingen (1935) 15.
HR 23 Julie 1946, NJ 1947, 1(D.J.V.) (scheuring Gereformeerde Kerk Houwerzijl).
38
C Asser-Van der Grinten-Maeijer Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht, Deel 2-II
Rechtspersonenrecht, De Rechtspersoon (1997) par 205 en verder.
39
TAM Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen (Dissertatie, Groningen, ‘s-Gravenhage, 1984) 251 en verder.
40
Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder.
36
37
62
opvattinge (sien kursiverings) wat dan as’t ware dien as die grondslag van die
gemeenskaplike godsverering en wat volgens Witteveen vereis dat die lede ten minste
ten aansien van die hoofpunte van die betrokke lewensbeskouing, dieselfde oortuiging
moet handhaaf. Volgens Huizink41 sou daar egter ook organisasies bestaan wat kon
aanspraak maak om as kerkgenootskap te bestaan en vir wie dit meer gepas sou wees
om te praat van “zamen beleven van een gemeenschappelijke godsdienstige
overtuiging” as bloot “gemeenschappelijke godsverering”.
Asser-Van der Grinten-Maeijer42 handhaaf egter die siening dat “voor het zijn van
kerkgenootschap is onzes inziens wezenlijk, dat de organisatie op verering van God is
gericht. Gemeenschappelijke religieuze beleving of religieuze bezinning is naar onze
mening onvoeldoende”. Hierdie kwessie is ook geopper in kommentaar tydens ´n
parlementêre diskussie rakende die Invoeringswet waarin die betrokke minister juis
die vraag geopper het of die begrip gemeenschappelijke godsverering nie wyer
geïnterpreteer moet word om ook voorsiening te maak vir gemeenschappelijke
religieuze beleving of religieuze bezinning nie. Die kommentaar lui soos volg:
“Met [...] ken men betwijfelen of in deze definitie het element ‘gemeenschappelijke
godsverering’ wel typerend is voor alle kerkgenootschappen en of het niet moeten worden
verruimd in de richting van een gemeenschappelijke religieuze beleving of religieuze
bezinning.”43
Asser-Van der Grinten-Maeijer44 het op sigself nie ´n wesenlike probleem met die
wyer interpretasie nie, mits:
“men niet alles wat ook maar enigzins te maken heeft met (godsdienst of) levensovertuiging,
als religie of als religieus aanduidt. Gemeenschappelijke religieuze beleving is iets anders dan
uitsluitend (zo men wil: rationalistische) levensovertuiging”.
Volgens hulle val genootskappe of organisasies op geestelike grondslag dus nie onder
die begrip kerkgenootskap nie en meld ook tereg dat die betrokke Invoeringswet die
kategorieë van “andere genootschappen op geestelijke grondslag” geskrap het.
Hieronder val organisasies soos onder andere humanistiese organisasies of selfs die
vrymesselaars. Hulle baseer hulle aanname op die feit dat hoewel artikel 6 van die
41
Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3.
Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder.
De MvA (Memorie van Antwoord) II Invoeringswet Boeken 3-6 NBW, Sesde gedeelte, Kamerstukken 17725, Nr 7, p 11.
44
Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205 en verder.
42
43
63
Nederlandse Grondwet voorsiening maak vir die vryheid van godsdiens en
gewetensoortuiging, die kerklike vryheid van assosiasie in ´n privaatregtelike sin
tesame met die erkenning van regspersoonlikheid van kerkgenootskappe nie op artikel
6 van die Grondwet berus of steun nie, maar artikel 2 Boek 2 BW.
Witteveen45 meld verder ´n derde eienskap as ´n kenmerk van sodanige
kerkgenootskap. Hierdie eienskap verwys na die doel van die samewerkingsverband
deurdat van aanhangers verwag word om ook uiting te gee aan die geloofsopvatting in
die praktyk. Aansluitend by die vorige opmerkings, steun hy ´n meer neutrale
bewoording van die begrip godsverering, byvoorbeeld “het belijden van de
gemeenschappelijke godsdienstige opvattinge”.46 Die laaste eienskap verwys na die
wil van die betrokke organisasie en word gesien as ´n baie belangrike eienskap
deurdat “de organisatie een-eigen-kerkgenootschap wil zijn”.47 Hoewel dit nie ´n
bepalende eienskap is nie, kan dit ´n bepalende rol speel wanneer die hof moet beslis
of ´n betrokke organisasie ´n kerkgenootskap is, al dan nie. Wat ook in gedagte gehou
moet word, is dat godsdienstige organisasies wat nie noodwendig hulle grondslag in
die Christelike of Joodse geloof het nie, baie meer op die voorgrond is as in die
verlede. In Nederland dink ons veral aan die opkoms van die Islam en daar sou geen
goeie rede wees om Islamitiese geloofsorganisasies uit te sluit van die status van
kerkgenootskappe nie. En wat van Boeddhistiese geloofsorganisasies? Wat weer eens
duidelik blyk uit die voorafgaande bespreking is dat daar steeds geen duidelikheid
bestaan en geen eenvormige omskrywing van die begrip “kerkgenootskap” bestaan
waaronder alle kerkgenootskappe gemaklik pas nie, en daar word ook geensins
gepoog om so ´n beskrywing te formuleer nie. Dit beklemtoon weer eens die moeilike
taak opgelê aan die howe en bevestig maar net weer eens die 1921-posisie van die
Anema-kommissie dat ´n wetlike omskrywing van die begrip “kerkgenootschap”
steeds nie gepas is nie, maar aan die howe oorgelaat moet word vir interpretasie. Dit
word gevolglik bevestig in die volgende woorde:
“Een omschrijving waaronder alle kerkgenootschappen kunnen worden gerangschikt is
wellicht niet te vinden. Dezerzijds zal in elk geval niet worden getracht een zodanige
omschrijving op te stellen. In voorkomende gevallen zal de rechter aan de hand van de
concrete omstandigheden, mede gelet op de opvattingen van zijn tijd, moeten vaststellen of hij
45
Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen 254.
Witteveen Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen 255.
47
Asser-Van der Grinten-Maeijer De Rechtspersoon par 205.
46
64
met een kerkgenootschap te maken heeft. Daarbij heeft de wetgever aan de rechter een grote
mate van vrijheid gelaten, nu de wet geen omschrijving van kerkgenootschap geeft.”48
4.4.2
Die wetlike omskrywing
In Nederland het die begrip “kerk” of “kerkgenootskap” soos dit juridies benader
word, ´n wetlike omskrywing (art 2:2BW) wat hoofsaaklik deur uitwendige kenmerke
gekwalifiseer word, anders as die inhoudelike teologiese benadering vanuit die
teologie.49 Die interne geloofsopvatting is vir die juris nie veel van belang by die
toepassing van reëls nie, hoewel dit moet geskied binne die raamwerk van die reg op
godsdiensvryheid, wat van toepassing op alle geloofsgemeenskappe is. Om die
“tradisionele” kerke te plaas en te identifiseer binne hierdie beskrywing van
“kerkgenootskap”, is gewoonlik nie ´n moeilike taak nie. Twyfel bestaan egter
dikwels ten aansien van ander/nuwe/buitelandse religieuse gemeenskappe of kerke en
dit word dan oorgelaat aan die howe om ´n oordeel te vel na aanleiding van die
spesifieke oogmerke en bestaan van die bepaalde organisasie. In ´n poging om hierdie
onduidelikheid vry te spring, kies baie organisasies vir die sekerheid van
regspersoonlikheid deur hulleself in te rig en te inkorporeer as stigtinge of
vennootskappe. Privaatregtelik besit hulle dus wel regspersoonlikheid, maar beklee
nie die unieke privaatregtelike posisie as kerkgenootskap nie.50 Voorbeelde sluit in
veral nuwe Christelike gemeenskappe en Islamitiese moskee-gemeenskappe. Uit die
oogpunt van die reg op godsdiensvryheid, het hierdie organisasies, hetsy in die vorm
van ´n kerkgenootskap of dié van stigting of vennootskap, dieselfde status. Wanneer
´n godsdienstige organisasie egter vir ´n regsvorm soos ´n stigting of vennootskap
kies, is hulle onderworpe aan die reëls betreffende die interne organisasie en eksterne
verhoudings soos neergelê in Boek 2 BW, soos byvoorbeeld artikel 851 en 1552 BW.
48
Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3.
TJ van der Ploeg “Kerk en Recht; Een Juridische Benadering” in LC Van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht
24.
50
Van der Ploeg Kerk en Recht 124-125.
51
1.Een rechtspersoon en degenen die krachtens de wet en de statuten bij zijn organisatie zijn betrokken, moeten zich als zodanig
jegens elkander gedragen naar hetgeen door redelijkheid en billijkheid wordt gevorderd.
2.Een tussen hen krachtens wet, gewoonte, statuten, reglementen of besluit geldende regel is niet van toepassing voor zover dit in
de gegeven omstandigheden naar maatstaven van redelijkheid en billijkheid onaanvaardbaar zou zijn.
Vastgesteld bij de wet van 22 Juli 1976, Stb. 395 (i.w.tr. 26 Juli 1976).
Gewijzigd bij de wet van 15 November 1989, Stb. 541 jo 1991, 605 (i.w.tr. 1 Januari 1992).
52
Art.15
1.Een besluit van een orgaan van een rechtspersoon is, onverminderd het elders in de wet omtrent de mogelijkheid van een
vernietiging bepaalde, vernietigbaar:
a) wegens strijd met wettelijke of statutaire bepalingen die het tot stand komen van besluiten regelen;
b) wegens strijd met de redelijkheid en billijkheid die door artikel 8 worden geëist;
c) wegens strijd met een reglement.
49
65
In die geval van konflik wat uitloop op ´n beroep op die howe, is hierdie organisasies
(in die vorm van ´n stigting of vennootskap) dus in ´n ongelyke posisie in die
burgerlike reg, ongeag dieselfde status, gesien uit die oogpunt van die reg op
godsdiensvryheid. Hulle is dus onderworpe aan die reëls en regulasies ten opsigte van
die interne organisasie en eksterne verhoudings van die betrokke organisasie, soos
byvoorbeeld
oprigtingsvereistes,
verteenwoordigingsbevoeghede
en
ledeverbod,
ander
formaliteite.
bestuursbevoegdhede,
Wat
betref
die
verteenwoordigingsbevoegdhede van kerkgenootskappe, wyk die bevoegdhede ietwat
af van die bevoegdhede normaalweg van toepassing op ander privaatregtelike
regspersone. Eerstens tref ons by kerkgenootskappe, hulle selfstandige onderdele of
selfs die verenigde liggaam, nie noodwendig ´n enkele bestuursraad met
verteenwoordigingsbevoegdheid aan nie. Dit word dikwels verleen aan meer as een
bevoegde funksionaris. ´n Voorbeeld tref ons aan by die Protestantse Kerk in
Nederland. Wat finansiële aangeleenthede betref, word die bevoegdheid gesamentlik
verleen aan die sekretaris en die voorsitter van die college van kerkrentmeesters; die
bevoegdhede in diakonale aangeleenthede berus by die voorsitter en die sekretaris van
die diakonie, terwyl die voorsitter en die skriba van die kerkraad die gemeente in
ander sake verteenwoordig. Hierdie posisie is grootliks vergelykbaar met die
algemene funksionering van plaaslike gemeentes in Suid-Afrika, soos omskryf in die
onderskeie Kerkordes van die verskillende kerke en denominasies.
Wat belangrike besluite betref, word daar daarom dikwels vereis dat die besluit deur
´n bevoegde orgaan (saamgestel uit betrokke funksionarisse of verteenwoordigers)
geneem word, soos ´n kerkraad, uitvoerende kommissie of selfs sinode. In die tweede
instansie bepaal die interne kerklike bepalings rakende die besluitneming en
verteenwoordiging, soos neergelê in die betrokke Kerkorde of konstitusie, die
organisasie se verteenwoordigingsbevoegdheid na buite. Indien iemand dus ´n
regshandeling namens ´n kerklike regspersoon verrig, wat teenstrydig met die
kerklike bepaling of sonder die nodige bevoegdheid as verteenwoordiger is, sou die
kerklike regspersoon teenoor die derde die verteenwoordingingsonbevoegdheid van
die betrokkene kon opper en aanspreeklikheid vryspring.
66
In ´n beslissing van die Hof ‘s-Hertogenbosch53 vind ons ´n interessante voorbeeld.
Volgens die Algemene Reglement vir die bestuur van ´n parogie van ´n RoomsKatolieke Kerk in Nederland, is dit ´n vereiste om vir die verkoop van onroerende
eiendom ´n skriftelike magtiging vanaf die biskop te verkry. Die betrokke priester,
wat voorsitter en sekretaris van die bestuur van die parogie Stein-Kerensheide was,
het sonder die nodige magtiging ´n woonhuis met erf, wat eiendom van die parogie
was, aan ene Buurenstein verkoop. Die koper was onbewus van die noodsaaklike
magtiging van die biskop, wat afwesig was. Die hof beslis soos volg:
“(Buurenstein) kan zich er ook niet op beroepen, dat hij de bevoegdheidsbeperking en de
onbevoegdheid van de parochie tot de litigieuze verkoop niet kende. Buurenstein heeft niet
onderzocht, noch door zijn makelaar of notaris doen onderzoeken of de parochie bevoegd was.
Toch had een dergelijk onderzoek in de rede gelegen, niet alleen omdat Buurenstein wist met
een rechtspersoon van eigen aard te handelen, maar ook omdat hij verenigingen en stichtingen
de Nederlandse wet in art. 44 en 219 boek 2 aan besturen de bevoegdheid tot verkoop van
onroerende goed onthoudt, tenzij de statute anders regelen. De vraag naar de bevoegdheid tot
vervreemding door een verkoper-rechtspersoon is dus geenzins ongebruikelijk en mag door de
koper niet gepasseerd worden.”54 [Eie kursivering.]
Die hof beklemtoon die eie aard van die kerkgenootskap en bevind gevolglik dat die
kerklike regspersoon nie gebonde is nie. Die interne prosedures van die kerklike
regspersoon dien dus as verweer, terwyl hierdie interne prosedures en reëlings meestal
nie algemeen bekend is nie. In die praktyk is dit dus geensins ´n aantreklike opsie vir
derdes nie en ook nie vir die kerklike regspersoon sou dit lei tot die situasie waar
derdes nie meer kontrakte met kerklike regspersone wil sluit nie. Van der Ploeg55
doen aan die hand dat waar so ´n kerklike regspersoon aan die regsverkeer deelneem,
daar as’t ware ´n verpligting (voortspruitend uit kerke se maatskaplike
sorgvuldigheids- en betroubaarsheidplig) rus om die interne reëls en prosedures
rakende besluitneming en verteenwoordiging aan derdes te verstrek, sodat hulle bedag
kan wees op die voorwaardes. Op so ´n wyse word die kerklike regspersoon ook ´n
meer deursigtige en minder ondeurgrondelike teenparty.
In Nederland val die klem dus op die “uitsonderingsposisie” van kerkgenootskappe en
word dit hoofsaaklik verdedig aan die hand van die skeiding tussen kerk en staat in
53
Hof‘s-Hertogenbosch, 8 Juli 1991, KG 1991, 368, NJ 1992, 89.
Van der Ploeg Kerk en Recht 131-134.
55
Van der Ploeg Kerk en Recht 135.
54
67
die sin dat “de wetgewer behoort de kerk niet voor te schrijven hoe ze zich moet
organiseren, aangezien daarmee de scheiding in gevaar zou kunnen komen”.56 Dit
blyk egter duidelik dat hierdie siening en die gepaardgaande verhouding tussen
kerkgenootskappe en verenigings in Nederland, maar ook in Suid-Afrika, steeds
onderhewig is aan politieke spanning. Dit is te verstane gesien in die lig daarvan dat
die erkenning van ´n unieke regsposisie van kerkgenootskappe die organisasie ´n
bevoorregte posisie blyk te gee bó ander maatskaplike organisasies. Gevolglik is dit
nodig om verder ondersoek in te stel na die aard en die posisie wat geloofsinstellings
in die maatskaplike verkeer inneem (saam met ander maatskaplike organisasies).
4.5
DIE
AARD,
POSISIE
EN
FUNKSIONERING
VAN
GELOOFSINSTELLINGS IN DIE MAATSKAPLIKE VERKEER
4.5.1
Agtergrond
Volgens Hobbes se soewereiniteitsidee is alle gesag staatlik of andersins staatafgeleide gesag en hy beskryf die kerk byvoorbeeld as “´n vergadering van mense wat
die Christelike religie bely en wat in die persoon van een soewerein verenig is op wie
se bevel hul byeenkom”.57 Sover die kerk dus as ´n selfstandige persoon met ´n eie
gesag handel, word dit beskou as ´n “onwettige vergadering”. Die denke ná Hobbes is
baie meer individualisties georiënteerd. Von Gierke formuleer byvoorbeeld die
Germaanse gemeenskapsidee “Genossenschaft” waarvolgens die individuele bestaan
beklemtoon word en waarvan die klem geleë is in “´n innerlike, organiese verbinding
van wetgewing en persoonlike vryheid, van enkeling en gemeenskap, waarin die
oorbeklemtoning van die individuele bestaan oorwin”.58
Binne Von Gierke se moderne verenigingsbeweging wat vanaf 1806 in Duitsland
posgevat het, vind ons die Genossenverbände, oftewel sosiale gemeenskapsgroepe
wat gerig was op “associative fraternisation” en enige tyd kon ontstaan, in soverre
hulle daarop gemik was om as gemeenskappe van ´n private aard te funksioneer. Van
Eikema Hommes59 verwys na sosiale gemeenskappe as ´n “duurzame sociale
verhouding” waarin lede tot ´n “hoger sociale eenheid met doorgaans gezags- en
56
Santing-Wubs Kerken in Geding 17.
JL Pretorius Die Begrip Openbare Belang en Burgervryheidsbeperking (LL.D-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat,
1987) 63.
58
Pretorius Die Begrip Openbare Belang 99.
59
HJ van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen der Rechtswetenschap. Een Juridische Methodologie (1983) 224.
57
68
ondergeschiktheidsverhoudingen verbonde zijn”. Hierdie sosiale gemeenskappe word
onderverdeel
in
natuurlike
en
georganiseerde
gemeenskappe.
Natuurlike
gemeenskappe vind hul grondslag in ´n “organische levensaspect” wat moreel
gekwalifiseerd is. Bepaalde tipes van morele liefde bepaal ook die natuurlike
gemeenskap se interne bestemmingsfunksie. Tipiese voorbeelde van sulke
gemeenskappe sluit in die huwelik, gesin en familie. So word ´n gesin byvoorbeeld
omskryf as “een morele liefdesgemeenschap van ouders en kinderen, tussen wie een
biotische afstammelingsrelatie in de eerste graad bestaat”.60 Teenoor die natuurlike
gemeenskappe vind ons die georganiseerde gemeenskappe, of die sogenaamde
“Verbände” soos dit in Duits bekend staan. Hierdie gemeenskappe is “cultuurhistorisch” gefundeerd omdat dit op menslike organisasie berus, en soos Van Eikema
Hommes dit uitdruk:
“Het is de vrije variabele vormgeving aan de sociale betrekkingen der leden met name aan de
interne gezags- en ondergeschiktheidsverhoudingen, die in geen enkel sociale verband
ontbreken, waarin het georganiseerde karakter van deze gemeenschappen tot uitdrukking
komt.”61
Hierdie georganiseerde gemeenskappe vind hulle interne bestemmingsfunksie in
verskeie aspekte. ´n Staatsverband is tipies juridies gekwalifiseerd, wat gebaseer is op
´n monopolistiese organisasie; ´n onderneming is tipies ekonomies gekwalifiseerd op
´n kapitale en arbeidsgeoriënteerde organisasie; ´n universiteit is moreel
gekwalifiseerd met ´n organisasie van wetenskaplike ondersoek en onderwys. So
word die kerkverband dan gesien as “typisch pistisch gekwalificeerd als gemeenschap
van Christgelovigen, gebaseerd op een organisatie van woordbediening der
Sacramenten”.62 Die interne bestemmingsfunksie van die kerkgemeenskap berus dus
op die geloofsaspek. In Duitsland het die sisteem van vrye assosiasie relatief stadig
vanaf die sfeer van private verenigings (byvoorbeeld akademiese en sosiale belange)
oorgespoel na die openbare sfeer. Dit was ook hoofsaaklik as gevolg van buitelandse
heerskappy (1806-1813) dat ´n “public spirit of association” vlam gevat het.63
Heelwat onafhanklike verenigings het oral oor Duitsland heen ontstaan, selfs voor
60
Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225.
Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225.
62
Van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen 225.
63
O von Gierke Community in Historical Perspective, a Translation of Selections from Das Deutsche Genossenschaftsrecht,
vertaal deur M Fischer en geredigeer deur A Black (1990) 171.
61
69
1948 toe die eerste reg op vryheid van assosiasie in die praktyk ontstaan het en later
gekodifiseer is.64
Tussen 1814 en 1848 sien ons heelwat vrye verenigings wat vir spesifieke
godsdienstige oogmerke opgerig is. Von Gierke onderskei tussen verskeie groepe.
Eerstens onderskei hy tussen groepe wie se oogmerke direk met godsdiens verband
hou, hetsy tussen lede (byvoorbeeld godsdienstige opvoedkundige verenigings) of na
buite (byvoorbeeeld sendingwerk). Andere is weer gerig op een spesifieke
godsdienstige denkrigting, byvoorbeeld die Gustav Adolph Vereniging, Protestantse
of Katolieke Verenigings, die Duitse Protestantse Vereniging, ensovoorts. ´n Tweede
groep wat hy identifiseer, is verenigings wat ´n meer kerklike, eerder as bloot net
religieuse oogmerk nastreef. Hulle is betrokke by die konstitusionele, administratiewe
en verskeie ander aspekte van die vereniging en word beskou as kwasie-politieke
godsdienstige organisasies. Die laaste groepe is verenigings wat binne die
godsdienstige karakter van die vereniging maatskaplike en welsynsaktiwiteite verrig
(welsynswerk, ouetehuise, ensovoorts).65
Soos Van der Ploeg66 tereg opmerk, is ´n geloofsinstelling of “kerkgenootschap” aan
die buitekant vergelykbaar met ´n vereniging, met die verskil dat dit eerstens ´n
godsdienstige oogmerk nastreef. Vanuit ´n teologiese oogpunt, word die gelykstelling
van ´n kerkgenootskap met ´n vrywillige vereniging gesien as misplaas weens die feit
dat ´n vereniging immers “mensenwerk” is en ´n kerkgenootskap “Gods werk”. Die
kerk ontleen sy grondslag en interne werking aan ´n goddelike openbaring. Hierdie
teologiese grondslag verleen gevolglik aan die kerkgenootskap ´n eie aard in die
Nederlandse reg.67 Of hierdie siening vir alle geloofsinstellings geld, is te betwyfel en
Meijers68 is van mening dat ´n kerkgenootskap nie meer is as “een (privaatrechtelijke)
vereniging van personen met als doel gemeenschappelijke godsverering” nie. Die
kerkgenootskap word egter anders as ander vrywillige verenigings behandel weens
die reg op godsdiensvryheid en daarom beskou hy die kerkgenootskap as ´n besondere
vorm van ´n vereniging. Van buite gesien sou ´n geloofsinstelling dus funksioneer
soos en vergelykbaar wees met ander vrywillige verenigings, maar aan die hand van
64
Von Gierke Community in Historical Perspective 173-174.
Von Gierke Community in Historical Perspective 175-176.
66
TJ van der Ploeg “De Overheid en de Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 2008
198.
67
Sien verder TJ van der Ploeg 2008 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 199 en verder.
68
EM Meijers Algemene Begrippen van het Burgerlijke Recht (1947/1958) 265.
65
70
godsdiensvryheid beoordeel word, wat hierdie organisasies addisionele beskerming en
´n sui generis-aard blyk te gee. Die reg op godsdiensvryheid, bo en behalwe die reg
op vryheid van assosiasie, bepaal dus die grense waarbinne so ´n organisasie
funksioneer.
Van Ee69 is van mening dat die organisasievryheid van ´n kerkgenootskap nie op die
reg op vryheid van godsdiens berus nie, maar eerder op die reg op vryheid van
assosiasie. Gevolglik moet die kerkgenootskap dieselfde as ander vrywillige
verenigings behandel word ten aansien van die funksionering en oprigting van die
kerkgenootskap. Die institusionele reg op godsdiensvryheid het egter nie net
betrekking op die inhoudelike belydenis en godsdienstige opvattinge nie, maar ook op
die funksionering, interne organisasie en gesagstruktuur wat juis by geloofsinstellings
nou verwant is aan en verweef is met die bepaalde belydenis en geloofsopvattinge.
Volgens Van der Ploeg70 “[v]anuit de godsdienst bezien, is een kerkgenootschap dus
meer dan een gewone vereniging met een godsdienstige oogmerk”. Dit sluit aan by
die siening in Duitsland dat kerke en godsdiensgroepe wat regspersoonlikheid het en
waarvan hul oorsprong, aard en oogmerke godsdienstig van aard is, die status van ´n
“Körperschaft des öffentlichen Rechts” verkry. Hierdie status gee erkenning aan
geloofsinstellings as sui generis-instellings wat ´n eiesoortige posisie beklee in die
Duitse samelewing.71
Gevolglik
voer
Smit72
aan
dat
ooreenkomstig
bovermelde
sienings,
die
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ooreeenkomstig sy selfdefiniëring nie as ´n
vrywillige vereniging gedefinieer kan word nie en behoort die Suid-Afrikaanse howe
bogenoemde sui generis-aard en -posisie van godsdiensgroepe te erken wanneer die
aard van die kerk se regspersoonlikheid gedefinieer word. Dit help egter nie as die
betrokke kerk of geloofsinstelling self nie sy sui generis-aard verstaan of kan
motiveer en definieer nie, of daarvan gebruik maak nie. Vervolgens kan die howe nie
anders as om hulle eie interpretasie te volg of hulle te hou by die interpretasie wat
voor die hof geplaas is nie. ´n Goeie voorbeeld tref ons aan in die Schreuder73-saak.
69
JW van Ee “In Strijd met De Wet” 1996 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 168 en verder.
Van der Ploeg 2008 Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 202.
71
J Smit “Die Kerk se Regsposisie in Suid-Afrika in die Lig van Godsdiensvryheid – Gereformeerd-Kerkregtelik Gesien” 2006
NGTT 642-643.
72
Smit 2006 NGTT 645.
73
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) 718.
70
71
Gebaseer op deskundige getuienis, het die Nederduitse Gereformeerde Kerk self die
volgende standpunt aangeneem ten aansien van die ‘aard’ van die kerk:
“Daar is naamlik die duidelike bedoeling dat ´n predikant sy of haar aardse werkgewer dien
ingevolge ´n dienskontrak soos wat dit normaalweg verstaan word. Trouens, professor Heyns
het uitgewys dat die kerk as vrywillige organisasie bloot ´n ‘menslike organisasie’ is. Dit is in
ooreenstemming met die deskundige op organisasies (professor AB Boshoff) se getuienis dat
die kerk ook ´n organisasie is wat wel uniek kan wees op grond van die kultuur, waardes en
aannames wat heers binne die organisasie. Hy het bygevoeg dat, alhoewel die kerk ´n
missionêre doel het en ´n morele organisasie is met eie unieke kenmerke, bestaan alle
organisasies uit mense. Professor Boshoff het wel uitgewys dat ´n organisasie nie
professionele mense (soos predikante) se natuurlike habitat is nie.
[...] Dr Scholtz het in dieselfde verband uitgewys dat die feit dat mense mag dink dat hulle met
heilige dinge besig is nie verander aan die feit nie dat hulle ´n sosiale sisteem vorm wat
volgens sy eie reëls funksioneer soos enige ander sosiale sisteem.” [Eie kursivering.]
Soos reeds opgemerk in Hoofstuk 3, het die vroeëre regspraak die regsposisie van
verenigings ontleed aan die hand van die Romeins-Hollandse reg en hieruit blyk dit
dat die howe duidelik onderskei tussen ´n verenigingsregspersoon as universitas en ´n
kontraktuele vennootskap as societas.74 Latere regspraak het van die standpunt af
uitgegaan dat die konstitusie van privaatregtelike verenigings kontraktueel van aard
is.75 Daar word gevolglik ook aangevoer dat die reëls en regulasies soos vervat in die
vereniging se konstitusie die terme van die kontrak uitmaak. O’Brien Geldenhuys76
steun hierdie siening en is van mening dat die kenmerke van sodanige vereniging is
dat lede kontraktueel verbonde naas en teenoor mekaar staan en dat regte en
verpligtinge van die lede onderling bepaal word deur die akte van oprigting, of die
ooreenkoms waardeur die vereniging in die lewe geroep word. Pienaar77 steun egter
die vroeëre regspraak, waar die howe aansluiting gesoek het by die RomeinsHollandse reg ten aansien van die regsposisie van verenigings en waar die eienskappe
van ´n universitas of verenigingsregspersoon gestalte vind in wat na verwys word as
74
Sien byvoorbeeld Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS 4 op 6. Hier het die hof op uitsprake
van Voet gesteun en onderskei tussen ´n universitas hominum en ´n societas. Die grootste verskil was dat die
verenigingsregspersoon (universitas) op die interne verenigingsband tussen die lede gegrond is, terwyl die societas op kontrak
berus het. Sien verder G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 1991 THRHR 400 op 401 en verder.
75
Sien Jockey club of South Africa v Feldman 1942 AD 340 op 350-351; Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633
(A) 645B; Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 25G.
76
FE O’Brien Geldenhuys Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van Kerkregering
soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika (1951) 341.
77
Pienaar 1991 THRHR 401-402.
72
die interne verbandsreg van die betrokke universitas, terwyl die societas op kontrak
berus.
Die oprigting van die universitas geskied op grond van wilsooreenstemming tussen
die onderskeie oprigters met die doel om ´n gesamentlike groepsverband met sekere
doelstellings
tot
stand
te
bring.
Pienaar78
voer
gevolglik
aan
dat
die
oprigtingshandeling nie kontraktueel van aard is nie, maar ´n “meersydige
regshandeling met ´n eie aard” is en verder dat die “statute of konstitusie [...] die
objektiewe reg [vorm] wat alle lidmaatskapsbetrekkinge asook verhoudinge teenoor
derdes reël”. Pienaar voer aan dat die reëls en regulasies van verenigingsregspersone
nie op ´n kontrak gebaseer is nie en dat die regsverhouding wanneer lede toetree tot
die vereniging moeilik aan die hand van die kontrakteregbeginsels verklaar kan word.
Hy steun die Nederlandse benadering en merk soos volg op:79
“By toetrede onderwerp ´n lid hom aan die objektiewe reg soos vervat in die doelstellings,
statute of konstitusie van die regspersoon. Dit is dus nie ´n kontraktuele verhouding wat tussen
gelyke kontrakspartye op grond van wilsooreenstemming ontstaan nie, maar ´n onderwerping
aan die objektiewe reg wat die onderlinge regsverhoudinge tussen lede en regsverhouding
tussen regspersoon en buitestaanders reël.”
Bogenoemde privaatregtelike reëls en regulasies is dus die objektiewe reg van die
bepaalde samelewingsverband en is ook al na verwys as “autonomous legislation” en
“autonomic legislation” van toepassing op die reëls en regulasies van kerke.80 Hierdie
positivering van die niestaatlike reg berus volgens Van Zyl en Van der Vyver81 nie op
kontrak nie:
“Dit word beklemtoon dat [...] die reëls van ´n sportvereniging (soos vervat in sy konstitusie en
in die besluite van sy ledevergadering en sy bestuur), net sulke egte reg is as dié wat in ´n
statuut vervat is, mits daardie reëls die element van ordening deur vergelding (dit wil sê:
regsbeginsels) bevat.
Nie-staatlike reg is daardie regsreëls wat vir ´n persoon in die hoedanigheid van lid van ´n
ander sosiale entiteit as die staat geld en wat deur die kompetente regsvormende orgaan in
daardie samelewingsverband gepositiveer word. Hieronder kry ´n mens die reëls van ´n
sportklub, die konstitusie van ´n maatskappy, die kerkreg, ensovoorts.”
78
Pienaar 1991 THRHR 410.
Pienaar 1991 THRHR 409.
Pienaar 1991 THRHR 411.
81
FJ van Zyl en JD van der Vyver Inleiding tot die Regswetenskap (1982) 273.
79
80
73
Indien van die veronderstelling af uitgegaan word dat geloofsinstellings eiesoortige
instellings is wat gegrond is op ´n interne verbandsreg, funksioneer hierdie instellings
steeds as privaatregtelike organisasies, ooreenkomstig die onderskeie reëls en
regulasies soos vervat in hul konstitusie. Geloofsinstellings funksioneer ook as
vrywillige verenigings binne die maatskaplike verkeer, hetsy as kerke en gemeentes
wat godsdienstige oortuigings en praktyke bevorder of as gemeenskaps- of
diensorganisasies op ´n geestelike grondslag. Gevolglik sal geloofsinstellings as
niewinsgewende organisasies binne die maatskaplike verkeer in nadere besonderhede
bestudeer word.
4.5.2
Geloofsinstellings as niewinsgewende organisasies
Oor die algemeen word daar aanvaar dat nie net ´n georganiseerde nie, maar ook ´n
aktiewe gemeenskap belangrik is vir “inklusiewe demokrasie en ontwikkeling”.82 ´n
Verskeidenheid gemeenskapsorganisasies bestaan en die belangrikste eienskap van
hierdie organisasies is dat hulle nie deel vorm van die staat nie. Die fokus is dus nie
op kommersiële organisasies of organisasies met ´n winsoogmerk nie, maar op niestaatlike organisasies of organisasies sonder ´n winsoogmerk. Hierdie organisasies
word nie vir ´n winsoogmerk bedryf om ´n profyt aan lede te betaal nie en het ten doel
om ´n bydrae en voordeel tot die breë publiek te lewer of om die doelstellings van ´n
bepaalde groep of organisasie te bevorder. Dit is dan ook binne hierdie kategorie dat
geloofsinstellings aangetref word. Die vraag is egter wat met ´n “niewinsgewende
sektor” bedoel word. ´n Verskeidenheid van vorme bestaan – nieregeringsorganisasies
(sogenaamde NGOs), vrywillige verenigings, organisasies sonder ´n winsoogmerk en
vele meer. Volgens Salamon en Anheier83 is van die belangrikste definisies die
volgende:
1. ´n Sogenaamde regsdefinisie (in eenvoudige terme – wat sê die wet? Hoe word die
bepaalde organisasie of sektor gedefinieer in bepaalde wetgewing);
2. ´n Ekonomiese of finansiële definisie (wat is die bron van inkomste?);
82
Sien in die algemeen ´n Gids tot die Wet op Organisasies sonder ´n Winsoogmerk 71 van 1997, Legal Resources Centre (LRC)
Inligtingserie Nr. 2.
83
L Salamon en K Anheier “In Search of the Non-profit Sector. I: The Question of Definitions” (1992) 3(2) Voluntas 133-135.
74
3. ´n Funksionele definisie (wat is die funksie en oogmerke van die bepaalde
organisasie?);
4. ´n Strukturele of operasionale definisie (wat is die basiese struktuur en
funksionering van die organisasie?).
In die eerste kategorie dink ons in die Suid-Afrikaanse konteks byvoorbeeld aan die
Wet op Organisasies Sonder Winsoogmerk 71 van 1997. Hierdie wet het op 1
September 1998 in werking getree en maak voorsiening vir die vrywillige registrasie
van organisasies sonder winsoogmerk wat deur die wet omskryf word as:
“´n trust, maatskappy of ander vereniging van persone –
(a)
wat vir ´n openbare doel ingestel is; en
(b)
waarvan die inkomste en eiendom nie aan sy lede of ampsdraers uitkeerbaar is nie,
behalwe as redelike vergoeding vir dienste gelewer.”84
Die wet maak dit dus moontlik vir vrywillige verenigings of gemeenskapsorganisasies
wat ingevolge die gemenereg as universitas of geïnkorporeerde entiteite aangemerk
word om formeel te registreer as ´n organisasie sonder ´n winsoogmerk en dit is ook
´n vereiste vir registrasie om as sodanige entiteit te kwalifiseer. Die wet is veral
daarop gemik om dit vir hierdie organisasies moontlik te maak om makliker
skenkings te kry, deurdat ´n groter mate van deursigtigheid en toerekenbaarheid
teenwoordig is. Sekere voordele of toegewings kan self deur die Minister aan hierdie
organisasies gemaak word. Geloofsinstellings kan ook as organisasies sonder
winsoogmerk registreer ooreenkomstig die bepalings van die wet. In die tweede
kategorie, dus die finansiële definisie, tree die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 op
die voorgrond. Voordat die nuwe wysigings aan die Inkomstewet in werking getree
het, is sekere organisasies sonder winsoogmerk, spesifiek geloofsinstellings (in die
wet na verwys as godsdienstige inrigtings), vrygestel van inkomstebelasting. Artikel
10(1)(f) en 10(1)(fA) het byvoorbeeld soos volg bepaal:
“(f) die ontvangste en toevallings van alle godsdienstige, liefdadigheids- en opvoedkundige
inrigtings van ´n openbare aard, wat godsdienstige, liefdadigheids- of opvoedkundige
84
Artikel 1.
75
aktiwiteite, na gelang van die geval, in die Republiek beoefen, hetsy hulle geheel en al of ten
dele deur toekennings uit staatsinkomste ondersteun word al dan nie;
(fA) die ontvangste en toevallings van ´n fonds waarvan die enigste oogmerk is om fondse aan
enige liggaam, bedoelde liggaam synde ´n maatskappy, genootskap, vereniging van persone of
trust beoog in paragraaf (cF) of enige godsdienstige, liefdadigheids- of opvoedkundige
inrigting beoog in paragraaf (f), te verskaf.” [Eie kursivering.]
Die nuwe wysiging meld egter in artikel 10 (cN) dat die ontvangste en toevallings van
enige openbare weldaadsorganisasie van die normale belasting vrygestel word.85
Hierdie wysiging vereis dus dat ´n openbare weldaadsaktiwiteit verrig moet word
deur ´n openbare weldaadsorganisasie ten einde te kwalifiseer vir vrystelling. ´n
Openbare weldaadsorganisasie word soos volg omskryf:
“ [E]nige organisasie(a) wat(i) ´n maatskappy is beoog in artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van
1973)86, of ´n trust of ´n vereniging van persone is wat in die Republiek ingelyf, opgerig of
gestig is; of
(ii) ´n tak binne die Republiek is van enige maatskappy, vereniging of trust opgerig, ingelyf of
ingestel in ´n land behalwe die Republiek en wat van belasting op inkomste in daardie ander
land vrygestel is;
85
10. Vrystellings.-(1) Van die normale belasting word vrygestel(cN) die ontvangste en toevallings van enige openbare weldaadsorganisasie ingevolge artikel 30 (3) deur die Kommissaris
goedgekeur, in die mate wat die ontvangste en toevallings verkry is(i) anders as uit enige besigheidsonderneming of handelsaktiwiteit; of
(ii) uit enige besigheidsonderneming of handelsaktiwiteit(aa) indien die onderneming of aktiwiteit(A) integraal en direk verwant is tot die enigste of vernaamste oogmerk van daardie openbare weldaadsorganisasie
soos in paragraaf (b) van die omskrywing van, “openbare weldaadsorganisasie” in artikel 30 beoog;
(B) beoefen of uitgevoer word op ´n grondslag waarvan wesenlik die geheel gerig is op die verhaling van koste; en
(C) wat nie onregverdige mededinging met betrekking tot belasbare entiteite tot gevolg het nie;
(bb) indien die onderneming of aktiwiteit van ´n toevallige aard is en wesenlik onderneem word met vrywillige bystand sonder
vergoeding;
(cc) indien die onderneming of aktiwiteit deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant goedgekeur is, met inagneming
van(A) die omvang en welwillendheidsaard van die onderneming of aktiwiteit;
(B) die direkte verband en verwantskap van die onderneming of aktiwiteit met die enigste of vernaamste oogmerk van
die openbare weldaadsorganisasie;
(C) die winsgewendheid van die onderneming of aktiwiteit; en
(D) die vlak van ekonomiese verwringing wat deur die belastingvrye status van die openbare weldaadsorganisasie wat
die onderneming of aktiwiteit bedryf, veroorsaak mag word; of
(dd) behalwe ´n onderneming of aktiwiteit ten opsigte waarvan item (aa), (bb) of (cc) van toepassing is en nie meer is nie as die
grootste van(i) 5 persent van die totale ontvangste en toevallings van daardie openbare weldaadsorganisasie gedurende die
betrokkejaar van aanslag; of
(ii) R150 000;
86
Die nuwe Maatskappyewet 71 van 2008 verwys na ´n maatskappy sonder winsoogmerk ooreenkomstig artikel 10.
76
(b) waarvan die enigste of hoofoogmerk die beoefening van een of meer openbare
weldaadsaktiwiteite is, waar(i) al daardie aktiwiteite beoefen word op ´n niewinsgewende grondslag en met ´n altruïstiese
of filantropiese bedoeling;
(ii) geen van daardie aktiwiteite bedoel is om regstreeks of onregstreeks die ekonomiese eiebelang van enige fiduciarius of werknemer van die organisasie te bevorder nie, anders as by
wyse van redelike besoldiging wat aan daardie fiduciarius of werknemer betaalbaar is; en
(c) waar(i) elke sodanige aktiwiteit deur daardie organisasie beoefen word vir die voordeel van, of
algemeen toeganklik is vir, die algemene publiek, ingesluit enige sektor daarvan (behalwe
klein en eksklusiewe groepe).”
Hierdie omskrywing vereis dus pertinent dat ´n openbare weldaadsaktiwiteit verrig
moet word. ´n Openbare weldaadsaktiwiteit word gevolglik omskryf as enige
aktiwiteit wat in Deel I van die Negende Bylae gelys word of enige ander aktiwiteit
wat van tyd tot tyd deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal
word as van ´n welwillendheidsaard te wees. Deel 1 van die Negende Bylae lys 63
aktiwiteite onder 11 verskillende kategorieë, wat insluit welsyn en humanitêr;
gesondheidsorg; grond en behuising; onderwys en ontwikkeling; godsdiens, geloof en
filosofie;
kultuur;
bewaring,
omgewing-
en
dierewelsyn;
navorsing
en
verbruikersregte; sport; voorsiening van fondse, bates of ander hulpbronne en
algemeen. Die vyfde kategorie van godsdiens, geloof en filosofie is van spesifieke
belang vir geloofsinstellings en sluit in:
“(a) Die bevordering of beoefening van godsdiens wat dade van aanbidding, getuienis,
onderrig en gemeenskapsdiens insluit, gebaseer op ´n geloof in ´n godheid.
(b) Die bevordering en/of beoefening van ´n geloof.
(c) Die bevordering van, of deelname aan, filosofiese aktiwiteite.”
Dit sluit aan by die laaste twee kategorieë wat deur Salamon en Anheier voorgestaan
word, naamlik die funksionele en strukturele definisie, wat verwys na die bepaalde
struktuur, funksionering en eienskappe van so ´n organisasie, wat volgens hulle insluit
dat dit georganiseerd moet wees (´n mate van permanensie dus, gereelde
77
vergaderings, ledetal en so meer); dit moet privaat wees (dus apart van die staat
funksioneer; niewinsgewend en selfbesturend wees en dus bevoeg wees om beheer uit
te oefen oor die interne aangeleenthede en prosedures). Dit moet vrywillig wees (wat
behels dat daar ´n mate van vrywilligheid teenwoordig moet wees in hetsy die
funksionering of bestuur van die organisasie). Dit is egter die element van
“vrywilligheid” van hierdie organisasies wat veroorsaak dat die reg op vryheid van
assosiasie dikwels nie ernstig opgeneem word nie. Hierdie siening word gesteun deur
Woolman87 wat aanvoer dat die Konstitusionele Hof nog geensins die reg op vryheid
van assosiasie ernstig opneem of selfs ´n saak suiwer op hierdie gronde beslis het nie.
Hy voer aan dat:
“In 15 years, the Constitutional Court has never decided a case solely, or even largely, in terms
of freedom of association. And that says quite a lot about where, in our hierarchy of rights,
freedom of association is located.”
Bovermelde eienskappe sluit aan by die funksionele benadering wat voorgestaan word
waarvolgens geloofsinstellings aan die hand van sekere eienskappe en kenmerke
beoordeel word. Hierdie eienskappe en kenmerke van ´n bepaalde geloofsinstelling in
´n bepaalde geval sal bepaal of ´n geloofsinstelling wel kwalifiseer as
geloofsinstelling, al dan nie, vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid.
Aangesien daar egter ´n wye verskeidenheid organisasies is wat hierdie eienskappe
vertoon,
is
´n
meer
spesifieke klassifikasie nodig.
Daarvolgens
kan
´n
klassifikasiesisteem handig te pas kom, soos reeds gesien is in die konteks van die
Inkomstebelastingwet en die omskrywing van ´n openbare weldaadsaktiwiteit vir die
doeleindes van vrystelling van inkomstebelasting.
4.5.3
Klassifikasie van geloofsinstellings
´n Verskeidenheid van sisteme bestaan, insluitende die “International Standard
Classification” (ISIC),88 “General Industrial Classification of Economic Activities”
(NACE)89 en ´n baie volledige sisteem naamlik die “National Taxonomy of Exempt
87
S Woolman “On the Fragility of Associational Life. A Constitutional Liberal’s Response to Patrick Lenta” (2009) 25 SAJHR
296.
88
Opmerklik is dat onder die ISIC-sisteem, godsdienstige organisasies so in die verbygaan geklassifiseer word onder die hoof van
“other community social and personal service activities” en dan spesifiek as “other membership organisations (including
religious, political)”.
89
In terme van die NACE word godsdienstige organisasies saam met maatskaplike dienste, vakbonde, toerisme en professionele
organisasies geklassifiseer as “other services to the public”.
78
Entities” (NTEE)90 (wat ons in die VSA aantref). Die “International Classification of
Nonprofit Organisastions” (ICNPO) bied ´n goeie voorbeeld van ´n sisteem wat nie so
kompleks is soos die NTEE nie, maar ook nie so beperk soos die ISIC en die NACE
nie en wat voorsiening maak vir die klassifikasie van afsonderlike “eenhede” of
“bedrywe” eerder as organisasies in die algemeen. Die uitgangspunt is dat
organisasies in die algemeen dikwels uit verskillende eenhede of bedrywe bestaan wat
almal afsonderlike funksies verrig. Hierdie sisteem sal dan spesifiek ook voorsiening
maak vir die afsonderlike afdelings of eenhede. Ingevolge hierdie sisteem, word
twaalf breë groepe organisasies geïdentifiseer wat op hulle beurt weer uit subkategorieë bestaan. Dis vergelykbaar met dieselfde sisteem wat aangetref word vir
doeleindes van klassifikasie van organisasies as openbare weldaadsorganisasies vir
doeleindes van belastingvrystelling kragtens die Inkomstebelastingwet 58 van 1962.
TABEL 1
Die “International Classification of Nonprofit Organization (ICNPO)” opsommingstabel:
GROEP 1: Kultuur en ontspanning
GROEP 2: Onderwys en navorsing
GROEP 3: Gesondheidsorg
1 100 Kultuur en kuns
2 100 Primêre en sekondêre onderwys
3 100 Hospitale en rehabilitasie
1 200 Ontspanning
2 200 Hoër onderwys
3 200 Verpleeginrigtings
1 300 Diensorganisasies
2 300 Ander onderwys
3 300 Geestesgesondheid en krisisbeheer
GROEP 4: Gemeenskapsdienste
2 400 Navorsing
Groep 5: Omgewing
3 400 Ander gesondheidsdienste
GROEP 6: Ontwikkeling en behuising
4 100 Gemeenskapsdienste
5 100 Omgewing
6 100 Ekonomiese, sosiale en
gemeenskapsontwikkeling
4 200 Nood en vlugtelinge
5 200 Diere
6 200 Behuising
4 300 Inkomste-ondersteuning en onderhoud
6 300 Indiensneming en opleiding
GROEP 7: Reg, advokatuur en politiek
GROEP 8: Liefdadigheids- en
vrywillige bystand
7 100 Burgerlike organisasies
GROEP 9: Internasionale aktiwiteite
9 100 Internasionale aktiwiteite
8 100 Liefdadigheidsbemiddelaars
7 200 Regsdienste
7 300 Politieke organisasies
GROEP 10: Godsdiens
10 100 Godsdienstige gemeentes en
organisasies
GROEP 11: Besigheids- en
professionele verenigings, vakbonde
GROEP 12: Nêrens anders geklassifiseer
nie
11 100 Besigheids- en professionele
verenigings, vakbonde
12 100 Nêrens anders geklassifiseer nie
90
In terme van die NTEE, wat seker een van die volledigste en mees uitgebreide sisteme is wat meer as 25 kategorieë bevat en
meer as 100 subkategorieë is daar maar ´n enkele verwysing na “religion-related” entities.
79
Groep 10 fokus op “Godsdiens” en sluit spesifiek die volgende in:
“[...] organisations promoting religious beliefs and administering religious services and rituals;
includes churches, mosques, synagogues, temples, shrines, seminaries, monasteries and similar
religious institutions, in addition to related associations and auxiliaries of such
organisations.”91
Hierdie sisteem onderskei dus pertinent kerke en ander godsdienstige gemeentes van
alle ander organisasies. Groep 10 maak dan ook verder onderskeid tussen gemeentes
aan die een kant en gemeentelike organisasies aan die ander kant:
“Congregations: churches, synagogues, temples, mosques, shrines, monasteries, seminaries
and similar organisations promoting religious beliefs and administering religious services and
rituals.
Associations of congregations: associations and auxiliaries of religious congregations and
organisations supporting and promoting religious beliefs, services and rituals.”92
Soos reeds gesien, bestaan daar heelwat verwarring betreffende die definisie van ´n
“godsdienstige” organisasie of ´n “faith-based organisation”. Godsdienstige
organisasies of geloofsinstellings is ´n breë konsep wat gemeentes aan die een kant
insluit, maar ook meer algemene godsdienstige diensorganisasies as “faith-based
organisations”. Jeavons93 voer aan dat dit verkeerd sou wees om gemeentes te
klassifiseer as “faith-based organisations”, aangesien ´n pastoor, rabbi, imam of
dominee homself kwalik sal beskou as die leier van ´n “faith-based organisation”,
maar eerder as die leier van ´n kerk, tempel, sinagoge of moskee. Hierdie organisasies
se primêre oogmerk of funksie is aanbidding, waarvan die aard “sacerdotal” –
priesterlik is. Wanneer geloofsgemeenskappe en wedersydse diensgemeenskappe
egter saamgevoeg word, ontstaan ´n baie belangrike maatskaplike element van
dienslewering. Gemeentes is betrokke by ´n wye verskeidenheid van diensaktiwiteite,
beide vir lede van die gemeente self, maar ook vir lede van die gemeenskap. Dit maak
egter nie noodwendig van so ´n gemeente ´n “diensorganisasie” nie, maar is dikwels
bloot ´n uitdrukking van ´n bepaalde geloof of godsdiens.
91
L Salamon en K Anheier “In Search of the Non-profit Sector. II: The Problem of Classification” (1992) 3(3) Voluntas 297.
Salamon en Anheier Voluntas 3(3) 297.
93
TH Jeavons “The Vitality and Independence of Religious Organizations” 2003 Society 27.
92
80
Gemeentes word verder omskryf as “the basic units of organized religious life in
almost every spiritual tradition visible [...]”.94 In ´n onlangse studie in Amerika is
bevind dat gemeentes ongeveer 75% van hulle uitgawes aanwend vir godsdienstige
aktiwiteite (aanbidding, opleiding) en dat die gewone lidmaat ongeveer 45% van sy
tyd spandeer aan sogenaamde diensaktiwiteite (sopkombuise, basaars en ander
fondsinsamelingsprojekte, om maar enkeles te noem) en dat hierdie data as’t ware
teenstrydig is met die algemene opvatting dat gemeentes meer “member service” as
“public benefit” georiënteerd is.95 Dieselfde waarneming sou waarskynlik in SuidAfrika geld, met gemeentes se betrokkenheid by verskeie fondsinsamelingsprojekte.
Gemeentes is dus hoofsaaklik self verantwoordelik om fondse in te samel, hetsy deur
fondsinsamelingsprojekte of deur bydraes aan die gemeente en word gevolglik
beskryf as “among the most important of nonprofit, public benefit organizations”.96
Dit is dus juis die mate van “finansiële onafhanklikheid” wat gemeentes suksesvol
maak, nie net in die veld van dienslewering nie, maar ook ten aansien van die behoud
van die bepaalde gemeente se geloofsidentiteit.
Waar ´n organisasie egter afhanklik word van staats- of eksterne befondsing vir
oorlewing, het dit dikwels ´n “verpligte” skuif in die organisasie se doelstellings en
aard tot gevolg. Gevolglik word “faith-based organisations” in ´n ander kategorie
geplaas as gemeentes omdat hierdie organisasies dikwels afhanklik is van eksterne
fondse vir oorlewing. Dit beteken egter nie dat gemeentes nie betrokke is by hierdie
vorm van dienslewering nie, soos tereg opgemerk word:
“[...] congregations are amongst the most independent of all the organizations in the
independent sector. They are also very active in serving public needs in many ways, in
addition to meeting the spiritual and practical needs of their members.”97
Die vraag wat gevolglik gevra kan word, is: Wat word bedoel met ´n “faith-based
organisation”? ´n “Faith-based organisastion” of ´n organisasie met ´n geestelike
grondslag is grootliks ´n niewinsgewende organisasie wat by een of ander vorm van
dienslewering betrokke is, wat wissel van onderwys, welsyn, bejaardesorg,
gesondheidsorg tot evangelisasie. Dit word beskryf as aktiwiteite wat “in medieval
times [...] would have come primarily within the jurisdiction of the church rather than
94
Jeavons 2003 Society 28.
Jeavons 2003 Society 30.
Jeavons 2003 Society 31.
97
Jeavons 2003 Society 36.
95
96
81
the state”.98 Die beskrywing en klassifikasie van hierdie organisasies is egter nie so
eenvoudig nie. Talle van hierdie organisasies het ´n godsdienstige oogmerk om
byvoorbeeld godsdienstige onderrig te gee of om evangelisasiewerk te doen. Ander
word weer befonds deur kerke en gemeentes om ouetehuise of welsynsorganisasies te
bedryf en sommige het geen spesifieke godsdienstige oogmerk nie, terwyl
godsdienstige waardes steeds ´n belangrike rol speel. Organisasies op ´n geestelike
grondslag, veral op die terrein van maatskaplike dienste, is byna geheel en al van
staatsbefondsing afhanklik en vertoon hierdie organisasies dikwels ´n baie laer vlak
van “oorlewing” as gemeentes en kan selde op private bydraes en donasies oorleef.
Waar laat dit gevolglik hierdie organisasies? Hoe moet hulle dienslewering verhoog?
Hoe kan hulle dit verhoog sonder verhoogde staatsbefondsing? Beteken meer
staatsbefondsing noodwendig meer deursigtigheid, strenger reëls en regulasies en
inmenging in die werksaamhede van hierdie organisasies? Beteken dit meer
administrasie en burokrasie wat op die ou end minder effektiewe dienslewering tot
gevolg het? Soos Jeavons99 tereg argumenteer:
“The availability of new funds, the ways they are provided, and the demands for accountability
that must come with them certainly have the potential to cause goal displacement and mission
drift, a loss of independence and vitality, and an erosion of the separation of church and state
for both congregations and religious service agencies as government seeks to use these
organizations to pursue public policy agendas.”
Hierdie noodwendige interaksie en soms oorvleueling van die publieke/private sfeer
het ten aansien van geloofsinstellings ook noodwendig ´n debat oor die
sekulêre/godsdienstige onderskeid tot gevolg. Met die krisis waarin die regering se
openbare welsynsplig blyk te wees, word toenemende druk op godsdienstige
organisasies geplaas om van hierdie funksies oor te neem. Die Hooggeregshof in
Bloemfontein het onlangs beslis dat dit ongrondwetlik is vir regeringsinstansies om
nie hulle grondwetlike verantwoordelikhede na te kom nie. Maatskaplike
hulpverlening
is
in
´n
benarde
posisie
weens
finansiële
probleme
van
staatsgesubsidieerde maatskaplike instellings. N.G. Maatskaplike Dienste in die
Vrystaat tesame met NAWONGO, die land se grootste oorkoepelende liggaam vir
welsynsorganisasies, het die hof genader vir ´n dringende tussentydse bevel dat die
98
99
Jeavons 2003 Society 32.
Jeavons 2003 Society 35.
82
subsidies van welsynsorganisasies aangepas moet word om hulle voortbestaan te
verseker. Volgens ds. Willem Botha, hoofdirekteur N.G. Maatskaplike Dienste in die
Vrystaat, plaas die hof kinders onder hulle sorg en voorsien dan nie genoeg geld om
hulle te versorg nie. “Die kerk en welsyn moet nou die staat subsidieer, pleks van
andersom. Die regering moet sy verantwoordelikhede teenoor kinders nakom.”100 Die
hof het ´n strukturele bevel toegestaan wat onder andere die volgende bepalings
bevat:101
•
Die huidige finansieringsbeleid is ongrondwetlik;
•
Die ongelyke subsidiëring van dienste deur nieregeringsorganisasies (NGOs) in vergelyking
met die geld wat die Staat vir sy eie dienste bewillig, is ongrondwetlik en moet reggestel
word; en
•
Die staat moet binne vier maande ´n nuwe finansieringsbeleid opstel om gehoor te gee aan die
uitspraak van die hof.102
Wanneer geloofsinstellings so betrokke raak, loop hulle die risiko van
regeringsbeheer, inmenging en sensuur en kan dit hulle eie geloofsidentiteit en
doelstellings
in
gedrang
bring.
Hoe
meer
hulle
afhanklik
raak
van
staatsondersteuning, hoe makliker kan so ´n organisasie onder druk kom om hulle
onafhanklikheid en godsdiens prys te gee. Daar moet egter in ag geneem word dat ´n
kerk of geloofsinstellings wel met die staat kan saamwerk sonder om hulle
geloofsidentiteit prys te gee en dat dit eintlik van hulle verwag word. In ´n
grondwetlike bedeling met die waarborg van godsdiensvryheid behoort daar
samewerking tussen die staat en alle godsdiensgemeenskappe te wees. Die
voorwaarde bly egter steeds dat daar geen onregmatige bevoordeling deur die staat
van een godsdiens sal wees nie. Geloofsinstellings kan juis in samewerking met die
staat sowel die staat as die openbare lewe ten goede beïnvloed op voorwaarde dat
hulle nie in die proses hulle geloofsidentiteit mag prysgee nie.
Volgens Glenn103 is dit nie net regeringsbeheer nie, maar enige vorm van buiteinmenging wat die oogmerke en karakter van godsdienstige skole, hospitale en
100
“Hof toe oor Welsyn” Kerkbode 21 Mei 2010, 1.
Sien National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisations and Others v MEC of Social
Development, Free State and Others (1719/2010) [2010] ZAFSHC 73 (5 August 2010) par 56.
102
“Welsyn Juig oor Uitspraak” Kerkbode 20 Augustus 2010, 1.
103
C Glenn The Ambigious Embrace: Government and Faith-based Schools and Social Agendas (2000) 150, 163-165, 178, 185,
289, soos na verwys in M Minow “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Non-profit and Profit,
and Secular and Religious” (2000) 80 B.U.L.Rev 1091.
101
83
organisasies kan ondermyn. Hy gaan selfs so ver as om aan te voer dat enige
professionele norme wat deur onderwysers, maatskaplike werkers, verpleegsters en so
meer binne hierdie organisasies ontwikkel word, die spesiale godsdienstige kwaliteite
en eienskappe van die godsdienstige verskaffer in gedrang bring. Gevolglik word
aangevoer dat “blurring the religious/secular line jeopardizes religious autonomy”.104
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) voel sterk daaroor dat vrywillige
verenigings (wat geloofsinstellings insluit) openbare fondse moet ontvang slegs as
hulle dienste verrig aan die algemene publiek of ten minste aan ´n gedeelte van die
algemene publiek. Hulle voer aan dat:
“An association that admits any person who subscribes to and supports its aims and objectives
can be classified as an open association and should [...] be entitled to public funding.”105
Hulle is verder van mening dat ´n organisasie soos die ATKV, waarvan lidmaatskap
vir almal oop is, maar wat vereis dat lede hulle verbind tot sekere Christelike waardes,
steeds in aanmerking kan kom vir direkte staatsbefondsing. Indien ´n organisasie
wettige en grondwetlike oogmerke het, moet hulle kwalifiseer vir staatsbefondsing en
“then the state is precluded from denying funding to that body solely because it
disapproves of its policies, practices, or activities”.106 ´n Voorbeeld tref ons aan ten
aansien van die Highlands House, ´n ouetehuis vir lede van die Joodse gemeenskap en
waarvan toegang beperk word tot persone van die Joodse geloof. Die ouetehuis word
onderhou deur bydraes van lede van die Joodse gemeenskap, inwoners en ongeveer ´n
7.5%-bydrae deur die staat. Hierdie is egter geen direkte bydrae nie, maar in die vorm
van toelaes aan individue. Volgens die voorsitter van die Raad word bevestig dat die
ouetehuis wel diskrimineer teen ander nie-Joodse lede van die gemeenskap, maar dat
dit nie onbillike diskriminasie is nie, aangesien dit verband hou met die bevordering
van die Joodse gebruike en beginsels wat bestem is vir die Joodse gemeenskap. Die
Menseregtekommissie is van mening dat so ´n ouetehuis wat gestig en bestuur word
deur ´n geloofsinstelling vir die uitsluitlike doel om in die godsdienstige en ander
behoeftes van die gemeenskap te voorsien, en wat nie op grond van ras of ander
onbillike kriteria diskrimineer nie, wel grondwetlik toelaatbaar sal wees. Die
104
Minow 2000 B.U.L.Rev 1091.
Verslag van die Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations:
Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission 32, beskikbaar by www.sahrc.org.za.
106
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 32-33.
105
84
belangrikheid van sulke ouetehuise, maar ook van ander organisasies op ´n geestelike
grondslag, word soos volg beskryf:
“There can be no doubt that homes for the aged like Highlands Home play a useful and
constructive role for members of the community that it serves. It provides them with the
comfort and security of being in an environment that is supportive of them and is deeply
committed to upholding and promoting their religion in all its manifestations without
compromise. This provides great solace and reassurance at a time when religion and religious
affiliations are particularly important in the lives of people. These homes are often set up and
operated largely from funds obtained form the community that they serve. The reality is that
opening a home to persons of different religious beliefs may profoundly change the character
of the homes, as a variety of compromises, some pertaining to religious beliefs, may have to be
made. This may diminish the fund-raising potential to such an extent that the existence of the
homes may be threatened. Self-supporting institutions also reduce the fiscal burden on the state
and enable funding to be diverted to needier communities.”107
Die SACC stel voor dat die volgende riglyne en kriteria in ag geneem moet word vir
die toekenning van staatsbefondsing:
•
Of die vrywillige vereniging oogmerke en doelstellings nastreef wat direk of
indirek deur die Grondwet beskerm word;
•
Die mate waarin die organisasie poog om die lewenskwaliteit en potensiaal
van alle mense te bevorder en te ontsluit deur by te dra tot die progressiewe
realisering van sosio-ekonomiese regte;
•
Die aard, doel en oogmerke van die organisasie en die voordeel wat dit inhou
vir die gemeenskap wat dit dien en die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap;
•
Die mate waarin die organisasie omgaan met benadelings- en diskriminerende
praktyke van die verlede;
•
107
108
Mededingende prioriteite ten aansien van begrotingstoekennings.108
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 33.
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 32.
85
4.6
GEVOLGTREKKING
Godsdienspluralisme impliseer ´n verskeidenheid van interpretasies van die begrip
“godsdiens” en “godsdienstige organisasie”. ´n Belangrike vraag wat in hierdie
hoofstuk na vore gekom het, is hoe en wanneer ´n organisasie as “godsdienstig”
aangemerk word vir doeleindes van die beskerming van die reg op godsdiensvryheid
en die gevolglike nie-inmenging van die staat in die interne werksaamhede van
hierdie organisasie. In soverre dit gaan oor ´n begripsomskrywing, word aan die hand
gedoen dat die begrip “geloofsinstelling” gebruik word, in ooreenstemming met die
terminologie in die (Konsep)Handves van Godsdiensregte en Fundamentele Vryhede
vir Suid-Afrika. Die verwysing na “elke persoon” in die Handves sluit ook ´n
godsdiensgemeenskap of godsdiensinstelling in en sluit dit ook enige verwysing na
kerk, religieuse entiteite, instellings en geloofsgemeenskap in. Die verhouding tussen
staat en kerk verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen die staat en
geloofsinstellings
in
Suid-Afrika.
Aangesien
geloofsinstellings
so
´n
wye
verskeidenheid van organisasies insluit, is die ondervermelde benadering109 dalk juis
gepas, waar alle godsdienstige entiteite, geloofsgemeenskappe ingesluit, as vrywillige
verenigings funksioneer en waar die term godsdienstige of kerkverband verwys na ´n:
“generic term wide enough to cover the various churches, religious societies or religious
congregations under whatever name they wished to describe themselves…[and also]…that
each religious denomination should be respected when it says what its ethos is.”110
Vir die doeleindes van die reg op godsdiensvryheid word aan die hand gedoen dat al
bovermelde instellings oor dieselfde kam geskeer moet word. Wat verder duidelik uit
hierdie bespreking na vore getree het, is dat so ´n geloofsinstelling beheer word deur
“´n eie interne kerklike reg” en waarom dit vir so ´n instelling belangrik is om as
“godsdienstig” beskou te word ten einde ´n “uitsonderingsposisie” te beklee as
geloofsinstelling of kerkgenootskap. Soos reeds gemeld, word ´n meer funksionele
benadering voorgestaan eerder as ´n formalistiese of suiwer filosofiese of teologiese
definisie en begripsomskrywing. Dit blyk ook uit die Nederlandse perspektief dat:
109
110
Soos voorgestaan deur Colton Churches and Other Religious Organisations 128 en soos wat dit toepassing vind in Ierland.
Colton Churches and Other Religious Organisations 128.
86
“Het gemis van een zodanige omschrijving is nog nimmer in onze rechtspraak als een leemte
gevoeld, terwijl iedere definitie noodzakelijk tot theologische disputen aanleiding moet
geven.”111
Aan die hand van sekere eienskappe kan belangrike kenmerke van so ´n
geloofsinstelling dus geformuleer word en ooreenkomstig uitwendige kenmerke
gekwalifiseer word. Uiteindelik sal die regter aan die hand daarvan moet beoordeel of
´n bepaalde geloofsinstelling in ´n bepaalde geval as geloofsinstelling kwalifiseer of
nie vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid. Die aard van ´n organisasie of
vereniging kan wel ´n belangrike rol speel wanneer belangrike fundamentele regte
met mekaar in konflik kom. Ten aansien van geloofsinstellings is die institusionele
reg op godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie twee baie belangrike
gemeenskapsregte wat dikwels in konflik staan met die fundamentele regte van
gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie. In die volgende hoofstuk sal
geloofsinstellings en die reg op vryheid van assosiasie en die verhouding met ander
fundamentele regte, soos die reg op godsdiensvryheid en die reg op gelykheid,
gevolglik in meer besonderhede ondersoek word.
111
Huizink De Groene Serie Privaatrecht par 3.
87
HOOFSTUK 5
GELOOFSINSTELLINGS EN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE
5.1
INLEIDING
“Associational rights safeguard primordial religious and cultural attachments from undue state
interference.”1
Uit die beslissing van die Konstitusionele Hof in beide Prince v President, Cape Law
Society2 en Christian Education South Africa v Minister of Education3 blyk dit dat
geloofsinstellings hulself in ´n veel slegter posisie bevind vergeleke met die hof se
benadering in onder andere Taylor v Kurtstag4 en Wittman v Deutscher Schulverein.5
Woolman6 voer tereg aan dat die Konstitusionele Hof nog nie tot die besef gekom het
dat daar ´n wesenlike verskil bestaan tussen “largely ascriptive associations”7 soos
geloofsinstellings aan die een kant van die spektrum en vrywillige verenigings soos
byvoorbeeld die krieketunie aan die ander kant nie.
Dit is ´n hoogs ondraaglike situasie as daar van geloofsinstellings verwag word “to
jettison a doctrine or two” om gevolglik aan breër sosiale en politieke norme te
voldoen, terwyl dit beslis in ´n groter mate verwag kan word van ´n vereniging soos
die krieket-unie wat op ´n baie groter skaal in die openbare sfeer funksioneer. Die hof
in beide Kurtstag en Wittman gee erkenning aan geloofsinstellings “to have one’s life
shaped in a manner that does not readily permit the alteration of either belief or act
and that to be a member of a liberal society is to live in a state committed to not so
readily dictating the ends of its citizens”.8 Dit gee geloofsinstellings egter nie ´n
blanko tjek nie en die staat kan nog steeds in die funksionering van so ´n organisasie
inmeng. Dit beteken bloot dat die staat op die unieke karakter van sodanige
vereniging en spesifiek die hoë drempel van inmenging moet ag slaan. Die mate
waarin ´n organisasie in die openbare sfeer funksioneer, tesame met die aard van die
1
S Woolman “Association” in I Currie en J de Waal Bill of Rights Handbook (2005) 421.
Prince v President, Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH).
3
Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH).
4
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W).
5
Wittman v Deutscher Schulverein 1998 (4) SA 423 (T).
6
Woolman Bill of Rights Handbook 442.
7
Die Collins Engelse Woordeboek beskryf die term “ascriptive” veral in ´n kerkregtelike konteks as “a statement ascribing
something to someone, esp praise to God”. Sien Collins English Dictionary – Complete and Unabridged © HarperCollins
Publishers 1991, 1994, 1998, 2000, 2003 beskikbaar by http://www.thefreedictionary.com/ascriptive.
8
Woolman Bill of Rights Handbook 442.
2
88
organisasie, is ook belangrike elemente wat in ag geneem moet word. Die posisie van
onder andere politieke partye en opvoedkundige instellings sal dus kortliks bestudeer
word. Die bespreking fokus verder op die belangrikheid van die reg op vryheid van
assosiasie in die algemeen en van toepassing op geloofsinstellings in die besonder.
Wanneer godsdiensregte as groepregte van toepassing op geloofsinstellings ondersoek
word, is dit duidelik dat ´n botsing van belange kan ontstaan tussen die fundamentele
regte
van
gelykheid,
menswaardigheid
en
niediskriminasie
enersyds
en
gemeenskapsregte soos die reg op vryheid van godsdiens en vryheid van assosiasie,
andersyds. Die voorbeeld van Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente
Moreleta Park9 sal bespreek word om die onderlinge verhouding tussen hierdie regte
te ondersoek en botsing van belange krities te evalueer.
5.2
DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE – ´N OORSIG
Die reg op vryheid van assosiasie is een van die mees fundamentele regte in ´n
demokratiese samelewing. In Suid-Afrika word dit omskryf as ´n reg wat behels “a
general capacity for citizens to join, without interference by the state, in associations
in order to attain various ends”10 en dit word aangetref in ´n reeks van internasionale
instrumente.11 Volgens Woolman12 lê die belangrikheid van organisasies en veral
godsdienstige organisasies in die feit dat eerstens “associations, such as religious
communities, are integral to self-understanding, and that there can be no self without
the host of associations that give the self content”. Tweedens voer hy ook aan dat
“associations, such as religious associations, enhance social cohesions, and are the
indispensable settings for meaningful action”.
Een van die belangrike aspekte van die reg op vryheid van assosiasie is die feit dat dit
diversiteit bevorder. Lenta13 lê heelwat klem op diversiteit as aanknopingspunt en
regverdiging vir die belangrike posisie wat organisasies en die reg op vryheid van
assosiasie gevolglik in ´n samelewing speel. Hy omskryf dit soos volg:
9
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T).
H Cheadle and D Davis South African Constitutional Law: The Bill of Rights (2002) 251.
Artikel 20 van die Universele Verklaring; Artikel 22 van die ICCPR, Artikel 11 van die Europese Konvensie.
12
S Woolman “On the Fragility of Associational Life” A Constitutional Liberal’s Response to Patrick Lenta” (2009) 25 SAJHR
286.
13
Soos aangehaal deur Brennan R in Roberts v United States Jaycees 468 US 609 (1984) en na verwys in P Lenta “Taking
Diversity Seriously: Religious Associations and Work-Related Discrimination” (2009) 126 SALJ 832.
10
11
89
“Associations should not always be expected to conform to public principles, including nondiscrimination, when those principles clash with the convictions of members, and the state
should refrain as far as possible from interfering with the internal affairs of associations. This
is what the protection of diversity requires.”14 [Eie kursivering.]
Artikel 18 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op vryheid van assosiasie.
Die een aspek van hierdie reg hou in dat individue as lede van bepaalde organisasies
die vryheid het om te bepaal met wie hulle wil assosieer, hetsy vir sosiale, politieke of
godsdienstige redes, as ´n manifestering van ´n bepaalde vryheid van taal, kultuur,
geloof of godsdiens. Bogenoemde assosiasie hou dus bepaalde lidmaatskap- en
toelatingsvereistes in. Woolman15 verwys hierna as “capture [which] justifies the
ability of associations to control their association through selective membership
policies, the manner in which they order their internal affairs and the discharge of
members or users”. Dit word gesien as ´n polisiëringsfunksie oor beide die
lidmaatskap sowel as die interne bestuur van die vereniging. Dit hou ook in dat ten
aansien van interne aangeleenthede eie aan die organisasie (dus spesifieke
geloofspraktyke en oortuigings), daar beskerming is “from capture by those who
would use them for ends at a variance with the existing and rightful members of the
association”.16
Andersyds hou die reg op vryheid van assosiasie ook in dat elkeen die reg het om te
besluit by watter organisasie hy of sy wil aansluit. In die konteks van die horisontale
toepassing van die Grondwet hou dit dus in dat daar nie op grond van die gronde soos
aangetref in artikel 917 van die Grondwet gediskrimineer mag word nie. Dit sluit
onder andere in godsdiens, geloof, geslag, taal, kultuur, en so meer, en hou verband
met diskriminerende toelatingsvereistes van organisasies of die interne verbandsreg
van die bepaalde organisasie.18 Indien ´n kultuur of godsdienstige organisasie kan
14
Lenta 2009 SALJ 832.
Woolman 2009 SAJHR 287.
16
S Woolman “Freedom of Association” in Chaskalson et al. (eds) Constitutional Law of South Africa (2003) 44-16.
17
Artikel 9 bepaal soos volg:
(1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.
(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder,
kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë
persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.
(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van
ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom,
gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.
(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3)
diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.
(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die
diskriminasie billik is.
18
G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 576-577.
15
90
aantoon dat diskriminerende praktyke of toelatingsvereistes byvoorbeeld wettiglik
gemik is op die behoud en bevordering van die bepaalde gemeenskap se kulturele en
godsdienstige bestaan, behoort die reg op assosiasie van die bepaalde organisasies om
bepaalde toelatingsvereistes te vereis, bo ander oorwegings gestel te word.
Organisasies wat nie as staatsorgane funksioneer nie, sal dus ooreenkomstig die
horisontale werking van die Grondwet wel gebonde wees aan die voorskrifte van
hoofstuk 2 van die Grondwet, maar in wisselende en meer beperkte mate. Die aard
van die bepaalde organisasie sal bepalend wees ten aansien van die trefwydte van
toepassing en beskerming van die regte soos vervat in hoofstuk 2.
Vir die doeleindes van hierdie bespreking word ´n eenvoudige glyskaalkategoriseringsmodel voorgestaan. Sodanige model berus op die uitgangspunt dat die
mate waarin ´n bepaalde organisasie in die openbare sfeer funksioneer, sal bepaal
waar op die skaal so ´n organisasie hom bevind. ´n Organisasie wat ´n handeling van
grootliks ´n openbare aard vervul, sal byvoorbeeld aan die een spektrum van die skaal
val, terwyl ´n meer intieme, privaat organisasie, wat ´n funksie van ´n meer private
aard vervul ter realisering van ´n bepaalde kulturele, sosiale, taal- of godsdienstige
belang, weer aan die ander kant van die spektrum sal val. Soos Woolman19 tereg
opmerk:
“A liberal democratic state is on very shaky ground when it starts to decide on matters we tend
to believe belong to some transcendal domain – even where such rules run counter to liberal
democratic principles.”
Gevolglik bevind organisasies in hierdie domein hul aan die een kant van die
spektrum en meer openbare organisasies soos politieke partye, vakbonde en
universiteite, hul aan die ander kant van die spektrum. Tussen die twee uiterstes sal
verskeie organisasies aangetref word waarvan die aard van die bepaalde organisasie
bepalend sal wees ten aansien van die omvang van die beskerming asook toepassing
van die Grondwet en van algemene regsbeginsels. Wáár ´n betrokke organisasie hom
dus op hierdie skaal bevind, sal ´n aanduiding wees van die mate van “outonomie”
wat die organisasie geniet ten opsigte van die uitoefening van funksies, voldoening
aan prosedurele voorskrifte en formaliteite, maar ook die drempel van inmenging deur
die staat in die interne funksionering van die betrokke organisasie en die “grense” van
19
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-18.
91
geregtelike hersiening deur die howe. Soos Regter Brennan20 tereg opmerk, sal die
grootte,
die
oogmerke
en
doelstellings,
beleide,
toelatingsvereistes,
geestesverwantskappe en ander eienskappe bepalend wees ten einde te bepaal of so ´n
vrywillige vereniging aan staatskontrole onderwerp sal word en in watter mate.
“It is, however clear that issues of power, participation and opportunity in a liberal democratic
society may require that institutions designed to deliver such goods – trade unions, political
parties, universities and so – must do so in a fair manner – a manner that is in some sense
congruent with the values of a liberal democratic society.”21
Die Australiese hof in Baldwin v Everingham22 beslis in hierdie verband soos volg:
“On general principles, where a voluntary association fulfils a substantial public function in
our society, it may appear indefensible that questions of construction concerning its
constitution should be beyond judicial resolution. It is one thing to say that a small voluntary
association with limited assets, existing solely to serve the personal needs of members should
be treated as beyond such supervision; it is another thing to say that a major national
organisation with substantial assets, playing a central role in the determination of the affairs of
the country should be so immune.”
Buiten die aard van die organisasie, sal die onderlinge verhouding tussen belangrike
fundamentele regte soos die reg op vryheid van assosiasie, die reg op
godsdiensvryheid en die reg op gelykheid sekere beperkings en voorskrifte stel aan
die funksionering van hierdie organisasies en aan die voortspruitende navolging van
sekere prosedurele voorskrifte en gevolglike staatskontrole. Artikel 31(a) en (b) maak
spesifiek voorsiening vir die vryheid van assosiasie van godsdienstige, kulturele en
taalgemeenskappe. Ten aansien van geloofsinstellings, speel artikel 15 (vryheid van
godsdiens), artikel 18 (vryheid van assosiasie) en artikel 31 (die reg om godsdienstige
verenigings te vorm) ´n baie belangrike rol ten opsigte van die mate van inmenging
vanaf
owerheidsweë
in
die
interne
werksaamhede
van
die
organisasie
(lidmaatskapvereistes, aktiwiteite, ensovoorts).
Inmenging deur die staat in die interne werksaamhede van organisasies kan geskied
op
grond
van
diskriminerende praktyke,
20
In Roberts v United States v Jaycees 468 US 609 (1984).
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-18.
22
Baldwin v Everingham [1993] 1 Qd R 10 17.
21
92
maar dan
slegs
ingevolge die
beperkingsbepaling soos vervat in artikel 3623 van die Grondwet. Soos Coertzen24
tereg opmerk, maak artikel 36 van die Grondwet dit moontlik vir die staat sowel as
enige instelling van die burgerlike samelewing om sekere regte, vervat in die Handves
van Regte, te beperk mits dit gebeur in ooreenstemming met die vereistes van die
Grondwet. Regte kan ekstern, deur algemeen geldende regsreëls beperk word. Die
vereiste is egter dat die beperking slegs kan geskied deur middel van ´n algemeen
geldende regsvoorskrif. Die betrokke regsvoorskrif moet gevolglik oor die eienskappe
van ´n regsreël beskik en voortspruit uit ´n bron wat regmatige bevoegdhede
verleen.25
Volgens Rautenbach en Malherbe26 sluit die begrip “regsreël” wetgewing, enige reël
van die gemenereg, inheemse reg, voorskrifte van die Grondwet en enige ander reël
wat deur die howe ontwikkel is, in. Regsreëls sal volgens hulle kwalifiseer as “law”
vir doeleindes van artikel 36 “if they are accessible, comprehensible and
predictable”.27 ´n Verdere vereiste is dat die regsreël “algemeen geldend” moet wees.
Dit beteken dat die regsreël “must be sufficiently clear, accessible and precise that
those who are affected by it can ascertain the extent of their rights and obligations”.28
Die regsreël moet ook nie op ʼn arbitrêre of willekeurige wyse toegepas word nie, en
die reël moet eenvormig toegepas word ten aansien van diegene wat daaraan gebonde
is. By geloofsinstellings omskryf en verleen die betrokke statuut of Kerkorde die
bevoegdhede waarvolgens opgetree moet word. Die statuut of Kerkorde kan dus
ooreenkomstig bogenoemde omskrywing kwalifiseer as ‘n regsreël. Indien sodanige
reël eenvormig en nie arbitrêr toegepas word nie, geld sodanige reël ook eenvormig
met betrekking tot die lede van die betrokke geloofsinstellings wat daaraan gebonde is
en sal algemeen geldend wees ten aansien van lede van die betrokke geloofsinstelling.
23
Artikel 36 bepaal soos volg:
(1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ´n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in die mate waarin
die beperking redelik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en
vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van(a) die aard van die reg;
(b) die belangrikheid van die doel van die beperking;
(c) die aard en omvang van die beperking;
(d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en
(e) ´n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
(2) Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in
die Handves van Regte verskans is, beperk nie.
24
P Coertzen “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” 2006 NGTT 363.
25
Sien verder I Currie en J de Waal The New Constitutional & Administrative Law Volume One Constitutional Law (2001) 340 en
verder.
26
IM Rautenbach en EFJ Malherbe Constitutional Law 5th ed (2009) 345.
27
Rautenbach en Malherbe Constitutional Law 346.
28
I Currie en J de Waal The Bill of Rights Handbook 5th ed (2005) 169.
93
Met betrekking tot geloofsinstellings is Coertzen29 gevolglik van mening dat:
“Instellings van die burgerlike samelewing (soos bv. kerke) kan deur die formulering van
interne grondwette, statute, kerkordes, bepalinge en reglemente die beperkingsmoontlikhede
wat die Grondwet bied, benut om elkeen van die bepalinge van die Handves van Regte te
interpreteer of te herinterpreteer binne die konteks van die interne grondwet van die instelling.
In die geval van kerke sal dit neerkom op ’n interpretasie of herinterpretasie na aanleiding van
die geloofsaard van die kerk soos dit onder meer neerslag vind in die belydenis en orde van ’n
kerk. So ’n herinterpretasie sal, veral waar dit op beperking van die regte van die Handves van
Regte deur ’n kerk, in die lig van art 36, telkens baie goed gemotiveer moet kan word met in
agneming van die geloofsaard van die kerk. Sodanige beperking sal ook moet voldoen aan die
vereistes gestel in art 36 […]”
Voorbeelde van moontlike beperkings ooreenkomstig artikel 36 is waar organisasies
se werksaamhede of konstitusies in stryd is met die beginsel van ´n oop en vrye
samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid; waar lidmaatskap
geweier word op grond van diskriminerende praktyke en waar organisasies se interne
verbandsreg nie voldoen aan demokratiese beginsels nie.30 Vanweë die aard van die
betrokke geloofsinstelling en die werking van artikels 15, 18 en 31 behoort die
owerheid slegs in uitsonderlike gevalle en met geldige redes in die werksaamhede van
die betrokke geloofsinstelling in te meng. Dit geld ook vir inmenging deur die howe
in die werksaamhede van hierdie geloofsinstellings en sal in die volgende hoofstuk in
meer besonderhede bespreek word. Geloofsinstellings bevind hul dus in hierdie
bevoorregte posisie tot die mate wat die werksaamhede of vereistes van die
organisasie bona fide van ´n godsdienstige aard is. Woolman en De Waal31 meen dat:
“The internal affairs of such associations are generally linked to some concrete vision of
religious or community life. In a liberal society the state should have no role to play in the
construction of these particular visions of the good life.”
Die teendeel is egter ook waar:
“The more public goods distributed by an association or the more public its function, the more
likely it is to be subject to legitimate state intervention.”32
29
Coertzen 2006 NGTT 363.
Pienaar 1997 THRHR 576-577.
31
S Woolman en J de Waal “Freedom of Association” in Van Wyk et al. (reds) Rights and Constitutionalism: The New South
African Legal Order (1994) 384. Sien ook vir ´n meer resente bespreking Woolman Bill of Rights Handbook 423 en verder.
32
Woolman Bill of Rights Handbook 426.
30
94
Indien geloofsinstellings byvoorbeeld hoofsaaklik ´n ekonomiese of politieke doel
nastreef, voer Woolman33 verder aan dat “state interference with the membership
policies – and perhaps even the internal affairs – of the association may well pass
constitutional muster”. Soos reeds gesien, kan die aard van ´n organisasie of
vereniging wel ´n belangrike rol speel wanneer belangrike fundamentele regte met
mekaar in konflik staan. Ten aansien van geloofsinstellings is die institusionele reg op
godsdiensvryheid en die reg op vryheid van assosiasie twee baie belangrike
gemeenskapsregte wat dikwels in konflik staan met die fundamentele regte van
gelykheid, menswaardigheid en niediskriminasie. Gevolglik sal die botsing tussen
verskillende fundamentele regte in meer besonderhede bestudeer word, tesame met
enkele voorbeelde ter illustrasie.
5.3
KONFLIK TUSSEN DIE REG OP VRYHEID VAN ASSOSIASIE, DIE
REG OP GODSDIENSVRYHEID EN DIE REG OP GELYKHEID
Artikel 31 is gekoppel aan artikel 18, wat beide daarop gemik is om die diversiteit van
kultuur, taal en godsdiens in Suid-Afrika te erken en te bevorder. Soos Sachs R tereg
opmerk met betrekking tot artikel 31:
“There are a number of provisions designated to protect the rights of members of
communities. They underlie the constitutional value of acknowledging diversity and pluralism
in our society and give a particular texture to the broadly phrased right to freedom of
association contained in s 18. Taken together they affirm the right of people to be who they
are without being forced to subordinate themselves to the cultural and religious norms of
others, and highlight the importance of individuals being able to enjoy what is called the ‘right
to be different’. In each case, space has to be found for members of the communities to depart
from a general norm. These provisions collectively and separately acknowledge the rich
tapestry constituted by civil society, indicating in particular that language, culture and religion
constitute a strong weave in the overall pattern.”34
In ´n besprekingsdokument van die Menseregtekommissie, met verwysing na artikel
31(2), word aangevoer dat daar ´n hiërargie van regte is en word daar tot die volgende
gevolgtrekking gekom:
33
34
Woolman Bill of Rights Handbook 434.
Christian Education SA v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 24.
95
“According to this hierarchy, the rights to human dignity and equality are superior to others.
Therefore, when these core rights collide with other rights such as the right to freedom of
association, the right to dignity and equality must prevail.” 35
So ´n benadering strook nie met die bovermelde siening van Sachs R nie en is ook nie
in ooreenstemming met die ontwikkeling van regspraak op hierdie gebied nie. In ´n
latere verslag wat deur verskeie deskundiges op die gebied van vrywillige
organisasies namens die Menseregtekommissie saamgestel is, word hierdie standpunt
ook nie gesteun nie. Daar word tereg aangevoer dat ´n “more nuanced balancing of
rights” vereis word. En verder dat:
“[A] mere conflict between an associational right and the right to equality cannot always
result, irrespective of circumstances, in the predominance of the right to equality. The
consequence of this interpretation would be to emasculate associational rights and severely
restrict cultural liberties.”36
Hierdie benadering is dan ook een wat deurgaans in hierdie bespreking gesteun sal
word, in teenstelling met onder andere die siening van Bilchitz wat sterk ten gunste is
van die “presumption of equality”-benadering wat later in die bespreking van die
Johan Strydom-saak meer aandag sal geniet.37 In Nederland in verskeie van die
kerkgenootskappe word die posisie van die vrou byvoorbeeld anders gesien as dié van
die man. Die posisie van man en vrou is nie gelyk nie, maar gelykwaardig. Hoewel
die gelykheidsbeginsel in die Nederlandse reg ook een van die mees fundamentele
regte in die Nederlandse regsorde is, skep die Nederlandse Grondwet ook geen
rangorde van fundamentele regte nie en sal die reg op vryheid van godsdiens
opgeweeg moet word teen die gelykheidsbeginsel. Daar word selfs aangevoer dat
siende die Algemene Wet Gelijke Behandeling (AWGB) nie van toepassing is binne
kerkgenootskappe nie, vryheid van godsdiens voorrang sal geniet wanneer daar ´n
botsing tussen die gelykheidsbeginsel en godsdiens binne ´n kerkgenootskap ontstaan.
