Uploaded by Chandre Marais

ECON 122 NOTAS

advertisement
C MARAIS NOTAS
KOPIEREG VOORBEHOU
ECON 122
1
C MARAIS NOTAS
KOPIEREG VOORBEHOU
ECON 122
2
C MARAIS NOTAS
ECON 122
13 DIE METING VAN DIE PRESTASIE VAN DIE EKONOMIE
Leeruitkomste







Verduidelik die vyf makro- ekonomiese doelwitte
Verduidelik wat die nasionale rekeninge is
Verduidelik die belangrikste begrippe m.b.t. die nasionale rekeninge
Toon die verwantsakp tussen die belangrikste nasionale rekeninge begrippe
Definieer werkloosheidskoers
Definieer die verbruikersprysindeks (VPI)
Verduidelik die betalingsbalans
 Verduidelik wat die Lorenz-kromme en die Gini-koëffisiënt is
1. MAKRO-EKONOMIESE DOELWITTE
Ekonome gebruik 5 makro-ekonomiese doelstellings om die persentasie van die
ekonomie te beoordeel en wat terselfdetyd dien as hoofdoelstellings van die makroekonomiese beleid:
i.
Ekonomiese groei
 Die totale produksie van goedere en dienste van een tydperk na die
volgende moet toeneem.
 Bevolkinsgroei neem toe, maar geen ekonomiese groei van plaas nie, sal
die lewenstandaard afneem en werkloosheid toeneem.
ii.
Volle indiensname
 Die ideaal is dat al die produksiefaktore in ‘n land ten volle aangewend
word.
 Alhoewel, daar is werkloosheid in die praktyk, maar die werkloosheidspeil
moet so lag as moontlik gehou word
iii.
Prysstabiliteit
 Beteken nie dat pryse konstant bly nie, maar moet so lag as moontlik
gehou word.
 Volgehoue prysstygings word inflasie genoem.
iv.
Betalingsbalansstabiliteit / Eksterne stabiliteit
 Wêreldwyd is lande onafhanklik van mekaar.
 Daar moet ‘n balans tussen die invoer en uitvoer wees.
 Betalingsbalans en wisselkoer moet stabiel wees.
v.
Regverdige inkome verdeling
 Die verdelingsdoelwit is gedeeltelik ‘n subjektiewe of normatiewe kwessie.
 Ongelyke verdeling kan lei tot: besparings, investering en ekonomiese
groei
KOPIEREG VOORBEHOU
3
C MARAIS NOTAS

ECON 122
Hoogs ongelyke verdeling kan lei tot: onregverdigheid, onbillikheid, sosiale
en politieke konflik.
2. DIE METING VAN DIE PEIL VAN EKONOMIESE AKTIWITEIT
Bruto Binnelandse Produk (BBP)
Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat gedurende ‘n sekere
tydperk binne die grense van ‘n land geproduseer is.
Die verskillende elemente van die definsie van die BBP word kortliks ontleed
A. Waarde
Pryse van verskillende goedere en dienste word gebruik om die waarde van die
produksie te bepaal.
Beskou die volgende
20 Appels kan nie met 30 pere vergelyk word nie, maar die makwaarde van
albei produkte kan bymekaar getel word om ‘n gekombineerde maatstaaf van
die produksie van die twee goedere te verkry.
Indien: Appels – 80c elk
Pere – R1 elk
20 Appels teen 80c en 30 Pere teen R1 is onderskeidelike markwaardes.
Appels : R 0.8 x 20 = R16
Pere : R1 x 30 = R30
Gesamentlike waarde van die twee produkte is R46.
B. Finale
Daar moet tussen finale en intermediêre goedere onderskei word:
 Finale goedere – Goedere wat deur individuele huishoudings en firmas gebruik
word.
 Intermediêre goedere – Goedere wat gekoop word om as insette in die
produksie van ander goedere gebruik te word.
of
Enige produk wat aangekoop word met die doel om dit weer te verkoop of te
verwerk.
Let egter daarop dat die uiteindelike gebruik van ‘n produk is wat bepaal of
dit ‘n finale of intermediêre produk is.
C. Binne die grense van ‘n land
Binne die grense van ‘n land word in sommige definisies vervang met die term
“in die ekonomie”.
BBP is ‘n geografiese begrip wat al die produksie wat binne die geografiese
gebeid van ‘n land geproduseer is, insluit.
KOPIEREG VOORBEHOU
4
C MARAIS NOTAS
ECON 122
D. Goedere en dienste wat gedurende ‘n bepaalde tydperk geproduseer is, word
by die BBP ingesluit.
Die BBP het betrekking op die produksie van nuwe goedere en dienste
gedurende ‘n spesifieke tydperk, ook bekend as heersende produksie.
Gedurende die tydperk waarvoor BBP bereken word, veroorsaak veroudering en
slytasie wat die waarde van die kapitaaltoerusting verminder of depresieer.
Voorsiening moet vir waardevermindering gemaak word en hierdie voorsiening moet
van die waarde van die produksie afgetrek word. Deur die voorsiening vir
waardevermindering af te trek, verander die bruto totaal na ‘n netto total. Die netto
totaal is ‘n meer korrekte maatstaaf van die ekonomiese prestasie, omdat dit die
afname in die waarde van die kapitaalgoedere insluit.
Drie maniere om dubbeltelling te vermy
1. Toegevoegde waarde ook bekend as Produksiebenadering
2. Finale goedere en dienste ook bekend as Bestedingsbenadering
3. Inkome van produksiefaktore ook bekend as Inkome benadering
i.
Produksiebenadering
By elke transaksie word slegs die toegevoegde waarde in berekening
gebring.
Beskou die volgende:
 ‘n Boer produseer 1000 sakke koring wat teen R10 per sak aan ‘n meulenaar
verkoop word om ‘n opbrengs van R10 000 te lewer.
 Die meulenaar verwerk die koring tot meel wat hy vir R12 500 aan ‘n bakker
verkoop
 Nadat die brood met die meel gebak is, verkoop die bakker dit aan ‘n winkel vir
R18 000.
 Die winkel verkoop vervolgens die brood aan die finale verbruiker vir R21 000.
Berekening- Tabel
Deelnemer
Waarde van verkope Toegevoegde waarde
R10 000
Boer
R10 000
R2 500
Meulenaar
R12 500
R5 500
Bakker
R18 000
R3 000
Winkellier
R21 000
R21 000
Total
R61 500
Let daarop dat die totale waarde gelyk is aan R21 000 (Ons gebruik die
toegevoegde waarde)
ii.
Bestedingsbenadering
Die verkope het slegs betrekking op finale goedere en dienste.
 Dubbeltelling kan vermy word deur slegs die waarde van verkope van
goedere en dienste aan die finale verbruikers te gebruik dus is die totale
KOPIEREG VOORBEHOU
5
C MARAIS NOTAS