Die regte vervat in artikels 18 en 31 geld egter ook nie absoluut nie en gevolglik maak
die hof in Christian Education38 dit duidelik dat, ooreenkomstig artikel 31(2), die
35
Discussion paper on Voluntary Associations prepared by SAHRC staff 7, soos aangehaal in ´n verslag van die
Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations: Constitutional
Considerations. South African Human Rights Commission” 18, beskikbaar by www.sahrc.org.za.
36
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 18.
37
Sien latere bespreking op p 108 en verder.
38
Christian Education SA v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH) par 26.
96
regte in 31(1) nie uitgeoefen mag word op ´n wyse wat met enige bepaling van die
Handves van Regte onbestaanbaar is nie en beslis soos volg:
“It should be observed, further, that special care has been taken expressly to acknowledge the
supremacy of the Constitution and the Bill of Rights. Section 31(2) ensures that the concept of
rights of members of communities that associate on the basis of language, culture and religion,
cannot be used to shield practices which offend the Bill of Rights. These explicit
qualifications may be seen as serving a double purpose. The first is to prevent protected
associational rights of members of communities from being used to ‘privatise’ constitutionally
offensive group practices and thereby immunize them from external legislative regulation or
judicial control. This will be particularly important in relation to practices previously
associated with the abuse of the notion of pluralism to achieve exclusivity, privilege and
domination. The second relates to oppressive features of internal relationships primarily
within the communities concerned, where section 8, which regulates the horizontal application
of the Bill of Rights, might be specially relevant.”
Artikel 31(2) maak dit duidelik dat enige uitsluitingsvereistes, optrede of kriteria van
´n vrywillige vereniging nie summier toegelaat sal word nie, maar steeds aan die hand
van die beperkingsbepaling en die proporsionaliteitstoets getoets sal word. Gevolglik
is dit nie nodig dat daar van die veronderstelling uitgegaan hoef te word dat
assosiatiewe regte by voorbaat ondergeskik en van minder waarde as die reg op
gelykheid en menswaardigheid is nie. ´n Goeie voorbeeld tref ons aan in die saak van
Taylor v Kurtstag39 waar die hof ´n belange-afweging moes maak tussen die individu
se reg op vryheid van godsdiens en assosiasie en dié van die gemeenskap. Die hof
kom tot die gevolgtrekking dat die assosiatiewe regte van die gemeenskap swaarder
weeg as die persoonlike regte van die individu en dat die beperking van die individu
se regte gevolglik billik en regverdigbaar was. Die hof beoordeel die omvang van die
beperking op die regte van die individu volledig en weeg dit op teen die assosiatiewe
regte van die organisasie. Dit behels noodwendig ´n grondwetlike beperking van die
regte van die individu, wat die hof noodsaak om die aard en doel van die beperking
volledig te ondersoek aan die hand van artikel 36, wat insluit:
39
•
die aard van die reg en die belangrikheid van die doel van die beperking;
•
die aard en omvang van die beperking;
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W). Vir die feite van die saak sien die latere bespreking op p 128 en verder.
97
•
die verband tussen die beperking en die doel daarvan, naamlik die verband
tussen die beperkende toelatingsvereistes en die oogmerke van die organisasie;
en
•
´n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
Waar ´n vereniging se toelatings- of uitsluitingsvereistes egter ´n skending van die reg
op gelykheid ooreenkomstig artikel 9 van die Grondwet daarstel, word ´n ietwat ander
toets gevolg.40 Ondersoek sal ingestel word na die rasionele verband tussen die
differensiasie en ´n wettige staatsoogmerk. Indien die differensiasie op een van die
gelyste gronde in artikel 9(3) gegrond is, is dit diskriminasie wat onbillik geag word.
Die onbillikheid van die diskriminasie moet dan bepaal word aan die hand van die
toets of dit wel billik en regverdigbaar is in ´n oop en demokratiese samelewing
ooreenkomstig artikel 36 van die Grondwet. Enkele voorbeelde sal bestudeer word
om die botsing en hiërargie van fundamentele regte te illustreer en verder te
ondersoek. Die posisie ten aansien van politieke partye, opvoedkundige instellings en
godsdiensonderrig sal ook kortliks aandag geniet. Die voorbeeld van Strydom v
Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park41 sal breedvoerig bespreek
word om die verhouding tussen die reg op vryheid van assosiasie (artikel 18),
godsdiensvryheid (artikel 15), gemeenskaplike godsdiensbeoefening (artikel 31) en
die reg op gelykheid en niediskriminasie (artikel 9) krities te ondersoek en te evalueer,
veral in soverre hierdie fundamentele regte met mekaar in konflik staan.
5.4
VOORBEELDE
5.4.1
Algemeen
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is in 1930 gestig as ´n kultuurorganisasie en teen die 1980’s was lidmaatskap slegs oop vir blankes. Die ATKV
bestuur vyf vakansieoorde wat oop is vir alle lede van die publiek, maar die
aktiwiteite by die oorde bevorder die Afrikaanse kultuur en Christelike waardes. Slegs
lede kry ´n afslag van tot 30% op verblyf, terwyl ander lede van die publiek die volle
prys moet betaal. Ten opsigte van die vraag of die toelatingsvereistes van die ATKV
40
Sien Harksen v Lane NO and Others 1998 (1) SA 300 (KH) en latere beslissings soos Van Heerden v Minister of Finance 2004
(6) SA 121 (KH) wat die toets vir diskriminasie verder verfyn het.
41
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T).
98
neerkom op onbillike diskriminasie, voer dr Kok namens die ATKV aan dat die
toelatingsvereistes wel neerkom op diskriminasie op godsdienstige gronde, maar dat
dit ´n wettige doel nastreef deur die handhawing en bevordering van sy godsdienstige
grondslag en verbintenis tot Christelike waardes. Gevolglik voer hy aan dat die
toelatingsvereistes nie neerkom op onbillike diskriminasie nie.
In die beslissing van die Menseregtekommissie in die ATKV/Goudini-aangeleentheid,
moes die Kommissie beslis of die organisasie wat nie net ´n taalvereniging nie, maar
ook ´n kultuur- en godsdiensvereniging is, lidmaatskap van die vereniging kan beperk
tot aanhangers van slegs ´n bepaalde geloof (in dié geval aanhangers van die
Christelike geloof). Lidmaatskap is dus geweier aan persone wat wel op taal- en
kultuurgronde sou kwalifiseer, maar wat vanweë hulle geloof (in dié geval Moslemaanhangers) uitgesluit is. Die Kommissie het beslis dat die ATKV wel geregtig is om
´n bepaalde geloofsoortuiging as lidmaatskapvereiste te stel en lede op godsdienstige
gronde uit te sluit.42 Die Konstitusionele Hof se benadering in Minister of Home
Affairs v Fourie43 gee ´n sinvolle uiteensetting van en riglyne vir hoe die staat met
geloofsinstellings moet omgaan. Die hof in Fourie opper verskeie riglyne wat
fundamenteel is vir die reg op vryheid van assosiasie in die algemeen en
geloofsinstellings in die besonder. Eerstens is geloofsinstellings kritiese bronne van
betekenis vir die meerderheid van Suid-Afrikaners. Tweedens, geloofsinstellings skep
instellings wat die materiële, etiese, intellektuele en geestelike welstand van vele
Suid-Afrikaners ondersteun. Derdens speel geloofsinstellings, as deel van die
burgerlike samelewing, ´n onontbeerlike rol in die bemiddeling tussen die staat en sy
burgers. Vierdens, hoewel godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe geregtig is
om uiting te gee aan hulle “intensely held world views”, mag dit nie geskied op ´n
wyse wat onbillik diskrimineer teen ander lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap
nie. Laastens, hoewel bogenoemde sieninge en praktyke dikwels ander lede van die
gemeenskap sal uitsluit van lidmaatskap of deelname, sal sodanige uitsluiting nie
noodwendig onbillike diskriminasie daarstel nie.44
42
Verslag van die Mensregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 5.
Minister of Home Affairs v Fourie (Doctors for Life International & Others; amici curiae); Lesbian & Gay Equality Project &
Others v Minister of Home Affairs 2006 (1) SA 524 (KH).
44
Woolman 2009 SAJHR 302.
43
99
5.4.2
Politieke organisasies
Artikel 18 (vryheid van assosiasie) saamgelees met artikel 19(1)45 (politieke regte)
maak voorsiening vir die vrye bedryf van politieke aktiwiteite deur politieke
organisasies en die staat mag ook slegs in die interne aktiwiteite, bedrywighede en
lidmaatskapvereistes van die organisasies inmeng ingevolge artikel 36(1) sover dit
redelik en regverdigbaar is. Weens die onontbeerlike funksie wat politieke
organisasies dikwels in die behoud en bevordering van ´n demokratiese regering
speel,
word
inmenging
deur
die
owerheid
veral
ten
aansien
van
die
lidmaatskapvereistes en interne verbandsreg van die bepaalde organisasies egter met
groot omsigtigheid benader. In vergelyking met kleiner sosiale en meer private
organisasies is die funksies van politieke organisasies dikwels meer van ´n openbare
aard wat staatsinmenging tot ´n groter mate kan regverdig.46
´n Vorm van inmenging deur die staat in die interne aangeleenthede van veral
politieke organisasies poog om van sulke organisasies te verwag om hulle interne sake
op ´n demokratiese wyse te struktureer. Die vraag wat gevolglik na vore kom is: Tot
welke mate regverdig die staat se belang in die integriteit van ´n demokratiese
samelewing die skending van ´n politieke organisasie se reg tot vryheid van assosiasie
en die bedryf van politieke aktiwiteite? As van die veronderstelling uitgegaan word
dat politieke organisasies, soos baie ander vrywillige organisasies, hoofsaaklik van ´n
private aard is, sal dit inmenging moeilik regverdig. As egter van die standpunt
uitgegaan word dat politieke organisasies ´n belangrike funksie vervul in die
funksionering van ´n verteenwoordigende demokrasie, kan aangevoer word dat die
party se strukture ook demokraties moet wees en sal enige afwyking van demokratiese
beginsels in die organisasie se interne struktuur en aangeleenthede self geregverdig
moet word.47 Ten opsigte van politieke partye berig die Courier Mail in 2000 soos
volg:
45
(1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg om(a) ´n politieke party te stig;
(b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, ´n politieke party; en
(c) hulle vir ´n politieke party of saak te beywer.
46
Pienaar 1997 THRHR 585.
47
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-40.
100
“The public has real interest in the way political parties are organised and function because
taxes [...] are handed over to political parties to subsidise their electoral operations [...] They
have been receiving public funding for more than a quarter of a century.”48
´n Interessante voorbeeld tref ons aan ten aansien van die Staatkundig Gereformeerde
Partij (SGP) in Nederland. In 2005 beslis die Regbank in Den Haag dat die
Nederlandse Staat glad nie meer partyfinansiering aan die SGP mag gee nie,
aangesien die party op grond van godsdienstige oorwegings vroue van volwaardige
lidmaatskap van die party uitgesluit het. Die SGP is in 1918 gestig en is een van die
oudste bestaande politieke partye in Nederland met die volgende oogmerke:
“De overheid is als dienaresse Gods in haar ambt onvoorwaardelijk onderworpen aan Gods
Woord en Wet, waarnaar zij geoordeeld zal worden. Bij de uitoefening van haar ambt dient zij
zorg te dragen voor de inrichting van de samenleving overeenkomstig de in Gods Woord
geopenbaarde normen en voor de naleving van de normen.”49
Ooreenkomstig artikel 7 van die SGP word “Gods Woord” uitgelê en verstaan as
siende die “man en vrouw kragtens de scheppingsorde een eigen specifieke, van
elkaar te onderscheiden roeping en plaats hebben ontvangen. In deze orde is de man
hoofd van de vrouw”.50 Hierdie siening berus dus op die basis van ´n streng ortodokse
uitleg van die Bybel dat die man en vrou verskillende verantwoordelikhede het.
Gevolglik word die bestuurbevoegdhede aan mans toegeken en het vroue geen
seggenskap in politieke aangeleenthede nie en kan dus geen volwaardige lid van die
SGP word nie, maar slegs ´n buitengewone lid.51 Verskeie organisasies, onder andere
die Clara Wichman Instituut, ´n sentrum vir vroue en die reg, het ´n aansoek by die
hof ingedien: Eerstens teen die SGB omdat hulle in stryd handel met die
niediskriminasie beginsel en politieke deelnemingsregte soos gewaarborg in nasionale
en internasionale reg, en tweedens teen die staat omdat hulle die SGB subsidieer.
Ooreenkomstig artikel 7(a) en (c) van die “Vrouwenverdrag”52 moet die staat “alle
passende maatregelen” neem om die diskriminasie van vroue in die politiek en
48
“Rules for Party Organisations” Brisbane 19 August 2000 Courier Mail.
Staatkundig Gereformeerde Partij, Program van Beginselen, artikel 3, beskikbaar by www.sgp.nl.
50
Staatkundig Gereformeerde Partij, Program van Beginselen, artikel 7, beskikbaar by www.sgp.nl.
51
M Busstra en J Vrielink “Geen Vrouwen, Geen Geld” 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 7.
52
Nederland is ´n party tot die “Convention on the Elimination of All Forms of Discrimination against Women (CEDAW)”
aangeneem in 1979 deur die VN Algemene Vergadering. Artikel 7 bepaal onderskeidelik soos volg:
States Parties shall take all appropriate measures to eliminate discrimination against women in the political and public life of the
country and, in particular, shall ensure to women, on equal terms with men, the right:
(a) To vote in all elections and public referenda and to be eligible for election to all publicly elected bodies;
49
101
openbare lewe te beperk en moet dit verseker dat vroue dieselfde as mans behandel
word met betrekking tot die uitbring van stemme; dus deur verkiesbaar te wees en te
kan deelneem aan nieregeringsorganisasies op die gebied van die openbare en
politieke terrein.53 Die hof beslis gevolglik dat die staat onregmatig en in stryd met
bovermelde artikels van die Verdrag gehandel het deur subsidies aan die SGB te gee
terwyl “vrouwen niet op gelijke voet met mannen lid kunnen worden van die partij”. 54
Die SGP as party word dus nie verbied nie, maar sal finansieel benadeel word ten
aansien van die nietoekenning van subsidies indien die diskriminerende praktyke
voortgesit word. Hierdie beslissing beklemtoon weer eens die spanning tussen veral
die reg op gelykheid en niediskriminasie en ander fundamentele regte. Die beslissing
word dan ook gekritiseer deur Busstra en Vrielink,55 wat aanvoer dat ´n botsing van
fundamentele regte nie in abstracto beslis kan word waar een fundamentele reg
swaarder weeg as ´n ander nie, maar dat dit moet geskied in concreto – in die lig van
al die betrokke belange. Hulle bevestig die bovermelde siening dat vryhede soos die
reg op vryheid van godsdiens of vryheid van assosiasie nooit a priori voorrang geniet
bo die gelykheidsbeginsel nie, maar dat die gelykheidsbeginsel ook geen voorrang
geniet bo hierdie vryhede nie. As dit wel sou gebeur, sou dit kritici van
gelykheidswetgewing gelyk gee deur te bepaal dat “een discriminatieverbod voor
burgers een totalitaire aanslag op de democratie” sal wees en dat dit sal neerkom op
“de afschaffing van de persoonlijke vrijheid”.56
Die hof vermy enige afweging van belange en voer as’t ware implisiet ´n hiërargie of
voorrang van fundamentele regte in. Barkhuyzen57 verwys na verskeie internasionale
dokumente waaruit dit sou blyk dat met betrekking tot politieke organisasies en ander
organisasies wat deelneem aan die openbare lewe, die diskriminasieverbod voorrang
sou geniet en dat organisasies nie in stryd daarmee kan handel nie, ook nie in die
geval van ´n beroep op die reg op godsdiensvryheid of vryheid van assosiasie nie.58
Die CP’86 (De Centrumpartij) is ´n voorbeeld van ´n party in Nederland wat deur die
(b) To participate in the formulation of government policy and the implementation thereof and to hold public office and perform
all public functions at all levels of government;
(c) To participate in non-governmental organizations and associations concerned with the public and political life of the country.
53
Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 8-9.
54
Saak LJN: BK4547, Hoge Raad , 08/01354, Par 1.13, beskikbaar by http://zoeken.rechtspraak.nl
55
Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 10.
56
Busstra en Vrielink 2006 Tijdschrift voor Mensenrechten 10.
57
T Barkhuyzen “Politieke Participatie van Discriminerende Partijen: Ondersteunen, Gedogen of Bestrijden?” (2004) 29
Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 887.
58
Sien UN Doc.E/CN.6/591, par 84.8; UN Doc. A/C.3/32/wg.1/crp.7/Add.6; Barkhuyzen 2004 Tijdschrift voor de Mensenrechten
(NJCM) 887.
102
hof verbied is, aangesien dit uit die statute, partybeleid en optrede duidelik was dat dit
in stryd was met die openbare orde deurdat dit diskriminasie op grond van ras of
ander afkoms bevorder het.59 Ons sien dus duidelik dat met betrekking tot politieke
partye, die diskriminasieverbod baie ernstig opgeneem word, anders as byvoorbeeld
ten aansien van geloofsinstellings of organisasies op ´n geestelike grondslag. So is die
Algemene Wet Gelijke Behandeling (AWGB) weens die werking van die reg op
godsdiensvryheid nie binne hierdie organisasies van toepassing nie. Artikel 3 van die
AWGB bepaal dat:
“Deze wet is niet van toepssing op: a. Rechtsverhoudingen binnen kerkgenootschappen
alsmede hun zelfstandige onderdelen en lichamen waarin zij zijn verenigd, alsmede binne
andere genootschappen op geestelijke grondslag. b. Het geestelike ambt.”
Die wetgewer gee dus in hierdie organisasies en ten opsigte van die geestelike ampte
groot ruimte aan godsdiensvryheid. So beslis die hof dan ook dat die uitsluit van
vroue uit die “priesterambt” nie deur die AWGB gedek word nie en die gevolglike
onderskeid nie ontoelaatbaar is nie.60 Hier gaan dit egter oor ´n uitsluitlik interne
kerklike aangeleentheid en “de rechter [zal] niet snel zeggen dat deze in strijd is met
de gelijkheid van man en vrouw, vanwege de scheiding tussen kerk en staat en de
godsdiensvryheid die prevaleert in de interne werking”.61 Die Regbank ‘s-Gravenhage
maak dit egter duidelik dat die staat moet ingryp wanneer ´n organisasie of instelling
hom op openbare terrein begewe en mans en vroue ongelyk behandel word. Die SGP
is´n politieke party wat in die openbare sfeer beweeg en die gelykheidsbeginsel moet
steeds afgeweeg word teen ander fundamentele regte, soos die reg op vryheid van
godsdiens en die reg op vryheid van assosiasie. Die staat kan dus wel beperkings stel
ooreenkomstig artikel 9(2) van die Europese Konvensie. Die hof in die SGP-saak het
dus wel die reg tot vryheid van godsdiens beperk deur die party se subsidie in te trek.
In die openbare sfeer blyk dit dat die gelykheidsbeginsel dus voorrang geniet bo ander
fundamentele regte.
59
Sien die hof se beslissing in Rechtbank Amsterdam 18 November 1998, NJ 1999, 377; Barkhuyzen 2004 Tijdschrift voor de
Mensenrechten (NJCM) 884.
FT Oldenhuis et al. Schurende Relaties tussen Recht en Religie (2007) 44.
61
Oldenhuis Schurende Relaties 59.
60
103
5.4.3
Opvoedkundige instellings en godsdiensonderrig
Artikel 29(3) van die Grondwet bepaal uitdruklik soos volg:
(3)
Elkeen het die reg om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te
bring en in stand te hou wat (a) nie op grond van ras diskrimineer nie;
(b) by die staat geregistreer is; en
(c) standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by
vergelykbare openbare onderwysinstellings nie.
(4) Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.
Du Plessis62 verwys onder andere na die bewoording van die tussentydse Grondwet
wat uitdruklik bepaal het dat ´n gemeenskaplike kultuur, taal of godsdiens as ´n
legitieme bestaansgrond kon dien vir die daarstelling van ´n onafhanklike
onderwysinstelling en behoort onder die nuwe bewoording tuisgebring te kan word.
Die Handves van Godsdiensregte bevat ook spesifiek in artikel 8 ´n verwysing na die
reg van elke persoon om op ´n vrywillige grondslag godsdienstige onderwys,
opleiding en onderrig te ontvang en te verskaf. Die staat mag sodanige onderwys,
opleiding en onderrig subsidieer. Elke persoon sluit ook ´n godsdiensinstelling, groep
of organisasie in.
´n Verdere belangrike komponent van artikel 15 van die Grondwet, veral vir skole, is
artikel 15(2) wat voorsiening maak vir godsdiensbeoefening by staats- of
staatsondersteunde
instellings.
Artikel
15(2)
stel
egter
drie
vereistes
vir
godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings, naamlik: dat reëls
wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is, nagekom word; dat dit op billike
grondslag geskied; en dat bywoning daarvan vry en vrywillig is.63 Staats- of
staatsondersteunde instellings sluit ook skole in. Daar is egter ´n verskil tussen
godsdiensbeoefening ooreenkomstig artikel 15(2) en godsdiensonderrig. Volgens
Malherbe64 het godsdiensbeoefening niks te make met die betrokke skoolkurrikulum
62
LM du Plessis “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” (2002) 43 NGTT 221.
Sien verder R Malherbe “Constitutionality of Government Policy Relating to the Conduct of Religious Observances in Public
Schools” 2002 TSAR 401.
64
Malherbe 2002 TSAR 404.
63
104
nie. Godsdiensonderrig kan egter deel vorm van die amptelike kurrikulum wat deur
die onderwysowerhede bepaal kan word. Enige regeringsbeleid moet egter voldoen
aan dieselfde vereistes en beperkings van die reg op godsdiensvryheid. Artikel 7 van
die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 herhaal en bevestig die inhoud van artikel
15(2) van die Grondwet en bepaal soos volg:
“7. Vryheid van gewete en godsdiens in openbare skole. Behoudens die Grondwet en enige
toepaslike provinsiale wet kan godsdiensbeoefening by ´n openbare skool gehou word
ingevolge reëls wat deur die beheerliggaam uitgevaardig is, indien sodanige beoefening op
´n billike wyse geskied en bywoning daarvan deur leerders en personeellede vry en
vrywillig is.”
Dit is interessant dat daar in Duitsland konfessionele godsdiensonderrig in openbare
skole plaasvind en heelwat godsdiensgroepe so geakkommodeer word in
ooreenstemming met die reëls van die betrokke godsdiensgemeenskap en in noue
samewerking met hulle. Artikel 7(3) van die Duitse Grondwet (GG-Grundgesetz)
bepaal onder andere dat godsdiensonderrig deel vorm van die gewone kurrikulum in
staats- en stedelike skole, maar uitgesluit is in sekulêre skole. Sonder om afbreuk te
doen aan die staat se reg tot toesig, kan godsdiensonderrig gegee word in
ooreenstemming met die leerstellinge van die godsdienstige gemeenskap. Geen
onderwyser mag egter verplig word om teen sy wil sodanige godsdiensonderrig te gee
nie. Dit sluit dus in Katolieke godsdiensonderrig aan Katolieke, Protestantse
godsdiensonderrig aan Protestante, Joodse godsdiensonderrig aan Jode, en so meer.65
Beslissings deur die howe dui daarop dat geloofsinstellings en godsdienstige skole die
reg het om lede te skors wat hul verbind het tot die navolging van die bepaalde reëls
en regulasies van die betrokke beheerliggaam en dan weier on die betrokke reëls te
volg.66 Die hof beslis in Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria67 dat die reg op
die behoud van private opvoedkundige instellings gebaseer op taal, kultuur en
godsdiens is om “non-speakers, non-participants and non-believers” uit te sluit.68 Die
hof bevestig verder in Wittman dat die beheerliggaam die reg het om ´n leerling te
65
G Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or Belief in Germany” (2005) 19 Emory
Int’L Rev 856.
66
Sien verder in hierdie verband Malherbe (2002) TSAR 391 en verder.
67
Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T).
68
Woolman Bill of Rights Handbook 434.
105
skors wat bewus was van die feit dat sy verplig was om beide taal- en godsdienstige
klasse by te woon en gevolglik geweier het om die betrokke klasse by te woon:
“Does this mean that private parochial schools which do not receive State aid may not
prescribe obligatory attendance at their morning prayers and confessional religious instruction
classes? The answer is negative. Section 17 of the interim Constitution and s 18 of the
Constitution recognise the freedom of association. Section 14(1) and s 15(1) respectively
recognise the freedom of religion which includes the right to join others in worship,
propagation of the faith, etc. Freedom of association entails the right with others to exclude
non-conformists. It also includes the right to require those who join the association to conform
with its principles and rules.”69
´n Ander interessante aangeleentheid wat voor die Menseregtekommissie gedien het,
was voorleggings wat gemaak is namens die “South African Board of Jewish
Education” (SABJE). Alle skole onder beheer van die SABJE is onafhanklike skole,
met ´n tradisie om wel nie-Joodse leerlinge en opvoeders by die skool toe te laat, op
voorwaarde dat hulle wel aan die vereistes van ´n Joodse opvoeding moet voldoen,
naamlik die neem van Hebreeuse taalklasse, die nakoming van godsdienstige onderrig
en deelname aan en bywoning van die skool se godsdienstige aktiwiteite. Gevolglik
moet ouers en leerlinge wat tot die skool toegelaat word, by die beleid van die skool
hou en aan al die aktiwiteite van die skool deelneem. Woolman70 voer namens die
SABJE aan dat die skool se toelatingsbeleid nie neerkom op onbillike diskriminasie
nie, dat daar geen differensiasie ten aansien van ´n spesifieke grond is nie en dat die
toelatingsbeleid ´n toelaatbare en billike diskrimasie is wat gegrond is op die
legitieme oogmerke van die SABJE en die skole onder sy beheer. Die
diskriminerende toelatingsvereistes is noodsaaklik om die oogmerke van die SABJE
te bereik wat ´n Joodse opvoeding bied wat Hebreeuse taalklasse en Joodse
godsdienstige onderrig insluit.71
Veral in die konteks van arbeidsverhoudinge en gepaardgaande diskriminerende
praktyke, gebeur dit egter gereeld dat die howe bepaalde godsdienstige doktrines,
praktyke en statute verkeerd uitlê ten einde ´n bepaalde uitslag te bewerkstellig.72 In
die VSA het die howe al gereeld oor hierdie hekkie gestruikel. Een van die beslissings
69
Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T) 451 C-E.
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 7-8.
71
Verslag van die Menseregtekommissie 2006 Exclusionary Policies 7-8.
72
Sien veral die kritiek van R Malherbe ten aansien van die uitleg wat die howe al gevolg het in “Die Impak van die Grondwet op
Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 2008 NGTT 273.
70
106
was die saak van EEOC v Fremont Christian School,73 waar die EEOC (Equal
Employment Opportunity Commission) niediskriminasie, wetgewing en wetgewing
rakende gelyke betaling wou afdwing op die skool. Die skool Fremont (´n
konserwatiewe Christelike skool) het uit hoofde van hulle Christelike en bybelse
opvatting van die man as hoof van die familie (wat dus vir die huishouding moet
voorsien) slegs mediese versekering aan enkellopendes en getroude mans verskaf.
Getroude vroue is dus uitgesluit van mediese versekering. Die hof verwerp die skool
se beroep op godsdiensvryheid en voer aan dat die afdwinging van die bepaalde
wetgewing nie ´n “significant impact” op die skool se geloofsopvatting en praktyke
sal hê nie.74 Die afdwinging van die bepaalde wetgewing het egter tot gevolg dat ´n
geloofsopvatting en bepaalde religieuse praktyk verbied word wat duidelik ´n
godsdienstige grondslag het en die skool effektief verhoed om op grond van ´n
geloofsopvatting te onderskei tussen die rol van mans en vroue. Die feit dat dit
volgens die hof se siening nie ´n wesenlike inbreuk sal maak op die skool se eie
geloofsopvatting nie, wys net duidelik dat die hof self besluit het wat belangrik is of
wat deel vorm van ´n bepaalde geloofsinstelling se geloofsopvatting. Dit word deur
Brady verwoord as “strained if not disingenuous” en dat die hof basies “secondguessed the school’s understanding of its own beliefs”.75
Hoewel ´n deeglike belange-afweging (vergelykbaar met ´n artikel 36-ondersoek) van
al die belangrike elemente dalk dieselfde uitslag tot gevolg kon hê, wys dit duidelik
dat die hof, wat betref sy verstandhouding en interpretasie van die institusionele reg
op godsdiensvryheid, die stoel ver mis gesit het. Dis ook opmerklik in die hof se
benadering ´n paar jaar later in die saak van Dole v Shenandoah Baptist Church76
waar ´n Christelike skool uit hoofde van dieselfde siening as in Fremont (van die man
as hoof van die huishouding) slegs aan manlike personeel ´n aanvullende salaris
betaal het. Dit was alvorens die skool salarisse van alle personeel verhoog het. In die
afdwinging van sekere wetgewing beslis die hof weer eens dat dit slegs ´n minimale
inbreuk sal maak op Shenandoah se geloofsopvatting en dat “[t]he pay requirements
at issue do not cut to the heart of Shenandoah beliefs”.77 Hoewel die skool nie meer
mans en vroue verskillend betaal nie, glo hulle steeds in die verskillende rolle van
EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986).
EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986) 1368-1369.
75
K Brady “Religious Organizations and Free Exercise: The Suprising Lessons of Smith” 2004 BYU L. Rev 1682.
76
Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990).
77
Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990) 1397.
73
74
107
mans en vroue in die huwelik, wat volgens hulle bybels gefundeer is. Die beslissing
van die hof verhoed hulle dus om in die toekoms sodanige “godsdienstiggefundeerde” interpretasies in enige toekomstige besluite rakende enige betalings te
maak. Die onvermoë van die hof om ´n beperking op godsdienstige praktyke sinvol te
begryp, te interpreteer en toe te pas, is duidelik ´n gevolg van die hof se onbegrip vir
godsdienstige doktrines.78
5.4.4
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park79
5.4.4.1 Inleiding en agtergrond
´n Belangrike en interessante Amerikaanse saak waarna verwys word in die beslissing
van Basson R in Strydom, is die saak van Corporation of the Presiding Bishop of the
Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos.80 In Amos was sekere bepalings
van die Civil Rights Act81 ter sprake in terme waarvan geloofsinstellings in
arbeidsverhoudinge en indiensneming mag diskrimineer op grond van godsdiens,
ongeag of die werknemer ´n godsdienstige funksie verrig of nie.82 Voormalige
werknemers van ´n afdeling van die Church of the Latter-Day Saints, wat geweier het
of nie geskik was om lede van die betrokke kerk te word nie, is deur die kerk uit hulle
poste ontslaan. Van die werknemers was nie betrokke by enige spesifieke religieuse
funksies of onderrig nie, van hulle was vragmotorbestuurders en klerewerksters. Die
kerk het nie gekwalifiseer vir die betrokke ‘uitsondersbepaling’ in die Civil Rights
Act nie, maar het aangevoer dat die kerk van alle werknemers kan verwag om die
kerk se waardes te onderskryf. Die werknemers het aangevoer dat om godsdienstige
werkgewers toe te laat om van die uitsonderingsposisie gebruik te maak ten aansien
van niegodsdienstige posisies, ´n inbreukmaking op die Establishment Clause is en
godsdiens onregmatig bevoordeel word. Die hof bevestig hierdie uitsonderingsposisie
78
Brady 2004 BYU L. Rev 1683.
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T).
80
Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987).
81
Hoofstuk VII van die Civil Rights Act van 1964, 42 USC 2000e maak dit onregmatig vir ´n werkgewer om ´n individu in diens
te neem of te ontslaan of andersins teenoor enige individu te diskrimineer ten aansien van vergoeding,
indiensnemingsvoorwaardes of enige voordele gegrond op ras, kleur, godsdiens, seksuele oriëntasie of oorsprong. Dit sluit in
indiensneming, ontslag, bevordering en alle optrede binne die werkplek. Artikel 702 skep ´n uitsondering en bepaal soos volg:
APPLICABILITY TO FOREIGN AND RELIGIOUS EMPLOYMENT SEC. 2000e-1. [Section 702]
(a) Inapplicability of subchapter to certain aliens and employees of religious entities
This subchapter shall not apply to an employer with respect to the employment of aliens outside any State, or to a religious
corporation, association, educational institution, or society with respect to the employment of individuals of a particular religion
to perform work connected with the carrying on by such corporation, association, educational institution, or society of its
activities.
82
Hierdie uitsonderingsposisie geld slegs ten aansien van godsdiens en met betrekking tot diskriminasie op grond van ras, geslag
of seksuele oriëntasie nie.
79
108
ten opsigte van alle niewinsgewende aktiwiteite en bevind dat die verbod teen
godsdienstige diskriminasie in die werkplek met betrekking tot sekulêre,
niewinsgewende aktiwiteite van godsdienstige organisasies, nie inbreuk maak op die
Establishment Clause nie. Die hof beslis dat “it is a significant burden on a religious
organization to require it, on pain of substantial liability, to predict which of its
activities a secular court will consider religious”.83 Die skeidingslyn tussen
“godsdienstig” en “sekulêr” is ´n moeilike lyn om te trek en dit is te verstane dat
godsdienstige organisasies “[would] be concerned that a judge would not understand
its religious tenets and sense of mission” en die gevolglike aanspreeklikheid “might
affect the way an organization carried out what it understood to be its religious
mission”.84
Lenta85 is van mening dat dit egter nie beteken dat “religious associations should not
be required to demonstrate to the court that the position related to the unfair
discrimination is sufficiently closely connected to the doctrinal core of the church”,
wat die N.G. Kerk Moreleta Park volgens die hof nie voldoende gedemonstreer het
nie. Hy is van mening dat Basson R in Strydom korrek was in sy siening dat
godsdienstige
groepe
nie
toegelaat
sal
word
om
te
diskrimineer
in
arbeidsaangeleenthede nie, “unless the job in question is sufficiently closely
connected to the doctrinal core of the religion”.86 Gevolglik is hy ook van mening dat
die hof se beslissing in Amos nie korrek was nie.
Hierdie siening, dat dit aanvaarbaar is vir die howe “to delve (carefully) into questions
of core tenets of belief – and decide which beliefs are trumps and which beliefs are
not”, word egter nie gedeel deur Woolman87 nie en hy steun die siening van Brennan
R in Amos dat “religious organizations have an interest in autonomy in ordering their
religious affairs”.88 Brennan R handhaaf die grondwetlikheid van artikel 702
“covering all types of church employees, no matter what the job, appropriately
balances the right of employees to religious liberty and the autonomy of religious
organizations”.89 Hierdie teenstrydige sienings kom later nog duideliker na vore,
83
Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987) 336.
Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483 U.S. 327 (1987) 336.
Lenta 2009 SALJ 843.
86
Lenta 2009 SALJ 843.
87
Woolman 2009 SAJHR 298.
88
Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987).
89
Lenta 2009 SALJ 843.
84
85
109
aangesien die dispuut in Strydom juis te make gehad het met die betekenis en
interpretasie van die begrip “geestelike leier” en die betrokkenheid by en reikwydte
van godsdiensonderrig. Met verwysing na verdere Amerikaanse en Kanadese
regspraak, steun die hof op die volgende uittreksel van Woolman, wat belangrik is vir
die daaropvolgende bespreking van die hof se beslissing in Strydom:
“The second scenario relates to discrimination against employees of a seminary or Christian
school. Factors militating against legal intervention might include the job description of the
person suffering discrimination and the impact on religious freedom of not granting the
religious institution an exemption. If, for example, the seminary or theology faculty could
show that a teaching post involved substantial religious responsibilities, the seminary might
be able to succeed in obtaining an exemption from anti-discrimination legislation using the
analogy of the ‘church-minister’ exemption […] Furthermore, if a Christian school could
show that leading an ‘exemplary Christian life’ was an important part of every teacher’s job
description – ‘exemplary’, of course, being interpreted by the church in accordance with its
own tenets – then it is conceivable that the church would be given some latitude to flout the
legal prohibition on employment discrimination. Apart from these sorts of special
circumstances, however, religious institutions like schools, seminaries or universities – would
probably not be deemed exempt from anti-discrimination law [...]”90
5.4.4.2 Feitelike agtergrond
Mnr. Johan Strydom was ´n musiekdosent by die N.G. Gemeente Moreletapark se
Kunste-Akademie. Sy diens is in 2005 deur die gemeente beëindig, nadat dit aan die
lig gekom het dat hy in ´n vaste verhouding met ´n man is. Die saak behels ´n botsing
tussen verskeie belangrike fundamentele regte. Die reg op vryheid van assosiasie en
vryheid van godsdiens aan die een kant en die reg op gelykheid aan die ander kant.91
Die hof moes beslis of geloofsinstellings vrygestel word van die bepalings van die
Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4
van 2000 ten aansien van diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie in die
werkplek. Ook ter sake was die vraag of die geloofsinstelling se reg om te
diskrimineer verder strek as bloot geestelike leiers en gevolglik ook ´n musiekdosent
wat nie by godsdiensonderrig betrokke was nie, insluit.
90
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 16.
Sien artikel 18 (vryheid van assosiasie), artikel 15(1) (vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening) en artikel
31(1) (institusionele godsdiensvryheid).
91
110
Die hof beslis by monde van Basson R dat die gemeente se besluit om Strydom se
diens as musiekdosent in 2005 te beëindig, diskriminasie daarstel, aangesien Strydom
bloot ´n musiekdosent was, wat nie in die posisie van ´n “geestelike leier” was nie, dit
nie in sy kontrak duidelik gemaak is dat hy betrokke was of sou wees by
godsdienstige onderrig nie en die kerk gevolglik nie gevrywaar is van die bepalings
van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike
Diskriminasie nie. Die kerkraad van die N.G. Gemeente Moreletapark het besluit om
nie teen die beslissing van die gelykheidshof te appelleer nie. Van die redes wat die
kerk aanvoer, sluit onder andere die volgende in:
•
Die fundamentele reg van die kerk om vry te wees en te glo wat die Bybel sê,
is nie aangetas nie;
•
Die gemeente se oortuiging dat die beoefening van homoseksualiteit sonde is,
is nie deur die hof verwerp nie;
•
Die gemeente se reg om vereistes vir geestelike leiers te stel, is deur die hof
aanvaar;
•
Die gemeente het genoeg geleentheid gehad om te getuig van sy siening oor
wat die Bybel oor homoseksualiteit sê; en
•
Hulle kon verder getuig oor “die liefde vir God vir alle mense en daarom ook
vir persone wat homoseksualiteit beoefen, en dat daar in Christus nuwe lewe
en oorwinning oor sonde is”.92
Die gemeente verskil steeds met die hof oor die bevinding dat Strydom, wat as
musiekdosent in die gemeente gewerk het, nie as geestelike leier deur die hof geag is
nie. Volgens hulle omvat ´n geestelike leier veel meer as bloot predikante, ouderlinge
en diakens. Die gemeente voel dat Strydom wel in ´n posisie van ´n geestelike leier
was en volgens die gemeente het hy “as rolmodel vir jong studente opgetree en
daarom was hy onderhewig aan die verklaarde gemeentebeleid oor geestelike
leiers”.93
92
N Jackson “Ekskuus…maar Homoseksualiteit Bly Sonde” Beeld 9 September 2008 http://www.news24.com/Beeld/SuidAfrika/0,,3-975_2390915,00.html.
93
Jackson 2008 Beeld.
111
5.4.4.3 Bespreking
Wat geestelike leiers betref, maak Woolman94 dit duidelik dat:
“[...] although the value of equality is foundational to the new constitutional dispensation, it is
unlikely that equality considerations could outweigh the enormous impact of failing to give
churches an exemption in relation to their spiritual leaders. Where appointment, dismissal and
employment conditions of religious leaders (such as priests, imams, rabbis, and so forth) are
concerned, religious bodies are likely to be exempted from compliance with legislation
prohibiting unfair discrimination.”
Ten aansien van die hof se beslissing in Strydom voer De Vos95 aan dat dit vir kerke,
moskees en sinagoges ´n skending van die reg op godsdiensvryheid sou wees indien
daar van hulle verwag sou word “to employ a gay dominee, imam, rabbi or priest or to
force the Catholic Church to ordain woman priests. The same would be true for
forcing them to employ someone giving religious instruction at that institution”.
Volgens hom beteken dit egter nie dat hulle onvoorwaardelik gevrywaar word van die
bepalings van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike
Diskriminasie en selfs die Grondwet nie. Waar ´n kerk of geloofsinstelling dus ´n
individu in ´n niegodsdienstige hoedanigheid aanstel, moet dit geskied sonder
diskriminasie. Hy argumenteer verder in hierdie verband soos volg:
“Where a religious group employs an individual in a non-religious capacity, for example, the
Constitution demands that they do so without discriminating against anyone. A church that
employs a secretary or a gardener cannot prohibit a gay man or a black woman from doing
these jobs because that church happens to espouse homophobic or racist views.
This is because these jobs are not directly linked to the religious nature of the institution. A
person employed as a typist, a gardener (or a music teacher for that matter) does not give
religious instruction and forcing a church to employ such a person in no way forces the church
to espouse views or practices that its religion frowns upon or even abhor. The religious
freedom of the church is therefore not affected while the rights of all citizens remain
protected.
This seems like a sensible compromise also adopted by the Pretoria High Court. To have held
otherwise would have […] created a situation in which religious institutions are in effect
above the law […]
94
Sien Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 15.
P de Vos “On Freedom of Religion and the Gay Music Teacher” Constitutionally Speaking Blog 3 September 2008
http://constitutionallyspeaking.co.za/?p=655. 4 September 2008.
95
112
So this judgment manages to balance the interest of the state against the interest of religious
groups in a sensible and pragmatic fashion, refusing to sanction religious tyranny […] In a
country where we are building a culture of respect for diversity and difference churches can
therefore not get a free pass.”
Myns insiens is hierdie siening van De Vos nie in pas met die essensie van
godsdiensvryheid wat godsdienstige outonomie waarborg in soverre “each religious
denomination should be respected when it says what its ethos is” nie.96 Dit is nie ´n
hof se taak om godsdienstige doktrines te bepaal of uit te lê nie en ook nie om inhoud
te verleen aan iets essensieel godsdienstig van aard nie. Geloofsinstellings moet
toegelaat word om self betekenis aan essensieel godsdienstige funksies toe te deel en
gevolglik moet ´n hof terughoudend opgestel wees en respek toon wanneer ´n
geloofsinstelling van mening is dat, uit ´n geloofsperspektief, ´n sekere funksie van ´n
godsdienstige aard is, of soos in hierdie geval, ´n musiekdosent as geestelike leier
binne die gemeente optree. In die Strydom-saak het die kerk dalk nie duidelik genoeg
gesê wat hulle van al hulle werknemers verwag nie en plaas dit ´n hof in ´n baie
moeilike situasie waar ´n kerk of geloofsinstellings nie van die reg gebruik maak om
te sê wat hulle voorwaardes is, al dan nie.
Lenta97 stem saam met De Vos ten aansien van die hof se finale beslissing in die
Strydom-saak, hoewel hy aanvoer dat beide die hof en De Vos “fails to show
sufficient respect for diversity”. Woolman98 is egter glad nie oortuig van die feit dat
die hof in Strydom tot die regte gevolgtrekking gekom het nie en voer aan dat indien
die kerk ´n goed saamgestelde argument voorgelê het gegrond op vryheid van
assosiasie (artikel 18), godsdiensvryheid (artikel 15) en gemeenskaplike godsdiensbeoefening (artikel 31), die hof in alle waarskynlikheid ten gunste van die
Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park sou beslis het. Diskriminasie in
die werkplek op grond van geslag en seksuele oriëntasie gebeur wel. Lenta99 voel
sterk daaroor dat antidiskriminasiewetgewing nie gebruik moet word om hierdie vorm
van diskriminasie te verhoed nie, want “religious associations have a right to manage
their own affairs in accordance with the beliefs of members as expressed through their
churches – freedom of religion and associational autonomy demand as much”.
96
P Colton “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in L Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as
Legal Persons (2007) 128.
97
Lenta 2009 SALJ 839.
98
Woolman 2009 SAJHR 283.
99
Lenta 2009 SALJ 829.
113
Hy gebruik die voorbeeld van vrouebediening in die Katolieke Kerk. ´n Vrou wat die
howe nader en daarop aandring om as priester bevestig te word, maar die Katolieke
Kerk weier om haar in die bediening toe te laat, plaas haarself in ´n teenstrydige
posisie. As Katoliek onderwerp sy haar aan die mag van die Pous, maar aan die ander
kant vra sy die hof om die kerk se standpunt kragteloos te maak. Dit plaas die howe in
´n onbenydenswaardige posisie, omdat ´n hof in so ´n geval moet beslis ten gunste
van een faksie teen ´n ander in ´n uitsluitlik interne kerkaangeleentheid “thereby
altering the character of the religion concerned”.100 Gevolglik moet die howe in
bogenoemde omstandighede, in ooreenstemming met die voorafgaande beslissing in
Amos en die siening van onder andere Woolman, uiterste terughoudendheid aan die
dag lê, ´n siening wat byvoorbeeld geensins deur Bilchitz101 gesteun word nie.
Volgens hom bestaan daar byvoorbeeld in die Anglikaanse Kerk heelwat interne
verskille ten aansien van homoseksualiteit en interne konflik rakende Anglikaanse
godsdienstige praktyke en doktrines. Dit plaas die howe in dieselfde moeilike posisie
waar een gemeente byvoorbeeld ´n homoseksuele priester ontslaan op grond van sy
seksuele oriëntasie, en ´n ander gemeente hom daarvan distansieer. Dit demonstreer
die moeilike posisie van die howe om nie kant te kies nie, maar ook die konflik tussen
die reg op assosiasie binne verkillende groepe. Bilchitz is sterk ten gunste van die
“presumption of equality” en voer aan:
“Courts thus are required to decide upon whose side they should intervene. Both the
presumption of equality and the harmful nature of discrimination [...] require the state to
favour the group against which discrimination is being perpetrated.”102
So ´n siening gee egter nie die nodige erkenning aan die reg op godsdiensvryheid,
sowel as die reg op vryheid van assosiasie, nie. Dit neem ook geensins die unieke
posisie wat godsdienstige organisasies in die samelewing beklee, sowel as hulle
unieke aard, in ag nie. Interessant dat in Ryland v Edros,103 waarin die hof uitsluitsel
moes gee oor die geldigheid van ´n Moslemhuwelik met verwysing na onder andere
die openbare beleid en boni mores van die gemeenskap, die hof twee baie belangrike
waardes van die Grondwet uitlig en erken. Trengove beklemtoon hierdie belangrike
en verbandhoudende waardes van die Grondwet, naamlik die beginsel van gelykheid,
100
Lenta 2009 SALJ 829.
D Bilchitz “Should Religious Associations be Allowed to Discriminate?” Lesing gelewer by die SLTSA (Society of Law
Teachers of South Africa) Kongres, Stellenbosch Januarie 2011, ongepubliseerde artikel 15.
102
Bilchitz 2011 SLTSA-paper 16.
103
Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH).
101
114
maar ook die beginsel van “tolerance and accommodation”.104 Farlam R stem saam
met hierdie siening en gee ook erkenning aan die belangrikheid van “the values of
equality and tolerance of diversity and the recognition of the plural nature of our
society […]”.105 [Eie kursivering.]
Hoewel Woolman106 kritiek uitspreek oor Lenta107 se siening dat die howe “should
scrutinise the religious basis of claims to be permitted to discriminate on a case-bycase basis” kan dit in bogenoemde situasies dalk die beste benadering wees. Dit is
egter nie ´n maklike taak nie en gevolglik moet die howe uiterste terughoudendheid in
sulke aangeleenthede handhaaf en ´n baie meer akkommoderende eerder as
beperkende
siening
ten
opsigte
van
geloofsinstellings
en
voortspruitende
diskriminerende praktyke handhaaf. Dit is in ooreenstemming met die benadering van
terughoudendheid en marginale toetsing wat in Hoofstuk 6 voorgestaan en in meer
besonderhede bespreek word. Hoewel Lenta dus ten gunste van ´n “case-by-case”benadering is, voer hy tog aan dat “courts should not simply suspend their own
judgement and defer to the definition offered by religious associations of what
activities and jobs are sufficiently close to their religious beliefs”.108 En verder:
“Religious bodies should not be permitted to engage in work-related discrimination where the
activity to be performed by the employee or contract worker or prospective employee or
contract worker bears no significant relationship to the settled religious convictions of the
organisation. Religious associations claiming the right to discrimination on otherwise illegal
grounds should be required to show a connection between the position in respect of which
they wish to discriminate and their beliefs and convictions.” 109
Myns insiens is dit egter presies wat godsdiensvryheid van die howe verwag. Soos
Brennan R in Amos tereg opmerk:
“[it] would be inappropriate since it would involve ongoing government entanglement in
religious affairs.”110
104
Sien Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH).707H-708I. Trengove verwys na 10 belangrike beginsels en bepalings van die
Grondwet as ´n manifestasie van hierdie twee belangrike waardes.
105
Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH) 708H.
106
Sien in die algemeen Woolman 2009 SAJHR 280 vn 2.
107
Lenta 2009 SALJ 859.
108
Lenta 2009 SALJ 859.
109
Lenta 2009 SALJ 859.
110
Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987).
115
Wat dikwels uit die oog verloor word, is dat geloofsinstellings nie net gewone
vrywillige organisasies is nie, maar godsdienstige organisasies. Gevolglik speel nie
net die reg op vryheid van assosiasie ´n rol nie, maar ook die belangrike reg op
godsdiensvryheid. Lenta111 argumenteer in hierdie verband soos volg:
“The right to freedom of religion incorporates the interest of churches in conducting the
internal affairs, including labour relations, according to their perceived interests; that is, in
keeping decision-making authority over operations within the church free of government
interference. The argument that government should not regulate the way in which churches
select their officers and workers is that to do so is an unacceptable encroachment on religious
affairs: it is simply inappropriate for the state to insist that religious organisations carry on
their internal affairs in a way that is inconsistent with settled religious convictions and
practices.”
Woolman112gebruik die interessante voorbeeld van die Amerikaanse howe se
benadering in die saak van Boy Scouts of America v Dale,113 waar die hof teen die Boy
Scouts beslis het ten aansien van hulle begeerte om homoseksuele lede van
lidmaatskap uit te sluit. Die hof het die betekenis, bedoeling en aard van die
vereniging in ag geneem en tot die gevolgtrekking gekom dat op dieselfde wyse as
wat die oënskynlike wegdoen van “gender divide without any attendant loss of
meaning and purpose”, die wegdoen van diskriminasie op grond van seksuele
oriëntasie dieselfde doel sal bereik om steeds die strewe na ´n uitmuntende karakter te
kan bereik ooreenkomstig die doelstellings van die organisasie. Geld hierdie
benadering ook met betrekking tot godsdienstige organisasies? Lidmaatskapvereistes
en die interne bestuur en organisasie van veral ´n geloofsinstelling is krities ten
aansien van sy bepaalde karakter en geloofsidentiteit. Dit kan rampspoedige gevolge
inhou indien wetgewing ´n verandering in ´n geloofsinstelling se beleid forseer en dit
gevolglik die verandering van die essensiële karakter en geloofsidentiteit van so ´n
organisasie tot gevolg het. Gevolglik voer Woolman114 tereg aan dat godsdiens wel
anders is as gewone verenigings:
“Like it or not, religion is different. Time – sacred time – for religion is circular, not linear.
Linear time – human time – is profane. Religion returns through holiday and ritual to the
beginning: when God – of one stripe or another – made the world and laid down the law.
111
Lenta 2009 SALJ 833.
Woolman 2009 SAJHR 292-294.
Boy Scouts of America v Dale 530 US 640, 120 SCt 2446 (2000)(Dale).
114
Woolman 2009 SAJHR 294.
112
113
116
Others – non-members – may find the religious beliefs and practices of a faith perverse. But
rational distinctions – or the absence of rational distinctions – is hardly the point when an
organised faith is put in the position of defending God’s law – not their own. It is God’s law
that provides the setting for meaningful action for the members of the Nederduitse
Gereformeerde Gemeente Morelata Park. The notion that they could alter God’s law is akin to
idolatry. It confuses the sacred and the profane.”
Lenta115 voer aan dat die hof in Strydom die indruk skep dat die reg op gelykheid ´n
meer fundamentele reg as die reg op vryheid van godsdiens en assosiasie is. Hoewel
die hof erkenning gee aan die belangrikheid van die reg op godsdiensvryheid, met
verwysing na die saak van Prins v President, Cape Law Society and Others,116 beslis
Basson R egter dat die reg op gelykheid “is viewed as foundational to our
constitutional order” en met verwysing na Minister of Education & Another v Syfrets
Trust Ltd NO & Another117 dat:
“As a cursory perusal of constitutional jurisprudence shows, equality is not merely a
fundamental right; it is a core value of the Constitution. This is borne out by various
provisions in the Constitution itself, which articulate the ideal of equality.”118
So ´n benadering en gepaardgaande siening is volgens Lenta vals en hy voer aan dat
die reg op godsdiensvryheid een van die mees fundamentele regte is wat ´n persoon
kan besit en dat “[...] it would not be a huge exaggeration to suggest that this freedom
is the grain of sand in the oyster of politics around which the pearl of liberalism
gradually form”. En dat die reg op godsdiensvryheid beskou word as die “ultimate
freedom” en “not merely one of many rights, but the prototypical human right”.119
Hierdie siening word gesteun deur Benson120 wat tereg aanvoer dat “equality is not
more important than freedom of religion”. Dit is ook in pas met die benadering soos
voorgestaan in die bovermelde bespreking en siening van Sachs R, die verslag van die
Mensregtekommissie en die posisie in Nederland. Die Christen Demokratiese Party
(ACDP) en die Apostoliese Geloofsending steun ook hierdie siening en volgens die
ACDP is alle regte se inperking onderhewig aan die beperking ingevolge artikel 36
115
Lenta 2009 SALJ 834-836.
Prince v President, Cape Law Society and Others 2002 (2) SA 794 (KH) in Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente
Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 9.
117
Minister of Education & Another v Syfrets Trust Ltd NO & Another 2006 (4) SA 25 (KH) in Strydom v Nederduitse
Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 10.
118
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T) par 10.
119
Lenta 2009 SALJ 836 en die siening van K Hasson “Religious Liberty and Human Dignity: A Tale of Two Declarations”
(2003) 27 Harvard Journal of Law & Public Policy 88-89.
120
I Benson “The Freedom of Conscience and Religion in Canada: Challenges and Opportunities” (2007) 21 Emory International
LR 148.
116
117
van die Grondwet, maar dat “the right to equality should not trump the right to
religious freedom and the right to freedom of association”.121
Bilchitz122 argumenteer egter sterk vir ´n “egalitarian form of liberalism” wat
erkenning gee aan individue en organisasies om hulle eie lewenswyse in te rig solank
dit nie inbreuk maak op die reg van ander individue om dieselfde te doen nie. Volgens
hom vereis dit “a strong presumption in favour of equality and mitigates against
effectively exempting religious associations from the provisions of the Constitution
and PEPUDA relating to non-discrimination”. Geen reg is egter absoluut nie en die
Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie stel
beslis ´n uitdaging aan en ´n beperking op die reg op godsdiensvryheid en die reg op
vryheid van assosiasie. Soos Woolman tereg opmerk: “[it]...poses an imminent threat
to associational freedom”.123 Dit geld eweneens vir geloofsinstellings, en in soverre
die Wet “gelykheid” voorrang gee bo die reg op godsdiensvryheid en die reg op
vryheid van assosiasie, is Lenta van mening dat “this is illegitimate”.124
5.5
GEVOLGTREKKING
Hierdie bespreking het duidelik die belangrikheid van die reg op vryheid van
assosiasie vir geloofsinstellings beklemtoon en aangetoon dat:
“With certain kinds of association the threshold for interference in determining the voice
ought to be quite high. With families, religious groups and traditional communities, the first
inclination of a liberal state ought to be to allow the members to work out their voice on their
own.” 125 [Eie kursivering.]
Vir geloofsinstellings om aanspraak te maak op die beskerming wat die Grondwet
bied en nie-inmenging deur die staat in veral lidmaatskapvereistes en interne
organisasie, blyk dit dat die vereiste steeds geld dat die werksaamhede ten aansien
waarvan die beskerming gevra word, ten minste van ´n godsdienstige aard moet wees
en nie moet inbreuk maak op ander se fundamentele regte nie. Indien diskriminasie
vermoed word, moet ondersoek ingestel word of dit billik is ooreenkomstig die
bepalings van die Grondwet. Die voorbeeld en bespreking van die hof se benadering
121
“Court’s Gay Ruling Upsets Christian Bodies” Mail and Guardian Online 29 Augustus 2008 http://mg.co.za/article/2008-0829-courts-gasy-ruling-upsets-chritian-bodies. 5 September 2008.
122
Bilchitz 2011 SLTSA-paper 5.
123
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-36.
124
Sien Lenta 2009 SALJ 837 vn 44.
125
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-20.
118
in die Strydom-saak het egter gewys dat die reg op godsdiensvryheid, veral wanneer
dit in konflik staan met die reg op gelykheid en niediskriminasie, nie na waarde geag
word nie. Waar laat dit geloofsinstellings, maar ook die howe ten aansien van
toekomstige beslissings soortgelyk aan, Strydom? Woolman126 som dit goed op in
relatief sterk woorde, maar myns insiens ‘n korrekte benadering:
“So long as church rules clearly preclude openly gay and lesbian members of the church from
participating in public practices in the church, neither our courts nor our state has any business
using such blunt cudgels as the right to dignity to reinstate an openly lesbian organist so that
she might teach in a faith-based school and be remunerated for her efforts.”
Dit beteken gevolglik nie dat die howe nie steeds bereid sal wees om ondersoek in te
stel na ´n bepaalde geloofsinstelling se leerstellings en of dit deel uitmaak van ´n
bepaalde godsdiens nie. Die reg op godsdiensvryheid veronderstel egter dat die staat
hom nie behoort te bemoei met die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk
of spesifieke geloofsinstelling nie. So ´n benadering ondersteun die logika van
vryheid van assosiasie met die belangrike element dat “we can never allow them to
use their involuntariness as a mechanism of abuse”.127 Die beginsel van nieinmenging deur die staat in die interne organisasie van geloofsinstellings sal in die
volgende hoofstuk verder ondersoek en bespreek word.
126
127
Woolman 2009 SAJHR 305.
Woolman Constitutional Law of South Africa 44-20.
119
HOOFSTUK 6
6
DIE TOEPASSING VAN DIE LEERSTUK VAN “NIE-INMENGING”
EN “MARGINALE TOETSING”
6.1
INLEIDING
In die lig van die reg op godsdiensvryheid hou die beginsel van nie-inmenging in dat
die howe, maar ook geloofsinstellings self, ´n belangrike rol speel in die afbakening
van die beskermingsveld van die reg op godsdiensvryheid. Malherbe1 argumenteer
soos volg in hierdie verband:
“In geskille is dit howe se taak om grense in hierdie verband vas te stel en uit die regspraak
blyk dat ten einde die kerklike veld van outonomie te erken, die howe óf ondersoek instel of
´n bepaalde leerstellige kwessie inherent deel is van die betrokke geloof óf dit sonder meer
aanvaar.”
In die saak van Christian Education2 beslis die hof egter dat:
“In cases of this nature a court will in the first place consider whether the belief relied upon in
fact forms part of the religious doctrine of the religion practised by the person concerned.
Once it is found that the belief does form part of that doctrine, the court will not embark upon
an evaluation of the acceptability, logic, consistency of the person’s claim that a conflict exists
between the legislation and the belief which is indeed burdensome to the person.”
Dit is dus duidelik dat die hof tog in ´n mate na die meriete van ´n bepaalde doktrine
kyk, in elk geval sover as wat die hof getuienis moet oorweeg oor ´n bepaalde
leerstelling en of dit inderwaarheid deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige
doktrine. In die saak van Christian Education het die hof sover gegaan as om ook te
bepaal in welke mate lyfstraf deel is van die applikant se bepaalde Christelike geloof.
Malherbe3 voer aan dat die feit dat die hof as’t ware lyfstraf gelykgestel het aan
geweld, as ´n waardeoordeel oor leerstellige kwessies beskou kan word en waarvan
die howe ingevolge die leerstuk van nie-inmening hulle moet weerhou. In die lig van
die feit dat die howe wel bereid is om ondersoek in te stel na ´n bepaalde
geloofsinstelling se leerstellings en of dit deel uitmaak van ´n bepaalde godsdiens, rus
1
R Malherbe “Die Impak van die Grondwet op Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 2008 NGTT 273.
Christian Education SA v Minister of Education of the RSA 1999 (9) BCLR 951 (SE) 958E.
3
Malherbe 2008 NGTT 273.
2
120
´n groot verantwoordelikheid op geloofsinstellings om sekerheid te hê oor hulle eie
doktrines en leerstellings en gevolglike handelinge en prosedures wat daaruit spruit.
Soos die hof tereg in die Fourie-saak beslis:4
“Judges would be placed in an intolerable situation if they were called upon to construe
religious texts and take side on issues which have caused deep schisms within religious
bodies.”
Belangrik is ook die feit dat die hof nog steeds aan die hand van die
beperkingsbepaling ´n inperking van regte moet toets wanneer dit wel vasstaan dat ´n
bepaalde handeling of prosedure deel uitmaak van ´n bepaalde godsdienstige doktrine
of leerstelling. Indien so ´n leerstellige doktrine, prosedure of handeling ´n inperking
van regte veroorsaak, moet die hof aan die hand van die algemene beperkingsklousule
bepaal of sodanige inperking wat dit veroorsaak, regverdigbaar is in ´n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid.5
6.2
DIE OUTONOMIE VAN GELOOFSINSTELLINGS
Hoewel die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof in S v Lawrence6 by monde van
Chaskalson HR en O’Regan R beslis het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet geen
“establishment-clause” bevat soos die Amerikaanse Grondwet nie en gevolglik nie
dieselfde streng skeiding tussen staat en kerk deur die howe erken en toepas soos in
die VSA nie, is die Amerikaanse regspraak en posisie ten aansien van institusionele
godsdiensvryheid en beginsels van outonomie tog belangrik.7 Die Suid-Afrikaanse
howe verwys ook dikwels na die Amerikaanse regspraak ten aansien van die
outonomiteit van geloofsinstellings in hulle beslissings en sal die posisie in die VSA
gevolglik kortliks bestudeer word.
In Amerika is dit opmerklik dat heelwat van die hofbeslissings rakende
godsdiensvryheid gerig is op die individuele reg op godsdiensvryheid eerder as die
reg
op
godsdiensvryheid
van
geloofsinstellings,
naamlik
institusionele
4
Minister of Home Affairs v Fourie; Gay and Lesbian Equality Project v Minister of Home Affairs 2006 (3) BCLR 355 (KH) par
92.
5
Malherbe 2008 NGTT 274. Sien ook vroeëre bespreking op p 92 en verder.
6
S v Lawrence 1997 (10) BCLR 1348 (KH) par 100-101, 116-118.
7
R Malherbe “Enkele Kwelvrae oor die Grondwetlike Beskerming van die Reg op Godsdiensvryheid” 2006 NGTT 188. Die
afwesigheid van ´n “establishment-clause” soos die Amerikaanse Grondwet en die gevolglike minder streng benadering tot die
skeiding tussen staat en kerk in Suid-Afrika word bevestig in die saak van Wittman v Deutscher Schulverein 1999 (1) BCLR 92
(T).
121
godsdiensvryheid. Volgens Brady8 blyk dit dat die howe se beslissings waar
geloofsinstellings betrokke is, aanleiding gee tot drie uiteenlopende benaderings. Die
eerste behels ´n relatiewe breë benadering tot “church autonomy”, wat die staat
verbied om enigsins betrokke te raak by die interne aangeleenthede van kerke en
geloofsinstellings, ongeag of dit van ´n “godsdienstige” aard of van ´n meer
administratiewe aard is. Aan die ander kant van die spektrum kry ons ´n benadering
ooreenkomstig die Smith-denke van godsdiensvryheid in individuele aangeleenthede,
waar die hof beslis het dat “when government action is neutral and generally
applicable, religious groups are not entitled to special relief even if the regulation
burdens religious practices”.9
Tussen die twee uiterstes kry ons ´n benadering waarvolgens geloofsinstellings nie
soos in die eerste geval ´n breë onbeperkte reg tot outonomie het rakende alle interne
aangeleenthede nie, maar geregtig is op uitsonderings van wetgewing en regulasies
wat godsdienstige praktyke belas. Reeds so vroeg soos 1872, in die saak van Watson v
Jones,10 bevestig die hof die reg van individue om vrywillige geloofsinstellings te stig
vir die uitoefening en uitlewing van godsdienstige geloof, doktrine en praktyke wat
insluit die reg om tribunale op te rig vir die hantering van konflikte en dat die hof
ontsag moet hê vir beslissings deur hierdie tribunale rakende “questions of discipline,
or of faith, or ecclesiastical rule, custom or law”.11
Een van die benaderings in Watson reflekteer die breë benadering tot outonomie van
geloofsinstellings wat vereenselwig word met die sogenaamde “separationist view”
wat ´n duidelike skeiding tussen kerk en staat voorstaan en wat behels ´n “system of
government that gives individuals the right to form religious associations, no matter
how unorthodox, [and] places church affairs beyond the competence of
government”.12 In ´n latere beslissing van Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the
Russion Orthodox Church in North America13 val die hof terug op die Watsonbeslissing en interpreteer dit opnuut as reflekterend van “a spirit of freedom for
religious organizations, an independence from secular control or manipulation, in
short, power to decide for themselves, free from state interference, matters of church
8
K Brady “Religious Organizations and Free Exercise: The Suprising Lessons of Smith” 2004 BYU L. Rev 1635.
Brady 2004 BYU L. Rev 1635.
10
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872).
11
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 727.
12
Brady 2004 BYU L. Rev 1639.
13
Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the Russian Orthodox Church in North America 344 U.S 94 (1952).
9
122
government as well as those of faith and doctrine”. Dit blyk ook dat die hof steeds ´n
benadering van ´n streng “rule of separation between church and state” volg.14
Daaropvolgende beslissings volg verskillende benaderings, maar dit blyk dat die
howe steeds die grense van toepassing van godsdiensvryheid vir geloofsinstellings
onbeslis laat.
In die saak van Mclure v Salvation Army15 gebruik die hof weer eens baie algemene
terme om die regte van geloofsinstellings te beskryf met verwysing na onder andere
die “wall of separation between Church and State”; dat interkerklike dispute “place
matters of church government and administration beyond the purview of civil
authorities”. Selfs in meer algemene terme in EEOC v Catholic University of
America16 bevind die hof ´n “constitutional right of a church to manage its own affairs
free from government interference”17 en “affirmation of a church’s sovereignty over
its own affairs”18 en “throughout these opinions there exists a spirit of freedom for
religious organizations, an independence from secular control or manipulation”.19
[Eie kursivering.] Bogenoemde beslissings was egter in die konteks van
indiensneming en die gevolglike outonomie van geloofsinstellings met betrekking tot
die indiensneming van werknemers. Hoewel die hof dus nie die outonomie uitbrei na
noodwendig alle aangeleenthede van geloofsinstellings nie, laat dit wel die
moontlikheid vir ´n breë raamwerk van godsdienstige outonomie.
Verskeie skrywers is ten gunste van ´n breë benadering, insluitende Brady,20
Laycock21 en ander.22 Hoewel Laycock aanvaar dat die reg tot outonomie nie ´n
absolute reg is nie, is hy steeds van mening dat “churches have a constitutionally
protected interest in managing their own institutions free of government
interference”23 en dat hierdie reg “[even] extends to every aspect of church
operations, insluitende “routine administrative matters”.24 Ek sal egter nie so ver soos
14
Brady 2004 BYU L. Rev 1641.
Mclure v Salvation Army 460 F.2d 553 (5th Cir. 1972).
EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996).
17
EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 460.
18
EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 463.
19
EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996) 462.
20
Sien Brady 2004 BYU L. Rev 1633-1714.
21
D Laycock “Towards a General Theory of the Religion Clauses: The Case of Church Labor Relations and the Right to Church
Autonomy” (1981) 81 Colum. L. Rev. 1373.
22
Sien verder M McConnel “Accommodation of Religion” 1985 Sup. Ct. Rev.27-28; M McConnel “Neutrality Under the
Religion Clauses (1986) 81 Nw. U.L.Rev 158-161; S Smith “Separation and the ‘Secular’: Reconstructing the Disestablishment
Decision” (1986).67 Tex. L. Rev 1018.
23
Laycock 1981 Colum. L. Rev 1373.
24
Laycock 1981 Colum. L. Rev. 1398.
15
16
123
Laycock gaan wat betref outonomie ten opsigte van alle aspekte en optrede wat
verband hou met die funksionering en uitoefening van gesag deur ´n geloofsinstelling
nie. Sommige aspekte verdien wel beskerming, maar outonomie is nie absoluut nie. ´n
Ander benadering is dié van Bagni25 wat aanvoer dat suiwer geestelike
aangeleenthede wat die “core” of “heart” van die organisasie of kerk is, beskerming
geniet. Hy voer verder aan dat sommige aspekte deel vorm van die “spiritual
epicenter” van die kerk, soos die onderskeie diensverhoudings van kerk/predikant;
toelatingsvereistes; godsdienstige onderrig; aanbidding; rituele, en so meer. Hierdie
bepaalde aktiwiteite geniet beskerming en aktiwiteite wat buite hierdie sfeer val, moet
proporsioneel gereguleer word aan die hand van die “degree of secularity”.26 Dit is
ook in ooreenstemming met die benadering van Esbeck,27 wat aanvoer dat die staat
verbied word om inbreuk te maak op geloofsinstellings se “inherent godsdienstige”
terrein wat uitsluitlike godsdienstige aktiwiteite insluit wat verband hou met die
bepaalde organisasie se geloofsidentiteit, naamlik aanbidding, doktrine, kerklike
beleid, dissipline, lidmaatskapvereistes en persoonlike besluite rakende die aanstel
van werknemers op grond van godsdienstige oortuigings.28 Lupu en Tuttle29 verwys
ook daarna as die sfeer van “religious activity” en “ecclesiastical immunity”. Waar
geloofsinstellings dus op ´n “godsdienstige” wyse optree, behoort hulle van
staatsinmenging gevrywaar te word.
Met betrekking tot aangeleenthede wat nie as suiwer godsdienstig aangemerk kan
word nie (maatskaplike aktiwiteite en so meer) “special wariness should characterize
the relationship”.30 Indien geloofsinstellings egter funksies verrig wat vergelykbaar
met gewone vrywillige organisasies is, is Lupu en Tuttle31 ten gunste van ´n beleid
van neutraliteit wat beide godsdienstige sowel as gewone vrywillige organisasies
gelyk behandel. Hierdie benadering van onder andere Bagni, Esbeck en Lupu en
Tuttle veronderstel ´n duidelike skeiding tussen beskermde godsdienstige aktiwiteite
25
B Bagni “Discrimination in the Name of the Lord: A Critical Evaluation of Discrimination by Religious Organizations” (1979)
79 Colum. L Rev 1514.
26
Bagni 1979 Colum. L Rev 1539-1540.
27
C Esbeck “Establishment Clause Limits on Governmental Interference with Religious Organizations” (1984) 41 Wash & Lee L.
Rev. 347; C Esbeck “The Establishment Clause as a Structural Restraint on Governmental Power” (1998) 84 Iowa L. Rev 1; C
Esbeck “Myths, Miscues, and Misconceptions: No-Aid Separationism and the Establishment Clause” (1999)13 Notre Dame J.L
Ethics & Pub. Pol’y 285.
28
Esbeck 1998 Iowa L. Rev 10-11, 44-45, 109; Esbeck 1984 Wash & Lee L. Rev. 376, 397, 420; Esbeck 1999 Notre Dame J.L
Ethics & Pub. Pol’y 308.
29
I Lupu & R Tuttle “The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” (2002) 47 Vill.L Rev 37.
30
Esbeck 1984 Wash & Lee L. Rev. 378.
31
Lupu en Tuttle 2002 Vill.L Rev 78-79, 92.
124
aan die een kant teenoor aktiwiteite van ´n niegodsdienstige aard wat geen spesiale
beskerming vereis nie aan die ander kant.
´n Baie meer “beperkende” benadering geniet egter ook ondersteuning onder heelwat
skrywers. Hierdie benadering gaan van die standpunt uit dat geloofsinstellings nie
geregtig is op spesiale beskerming van neutrale wetgewing wanneer dit ´n beperking
plaas op godsdienstige praktyke nie en dat dit sal aanleiding gee tot spesiale
beskerming van geloofsinstellings, met inbegrip van sekere voordele, wat
geloofsinstellings geniet bo die van sogenaamde “sekulêre” organisasies,32 ´n siening
wat byvoorbeeld geensins in ooreenstemming met die akkommoderende interpretasie
en toepassing van wetgewing in Duitsland is nie.
6.3
DIE POSISIE IN SUID-AFRIKA
In Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Other,33 met verwysing na
heelwat van die bovermelde Amerikaanse beslissings, gee Dumbutshena AR ´n goeie
uiteensetting van verskeie jurisdiksionele aangeleenthede rakende die posisie van die
burgerlike howe ten aansien van godsdienstige kwessies en ander aspekte van
kerklike doktrines en praktyke. Met verwysing na die Amerikaanse hof se benadering
in Watson v Jones34 beslis die hof soos volg:
“The logic of this language leaves the civil courts no role in determining ecclesiastical
questions in the process of resolving property disputes.[...] The opinion radiates [...] a spirit of
freedom for religious organisations, an independence from secular control or manipulation –
in short, power to decide for themselves, free from state interference, matters of church
government as well as those of faith and doctrine [...] As the United States cases indicate,
courts may properly determine church property disputes on neutral principles, and also
interfere where decisions of ecclesiastical government are based on fraud, collusion or
arbitrariness. Otherwise, only marginal inquiry into church government is permissible. In
cases such as this, the decisions of the governing body of the church should be accepted on
issues of practice and procedure of ecclesiastical government, as well as issues of doctrine.”35
In Mankatshu is die appellant as ´n priester in die Ou Apostoliese Kerk van Afrika
aangestel op ´n niebesoldigde basis. Hy is deur die kerk tydens ´n dissiplinêre verhoor
32
Sien Brady 2004 BYU L. Rev 1670 en verder.
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA).
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872).
35
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 461D-G.
33
34
125
uit sy pos as priester geskors en geëkskommunikeer van lidmaatskap op grond van
beweerde wangedrag en nienakoming van kerklike doktrines. Hy voer aan dat hy nie
die geleentheid gegun is om aangehoor te word nie. Die hof bevind dat hy aanspraak
maak op ´n voordeel waarop hy as ´n niebesoldigde priester nie geregtig is nie. Die
hof is van mening dat daar geen melding gemaak is van bedrog, samespanning of
arbitrêre optrede aan die kant van die Algemene Sinode van die Presbiteriaanse Kerk
nie, en gevolglik word die appèl afgewys. Die hof is van mening dat verskeie van die
appellante se submissies van die hof sal vereis:
“[...] to inquire into and decide controversial questions of doctrine (or departure from
doctrine) or practice or procedure in ecclesiastical government [...] In my opinion, they [these
arguments] cannot be resolved on neutral principles of law as some at least involve questions
of religious doctrine, or practice and procedure of ecclesiastical government.”36
Waar laat dit gevolglik geloofsinstellings? Om hierdie vraag te beantwoord, is dit dalk
wenslik om eers nadere ondersoek in te stel na die ontstaan en ontwikkeling van die
“sfeer soewereiniteit” van geloofsinstellings, aangesien dit verband hou met die reg
van hierdie instellings om hulleself te organiseer en om bepaalde interne gedragsreëls
en prosedures neer te lê. Reeds in Hoofstuk 2 is gefokus op die eie aard van die
kerkreg en dat dit juis hierdie “eie aard” van geloofsinstellings is wat vergelykbaar is
met die Calvinistiese juris Johannes Althusius (1557-1638) se siening van “sfeer
soewereiniteit” in terme waarvan eiesoortige entiteite deur hulle eie reg gereguleer
word wat ´n belangrike rol speel in die verhouding tussen kerk en staat.37 Die begrip
behels dus dat alle eiesoortige sosiale entiteite deur hulle eie reg gereguleer word en
dat die bepaalde reg in alle opsigte verskil afhangende van die tipiese aard van die
bepaalde sosiale entiteit.38 Die Nederlandse begrip van “souvereiniteit in eigen sfeer”
dateer terug tot 1862, toe die politikus Groen van Prinsterer die begrip gebruik in die
konteks van die kerk-staat-verhouding en onder andere praat van “the independence
of the state over against the church in consequence of its direct submission to God,”
en die “[s]tate is not subject to the church, but together with the church it is subject to
36
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872) 461H-I.
Sien W Bakker “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen (reds) Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht
(1992) 13-19; LC van Drimmelen “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds)
Kerk en Recht (2004) 15-21. Die term ‘kerk’ sluit ook alle godsdienstige organisasies of geloofsinstellings in en die verhouding
tussen kerk en staat verwys dus ook spesifiek na die verhouding tussen staat en geloofsinstellings. Sien latere bespreking.
38
JD van der Vyer “Sphere Sovereignity of Religious Institutions: A Contemporary Calvinistic Theory of Church-State
Relations” in G Robbers (ed) Church Autonomy (2001) 649.
37
126
God’s commandments”.39 Dit is egter Abraham Kuyper wat die begrip betekenis gee
buite die kerk-staat-verhouding deur dit ook op die verhouding tussen alle sosiale
entiteite van toepassing te maak en argumenteer dat:
“God riep instellingen van allerlei orde in het leven, en aan elk van die schonk Hij een zekere
mate van macht. Hij heeft alzoo de macht, die Hij uit te reiken hat, verdeelt. Hij gaf niet aan
een enkele instelling al zijn macht, maar aan elk dier instellingen die macht, die met haar aard
en roeping overeenkwam.”40
Die begrip verkry verder betekenis deur die filosofie van Herman Dooyeweerd (18941977). Dit vereis van “every social entity to focus its activities on its characteristic
function, and – negatively stated – not to indulge in, or obstruct the exercise of,
functions that essentially belong to social entities of a different kind”.41 Binne die
konteks van godsdiensvryheid voer Van der Vyver42 aan dat “sfeersoewereiniteit” nie
altyd op gelyke voet staan met die skeiding van kerk en staat nie, maar dat dit
sensitief is vir, maar ook gegrond is op, die vervlegting van verskillende sosiale
entiteite binne die samelewing, insluitend kerk en staat. Volgens hom verwys
soewereine bevoeghede verder slegs na die interne verhouding van “structural
different kinds of social entities” en gevolglik is daar nie sprake van soewereiniteit as
dit gaan oor die interne verhouding binne ´n bepaalde organisasie nie en sou so ´n
gedelegeerde bevoegdheid eerder aangemerk word as “outonomie”.
Die “sfeersoewereiniteit” van ´n godsdienstige gemeenskap hou dus in dat die lede
van die bepaalde geloof die bevoegdheid het om ´n organisasie te stig en hulself te
organiseer as uiting van hulle geloof; om self te besluit oor die interne struktuur van
die organisasie en om self bepaalde gedragsreëls, regulasies en prosedures neer te lê
vir die uitoefening van gesag en orde binne die organisasie. So gesien, is
“sfeersoewereiniteit” “a matter of existence, organization and power of social
institutions”.43
39
Van der Vyver Sphere Sovereignty 650-651.
Van der Vyver Sphere Sovereignty 651-652 – “God established institutions of various kinds, and to each of these He awarded a
certain measure of power. He thus divided the power that He had available for distribution. He did not give all his power to one
single institution but gave to every one of these institutions the power that coincided with its nature and calling.”
41
Van der Vyver Sphere Sovereignty 653.
42
Van der Vyver Sphere Sovereignty 654.
43
Van der Vyver Sphere Sovereignty 655.
40
127
In die Suid-Afrikaanse konteks is die saak van Taylor v Kurtstag44 van die uiterste
belang vir die kollektiewe uitoefening van die reg op godsdiensvryheid, naamlik die
institusionele reg op godsdiensvryheid van geloofsinstellings. Dit toon ook ´n
belangrike verband tussen die reg op godsdiensvryheid (artikel 31) en die reg op
vryheid van assosiasie (artikel 18), wat in die vorige hoofstuk omvattend bespreek is.
´n Lid van die Joodse gemeenskap is deur die Beth Din, die bevoegde Joodse kerklike
gesag, geëkskommunikeer uit die Joodse geloof deur middel van ´n Cherem (bevel).
Hy doen aansoek vir die tersydestelling van die Cherem, omdat dit nie net sy reg op
assosiasie kragtens artikel 18 skend nie, maar ook ´n skending is van sy reg op
institusionele godsdiensvryheid ingevolge artikel 31 – die reg op kollektiewe
uitoefening van die reg op godsdiensvryheid.
Anders as die minderheidsuitspraak van Ngocobo R in Prince45 waarin hy beslis dat
“[i]t is undesirable for courts to enter into the debate whether a particular practice is
central to a religion unless there is a genuine dispute as to the centrality of a practice”,
bevestig die hof in Kurtstag dat die Cherem deel uitmaak van die Joodse geloof en
dat, as lid van die bepaalde geloof, ´n lid gebonde daaraan is en dat “they are not
coerced; assumption of the obligation is consensual”.46 Die hof moes gevolglik bepaal
of daar ´n inbreuk op die lid se regte gemaak is en besluit of die Cherem tersyde
gestel moes word. Hoewel die Cherem ´n ingrypende uitwerking op die bepaalde lid
se posisie binne die Joodse geloof en die bepaalde gemeenskap het, bevestig die hof
dat dit hier gaan oor godsdienstige doktrine en dat “the threshold for intervention is
and should be high” en dat indien die hof wel sou ingryp:
“[…] it would be impossible for voluntary organisations, particularly religious communities,
to require conformity with particular values and to impose sanctions for their contravention.
The members of the faith, exercising their own rights in terms of s 31, have the right to protect
the integrity of their common bond by disciplining those who do not conform.”47
Die benadering wat voorgestaan , is dus nie ´n benadering waarin godsdienstige
outonomie absoluut geld nie, maar ook nie ´n benadering wat so beperkend is dat dit
aangemerk word as neutraal en daardeur geloofsinstellings te na kom nie. ´n
Benadering moet gevolg word wat akkommoderend genoeg is om voorsiening te
44
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W).
Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 42.
Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 35.
47
Prince v President,Cape Law Society 2002 (2) SA 794 (KH) par 58.
45
46
128
maak vir die reg van outonomie van geloofsinstellings rakende interne aangeleenthede
van ´n duidelike godsdienstige aard, maar selfs aktiwiteite kan insluit van ´n minder
godsdienstige en meer alledaagse aard. Daar moet in gedagte gehou word dat die
howe kwalik in ´n posisie is om te bepaal welke beskouings in verskillende
godsdienste en godsdienstige tradisies sentraal staan. Individuele vryheid van
godsdiens is ook anders as institusionele vryheid van godsdiens. Verskillende regte,
vryhede en belange sal wedersyds opgeweeg moet word. Hoewel dit waar is dat ´n
groep of organisasie ´n versameling van individue is, is hulle egter ook onafhanklik
van hulle lede en soos Regter Brennan tereg beslis, geloofsinstellings is nie bloot net
´n uitdrukking van individuele geloofsoortuigings nie, maar die “community
represents an ongoing tradition of shared beliefs, an organic entity not reducible to a
mere aggregation of individuals”.48
Om bloot dieselfde sogenaamde “neutrale” beleid tot individuele godsdiensvryheid
toe te pas op geloofsinstellings, mag dalk nie die juiste benadering wees nie.
Geloofsinstellings speel ´n onontbeerlike rol in die gemeenskap en dit is deur
godsdienstige gemeenskap dat individue gesamentlike godsdienstige idees en
oortuigings ontwikkel en gemeenskappe hulle geloofsidentiteit ontwikkel en uitleef.
Nie net is dit individue se reg om met mekaar te assosieer, godsdienstige en ander
verenigings, instellings en genootskappe te stig, in stand te hou en daarby aan te sluit
nie, maar deur godsdienstige samekomste en gemeenskap word individue se geloof
gevorm en ontwikkel. Soos Brady49 tereg opmerk, in sulke omstandighede kan die
effek wees dat “restrictions on individual action outside the community may not
undermine religious belief […] but restrictions on internal group life could be
devastating”.
Hoe ver moet hierdie beskerming en “akkommoderende” houding teenoor
geloofsinstellings strek en wat presies behels ´n “breë” benadering tot godsdienstige
outonomie? In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging
(non-entanglement doctrine) in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te
maak op die kerk of geloofsinstellings se “outonome sfeer”. Geloofsinstellings geniet
dus ´n veld van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede
48
Regter Brennan in Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos, 483 U.S 327
(1987) 342.
49
Brady 2004 BYU L. Rev 1676.
129
wat daaruit mag voortspruit. Artikel 7(2)50 van die Suid-Afrikaanse Grondwet
beklemtoon die feit dat die staat positief moet optree om die nodige ruimte te skep
waarbinne die reg op godsdiensvryheid (individueel en kollektief) uitgeoefen kan
word en Malherbe51 voer tereg aan dat die tradisionele benadering soos gevolg in
Duitsland – ook genoem die “onpartydige akkommoderende” benadering – met
betrekking tot die verhouding tussen staat en godsdiens “veel meer toepaslik vir SuidAfrika is as die Amerikaanse model”. Alle godsdienstige organisasies in Duitsland,
ongeag hulle organisatoriese status, geniet hierdie “breë” reg tot godsdienstige
outonomie.52
In die Amerikaanse saak van Jones v Wolf53 beslis die hof dat in godsdienstige
aangeleenthede, die hof nie outomaties die beslissing van die kerklike tribunaal sal
eerbiedig nie, maar dat die hof neutrale regsbeginsels kan gebruik of enige ander
metode om die geskil op te los solank as wat dit nie ´n oorweging van ´n
godsdienstige vraagstuk behels nie. Die howe sal dus neutrale en “sekulêre” beginsels
van ondere andere trustreg, kontraktereg, sakereg, ensovoorts toepas om die
Kerkordes, konstitusies en regulasies van geloofsinstellings te interpreteer. Slegs
wanneer die interpretasie deur die howe ´n kerkregtelike of godsdienstige vraagstuk
behels, sal die howe eerbied hê vir die beslissings van geloofsinstellings. Die voordeel
van so ´n benadering word deur die howe beskryf as: “[it] free[s] civil courts
completely from entanglement in questions of religious doctrine, polity, and practice”.
En verder dat “the neutral-principles approach […] obviates entirely the need for an
analysis or examination of ecclesiastical polity or doctrine in settling church […]
disputes”.54
Voor die inwerkingtreding van die Grondwet “our Courts would not adjudicate upon a
doctrinal dispute between two schisms of a sect unless some proprietary or other
legally recognised right was involved”.55 In Ryland v Edros56 beslis Farlam R egter
dat in die lig van die reg op godsdiensvryheid wat in die Grondwet verskans is, die
“doctrine of doctrinal entanglement” waarskynlik nou deel van ons reg is. Indien ´n
50
(2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.
Malherbe 2008 NGTT 272.
52
G Robbers “Church Autonomy in Germany including an Attachment on Relevant European Union Law” in H Warning (ed)
Legal Position of Churches and Church Autonomy (2001) 122.
53
Jones v Wolf 443 U.S 595 (1979).
54
Brady 2004 BYU L. Rev 1642.
55
Allen v Gibbs 1977 (3) SA 212 (SE) 218A-E.
56
Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (K).
51
130
beslissing die hof dus betrek by leerstellige kwessies, sal dit nie gepas wees vir die
hof “to endeavor to find the answer to the questions posed for decision”.57 By die
vraag tot welke mate ´n hof hom sal uitlaat oor geloofskwessies en wat die gevolglike
trefwydte van hersiening van ´n kerklike handeling of besluit is, is die sienings in
ander jurisdiksies wel van belang. Die benadering in België bied byvoorbeeld ´n
interessante blik op die posisie van geloofsinstellings en die kollektiewe reg op
vryheid van geloof teen die agtergrond van ´n toenemende belangrikheid van
fundamentele regte in ´n demokratiese samelewing. In Nederland is die beleid van
“interpretatiewe terughoudenheid” en die leerstuk van “marginale toetsing” weer van
belang en kan dien as riglyn vir Suid-Afrikaanse howe wanneer godsdienstige
vraagstukke beantwoord moet word. Daar word vervolgens na enkele sienings uit
ander jurisdiksies verwys.
6.4
ANDER SIENINGS
Die howe in België het sedert onafhanklikheid in 1830, toe die Belgiese Grondwet
gepromulgeer is, breedweg drie benaderings gevolg ten aansien van kerklike dispute.
Die eerste benadering is die mees beperkende benadering wat inhou dat burgerlike
howe slegs toets of kerklike besluite deur die bevoegde kerklike orgaan gemaak is en
die regter benader die dispuut met die grootste mate van omsigtigheid en vermy enige
inmenging op godsdienstige terrein. Hy beslis nie oor die korrekte standaard of
toepassing van die kerklike reg nie en spreek hom slegs uit oor die bevoegdheid van
die betrokke orgaan. Hierdie benadering is ´n streng formele benadering. Die tweede
benadering vind ´n middeweg en is ´n benadering wat ook implisiet deur die Belgiese
Hoogste Hof gevolg is. Die hof beperk hom nie slegs tot die vraag of die betrokke
orgaan bevoeg was al dan nie, maar ook of die bevoegde kerklike orgaan
ooreenkomstig sy eie reëls en prosedures van die betrokke geloof gehandel het. Dit is
egter nie altyd so eenvoudig om te bepaal wat die korrekte prosedures is nie. Hierdie
benadering is steeds formeel, maar in ´n baie breër sin.
Die derde benadering maak voorsiening vir ´n meer aktiewe benadering en ondersoek
deur die howe. Die toets is nie meer ´n suiwer formele toets nie, en die inhoud van
kerklike standaarde word ook deur die regter getoets. Dit is ´n benadering wat
57
Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (K) 703E-F.
131
hoofsaaklik deur die Belgiese Appèlhowe gevolg is, maar nie deur die Hoogste Hof
nagevolg word nie. Hierdie benadering hou in dat godsdienstige organe nie slegs hulle
eie reëls moet volg nie, maar dat die reëls ook die nodige waarborge met die
verwysing na inhoud moet bevat. Daar word selfs sover gegaan as om aan te voer dat
die prosedures van die betrokke geloofsinstelling aan die vereistes van artikel 6(1) van
die Europese Verdrag vir die Beskerming van Menseregte en Fundamentele Vryhede
ten aansien van ´n billike verhoor moet voldoen. Dit sluit in die reg op ´n verweer en
onpartydigheid van die howe.58
Warnink59 maak ´n interessante waarneming deur op te merk dat burgerlike howe ´n
groter neiging toon om verskillende fundamentele regte teenoor mekaar op te weeg en
daardeur gevolglik minder terughoudend optree met betrekking tot van die interne
organisasie van godsdienstige gemeenskappe. Hierdie benadering word gekritiseer
deurdat aangevoer word dat die kollektiewe vryheid van geloof op die agtergrond
gedwing word en nie so belangrik geag word as in die verlede nie. Warnink voer egter
aan dat dit juis is as gevolg van die toenemende belangrikheid van fundamentele
regte, dat die howe gouer is om verskillende regte teen mekaar op te weeg en te
ondersoek as in die verlede. Sy voer aan dat:
“The increasing interest in internal church matters being shown by the secular courts may
have more to do with the increased attention being paid to fundamental rights in general than
to the weaker position of the collective freedom of religion today.”60
Dat so ´n benadering egter ´n impak op die outonomie van geloofsinstellings het, is
gewis. Veral die reg op gelykheid is ´n fundamentele reg wat al sterker op die
voorgrond tree. Dit is een van die fundamentele regte wat die mees beperkende kan
inwerk op beide die individuele, sowel as die kollektiewe reg op godsdiensvryheid –
´n tendens wat duidelik na vore gekom het in die bespreking in die voorafgaande
hoofstuk ten aansien van die Johan Strydom-aangeleentheid.
Die Nederlandse howe volg ´n beleid van “interpretatiewe terughoudenheid” wanneer
bepaal moet word wat ´n godsdienstige organisasie onder die belydenis of uiting van
hul eie oortuigings en doktrines verstaan. Dit is vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse
58
H Warnink “Ecclesiastical Tribunals – Procedures – Judicial Bodies and the State” 2001 NGTT 160-161.
Warnink 2001 NGTT 158 162.
60
Warnink 2001 NGTT 158 162.
59
132
howe se benadering van nie-inmenging in leerstellige kwessies. Hierdie benadering
van die Nederlandse howe is veral van belang in geskille met “uitheemse” of
“vreemde” kerkgenootskappe en behels dat dit nie aan buitestaanders, veral
owerheidsorgane, oorgelaat moet word om te bepaal wat, al dan nie, deel uitmaak van
´n bepaalde godsdienstige organisasie se geloofsoortuiging of doktrine nie.
Die Europese Hof bevestig hierdie siening ook in Metropolitan Church of
Bessarabia61 dat “in principle the right to freedom of religion […] excludes
assessment by the State of the legitimacy of religious beliefs or the ways in which
those beliefs are expressed”. By die vraag tot welke mate ´n hof hom sal uitlaat oor
geloofskwessies en wat die gevolglike trefwydte van hersiening van ´n kerklike
handeling of besluit is, speel die beginsel van godsdiensvryheid en die verhouding
tussen kerk en staat, soos in die vorige hoofstukke bespreek, ´n baie belangrike rol.
Afhangende van die aard van die geskil, hou hierdie twee beginsels in dat die howe
ten aansien van kerklike aangeleenthede en besluite “terughoudend opgestel” moet
wees. Dit word goed opgesom in ´n uitspraak van die Hoge Raad, waarin dit gegaan
het oor die regsverhouding tussen ´n kerk en sy predikant en die hof hom soos volg
oor die begrip “terughoudende opstelling” uitgelaat het:
“De rechtbank stelt voorop dat de beginselen van vrijheid van godsdienst en scheiding van
Kerk en Staat met zich mede brengen dat uiterste terughoudenheid geboden is bij het
toepasselijk verklaren van regelingen van materieel burgerlijk recht op de rechtsverhoudingen
tussen de verschillende organen en onderdelen van een kerkgenootschap. De regeling van
dergelijke verhoudingen in het eigen statuut van een kerkgenootschap wordt veelal in hoge
mate bepaald door aspecten van leerstellige karakter die een vaak eeuwenlange ontwikkeling
hebben doorgemaakt. Het resultaat daarvan doet zich vaak voor als een voor leken moeilijk te
doorgronden weefsel waarin die verhoudingen op subtiele wijze zijn vervlochten. Het in
dergelijke verhoudingen oordelen met toepassing van burgerlijke recht houdt licht het gevaar
in zich, daar daarbij tevens wordt inbegrepen in en een oordeel wordt gegeven over de
leerstellingen die aan het eigen statuut van het kerkgenootschap ten grondslag hebben
gelegen.”
61
62
62
[Eie kursivering.]
Vermeulen en Kanne Kerk en Recht 79.
HR 14 Junie 1991, NJ 1992, 173 (HJS) (Kruis/Christelijke Gereformeerde Kerk ‘s-Hertogenbosch).
133
Hierdie benadering van die howe word na verwys as “marginale toetsing” wat deur
Wiarda63 soos volg omskryf word:
“Marginale toetsing betekent dat aan een justitiabele, wiens houding of gedrag aan normen als
redelijkheid, billijkheid of betamelijkheid moet worden getoets, ‘the benefit of the doubt’
word gegund, zolang onredelijkheid, onbillijkheid of onbetamelijkheid er niet dik bovenop
liggen.”
Daar word aangevoer dat marginale toetsing gepas is ten aansien van enige
organisasie wat gegrond is op een of ander vorm van “vryheid” op ´n bepaalde terrein,
wat dan dien as die regsgrond vir marginale toetsing. Dit verwys onder andere na
sosiale entiteite soos ´n gesin, kerk of selfs besigheid ooreenkomstig waarvan die
toepassing van ´n interne reg as’t ware omskryf kan word as die “juridiese
soewereiniteit in eie kring”.64 Dit word omskryf deur Borst65 as:
“Samelevingsverbanden als gezin, kerk, bedrijfsorganisatie, onderneming etc. bezitten – naar
Dooyweerds terminologie – juridische souvereiniteit in eigen kring bij de vorming en
toepassing van het interne verbandsrecht [...] zij kennen een eigen gezag, eigen intern
bedrijfsrecht, eigen organisatiebeleid. Maar de bevoegdheden zijn niet onbeperkt, er zijn
grenzen. Het is met name de taak van de burgerlijke rechter de grenzen van die vrijheid vast te
stellen. Dat is in wezen dezelfde taak als administratieve rechter heeft tegenover de publieke
administratie [...].”
Dit is veral gepas waar iemand in ´n gesagsposisie binne die formele grense van sy
bevoegdheid handel, om so ´n handeling “marginaal te toets”. Waar dit egter om ´n
tughandeling gaan, waar die besluit ernstige gevolge kan inhou vir die betrokkene en
die optrede na buite gerig is, beklemtoon die hof wel dat:
“De noodzaak tot terughoudende, marginale toetsing door de wereldlijke rechter van het
handelen van een kerkgenootschap is veel minder aanwezig, wanneer het handelen niet de
eigen godsdienstbeoefening en de verdere interne gang van zaken betreft, doch zich naar
buiten richt door aan derden mededelingen te doen die voor het betrokke lid van de kerk
schade kunnen opleveren.”66
63
GJ Wiarda Drie Typen van Rechtsvinding (1999) 102-103.
Sien AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 166-167 en verder; HJ van Eikema Hommes De Elementaire Grondbegrippen
der Rechtswetenschap (1983) 455 en HJ van Eikema Hommes Hoofdlijnen der Rechtssociologie en De Materiële Indeling van
Publiek- en Privaatrecht (1983) 99-100.
65
P Borst “Enige beschouwingen over Marginale Toetsing in Publiek- en Privaatrecht” (1962) 4736 Weekblad voor Privaatrecht,
Notariaat en Registratie (WPNR) 390.
66
Pres. Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid Gemeenschap van Gelovigen).
64
134
Reeds in 1909 bestaan die mening dat die regter hom nie sal uitlaat oor
geloofskwessies nie:
“Slechts het geloofsoog kan uitmaken of eene verandering in de belijdenis van eenen Kerk
verkeerd dan wel noodzakelijk is.”67
En verder:
“Op het gebied van het recht hebben wij dezen factor dan ook in het geheel niet in aanmerking
te nemen, maar slechts te onderzoeken of formeel, voor het uiterlijke, wijziging in
overeenstemming is met de daaromtrent geldende bepalingen. Voor het recht geld niet de
vraag: ‘is de verandering overeenkomstig Gods wil?’, maar: ‘Strijdt de wijziging niet meer
eenig wettelijk of statutair voorschrift?’ Bij elk kerkgenootschap zal men hieromtrent tot eene
verschillende beslissing kunnen komen.”68
Vermeulen69 verwys hierna as “interpretatiewe terughoudenheid” deurdat gelowiges
self bepaal hoe die belydenis van hulle geloof geïnterpreteer moet word en dat dit
gevolglik nie aan buitestaanders (die howe) oorgelaat moet word nie. Hierdie
standpunt kom herhaaldelik na vore in die Nederlandse regspraak.70 ´n Locus
classicus is ´n uitspraak deur die Hoge Raad in ´n geskil betreffende kerkskeuring
binne die Gereformeerde Kerk van Hasselt.71 Te midde van die kerkskeuring moes die
hof hom uitlaat oor die teologiese gebondenheid en uittrede van die plaaslike
gemeente uit die sinodale kerkverband. Die hof roep deskundige hulp in en beslis dat
die hof hom wel kan uitlaat oor ´n skending van die Kerkorde, maar nie waar dit van
´n dogmatiese of teologiese aard is nie, slegs in die geval van willekeur of kwade trou
(mala fides). Gevolglik beslis die hof dat die kerkraad van die plaaslike gemeente wel
bevoeg is om onder die omstandighede uit die sinodale verband te tree, tensy daar
sprake is van willekeur of mala fides. Die Gereformeerde Kerk appelleer teen die
beslissing. Die hof wys egter die appèl van die hand en beslis soos volg:
67
LH van Lennep De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen (Dissertatie, Universiteit van
Leiden, 1909) 201.
68
Van Lennep De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen 210.
69
BP Vermeulen “Artikel 6” in AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar (2000) 97.
70
Sien onder andere Rb. Maastricht 30 Mei 1930, NJ 1930, 1499 (ontslane priester); Hof ‘s-Gravenhage 31 Oktober 1938, NJ
1939, 201 (skeuring Oud-Gereformeerde Gemeente Scheveningen); Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1945/45, 746.
(skeuring Gereformeerde Kerk Maastricht); Hof Amsterdam 15 November 1945, NJ 1945, 157 (skeuring Gereformeerde Kerk
Krommenie); HR 23 Januarie 1848, NJ 1948, 432 (skeuring Gereformeerde Kerk Vleuten-De Meern); Hof Amsterdam 24 Junie
1948, NJ 1948, 569 (skeuring Gereformeerde Kerk Eemdijk); Hof Arnhem 10 Januarie 1950, NJ 1950, 539 (skeuring
Gereformeerde Kerk Daarlerveen); HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201 (skeuring Gereformeerde Kerk Hasselt); Hof ‘sGravenhage 28 November 1958, NJ 1960, 7 (skeuring Gereformeerde Gemeente Berkenwoude); Pres. Rb. Haarlem 17 Februarie
1989, KG 1989, 134 (Joods-kerklike egskeiding); Hof ‘s-Hertogenbosch 22 Desember 1989, NJ 1990, 487 (beëindiging beheer
Moskee); Rb. Groningen 5 Maart 1993, NJ 1994, 417 (skeuring Gereformeerde Kerk Boerakker); HR 20 Oktober 1995, NJ 1996,
330 (EAA) (Van Asseldonck c.s./Bisschop Ter Schure); HR 12 Mei 2000, NJ 2000, 439 (geskil Moskee Lelystad).
71
HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, (Gereformeerde Kerk te Hasselt) 201.
135
“[...] dat de burgerlijke rechter geen partij mag kiezen in op het terrein dier gezindten rijzende
geschillen omtrent geloof en belijdenis en met name ook niet, al behoort de beslissing over
prejudiciële geschilpunten in het algemeen tot zijn taak, zijn uitspraak omtrent enig rechtspunt
afhanklijk mag stellen van zijn oordeel met betrekking tot theologische leerstellingen, omtrent
welker juistheid, onjuistheid of gewicht aldaar verdeeldheid bestaat.”72
Dit is egter geen maklike taak om te bepaal wanneer daar van “theologiese
leerstellingen” of “suiwer geloofskwessies” sprake is nie. Dit is duidelik dat ´n suiwer
skeiding tussen die reg en godsdiens nie altyd moontlik kan wees nie. Oldenhuis voer
tereg aan dat die onderskeid tussen sogenaamde “rechtsvragen” en “geloofsvragen”
nie gepas is nie, aangesien geloofskwessies altyd in regskwessies omskep kan word
wat aan die hand van die kerkreg beoordeel kan word.73 Myns insiens moet
kerkgenootskappe die voordeel van die twyfel gegun word en eerder as om hulle reg
op
godsdiensvryheid
by
voorbaat
te
beperk
tydens
´n
kerklike
geskil,
terughoudendheid toe te pas. Die howe sal so ´n geskil dus ‘marginaal toets’ wat in
die Nederlandse konteks omskryf word as –
“[...] een in verband met een kerklijk geschil gepretenteerde vraag van geloof of belijdenis
wordt als zodanig aangemerkt, tenzij het ten enenmale ondenkbaar is dat een redelijke rechter
haar als vraag van geloof of belijdenis aanmerkt.”74
Die hof sal dus altyd probeer om die geskil op te los aan die hand van ander
oorwegings wat hy wél kan hersien (soos byvoorbeeld die navolging van die statuut
of prosedures) eerder as om hom toe te spits op geloofskwessies. Indien hy wel
bevind dat ´n geloofskwessie ter sprake is, behoort hy hom nie daaroor uit te laat nie.
´n Voorbeeld in die regspraak tref ons aan in ´n uitspraak van die hof in Arnhem,
waartydens ´n gemeentelid van die Gereformeerde Gemeente ´n tugmaatreël van die
gemeente in die hof aangeveg het. Die hof beslis soos volg:
“De Gereformeerde Gemeente voert met juistheid aan dat de vraag of onderhavige
tuchtmaatregelen al dan terecht zijn genomen, beoordeeld dient te worden aan de hand van
binnen het betreffende kerkgenootschap aangehangen godsdienstige opvattingen en normen.
Naar het voorlopig oordeel van het hof sluit dit evenwel niet uit dat de burgerlijke rechter in
een geschil waarin de eiser vraagt om in een burgerlijke recht beschermd te worden, toets of
bij derglijke besluiten van kerkgenootschappen geen sprake is van willekeur of kwade trouw
72
HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201.
FT Oldenhuis Rechtsvinding van de Burgerlijke Rechter in Kerklijke Conflicten (1977) 64 en 73.
74
Santing-Wubs Kerk en Recht 196.
73
136
dan wel of de regels ten aansien van de wijze van totstandkoming van besluiting niet zijn
geschonden.” 75
Die wetgewer gee aan kerkgenootskappe groot vryheid by die vasstelling en bepaling
van reëls en prosedures binne die kerkgenootskap. Hierdie vryheid word egter steeds
begrens en beperk deur die dwingende reg, die openbare orde en die statuut van die
kerkgenootskap. In ´n beslissing aangaande die Kerkordewysiging van 1991 laat die
hof hom soos volg uit ten aansien van die grense en aard van hersiening:
“Dat betekent dat de burgerlijke rechter (het besluit tot) de Kerkordewijziging 1991, voor
zover in geschil [...], mag toetsen wat betreft de totstandkoming: aan het statuut van de Kerk.
Als (het besluit tot) de Kerkordewijziging 1991 die toets heeft doorstaan, resteert voor het
overige slechts een marginale toetsing, namelijk die of de Generale Synode in redelijkheid tot
de Kerkordewijziging 1991, voorzover in geschil, heeft kunnen besluiten, waarbij rekening
moet worden gehouden met het bijzondere karakter van de Kerk als kerkgenootschap.” 76 [Eie
kursivering.]
Dit is egter moontlik dat die hof sekere optredes aan die hand van die statuut kan toets
en waar dit die geval is, kan dit gepas en toelaatbaar wees. Die hof van ‘sHertogenbosch77 het byvoorbeeld hierdie siening gevolg ten aansien van ´n
skorsingsmaatreël wat deur ´n kerkraad op ´n predikant afgedwing is. Die betrokke
predikant van die Oud-Gereformeerde Gemeente het geweier om hom te hou aan
hierdie skorsingsbesluit. Die besluit is geneem, aangesien die predikant – in
ooreenstemming met die bepaalde Kerkorde – geweier het om die naam van ´n
gemeentelid wat onder “stille sensuur” geplaas is, se naam van die kansel af te
kondig. Aanvanklik beslis die hof dat die predikant gebonde is aan die
skorsingsbesluit. Op appèl beslis die hof egter aan die hand van die toepassing en
interpretasie van die Kerkorde en toepaslike bepalings, dat daar daar geen steun in die
bepaalde Kerkorde vir die skorsingsgrond is nie. Die hof beslis gevolglik dat die
skorsing onregmatig was. Volgens Van Eikema Hommes78 is dit ´n fundamentele
beginsel dat die regsvormende organe van kerke en organisasies, hulle moet hou aan
die reg soos neergelê in hulle statute en reglemente. Wiarda79 beklemtoon hierdie
75
Hof Arnhem 14 September 1993, rolnr. 92/142 KG, ongepubliseerd (tugmaatreël gemeentelid Gereformeerde Gemeente).
Rb. ‘s-Gravenhage 29 November 1995, rolnr. 92/6878, ongepubliseerd (Hervormde Gemeente Aarlanderveen c.s./Nederlandse
Hervormde Kerk).
77
Hof ‘s-Hertogenbosch 31 Maart 1955, NJ 1955, 600 (skorsing predikant Oud-Gereformeerde Gemeente).
78
Van Eikema-Hommes Hoofdlijnen der Rechtssociologie 101.
79
Wiarda Drie Typen van Rechtsvinding 97.
76
137
siening deur te bepaal dat “besluiten van de organen van rechtspersonen aan de
voorschriften van de wet en van de statute moeten beantwoorden spreekt vanzelf”.
Die hof in Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika80
bevestig die posisie en dien as gesag vir die feit dat ´n burgerlike hof wel die
bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig die vertolking
daarvan op te tree. Die howe behoort egter terughoudendheid te openbaar wanneer ´n
beslissing gemaak moet word ten aansien van kerklike gebruike en uitleg. Die
volgende bespreking sal in meer besonderhede kyk na die betekenis, inhoud en
toepassing van die statuut.
6.5
DIE BETEKENIS, INHOUD EN TOEPASSING VAN DIE STATUUT
6.5.1
Inleiding
In Yiba and Others v African Gospel Church81 bevestig die hof die beginsels van
toepassing ten opsigte van die aard van die verhouding tussen ´n vrywillige
vereniging en sy lede en die interpretasie van sy konstitusie in die konteks van
dissiplinêre optredes. Die hof beklemtoon die feit dat ´n vrywillige vereniging op
grond van wedersydse ooreenkoms gegrond op concensus ten aansien van die basiese
eienskappe en oogmerke van die vereniging tot stand kom. Die konstitusie van die
vereniging, tesame met die reëls en regulasies, vorm die ooreenkoms wat die aard en
reikwydte van bevoegdhede van die vereniging sowel as die ampsdraers en lede
uiteensit. Die vereniging onderneem implisiet om lede billik te hanteer ooreenkomstig
die reëls en die bepalinge van die konstitusie en die bepalings kan nie geïgnoreer
word nie. Verenigings het ook geen inherente bevoegdheid om lede te dissiplineer nie
en die betrokke konstitusie, reëls en regulasies moet daarvoor voorsiening maak.
Gevolglik moet die vereniging sy dissiplinêre bevoegdhede ook uitoefen
ooreenkomstig die betrokke rëels en regulasies en sal ´n hof nie inmeng waar ´n
vereniging ooreenkomstig sy eie reëls opgetree het nie. Die hof sal wél ingryp waar ´n
huishoudelike tribunaal nie ooreenkomstig sy eie reëls opgetree het nie, sy diskresies
80
81
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A).
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K).
138
nie behoorlik uitgeoefen het nie, die betrokke prosedures nie gevolg het nie, of ultra
vires opgetree het.82
Aangesien ´n skorsing of ontslag een van die mees drastiese vorme van straf is, moet
dit uitdruklik of by noodwendige implikasie in die konstitusie vervat wees. ´n
Vereniging kan nie ´n lid skors indien dit teenstrydig met sy eie reëls is nie, en ´n lid
kan ook nie ontslaan word deur ´n ander liggaam as die een beklee met die
dissiplinêre bevoegdhede nie.83 Die vraag wat gevolglik na vore kom is: Wat word
presies deur die statuut bepaal? Binne die konteks van ´n geloofsinstelling, beteken
die statuut dat die betrokke organisasie gereël word deur reëls wat self opgelê is en
nie deur die staat-opgelegde reëls nie. Beteken dit egter dat ´n moskee sy Imam kan
ontslaan sonder om aan die vereistes van die arbeidsreg te voldoen? Of dat ´n
vereniging ´n lid kan skors sonder om aan sekere administratiefregtelike prosedures te
voldoen? Dit is nie altyd maklik om te bepaal watter aangeleenthede (skorsing,
ontslag, medeseggenskap, besluitneming) deur die kerkreg en watter deur die
burgerlike reg bepaal word nie.
6.5.2
Inhoud en betekenis van die statuut
Waarom is ´n statuut van belang? Pel84 gee ´n goeie opsomming van die
noodsaaklikheid van ´n statuut soos volg:
“Een Kerkorde is nodig, niet alleen als een noodzakelijk kwaad, maar ook omdat de kerk op
aarde is. Het laaste is het meest principiële. De kerk is een gemeenschap van mensen op aarde.
Zij bevindt zich niet in de hemel, ze bestaat nog veel minder in idealistische roze wolken,
maar zij bevindt zich in de wereld. [...] Kerk-zijn op aarde betekent onvermijdelijk kerk-zijn
met structuren. [...] Zelfs als we ze niet op papier zetten, dan zijn ze er nog.”
In ´n samelewing met ´n steeds groeiende multikulturele karakter vind ons ook ´n
godsdienspluralisme met ´n baie groter verskeidenheid as in die verlede. Dit vind op
sigself ook uiting in ´n verskeidenheid van interpretasies van kerklike reg en onder die
term “statuut”, soos uitgedruk deur Pel:85 “valt dus een bont palet aan uiteenlopende
kerkrechtelijke stelsels en bepalingen”. Dit sluit in die meer tradisionele Christelike
82
Die toepassing van die administratiefregtelike beginsels en gronde vir hersieing sal in die volgende hoofstukke in meer
besonderhede bespreek word. Sien Hoofstuk 7 in die besonder.
83
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) 960D-961H.
84
PT Pel “Het Kerkelijk Statuut en de Wet” (2010) 4 Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht (NTKR) 92.
85
Pel 2010 NTKR 91.
139
kerke in hulle onderskeie modelle, Rooms-Katolieke, Baptiste, Vrye Evangeliese
Gemeentes,
Pinkstergemeentes,
Apostoliese
Geloofsending,
Hervormde
en
Gereformeerde Kerke, maar ook alle ander godsdienstige gemeenskappe.
Die term “kerkreg” het dus betrekking op geloofsinstellings in al hulle onderlinge
verskeidenheid en daarom impliseer die term “statuut” ´n diverse kerklike
organisasiereg vanweë die groot verskeidenheid van kerklike en godsdienstige
strukture, bepalings en prosedures. Soos reeds gesien in Hoofstuk 2 word
kerkgenootskappe in die Nederlandse reg gereël deur ´n eie statuut sover dit nie in
stryd is met die wet nie. Volgens Pel86 is die term “statuut” (soos gebruik in artikel
2:2 BW) ´n versamelterm vir die totaal van alle “positiefrechtelijke bepalingen,
regels, principes en gewoonterecht die rechtskrag hebben in de kerken”. Die term
“wet” word geïnterpreteer as alle formele wette van die wetgewer, toepaslike
strafwetgewing op siviele terrein, verskeie regsnorme, insluitende die volgende:
-
“fundamentele dwingende regels met voorangpretentie”;
-
“fundamentele beginselen van burgerlijke wetgeving”;
-
“fundamentele rechtsbeginselen van de rechsorde, zoals goede trouw,
redelijkheid, bilijkheid en goede zeden”;
-
“regels van openbare orde”.87
Of soos Vermeulen88 dit opsom: “fundamentele dwingende regels van het gemene –
geschreven of ongeschreven – Nederlands recht”. Pienaar89 bevestig weer eens die
siening dat ´n Kerkorde en statuut nie kontraktueel van aard is nie. Volgens hom is dit
nie in ooreenstemming met die dogmatiese opvattings van verskeie teoloë en
kerkregsgeleerdes nie en word dit eerder gesien as die interne verbandsreg van die
kerk ooreenkomstig die Nederlandse reg en die toepassing van die RomeinsHollandse beginsels. So ´n verbandsreg bestaan uit die ius constituendum (voorskrifte
wat direk uit die Bybel afkomstig is) en die ius constitutum (voorskrifte wat op
onderlinge aanvaarding berus) wat egter volgens Pienaar nie beteken dat die Kerkorde
86
Pel 2010 NTKR 87.
Pel 2010 NTKR 100.
88
BP Vermeulen “Artikel 6 Grondwet” in PWC Akkermans en AK Koekkoek (reds) De Grondwet. Een Systematisch en
Artikelsgewijs Commentaar (1992) 125.
89
G Pienaar “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 1991 THRHR 407.
87
140
nou kontraktueel van aard is nie.90 As die inhoud van die kerklike statuut bestudeer
word, kan die volgende elemente geïdentifiseer word:
-
´n Geskrewe reg; wat bestaan uit die vasgestelde Kerkorde of konstitusie en
die onderskeie ordonnansies, regulasies en so meer;
-
Kerklike besluite; dit sluit in alle besluite van mindere en meerdere
vergaderings,
ampsdraers,
interne
komitees
en
ander
interkerklike
aangeleenthede;
-
Kerklike regspraak; dit sluit in alle regspraak en besluite deur spesiale
instansies of komitees belas met die beregting van interkerklike geskille en
besware;
-
Ongeskrewe kerklike tradisies en gewoontes;
-
Kerklike doktrines; wat verwys na die opvattings van deskundiges en skrywers
ten aansien van die betrokke kerk se reg, in die verlede en die hede.91
Daar word dikwels na die statuut van ´n organisasie verwys as ´n konstitusie of
reglemente en ten opsigte van kerke, die bepaalde Kerkorde. ´n Statuut word beskou
as die fundamentele organisasiereëls van die individuele regspersoon, ongeag die
benaming wat elke regspersoon daaraan toevoeg. Elke sivielregtelike regspersoon het
gevolglik statute, in watter vorm of benaming dit ook al uiting vind.92 By
vennootskappe en stigtinge is die statuut in die vorm van die stigtingsverklaring en
die bepaalde vennootskaps- of samewerkingsooreenkomste. Met betrekking tot ´n
stigting en vennootskap beskryf Dijk en Van der Ploeg93 ´n statuut soos volg:
“Statuten zouden wij willen omschrijven als de algemene grondregels die de werkingsfeer en
de structuur van een vereniging of stichting aangeven en doen blijken van het bestaan van een
georganiseerd lichaam.”
´n Kerkorde word volgens Dingemans94 soos volg omskryf:
“Een Kerkorde is gestructureerde en in de praktijk gebrachte theologie. Of nog preciezer
gezegs: een Kerkorde is een in rechtsregels vertaalde ecclesiologie. Wat een kerkgemeenschap
90
Pienaar 1991 THRHR 407.
Pel 2010 NTKR 97.
92
Santing-Wubs Kerken in Geding 72.
93
PL Dijk en TJ van der Ploeg Van Vereniging en Stichting, Coöperatie en Onderlinge Waarborgmaatschappij (2002) 61.
94
GDJ Dingemans “Kerkorde als Ecclesiologische Vormgeving” in W van‘t Spijker et al. (reds) Inleiding tot de Studie van het
Kerkrecht, (1992) 215-228, soos aangehaal in Pel 2010 NTKR 88.
91
141
denkt over haar eigen vormgeving en inrichting, wordt in een Kerkorde vertaald in
rechtsregels, die gelden voor het functionering van die gemeenschap.”
So word die statuut ondere andere deur Maeijer95 gesien as ´n bindende “regeling deur
aangeslotenen van dat kerkgenootchap” ooreenkomstig die Nederlandse privaatreg in
soverre dit nie gaan oor geloof en belydenis nie. Hy is verder van mening dat norme
van buite wel ´n invloed op die kerklike statuut kan hê en argumenteer soos volg:
“Dit eigen statuut bepaalt primair de rechtsverhoudingen binnen het kerkgenootchap, maar
deze rechtsverhoudingen kunnen onder omstandigheden ook zijn onderworpen aan
bepaalde dwingende normen van Nederlands geschreven privaatrecht […] en aan
Nederlands ongeschreven privaatrecht, o.m. het beginsel van redelijkheid en billijkheid of
objectieve goede trouw.”96
Hy maak verder ook onderskeid tussen die interne en die eksterne optrede van die
kerkgenootskap. Waar ´n kerkgenootskap teenoor derdes optree (dus sy eksterne
optrede) word die kerkgenootskap in sy optrede soos ´n gewone vrywillige vereniging
behandel waarop die gewone siviele reg van toepassing is. Meijers97 steun hierdie
standpunt in soverre hy van mening is dat die Nederlandse reg “onverkort van
toepassing is op het extern handelen van kerkgenootschappen”. Indien daar ´n botsing
bestaan tussen die kerklike statuut en die dwingende reg, sal laasgenoemde voorkeur
geniet. Ten aansien van die interne handelinge voer hy egter aan dat ooreenkomstig
die reg op godsdiensvryheid, terughoudendheid gepas is. Hy meld tog dat basiese
regsbeginsels soos goeie trou, goeie sedes, redelikheid en billikheid wel op
kerkgenootskappe van toepassing is en ´n skending van hierdie fundamentele
beginsels regverdig “rechterlijke bemoeienis”.98 Hierdie benadering geld dus
eweneens met betrekking tot die konstitusies of statute van ander geloofsinstellings.
Dit is egter geen maklike taak om onderskeid te tref tussen die eksterne en interne
handelinge van so ´n instelling nie en in sommige omstandighede mag die siviele reg
op beide die interne sowel as die eksterne optrede van toepassing wees, dalk wel in
wisselende mate. Maar soos Meijers99 tereg opmerk “[h]et burgerlijk recht echter
dient de godsdienstvrijheid te respecteren en mag de uitoefening daarvan niet
95
JMM Maeijer Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging (1986) 5, 7.
Maeijer Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging 6.
97
APH Meijers “Scheiding van Kerk en Staat” in APH Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht (1994) 7.
98
Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht 16-17.
99
Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek Recht 29.
96
142
beperken”, ´n siening wat byvoorbeeld glad nie gedeel word deur Van Ee100 nie. Hy is
van mening dat daar geen rede bestaan om aan kerkgenootskappe in Nederland ´n
uitsonderingsposisie toe te ken nie en dat daar geen sin daarin is om ´n onderskeid te
tref tussen die interne en eksterne handeling van ´n kerkgenootskap nie. Hy voer aan
dat:
“Normen van redelijkheid en billijkheid gelden voor ieder, ongeacht de situatie of het motief,
zowel extern als intern in het kerkgenootschap.”101
Volgens Van Ee speel die situasie of konteks geen rol nie. Myns insiens is so ´n
benadering nie korrek nie. Op sigself beteken hierdie beginsels niks nie, maar moet
aan die hand van die bepaalde situasie en die aard van die handeling gekonkretiseer
word. Die aard van ´n handeling en die bepaalde feitelike konteks is dus baie
belangrik om te bepaal wat die trefwydte, betekenis en toepassing van sekere
beginsels in ´n gegewe situasie is. Redelikheid en billikheid is dus geen absolute
begrippe nie. Soos Schoordijk dit stel:
“De rechter geeft richting aan de rechtsontwikkeling [...] De rol van de redelijkheid en
billijkheid is hiermede gegeven. De wet moet in de eerste plaats een redelijk uitleg krijgen. Bij
de uitleg van die wet is het zaak voor een rechter oplossingen te vinden die werfkracht
hebben. Ik herhaal: veelal dient zich niet slects één vorm van billijkheid aan. Zij heeft zo vele
modulaties!”102
En verder:
“[...] Wat redelijk en billijk is, zal van geval tot geval bezien worden.”103
Die statuut speel dus ´n baie belangrike rol om die howe by te staan deur die grense
van hersiening te bepaal wanneer die geldigheid van ´n besluit aangeveg word.
Aangesien tugmaatreëls binne verskeie kerke egter dikwels gepaardgaan met die
betrokke kerk se geloofsiening of bepaalde geloofskwessies, behoort die regter
deurgaans terughoudendheid toe te pas en elke geval moet op eie meriete beoordeel
100
Sien JW van EE “In Strijd met De Wet” (1996) 5 RM Themis 175.
Van EE 1996 RM Themis 176-177.
HCF Schoordijk Redelijkheid en Billijkheid aan de Vooravond van een Nieuw Millennium (1996) 5.
103
Schoordijk Redelijkheid en Billijkheid 6.
101
102
143
word en gevolglik is die feitelike konteks wel van belang. Soos Van der Vyver104 dit
stel:
“It is not for state institutions to judge the substance, or the truth or falsity, of religious belief
per se. However, it is a vital function of government to resolve, through its judicial arm,
disputes pertaining to the rights and obligations of its subjects. Courts of law ought not to shy
away from that function merely because those rights and obligations cannot in a given case be
established without doctrinal issues.”
6.5.3
Die uitleg van die statuut
Aangesien die eie aard van ´n geloofsinstelling ook in ag geneem moet word by die
uitleg van sy konstitusie, Kerkorde of statuut, word aangevoer dat dit noodsaaklik is
vir ´n bepaalde hermeneutiek (uitleg) van die kerkreg, waarby hierdie eie aard en
karakter van die kerkgenootskap in ag geneem word. Dit word soos volg verwoord
deur Van de Beek:105
“Iedere rechtshermeneutiek zal recht moeten doen aan de eigen aard van de gemeenschap
waarin het functioneert. Toch heeft juist de eigen aard van de christelijke gemeente ook
formele consequenties voor de hermeneutiek van het kerkrecht. [...] Alles van het gewone
recht geldt hier ook, maar de eigen aard van dit recht geeft extra complicaties.”
Pel106 is verder van mening dat regsgeleerdes die kerklike statuut te na kom deur dit té
juridies te benader en sodoende die sui generis-aard van die kerklike reg te misken.
Dit geld ook vir die burgerlike howe, waar die howe dikwels ´n eie interpretasie aan
iets wat inherent godsdienstig en van ´n eie aard is, gegee het. Volgens Malherbe107 is
dit belangrik vir godsdiensgemeenskappe om te besef dat die Grondwet nie neutraal
uitgelê word nie, maar dat sekere bepaalde wêreldbeskouings van toepassing kan
wees. Die Konstitusionele Hof in S v Makwanyane108 volg ´n “generous and
purposive” benadering, maar in die lig van bogenoemde siening, sal so ´n benadering
steeds beïnvloed word deur die bepaalde wêreldbeskouing van die hof. Volgens
104
JD van der Vyver “Constitutional Perspective of Church-State Relations in South Africa” 1999 BYU L. Rev 670.
A van de Beek “Hermeneutiek van het Kerkrecht” in W van’t Spijker et al. (reds) Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht
(1992) 62.
106
Pel Het 2010 NTKR 89.
107
Malherbe 2008 NGTT 274.
108
S v Makwanyane 1995 (6) BCLLR 665 (KH).
105
144
Malherbe109 het die hof in verskeie aangeleenthede getoon dat dit ´n sterk
humanistiese uitkyk op sekere sake het.
Volgens Van’t Spijker en Van Drimmelen110 is die uitleg ingevolge die kerkreg ´n
komplekse aangeleentheid. Hulle onderskei verskillende tipes van uitleg wat binne die
konteks van die kerkreg aangetref word. Daar is die literaire hermeneutiek wat die
bedoeling van ´n reël ondersoek binne sy letterlike/woordelike betekenis. Die
structurele hermeneutiek vra wat die betekenis van ´n reël binne die geheel van die
wetgewing of Kerkorde is. Historische hermeneutiek gaan kyk na die historiese
konteks waarbinne die reël tot stand gekom het. Hier word onderskei tussen drie
aspekte. Wetshistorisch-uitleg kyk na die betekenis van die reël as positiewe reg ten
tyde van die totstandkoming van die reël. Wetshistorisch-uitleg gaan kyk teen watter
voorgeskiedenis en tradisie die reël ontstaan het, byvoorbeeld teen die agtergrond en
geskiedenis van die Gereformeerde kerkreg. Die laaste aspek is naar de geschiedenis
van het functioneren (Wirkungsgeschichte) en fokus op enige aanduiding van vroeëre
regspraak of aanduiding oor hoe die reël in die verlede toegepas is. Dan is daar die
systematische hermeneutiek waar die betekenis van die reël binne die geheel van die
teologiese tradisies van die bepaalde kerk geplaas en uitgelê word en laastens die
teleologische hermeneutiek wat volgens Van’t Spijker en Van Drimmelen111 nie net
die grootste reikwydte het nie, maar ook vir die meeste spanning sorg. Hierdie uitleg
fokus op die “hantering van het kerkrecht gericht op het doel”. Die doel verwys na die
feit dat reg geskied wat betref die regsgevoel van die gemeenskap, vanuit bestaande
juridiese reëls om te voorsien in leemtes van die wet en soms selfs teen die letterlike
teks van die wet in.
Dat die uitleg van die kerkreg dus ´n komplekse aangeleentheid is, is nie te ontken
nie. So ´n uitleg is nie net nodig vir ´n regter nie, maar ook vir die kerklike
besluitnemer, en veral vir die kerklike samelewing. Dit geld insgelyks vir die orde in
die lewe van die kerklike gemeenskap en vergaderings en vir regsekerheid ten aansien
van interne besluite en optredes. Gevolglik is nie net ´n letterlike betekenis van reëls
en regulasies belangrik nie, maar ook die geskiedenis, ontstaan en praktiese gebruike
en tradisies. Soveel te meer ´n rede waarom die howe uiterste terughoudendheid moet
109
Malherbe 2008 NGTT 274-276.
Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 63.
111
Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 64.
110
145
openbaar wanneer ´n beslissing gemaak moet word ten opsigte van godsdienstige
gebruike en uitleg. Dit plaas ´n ewe belangrike plig op kerke en geloofsinstellings om
op hoogte te wees van hulle eie gebruike en interpretasies. Van’t Spijker en Van
Drimmelen112 som dit goed op wanneer hulle aantoon dat ´n kritiese teologiese
besinning nodig is om die funksionering van die kerkreg te verstaan en behoort te
geskied:
“In samespraak met de Schrif, de traditie, de concrete kerklijke en maatschappelike situatie.
Kerkrecht is daarbij die theologische wetenschap, die in de complexiteit van het theologische
gebeuren in het bijzonder aandacht heeft voor de functie van de vastgelegde rechtsregels, in
samehang met het geheel van de bezinning op de betekenis van het evangelie in de wereld
waarvan de kerk zelf een onderdeel is. Er is niet een simpel schriftberoep mogelijk in het
kerkrecht; er is niet een simpel beroep op de wens van een bepaalde gemeente mogelijk; er is
niet een simpel beroep op ambtelijk gezag mogelijk; er is evenmin een simpel beroep op een
Kerkorde-artikel mogelijk. Alleen in de totale samehang van de kerkelijke werkelijkheid is de
contingente beslissing te nemen [...].” [Eie kursivering.]
Sake soos De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk,
Bloemfontein and Another113 Odendaal v Kerkraad van die Gemeente BloemfonteinWes van die N.G. Kerk in OVS en Andere114 en Theron v Ring van Wellington van die
N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika115 bevestig die posisie dat ´n burgerlike hof wel die
bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig sy vertolking
daarvan op te tree. Die Hoogste Hof van Appèl in Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde
Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika116 bevestig dat ´n behoorlike uitleg van die
Kerkorde insluit dat die woorde oorweeg moet word met inagneming van die aard en
opset en ook dat daar na die samehang van die woorde in die Kerkorde as geheel
gekyk moet word. Die hof steun hier op die siening van Lord Wilberforce in Prenn v
Simmonds117 wat beslis dat die breë kontekstuele agtergrond ook die sogenaamde
“matriks van feite” insluit waarin die Kerkorde geset is wanneer die Kerkorde vertolk
word. Die hof beslis soos volg:
112
Van de Beek Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 71.
De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another 1952 (2) SA 83 (O).
Odendaal v Kerkraad van die Gemeente Bloemfontein-Wes van die N.G. Kerk in OVS en Andere 1960 (1) SA 160 (O).
115
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A).
116
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS); Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Phororo) v Verenigde
Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA).
117
Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL) 239J.
113
114
146
“[…] the time has long passed when agreements, even those under seal, were isolated from the
matrix of facts in which they were set and interpreted purely on internal linguistic
considerations [...] We must enquire beyond the language and see what the circumstances
were with reference to which the words were used, and the object, appearing from those
circumstances, which the person using them had in view.”
´n Interessante voorbeeld tref ons aan ten opsigte van geluidsregulasies en die vraag
of geloofsinstellings vrygestel sal word van bepaalde regulasies en wette ten opsigte
van die lui van klokke of byvoorbeeld die roep van ´n bilal (gebedsroeper). Dit bied ´n
nuttige illustrasie van die feit dat godsdienstige uitdrukking steeds so uitgelê moet
word om gevolg te gee aan die reg op godsdiensvryheid. Aangesien godsdienstige
praktyke en gebruike ter sprake is, behoort ´n akkommoderende uitleg gevolg te word
eerder as ´n beperkende uitleg en in lyn met die hof se benadering van
terughoudendheid met betrekking tot godsdienstige vraagstukke.
6.5.4
Voorbeeld
In die Suid-Afrikaanse konteks is die beslissing van die hof in Garden Cities
Incorporated Association Not For Gain118 interessant. Die besigheid van Garden
Cities, ´n ingelyfde vereniging sonder winsoogmerk, was om informele woonbuurtes
in die Kaap te ontwikkel. Ooreenkomstig artikel 18 van die Townships Ordinance 33
van 1934 was twee van die erwe aangemerk vir doeleindes van godsdienstige
oogmerke. Een van die erwe is verkoop aan ´n korporatiewe liggaam, Northpine
Islamic Society, met die uitsluitlike doel om ´n moskee op te rig in Northpine naby
Brackenfell. Kragtens die ooreenkoms tussen die partye is daar ten aansien van die
gebruik van klankversterkers, op die volgende bepaling ooreengekom:
“No amplified sound:
(a) The purchaser will conduct no activities on this erf which will, in the opinion of Garden
Cities, be a source of nuisance or disturbance to other owners of erven in the township and, in
particular, no sound amplification equipment will be used on or in the buildings and/or
structures to be erected on this erf.
(b) No ‘call to prayer’ will be made from the buildings and/or structures and the purchaser
undertakes to install a light at the top of the minaret which will be switched on at the hour of
118
Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K).
147
prayer. The light to be installed will be used in such a way as not to be a nuisance or
disturbance to other owners of erven in the township.”
Ten spyte van hierdie bepaling, het die Northpine Islamic Society ´n klankversterker
en luidspreker by die moskee geïnstalleer. Gevolglik word ´n aansoek gebring om die
respondent te verbied om hierdie toerusting te gebruik en om dit te verwyder en voer
hulle aan dat hulle reg op godsdiensvryheid aangetas is. Conradie R is van mening dat
die beroep op godsdiensvryheid “is too dramatically stated” en dat die “prohibition
does no more than consensually regulate a particular ritual practised at a particular
place. It does that in the interest of other members of the community”.119 Hierdie
siening van Conradie R word gekritiseer deur Goolam120 wat aanvoer dat die
beslissing
nie
artikel
31
van
die
Grondwet
(kultuur-,
godsdiens-
en
taalgemeenskappe) in ag neem nie. Hy is van mening dat:
“If, however, the Islamic call to prayer (athaan) constitutes a source of nuisance or
disturbance to some members of our society, then the striking of bells equally amounts to
noise pollution to other members of our society. If the athaan is curtailed, then perhaps the
time has come for the bell to toll on the tolling of bells in a secular South Africa. This would
amount to equality of treatment in respect of all noises, nuisances and disturbances emanating
from religious buildings and/or structures.”
So ´n benadering vergelyk egter appels met lemoene! Om die lui van klokke summier
met die situasie voor hande te vergelyk, is myns insiens nie korrek nie. Suid-Afrika is
ook geen sekulêre staat nie, maar eerder ´n godsdiensneutrale staat wat voorsiening
maak vir die verskansing van godsdiensregte sonder om aan ´n spesifieke geloof of
geloofsbelydenis voorkeur te gee. Hoewel die staat dus nie soseer “godsdienstig” is
nie, word ruimte gelaat vir die bevordering en verwesenliking van godsdiens. Elke
beperking moet op sy eie meriete en feite beoordeel word om vas te stel of dit ´n
billike beperking op die reg op godsdiensvryheid is. Die hof het myns insiens wel
gefouteer om nie in ag te neem dat die moskeeroep, nes kloklui, ´n duidelike
godsdienstige funksie vervul nie. Die reg op godsdiensvryheid, soos reeds gesien,
geld egter nie onbeperk nie en enige beperking ten aansien van geluidsterkte, duur en
frekwensie moet steeds deeglik aan die hand van die beperkingskriteria getoets word,
aangesien dit ´n beperking van die reg op godsdiensvryheid daar kan stel, wat nie deur
119
120
Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K) 271B-C.
NMI Goolam “Time for the Bell to Toll on the Tolling of Bells?” (1999) 62 THRHR 643.
148
Conradie R in Garden Cities gedoen is nie, en rede vir kritiek kan wees. Indien ´n
behoorlike belange-afweging gedoen is aan die hand van die beperkingskriteria, met
inagneming van die funksie van die moskeeroep asook die belange van die inwoners,
sou die beslissing van Conradie R dalk as ´n billiker beperking van die reg op vryheid
van godsdiens gesien kon word, al sou die gevolg van so ´n belange-afweging
dieselfde resultaat tot gevolg gehad het.
Algemene wetgewing is dikwels van toepassing op godsdienstige organisasies, maar
dikwels word spesiale aanpassings gemaak om in die behoeftes van spesifieke
godsdienstige organisasies te voorsien. In Duitsland word dit gereël deur die
Bundesimmissionsschutzgesetz (Federal Immission Control Act) en die howe se
siening is dat liturgiese kloklui deur kerke in die tradisionele en gewone sin op ´n
gereelde basis “does not constitute a substantial burden to the public [...] but they are
a social adequate immission”. Die howe beslis egter ietwat anders rakende die lui van
kerkklokke om die tyd aan te kondig en beslis dat “this kind of ringing must be
somewhat less loud”. Die howe beslis ook op dieselfde wyse rakende die liturgiese
kerkkloklui vir die roep van ´n bilal. Daar is verskeie moskees in Duitsland en die
gebedsroeper se roep word gesien as “legally accepted”. Die roep kan selfs met
behulp van luidsprekers harder gemaak word, maar met inagnemening van die
legitieme behoeftes van die inwoners en selfs verkeer.121 Gevolglik is die lui van
kerkklokke of die roep van die bilal nie uitgesluit van geluidsregulasies nie, maar
word wetgewing eerder gesien as akkommoderend en regulasies neem dus
godsdienstige behoeftes in ag en is dit die regering se plig om wedersydse belange
behoorlik te balanseer en te akkommodeer. In Nederland bepaal artikel 10 van die
Wet op Openbare Manifestaties onder andere die volgende:
“Klokgelui ter gelegenheid van godsdienstige en levensbeschouwelijke plechtigheden en
lijkplechtigheden, alsmede oproepen tot het belijden van godsdienst of levensovertuiging, zijn
toegestaan. De gemeenteraad is bevoegd ter zake regels te stellen met betrekking tot duur en
geluidsniveau.”122
121
G Robbers “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion and Belief in Germany” (2005) 19 Emory
Int’l L. Rev 885.
BC Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies. Een Grondrechtelijk-Rechtsfilosofische Studie naar de
Betekenis en Grenzen van Religieuze Tolerantie (1994) 160.
122
149
Met
die
inwerkingtreding
van
bogenoemde
wet,
is
die
Wet
op
de
Kerkgenootschappen van 1853 herroep, wat ten aansien van kloklui die volgende
bepaling (artikel 8) gehad het:
“1. Het klokkengelui tot viering van kerkelijke plectigheden of om de ingezetenen tot de
godsdienstoefening op te roepen, kan in gemeenten, waar kerken van meer dan één
kerkgenootschap zijn, in het belang der openbare orde en rust door Onzen Commisaris in de
provincie worden verboden.
2. Klokkengelui tot andere einden heeft geenen plaats dan met vergunning der plaatselijke
politie.”
Hierdie bepaling kon dus kloklui verbied en nie bepaalde regulasies neerlê ten einde
kloklui te reguleer nie. Die inhoud van hierdie bepalings is dan ook nie vervat in die
bepalings van die Wet op Openbare Manifestaties nie, maar die gevolg van artikel 10
is dat daar nou uitdruklike wetlike beskerming bestaan vir ´n godsdienstige
uitingsvorm. Die gemeenteraad bly steeds bevoeg om regulasies neer te lê ten opsigte
van die tydsduur en die geluidsvlak. Die vraag is of dit ´n toelaatbare beperking van
die reg op godsdiensvryheid is. Indien ´n munisipale regulasie slegs voorsiening maak
vir die tradisionele kloklui op ´n Sondag, kan die moskee-oproep op ´n Vrydag wel ´n
beperking van godsdiensvryheid daarstel. Ook indien die behoefte sou ontstaan om
daaglikse gebedsoproepe te doen. Labuschagne123 voer aan dat kloklui en
gepaardgaande godsdiensoproepe nie sonder meer vry van beperkings is nie en sou ´n
normale belange-afweging gedoen moet word aan die hand van die beperkingskriteria
in artikel 6(2) van die Nederlandse Grondwet en artikel 9 van die Europese Verdrag.
So is daar reeds in verskeie gemeenskappe ooreenkomste aangegaan tussen
byvoorbeeld die Islamitiese gemeenskap en die plaaslike owerheid met betrekking tot
die tydsduur en geluidsvlak van die gebedsoproep. ´n Plaaslike owerheid sou dan
gepaste regulasies kon neerlê ten einde die behoeftes van ´n bepaalde godsdienstige
gemeenskap te akkommodeer. Daar moet egter ook in ag geneem word dat ander
inwoners ook sekere belange en behoeftes het en gevolglik sal sekere grense wel aan
hierdie reg op godsdiensvryheid gestel kan word. Labuschagne124 kritiseer ´n vroeëre
siening van die Minister van Buitelandse Sake dat godsdienstige “uitinge” in dieselfde
123
124
Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 161.
Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 163-164.
150
lig as die vryheid van uitdrukking in die normale sin van artikel 7 van die
Nederlandse Grondwet gesien kan word. Die Minister maak die opmerking dat daar
aan die inhoud van ´n “uitdrukking”, perke gestel kan word en bepaal spesifiek ten
aansien van die geluidsterkte by musikale uitdrukkings die volgende:
“(A)rtikel 7 lid 3 GW verschaft geen vrijbrief voor elke door musici gewenste geluidsterkte.
[...] De geluidsterkte ten gevolge van het gebruik van geluidswagens, megafoons, e.d. maaktaldus de regering – geen essentieel onderdeel uit van de inhoud van de gedachten of
gevoelens, die langs die weg tot uiting worden gebracht. Het hier gestelde geldt naar mijn
oordeel mutatis mutandis evenzeer voor vergelijkbare uitingen ter belijdenis van godsdienst of
levensovertuiging, die onder artikel 6 Grondwet begrepen zijn.”
Wat die Minister egter ook uit die oog verloor is dat die inhoud van godsdienstige
uitdrukkings nie sonder meer uitgelê en gedefinieer kan word aan die hand van die
normale uitleg ten opsigte van vryheid van uitdrukking nie. Dit is immers
godsdienstige uitdrukkings waarvan die inhoud aan die hand van die bepaalde
geloofsoortuiging van die betrokke geloofsinstelling verstaan moet word. So ´n
uitdrukking word ook beskerm deur die addisionele beskerming wat die reg op
godsdiensvryheid verleen.
Labuschagne125 blyk korrek te wees in sy siening dat die oproep tot gebed of erediens
immers ´n godsdienstige handeling is waarvan die inhoud van die boodskap duidelik
deur die geluidsterkte en intensiteit bepaal kan word, wat nie die geval is by ´n
gewone meningsuiting nie. Volgens hom kan “een hoger geluidsniveau meer
gelovigen eraan [...] herinneren ter kerke of naar de moskee te gaan, wat uiteraard
vanuit het perspectief van een kerk of moskee bezien van groot belang is”. Die kloklui
en moskeeroep vervul dus ´n duidelike godsdienstige funksie. Enige beperking met
betrekking tot die geluidsterkte, duur en frekwensie kan ´n beperking van die vryheid
van godsdiens beteken en so ´n beperking sal deeglik aan die hand van die
beperkingskriteria getoets moet word. Hier sal die “interpretatiewe terughoudenheid”
van die howe ook ´n belangrike rol speel, sowel as ´n billike uitleg van bepaalde reëls
en regulasies om die aard van die geloofsinstelling in ag te neem binne die bepaalde
feitelike konteks.
125
Labuschagne Godsdienstvrijheid en Niet-gevestigde Religies 164.
151
6.6
GEVOLGTREKKING
Die reg op godsdiensvryheid soos vervat in die Grondwet, gee kerke en ander
geloofsinstellings die reg om hulself en voortspruitende ampte te definieer. Die howe
kan egter steeds ondersoek instel na ´n bepaalde geloofsinstelling se leerstellings en of
dit deel uitmaak van ´n bepaalde godsdiens, maar behoort sigself nie te bemoei met
die organisasie en interne aangeleenthede van die kerk of spesifieke geloofsinstelling
nie. Ooreenkomstig die leerstuk van nie-inmenging en die leerstuk van marginale
toetsing behoort die howe ´n benadering te volg wat akkommoderend genoeg is om
voorsiening te maak vir die reg van outonomie van godsdienstige organisasies
rakende interne aangeleenthede van ´n duidelike godsdienstige aard, wat selfs
aktiwiteite van ´n mindere godsdienstige aard kan insluit. Die feit dat ´n burgerlike
hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te vertolk en selfs ooreenkomstig sy
vertolking daarvan op te tree, beteken egter nie dat die howe ´n eie vertolking en
interpretasie van godsdienstige aspekte kan gee nie. Die howe behoort
terughoudendheid te openbaar, ook ten aansien van die uitleg van die statuut. Die
spesifieke feitelike konteks is van groot belang, asook die feit dat ´n geloofsinstelling
betrokke is en gevolglik “is [it] confirmed in several decisions that the intensity of
review clearly depends on the subject matter in hand”.126
Waar hierdie bespreking ook hoofsaaklik gefokus het op die vraag tot welke mate ´n
hof hom sal uitlaat oor geloofskwessies en wat die gevolglike trefwydte van
hersiening van ´n kerklike handeling of besluit is, wil die volgende hoofstuk fokus op
die gronde en omstandighede vir die geregtelike hersiening van bogenoemde
privaatregtelike funksies. Die bespreking sal fokus op die toepassingsveld van die
administratiefreg spesifiek ten aansien van private optredes deur geloofsinstellings en
wat die redes is waarom die howe ´n toenemende bereidwilligheid toon om nie net die
optrede van openbare liggame te hersien nie, maar ook dié van private entiteite.
Hierdie benadering kom ook duidelik na vore op die gebied van arbeidsverhoudinge
en die definiëring van die amp van predikant in die besonder deur verskillende kerke
126
See R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840 [18] (“the intensity of review in a public
law case will depend on the subject matter in hand.”); Sheffield City Council v Smart [2002] EWCA Civ 14 [2002] HLR 639 [42]
(“There is now a good deal of modern authority to the effect that the intensity of judicial review varies with the subject-matter”).
152
en geloofsinstellings. Die diensverhouding van ´n predikant soos dit toepassing vind
binne verskeie denominasies sal ondersoek word. Waar die vorige hoofstukke gefokus
het op die onderlinge verhouding en veral die botsing van verskillende fundamentele
regte, en die nie-inmenging van die staat in die interne organisasie van
geloofsinstellings, wil die volgende hoofstuk poog om die belangrikheid van die
onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uit
te lig, met die gepaardgaande implikasie vir geloofsinstellings. Die interaksie tussen
administratiefreg en arbeidsreg sal dus ook aandag geniet.
153
HOOFSTUK 7
7
DIE TOEPASSINGSVELD VAN DIE ADMINISTRATIEFREG
7.1
INLEIDING EN AGTERGROND
Ooreenkomstig die gemenereg het die begrip “administratiewe handeling” geen
spesifieke betekenis nie en voor 1994 het die howe byna nooit spesifiek na die term
verwys nie. Die vraag was baie meer algemeen van aard: Of ´n orgaan deel uitmaak
van die uitvoerende gesag in die breë sin van die woord en kwalifiseer as ´n openbare
liggaam en indien nie, of die handelinge tog hersienbaar is op ander gronde –
hoofsaaklik uit hoofde van die dissiplinêre aard van die handeling. ´n Baie vae
beskrywing dus, maar ook nie vreemd in die lig van ons geskiedenis van misbruik van
openbare gesag nie. Hoexter merk tereg op: “Administrative law was pressed into
service as a vehicle to protect human rights in an order that was characterised by
repressive, inhumane and unequal laws.”1 Die howe het gevolglik ´n toenemende
bereidwilligheid getoon om nie net die optrede van openbare liggame te hersien nie,
maar ook dié van private entiteite.
Geregtelike hersiening verwys na die bevoegdhede van die howe om administratiewe
besluite te kontroleer, te ondersoek en tersyde te stel. In die predemokratiese tydperk
(voor 1994), was die hersieningsbevoegdheid van die hof ´n inherente bevoegdheid
ontleen aan en beheer deur die gemenereg, maar dikwels gekwalifiseer deur die ultra
vires-leerstuk (wat sy ontstaan en ontwikkeling vanuit die Engelse reg ken).2 Dit was
moeilik om ingevolge hierdie leerstuk die hersiening van private funksies of
uitoefening van niestatutête funksies te verklaar (hoofsaaklik as gevolg van die ultra
vires-leerstuk se klem op statutêre inhoud) en is dus dikwels gesien as “an incomplete
1
C Hoexter Administratiev Law (2007) 165.
Hierdie inherente bevoegdheid van die hof tot hersiening word deur die hof in Johannesburg Consolidated Investment Co v
Johannesburg Town Council 1903 TS 111 op 115 beskryf soos volg: “Whenever a public body has a duty imposed on it by
statute, and disregards important provisions of the statute, or is guilty of gross irregularity or clear illegality in the performance of
his duty, this Court may be asked to review the proceedings complained of and set aside or correct them. This is no special
machinery created by the Legislature; it is a right inherent in the Court.” Vir ´n grondwetlike benadering tot die ultra viresleerstuk, sien AJH Henderson “The Curative Powers of the Constitution: Constitutionality and the New Ultra Vires Doctrine in
the Justification and Explanation of the Judicial Review of Administrative Action” (1998) 115 SALJ 346. Sien verder rakende die
ultra vires-leerstuk L Baxter Administrative Law (1984) 303-305, 307-312 en vir die Engelse posisie, C Forsyth (ed) Judicial
Review and the Constitution (2000), W Wade en C Forsyth Administrative Law 9th ed (2004); PP Craig Administrative Law 5th ed
(2003); P Craig “Ultra Vires and the Foundations of Judicial Review” (1998) 57 Cambridge Law Journal 63; P Craig
“Competing Models of Judicial Review” 1999 Public Law 428; J Jowell “Of Vires and Vaccuums: The Constitutional Context of
Judicial Review” 1999 Public Law 448; J Jowell “Parliamentary Sovereignty Under the New Constitutional Hyphothesis” 2006
Public Law 562.
2
154
account of review”.3 In die nuwe demokratiese bedeling, word hersiening (indirek)
deur artikel 33 van die Grondwet en (direk) deur die Wet op die Bevordering van
Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 (PAJA) beheers.4 Dit gebeur wel dat ´n
besluit dalk nie voldoen aan die eng definisie van “administratiewe handeling”
ingevolge PAJA nie en gevolglik hersien kan word kragtens die Grondwet (op grond
van die grondwetlike legaliteitsbeginsel waar dit gaan oor die uitoefening van
openbare gesag) of die gemenereg in die geval van private funksies. Dit is die
laasgenoemde (beperkte) kategorie wat die fokus van hierdie bespreking vorm. Die
vraag wat dus na vore kom, is onder welke omstandighede moet hersiening vir
bogenoemde privaatregtelike funksies en handelinge plaasvind en wat die gronde
daarvoor is.
Volgens Hoexter5 is die moontlike verduideliking van die hersienbaarheid van
privaatregtelike bevoegdhede in die administratiefreg, die toepassing van artikel 8(2)
van die Grondwet en die moontlike horisontale aanwending van artikel 33 van die
Grondwet. Hierdie bespreking sal fokus op die gronde van hersiening ten aansien van
private instellings (soos geloofsinstellings), met verdere verwysing na die onderskeid
tussen publiek- en privaatreg en die rol van veral die kontraktereg in die toepassing
van die reëls van natuurlike geregtigheid.
Soos dit sal blyk, het die howe gereeld die besluite van private entiteite hersien
(insluitende kerke en klubs) uit hoofde van die kontraktuele verhouding tussen lede en
ook spesifiek in die konteks van dissiplinêre verhore. Geld dit ook vir dissiplinêre
optrede voortspruitend uit ´n dienskontrak? En wat is die posisie indien daar geen
dienskontrak bestaan nie? Die bespreking sal gevolglik ook fokus op die posisie ten
opsigte van ´n predikant wat geskors of ontslaan word voortspruitend uit ´n
dienskontrak al dan nie. Die bespreking sal fokus op die diens van ´n predikant, die
dienskontrak en die gevolglike vraag of dit as arbeidsregtelik aangemerk kan word
wat aan die hand van die bestaande arbeidswetgewing gereël moet word, en of dit ´n
sui generis-verhouding is ingevolge die interne reg van die betrokke kerk of
geloofsinstelling. Die regsposisie van die predikant sal krities ondersoek word deur te
3
Hoexter Administrative Law 111.
Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid sal in die daaropvolgende bespreking na verwys word as PAJA.
5
Sien Hoexter Administrative Law 121.
4
155
fokus op die posisie in verskeie denominasies, aan die hand van voorbeelde, en die
posisie in Nederland.
Die bespreking sal ook fokus op die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg
met die voorbeeld van openbare indiensneming as vertrekpunt, aangesien daar
aangevoer word dat ontslag binne openbare sektor-verhoudinge eerder deur die
arbeidsreg as die administratiefreg bereg moet word. Binne geloofsinstellings, juis
waar ´n verhouding nie as arbeidsregtelik aangemerk word nie, vind die
administratiefreg eerder toepassing. Die bespreking sal verder poog om die
belangrikheid van die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle
neiging om te oorvleuel, uit te lig, met die voortspruitende implikasie vir private
entiteite. Vervolgens word enkele begrippe wat van belang is vir doeleindes van die
bespreking, kortliks bestudeer.
7.2
KONSEPTUALISERING
7.2.1
Die gemenereg
Administratiewe geregtigheid verwys na die begrip legaliteit wat ingevolge die
gemenereg in die eng sin inhou dat alle staatsoptrede veroorloof moet word deur die
reg en dat dit die gevolglike regverdigingsgrond skep vir geregtelike hersiening. In
die breë sin beteken dit dat alle handelinge van publieke owerheidsinstellings wettig
veroorloof moet wees, maar ook moet voldoen aan sekere minimumstandaarde van
die reg, insluitende redelikheid, gelykheid voor die reg en die afwesigheid van
arbitrêre administratiewe optrede.6 Boulle7 verkies die term “administratiewe
geregtigheid” en volgens hom sluit die begrip beginsels van redelikheid, billikheid,
gelykheid, veroorloofdheid en proporsionaliteit in. Hy onderskei tussen prosedurele
sowel as substantiewe administratiewe geregtigheid. Eersgenoemde omvat die reëls
van billikheid en natuurlike geregtigheid, terwyl laasgenoemde verband hou met
billike en rasionele resultate ooreenkomstig inviduele of gemeenskapspersepsies.8
Die gemeenregtelike vereiste vir legaliteit is dikwels omskryf as “applying one’s
mind to the matter”, wat vereis het dat ´n administrateur moes voldoen het aan “all the
6
Y Burns Administrative Law under the 1996 Constitution (1998) 58-59.
LJ Boule “ADR Application in Administrative Law” 1993 Acta Juridica 138.
8
Burns Administrative Law 130.
7
156
requirements
for
administrative
legality”.9
Die
gemeenregtelike
hersieningsbevoegdheid is deur Innes HR in Johannesburg Consolidated Investment
Co v Johannesburg Town Council10 soos volg omskryf:
“Whenever a public body has a duty imposed on it by statute, and disregards important
provisions of the statute, or is guilty of gross irregularity or clear illegality in the performance
of this duty, this Court may be asked to review the proceedings complained of and set aside or
correct them. This is no special machinery created by the Legislature; it is a right inherent in
the Court.”
Hoexter11 voer aan dat hierdie siening van Innes HR nie meer heeltemal korrek is nie,
aangesien gemeenregtelike hersiening nie meer slegs afhanklik is van die bestaan van
´n openbare liggaam, ´n statutêre plig of ´n “gross irregularity” of “clear illegality”
nie. ´n Meer gedetailleerde benadering vind ons in Northwest Townships Ltd v
Administrator, Transvaal12 waar Colman R beslis dat “a failure by the person vested
with the discretion to apply his mind to the matter” sluit in “capriciousness, a failure,
on the part of the person enjoined to make the decision, to appreciate the nature and
limits of the discretion to be exercised, a failure to direct his thoughts to the relevant
data or the relevant principles, reliance on irrelevant considerations, an arbitrary
approach, and an application of wrong principles”. Dit word ook verwoord en goed
opgesom deur die hof in Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel
Limited:13
“Broadly, in order to establish review grounds it must be shown that the president failed to
apply his mind to the relevant issues in accordance with the ‘behests of the statute and the
tenets of natural justice’. [...] Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision
was arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a result of unwarranted adherence
to a fixed principle or in order to further an ulterior or improper purpose; or that the president
misconceived the nature of the discretion conferred upon him and took into account irrelevant
considerations or ignored relevant ones; or that the decision of the president was so grossly
unreasonable as to warrant the inference that he had failed to apply his mind to the matter in
the manner aforesaid.[...] Some of these grounds tend to overlap.”
9
Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution (2006) 198.
Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111 op 115.
11
Hoexter Administrative Law 112.
12
Northwest Townships Ltd v Administrator, Transvaal 1975 (4) SA 1 (T) 8G.
13
Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Limited 1988 (3) SA 132 (A) 152A-D.
10
157
7.2.2
Die Grondwet en PAJA
Die legaliteitsvereistes het sy oorsprong in die gemenereg en is nie in die SuidAfrikaanse reg gekodifiseer nie. Dit bereik egter die status van ´n fundamentele reg
deurdat dit opgeneem is in artikel 33 van die Grondwet, soos uitgedruk deur die hof in
Pharmaceutical Manufacturers Association of South Africa:14
“The common-law principles that have previously provided the grounds for judicial review of
public power have been subsumed under the Constitution, and in so far as they might continue
to be relevant to judicial review, they gain their force from the Constitution.”
Die hof beklemtoon egter steeds die belangrikheid van die gemeenregtelike beginsels:
“That is not to say that the principles of common law have ceased to be material to the
development of public law. These well-established principles will continue to inform the
content of administrative law and other aspects of public law, and will contribute to their
future development.”
Regmatige administratiewe optrede, soos tans vervat in die Grondwet, is basies
dieselfde as die gemeenregtelike beginsel van administratiewe geregtigheid. Artikel 6
van PAJA, wat die gronde van hersiening uiteensit, omvat die meerderheid van die
gemeenregtelike beginsels van administratiewe geregtigheid. Burns en Beukes15 voer
selfs aan dat artikel 6 as ´n kodifikasie van die beginsels van administratiewe legaliteit
gesien kan word. Die verhouding tussen die gemenereg, die Grondwet en PAJA word
deur die Konstitusionele Hof in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of
Environmental Affairs and Tourism16 soos volg omskryf:
“The grundnorm of administrative law is now to be found in the first place not in the doctrine
of ultra vires, nor in the doctrine of parliamentary sovereignty, nor in the common law itself,
but in the principles of our Constitution. The common law informs the provisions of PAJA
and the Constitution, and derives its force from the latter. The extent to which the common
law remains relevant to administrative review will have to be developed on a case-by-case
basis as the courts interpret and apply the provisions of PAJA and the Constitution.”
14
Pharmaceutical Manufacturers Association of South Africa In Re: Ex Parte Application of President of the RSA 2000 (3)
BCLR 241 (KH), 2000 (2) SA 674 (KH) par 33-45.
15
Burns en Beukes Administrative Law 89.
16
Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (7) BCLR 687 (KH), 2004 (4)
SA 490 (KH) par 22.
158
Die gemeenregtelike beginsels bly dus steeds relevant en Hoexter17 voer aan dat
artikel 33 en ander relevante bepalings gesien moet word “as both incorporating and
expanding on the established principles of the common law”. Dit is dan ook in
ooreenstemming met artikel 39(3) van die Grondwet, wat bepaal dat die Handves van
Regte nie die bestaan ontken van ander regte of vryhede wat deur die gemenereg,
gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie
regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is. Die gemeenregtelike beginsels het
egter ´n beperkte rol en vind hoofsaaklik aanwending ten aansien van private
funksies. Binne die sfeer van geregtelike hersiening in ´n administratiefregtelike sin,
beskryf Hoexter18 vyf moontlike “pathways to review”, waarvan die gemeenregtelike
hersiening slegs een van die vyf moontlikhede is. Die vyf opsies word
gerieflikheidshalwe opgesom in die volgende tabel:
17
18
Hoexter Administrative Law 28.
Hoexter Administrative Law 112.
159
TOEPASSING VAN DIE ADMINISTRATIEFREG
Hersiening in ´n “administratiefregtelike” sin
Gemeenregtelike
Artikel 33
PAJA
Legaliteitsbeginsel
hersiening
Spesiale
statutêre
hersiening
(private funksies)
“administratiewe
“nié-administratiewe
Wet op
handeling”
handeling”
Toegang tot
Inligting
33 Regverdige administratiewe
“It is a requirement of the rule of
PAJA
law that the exercise of public
optrede
“Om uitvoering te gee aan die reg
power by the Executive and other
op
op administratiewe optrede wat
functionaries
wat
regmatig, redelik en prosedureel
arbitrary.”
regmatig, redelik en prosedureel
billik is; en om uitvoering te gee
billik is.
aan die reg op skriftelike redes vir
(Pharmaceutical
administratiewe
(1)
Elkeen
het
administratiewe
die
reg
optrede
should
not
be
Manufacturers
soos
Association of SA: In re Ex Parte
(2) Elkeen wie se regte nadelig
voorsien in artikel 33 van die
President of the Republic of South
geraak
Grondwet van die Republiek van
Africa 2000 (2) SA 674 (CC) par
Suid-Afrika,
1996;
85)
voorsiening
te
optrede
is
het
deur
die
administratiewe
reg
op
verskaffing van skriftelike redes.
die
aangeleenthede
optrede
en
om
maak
vir
wat
daarmee
verband hou.”
Behalwe vir gemeenregtelike hersiening, is hersiening gevolglik moontlik
ooreenkomstig artikel 33 van die Grondwet of PAJA. In beide gevalle moet die
handeling voldoen aan die vereistes van ´n administratiewe handeling. Indien dit nie
voldoen aan die vereistes van die definisie nie (dit is byvoorbeeld ´n uitvoerende
handeling eerder as ´n administratiewe handeling), is hersiening steeds moontlik
ooreenkomstig die grondwetlike legaliteitsbeginsel (anders as die gemeenregtelike
160
legaliteitsbeginsel). Die laaste opsie is waar wetgewing spesifiek voorsiening maak
vir statutêre hersiening, soos in die geval van die Wet op Toegang tot Inligting 2 van
2000. Behalwe vir die beperkte kategorie van gemeenregtelike hersiening, het al die
ander moontlikhede betrekking op die beperking van die uitoefening van openbare
gesag deur die howe. Aangesien huishoudelike tribunale en geloofsinstellings selde ´n
openbare gesag uitoefen in hulle optredes en beslissings, fokus hierdie bespreking
gevolglik op geregtelike hersiening ooreenkomstig die gemenereg ten aansien van
private funksies. Die moontlike gronde vir die hersiening van private funksies, sowel
as die moontlike horisontale aanwending van die Grondwet, sal nou verdere aandag
geniet.
7.3
HORISONTALE AANWENDING
7.3.1
Inleiding en enkele opmerkings
Die basiese gedagte agter die debat rakende die horisontale aanwending van die
Handves van Regte is die algemene uitgangspunt dat ´n Handves van Regte
hoofsaaklik van ´n publiekregtelike aard is en toegepas moet word in die vertikale
verhouding tussen staat en burger. Om voorsiening te maak vir die horisontale
aanwending van ´n Handves van Regte “would have unduly intrusive consequences in
matters that were adequately regulated by ‘private law’”.19 Daar word selfs na verwys
as die konstitusionalisering van die privaatreg of die privatisering van fundamentele
regte.20 Hierdie debat, waarna in Duitsland verwys word as die probleem rakende
Drittwirkung – die drieledige werking van die Duitse Basiese Reg – is hoofsaaklik
gebaseer op die onderskeid tussen publiek- en privaatreg en wat in Suid-Afrika berus
op die onderskeid tussen staatlike reg en die interne reg van niestaatlike
organisasies.21
Ingevolge die nuwe grondwetlike bedeling word aanvaar dat die grondwetlike regte
nie alleen vertikale toepassing het en slegs die verhouding tussen staat en onderdaan
beheers nie, maar ook horisontale toepassing het en die verhouding tussen privaat
19
A Cockrell “Private Law and the Bill of Rights: A Threshold issue of ‘Horizontality’” 25 October 2009 Bill of Rights
Compendium Service par 3A2. In De Klerk v Du Plessis 1995 (2) SA 40 (T) 471 bepaal die hof dat “Traditionally bills of rights
have been inserted in Constitutions to strike balance between governmental power and individual liberty; to constitute a
precaution against state tyranny”. ´n Handves van Regte word verder in Jooste v Botha 2000 (2) SA 199 (T) 209C-D deur Van
Dijkhorst R beskryf as “primarily a protective device, a buttress between State and subject for the furtherance of individual
liberty in its wide sense”.
20
Sien D Visser “Enkele Beginsels en Gedagtes oor die Horisontale Werking van die Grondwet” (1997) 60 THRHR 296.
21
J van der Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” (1994) 57 THRHR 379.
161
individue beheers. Verder maak die Grondwet ook voorsiening vir beide die direkte
en indirekte horisontale werking. Direkte horisontale toepassing van die Handves van
Regte word deur Van Aswegen,22 in die konteks van kontrakte- en deliktereg, soos
volg omskryf:
“Direct horizontal application of the provisions of a bill of rights means that the regulation of
private relations is automatically subjected to the provisions of the bill of rights and can never
result in the infringement or limitation of any fundamental right protected in such an
instrument.”
Die doel is dus om ´n teenstrydigheid tussen die Handves van Regte en enige ander
reg of optrede aan te toon en ´n persoon is dus gemagtig om kragtens artikel 38 ´n
bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ´n reg in die Handves van Regte
inbreuk gemaak is of dat so ´n inbreukmaking dreig, waarna die hof gepaste regshulp
kan verleen, met inbegrip van ´n verklaring van regte. Indirekte horisontale toepassing
van die Handves van Regte verwys na die uitleg van enige wetgewing of die
ontwikkeling van die gemenereg in ´n soortgelyke geval aan die hand van veral artikel
39(2) van die Grondwet. Soos dit blyk uit Du Plessis v De Klerk,23 kan ´n private
geskil slegs deur die hof bereg word indien die skuldoorsaak of gronde van verweer
reeds in die privaatreg bestaan of beskikbaar is. Daar kan dan aanspraak daarop
gemaak word dat die bepaalde beginsels of reëls nie in stryd met die Grondwet
toegepas word nie en dat die bestaande reg nie net toegepas nie, maar ook ontwikkel
moet word om gevolg te gee aan ´n reg in die Handves. Uit die beslissing van die
Konstitusionele Hof in Fose v Minister of Safety and Security24 blyk dit dan ook dat
die hof ten gunste is van die indirekte horisontale toepassing van die Handves eerder
as ´n direkte toepassing, soos veral blyk in die konteks van die deliktereg en
skadevergoeding en met spesifieke verwysing na die 1996-Grondwet.
Die onderskeid tussen direkte en indirekte horisontale aanwending van die Handves
van Regte hou volgens Van der Walt25 weinig betekenis, maar wel metodologiese
implikasies in, as daar gesteun word op Van Dijkhorst R se siening in Jooste v
22
A van Aswegen “The Implications of a Bill of Rights for the Law of Contract and Delict” 1995 SAJHR 53.
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658.
24
Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH).
25
J van der Walt “Die Toekoms van die Onderskeid Tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale
Werking van die Grondwet (deel 1)” (2000) 2 TSAR 421. Sien verder J van der Walt “Perspectives on Horizontal Application:
Du Plessis v De Klerk Revisited” 1997 SAPL/SAPR 1.
23
162
Botha26 ten gunste van “the need to create new causes of action, should it be
impossible to disclose a cause of action in existing private law”. Dit word ook
verwoord deur Kriegler R in ´n minderheidsopinie in Du Plessis v De Klerk:27
“[I]t makes no fundamental difference with regard to such consequences whether the
horizontal application of Chapter 3 is direct or indirect. It has little, if any, effect
jurisprudentially or socially whether the chapter 3 rights are enforced directly or whether they
‘irradiate’private legal relationships.”
Gevolglik moet die indirekte horisontale toepassing van die Handves gesien word as:
“[...] a sound and courageous methodological procedure that takes seriously the challenge to
invigorate existing common law with constitutional values.”28
Die Handves van Regte vind toepassing op die totale reg, wat insluit wetgewing, die
gemenereg en gewoontereg wat alle private verhoudings reguleer. Dit was die
eenparige besluit van die Konstitusionele Hof rakende die tussentydse Grondwet in
Du Plessis v De Klerk29 en hoewel daar ´n verskil in opinie was rakende die direkte en
indirekte toepassing van die Handves op die gemenereg, is Woolman et al.30 van
mening dat “[it] does not affect the fact that all the judges were of the opinion that it
does apply”. In die private sfeer veral, word die steun en rationale vir die horisontale
werking verwoord deur Madala R in die saak van Du Plessis v De Klerk:31
“Those who would widen the scope of the operation of the Bill of Rights hold the
view that the verticality approach is unmindful of the modern day reality that in many
instances the abuse in the exercise of power is perpetrated less by the State and more by
private individuals against other private individuals.”32
Bepaalde regspersone kwalifiseer uit hoofde van hulle aard nie vir die beskerming van
sekere fundamentele regte nie. Volgens Pienaar33 bestaan daar geen voorskrifte ten
opsigte van die tipes regspersone wat beskerming geniet, al dan nie, en gevolglik sal
dit beide gemeenregtelike, sowel as statutêre regspersone wat nie as staatsorgane
26
Jooste v Botha 2000 (2) BCLR 187 (T).
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 (KH) par 122.
28
Van der Walt 2001 SAJHR 352.
29
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658.
30
S Woolman, T Roux en M Bishop Constitutional Law of South Africa (2009) 300.
31
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 op 727G-J.
32
Sien verder Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 en Van der Walt (2000) 2 TSAR 421; J van der Walt “Die Toekoms van
die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (deel 2)” (2000)
4 TSAR 605 en verder.
33
G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 566.
27
163
funksioneer nie, kan insluit. In Du Plessis v De Klerk34 bevestig die Konstitusionele
Hof egter dat die tussentydse Grondwet nie in die algemeen voorsiening maak vir die
direkte horisontale toepassing van fundamentele regte nie, hoewel die moontlikheid
van uitsonderings wel oopgehou is. In suiwer privaatregtelike aangeleenthede behels
dit dus dat die partye gewoonlik nie kan steun op fundamentele regte soos verskans in
hoofstuk 3 nie, maar ingevolge artikel 35(3) kan die horisontale werking van hoofstuk
3 wel indirek aanwending vind in privaatregtelike verhoudings deurdat die howe
gemagtig word om die gemenereg en gewoontereg te ontwikkel in ooreenstemming
met die gees, strekking en waardes vervat in die Grondwet. Dit geld dus vir die
interne reg van niestaatlike liggame en interne dissiplinêre verrigtinge moet
byvoorbeeld kragtens die gemenereg aan die beginsels van natuurlike geregtigheid
voldoen. Met betrekking tot die horisontale aanwending van die Handves en die
tussentydse Grondwet, merk Van der Vyver35 verder op dat die vereistes van ´n billike
verhoor, soos uiteengesit in artikel 25(3), sekerlik by die gemeenregtelike konsep van
“natuurlike geregtigheid” ingelees sal word. Die hof by monde van Kentridge R beslis
in hierdie verband soos volg:
“Fortunately, the Constitution allows for the development of the common law and
customary law by the Supreme Court in accordance with the objects of chapter 3. I have no
doubt that this subsection introduces the indirect application of the fundamental rights
provisions to private law. I draw attention to the words ‘have due regard to’ in s 35(3). That
choice of language is significant. The Lawgiver did not say that Courts should invalidate rules
of common law inconsistent with chapter 3 or declare them unconstitutional. The fact that
Courts are to do no more than have regard to the spirit, purport and objects of the chapter
indicates that the requisite development of the common law and customary law is not to be
pursued through the exercise of the powers of this Court under s 98 of the Constitution. The
presence of this subsection ensures that the values embodied in chapter 3 will permeate the
common law in all its aspects, including private litigation.”36
Die finale Grondwet bevat duideliker bepalings rakende die omskrywing van
regspersone as staatsorgane en die horisontale werking van die Grondwet, veral in die
geval van regspersone wat nie as staatsorgane optree nie. Artikel 2 van die
Grondwet37 bevestig die oppergesag van die Grondwet en bepaal uitdruklik dat enige
34
Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH).
Van der Vyver 1994 THRHR 378.
36
Du Plessis v De Klerk 1996 3 SA 850 (KH) 885E-H.
37
Artikel 2 bepaal: Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee
onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.
35
164
regsvoorskrif of optrede wat daarmee onbestaanbaar is, ongeldig is. Artikel 8 van die
Grondwet is veral van belang. Artikel 8(1) bepaal dat die Handves van Regte van
toepassing is op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die
regsprekende gesag en alle staatsorgane. Totale reg onderskei nie tussen die
onderlinge vertakkings van die reg soos privaatreg, publiekreg, strafreg, handelsreg,
en so meer, nie. Gevolglik is die Handves van Regte van toepassing op die totale reg
wat privaat verhoudings reguleer. Dit was ook die eenparige siening van die
Konstitusionele Hof in die saak van Du Plessis v De Klerk.38
Artikel 8(2) van die Grondwet bepaal dat die Handves van Regte ´n natuurlike of ´n
regspersoon bind indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van
die aard van die reg en die aard van enige plig daardeur opgelê. Die belangrike vraag
wat dus na vore kom is: Wat is die omvang van die horisontale toepassing van die
Handves op privaatregtelike regspersone?39 Volgens Pienaar40 is dit nie so eenvoudig
nie en hang dit nou saam met die vraag welke regspersone as staatsorgane getipeer
kan word. In die geval van verskeie kerkverbande is daar voor 2008 op statutêre wyse
bepaal dat die kerk ´n regspersoon is. Die blote feit dat ´n regspersoon statutêr in die
lewe geroep word, maak dit nie noodwendig ´n wetgewende of uitvoerende
staatsorgaan nie. Beide die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika en die
Metodistekerk van Suider-Afrika is in wetgewing as ´n (statutêre) regspersoon
beskryf.41 Beide wette is in 2008 herroep.42 Die Apostoliese Geloofsending van SuidAfrika en die Metodistekerk van Suider-Afrika sou egter moeilik as staatsorgane
getipeer kon word.
Die horisontale werking van Hoofstuk 2 van die Grondwet word egter verder
gekwalifiseer deur die “aard” van die reg en die verpligting wat opgelê word. Uit
hoofde van bogenoemde kwalifikasie blyk dit dat artikel 33 grotendeels geassosieer
38
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 par 72.
Verskeie akademiese literatuur het die lig gesien rakende hierdie onderwerp. Sien byvoorbeeld J Lourens en M Frantzen “The
South African Bill of Rights: Public, Private or Both: A Viewpoint on its Sphere of Application” 1994 CILSA 340; D van der
Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 1994 THRHR 378; E de Wet “Indirect Drittwirkung and the Application
Clause” 1995 SAJHR 610; HA Strydom “The Private Domain and the Bill of Rights” 1995 SAPR/PL 52; JWG van der Walt
“Perspectives on Horizontal Application: Du Plessis v De Klerk Revisited” 1997 SAPR/PL 1; JWG van der Walt “Die Toekoms
van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die lig van die Horisontale Werking van die Grondwet (deel 1)”
(2000) 2 TSAR 421; G Pienaar “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” (1997) 60 THRHR 566.