iii.
ECON 122
waarde van die verkope aan die finale verbruikers (Winkellier) gelyk aan
R21 000 soos in die bostaande tabel.
Let egter daarop dat die uiteindelike gebruik van ‘n produk is, wat bepaal of
dit ‘n finale of intermediêre produk is.
As die meel in die bogenoemde voorbeeld deur verbruikers gekoop is, sou dit
as ‘n finale produk klasifiseer gewees het.
Sou die meel nie gedurende die betrokke tydperk verkoop word nie, word dit
deel van die meulenaar se voorrraad.
Inkome benadering
Dit is slegs die inkome wat in die verskillende stadiums van die
produksieproses deur die deelnemers aan die proses verdien is, in
berekening te bring.
In die voorbeeld is R10 000 gedurende die boerderystaduim verdien, R2 500
gedurende die meulstadium. R5 500 gedurende die bakstadium, R3 000 gedurende
die finale verkoop stadium. Dit lewer ‘n totaal van R21 000
Let daarop dat die totale inkome in die ekonomie net sal toeneem indien die
produksie toeneem.
Drie metodes om BBP te bereken:
1. Produksiebenadering (toegevoegde waarde) → Verkoopprys – Aankoopprys
2. Bestedingsbenadering (finale goedere en dienste)
3. Inkome benadering (inkome van die produksiefaktore)
 Vanaf produksiefaktore
 Lone, rente, huur, wins
 NB: bereken wins
Produksie is die bron van alle inkome. Die enigeste manier waarop inkome in die
ekonomie geskep kan word is deur goedere en dienste te produseer en te verkoop.
Produksie, inkome en bestedingsbenadering tabel:
Rolspeler
Koop
1ste
0
A
A
B
Laaste
Verkoop (TGW)
Lone
Huur
Rente
Wins
Som
A–0
w
r
i
p
wrip1
B
B-A
w
r
i
p
wrip2
C
C-B
Totaal
(TGW)
w
r
i
p
www
rrr
iii
ppp
wrip3
Som
Voorbeeld 1
Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die:
1) Produksie benadering
2) Bestedings benadering
KOPIEREG VOORBEHOU
6
C MARAIS NOTAS
ECON 122
3) Inkome benadering.









Die Merino wol (vanaf Suid-Afrika) is bekend vir hul sagtheid en kwaliteit. Die wol
komberse is aanlyn te koop by Tich and Bean (In verkoop kolom: 2600 x 9 =
23 400). Die komberse word verkoop vir R2600 per stuk.
Mev Bezuidenhout koop nege van die komberse by Tich and Bean. (2600 x 9)
Omdat Tich and Bean ʼn aanlyn winkel is, is hul uitgawes beperk, hulle betaal
slegs lone van R1500.
Tich and Bean het die komberse aangekoop vanaf Love Weaving wat R500 se
loon, R800 se huur en, R440 se rente betaal, terwyl hulle ʼn wins van R1860
maak.
Die spesiale wol is oorspronklik van ʼn Merino boer verkry, wat die rou produk aan
Draw the Line verkoop het.
Die boer maak ʼn wins van R6658 op die wol en betaal huur van R422, rente van
R320 en lone van R2500.
Draw the Line is Love Weaving se verskaffers. Hulle verander die rou wol in
garing en voeg R5700 se waarde by tot die produk.
Hulle lone beloop R868, huur R740 en hulle betaal ook rente.
Verder maak Draw the Line ʼn wins van R3192 op die transaksie.
Let daarop dat die syfers in geel die enigste informasie is wat aan jou gegee
word.
Rol spelers
Koop
Verkoop
TGW
(Verkoop
– Koop)
Lone
(W)
Huur Rente
(R)
(I)
Wins
(P)
Som
(W + R + I +
P)
Merino wol
0
9 900
9 900
2500
422
320
6658
9 900
Drwa the line
9 900
15 600
5 700
868
740
900
3192
5 700
Love weaving 15 600
19 200
3 600
500
800
440
1860
3 600
23 400
4 200
1 500
0
0
2 700
4 200
Tick and
Bean
19 200
Carli
23 400
Bezuidenhout (2600
x 9)
Bestedingsbenadering
23 400
(2600 x
9)
Produksiebenadering
23 400
(2600 x 9)
Inkomebenadering
Voorbeld 2
Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die:
1) Produksie benadering
2) Bestedings benadering
3) Inkome benadering.
KOPIEREG VOORBEHOU
7
C MARAIS NOTAS







ECON 122
George (die eienaar van ‘n koffie plaas) verkoop R 5 000 se koffie bone aan ʼn
koffie produsent (Nestlé Nespresso).
George betaal sy werkers R700 en huur sy perseel teen R1000. George betaal
ook rente van R200 op sy besigheid se lening.
Nespresso gebruik die bone om koffie kapsules te vervaardig ter waarde van R10
000.
Nespresso se loononkostes beloop R900 en huur masjinerie teen R400.
Nespresso moet ook rente van R1 000 betaal.
Nespresso verkoop die koffie kapsules vir R17 000 aan Yuppiechef waar
Yuppiechef die kapsules verkoop aan verbruikers regoor Suid Afrika.
Yuppiechef se salarisse beloop R1 100 en rente op die oortrokke bankrekening is
R 400.
Rolspelers
George
Nespresso
Koop
0
5 000
Verkoop
5 000
17 000
TGW
5 000
12 000
Lone
700
900
Yuppiechef
17 000
0
17 000
1 100
Huur
1 000
400
Rente
200
1 000
400
Wins
3 100
9 700
Som
5 000
12 000
15 500 17 000
Voorbeeld 3
Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die:
1. Die produksiebenadering
2. Inkomste benadering