40
G Pienaar “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” 1998 PER/PELJ 5.
41
Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika is in terme van artikel 3 van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending
van Suid-Afrika 24 van 1961, soos gewysig deur Wet 4 van 1970, as regspersoon omskryf. Hierdie bepaling is ook gevind in
artikel 3 van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika 111 van 1978.
42
Sien onderskeidelik die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Metodistekerk van Suider-Afrika No. 45 van 2008
en die Wet op die Herroeping van die Private Wet op die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika No. 47 van 2008.
39
165
word met die funksies van die staat en die gevolglike uitoefening van publieke
funksies eerder as private funksies. Currie en De Waal43 voer dus aan dat die aard van
die reg op administratiewe optrede soos vervat in artikel 33 in die algemeen die
direkte toepassing van die Grondwet op private handelinge uitsluit. Hierdie siening
blyk in ooreenstemming te wees met die siening van Madala R in Du Plessis v De
Klerk44 met betrekking tot die bepaalde feitelike konteks as riglyn:
“We should examine every enumerated right and decide whether it can sensibly be applied in
the private domain. In support of this approach, it all depends on the nature and extent of the
particular right, the values that underlie it, and the context in which the alleged breach of the
right occurs.” [Eie kursivering.]
Woolman et al.45 voer aan dat die administratiefreg nog altyd aangewend is in die
ongelyke verhouding tussen privaat partye en dat dit moontlik sou wees om die
Handves van Regte aan te wend in vergelykbare verhoudings. Aangesien ´n Handves
van Regte hoofsaaklik gemik is op die regulering van ongelyke verhoudings, is dit
onwaarskynlik dat die Handves nuwe oplossings kan bied in suiwer privaatregtelike
verhoudings tussen gelyke privaat partye en bly die privaatreg die hoofbron van
geskille van so ´n aard. Artikel 8(2) maak voorsiening vir die algemene horisontale
toepassing, maar slegs waar hoofstuk 2 toepasbaar is en volgens Currie en De Waal46
moet die reg horisontaal toegepas word tensy dit per definisie onvatbaar is vir
horisontale aanwending.47 Dit sluit aan by die meer buigsame benadering van Cheadle
en Davis48 wat aanvoer dat ´n reg horisontaal aangewend sal word indien die reg
“capable [of] and suitable [for]” horisontale aanwending is. Die reg op
administratiewe geregtigheid (artikel 33) is dus ´n reg wat deur Currie en de Waal49
gesien word as “inherently incapable of horizontal enforcement” ingevolge artikel
8(2). Artikel 39 van die Grondwet bevat egter ´n verpligting om die gees, strekking en
oogmerke van die Handves van Regte te bevorder en bepaal soos volg:
43
I Currie en J de Waal The Bill of Rights Handbook (2005) 54.
Du Plessis v De Klerk 1996 (5) BCLR 658 par 161.
45
Woolman, Roux en Bishop Constitutional Law 307-308.
46
J de Waal, I Currie en G Erasmus The Bill of Rights Handbook (1998) 32.
47
Hier verwys hulle onder andere na kinders se basiese reg op voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike
dienste (artikel 28(1)(c)); politieke regte (artikel 19); die reg tot burgerskap (artikel 20); die reg van gearresteerde, aangehoue en
beskuldigde persone (artikel 35) en die reg op administratiewe geregtigheid (artikel 33).
48
H Cheadle en D Davis “The Application of the 1996 Constitution in the Private Sphere” (1997) 13 SAJHR 44.
49
De Waal, Currie en Erasmus The Bill of Rights Handbook 33-34.
44
166
“39(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemenereg of
gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die
Handves van Regte bevorder.
(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die
gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie
regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.”
Artikel 39 maak dus voorsiening vir die indirekte horisontale aanwending van die
Handves van Regte en word deur Hoexter50 gesien as “constitutional authority to set
public-law standards for ‘private administrators’ to follow where coercive power is
being exercised or where the relationship is one of inequality”. In hierdie verband
voer Rautenbach51 aan dat, aangesien die Handves van Regte spesifiek gerig is op die
beskerming van ongelyke regsverhoudinge tussen die staat en ander regsubjekte, die
gees, strekking en oogmerke dus ook in ag geneem moet word by “ongelyke
privaatregtelike verhoudings” en dus veral aanwending sal vind by vrywillige
verenigings. Volgens hom bestaan daar reeds administratiefregtelik die beginsel dat
sodanige verhoudings nie net bloot kontraktueel van aard is nie, maar dat
administratiefregtelike beginsels aanwending vind. Sy standpunt is verder dat:
“[...] administratiefregtelike beginsels op privaatregtelike regspersone van toepassing is,
uitgesonderd in gevalle waar dit uitdruklik kontraktueel tussen die partye uitgesluit is. As
gevolg van die ongelyke verhouding kan dit selfs wees dat die kontraktuele uitsluiting van
hierdie gemeenregtelike administratiefregtelike beginsels deur ´n hof onkonstitusioneel
bevind kan word.” 52
In die onlangse uitspraak in die saak van Taylor v Kurtstag53 aanvaar die hof by wyse
van
Malan
R,
soos
voorgestaan
deur
Rautenbach
en
Malherbe,54
dat
administratiefregtelike beginsels van toepassing is op ongelyke verhoudings soos dit
veral toepassing vind ten aansien van dissiplinêre aangeleenthede binne kerke en
geloofsinstellings, aangesien hierdie verhoudings gegrond is op “principles that are
applicable to the application of general rules to individual cases in all unequal
50
Hoexter Administrative Law 124.
IM Rautenbach General Provisions of the South African Bill of Rights (1995) 76-80.
52
Rautenbach General Provisions 76-80.
53
Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA 362 (W).
54
IM Rautenbach en EFJ Malherbe Constitutional Law 4th ed (2004) 201-205 vn 174, soos na verwys deur die hof in Taylor v
Kurtstag NO 2005 (1) SA par 42.
51
167
relationships”.55 Volgens Baxter56 bestaan daar twee verskillende lyne van beslissings
rakende die toepasbaarheid van hersiening van private instellings. Bogenoemde
benadering is in ooreenstemming met die wyer benadering tot hersiening, waar die
howe meer geredelik die kontraktuele terme sal interpreteer om ´n billike verhoor te
vereis voor dissiplinêre aksies geneem word en wanneer “a contracting party is not on
equal bargaining par with the other”. Die hof in Klein v Dainfern College57 verwys
met goedkeuring na bogenoemde siening van Baxter en beslis verder in hierdie
verband soos volg:
“No doubt the wider or more liberal approach to judicial review is based partly upon the
realisation that members of private organisations often have little real choice over the terms of
their agreements at all, including those relating to penal and disciplinary provisions. It is
submitted that this view is more realistic.”58
Uit ´n Engelse benadering huldig Hunt59 die mening dat “the very existence of
institutional power capable of affecting rights and interests” voldoende behoort te
wees vir die hersiening van die betrokke handeling van ´n liggaam. Soos De Ville60
tereg opmerk, is die keuse om ´n bepaalde godsdiens te beoefen of politieke party te
steun in bepaalde gevalle wel beperk en die blote (teoretiese) feit dat iemand oor ´n
“keuse” ten aansien van verskillende instellings of organisasies beskik “should not
influence the categorising (coercive) action which has important consequences for
those affected by the actions of such ‘voluntary’ associations”. Hy gaan selfs so ver as
om aan te voer dat:
“because of the likely effect of s 39(2) of the Constitution, it matters little for purposes of
determining the grounds of review to which voluntary associations are subject, whether their
(coercive) actions qualify as administrative action.”61
Met betrekking tot artikel 39(2) was Malan R in Taylor v Kurtstag62 egter nie bereid
om verder op die saak in te gaan nie. Dit is ook duidelik uit die uitspraak van Claassen
R in Klein v Dainfern College63 dat die hof nie sy beslissing gebaseer het op die
55
Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA par 42.
Baxter Administrative Law 340.
57
Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T).
58
Sien Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 16.
59
M Hunt “The Province of Administrative Law” in M Taggart (ed) Constitutionalism and the Contractualisation of Government
in the United Kingdom (1997) 32.
60
JR de Ville Judicial Review (2005) 51.
61
De Ville Judicial Review 50.
62
Taylor v Kurtstag NO 2005 (1) SA 362 (W) par 42.
63
Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 23.
56
168
toepassing van artikel 39(2) nie, inteendeel, die hof is van mening dat “the object and
the spirit of the Bill of Rights is, inter alia, to curtail excess of public power by organs
of State and not private institutions”. [Eie kursivering.] Claassen R gaan verder van
die standpunt uit dat die hersiening van private funksies nie per se deur die Grondwet
uitgesluit word nie en voer aan dat:
“The extension of judicial review to domestic tribunals exercising public powers does not,
however, mean that judicial review is now limited to such instances. Such extension did not,
in my view, extinguish the courts’ powers of judicial review in instances where coercive
actions of domestic tribunals not exercising public powers are at stake [...] No rational reason
exists to exclude individuals from the protection of judicial review in the case of coercive
actions by private tribunals not exercising any public power. To my mind the Constitution
makes no pronouncements in respect of this branch of private administrative law. Thus,
continuing to apply the principles of natural justice to the coercive actions of private tribunals
exercising no public powers will in no way be abhorrent to the spirit and purport of the
Constitution.”64
Met verwysing na die beginsels van natuurlike geregtigheid, blyk dit dat die hof die
hersiening van private funksies eerder sien in die lig van die toepassing van die
gemeenregtelike beginsels, as die indirekte toepassing van die Handves deur middel
van artikel 39(2) van die Grondwet. Hoewel De Ville ´n meer radikale benadering
volg ten aansien van die toepassing van artikel 39(2), bevestig hy die gemeenregtelike
hersiening van sodanige funksies soos volg:
“Insofar as voluntary associations or domestic tribunals are concerned, their actions (insofar as
these actions were of a coercive nature, for example, disciplinary proceedings) have in the past
been held to be subject to administrative law principles. Whereas some commentators have
taken the view that the (coercive) actions of these associations would qualify as administrative
action, others have argued that the actions of these bodies will generally not so qualify as they
do not exercise public powers or perform public functions. If the latter approach is adopted,
the coercive actions of voluntary associations would nevertheless still be subject to review on
the basis of common-law administrative principles.”
Dit blyk dus uit bogenoemde dat selfs na aanvang van die nuwe grondwetlike
bedeling, die gemeenregtelike beginsels steeds aanwending vind, maar wel binne wat
64
Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 24.
169
beskou word as die beperkte area van “private administratiefreg”. Dit word soos volg
deur die hof beaam in Klein v Dainfern:65
“I am in agreement with the following words [...] ‘Administrative action’ is the conduct of
public authorities and indeed private entities when they exercise public powers, perform
public functions or are obliged to exercise authority in the public interest. This means that
common-law review now only applies in a very narrow field in relation to private entities that
are required in their domestic arrangements to observe the common-law principles of
administrative law. This applies in relation to voluntary associations, such as sporting clubs
and religious organisations.”
7.3.2
Die toepassing van artikel 33 en PAJA
Artikel 33 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg op administratiewe optrede het
wat regmatig, redelik en prosedureel billik is en dat elkeen wie se regte nadelig deur
administratiewe optrede geraak is, die reg op die verskaffing van skriftelike redes het.
Artikel 33 verwag meer as net blote nakoming van formaliteite. Dit impliseer ook die
nakoming van die vereistes van substantiewe billikheid en redelikheid. In artikel 33
van die Grondwet val die klem sterk op die feit dat die toepassing nie net prosedureel
is nie, maar ook substantief. PAJA gee wetgewende vorm en inhoud aan die beginsels
van artikel 33 en vorm die wetgewende grondslag van die algemene administratiefreg
in Suid-Afrika.
´n “Administratiewe handeling” word kragtens die wet omskryf as enige besluit
geneem, of die versuim om ‘n besluit te neem, deur ‘n staatsorgaan wat mag uitoefen
kragtens die Grondwet of ‘n provinsiale Grondwet; of waar sodanige staatsorgaan ‘n
publieke mag uitoefen of ‘n publieke funksie vervul kragtens enige wetgewing. Die
definisie sluit ook ‘n natuurlike persoon of ‘n regspersoon in, indien sodanige persoon
kragtens ‘n magtigende bepaling ‘n publieke mag uitoefen of ‘n publieke funksie
vervul. Die definisie omvat ook ‘n lys van uitsluitings wat vir doeleindes van hierdie
bespreking nie relevant is nie. Die klem val dus op ´n publieke funksie of ´n publieke
mag. Uit die betekenis van ´n administratiewe handeling soos dit toepassing vind in
artikel 33 van die Grondwet en PAJA is dit duidelik dat ´n administratiewe handeling
grotendeels geassosieer word met die funksies van die staat en die gevolglike
65
Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T) par 20.
170
uitoefening van publieke funksies eerder as private funksies. Volgens Currie en
Klaaren:66
“It
is
submitted,
following
the
Pharmaceutical
Manufacturers’
decision,
that
‘administrative action’ for purposes of the constitutional right does not, as a general rule,
include the conduct of private, non-statutory bodies that have been subjected at common law
to administrative law principles, such as voluntary associations exercising contractual
disciplinary powers. It will, however, apply to those persons where those persons are
exercising public power or performing public functions.”
Hierdie benadering deur Currie en Klaaren word gekritiseer deur Burns67 en beskou as
“too limited and legalistic”. Sy voer aan dat die beginsels van administratiewe
geregtigheid in die algemeen en die beginsels van prosedurele billikheid in besonder
op handelinge deur ´n huishoudelike tribunaal en vrywillige verenigings toegepas
moet word. Die vraag wat onmiddellik ontstaan, is: Wat van geloofsinstellings? Geld
hierdie siening ook vir geloofsinstellings en, indien wel, tot watter mate? Pretorius68
voer aan dat daar geargumenteer kan word dat ´n vrywillige vereniging wel ´n
administratiewe handeling verrig deur die bepalings van die vereniging se konstitusie
te implementeer en deur die belange van die vereniging te administreer. Hy voer
verder aan dat:
“By analogy, it may be suggested that an act of an ‘administrative nature’ is, in broad terms,
an act performed in the exercise of any power derived from an ‘empowering provision’ and is
concerned with the application of rules.”
So gesien, sal die skorsing van ´n lid ooreenkomstig die bepalings van die vrywillige
vereniging se konstitusie of die beëindiging van die kontrak tussen die vereniging en
die lid ´n handeling van ´n administratiewe aard wees. So ´n handeling mag egter wel
van ´n administratiewe aard wees, maar gesien in die lig van die definisie van ´n
administratiewe handeling en die siening van onder andere Currie en Klaaren,69 is dit
te betwyfel dat so ´n handeling van ´n vrywillige vereniging as ´n algemene reël
beskou sal word, as van ´n publieke aard te wees of geklassifiseer kan word as die
uitoefening van ´n publieke funksie. Hierdie siening word ook gesteun deur
66
I Currie and J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook (2001) 71.
Y Burns “Do the Principles of Administrative Justice Apply to the Actions of Domestic Bodies or Voluntary Associations such
as the South African Rugby Football Union and the United Cricket Board?” (2002) 17 SAPR/PL 374.
68
DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 399.
69
Currie and Klaaren Benchbook 71.
67
171
Pretorius70 wat verder aanvoer dat daar wel uitsonderingsgevalle kan wees. Indien ´n
vrywillige vereniging dus wel ´n handeling verrig wat van ´n publieke aard is, sal
hierdie handeling direk onderhewig wees aan die vereistes van PAJA. Dit is dikwels
die vrywillige aard van die verhoudings wat die optrede van huishoudelike tribunale
onderskei van dié van openbare liggame en staatsorgane. Dit is juis hierdie vrywillige
aard wat daartoe aanleiding gegee het dat die howe al dikwels die ooreenkoms tussen
die vereniging en sy lede beperkend uitgelê het en geregtelike hersiening gevolglik
geweier het.71 Ander howe het egter ook al beslis dat dissiplinêre verhore onderhewig
is
aan
die
beginsels
van
prosedurele
billikheid
en
aan
die
hof
se
72
hersieningsbevoegdheid. Hieronder volg enkele voorbeelde.
7.3.3
Administratiewe geregtigheid by wyse van analogie
´n Administratiefregtelike verhouding word gekenmerk deur ´n ongelyke verhouding,
wat weer gekenmerk word deur die teenwoordigheid van owerheidsgesag,
waarvolgens een party in ´n magsposisie is teenoor ´n ander wat in ´n ondergeskikte
posisie is. By huishoudelike tribunale is dit juis die vrywillige aard van die
verhouding wat dit van staatsorgane of instellings van openbare gesag onderskei. Daar
moet ook in ag geneem word dat die toelating, skorsing en ander dissiplinêre
aangeleenthede van vrywillige verenigings deur die vereniging se interne verbandsreg
(statuut en konstitusie) bepaal word en deur die howe op grond daarvan geïnterpreteer
en uitgelê sal word. Daar moet verder ook in ag geneem word dat die doel van
administratiewe geregtigheid is:
“[...] to promote accountability, transparency, openness and participation on the part of the
administration and to protect the individual and it seems illogical to assume that these
principles will not apply to the sphere of voluntary associations and similar bodies, in
instances where the individual is in a similar subordinate position.”73
70
Pretorius 2002 SALJ 399.
Sien byvoorbeeld Constantinides v Jockey Club of South Africa 1954 (3) SA 35 (K); Bekker v Western Province Sports Club
(Inc) 1972 (3) SA 803 (K); Carr v Jockey Club of South Africa 1976 (2) SA 717 (W); Cronje v United Cricket Board of South
Africa 2001 (4) SA 1361 (T).
72
In Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T) is die verrigtinge van ´n dissiplinêre
komitee van die Rugbyunie op hersiening geneem. Die hof bevind dat hoewel die rugbyklub nie ´n gesaghebbende
administratiewe liggaam is nie, het dit ´n interne gesagstruktuur en ´n verhouding van gesag wat die reëls van administratiefreg
toepasbaar maak.
73
Burns 2002 SAPR/PL 379.
71
172
Gevolglik is Burns74 van mening dat:
“The unequal relationship in private law in the sphere of voluntary associations is in
many respects analogous to the authoritative relationship encountered in public law. This is
why the rules of administrative law are often applied by way of analogy to the disciplinary
actions of private-law associations at common law.”
In die saak van Baloro v University of Bophuthatswana75 bevind die hof dat
organisasies soos die Mediese en Tandheelkundige Raad en regsverenigings vir
doeleindes van die Handves van Regte in die tussentydse Grondwet as staatsorgane
geag moet word. Hierdie siening word uitdruklik verwerp deur Van Dijkhorst R in
Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and
Broadcasting76 waar hy soos volg beslis:
“[…] it is not functioning at a level of government. It regulates a very small group within
society – much smaller than the group of rugby players under the control of a provincial rugby
union (which does not function at a level of government). Even though the State may have
appointed some members of the governing body, it cannot control.”
Die hof maak dit egter duidelik dat hoewel die Raad nie ´n staatsorgaan is en van ´n
publieke aard is of ´n publieke funksie vervul nie, dit egter dissiplinêre stappe teen sy
lede kan neem. Die hof kan vereis dat administratiefregtelike reëls, meer spesifiek die
reëls van natuurlike geregtigheid, op die handeling van die Raad toegepas word. Dit
sluit aan by die bovermelde siening van Burns wat ook binne geloofsinstellings en
diensooreenkomstige dissiplinêre handeling teen lede of ´n predikant toegepas kan
word. Die administratiefreg in die algemeen en die reëls van natuurlike geregtigheid
in die besonder sal gevolglik aanwending vind. In die saak van Carr v Jockey Club of
SA77 beslis die hof dat hoewel ´n jokkieklub, ´n vrywillige vereniging met
semiprofessionele status is, dit nie ´n administratiewe owerheidsorgaan is nie,
aangesien dit nie deur wetgewing in die lewe geroep is nie en dit ook nie
owerheidsgesag uitoefen nie. Die howe sal egter die administratiefreg by wyse van
analogie toepas, waar daar ´n interne hiërargie van gesag is, byvoorbeeld waar
tugoptrede teen ´n jokkie ingestel word, ten spyte van die privaatregtelike basis van
die verhouding. In die saak van Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse
74
Burns 2002 SAPR/PL 379.
Baloro v University of Bophuthatswana 1995 (4) SA 197 (B).
Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and Broadcasting 1996 (3) SA 800 (T) 809.
77
Carr v Jockey Club of SA 1976 (2) SA 717 (W).
75
76
173
Rugby-Unie78 het die hof bevind dat alhoewel ´n rugbyklub nie ´n administratiewe
liggaam is nie, die reëls van die administratiefreg op sy handelinge van toepassing is,
aangesien die klub sy eie interne hiërargie het en in ´n gesagsverhouding teenoor sy
lede staan. Kerke en ander geloofsinstellings beklee geen owerheidsgesag nie, word
selde deur wetgewing in die lewe geroep en verrig selde ´n publieke funksie. Hulle
beskik egter steeds oor ´n interne hiërargie en interne verhoudings gegrond op gesag,
wat die toepassing van administatiefreg regverdig.
´n Interessante voorbeeld tref ons aan in die saak van Cronje v United Cricket Board
of South Africa.79 Die voormalige krieketkaptein Hansie Cronje is deur die Verenigde
Krieketraad lewenslank uit krieket geskors. Cronje het sewe dae gehad om enige
voorleggings te maak met betrekking tot die besluit. Hy het aansoek gedoen vir ´n
bevel om die besluit te hersien en tersyde te stel op grond van die nienakoming van sy
grondwetlike reg tot administratiewe geregtigheid deurdat hy geregtig was op ´n
verhoor alvorens die besluit geneem is. Die hof beslis soos volg:
“The respondent is not a public body. It is a voluntary association wholly unconnected to the
State. It has its origin in contract and not in statute. Its powers are contractual and not
statutory. Its functions are private and not public. It is privately and not publicly funded [...]
The conduct of private bodies, such as the respondent, is ordinarily governed by private law
and not public law. It does not exercise public power and its conduct is accordingly not
subject to the public law rules of natural justice.”80
Kirk-Cohen R bevind verder dat die reëls van natuurlike geregtigheid publiekregtelike
reëls is en dat privaat individue en liggame die reëls uitdruklik of by noodwendige
implikasie in ´n kontrak kan insluit. Slegs waar dit so geïnkorporeer is, kan dit
aanwending vind in die verhouding tussen die vereniging en sy lede.81 Burns82 is van
mening dat die hof tot ´n ander gevolgtrekking sou kom indien dit die horisontale
aanwending van die Grondwet en die gemeenregtelike benadering tot die toepassing
van die reëls van natuurlike geregtigheid op vrywillige verenigings en artikel 39(3) in
ag geneem het. Sy voer verder aan dat indien Kirk-Cohen R artikel 8(3)83 van die
78
Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T).
Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T).
80
Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T) 1375.
81
Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T) 1376.
82
Burns 2002 SAPR/PL 377.
83
Artikel 8(3) lui soos volg:
By die toepassing van ´n bepaling van die Handves van Regte op ´n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)(a) moet ´n hof, ten einde gevolg te gee aan ´n reg in die Handves die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate
waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en
79
174
Handves toegepas het, hy die appellant die reg om aangehoor te word alvorens ´n
besluit geneem word, sou toelaat.
Met betrekking tot geloofsinstellings tref ons ´n interessante voorbeeld aan in die
Engelse regspraak, wat ook die Engelse posisie ten aansien van die hersiening van
private funksies kortliks opsom. In Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew
Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann84 is ´n
deklarasie uitgevaardig deur Lord Jakobovits, die waarnemende hoofrabbi van Groot
Brittanje en die Gemenebes, in terme waarvan die applikant, Ivan Wachman, beskou
is as “no longer [...] morally and religiously fit to hold rabbinical office”.85 Die
deklarasie is aangeveg op grond van die skending van die beginsels van natuurlike
geregtigheid en die belangrike vraag voor die hof was of die dissiplinêre funksies van
die hoofrabbi vatbaar was vir geregtelike hersiening ten opsigte van die uitvoer van sy
funksies as spirituele hoof van die United Hebrew Congregations of the British
Commonwealth. Van die belangrikste funksies van die rabbi word uiteengesit as “to
advise and rule on matters of Jewish law, ritual, and doctrine, [...] to certify religious
officiants as religiously and morally fit (or unfit) to hold their respective offices
within their congregation”.86 Simon Brown R oorweeg die argumente teen en ten
gunste van geregtelike hersiening en beslis soos volg:
“I can see no distinction in this regard between rabbis and, for instance, members of the Bar,
or members of a university. So far as the Bar and universities are concerned, once the
exclusive visitorial jurisdiction has been invoked and exhausted, the court can review the
visitor’s decision: it does not decline such review on the footing that those aggrieved chose
rather than were compelled to go to the Bar or University.”87
Hy kom dan egter tot die finale beslissing dat die funksies van die hoofrabbi “are
essentially intimate, spiritual and religious functions which the government could not
and would not seek to discharge in his place were he to abdicate his regulatory
responsibility”.88 Die regter gaan voort om te beslis dat ´n hof kwalik in ´n posisie is
(b) kan ´n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36 (1)
is.
84
Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann
(1992) 1 WLR 1036 (QB).
85
GN Barrie “Judicial Review of Disciplinary action of Ecclesiastical Body” 1993 TSAR 339.
86
Barrie 1993 TSAR 339.
87
Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann
(1992) 1 WLR 1036 (QB) 1040.
88
Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann
(1992) 1 WLR 1036 (QB) 1042.
175
om te beslis wat ´n essensiële religieuse funksie is en wanneer ´n persoon moreel en
religieus bevoeg is om sy geestelike en pastorale funksies te vervul. Hy beslis dan
soos volg:
“One cannot, therefore, escape the conclusion that if judicial review lies here, then one way or
another this secular court must inevitably be drawn into adjudicating upon matters intimate to
a religious community.”89
Volgens Barrie90 kom die “Queen’s Bench Divisions’ approach to judicial review of
the Disciplinary function of a Chief Rabbi [...] as a surprise”. Hy steun op Grundling
v Van Rensburg91 en skrywers soos Wiechers, Baxter, Boulle et al. en die siening
vanuit die gemenereg dat die dissiplinêre funksies van religieuse liggame vatbaar is
vir geregtelike hersiening op grond van die ongelyke verhouding en verreikende effek
van die betrokke handeling. Hierdie siening is inderdaad korrek, maar moet ook
gesien word in die lig van die beginsel van nie-inmenging (non-entanglement
doctrine) in leerstellige kwessies, wat die howe daarvan weerhou om inbreuk te maak
op die kerk se “outonome sfeer”. Geloofsinstellings geniet dus ´n veld van outonomie
wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit mag voortspruit.
Gevolglik staan ´n benadering soos gevolg deur Malan R in Taylor v Kurtstag92 in lyn
met beide bogenoemde sienings. Hy aanvaar dat besluite deur die Joodse Beth Din
vatbaar is vir geregtelike hersiening, maar beklemtoon ook die belangrikheid van
terughoudendheid wanneer hy soos volg beslis:
“Although the decision of the Beth Din are subject to judicial scrutiny, just as those of any
other faith are, the values embodied in the doctrines of entanglement and the reluctance to
interfere in matters of faith, whether procedural or otherwise, cannot be discarded [...]”
Na die beslissing in Wachman is daar in Engeland as ´n algemene reël “no
governmental interest in the functioning of religious organizations, judicial
supervision is rare”.93 De Smith, Woolf en Jowell94 is van mening dat die howe in
Engeland huiwerig moet wees om betrokke te raak by die beslegting van
89
Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the Commonwealth, ex parte Wachmann
(1992) 1 WLR 1036 (QB) 1043.
90
Barrie 1993 TSAR 338-339.
91
Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W).
92
Taylor v Kurtstag 2004 (4) All SA 317 (W) par 61.
93
M Hill “Judicial Approaches to Religious Disputes” in R O’Dair en A Lewis (eds) Law and Religion (2001) 410, sien ook R v
Imam of Bury Park Jami Masjid ex p. Sulaiman Ali 919920 COD 132, waar ´n Imam se beslissing dat die applikant nie kon stem
in die verkiesing van die uitvoerende komitee van die moskee nie, nie beskou is as vatbaar vir geregtelike hersiening nie,
aangesien dit betrekking gehad het op intieme godsdienstige belange van die godsdientige gemeenskap.
94
S de Smith, H Woolf en J Jowell Judicial Review of Administrative Action (1995) 186.
176
godsdienstige geskille en dat inmenging beperk moet word tot geskille van “manifest
injustice” en waar daar geen alternatiewe remedies beskikbaar is nie.95 Lord Woolf96
is egter ten gunste van ´n breër benadering tot geregtelike hersiening en is van mening
dat dit uitgebrei moet word om alle liggame wat mag oor ´n ander uitoefen en in ´n
posisie is om nadeel te veroorsaak, in te sluit, al is dit ´n godsdienstige liggaam. Hy
word gesteun in sy siening deur Pannick,97 wat self van mening is dat die howe ´n
meer buigsame benadering moet volg ten aansien van geregtelike hersiening.98
Bogenoemde bespreking het die soms moeilike onderskeid tussen publieke en private
funksies uitgelig vir doeleindes van geregtelike hersiening en die toepassing van die
reëls van natuurlike geregtigheid. Dit regverdig ´n verdere bespreking wat die
skeidslyn tussen die private en publieke sfeer in nadere besonderhede ondersoek.
7.4
DIE ONDERSKEID TUSSEN PUBLIEK- EN PRIVAATREG
Minow99 maak die volgende opmerking:
“For private, including religious, traditions, insulation from governmental control, and even
from the temptation to use government to dominate other groups, is vital to retaining vibrant
distinctiveness and religiously-informed paths of development.”
Die vervlegting en vervaging van die onderskeid tussen privaatregtelike en
publiekregtelike verhoudings was duidelik ter sprake in die saak van Fose v Minister
of Safety and Security100 en die volgende dictum van Ackerman R:
“It is both undesirable and unnecessary, for purposes of this case, to attempt to do that which
has seemingly eluded scholars in the past and given rise to wide differences of opinion among
them, namely the drawing of a clear and permanent line between the domains of private law
and public law and the utility of any such efforts. Much of this interesting debate is concerned
with an analysis of power relations in society; the shift which has taken place in the
demarcations between ‘private law’ and ‘public law’; how functions traditionally associated
with the State are increasingly exercised by institutions with tenuous or no links with the
State; how remedies such as judicial review are being applied in an ever widening field and
95
Dieselfde benadering word gevolg deur SH Baily, B Jones en AR Mowbray Cases and Materials on Administrative Law 1997
826 en P Craig Administrative Law (2003) 820.
96
H Woolf “Judicial Review: A Possible Program for Reform” 1992 Public Law 221.
97
D Pannick “Who is the Subject of Judicial Review and in Respect of What?” 1992 Public Law 1.
98
GN Barrie “Judicial Review and Religious Freedom in South Africa” 2005 TSAR 167.
99
M Minow “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Non-profit and Profit, and Secular and
Religious” (2000) 80 B.U.L.Rev 1081.
100
Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH).
177
how legal principles previously only associated with private legal relations are being applied
to State institutions. Suffice it to say that it could be dangerous to attach consequences to or
infer solutions from concepts such as ‘public law’ and ‘private law’ when the validity of such
concepts and the distinctions which they imply are being seriously questioned.”101
´n Interessante ontwikkeling op hierdie terrein vind ons in die VSA. Binne die
konteks van ´n grootskaalse welsynshervormingsprogram, is ´n stelsel genaamd
“Charitable
Choice”
aangeneem,
wat
geloofsinstellings,
sowel
as
ander
gemeenskapsorganisasies die bevoegdheid gee om as kontrakteurs deel te neem aan
die administrasie van ´n nuwe federale welsynsprogram.102 Wat “Charitable Choice”
vir geloofsinstellings beteken, is dat indien die staat besluit om federale fondse aan te
wend om met privaat organisasies te kontrakteer, die staat “faith-based organisations”
moet toelaat om vir hierdie kontrakte mee te ding en dat geen beperkings geplaas mag
word op hulle godsdienstige karakter en praktyke nie. Ons sien dus ´n duidelike band
tussen openbare fondse en private betalings en sekulêre programme en godsdienstige
verskaffers. Die reg beskerm pertinent die vryheid van godsdiens van beide verskaffer
en ontvanger. In die praktyk bring dit dus mee dat ´n geloofsinstelling nie mag
diskrimineer teenoor ´n begunstigde op grond van godsdiens of die weiering om aan
godsdienstige aktiwiteite deel te neem nie. Eweneens het die godsdienstige verskaffer
die reg om enige godsdienstige kuns of simbole te vertoon en godsdienstige kriteria te
gebruik in die aanstel van werknemers.103
Wêreldwyd sien ons die tendens van samewerkingsooreenkomste tussen owerheid en
“faith-based organisastions” veral ter verligting van armoede en nood. Hierdie
sogenaamde publieke/private ooreenkomste sluit dus regerings-godsdienstige
samewerking
in
en
vind
winsgewende/niewinsgewende
ook
uiting
sektore,
in
die
waaronder
staatlike/niestaatlike
maatskaplike
welsyn.
en
Die
publieke/private onderskeid vervaag al hoe meer soos private niewinsgewende
organisasies al hoe meer afhanklik raak van die staat vir fondse, maar ook ´n al
belangriker rol speel in die veld van onderwys, gesondheid en maatskaplike welsyn.
Die
winsgewende/niewinsgewende
onderskeid
blyk
ook
te
vervaag
soos
niewinsgewende organisasies gedurig op soek bly na voldoende fondse, self betrokke
101
Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH) 818G-819H.
IC Lupu en R Tuttle “Giannella Lecture: The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” (2002) 47
Vill. L. Rev. 45-46.
103
Minow 2000 B.U.L.Rev 1064.
102
178
raak
by
winsgewende
aktiwiteite
en
ooreenkomste
en
borgskappe
en
samewerkingsverbande aangaan met ander winsgewende organisasies.
Hierdie noodwendige interaksie en moontlike oorvleueling tussen die publieke en
private sfeer veroorsaak ook ten aansien van geloofsinstellings ´n belangrike
onderskeid en oorvleueling met betrekking tot die sekulêre en die godsdienstige sfeer.
Soos reeds gesien in Hoofstuk 4, word daar toenemende druk op geloofsinstellings
geplaas om van die staat se openbare welsynspligte oor te neem, ten spyte van ´n
onlangse
hofbeslissing
wat
aangetoon
het
dat
dit
ongrondwetlik
vir
regeringsinstansies is om nie hulle grondwetlike verantwoordelikhede na te kom
nie.104 Dit is dikwels ´n soort reaksie op swak dienslewering en word soos volg
verwoord:
“[...] governments fail to provide education, substance abuse treatment, welfare, corrections,
and dispute resolution because governments neglect people’s spiritual side and lack the power
of religious teachings, traditions, rituals, and communities. Governmental programs do not
generate a sense of ‘moral obligation’ that is essential to education and social services, but
community-based private alternatives do.”105
Wanneer geloofsinstellings egter by sulke projekte en dienste betrokke raak, loop
hulle die risiko van staatsinmenging, wat hulle eie geloofsidentiteit en doelstellings in
gedrang kan bring. Hoe meer hulle ook verder afhanklik raak van staatsondersteuning,
hoe makliker kan so ´n organisasie onder druk kom om hulle onafhanklikheid en
godsdiens prys te gee. Die paradoks lê verder in die feit dat, terwyl daar druk op die
regering geplaas word vir private godsdienstige alternatiewe en die regering
gekritiseer word vir hulle onvermoë, private godsdienstige organisasies hulle steeds in
´n toenemende mate wend tot die regering vir fondse, maar nie hulle “eiesoortige”
posisie en soewereiniteit in die samelewing wil prysgee nie. Dit sluit aan by die
vorige bespreking dat die aard van die organisasie en die mate waarin die organisasie
in die publieke sfeer optree, sal bepaal tot welke mate die staat in die werksaamhede
van hierdie organisasie sal inmeng. Dit beteken egter nie dat die plek van ´n suiwer
104
Sien bespreking in Hoofstuk 4 en National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisations and
Others v MEC of Social Development, Free State and Others (1719/2010) [2010] ZAFSHC 73 (5 August 2010).
105
Minow 2000 B.U.L.Rev 1076.
179
private sfeer ingeperk moet word nie. So ´n benadering “would diminish, not
strengthen, human freedom and dignity”.106
Minow107 voer tereg aan dat “commitment to some form of distinction between the
public and private realm is also vital to a vibrant pluralistic society”. Die streng
regulering van die openbare orde, formaliteite en regulasies, deursigtigheid en
deelname kan ´n wesenlike inbreukmaking op belangrike aspekte van vrye
uitdrukking, beoefening en geloof daarstel wat geassosieer word met eiesoortige
kulturele, religieuse en individuele praktyke. Die “private” sfeer kan in die slag bly as
die toenemende betrokkenheid by “openbare” aktiwiteite gepaard gaan met al hoe
meer beperkende reëls en regulasies. Dieselfde argument vind ons in die lewendige
debat oor die skeiding van magte tussen die wetgewende, uitvoerende en
regsprekende regeringsfere waar Regter Frankfurter van Amerika dieselfde
benadering volg deur aan te voer dat so ´n kategorisering en definisie nie kan geskied
bloot op grond van ´n abstrakte analise nie. Toegepas op die private/publieke debat,
kan selfs ook aangevoer word dat hierdie twee sfere “partly interacting, not wholly
disjointed” is.108
Met betrekking tot geregtelike hersiening in die private sfeer, volg die Skotse howe ´n
baie meer soepel benadering as wat die geval is ten aansien van die Engelse howe. In
die Skotse reg sien ons dat die streng onderskeid tussen publiek- en privaatreg
verwerp word “wherever a decision-making power is conferred on somebody,
whether by statute or private contract or some other instrument, and that body exceeds
or abuses its power or fails in its duty”.109 Die hof mag tussenbeide tree indien so ´n
liggaam sy eie reëls en statuut verontagsaam of die reëls van natuurlike geregtigheid
skend, selfs waar dit die bestuursorgaan van ´n private vereniging is. Sodoende word
geregtelike hersiening selfs uitgebrei ten opsigte van besluite deur godsdienstige
liggame110 indien hulle optredes onregmatig en onredelik is. So ´n sisteem staan baie
106
Minow 2000 B.U.L.Rev 1080.
Minow 2000 B.U.L.Rev 1081.
108
T Koopmans Courts and Political Institutions. A Comparative View (2003) 165.
109
W Wade en C Forsyth Administrative Law (2009) 548.
110
Sien McDonald v Burns 1940 SLT 325 (susters is geskors uit ´n Rooms-Katolieke klooster en die verrigtinge is bevoeg
verklaar deur die hof).
107
180
meer in lyn met die Suid-Afrikaanse benadering en word deur Wade en Forsyth111
soos volg beskryf:
“Justice can thus be done in cases which lie beyond the reach of the rigid English system with
its misguided public and private law dichotomy, and procedural obstacles and dilemmas are
avoided.”
Dit is duidelik dat die skeidslyn tussen die private en publieke sfeer wel ´n dinamiese,
niestatiese en soms problematiese skeidslyn is wat gedurig aan die beweeg is en ´n
uitdaging inhou vir spelers aan beide kante van die skeidslyn. Dit word nie betwis dat
hierdie skeidslyn wel beweeg en soms oorhang na die een of ander kant nie. Wat
belangrik is, is dat hierdie skeidslyn wel in posisie bly en nie so oorhang dat dit breek
of ´n totale vervaging tot gevolg het nie. In bovermelde voorbeelde het dit duidelik na
vore gekom dat die kontraktuele aard van ´n verhouding dikwels die toepassing van
geregtelike hersiening in die algemeen, maar meer spesifiek die reëls van natuurlike
geregtigheid uitgesluit het. Die posisie en aanwending van die kontraktereg binne
huishoudelike tribunale sal nou verdere aandag geniet. Volgens Hoexter112 is daar
twee benaderings: die suiwer kontraktuele benadering en die publiekregtelike
benadering. Ingevolge die suiwer kontraktuele benadering word die verhouding tussen
die partye gesien as suiwer kontraktueel van aard, wat gevolglik gegrond is op
konsensus en slegs deur die privaatreg beheers word, ongeag die feit dat een van die
partye wel ´n publieke karakter kan openbaar of wetgewing ter sprake kan wees. Die
verpligtinge van die partye spruit voort uit die terme van die kontrak en die reëls van
die administratiefreg word vermy.
Suiwer kontraktuele beredenering is dikwels gebruik om ´n eis vir prosedurele
billikheid te verydel soos die opvatting van Pickard WAR, naamlik dat die reëls van
natuurlike geregtigheid “have no application in matters of contractduidelik
illustreer.113 In hierdie geval het die saak gehandel oor die skorsing van ´n student,
wat dus ´n dissiplinêre aangeleentheid was en wat volgens Hoexter114 nog altyd
vatbaar vir geregtelike hersiening was, selfs waar ´n besluit deur ´n private eerder as
´n publieke liggaam genoem is. Die aard van die bevoegdheid wat die huishoudelike
tribunaal uitoefen, is van groot belang ten aansien van die toepassing van die
111
Wade en Forsyth Administrative Law 548.
C Hoexter “Contracts in Administrative Law: Life after Formalism?” (2004) 121 SALJ 599.
Sien Pickard WAR in Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck).
114
C Hoexter 2004 SALJ 603.
112
113
181
publiekregtelike plig om redelik en billik op te tree, soos Cockrell115 tereg
argumenteer:
“At the level of legal platitude it could simply be said that such a duty arises from the express
or implied terms of the contract itself. But at a deeper level the legal basis of this duty is
considerably more enigmatic, and the implicit presumption in favour of its inclusion seems to
be better explained in terms of the good faith basis of our law of contract. The law’s
willingness to import the duty to comply with the administrative-law standards of bounded
rationality may also be explained on the basis that the domestic tribunal possesses the sort of
hierarchical power which mimics the exercise of state power. In sum, the role of the contract
in the importation of these administrative-law duties seems to be a relatively passive one,
since the contract is simply the empty vessel into which the duty is poured. The default
presumption in favour of the inclusion of the duty is triggered by the nature of the power
which the tribunal exercises.” [Eie kursivering.]
Die aard van veral dissiplinêre optrede neig ten gunste van die toepassing van die
reëls van natuurlike geregtigheid. In beide die saak van Sibanyoni116 en Mkize117 het
die hof egter geweier om die reëls van natuurlike geregtigheid toe te pas en ´n suiwer
kontraktuele benadering gevolg. Pretorius118 is van mening dat die reg om aangehoor
te word, gepas is waar ´n besluit deur ´n persoon eensydig geneem word wat in ´n
posisie van mag oor ´n ander is, of waar die besluit van genoegsame belang is om die
koste en ongerief van ´n verhoor te regverdig. Dit geld selfs waar so ´n verhoor ´n
beter besluit teweeg sal bring of die openbare beleid dit vereis. Hy voer dus in
redelike sterk terme tereg aan dat bogenoemde beslissings verkeerd is en argumenteer
soos volg:
“Oblivious to the subtle nuances of the principles set out above, and blinded by their
single-minded and tenacious faith in the idea of pacta sunt servanda, come hell or high
water, these decisions seek to defend the realm of contract against invasion by principles of
judicial review and – heavens forbid! – notions of fairness.”119
Howie R in Lunt v University of Cape Town120 kritiseer veral die hof se siening in
Sibanyoni met die stelling dat “ the operation of contractual principles excludes the
audi alteram partem rule”. Van die ander kritiek sluit in dat “the existence of a
115
A Cockrell “Can You Paradigm? – Another Perspective on the Public Law/Private Law Divide” 1993 Acta Juridica 230-231.
Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck).
Mkize v Rector, University of Zululand 1986 (1) SA 901 (D).
118
Pretorius 2002 SALJ 380.
119
Pretorius 2002 SALJ 380.
120
Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (C) 449E. Sien verder die kritiek van E Mureinik “Natural Justice for
Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 48.
116
117
182
contract should not have detracted from the applicability of the rules of natural justice
in what was essentially punitive action taken by the rector of the university in his
capacity as chief disciplinary officer”121 en dat in die omstandighede “the applicant
should have been afforded the opportunity to be heard seeing that the action taken
against him was essentially punitive in nature taken by the authorities acting in a
disciplinary capacity”.122 Cooper R in Embling v Headmaster, St Andrew’s College
(Grahamstown)123 stem egter nie saam met Howie R dat die audi alteram partem-reël
toepassing geniet in die veld van kontraktereg nie en voer verder aan dat:
“I am in respectful disagreement with the learned Judge’s view that the ‘legitimate
expectation approach’ applies ‘even in a contractual context’.”
Soos Mureinik124 tereg opmerk, sal ´n kontrak met eiesoortige kenmerke die
toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid regverdig. Hierdie kenmerke is
dan dikwels eienskappe van ´n “disciplinary” of “punitive” aard. Die rede hiervoor is
dat wanneer die bevoegdheid wat uitgeoefen word van ´n dissiplinêre aard is, verskeie
ander faktore na vore tree, soos die erns van die gevolge wat dit vir die betrokke party
inhou, waaronder werksverlies, finansiële verlies, reputasie, en so meer. Gevolglik
kom hy tot die gevolgtrekking dat “the disciplinary character of a power is a strong
argument that its valid exercise should be made contingent upon compliance with the
requirements of natural justice”.125 Pretorius126 bevestig die siening van Bamford127
dat die verhouding tussen lede van private, niestatutêre organisasies gewoonlik
kontraktueel van aard is en beheer word deur privaatregtelike beginsels. Ons sien
egter dat die howe wel vereis dat die dissiplinêre optredes van private liggame in
ooreenstemming met die beginsels van natuurlike geregtigheid geskied. In Toerien v
De Villiers128 beslis die hof byvoorbeeld dat:
“Dit lankal nie meer gesê kan word dat die administratiefregtelike beginsels van natuurlike
geregtigheid slegs op publiekregtelike verhoudings van toepassing is nie. In dissiplinêre
121
Soos aangehaal deur Howie R in Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 448H.
Lunt v University of Cape Town 1989 2 SA 438 (K) 448J-449A.
123
Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown) 1991 (4) SA 458 (E) 469J.
124
E Mureinik “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 50.
125
Mureinik 1985 SAJHR 51.
126
Pretorius 2002 SALJ 375.
127
Sien B Bamford The Law of Partnership and Voluntary Association in South Africa 3rd ed (1982) 117 en 132.
128
Toerien v De Villiers NO 1995 (2) SA 879 (K) 882E-F.
122
183
aangeleenthede word dit op suiwer privaatregtelike verhoudings toegepas, en wel op die basis
van ´n geïmpliseerde term in die kontrak.”129
Hierdie siening is deur die howe toegepas met betrekking tot verskeie organisasies,
insluitende kerklike liggame.130 Die vraag wat gevolglik na vore kom is of
bogenoemde siening ook geld ten aansien van dissiplinêre optrede voortspruitend uit
´n dienskontrak van ´n predikant. En is die diens van ´n predikant enigsins
kontraktueel, en meer spesifiek arbeidsregtelik van aard? Gevolglik sal die volgende
bespreking krities ondersoek instel na die regsverhouding van ´n predikant en die
voortspruitende implikasies vir ´n skorsing of ontslag van die betrokke predikant. Die
bespreking sal ook fokus op die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg en
sal poog om die belangrikheid van die onderlinge gebondenheid van Grondwetlike
regte en hulle neiging om te oorvleuel, uit te lig, met die gevolglike implikasie vir
private entiteite. Die verskillende uitgangspunte ten opsigte van die regsverhouding
van ´n predikant sal vervolgens verdere aandag geniet.
7.5
DIE DIENSVERHOUDING VAN ´N PREDIKANT: ARBEIDSREG OF
ADMINISTRATIEFREG?
7.5.1
Verskillende uitgangspunte ten aansien van die regsverhouding van ´n
predikant
7.5.1.1 Die N.G. Kerk-gemeenskap
Reeds in 1976 met die toonaangewende saak van Theron v Ring van Wellington van
die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika131 beslis die hof by monde van Jansen AR dat die
verhouding tussen die predikant en die kerkraad, binne die N.G. Sendingkerk,
arbeidsregtelik van aard is “[…] aangesien dit duidelik is dat die appellant, as leraar,
´n dienskontrak aangegaan het, wat onderhewig aan die Kerkorde gelees moet word,
en dat wesenlik sy eis daarop neerkom dat die bepalings van daardie kontrak
129
Sien die kritiek van Pienaar in die vorige hoofstuk met betrekking tot die “kontraktuele aard” van die verhouding binne ´n
vrywillige vereniging.
130
Sien byvoorbeeld Van Rooyen v Dutch Reformed Church, Utrecht 1915 NPD 323; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578; Cohen v
Committee of Harrismith Hebrew Congregation 1924 OPD 25; Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika 1976 (2) SA 1 (A); Moodley v Shri Siva Subramanier Aulayam 1979 (2) SA 696 (SE); Ndara v Umtata Presbytery,
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) 1990 (4) SA 22 (Tk); Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994
(2) SA 458 (TkA).
131
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A).
184
afgedwing moet word”.132Jansen AR maak dit duidelik dat die dienskontrak steeds
onderhewig aan die Kerkorde gelees moet word.
Die saak van Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others133 is
van groot belang vir die Nederduitse Gereformeerde Kerk en dié se gepaardgaande
siening van die predikantsverhouding binne die N.G. Kerk-gemeenskap. Ds.
Schreuder is in 1996 as predikant ontslaan deur die N.G. Kerk Wilgespruit, ingevolge
artikel 12 van die Kerkorde.134 Hy voer aan dat hy onbillik ontslaan is ingevolge die
Wet op Arbeidsverhoudinge.135 Die hof het geen probleem gehad om die verhouding
tussen die predikant en sy betrokke gemeente as ´n kontraktuele diensverhouding aan
te merk nie.136 Namens Schreuder is immers verklaar dat hy as predikant in diens van
die kerkraad en die gemeente staan.137 Die pligte van ´n predikant is uiteengesit in
artikel 9 van die Kerkorde en is ook vervat as ampspligte in die betrokke beroepsbrief.
Die hof beslis dat die beroepsbrief ´n dienskontrak tussen die predikant en die
gemeente of kerkraad daarstel en beslis verder soos volg:
“In die lig van hierdie getuienis is ek oortuig dat die bedoeling van die beroepsbrief is om
kontraktuele verpligtinge in die vorm van ´n dienskontrak te skep tussen die predikant en sy of
haar gemeente.”138
En verder:
“Dit is gevolglik duidelik dat die verhouding tussen ´n predikant en die betrokke gemeente of
kerkverband ´n kontraktuele diensverhouding is.”139
Die beslissing in Schreuder hou in dat in soverre dit die N.G. Kerk betref, die diens
van ´n predikant aan die hand van die bestaande arbeidswetgewing sal moet geskied.
Indien die N.G. Kerk sy standpunt betreffende diensverhoudinge duideliker gestel het
en nie net aangetoon het dat die diensverhouding van ´n predikant inderdaad ´n
kontrak is nie, maar ook een is wat onderhewig aan die bepalinge van die Kerkorde is,
132
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) par 26D.
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH).
134
“12.1 Indien ´n leraar nie sy gemeente verder tot stigting kan dien nie, mag die ring na ondersoek, waarin beide die kerkraad en
die betrokke leraar aangehoor word, die band tussen leraar en gemeente losmaak indien daar, volgens die oordeel van die ring,
billike voorsiening vir die leraar gemaak is.
12.2 Billike voorsiening word deur die ring in oorleg met die betrokke kerkraad of instansie en die betrokke leraar bepaal. ´n
Uitbetaling van ses maande se lewensonderhoud en toelaes asook reëlings in verband met pensioendekking vir hierdie periode
word as voldoende beskou.”
135
66 van 1995.
136
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 25.
137
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 15.
138
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 20.
139
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH) par 25.
133
185
sou die hof dalk ander oorwegings sterkter gestel het. Aangesien die kerk dit egter nie
duidelik gestel het nie, het dit die hof weer eens geen keuse gelaat as om te bepaal dat
die arbeidswetgewing gevolglik geld nie. Die Algemene Sinode van die N.G. Kerk
het in die lig van die nuwe arbeidswetgewing die Kerkorde derhalwe hersien.140
Volgens die N.G. Kerk is die arbeidswetgewing nie in stryd met die Bybel of enige
bestaande besluite wat by die kerk as ´n geloofsinstelling pas nie.141 Die
arbeidswetgewing plaas klem op die beginsel van billikheid wat die Skrifbeginsels
onderskryf dat gelowiges op ´n billike wyse met mekaar omgaan en op ´n regverdige
wyse met mekaar in ´n diensverhouding staan. Naas die Kerkorde, het die N.G. Kerk
ook verskeie besluite geneem rakende die verhouding tussen werkgewer en
werknemer. Hoewel die Kerkorde reflekteer dat die N.G. Kerk arbeidswetgewing in
ag neem in sy interne verhoudinge, bly die formulering en toepassing daarvan steeds
kerklik van aard.
Artikel 12 van die N.G. Kerkorde142 bepaal dat predikante vir die uitvoering van hulle
amp of bediening deur ´n kerkvergadering (kerkraad, ring, sinode, Algemene Sinode)
beroep en in diens gestel word. Die gemeente of betrokke kerkvergadering is dus die
werkgewer van die predikant, maar ook van alle werknemers in diens van die N.G.
Kerk. Indiensneming en diensbeëindiging van die predikant geskied deur die betrokke
kerkvergadering soos vasgestel deur die Kerkorde en ander geldende besluite.143
Werknemers, anders as predikante, se diensverhouding word per diensooreenkoms
gereël.144 In die 2010-Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk145
word spesifieke reëlings getref ten aansien van griewe en dissipline in die kerk.
Artikel 59-66 van die Kerkorde handel met kerklike dissipline wat betrekking het op
´n kerkraad se herderlike opsig en tug oor diegene wat aan sy sorg toevertrou is. Die
dissiplinêre en griewe-optrede vervat in artikel 12 van die Kerkorde het weer
betrekking op die diensverhouding tussen ´n kerkvergadering as werkgewer en die
werknemers in sy diens. Die bestuursgids bevat ook ´n voorbeeld van ´n dissiplinêre
140
Die volgende wetgewing het ondere andere ´n belangrike rol gespeel in die wysigings: Die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1996 (Spesifiek artikel 18 en 23); Die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995, soos gewysig; Die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes 75 van 1997, soos gewysig; Die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998; Die Wet op
Werkloosheidsversekering 30 van 1966; Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings- en Siektes 130 van 1993; Die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993; Die Wet op die Ontwikkeling van Vaardighede 97 van 1998.
141
Sien Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 1 en verder.
142
Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos
vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007.
143
Artikel 12.4 van die N.G. Kerkorde.
144
Artikel 58.1 van die N.G. Kerkorde.
145
Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 261.
186
prosedure in Hoofstuk 15, wat kerke in hulle onderskeie personeelbeleide kan
opneem. Die kerk beklemtoon egter die feit dat hoewel hulle die Wet op
Arbeidsverhoudinge toepas in hulle interne verhoudinge, die kerk steeds sui generis in
sy funksionering en aard is en die toepassing van die wetgewing gevolglik in hierdie
konteks gesien moet word. Die handleiding bepaal verder in hierdie opsig soos volg:
“Die Wet op Arbeidsverhoudinge en gevestigde bestuurspraktyke poog om billikheid en
regverdigheid in die werkplek te vestig. Die Kerkorde bied die grondslag vir ordelikheid in die
kerk (Artikel 2) en omskryf die andersheid van die kerk. In wese staan die twee prosesse nie
in stryd nie en ondersteun eerder ´n gemeenskaplike doel. Daar is ook deur die 1998
Algemene Sinode gepoog om die Kerkorde nog meer en duideliker in lyn te bring met die
toepaslike landswette (Artikel 12 en 58 tot 64 van Kerkorde).”146
Wat die diensooreenkoms en spesifiek die beroepsbrief betref, word predikante in die
N.G. Kerk beroep ooreenkomstig artikel 7 van die Kerkorde. Die beroepsbrief soos
vervat in besluit 7b.1 van die Kerkorde is die diensaanbod wat aan die hand van
Kerkorde art. 9 (die diensopdrag) en na aanleiding van Kerkorde art. 13 (die
diensvoordele van die beroepene) omskryf word en dien as raamwerk van die
diensooreenkoms. Binne die N.G. Kerk word die beroepsbrief gesien as ´n
dienskontrak, vergelykbaar met dié van byvoorbeeld ´n skriba, orrelis, skoonmaker of
tuinier. Coertzen147 “is oortuig daarvan dat talle van hulle hul werk, net soos die
dominee, as ´n roeping en diens aan die Here en sy gemeente sien”.148 In die saak van
Wagenaar v United Reformed Church149 beslis die hof dat ´n beroepsbrief aan al die
nodige vereistes voldoen om ´n diensooreenkoms daar te stel.
7.5.1.2 Die Gereformeerde Kerke
Binne die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika word die beroepsbrief egter nie
gesien as ´n werksaanbod nie, maar bloot as ´n uitdrukking van bepaalde Artikels (4,
5 en spesifiek 11) van die Kerkorde wat op die roeping en versorging van sy
bedienaars betrekking het.150 Die bedoeling van die betrokke partye om ´n bepaalde
regsverhouding te skep, veral dan ´n werkgewer/werknemer-verhouding of ´n
146
Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die N.G. Kerk 2010 p 261.
P Coertzen “Predikante-kontrake – G´n Fout nie” (1999) 162(12) Die Kerkbode 6.
Coertzen 1999 Kerkbode 6.
149
Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA) par 7.
150
Artikel 11 van die Kerkorde bepaal onder andere soos volg: “Die kerkraad wat die kerk verteenwoordig, is verplig om sy
bedienaars van die Woord met behoorlike onderhoud te versorg en mag hulle nie die onderhoud weerhou of hulle uit hulle diens
ontslaan sonder kennis en goedkeuring van die klassis met advies van die deputate van die partikuliere sinode nie.”
147
148
187
bepaalde diensverhouding is van groot belang en is ook die toets wat deur die howe
gebruik word. In Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town v
CCMA)151 beslis die hof:
“The crucial question is whether, at the time the parties concluded the offer and acceptance,
they intended to create a legally binding contractual relationship i.e. the mere fact of an offer
and acceptance did not equate to a binding contractual relationship; the offer and acceptance
had to be accompanied by the intention to create the contract.” [Eie kursivering.]
Van Jaarsveld152 kritiseer egter die klem wat geplaas word op die “bedoeling” van die
partye en volgens hom is dit slegs een van meerdere kriteria wat gebruik kan word.
Hy beklemtoon die feit dat die bedoeling om ´n afdwingbare ooreenkoms te sluit nog
nooit ´n primêre vereiste vir die bepaling van ´n diensverhouding was nie.
Volgens Smit en Du Plooy153 word die Heilige Skrif gesien en aanvaar as die
belangrikste bron van die kerklike orde binne die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Die Kerkorde gee uitvoering aan die Skrif deur die predikant se diens te reël.
Gevolglik voer hulle aan dat by die reëling van predikante se diens, die Skrif dieselfde
funksie vir die kerk vervul as wat die arbeidswetgewing vir die burgerlike
gemeenskap beoog. Die belydenisskrifte is egter ook ´n belangrike bron van die
Kerkorde en gee inhoud aan en verwoord die Skrifbeginsels. ´n Interpretasie van die
Nederlandse Geloofsbelydenis regverdig volgens hulle die gevolgtrekking dat
predikante nie as werknemers van die kerkraad beskou kan word nie.154
“Die reëling van die Gereformeerde predikantsdiens blyk, volgens die selfdefiniëring van die
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ´n interne kerklike aangeleentheid te wees, gegrond op
godsdienstige bepalings en nie onderhewig aan die staat se arbeidswetgewing nie.”155
Die predikant se diens in Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word nie deur die
Kerkorde by wyse van ´n kontrak gereël nie, maar deur die interne reg van die
kerk.156Artikel 1 van die Gereformeerde Kerkorde bepaal soos volg:
151
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1223 par
24.
152
SR van Jaarsveld “Priesters, Predikante en Pastore – Werknemers van Gemeentes of slegs Werkers van die Koninkryk? 2006
De Jure 175.
153
J Smit & D du Plooy “Reëling van die Gereformeerde Predikant se Diens – ´n Arbeidsregtelike of ´n Interne Kerklike
Aangeleentheid?” 2008 In die Skriflig 60.
154
Sien Smit en Du Plooy 2008 In die Skriflig 61 en verder. Sien Kerkorde artikel 4 en 5.
155
Smit en Du Plooy 2008 In die Skriflig 71.
188
“Om goeie orde in die kerk van Christus te onderhou, is daarin nodig: die dienste,
samekomste, toesig oor die leer, sakramente en seremonies en die kerklike tug, waaroor hierna
agtereenvolgens gehandel word.”
Volgens Smit157 benadruk bogenoemde uitgangspunt die doel van die Gereformeerde
Kerkorde, wat nie net die reëling vir instandhouding van die kerk bevat nie, maar ook
die reëlings met betrekking tot die predikant se diens. Aangesien die predikantsdiens
deel is van die orde van ´n hoër gesag met betrekking tot die instandhouding van sy
kerk, word dit as ´n interne kerklike aangeleentheid beskou.158
7.5.1.3 Die Anglikaanse Kerk
Die siening in die Gereformeerde Kerk dat predikante nie as werknemers van die
kerkraad beskou kan word nie, tref ons ook in ´n mate aan binne die Anglikaanse
Kerk. Binne die Anglikaanse Kerk is die saak van Church of the Province of Southern
Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA159 van belang. ´n Priester van die
Anglikaanse Kerk is na ´n dissiplinêre verhoor op klagte van wangedrag geskors. Hy
is ontneem van sy preekbevoegdheid en mag vir vyf jaar geen diens in die kerk verrig
het nie. Hoewel hy sy status as priester behou het, sou hy geen vergoeding ontvang
nie en voer hy aan dat sy skorsing op ´n ontslag neerkom. Die Kommissie vir
Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ´n bevel gemaak waarvolgens die priester se
ontslag deur die kerk as onbillik bestempel is. Die Anglikaanse Kerk van Kaapstad
bring ´n aansoek vir die hersiening van die KVBA-beslissing en voer aan dat die
kommissaris van die KVBA gefouteer het en dat daar geen diensverhouding bestaan
tussen die priester en die Anglikaanse Kerk nie en dat die KVBA gevolglik geen
jurisdiksie gehad het nie. In die Anglikaanse Kerk besluit die gemeente nie waar die
betrokke priester diens sal doen nie, maar die biskop. Die priester word nie deur die
gemeente beroep nie en die biskop is verantwoordelik vir die aanstelling en ontslag
van die priester.160 Die Anglikaanse Kerk voer aan dat:
156
Sien verder J Smit “Die Beroepsbrief in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – ´n Kontraktuele Werksaanbod?” 2007 In
die Skriflig 586 en verder.
157
Smit 2007 In die Skriflig 587.
158
Sien verder Kerkorde artikel 16 en artikel 23.
159
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1227.
160
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1215 par
7(iv) – “Matters relating to the appointment, removal and co-ordination of the clergy are a diocesan responsibility which is
carried out by the Bishop (or Archbishop as in the present matter) of that diocese.”
189
“[...] a priest is not regarded as the servant of the Church: while the Church provides the
framework for the priest’s work (through the constitution and canons), the priest is regarded as
working for God, ie the relationship between the priest and the Church cannot be regarded as
one of employment. The applicant simply, according to it, provided the sphere within which
priests serve God arising out of their calling. It is for that reason, so applicant argued, that
priests are said to be called of God and serving God and offering their lives to God – this
precludes the Anglican Church generally, and the applicant in particular, from speaking of
employing priests.”161
Die hof kom tot die gevolgtrekking dat daar geen bedoeling tussen die partye was om
´n afdwingbare diensooreenkoms te sluit nie en bevind gevolglik dat:
“[...] a contract of employment is necessary for purposes of establishing an employment
relationship and that there was no legally enforceable contract of employment between the
applicant and the third respondent, the parties are not an employer and employee as defined by
the LRA and consequently the first respondent has no jurisdiction to entertain the alleged
dispute referred to it by the third respondent.”162
Van Jaarsveld163 kritiseer hierdie siening van die kerk en beskou dit selfs as
“lagwekkend vir die kerk om aan te voer dat priesters nie dienare van die kerk is nie,
maar slegs van God en dat die kerk slegs ´n priester se roeping fassiliteer deur die
verskaffing van ´n raamwerk waarbinne hy God kan dien”.
7.5.1.4 Botsende sienings
In ´n 2005-beslissing van die KVBA in Wagenaar v United Reformed Church164 is ´n
predikant van ´n Pretoriase gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk in
Suid-Afrika losgemaak van sy gemeente. Hy voer aan dat hy onbillik ontslaan is en
steun op die Schreuder-beslissing. Die kerk ontken egter dat Wagenaar ´n werknemer
ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge was en dat sy losmaking van die gemeente
nie beteken het dat hy nie meer deel van die kerk was nie. Die kerk steun op die
benadering soos gevolg in die Church of the Province-beslissing. Na ´n interpretasie
van die bepaalde feite van die saak en optrede deur die partye, bevind die hof dat die
predikant wel in ´n kontraktuele verhouding met die kerk gestaan het. Gevolglik was
161
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1217 par
xiii.
162
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town) v CCMA & others [2001] 11 BLLR 1213 (AH) 1217 par
40.
163
Van Jaarsveld 2006 De Jure 175.
164
Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA).
190
Wagenaar ´n werknemer ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge en die
kommissaris bevind dat die losmaak van die band neerkom op ´n ontslag wat
prosedureel en substantief onbillik is.
Die uitspraak in Wagenaar beklemtoon die onversoenbaarheid van bogenoemde twee
beslissings, maar ook die belangrike bevestiging dat daar geen algemene reël in die
Suid-Afrikaanse reg bestaan ten aansien van die diensverhouding van ´n predikant
nie. Die hof beslis soos volg:
“It seems that there is no general rule in South Africa as to whether a Minister of Religion is
an employee or not. Nor is there likely to be. Different denominations have different teachings
and ideologies. In my view each case depends upon the facts.”165
Hierdie siening word ook bevestig in die uitspraak van Macdonald v Free
Presbyterian Church of Scotland.166 Allan Macdonald is in 2001 aangestel in sy amp
as dominee van die Vrye Presbiteriaanse-gemeente Daviot, Tomatin en Stratherrick.
Hy het geen geskrewe kontrak of diensverklaring ontvang nie en in 2006 publiseer hy
´n boek waarin hy sekere aspekte van die kerk erg kritiseer.167 Hy is versoek om
verskoning aan te teken en na sy weiering, word hy geskors en uiteindelik in Mei
2008ontslaan.168 Macdonald het ´n eis vir onbillike ontslag ingedien by ´n
indiensnemingstribunaal en die voortsittende beampte Regter MacKenzie bevind dat
Macdonald nie ´n werknemer van die kerk was nie en gevolglik nie onbillik of
andersins ontslaan kon word nie. Hy beslis soos volg:
“[...] Deacons, Elders and Ministers are ordained to their respective offices within the Free
Presbyterian Church and each is an office-holder and that therefore the claimant is an officeholder by virtue of his ordination. His rights and duties are defined by the office he holds and
not by any contract. He is not an employee of the respondent.”169
Op appèl bevestig die hof dat die bedoeling van die partye om ´n bepaalde
regsverhouding te skep belangrik is, asook artikel 9 van die Europese Konvensie
(godsdiens, geloof en oortuiging). Die hof bevestig verder dat die verhoorhof tereg
aangevoer het dat wanneer bepaal moet word of daar die bedoeling was om ´n
165
Wagenaar v United Reformed Church SA [2005] 1 BALR 127 (KVBA) par 139F.
Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009).
167
Veritatem Eme – Buy the Truth.
168
F Cranmer “Clergy Employment, Judicial Review and the Free Presbyterian Church of Scotland” 2010 Ecclesiastical Law
Journal 355.
169
Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009) par 81.
166
191
werkgewer/werknemer-verhouding te skep, die beginsels van die individuele kerk in
ag geneem moet word. Die reg sal nie geredelik ´n regsverhouding op lede van ´n
kerk afdwing as dit teenstrydig is met hulle geloof nie.170 Die hof kom tot die
gevolgtrekking dat:
“[Judge MacKenzie’s] conclusion is consistent with recognition of the principle that, in the
case of a church whose foundation and structure shows a belief that it is not appropriate, in the
case of important offices including that of Minister, to set up a legal relationship that is subject
to control by the Civil Magistrate.”171
´n Baie belangrike gevolgtrekking van die hof is die bevestiging dat daar geen
algemene reël bestaan wat bepaal dat alle predikante werknemers is, of nie is nie. In
New Testament Church of God v Stewart172 kom die hof tot die gevolgtrekking dat
Stewart wel ´n werknemer van die kerk is, maar maak dit duidelik dat sy
gevolgtrekking nie ´n algemene bevinding bevat “that ministers of religion are
employees” nie. “Employment tribunals should carefully analyse the particular facts,
which will vary from church to church, and probably from religion to religion, before
reaching a conclusion.” Die hof se beslissing in die Schreuder-saak is dan ook
grootliks beïnvloed deur die N.G. Kerk se eie siening oor die aard van die
predikantsverhouding binne die kerkgemeenskap en hoe dit geïnterpreteer en toegepas
word in ooreenstemming met die bepaalde geloofsidentiteit van die N.G. Kerk. Die
Anglikaanse Kerk se interpretasie en toepassing van die diensverhouding van ´n
predikant/priester in ooreenstemmig met hulle bepaalde geloofsidentiteit, het die hof
egter tot ander insigte gebring in Church of the Province. Die Anglikaanse Kerk het
getuienis aangebied wat die hof oortuig het van hulle siening en tradisie binne die
kerkgemeenskap in terme waarvan predikante en priesters nie as werknemers
beoordeel word nie.
In Nederland sien ons dieselfde tendens in terme waarvan die regsposisie van ´n
predikant hoofsaaklik bepaal word aan die hand van die organisatoriese struktuur van
die bepaalde kerkgenootskap waarbinne hy aktief is.173 Die regsverhouding tussen ´n
predikant en sy gemeente is egter geen uitgemaakte saak nie en die standpunt van die
170
Cranmer 2010 Ecclesiastical Law Journal 356-357.
Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland [2010] UKEAT S/0034/09/BI op 42. (10 Februarie 2010). Beskikbaar by
http://www.bailii.org/uk/cases/UKEAT/2010/0034_09_1002.html, 3 Oktober 2010.
172
New Testament Church of God v Stewart 2007 EWCA Civ 1004 op 55.
173
P Raven De Rechtsverhouding van een Predikant en Zijn Gemeente: Een Arbeidsovereenkomst in de zin van Artikel 7:610 BW
(Doktorale skripsie, Open Univesiteit Nederland, 2006) 7.
171
192
howe is ook nie konsekwent nie. ´n Uitspraak van die Hoogste Hof in 2010174 het ook
geen noemenswaardige lig op die onderwerp gewerp nie en die debat is weer oop. Die
posisie in Nederland bied ´n interessante en tog ook relevante blik op die SuidAfrikaanse posisie en gevolglik sal die posisie in Nederland verder bestudeer word.
7.5.2
Die posisie in Nederland
In Nederland, binne kerkgenootskappe in die presbiteriaal-sinodale stelsel175, verrig
die predikant sy werksaamhede wat verband hou met die bediening van die Woord op
grond van ´n ooreenkoms met die gemeente. Hierdie ooreenkoms, soos die posisie in
die meeste Suid-Afrikaanse gemeentes, neem die vorm van ´n beroepsbrief aan
waarin die pligte en verantwoordelikhede van die predikant uiteengesit word.176
Gesien in die lig van artikel 2:2 BW,177 wat bepaal dat ´n kerkgenootskap deur sy eie
statuut bestuur word soverre dit nie in stryd met die wet is nie, beskou
kerkgenootskappe die regsposisie tussen predikant en die gemeente as ´n verhouding
sui generis (van eie aard). Die mening bestaan dan ook dat die voortspruitende
ooreenkoms nie as arbeidsregtelik aangemerk moet word nie, maar ´n ooreenkoms sui
generis is.178 Die vraag wat tereg na vore kom, is of en tot welke mate die siviele
arbeidsreg tog op ´n kerkgenootskap van toepassing is. Artikel 7:610 van die
Burgerlike Wetboek omskryf ´n arbeidsooreenkoms soos volg:
“De arbeidsovereenkomst is de overeenkomst waarbij de ene partij, de werknemer, zich
verbindt in dienst van de andere partij, de werkgever, tegen loon gedurende zekere tijd arbeid
te verrichten.”
Die element van “diens verrig aan ´n ander party” word dikwels gesien as die element
van ´n gesagsverhouding wat in ´n ooreenkoms teenwoordig moet wees om as
arbeidsregtelik aangemerk te word. Die afwesigheid van ´n sogenaamde
gesagsverhouding blyk dan ook dikwels die rede te wees waarom die regsverhouding
174
LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028, beskikbaar op http://rechtspraak.nl.
Binne die sinodale stelsel tref ons ´n breër kerkverband aan, bestaande uit plaaslike gemeentes. Gemeentes bestaan uit een of
meer predikante, ouderlinge en diakens wat saam die kerkraad vorm en leiding gee aan die gemeente. In ´n breër verband word
meerdere vergaderings of sinodale vergaderinge aangetref (bv die klassis, provinsiale kerkvergadering of landelike sinode.) Sien
verder LC van Drimmelen “Typen van Kerklijke Organisatie” in LC van Drimmelen en TJ van der Ploeg (reds) Kerk en Recht
(2004) 203-205.
176
Raven De rechtsverhouding 9.
177
2.Zij worden geregeerd door hun eigen statuut, voor zover dit niet in strijd is met de wet.
178
Raven De rechtsverhouding 10.
175
193
tussen ´n predikant en sy gemeente nie as ´n arbeidsooreenkoms beskou word nie.
Vergelyk byvoorbeeld Koopmans:179
“Bij predikanten van de Hervormde Kerk en ander Protestante kerkgenootschappen ontbreek
ieders gezagsverhouding.”
En verder:
“Het ontbreken van een arbeidsovereenkomst bij bezigheden van godsdienstige aard wortelt in
ander omstandigheden, meestal in het ontbreken van een gezagsverhouding […]”180
Hierdie siening word ook aangetref in van die vroeëre Nederlandse regspraak, waar
die hof van die standpunt uitgaan dat die verhouding tussen predikant en gemeente
deur die spesiale reëls van die betrokke kerk bepaal word.181 In ´n later saak van die
Hoge Raad182 bevestig die hof die groeiende tendens van die howe om die bestaan van
´n arbeidsooreenkoms nie per se uit te sluit bloot vanweë die geestelike karakter van
´n predikant se werksverrigting nie. In die beslissing van die Hoge Raad is ´n imam
uit sy amp ontslaan. Hy veg sy ontslag aan en dring aan op sy loon totdat die
arbeidsooreenkoms regmatig beëindig is. Die moskee voer aan dat daar geen sprake
van ´n arbeidsooreenkoms was nie. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat hoewel
daar geen gesagsverhouding (dus geen arbeidsooreenkoms) mag bestaan ten aansien
van die godsdienstige aspekte van die bepaalde godsdienstige amp nie, dit nie
noodwendig beteken dat daar geen sprake van ´n gesagsverhouding ten opsigte van
ander aspekte (soos werktyd, verlof, ensovoorts) is nie. Hierdie algemene aspekte kan
dus wel deel vorm van ´n wettige arbeidsooreenkoms.183 Hierdie tendens van die
howe word ook waargeneem deur Oldenhuis,184 veral in die konteks van pastorale
medewerkers en predikante in die gesondheidsorg. Die CRVB beslis onder andere
soos volg:
“De aanvaarding van goddelijk gezag behoeft de aanvaarding van menslijk gezag als waarvan
sprake is bij een arbeidsovereenkomst niet uit te sluiten.”185
179
T Koopmans De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer (1962) 226-227.
Koopmans De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer 32 en verder.
181
Sien Rechtbank Zwolle, 16 Maart 1966, NJ 1967, 178.
182
Hoge Raad, 17 Juni 1994, NJ 1994, 757.
183
Raven De rechtsverhouding 28-29.
184
FT Oldenhuis “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Kerklijke Conflicten” in LC van Drimmelen en TJ van der
Ploeg (reds) Kerk en Recht (2004) 178.
185
CRVB 29 Junie 1977, RSV 1977, 309;313.
180
194
Dit word verder bevestig deur Rood186 in sy kommentaar by die saak van die Hoge
Raad met betrekking tot die ontslag van ´n predikant van die Christelijke
Gereformeerde Kerk te ‘s-Hertogenbosch. Hy gaan van die standpunt uit dat die
beginsel van vryheid van godsdiens en skeiding tussen kerk en staat nie in die weg
hoef te staan van die toepassing van die arbeidsreg op die geestelike terrein nie. Ten
spyte van hierdie tendens, lyk dit egter of die howe steeds steun en voorkeur verleen
aan die standpunt van ´n kerkgenootskap as ´n sui generis-verhouding en die
Nederlandse “Hoge Raad” bevestig hierdie standpunt soos volg:
“[...] uiterste terughoudendheid geboden is bij het toepasselijk verklaren van regelingen van
materieel burgerlijke recht op de rechtsverhouding tussen verschillende organen en onderdelen
van een kerkgenootschap.”187
Oldenhuis188 lig verder uit dat dit opmerklik is dat heelwat kerkgenootskappe, veral
van die kleiner protestantse kerkgenootskappe, geen inhoud verleen aan die
sogenaamde sui generis-karakter van die bepaalde kerkgenootskap in die Kerkorde,
statuut of selfs beroepsbrief nie. Veral waar ´n kerkgenootskap van die standpunt
uitgaan dat die verhouding tussen die kerkgenootskap en predikant nie ´n
arbeidsooreenkoms daarstel nie, sou ´n mens verwag dat die betrokke kerkgenootskap
die vermoënsregtelike en ander belangrike aspekte van die verhouding duidelik sal
omskryf, wat steeds nie die geval is nie. Dit is juis hierdie onvermoë van
kerkgenootskappe om inhoud en duidelikheid aan die interpretasie en toepassing van
hul eie statuut en geloofsidentiteit te gee, wat veroorsaak dat dit in die hande van die
howe gelaat word vir interpretasie. ´n Tendens wat duidelik waargeneem kan word in
die Suid-Afrikaanse konteks in die saak tussen die N.G. Kerk Moreleta Park en Johan
Strydom waarna reeds verwys is.189
Die funksies van die predikant in die Christelijk Gereformeerde Kerk in Nederland
word byvoorbeeld uiteengesit in artikel 16.190 Die meeste kerke in die Gereformeerde
tradisie het Kerkordes met vergelykbare bepalings. Dit is duidelik dat daar ´n
186
MG Rood, kommentaar by HR 14 Junie 1997, NJ 1992, 173 HJS, TVVS 1991, 297-298 nt. MGR (ds. Kruis – Chr. Geref.
Kerk ‘s-Hertogenbosch).
187
HR 14 Junie 1997, NJ 1992, 173 HJS, TVVS 1991, 297 en verder nt. MGR (ds. Kruis – Chr. Geref. Kerk ‘s-Hertogenbosch).
188
Oldenhuis Kerk en Recht 178.
189
Sien p 108 en verder.
190
Artikel 16 – De Taak van de dienaren des Woords (Editie(s) 2007).
Tot de taak van de dienaren des Woords behoort dat zij in de gebeden en in de bediening des Woords en der sacramenten
volharden, dat zij als goede herders zorg en verantwoordelijkheid dragen voor hun mede-ambtsdragers, ouderlingen en diakenen,
en voor de hele gemeente, tucht oefenen met de ouderlingen en zich ervoor inspannen dat alles betamelijk en in goede orde
geschiedt.
195
besondere band bestaan tussen die predikant en sy gemeente, wat ook blyk uit die
opdrag of beroeping tot besondere arbeid (soos sending of gesondheidsorg) wat ons in
artikel 6 aantref.191 Dit geld egter nie net vir predikante nie. Binne die Gereformeerde
tradisie verwys die term “kerklijk werker” in die praktyk ook na pastorale werkers,
evangeliste, kategete, jeug- of diakonale werkers, proponente, kosters, administrateurs
en selfs mede- of hulpleraars. Hierdie sogenaamde kerklike werkers word dan ook
selde as ´n amp gesien en kwalifiseer eerder as ´n hulpdiens wat ondergeskik is aan
die kerkraad.192 Dit kan dus self ´n orrelis, soos in mnr. Strydom se geval, of
onderwysers in godsdienstige skole, insluit. Volgens Van der Ploeg het sommige
kerke wel hulle sake “prima in orde” waarvan die Protestantse Kerk volgens hom ´n
voorbeeld is. Hy is verder van mening dat:
“als de kerk tot in detail heeft geregeld wat er bijvoorbeeld moet gebeuren bij langdurige
ziekte of arbeidsongeschiktheid, zou ik me als predikant geen zorgen maken over het
ontbreken van een dienstverband.” 193
Pel194 wys verder daarop dat die howe baie waarde heg aan die sogenaamde
“beroepsbrief” vir interpretasie en dat dit gevolglik aan te beveel is dat dit
kerkregtelik goed omskryf en uitgewerk word. Daar word algemeen aanvaar dat die
regsreëls van toepassing binne die kerkreg en die arbeidsreg van verskillende orde
is.195 Beteken dit noodwendig dat hierdie reëls met mekaar in konflik staan? Kan die
kerkgenootskap op grond van sy gegewe vryheid in artikel 2:2 BW en die reg op
vryheid van godsdiens vrylik funksioneer buite die arbeidsreg? Bepaal artikel 2:2 BW
nie immers dat die kerklike statuut moet buig voor die wet of algemene reg nie?
Volgens Van der Ploeg196 vertoon die verhouding tussen predikant en die kerklike
regspersoon ´n tweeledige karakter. Daar is die kerklike band met die kerklike
191
Artikel 6 - Beroeping tot bijzondere arbeid.
Een dienaar des Woords zal een benoeming tot bijzondere arbeid zoals het geven van godsdienstonderwijs verbonden met
pastorale arbeid aan protestants-christelijke scholen, geestelijke verzorging van militairen of varenden, in de gezondheidszorg, in
penitentiaire inrichtingen en dergelijke alleen mogen aannemen wanneer hij verbonden blijft aan een gemeente. De verhouding
waarin deze dienaar tot de betrokken gemeente staat, dient geregeld te worden onder goedkeuring van de classis.
192
HA Post “Positie Kerklijk Werker in Protestante Traditie Onduidelijk en Onbevredigend” 2008 Nederlands Tijdschrift Kerk en
Recht 5.
193
Mouissie “Debat over predikant als werknemer ligt open” Nederlands Dagblad 21 Januarie 2010
http://wwwnd.nl/artikelen/2010/januari/21/debat-over-predikant-als-werknemer-ligt-open.
194
P Pel “De Rechtspositie van De Predikant” in Rechtspositie en Traktement van De Predikant Uitgave van het GMV (1991) 35.
195
Sien byvoorbeeld Van der Ploeg Kerk en Recht 159 en verder.
196
Van der Ploeg Kerk en Recht 170.
196
regspersoon wat deur die kerklike statuut beheers word en daarnaas die
arbeidsooreenkoms voortspruitend uit die Burgerlike Wetboek.197
By die ontslag van ´n predikant is die algemene siening dat die interne prosedure wat
binne die bepaalde kerkgenootskap geld, toegepas moet word. Indien die interne
prosedures nie gevolg is nie of die besluitneming in stryd met die redelikheids- en
billikheidsnorme is, kan die besluit nietig verklaar of tersyde gestel word. Die
burgerlike howe het egter in beginsel geen seggenskap in die regsaspekte van die
bepaalde predikant- of priesterskap nie.198 Een van die medewerkers van die
Protestantse Kerk in Nederland, De Jong, argumenteer tereg soos volg:
“Het komt voor dat kerken bijna geen eigen regelingen hebben, en stellen dat een predikant
geen dienstverband heeft. Dan kan een rechter toch besluiten het arbeidsrecht toe te passen,
omdat het kerkrecht de predikant onvoldoende beschermt. Het arbeidsrecht is er op gericht
‘zwakke’ partijen – de werknemer – te beschermen.”199
Die beskerming van ´n predikant is dus van groot belang as dit kom by regsake, soos
dit duidelik blyk in die saak van De Boer, wat hierna as voorbeeld bespreek sal word.
In die saak van De Boer, soos gesien sal word, “vond het hof dat de regelingen van de
Christelijke Gereformeerde Kerk in orde waren”.200 In hierdie saak is De Boer201 deur
die klassis van die Christelijke Gereformeerde Kerk van Zeewolde as predikant
geskors. Die voorsieningsregter in die “kort geding” oorweeg die belangrikheid van
terughoudendheid in die betrokke geval, maar kom tot die gevolgtrekking dat die
klassis, in hul skorsingsbesluit, basiese beginsels “van een behoorlijke rechtsgang
zoals een genoegzame mate van hoor en wederverhoor” verontagsaam het en die
skorsing word gevolglik tersyde gestel. Die regter beklemtoon die feit dat die konflik
nie van ´n “leerstellige” aard was nie en so word die klem geplaas op die bepaalde
prosedures wat gevolg is.202 Die regter het die skorsing van De Boer opgehef en
bevind dat hy die geleentheid gebied moet word om sy gebruiklike werksaamhede en
pligte te hervat. Die klassis van die betrokke gemeente het egter geweier om aan die
vonnis uitvoering te gee. Die saak beland voor die “kanton Rechtbank” in Zwolle in
197
Die Burgerlike Wetboek bevat onder andere bepalings rakende vakansie en verlof, gelyke behandeling, regte en verpligtinge
van werkgewers en werknemers en so meer.
Van der Ploeg Kerk en Recht 171-172.
199
Mouissie Nederlands Dagblad.
200
Sien die opmerking van De Jong in Mouissie Nederlands Dagblad.
201
Rb. Zwolle 1 Februari 2002, KG 70866/KG ZA 01-466.
202
Sien Oldenhuis Kerk en Recht 181.
198
197
2005, waar die hof ´n belangrike uitspraak maak ten aansien van die aard en bestaan
van ´n arbeidsooreenkoms. De Boer het aangevoer dat hy ´n arbeidsooreenkoms met
die kerk gehad het en onredelik en onbillik ontslaan is.
Die hof moes in die afwesigheid van ´n geskrewe ooreenkoms beslis of die
verhouding tussen De Boer en die Gemeente van Zeewolde en/of die klassis,
aangemerk kon word as ´n arbeidsoorkoms, al dan nie. Die regter maak dit vanuit die
staanspoor duidelik dat geen enkele kenmerk van die regsverhouding tussen die
partye beslissend is nie, maar dat die “verschillende rechtsgevolgen die partijen aan
hun verhouding hebben verbonden in een onderling verband moeten worden
bezien”.203 Van die faktore wat die hof in ag geneem het, is die feit dat beide die
gemeente en die klassis apart met regspersoonlikheid beklee is. Hulle onderlinge
regsverhouding sowel as die regsverhouding met De Boer is ook verder in die
Kerkorde opgeneem en gereël.204 Die hof is verder van mening dat die bepaalde
skorsings- en ontslagprosedure wat die kerk gevolg het, nie ´n uitvloeisel van ´n
meningsverskil oor godsdienstige sake soos byvoorbeeld die uitleg van die Bybel was
nie, maar oor aangeleenthede wat betrekking gehad het op die omgang met
gemeentelede en uitleg van die beroepsbrief of “traktement”.205 Die klassis het
gevolglik ooreenkomstig die Kerkorde en prosedures daarin vervat, hulle
bevoegdhede uitgeoefen om die niegodsdienstige funksies van De Boer te beoordeel,
te beïnvloed en te sanksioneer.206
Die hof beslis, met verwysing na die omskrywing van ´n arbeidsooreenkoms in artikel
7:610 BW, dat daar wel ´n arbeidsooreenkoms tussen De Boer en die Christelijke
Gereformeerde Kerk Zeewolde bestaan het en dat De Boer gevolglik onbillik en
onredelik ontslaan is. Die saak gaan op hoër beroep na die Geregshof in Arnhem207 en
in teenstelling met die groot verwagting dat die hof eindelik uitspraak sou lewer oor
die vraag of ´n predikant ´n “gewone” werknemer is, al dan nie, kom daar geen
uitspraak oor die “diensverband” van ´n predikant nie en blyk dit dat hierdie omstrede
kwessie weer eens oop is vir diskussie. Die hof beslis dat De Boer eers die kerklike
regsprosedures moes volg (van die klassis, na die “particulier” sinode, na die
203
LJN, AS6771, Sector kanton Rechtbank Zwolle, 217772 CV 03-9824 para 3.7. beskikbaar op http://rechtspraak.nl.
Rechtbank Zwolle par 3.8.
205
Rechtbank Zwolle par 3.13.
206
Rechtbank Zwolle par 3.14.
207
LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028, beskikbaar op http://rechtspraak.nl.
204
198
algemene sinode), alvorens hy die hof kon nader. Die hof beslis ook dat “de kerk
heeft naar het oordeel van het hof geen fundamentele rechtsbeginselen
geschonden”.208 Die hof maak geen melding van die kwessie rakende ´n
arbeidsooreenkoms wat aan die orde was voor die regbank in Zwolle nie.
Raven, wat ´n doktorale verhandeling oor die regsverhouding tussen die predikant en
sy gemeente geskryf het, spreek sy spyt hieroor uit want volgens hom sou “een
uitspraak hierover […] de kerken verder hebben geholpen in de discussie over hoe
juridisch om te gaan met predikanten, en over hoe het arbeidsrecht zich verhoudt tot
het eigen kerkrecht”.209 Die regsverhouding tussen ´n predikant en sy gemeente is
geen uitgemaakte saak nie. Die Protestantse Kerk in Nederland kies byvoorbeeld teen
so ´n “diensverband” wat die Gereformeede Kerk reeds in 2007 gedoen het. Die nuwe
Kerkorde van die Gereformeerde Kerken (vrijgemaakt) bevat ook so ´n bepaling.210
Die standpunt van die howe is ook geensins konsekwent nie en in hierdie verband
voer een van die advokate tereg aan dat:
“De Hoge Raad bepaalde in de jaren negentig dat een predikant geen arbeidsovereenkomst
heeft. Maar enkele jaren geleden oordeelde de Raad in de zaak van een imam dat er wel een
diensverband was. Dat is tegenstrijdig. De uitspraak in de zaak-De Boer had hierin
beeldbepalend kunnen worden.”211
Wat hou dit dus vir die toekoms in? Pel212 stel voor dat kerke self die keuse moet
maak tussen die toepassing van die kerkreg of arbeidsreg en dat:
“Discussies over of er en dienstverband is, komen altijd op het verkeerde moment, namelijk
als er al ruzie is. Dat kan je beter voorkomen.”
Kerke en predikante behoort behoorlik met mekaar te kommunikeer, te onderhandel
en af te spreek oor die onderskeie regte en verpligtinge van beide partye en
daarvolgens te handel. En aangesien die predikant in sy verhouding met die
kerkgenootskap dikwels as die “swakkere party” gesien word, voer Oldenhuis213 aan
dat beter beskerming vir die predikant gepas is. Die feit dat die verhouding tussen
208
Sien
http://www.rechtspraak.nl/Gerechten/Gerechtshoven/Arnhem/Actualiteiten/Uitspraak+in+geschil+tussen+dominee+de+Boer+en
+de+Christelijk+Gereformeerde+Kerk+te+Zeewolde+en+Clas.htm.
209
Mouissie Nederlands Dagblad.
210
Sien die opmerkings van Pel in Mouissie Nederlands Dagblad.
211
Sien Mouissie Nederlands Dagblad.
212
Sien die opmerkings van Pel in Mouissie Nederlands Dagblad.
213
Oldenhuis Kerk en Recht 179.
199
predikant en die kerkgenootskap nie as ´n arbeidsooreenkoms kwalifiseer nie, doen
volgens hom geensins afbreuk aan die feit dat daar wel ´n vorm van
vermoënsregtelike verhouding ter sprake is nie. Gevolglik sal die howe wel die
beginsels van die dwingende reg toepas, waaronder die kontraktereg en deliktereg, of
soos die gewoonte in die Suid-Afrikaanse reg is, die administratiefreg. Die belangrike
vraag wat egter na vore kom, veral in die konteks van arbeidsverhoudinge en veral
waar geen arbeidooreenkoms ter sprake is nie, is watter vertakking van die reg ter
sprake is? Is dit arbeidsreg? Of dalk administratiefreg en kontraktereg? Of dalk al
drie? In Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services
(POPCRU)214 maak Plasket R dit duidelik dat “[t]he overlap of two or more branches
of law is not unusual in our legal system”215 en dat die beskerming wat beide die
arbeidsreg en die administratiefreg bied, mekaar aanvul en komplementeer. Hy beslis
verder dat “[w]e no longer believe the myth that administrative law and contract
cannot mix”.216
Die interaksie tussen arbeidsreg en administratiefreg het veral na vore getree binne die
konteks van “public sector employment”. Gevolglik sal die voorbeeld van openbare
indiensneming gebruik word om hierdie uiters belangrike en niestatiese verhouding
tussen arbeidsreg en administratiefreg te illustreer.
7.5.3
Ontslag: Arbeidsreg of Administratiefreg?
In die Oos-Kaapse beslissing van POPCRU217 is Plasket R sterk ten gunste van die
siening dat:
“[...] There is nothing incongruous about individuals having more legal protection rather than
less, or of more than one fundamental right applying to one act, or of more than one branch of
law applying to the same set of facts [...] [I]n my view, the protections afforded by labour law
and administrative law are complementary and cumulative, not destructive of each other
simply because they are different [...]”
Met verwysing na daaropvolgende uitsprake deur die Konstitusionele Hof in sake
soos Sidumo v Rustenburg Platinum Mines Ltd,218 Chirwa v Transnet Ltd219 en
214
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) [2006] 2 All SA 175 (E), bl 120 van
2008 (3) SA 91 (E).
215
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 61.
216
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 61 vn 66.
217
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 60.
200
Masetla v President of the Republic of South Africa,220 is Hoexter221 van mening dat
die Konstitusionele Hof geensins duidelikheid gebring het ten aansien van die
wisselwerking
tussen
en
toepassing
van
onderskeidelik
arbeidsreg
en
administratiefreg nie. In teenstelling met die beslissing in Chirwa, waar die
meerderheid ten gunste van ´n “strict compartementalisation of fundamental rights”
was, is die beslissing in Sidumo en Masetla meer ten gunste van die feit dat
fundamentele regte nie in isolasie van mekaar kan bestaan nie.
Navsa AR, vir die meerderheid in Sidumo, beslis dat arbitrasiebesluite van die KVBA
wel administratiewe optrede kragtens artikel 33 van die Grondwet is, maar dat PAJA
nie daarop van toepassing is nie. Verder beskou hy die Wet op Arbeidsverhoudinge as
gespesialiseerde wetgewing naas PAJA.222 Die meerderheid in Sidumo is ten gunste
van die siening dat grondwetlike regte “interconnected en overlapping” is.223 Navsa
beslis in hierdie verband soos volg:
“This submission is based on the misconception that the rights in ss 23, 33 and 34 are
necessarily exclusive and have to be dealt with in sealed compartments. The right to fair
labour practices, in the present context, is consonant with the right to administrative action
that is lawful, reasonable and procedurally fair. Everyone has the right to have these rights
enforced before the CCMA acting as an impartial tribunal. In the present context, these rights
in part overlap and are interconnected. 224 [Eie kursivering.]
Sachs R spreek hom ook sterk uit teen “pure classifications” en is ten gunste van “an
amalgam of three separate but intermingling constitutional rights”.225 En verder:
“Acceptance of hybridity is based on the fact that protected rights in a constitutional
democracy overlap, intersect and mutually reinforce each other. Though in particular factual
situations the interests secured by the rights might collide, there can be no intrinsic or
categorical incompatibility between the rights themselves. Courts should not feel obliged to
obliterate one right through establishing the categorical or classificatory pre-eminence of
another.”226
218
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH).
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH).
220
Masetla v President of the Republic of South Africa & Another 2008 (1) SA 566 (KH).
221
C Hoexter “Clearing the Intersection? Administrative Law and Labour Law in the Constitutional Court.” (2008) Constitutional
Court Review 210.
222
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 88-91.
223
Hoexter 2008 Constitutional Court Review 216.
224
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 112.
225
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 147.
226
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH) par 148.
219
201
Hierdie siening word egter glad nie deur die hof in die saak van Chirwa gevolg nie. In
Chirwa is me. Chirwa ontslaan deur die Transnet Pensioenfonds tydens ´n dissiplinêre
verhoor. Sy het die saak eers na die KVBA verwys vir bemiddeling en toe dit
onsuksesvol was, is besluit om eerder die Hooggeregshof te nader vir die hersiening
en tersydestelling van haar ontslag op grond van ´n skending van haar reg tot
regmatige administratiewe optrede kragtens PAJA. Sy het aangevoer dat een van haar
skuldoorsake berus op die Wet op Arbeidsverhoudinge en ´n tweede voortvloeiende
uit die Grondwet, saamgelees met PAJA en dat die Hooggeregshof gevolglik
konkurrente jurisdiksie het met die Arbeidshof ten aansien van haar eis.
Skweyiya R beslis namens die meerderheid dat die Hooggeregshof nie jurisdiksie in
die aangeleentheid het nie en dat die appellante die roete ingevolge die Wet op
Arbeidsverhoudinge moes gevolg het. Gevolglik beslis die meerderheid dan ook dat
die Arbeidshof uitsluitlike jurisdiksie in dié aangeleentheid het. Cameron AR in die
minderheidsuitspraak handhaaf die jurisdiksie van die Hooggeregshof en beslis onder
andere dat “where the same conduct gives rise to different causes of action,
employees may choose the forum and the legislation under which they wish to pursue
their actions […] neither the LRA nor PAJA expressly deprives the High Court of
jurisdiction to adjudicate disputes arising from public sector employment”.227 Hy
bevestig dus dat die Hooggeregshof konkurrente jurisdiksie het met die Arbeidshof.
Hierdie siening is in ooreenstemming met die benadering soos gevolg deur Plasket R
in die saak van POPCRU, waarin Plasket R soos volg beslis:
“The overlap of two or more branches of law is not unusual in our legal system. Because our
superior courts are based on the English model of courts of general jurisdiction possessed of
inherent jurisdiction, and because our legal system is not, like some continental systems, based
on the existence of separate and distinct jurisdictions of specialist courts for private law and
public law matters, it does not matter much in South African law, at least from a jurisdictional
perspective, whether a matter is one of public law, private law or involves both. When the
distinction between labour law and administrative law is elevated to a distinction of the order
of importance accorded to it in some of the Labour Court judgments, the result, in my view, is
a degree of formalism that rivals the old and discredited classification of functions approach
once used as a means of determining the intensity of judicial review. In similar vein, the
attempt to place administrative law and labour law into neat pigeonholes runs the risk of
227
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 32.
202
elevating ‘what may be no more than a convenient classification into a source of legal rules’
[...].”228
Hoexter229 voel sterk daaroor dat “wishful thinking cannot change the fact that in
practice labour law and administrative law are not neatly divided and that in many
cases they do overlap”. ´n Sprekende voorbeeld van die wisselwerking tussen
arbeidsreg en administratiefreg tref ons aan in die saak van Nakin v MEC, Department
of Education, Eastern Cape.230 ´n Skoolhoof is verplaas na ´n ander skool en op ´n
laer vlak aangestel vanweë ´n fout deur die Departement van Onderwys. Die
Departement het ´n aanbeveling vir heraanstelling van die skoolfhoof in sy vorige
posisie geïgnoreer en gevolglik bring hy ´n hersieningsaansoek ingevolge PAJA.
Froneman J oorweeg beide die sake van Fredericks231 en Chirwa, maar volg die
redenasie van die hof in Fredericks, deur te beslis dat op grond van die bewoording in
artikel 157(2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge,232 die Hooggeregshof en
Arbeidshof konkurrente jurisdiksie het om die aangeleentheid te beslis. Hoexter233
spreek haarself sterk uit ten gunste van ´n benadering wat die gebondenheid van
grondwetlike regte en hulle neiging om te oorvleuel, uitlig. Sy beskou die eng
kategoriese siening van veral die meerderheidsuitspraak in Chirwa as ´n jammerte
“not just because the vision of the majority is so completely at variance with the ethos
of Sidumo, but also because it ignores an important constitutional principle”.
Froneman R volg ook hierdie benadering in Nakin. In sy minderheidsuitspraak in
Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape234 is Nugent R ook krities
wat betref die Chirwa-beslissing.235 ´n Volbank in die saak van Makhanya v
University of Zululand236 het openlik verskil met die beslissing in Chirwa en Nugent
R kom tot die gevolgtrekking dat:
228
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91 (E) par 661.
Hoexter 2008 Constitutional Court Review 221.
230
Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck).
231
Fredericks v MEC for Education & Training, Eastern Cape [2002] 2 BLLR 119 (KH).
232
(1) Behoudens die Grondwet en artikel 173, en behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitende
jurisdiksie ten opsigte van alle aangeleenthede wat elders ingevolge hierdie Wet of ingevolge enige ander wet deur die
Arbeidshof beslis moet word.
(2) Die Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die Hoë Hof ten opsigte van ´n beweerde of dreigende skending van enige
fundamentele reg in Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, verskans wat voortspruit uit(a) indienshouding of indiensneming, en uit arbeidsverhoudinge;
(b) ´n geskil oor die grondwetlikheid van enige uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, of enige dreigende
uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, deur die Staat in sy hoedanigheid as ´n werkgewer; en
(c) die toepassing van enige wet vir die uitvoering waarvan die Minister verantwoordelik is.
233
Hoexter 2008 Constitutional Court Review 228.
234
Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape [2008[ 8 BLLR 711 (HHA) par 38.
235
Sien ook verder BPS van Eck “Chirwa v Transnet and Beyond: Urgent Need for the Constitutional Court to provide
Certainty.” (2010) TSAR 119-128.
236
Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA).
229
203
“I am driven to conclude that the ratio for the order that was made in Chirwa (both of the
minority and the majority, but for Skweyiya J) was that the termination of an employment
contract in the circumstances in which it occurred in that case, does not constitute
‘administrative action’, and for that reason the claim was bad in law and it was dismissed on
that ground. The further views of the majority that the High Court had no jurisdiction to
consider the claim was not the ratio for the order that it made and what was said by various
members of the court in that regard is thus not binding upon us. In those circumstances we are
free to dispose of this appeal on conventional principles.”237
´n Jarelange onsekerheid oor die vraag of arbeidsgeskille eksklusief in die
Arbeidshowe aangehoor moet word en of die Hooggeregshof ook jurisdiksie het, het
in Gcaba v Minister of Safety and Security238 voor die Konstitusionele Hof beland.
Hierdie onsekerheid volg op twee botsende uitsprake van die Konstitusionele Hof. In
die 2001-saak van Fredericks beslis die hof dat die bepalings van die Wet op
Arbeidsverhoudinge nie die jurisdiksie van die Hooggeregshof uitsluit in
grondwetlike aangeleenthede nie. In die 2007-saak van Chirwa beslis die hof egter dat
waar ´n staatsorgaan in sy hoedanigheid as werkgewer ´n handeling verrig, die
Arbeidshof jurisdiksie het om enige dispuut wat voortspruit uit ´n arbeidsverhouding
en gegrond is op ´n bepaling in die Handves van Regte, te beslis.
In Gcaba se saak is senior superintendent Jackson, ´n polisiebeampte van die
Grahamstadse polisie, se pos van stasiekommissaris opgegradeer na dié van direkteur.
Gcaba het aansoek gedoen vir die pos, hy het die kortlys gehaal, is geroep vir ´n
onderhoud, maar is nie in die pos aangestel nie. Hy nader die Oos-Kaapse
Hooggeregshof vir ´n hersieningsaansoek om die besluit deur die polisie om hom nie
aan te stel nie tersyde te stel, aangesien dit ´n aantasting van sy reg op administratiewe
geregtigheid is. Die hof beslis egter dat dit ´n suiwer arbeidsaangeleentheid is en dat
die hof nie die jurisdiksie het om Gcaba se eis aan te hoor nie en gee die polisie gelyk.
Gcaba het gevolglik die Konstitusionele Hof genader vir ´n beslissing. Die
Konstitusionele Hof moes beslis of die Hooggeregshof korrek was in sy beslissing dat
die hof nie jurisdiksie gehad het om die hersieningsaansoek aan te hoor nie, sowel as
die gevolglike tersydestelling van die besluit om Gcaba nie in die pos as
stasiebevelvoerder in Grahamstad aan te stel nie. Die hof aanvaar dat mnr. Gcaba
meer as een skuldoorsaak kan hê en erken verder die benadering soos gevolg in
237
238
Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA) par 94.
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH).
204
Fredericks en die minderheidsuitspraak in Chirwa dat “rigid compartementalisation
should be avoided”.239 Die hof aanvaar verder dat fundamentele regte “intrinsically
interdependent, indivisible and inseparable” is.240 En verder:
“The constitutional and legal order is one coherent system for the protection of rights and the
resolution of disputes. A related principle is that legislation must not be interpreted to exclude
or unduly limit remedies for the enforcement of constitutional rights.”241
Die hof beklemtoon egter dat “the constitution recognises the need for specificity and
specialisation in a modern and complex society” en bevestig die siening in die
Chirwa-saak dat:
“Once a set of carefully-crafted rules and structures has been created for the effective and
speedy resolution of disputes and protection of rights in a particular area of law, it is
preferable to use that particular system.”242
Die hof bevestig dat beide die Hooggeregshof en die Arbeidshof jurisdiksie het met
betrekking tot arbeidsaangeleenthede waar grondwetlike regte ter sprake is. Wat
betref die jurisdiksie van die Hooggeregshof ten aansien van PAJA, beslis die hof dat
indien daar nie ´n administratiewe handeling is nie, die kwessie van ´n “overlapping
jurisdiction” nie geopper sal word nie. Die hof beklemtoon egter dat indiensnemingsen arbeidsaangeleenthede in die algemeen nie ´n administratiewe handeling is
kragtens PAJA nie. Die hof beslis soos volg:
“The ordinary thrust of section 33 is to deal with the relationship between the state as
bureaucracy and citizens and guarantees the right to lawful, reasonable and procedurally fair
administrative action. Section 33 does not regulate the relationship between the state as
employer and its workers. When a grievance is raised by an employee relating to the conduct
of the state as employer and it has few or no direct implications or consequences for other
citizens, it does not constitute administrative action.”243
Indien Gcaba dus nie ´n eis kan bewys gegrond op die administratiefreg wat
beregbaar is deur die Hooggeregshof nie, moet hy die Arbeidshof nader. Gevolglik is
die appèl onsuksesvol en die hof bevestig die beslissing van die Hooggeregshof deur
te beslis dat:
239
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 53.
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 54.
241
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 54-55.
242
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 56.
243
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 64.
240
205
“The applicant’s complaint was essentially rooted in the LRA, as it was based on conduct of
an employer towards an employee which may have violated the right to fair labour practices.
It was not based on administrative action. His complaint should have been adjudicated by the
Labour Court.”244
Ten aansien van kontraktuele dispute maak die hof dit duidelik dat:
“[…] the LRA does not intend to destroy causes of action or remedies and section 157 should
not be interpreted to do so. Where a remedy lies in the High Court, section 157(2) cannot be
read to mean that it no longer lies there and should not be read to mean as much. Where the
judgment of Ngcobo J in Chirwa speaks of a court for labour and employment disputes, it
refers to labour- and employment related disputes for which the LRA creates specific
remedies. It does not mean that all other remedies which might lie in other courts like the
High Court and Equality Court, can no longer be adjudicated by those courts.”245
Die hof maak dit gevolglik duidelik dat met betrekking tot kontraktuele dispute, die
hof steeds genader kan word vir die gepaste remedies, insluitende geregtelike
hersiening. Soos dit geblyk het uit die vroeëre bespreking het die Suid-Afrikaanse
howe in die verlede nog altyd ´n groot bereidwilligheid getoon en gereeld die besluite
van private entiteite hersien (insluitende kerke en klubs) uit hoofde van die
kontraktuele verhouding tussen lede en ook spesifiek in die konteks van dissiplinêre
verhore. Hierdie vorm van tugreg word deur Clavareau246 omskryf as ´n geheel van
reëls wat nie tot die strafreg behoort nie, wat beoog om te sanksioneer (te straf) sodat
elkeen wat deel vorm van en aan ´n sosiale groep247 (in die breë sin) behoort, die reëls
van die groep sal naleef. By geloofsinstellings is die klem veral op tugreg van
toepassing binne verenigings, wat beskou word as die mees vrywillige vorm van
tugreg, anders dan as tugreg met ´n wetlike komponent (soos ons dikwels aantref by
professionele beroepe),248 of selfs ´n vorm van tugreg by aangehoudenes wat eintlik
maar ´n vorm van ´n verpligte strafsanksie is. By eersgenoemde is die mate van
vrywilligheid heelwat meer as byvoorbeeld by die laaste kategorie, waar daar geen
244
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 76.
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 73.
246
PJA Clavareau Eenige Hulpovereenkomste (1947) 138. Sien verderAH Santing-Wubs “Orde en Tucht, Tucht in Orde?” (2003)
Ars Aequi 48 en verder.
247
Die term ‘groep’, soos omskryf deur Leijten Tuchtrecht getoetst (verhandeling, Tilburg, 1991) 31 en onderskryf deur SantingWubs 2003 Ars Aequi 48 vn 6, word omskryf as “een groep is een sociale eenheid, waarbij tussen de leden een band op grond
van gemeenschaplijke waarden en normen bestaat. Dit impliceert dat de leden meer dan alleen een kenmerk gemeen hebben en er
tevens niet louter een samehorigheidsgevoel bestaat. Er zal ook sprake moeten zijn van een min of meer duurzame verhouding
tussen de leden”. Hierdie beskrywing behoort ook toepassing te vind wanneer dit gaan oor geloofsinstellings.
248
Soos byvoorbeeld aangetref in die prokureursberoep, advokate, professionele sport, medici ensovoorts.
245
206
sprake van vrywilligheid is nie. Santing-Wubs249 voer aan dat namate die
vrywilligheid groter is, die staat minder bemoeienis moet hê met die bepaalde tugreg.
Ingevolge hierdie benadering, sou geloofsinstellings dus onder die eerste kategorie
geplaas kon word.
Tugmaatreëls kan egter baie ingrypende gevolge vir die betrokkene inhou. Die
gevolge van tug kan ook grootliks verskil ten aansien van ´n gewone kerklid en
byvoorbeeld ´n predikant. Indien ´n kerklid, of ´n lid van ´n geloofsinstelling of
organisasie, hom nie wil onderwerp aan die betrokke tugmaatreël nie, staan dit hom
dikwels vry om die betrokke kerk of instelling te verlaat en by ´n ander aan te sluit (in
teorie, altans), soos by ´n gewone vereniging.
250
Vir ´n predikant wat graag nog sy
beroep wil beoefen en wat ´n moontlike skorsing of ontslag in die gesig staar, is dit
egter nie so eenvoudig om by ´n ander kerk of selfs gemeente aan te sluit nie. Veral
met betrekking tot ander gemeenregtelike en statutêre remedies is die hof in Gcaba
duidelik daaroor dat:
“If only the Labour Court could deal with disputes arising out of all employment relations,
remedies would be wiped out, because the Labour Court (being a creature of statute with only
selected remedies and powers) does not have the power to deal with the common law or other
statutory remedies.”251
Hierdie siening van die hof is dus baie belangrik in die sfeer van niegrondwetlike
administratiefreg of private adminstratiefreg, veral ten aansien van die hersiening van
besluite deur private organisasies ingevolge die gemeenregtelike beginsels van
administratiefreg, selfs ten opsigte van indiensnemingsdispute. Froneman R in
Fredericks is van mening dat “fundamental constitutional rights do not operate in
tightly fitted compartments. In many, perhaps even most, instances, they overlap and
are interconnected”.252 En verder dat die “substantive coherence and development of
employment law can only gain from insights derived initially from administrative law
concerns”.253 [Eie kursivering.] So ´n ontwikkeling kan geskied binne die raamwerk
van artikel 39(2) van die Grondwet en volgens Hoexter254 dien dit as grondwetlike
gesag vir die howe om publiekregtelike standaarde te stel vir private besluitnemers
249
Santing-Wubs 2003 Ars Aequi 48- 49.
Sien vroeëre siening van De Ville op p 167.
251
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH) par 73.
252
Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck) par 31.
253
Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck) par 35.
254
Hoexter 2008 Constitutional Court Review 223.
250
207
om te volg, veral in verhoudings wat gekenmerk word deur ongelykheid, soos in ´n
indiensnemingsverhouding, en waar ´n dwingende gesag uitgeoefen word, soos
dikwels by huishoudelike tribunale.
7.6
GEVOLGTREKKING
Ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse gemenereg en soos deur die howe op verskeie
geleenthede beslis, is dit duidelik dat die dissiplinêre tribunale van vrywillige
verenigings vatbaar vir geregtelike hersiening is deur die howe.255 Hierdie tipe
hersiening geskied binne die raamwerk van die sogenaamde niegrondwetlike
administratiefreg of private adminstratiefreg, veral ten aansien van die hersiening van
besluite deur private organisasies ooreenkomstig die gemeenregtelike beginsels van
administratiefreg. Aangesien geen “openbare funksie” vervul word nie, is dit dus nie
´n aangeleentheid binne die raamwerk van die Grondwet (meer spesifiek, artikel 33)
of PAJA nie, en die rol en belangrikheid van die gemeenregtelike beginsels word deur
die Konstitusionele Hof bevestig in die saak van Pharmaceutical Manufacturers
Association. Die hof beslis dat die gemeenregtelike beginsels en regspraak sal
“continue to inform the content of administrative law and other aspects of public law,
and will contribute to their future development”.256 Hoewel daar aangevoer is dat die
administratiefreg aanwending vind in die ongelyke verhouding tussen private persone
en dat dit die indirekte toepassing van die Handves kragtens artikel 39(2) van die
Grondwet in dienooreenkomstige verhoudings regverdig, blyk dit tog dat die howe die
hersiening van private funksies eerder sien in die lig van die toepassing van die
gemeenregtelike beginsels.
Wat verder geblyk het uit die bespreking is dat die verhouding tussen lede van
private, niestatutêre organisasies dikwels kontraktueel van aard is en beheer word
deur privaatregtelike beginsels. Die howe vereis wel dat die dissiplinêre optredes van
private liggame (insluitende kerke en huishoudelike tribunale) in ooreenstemming met
die beginsels van natuurlike geregtigheid geskied, en dit blyk ook ten aansien van
optredes voortspruitend uit diensverhoudinge en optredes deur kerklike tugkomitees
waar ´n predikant geskors of ontslaan word. Uit beide die Suid-Afrikaanse en
255
Sien Turner v Jockey Club of SA 1974 (3) SA 633 (A) (dissiplinêre verhoor van ´n lid van die Jokkieklub); Theron v Ring van
Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) (tugverhoor van ´n kerk); Sien verder Taylor v Kurtstag
NO 2005 (1) SA 362 (W) (rakende die ekskommunikasie van die Joodse geloof).
256
Pharmaceutical Manufacturers Association of SA: In re Ex parte President of the Republic of South Africa 2000 (2) SA 674
(KH) par 45.
208
Nederlandse kontekste blyk dit duidelik dat daar geen algemene reël bestaan dat
predikante werknemers van die gemeente is, al dan nie, en gebonde is aan ´n
dienskontrak nie. Verskillende denominasies het verskillende uitgangspunte en
ideologieë. Gevolglik moet elke saak op sy eie meriete beoordeel word. Die howe
moet dus sensitief wees vir die sui generis-aard van kerke en behoort nie geredelik ´n
regsverhouding op lede van ´n kerk af te dwing as dit teenstrydig met hulle geloof is
nie.
Die reg op godsdiensvryheid soos vervat in die Grondwet laat kerke en ander
geloofsinstellings dus toe om hulleself en voortspruitende ampte te definieer.
Verskillende geloofsinstellings, kerke en denominasies word veroorloof om
verskillende
godsdienstige
geloofsidentiteit.
Die
uitgangspunte
geloofsbeskouing
te
en
hê,
ooreenkomstig
-praktyke
van
een
hulle
eie
kerk-
of
geloofsgemeenskap kan dus nie altyd as geldend vir ´n ander beskou word nie. Wat
betref die verhouding tussen arbeidsreg en administratiefreg is dit opmerklik dat ten
spyte van die meerderheidsbeslissing in Chirwa, ons tog ´n sterk tendens sien ten
gunste van die onderlinge gebondenheid van grondwetlike regte en hulle neiging om
te oorvleuel. Dit is die siening wat ons aantref in die meerderheidsuitspraak in
Sidumo, asook in die minderheidsuitspraak in Chirwa self. Dit word bevestig deur
Cameron AR, en Langa HR gee ook op meer as een geleentheid erkenning aan die
oorvleueling van die Wet op Arbeidsverhoudinge en PAJA.257 Hy beslis soos volg:
“There is an important principle at play here. Both PAJA and the LRA protect important
constitutional rights and we should not presume that one should be protected before another or
presume to determine that the ‘essence’ of a claim engages one right more than another. A
litigant is entitled to the full protection of both rights, even when they seem to cover the same
ground.”258
Cameron AR sluit hierby aan:
“We must end where we began: with the Constitution. I can find in it no suggestion that,
where more than one right may be in issue, its beneficiaries should be confined to a single
legislatively created scheme of rights. I can find in it no intention to prefer one legislative
257
258
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175, 176.
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175.
209
embodiment of a protected right over another; nor any preferent entrenchment of rights or of
the legislation springing from them.”259
Wat duidelik geblyk het uit hierdie hoofstuk en wat van belang is vir die bespreking
in die volgende hoofstuk, is dat die gemeenregtelik administratiefregtelike beginsels,
soos dit uiting vind in die reëls van natuurlike geregtigheid, van toepassing is op die
dissiplinêre verrigtinge binne vrywillige verenigings, insluitende geloofsinstellings.
Dit is gepas in situasies waar ´n persoon as gevolg van so ´n dissiplinêre optrede
ontneem is van sy lewensonderhoud. Dit is ook veral gepas vanweë die ongelyke
verhoudings wat in hierdie situasies aangetref word en wat die analogiese toepassing
van administratiefregtelike beginsels regverdig. Die volgende hoofstuk sal fokus op
die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid of prosedurele
billikheid op die prosedures van huishoudelike tribunale.
259
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH) par 175.
210
HOOFSTUK 8
8
PROSEDURELE BILLIKHEID
8.1
INLEIDING
Die Concise Dictionary of Law1 omskryf ´n huishoudelike tribunaal as “a body that
exercises jurisdiction over the internal affairs of a particular profession or association,
under powers conferred either by statute or by contract between the members”.
Privaat organisasies is altyd toegelaat om hulle eie sisteem van geskilbeslegting in te
rig met dien verstande dat toegang tot die howe nie uitgesluit word nie. Reeds in
Odendaal v Loggerenberg en Andere2 bevestig die hof die bevoegdheid om besluite
van huishoudelike godsdienstige tribunale te hersien:
“Dit is gemene saak dat ´n geregshof met ´n beslissing van ´n huishoudelike hof van ´n
vrywillige vereniging van persone, soos die kerk in die onderhawige geval, sal inmeng slegs
waar daar by die verhoor en veroordeling van die veroordeelde ´n skending van die reëls of
statute van die betrokke vereniging plaasgevind het of die elementêre beginsels van
geregtigheid verontagsaam was, en sodanige skending of verontagsaming die veroordeelde
werklik benadeel het.”
Die beginsels van natuurlike geregtigheid is van toepassing op die dissiplinêre
tribunale van onder andere klubs of kerklike liggame, aangesien hierdie tribunale:
“wield powers as great as, if not greater than, any exercised by courts of law. They can
deprive a man of his livelihood [...] They are usually empowered to do this for any breach of
their rules, which, be it stated, are rules which they impose and which [the individual
concerned] has no real opportunity of accepting or rejecting. In theory their powers are based
on contract. The [individual concerned] is supposed to have contracted to give them these
great powers; but in practice he has no choice in the matter.”3
Soos Chafee4 opmerk:
“An expelled member’s suit against the organization to which he belonged, for example, is the
kind of controversy particularly suited to judicial review.”
The Concise Dictionary of Law 2nd ed (1990).
Odendaal v Loggerenberg en Andere NNO 1961 (1) SA 712 (O) 719C-E.
3
Soos aangehaal in DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 376.
4
Sien DM Rabban “Judicial Review of the University-Student Relationship: Expulsion and Governance” (1973) 26 Stanford Law
Review 109.
1
2
211
Soos tereg opgemerk deur Wiechers,5 is die reëls van natuurlike geregtigheid
gemeenregtelike reëls wat van toepassing is op administratiewe ondersoeke en
verhore. Na die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid word onder andere
ook verwys as “due process” ooreenkomstig een van die mees fundamentele
waarborge in die Amerikaanse Grondwet. Die verband tussen natuurlike geregtigheid
en “due process” word omskryf as “different ways of expressing [the same idea]”.6
Ander terme sluit in “fair play in action”, prosedurele billikheid of bloot billikheid.
Prosedurele billikheid vind uiting in twee belangrike beginsels, naamlik die audi
alteram partem-reël wat verwys na die reg van ´n benadeelde persoon om sy of haar
saak behoorlik te stel en beteken letterlik “luister na die ander kant”. Die ander
beginsel is die nemo iudex in sua causa-reël wat vereis dat die besluitnemer vry van
vooroordeel moet wees en nie regter in sy eie saak kan wees nie. Volgens Wade en
Forsyth7 is die vereiste dat administratiewe besluitnemers verplig is om ´n billike
verhoor te gee “broad enough to include the rule against bias, since a fair hearing
must be an unbiased hearing; but in deference to the traditional dichotomy, that rule
has always been treated separately”. Hierdie hoofstuk sal gevolglik fokus op beide die
audi-vereiste, sowel as vooroordeel as belangrike elemente van die reg op prosedurele
billikheid. Die inhoud en toepassing van prosedurele billikheid sal ondersoek word,
asook die leerstuk van regmatige verwagtinge.
Artikel 33 van die Grondwet wat die fundamentele reg tot regverdige administratiewe
optrede uiteensit, maak nie net voorsiening daarvoor dat elkeen die reg het op
administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is nie, maar
bepaal spesifiek in subartikel 2 dat elkeen wie se regte nadelig deur administratiewe
optrede geraak is, die reg op die verskaffing van skriftelike redes het. Daar bestaan
verskeie argumente ten gunste van die vereiste en plig wat op besluitnemers rus om
redes te verskaf.8 Die reg tot redes word ook beskou as ´n essensiële element van
prosedurele billikheid of natuurlike geregtigheid en dit is daarom nie vreemd dat dit
5
M Wiechers Administratiefreg 2de uitg. (1984) 217.
Sien Murphy R in Forbes v New South Wales Trotting Club 1979 143 CLR 242 op 275.
7
W Wade en C Forsyth Administrative Law 7th ed (1994) 494.
8
Sien onder andere L Baxter Administrative Law (1989) 228, I Currie en J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act
Benchbook (2001) 135-136 par 5.2; U Stander “Die Wenslikheid vir die Verskaffing van Redes vir Administratiewe Handelinge”
1992 Stell LR 96-105; PP Craig “The Common Law, Reasons and Administrative Justice” 1994 CLJ 283-285; PP Craig
Administrative Law 5th ed (2003); Bel Porto School Governing Body and Others v Premier of the Province, Western Cape and
Another 2002 (3) SA 265 (KH) par 159.
6
212
as die “third principle of natural justice” beskou word nie.9 Daar word egter
aangevoer dat ´n sterk saak gestel kan word om die reg tot redes as deel van
natuurlike geregtigheid te beskou, ´n argument wat selfs sterkter is as ten aansien van
regsverteenwoordiging en kruisondervraging in huishoudelike tribunale.10
Die reg op regsverteenwoordiging word egter ook beskou as ´n belangrike element
van ´n billike verhoor en vorm deel van die diskresionêre vereistes vir prosedurele
billikheid ooreenkomstig artikel 3(3) van PAJA en bepaal dat ten einde uitvoering te
gee aan die reg op prosedureel billike administratiewe optrede, ’n administrateur in sy
of haar diskresie ook aan die benadeelde persoon die geleentheid mag bied om
bystand te verkry en, in ernstige of gekompliseerde sake, regsverteenwoordiging te
verkry. Gevolglik sal hierdie bespreking ook fokus op die reg op redes en
regverteenwoordiging as belangrike elemente van ´n billike verhoor.
8.2
AUDI ALTERAM PARTEM
8.2.1 Die toepassing van die leerstuk van regmatige verwagtinge
Artikel 33 van die Grondwet maak voorsiening vir die reg tot regverdige
administratiewe optrede en bepaal dat elkeen die reg het op administratiewe optrede
wat prosedureel billik is. Artikel 3(1) van PAJA maak dit verder duidelik dat ‘n
administratiewe handeling wat ‘n wesenlike en nadelige uitwerking op die regte en
regmatige verwagtinge van enige persoon het, prosedureel billik moet wees. Artikel
(2)(c) bepaal verder dat ‘n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe
handeling te hersien indien die handeling prosedureel onbillik was. Artikel 3(1)
verwys nie net na waar ´n administratiewe handeling ´n nadelige uitwerking op ´n
persoon se regte het nie, maar ook ´n nadelige uitwerking op ´n persoon se regmatige
verwagting het. Ná die beslissing in Administrator, Transvaal and Others v Traub
and Others,11 is die toepassing van die audi-reël uitgebrei om ook toepassing te vind
in gevalle waar ´n persoon ´n regmatige verwagting het. Ten aansien van die
toekomstige gevalle waar ´n regmatige verwagting geag teenwoordig te wees, beslis
Corbett HR soos volg:
9
Sien C Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative Action in the
Democratic South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit, 2002) 470.
10
Sien M Kirby “Reasons for Judgment: ‘Always Permissible, Usually Desirable and Often Obligatory’” (1994) 12 Aust Bar Rev
121; F Kitto “Why Write Judgements?” (1992) 66 ALJ 787.
11
Administrator, Transvaal and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A) 716G.
213
“[...] a reasonable balance must be maintained between the need to protect the individual from
decisions unfairly arrived at by a public authority (and by certain domestic tribunals) and the
contrary desirability of avoiding undue judicial interference in their administration.”
Corbett HR sluit dan ook pertinent die beslissings van huishoudelike tribunale in met
betrekking tot ´n administratiewe handeling wat ´n nadelige uitwerking op ´n persoon
se regmatige verwagtinge het. In President of the Republic of South Africa and Others
v South African Rugby Football Union and Others12 verwys die hof met goedkeuring
na die dictum van Corbett HR in Traub, en beslis verder soos volg:
“The question whether an expectation is legitimate and will give rise to the right to a hearing
in any particular case depends on whether in the context of that case, procedural fairness
requires a decision-making authority to afford a hearing to a particular individual before
taking the decision. To ask the question whether there is a legitimate expectation to be heard
in any particular case is, in effect, to ask whether the duty to act fairly requires a hearing in
that case. The question whether a “legitimate expectation of a hearing” exists is therefore
more than a factual question. It is not whether an expectation exists in the mind of a litigant
but whether, viewed objectively, such expectation is, in a legal sense, legitimate; that is,
whether the duty to act fairly would require a hearing in those circumstances.”13
De Ville14 voer aan dat die vraag of ´n regmatige verwagting op prosedurele billikheid
bestaan, gevolglik nie beperk word tot gewese praktyke en beloftes nie, maar konteksbepaald is. Hy is dan ook ten gunste van ´n breë benadering in die konteks van
prosedurele beskerming en voer aan dat die “contextual approach is much more
satisfying than the formalism involved in regarding legitimate expectation as a
threshold”.15 Volgens Raath16 moet daar normatiewe inhoud verleen word aan die
konsep van regmatige verwagtinge en hy voer aan dat die vraag gewoon moet wees of
die redelike man in die lig van al die besonderhede, in ag genome die aard en omvang
van die betrokke regsbelange ter sake, ´n regmatige verwagting gehad het om
aangehoor te word. Die hof in Lunt v University of Cape Town17 kritiseer veral die
vroeëre siening in Sibanyoni dat “the operation of contractual principles excludes the
audi alteram partem rule” en beslis ten aansien van die toepassing van die regmatige
12
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (KH).
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (KH)
par 216.
14
De Ville Judicial Review 231.
15
De Ville Judicial Review 233.
16
AWG Raath “Legitimate Expectation en die Feniks uit die As” 1992 Tydskrif vir Regswetenskap 98-99.
17
Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 449E. Sien verder die kritiek van E Mureinik “Natural Justice for
Students: The Case of the Undisciplined Contract” (1985) 1 SAJHR 48.
13
214
verwagting-leerstuk dat “[t]here is [...] a need in South Africa for [...] legal reform [...]
and application of the [legitimate] expectation test will do much to achieve it”.18 Die
hof aanvaar dat die leerstuk van regmatige verwagtinge ook in suiwer kontraktuele
aangeleenthede gepas is, ´n siening wat byvoorbeeld geensins nagevolg is deur die
hof in Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown)19 nie, en waar die
hof van mening is dat die audi alteram partem-reël nie toepassing geniet in die veld
van kontraktereg nie. Cooper R voer aan dat “I am in respectful disagreement with the
learned Judge’s view that the ‘legitimate expectation approach’ applies ‘even in a
contractual context’”.20
´n Soorgelyke benadering is gevolg deur die hof in Mankatshu v Old Apostolic
Church of Africa.21 Die appellant was ´n priester in die Ou Apostoliese Kerk van
Afrika en hy is aangestel op ´n niebesoldigde basis. Hy is deur die kerk tydens ´n
dissiplinêre verhoor uit sy pos as priester geskors en geëkskommunikeer van
lidmaatskap op grond van beweerde wangedrag en nienakoming van kerklike
doktrines. Die appellant het aangevoer dat sy skorsing onregmatig was, aangesien hy
nie die geleentheid gegun is om sy kant van die saak te stel nie. Hy voer verder aan
dat hy ´n regmatige verwagting gehad het op die toekomstige gebruik van fasiliteite
en dienste van die kerk, aangesien hy ´n bydrae gemaak het en dat, in die lig daarvan,
sy burgerlike regte en belange wel nadelig geraak is deur die weiering om aangehoor
te word. Die hof beklemtoon die feit dat hy slegs sal inmeng indien daar ´n bestaande
burgerlike reg of belang ter sprake is en beslis dat:
“The authorities say that, when there is an absence of civil rights or interests prejudicially
affected by a decision of a voluntary association, the civil courts have no jurisdiction.” 22
Die hof bevestig die siening van MT Steyn R in Motaung v Mukubela:23
“A Court of law will, however, not interfere, even when there has been a clear infringement of
the constitutional rules of a voluntary association, unless such interference is necessary to
protect some civil or temporal right or interest.”
18
Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K) 449H.
Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown)1991 (4) SA 458 (E) 469J.
Sien die verdere kritiek op die Embling-saak in DM Pretorius “Letting the Unruly Horse Gallop in the Field of Private Law:
The Doctrine of Legitimate Expectations in ‘Purely Contractual’ Relations” 2001 SALJ 503.
21
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA).
22
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA) 460H.
23
Motaung v Mukubela and Another NNO; Motaung v Mothiba NO 1975 (1) SA 618 (O) 628C.
19
20
215
Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die audi alteram partem-reël nie in
bogenoemde gevalle van toepassing is nie en beslis verder dat:
“The appellant is seeking a privilege to which he has no claim. He has no civil rights or
interests entitling him to be heard. Because of this he has no legitimate expectation to be
heard. He was a non-stipendiary priest. In my opinion the appellant’s application for relief
was rightly dismissed.”24
Pretorius25 voer aan dat hierdie beslissing nie korrek is nie, aangesien die feitelike
konteks van die regmatige verwagting eers ondersoek moes word, en die regmatige
verwagting nie afhang van die feit dat hy geen burgerlike regte en belange gehad het
wat ´n verhoor regverdig het nie. Hy voer tereg aan dat die skorsing en ekskommunikasie uit die kerk reeds ´n besluit van ´n dissiplinêre aard was wat in
ooreenstemming met die reëls van natuurlike geregtigheid moes geskied het en
gevolglik moes hy die geleentheid gegun geword het om aangehoor te word.
8.2.2 Die minimumvereistes vir prosedurele billikheid
8.2.2.1 Inleidende opmerkings
Die audi alteram partem-reël hou in dat wanneer ´n openbare liggaam of amptenaar
ooreenkomstig ´n magtigingswet of magtigende bepaling ´n handeling verrig wat ´n
persoon se bestaande regte, vryhede of regmatige verwagtinge nadelig aantas, so ´n
persoon geregtig is om ´n billike geleentheid gegun te word om sy of haar kant van
die saak te stel, alvorens die betrokke handeling verrig word, ´n besluit geneem of ´n
bevoegdheid uitgeoefen word. Die howe is duidelik ten gunste van die feit dat die
vereiste van ´n billike verhoor ´n buigsame konsep is en dat die inhoud daarvan
konteksspesifiek is. Vir geloofsinstellings beteken dit dat die betrokke aard van die
tugverhoor, tesame met die reg op godsdiensvryheid in bepaalde situasies, sekere
prosedurele vereistes kan vereis of ´n geloofsinstelling in bepaalde omstandighede
kan vrywaar en toelaat om van sekere formaliteite af te wyk. Hoexter26 bevestig
hierdie siening deur te beklemtoon dat ten aansien van prosedurele billikheid
“[c]ontext is all-important” en dat die inhoud daarvan nie staties is nie. Sy steun
gevolglik nie die voor-demokratiese “all-or-nothing”-benadering nie. Artikel 4(a) van
24
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa 1994 (2) SA 458 (TkA) 464C.
Pretorius 2001 SALJ 517.
26
C Hoexter Administrative Law in South Africa (2007) 326.
25
216
PAJA bevestig hierdie siening deur te bepaal dat ‘n administrateur wel van die
vereistes van prosedurele billikheid soos uiteengesit in artikel 2(b) mag afwyk, indien
dit onder die omstandighede wel redelik en regverdigbaar is om dit te doen. Om vas te
stel of die betrokke afwyking wel redelik en regverdigbaar is, vereis die artikel verder
dat die administrateur alle relevante faktore in ag moet neem. Hierdie faktore sluit in:
(i)
die oogmerke van die magtigende bepaling;
(ii)
die aard en doel van die administratiewe handeling en die noodsaak daarvan
om die administratiewe handeling te verrig;
(iii)
die waarskynlike uitwerking van die administratiewe handeling;
(iv)
die dringendheid van die verrigting van die administratiewe handeling of die
dringendheid van die aangeleentheid; en
(v)
die noodsaak daarvan om ‘n doeltreffende administrasie en goeie regering te
bevorder.
Indien so ´n prosedure dan billik blyk te wees met die inagneming van bogenoemde
faktore, mag die administrateur kragtens daardie ander prosedure optree. Baxter27 is
van mening dat “[f]air hearings need not necessarily meet all the formal standards of
the proceedings adopted by courts of law. The vagaries of the administrative process
demands much less formality and much greater flexibility”. Die howe bevestig verder
dat, ten spyte van die wisselende inhoud in sekere omstandighede, daar tog sekere
minimumvereistes vir die reg op ´n billike verhoor is. Dit behels dat ´n persoon wie se
regte nadelig deur ´n besluit of administratiewe optrede geraak is, ingelig moet word
van die optrede teen hom en die geleentheid gegun moet word om sy saak te stel en
aangehoor te word. Artikel 6(1) van PAJA maak dit verder duidelik dat enige persoon
verrigtinge mag instel in ’n hof of tribunaal vir die geregtelike hersiening van ‘n
administratiewe handeling. Artikel 6(2)(c) is dan belangrik, waar dit bepaal dat ʼn hof
of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien
die handeling prosedureel onbillik was. Hierdie vereistes soos vervat in PAJA stem
ook ooreen met gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid, oftewel
27
L Baxter Administrative Law (1984) 542.
217
prosedurele billikheid. Die audi-reël bevat verskeie sub-reëls wat as die elemente van
´n billike verhoor beskou kan word. Hierdie gemeenregtelike reëls is in PAJA behou,
soos uiteengesit in artikel 3(2)(b) en artikel 3(3). Ooreenkomstig die gemenereg het
hierdie subreëls onder andere bestaan uit die volgende:
a) Voldoende kennisgewing van die beoogde optrede;
b) Redelike en tydige kennisgewing;
c) Persoonlike verskyning;
d) Regsverteenwoordiging;
e) Getuienis/kruisondervraging; en
f) Openbare verhoor.28
Die twee belangrikste vereistes van prosedurele billikheid is seker dat ´n benadeelde
persoon ten minste voldoende kennisgewing moet kry van enige optrede teen hom en
´n voldoende geleentheid moet kry om sy saak te stel. “Voldoende” veronderstel dat
genoeg inligting verskaf moet word om ´n persoon in staat te stel om sy of haar regte
uit te oefen.29
8.2.2.2 Voldoende kennisgewing en geleentheid om saak te stel
Ooreenkomstig die gemenereg is ´n persoon betrokke by dissiplinêre verrigtinge
geregtig “to have the charge clearly formulated with sufficient particularity in such a
manner as will leave him/her under no misapprehension as to the specific act or
conduct to be investigated”.30 Ooreenkomstig die gemenereg is dit essensieel dat die
kennisgewing die tyd en plek waar voorleggings gemaak sal word, moet insluit.31
Artikel 3(2)(a) van PAJA beklemtoon hierdie gemeenregtelike vereiste deur te bepaal
dat die billikheid van ‘n administratiewe prosedure sal afhang van die omstandighede
van elke geval. Maar wat presies beteken dit? In Du Preez and Another v Truth and
Reconciliation Commission32 beslis die hof soos volg:
28
Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed (2006) 321.
I Currie en J Klaaren The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook (2001) par 3.12 en 3.13.
30
Claassen R in Klein v Dainfern College 2006 (3) SA 73 (T).
31
Sien byvoorbeeld Bredell v Pienaar 1922 KPA 578 op 585.
32
Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (4) BCLR 531 (A) 542F-543A, met verwysing na die
dictum van Lord Mustill in Doody v Secretary of State for the Home Department and Other Appeals [1993] 3 All ER 92 (HL)
106D-H. Sien ook verder Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools, Eastern Transvaal
1999(2) SA 91 (KH) par 39; President of the Republic of South Africa v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1
(KH) par 219; Janse van Rensburg NO v Minister of Trade and Industry NO 2001 (1) SA 29 (KH) par 24; Permanent Secretary,
Department of Education and Welfare, Eastern Cape, v Ed-U-College (PE) (Section 21) Inc 2001 (2) SA 1 (KH) par 19; Minister
29
218
“The principles of fairness are not to be applied by rote identically in every situation. What
fairness demands is dependent on the context of the decision, and this is to be taken into
account in all its aspects [...] An essential feature of the context is the statute which creates the
discretion, as regards both its language and the shape of the legal and administrative system
within which the decision is taken.”
En verder:
“[C]onflicting interests have to be reconciled and choices made, proportionality, which is
inherent in the Bill of Rights, is relevant to determining what fairness requires. Ultimately,
procedural fairness depends in each case upon the balancing of various relevant factors
including the nature of the decision, the ‘rights’ affected by it, the circumstances in which it is
made, and the consequences resulting from it.”33
In Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others34 beslis die hof byvoorbeeld dat
48 uur-kennis vir die applikant om redes aan te voer waarom hulle nie ontslaan moes
word nie, onvoldoende was in teenstelling met die beslissing in MEC, Department of
Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty)
Ltd35 waar die hof beslis het dat 48 uur-kennis onder die omstandighede billik was. In
Nkomo36 bevestig die hof dat:
“No specific, all-encompassing test can be laid down for determining whether a hearing is
fair – everything will depend upon the circumstances of the particular case. There are,
however, at least two fundamental requirements that need to be satisfied before a hearing can
be said to be fair; there must be notice of the comtemplated action and a proper opportunity to
be heard.”
Die hof het in ag geneem dat die applikant ongeletterd en nie-Engelssprekend was en
bystand sou benodig. Gevolglik beslis die hof dat:
“The time allowed of 48 hours over a weekend was totally inadequate to enable the applicants
to overcome these hurdles. The opportunity afforded them was, in the premises, largely
illusory and did not comply with the requirements for a fair hearing.”37
of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Others 2001 (3) SA 1151 (KH) par 101; Chairman,
Board of Tariffs and Trade v Brenco Inc 2001 (4) SA 511 (AH) par 13,14; Zondi v MEC for Traditional and Local Government
Affairs 2005 (3) SA 589 (KH) par 113-114.
33
Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Others 2001 (3) SA 1151 (KH).
34
Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N).
35
MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty) Ltd 2008 (2) SA 319
(KH).
36
Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N) 527.
37
Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N) 528.
219
´n Verdere voorbeeld is die beslissing van die hof in Diko v Nobongoza,38 waar die
hof beslis het dat ´n informele kennisgewing van ´n byeenkoms wat na ´n geslote
kantoor gefaks is, “cannot constitute compliance with the principles of natural
justice”. In Turner v Jockey Club of South Africa39 word die dissiplinêre optrede van
die jokkieklub tersyde gestel nadat dit aan die lig gekom het dat die betrokke jokkie
skielik met ernstige bewerings gekonfronteer is waarvan hy geen kennis gedra het nie
en wat nie aan hom gekommunikeer is voor die verhoor nie. Die Konstitusionele Hof
in Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government
Affairs40 bevestig en beklemtoon dat die reg op ´n behoorlike kennisgewing voor ´n
besluit geneem word, ´n fundamentele vereiste van billikheid is en dat dit die
benadeelde persoon die geleentheid bied om sy saak te stel. Die hof beslis verder:
“It is a fundamental element of fairness that adverse decisions should not be made without
affording the person to be affected by the decision a reasonable opportunity to make
representations. A hearing can convert a case that was considered to be open and shut to be
open to some doubt, and a case that was considered to be inexplicable to be fully explained.
The reasonable opportunity to make representations can generally be given by ensuring that
reasonable steps are taken to bring the fact of the decision-making to the attention of the
person to be affected by the decision.”41
Baxter42 beskryf hierdie element van prosedurele billikheid as “the essence of a fair
hearing”. Die vereiste dat ´n benadeelde persoon ´n redelike geleentheid gebied word
om vertoë te rig, sluit nie outomaties ´n mondelinge verhoor en die geleentheid om
persoonlik te verskyn, in nie. Die gemenereg erken geen outomatiese reg tot enige van
hierdie elemente nie en PAJA volg hierdie benadering deur hierdie element in te sluit
onder die diskresionêre vereistes soos vervat in artikel 3(3) van PAJA.43 Wat
belangrik is, is dat die benadeelde persoon ´n billike verhoor kry en ´n billike
geleentheid gebied word om sy saak te stel, en afhangende van die omstandighede kan
dit die reg om persoonlik te verskyn of die maak van skriftelike voorleggings insluit.
In Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others
38
Diko v Nobongoza 2006 (3) SA 126 (K) 137E-F.
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A).
Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4) BCLR 347 (KH).
41
Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4) BCLR 347 (KH) par 112.
42
Baxter Administrative Law 553.
43
In De Beer v Health Professions Council of South Africa 2005 (1) SA 332 (T) par 31-3, beslis die hof byvoorbeeld dat die Raad
se weiering om ´n mondelinge verhoor aan die appellante te gee nie onbillik in die omstandighede was nie.
39
40
220
Eastern Cape44 beslis die hof dat prosedurele billikheid nie vereis dat mondelinge
getuienis in aanvulling tot skriftelike voorleggings aangebied moet word nie. Die hof
beslis dat:
“The fact that the applicant’s request to appear personally before the Executive Council, in
order to address it and call witnesses, was not acceded to and does not in itself result in the
process being unfair. The applicant had more than sufficient opportunity to place whatever
evidence she deemed necessary before the Executive Council.”45
Dit was dus ook nie ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid nie,
aangesien meer as genoegsame geleentheid aan die applikant gebied is om die nodige
getuienis voor die uitvoerende raad te plaas.46 Die reg om inligting en argumente aan
te bied en te betwis, vorm ook geen inherente deel van die reëls van natuurlike
geregtigheid nie en die maatstaf is weer eens of ´n benadeelde persoon ´n billike
geleentheid gebied is om sy saak te stel. Dit geld ook vir die reg op ´n openbare
verhoor, wat geen absolute reg is ooreenkomstig die gemenereg nie. In South African
Jewish Board of Deputies v Sutherland NO47 het die applikant ´n skriftelike klag
ingedien teen die uitsending van ´n sekere program en is verskeie geleenthede gebied
om voorleggings ten aansien daarvan te maak. ´n Formele verhoor om die klag aan te
hoor, is egter geweier. Met verwysing na artikel 3(3) van PAJA bevind Malan R dat
die ernstige aard van die geval ´n formele verhoor vereis het en dat die gevolglike
weiering daarvan die applikant se reg op prosedurele billikheid onder die bepaalde
omstandighede geskend het.
Baxter48 is van mening dat die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid
vergelykbaar is met die plig om “billik” op te tree en gaan selfs verder deur aan te
voer dat hierdie reëls beginsels van “good administration” is en dat hulle afdwinging
dien as ´n voorbeeld vir toekomstige administratiewe handelinge. Burns49 voer aan dat
die reëls van natuurlike geregtigheid “have been supplanted by the constitutional right
to procedural fairness. It must again be emphasised that the body of case law dealing
with the rules of natural justice still apply today to the extent that it does not conflict
44
Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4) SA 120 (Ck) par 24 en
26.
45
Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4) SA 120 (Ck) par 24.
46
Burns en Beukes Administrative Law 324.
47
South African Jewish Board of Deputies v Sutherland NO 2004 (4) SA 368 (W) par 34.
48
Baxter Administrative Law 538-540.
49
Burns en Beukes Administrative Law 213.
221
with the Constitution”. Met verwysing na die woorde van Botha AR in Turner v
Jockey Club of South Africa50 som Levinsohn WRP die inhoud van die reëls van
natuurlike geregtigheid in National Horseracing Authority v Naidoo51 soos volg op:
“The principles of natural justice do not require a domestic tribunal to follow the procedure
and to apply the technical rules of evidence observed in a court of law, but they do require
such a tribunal to adopt a procedure which would afford the person charged a proper hearing
by the tribunal, and an opportunity of producing his evidence and of correcting or
contradicting any prejudicial statement or allegation made against him. [...] The tribunal is
required to listen fairly to both sides and to observe ‘the principles of fair play’.[...] In addition
to what may be described as the procedural requirements, the fundamental principles of justice
require a domestic tribunal to discharge its duties honestly and impartially. [...] They require
also that the tribunal’s finding of the facts on which its decision is to be based shall be ‘fair
and bona fide’ . [...] It is, in other words, ‘under an obligation to act honestly and in good
faith.’”
In breë terme beteken dit:
“[F]irstly, that the person concerned must be given a reasonable time in which to
assemble the relevant information and to prepare and put forward his representations;
secondly, he must be put in possession of such information as will render his right to
make representations a real, and not an illusory one.”52
Soos reeds gesien in Hoofstuk 7, het die voormalige krieketkaptein Hansie Cronje in
Cronje v United Cricket Board of South Africa,53 aansoek gedoen vir ´n bevel om die
krieketraad se besluit om hom te skors, te hersien en tersyde te stel op grond van die
nienakoming van prosedurele billikheid. Die hof beslis dat die krieketraad ´n
vrywillige vereniging is waarvan die bevoeghede kontraktueel en nie statutêr van aard
is nie. Die hof beslis verder dat die krieketraad nie ´n openbare bevoegdheid uitoefen
nie en nie aan die publiekregtelike reëls van natuurlike geregtigheid onderhewig is
nie. Hierdie siening is egter oop vir kritiek. Plasket54 is myns insiens korrek in sy
siening dat “Kirk-Cohen J was not correct when he said that it is only statute that can
create public power and that a duty to be heard can only arise through statute”. Plasket
voer verder aan dat:
50
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F.
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 8.
52
Volgens Colman R in Heatherdale Farms (Pty) Ltd v Deputy Minister of Agriculture 1980 (3) SA 476 (T) 486F-G.
53
Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T).
54
C Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative Action in the Democratic
South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit, 2002) 187.
51
222
“[T]o categorise the power of the respondent as being contractual, rather than statutory, and
from this to draw the conclusion that the rules of public law do not apply to it, ignores the
reality of the power at the disposal of the respondent: in the words of Lloyd LJ in Datafin, the
respondent ‘regulates not only itself, but all others who have no alternative but to come to’ it
if they wish to have anything to do with cricket.”55
Hierdie beslissing word ook gekritiseer deur Burns56 wat aanvoer dat die beginsels
van administratiewe geregtigheid in die algemeen en die beginsels van prosedurele
billikheid in besonder op handelinge deur ´n huishoudelike tribunaal en vrywillige
verenigings toegepas moet word. Sy beklemtoon weer eens die feit dat ´n
administratiefregtelike verhouding gekenmerk word deur ´n ongelyke verhouding,
waar een party in ´n magsposisie is teenoor die ander party wat in ´n ondergeskikte
posisie is. Dit is op grond van hierdie siening dat die hof se beslissing in Cronje
gekritiseer word. Gevolglik voer sy aan dat:
“[I]t seems illogical to assume that these principles [accountability, transparency, openness
and participation] will not apply to the sphere of voluntary associations and similar bodies, in
instances where the individual is in a similarly subordinate position.”57
In teenstelling met die beslissing van die hof in Cronje, volg die hof ´n baie meer
soepel benadering in die saak van Marais v Democratic Alliance.58 Die hof beslis dat
die bepalings van PAJA nie van toepassing is op die verrigtinge van ´n politieke party
nie. Die hof beslis spesifiek dat die besluite van die Nasionale Bestuurskomitee
(NMC) van ´n politieke party nie ´n administratiewe handeling ooreenkomstig PAJA
is nie en vind die beginsels van prosedurele billikheid soos neergelê in die wet nie
toepassing nie.59 Van Zyl R pas nietemin die gemeenregtelike beginsels van
natuurlike geregtigheid toe en beslis soos volg:
“It now remains to establish whether or not the procedure employed by the respondent, with a
view to removing the applicant as Mayor of Cape Town and terminating his membership of
the respondent, was fair and in accordance with the rules of natural justice. At the outset it
requires to be observed that the political stratagem employed by the respondent to achieve this
goal [...] smacks of unfairness, unreasonableness and a lack of good faith. Inevitably it calls
55
Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action 187.
Sien Burns en Beukes Administrative Law 141 en die verdere kritiek in YM Burns “Do Principles of Administrative Justice
Apply to the Actions of Domestic Bodies and Voluntary Associations such as the South African Rugby Football Union and the
United Cricket Board” 2002 SAPR/PL 379.
57
Burns en Beukes Administrative Law 141 en verder Burns 2002 SAPR/PL 379.
58
Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K).
59
Sien Burns en Beukes Administrative Law 143.
56
223
into question the fairness of the procedure followed by the respondent to achieve such
goal.”60
Aangesien die NMC Marais nie ´n billike verhoor gegee het nie, bevind die hof dat dit
´n skending van die audi alteram partem-reël is en gevolglik word die besluit tersyde
gestel. Die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid omvat die beginsels van
billikheid en hierdie beslissing van die hof toon duidelik dat selfs waar ´n handeling
nie as ´n administratiewe handeling ooreenkomstig die wet aangemerk kan word nie,
die grondwetlike beginsels ook op die gemenereg van toepassing is en vind die meer
soepel billikheidsvereistes aanwending. Hierdie benadering van die hof in Marais
word dan ook gesteun in soverre die verrigtinge van ´n huishoudelike tribunaal aan
die meer soepel billikheidsvereistes gemeet word en gevolglik aanwending vind met
betrekking tot geloofsinstellings.
8.2.2.3 Toepassing ten aansien van geloofsinstellings in besonder
Met betrekking tot geloofsinstellings staan dit vas dat huishoudelike tribunale hulle
funksies moet uitoefen in ooreenstemming met die vereistes soos neergelê in die
konstitusie, maar ook in ooreenstemming met die gemeenregtelike reëls van
natuurlike geregtigheid. Die bovermelde bespreking ten aansien van die toepassing
van die reëls van natuurlike geregtigheid is gevolglik ook van toepassing op
geloofsinstellings. Wat in gedagte gehou moet word, is dat daar sprake is van ´n
huishoudelike tribunaal van ´n vrywillige vereniging en gevolglik moet die volgende
woorde van MT Steyn R in Motaung v Mukubela61 in gedagte gehou word:
“In considering whether there has been a material breach of the constitutional provisions of a
voluntary association (such as a Church), a Court of law should not view the matter as if under
a strong magnifying glass and should not carpingly ferret out and unduly enlarge every minor
deviation from the strict letter of the constitutional provision being examined. Much rather
should it adopt a practical, common-sense approach to the matter, constantly bearing in mind
that the persons called upon to administer such a constitution are usually laymen who are
unversed in the ways of the law. Where, however, despite the adoption of this benevolent
approach, the Court is satisfied that there has in fact been a serious breach of the constitutional
provisions of such an association and that such breach is therefore not a ‘mere matter of form
60
61
Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K) 191.
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 618H-619A.
224
without any interference with the substance’ of the decision involved, it should not hesitate to
give full effect to the legal consequences of such a breach.”
In De Vos v Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and
Another62 beslis Brink R, met verwysing na Garment Workers’ Union v De Vries and
Others63 dat:
“In considering questions concerning the administration of a lay society governed by rules, it
seems to me that a Court must look at the matter broadly and benevolently and not in a
carping, critical and narrow way. A Court should not lay down a standard of observance that
would make it always unnecessarily difficult – and sometimes impossible to carry out the
constitution. I think that one should approach such enquiries as the present in a reasonable
commonsense way, and not in the fault-finding spirit that would seek to exact the uttermost
farthing of meticulous compliance with every trifling detail, however unimportant and
unnecessary, of the constitution. If such a narrow and close attention to the rules of the
constitution are demanded, a very large number of administrative acts done by lay bodies
could be upset by the Courts. Such a state of affairs would be in the highest degree calamitous
– for every disappointed member would be encouraged to drag his society into Court for every
trifling failure to observe the exact letter of every regulation. There is no reason why the same
benevolent rules should not be applied to the interpreting of the conduct of governing bodies
of societies as one applies to the interpretation of by-laws.”
In United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala64 is ´n predikant van
die Metodistekerk se diens eensydig deur die gemeente beëindig. Die hof bevestig dat
die respondent die reg het om sy saak te stel en dat die reëls van natuurlike
geregtigheid nie nagekom is nie. Die hof bevestig ook die vroeëre siening van Steyn
R in Turner v Jockey Club of South Africa,65 waar Botha AR weer eens beklemtoon
dat die reëls van natuurlike geregtigheid nie vereis dat ´n huishoudelike tribunaal die
streng prosedurele vereistes en tegniese reëls van ´n geregshof hoef te volg nie, maar
dat:
“[T]hey do require such a tribunal to adopt a procedure which would afford the person
charged a proper hearing by the tribunal, and an opportunity of producing his evidence and of
correcting or contradicting any prejudicial statement or allegation made against him.”
62
De Vos v Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another 1952 (2) SA 83 (O).
Garment Workers’ Union v De Vries and Others 1949 (1) SA 1110 (W) 1129.
United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O).
65
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F.
63
64
225
Die hof beslis dat die respondent in United Methodist Church nie ´n billike verhoor en
´n geleentheid om sy saak te stel gehad het nie. In Motaung v Mukubela66 word ´n
hersieningsaansoek deur die hof aangehoor en ´n besluit tersyde gestel omdat
beginsels van natuurlike geregtigheid verontagsaam is. Die applikant is in ´n laer pos
aangestel sonder dat hy van enige oortreding aangekla is of enige voorafgaande
waarskuwing van die voorneme om hom te degradeer gekry het. Die hof beslis dat
“[t]he effect of this demotion was to reduce his status from that of one of the high
officers of the Church to that of a junior officer, operating at parish level. His means
of livelihood was obviously also seriously diminished thereby”.
In Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei),
and Others67 is ´n predikant van die Umtata-gemeente van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tydens ´n dissiplinêre verhoor skuldig
bevind aan ernstige wangedrag ten aansien van sy pligte as predikant van die
gemeente. Die applikant voer aan dat hy nie tydig en voldoende ingelig is van die
klagtes teen hom nie en dat die aantygings so vaag geformuleer is dat hy nie ´n
genoegsame geleentheid gehad het om behoorlik voor te berei nie. Hy voer aan dat hy
nie net van ´n billike geleentheid ontneem is om die getuienis teen hom te toets en te
betwis nie, maar dat hy ook nie die geleentheid gegee is om die respondent aan te
spreek nie.68 Die hof bevestig die basiese beginsels van ´n billike verhoor deur soos
volg te beslis:
“It is, of course, a fundamental tenet of legality and justice that every party to a dispute must
be afforded a fair opportunity of stating his case and of producing his evidence. Equally, in
disciplinary proceedings, as in criminal prosecutions, the charges must be so notified and
framed that the person accused is timeously and adequately informed of the case he has to
meet.”69
Die hof beslis dat dit gemenesaak is dat die applikant glad nie ´n verhoor gehad het
nie. En verder:
“He was not even advised of the time when, or place where, the appeal would be considered.
The only representations from him that were before the second respondent when it adjudicated
the appeal are those that were contained in the letter of one page only in which he ‘tendered’
66
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O).
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK).
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 27B-D.
69
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 28G-29A.
67
68
226
his appeal. There was no reason to think that the applicant intended that short letter to
constitute the only presentation that he intended to make of his case on appeal. It seems
obvious that he was doing no more in that letter than recording his wish to appeal and stating,
in broad and general terms, the grounds of his dissatisfaction. It would be quite wrong to
assume that by means of that letter he was allowed to make an adequate presentation of his
case. It is trite that there can be no judicially conducted adjudication of an appeal unless,
among other things, each of the parties has been afforded the opportunity of adequately
presenting his case.”70
Gevolglik beslis die hof dat die aansoek moet slaag en dat as gevolg van die gebrek
aan ´n billike verhoor en fundamentele onregmatighede in die appèlverrigtinge, die
besluit van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tersyde gestel
moet word. In Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk, SWA, en Andere71 is ´n predikant uit sy amp geskors. Hy doen aansoek om sy
skorsing tersyde te stel op grond van growwe onreëlmatighede aan die kant van die
respondente. Namens die applikant is aangevoer dat hy geregtig is op die
fundamentele beginsels van natuurlike geregtigheid. Art. 59 van die Kerkorde bepaal
dat tugmaatreëls nie toegepas mag word voordat ´n klag grondig ondersoek is en
sonder dat die beklaagde genoegsame geleentheid gehad het om homself te verdedig
nie. Namens die applikant is aangevoer dat die Ring se optrede strydig met die
bepalings van die Kerkorde was dat ´n beklaagde genoegsame geleentheid moet kry
om homself te verdedig en dat daar inbreuk gemaak is op die fundamentele vereistes
van natuurlike geregtigheid dat ´n aangeklaagde ´n billike en behoorlike geleentheid
gegun moet word om hom teen die klag te verweer.72 Die hof beslis dat die
respondent wel sekere fundamentele onreëlmatighede begaan het wat die applikant
benadeel het, en gevolglik word die skorsing tersyde gestel.
In Taylor v Kurtstag73 is ´n lid van die Joodse gemeenskap deur die Beth Din, die
bevoegde Joodse kerklike gesag, geëkskommunikeer uit die Joodse geloof deur
middel van ´n Cherem (bevel). Hy voer aan dat die besluit ´n skending van die reëls
van natuurlike geregtigheid was en dat die Beth Din verplig is om billik op te tree en
ten minste die audi alteram partem-reël moet eerbiedig. Hy voer aan dat hy nie ´n
geleentheid gebied is om sy saak te stel voor die Beth Din, alvorens die besluit
70
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 29B-D.
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA).
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 363G-H.
73
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W).
71
72
227
geneem is om hom te ekskommunikeer nie. Die hof by monde van Malan R bevestig
weer eens dat die billikheid van ´n verhoor aan die hand van die bepaalde
omstandighede bepaal moet word:
“Clearly, when deciding the fairness of the process, its nature must be taken into account. A
religious tribunal is subject to the discipline of the Constitution, but its being a religious body
giving effect to the associational rights of its members, must be accounted for.”74
Op grond van die feite beslis die hof egter dat die applikant genoegsame kennis gegee
is van die verhore en die nodige besonderhede van die Cherem en beslis dat die
verhoor en daaropvolgende besluit om hom die Cherem op te lê, billik was onder die
omstandighede en gevolglik word die aansoek van die hand gewys. In Theron v Ring
van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA75 is die appellante deur die Ring van
Wellington aan sekere klagtes van oortreding van die Kerkorde skuldig bevind. Daar
is onder andere aangevoer dat die Algemene Sinodale Kommissie fouteer het deur
oorweging te skenk aan die geldigheid al dan nie van die besluit van die Ring sonder
om die appellante ´n geleentheid te bied om vertoë te lewer oor daardie besondere
aspek van die saak. Die uitslag van die appèlverrigtinge was egter dat die appèl teen
die skuldigbevinding afgewys is, maar dat die appèl teen die straf wat opgelê is,
geslaag het, hoewel op ander gronde as wat deur die appellante aangevoer is.
Gevolglik is die hof van mening dat:
“Na my oordeel, gesien die uitslag van die appèl met betrekking tot strafoplegging, was dit
glad nie nodig vir die Algemene Sinodale Kommissie om die appellante ´n geleentheid te bied
om vertoë te rig met betrekking tot die grond waarop die appèl teen die straf in die
appellante se guns uitgewys is nie. Daar kan nouliks gesê word dat die versuim om hulle so ´n
geleentheid te bied die appellante werklik benadeel het.”76
Die hof beslis egter wel dat die Kommissie mero motu gehandel het toe sekere
inligting wat nie aan die appellante bekend gemaak is nie in oorweging geneem is.
Die Kommissie het die appellante geensins in kennis gestel dat so ´n uiters ernstige
beslissing teen hulle oorweeg sou word op nuwe gronde waaromtrent daar geen
formele beswaar aanhangig gemaak is nie. Daar is ook nie aan die appellante kennis
74
Taylor v Kurtstag 2004 (4) All SA 317 (W) par 63.
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A).
76
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 44F-G.
75
228
gegee of die geleentheid gebied om ´n verweer op te werp nie.77 Hofmeyer AR is
gevolglik van mening dat die beginsels van natuurlike geregtigheid deur die
Kommissie geskend is en dat die appellante ernstig benadeel is deur die Ring se
beslissing deur omstandighede in oorweging te neem en deur hulle ´n behoorlike en
billike verhoor aangaande die straf wat hulle wettiglik opgelê kon word, te ontsê. Die
hof beslis gevolglik dat alle verrigtinge van die Sinodale Kommissie en die Ring met
betrekking tot die straf aan die appellant opgelê, ongeldig en nietig is.
Binne die gereformeerde kerkreg in Nederland vind die beginsels van ´n billike
verhoor en die audi-reël binne geloofsinstellings eweneens toepassing en volg die
Nederlandse howe dieselfde benadering ten aansien van die toepassing van die reëls
van prosedurele billikheid soos dit uit die bovermelde bespreking ook in die SuidAfrikaanse konteks na vore gekom het. Die beginsel van “hoor en wederhoor” is een
van die belangrikste beginsels van ´n regverdige optrede en word beskryf as ´n
beginsel
wat
“zonder
meer
ook
van
toepassing
[is]
op
de
kerkelijke
geschilsbeslechting”.78 Bouwman79 beklemtoon hierdie siening deur verder op te
merk dat:
“Nodig is het ook, dat de aangeklaagde gehoor wordt, en hem ruimschoots gelegenheid
gegeven wordt, zich te verantwoorden en te verdedigen. Ongehoord iemand veroordelen is ten
zeerste af te keuren.”
Tugmaatreëls het die vermoë om ernstige gevolge vir die betrokkene in te hou en die
belange van die betrokkene moet juis met die grootste omsigtigheid en sorgvuldigheid
hanteer word. ´n Hof moet die basiese beginsels van billikheid handhaaf wanneer by
die toepassing van so ´n tugmaatreël ingegryp word. Soos die regbank in Utrecht tereg
beslis:
“Daarbij verdient opmerking dat het afzetten van een kerkelijke ambtsdrager bij wijze van
tuchtmaatregel een besluit is dat diep ingrijpt in het persoonlijk, kerkelijk en maatschappelijk
leven van de betrokkene, zodat aan de totstandkoming daarvan hoge eisen van zorgvuldigheid
gesteld moeten worden.
77
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 46 A.
AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 109.
79
H Bouwman Gereformeerd Kerkrecht. Het Recht der Kerken in de Practijk Deel II (1934) 622.
78
229
Hoewel de burgerlijke rechter bij toetsing van kerkelijke besluiten terughoudendheid past,
dient het ontslagbesluit van een ambtsdrager in ieder geval de toets van het fundamentele
beginsel van hoor en wederverhoor te kunnen doorstaan.”80
Die hof ‘s-Gravenhage verwys na hierdie basiese beginsels van prosesreg as “de eisen
van een behoorlijke tuchtrechtspraak”.81 Hierdie basiese beginsels kom duidelik na
vore in die kerklike regspraak.82 So is enkele predikante van die Gereformeerde Kerk
te Groningen byvoorbeeld tydens die gemeentevergadering geskors. Die besluit is
egter strydig met die Kerkorde geneem. Die hof beslis soos volg:
“[...] daargelaten nog, dat in strijd met alle recht en gereformeerde beginsel de eischeres (die
kerk, hvc) de gedaagden niet gehoord heeft over wat hun ten laste is gelegd.”83
Weens die skending van die beginsel van hoor en wederhoor deur die kerkraad van
die Molukse Evangelische Kerk, beslis die regbank in Dordrecht84 dat die kerkraad ´n
nuwe gemeentevergadering moes belê waar die geskorste predikant die geleentheid
gegun moes word om sy standpunt teenoor die gemeente te stel. Die beginsel word
deur die regbank van Breda soos volg uiteengesit:
“Bovendien, doch zeker niet in de laaste plaats, moet ook bij het opleggen van kerkelijke
tuchtrechtelijke maatregelen gelden het grondbeginsel van ieder tuchtrecht dat de betrokkene
moet worden gehoord en het recht moet hebben zich te verdedigen.”85
Die beginsel van hoor en wederhoor is nie net van belang wanneer tugmaatreëls
opgelê en afgedwing word nie, maar ook wanneer ander organisatoriese besluite binne
die kerkgenootskap geneem word. So sien ons byvoorbeeld dat die hof in Zwolle dit
as ´n “algemeen rechtsbeginsel” beskou, selfs waar ´n gemeente ´n besluit geneem het
om kerkdienste te wysig sonder om die betrokkenes genoegsaam in te lig. Die hof
beklemtoon die feit dat ´n kerkraad wel sekere beleidsvryheid ten aansien van die
neem van besluite en uitoefening van sy bevoegdhede het, maar dat selfs in so ´n
80
Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG, 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse Kerk).
Hof ‘s-Gravenhage 28 Mei 1975, NJ 1976, 210 (Van Duivenbode/KNVB).
82
Vir verdere voorbeelde sien ook Rb.Winschoten 18 November 1925, NJ 1925 1288 (Van Bentum/Vrije Evangelische
Gemeente Winschoten); Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1944/45, 746 (skeuring Gereformeerde Kerk Maastrict); Pres.
Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid Gemeenschap van Gelovigen); Pres. Rb. Zwolle 1
Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466, gepubliseer op www.Rechtspraak.nl, LJN nr. AD 8785 (ds. De B/classis
Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken).
83
Sien Bouwman Gereformeerd Kerkrecht 622.
84
Pres. Rb. Dordrecht 15 Desember 1983, KG 1984, 16 (ontslag predikant Molukse Evangelische Kerk).
85
Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse Kerk).
81
230
geval die basiese beginsels van hoor en wederhoor in ag geneem moet word. Die hof
beslis soos volg:
“Zulks laat evenwel onverlet dat de burgerlijke rechter onder omstandigheden bevoegd is in te
grijpen, zeker als het min of meer beheersmatige kwesties betreft, zoals in dit geval. Het
beginsel dat degenen wier belangen bij een (mogelijk) besluit zijn betrokken in het kader van
een zorgvuldige voorbereiding van dat besluit in de gelegenheid worden gesteld hun
zienswijze kenbaar te maken, dient te worden aangemerkt als zo ´n algemene rechtsbeginsel,
waaraan ook in gevallen als deze moet worden voldaan.”86 [Eie kursivering.]
´n Interessante voorbeeld waar die beginsels van prosedurele billikheid ter sprake is,
tref ons aan in die Protestantse Kerk in Nederland. Op 1 Mei 2004 verenig die
Nederlandse Hervormde Kerk (NHK), die Gereformeerde Kerken in Nederland
(GKN) en die Evangelisch-Lutherse Kerk in het Koninkrijk der Nederlanden (ELK)
om die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) te vorm. Op hierdie datum tree die
nuwe Kerkorde van die Verenigde Kerk ook in werking.
In teenstelling met byvoorbeeld die Katolieke Kerk, is daar sprake van skeiding van
magte by die PKN. Die wetgewende en bestuursbevoegdhede word aan die amptelike
vergadering opgedra, terwyl die regsprekende bevoegheid aan spesiale “colleges” vir
die behandeling van besware en geskille opgedra word, wat beslissings maak
onafhanklik van die algemene vergadering. Die PKN kies bewustelik vir so ´n
skeiding van magte om juis die regsbeskerming van diegene wat by ´n geskil betrokke
is, te vergroot.87 Ten aansien van verskillende geskille wat in die PKN kan ontstaan,
maak die Kerkorde voorsiening vir verskillende vorme van regspraak. Eerstens handel
Ordonnansie 10 oor “kerklijke tuchtrechtspraak”, Ordonnansie 12 maak voorsiening
vir “bezwaren en geschillen” en Ordonnansies 3-20 en 3-21 maak voorsiening vir die
beslegting van geskille indien daar konflik ontstaan tussen die predikant en die
kerkraad of gemeente. Wat die posisie ten aansien van die arbeidsreg in die PKN
betref, word die regsposisie van “kerklijke medewerkers” deur die arbeidsreg beheer,
terwyl dié van predikante egter as ´n besondere regsverhouding gesien word wat deur
die eie statuut beheers word.
86
Pres.Rb.Zwolle 7 Augustus 1998, KG 1998, 240 (Oudshoorn/Hervormde Gemeente Zwolle).
FT Oldenhuis et al. “Schurende Relaties tussen Recht en Religie” (2007) Instituut voor Integratie en Sociale Weerbaarheid,
Rijksuniversiteit Groningen 102.
87
231
Ten aansien van die kerklike tug, staan dit ´n gewone kerklid vry om uit die kerk te
tree indien hy hom nie aan die kerk se opsig en tug wil onderwerp nie. Vir ´n
predikant is dit egter nie so vrywillig nie. Die PKN maak seker dat die tugprosedures
die nodige prosesregtelike waarborge bevat en teen die beslissing van ´n “regional
opzitcollege” kan daar geappèlleer word na die “generale college voor het opzicht”.88
Ordonnansie 12 sit die riglyne vir die hantering van besware en geskille in die kerk
uiteen en bepaal ook dat sogenaamde “colleges” vir die behandeling van besware en
geskille in die lewe geroep word.89 Alle besware word dan ooreenkomstig die
prosedures in die Ordonnansie uiteengesit, ingedien en hanteer, en voorsiening word
ook gemaak vir die moontlikheid om ´n besluit op hersiening te neem.90
Hierdie “colleges” hou hul besig met die administratiewe funksionering en
bestuursbevoegdhede van die kerklike vergaderinge en organe. Gevolglik word gevra
of die bepalings van die Kerkorde nagekom is, of al die nodige belange afgeweeg is,
en of die nodige vereistes van billikheid en sorgvuldigheid in ag geneem is. Die
besluite word dus nie inhoudelik beoordeel nie, maar daar word slegs gekyk of dit op
die korrekte wyse tot stand gekom het. Dit word selfs vergelyk met die hersiening
deur die administratiewe regter “aan de beginselen van behoorlijke procesorde”.91
Besware sluit ´n besluit, handeling of versuim deur ´n kerklike liggaam in en die
kollege toets so ´n besluit, handeling of versuim aan die beginsels van “behoorlijk
bestuur”. Die PKN het probeer om met die Protestantse Kerkorde (PKO) rekening te
hou met prosesregtelike waarborge wat deur die burgerlike regter in verskeie
beslissings ten aansien van die interne kerklike regsgang gestel is. Die PKN kies, in
ooreenstemming met die gebruik van die Hervormde Kerk, om die regspraak deur
onafhanklike kolleges te laat bereg om onafhanklikheid, maar ook onpartydigheid te
waarborg. Artikel 7(6) van die Ordonnansie bepaal ondere andere soos volg:
“De leden van een college voor de behandeling van bezwaren en geschillen kunnen niet
deelnemen aan of als zodanig aanwezig zijn bij de behandeling van een bezwaar of een
geschil, een zaak betreffende waarbij zij direct of indirect betrokken zijn of zijn geweest, dan
wel enig belang hebben.”
88
Ordonnansie 10-11.
Sien artikel 2 van Ordonnansie 12.
Sien artikel 1(3).
91
Oldenhuis Schurende Relaties tussen Recht en Religie 105.
89
90
232
Dit blyk dus duidelik uit bovermelde bespreking en voorbeelde dat daar ´n verpligting
op geloofsinstellings rus om te verseker dat hulle optredes en prosedures voldoen aan
die basiese prosedurele vereistes van ´n billike verhoor. Geloofsinstellings moet
toesien dat hulle kerkordes en dissiplinêre kodes en optredes bepalings bevat wat aan
´n benadeelde persoon voldoende kennisgewing bied van enige optrede teen hom
tydens enige dissiplinêre of tugoptrede en aan die benadeelde persoon ´n voldoende
geleentheid bied om sy saak te stel gedurende die verrigtinge. Geld dit ook ten
aansien van die reg op regsverteenwoordiging en die skriftelike voorsiening van
redes? Die volgende bespreking sal fokus op hierdie twee aspekte as belangrike
elemente van ´n billike verhoor.
8.2.3
Die reg op regsverteenwoordiging
In Du Plessis v De Klerk92 bevestig die Konstitusionele Hof dat die tussentydse
Grondwet nie in die algemeen voorsiening maak vir die direkte horisontale
toepassing van fundamentele regte nie, hoewel die moontlikheid van uitsonderings
wel oopgehou is. In suiwer privaatregtelike aangeleenthede behels dit dus dat die
partye gewoonlik nie kan steun op fundamentele regte soos verskans in hoofstuk 3
nie, maar ingevolge artikel 35(3) kan die horisontale werking van die hoofstuk 3 wel
indirek aanwending vind in privaatregtelike verhoudings deurdat die howe gemagtig
word om die gemenereg en gewoontereg te ontwikkel in ooreenstemming met die
gees, strekking en waardes vervat in die Grondwet. Dit geld dus vir die interne reg
van niestaatlike liggame en interne dissiplinêre verrigtinge moet byvoorbeeld
kragtens die gemenereg aan die beginsels van natuurlike geregtigheid voldoen. Met
betrekking tot die horisontale aanwending van die Handves en die tussentydse
Grondwet, merk Van der Vyver93 verder op dat die vereistes van ´n billike verhoor,
soos uiteengesit in artikel 25(3), sekerlik by die gemeenregtelike konsep van
“natuurlike geregtigheid” ingelees sal word. In die nuwe Grondwet sit artikel 35(3)
die vereistes vir ´n billike verhoor uiteen en artikel 35(3)(f) bepaal pertinent dat elke
beskuldigde persoon die reg op ´n billike verhoor het, wat insluit die reg op ´n
regspraktisyn van eie keuse en om deur daardie regspraktisyn verteenwoordig te
word.
92
93
Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH).
Van der Vyver “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 1994 (57) THRHR 379.