Steven verdien 'n bestaan deur diamante te grawe in ou mynskagte buite
Kimberley. Hy betaal die veiligheidswagte R 100 vir toegang tot die gebied en
betaal ook R350 vir uitstaande skuld op sy toerusting.
Hy verkoop die diamante wat hy vir R950 opgesluit het aan De Beers wat weet
hoe om diamante skoon te maak.
De Beers gebruik 'n werkspan van drie met 'n totale loon van R500. Hulle huur
die perseel vir R600 en betaal R800 rente op die lening vir sy toerusting.
Die skoongemaakte diamante word teen R3100 aan Ashanti Jewellers verkoop
en dit word verwerk tot 'n armband wat vir R4600 aan NWJ verkoop word.
NWJ verkoop dit aan Jean Fouche vir R7095, 'n eerstejaarstudent in Ekonomie
wat dit vir Valentynsdag vir sy vriendin wil koop.
Ashanti Jewellers betaal lone van R700, huur van R250 en rente van R275 op
lenings.
NWJ se salarisse beloop R1300 en hul huur is R1000
KOPIEREG VOORBEHOU
8
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Berekening - Tabel
Rol spelers
Koop
Verkoop
TGW
(K – V)
Lone
(W)
Huur
(R)
Rente
(I)
Wins
(P)
Steven
950
0
950
100
0
350
500
Inkome
(W + R
+ I + P)
950
De Beers
3 100
950
2 150
500
600
800
250
2 150
Ashanti
Jewelers
NWJ
4 600
3 100
1 500
700
250
275
275
1 500
7 095
4 600
2 495
1 300
1 000
0
195
2 495
7 095
7 095
4. METING TEEN MARKPRYSE, BASIESE PRYSE EN FAKTORKOSTE
Drie stele pryse om BBP te bereken:
a. Markpryse – Bestedingsbenadering
b. Basiese pryse – Produksiebenadering
c. Faktorkoste – Inkomebenadering
Die verskil tussen markpryse, basiese pryse en faktorkoste is die gevolg van sekere
belasting en subsidies op goedere en dienste.

Indirekte belasting (belasting op produksie en produkte)
Die markpryse van goedere en dienste is hoër as hul basiese pryse of
faktorkoste.

Subsidies (op produksie of produkte)
Die markpryse is laer as die basiese pryse of faktorkoste.
Twee soorte belasting en subsidies op produksie en produkte
Belasting
1.1 Belasting op produkte
Verwys na die belasting wat per
eenheid van ‘n bepaalde produk of
diens betaalbaar is.
1.2 Ander belasting op produksie
Verwys na belasting op produksie
wat nie aan bepaalde goedere en
dienste gekoppel is nie.
KOPIEREG VOORBEHOU
Subsidies
2.1 Subsidies op produkte
Sluit in regstreekse subsidies wat
per eenheid wat uitgevoer is betaal
word ten einde uitvoer aan te
moedig sowel as produkgekoppelde
subsidies op produkte wat plaaslik
verbruik word.
2.2 Ander subsidis op produksie
Verwys na subsidies wat nie aan
bepaalde goedere en dienste
gekoppel is nie.
9
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Berekening van BBP teen markprys en faktorkoste


BBP @ basiese pryse = BBP @markpryse – belasting op produkte + subsidies
op produkte
BBP @ basiese pryse = BBP @faktorkoste + ander belasting op produksie –
ander subsidies op produksie

BBP @ faktorkoste = BBP @basiese pryse – ander belasting op produksie +
ander subsidies op produksie
 BBP @ markprys = BBP @basiese pryse + belasting op produkte – subsidies op
produkte
5. METING TEEN HEERSENDE EN KONSTE PRYSE
Twee belangrike begrippe wat van mekaar onderskei moet word:
i.
BBP teen heersende pryse – Nominale BBP
ii.
BBP teen konstante pryse – Reële BBP
Nominale pryse (Geld of monotêre waardes)
 Nominaal beteken “volgens die naam”
 Wat nou gevra word in die winkel
 Huidige pryse
 Inflasie ingesluit
Reële pryse (Inflasie)
 Reël beteken “werklik” of “wesenlik”
 Koopkrag
 As pryse verhoog daal die reële waarde
 Relatief tot ‘n basisjaar
 Konstante pryse
 Inflasie uitgesluit
Beskou die volgende
 Izak het in 1992 ‘n salaris van R5 000 per maand verdien. Terwyl Sipho in
2013 ‘n salaris van R5 000 per maand verdien.
 Nominaal het Izak en Sipho dieslefde salaris verdien.
 In Reële terme het Izak egter meer as Sipho verdien.
Voorbeeld 1
Bereken Nominale en Reële BBP
Beskou die volgende voorbeeld
Drie produkte:
1. Appels
2. Piesangs
3. Lemoene
KOPIEREG VOORBEHOU
10
C MARAIS NOTAS
ECON 122
In 2005
 100 appels geproduseer en teen 50c elk verkoop
 200 Piesangs geproduseer en teen 25c elk verkoop
 150 Lemoene geproduseer en teen 30c elk verkoop
Die totale waarde van die produksie in 2005 is
(100 x 50c) + (200 x 25c) + (150 x 30c)
= 50 + 50 + 45
= R145
In 2013
 150 Appels geproduseer en teen R1 verkoop
 200 Piesangs geproduseer en teen 40c verkoop
 100 Lemoene geproduseer en teen 50c verkoop
Die totale waarde van die produksie in 2013 is
(150 x R1) + (200 x 40c) + (100 x 50c)
= 150 + 80 + 50
= R280
Berekening van reële BBP
Ons gebruik 2005 as die basisjaar en 2005-pryse om die waarde van produksie in
2013 teen konstante pryse te bereken.
(150 x 50c) + (200 x 25c) + (100 x 30c)
= 75 + 50 + 30
= R155
Nominale
BBP 2005
100 Appels
teen 50c
200
Piesangs
teen 25c
150
lemoene
teen 30c
Totaal
= R50
= R50
= R45
= R145
Nominale
BBP 2013
150 Appels
teen R1
200
Piesangs
teen 40c
100
Lemoene
teen 50c
= R150
= R80
= R50
= R280
Reële BBP
2013
150 Appels
teen 50c
200
Piesangs
teen 25c
100
Lemoene
teen 30c
= R75
= R50
R30
= R155
Toename in nominale BBP tussen 2005 en 2013
𝟐𝟖𝟎−𝟏𝟒𝟓
𝟏𝟒𝟓
×
𝟏𝟎𝟎
𝟏
= 93.1 %
Toename in reële BBP tussen 2005 en 2013
KOPIEREG VOORBEHOU
11
C MARAIS NOTAS
𝟏𝟓𝟓−𝟏𝟒𝟓
𝟏𝟒𝟓
×
𝟏𝟎𝟎
𝟏
ECON 122
= 6.9 %
Voorbeeld 2
Die tabel hieronder bevat inligting oor die Suid- Afrikaanse ekonomie wat Coke en
sjokolade vervaardig. Die basis jaar is 2014.
Jaar
Prys van coke Hoeveelheid
Prys van
Hoeveelheid
coke
sjokolade
sjokolade
2014
R12
150
R7
40
2015
R14
180
R8
60
2016
R18
190
R9
60
Bereken die reële BBP vir 2016.
Produk
Coke
Sjokolade
Prys 2014
R12
R7
Hoeveelheid 2016
190
60
Reële BBP
P2014 x Q2016
R2 280
R420
R2 700
Voorbeeld 3
Berekening - Tabel
Produk
Klere
Kos
Meubels
Petrol
P
2010
R1 250
R1 160
R850
R9 100
Q
2010
565
927
256
341
P
2017
R1 300
R1 210
R870
R9 150
Q
2017
570
955
266
350
P
2018
R1 350
R1 280
R910
R9 820
Q
2018
588
987
284
394
Deur gebruik te maak van die tabel, bereken Reële BBP vir die jaar 2018.(Gebruik
2010 as basis jaar)
2017
Klere
Kos
Meubels
Petrol
Totaal
P
2010
R1 250
R1 160
R850
R9 100
KOPIEREG VOORBEHOU
Q
2017
570
955
266
350
P2010 x Q2017
= R712 500
= R1 107 800
= R226 100
= R3 185 000
= R5 231 400
12
C MARAIS NOTAS
ECON 122
2018
Klere
Kos
P
2010
R1 250
R1 160
Q
2018
588
987
Meubels
Petrol
R850
R9 100
284
394
P2010 x
Q2018
= R735 000
= R1 144
920
= R241 400
= R3 585
400
= R5 706
720
Totaal
BBP van 2018 − BBP van 2017
100
×
BBP van 2017
1
𝑅5 706 720 − 𝑅5 231 400
=
𝑅5 231 400
100
1
×
= 9,09%
Voorbeeld 3
Fire
swembaddens
Pluimvee
omheining
Grasdak lapas
P
2015
Q
2015
R15 000
600
Totale
waarde in
2016
1 600
R32 000
P
2017
R800 000
16
Q
2017
Totale waarde
in 2017
900
R16 200 000
R780
2 500
R40 000
20
1. Bereken die nominale waarde vir die BBP in 2015
Nominale BBP van 2015
= (R15 000 x 600) + R800 000 + (R32 000 x 16)
= R9 000 000 + R800 000 + R512 000
= R10 312 000
2. Bereken die reële waarde van BBP in 2017 (2015 basis jaar)
Reële BBP vir 2017
𝑅800 000
= (R15 000 x 900) + (
1600
×
𝑅2 500
1
) + (R32 000 x 20)
= R13 500 000 + R1 250 000 + R640 000
= R15 390 000
3. Met hoeveel het die reële BBP gegroei tussen 2015 en 2017
Groeikoers =
Reële BBP van 2017−Reële BBP van 2015
Reële BBP van 2015
KOPIEREG VOORBEHOU
×
100
1
13
C MARAIS NOTAS
=
ECON 122
𝑅15 390 000−𝑅10 312 000
𝑅10 312 000
×
100
1
= 49,24%
6. Bruto nasionale inkome of produk
Bruto nasionale inkome (BNI)
Inkome wat verdien is deur alle permanente inwoners van die land.
Sluit alle produksie in deur produksiefaktore, ongeag waar dit voorkom
BNI = BBP – faktorbetalings aan die buiteland + faktorbetalings aan Suid-Afrikaners
Brekening van nasionale-rekeninge-totale
Beskou die volgende voorbeeld
Bereken die nasionale-rekeninge-totale in Suid-Afrika vir 2013 teen markprys
Finale verbruikersbesteding deur huishoudings
R2 057 898
Bruto Kapitaalvorming
R655 519
Finale verbruikersbesteding deur die algemene owerheid R752 781
Respos
R14 360
= Bruto binnelandse besteding
R3 480 558
+ Uitvoere van goedere en dienste
R1 054 353
− Invoer van goedere en dienste
R1 149 542
= Bruto binnelandse produk teen markprys
R3 385 369
- Netto primêre inkomebetalings
R71 324
= Bruto nasionale inkome teen markprys
R3 314 045
KOPIEREG VOORBEHOU
14
C MARAIS NOTAS
ECON 122
7. BESTEDING AAN BBP
Besteding aan BBP
Besteding aan goedere en dienste geproduseer in ʼn land.
Totale besteding bestaan uit die volgende elemente:
a. Verbruikersbesteding deur huishoudings (C)
b. Investeringsbesteding deur firmas (I)
c. Owerheidsbesteding (G)
d. Besteding aan uitvoer (X)
e. Besteding aan invoer (Z)
Die volgende vergelyking word gebruik
BBP = C + I + G + (X - Z)
Bruto kapitaalvorming
Geen voorsiening is gemaak vir die verbruik van vaste kapitaal nie.
Vaste kapitaalvorming
Aankoop van kapitaalgoedere soos geboue en toerusting.
Veranderings in voorraad
Goedere wat in die betrokke tydperk geproduseer is, maar nie verkoop is nie.
Die volgende komponent van die besteding aan die BBP is:
Die finale verbruikersbesteding deur die algemene owerheid
 Sluit kapitaalbesteding deur die owerheid uit