233
Artikel 35(2)(b) en 35(3)(f) maak voorsiening vir die reg op regsverteenwoordiging
ten aansien van aangehoude en beskuldigde persone binne die konteks van normale
strafregtelike verrigtinge en die hof se uitgangspunt in Park-Ross v Director: Office
for Serious Economic Offences94 bevestig dit deur te beslis dat die toepassing van die
ooreenstemmende regte in die tussentydse Grondwet (artikel 25) beperk moet word
tot die strafproses, spesifiek wat betref aangehoudenes en beskuldigdes.95 Dit is ook
die hof se siening in Cuppan v Cape Display Supply Chain Services96 waar die
applikant se diensooreenkoms slegs voorsiening gemaak het vir verteenwoordiging
deur ´n vakbondverteenwoordiger, en die vraag voor die hof was of daar ´n reg op
regsverteenwoordiging tydens dissiplinêre verrigtinge is. Die hof bevestig dat die
prosesregtelike bepalings vervat in die tussentydse Grondwet slegs geld tydens
strafregtelike vervolgings en nie in verrigtinge voor private huishoudelike tribunale
nie. Die verwysings na die reëls van natuurlike geregtigheid in die betrokke
dissiplinêre kode verleen nie spesifiek ´n reg op regsverteenwoordiging nie.97 Soos
verder bevestig deur die hof in Hosking and Another v Van der Merwe and Another
NNO:98
“South African courts have not regarded the right to legal representation as a component of
‘natural justice’.”99
Van der Vyver100 voer egter aan dat:
“It is fair to conclude that disciplinary proceedings of a non-state institution will in future have
to comply with the norms specified in section 25(3)[...] because of the common-law rules
pertaining to a fair trail, which are now to be adjusted, in view of section 35(3), to include,
amongst other things, a right to legal representation.”
Artikel 3(2)(a) van PAJA bevestig dat die billikheid van ‘n administratiewe prosedure
sal afhang van die omstandighede van elke geval. Artikel 3(2)(b) maak voorsiening
vir sekere verpligte prosedures en die reg op regsverteenwoordiging val nie onder
hierdie lys van verpligte prosedures nie. Ons tref dit eerder aan in artikel 3(3), wat ´n
diskresie aan ´n administrateur verleen om aan die persoon die geleentheid te gee om
94
Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 (2) SA 148 (K) 163
MC Roos “Die Reg op Regsverteenwoordiging tydens Administratiewe Verrigtinge” 2004 PER/PELJ 7.
Cuppan v Cape Display Supply Chain Services 1995 (4) SA 175 (D).
97
Sien verder Roos 2004 PER/PELJ 12.
98
Hosking and Another v Van der Merwe and Another NNO 1992 (1) SA 920 (W).
99
Van der Vyver 1994 THRHR 393.
100
Van der Vyver 1994 THRHR 393.
95
96
234
bystand te verkry en, in ernstige of gekompliseerde sake, regsverteenwoordiging te
verkry. Die reg op regsverteenwoordiging, soos toegepas in die Gemenebes, volg baie
dieselfde patroon as in Suid-Afrika. Kerke soos die Anglikaanse Kerk funksioneer
baie dieselfde as hulle ampsgenote in Suid-Afrika. In Australië byvoorbeeld, maak die
reëls van sekere organisasies spesifiek voorsiening vir regsverteenwoordiging, soos
byvoorbeeld renklubs. Ten aansien van klubs en ander verenigings in die algemeen,
sal een van die volgende situasies gewoonlik op die voorgrond tree:
•
Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n
diskresie toe, maar regsadviseurs verskyn selde of daar is geen gevestigde
praktyk in dié verband nie;
•
Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n
diskresie toe en die tribunaal laat soms regsadviseurs toe;
•
Die reëls maak geen voorsiening vir regsverteenwoordiging nie of ken ´n
diskresie toe, maar regsverteenwoordiging word nie normaalweg toegelaat nie;
•
Die reëls sluit die reg op regsverteenwoordiging uit.101
Indien ´n organisasie of klub onredelik afwyk van sy normale praktyk om wel
regsverteenwoordiging toe te laat, kan dit dalk ´n bevinding van partydigheid of
onredelikheid tot gevolg hê. In ´n verslag van die Queensland Kommissie van
Ondersoek102
het
die
Kommissie
geweier
om
´n
algemene
reg
tot
regsverteenwoordiging aan te beveel met betrekking tot administratiewe tribunale,
maar wel bevestig dat so ´n reg sterker is waar dissipline ter sprake is. Aangesien
dissiplinêre verhore dikwels viva voce geskied, kan ´n sterk saak dus gemaak word
ten gunste van regsverteenwoordiging. In McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd103
beslis Needham R dat daar geen algemene reg tot regsverteenwoordiging bestaan nie,
hoewel hy die moontlikheid oopgelaat het dat dit in ongespesifiseerde gevalle wel
anders mag wees. Verder beslis die Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v
Aldrich and Commissioner of Police104 dat dit die algemene siening is dat “there [is]
no absolute right to legal representation”, hoewel dit die kompromie maak dat “a
tribunal may (not ‘must’) allow legal representation when justice might not otherwise
101
Forbes Justice in Tribunals 162-163.
Sien Forbes Justice in Tribunals 165 vn 22.
McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd 1975 1 NSWLR 61.
104
Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v Aldrich and Commissioner of Police 1993 QCA 253.
102
103
235
be done”.105 In 1874 is ´n Anglikaanse priester deur sy biskop geskors en die kerk het
geweier dat hy deur ´n advokaat verteenwoordig word tydens die verrigtinge voor die
kerklike tribunaal:
“No doubt it is one of the first principles of justice, that no man should be condemned without
being heard. But in the absence of any common law right or statutory provision no one has the
right to be heard by counsel.”106
Met betrekking tot kerke, tref ons enkele voorbeelde in Nederland aan, wat ´n baie
goeie blik bied op die posisie van regsverteenwoordiging binne verskeie kerke uit die
gereformeerde tradisie. In Nederland is ´n predikant van die Christelijk
Gereformeerde Kerk deur die kerk se klassis eers tydelik onthef van sy plig as
predikant en later geskors. Die predikant het hom na aanleiding van hierdie maatreëls
deur ´n advokaat laat bystaan. Die president van die regbank beslis:
“[...] dat [eiser] (ds. De Boer, hvc) in redelijkheid niet kan worden tegengeworpen dat hij zich
bij dit kerkrechtelijk geschil heeft laten bijstaan door een advocaat, mede gelet op het feit dat
beginselen van behoorlijke procesorde medebrengen dat rechtsbijstand mogelijk moet zijn.”
107
[Eie kursivering.]
Dit blyk dus ook hier geen absolute reg te wees nie, maar wel moontlik wanneer die
omstandighede dit vereis. Santing-Wubs108 voer verder aan dat die reg op bystand ´n
persoon “naar keuze” moet wees. Sommige kerke vereis dat dit ´n persoon binne die
kring van die betrokke kerk moet wees. So vereis die Rooms-Katolieke Kerk
byvoorbeeld dat die persoon iemand in eie kring moet wees tensy die biskop van die
betrokke bisdom anders toelaat. Die Gereformeerde Kerk in Nederland se Kerkorde
het byvoorbeeld bepaal dat indien bystand benodig word, so ´n persoon óf tot die
betrokke kerk moet behoort, óf “in leer en leven daarmee verwantschap heeft”.109 Die
Nederlandse Hervormde Kerk het hierdie vereiste reeds in 1985 afgeskaf uit hoofde
van die feit dat die kerk gevoel het dat dit nie billik is om die reg op
regsverteenwoordiging in te perk nie en daar word ook slegs verwys na die bystand
deur ´n “raadsman”, sonder dat enige verdere eise gestel word. Hierdie bepaling is
105
Forbes Justice in Tribunals 171.
Ex Parte Thackeray 1874 13 SCR (NSW) (L) 1 op 14-15 by monde van Martin HR.
107
Pres. Rb. Zwolle 1 Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466, gepubliseer op www.Rechtspraak.nl, LJN nr. AD 8785 (ds.
De B/classis Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken).
108
Santing-Wubs Kerken in Geding 135.
109
Santing-Wubs Kerken in Geding 135.
106
236
ook vervat in die nuwe Kerkorde, Ordonnansie 12 van die Protestantse Kerk in
Nederland110 wat bepaal dat:
“Wanneer betrokkene(n) daarom verzoeken of wanneer het college zelf aanleiding ziet
deze(n) uit te nodigen, worden de betrokkenen in de gelegenheid gesteld in elkaars
aanwezigheid en desgewenst bijgestaan door een raadsman of -vrouw hun inzichten aan het
college mondeling toe te lichten.”111
Billikheid is ook ´n baie buigsame begrip wat volgens Barrie112 ´n breër en buigsamer
toepassing as die reëls van natuurlike geregtigheid het. Dit bied die howe die
geleentheid om verder as net die blote prosedurele regte te kyk, maar ook of die
resultaat wat bereik is billik was. Hy is dan ten gunste van die insluiting van die reg
op regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as
deel van die reëls van natuurlike geregtigheid. Toe ds. Laurie Gaum destyds deur die
Ring van Kaap die Goeie Hoop uit sy amp as predikant geskors is weens sy
homoseksuele
verhouding,
het
hy
herhaaldelik
gevra
vir
die
reg
op
regsverteenwoordiging in sy appèl na die Wes-Kaapse Sinode en die Algemene
Sinode. Namens Gaum is soos volg aangevoer:
“Ons het dit gedoen omdat die nadelige gerugte wat die ring wil ondersoek ´n nadelige
uitwerking op ds. Gaum se regte as ampsdraer in die kerk kan hê. Dit is glad nie ongehoord
dat vrywillige verenigings, aan die hand van die reëls van natuurlike geregtigheid en
regverdige administratiewe optrede, soos opgeneem in die Grondwet van Suid-Afrika, wel
regsverteenwoordiging vir ´n geïmpliseerde toelaat nie – veral nie as tugoptrede en skorsing
teen so iemand kan volg nie.”113
Die ondersoekliggaam het egter nie aan die versoek gehoor gegee nie. Die Algemene
Sinode het op die ou end Gaum se appèl gehandhaaf, maar wel op ´n tegniese punt.
Weens verskeie prosedurele foute sou Gaum hom andersins suksesvol tot die howe
kon wend. Namens Gaum sou aangevoer kon word dat in die lig van bovermelde
bespreking, die reëls van natuurlike geregtigheid die reg op regsverteenwoordiging
insluit en dat dit ´n vereiste sou wees indien dit ´n integrale deel van ´n billike
verhoor vir Gaum sou wees. Regsverteenwoordiging in die geval van ´n kerk of
geloofsinstelling moet egter geïnterpreteer word in die lig van die aard van die kerk
110
Ordinantie 12 De Behandeling van Bezwaren en Geschillen.
Sien Ordinantie 12 De Behandeling van Bezwaren en Geschillen artikel 7(2).
GN Barrie “Right to Representation in Domestic Tribunals” (1996) 2 TSAR 393.
113
M Malan “N.G. Kerk en Gaum dalk Hof toe” 29 Mei 2005 Rapport 1.
111
112
237
of geloofsinstelling. Dit behels dus nie noodwendig ´n advokaat nie, slegs in baie
uitsonderlike gevalle. Ten aansien van verrigtinge binne ´n geloofsinstelling, sou
regsverteenwoordiging in die vorm van bystand, meer gepas wees, eerder as
regsverteenwoordiging in die vorm van ´n advokaat. In Motaung v Mukubela114 was
die applikant ´n lid van die “Ethiopian Church of South Africa” en aangestel in die
amp van ´n distrikspredikant van die kerk in Kroonstad. Die dissiplinêre kode van die
kerk word uiteengesit in hoofstuk VI van die kerk se konstitusie. Artikel 11 van die
dissiplinêre kode bepaal dat:
“[...] save in the case of proceedings before the supreme tribunal, or judicial committee, no
complainant or accused shall have the right to legal representation.”
Die applikant het ´n klag teen die president van die kerk ingedien en aangedring op
regsverteenwoordiging tydens die vergadering voor die “judicial committee” soos
waarvoor in die dissiplinêre kode voorsiening gemaak word, maar sy versoek is deur
die komitee geweier. Op ´n verdere vergadering deur die “supreme conference of the
Church” is ´n versoek aanvaar in terme waarvan die applikant se pos van
distrikspredikant na ´n plaaslike gemeentepredikant verlaag is en hy is verplaas na
Oudtshoorn in die voorgestelde pos. Die applikant was nie teenwoordig toe hierdie
besluit geneem is nie en het ook geen voorafgaande kennisgewing ontvang waarin hy
meegedeel is van die beoogde besluit of enige klag teen hom nie. Gevolglik nader hy
die hof vir ´n hersiening en tersydestelling van die besluit van die komitee om hom
regsverteenwoordiging te weier tydens die verhoor rakende sy klag teen die president
en die besluit deur die “supreme conference” om sy pos te verlaag en hom te
verplaas.
Die hof beskou die optrede van die komitee as ´n ernstige skending van die
dissiplinêre kode en konstitusie van die kerk. Die applikant het ooreenkomstig die
konstitusie ´n reg op regsverteenwoordiging gehad wat geweier is. Volgens die hof is
hierdie ´n reg wat beskerm en toegepas moet word en wat gronde daarstel om die
besluit deur die komitee tersyde te stel. Verder is die applikant geen voorafkennis
gegee van hulle voorneme om sy pos te verlaag nie, of die geleentheid gebied om sy
saak te stel nie. Volgens die hof was die procedure, soos uiteengesit in die kerk se
dissiplinêre kode en konstitusie, billik, en moes die reëls van natuurlike geregtigheid
114
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O).
238
toegepas word. Die hof beslis dat die komitee nie die bevoegdheid gehad het om so
op te tree nie en dat beide die besluit van die komitee en die konferensie onregmatig
was en tersyde gestel moet word.
In Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee115 is
mnr. Max Hamata, ´n student aan die Skiereilandse Technikon, voor ´n tugkomitee
van die Technikon gedaag en sy versoek om ´n prokureur van buite die Technikon
aan te stel om hom by te staan, is verwerp. Hy het na die Kaapse Hooggeregshof
geappèlleer, maar sy aansoek is van die hand gewys en hy het toe die Appèlhof
genader. Die hof het eenparig beslis dat Hamata toegelaat moes gewees het om sy eie
prokureur aan te stel en gevolglik is die tugverrigtinge tersyde gestel. Die Technikon
moes boonop Hamata se regskostes betaal. Die hof som die posisie goed op deur soos
volg te beslis:
“There may be administrative organs of such a nature that the issues which come before them
are always so mundane and the consequences of their decisions for particular individuals
always so insignificant that a domestic rule prohibiting legal representation would be neither
unconstitutional nor be required to be ‘read down’ (if its language so permits) to allow for the
exercising of a discretion in that regard. On the other hand, there may be administrative organs
which are faced with issues, and whose decisions may entail consequences, which range from
the relatively trivial to the most grave. Any rule purporting to compel such an organ to refuse
legal representation no matter what the circumstances might be, and even if they are such that
a refusal might very well impair the fairness of the administrative proceeding, cannot pass
muster in law.”116
Die hof in Hamata117 bevestig die siening van Chaskalson HR in Minister of Public
Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another
(Mukhwevho Intervening)118 dat:
“Ultimately, procedural fairness depends in each case upon the balancing of various relevant
factors, including the nature of the decision, the ‘rights’ affected by it, the circumstances in
which it is made, and the consequences resulting from it.”
115
Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA).
Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA) par 12.
117
Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA).
118
Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another (Mukhwevho Intervening) 2001
(3) SA 1151 (KH) 1184E.
116
239
Die hof in Hamata is van mening dat, deur die gemeenregtelike reëls toe te pas, dit
tot dieselfde resultaat sal lei, aangesien die gemenereg ook vereis dat dissiplinêre
verrigtinge ooreenkomstig die vereistes van billikheid moet geskied. Die hof verwys
na die beslissing van die Konstitusionele hof in Bel Porto School Governing Body v
Premier, Western Cape,119 waar Chaskalson HR aan die woord is en met verwysing
na die tussentydse Grondwet soos volg beslis:
“Item 23(2)(b) seems to me to encapsulate and in some respects extend the well-known
common-law grounds of judicial review as they have developed over the years in England and
South Africa – legality, procedural fairness and rationality.”
Vir huishoudelike tribunale beteken dit dus dat die tribunaal tydens dissiplinêre
verrigtinge oor ´n diskresie beskik om te besluit of regsverteenwoordiging toegelaat
sal word al dan nie, aan die hand van die feite en vereistes van billikheid in die
betrokke geval. Dit behels ook ´n behoorlike interpretasie van beide die Grondwet en
die gemenereg en die faktore relevant tot die uitoefening van die diskresie. Die hof in
Hamata beslis dan ook dat daar geen absolute reg op regsverteenwoordiging bestaan
“other than flexibility to allow for legal representation” nie en dan slegs ook “in cases
where it is truly required in order to attain procedural fairness”.120
Ten spyte van die grondwetlike en statutêre grondslag van prosedurele billikheid,
blyk daar steeds eenvormigheid te wees tussen die inhoud van die gemeenregtelike
reëls van prosedurele billikheid, naamlik die reëls van natuurlike geregtigheid, en die
reëls soos vervat in die Grondwet en PAJA. Dit blyk duidelik uit die beslissing van
Hamata, waar die reg op regsverteenwoordiging as deel van prosedurele billikheid
erken word, hoewel die toepassing steeds konteksspesifiek is en sal afhang van die
betrokke omstandighede van die geval.
8.2.4
Die reg op redes
Die reël dat ´n administratiewe besluitnemer by die uitoefening van ´n diskresionêre
bevoegdheid redes vir sy besluit moet gee, word deur Wiechers121 as die derde reël
(buiten voldoende kennisgewing en die geleentheid om jou saak te stel) beskou wat
deel van die audi alteram partem-beginsel vorm, maar wat volgens hom weinig
119
Bel Porto School Governing Body v Premier, Western Cape 2002 (3) SA 265 (KH) 291F-G.
Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449 (HHA) par 11.
121
Wiechers Administratiefreg 240.
120
240
toepassing in die praktyk vind. Die plig om redes vir administratiewe besluite te
verskaf, word beskou as “one of the fundamentals of good administration”.122 Hierdie
siening word ook deur De Ville bevestig.123 In Transnet Ltd v Goodman Brothers
(Pty) Ltd124 word die reg tot redes deur Olivier AR binne die breë konteks van die reg
op gelykheid omskryf as:
“The right to equal treatment pervades the whole field of administrative law, where the
opportunity for nepotism and unfair discrimination lurks in every dark corner. How can such
right be protected other than by insisting that reasons be given for an adverse decision? It is
cynical to say to an individual: you have a constitutional right to equal treatment, but you are
not allowed to know whether you have been treated equally. The right to be furnished with
reasons for an administrative decision is the bulwark of the right to just administrative action.”
Plasket R in Kiva v Minister of Correctional Services125 bou voort op hierdie siening
van Olivier AR dat dit nie net die reg op gelykheid is wat geaffekteer word nie, maar
ook die reg op toegang tot die howe, soos vervat in artikel 34 van die Grondwet:
“As the right to reasons is intended to make judicial review effective, it can also be said that
the right affected is the right to access of court entrenched in s 34 of the Constitution: without
reasons for an administrative action, an affected person is not able adequately to consider
whether he or she should challenge it by way of review. It is also evident that the applicant,
without reasons, cannot determine whether he was the victim of an unfair labour practice, in
violation of the fundamental right to fair labour practices entrenched in s 23(1) of the
Constitution.”
Die hof verwys tereg met goedkeuring na die waarde van die reg op redes wat deur
Baxter126 soos volg omskryf word:
“In the first place, a duty to give reasons entails a duty to rationalise the decision. Reasons
therefore help to structure the exercise of discretion, and the necessity of explaining why a
decision is reached requires one to address one’s mind to the decisional referents which ought
to be taken into account. Secondly, furnishing reasons satisfies an important desire on the part
of the affected individual to know why a decision was reached. This is not only fair: it is also
conducive to public confidence in the administrative decision-making process. Thirdly – and
probably a major reason for the reluctance to give reasons – rational criticism of a decision
may only be made when the reasons for it are known. This subjects the administration to
122
Lord Denning in Breen v Amalgamated Engineering Union [1971] 2 QB 175 (CA) 191C.
JR de Ville Judicial Review of Administrative Action in South Africa (2006) 287.
124
Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd 2001 (1) SA 853 (HHA).
125
Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E) par 31.
126
Baxter Administrative Law 228. See Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E) par 36.
123
241
public scrutiny and it also provides an important basis for appeal or review. Finally, reasons
may serve a genuine educative purpose, for example where an applicant has been refused on
grounds which he is able to correct for the purpose of future applications.”
Ooreenkomstig die gemenereg het daar geen verpligting op besluitnemers gerus om
mondelinge of geskrewe redes vir administratiewe besluite te verskaf nie. Hoewel
daar geen plig op besluitnemers gerus het nie, was die howe in sommige gevalle tog
bereid om sekere afleidings te maak waar daar geen, of ´n weiering om redes te
verskaf, teenwoordig was. Innes HR beslis in Judes v District Registrar of Mining
Rights, Krugersdorp127 dat die weiering om redes te verskaf, ´n belangrike element
kan wees om aan te dui “whether the decision had been bona fide, or whether it had
not been influenced by ulterior or improper motives”. In Jeffery v President, South
African Medical and Dental Council128 het ´n dissiplinêre komitee nie redes vir hul
besluit verskaf toe die applikant aan wangedrag skuldig bevind is nie. Die hof beslis
dat die vereistes van billikheid die behoefte om ingelig en redes vir die besluit te
ontvang, vereis. Die afwesigheid van redes het aanduiding gegee dat die ondersoek
nie billik was nie. Die reg op redes het sy ontstaan in die Indiese howe en daar word
aangevoer dat hierdie beginsel sekerlik grotendeels deur die Indiese howe ontwikkel
is.129 Bhagwati R in Siemens Engineering Company v Union of India130 beslis dat die
vereiste om redes te verskaf:
“[...] is, like the principle of audi alteram partem, a basic principle of natural justice which
must inform every quasi-judicial process and this rule must be observed in its proper spirit and
mere pretence of compliance with it would not satisfy the requirement of law.”
´n Reeks van hofsake in Australië bevestig die siening dat huishoudelike tribunale in
die algemeen nie ingevolge die gemenereg verplig is om redes te verskaf nie. Vir die
afgelope 50 jaar vereis die Engelse reg van openbare liggame in Engeland om die
beginsels van goeie administrasie te respekteer. Die reg op redes is een van hierdie
beginsels. Die reg op redes is egter ietwat beperk ten aansien van sy aanwending,
aangesien dit nie soos ander beginsels van effektiewe bestuur (billikheid, redelikheid)
van algemene toepassing is nie. Ooreenkomstig die gemenereg, is daar geen plig om
redes te verskaf nie, wat die aanwending daarvan beperk, en só ´n plig om redes te
127
Judes v District Registrar of Mining Rights, Krugersdorp 1907 TS 1046 op 1052.
Jeffery v President, South African Medical and Dental Council 1987 (1) SA 387 (K).
Sien Plasket The Fundamental Right to Just Administrative Action 470.
130
Siemens Engineering Company v Union of India AIR 1976 SC 1785 op 1789.
128
129
242
verskaf, is ook slegs in buitengewone omstandighede teenwoordig. Die Engelse reg
aanvaar wel dat die gemenereg in sekere omstandighede ´n plig om redes te verskaf,
oplê.131 Elliot132 voer aan dat die plig om redes te verskaf, asook die gevolge van die
nienakoming van die plig, in pas gebring moet word met die ander vergelykbare
beginsels van effektiewe bestuur. Hy voer gevolglik aan dat daar ´n algemene plig
moet wees om redes te verskaf, dat dit kontekssensitief moet wees en dat ´n skending
van die reg op sigself die handeling onregmatig kan maak. Ten spyte van hierdie
siening, beslis Lord Mustill in die dikwels aangehaalde saak van Doody133 dat “the
[common] law does not at present recognise a general duty to give reasons for an
administrative decision”. Na byna 20 jaar is die standpunt steeds dat daar geen plig
bestaan om redes te verskaf nie, behalwe in buitengewone omstandighede. Hierdie
“buitengewone” omstandighede sluit in omstandighede waar:
“[the] subject matter is an interest so highly regarded by the law (for example, personal
liberty), that fairness requires that reasons, at least for particular decisions, be given as of
right.”134
Elliott135 som die huidige posisie in die Engelse reg op as: “it would be complacent to
assume that English law has arrived at a general duty to give reasons in all but name.”
Die reg tot redes word verder beskou as ´n “intellectual discipline” en “[t]he giving of
reasons is one of the fundamentals of good administration”.136 ´n Plig om redes te
verskaf, bewys nie net ´n “commitment to rationality”137 nie, maar beklemtoon ook
die aspek van waardigheid wat daarmee gepaardgaan. Soos Allan138 dit stel:
“The giving of reasons by officials, in particular, can readily be understood as serving a
‘dignitarian’ function quite distinct from the arrangements for securing sound decisions [...]
[A]n obligation to give reasons may have a beneficial effect on the quality of the decision and
in that sense contribute to fairness; but whether or not that is so in any particular case, giving
reasons may be regarded as an integral part of treating a disappointed applicant with the
respect which his dignity as a citizen demands.”
131
Sien onder andere W Wade en C Forsyth Administrative Law 8th ed (2000) 517-518; GN Barrie “The Giving of Reasons for
Administrative Decisions in English and United States Law” 2000 TSAR 595-601.
132
M Elliott “Has the Common Law Duty to Give Reasons Come of Age Yet? 2011 Public Law 56.
133
R v Secretary of State for the Home Department Ex p. Doody [1994] 1 A.C. 531 op 564.
134
R v Higher Education Funding Council Ex p Institute of Dental Surgery [1994] 1 W.L.R 242 op 263.
135
Elliott 2011 Public Law 58.
136
Forbes Justice in Tribunals 249.
137
A Le Seur “Legal Duties to Give Reasons” (1999) 52 C.L.P 154-155.
138
T Allen “Procedural Fairness and the Duty of Respect” (1998) 18 O.J.L.S 499.
243
Hoewel die gemenereg ook ´n buigsame instrument is, is dit belangrik om daarop te
let dat beginsels van toepassing op statutêre tribunale nie altyd gepas is met
betrekking tot huishoudelike tribunale nie. Dit word verwoord deur Kirby P in
Osmond v Public Service Board of New South Wales139 waar hy opmerk dat:
“[T]he common law, developed as it is case by case, has proved an appropriately flexible
instrument [...] If the guiding principle is the duty to act fairly or justly [...] what may be
expected of a Minister [...] or a statutory tribunal may not be expected of a private club or
private individual making a decision. The detail of reasons that may be required in one case
may not fairly or justly be demanded [...] in another.”
Die hof se beslissing in Osmond word beskryf as ´n terugslag vir diegene wat die reg
tot redes as deel van die reëls van natuurlike geregtigheid wil vestig. Die hof beslis
gevolglik:
“[T]he ordinary common law position remains [...] that where, as a matter of ordinary
construction, the relevant statutory provisions do not impose an obligation to give reasons, the
rules of natural justice will not remedy the omission.”
140
Die Konstitusionele Hof se interpretasie van die legaliteitsbeginsel is dat dit nie
prosedurele billikheid insluit nie en dit nie ´n vereiste vir ´n besluitnemer is om redes
vir ´n besluit te verskaf nie. Die hof beslis egter dat die oppergesag van die reg
“requires judges not to act arbitrarily and to be accountable” deur in normale
omstandighede redes vir hulle besluite te verskaf.141 Artikel 33(2) van die reg op
administratiewe geregtigheid bepaal dat elkeen wie se regte nadelig deur
administratiewe optrede geraak is, die reg het op die verskaffing van skriftelike redes.
Artikel 5(1) van PAJA bepaal verder dat enige persoon wie se regte wesenlik en
nadelig deur ʼn administratiewe handeling geraak is en aan wie daar geen redes vir
daardie handeling verskaf is nie, mag versoek dat die betrokke administrateur redes
vir die handeling verskaf. Bogenoemde bepalings vereis nie slegs dat redes verskaf
moet word nie, maar artikel 5(3) vereis verder dat die redes “voldoende” moet wees.
In Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries &
139
Osmond v Public Service Board of New South Wales [1984] 3 NSWLR 447 op 464.
Public Service Board of NSW v Osmond (1986) 159 CLR 656 op 676.
141
Sien C Hoexter “The Principle of Legality in South African Administrative Law” 2004 Macquarie Law Journal 183.
140
244
another142 handel die hof met “voldoende” redes ooreenkomstig artikel 5(3) van
PAJA. Die hof beslis met verwysing na Hoexter143 soos volg:
“[I]t is apparent that reasons are not really reasons unless they are properly informative. They
must explain why action was taken or not taken; otherwise they are better described as
findings or other information.”144
Die hof verwys verder na die siening van Woodward R in Ansett Transport Industries
(Operations) Pty Ltd v Wraith145 waar die hof beslis dat om daartoe in staat te wees
om voldoende redes te verskaf, dit vir die besluitnemer noodsaaklik is:
“[...] to explain his decision in a way which will enable a person aggrieved to say, in effect:
‘Even though I may not agree with it, I now understand why the decision went against me. I
am now in a position to decide whether that decision has involved an unwarranted finding of
fact, or an error of law, which is worth challenging.’
This requires that the decision-maker should set out his understanding of the relevant law, any
findings of fact on which his conclusions depend (especially if those facts have been in
dispute), and the reasoning processes which led him to those conclusions. He should do so in
clear and unambiguous language, not in vague generalities or the formal language of
legislation. The appropriate length of the statement covering such matters will depend upon
considerations such as the nature and importance of the decision, its complexity and the time
available to formulate the statement. Often those factors may suggest a brief statement of one
or two pages only.”146
Die Konstitusionele Hof in Bel Porto School Governing Body v Premier of the
Province, Western Cape147 bevestig die belangrikheid van die plig om redes te verskaf
deur te beslis dat:
“The duty to give reasons when rights or interests are affected has been stated to constitute an
indispensable part of a sound system of judicial review. Unless the persons affected can
discover the reason behind the decision, he/she may be unable to tell whether it is reviewable
or not and so may be deprived of the protection of the law. Yet it goes further than that. The
giving of reasons satisfies the individual that his or her matter has been considered and also
promoted good administrative functioning because the decision-makers know that they can be
called upon to explain their decision and thus be forced to evaluate all the relevant
142
Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA).
C Hoexter The New Constitutional & Administrative Law II (2002) 244.
144
Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA) par 40.
145
Ansett Transport Industries (Operations) Pty Ltd v Wraith (1983) 48 ALR 500 507.
146
Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All SA 616 (HHA) par 40.
147
Bel Porto School Governing Body v Premier of the Province, Western Cape 2002 (3) SA 265 (KH) par 159.
143
245
considerations correctly and carefully. Moreover, [...], the reasons given can help to crystalise
the issues should litigation arise.”
Waar laat dit geloofsinstellings? In Nederland hou die motiveringsbeginsel in dat ´n
besluit ordentlik gemotiveer moet wees en die inhoud daarvan die nodige feite en
omstandighede wat aanleiding tot die besluit gegee het, moet weergee. In die saak van
´n geskorste predikant het die betrokke klassis in sy skorsingsbesluit na sekere feite en
omstandighede verwys sonder om die nodige besonderhede en bronne op grond
waarvan hierdie ingrypende besluit geneem is, te verskaf. Die inhoud van die besware
was aan die predikant onbekend. Die hof beslis soos volg:
“Van een besluit als het onderhavige, dat voor de betrokkene zeer ingrijpend is, mag evenwel
worden verlangd dat het zodanig is gemotiveerd, met vermelding van de feiten en de bronnen
waarop het is gebaseerd, dat het controleerbaar is en dat voldoende inzicht wordt gegeven in
de daaraan ten grondslag liggende gedachtengang. (Ook) dit kan worden beschouwd als een
universeel geldend rechtsbeginsel, dat geacht moet worden binnen het kerkelijk recht gelding
te hebben. [...] Dat het besluit zelf uitvoerig is gemotiveerd maakt het voorgaande, anders dan
namens de classis is betoogd, niet anders.”148
Die N.G. Kerkorde149 bepaal onder andere in artikel 12 die volgende:
“12b2.2.4 Indien bevind word dat die predikant onbevredigende diens lewer, moet die redes
vir die onbevredigende diens en die vereistes waaraan hy/sy moet voldoen, in oorleg met
hom/haar en skriftelik onder sy/haar aandag gebring word.
12b2.3.5 Die kommissie voorsien skriftelik aan die predikant(e) met wie oorleg gepleeg word:
12b2.3.5.1 die redes vir die beoogde diensbeëindiging;
12b2.3.6 Die betrokke predikant(e) word geleentheid gebied om vertoë te rig oor enige
aangeleentheid waaroor oorleg gepleeg word, en die kommissie oorweeg die vertoë en reageer
daarop. Indien die kommissie nie daarmee eens is nie, verstrek die kommissie redes
daarvoor.” [Eie kursiverings.]
By bepalings in verband met appèlle en beswaarskrifte wat geld vir alle
kerkvergaderings wat appèlle en beswaarskrifte hanteer, is die appèlliggaam verplig
om redes vir die besluit te notuleer en moet daar skriftelik aan die party kennis gegee
148
AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 111.
Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos
vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007.
149
246
word.150 Verder handel artikel 63 oor die prosedures rakende die tugondersoek en
artikel 63.8.9 bepaal dat die bevindinge en besluite tot tugmaatreëls van
kerkvergaderinge of hulle gevolmagtigde ondersoekliggame met ´n opgaaf van redes
gepaard moet gaan. In die hertoelating van predikante en proponente tot die
bediening, moet ´n skriftelike aansoek by die ring ingedien word. Artikel 7.5.3 bepaal
onder andere dat indien die sinodale kommissie die aansoek weier, dit met opgawe
van redes skriftelik aan die applikant bekendgemaak word.
In Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others151 vra die hof by monde
van Dumbutshena AR wanneer ´n benadeelde persoon aangehoor behoort te word.
Met verwysing na Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated
Engineering and Foundry Workers Union) and Others,152 word die toets soos
neergelê deur Lord Denning beklemtoon, wat aantoon wanneer ´n benadeelde persoon
geregtig is, al dan nie, om aangehoor te word. Die toets verwys ook spesifiek na die
plig, al dan nie, om redes te verskaf. Die hof beslis soos volg:
“Then comes the problem: ought such a body, statutory or domestic, give reasons for its
decision or give the person concerned a chance of being heard? Not always, but sometimes. It
all depends on what is fair in the circumstances. If a man seeks a privilege to which he has no
particular claim – such as an appointment to some post or other – then he can be turned away
without a word. He need not be heard. No explanation need be given: [...] But, if he is a man
whose property is at stake, or who is being deprived of his livelihood, then reasons should be
given why he is being turned down, and he should be given a chance to be heard. I go further.
If he is a man who has some right or interest, or some legitimate expectation, of which it
would not be fair to deprive him without a hearing, or reasons given, then these should be
afforded him, according as the case may demand.”153
Dieselfde kritiek van Pretorius154 met betrekking tot die benadeelde persoon se
legitieme verwagting kom na vore ten aansien van die hof se verpligting om redes te
verskaf. Die belangrikste vraag is of die benadeelde persoon in die betrokke
omstandighede ´n billike verhoor gekry het. Die feit dat die benadeelde persoon
tydens ´n dissiplinêre verhoor uit sy pos geskors is en uit die kerk geëkskommunikeer
150
Artikel 23.b.8.
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA) 463H-464B.
152
Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others [1971] 1
All ER 1148 (CA).
153
Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and Others [1971] 1
All ER 1148 (CA) 1154F-H.
154
DM Pretorius “Letting the Unruly Horse Gallop in die Field of Private Law: The Doctrine of Legitimate Expectations in
‘Purely Contractual’ Relations” 2001 SALJ 517.
151
247
is, het juis ´n ernstige impak op sy lewensonderhoud wat volgens die hof die gee van
redes en die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid regverdig. Hy moes
gevolglik die geleentheid gegun geword het om aangehoor te word en in die
omstandighede sou redes gepas gewees het. Ten opsigte van geloofsinstellings is dit
duidelik dat ooreenkomstig die gemenereg, daar steeds geen algemene vereiste
bestaan om redes te verskaf nie. Bogenoemde bespreking en voorbeelde het egter die
belangrikheid van redes as ´n element van ´n billike verhoor beklemtoon. Veral ten
aansien van besluite deur geloofsinstellings tydens dissiplinêre verhore, waar ´n
skorsing of ontslag ernstige verlies aan lewensonderhoud kan veroorsaak, kan die
vereistes van billikheid die behoefte om ingelig en redes vir die besluit te ontvang,
vereis. Die afwesigheid van redes kan gevolglik vir die hof ´n aanduiding wees dat ´n
ondersoek nie billik was nie. Dit is duidelik dat die N.G. Kerk byvoorbeeld reeds
hierdie belangrike element in hulle appèl- en tugmaatreëls geïnkorporeer het, soos
waarskynlik ook verskeie ander kerke.
Ander geloofsinstellings moet gevolglik seker maak dat hulle die reg op redes in ag
neem in hulle tugprosedures ten einde gevolg te gee aan die reg op ´n billike verhoor.
´n Verdere belangrike beginsel en element van ´n billike verhoor, is die nemo iudex in
sua causa-reël wat vereis dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees en nie
regter in sy eie saak kan wees nie. Die reël teen vooroordeel sal nou in verdere
besonderhede bespreek en ondersoek word.
8.3
NEMO IUDEX IN SUA CAUSA
Wesseling-van Gent155 voer aan dat ten aansien van die beginsel van onafhanklikheid
en onpartydigheid van ´n voortsittende beampte, die eerste beginsel – onafhanklikheid
– ´n middel is om die tweede beginsel van onpartydigheid te bereik. Soos Smits dit
uitdruk:
“[O]nafhankelijkheid beoogt eerlijke rechtspraak, onpartijdige rechtspraak is eerlijke
rechtspraak.” 156
155
EM Wesseling-van Gent “Minimumvereisten voor een Civiele Procedure” Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en
Registratie (WPNR) (1985) 5742 op 395.
156
P Smits Artikel 6 EVRM en de Civiele Procedure. Over de Betekenis van Art. 6 EVRM voor het Nederlandse Burgerlijke
Prosesrecht (Doctorale scriptie, Erasmus Universiteit Rotterdam, 1996.) 247.
248
´n Beslissing, waarin die belangrikheid van en onderskeid tussen “onafhanklikheid”
en “onpartydigheid” van ´n besluitnemer ter sprake was, is die saak van SA National
Defence Union & another v Minister of Defence.157 Ooreenkomstig die regulasies wat
aangeveg is, kon die betrokke minister “onafhanklike” persone in die Militêre
Arbitrasie Raad aanstel. Die Raad was verantwoordelik vir die bemiddeling van
aangeleenthede wat verband hou met basiese diensvoorwaardes, wat volgens die
minister “almost always involve the employer in his representative capacity”.158 Die
betrokke bepaling is ongrondwetlik verklaar en die hof verwys na die volgende
uittreksel in R v Valente159 wat deur die hof goedgekeur is in De Lange v Smuts:160
“Although there is obviously a close relationship between independence and impartiality, they
are nevertheless separate and distinct values or requirements. Impartiality refers to a state of
mind or attitude of the tribunal in relation to the issues and the parties to the particular case.
The word ‘impartial’ [...] connotes absence of bias, actual or perceived. The word
‘independent’ [...] reflects or embodies the traditional constitutional value of judicial
independence. As such, it connotes not merely a state of mind or attitude in the actual exercise
of judicial functions, but a status or relationship to others, particularly the Executive branch of
government, that rests on objective conditions or guarantees.”
In Campbell and Fell v United Kingdom161 beslis die Europese Hof dat:
“In determining whether a body can be considered to be independent – notably of the
executive and the parties in the case – the court has regard to the manner of appointment of its
members and the duration of their term of office, the existence of guarantees against outside
pressures and the question whether the body presents an appearance of independence.”
Die toets vir onafhanklikheid is ´n objektiewe toets en in Van Rooyen v S162 beslis die
hof soos volg:
“[F]or the following reasons [...] the Military Arbitration Board would not be perceived to be
independent and impartial:
157
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence
& others [2003] JOL 11263 (T).
158
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence
& others [2003] JOL 11263 (T) par 47.
159
R v Valente (1985) 24 DLR (4th) 161 (SCC).
160
De Lange v Smuts NO 1998 (3) SA 785 (KH) par 71.
161
Campbell and Fell v United Kingdom (28 June 1984, Series A No 80, para 78), soos aangehaal in SA National Defence Union
& another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263
(T) par 50.
162
Van Rooyen v S (General Council of the Bar intervening) 2002 (5) SA 246 (KH) paras 19-30.
249
Disputes before the Board will always – at best for the Minister almost always – involve the
employer in his representative capacity;
The members of the Board are appointed by the Minister and the members may be chosen on
the basis of their political, social or economic views;
Members of the board have no security of tenure and may be removed by the Minister if he
dislikes an award given by that member;
Those who appear before the Board will find it impossible to forget that its incumbents are
beholden to the Minister if he dislikes an award given by that member.”
Die hof in SA National Defence Union & another v Minister of Defence163 bevind dat
die inbreukmaking op artikel 33 nie geregverdig kan word nie. Ooreenkomstig een
van die aangevegde regulasies:
“[T]he Registrar of the Military Trade Unions has the power to register military trade unions,
to consider the returns and reports of military trade unions, to withdraw the registration of a
military trade union and to perform a host of ancillary functions.”164
Dit gee gevolglik aan die registrateur ´n onbeperkte diskresie wanneer hy sy funksies
uitoefen. Die hof is van mening dat:
“Section 33 of the Constitution provides that everyone has the right to administrative action
that is lawful, reasonable and procedurally fair. That means that there must be no reasonable
perception of bias. Presently, in my view, there is a reasonable perception that the Registrar
might be perceived to be biased by virtue of the fact that he owes his appointment to the
Minister.” 165
Artikel 6(2)(a)(iii) van PAJA bepaal dat ‘n hof of tribunaal die bevoegdheid het om ‘n
administratiewe handeling te hersien indien die administrateur wat die handeling
verrig het bevooroordeeld was of as daar redelikerwys vermoed kan word dat hy
bevooroordeeld was. Dit omvat die gemeenregtelike reël teen vooroordeel – nemo
iudex in sua causa – wat vereis dat die besluitnemer vry van vooroordeel moet wees
en nie regter in sy eie saak kan wees nie. Hierdie reël is deur De Villiers HR in die
163
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence
& others [2003] JOL 11263 (T) par 55.
164
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence
& others [2003] JOL 11263 (T) par 56.
165
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National Defence Union v Minister of Defence
& others [2003] JOL 11263 (T) par 57.
250
saak van Queen v Piet Plaatjes166 soos volg beskryf: “Now no principle of law is
clearer than that a person should not be judge in his own cause.”167 Dit impliseer dat
die tribunaal wat die handeling verrig, dit moet doen sonder vooroordeel of
partydigheid teenoor die saak of teenoor die aangeklaagde. Dit vereis ook dat ´n klaer
in ´n geding nie deel mag vorm van die vergadering of tribunaal wat die klagte
ondersoek nie.168 Die gemeenregtelike reël is gegrond op twee basiese beginsels van
effektiewe bestuur, naamlik dat ´n besluit eerder billik sal wees indien die
besluitnemer sonder vooroordeel is en dat die publiek meer vertroue in die
administratiewe prosesse en besluitnemings sal hê, indien “justice is not only done,
but seen to be done”.169 Gevolglik word hierdie reël ook as een van die belangrike
elemente van die beginsels van effektiewe bestuur beskou.
Ooreenkomstig die gemenereg is daar twee verskillende toetse vir vooroordeel wat uit
die saak van City and Suburban Transport (Pty) Ltd170 na vore gekom het. Die een het
´n “real likelihood” van vooroordeel vereis, terwyl die ander ´n “reasonable
suspicion” van vooroordeel vereis het. Hoexter AR verwys met goedkeuring na die
beslissing in S v Radebe171 waar Rumpff AR die gemeenregtelike posisie soos volg
opsom:
“Die algemene beginsel in die Romeins-Hollandse reg is duidelik en bevat die grondreël dat
niemand in sy eie saak Regter kan wees nie. Uit die geskrifte van die skrywers en sekere
wetgewende bepalings blyk dit dat by die toepassing van hierdie grondreël ´n Regter by die
beoordeling van ´n saak uitgesluit word wanneer nie alleen eie belang, maar ook ´n neiging of
gesindheid ten opsigte van een van die partye, hom anders sou kon laat oordeel as wat die
onpartydigheid eis, sodat daar rede bestaan, nieteenstaande die Regter se eie voorneme, om vir
partydigheid aan sy kant te vrees. Merula, Manier van Procederen 4.4, verwys na twee
hoofgronde waarop ´n Regter gevra kan word om te rekuseer, nl. onbevoegdheid en omdat hy
‘suspect’ is, d.w.s dat hy onder verdenking staan van moontlike partydigheid [...]”172
Soos dit blyk uit die voorafvermelde twee basiese beginsels wat die gemeenregtelike
reël teen vooroordeel begrond, is die feit dat geregtigheid nie net moet geskied nie,
166
Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351.
Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351 op 352.
168
PC van der Merwe Die Aard en Proses van die Kerklike Ondersoek in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (LLM-Skripsie,
Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1999) 19.
169
Hoexter Administrative Law 405.
170
City and Suburban Transport (Pty) Ltd v Local Board Transportation, Johannesburg 1932 WLD 100.
171
S v Radebe 1973 (1) 796 (A).
172
S v Radebe 1973 (1) 796 (A) 812A-C, soos aangehaal in BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992
(3) SA 673 (A) 689B-E.
167
251
maar ook “seen to be done”, ´n baie belangrike element. Hierdie ondersoek of toets is
´n objektiewe toets wat in die saak van BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and
Allied Workers Union173 verder omskryf is. Die hof beslis dat ware vooroordeel
teenwoordig is indien die betrokke geval benader word “with a mind which was in
fact prejudiced or not open to conviction”. Die hof in De Lille v Speaker of the
National Assembly174 beslis verder dat:
“Bias or partiality occurs when the tribunal or committee approaches a case not with its mind
open to persuasion nor conceding that exceptions could be made to its attitudes or opinions,
but when it shuts its mind to any submissions made or evidence tendered in support of the
case it has to decide. No one can fairly decide a case before him if he has already prejudged it.
Thus prejudgment of the issues to be decided (which is in a sense prejudice) constitutes bias.
The entire proceedings become tainted with bias.”
De Ville175 is van mening dat vooroordeel ´n nou verband het met die afwesigheid van
´n billike geleentheid vir ´n persoon om sy of haar saak te stel. Hy is ook van mening
dat dit baie moeilik is om ´n saak uit te maak vir wesenlike vooroordeel (“actual
bias”), in teenstelling met ´n vermoede van vooroordeel, en is daar ook weinig SuidAfrikaanse beslissings waar die beslissing op wesenlike vooroordeel gegrond is. ´n
Beslissing gegrond op wesenlike vooroordeel moet gevolglik met omsigtigheid
benader word. In Roylance v General Medical Council176 bevestig die hof dat die
“reasonable apprehension of bias test”:
“[...] may minimise the risk of unnecessary damage to the reputation of the person concerned
and make it easier for a member particularly of a lay tribunal to stand down without loss of
face. It may reduce the embarrassment which a challenge on the ground of bias may
understandably evoke not only for the person accused of bias, but also for the person making
the allegation.”177
Indien geen teken van wesenlike vooroordeel aanwesig is nie, maar daar ´n vermoede
of skyn van vooroordeel aan die kant van die besluitnemer bestaan, is dit voldoende
vir die besluitnemer om hom van die saak te onttrek. Die toets vir die vermoede van
173
BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 690A-B.
De Lille v Speaker of the National Assembly 1998 (3) SA 430 (K) par 17.
175
De Ville Judicial Review 273.
176
Roylance v General Medical Council (No 2) [1999] 3 WLR 541 (PC) 546E-G.
177
De Ville Judicial Review 273-274.
174
252
vooroordeel is bevestig deur die hof in BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied
Workers Union,178 wat die volgende behels:
“The test to be applied therefore involves the legal fiction of the reasonable man – someone
endowed with ordinary intelligence, knowledge and common sense. That the test prescribed is an
objective one, however, does not mean that the exceptio recusationis is to be applied in vacuo, as it
were. The hypothetical reasonable man is to be envisaged in the circumstances of the litigant who
raises the objection to the tribunal hearing his case. It is important, nevertheless, to remember that
the notion of the reasonable man cannot vary according to the individual idiosyncrasies or the
superstitions or the intelligence of particular litigants.”179
Daar het onsekerheid geheers oor die feit of die “real likelihood of bias”-toets of die
“reasonable suspicion of bias”-toets toegepas moet word. Die vraag was gevolglik:
“Must there appear to be a real likelihood of bias? Or is it enough if there appears to be a
reasonable suspicion of bias?”180
Daar word aangevoer dat laasgenoemde ´n minder presiese toets omvat as
eersgenoemde, wat vereis dat daar ´n bewys van die moontlikheid van wesenlike
vooroordeel teenwoordig moet wees aan die kant van die besluitnemer.181 Die hof in
BTR Industries bevestig egter dat:
“[...] in our law the existence of a reasonable suspicion of bias satisfies the test; and that an
apprehension of a real likelihood that the decision maker will be biased is not a prerequisite
for disqualifying bias.”182
In die daaropvolgende saak van President of the Republic of South Africa and Others
v South African Rugby Football Union and Others183 bevestig die Konstitusionele Hof
die korrektheid van die beslissing in BTR Industries, maar staan eerder die
omskrywing “apprehension of bias” as “suspicion of bias” voor, weens die negatiewe
konnotasie met die woord “suspicion”. Gevolglik voer die hof aan dat die vraag in
elke geval moet wees:
178
BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 695C-E.
Hierdie toets word ook toegepas in Australië en Kanada. Sien verder De Ville Judicial Review 274 vn 479. In Engeland is die
toets vir “real danger of bias” aanvanklik toegepas, maar nou behels dit die vraag “whether the fair-minded and informed
observer, having considered the facts, would conclude that there was a real possibility that the tribunal was biased”.
180
BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 690D.
181
De Ville Judicial Review 274.
182
BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A) 693I-J.
183
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 1999 (4) SA 147
(KH).
179
253
“[...] whether a reasonable, objective and informed person would on the correct facts
reasonably apprehend that the Judge has not or will not bring an impartial mind to bear on the
adjudication of the case, that is a mind open to persuasion by the evidence and the submission
of counsel.”184
Verskeie omstandighede kan aanleiding gee tot die vermoede van vooroordeel, veral
waar daar ´n finansiële voordeel of ´n persoonlike belang by die aangeleentheid is.
Vooroordeel is tipies teenwoordig waar ´n besluitnemer of lede van die
besluitnemingsorgaan hul met een party tot die dispuut assosieer (of waar daar ´n
vermoede is dat so ´n assosiasie bestaan). Die omstandighede van Mafongosi v United
Democratic Movement185 is tipies van die omstandighede wat sigself maklik binne die
dissiplinêre opset van ´n kerk of ander geloofsinstelling kan voordoen, spesifiek waar
dieselfde lede van die oorspronlike dissiplinêre tribunaal ook as die appèltribunaal
funksioneer. In Mafongosi was sekere lede van die dissiplinêre tribunaal ook
aanwesig in die appèltribunaal en het as’t ware ´n appèl teen hulle eie beslissing
aangehoor. Die hof beslis dat daar nie geargumenteer kan word dat die appèltribunaal
onpartydig was nie, waar dieselfde pesone wat verantwoordelik was vir die
oorspronklike besluit om die applikant te skors ook op die appèltribunaal teenwoordig
was. Die hof beslis soos volg:
“Far from being entitled to attend meetings of the party by virtue of being members thereof, the
four persons including the leader of the UDM were not supposed to sit during the hearing of an
appeal against their own decision. This alone vitiated the whole hearing of the appeal. The
inescapable inference is that the other members who sat on that appeal might have been, to some
extent, influenced by the fact that their leader and three other members were involved when the
decision was taken in the tribunal below and present to defend it on appeal. In the circumstances it
cannot be argued that the appeal tribunal was impartial when it included the same persons who
decided to expel applicants from the party. This, in my view, violated the rules of natural justice
regarding fairness and equity. The applicants’ right to appeal has been rendered illusory by
allowing the same persons who took the decision to sit on appeal.”186
By kerke is dit voor die handliggend dat die regsprekende orgaan uit lede van
dieselfde kerk bestaan. Om partydigheid te voorkom, stel Santing-Wubs187 voor dat
ampsdraers van sogenaamde “meerdere vergaderings” wat enige vriendskaps- of
184
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 1999 (4) SA 147 (KH)
par 48.
185
Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH).
186
Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH) par 34.
187
Santing-Wubs Kerken in Geding 136.
254
familiebande met die appellant het, uitgesluit word van enige beraadslaging en
stemming en dat hul aanwesigheid selfs belet kan word. In Liebenberg v Brakpan
Liquor Licensing Board188 is ´n besluit om ´n lisensie aan die burgemeester se broer
toe te ken tersyde gestel, aangesien dit geblyk het dat die burgemeester self ´n lid van
die betrokke Raad was.189 By meerdere vergaderinge (ringsittings, kommissies,
sinodes, ensovoorts) is daar egter dikwels afgevaardigdes aanwesig wat in ´n vroeëre
stadium by die geskil betrokke was (hetsy op gemeente- of ringvlak). Om
onpartydigheid te verseker of te beoog, het die Gereformeerde Gemeente Houten in
Nederland ´n bepaling gehad wat soos volg lui:
“Indien een aantal afgevaardigden in een eerder stadium bij een zaak betrokken was, wijst de
preses zeer nadrukkelijk op de noodzaak van de handhaving van een objectieve benadering.
Hij vraagt of in eerste instantie alleen diegenen aan het beraad willen deelnemen, die nog niet
eerder bij de zaak betrokken waren. Aan de besluitvorming mag in geen geval worden
deelgenomen door de afgevaardigen van de mindere vergadering die als laatste in de zaak heft
geoordeelt. Leden van de commissie van onderzoek worden niet van de besluitvorming
uitgesloten.”190
Aangesien partydigheid ook die skyn van partydigheid insluit, word aangevoer dat
deelname aan die aanvanklike beraadslaging, en nie net die besluitvorming nie,
uitgesluit moet word. Selfs aanwesigheid by so ´n beraadslaging kan die skyn van
partydigheid skep.191 Die voormalige Kerkorde van die Gereformeerde Kerk
(sinodaal) het egter nie die aanwesigheid by beraadslaging en besluitvorming
uitgesluit nie, maar slegs die medewerking.192 Dit is egter geen maklike taak om te
onderkei tussen vooroordeel en die normale voor- en afkeure en opinies van mense
nie. Soos die hof dit in Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal
Disciplinary Committee stel:193
“[...] it is not bias per se to hold certain tentative views about a matter. It is human nature to
have certain prima facie views on any subject. A line must be drawn, however, between mere
predispositions or attitudes, on the one hand, and pre-judgment of the issues to be decided, on
the other. Bias or partiality occurs when the tribunal approaches a case not with its mind open
188
Liebenberg v Brakpan Liquor Licensing Board 1944 WLD 52.
Hoexter Administrative Law 409.
190
“Handleiding bij de kerkelijke rechtspraak van de Gereformeerde Gemeenten” (1999) In orde 23.
191
Sien die siening van Santing-Wubs in Kerken in Geding 138.
192
In die uitvoeringsbepaling 32.3 par 12 staan onder andere “Aan de behandeling en besluitvorming in de particuliere synode
mag niet worden meegewerkt door ambtsdragers die deel uitmaken van de kerkelijke vergadering wier besluit het betreft of die
anderzins bij het geschil zijn betrokken.” Sien verder Santing-Wubs Kerken in Geding 138.
193
Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (4) SA 621 (K) par 67.
189
255
to persuasion nor conceding that exceptions could be made to its attitudes or opinions, but
when it shuts its mind to any submissions made or evidence tendered in support of the case it
has to decide. No one can fairly decide a case before him if he has already prejudged it.”
In MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality194 word dieselfde gedagtes
deur De Villiers R uitgedruk en beslis die hof dat:
“[...] a mere general interest in the object to be pursued by a tribunal is not such bias as to
disqualify. A magistrate for instance who subscribes to the S.P.C.A. is not thereby disabled
from trying a charge brought by that body for cruelty to a horse.”
In Taylor v Kurtstag,195 waar ´n lid van die Joodse gemeenskap uit die Joodse geloof
geëkskommunikeer is, beklemtoon die hof die feit dat dit nie altyd maklik is om
onderskeid te tref tussen die meriete en prosedures van ´n geval nie. Die hof voer
verder aan dat dit nie altyd moontlik of selfs aan te bevele is:
“[...] to infer bias where the members of the tribunal have had prior contact with the member
to be disciplined. But it does not follow that, because of the history of the matter, an inference
of partiality can reasonably be drawn. In particular, in the circumstances of this case no such
perception is justified. The Beth Din cannot be ascribed bias, nor can the history of the matter
reasonably have led to an apprehension of bias [...] It cannot reasonably be said that, because
the members of the Beth Din persisted in pursuing the matter in the performance of their duty
under Jewish law, the outcome was a ‘foregone conclusion’ or the hearing was unfair. If a
Cherem were unavoidable, this is not because of any bias or predetermination, but because of
the doctrines of Jewish law.”196
In Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA,
en Andere197 is ´n predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gemeente
van Luderitz deur die Ringskommissie van die Ring van Keetmanshoop van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika uit sy amp geskors. Die
applikant bring ´n hersieningsaansoek op grond van beweerde onreëlmatighede aan
die kant van die Ring, die Ringskommissie en die Sinode van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika. Van die vrae wat die hof moes beantwoord,
was onder andere of die betrokke onreëlmatigheid daarop bereken was om die
applikant te benadeel. Daar is aangevoer dat die blote skyn van vooroordeel nie ´n
194
MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality 1968 (2) SA 10 (O) 12C-D.
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W).
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W) par 61.
197
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA).
195
196
256
bewys is van ´n onreëlmatigheid wat daarop bereken is om te benadeel nie. Daar word
trouens betoog dat in die afwesigheid van die bewys van werklike vooroordeel geen
onreëlmatigheid bewys is nie. Namens die applikant word egter aangevoer dat ´n
“verhoor-liggaam onbevoeg is om daarop te sit as daar by die beklaagde ´n redelike
vrees bestaan dat die betrokke lid nie onpartydig teenoor hom in die verhoor sal
optree nie”.
198
Verder word aangevoer dat in die omstandighede van die betrokke
saak “die toets nie is of daar werklike vooroordeel was nie. Selfs al blyk dit dat daar
in werklikheid geen vooroordeel was nie, maar dit blyk dat daar ´n skyn van
vooroordeel of partydigheid was, dan was die verrigtinge onreëlmatig”.199 Die hof in
Smith sien dit as ´n bevestiging van die slagspreuk deur Lord Hewarr HR dat “[...] it is
not merely of some importance, but of fundamental importance, that justice should be
done and be manifestly seen to be done”.200 Namens die respondente word aangevoer
dat om die blote skyn van vooroordeel tot ´n onreëlmatigheid self te verhef,
teenstrydig met gevestigde beginsels van ons reg is. Hoexter R stem egter nie hiermee
saam nie en bevestig dat dit ´n fundamentele beginsel van ons eie regspraak is:
“[...] dat dit nie genoeg is om reg te laat geskied nie; daar moet ook gesorg word dat dit
sigbaar geskied. Na my oordeel ly dit geen twyfel dat volgens ons geldende reg die blote skyn
van vooroordeel by een of meer lede van ´n verhoor-liggaam op ´n onreëlmatigheid
neerkom.”201
Hierdie beslissing staan dan ook in lyn met die toets vir die vermoede of skyn van
vooroordeel soos dit tans deur die howe toegepas word en is gevolglik ook van
toepassing ten aansien van besluite geneem deur geloofsinstellings.
8.4
GEVOLGTREKKING
Hierdie bespreking het duidelik aangetoon dat die toepassing van die audi alteram
partem-reël, as een van die belangrike komponente van prosedurele billikheid,
uitgebrei is om ook toepassing te vind in gevalle waar ´n persoon ´n regmatige
verwagting het. Gevolglik het die redelike man, waar die aard en omvang van die
betrokke regsbelange dit regverdig, ook ´n regmatige verwagting om aangehoor te
word. Die howe bevestig die minimumvereistes vir die reg op ´n billike verhoor. Dit
198
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 361A-C.
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 361 C-D.
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 36C.
201
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA) 362F-G.
199
200
257
sluit in dat die benadeelde wie se regte nadelig deur ´n administratiewe besluit geraak
is, ingelig moet word van die optrede teen hom of haar en die geleentheid gegun moet
word om sy saak te stel en aangehoor te word. Die vereiste dat ´n benadeelde persoon
´n redelike geleentheid gebied word om vertoë te rig, sluit nie outomaties ´n
mondelinge verhoor en die geleentheid om persoonlik te verskyn, in nie. Die reg om
inligting en argumente aan te bied en te betwis, vorm ook geen inherente deel van die
reëls van natuurlike geregtigheid nie en die maatstaf is weer eens of ´n benadeelde
persoon ´n billike geleentheid gebied is om sy saak te stel. Dit geld ook vir die reg op
´n openbare verhoor, wat geen absolute reg ooreenkomstig die gemenereg is nie.
Uit die voorafgaande bespreking het dit ook duidelik geblyk dat, ten spyte van die feit
dat daar ooreenkomstig die gemenereg geen verpligting gerus het op besluitnemers
om mondelinge of geskrewe redes vir administratiewe besluite te verskaf nie, die
howe die belangrikheid van redes as ´n element van ´n billike verhoor beklemtoon.
Artikel 33(2) van die Grondwet en artikel 5(1) van PAJA maak nou uitdruklik
voorsiening vir die verskaffing van redes en net soos met die reg op
regsverteenwoordiging wat geen absolute reg is nie, kan die verpligting om redes te
verskaf ooreenkomstig die gemenereg ook ´n vereiste wees wanneer die
omstandighede dit vereis.
Die belangrikste vraag is dus of die benadeelde persoon in die betrokke
omstandighede ´n billike verhoor gekry het, al dan nie. Veral tydens dissiplinêre
verrigtinge, waar poste en lewensonderhoud ter sprake is, is die argument sterk ten
gunste van die gee van redes sowel as die reg op regsverteenwoordiging. By
geloofsinstellings sou regsverteenwoordiging in die vorm van bystand egter meer
gepas wees as regsverteenwoordiging in die vorm van ´n advokaat. Daar is ook ´n
sterk argument ten gunste van die insluiting van die reg op redes en
regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as deel
van die reëls van natuurlike geregtigheid. Hoewel besluitnemers tydens dissiplinêre
verrigtinge steeds oor ´n diskresie beskik om te besluit of regsverteenwoordiging
toegelaat sal word al dan nie, behoort geloofsinstellings seker te maak dat hulle
tugprosedures in orde is ten einde gevolg te gee aan die reg op ´n billike verhoor.
Die gemeenregtelike reël teen vooroordeel is die ander belangrike element van
prosedurele billikheid en behels dat die besluitnemer nie bevooroordeeld of
258
redelikerwys vermoed kan word bevooroordeeld te gewees het nie. Gevolglik
bevestig die hof dat, indien daar ´n vermoede of skyn van vooroordeel aan die kant
van die besluitnemer bestaan, dit voldoende vir die besluitnemer is om hom van die
saak te onttrek en dit word objektief beoordeel. Aangesien partydigheid dus ook die
skyn van partydigheid insluit, moet geloofsinstellings seker maak dat hulle betrokke
prosedures en optredes voldoende prosesregtelike en regsbeskerming waarborg. ´n
Hof kan vervolgens steeds ingryp indien die prosedures onduidelik of onvoldoende
beskerming bied en geloofsinstellings moet besef dat dit nie genoeg is om slegs reg te
laat geskied nie; daar moet ook gesorg word dat dit sigbaar geskied.
Soos Oldenhuis202 dit stel:
“[...] de burgerlijke rechter stelt zich nu nog terughoudend op ten aanzien van de
rechtsbescherming in de kerk, maar indien de kerklijke procedure onduidelik is, of
onvoldoende waarborgen biedt, zal de burgerlijke rechter op den duur zich gaan richten op
wereldlijke procedures.”
Hierdie hoofstuk het gefokus op die audi-vereiste, met die inbegrip van die reg op
regsverteenwoordiging en die reg op redes, tesame met die reël teen vooroordeel as
belangrike vereistes van ´n billike verhoor en belangrike elemente ten einde
uitvoering te gee aan die reg op prosedurele billikheid. Buiten vir prosedurele
billikheid, vereis administratiewe geregtigheid egter ook dat ´n administratiewe
optrede aan die vereistes van regmatigheid en redelikheid moet voldoen. Die volgende
hoofstuk sal op regmatigheid en redelikheid fokus as twee belangrike vereistes van
die reg op administratiewe geregtigheid.
202
Oldenhuis Schurende Relaties tussen Recht en Religie 107, sien ook LJ Koffeman “Rechtsbescherming in Protestants
Nederland”, in R Torfs et al. (eds) Canon Law Monograph Series. Deel 3. Recht op Recht in de Kerk (2003) 168-169.
259
HOOFSTUK 9
9
REGMATIGHEID EN REDELIKHEID
9.1
INLEIDING
Artikel 33 van die Grondwet maak spesifiek voorsiening vir administratiewe optrede
wat regmatig en redelik is. Handboekskrywers is dit eens met mekaar dat die
legaliteitsbeginsel onder meer vereis dat handelinge en optrede van die administrasie
aan die algemene voorskrifte van die reg, hetsy geskrewe of ongeskrewe, moet
voldoen.1 Die vereistes ten opsigte van legaliteit kom uit die gemenereg en is nie in
die Suid-Afrikaanse reg gekodifiseer nie. Regmatigheid in die administratiefreg
(legaliteit) bereik egter die status van `n fundamentele reg deurdat dit opgeneem is in
artikel 33 van die Grondwet. Dit blyk ooreen te stem met die inhoud van die
grondwetlike beginsel van legaliteit soos veral van toepassing op die uitoefening van
openbare gesag wat nie as ´n administratiewe handeling kwalifiseer uit hoofde van
artikel 33 of PAJA nie. Die gewone benadering tot regmatigheid was die gronde vir
legaliteit in die gemenereg en na 1994 is regmatigheid of geregtigheid en legaliteit
een begrip. Regmatige administratiewe optrede, soos tans vervat in die Grondwet is
basies dieselfde as die gemeenregtelike beginsel van administratiewe geregtigheid.
Hierdie beginsel omvat die gronde van hersiening soos dit toepassing vind ten aansien
van bevoegdheid, jurisdiksie en die misbruik van ´n diskresie.
Die gemeenregtelike vereiste vir legaliteit is dikwels omskryf as “applying one’s
mind to the matter” wat vereis het dat ´n administrateur moes voldoen aan “all the
requirements for administrative legality”.2 Die gronde vir hersiening soos neergelê in
artikel 6 van PAJA omvat die vereistes van regmatigheid of administratiewe legaliteit.
Die nienakoming van die gronde, soos neergelê in artikel 6, beteken effektief dat die
betrokke administratiewe handeling onregmatig is en tersyde gestel kan word. Die
begrip regmatigheid word egter gesien as ´n oorkoepelende begrip wat al die vereistes
van regmatige administratiewe optrede insluit, namelik redelikheid, sowel as
prosedurele billikheid. Hierdie twee begrippe word egter belangrik genoeg geag om as
aparte begrippe gesien en beskerm te word ooreenkomstig artikel 33 van die
1
J de Ville “Die Legaliteitsbeginsel in die Staats- en Administratiefreg onder ´n Nuwe Grondwetlike Bedeling – ´n Vergelykende
Toekomsperspektief” 1993 SA Publiekreg 69.
2
Y Burns en M Beukes Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed (2006) 198.
260
Grondwet. Hierdie hoofstuk sal gevolglik eerstens fokus op die element van
regmatigheid as belangrike vereistes van die reg op regverdige administratiewe
optrede en die gevolglike vereiste van redelikheid as ´n eweneens belangrike element
van die reg op administratiewe geregtigheid.
9.2
REGMATIGHEID
9.2.1
Inleiding
Wat regmatigheid betref, is daar volgens Hoexter3 “nothing to choose between the
grounds in the PAJA and those implied by the principle of legality”. En verder is “the
principle of legality […] a mirror image of administrative law. It is administrative law
‘under another name’”.4 Met betrekking tot die beginsel van regmatigheid blyk dus
dat daar weinig verskil is tussen die gronde van hersiening soos uiteengesit in PAJA
en gronde soos dit implisiet vervat is in die grondwetlike legaliteitsbeginsel. Wiechers
het reeds in 1984 die gronde van hersiening gesistematiseer in die vorm van die
vereistes
vir
administratiewe
legaliteit
en
verskillende
geldigheidsvereistes
geformuleer. Hierdie geldigheidsvereistes is onder andere die geldigheidsvereiste ten
aansien van die outeur van die administratiewe handeling; die vorm van die
administratiewe handeling; die doel van die administratiewe handeling; die gevolge
van die administratiewe handeling en die vereiste van bona fides.5
Die gronde van hersiening wat verband hou met die beginsel van redelikheid, sal
vervolgens bespreek word onder twee aparte hoofde, naamlik bevoegdheid en
delegasie, en jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening. In elke geval sal daar
eers kortliks na die algemene beginsels en toepassing gekyk word en dan meer
spesifiek soos die betrokke gronde toepassing vind ten opsigte van geloofsinstellings.
Daar sal ook na die betrokke gronde in PAJA verwys word, bloot om aan te toon
onder watter spesifieke gronde in PAJA die gemeenregtelike vereistes vervat is en
aangesien regmatigheid of “applying one’s mind to the matter” uiting vind in verskeie
bepalings van PAJA wat ooreenkomstig die gemenereg onder die breë vaandel van
ultra vires6 sou tuishoort. Die reëls van natuurlike geregtigheid aan die ander kant
3
C Hoexter Administrative Law in South Africa (2007) 226.
C Hoexter Administrative Law in South Africa 2nd ed (2012) 254.
5
M Wiechers Administratiefreg 2de uitg (1984) 205-206.
6
Ultra vires in die eng sin verwys na die vereiste dat die administratiewe handeling aan die vereistes van die magtigende wet
moet voldoen en niks meer nie. Dit vorm dus slegs ´n onderdeel van wat Wiechers beskryf as administratiewe legaliteit. Ultra
4
261
sorteer gewoonlik onder die vaandel van die audi alteram partem-reël (oftewel
prosedurele billikheid) en gevolglik is dit as ´n aparte aspek in die vorige hoofstuk
bespreek.
9.2.2
Bevoegdheid en delegasie
Artikels in PAJA wat verband hou met ultra vires-optredes en veral bevoegdheid en
delegasie, sluit in: artikel 6(2)(a)(i) wat vereis dat die administrateur wat die
handeling verrig deur ‘n magtigende bepaling die bevoegdheid verleen is om daardie
handeling te verrig. Dit is ´n voorbeeld van die gemeenregtelike ultra vires-leerstuk in
die eng sin, wat ook vereis dat die besluitnemer bevoeg is om die funksie te verrig en
die bevoegdheid uit te oefen.7 Ooreenkomstig artikel 6(2)(a)(ii) kan ´n besluit hersien
word indien die besluitnemer opgetree het kragtens ‘n delegasie van bevoegdheid
welke delegasie nie deur ‘n magtigende bepaling toegelaat is nie, en dit is ook ´n
voorbeeld van ultra vires in die eng sin. Ooreenkomstig artikel 6(2)(e)(i) moet die
administratiewe handeling vir ‘n rede verrig word wat deur die magtigende bepaling
toegelaat word en gesien word as ´n vereiste wat veel omvattender is as die eng
benadering tot ultra vires. Artikel 6(2)(f)(i) verwys na omstandighede waar die
handeling self wederregtelik is, of nie deur die magtigende bepaling toegelaat word
nie en in lyn met die breë benadering tot ultra vires staan.8 Soos die hof in
Pharmaceutical Manufacturers Association of SA In Re: Ex Parte Application of
President of the RSA beslis:9
“What would have been ultra vires under the common law by reason of a functionary
exceeding a statutory power is invalid under the Constitution according to the doctrine of
legality. In this respect, at least, constitutional law and common law are intertwined and there
can be no difference between them.”
Binne geloofsinstellings beteken die ultra vires-leerstuk gewoon dat binne ´n kerk
byvoorbeeld, die betrokke kerkvergadering sy bevoegdhede by ´n tughandeling moet
uitoefen ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde en betrokke kerklike
bepalinge. Indien hierdie bevoegdhede dus oorskry word, is die handeling ultra vires
vires in die wyer sin word deur Wiechers beskryf as ´n kollektiewe begrip vir al die vereistes vir regmatige administratiewe
optrede en dit is dan ´n begrip wat sinoniem is met die totale regsvereistes vir die geldigheid van alle administratiewe optrede en
wat voldoen aan die vereistes van legaliteit. Sien M Wiechers Administrative Law (1995) 177.
7
Burns en Beukes Administrative Law 205.
8
Burns en Beukes Administrative Law 205-206.
9
Pharmaceutical Manufacturers Association of SA In Re: Ex Parte Application of President of the RSA 2000 (2) SA 674 (KH)
par 50.
262
en gevolglik onregmatig. Sadler10 voer aan dat nie elke geringe oortreding van hierdie
kerkregtelike bepalinge as ´n ultra vires-handeling beskou moet word nie. In De Vos v
Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein11 tref ons ´n goeie
voorbeeld aan. Die betrokke reëls het bepaal dat ´n klag by die voorsitter ingedien
moet word, maar die klag is by die ringskriba ingedien. Die hof beslis dat dit nie ´n
beregbare oortreding is nie, aangesien niemand daardeur benadeel is nie. In Theron en
Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere12
beslis die hof dat, om af te wyk van die bepaalde stemprosedures soos dit in die
betrokke reëls omvat is, in die bepaalde geval nie ´n fatale gebrek in die verrigtinge
daarstel nie. Ook nie soos in Du Plessis v The Synod of the DR Church13 waar die
Moderatuur ´n sinode byeengeroep het in plaas van ´n sinodale kommissie, soos die
reëls voorskryf het, nie.14
Ultra vires-optrede binne ´n kerk of geloofsinstelling kan dus beteken dat ´n bepaalde
ring of sinode hom skuldig maak aan ´n magsweiering (waar ´n betrokke vergadering
byvoorbeeld weier om ´n klag teen ´n ampsdraer te ondersoek) of magstoeëiening
(waar ´n betrokke vergadering ´n klag ondersoek wat binne die bevoegdheid van ´n
ander of meerdere vergadering val). ´n Kerkvergadering kan ook die magte wat aan
hom toegeken is ooreenkomstig die Kerkorde of kerklike bepaling vir ´n ander doel
aanwend, byvoorbeeld waar ´n kerkraad kerkfondse wanbestee. Die optrede is dan vir
´n ongeoorloofde doel. Dit kan ook insluit dat ´n kerkraad of -vergadering te kwader
trou teenoor ´n lastige lidmaat optree en hulle mag misbruik. ´n Kerkvergadering kan
selfs ´n handeling verrig wat onredelik is of hom skuldig maak aan ´n regs- of
feitedwaling.15 Laasgenoemde sal in meer besonderhede bespreek word in die
gedeelte oor jurisdiksionele aspekte.
Die vereiste van bevoegdheid ooreenkomstig die gemenereg het bestaan uit die
vereiste van ratione personae (die persoonlike hoedanighede en kwalifikasies van die
outeur); ratione loci (die plek en omstandighede waarin die administratiewe handeling
moet geskied); ratione materiae (magtiging moet ten aansien van die objek van die
administratiewe handeling geskied); en ratione temporis (magtiging word verleen om
10
THN Sadler Die Kerklike Tughandeling (1979) 182.
De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O).
12
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A).
13
Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403.
14
Sadler Die Kerklike Tughandeling 182.
15
Sadler Die Kerklike Tughandeling 183.
11
263
´n handeling binne ´n bepaalde tydsduur te hê).16 Bogenoemde gronde vind uiting in
artikel 6(2)(a)(i)17 en 6(2)(a)(ii)18 van PAJA. Die inhoud en reikwydte van die
bevoegdheidsvereiste word bepaal aan die hand van onder andere die relevante
magtigende bepaling, relevante wetgewing, die reëls ten aansien van die uitleg van
wette en die algemene beginsels soos ontwikkel deur die howe.19
In Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur20 het die
kerkraad van die N.G. Gemeente De Deur ´n besluit geneem om kragtens artikel 37
van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit die algemene sinodale
verband te tree. Op grond van ´n interpretasie van die onderskeie bepalings in die
Kerkorde, beslis die hof dat dit duidelik is dat die “samestellende kerke” wat volgens
artikel 37 uit die “algemene sinodale verband” mag tree, net dié is wat daartoe
toegetree het en dat plaaslike gemeentes, oftewel kerke, nie “samestellende kerke”
binne die bedoeling van die Kerkorde en artikel 37 is nie.21 Die hof beslis dat die
kerkraad van die N.G. Gemeente De Deur regtens buite sy bevoegdheid gehandel het
met die neem van die betrokke besluit en die betrokke besluit word tersyde gestel.22
In Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende
Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika23 het die Algemene Sinode van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Afrika tydens sy gewone vergadering besluit om met die
Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika te verenig. Dit het
ingrypende wysigings aan die Kerkorde genoodsaak wat aangebring is en wat verband
gehou het met die besluit tot kerkvereniging. Verskeie gemeentes was egter nie
gediend met die kerkvereniging en die wysigings van die Kerkorde nie en het
aangevoer dat dit ongeldig was. Die hof beslis dat die Algemene Sinode nie by magte
was om ´n besluit te neem in stryd met die Kerkorde nie en dat die Algemene Sinode
nie by magte is om ´n bepaling in die Kerkorde te wysig ten einde ´n doel te bereik
16
Wiechers Administratiefreg 205.
(2) ʼn Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien –
(a) die administrateur wat die handeling verrig het –
(i) nie deur ‘n magtigende bepaling die bevoegdheid verleen is om daardie handeling te verrig nie;
18
(2) ‘n Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien –
(a) die administrateur wat die handeling verrig het –
(ii) opgetree het kragtens ‘n delegasie van bevoegdheid welke delegasie nie deur ‘n magtigende bepaling toegelaat is nie;
19
Burns en Beukes Administrative Law 289.
20
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W).
21
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) par 197G-H.
22
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) par 198B.
23
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2)
SA 156 (HHA).
17
264
wat buite sy magte is nie.24 Die belydenis was in artikel 36 van die Kerkorde verskans
en die Algemene Sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur ´n
eensydige wysiging van artikel 36 nie. Die hof is gevolglik van mening dat die
Algemene Sinode buite sy magte gehandel het en beslis soos volg:
“Die gehele besluit van die algemene sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991
om met die NGSK te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verband
staan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig. Daarbenewens was
die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook ongeldig.”25
Die geldigheidsvereiste ratione personae verwys ook na die vereiste dat ´n
administratiewe orgaan wat ´n bepaalde bevoegdheid het, daardie bevoegdheid self
moet uitoefen. Dit geld ook waar ´n diskresie verleen word. So ´n diskresie wat aan ´n
administratiewe orgaan verleen is, mag nie aan ´n ander orgaan oorgedra word nie.26
Hierdie vereiste kom dan ook na vore in artikel 6(2)(a)(ii) van PAJA. Die begrip
delegasie word soos volg deur Baxter27 omskryf:
“A less complete transfer of powers is delegation, in terms of which one public authority
authorizes another to act in its stead. Though the practical necessity of delegation has
always been recognized, the power to delegate does not automatically exist: it must be
provided for, either expressly or impliedly.”
Die verbod om ´n administratiewe bevoegdheid te delegeer, word vervat in die
stelreël delegatus delegare non potest.28 Hierdie reël word soos volg omskryf:
“The maxim delegatus delegare non potest is based upon the assumption that, where the
legislature has delegated powers and functions to a subordinate authority, it intended that
authority itself to exercise those powers and to perform those functions, and not to delegate
them to someone else, and that the power delegated does not therefore include the power to
delegate. It is not every delegation of delegated powers that is hit by the maxim, but only such
delegations as are not, either expressly or by necessary implication, authorised by the
delegated powers.”29
24
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2)
SA 156 (HHA) 170A-C.
25
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2)
SA 156 (HHA) 175G.
26
Wiechers Administratiefreg 210.
27
L Baxter Administrative Law (1984) 432.
28
Wiechers Administratiefreg 210.
29
Attorney-General, OFS v Cyril Anderson Investments (Pty) Ltd 1965 (4) SA 628 (A) 639C-D.
265
So bepaal die N.G. Kerkorde byvoorbeeld in artikel 6 dat die verlening van
ampsbevoegdheid as bedienaar van die Woord in al sy gestaltes of die wegneem
daarvan slegs kan geskied deur die Algemene Taakspan Regte namens die Algemene
Sinode. Daar word geen voorsiening gemaak vir enige delegasie van bevoegdheid nie.
By ´n amptelike tugondersoek ooreenkomstig artikel 63, word die ondersoek deur ´n
ondersoekliggaam hanteer wat óf die kerkvergadering self kan wees óf ´n
gevolmagtigde kommissie van die kerkvergadering. Die ondersoekliggaam kan dus sy
bevoegdhede aan ´n bevoegde kommissie delegeer. Die kerkvergadering besluit of die
vergadering self die tugondersoeke gaan doen en of daar van ´n gevolmagtigde
kommissie gebruik gemaak gaan word. Indien ´n kerkraad van ´n gevolmagtigde
kommissie as ondersoekliggaam gebruik maak om ´n amptelike tugondersoek te
hanteer, moet ´n kommissie ooreenkomstig die bepalings van artikel 63 aangewys
word. Indien die bevoegdheid nie ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde aan
die bevoegde kommissie verleen of gedelegeer is nie, kan die besluit tersyde gestel
word.
In Yiba and Others v African Gospel Church30 was die appellante almal pastore van
die African Gospel Church, ´n godsdienstige liggaam ooreenkomstig die konstitusie,
met die moderator as hoof van die kerk. Die appellante is deur die moderator geskors
ooreenkomstig artikel XXX van die konstitusie en ingelig dat die aangeleentheid
tydens ´n dissiplinêre verhoor hanteer sou word. Die appellante het aangevoer dat die
liggaam wat hulle van lidmaatskap geskors het nie die nodige bevoegdheid gehad het
om dit te doen nie. Artikel XXV van die konstitusie maak voorsiening vir dissiplinêre
prosedures. Ooreenkomstig artikel XXV 2(b) mag geen persoon van lidmaatskap
geskors word alvorens die betrokke bepalings nie nagekom is nie. Lede kan slegs
geskors word na die hou van ´n verhoor voor ´n distrikskomitee, en ´n distrikssuperintendent of “minister of high authority” kan slegs geskors word na die hou van
´n verhoor voor die sentrale uitvoerende komitee. Die appellante is opgeroep om voor
die uitvoerende komitee en die sentrale komitee gesamentlik te verskyn. Die besluit
om die appellante te skors, is geneem deur die uitvoerende en sentrale uitvoerende
komitee gesamentlik. Ooreenkomstig artikel IXD (c) is slegs die uitvoerende komitee
bevoeg om dissiplinêre stappe teen lede te neem, en geen bevoegdheid berus by die
sentrale uitvoerende komitee nie. Artikel XXV 2(b) maak dit duidelik dat “no person
30
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K).
266
shall be expelled from membership of the church unless there has been compliance
with its terms”.31 Volgens die hof:
“As such, they could only have been expelled pursuant to a trial before a district committee as
contemplated in art E XXV(2)(b) . It is further common cause that this did not take place and
accordingly their purported expulsion from membership of the church is invalid.”32
Gevolglik beslis die hof dat die appellante se skorsing ultra vires die bepalings van
die kerk se konstitusie was en gevolglik dat die liggaam wat hulle geskors het, nie
bevoeg was om dit te doen nie. Die hof bevind dat die skorsing onregmatig is en die
appèl word gehandhaaf.
9.2.3
Jurisdiksionele aspekte en diskresie-uitoefening
In Dawood v Minister of Home Affairs33 beslis die Konstitusionele Hof dat:
“Discretion plays a crucial role in any legal system. It permits abstract and general rules to be
applied to specific and particular circumstances in a fair manner. The scope of discretionary
powers may vary. At times they will be broad, particularly where the factors relevant to a
decision are so numerous and varied that it is inappropriate or impossible for the
Legislature to identify them in advance. Discretionary powers may also be broadly
formulated where the factors relevant to the exercise of the power are indisputably clear. A
further situation may arise where the decision-maker is possessed of expertise relevant to the
decision to be made.”
Waar ´n hof die diskresionêre bevoegdheid van ´n administratiewe orgaan moet
hersien, behoort die hof nie sy opinie of beslissing ten aansien van die feite in die plek
van die huidhoudelike tribunaal te stel nie.34 Die hof sal ´n beslissing hersien wanneer
´n huishoudelike tribunaal nie sy diskresionêre bevoegdheid uitgeoefen het nie om te
bepaal of die tribunaal sy bevoegdheid behoorlik uitgeoefen het.35 Die omstandighede
wat daarop kan dui dat die tribunaal versuim het om sy diskresie uit te oefen, is
byvoorbeeld waar die tribunaal die aard en omvang van sy bevoegdhede verkeerd
verstaan het, of waar hy willekeurig of met mala fides opgetree het.36 In Theron en
31
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) par 962I.
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K) par 963A.
Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH) par 53.
34
Sien Wiechers Administratiefreg 322 en verder; Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SuidAfrika en Andere 1975 (2) SA (A) p 14, 34.
35
National Transport Commission v Chetty’s Motor transport (Pty) Ltd 1972 (3) SA (A) 735.
36
Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 235 en verder.
32
33
267
Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere37
aanvaar die hof wat na verwys word as die formele maatstaf met betrekking tot die
hersiening van ´n diskresionêre bevoegdheid. Die hof beslis:
“Daar is dus ´n beroep op die algemene beginsel dat ´n hof hom nie met die vraag van hoe ´n
liggaam, met diskresie beklee, sy bevoegdheid uitgeoefen het, kan inlaat nie, maar slegs met
die vraag of die liggaam sy diskresie wel uitgeoefen het; dat dit gaan oor die wyse waarop die
handeling tot stand gekom het en nie oor die inhoud van die handeling nie; of, anders gestel,
dat ´n hof hom nie met die ‘meriete’ van ´n uitoefening van ´n diskresie sal inlaat nie.
Gerieflikheidshalwe sal die betrokke maatstaf vervolgens, waar nodig, die ‘formele maatstaf’
(in teenstelling tot ´n materiële) genoem word.”38
Wiechers39 lê ´n paar riglyne neer wat van toepassing is indien die
geldigheidsvereistes vir ´n administratiewe handeling op administratiewe diskresieuitoefening toegepas word. Eerstens moet vasgestel word of die besluitnemer wat die
diskresie uitgeoefen het, die nodige bevoegdheid gehad het. Daar moet ook vasgestel
word of die besluitnemer die korrekte prosedures gevolg het in die uitoefening van die
diskresie. Daar moet ook ondersoek word of die besluitnemer wel die nodige aandag
aan die saak bestee het. Die aspek van aandagbesteding, wat ook tot ´n mate tuishoort
onder die vereiste van ratione loci en materiae, word nie deur Wiechers as ´n
selfstandige geldigheidsvereiste gesien nie. Die vereiste van aandagbesteding beteken
volgens hom dat die administratiewe orgaan sy eie bevoegdhede korrek verstaan en
dat enige regs- of feitedwalings wat dit aantas, kan aanleiding gee tot die ongeldigheid
van die handeling. Die besluitnemer mag hom in die uitoefening van sy diskresie ook
nie deur irrelevante en onbehoorlike oorwegings laat beïnvloed nie.40 Bogenoemde
vereistes word goed saamgevat in artikel 6(2)(d) van PAJA, wat die bevoegdheid aan
´n hof of tribunaal verleen om ´n administratiewe handeling te hersien wat wesenlik
beïnvloed is deur ‘n regsdwaling en artikel 6(2)(e) wat handel met die uitoefening van
diskresionêre bevoegdhede. Die artikel bepaal soos volg:
(2) ‘n Hof of tribunaal het die bevoegdheid om ‘n administratiewe handeling te hersien indien
–
(e) die handeling –
37
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A).
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 13F-G.
Wiechers Administratiefreg 331-332.
40
Wiechers Administratiefreg 333-334.