Die owerheid se kapitaalvorming word in die nasionale rekeninge by die bruto
kapitaalvorming ingesluit.
 ‘n Beduidende deel van die besteding aan die Suid-Afrikaanse BBP vind in die
res van die werêld plaas. Hierdie besteding aan die Suid-Afrikaanse uitvoer moet
by die ander komponente van die besteding aan die BBP getel word.
 Aan die ander kant, sluit C, I, G en X ook besteding aan goedere en dienste in
wat nie in Suid-Afrika vervaardig is nie. Hierdie invoer van goedere en dienste
moet afgetrek word om die totale besteding aan Suid-Afrikaanse goedere en
dienste te bepaal.
 Besteding aan BBP sluit nie invoer in nie, aangesien die invoer in die buiteland
geproduseer word. besteding aan BBP sluit slegs besteding aan Suid-Afrikaanse
goedere en dienste in.
8. BRUTO BINNELANDSE BESTEDING (BBB)
Bruto Binnelande Besteding (BBB)
 Totale besteding binne die grense van die land
 BBB sluit die invoere (Z) in, maar sluit die uitvoer (X) uit.
BBB = C + I + G
KOPIEREG VOORBEHOU
15
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die verskil tussen die binnelandse produksie en die binnelandse besteding word in
die verskil tussen die invoer (Z) en uitvoer (X) weerspeel.
Netto uitvoer (NX) = X – Z
Indien die BBP gedurende ‘n bepaalde tydperk groter as die BBB is, volg dit dat die
uitvoer gedurende daardie tydperk die invoer oorskry het.
 Indien BBP > BBB is X > Z
 Indien BBB > BBP is Z > X
Om van BBB na BBP teen markprys te beweeg:
BBP @ markprys = BBB + X – Z
= C + I + G + (X-Z)
Om van BBP teen markprys na BNI teen markprys te beweeg:
BNI @ markprys = BBP @ markprys – netto primêre inkomebetalings
Let op na die volgende:
Bruto
Binneland
Besteding
Mark Pryse
-d
- FB
+ FI
+X -Z
-t
+s
Netto
Nasionaal
Produksie
Faktor koste
Bruto
+d
+ FB
- FI
Binneland
-X +Z
Besteding
+t
Mark Pryse
-s
d = Waardevermindering / Depresiasie
FB = Faktorbetalings
FI = Faktor ontangstes
X = Uitvoere
Z = Invoere
T = BTW
S = Subsidies
KOPIEREG VOORBEHOU
16
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Voorbeeld 1
Komponent
BBP@Markprys
BTW
Rente op owerheidskuldinstrumente ontvang
Salarisse van SA lektore van in Australie klas gee.
Oordragsbetalings deur die staat
Waardevermindering
Invoere
Uitvoere
Produksiegoedere
Subsidies
Salarisse betaal aan konstruksiewerkers vanuit Zambie
R Miljoen
30 360
850
19 000
13 000
1100
2950
2000
2500
12 860
3660
11 770
Bereken die volgende :
1. BBPfc
BBPfc = BBPmp –t + s
= 30 360 – 850 +3660
= 33 170
2. BBBmp
BBPmp = BBPmp – x + z
= 30 360 – 2500 + 2000
= 29 860
3. NI
NI = BBPmp - d – FB + FI – t + s
= 30 360 – 2950 – 11 770 + 13 000 – 850 + 3660
= 31 450
Voorbeeld 2
Komponent
BBP @faktorkoste
Subsidies op produkte
Belasting
Kapitale investering
Depresiasie
Uitvoere
Invoere
Dividende verdien deur Amerikaanse
aandeelhouers van aandele in
Woolworths.
Oordragsbetaling deur staat
Lone verdien deur Suid-Afrikaanse
kelners by gastehuise geleë in Canada
KOPIEREG VOORBEHOU
R Miljoen
335 400
7 000
9 300
19 110
5 015
6 230
8 860
1 950
3 520
3 300
17
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Bereken die volgende :
1. BBBmp
BBBmp = BBPfc – X + Z + t – s
= 335 400 – 6 230 + 8 860 + 9 300 – 7 000
= 340 330
2. NI
NI = BBPfc – d – FB + FI
= 335 400 – 5 015 – 1 950 + 3 300
= 331 735
Voorbeeld 3
Komponent
BTW
BBP @faktorkoste
Subsidies
Oordragsbetaling deur staat
Invoere
Uitvoere
Depresiasie
Salarisse verdien deur Au Pairs van
Engeland wat kinders in Suid Afrika oppas
Winste verdien by Sasol se aanleg in die VAE
R Miljoen
2 600
49 100
2 100
2 600
26 000
38 500
2 100
2 600
2 900
Bereken die volgende
1. BBBmp
BBBmp = BBPfc – X + Z + t – s
= 49 100 – 38 500 + 26 000 + 2 600 – 2 100
= 36 100
2. NI
NI = BBPfc – d – FB + FI
= 49 100 – 2 100 – 2 600 + 2 900
= 47 300
3. Bereken Suid-Afrika se handelsbalans en dui aan of dit ‘n surplus of ‘n
tekort is.
X–Z
= 38 500 – 26 000
= 12 500
Surplus
Voorbeeld 4
Komponente
BTW
BBP @faktorkoste
KOPIEREG VOORBEHOU
R (Rand)
16 500
293 500
18
C MARAIS NOTAS
Indirekte subsidies
Invoer
Uitvoer
Depresiasie (6% van kapitaal goedere)
Salarisse verdien deur Suid-Afrikaanse
sokkerspelers in die Engelse premierliga
Winste verdien deur Singapore Airlines
wat in Suid-Afrika handel dryf
Inkomebelasting
Kapitaal goedere
ECON 122
43 330
10 000
20 000
35 400
125 700
17 000
36 000
Bereken die volgende:
1. NI
NI = BBPfc – d – FB + FI
= 293 500 – (36 000 x 6%) – 125 700 + 35 400
= 300 500
9. DIE METING VAN WERKVERSKAFFING EN WERKLOOSHEID
Om werkverskaffing te meet, moet slegs bepaal word hoeveel mense werk het op
die tydstip, waarop die meting plaasvind. Om die aantal werklose persone te meet
moet slegs bepaal word hoeveel mense wat bereid en in staat is om te werk op
daardie tydstip nie werk het nie.
Werkloosheidskoers
Die aantal werklose persone kan uitgedruk word as ‘n persentasie van die aantal wat
bereid en in staat is om te werk.
Twee definisies van werkloosheid
1. Eng definisie
2. Uitgebreide definisie
a. Eng definisie
Om werkloos geklasifiseer te word moet ‘n persoon onlangse stappe geneem het
om werk te soek.
b. Uitgebreide definisie
Die blote begeerte om te werk
Volle indiensname
Indiensneming
Aantal mense wat op die tydstip werk het.
Arbeidsmag
Aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk
 Tussen 15 en 65 jaar
KOPIEREG VOORBEHOU
19
C MARAIS NOTAS


ECON 122
Werkloses en werkendes
Uitgesluit: Pensionarisse, kinders (<15jr) , persone wat nie kan werk nie of wat
ontmoedig is.
Werkloosheid
Aantal mense wat werkloos is
Werkloosheidskoers = aantal werkloses / arbeidsmag x 100
Informele sektor
Informele sektor ook bekend as:
1. Skadu-ekonomie
2. Onopgetekende ekonomie
3. Ondergrondse ekonomie
4. Niewaargenome ekonomie
Drie redes waarom mense in die informele sektor bedrywig is
a. Omdat hulle nie werk in die formele sektor kan kry nie
b. Omdat hulle by onwettige aktiwiteite betrokke is
c. Omdat hulle nie belasting wil betaal nie
Aktiwiteite in die informele sektor
Wettig / Sosiaal aanvaarbaar
Onwettig / Sosiaal onaanvaarbaar
Produsente
 Self indiensgeneemde
ambagsmanne
 Skoenmakers
 Kleremakers
 Kunstenaars
Verspreiders
 Straat verkopers
 Snuffelmarkhandelaars
 Karweiers
 Boodskappers
 Sjebeeneienaars
Dienste
 Taxi – operator
 Geldskieters
 Musikante
 Herstellers
 Haarkappers
 Fotograwe
Produsente
 Daggaprodusente
 Vervalsers
 Dwelmvervaardigers
KOPIEREG VOORBEHOU
Verspreiders
 Sakkerollers
 Inbrekers
 Rowers
 Swartmarkhandelaars
 Dwelmsmouse
Dienste
 Prostitute
 Smokkelaars
 Omkopers
 Kredietwoekeraars
20
C MARAIS NOTAS
ECON 122
10. VERBRUIKERSPRYSINDEKS (VPI)
As die pryse van goedere en dienste styg, neem die koopkrag van die verbruiker se
inkome af.
Verbruikersprysindeks (VPI)
 ‘n Indeks van die pryse van ‘n verteenwoordigende “mantjie” verbruikersgoedereen dienste.
 Die VPI verteenwoordig dus ‘n “mandjie” goedere en dienste wat ‘n huishouding
aankoop.
By die samestelling van die VPI moet statestiek Suid-Afrika:
 Die goedere en dienste kies wat in die mandjie ingesluit word
 ‘n gewig aan elke produk of diens toeken om die relatiewe belangrikheid daarvan
in die mandjie aan te dui
 Op ‘n basistydperk vir die berekening van die VPI besluit
 Op ‘n formule vir die berekening van die VPI besluit
 Elke maand pryse versamel om die VPI vir daardie maand te bereken
Indekssyfer
‘n Reekswaarde in ‘n bepaalde tydperk uitgedruk as ‘n persentasie van die waarde in
die basistydperk.
Spesifieke indeks
Word gebruik om relatiewe veranderings te toon.
Algemene / Saamgestelde indeks
Word gebruik om verskillende reekse te kombineer.
Berekening van inflasie
Formule:
Inflasie2013 =
∆𝐕𝐏𝐈
𝐕𝐏𝐈
=
𝐕𝐏𝐈 𝟐𝟎𝟏𝟑−𝐕𝐏𝐈 𝟐𝟎𝟏𝟐
𝐕𝐏𝐈 𝟐𝟎𝟏𝟐
𝐱 𝟏𝟎𝟎
Beskou die volgende: ‘n Samestelling van ‘n prysindeks
Gestel dat slegs twee produkte naamlik vleis en brood verbruik word. Die
gemiddelde verbruiker koop 4kg vleis en 10 brode per week.
In 2012
Vleis: R35 per kg
Brood: R10
KOPIEREG VOORBEHOU
In 2013
Vleis: R45 per kg
Brood: R12
21
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Met hoeveel het die lewenskoste tussen 2012 en 2013 toegeneem ?
In 2012
(4 x 35) + (10 x 10)
= R240
In 2013
(4 x 45) + (10 x 12)
= R300
Toename in die VPI tussen 2012 en 2013
300−240
240
x
100
1
= 25%
11. DIE METING VAN TRANSAKSIES MET DIE RES VAN DIE WÊRELD:
BETALINGSBALANS
Betalingsbalans
Rekeningkundige rekord van alle transaksies met die res van die wêreld
Elke land hou rekord van alle transaksies met die res van die wêreld.
 Opsomming van al die transaksies tussen SA huishoudings, firmas en owerheid
met buitelandse huishoudings, firmas en owerhede gedurende ‘n bepaalde
tydperk.
Die betalinsbalans bestaan hoofsaaklik uit twee rekeninge:
1. Lopende rekening
2. Finansiële rekening
1. Lopende rekening
Al die verkope van goedere en dienste aan die res van die wêreld, alle aankope
an goedere en dienste, al die primêre inkomste-ontvangste en betalings.
Surplus in die lopende rekening
Wanneer daar ‘n surplus in die lopende rekening is dui dit aan dat die waarde van
die land se uitvoer die waarde van die invoer oorskry het.
 Uitvoer > Invoer
Tekort in die lopende rekening
 Invoer > Uitvoer
Inkomste ontvangstes
Verwys na inkome wat deur Suid-Afrikaanse inwoners in die buiteland verdien word.
KOPIEREG VOORBEHOU
22
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Inkome betalings
Verwys na inkome wat nie-inwoners in Suid-Afrika verdien.
Inkomevloeie
a. Vergoeding van werknemers
b. Beleggingsinkome
a. Vergoeding van werknemers
Lone, Salarisse en ander voordele wat vedien word deur individue in lande buite
die waarvan hulle inwoners is.
b. Beleggingsinkome
Dividende, rente, wins en ander vorms van inkome wat deur die voorsiening van
finansiële kapitaal verdien word.
Inkome-ontvangste in die betalingsbalans is gelyk aan die primêre inkome vanaf
die buiteland.
Inkome betalings in die betalingsbalans is gelyk aan die primêre inkome aan die
buiteland.
Onthou dat die BNI = BBP + primêre inkome vanaf die buiteland - primêre inkome
aan die buiteland.
2. Finansiële rekening
Internasionale transaksies in bates en laste word opgeteken.
 Alle suiwer finansiële vloeie na en van die land, soos die aankoop en verkoop
van finansiële bates.
Drie hoofkomponente van die finansiële rekening
i.
Regstreekse belegging
ii.
Portefeulje belegging
iii.
Ander belegging
i.
Regstreekse belegging
Alle transaksies waar die doel van die belegger is om beheer te verkry in die
bestuur van die onderneming waarin die belegging gemaak word.
ii.
Portefeulje belegging
Aankope van bates soos aandele of effekte waar die belegger slegs in die
verwagte finansiële opbrengs van die belegging, belang stel.
iii.
Ander belegging
Alle finansiële transaksies wat nie as regstreekse of portefeulje belegging
geklassifiseer is nie. Lenings, valuta en deposito’s word ingesluit.
KOPIEREG VOORBEHOU
23
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Surplus op finansiële rekening
Dui daarop dat meer fondse gedurende die betrokke tydperk die land ingevloei het
as wat uit gevloei het. Dit staan bekend as netto invloei van buitelandse kapitaal.
Tekort op finansiële rekening
Dui aan dat die uitvloei die invloei oorskry het. Dit staan bekend as ‘n netto uitvloei
van buitenadse kapitaal.
12. DIE METING VAN ONGELYKHEID: DIE VERDELING VAN INKOME
Drie maatstawwe word gebruik:
1. Lorenz – kromme
2. Gini – koëffisient
3. Kwantielverhouding
1. Lorenz – kromme
Eenvoudige grafiese hulpmiddel om die graad van ongelykheid van inkome te
illustreer.
Om die Lorenz – kromme t.o.v. die verdeling van inkome op te stel:
a. Verskillende individue of huishoudings in die ekonomie vanaf die armste tot die
rykste gerangskik word. Dit word op ‘n persentasiebasis gedoen.
b. Die opeenvolgende persentasies van die bevolking word op die horisontale as
getoon.
Die Horisontale as → Kumulatiewe persentasie van inkome
Die Vertikale as → Kumulatiewe persentasie van bevolking
Beskou die volgende:
Tabel 1
Persentasie
Bevolking
Inkome
Armste 20%
3
Volgende 20%
7
Volgende 20%
15
Volgende 20%
25
Rykste 20%
50
KOPIEREG VOORBEHOU
Kumulatiewe persentasie
Bevolking
Inkome
20
3
40
10
60
25
80
50
100
100
24
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 1: Lorenz – kromme
Punt a – Armste 20% van die bevolking, wat 3% van die inkome verdien.
Punt c – Toon 60% van die bevolking, wat 25% van die inkome verdien.
Diagonale lyn = Absolute gelyke verdeling van inkome
Die diagonaal moet by die oorsprong begin
2. Graad van ongelykheid
Hoe groter die afstand tussen die diagonaal en die Lorenx – kromme, hoe groter
is die graad van ongelykheid.
Grys gedeelte = Gebied van ongelykheid
3. Gini- koëffisiënt
Maatstaf van ongelykheid verkry deur gebied van ongelykheid in Lorenz-kromme
te verdeel en uit te druk as ʼn verhouding van die oppervlakte van die reghoekige
driehoek wat deur die asse en die diagonaal verkry word.
Figuur 1 vorm die driehoek deur die punte 0, A en B.
Kum.% Inkome
Gini koëffisiënt kan tussen 0 en 1 lê.
 Inkome absoluut gelyk verdeel = 0
 Inkome gelyk verdeel = nader aan 0
 Inkome ongelyk verdeel = nader aan 1
 In die praktyk lê die Gini-koëffisiënt gewoonlik tussen ongeveer
0.3 (meer gelyk)
0.7 (meer ongelyk).
Kum.% Bevolking
KOPIEREG VOORBEHOU
25
C MARAIS NOTAS
ECON 122
4. Kwantiel verhouding
Die verhouding tussen die persentasie van die inkome wat deur die hoogste x
present ( % ) van die bevolking ontvang word en die persentasie van die inkome
wat deur die y persent ( % ) van die bevolking ontvang word.
As ons die syfers van Tabel 1 gebruik word ‘n antwoord van 50 ÷ 3 = 16,7 verkry.
Hoe groter die verhouding, hoe groter is die graad van ongelykheid.
KOPIEREG VOORBEHOU
26
C MARAIS NOTAS
ECON 122
14 DIE MONETÊRE SEKTOR
Leeruitkomste