38
39
268
(i) verrig is om ‘n rede wat nie deur die magtigende bepaling toegelaat word nie;
(ii) verrig is met ‘n bybedoeling of ander beweegrede as die doel waarvoor die
bevoegdheid verleen is;
(iii) verrig is omdat irrelevante oorwegings in aanmerking geneem is of relevante
oorwegings nie in ag geneem is nie;
(iv) verrig is op grond van die ongemagtigde of ongevraagde voorskrifte van ‘n ander
persoon of liggaam;
(v) ter kwader trou verrig is;
(vi) op ‘n arbitrêre of willekeurige wyse verrig is.
In Theron beslis die hof dat dit gevestigde Suid-Afrikaanse reg is dat waar ´n
diskresie aan ´n besluitnemer verleen word, die bona fide-beslissing op die meriete
daarvan finaal is, en dat “´n geregshof nie daarin kan ingryp nie, selfs nie op grond
van ´n bona fide-regsdwaling nie, behalwe waar die regsdwaling betrekking het op die
gemagtigde se regsbevoegdheid”.41 In navolging van die Engelse reg het die SuidAfrikaanse howe ´n onderskeid getref tussen jurisdiksionele regsdwalings en
niejurisdiksionele regsdwalings. Eersgenoemde is geag hersienbaar te wees, aangesien
dit verband gehou het met die reikwydte van bevoegdheid aan die hand van ´n
“misreading, misperception or mis-understanding of the jurisdictional scope of
authority”.42 Laasgenoemde is egter gesien as ´n uitoefening van ´n diskresionêre
bevoegdheid binne die bevoegde jurisdiksie van die besluitnemer, maar die
besluitnemer het gedwaal ten aansien van die neem van die besluit. Hierde dwalings is
verder gesien as nou-verbandhoudend met die meriete van die aangeleentheid en die
howe was nie geneë om by die meriete van ´n saak in te meng nie. Gevolglik is
niejurisdiksionele dwalings beskou as niehersienbaar.
Dit was dus geen maklike taak om te onderskei tussen jurisdiksionele en
niejurisdiksionele dwalinge nie. Reeds in die minderheidsuitspraak in Theron43 poog
Jansen AR om weg te doen met hierdie onderskeid. Die vraag oor die wyse waarop die
diskresiebevoegdheid uitgeoefen word is vrae wat gevolglik jurisdiksionele feite raak
41
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 12E-F.
Burns en Beukes Administrative Law 348.
43
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 20H-21C.
42
269
en preliminêre of kollaterale kwessies is. Dit sluit vrae in wat gerig is op die bepaling
van regs- en feitedwalings soos of die liggaam die verkeerde vraag gestel het of die
verkeerde toets toegepas het, en of die feite- of regsdwaling “na die jurisdiksie”
gegaan het.44 In Theron, ten aansien van die geskil oor die juiste interpretasie van die
toepaslike bepalings van die Kerkorde, is ´n beroep gedoen op:
“die algemene beginsel dat ´n hof hom nie met die vraag van hoe ´n liggaam, met diskresie
beklee, sy bevoegdheid uitgeoefen het, kan inlaat nie, maar slegs met die vraag of die liggaam
sy diskresie wel uitgeoefen het; dat dit gaan oor die wyse waarop die handeling tot stand
gekom het en nie oor die inhoud van die handeling nie; of, anders gestel, dat ´n hof hom nie
met die ‘meriete’ van ´n uitoefening van ´n diskresie sal inlaat nie. Gerieflikheidshalwe sal die
betrokke maatstaf vervolgens, waar nodig, die ‘formele maatstaf’ (in teenstelling tot ´n
materiële) genoem word.”45
Ooreenkomstig die uitgebreide formele maatstaf46 word die meriete nie te breed
opgeneem nie. Anders as die formele maatstaf is dit ook toelaatbaar vir die hof om
wanneer die regmatigheid van die besluit bepaal word, te vra of die besluit ook
redelik was. Die hof behou ook die finale seggenskap oor ´n regsdwaling. In Union
Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South
Africa) Ltd47 beslis die hof dat ´n regsdwaling wel hersien kan word indien die
administrateur die aard van sy bevoegdheid verkeerd geïnterpreteer het, en beslis soos
volg:
“If a discretion is conferred by statute upon an individual and he fails to appreciate the nature
of that discretion through misreading of the Act which confers it, he cannot and does not
properly exercise that discretion. In such a case a court of law will correct him and order him
to direct his mind to the true question which has been left to his decision.”
In die belangrike saak van Hira v Booysen48 verwerp die hof die onderskeid tussen ´n
regsdwaling wat betrekking het op die meriete en nie hersienbaar is nie, en ´n
regsdwaling “which causes the decision-maker to fail to appreciate the nature of the
discretion or power conferred upon him and as a result not to exercise the discretion
or power or to refuse to do so” en wel hersienbaar is.49 ´n Belangrike aspek van die
44
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 15C-F. Sien
verder JA v S D’Oliveira “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” (1976) 39 THRHR 219 en verder.
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 13F-G.
46
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 16B, 20E.
47
Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 234.
48
Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A).
49
Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) 90D-E.
45
270
beslissing in Hira v Booysen is dat Corbett HR beslis dat hersienbaarheid van ´n
regsdwaling nou verband hou met die konstruksie van die statuut en hy gee dan sekere
riglyne ten aansien van so ´n statutêre konstruksie. Een van die belangrike aspekte wat
na vore kom, is die feit dat die erns of die wesenlike aard van die dwaling bepalend is
met betrekking tot die ongeldigheid van die besluit:
“If, for instance, the facts found by the tribunal are such to justify its decision even on a
correct interpretation of the statutory criterion, then normally (i.e. in the absence of some other
review ground) there would be no ground for interference.”50
Artikel 6(2)(d) van PAJA behou die vereiste van “materiality” deur te bepaal dat ´n
hof of tribunaal die bevoegdheid het om ´n administratiewe handeling te hersien wat
wesenlik deur ‘n regsdwaling beïnvloed is. In die konteks van ´n dissiplinêre verhoor,
beslis die hof reeds in SA Medical & Dental Council v McLoughlin51 dat indien ´n
dissiplinêre tribunaal ´n verkeerde besluit geneem het as gevolg van ´n verkeerde
uitleg van die reg, die besluit tersyde gestel kan word in gemeenregtelike
hersieningsverrigtinge.52 Dit sou dus ook geld binne kerke en geloofsinstellings. By
die bepaling en interpretasie van jurisdiksionele feite is die uitleg van die magtigende
bepaling van groot belang. Vir die toepassing binne geloofsinstellings is die
betekenis, inhoud en toepassing van die betrokke statuut bepalend ten aansien van die
vraag of ´n hof sal ingryp by ´n diskresie-uitoefening.53 Waar plaas dit hersiening met
betrekking tot ´n feitedwaling? ´n Niejurisdiksionele feit is ´n feit waarvan die
jurisdiksie nie afhang nie. ´n Feitedwaling is dus ´n dwaling “binne” die jurisdiksie
van die besluitnemer en wat ooreenkomstig die gemenereg nie hersienbaar is nie.
Volgens die hof in Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board:54
“[W]here jurisdiction is not in issue and there is no obvious transgression of the boundaries
within which the functionary has been empowered to make decisions, our Courts have not
permitted a review solely on the basis of a material mistake of fact on the part of the person
who made the decision.”
50
Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) 93G-H.
SA Medical & Dental Council v McLoughlin 1948 (2) SA 355 (A).
52
Hoexter Administrative Law 255.
53
Sien volledige bespreking van die statuut op p 138 en verder.
54
Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 32.
51
271
Die tradisionele benadering ten opsigte van ´n niejurisdiksionele feitedwaling is
gevolg in verskeie beslissings voor en na 1994.55 Met die beslissing in Pepcor
Retirement Fund v Financial Services Board56 word ´n feitedwaling erken as ´n grond
van hersiening in lyn met die vereistes van artikel 33 van die Grondwet en die
legaliteitsbeginsel. Cloete AR in Pepcor beslis soos volg:
“In my view, a material mistake of fact should be a basis upon which a Court can review an
decision. If legislation has empowered a functionary to make a decision, in the public interest,
the decision should be made on the material facts which should have been available for the
decision properly to be made. And if a decision has been made in ignorance of facts material
to the decision and which therefore should have been before the functionary, the decision
should [...] be reviewable […]. The doctrine of legality which was the basis of the decisions in
Fedsure, Sarfu and Pharmaceutical Manufacturers requires that the power conferred on a
functionary to make decisions in the public interest, should be exercised properly, i.e. on the
basis of the true facts; it should not be confined to cases where the common law would
categorise the decision as ultra vires.”57
Reeds in Shidiack v Union Government58 beslis die hof dat ´n feitedwaling hersien
kan word op grond van mala fides, onbehoorlike bybedoelings, gebrekkige
aandagbesteding of die inbreukmaking op ´n uitdruklike wetgewende bepaling. Met
die beslissing in Pepcor, wat beslis is voor die inwerkingtreding van PAJA, erken die
hof uitdruklik ´n wesenlike feitedwaling as ´n aparte grond van hersiening. Net soos
die hersieningsgrond ten aansien van regdwalings ook op geloofsinstellings van
toepassing is, sal diskresionêre besluite van geloofsinstellings waar daar ´n wesenlike
feitedwaling teenwoordig is, deur ´n hof hersien kan word.
Met betrekking tot ´n diskresie-uitoefening, mag die besluitnemer in die uitoefening
van sy diskresie hom verder nie deur irrelevante en onbehoorlike oorwegings laat
beïnvloed of sy diskresies onbehoorlik uitoefen nie. Mala fides word deur Wiechers59
omskryf as ´n “opsetlike gebrek aan aandagbesteding” en kom ter sprake waar ´n
besluitnemer nie sy diskresie behoorlik uitoefen nie. Een van Wiechers se
geldigheidsvereistes vir legaliteit is die vereiste dat alle administratiewe handelinge
55
Sien De Freitas v Somerset West Municipality 1997 (3) SA 1080 (K) 1084E, G-H waar Farlam R bevestig dat die betrokke
“erroneous assumption of fact” nie betrekking het op die jurisdiksie nie en gevolglik dat die hof nie by magte is om die
diskresionêre besluit wat binne die bevoegdheid van die besluitnemer val te hersien bloot omdat hy ´n feitedwaling begaan het
nie. In Ferreira v Premier, Free State 2000 (1) SA 241 (O) bevestig Van Coller R die tradisionele regsposisie ten aansien van ´n
feitedwaling.
56
Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 45 en 47.
57
Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA) par 47.
58
Shidiack v Union Government 1912 AD 642.
59
Wiechers Administratiefreg 277.
272
bona fide verrig moet word. Die gebrek aan bona fides veronderstel dus mala fides
(ongeldigheidsbewussyn), wat volgens Wiechers ´n ongeldigheid op sigself
veronderstel, maar nie ´n grond op sy eie is nie.60 Baxter beskou “dishonesty” wel as
´n aparte hersieningsgrond.61 In die vroeë regspraak is mala fides egter dikwels nie op
sigself as ´n grond vir ongeldigheid toegepas nie.62 Mala fides is ook dikwels beskou
as ´n vorm van “failure to apply the mind”.63 In Johannesburg Stock Exchange v
Witwatersrand Nigel Ltd64 beskryf Corbett AR ´n “failure to apply the mind” soos
volg:
“the decision was arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a result of
unwarranted adherence to a fixed principle or in order to further an ulterior or improper
purpose; or that the president misconceived the nature of the discretion conferred upon him
and took into account irrelevant considerations or ignored relevant ones; or that the decision
of the president was so grossly unreasonable as to warrant the inference that he had failed to
apply his mind to the matter in the manner aforestated.”
Ooreenkomstig die gemenereg het ´n mala fide-handeling sekere belangrike gevolge.
Mala fide-optredes dien as ´n regverdigingsgrond vir die feit dat interne remedies nie
uitgeput hoef te word nie. ´n Mala fide-handeling sal ook nie na die besluitnemer toe
terugverwys word vir ´n heroorweging nie.65 PAJA gee erkenning aan mala fides as ´n
onafhanklike hersieningsgrond deur in artikel 6(2)(e)(v) te bepaal dat ‘n hof of
tribunaal die bevoegdheid het om ‘n administratiewe handeling te hersien indien die
handeling ter kwader trou verrig is. Daar is hofsake wat aantoon dat waar ´n
huishoudelike tribunaal met mala fides opgetree het, die ondersoek onafhanklik van ´n
skending van die reëls van natuurlike geregtigheid beantwoord kon word. Die reëls
van natuurlike geregtigheid behoort egter wyd genoeg te wees om ook mala fides aan
die kant van die tribunaal in te sluit.66 In Du Plessis v The Synod of the DR Church67
beslis die hof dat:
60
Wiechers Administratiefreg 286-287.
Baxter Administrative Law 515.
62
In Adam’s Stores (Pty) Ltd v Charlestown Town Board 1951 (2) SA 508 (N) op 142 word mala fides deur die hof afgelei,
hoewel die hof beslis dat die rede vir die ongeldigheid eerder die bevoegdheidsoorskryding; die nienakoming van geskrewe
prosedures en vooroordeel is.
63
Hoexter Administrative Law 278.
64
Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Ltd 1988 (3) SA 132 (HHA) 152C-D.
65
Burns en Beukes Administrative Law 379.
66
Sien onder andere Alexander v Union Club of SA 1949 (1) SA 301 (W) 305-306; Du Plessis v The Synod of the DR Church
1930 CPD 403 op 422; Lucas v Wilkinson 1926 NPD 10 16-17; Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union 1930
AD 225 op 237-238; Johannesburg Local Road Transportation Board v David Morton Transport (Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A)
895; Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 10D-E.
67
Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403.
61
273
“If the tribunal acts with mala fides, then the Court will protect the individual affected. If, for
instance, a church tribunal, in order to acquire jurisdiction, were to call something heresy
which the members could not reasonably have considered heresy, then this Court would upset
their decision, not because the words complained of were not heresy, but because the tribunal
acted irregularly, in being governed by mala fides.”68
In Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and
Another69 is ´n pastoor van die betrokke kerk, tesame met 22 ander pastore van
dieselfde kerk, ooreenkomstig sekere bepalings van die Kerkorde verplaas. Die
Envangelical Lutheran Church word bestuur ooreenkomstig ´n konstitutise getiteld
“Constitution of the Evangelical Lutheran Church in Southern Africa”.70 Artikel 9.1.1
van die Kerkorde maak dit duidelik dat:
“When a pastor, called and ordained according to para 4, has been entrusted with the care of
the congregation, he shall be inducted by the dean of the circuit and is in duty bound to
observe the rules and regulations of the church. He shall be transferable to any place within
the area of the church in accordance with para 17.4.4.”71
Die repondent het aangevoer dat sy verplasing onregmatig is en dat dit neerkom op ´n
verlaging van sy pos. Die vraag wat die hof gevolglik moes beantwoord was of die
verplasing van die respondent gegrond was op “bias, malice and ulterior dishonest
motives”?72 Die hof beslis dat die kerk ´n ware behoefte aangetoon het waarom die
betrokke pastore, insluitende die respondent, verplaas moes word en dat dit geskied
het om te voldoen aan die behoeftes en vereistes van die kerk. Die hof beslis gevolglik
dat die besluit van die kerk om die respondent te verplaas nie geskied het op grond
van enige “malice or any improper or ulterior motive” nie.73 Daar bestaan ´n nou
verband tussen ´n administratiewe handeling wat mala fide is en die redelikheid, al
dan nie, van die handeling en gevolglik sal die vereiste van redelikheid nou in meer
besonderhede bestudeer word.
68
Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403 op 422.
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG).
70
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 962E.
71
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 962I-J.
72
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 961A.
73
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 968A.
69
274
9.3
REDELIKHEID
Ooreenkomstig die gemenereg is redelikheid egter nie as ´n aparte regverdigingsgrond
erken en toegepas nie. In Union Government v Union Steel Corporation (South
Africa) Ltd74 som Stratford AR die gemeenregtelike posisie soos volg op:
“There is no authority that I know of, and none has been cited, for the proposition that a court
of law will interfere with the exercise of a discretion on the mere ground of its
unreasonableness. It is true the word is often used in the cases on the subject, but nowhere
has it been held unreasonableness is sufficient ground for interference; emphasis is
always laid upon the necessity of the unreasonableness being so gross that something else
can be inferred from it, either that it is ‘inexplicable except on the assumption of male
fides or ulterion motive’[...] or that it amounts to proof that the person on whom the discretion
is conferred has not applied his mind to the matter.”
In Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA75 word hierdie
posisie soos volg weergegee:
“Blote onredelikheid is op sigself geen aanduiding van ´n versuim om diskresionêre
bevoegdhede uit te oefen nie, en is in ons regspraak nog nooit as ´n hersieningsgrond
aangemerk waarop ´n Geregshof in die finale beslissing van ´n gemagtigde kan ingryp nie.”
In Suid-Afrika was die posisie gevolglik dat redelikheid op sigself nie ´n selfstandige
vereiste is nie en onredelikheid dus slegs ´n aanduiding van die nienakoming van een
of ander van die geldigheidsvereistes is,
die sogenaamde simptomatiese
onredelikheidstoets. Volgens Wiechers beteken dit dat redelikheid dus slegs as bewys
kon dien vir byvoorbeeld die aanwesigheid van mala fides, ´n gebrek aan
aandagbesteding, onbehoorlike bybedoelings en die weiering of versuim om ´n
diskresie uit te oefen.76 Die howe was dus bereid om in te gryp indien ´n besluit so
verregaande onredelik (“grossly unreasonable”) was dat geen redelike persoon tot so
´n besluit sou kon kom nie en dit aanleiding gegee het tot ´n ander hersienings- of
regverdigingsgrond.77 Hierdie maatstaf het dan ook as die formele maatstaf bekend
gestaan. In die minderheidsuitspraak in Theron v Ring van Wellington van die N.G.
Sendingkerk in SA78 word ´n meer objektiewe benadering tot onredelikheid gesteun.
74
Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd 1928 AD 220 op 236-7.
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 10F.
76
Wiechers Administratiefreg 271.
77
Sadler Die Kerklike Tughandeling 184.
78
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A).
75
275
Jansen AR aanvaar ´n “uitgebreide formele maatstaf” in terme waarvan onredelikheid
per se binne die hersieningsbevoegdheid van die hof val.79 Volgens Jansen AR:
“Dit sou dus beter met ons eie reg strook om waar twyfel oor die bedoeling van die wetgewer
kan bestaan, die formele maatstaf eerder uit te brei as eng toe te pas, m.a.w om in daardie
geval die ‘meriete’ nie te breed op te neem nie.”80
Dit beteken dat die feite wat andersins onberegbaar sou wees, eng opgeneem word,
wat beteken dat die “uitwerking en moontlike onbillike gevolge van die
administratiewe
handeling
as
beregbare,
jurisdiksionele
feite
of
eerder
bevoegdheidsbepalende faktore”81 in ag geneem word. In Standard Bank of
Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO82 verwerp die hof die “gross unreasonableness”toets en bevestig dat die toets vir redelikheid onder die grondwetlike bedeling ´n
minder streng toepassing vir die hersiening van onredelike administratiewe optrede
verg. Die hof beslis dat die growwe onredelikheidstoets “does not accord with the
modern approach to judicial review”.83 Artikel 6(2)(e)(vi) maak voorsiening daarvoor
dat ´n handeling hersien kan word indien dit op ‘n arbitrêre of willekeurige wyse
verrig is. Hierdie hersieningsgrond, sowel as die grond van mala fides, is nou verwant
aan irrasionele en onredelike administratiewe optrede en Baxter84 is van mening dat
irrasionele, willekeurige en arbitrêre optrede die hoogste vorm van onredelikheid is.
In Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs85 verwys O’Regan
R ook na “reasonableness or rationality”. In Stanfield v Minister of Correctional
Services86 beslis die hof soos volg ten aansien van redelikheid:
“The need for administrative action to be reasonable, in terms of section 33(1) of the
Constitution gives rise to what has probably become the essential standard of review, namely
the rationality of the action, conduct or decision in question. This must be assessed objectively
and dispassionately, since the counter-side of rationality is usually arbitrariness and even
capriciousness justifying the review and setting aside of the administrative action in question.”
Daar is gevolglik ´n nou band tussen die gronde vir hersiening soos uiteengesit in
artikel 6(2)(e)(vi), 6(2)(f) en 6(2)(h) van PAJA. Artikel 6(2)(f) maak voorsiening vir
79
Sien verder Sadler Die Kerklike Tughandeling 185 en verder.
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 16B.
81
Wiechers Administratiefreg 281.
82
Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B).
83
Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B) 96.
84
Baxter Administrative Law 521.
85
Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH).
86
Stanfield v Minister of Correctional Services 2004 (4) SA 43 (K) par 98.
80
276
rasionaliteit as ´n aparte grond van hersiening. Artikel 6(2)(f) bepaal dat ´n
administratiewe handeling hersien kan word indien die handeling self wederregtelik
is, of nie deur die magtigende bepaling toegelaat is nie; of indien die handeling nie
rasioneel verband hou met onder andere:
(aa) die doel waarvoor die handeling verrig is nie;
(bb) die doel van die magtigende bepaling nie;
(cc) die inligting tot die beskikking van die administrateur nie; of
(dd) die redes wat die administrateur vir die verrigting van die handeling
aangevoer het nie.
Artikel 6(2)(h) erken redelikheid as aparte grond van hersiening. Dit bepaal dat ´n
administratiewe handeling hersien kan word indien die magsuitoefening of die
uitvoering van die administratiewe handeling wat oënskynlik deur die magtigende
bepaling, waarkragtens die administratiewe handeling verrig is, toegelaat word, so
onredelik is dat geen redelike persoon daardie mag op so ‘n wyse sou uitoefen of die
administratiewe handeling op daardie wyse sou verrig nie. Artikel 6(2)(h) van PAJA
moet saamgelees word met artikel 33(1) van die Grondwet en gevolglik beslis
O’Regan R in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs,87 met
verwysing na die beslissing van Lord Cooke in R v Chief Constable of Sussex, ex
parte International Trader’s Ferry Ltd,88 dat die standaard vir redelikheid “gewoon
redelikheid” is en beslis soos volg:
“Even if it may be thought that the language of s 6(2)(h), if taken literally, might set a
standard such that a decision would rarely if ever be found unreasonable, that is not the proper
constitutional meaning which should be attached to the subsection. The subsection must be
construed consistently with the Constitution and in particular s 33 which requires
administrative action to be ‘reasonable’. Section 6(2)(h) should then be understood to require
a simple test, namely that an administrative decision will be reviewable if, in Lord Cooke’s
words, it is one that a reasonable decision-maker could not reach.”
Hoexter is dan ook ten gunste van ´n “ordinary dictionary meaning” en dat:
87
88
Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH) par 44.
R v Chief Constable of Sussex, ex parte International Trader’s Ferry Ltd [1999] 1 All ER 129 (HL) 157.
277
“[...] to require less than reasonableness so defined would be to allow capricious decisionmaking. To require more – to require correctness or perfection – would be to allow the
courts to substitute their own views for those of the administrator.”89
Die hof beklemtoon weer eens die buigsaamheid van beide redelikheid en rasionaliteit
en dat beide begrippe “context-specific” is.90 O’Regan R bevestig dat die redelikheid
van ´n beslissing sal afhang van die bepaalde faktore en beslis soos volg:
“What will constitute a reasonable decision will depend on the circumstances of each case,
much as what will constitute a fair procedure will depend on the circumstances of each
case. Factors relevant to determining whether a decision is reasonable or not will include the
nature of the decision, the identity and expertise of the decision-maker, the range of factors
relevant to the decision, the reasons given for the decision, the nature of the competing
interests involved and the impact of the decision on the lives and well-being of those
affected.”91
Hierdie siening van ons howe is ook in ooreenstemming met die “sliding scale of
reasonableness” ten aansien van hersiening in die Engelse reg, soos omskryf en erken
deur die hof in R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department:92
“There is [...] what may be called a sliding scale of review; the graver the impact of the
decision in question upon the individual affected by it, the more substantial the justification
that will be required.”93
Veral waar fundamentele regte in gedrang is, sal die hof ´n “heightened scrutiny”
toets of selfs ´n toets vir proporsionaliteit toepas. Hierdie benadering is dus uiters
gepas met betrekking tot geloofsinstellings, veral by dissiplinêre verrigtinge waar
verskeie fundamentele regte ter sprake is (die reg op godsdiensvryheid, reg op vryheid
van assosiasie, reg op gelykheid) en die gevolge van so ´n dissiplinêre verhoor ´n
ernstige impak op die individu kan hê.94 Die skorsing of ontslag van ´n predikant hou
ook ernstige finansiële implikasies vir die betrokkene in waar dit kan lei tot ´n
ernstige verlies aan lewensonderhoud. Die aspek van verlies aan lewensonderhoud
duik dikwels op by die sogenaamde “jokkieklub”-sake, waar die howe ook al dikwels
89
Hoexter Administrative Law 313. Sien ook C Hoexter “The Future of Judicial Review in South African Administrative Law”
(2000) 117 SALJ 509-510.
90
Sien byvoorbeeld Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH) par 145.
91
Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs 2004 (4) SA 490 (KH) par 45.
92
R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840 par 19.
93
Hoexter Administrative Law 321.
94
Sien verder EH van Coller “Proportionality Review – The Battle Between Community Standards and English Domestic Law”
(2006) CILSA 469-484, vir ´n oorsig oor die glyskaalmodel van toepassing ten aansien van redelikheid en proporsionaliteit.
278
klei getrap het met die aard van die verhouding tussen die jokkie en sy klub, of daar
van
private
of
publieke
funksies
ter
sprake
is
en
tot
watter
mate
administratiefregtelike reëls gevolglik toepassing vind.
Die legaliteitsbeginsel word steeds gesien as ´n belangrike bron van administratiefreg
en word tereg beskryf as “an evolving concept in our jurisprudence, whose full
creative potential will be developed in a context-driven and incremental manner”.95
Veral ten aansien van besluite van ´n nie-administratiewe aard deur huishoudelike
tribunale soos dit toepassing vind by geloofsinstellings, is hierdie ontwikkeling van
groot belang. Soos Hoexter96 tereg opmerk het die legaliteitsbeginsel die potensiaal
“to encompass the full range of administrative-law precepts”. ´n Interessante
voorbeeld en goeie opsomming vind ons in die saak van National Horseracing
Authority of Southern Africa v Naidoo and Another,97 veral met betrekking tot die
element van “redelikheid”. Mnr. Naidoo, ´n resiesperdafrigter is positief getoets vir en
in besit gevind van sekere verbode middels deur ´n raad van ondersoek wat ingestel is
deur die National Horseracing Authority van Suid-Afrika. Die raad het Naidoo ´n
wegwysing opgelê. Hy nader die plaaslike afdeling van die Hooggeregshof wat die
skuldigbevinding handhaaf, maar die strafbepaling tersyde stel. Naidoo bring toe ´n
appèl na die provinsiale afdeling van die Hooggeregshof en voer aan dat die
ondersoek ´n skending van die reëls van natuurlike geregtigheid daarstel en dat die
strafbepaling (wegwysing) nie redelik in die omstandighede was nie.
Alvorens die hof kon beslis of die besluit en strafbepaling deur die tribunaal redelik
was al dan nie, moes die hof eers beslis of die optrede van die dissiplinêre tribunaal ´n
administratiewe handeling was ooreenkomstig par b van die definisie van ´n
administratiewe handeling in artikel 1 van PAJA. Die respondente het aangevoer dat
die hof die saak moes beslis aan die hand van die gesag van vroeëre jokkieklubsake,98 waar die uitgangspunt van die howe was dat die verhouding tussen die jokkie
en die jokkieklub kontraktueel van aard is en dat waar daar ´n dissiplinêre verhoor
hangend is, dit moet geskied in navolging van die reëls van natuurlike geregtigheid.
95
Sachs R in ´n minderheidsuitspraak in Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH) par 614,
met verwysing na die beslissing van O’Regan R in Rail Commuters Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359
(KH) par 85-6.
96
C Hoexter Administrative Law 2nd ed (2012) 356.
97
National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N).
98
Sien Marlin v Durban Turf Club and Others 1942 AD 112; Jockey Club of South Africa and Others v Feldman 1942 AD 340;
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646F-G; en Jockey Club of South Africa v Forbes 1993 (1) SA 649
(A).
279
Die respondent het egter in sy betoog spesifiek na artikel 39(2) van die Grondwet en
die howe se plig om die gemenereg te ontwikkel verwys. Hy voer ook aan dat sy
strafbepaling “neither justified nor rational in the circumstances” was en “unfair and
irrational”.99 Die hof is van mening dat so ´n benadering ´n hersiening ooreenkomstig
die bewoording van PAJA (spesifiek artikel 6(2)(h)) regverdig. Gevolglik beperk die
hof nie sy ondersoek slegs tot die gemeenregtelike posisie soos dit voor die nuwe
grondwetlike bedeling was nie, maar baseer sy ondersoek op die beginsel van
redelikheid ingevolge PAJA. Van belang vir hierdie ondersoek is nie die vraag of die
Horseracing Authority ´n openbare gesag uitoefen nie, maar eerder of dit die
bedoeling van PAJA was om sodanige liggame in die definisie in te sluit. Wallis R
beslis soos volg:
“The contention that there is a blanket exclusion of sporting bodies from the definition of
administrative action is not in my view justified by the wording of the provision or, on a
comprehensive basis, by the nature of such bodies. The statutory test is whether they are
exercising a public power or performing a public function. It seems to me that when this
question arises in relation to specific conduct by a sporting body it requires a close
examination of the functions of that sporting body. There may well be sport organisations
operating in relation to relatively minor sports, which have virtually no regulatory powers. I
have in mind sports that attract little public interest, where participation is not dependent on
association with the national body and where there is no significant commercial interest. On
the other hand larger sporting bodies operating in relation to major sports such as horseracing,
football, cricket and rugby stand on an entirely different footing. They exercise a virtually
monopolistic control over all aspects of those sports from junior to national levels and are
active in the international sphere. Public interest in those sports is massive and the amounts of
money generated by these sporting activities are very considerable. A person excluded by one
of these sporting bodies from participation in their sport is effectively deprived of their
livelihood. I can see no reason why Parliament should have overlooked such bodies in
enacting the provisions of PAJA much less deliberately excluded them without saying as
much.”100
Hoewel die Engelse howe in die sogenaamde jokkieklubsake nie hersiening toelaat
nie, volg hulle dieselfde benadering ten aansien van die aard van die organisasie,
naamlik dat sulke organisasies wel van ´n openbare aard kan wees en openbare
bevoegdhede kan uitoefen. Hersiening word uitgesluit vanweë die feit dat “there is no
public source for the power of such bodies albeit that they are exercising public
99
National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) par 14.
National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) 192A-E.
100
280
powers” en die feit dat die benadering van die Engelse howe “dependent [is] upon the
fact that in England, for historical reasons, judicial review is available only in respect
of public authorities”.101 Die howe is dit eens dat bevoegdhede wat uitgeoefen word
wel van ´n openbare aard kan wees en ´n impak op die publieke sfeer kan hê. In die
Suid-Afrikaanse konteks kan dit dus ´n aanduiding wees dat so ´n liggaam
ooreenkomstig PAJA van ´n openbare aard is en openbare funksies verrig en
onderhewig aan die bepalings van die Wet is.
Wallis R beslis gevolglik die aangeleentheid ooreenkomstig die breër benadering van
hersiening gebaseer op redelikheid ingevolge PAJA, eerder as die voor-grondwetlike
gemeenregtelike posisie. Dit is jammer dat hy dit onnodig vind om hom uit te laat oor
die belangrike kwessie van die ontwikkeling van die gemenereg ooreenkomstig artikel
39 van die Grondwet. Hy opper tereg die struikelblokke in so ´n ondersoek, naamlik
wat die gronde sou wees vir die toepassing van regte soos vervat in die Wet waar so
´n handeling nie binne die reikwydte van die Wet val nie. Hy erken wel die
benadering van sy kollega Levinsohn WRP in dieselfde saak, naamlik dat so ´n
uitbreiding nog altyd teenwoordig was binne die konsep van natuurlike geregtigheid,
hoewel hy aanvoer dat “I would guard against being thought to have reached any
definite conclusion on this point”. 102 Beide Wallis R en Levinsohn WRP bevind dat
die besluit van die raad onderworpe is aan ´n toets vir redelikheid en in beginsel stem
hulle saam dat die National Horseracing Authority wel van ´n openbare aard is en ´n
openbare funksie vervul en kom tot die gevolgtrekking dat die appèl moet slaag en die
aansoek
van
die
hand
gewys
moet
word.
Wallis
R
bring
egter
sy
redelikheidsondersoek ooreenkomstig PAJA, terwyl Levinsohn WRP nie heeltemal
die siening van sy kollega Wallis R deel dat die gemeenregtelike posisie nie van
toepassing is nie. Hy beslis soos volg:
“Prima facie it seems to me that the weight of legal authority in South Africa favours the view
that the quartet of Jockey Club cases is still applicable and that the Constitution and PAJA did
not have any impact on this. Any change in the law, particularly one that classifies the
disciplinary powers of the appellant as being the exercise of public powers and therefore
101
Sien die Engelse saak van R v Disciplinary Committee of the Jockey Club, ex parte Aga Khan [1993] 1 WLR 909 (CA) en
verder National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N) par 26 (Wallis R).
102
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 29 (Wallis R).
281
administrative action under the umbrella of PAJA would in my view result in a seismic shift
in the state of the law, particularly as it affects the appellant’s activities.”103
Levinsohn WRP is verder ook ten gunste van ´n konsekwente benadering ten opsigte
van die funksionering van huishoudelike dissiplinêre tribunale en beslis soos volg:
“In my opinion it is doubtful whether the framers of the Constitution and the legislature in
enacting PAJA intended to bring such domestic tribunals under its umbrella. It may well be an
aspect which needs to be dealt with in the future by the legislature.”104
Dit wil egter blyk of Levinsohn WRP ten gunste van die uitbreiding van die
gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid is. Hoewel Levinsohn WRP105
saamstem met die siening van Botha AR in Turner v Jockey Club of South Africa106
dat die fundamentele beginsels van geregtigheid ´n elastiese begrip is, is hy egter
versigtig om sonder meer te aanvaar dat “this would depend upon the nature of the
hearing, the complexity or otherwise of the matters in dispute before the particular
tribunal”. En verder:
“In the instant case we have seen that a lengthy hearing took place, expert witnesses testified
and decisions had to be made on credibility. By all accounts this was not your common-orgarden disciplinary hearing where, for example, a decision could be summarily made on
viewing the patrol film of a horse race.”
Hy is van mening dat in bogenoemde omstandighede dit nie onvanpas sal wees om ´n
verdere vereiste tot die fundamentele beginsels van geregtigheid toe te voeg nie,
naamlik die vereiste van redelikheid en rasionaliteit. Volgens Levinsohn WRP:
“This would particularly be apposite in a complex case where a reviewing court would be in
exactly the same position to assess the objective evidence in the case and would be able to
conclude that the decision made is rational in relation to the evidence laid before the tribunal.
103
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 4 (Levinsohn WRP).
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 6 (Levinsohn WRP).
105
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 10 (Levinsohn WRP).
106
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A) 646D-H. Botha AR handel deeglik met die betekenis van
fundamentele beginsels van geregtigheid wat van toepassing is en wat voortspruit uit die uitdruklike en implisiete terme van die
ooreenkoms tussen die Jokkieklub en diegene wat gebind word deur die ooreenkoms. Hy beslis soos volg: “What the
fundamental principles of justice are which underlie our system of law, and which are to be read as tacitly included in the
respondent’s rules, have never been exhaustively defined and are not altogether clear. In Russell v Duke of Norfolk and Others,
(1949) 1 All ER 109, Lord TUCKER said at p 118 that - ‘The requirements of natural justice must depend on the circumstances
of the case, the nature of the enquiry, the rules under which the tribunal is acting, the subject matter that is being dealt with, and
so forth. Accordingly, I do not derive much assistance from the definitions of natural justice which have been from time to time
used, but, whatever standard is adopted, one essential is that the person concerned should have a reasonable opportunity of
presenting his case.’”
104
282
In my opinion this would be a development of the common law which would be wholly in
accordance with the values encompassed in the Bill of Rights.”107
Levinsohn WRP is dus duidelik ten gunste van die ontwikkeling van die gemenereg.
Waar sy kollega Wallis R tot sy gevolgtrekking kom ooreenkomstig die redelikheidsondersoek kragtens PAJA, kom Levinsohn WRP tot dieselfde gevolgtrekking, maar
deur as’t ware die gemenereg te ontwikkel en dieselfde “test for rationality” wat
toepassing vind onder die Wet, toe te voeg as ´n element van die beginsels van
natuurlike geregtigheid. Hy brei gevolglik die inhoud van die reëls van natuurlike
geregtigheid uit om ook die rasionaliteitsvereiste in te sluit. Gevolglik sou dit nie
verkeerd wees om tot die gevolgtrekking te kom dat waar die omstandighede dit
vereis, dit nie onvanpas sal wees om ten aansien van dissiplinêre optrede van
geloofsinstellings die vereiste van redelikheid en rasionaliteit toe te voeg as vereiste
van die basiese beginsels van geregtigheid nie, en te vereis dat geloofsinstellings
gebonde aan hierdie vereistes is nie.
9.4
GEVOLGTREKKING
In hierdie hoofstuk is ondersoek ingestel na die gemeenregtelike ultra vires-leerstuk
ooreenkomstig waarvan ´n geloofsinstelling sy bevoegdhede moet uitoefen kragtens
die bepalings van die statuut of konstitusie en betrokke regulasies. Indien hierdie
bevoegdhede dus oorskry word, is die handeling ultra vires, wat gevolglik onregmatig
is en tersyde gestel kan word.
Daar is ondersoek ingestel na verskeie geldigheidsvereistes wat met die breë begrip
van regmatigheid verband hou. Waar ´n geloofsinstelling buite sy bevoegdheid
opgetree het, ´n bevoegdheid onregmatig gedelegeer het, nie sy diskresie behoorlik
uitgeoefen het nie; daar ´n feite- of regsdwaling aan die kant van die besluitnemer was
of ´n besluit gewoon mala fide geneem is, is dit gronde vir die tersydestelling van die
besluit. Administratiewe optrede wat irrasioneel en onredelik is, kan ook tersyde
gestel word en anders as die gemeenregtelike posisie waar redelikheid nie as ´n aparte
regverdigingsgrond erken en toegepas word nie, word redelikheid nou as aparte
hersieningsgrond erken in terme waarvan ´n besluit tersyde gestel kan word. Dit wil
ook blyk of veral ten aansien van dissiplinêre optredes deur geloofsinstellings, die
107
National Horseracing Authority v Naidoo 2010 (3) SA 182 (N) par 11 (Levinsohn WRP).
283
vereiste van redelikheid en rasionaliteit gesien word as belangrike vereistes van die
basiese beginsels van geregtigheid en geloofsinstellings sal daarop moet let en toesien
dat hulle optredes voldoen aan die vereistes van redelikheid en rasionaliteit.
Die vorige twee hoofstukke het in groot besonderhede ondersoek ingestel na die
vereistes van prosedurele billikheid, regmatigheid en redelikheid waaraan besluite en
optredes van geloofsinstellings moet voldoen, ten einde gevolg te gee aan die reg op
administrateiwe geregtigheid. Alvorens die hof egter genader kan word vir die
hersiening van ´n besluit wat nie aan die vereistes van administratiewe geregtigheid
voldoen nie, is daar sekere prosedurele aspekte wat nagekom behoort te word. Die
volgende hoofstuk sal in nadere besonderhede fokus op die locus standi van die
aansoeker en die vereiste met betrekking tot die uitputting van interne remedies as
twee belangrike prosedurele vereistes wat nagkom moet word voor die hof genader
word vir geregtelike hersiening. Die hoofstuk sal afsluit met ´n bespreking van die
gepaste remedies van toepassing op geloofsinstellings waar inbreuk gemaak is op die
reg tot regverdige administratiewe optrede.
284
HOOFSTUK 10
10
LOCUS STANDI EN REMEDIES
10.1
INLEIDING
Daar bestaan verskeie prosesregtelike vereistes wat nagekom moet word alvorens die
hof genader kan word vir die hersiening van ´n besluit wat onredelik, onregmatig of
prosedureel onbillik is en vir die gevolglike gebruikmaking van die nodige
regsmiddele. Daar word byvoorbeeld vereis dat ´n hersieningsaansoek binne ´n
redelike tyd gebring moet word en dat slegs finale besluite hersien kan word. Baie van
hierdie prosesregtelike vereistes word deur die siviele prosesreg gereël. Daar is veral
twee vereistes wat van belang is waar geloofsinstellings van die nodige
hersieningsremedies gebruik wil maak. Eerstens van belang is die locus standi van die
aansoeker en tweedens is die vereistes van uitputting van interne remedies.
Locus standi verwys na beide die bevoegdheid van ´n persoon of organisasie om aan
die regsverkeer deel te neem en tot die geding toe te tree (te dagvaar of gedagvaar te
word) sowel as ´n genoegsame belang in die geding. Hoofstuk 3 het reeds in groot
besonderhede gekyk na die regstatus van geloofsinstellings asook die onderskeie
organe as regspersone, uit hoofde waarvan geloofsinstellings oor verskeie regte en
verpligtinge beskik. Hierdie hoofstuk sal slegs kortliks aandag gee aan die locus
standi van die aansoeker en die gevolglike vraag of die aansoeker ´n genoegsame
belang het om ´n hersieningsaansoek te bring en op die beskikbare regsmiddele
aanspraak kan maak.
Verder word dikwels vereis dat interne remedies eers uitgeput moet word, alvorens ´n
aansoeker die hof vir geregtelike hersiening kan nader en aanspraak maak op die
beskikbare remedies kan maak. Gevolglik sal die bespreking ook fokus op die
uitputting van interne remedies en wanneer, al dan nie, ´n persoon in die belang van
geregtigheid en in buitengewone omstandighede kan aansoek doen om vrygestel te
word van die verpligting om eers enige interne remedies uit te put. Die hoofstuk sal
afsluit met ´n bespreking van gepaste remedies wat tot ´n person se beskikking is
wanneer ´n geloofsinstelling onregmatig, onredelik en prosedureel onbillik opgetree
het en inbreuk gemaak het op die reg tot regverdige administratiewe optrede.
285
10.2
LOCUS STANDI IN JUDICIO
Artikel 38 van die Grondwet maak dit duidelik dat iemand in hierdie artikel genoem,
die reg het om ´n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ´n reg in die
Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ´n inbreukmaking dreig, en die hof
kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ´n verklaring van regte. Die persone
wat ´n hof kan nader, is(a) iemand wat in eie belang optree;
(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie;
(c) iemand wat as ´n lid van, of in die belang van, ´n groep of klas persone optree;
(d) iemand wat in die openbare belang optree; en
(e) ´n vereniging wat in die belang van sy lede optree.
Artikel 38 maak dit duidelik dat die bevoegdheid om die hof te nader, soos uiteengesit
in artikel 38, slegs van toepassing is wanneer daar op ´n reg in die Handves van Regte
inbreuk gemaak word. PAJA bevat geen bepalings met betrekking tot die afdwinging
van regte nie en aangesien daar nie direk op artikel 33 aanspraak gemaak kan word
nie, is Hoexter1 van mening dat die beperkende reëls ten aansien van locus standi
ooreenkomstig die gemenereg in lyn gebring behoort te word met die grondwetlike
bepalings. Artikel 38(a), (b) en (e) blyk om grotendeels die gemeenregtelike posisie
weer te gee en is ook van besondere belang met betrekking tot geloofsinstellings en
sal gevolglik die fokus van die bespreking wees. Artikel 38(c) en 38(d) strek veel
verder as die gemeenregtelike posisie. Eersgenoemde maak voorsiening vir ´n klasaksie en laasgenoemde gee erkenning aan die Romeinsregtelike actio popularis wat
nie ooreenkomstig die gemenereg erken word nie. Ooreenkomstig die actio popularis
word
elke
persoon
se
belang
in
die
behoorlike
uitvoering
van
owerheidswerksaamhede erken en kan elke persoon die geldigheid van sulke
werksaamhede in ´n hof betwis.2 Ooreenkomstig die gemenereg moes ´n aansoeker
vir geregtelike hersiening ´n voldoende, persoonlike en direkte belang in die
1
2
C Hoexter Administrative Law 2nd ed (2012) 488.
M Wiechers Administratiefreg (1984) 310.
286
aangeleentheid kon aantoon.3 In PE Bosman Transport Works Committee and Others
v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd4 bepaal Eloff R dat:
“It is well settled that, in order to justify its participation in a suit such as the present, a
party [...] has to show that it has a direct and substantial interest in the subject-matter and
outcome of the application.”
Slegs in beperkte en uitsonderlike gevalle, waar die lewe, burgerlike vryhede of
fisiese integriteit van die persoon in gedrang is, kan ´n aksie gebring word deur ´n
persoon wat geen direkte en voldoende belang by die aangeleentheid het nie, maar
wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie. In Wood and
Others v Ondangwa Tribal Authority and Another5 het die appellante aansoek gedoen
vir ´n verbiedende bevel teen die aanhouding van sekere lede van hulle
kerkgenootskap. Hulle het namens die aangehoudenes, wat nie self die aansoek kon
bring nie, aansoek gedoen. Die hof beslis dat die aansoekers wel locus standi gehad
het, aangesien hulle die aansoek gebring het in hulle hoedanigheid as lede van die
dieselfde kerkgenootskap as die waartoe die aangehoudenes behoort het. Rumpff HR
beslis verder in hierdie verband soos volg:
“I have already suggested that for the sake of the preservation of liberty the interest which an
applicant is required to have, should be widely construed. For that reason I think that the
interest that a person may have in the liberty of another may arise not only through family
relationship or personal friendship but also through the relationship that may bind the two
persons by reason of an agreement, express or implied, relating to a matter of common
interest. I am thinking here of a partnership, or a society, or a church, or a political party. Any
member of such a society or body would, in my view, have an interest in the personal liberty
of a co-member.”6
Die howe het in verskeie daaropvolgende uitsprake die regsbelang van verenigings
om namens die lede van sulke verenigings en groepe aansoek te doen, erken.7 Dit blyk
egter, veral ten aansien van verenigings, of die hof steeds van die aansoeker verwag
om aan te toon dat daar ´n direkte belang by die onderwerp van die geskil is.
3
Sien Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS 372.
PE Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA 801 (T) 804B.
5
Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A).
6
Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A) 312G-H.
7
Sien byvoorbeeld SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labour 1978 (1) SA 1027 (SWA) (locus standi van ´n
personeelvereniging namens sy lede word erken); Law Society Transvaal v Behrman 1981 (4) SA 538 (A) (prokureursorde se
locus standi erken om teen ´n toelating te appelleer); Tsosane v Minister of Prisons 1982 (2) SA 55 (K) (familielede en vriende
van aangehoudenes se locus standi erken).
4
287
Ooreenkomstig die gemenereg is ´n oningelyfde vereniging met die eienskappe van ´n
universitas personarum ´n aparte regspersoon met ewigdurende erfopvolgingsreg en
regte en verpligtinge apart van sy lede.8 In die afwesigheid van ´n eksplisiete of
implisiete bepaling dat die vereniging namens sy lede kan optree, is hierdie
verenigings dikwels locus standi deur die howe geweier, uit hoofde van die feit dat
die benadeling deur die lede en nie deur die vereniging self gelei is nie. ´n Voorbeeld
tref ons aan in die saak van Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) v
Muslim Judicial Council (Cape).9
Die eiser in die saak is ´n vrywillige vereniging van Moslems wat kragtens ´n
geskrewe konstitutisie funksioneer en algemeen na verwys word as “Ahmadis”. Hulle
het aangevoer dat die verweerders, wat ´n vrywillige vereniging van sheiks, imams en
teoloë is, onregmatige propoganda verkondig wat inhou dat die “Ahmadis” uitgemaak
word as nie-Moslems en ongelowiges wat toegang tot alle moskees geweier moet
word en die reg ontneem moet word om die dooies te begrawe in Moslembegraafplekke.10 Die Judicial Council het aangevoer dat die eisers geen locus standi
by die geding het nie, aangesien die onregmatigheid en benadeling deur die lede en
nie deur die vereniging gelei is nie. Hulle voer gevolglik ook aan dat die eisers geen
direkte belang by die verrigtinge het nie. Die hof bevestig dat die “Ahmadis” ´n
vrywillige vereniging is wat ´n universitas is en gevolglik kan dagvaar en gedagvaar
kan word in eie naam.11
Met verwysing na die gemeenregtelike posisie soos uiteengesit in Dalrymple and
Others v Colonial Treasurer12 bevestig die hof die siening dat ´n aansoeker vir
geregtelike hersiening ´n voldoende, persoonlike en direkte belang in die
aangeleentheid moet aantoon alvorens die aansoeker locus standi ten aansien van die
geding het. Die hof is van mening dat die nietoelating tot die betrokke moskee en
begraafplek verband hou met die feit dat die eisers as “non-Muslims” beskou word en
nie omdat hulle lede van die “Ahmadis” as ´n vereniging is nie. Die hof is gevolglik
van mening dat die eisers slegs ´n indirekte belang by die aangeleentheid het. Die hof
8
Sien die volledige bespreking in Hoofstuk 3.
Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4) SA
855 (K).
10
Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4)
SA 855 (K) 856D-E.
11
Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4)
SA 855 (K) 863G.
12
Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS 372.
9
288
is verder van mening dat die vereniging nie by magte is om ´n aksie in te stel bloot
omdat die lede deel van die betrokke vereniging is nie. Volgens die hof:
“It would not be able to sue on behalf of members where those members have an action in
their individual capacities merely because they belong to the association. The wrong
complained of must be directed towards those members in their capacities as members of that
association. In the present instance it appears to me that, even if the first plaintiff were an
unincorporated association, the particulars of claim lack the necessary Caverments to
establish that the association is suing for wrongs committed towards those members, as
members of the association. It is not alleged that they are being denied access to the mosque
or the cemetery because they are members of the first plaintiff, but because they are nonMuslims. Similarly the alleged defamation of them is not because they are members of the
association, but, again, because they are alleged to be non-believers, apostates and accordingly
not Muslims.”13
Die hof beslis gevolglik dat die eisers nie die nodige locus standi in judicio het om die
betrokke aksie te bring nie.14 In Evangelical Lutheran Church in Southern Africa
(Western Diocese) v Sepeng and Another15 is ´n pastoor van die betrokke kerk, tesame
met 22 ander pastore van dieselfde kerk, ooreenkomstig sekere bepalings van die
Kerkorde verplaas. Die respondent het geweier om verplaas te word en aangevoer dat
sy vrou hom sou verlaat indien hy die verplasing sou aanvaar en dat dit ´n verlaging
van sy pos is. Hy het geweier om sy woning te verlaat en aangevoer dat sy verplasing
onregmatig is. Die respondent se gemeente is by die verrigtinge gevoeg nadat
aangevoer is dat hulle ´n belang by die verrigtinge het. Daar is aangevoer dat die
gemeente nie net ´n “substantial interest” in die verrigtinge het nie, maar ook dat hulle
standpunt met betrekking tot die verplasing in ag geneem moet word. Die hof beslis
dat kragtens die Kerkorde, die gemeente geen ware belang of locus standi ten aansien
van die besluite van die Lutheran Church in die aanstel van pastore het nie. Die
Kerkorde maak ook nie voorsiening daarvoor dat die betrokke gemeente ´n pastoor
kan beroep of ontslaan nie. Dit maak ook geen melding van enige bevoegdheid om ´n
pastoor te verplaas nie. Die hof is gevolglik van mening dat die gemeente geen belang
of locus standi by die verrigtinge het ten aansien van die besluite geneem deur die
13
Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council (Cape) and Others 1983 (4)
SA 855 (K) 866A-D.
14
Sien byvoorbeeld ook South African Optometric Association v Frames Distributors (Pty) Ltd t/a Frames Unlimited 1985 (3)
SA 100 (O) 104E-F. Hier beslis die hof dat die vereniging se belang om die respondent te verhoed om sekere produkte
onregmatig te verkoop nie “direct and substantial” is nie en dat die belang bloot “at best, merely an indirect interest” is.
15
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG).
289
Kerk nie.16 Met betrekking tot geloofsinstellings blyk dit dat die uitleg en interpretasie
van die betrokke konstitusie en kerkorde ´n belangrike rol speel ten aansien van die
feit of ´n hof locus standi sal verleen. Dit blyk ook dat die hof steeds van
geloofsinstellings of lede van ´n geloofsinstelling sal verwag om ´n genoegsame
belang in die verrigtinge aan te toon.
Bogenoemde bespreking het aangedui dat die locus standi van die aansoeker, en
geloofsinstellings in besonder, van groot belang is waar lede van ´n geloofsinstelling
of die verening self van die nodige hersieningsremedies gebruik wil maak. Net soos
die locus standi van ´n geloofsinstelling van groot belang is, net so is die vereistes van
uitputting van interne remedies van groot belang alvorens ´n persoon die hof kan
nader om ´n besluit deur ´n geloofsinstelling wat dalk onredelik of onregmatig is of
nie aan die nodige prosesregtelike waarborge voldoen nie, tersyde te stel. Gevolglik
sal die uitputting van interne remedies nou in meer besonderhede bespreek word.
10.3
UITPUTTING VAN INTERNE REMEDIES
Artikel 7(2)(a) van PAJA maak dit duidelik dat geen hof of tribunaal ‘n
administratiewe handeling kan hersien nie, tensy enige interne remedie waarvoor
enige ander reg voorsiening maak, eers uitgeput is nie. Artikel 7(2)(c) bepaal verder
dat ‘n hof of tribunaal, indien dit in belang van geregtigheid geag word, in
buitengewone omstandighede en op aansoek van die betrokke persoon, sodanige
persoon kan vrystel van die verpligting om eers enige interne remedie uit te put.
Buitengewone omstandighede kan insluit mala fides, afwesigheid van geskikte
remedies, vooroordeel, onredelike vertraging of tydsversuim en enige ander
fundamentele onregmatighede soos die afwesigheid van ´n billike verhoor.
Ooreenkomstig die gemenereg is daar geensins ´n konsekwente benadering deur die
howe gevolg ten aansien van die vereistes dat interne remedies eers uitgeput moet
word alvorens die hof genader kan word vir hersiening nie. In verskeie beslissings het
die howe van die standpunt uitgegaan dat interne remedies eers uitgeput moet word
voordat die hof genader kan word17 en in ´n reeks ander beslissings het die hof hierdie
16
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another 1988 (3) SA 958 (BG) 968B-E.
Sien onder andere Shames v SAR & H 1922 AD 228 op 236; Crisp v SA Council of the Amalgamated Eng. Union 1929 AD 225
op 236; Jockey Club of SA v Feldman 1942 AD 340 op 355, 360; Jamile v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D)
847.
17
290
vereiste nie so streng toegepas nie.18 Wat wel vasstaan, is dat by vrywillige
verenigings die vraag of interne remedies eers uitgeput moet word alvorens die hof
genader kan word vir hersiening, aan die hand van die betrokke konstitusie bepaal
moet word. Die hof sal kennis neem van uitdruklike of stilswyende bepalinge wat
bepaal dat interne remedies eers uitgeput moet word.19 Die bepalings van die betrokke
Kerkorde, statuut en konstitusie van ´n geloofsinstelling is dus van groot belang
tesame met die korrekte interpretasie van die betrokke bepalings. In Jamile and
Others v African Congregational Church20 het die betrokke Kerkorde van die kerk
soos volg beslis:
“No minister or member shall institute legal proceedings against the Church or any division
thereof or against the president or any officer thereof in any court of law agreeing as they and
everyone of them hereby do to submit all complaints, grievances and disputes to the
arbitrament of the Umongo subject to confirmation by the annual conference whose decisions
and awards shall be final and binding in all respects.”21
Die hof beslis dat dit duidelik is dat subartikel (3) in sy geheel gelees moet word en
dat ooreenkomstig die konstruksie van die betrokke artikel dit duidelik is dat die
applikant uitdruklik verbied word om die hof te nader vir hersiening alvorens
huishoudelike remedies nie uitgeput is nie.22 Hierdie is egter nie ´n absolute reël nie
en in gepaste omstandighede sal die hof wel ´n hersiening toelaat waar interne
remedies nie eers uitgeput is nie.23 Binne vrywillige verenigings en veral
geloofsinstellings,
behoort
´n
hof
egter
huiwerig
te
wees
om
sy
hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens die vereniging nie eers self die
geleentheid gegun is om sy eie dispuut te bereg nie. Volgens Wiechers24 behoort die
hof slegs in te meng voor die uitputting van interne remedies waar daar ´n bewys van
mala fides is. Dit kan ook die geval wees waar die betrokke vereniging nie ´n gepaste
18
Sien onder andere De Waal v Van der Horst 1918 TPD 277 op 285; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578 op 583; De Vos v Die
Ringskommissie 1952 (2) SA 83 (O) 102; Odendaal v Die Kerkraad van Bfn-Wes 1960 (1) SA 160 (O) 175-178.
19
Sien veral Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A) 503; Golube v Oosthuizen 1955 (3) SA 1 (T) 4.
Sien verder Wiechers Administratiefreg 309; Sadler Die Kerklike Tughandeling 168 en verder.
20
Jamile and Others v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D) 841.
21
Artikel VIII, sub-art. (3).
22
Sien verder Jockey Club of SA v Feldman 1942 AD 340 op 362; Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union
1930 AD 225 op 236; Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O)
557-558.
23
Sien in hierdie verband veral Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A) 502; Theron v Ring van
Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA 1976 (2) SA 1 (A) 27-28; Ndara v Umtata Presbytery, N.G. Kerk in Afrika (Transkei)
1990 (4) SA 22 (Tk) 25–27.
24
Wiechers Administratiefreg 309.
291
remedie het vir onregmatige optrede binne die vereniging nie, en in so ´n geval sal die
hof wel ingryp.25 Artikel 23 van die N.G. Kerkorde26 bepaal byvoorbeeld soos volg:
“23.1 Die besluite van vergaderinge of hulle gevolmagtigde kommissies is bindend, maar
daaroor kan in appèl na ´n meerdere vergadering of die meerdere vergadering se
gevolmagtigde kommissie gegaan word.
23.2 Lidmate, ampsdraers en amptenare van die Nederduitse Gereformeerde Kerk mag hulle
nie tot die burgerlike hof wend in hulle beswaar teen ´n kerkvergadering se besluit(e) nie,
voordat hulle nie éérs die kerklike middele tot hulle beskikking aangewend en uitgeput het
nie.”
Santing-Wubs27 is van mening dat lede van ´n kerkgenootskap verplig is om die
kerklike geskil eers aan die interne regsprekende orgaan voor te lê. Indien ´n geskil
van ´n spoedeisende aard is, kan dit ´n rede vir die hof wees om die saak aan te hoor
sonder dat die interne regsgang uitgeput is, of waar die interne regsgang nie die
nodige prosesregtelike waarborge bevat of die nodige regsbeskerming verleen nie. ´n
Voorbeeld tref ons aan in ´n beslissing van die hof te Lelystad28 waar ´n geskil
ontstaan het rakende ´n arbeidsooreenkoms van ´n predikant met die gemeente. ´n
Interne kerklike prosedure was beskikbaar, maar die appèlprosedure sou eers na ´n
jaar inhoudelik oorweeg kon word. Die regter beslis dat aan die hand van die
beginsels van redelikheid en billikheid, dit onaanvaarbaar sou wees vir die eiser om
eers na ´n jaar die hof te kon nader en gevolglik hoef die eiser nie eers die interne
regsgang te volg nie.
By die instel van ´n regsgeding deur of teen die Metodistekerk van Suid-Afrika, is die
bepalings van veral paragraaf 3.8, 5.9, 5.10 en 5.11 van die “Laws and Discipline”
van belang, soos dit na vore gekom het in die saak van Presiding Bishop, Methodist
25
Sien Motaung v Mukubela, Motaung v Mothiba 1975 (1) SA 618 (O); De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G.
Kerk, Bloemfontein 1952 (2) SA 83 (O); Shadrach v Garment Workers Union of Cape Peninsula 1946 CPD 906; Ballinger v
Hind 1951 (2) SA 8 (W); Main Line Transport v Durban Local Road Transportation Board 1959 (1) SA 632 (D); Wright v
Jockey Club 1945 NPD 356; Bredell v Pienaar 1922 CPD 578; Shanks v Independent Order of Rechabites 1917 WLD 25;
Aarons v Cape Society of Accountants & Auditors 1928 CPD 524; Klemp v Mentz 1949 (2) SA 443 (W); Van Vuuren v Kerkraad
van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 557-558.
26
Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente, Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos
vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007.
27
AH Santing-Wubs Kerken in Geding (2002) 101.
28
Ktr. Lelystad 2 Februarie 2005, JIN 2005/180 (arbeidsooreenkoms predikant Christelijk Gereformeerde Gemeente).
292
Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others.29 Paragraaf 5.11
bepaal soos volg:
“5.11 No legal proceedings shall be instituted by any minister or member of the church, acting
in their personal or official capacity, against the church or any Minister or member thereof
for any matter which in any way arises from or relates to the mission, work, activities or
governance of the church. The mediation and arbitration process and forums prescribed and
provided for by the church for conflict resolution (Appendix 14) must be used by all Ministers
and members of the church. If a matter is referred for arbitration, the finding of the
Arbitrator shall be final and binding on all Ministers and members of the Church.
Notwithstanding anything to the contrary contained in this paragraph, the provisions
thereof do not apply to the Presiding Bishop in conjunction with the Executive Secretary
when acting in their official capacity in the interest of the Church.”
Paragraaf 3.8, 5.9 en 5.10 bepaal onderskeidelik soos volg:
“3.8 No member acting in their personal or official capacity, shall institute legal proceedings
against the church or any minister or member thereof for any matter which in any way arises
from or relates to the mission, work, activities or governance of the church. The process and
forums referred to in paragraph 5.11 must be used.
5.9 All legal proceedings by or against the church shall be instituted in the name of the
Presiding Bishop and the Executive Secretary for the time being or in the name of the
Registrar if such an appointment has been made by the Connexional Executive (para. 5.41)
for and on behalf of the church.
5.10 Acting in their official capacity, no person holding office in the Church, and no
organisation, Society, Circuit or Synod shall institute legal proceedings for the Church, save
as provided for in para. 5.9.”
Chetty R bevestig sy siening soos in die vroeëre saak van Presiding Bishop of the
Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele30 dat bogenoemde
bepalings van die dissiplinêre beleid duidelik en ondubbelsinnig is en die instel van ´n
regsgeding teen die Metodistekerk van Suid-Afrika uitsluit, behalwe soos bepaal in
paragraaf 5.9 van die beleid.31 Hy is verder van mening dat “in ecclesiastical matters,
it was salutary that disputes, as and when they arose, should ideally be resolved
29
Presiding Bishop, Methodist Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others 2008 (6) SA 69 (Tk).
Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer).
Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer)
73H-I.
30
31
293
through internal mechanisms”.32 Die effek van ´n behoorlike interpretasie van
bogenoemde bepalings is dat die hof se jurisdiksie uitgesluit word ten aansien van
“any matter which in any way arises from or relates to the mission, work, activities or
governance of the church”.33 Die hof is van mening dat die respondent eerstens die
dispuut vir arbitrasie moes verwys het en handhaaf die appèl.
In Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei),
and Others34 is ´n predikant van die Umtata-gemeente van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei) tydens ´n dissiplinêre verhoor skuldig
bevind aan ernstige wangedrag met betrekking tot sy pligte as predikant van die
gemeente. Die saak gee ´n duidelike uiteensetting van wanneer die hof ´n hersiening
sal toelaat en afstand sal doen van die vereiste dat interne remedies eers uitgeput moet
word. Die hof se beslissing beklemtoon die feit dat ´n eiser vir die doeleindes van ´n
aansoek vir die hersiening van ´n besluit van ´n dissiplinêre tribunaal, nie verhoed
word om die howe vir hersiening te nader waar die besluit met fundamentele
onreëlmatighede gepaardgegaan het nie. Dit geld selfs waar die eiser nog ´n remedie
tot sy beskikking het wat nog nie uitgeput is nie, soos ´n verdere appèl na ´n
appèltribunaal of sinode, soos in hierdie geval. In Ndara is die applikant nie tydig en
voldoende ingelig van die klagtes teen hom nie. Daar was ook fundamentele
onregmatighede in die appèlverrigtinge deurdat die meriete van die aangeleentheid nie
voldoende oorweeg is nie. Die hof beslis gevolglik dat die besluite tersyde gestel moet
word ten spyte van die feit dat daar ´n verdere remedie van ´n appèl na die sinode van
die kerk beskikbaar was. In Golube v Oosthuizen and Another35 beslis die hof by
monde van De Wet R dat:
“The mere fact that the Legislature has provided an extra-judicial right of review or appeal is
not sufficient to imply an intention that recourse to a Court of law should be barred until the
aggrieved person has exhausted his statutory remedies.”36
Beck HR in Ndara steun hierdie siening van die hof en hy is verder van mening dat so
´n veronderstelling “can seldom, if indeed ever, arise when the aggrieved person’s
very complaint is the illegality or fundamental irregularity of the decision which he
32
Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no. 979/2004 (ongerapporteer) 74A.
Sien par 3.8 van die dissiplinêre beleid.
34
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK).
35
Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T).
36
Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T) 4E-F.
33
294
seeks to challenge”.37 In Grundling v Van Rensburg NO38 beslis die hof dat indien
daar ´n hangende appèl na die kerk se sinode tydens tugverrigtinge is, daar steeds ´n
noodwendige
implikasie
in
die
Kerkorde
moet
wees
om
die
interim
hersieningsbevoegdheid van die howe uit te sluit. Slegs indien so ´n beletsel daarin
gevind kan word, word die toevlug tot die howe in die tussentyd uitgesluit. Dit is selfs
te betwyfel of die hersieningsbevoegdheid van die howe in so ´n geval uitgesluit sal
word indien daar ´n onredelike vertraging of tydsversuim aan die kant van die
besluitnemer is. Dit sou gevolglik kon deurgaan as ‘n aangeleentheid wat gesien kan
word as buitengewone omstandighede, waar die hof in die belang van geregtigheid
sodanige persoon vrystel van die verpligting om eers enige interne remedie uit te put.
In Motaung v Mukubela39 was die applikant ´n lid van die “Ethiopian Church of
South Africa” en aangestel in die amp van ´n distrikspredikant van die kerk in
Kroonstad. Die applikant se pos van distrikspredikant is verlaag na ´n plaaslike
gemeentepredikant en hy is verplaas na Oudtshoorn in die voorgestelde pos. Hy nader
die hof vir ´n hersiening en tersydestelling van die besluit deur die “supreme
conference” om sy pos te verlaag en hom te verplaas. Die dissiplinêre kode van die
kerk word in hoofstuk VI van die kerk se konstitusie uiteengesit. Paragraaf 79 van die
dissplinêre kode bepaal dat:
“No member shall be entitled to take any case arising out of his membership of the Ethiopian
Church to a court of law until he has exhausted all his remedies provided him by the
constitution.”40
Met betrekking tot die kwessie van interne remedies beslis die hof dat die Kerkorde
geen voorsiening maak vir remedies ten aansien van onregmatige optredes aan die
kant van die “judicial committee” nie. Aangesien die applikant nie deur dié betrokke
komitee verhoor is nie, is daar geen appèl beskikbaar na ´n hoër kerklike liggaam of
enige regsmiddele kragtens die Kerkorde aan hom beskikbaar nie. Die hof beslis dat
die applikant in die omstandighede geregtig was om die hof te nader vir geregtelike
hersiening van die betrokke besluit.41 Om te bepaal watter faktore ´n hof in ag moet
neem om te bepaal wanneer interne remedies wel uitgeput moet word, kan die
37
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK) 26E-F.
Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W).
39
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O).
40
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 622C.
41
Motaung v Mukubela and Another, NNO; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 630D-G.
38
295
gemenereg sekere riglyne bevat.42 In Lawson v Cape Town Municipality43 beslis die
hof dat die volgende oorwegings in ag geneem kan word:
“[...] the subject matter of the statute (transport, trading licences, town planning and so on);
the body or person who makes the initial decision and the bases on which it is to be made; the
body or person who exercises appellate jurisdiction; the manner in which that jurisdiction is
to be exercised, including the ambit of any ‘rehearing on appeal’; the powers of the appellate
tribunal, including its power to redress or ‘cure’ wrongs of a reviewable character, and
whether the tribunal, its procedures and powers are suited to redress the particular wrong of
which an applicant complains.”
Bogenoemde riglyne sou dus ook van toepassing wees ten aansien van
geloofsinstellings en die gevolglike vraag of daar in die betrokke geval ´n verpligting
op die aansoeker rus om eers interne remedies uit te put alvorens die hof genader
word vir ´n aansoek vir geregtelik hersiening. Die volgende bespreking sal fokus op
van die belangrikste remedies wat tot ´n persoon se beskikking is wat ´n hof wil nader
vir gepaste regshulp as gevolg van ´n onredelike, onregmatige en prosedureel
onbillike optrede deur ´n geloofsinstelling.
10.4
REMEDIES
10.4.1 Tersydestelling
Daar word algemeen aanvaar dat ten aansien van byvoorbeeld die kerklike
tughandeling, ´n handeling wat ultra vires is, dit wil sê, indien daar ´n
magsoorskryding of ´n aanduiding van mala fides is, die hof die betrokke handeling
tersyde sal stel, wat volgens Sadler beteken dat die handeling as “ab initio” nietig
beskou moet word.44 Ooreenkomstig die gemenereg is dit ook ´n algemene beginsel
dat die hof eerder die saak na die oorspronklike administratiewe orgaan sal
terugverwys as om die besluit te korrigeer, aangesien ´n terugverwysing “is almost
always the prudent and proper course”.45 Dit is so, aangesien die besluitnemer:
42
Burns en Beukes Administrative Law 475.
Lawson v Cape Town Municipality 1982 (4) SA 1 (K) 6-7.
Sadler Die Kerklike Tughandeling 195.
45
Hoexter Administrative Law 489.
43
44
296
“[...] is generally best equipped by the variety of its composition, by experience, and its access
to sources of relevant information and expertise to make the right decision. The court
typically has none of these advantages and is required to recognise its own limitations.”46
Hierdie posisie geld eweneens ten aansien van geloofsinstellings waar dit vir ´n hof
baie moeilik is om besluite te neem oor geloofskwessies of selfs prosedurele kwessies
of interpretasie van ´n Kerkorde, aangesien dit dikwels nou verband hou met die
bepaalde geloofsidentiteit van die betrokke kerk of geloofsinstelling.47 In Smith v Ring
van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere48 is ´n
predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gemeente van Luderitz deur
die Ringskommissie uit sy amp geskors. Die applikant bring ´n hersieningsaansoek op
grond van beweerde onreëlmatighede aan die kant van die kommissie. Die hof bevind
´n onreëlmatigheid aan die kant van die kommissie weens vooroordeel en die besluit
word tersyde gestel.
Soos vroeër aangedui in die bespreking in Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others49 kan die hof beslis dat ´n
besluit tersyde gestel moet word ten spyte van die feit dat daar ´n verdere remedie van
´n appèl na die sinode van die kerk beskikbaar was. Dit is veral gepas waar die
applikant nie tydig en voldoende ingelig is van die klagtes teen hom nie en waar
fundamentele
onregmatighede
in
die
appèlverrigtinge
teenwoordig
was.
Huishoudelike tribunale moet hulle funksies uitoefen in ooreenstemming met die
vereistes soos neergelê in die konstitusie, maar ook in ooreenstemming met die
gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid, regmatigheid en redelikheid. ´n
Skending van enige van hierdie beginsels dien dus as ´n grond vir die tersydestelling
van die administratiewe handeling, en die voorbeelde is menigvuldig soos dit in die
vorige hoofstukke reeds na vore gekom het.
46
Gauteng Gambling Board v Silverstar Development Ltd 2005 (4) SA 67 (HHA) par 29.
Sien verder die bespreking van bevoegdheid en delegasie op p 261 en verder met verwysing na Du Preez en Andere v
Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n
Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA) 263 en verder.
48
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere 1971 (3) SA 353 (SWA).
49
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990 (4) SA 22 (TK). Sien ook
bespreking op p 225 en verder.
47
297
10.4.2 Terugverwysing of die verpligting tot ´n sekere optrede
In Livestock and Meat Industries Control Board v Garda50 beslis die hof dat:
“[...] the Court has a discretion to be exercised judicially upon the consideration of the facts of
each case, and [...] although the matter will be sent back if there is no reason for not
doing so, in essence it is a question of fairness to both sides.”
Ooreenkomstig die gemenereg het die howe oor ´n diskresie beskik om in ´n bepaalde
geval ´n remedie te verleen of om sekere optrede te gelas. In Johannesburg City
Council v Administrator Transvaal51 beslis die hof dat ´n saak gewoonlik nie na die
oorspronklike besluitnemer terugverwys sal word waar die saak reeds vasgestel is en
dit gevolglik ´n vermorsing van tyd sou wees nie. Dit sal ook nie terugverwys word
waar die administratiewe orgaan bevooroordeeld was en dit onbillik sou wees om van
die applikant te verwag om aan dieselfde gesag onderwerp te word nie.52 Weens
praktiese oorwegings kan die hof ook die uitvoering van ´n bepaalde handeling self
gelas of waar die terugverwysing die geaffekteerde persoon nadelig sou raak.53 Dit
geld ook ten aansien van ´n onredelike tydsverloop en waar ´n terugverwysing
“grossly unfair” sou wees.54 Wiechers55 is van mening dat indien daar mala fides aan
die kant van die administratiewe orgaan is, die hof die administratiewe orgaan tot
sekere optrede moet verplig en indien daar dus geen rede is om te verhoed dat die
administratiewe orgaan met mala fides opgetree het nie, sal die saak vir ´n herbesluit
terugverwys word.
Indien ´n onreëlmatigheid teenwoordig is tydens, byvoorbeeld, ´n kerklike ondersoek
en die betrokke vergadering sy diskresie onbehoorlik uitgeoefen het, kan die hof die
besluit tersyde stel en terugverwys sodat die orgaan sy diskresie behoorlik kan
uitoefen. In Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in
Suid-Afrika en Andere56 is ´n beslissing en daaropvolgende besluit van die Algemene
Sinodale Kommissie deur die hof ongeldig verklaar en die vraag het ontstaan of die
aangeleentheid na die Kommissie terugverwys moes word. Die hof was van mening
dat dit bloot oor ´n regsprekende funksie gegaan het eerder as ´n besondere
50
Livestock and Meat Industries Control Board v Garda 1961 (1) SA 342 (A).
Johannesburg City Council v Administrator Transvaal 1969 (2) SA (T) 76D-H.
Wiechers Administratiefreg 337.
53
Sien byvoorbeeld Local Road Transportation Board v Durban City Council 1965 (1) SA 586 (A) 598-599.
54
Dawnlaan Beleggings (Edms) Bpk v Johannesburg Stock Exchange 1983 (3) SA 344 (W) 369H.
55
Wiechers Administratiefreg 338.
56
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A).
51
52
298
diskresionêre funksie. Die hof is van mening dat dit geen doel sou dien om dit na die
Kommissie terug te verwys nie en dat die hof ooreenkomstig die Kerkorde die
beslissing van regskwessies op homself neem.57 Die hof beslis soos volg:
“Hierdie hof het die inherente jurisdiksie om die onreëlmatige verrigtinge van die Sinodale
Kommissie nie alleen ter syde te stel nie maar ook om dit reg te stel [...]”58
Waar die reëls van natuurlike geregtigheid geskend word weens ´n onreëlmatigheid,
voer Sadler59 aan dat die hof die aangeleenthied ook nie sal terugverwys nie,
aangesien hierdie gebreke slegs met ´n “de novo”-ondersoek reggestel kan word. Soos
die hof in Turner v Jockey Club of SA60 beslis:
“Where the decision of an inquiry board is vitiated by a disregard of the fundamental
principles of justice, the matter cannot be corrected by a remittal or by further evidence, or in
any other manner short of a hearing de novo.”
In Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS61
het die kerkraad van die Môrelig Gemeente geweier om sekere klagtes van die
voormalige leraar van die gemeente aan te hoor, en bring hy ´n aansoek vir ´n bevel
om die kerkraad te gelas om die betrokke klagtes aan te hoor. Die hof beslis dat die
kerkraad geen gronde gehad het om nie die klagtes aan te hoor nie en dat hulle die
meriete van die gemelde klagtes moes oorweeg het. Gevolglik gelas die hof die
kerkraad om met die gemelde klagtes te handel ooreenkomstig die voorskrifte van die
Kerkorde. ´n Beslissing kan ook terugverwys word waar die applikant nie voldoen het
aan die vereiste om eers interne remedies uit te put nie en kan gelas word om eers die
remedies uit te put alvorens die hof die saak sal hersien.62
10.4.3 Kompensasie
Geregtelike hersiening, hetsy ooreenkomstig die gemenereg of onder PAJA, is
dikwels nie die gepaste remedie wanneer ´n persoon op skadevergoeding of
kompensasie aanspraak maak as gevolg van ´n administratiewe optrede nie. Daar
word aangevoer dat ´n eis in kontrak of delik dalk ´n meer gepaste remedie as
57
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 31B-E.
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1975 (2) SA (A) 46G.
59
Sadler Die Kerklike Tughandeling 197.
60
Turner v Jockey Club of SA 1974 (3) 633 (A) 655C.
61
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O).
62
Sien vorige gedeelte rakende die uitputting van interne remedies.
58
299
hersiening is wanneer ´n benadeelde persoon finansiële verliese gely het as gevolg
van onregmatige administratiewe optrede.63 Die uitbreiding van kontraktuele
remedies, veral in die veld van staatskontrakte en tenders, is ´n baie belangrike en
relevante debat op die oomblik in die administratiefreg, maar val ongelukkig buite die
bestek van hierdie ondersoek. Artikel 8(1)(c)(ii)(bb) van PAJA maak byvoorbeeld wel
voorsiening daarvoor dat in uitsonderlike gevalle die hof die administrateur of enige
ander party tot die verrigtinge kan gelas om vergoeding te betaal.
In Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape64 het die applikant vir langer as
nege maande gewag vir haar ongeskiktheidstoelae om goedgekeur te word. Volgens
Leach R sou die applikant ooreenkomstig die gemenereg deur middel van ´n
mandamus die administrateur kon verplig om ´n besluit te neem, maar dit vind egter
nie terugwerkend toepassing nie. Hy steun op artikel 38 van die Grondwet wat
daarvoor voorsiening maak dat indien daar aangevoer word dat op ´n reg in die
Handves van Regte inbreuk gemaak is, of dat so ´n inbreukmaking dreig, die hof
gepaste regshulp kan verleen. Hy beslis soos volg:
“Bearing in mind [...] that appropriate relief means that which is ‘specifically fitted or
suitable’, it seems to me that it would be just and equitable for an aggrieved person in the
position of the applicant to be placed in the same position in which she would have been had
her fundamental right to lawful and reasonable administrative action not been unreasonably
delayed, and that relief placing her in such a position would be ‘appropriate’ as envisaged by
the Constitution.”
Gevolglik is die respondente gelas om die applikant ´n bedrag te betaal gelykstaande
aan ´n bedrag indien haar toelae wel na 3 maande goedgekeur sou wees, plus rente.
Dieselfde benadering is deur die hof in Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape
gevolg.65 Gepaste regshulp word verder deur die hof in Fose v Minister of Safety and
Security66 soos volg omskryf:
“It seems to me that there is no reason in principle why ‘appropriate relief’ should not include
an award for damages, where such an award is necessary to protect and enforce chap 3 rights.”
63
Hoexter Administrative Law 503.
Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE).
Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 359 (SE).
66
Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (K) 60.
64
65
300
Ooreenkomstig die bepaling in PAJA, gaan vergoeding gepaard met ´n tersydestelling
van die handeling. Die vraag is wanneer is ´n tersydestelling opsigself nie ´n
voldoende remedie nie, en dit reg en billik is om vergoeding te gelas. In nog ´n saak
wat
gehandel
het
met
´n
onredelike
vertraging
ten
aansien
van
´n
ongeskiktheidstoelaag, Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare,
Eastern Cape,67 beslis die hof dat ´n eis vir kompensasie op die bepalings in PAJA
gegrond moet word en nie op artikel 38 van die Grondwet nie. Die hof verwys ook na
die vorige uitspraak in Mahambehlala68 en voer aan dat die betrokke bepaling in
PAJA, artikel 8(1)(c)(ii)(bb), nie voorsiening maak vir die tipe verligting soos gevra
in Mahambehlala69 nie.70
PAJA bepaal wel dat ´n bevel vir vergoeding slegs in uitsonderlike gevalle gemaak
sal word, maar artikel 6 bepaal ook dat die hof of tribunaal tydens verrigtinge vir
geregtelike hersiening enige bevel kan maak wat reg en billik is. En wát billik is, moet
beoordeel word na gelang van die geval. Gevolglik is dit nie vreemd nie dat
Froneman R in Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape71 die hof se
siening in Jayiya72 verwerp in soverre hy van mening is dat artikel 8 van PAJA enige
bevel wat reg en billik is, veronderstel. Waar ´n bevel vir tersydestelling ´n
onvoldoende remedie is, is ´n addisionele bevel vir vergoeding wel ´n moontlikheid
ooreenkomstig artikel 8(1)(c)(ii)(bb). Die vereiste van “uitsonderlike omstandighede”
plaas wel ´n beperking daarop, maar verseker dat daar nie ´n oorvloed van litigasie sal
wees ten aansien van hierdie remedie nie. Indien dit egter die billikheid van die
verrigtinge sal verseker, kan die opsie nie uitgesluit word nie en is die maatstaf of dit
reg en billik in die omstandighede is. Gevolglik word die siening van Plasket R in
Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape73 gesteun. Hy beslis
soos volg:
“It would be just, equitable and appropriate to order the respondent to rectify the violation by
paying what should never have been withheld and to pay interest on that debt. Such an order,
in my view, would be just, equitable and appropriate because it would provide proper,
67
Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA).
Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE).
69
Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE).
70
Hoexter Administrative Law 506.
71
Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape 2005 (1) SA 141 (SE).
72
Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA).
73
Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of Social Development, Eastern
Cape [2005] 2 All SA 535 (SE).
68
301
adequate, fair, and effective relief to the applicant and it can easily be complied with by the
respondent.”74
Vergoeding sou ook gepas kon wees wanneer ´n persoon se lewensonderhoud
wesenlik aangetas is as gevolg van ´n administratiewe besluit, veral wanneer ´n
skorsing of ontslag ter sprake is. In die Strydom-saak75 is Strydom se diens deur die
gemeente beëindig, nadat dit aan die lig gekom het dat hy in ´n vaste verhouding met
´n man is. Die saak is in die gelykheidshof gebring en was gegrond op diskriminasie
ooreenkomstig die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike
Diskriminasie 4 van 2000. Die hof het beslis dat die gemeente wel teen Strydom
gediskrimineer het weens sy seksuele voorkeur. Hulle moes hom om verskoning vra
en R86 970 vergoeding betaal. Die saak is wel ooreenkomstig die Wet op
Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie gebring en
die remedies vind ook toepassing. Vergoeding sou egter eweneens binne
geloofsinstellings geskik wees, veral wanneer ´n skorsing of ontslag nie noodwendig
´n arbeidsaangeleentheid is nie76 en die reëls van die administratiefreg aanwending
sou vind. Vir ´n predikant of ampsdraer binne ´n bepaalde geloofsinstelling sal die
blote tersydestelling van ´n skorsing of ontslag nie altyd die gepaste remedie wees nie.
Die aard van ´n geloofsinstelling is so dat ´n persoon kwalik weer met integriteit by
dieselfde gemeente wil of kan werk en alternatiewe opsies nie altyd moontlik is nie.
Vergoeding sou in gepaste omstandighede as ´n aanvullende remedie oorweeg kon
word. Soos vroeër egter opgemerk, sou dit dalk meer gepas wees om die
privaatregtelike roete te volg vir ´n eis vir skadevergoeding of kompensasie, eerder as
die administratiefreg.
10.4.4 Interdik
Deur middel van ´n interdik word die administratiewe orgaan gelas om ´n
administratiewe handeling, wat ´n aantasting van die applikant se regte daarstel, te
beeïndig. Die applikant sal die gewone vereistes vir ´n interdik moet bewys, naamlik
dat daar nie ander remedies tot sy beskikking is nie, dat hy ´n duidelike regsbelang het
en dat hy onherstelbare skade sal ly indien die interdik nie toegestaan word nie.77
74
Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of Social Development, Eastern
Cape [2005] 2 All SA 535 (SE) par 41.
75
Sien bespreking in Hoofstuk 5.
76
Sien bespreking in Hoofstuk 7.
77
Wiechers Administratiefreg 301.
302
PAJA bevat verskeie verwysings na remedies wat ´n interdik veronderstel. Artikel
8(1)(a)(ii) gee die administrateur opdrag om op so ‘n wyse op te tree wat die hof of
tribunaal vereis; 8(1)(b) verbied die administrateur om op ‘n sekere wyse op te tree en
8(1)(e) maak voorsiening vir ‘n tydelike interdik of ´n ander tydelike remedie.
In Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic
Society78 het ´n Islamitiese vereniging ´n erf gekoop met die uitsluitlike doel om ´n
moskee daar op te rig.79 Na aanleiding van ´n ooreenkoms tussen die partye is bepaal
dat die moskee nie van ´n klankversterker gebruik sou maak nie. Ten spyte van
hierdie bepaling het die vereniging ´n klankversterker en luidspreker by die moskee
geïnstalleer. Die repondent word deur middel van ´n interdik verbied om hierdie
toerusting te gebruik en word deur die hof gelas om dit te verwyder.
10.4.5 Verklaring van regte
´n Verklaring van regte of verklarende bevel verklaar die regte van die betrokke
partye tot die geskil en sit die regsposisie uiteen. Dit word beskryf as ´n “flexible
remedy which can assist in clarifying legal and constitutional obligations”.80 Dit word
uiteengesit in artikel 8(1)(d) van PAJA wat voorsiening maak vir ´n hof om die regte
van die partye ten opsigte van enige aangeleentheid waarmee die administratiewe
handeling verband hou, te verklaar. Dit is ´n remedie wat uiters gepas is met
betrekking tot geloofsinstellings waar ´n konflik ten aansien van die uitleg of betrokke
regsposisie ooreenkomstig die statuut of konstitusie ontstaan. Theron v Ring van
Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika81 bevestig die posisie en dien as
gesag vir die feit dat ´n burgerlike hof wel die bevoegdheid het om ´n Kerkorde te
vertolk en selfs ooreenkomstig sy vertolking daarvan op te tree. Die howe behoort
egter terughoudendheid te openbaar wanneer ´n belissing gemaak moet word ten
aansien van kerklike gebruike en uitleg. In Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig
Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS82 is ´n aansoek om ´n verklarende bevel
gevra wat die kerkraad gelas om sekere klagtes aan te hoor. De Wet R beslis dat die
78
Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268 (K).
Sien die vroeëre bespreking op p 147 vir ´n volledige bespreking van die Garden Cities-saak.
80
Rail Commuters’ Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH) 107.
81
Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A).
82
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O).
79
303
Grondwet van ´n vrywillige vereniging volgens die gewone beginsels wat op
kontrakte van toepassing is, vertolk moet word.83 Die hof beslis soos volg:
“Aangesien die onderhawige aansoek slegs gaan om die vertolking van sekere van die
kontraktuele bepalings wat op die partye van toepassing is en geensins betrekking het op ´n
geskil aangaande die meriete van ´n beslissing van respondent nie, kan hierdie hof na my
mening regtens uitsluitsel gee aangaande die regshulp wat deur applikant aangevra
word.” 84
In Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur85 moes die
hof ´n betrokke artikel van die Kerkorde interpreteer en uitlê. Die Kerkraad van die
Nederduitse Gereformeerde Gemeente De Deur het ´n besluit geneem om kragtens
artikel 37 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit die
algemene sinodale verband te tree. Artikel 37 het bepaal dat dit die samestellende
kerke vry staan om uit die algemene sinodale verband te tree wanneer hulle so ´n stap
voor God in die lig van sy Woord kan regverdig. Die hof moes die betrokke artikel
interpreter, aangesien daar aangevoer is dat artikel 37 die besluit nie gemagtig het nie,
omdat die gemeente nie een van die samestellende kerke is waarna in die artikel
verwys word nie. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat:
“[…] dit [is] absoluut duidelik dat die ‘samestellende kerke’ wat luidens art 37 uit die
‘algemene sinodale verband’ mag tree dié is wat daartoe toegetree het, naamlik die verskeie
gewestelike kerke soos hierbo vermeld. Plaaslike gemeentes oftewel kerke, is nie
‘samestellende kerke’ binne die bedoeling van die Kerkorde en in besonder, die bedoeling van
art 37 nie.”86
´n Verklaring van regte is ook dikwels deur die hof gebruik ten aansien van
geloofsinstellings om te bepaal of ´n betrokke kerk of geloofsinstelling wel ´n
universitas is en gevolglik oor sekere regte en verpligtinge beskik. In Ex parte
Johannesburg Congregation of the Apostolic Church87 is die hof versoek vir ´n bevel
wat verklaar dat die Johannesburg Congregation of the Apostolic Church ´n
universitas personarum is en gevolglik bevoeg is om eiendom te besit in sy eie naam,
apart van lede van die gemeente. Die hof bevestig die siening dat ´n vereniging nie
deur ´n statuut in die lewe geroep hoef te word of geregistreer hoef te wees om oor
83
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 557G-H.