Omskryf die funksies van geld
Definieer die term geld
Omskryf die funksies van die SARB
Verduidelik die vraag na geld
Verduidelik hoe geldvoorraad bepaal word
Verduidelik die basiese instrumente van die monetêre beleid
1. DIE FUNKSIES VAN GELD
Die belangrikheid van geld kan verduidelik word deur ‘n geldekonomie te vergelyk
met ‘n ruilekonomie d.w.s. ‘n ekonomie wat sonder geld funksioneer.
Ruilekonomie
In ‘n ruilekonomie kan goedere slegs verruil word vir ander goedere op voorwaarde
dat daar ‘n dubbele ooreenstemming tussen die betrokke partye moet wees.
‘n Ruilekonomie vereis veelvuldige ruil transaksies wat omslagtig en
ondoeltreffend is.
Geldekonomie
Ruil vind plaas met behulp van geld.
In ‘n geldekonomie word die dubbele ooreenstemming van behoeftes tussen die
partye nie meer vereis nie.
Geld het 3 funksies:
1. Ruilmiddel of betaalmiddel
2. Rekeneenheid
3. Waardedraer
1. Geld as ruilmiddel ( of betaalmiddel)
Geld dien as ‘n smeermiddel of tussenganger om die ruilproses gladder en
effektiewer te laat verloop.
Wat is geld
Geld is enige iets wat algemeen aanvaar word as betaling vir goedere en dienste
of wat vir die aflossing van skuld aanvaar word.
2. Geld as rekeneenheid
Rekeneenheid
Die ooreengekome eenheid waarin die pryse van goedere en dienste uitgedruk
word.
KOPIEREG VOORBEHOU
27
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Geld is nie die enigste moontlike rekeneenheid nie. Enige kommoditeit of produk
kan as ‘n rekeneenheid dien.
‘n Algemene maatstaaf van die koste van verskille goedere en dienste word vereis
om die verskillende deelnemers in staat te stel om hul inkome op die voordeligste
manier te bestee.

Die funksie van geld as rekeneenheid stel ekonome in staat om maatstawwe
van die totale waarde van alle goedere en dienste wat in die ekonomie
geproduseer word te bepaal.

Die funksie van geld as ‘n rekeneenheid hou verband met die funksie van geld as
ruilmiddel. Die rekeneenheidfunksie is egter sekondêr tot die
betaalmiddelfunksie.

In tye van inflasie kan geld ook sy bruikbaarheid as rekeneenheid in ‘n mate
verloor. Indien pryse styg, moet die monetêre/ nominale waardes aangepas
word om vir die prysstygings voorsiening te maak ten einde meer betekenvolle
reële waardes te bepaal.
3. Geld as waardedraer
Geld as waardedraer
‘n Behoefte om rykdom in een of ander vorm te hou.
‘n Algemene vorm waarin rykdom gehou kan word, is geld, aangesien dit later
vir ander goedere en dienste verruil kan word.
Rykodom kan in ander vorme gehou word:
 Vaste eienedom
 Reële bates
 Aandele en Effekte
Voordeel van geld as waardedraer
Gerieflik en kan onmiddelik vir ander bates verruil word.
Geld is die mees likiede vorm waarin rykdom gehou kan word.
Nadeel van geld as waardedrear
Wanneer hoë inflasie ondervind word verloor geld sy koopkrag.