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O) 558E.
85
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W).
86
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W) 197G-H.
87
Ex parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W).
84
304
regspersoonlikheid te beskik nie. Na ´n interpretasie van die kerk se betrokke reëls, is
die hof van mening dat daar voorsiening gemaak word vir ewigdurende
erfopvolgingsreg en dat daar duidelik ´n bedoeling blyk dat die gemeente eiendom
apart van die lede kan besit. Die hof verklaar soos volg:
“The Johannesburg Congregation of the Apostolic Church is declared to be a universitas
personarum and as such entitled to hold movable and immovable property in its own name
apart from its members.”88
10.6
GEVOLGTREKKING
Uit bogenoemde bespreking het dit geblyk dat die vereistes van locus standi en
uitputting van interne remedies twee belangrike prosedurele aspekte is wat van belang
is wanneer lede van geloofsinstellings of geloofsinstellings self ´n hof wil nader vir
geregtelike hersiening. Wat locus standi betref, is dit duidelik dat veral ooreenkomstig
die gemenereg, die howe nie ´n konsekwente benadering gevolg het ten aansien van
die erkenning van locus standi aan verenigings of aan ´n aansoeker waar ´n direkte
belang nie bewys kon word nie. Die howe is wel bereid om locus standi te verleen
waar die lewe, burgerlike vryhede of fisiese integriteit van die persoon in gedrang is,
sonder dat ´n persoon ´n direkte en voldoende belang by die aangeleentheid het. Oor
die laaste twee dekades toon die howe ook ´n groter bereidwilligheid om locus standi
te verleen teenoor organisasies wat ´n rol in die beskerming van sekere openbare
belange speel. In Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental
Affairs and Tourism of the Republic of South Africa89 huldig Pickering R die mening
dat:
“[…] there is also much to be said for the view that, […] where a statute imposes an
obligation upon the State to take certain measures in order to protect the environment in the
interests of the public, then a body such as the first applicant, with its main object being to
promote environmental conservation in South Africa, should have locus standi at common
law to apply for an order compelling the State to comply with its obligations in terms of such
statute.”
88
Ex parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W) 378A-B.
Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental Affairs and Tourism of the Republic of South Africa 1996 (3)
SA 1095 (TkS) 1105B.
89
305
Hoexter90 is van mening dat die howe stelselmatig besig is om te beweeg in die
rigting van die erkenning van die afdwinging van regte deur verenigings soos wat
daar in artikel 38(e) van die Grondwet voorsiening voor gemaak word. Dit wil egter
tog blyk of die howe, veral soos dit toepassing vind ten aansien van geloofsinstellings
of lede van geloofsinstellings, vereis dat die aansoeker ´n wesenlike belang by die
verrigtinge het alvorens locus standi verleen sal word. Wat die uitputting van interne
remedies betref, is die mening steeds dat ´n hof huiwerig behoort te wees om sy
hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens ´n geloofsinstelling nie eers self die
geleentheid gegun is om sy dispuut te bereg nie. In buitengewone omstandighede kan
´n hof wel afstand doen van die vereiste om eers interne remedies uit te put. Waar ´n
geloofsinstelling dus met mala fides optree, nie voorsiening maak vir geskikte
remedies nie, bevooroordeeld is, onredelike vertraging of tydsversuim veroorsaak of
enige ander fundamentele onregmatigheid begaan, kan afstand gedoen word van die
vereiste om interne remedies uit te put.
Ooreenkomstig die gemenereg het die howe oor ´n diskresie beskik om in ´n bepaalde
geval ´n remedie te verleen of om sekere optrede te gelas. Vanweë die aard van
dispute binne geloofsinstellings vind die gemeenregtelike beginsel steeds toepassing
daarop en sal die hof eerder die saak na die oorspronklike kerklike orgaan
terugverwys as om die besluit self te neem. In uitsonderlike gevalle kan die hof egter
self die besluit neem sonder om dit na die oorspronklike besluitnemer toe terug te
verwys. Dit sal wees wanneer die besluitnemer met mala fides opgetree het, of dit
andersins tot die nadeel van die benadeelde persoon sal wees om dit terug te verwys.
Waar ´n geloofsinstelling inbreuk maak op die beginsels van regverdige
administratiewe optrede, sal die hof in die algemeen die betrokke handeling tersyde
stel. Verskeie ander remedies is ook tot beskikking van ´n persoon wie se regte
nadelig deur die optrede van ´n geloofsinstelling geraak is. So kan ´n interdik of
verklaring van regte aangevra word, of selfs, in baie uitsonderlike gevalle,
kompensasie. Die maatstaf vir die verlening van ´n geskikte remedie blyk egter of dit
reg en billik in die omstandighede is, en sou dus nie uitgesluit kon word indien die
omstandighede en billikheid dit vereis nie.
90
Hoexter Administrative Law 2nd ed 510.
306
HOOFSTUK 11
SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING
Uit Hoofstuk 2 het dit duidelik geblyk dat beide Suid-Afrika en Nederland geen
streng sekulêre karakter toon nie, maar deur die Grondwet en verskeie dokumente
poog om ´n samelewing te skep waarbinne ruimte gegee word aan verskillende
godsdienstige gemeenskappe, wat binne ´n model van pluralistiese samewerking op
gelyke voet deel van die burgerlike samelewing kan wees. Ten spyte van die
verskansing van die reg op godsdiensvryheid in nasionale en internasionale
dokumente, blyk dit egter dat daar ´n sterk tendens is om godsdiensvryheid vanuit ´n
sekulêre standpunt te benader eerder as uit die hoek van gelyke of billike behandeling
soos ´n sisteem van godsdienstige pluralisme dit vereis. Dit kom verder tans na vore
in die debatte in Europa ten aansien van die verbod op die dra van gesigsbedekkings
deur Moslemvroue in die openbaar.
In ´n gemeenskap wat gekarakteriseer word deur sterker sekulêre sienings en ´n
samelewing met ´n groeiende multikulturele karakter, is dit van die uiterste belang vir
geloofsinstellings dat die staat hom nie behoort te bemoei met die organisasie en
interne aangeleenthede van ´n geloofsinstelling nie en die outonomie van
geloofsinstellings behoort te respekteer. In Hoofstuk 3 is bevestig dat kerke en
geloofsinstellings,
sowel
as
die
selfstandige
onderdele
en
organe
van
geloofsinstellings, in die regverkeer as regspersone funksioneer. Dit bring sekere regte
en verpligtinge mee, maar beteken ook dat die staat nie net die individuele
godsdiensvryheid moet respekteer nie, maar veral geloofsinstellings se reg op
kollektiewe godsdiensvryheid moet respekteer, beskerm en verwesenlik. Aangesien ´n
spesifieke organisasie egter eers as ´n geloofsinstelling aangemerk moet word ten
einde te kwalifiseer vir hierdie uitsonderingsposisie en beskerming wat die reg op
godsdiensrvryhied bied, het Hoofstuk 4 gefokus op die belangrike vraag van hoe en
wanneer ´n organisasie as “godsdienstig” aangemerk kan word vir die doeleindes van
bogenoemde beskerming. Daar is aangetoon dat geloofsinstellings eiesoortige
instellings is wat gegrond is op ´n interne verbandsreg. ´n Funksionele benadering is
gevolg deurdat geloofsinstellings aan die hand van sekere eienskappe en kenmerke
beoordeel is. Hierdie eienskappe en kenmerke van ´n bepaalde geloofsinstelling in ´n
bepaalde geval sal bepaal of ´n geloofsinstelling wel kwalifiseer as geloofsinstelling,
307
al dan nie, vir doeleindes van die reg op godsdiensvryheid. Geloofsinstellings
funksioneer egter ook as gemeenskapsorganisasies, as organisasies sonder ´n
winsoogmerk binne die maatskaplike verkeer wat weer eens aan die hand van ´n
funksionele en strukturele definisie geklassifiseer word deur na die bepaalde
struktuur, funksionering en eienskappe van ´n geloofsinstelling te kyk. By
geloofsinstellings as vrywillige verenigings, speel die reg op vryheid van assosiasie,
soos dit in Hoofstuk 5 aan die lig gekom het, ook ´n belangrike rol.
Die interaksie tussen die reg op vryheid van assosiasie en die reg op godsdiensvryheid kom ook ter sprake by die inmenging in interne dispute van godsdienstige
gemeenskappe en beide regte veronderstel “the expectation that [such a] community
will be allowed to function peacefully, free from arbitrary State intervention”.1 Die
reg op godsdiensvryheid gee aan geloofsinstellings die geleentheid, maar ook die
verantwoordelikheid om nie net inhoud te gee aan die reg op godsdiensvryheid nie,
maar ook om hulle eie geloofsidentiteit teologies-kerkregtelik, binne die beperkings
van die Grondwet en die algemene reg, te kan formuleer en te verdedig.
Geloofsinstellings moet dus kan aantoon waarom sekere sekulêre wetgewing of
bepaalde prosedures nie op hulle van toepassing is nie. Dit het duidelik na vore
gekom in die saak van Strydom, en veral wanneer daar ´n konflik ontstaan tussen die
reg op vryheid van assosiasie, die reg op godsdiensvryheid en die reg op gelykheid.
Geloofsinstelling kan dus nie optree soos wat hulle wil nie, maar is geregtig op die
beskerming wat die Grondwet bied, hetsy deur die reg op vryheid van asossiasie of
die reg op godsdiensvryheid.
Soos dit duidelik na vore gekom het in Hoofstuk 6, word ´n benadering voorgestaan
wat ooreenkomstig die leerstuk van nie-inmenging en marginale toetsing die howe
verplig om akkommoderend te wees ten aansien van vraagstukke wat betrekking het
op geloofsinstellings, veral waar dit te doen het met interne aangeleenthede. So ´n
benadering behoort voorsiening te maak vir die reg op outonomie van godsdienstige
organisasies rakende interne aangeleenthede van ´n duidelike godsdienstige aard,
maar kan selfs aktiwiteite van ´n mindere godsdienstige en meer alledaags aard
insluit. In Hoofstuk 7 is dieselfde benadering gevolg ten aansien van
diensverhoudinge. Die reg op godsdiensvryheid laat geloofsinstellings toe om
1
J Murdoch “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of Article 9 of the European
Convention of Human Rights” (2007) Human Rights Handbook No 9 42.
308
kerklike ampte te definieer. Dit geld ook vir die amp van predikant. Indien ´n dispuut
egter ontstaan, rus die onus op die betrokke geloofsinstelling om getuienis aan te bied
wat die hof sal oortuig van hulle siening, tradisie en geloofsidentiteit binne die
kerkgemeenskap in terme waarvan predikante en priesters dalk nie as werknemers
beoordeel behoort te word nie. Gevolglik maak die Grondwet dit ook duidelik dat
enige uitsluitingsvereistes, optrede of kriteria van ´n geloofsinstelling nie summier
toegelaat sal word nie, maar steeds aan die hand van die beperkingsbepaling en die
proporsionaliteitstoets getoets sal word. Die howe behou die reg om hierdie sieninge
en getuienis van geloofsgemeenskappe te toets. In die afwesigheid van sodanige
formulering deur geloofsgemeenskappe, sal die hof inhoud aan die reg op
godsdiensvryheid gee deur middel van hofbeslissings op ´n ad hoc-basis soos die
omstandighede dit vereis. Die hof behou ook die bevoegdheid om te toets of die
bepaalde handeling van die geloofsgemeenskap wel toelaatbaar is en nie ´n
oorskryding van algemene regsbeginsels daarstel nie.
Van Coller R in United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala2 maak die
volgende opmerking:
“I trust that the parties, being church men and women, will try to resolve their differences in
the spirit that the Bible teaches us we should adopt, namely the spirit of brotherly love, and I
think an attempt should be made, by the parties, to solve this problem and not to come to
Court.”
In die praktyk is dit egter dikwels nie moontlik nie, wat veroorsaak dat
geloofsinstellings gereeld betrokke raak in regsdispute en die howe nader vir gepaste
regshulp. Die vraag wat in Hoofstuk 7 beantwoord moes word, is wat presies die
gronde is en wanneer ´n geloofsinstelling die howe kan nader om ´n besluit tersyde te
stel deur middel van ´n hersieningsaansoek. Die bespreking het gefokus op die
beperkte kategorie van administratiefregtelike hersiening in terme waarvan die
uitoefening van ´n private funksie tog ooreenkomstig die gemenereg hersienbaar is op
grond van adminitratiefregtelike beginsels, eerder as die horisontale aanwending van
die Grondwet. Veral binne die konteks van dissiplinêre en tugverhore van
huishoudelike tribunale, soos aangetref by kerke en geloofsinstellings, vind die reëls
van die administratiefreg toepassing, aangesien daar binne hierdie opset van ´n
2
United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O) 1059D-E.
309
geloofsinstelling, ´n interne hiërargie en interne verhoudings gegrond op gesag
teenwoordig is, wat die toepassing van administatiefreg regverdig. Aangesien die reg
op administratiewe geregtigheid, soos vervat in beide artikel 33 van die Grondwet en
PAJA, grotendeels geassosieer word met die funksies van die staat, is aangetoon dat
die hersiening van private funksies eerder gesien word in die lig van die toepassing
van die gemeenregtelike beginsels, as die indirekte toepassing van die Handves deur
middel van artikel 39(2) van die Grondwet. Die bevoegdhede wat deur dissiplinêre
tribunale uitgeoefen word, het dikwels verreikende gevolge en ´n individu het dikwels
geen keuse as om daaraan onderwerp te word nie. Hierdie optredes vereis dus dat die
beginsels van natuurlike geregtigheid toegepas word.
Die gemeenregtelike administratiefregtelike beginsels soos dit uiting vind in die reëls
van natuurlike geregtigheid, is gevolglik van toepassing op die dissiplinêre verrigtinge
binne vrywillige verenigings, insluitende geloofsinstellings, veral ten aansien van die
ongelyke verhoudings, wat in hierdie situasies aangetref word en die analogiese
toepassing van administratiefregtelike beginsels regverdig. Hoofstuk 8 het in meer
besonderhede gekyk na die inhoud en toepassing van die reëls van natuurlike
geregtigheid. Ten aansien van die toepasbaarheid van die reëls van natuurlike
geregtigheid op die prosedures van huishoudelike tribunale, beslis die Australiese
howe reeds in 1874 dat hierdie reëls:
“[are] not confined to the conduct of strictly legal tribunals, but [are] applicable to every
tribunal or body of persons invested with authority to adjudicate upon matters involving civil
consequences to individuals.”3
In die woorde van Botha AR moet die gemeenregtelike beginsels van natuurlike
geregtigheid ook gesien word as ´n elastiese begrip wat steeds vatbaar bly vir
ontwikkeling en uitbreiding, soos die omstandighede dit bepaal en die Grondwet
vereis. Soos MT Steyn R tereg reeds in 1975 opgemerk het in Motaung v Mukubela:4
“Being rules of the common law, this much can safely be said of the principles of natural
justice, viz: that they have been a part of our system of law for a very long time and that they
are capable of further formulation, growth and practical application to meet the needs of a
rapidly developing and expanding society which is continually being subjected to an every
increasing degree of administrative and bureaucratic regulation and control.”
3
4
Wood v Woad (1874) LR 9 Ex 190 op 196.
Motaung v Mukubela and Another, NNO ; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O) 629C-D.
310
As minimum-vereistes, vereis die reëls van natuurlike geregtigheid dat die
besluitnemer wat ´n handeling verrig wat ´n persoon se bestaande regte, vryhede of
regmatige verwagtinge nadelig aantas, so ´n persoon moet inlig van die saak teen hom
of haar en ´n billike geleentheid moet gee om sy of haar kant van die saak te stel,
alvorens die betrokke handeling verrig word. Dit vereis ook dat die besluitnemer vry
moet wees van vooroordeel. Aangesien die vereiste van ´n billike verhoor ´n
buigsame konsep is, is die inhoud daarvan konteks-spesifiek. Die reg op
godsdiensvryheid kan vir geloofsinstellings in bepaalde situasies sekere prosedurele
vereistes stel, of in bepaalde omstandighede vrywaar om van sekere formaliteite af te
wyk. Die bespreking in Hoofstuk 8 het verder aangedui dat hoewel daar
ooreenkomstig die gemenereg geen plig gerus het op besluitnemers om redes te
verskaf nie en daar ook geen absolute reg op regverteenwoordiging was nie, beide
elemente egter belangrike vereistes vir die reg op ´n billike verhoor is. Die reg op
redes is nou vervat as ´n vereiste in artikel 33(2) van die Grondwet, sowel as artikel 5
van PAJA. Dit is ook reeds opgeneem in verskeie kerklike bepalinge van verskeie
kerke.
Ten spyte van sienings ten gunste van die insluiting van die reg op
regsverteenwoordiging as ´n integrale deel van die reg op ´n billike verhoor en as deel
van die reëls van natuurlike geregtigheid, blyk dit egter steeds ´n diskresionêre
vereiste te wees. Geloofsinstellings kan dus steeds besluit of regsverteenwoordiging
toegelaat sal word al dan nie, maar wel aan die hand van die feite en vereistes van
billikheid in die betrokke geval. Uit die voorbeelde het dit egter duidelik geblyk dat
geloofsinstellings hulle bevoegdhede moet uitoefen in ooreenstemming met die reëls
van natuurlike geregtigheid. Dit sluit ook in dat die reël teen vooroordeel deur
geloofsinstellings toegepas moet word. Selfs indien daar geen teken van wesenlike
vooroordeel aanwesig is aan die kant van die besluitnemer nie, maar daar bestaan ´n
vermoede of skyn van vooroordeel, is dit voldoende vir die besluitnemer om homself
van die saak te onttrek.
Aangesien die reg op administratiewe geregtigheid nie slegs prosedurele waarborge
omvat nie, het Hoofstuk 9 gefokus op regmatigheid, sowel as redelikheid, as vereistes
vir regverdige administratiewe optrede. Regmatigheid het ooreenkomstig die
gemenereg neerslag gevind in die ultra vires-leerstuk in terme waarvan ´n
311
geloofsinstelling sy bevoegdhede moet uitoefen ooreenkomstig die bepalings van die
betrokke statuut, konstitusie of kerklike bepalinge. Met verwysing na voorbeelde is
aangedui dat verskeie optredes deur geloofsinstellings aanleiding kan gee tot
onregmatige optredes wat gevolglik tersyde gestel kan word. Hierde optredes is dan
ook vervat as afsonderlike gronde van hersiening in artikel 6 van PAJA. Van hierdie
gronde hou in dat ´n besluit tersyde gestel kan word indien ´n geloofsinstelling buite
sy bevoegdheid opgetree het, ´n bevoegdheid onregmatig gedelegeer het, nie sy
diskresie behoorlik uitgeoefen het nie, daar ´n feite- of regsdwaling aan die kant van
die besluitnemer was of ´n besluit gewoon mala fide geneem is. Administratiewe
optrede wat irrasioneel en onredelik is, kan ook ter syde gestel word. Ooreenkomstig
die gemenereg is redelikheid nie as ´n aparte regverdigingsgrond erken en toegepas
nie. Redelikheid word nou as aparte hersieningsgrond erken in terme waarvan ´n
besluit tersyde gestel kan word, ook ten aansien van besluite deur geloofsinstellings.
Tersydestelling is egter nie die enigste remedie beskikbaar vir persone wat benadeel is
deur onregmatige optredes deur geloofsinstellings nie. Die howe is egter steeds
huiwerig om sy hersieningsbevoegdheid uit te oefen alvorens ´n saak nie eers deur die
betrokke geloofsinstellings aangehoor is nie en waar die betrokke persoon nie ´n
genoegsame belang in die vorm van locus standi ten aansien van die geding kan
aantoon nie. In geval van mala fides, afwesigheid van geskikte remedies, vooroordeel,
onredelike vertraging of tydsversuim en enige ander fundamentele onregmatighede
soos die afwesigheid van ´n billike verhoor, sal die hof afstand doen van die vereiste
om eers interne remedies uit te put. ´n Onregmatige optrede deur ´n geloofsinstelling
sal gewoonlik tersyde gestel word. Indien die omstandighede dit vereis, kan ander
remedies ook gepas wees, soos byvoorbeeld, ´n interdik, verklaring van regte, ´n
terugverwysing of aanwysing of selfs kompensasie. Die maatstaf vir die verleen van
´n geskikte remedie bly egter steeds of dit reg en billik is in die omstandighede.
Kerke en geloofsinstellings het gevolglik ´n plig om hulle Kerkordes, reglemente en
konstitusies in die lig van die vereistes van die Grondwet en die Handves van Regte te
evalueer. Dit hoef egter geensins gepaard te gaan met die inboeting of beperking van
die bepaalde instelling se geloofsidentiteit nie, maar geloofsinstellings behoort ´n
duidelike kennis en formulering van hulle eie geloofsaard en identiteit te hê. ´n
312
Verslag van die Mensregtekommissie5 bevat verskeie riglyne vir wanneer
geloofsinstellings hulle bestaande Kerkordes of konstitusies wil evalueer. So behoort
´n bepaalde geloofsinstelling seker te maak van die bepaalde godsdienstige, of ander
regte, wat hulle wil beskerm en moet hierdie regte duidelik omskryf en geïdentifiseer
word. Vir ´n geloofsinstelling kan dit byvoorbeeld ´n bepaalde lidmaatskapsvereiste
insluit, wat op die oog af blyk te diskrimeer op grond van geslag of seksuele
orïentasie, diensverhoudinge, en so meer. Die grondwetlike reg wat beperk word,
moet eweneens duidelik omskryf en geïdentifiseer word.
Van die elemente wat in hierdie proses ´n rol kan speel, sluit onder andere in dat
alternatiewe maniere om dieselfde doel te bereik, ondersoek en oorweeg moet word
sonder dat daar ´n onbillike beperking van regte is. Geloofsinstellings moet redes kan
aanvoer indien alternatiewe metodes nie gebruik word nie en aandui dat redelike
stappe geneem is om die nadeel verbonde aan die beperking te beperk.
Geloofsinstellings moet dus bepaal of die bepaalde assosiatiewe reg binne die riglyne
van die bepaalde reg soos vervat in die Grondwet val, of so ´n beperking inbreuk
maak op enige ander bepaling in die Handves van Regte en indien wel, of dit redelik
en regverdigbaar is in die lig van die vereistes soos neergelê in artikel 36 van die
Grondwet.6
In die administratiefreg word dit algemeen aanvaar dat die uitoefening van sekere
bevoegdhede of selfs ´n skorsing ´n ernstige impak op en gevolge vir die benadeelde
persoon se reputasie kan inhou en dat so ´n besluit voorafgegaan moet word deur ´n
verhoor.7 Reeds so vroeg soos 1864 in Kotze v Murray8 beslis die hof dat ´n skorsing
van ´n predikant sy status in die gemeenskap en sy karakter nadelig kan beïnvloed en
in die afwesigheid van ´n verhoor, die skorsing tersyde kan stel. In die onlangse saak
van De Boer, waar ´n predikant deur die klassis van die Christelijke Gereformeerde
Kerk van Zeewolde geskors is, het die hof die toepassing van basiese beginsels van
prosesreg weer eens beklemtoon:
“De toepassing van het kerklijk recht heeft ander doelstellingen dan het wereldlijk recht. Dat
neemt echter niet weg dat bij de toepassing van het kerklijk recht elementaire beginselen van
5
Verslag van die Menseregtekommissie, 2006 Report: “Public Inquiry Exclusionary Policies of Voluntary Associations:
Constitutional Considerations. South African Human Rights Commission” 31 en verder, beskikbaar by www.sahrc.org.za.
6
Sien verder P Coertzen “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” 2006 NGTT 369.
7
Sien DM Pretorius “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” (2002) 119 SALJ 377 vn 23.
8
Kotzé v Murray (1864) 5 Searle 39.
313
een goede rechtsgang gewaarborg horen te zijn, zoals zorgvuldigheid, het beginsel van hoor
en wederhoor enzovoort.”9
Lede van bepaalde geloofsinstellings het die bevoegdheid om organisasies te stig en
hulself te organiseer as uiting van hulle geloof. Geloofsintellings het eweneens die reg
om te besluit oor die interne struktuur van die organisasie en om self bepaalde
gedragsreëls, regulasies en prosedures neer te lê vir die uitoefening van gesag en
interne orde binne die organisasie, ooreenkomstig die bepaalde geloofsidentiteit van
die geloofsinstelling. Dit gee egter nie aan geloofsinstellings ´n blanko tjek om op te
tree soos wat hulle wil nie. Geloofsinstellings moet hulle Kerkordes, konstitusies en
ander bepalinge evalueer en bepaal of daar moontlik sprake kan wees van
diskriminasie of differensiasie in enige van die geloofsinstelling se aanstellings-,
lidmaatskaps, indiensnemings, tug- of enige ander prosedures of bepalinge.
Geloofsinstellings se tugprosedures en dissiplinêre kodes moet ook voorsiening maak
vir die nodige prosesregtelike waarborge wat voldoen aan die vereiste vir ´n billike
verhoor.
Geloofsinstellings moet seker maak dat indien daar wel betrokke diskriminerende
bepalinge is of prosedures onbillik blyk te wees, dat aangetoon kan word dat dit wel
regverdigbaar is aan die hand van die bepaalde legitieme geloofsidentiteit van die
betrokke geloofsinstelling en ooreenkomstig die reg op godsdiensvryheid. Hoewel dit
dus kan beteken dat die geloofsinstelling wel bepaalde beperkende reëls en regulasies
kan hê ten aansien van bogenoemde prosedures en bepalinge, geld dit nie onbeperk
nie en sal ´n beperking altyd getoets word aan die hand van die beperkingsbepaling in
artikel 36 van die Grondwet gegewe die vereistes vir ´n oop en demokratiese
samelewing. Soos Woolman10 tereg opmerk:
“Only in circumstances of obvious coercion, and where parties concerned have little
opportunity to articulate their voice through exit, should the state show a willingness to
intercede.”
9
“Uitspraak in Zaak Zeewolde Positief” Reformatorisch Dagblad (21 Januarie 2010) beskikbaar by
http://www.refdag.nl/m/a/43/1457923. 25 Februarie 2010.
10
S Woolman “Freedom of Association” in Chaskalson et al (eds) Constitutional Law of South Africa (2003) 44-20.
314
BIBLIOGRAFIE
A
AHDAR RJ
2001. “Religious Group Autonomy, Gay Ordination, and Human Rights Law” in R
O’Dair en A Lewis (eds) “Law and Religion” 4 Current Legal Issues 279.
ALLEN T
1998. “Procedural Fairness and the Duty of Respect” 18 O.J.L.S 497.
ANON
19 August 2000. “Rules for Party Organisations” Brisbane Courier Mail.
ANON
2001. Would the Burqa Ban Stand up at the European Court? Beskikbaar by
http://www.defence.pk/forums/world-affairs/103681-would-burqa-ban-stand-up-europeancourt.html. 15 Oktober 2011.
ANON
29 Augustus 2008. “Court’s Gay Ruling upsets Christian bodies” Mail and Guardian
Online.
Beskikbaar
by
http://mg.co.za/article/2008-08-29-courts-gasy-ruling-upsets-
christian-bodies. 5 September 2008.
ANON
21 Mei 2010. “Hof toe oor Welsyn” Kerkbode 1.
ANON
20 Augustus 2010. “Welsyn Juig oor Uitspraak” Kerkbode 1.
ASSER-VAN DER GRINTEN-MAEIJER
1997. “Mr. C. Asser’s Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk
Recht Deel 2-II Rechtspersonenrecht” De Rechtspersoon 8ste uitg. WEJ Tjeenk Willink,
Deventer.
B
BAGNI B
1979.
“Discrimination
in
the
Name
of
the
Lord:
A
Discrimination by Religious Organizations” 79 Colum. L Rev 1514.
315
Critical
Evaluation
of
BAILY SH, JONES B & MOWBRAY AR
1997. Cases and Materials on Administrative Law. Sweet & Maxwell, London.
BAKKER W
1992. “Wat is Kerkrecht?” in W van ‘t Spijker en LC van Drimmelen Inleiding tot de
Studie van het Kerkrecht. Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen.
BAMFORD B
1982. The Law of Partnership and Voluntary Association in South Africa 3rd ed. Juta, Cape
Town.
BARKHUYZEN T
2004. “Politieke Participatie van Discriminerende Partijen: Ondersteunen, Gedogen of
Bestrijden?” 29 Tijdschrift voor de Mensenrechten (NJCM) 887.
BARRIE GN
1996. “Right to Representation in Domestic Tribunals” 2 TSAR 390.
BARRIE GN
2000. “The Giving of Reasons for Administrative Decisions in English and United
States Law” TSAR 595.
BARRIE GN
2005. “Judicial Review and Religious Freedom in South Africa” TSAR 162.
BARRIE GN
1993. “Judicial Review of Disciplinary Action of Ecclesiastical Body” TSAR 339.
BAXTER L
1984. Administrative Law. Juta, Cape Town.
BENSON I
2007. “The Freedom of Conscience and Religion in Canada: Challenges and
Opportunities” 21 Emory International LR 148.
BILCHITZ D
Januarie 2011. “Should Religious Associations be Allowed to Discriminate?” Lesing
gelewer by die SLTSA (Society of Law Teachers of South Africa) Kongres, Stellenbosch,
ongepubliseerde artikel 15.
316
BORST P
1962. “Enige beschouwingen over Marginale Toetsing in Publiek- en Privaatrecht”
4736 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 390.
BOULE LJ
1993. “ADR Application in Administrative Law” Acta Juridica 138.
BOUWMAN H
1934. Gereformeerd Kerkrecht. Het Recht der Kerken in de Practijk Deel II. Kampen,
Nederland.
BRADY K
2004. “Religious Organizations and Free Exercise: The Surprising Lessons of Smith” BYU L.
Rev 1635.
BRENNAN G
1986. “The Purpose and Scope of Judicial Review” 2 Aust Bar Rev 93.
BURNS Y
1998. Administrative Law under the 1996 Constitution. Butterworths, Durban.
BURNS Y & BEUKES M
2006. Administrative Law under the 1996 Constitution 3rd ed. LexisNexis Butterworths,
Durban.
BURNS YM
2002. “Do Principles of Administrative Justice Apply to the Actions of Domestic Bodies and
Voluntary Associations such as the South African Rugby Football Union and the United
Cricket Board” SAPR/PL 372.
BUSSTRA M & VRIELINK J
2006. “Geen Vrouwen, Geen Geld” Tijdschrift voor Mensenrechten 7.
C
CHEADLE H & DAVIS D
1997. “The Application of the 1996 Constitution in the Private Sphere” 13 SAJHR 44.
CHEADLE H & DAVIS D
2002. South African Constitutional Law: The Bill of Rights. Butterworths, Durban.
317
CHIRAC J
2003. Over de Scheiding van Kerk en Staat. Rede uitgespreek op 17 Desember 2003,
beskikbaar by http://www.liberales.be/essays/chirac
CHOPER JH
1982. “Defining ‘Religion’ in the First Amendment” U. ILL. L. Rev 579.
CLAVAREAU PJA
1947. Eenige Hulpovereenkomste. Universitaire pers, Leiden.
COCKRELL A
1993. “Can You Paradigm? – Another Perspective on the Public Law/Private Law
Divide” Acta Juridica 227.
COCKRELL A
2009. “Private Law and the Bill of Rights: A Threshold issue of ‘Horizontality’” 25 Bill of
Rights Compendium Service Issue par 3A2.
COERTZEN P
1999. “Predikante-kontrake – G´n Fout nie” 162(12) Die Kerkbode 6.
COERTZEN P
2001. “The Position of Churches in South Africa under a New Constitution” in Warnink H
Legal Position of Churches and Church Autonomy 35-53. Uitgeverij Peeters, Leuven.
COERTZEN P
2006. “Kerke en Transformasie in Suid-Afrika” NGTT 369.
COERTZEN P
2008. “Grappling with Religious Differences in South Africa: A Draft for a Charter of
Religious Rights” BYU L. Rev. 779.
COLLINS ENGLISH DICTIONARY
1991, 1994, 1998, 2000, 2003 “Collins English Dictionary – Complete and Unabridged”
HarperCollins Publishers, beskikbaar by http://www.thefreedictionary.com/ascriptive.
COLTON P
2007. “Religious Entities as Legal Persons – Ireland” in Friedner L Churches and
other Religious Organisations as Legal Persons 125-138. Uitgeverij Peeters, Leuven.
318
CRAIG PP
1994. “The Common Law, Reasons and Administrative Justice” CLJ 282.
CRAIG PP
1998. “Ultra Vires and the Foundations of Judicial Review” 57 Cambridge Law Journal 63.
CRAIG PP
1999. “Competing Models of Judicial Review” Public Law 428.
CRAIG PP
2003. Administrative Law 5th ed. Thomson Sweet & Maxwell, London.
CRANMER F
2010. “Clergy Employment, Judicial Review and the Free Prebyterian Church of
Scotland” Ecclesiastical Law Journal 355.
CSO
2007. Die Christelike Seemansorganisasie. Beskikbaar by http://www.cso.co.za/info.asp.
CURRIE I & DE WAAL J
2001. The New Constitutional & Administrative Law Volume One Constitutional Law. Juta,
Cape Town
CURRIE I & DE WAAL J
2005. The Bill of Rights Handbook 5th ed. Juta, Cape Town.
CURRIE I & J KLAAREN
2001. The Promotion of Administrative Justice Act Benchbook. SyberInk, South Africa.
D
D` OLIVEIRA JA V S
1976. “Diskresie, Regsdwaling en die Hersieningshof” 39 THRHR 211.
DAVEL CJ & JORDAAN RA
1994. Personereg. Juta, Kaapstad.
319
DE BRUIJN J
2004. “Kerk en Staat – Historisch. De Verhouding tussen Kerk en Staat in Nederland
(1579-2003)” in LC van Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht 49-67.
Uitgeverij LEMMA, Utrecht.
DE BRUIJN J
1998. “Van Pieter ‘t Hoen tot Joop van den Ende. Tweehonderd Jaar Publieke Moraal in
Nederland” in J de Bruijn (red) Geen Heersende Kerk, Geen Heersende Staat. De
Verhouding tussen Kerken en Staat 1796 – 1996 97 – 115. Meinema, Zoetermeer.
DE SMITH S, WOOLF H & JOWELL J
1995. Judicial Review of Administrative Action 5th ed. Sweet and Maxwell, London.
DE VILLE JR
1993. “Die Legaliteitsbeginsel in die Staats- en Administratiefreg onder ´n Nuwe
Grondwetlike Bedeling - ´n Vergelykende Toekomsperspektief” SA Publiekreg 69.
DE VILLE JR
2006. Judicial Review of Administrative Action in South Africa. LexisNexis Butterwoths,
Durban.
DE VOS P
3
September
2008.
“On Freedom of Religion and
the
Gay Music
Teacher”
Constitutionally Speaking Blog 3.
Beskikbaar by http://constitutionallyspeaking.co.za/?p=655. 4 September 2008.
DE WAAL J, CURRIE I & ERASMUS G
1998. The Bill of Rights Handbook. Juta, Cape Town.
DE WET E
1995. “Indirect Drittwirkung and the Application Clause” SAJHR 610.
DEVENISH G
1995. “Freedom of Religion, Belief and Opinion” Obiter 15.
DINGEMANS GDJ
1992. “Kerkorde als Ecclesiologische Vormgeving” in W Van ‘t Spijker en LC van
Drimmelen
(red)
Inleiding
tot
de
Studie
Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen.
320
van
het
Kerkrecht
215-228.
DIJK PL & VAN DER PLOEG TJ
2002. Van Vereniging en Stichting, Coöperatie en Onderlinge Waarborgmaatschappij.
Verwerk deur CHC Overes, TJ van der Ploeg, CA Schwarz en WJM van Veen, Deventer.
DÖLLE AHM
2002. “De verhouding tussen Kerk en Staat in het Koninkrijk der Nederlanden”Tijdschrift
voor Bestuurswetenschappen & Publiekrecht (TBP) 685.
DOMMERING EJ
1983. Preadvies NJV. Zwolle.
DU PLESSIS LM
2001. “Current Problems Concerning Church and State Relationships and Religious
Freedom in South Africa. The Viewpoint of a Constitutional Lawyer” in H Warnink
(red) Legal Position of Churches and Church Autonomy 13-33. Uitgeverij Peeters,
Leuven.
DU PLESSIS LM
2002. “Grondwetlike Beskerming vir Godsdiensregte as Groepregte in Suid-Afrika” 43
NGTT 216.
DURHAM C
1996. “Perspectives on Religious Liberty: A Comparative Framework” in J Van der
Vyver & J Witte (ed) Religious Human Rights in Global Perspective 12-25. Kluwer Law
International, The Netherlands.
DUYNSTEE WJAJ
1935. Het Rechtskarakter en de Vertegenwoordiging van Kerkgenootschappen en
Kerklijke Instellingen, Preadvies. WJAJ Duynstee en C Punt, ‘s-Gravenhage.
E
ELLIOTT M
2011. “Has the Common Law Duty to Give Reasons Come of Age Yet?” Public Law 56.
ESBECK C
1984. “Establishment Clause Limits on Governmental Interference with Religious
Organizations” 41 Wash & Lee L. Rev. 347.
321
ESBECK C
1998. “The Establishment Clause as a Structural Restraint on Governmental Power” 84
Iowa L. Rev 1.
ESBECK C
1999.
“Myths,
Miscues,
and
Misconceptions:
No-Aid
Separationism
and
the
Establishment Clause” 13 Notre Dame J.L Ethics & Pub. Pol’y 285.
EUROPEAN CONVENTION
1 Nov 1998. European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental
Freedoms, as amended by Protocol 11.
F
FORBES JRS
2010. Justice in Tribunals 3rd ed. The Federation Press, Australia.
FORSYTH C (ED)
2000. Judicial Review and the Constitution. Hart Publishing, Oxford.
FRIEDNER R
2007. “Religious Entities as Legal Persons – Sweden” in L Friedner Churches and
other Religious Organisations as Legal Persons 217-221. Uitgeverij Peeters, Leuven.
G
GERBER JJ & DU TOIT BJ
14 Augustus 2007. Dokument voorgelê aan die Parlement, getiteld “Presentation of the
Dutch Reformed Church regarding the Dutch Reformed Churches Union Repeal Bill”.
GLENN C
2000. The Ambigious Embrace: Government and Faith-based Schools and Social
Agendas. Princeton University Press, Princeton.
GOOLAM NMI
1999. “Time for the Bell to Toll on the Tolling of Bells?” 62 THRHR 641.
322
H
HASSON K
2003. “Religious Liberty and Human Dignity: A Tale of Two Declarations” 27 Harvard
Journal of Law & Public Policy 81.
HENDERSON AJH
1998. “The Curative Powers of the Constitution: Constitutionality and the New Ultra
Vires Doctrine in the Justification and Explanation of the Judicial Review of
Administrative Action” 115 SALJ 346.
HIEMSTRA JL
2005. “Church, State and the Kingdom of God, an Overview” 2 REC Focus 3-28.
HILL M
2001. “Judicial Approaches to Religious Disputes” in R O’Dair en A Lewis (ed) Law and
Religion 409. Oxford University Press, Oxford.
HOEXTER C
2000. “The Future of Judicial Review in South African Administrative Law” 117 SALJ 484.
HOEXTER C
2002. The New Constitutional & Administrative Law II. Juta Law, Landsdowne.
HOEXTER C
2004. “Contracts in Administrative Law: Life after Formalism?” 121 SALJ 595.
HOEXTER C
2004. “The Principle of Legality in South African Administrative” 4 Law Macquarie Law
Journal 165.
HOEXTER C
2007. Administrative Law in South Africa. Juta, Cape Town.
HOEXTER C
2008. “Clearing the Intersection? Administrative Law and Labour Law in the
Constitutional Court” Constitutional Court Review 210.
HOEXTER C
2012. Administrative Law in South Africa 2nd ed. Juta, Cape Town.
323
HUIZINK JB
2005. De Groene Serie Privaatrecht, Rechtspersonen, Boek 2 BW, Titel 1 Algemene
Bepalingen, Artikel 2 (bygewerk tot en met 1 Mei 2005). Kluwer, Deventer.
HUNT M
1997. “The Province of Administrative Law” in Michael Taggart (ed) Constitutionalism and
the Contractualisation of Government in the United Kingdom 32. Hart Publishing, Oxford.
I
IN ORDE
1999. Handleiding bij de Kerkelijke Rechtspraak van de Gereformeerde Gemeente.
Houten.
J
JACKSON N
9 September 2008. “Ekskuus…maar Homoseksualiteit bly Sonde” Beeld. Beskikbaar by
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2390915,00.html.
JEAVONS TH
2003. “The Vitality and Independence of Religious Organizations” Society 27.
JOOSTE JP
1958.
Die
Geskiedenis
van
die
Gereformeerde
Kerk
in
Suid-Afrika.
Sinode
Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Potchefstroom.
JOWELL J
1999. “Of Vires and Vacuums: The Constitutional Context of Judicial Review” Public Law
448.
JOWELL, J
2006. “Parliamentary Sovereignty Under the New Constitutional Hyphothesis” Public Law
562.
324
K
KIRBY M
1994. “Reasons for Judgment: ‘Always Permissible, Usually Desirable and Often
Obligatory’” 12 Aust Bar Rev 121.
KITTO F
1992. “Why Write Judgements?” 66 ALJ 787.
KOFFEMAN LJ
2003. “Rechtsbecherming in Protestants Nederland” in R Torfs, LJ Martens & K
Koffeman Canon Law Monograph Series Deel 3 Recht op Recht in de Kerk 108.
Uitgeverij Peeters, Leuven.
KOFFEMAN LJ
2003. “Rechtsbescherming in de Kerken van de Gereformeerde Traditie in Nederland” in R
Torfs, LJ Martens & K Koffeman Canon Law Monograph Series Deel 3 Recht op Recht in
de Kerk 103. Uitgeverij Peeters, Leuven.
KOOPMANS T
1962. De Begrippen Werkman, Arbeider en Werknemer. Alphen, Nederland.
KOOPMANS T
2003. Courts and Political Institutions. A Comparative View. Cambridge University
Press, Cambridge.
L
LABUSCHAGNE BC
1994.
Godsdienstvrijheid
en
Niet-gevestigde
Religies.
Een
Grondrechtelijk-
Rechtsfilosofische Studie naar de Betekenis en Grenzen van Religieuze Tolerantie.
Wolters-Noordhoff, Groningen.
LABUSCHAGNE JMT
1997. “Die Begrip “godsdiens” in Godsdiensvryheid: ´n Bewussynsantropologiese
Ekskursie na die Evolusiekern van die Reg” De Jure 118.
LAYCOCK D
1981. “Towards a General Theory of the Religion Clauses: The Case of Church Labor
Relations and the Right to Church Autonomy” 81 Colum. L. Rev. 1373.
325
LE SEUR A
1999. “Legal Duties to Give Reasons” 52 C.L.P 150.
LEGAL RESOURCES CENTRE (LRC)
“´n Gids tot die Wet op Organisasies sonder ´n Winsoogmerk 71 van 1997” Inligtingserie
Nr. 2.
LEHNHOF L
2002. “Freedom of Religious Association: The Right of Religious Organizations to
obtain Legal Entity Status under the European Convention” BYU L.Rev 581.
LEMMENS P
1991. “De Kerklijke Overheid in de Greep van de Wereldlijke Rechter” in H Warnink
(red) Rechtsbescherming in de Kerk 80. Uitgeverij Peeters, Leuven.
LENTA P
2009.
“Taking
Diversity
Seriously:
Religious
Associations
and
Work-Related
Discrimination” 126 SALJ 832.
LOENEN T
2006. Geloof in Geding. Juridische Grenzen van Religieus Pluralisme in het Perspectief van
de Mensenrechten. SDU, ’s-Gravenhage.
LOURENS J & M FRANTZEN
1994. “The South African Bill of Rights: Public, Private or Both: a Viewpoint on its
Sphere of Application” CILSA 340.
LUPU I & R TUTTLE
2002. “The Distinctive Place of Religious Entities in our Constitutional Order” 47
Vill.L Rev 37.
LUPU IC & R TUTTLE
2002.
“Giannella
Lecture:
The
Distinctive
Place
of
Religious
Constitutional Order” 47 Vill. L. Rev. 37.
M
MAEIJER JMM
1986. Rechtspersonen, Godsdienst en Levensoortuiging. Amsterdam.
326
Entities
in
our
MALAN M
29 Mei 2005. “N.G. Kerk en Gaum dalk Hof toe” Rapport 1.
MALHERBE R
2002. “Constitutionality of Government Policy Relating to the Conduct of Religious
Observances in Public Schools” TSAR 401.
MALHERBE R
2006.
“Enkele
Kwelvrae
oor
die
Grondwetlike
Beskerming
van
die
Reg
op
Godsdiensvryheid” NGTT 180.
MALHERBE R
2008. “Die Impak van die Grondwet op Godsdiens – ´n Voorlopige Waarneming” 49 NGTT
263.
MARSHALL P
1991. “Overview of Christ and Culture” in RE van der Vennen (ed) Church and Canadian
Culture 1-10. University Press of America, New York.
MCCONNEL M
1985. “Accommodation of Religion” Sup. Ct. Rev.1.
MCCONNEL M
1986. “Neutrality Under the Religion Clauses” 81 Nw. U.L.Rev 146.
MEIJERS APH
1994.“Scheiding van Kerk en Staat” in APH Meijers Op het Snijvlak van Civiel en Canoniek
Recht. WEJ Tjeenk Willink, Zwolle.
MENSEREGTEKOMMISSIE
2006. Verslag van die Mensregtekommissie: “Public Inquiry Exclusionary Policies of
Voluntary Associations: Constitutional Considerations. South African Human Rights
Commission 32. Beskikbaar by www.sahrc.org.za.
MINOW M
2000. “Partners not Rivals? Redrawing the Lines between Public and Private, Nonprofit and Profit, and Secular and Religious” 80 B.U.L.Rev 1081.
327
MOUISSIE
21 Januarie 2010. “Debat over Predikant als Werknemer ligt open” Nederlands Dagblad
Beskikbaar by
http://wwwnd.nl/artikelen/2010/januari/21/debat-over-predikant-als-werknemer-ligt-open.
MURDOCH J
2007. “Freedom of Thought, Conscience and Religion. A Guide to the Implementation of
Article 9 of the European Convention of Human Rights” Human Rights Handbook No. 9.
MUREINIK E
1985. “Natural Justice for Students: The Case of the Undisciplined Contract” 1 SAJHR 48.
N
N.G. KERK
Junie 2007. Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met Reglemente,
Kerkordelike Riglyne en Funksionele Besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in
Junie 2007.
N.G. KERK
2010. Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge.
O
O’BRIEN GELDENHUYS FE
1951. Die Regsposisie van Kerkraad, Ring en Sinode onder die Gereformeerde Stelsel van
Kerkregering soos toegepas in die Gefedereerde Ned Geref Kerke in Suid-Afrika. Van Schaik,
Pretoria.
OLDENHUIS FT
1977. Rechtsvinding van de Burgerlijke Rechter in Kerklijke Conflicten. Groningen.
OLDENHUIS FT
1979. “De Positie van de 'Kerkelijke Stichting' onder het Nieuwe Tweede Boek van het BW”
5486 Weekblad voor Privaatrecht, Notariaat en Registratie (WPNR) 457.
OLDENHUIS FT
2004. “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Kerklijke Conflicten’ in LC Van
Drimmelen en TJ Van der Ploeg (red) Kerk en Recht. Uitgeverij LEMMA BV, Utrecht.
328
OLDENHUIS FT, BROUWER JG, WEGERIF DNR & KEIJZER FE
2007. Schurende Relaties tussen Recht en Religie. Instituut voor Integratie en Sociale
Weerbaarheid Rijksuniversiteit, Groningen.
OVERBEEKE AJ
2006. “Willem I’s rentree te Brussel. 175 Jaar Scheiding België-Nederland en de
Verhoudingen tussen Kerk en Staat” Nederlands Tijdschrift voor Rechtsfilosofie &
Rechtstheorie (R&R) 55.
P
PANNICK D
1992. “Who is the Subject of Judicial Review and in Respect of What?” Public Law 1.
PEL P
1991. “De Rechtspositie van De Predikant” in Rechtspositie en Traktement van De Predikant
uitgave van het GMV 35.
PEL PT
2010. “Het Kerkelijk Statuut en de Wet” 4 Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht (NTKR) 86.
PIENAAR G
1991. “Die Regsaard van Privaatregtelike Reëls en Regulasies” 54 THRHR 400.
PIENAAR G
1991. “Wie is Eienaar van die Kerkeiendom? Kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk, Gemeente Douglas v Loots 1990 3 SA 451” 54 THRHR 301.
PIENAAR G
1997. “Konstitusionele Voorskrifte rakende Regspersone” 60 THRHR 566.
PIENAAR GJ
1998. “Regspersone as Staatsorgane en Nie-staatsorgane ingevolge die Grondwet” PER/PELJ
151.
PLASKET C
2002. The Fundamental Right to Just Administrative Action: Judicial Review of Administrative
Action in the Democratic South Africa (LL.D-proefskrif, Rhodes Universiteit).
329
POST HA
2008. “Positie Kerklijk Werker in Protestante Traditie Onduidelijk en Onbevredigend”
Nederlands Tijdschrift Kerk en Recht 1.
POTZ R & WIESHAIDER W
2007. Religious Entities as Legal Persons – Parts of Western and Central Europe” in L
Friedner (ed) Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons 27-36.
Uitgeverij Peeters, Leuven.
PRETORIUS DM
2001. “Letting the Unruly Horse Gallop in die Field of Private Law: The Doctrine of
Legitimate Expectations in ‘Purely Contractual’ Relations” SALJ 503.
PRETORIUS DM
2002. “The Defence of the Realm: Contract and Natural Justice” 119 SALJ 374.
PRETORIUS JL
1987. Die Begrip Openbare Belang en Burgervryheidsbeperking (LL.D-proefskrif,
Universiteit van die Oranje-Vrystaat).
R
RAATH AWG
1985. “Grondbeginsels van ´n Calvinistiese Regsleer” Obiter 48.
RAATH AWG
1992. “Legitimate Expectation en die Feniks uit die As” Tydskrif vir Regswetenskap 75.
RABBAN DM
1973. “Judicial Review of the University-Student Relationship: Expulsion and Governance”
26 Stanford Law Review 95.
RAUTENBACH IM & MALHERBE EFJ
2004. Constitutional Law 4th ed. LexisNexis Butterworths, Durban.
RAUTENBACH IM & MALHERBE EFJ
2009. Constitutional Law 5th ed. LexisNexis Butterworths, Durban.
330
RAUTENBACH IM
1995. General Provisions of the South African Bill of Rights. LexisNexis Butterworths,
Durban.
RAVEN P
2006. De Rechtsverhouding van een Predikant en Zijn Gemeente: Een Arbeidsovereenkomst
in de zin van Artikel 7:610 BW (Doctorale skriptie, Open Universiteit Nederland).
ROBBERS G
2001. “Church Autonomy in Germany including an Attachment on Relevant European
Union Law” in H Warning (ed) Legal Position of Churches and Church Autonomy 121 – 127.
Uitgeverij Peeters, Leuven.
ROBBERS G
2005. “The Permissible Scope of Legal Limitations on the Freedom of Religion or
Belief in Germany” 19 Emory International Law Review 841.
ROOS MC
2004. “Die Reg op Regsverteenwoordiging tydens Administratiewe Verrigtinge” 7
PER/PELJ 1.
RUDOLPH S
1991. Sedes, Godsdiens en Publikasiebeheer in Suid-Afrika (Ongepubliseerde LLDproefskrif, Universiteit van Pretoria).
S
SADLER THN
1979. Die Kerklike Tughandeling. N.G. Kerkboekhandel, Pretoria.
SALAMON L & K ANHEIER
1992. “In Search of the Non-profit Sector. I: The Question of Definitions” 3(2) Voluntas 125.
SALAMON L & K ANHEIER
1992. “In Search of the Non-profit Sector. II: The Problem of Classification” 3(3) Voluntas
267.
SANTING-WUBS AH
2002. Kerken in Geding. Boom Juridische Uitgewers, Nederland.
331
SANTING-WUBS AH
2003. “Orde en Tucht, Tucht in Orde?” Ars Aequi 49.
SANTING-WUBS AH
2004. “Kerklijke Geschillen; De Burgerlijke Rechter en Geloofskwesties” in LC van
Drimmelen en TJ van der Ploeg Kerk en Recht 189-197. Uitgeverij LEMMA BV,
Utrecht.
SCHANDA B
2007. Religious Entities as Legal Persons – Eastern Central Europe” in L Friedner (ed)
Churches and Other Religious Organisations as Legal Persons 9-12. Uitgeverij Peeters,
Leuven.
SCHOORDIJK HCF
1996. Redelijkheid en Billijkheid aan de Vooravond van een Nieuw Millennium. Zwolle.
SMIT J & DU PLOOY D
2008. “Reëling van die Gereformeerde Predikant se Diens – ´n Arbeidsregtelike of ´n
Interne Kerklike Aangeleentheid?” In die Skriflig 60.
SMIT J
2006. “Die kerk se Regsposisie in Suid-Afrika in die Lig van Godsdiensvryheid –
Gereformeerd-Kerkregtelik Gesien” NGTT 633.
SMIT J
2007. “Die Beroepsbrief in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – ´n Kontraktuele
Werksaanbod?” In die Skriflig 586.
SMITH S
1986. “Separation and the ‘Secular’: Reconstructing the Disestablishment Decision” 67 Tex. L.
Rev 955.
SMITS P
1996. Artikel 6 EVRM en de Civiele Procedure. Over de Betekenis van Art. 6 EVRM voor het
Nederlandse Burgerlijke Prosesrecht (Doctorale scriptie, Erasmus UniversiteitRotterdam).
SOHM, R
1892. Kirchenrecht Band 1. Leipzig.
332
STAATKUNDIG GEREFORMEERDE PARTIJ
Program van Beginselen, beskikbaar by www.sgp.nl.
STANDER U
1992. “Die Wenslikheid vir die Verskaffing van Redes vir Administratiewe Handelinge” Stell
LR 95.
STRYDOM HA
1995. “The Private Domain and the Bill of Rights” SAPR/PL 52.
SWANEPOEL J
2006. “Tendense in die Interpretasie van Godsdiensregte” 47 NGTT 201.
T
TEN HOOVEN M
2006. “Religie verdeelt Nederland. Een Oude Scheidslijn in een Nieuwe Gedaante” in M ten
Hooven & T de Wit (red.) Ongewenste Goden. De Publieke Rol van Religie in Nederland
13. Amsterdam.
V
VAN ASWEGEN A
1995. “The Implications of a Bill of Rights for the Law of Contract and Delict” SAJHR 50.
VAN BIJSTERVELD SC
1998. Godsdienstvrijheid in Europees Perspectief .Tjeenk Willink, Deventer.
VAN COLLER EH
2006. “Proportionality Review – The Battle Between Community Standards and
English Domestic Law” CILSA 469.
VAN DE BEEK A
1992. “Hermeneutiek van het Kerkrecht” in W van’t Spijker en LC van Drimmelen
Inleiding tot de Studie van het Kerkrecht 59-72. Uitgeversmaatschappij JH Kok, Kampen.
VAN DER MERWE IJ
2008. “Publiek, Republiek en die Publieke Kerk” NGTT 344.
333
VAN DER MERWE PC
1999.
Die
Aard
en
Proses
van
die
Kerklike
Ondersoek
in
die
Nederduitse
Gereformeerde Kerk (LLM-skripsie, Universiteit van die Oranje-Vrystaat).
VAN DER PLOEG TJ
2004. “De Rechtspositie van Priesters, Predikante en andere Voorgangers” in LC van
Drimmelen en TJ van der Ploeg (red) Kerk en Recht 159-174. Uitgewerij LEMMA BV,
Utrecht.
VAN DER PLOEG TJ
2004. “Kerk en Recht; een Juridische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der
Ploeg (red) Kerk en Recht 23-28. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht.
VAN DER PLOEG TJ
2008. “De Overheid en De Rechtspersoonlijkheid van Kerkgenootschappen” 2 Nederlands
Tijdschrift voor Kerk en Recht (NTKR) 79.
VAN DER PLOEG TJ
2008.
“De
Overheid
en
de
Rechtspersoonlijkheid
van
Kerkgenootschappen”
Rechtsgeleerd Magazijn THEMIS 196.
VAN DER SCHYFF G
2002. “The Legal Definition of Religion and its Application” 119 SALJ 289.
VAN DER VYVER JD
1994. “The Private Sphere in Constitutional Litigation” 57 THRHR 378.
VAN DER VYVER JD
1999. “Constitutional Perspective of Church-State Relations in South Africa” BYU L. Rev
635.
VAN DER VYVER JD
2000. “Godsdiensvryheid: Sekularisasie of Politieke Neutraliteit?” Woord en Daad 3.
VAN DER VYER JD
2001. “Sphere Sovereignity of Religious Institutions: A Contemporary Calvinistic
Theory of Church-State Relations” in G Robbers (ed) Church Autonomy 645-682.
Peter Lang, Frankfurt am Main.
334
VAN DER VYVER JD
2003. “Religion” in WA Joubert & TJ Scott (red) The Law of South Africa vol 23 141-163.
Butterworths, Durban.
VAN DER WALT JWG
1997. “Perspectives on Horizontal Application: Du Plessis v De Klerk Revisited” SAPR/PL 1.
VAN DER WALT JWG
2000. “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die Lig van
die Horisontale Werking van die Grondwet (Deel 1)” 2 TSAR 421.
VAN DER WALT JWG
2000. “Die Toekoms van die Onderskeid tussen die Publiekreg en die Privaatreg in die Lig
van die Horisontale Werking van die Grondwet (Deel 2)” 4 TSAR 605.
VAN DER WALT JWG
2001. “Progressive Indirect Horizontal Application of the Bill of Rights: Towards a Cooperative Relation between Common Law and Constitutional Jurisprudence” 17 SAJHR 352.
VAN DRIMMELEN LC
2004. “Kerkrecht; een Theologische Benadering” in LC van Drimmelen en TJ van der
Ploeg (red) Kerk en Recht 15-21. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht.
VAN DRIMMELEN LC
2004. “Typen van Kerklijke Organisatie” in LC van Drimmelen en TJ Van der Ploeg
(red) Kerk en Recht 203-205. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht.
VAN ECK BPS
2010. “Chirwa v Transnet and beyond: Urgent need for the Constitutional Court to
provide certainty.” TSAR 119.
VAN EE JW
1996. “In Strijd met De Wet” 5 RM Themis 163.
VAN EIKEMA HOMMES HJ
1983.
De
Elementaire
Grondbegrippen
Der
de
Methodologie 2 uitg. Kluwer, Deventer.
335
Rechtswetenschap.
Een
Juridische
VAN EIKEMA HOMMES HJ
1983. Hoofdlijnen der Rechtssociologie en de Materiële Indeling van Publiek- en
Privaatrecht. Zwolle.
VAN JAARSVELD SR
2006. “Priesters, Predikante en Pastore – Werknemers van Gemeentes of slegs Werkers van
die Koninkryk?” De Jure 175.
VAN LENNEP LH
1909. De Rechtskracht van de Verordeningen der Christelijke Kerkgenootschappen
(Dissertatie, Universiteit van Leiden)
VAN ROOYEN JCW
1978. Publikasiebeheer in Suid-Afrika. Juta, Kaapstad.
VAN ROOYEN JCW
1987. Censorship in South Africa. Juta, Cape Town.
VAN ZYL FJ & VAN DER VYVER JD
1982. Inleiding tot die Regswetenskap. Butterworths, Durban.
VERMEULEN BP
1992. “Artikel 6 Grondwet” in PWC Akkermans en AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een
Systematisch en Artikelsgewijs Commentaar 106-145. Zwolle.
VERMEULEN BP
2000. “Artikel 6” in AK Koekkoek (red) De Grondwet. Een Systematisch en
Artikelsgewijs Commentaar 93 -109. Tjeenk Willink, Deventer.
VERMEULEN BP & KANNE MJ
2004. “Kerk en Staat en de Mensenrechten” in LC van Drimmelen en TJ Van der
Ploeg (red) Kerk en Recht 69. Uitgewerij LEMMA BV, Utrecht.
VISSER D
1997. “Enkele Beginsels en Gedagtes oor die Horisontale Werking van die Grondwet” 60
THRHR 296.
336
VON GIERKE O
1990. Community in Historical Perspective, a Translation of Selections from Das
Deutsche Genossenschaftsrecht (vertaal deur M Fischer en geredigeer deur A Black)
Cambridge University Press, Cambridge.
W
WADE W & FORSYTH C
1994. Administrative Law 7th ed. Clarendom Press, Oxford.
WADE W & FORSYTH C
2000. Administrative Law 8th ed. Oxford University Press, Oxford.
WADE W & FORSYTH C
2004. Administrative Law 9th ed. Oxford University Press, Oxford.
WADE W & FORSYTH C
2009. Administrative Law 10th ed. Oxford University Press, Oxford.
WALF K
1988. Vragen Rondom het Nieuwe Kerklijke Recht. Hilversum.
WARNINK H
2001. “Ecclesiastical Tribunals – Procedures – Judicial Bodies and the State” NGTT 158.
WCRP-SA
1992. ´n Suid-Afrikaanse Verdrag rakende Godsdiensregte en Verantwoordelikhede wat
goedgekeur is tydens ´n Nasionale Inter-religieuse Konferensie wat gehou is gedurende
November 1992 onder die vaandel van die “South African Chapter of the World Conference
on Religion and Peace”.
WESSELING-VAN GENT EM
1985. “Minimumvereisten voor een Civiele Procedure” 5742 Weekblad voor Privaatrecht,
Notariaat en Registratie (WPNR) 395.
WIARDA GJ
1999. Drie Typen van Rechtsvinding (saamgestel en aangevul deur T Koopmans), WEJ
Tjeenk Willink, Deventer.
337
WIECHERS M
1984. Administratiefreg 2de uitg. Butterworths, Durban.
WIECHERS M
1995. Administrative Law. Butterworths, Goodwood.
WITTE J
1993. “The South African Experiment in Religious Human Rights” Journal for Juridical
Science 1.
WITTE J & ALEXANDER FS
2008. Christianity and the Law. Cambridge University Press, Cambridge.
WITTEVEEN TAM
1984. Overheid en Nieuwe Religieuze Bewegingen (Dissertatie, Groningen, ‘s-Gravenhage).
WOOLF H
1992. “Judicial Review: a Possible Program for Reform” Public Law 221.
WOOLMAN S
2003. “Freedom of Association” in M Chaskalson, J Kentridge, J Klaaren, G Marcus, D
Spitz, and S Woolman (eds) Constitutional Law of South Africa 22-26. Juta, Cape Town.
WOOLMAN S
2005. “Association” in I Currie en J De Waal Bill of Rights Handbook 423. Juta, Cape Town.
WOOLMAN S
2009. “On the Fragility of Assosiational Life. A Constitutional Liberal’s Response to
Patrick Lenta” 25 SAJHR 280.
WOOLMAN S & DE WAAL J
1994. “Freedom of Association” in D Davis, J Dugard, D van Wyk & B de Villiers (eds)
Rights and Constitutionalism: The New South African Legal Order 384, Juta, Cape Town.
WOOLMAN S, ROUX T & BISHOP M
2009. Constitutional Law of South Africa 2th ed. Juta, Cape Town.
338
LYS VAN SAKE
A
Aarons v Cape Society of Accountants & Auditors 1928 CPD 524
Adam’s Stores (Pty) Ltd v Charlestown Town Board 1951 (2) SA 508 (N)
Administrator, Transvaal and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A)
Ahmadiyya Anjuman Ishaati-Islamlahore (South Africa) and Another v Muslim Judicial Council
(Cape) and Others 1983 (4) SA 855 (K).
Alexander v Union Club of SA 1949 (1) SA 301 (W)
Allen v Gibbs 1977 (3) SA 212 (SE)
Amos v Corporation of the Presiding Bishop 483 US 327, 340 (1987)
Ansett Transport Industries (Operations) Pty Ltd v Wraith (1983) 48 ALR 500
Attorney-General, OFS v Cyril Anderson Investments (Pty) Ltd 1965 (4) SA 628 (A)
B
Baldwin v Everingham [1993] 1 Qd R 10
Ballinger v Hind 1951 (2) SA 8 (W)
Baloro v University of Bophuthatswana 1995 (4) SA 197 (B)
Bam-Mugwanya v Minister of Finance and Provincial Expenditure and Others Eastern Cape 2001 (4)
SA 120 (Ck)
Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (7)
BCLR 687 (KH), 2004 (4) SA 490 (KH)
Bekker v Western Province Sports Club (Inc) 1972 (3) SA 803 (K)
Bel Porto School Governing Body and Others v Premier of the Province, Western Cape and
Another 2002 (3) SA 265 (KH)
Bredell v Pienaar and others 1922 CPD 578
Breen v Amalgamated Engineering Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers
Union) and Others [1971] 1 All ER 1148 (CA)
BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Alied Workers Union 1992 (3) SA 673 (A)
C
Campbell and Fell v United Kingdom (28 June 1984, Series A No 80)
Carr v Jockey Club of SA 1976 (2) SA 717 (W)
Cassim v Molife 1908 TS 748
Chairman, Board of Tariffs and Trade v Brenco Inc 2001 (4) SA 511 (AH)
Chirwa v Transnet Ltd & Others 2008 (4) SA 367 (KH)
Christian Education SA v Minister of Education of the RSA 1999 (9) BCLR 951 (SE)
Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH)
Church of the Province of Southern Africa (Diocese of Cape Town v CCMA & others [2001] 11
BLLR 1213 (AH)
City and Suburban Transport (Pty) Ltd v Local Board Transportation, Johannesburg 1932
WLD 100
Cohen v Committee of Harrismith Hebrew Congregation 1924 OPD 25
Constantinides v Jockey Club of South Africa 1954 3 SA 35 (K)
Corporation of the Presiding Bishop of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints v Amos 483
U.S. 327 (1987)
Crisp v SA Council of the Amalgamated Engineering Union 1930 AD 225
CRVB 29 Junie 1977, RSV 1977
Cronje v United Cricket Board of South Africa 2001 (4) SA 1361 (T)
Cuppan v Cape Display Supply Chain Services 1995 4 SA 175 (D)
D
Dalrymple and Others v Colonial Treasurer 1910 TS
Dawnlaan Beleggings (Edms) Bpk v Johanneburg Stock Exchange 1983 (3) SA 344 (W)
Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH)
De Beer v Health Professions Council of South Africa 2005 (1) SA 332 (T)
339
De Freitas v Somerset West Municipality 1997 (3) SA 1080 (K)
De Klerk v Du Plessis 1995 2 SA 40 (T)
De Lange v Smuts NO 1998 (3) SA 785 (KH)
De Lille v Speaker of the National Assembly 1998 (3) SA 430 (K)
De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die N.G. Kerk, Bloemfontein and Another
1952 (2) SA 83 (O)
De Waal v Van der Horst 1918 TPD 277
Diko v Nobongoza 2006 (3) SA 126 (K)
Directory Advertising Cost Cutters v Minister for Posts Telecommunications and Broadcasting 1996
(3) SA 800 (T)
Dole v Shenandoah Baptist Church 899 F.2d 1389 (4th Cir 1990)
Doody v Secretary of State for the Home Department and Other Appeals [1993] 3 All ER 92
(HL)
Du Plessis v De Klerk 1996 (3) SA 850 (KH)
Du Plessis v De Klerk [1996] 5 BCLR 658
Du Plessis v The Synod of the DR Church 1930 CPD 403
Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (4) BCLR 531 (A)
Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur1994 (2) SA 191 (W)
E
EEOC v Catholic University of America 83 F.3d 455 (D.C. Cir 1996)
EEOC v Fremont Christian School 781 F.2d 1362 (9th Cir. 1986)
Embling v Headmaster, St Andrew’s College (Grahamstown) 1991 (4) SA 458 (E)
Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (Western Diocese) v Sepeng and Another
1988 (3) SA 958 (BG)
Ex Parte Johannesburg Congregation of the Apostolic Church 1968 (3) SA 377 (W)
Ex Parte Thackeray 1874 13 SCR (NSW) (L)
F
Ferreira v Premier, Free State 2000(1) SA 241 (O)
Forbes v New South Wales Trotting Club 1979 143 CLR 242
Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH)
Fredericks v MEC for Education & Training, Eastern Cape [2002] 2 BLLR 119 (KH)
Freedom and Democracy Party v Turkey, App. No. 23885/94 (1999)
G
Garden Cities Incorporated Association Not For Gain v Northpine Islamic Society 1999 (2) SA 268
(K)
Garment Workers' Union v De Vries and Others 1949 (1) SA 1110 (W)
Gauteng Gambling Board v Silverstar Development Ltd 2005 (4) SA 67 (HHA)
Gcaba v Minister for Safety and Security and Others 2010 (1) SA 238 (KH)
Golube v Oosthuizen and Another 1955 (3) SA 1 (T)
Grundling v Van Rensburg NO 1984 (3) SA 207 (W)
H
Hadjianastassiou v Greece (A/252-A) (1993) 16 E.H.R.R 219
Hamata v Chairman, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (5) SA 449
(HHA)
Hamata v Chairperson, Peninsula Technikon Internal Disciplinary Committee 2002 (4) SA 621 (K)
Harksen v Lane NO and Others 1998 (1) SA 300 (KH)
Hasan and Chaus v Bulgaria App. No. 30985/96 62 (2000)
Heatherdale Farms (Pty) Ltd v Deputy Minister of Agriculture 1980 (3) SA 476 (T)
Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A)
Hof ‘s-Gravenhage 28 Mei 1975, NJ 1976, 210 (Van Duivenbode/KNVB)
Hof ‘s-Gravenhage 28 November 1958, NJ 1960, 7 (skeuring Gereformeerde Gemeente Berkenwoude)
340
Hof ‘s-Gravenhage 31 Oktober 1938, NJ 1939, 201 (skeuring Oud Gereformeerde Gemeente
Scheveningen)
Hof ‘s-Hertogenbosch 22 Desember 1989, NJ 1990, 487 (beeïndiging beheer Moskee)
Hof ‘s-Hertogenbosch 31 Maart 1955, NJ 1955, 600 (schorsing predikant Oud Gereformeerde
Gemeente)
Hof Amsterdam 15 November 1945, NJ 1945, 157 (skeuring Gereformeerde Kerk Krommenie)
Hof Amsterdam 24 Junie 1948, NJ 1948, 569 (skeuring Gereformeerde Kerk Eemdijk)
Hof Arnhem 10 Januarie 1950, NJ 1950, 539 (skeuring Gereformeerde Kerk Daarlerveen)
Hof Arnhem 14 September 1993, rolnr. 92/142 KG, ongepubliseerd (tugmaatreël gemeentelid
Gereformeerde Gemeente)
Hosking and Another v Van der Merwe and Another NNO 1992 (1) SA 920 (W)
HR 12 Mei 2000, NJ 2000, 439 (geskil Moskee Lelystad)
HR 14 Junie 1991, NJ 1992, 173 (HJS) (Kruis/Christelijke Gereformeerde Kerk ‘sHertogenbosch)
HR 15 Februarie 1957, NJ 1957, 201 (skeuring Gereformeerde Kerk Hasselt)
HR 20 Oktober 1995, NJ 1996, 330 (EAA) (Van Asseldonck c.s./Bisschop Ter Schure)
HR 23 Januarie 1848, NJ 1948, 432 (skeuring Gereformeerde Kerk Vleuten-De Meern)
HR 23 Julie 1946, NJ 1947, 1(D.J.V.) (skeuring Gereformeerde Kerk Houwerzijl)
HR 30 Oktober 1987, NJ 1988, 392 (Ma) (De Locht c.s./Stichting Sint Laurensziekenhuis)
HR 31Oktober 1986, NJ 1987, 173 (ThWvV) (Sint Walburga)
J
Jamile and Others v African Congregational Church 1971 (3) SA 836 (D)
Janse van Rensburg NO v Minister of Trade and Industry NO 2001 (1) SA 29 (KH)
Jayiya v Member of the Executive Council for Welfare, Eastern Cape 2004 (2) SA 611 (HHA)
Jeffery v President, South African Medical and Dental Council 1987 (1) SA 387 (K)
Jockey Club of South Africa and Others v Feldman 1942 AD 340
Jockey Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340
Jockey Club of South Africa v Forbes 1993 (1) SA 649 (A)
Johannesburg City Council v Administrator Transvaal 1969 (2) SA (T)
Johannesburg Consolidated Investment Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111
Johannesburg Local Road Transportation Board v David Morton Transport (Pty) Ltd 1976 (1) SA 887
(A)
Johannesburg Stock Exchange v Witwatersrand Nigel Limited 1988 (3) SA 132 (A)
Jones v Wolf 443 U.S 595 (1979)
Jooste v Botha 2000 2 SA 199 (T)
Jooste v Botha 2000 (2) BCLR 187 (T)
Judes v District Registrar of Mining Rights, Krugersdorp 1907 TS 1046
K
Kate v MEC for the Department of Welfare, Eastern Cape 2005 (1) SA 141(SE)
Kedroff v St. Nicholas Cathedral of the Russian Orthodox Church in North America 344 U.S 94 (1952)
Kiva v Minister of Correctional Services and another (2007) 28 ILJ 597 (E)
Klein v Dainfern College and Another 2006 (3) SA 73 (T)
Klemp v Mentz 1949 (2) SA 443 (W)
Kotzé v Murray (1864) 5 Searle 39
Ktr. Lelystad 2 Februarie 2005, JIN 2005/180 (arbeidsooreenkoms predikant Christelijk
Gereformeerde Gemeente)
Ktr. Lelystad, 24 Febrarie 1993, rolnr. 3881/92, ongepubliseerde uitspraak (Nederlands-Israëlitische
Gemeente Amersfoort)
341
L
Law Society Transvaal v Behrman 1981 (4) SA 538 (A)
Lawson v Cape Town Municipality 1982 (4) SA 1(K)
Liebenberg v Brakpan Liquor Licensing Board 1944 WLD 52
Livestock and Meat Industries Control Board v Garda 1961 (1) SA 342 (A)
LJN nr. AD 8785 (ds. De B/classis Amersfoort Christelijke Gereformeerde Kerken)
LJN, AS6771, Sector kanton Rechtbank Zwolle, 217772 CV 03-9824
LJN, BK9957, Gerechtshof Arnhem, 104.001.028
Local Road Transportation Board v Durban City Council 1965 (1) SA 586 (A)
Lucas v Wilkinson 1926 NPD 10
Lunt v University of Cape Town 1989 (2) SA 438 (K)
M
Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland [2010] UKEAT S/0034/09/BI
Macdonald v Free Presbyterian Church of Scotland 2009 ET S/11071 (28 Mei 2009)
Mafongosi and Others v United Democratic Movement and Others 2002 (5) SA 567 (TKH)
Mahambehlala v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 342 (SE)
Main Line Transport v Durban Local Road Transportation Board 1959 (1) SA 632 (D)
Makambi v MEC, Department of Education, Eastern Cape [2008[ 8 BLLR 711 (HHA)
Makhanya v University of Zululand [2009] 8 BLLR 721 (HHA)
Malebjoe v Bantu Methodist Church of South Africa 1957 (4) SA 465 (W)
Mankatshu v Old Apostolic Church of Africa and Others 1994 (2) SA 458 (TKA)
Manoussakis v Greece 1996-IV Eur. Ct. H.R 1346
Marais v Democratic Alliance 2002 (2) BCLR 171 (K)
Marlin v Durban Turf Club and Others 1942 AD 112
Masetla v President of the Republic of South Africa & Another 2008 (1) SA 566 (KH)
Mbanga v MEC for Welfare, Eastern Cape 2002 (1) SA 359 (SE)
McDonald v Burns 1940 SLT 325
Mclure v Salvation Army 460 F.2d 553 (5th Cir. 1972)
McNab v Auburn Soccer Sports Club Ltd 1975 1 NSWLR 61
MEC, Department of Agriculture, Conservation and Environment and another v HTF Developers (Pty)
Ltd 2008(2) SA 319 (KH)
Metropolitan Church of Bessarabia and others v Moldova 45701/99 [2001] ECHR 860 (13
December 2001)
Middelburg Rugbyklub v Suid-Oos Transvaalse Rugby-Unie 1978 (1) SA 484 (T)
Minister of Education & Another v Syfrets Trust Ltd NO & Another 2006 (4) SA 25 (KH)
Minister of Environmental Affairs and Tourism & others v Phambili Fisheries & another [2003] 2 All
SA 616 (HHA)
Minister of Health v New Clicks South Africa (Pty) Ltd 2006 (2) SA 311 (KH)
Minister of Home Affairs v Fourie (Doctors for Life International & Others; amici curiae);
Lesbian & Gay Equality Project & Others v Minister of Home Affairs 2006 (1) SA 524 (KH)
Minister of Home Affairs v Fourie; Gay and Lesbian Equality Project v Minister of Home
Affairs 2006 (3) BCLR 355 (KH)
Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another
(Mukhwevho Intervening) 2001 (3) SA 1151 (KH)
Mkize v Rector, University of Zululand 1986 (1) SA 901 (D)
MM Security (Pty) Ltd v Bloemfontein Municipality 1968 (2) SA 10 (O)
Moloi v St John Apostolic Faith Mission 1954 (3) SA 940 (T)
Moodley v Shri Siva Subramanier Aulayam 1979 (2) SA 696 (SE)
Morrison v Standard Building Society 1932 AD 229
Motaung v Mukubela and Another, NNO ; Motaung v Mothiba, NO 1975 (1) SA 618 (O)
N
Nakin v MEC, Department of Education, Eastern Cape & Another 2008 (6) SA 320 (Ck)
National Association of Welfare Organisations and Non-Governmental Organisaions and
Others v MEC of Social Development, Free State and Others (1719/2010) [2010]
ZAFSHC 73 (5 August 2010)
342
National Horseracing Authority of Southern Africa v Naidoo and Another 2010 (3) SA 182 (N)
National Transport Commission v Chetty’s Motor Transport (Pty) Ltd 1972 (3) SA (AA)
Ndara v Umtata Presbytery, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (Transkei), and Others 1990
(4) SA 22 (TK)
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika (Phororo) v Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika 1999 (2) SA 156
(HHA)
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ´n Ander v Verenigende Gereformeerde
Kerk in Suider-Afrika 1999 (2) SA 156 (HHA)
New Testament Church of God v Stewart 2007 EWCA Civ 1004
Nkomo & Others v Administrator, Natal & Others (1991) 12 ILJ 521 (N)
Northwest Townships Ltd v Administrator, Transvaal 1975 (4) SA 1 (T)
Ntame v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, Mynaka v MEC, Department of
Social Development, Eastern Cape [2005] 2 All SA 535 (SE)
O
Odendaal v Kerkraad van die Gemeente Bloemfontein-Wes van die N.G. Kerk in OVS en Andere 1960
(1) SA 160 (O)
Odendaal v Loggerenberg and Others, NNO 1960 (3) SA 367 (O)
Odendaal v Loggerenberg en Andere NNO 1961 (1) SA 712 (O)
Osmond v Public Service Board of New South Wales [1984] 3 NSWLR 447
P
Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 (2) SA 148 (K)
PE Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA
801 (T)
Peach & Co v The Jewish Congregation of Johannesburg 1894 SAR 345
Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (HHA)
Permanent Secretary, Department of Education and Welfare, Eastern Cape, v Ed-U-College (PE)
(Section 21) Inc 2001 (2) SA 1 (KH)
Pharmeceutical Manufacturers Association of SA: In re Ex parte President of the Republic of
South Africa 2000 (2) SA 674 (KH)
Pinkster Protestante Kerk, Pinkster Protestante Kerk Springs Gemeente en Herlewingsentrum
Springs, Die Registrateur van Aktes Johannesburg, Saak Nr 273/04. Ongerapporteerde saak in
die Hoogste Hof van Appèl
Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional Services (POPCRU) 2008 (3) SA 91
(E)
Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools, Eastern
Transvaal 1999(2) SA 91 (KH)
Prenn v Simmonds [1971] 3 All ER 237 (HL)
Pres. Rb. Breda 11 Junie 1987, KG 1987, 265 (konflik Noodgemeente Protestante Molukse
Kerk)
Pres. Rb. Dordrecht 15 Desember 1983, KG 1984, 16 (ontslag predikant Molukse Evangelische Kerk)
Pres. Rb. Groningen 22 November 1995, KG 1996, 18 (tugmaatreël gemeentelid
Gemeenschap van Gelovigen)
Pres. Rb. Haarlem 17 Februarie 1989, KG 1989, 134 (Joods-kerklike egskeiding)
Pres. Rb. Maastricht 20 Oktober 1945, NJ 1944/45, 746 (skeuring Gereformeerde Kerk Maastrict)
Pres. Rb. Utrecht 2 Junie 1988, KG 1988, 254 (Commissie van Beheer)
Pres. Rb. Zwolle 1 Februarie 2002, KG nr. 70866/KG ZA01-466
Pres. Rb. Zwolle 7 Augustus 1998, KG 1998, 240 (Oudtshoorn/Hervormde Gemeente Zwolle)
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and
Others 2000 (1) SA 1 (KH)
President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and
Others 1999 (4) SA 147 (KH)
Presiding Bishop of the Methodist Church of Southern Africa v Sikhumbuzo Nofemele Saak no
979/2004 (ongerapporteer)
Presiding Bishop, Methodist Church of Southern Africa and Others v Mtongana and Others
2008 (6) SA 69 (Tk)
343
Prince v President, Cape Law Society and Others 2002 (2) SA 794 (KH)
Public Service Board of NSW v Osmond (1986) 159 CLR 656
Q
Queen v Piet Plaatjes 1895 SC 351
Queensland Hof van Appèl in Smith and Pearce v Aldrich and Commissioner of Police 1993
QCA 253
R
R (Mahmood) v Secretary of State for the Home Department [2001] 1 WLR 840
R v Chief Constable of Sussex, ex parte International Trader’s Ferry Ltd [1999] 1 All ER 129
(HL)
R v Disciplinary Committee of the Jockey Club, ex parte Aga Khan [1993] 1 WLR 909 (CA)
R v Higher Education Funding Council Ex p Institute of Dental Surgery [1994] 1 W.L.R 242
R v Imam of Bury Park Jami Masjid ex p. Sulaiman Ali 919920 COD 132
R v Secretary of State for the Home Department Ex p. Doody [1994] 1 A.C. 531
R v Valente (1985) 24 DLR (4th) 161 (SCC)
Rail commuters’ Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH)
Rb. ‘s-Gravenhage 29 November 1995, rolnr. 92/6878, ongepubliseerd (Hervormde Gemeente
Aarlanderveen c.s./Nederlandse Hervormde Kerk)
Rb. Amsterdam 21 Mei 2001, AB 2001, 342 m.nt. BPV
Rb. Groningen 5 Maart 1993, NJ 1994, 417 (skeuring Gereformeerde Kerk Boerakker)
Rb. Maastricht 30 Mei 1930, NJ 1930, 1499 (ontslane priester)
Rb.Winschoten 18 November 1925, NJ 1925 1288 (Van Bentum/Vrije Evangelische Gemeente
Winschoten)
Rechtbank Amsterdam 18 November 1998, NJ 1999
Rechtbank Zwolle, 16 Maart 1966, NJ 1967, 178
Regina v Chieff Rabbi of the United Hebrew Congregations of Great Britain and the
Commonwealth, ex parte Wachmann (1992) 1 WLR 1036 (QB)
Rescue Committee Dutch Reformed Church v Mertheze 1926 CPD 298
Roberts v United States Jaycees 468 US 609 (1984)
Roylance v General Medical Council (No 2) [1999] 3 WLR 541 (PC)
Ryland v Edros 1997 (2) SA 690 (KH)
S
S v Lawrence 1997 (10) BCLR 1348 (KH)
S v Makwanyane 1995 (6) BCLLR 665 (KH)
S v Radebe 1973 (1) 796 (A)
SA Medical & Dental Council v McLoughlin 1948 (2) SA 355 (A)
SA National Defence Union & another v Minister of Defence & others: In re SA National
Defence Union v Minister of Defence & others [2003] JOL 11263 (T)
Schreuder v Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit & others [1999] 7 BLLR 713 (AH)
Shadrach v Garment Workers Union of Cape Peninsula 1946 CPD 906
Shames v SAR & H 1922 AD 228
Shanks v Independent Order of Rechabites 1917 WLD 25
Sheffield City Council v Smart [2002] EWCA Civ 14 [2002] HLR 639
Shidiack v Union Government 1912 AD 642
Shillings CC v Cronje 1988 (2) SA 402 (A)
Sibanyoni v University of Fort Hare 1985 (1) SA 19 (Ck)
Sidiropoulus v Greece 1998-IV Eur. Ct. H.R 1595 1614
Sidumo & Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others 2008 (2) SA 24 (KH)
Siemens Engineering Company v Union of India AIR 1976 SC 1785
Smith v Ring van Keetmanshoop van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, SWA, en Andere
1971 (3) SA 353 (SWA)
South African Jewish Board of Deputies v Sutherland NO 2004 (4) SA 368 (W)
South African Optometric Association v Frames Distributors (Pty) Ltd t/a Frames Unlimited
1985 (3) SA 100 (O)
344
Standard Bank of Bophuthatswana Ltd v Reynolds NO 1995 (3) SA 74 (B)
Stanfield v Minister of Correctional Services 2004 (4) SA 43 (K)
Strydom v Nederduitse Gereformeerde Gemeente Moreleta Park 2009 (4) SA 510 (T)
SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labour 1978 (1) SA 1027 (SWA)
T
Taylor v Kurtstag 2005 (1) SA 362 (W)
The Nederduitsche Hervormde Church v The Nederduitsche Hervormde of Gereformeerde
Church 1893 CLJ 327
Theron en Andere v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere
1975 (2) SA (A)
Toerien v De Villiers NO 1995 (2) SA 879 (K)
Tsosane v Minister of Prisons 1982 (2) SA 55 (K)
Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd 2001 (1) SA 853 (HHA)
Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 (A)
U
Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa)
1928 AD 220
United Communist Party of Turkey and Others v Turkey, 1998-I Eur. Ct.H.R.1
United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala 1989 (4) SA 1055 (O)
Ltd
V
Van Heerden v Minister of Finance 2004 (6) SA 121 (KH)
Van Rooyen v Dutch Reformed Church, Utrecht 1915 NPD 323
Van Rooyen v S (General Council of the Bar intervening) 2002 (5) SA 246 (KH)
Van Vuuren v Kerkraad van die Môrelig Gemeente van die N.G. Kerk in die OVS 1979 (4) SA 548 (O)
Venter v Den Kerkeraad der Gereformeerde Kerk te Bethulie 1879 OVS
W
Wagenaar v United Reformed Church SA 2005 1 BALR 127 (KVBA)
Watson v Jones 80 U.S. (13 Wall) 679 (1872)
Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462
Welkom Village Management Board v Leteno 1958 (1) SA 490 (A)
Wildlife Society of Southern Africa v Minister of Environmental Affiars and Tourism of the
Republic of South Africa 1996 (3) SA 1095 (TkS)
Wittman v Deutscher Schülverein, Pretoria 1998 (4) SA 423 (T)
Wittman v Deutscher Schulverein 1999 (1) BCLR 92 (T)
Wood v Woad (1874) LR 9 Ex 190
Wright v Jockey Club 1945 NPD 356
Y
Yiba and Others v African Gospel Church 1999 (2) SA 949 (K)
Z
Zondi v MEC for Traditional and Local Government Affairs 2005 (3) SA 589 (KH)
Zondi v Member of the Executive Council for Traditional and Local Government Affairs 2005 (4)
BCLR 347 (KH)
345
Download