Waardedreaerfunksie en rekeneenheidfunksie van geld is gekoppel aan die
ruilmiddelfunksie.
Die waardedraerfunksie beteken dat geld as ‘n standard van uitgestelde betalings
dien.
KOPIEREG VOORBEHOU
28
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Dit beteken dat geld as maatstaaf van die waarde van uitgestelde waardes dien.
Geld is ook die middel waardeur krediet verleen word.
Wat geld nie is nie
Geld moet nie met inkome, welvaart of rykdom verwar word nie.
Inkome
Die vergoeding wat produksiefaktore in die produksieproses verdien.
Rykdom
Bates wat oor tyd opgebou is.
2. VERSKILLENDE SOORTE GELD
Verskillende vorme van geld:
1. Goedere of kommoditeite
2. Munte
3. Banknote / Papiergeld
4. Tjekrekenings
5. Elektroniese betalings
a. Goedere of kommoditeite
Die ruilwaarde wat aan die kommoditeite geheg is was gelyk aan die intrensieke
waarde daarvan.
b. Munte
Munte het hul waarde verloor en is deur skaars metale soos goud en silwer
vervang. Met verloop van tyd het die toenemende spesialisasie in produksie en
die gevolglike toename in handelsbedrywighede die gebruik van munte as
ruilmiddel ongerieflik gemaak.
c. Banknote / Papiergeld
Eerste verskyning was in Engeland gedurende die 16de eeu as gevolg daarvan
dat muntstukke op groter transaksies onhanteerbaar was. Die eienaars van goud
het dit destyds by goudsmede in veilige bewaring gedeponeer. In ruil vir die
deposito’s het hulle depositosertifikate gekry wat ter betaling van goedere en
dienste aan ander persone oorgedra kon word. Hierdie depositosertifikate was
die eerste vorm van papiergeld en is ten vole gedek deur die munte wat hulle
veronderstel was om te verteenwoordig.
d. Tjekrekenings
In enige ontwikkelde land, maak hierdie vorm van geld die grootste gedeelte van
die totale geldvoorraad uit.
e. Elektroniese betaalstelsels
Voortdurende tegnologiese verbetering in die monetêre sektor.
KOPIEREG VOORBEHOU
29
C MARAIS NOTAS
ECON 122
3. GELD IN SUID-AFRIKA
Drie verskillende maatstawwe vir geldhoeveelheid
1. Konvensionele maatstaaf – M1
2. Breër omskrywing van geld – M2
3. Die omvattende maatstaaf van geld – M3
Konvensionele maatstaaf – M1
M1 berus op die ruilmiddelfunksie van geld. Volgens hierdie maatstaaf sluit die
geldhoeveelheid alles in wat algemeen as ruilmiddel / betaalmiddel aanvaar word.
M1 is mees likied
M1 sluit in:
 Munte en note (in omloop buite die monetêre sektor)
 Onmiddellik opeisbare deposito’s (met inbegrip van tjek-en
transmissiedeposito’s) van die binnelandse private sektor by monetêre instellings
in.
Munte en note wat buite die monetêre sektor in omloop is, deel van die
geldvoorraad uitmaak.
Berekening van M1
M=C+D
M = Geldvoorraad
C = Kontant (Munte en note in omloop buite die monetêre sektor)
D = Onmiddellik opeisbare deposito’s
D is die grootste komponent van M1
Die monetêre sektor in Suid-Afrika sluit die volgende in:
 Suid-Afrikaanse reserwebank
 Korporasie vir openbare deposito’s
 Die landbank
 Postbank
 Private bank instellings
 Onderling bouverenigings
Onmiddellike opeisbare deposito’s
Verwys na deposito’s wat onmiddellik d.m.v. ‘n tjek of elektroniese oorplasing onttrek
kan word.
Breër omskrywing van geld – M2
M2 = M1 + alle ander kort- en middeltermyndeposito’s van die binnelandse private
sektor by monetêre instellings.
KOPIEREG VOORBEHOU
30
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Korttermyn deposito → Binne 30 dae
Middeltermyn deposito → Binne 6 maande
Korttermyndeposito’s ook bekend as kwasigeld.
Die omvattende maatstaaf van geld – M3
M3 = M2 + alle ander langtermyndeposito’s van die binnelandse private sektor by
monetêre instellings.


Langtermyn deposito → Langer as 6 maande
M3 hou verband met die waardedraerfunksie van geld en nie slegs met die
ruilmiddelfunksie nie.
 Soos van M1 na M2 en M3 beweeg word verskyf die klem van die
ruilmiddelfunksie na die waardedraerfunksie.
M3 is die minste likied
Die eng definisie van geld (M1)
Bestaan slegs uit munte, banknote en onmiddelike opeisbare deposito’s.
Breër definisie van geld
 M2 sluit ook korttermyndeposito’s in wat M2 meer as een en ‘n half keer so groot
as M1 maak.
 M3 wat ook langtermyndeposito’s insluit word as die beste maatstaaf van
verwikkelinge in die monetêre sektor beskou.
4. FINANSIËLE TUSSENGANGERS
Reële transaksies en Finansiële transaksies kan gebruik word om tussen die
reële en finansiële sektor van die ekonomie te onderskei.
Finansiële sektor
Daar is ‘n wye verskeidenheid instellings wat elkeen in ‘n bepaalde diens of segment
van die mark spesialiseer.
Instellings het een belangrike funksie in gemeen naamlik:
Om as tussengangers tussen die surpluseenhede en die tekorteenhede in die geld
ekonomie op te tree.
KOPIEREG VOORBEHOU
31
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die rol van Finansiële tussengangers tussen die surpluseenhede en die
tekorteenhede in die ekonomie
Huishoudings en firmas met surplusfondse spaar deur:
1. Hierdie fondse by finansiële tussengangers te belê of
2. Sekuriteit (skuldbewyse) van hulle te koop.
Die finansiële tussengangers leen fondse wat hulle ontvang aan:
1. Huishoudings
2. Firmas
3. Regering in ruil vir skuldbewyse
Indirekte finansiering – Regering koop staatseffekte waar finansiële
tussengangers as ‘n skakel dien tussen tekorteenhede en surpluseenhede in die
ekonomie.
Direkte finansiering – Surplus en terkroteenhede wat regstreekse transaksies
sluit.
Beskou die volgende voorbeeld (vir toetse en eksamen doeleindes)
Beskryf die twee funksies van geld vir ʼn finansiële analis en verduidelik die rol wat
elke funksie het in ons alledaagse persoonlike lewe.
Geld is alles wat algemeen aanvaar word as 'n betaling of ruilmiddel vir goedere en
dienste of wat aanvaar word vir die vereffening van skuld. Note en muntstukke is die
mees voor die hand liggende voorbeelde, maar dit vorm 'n relatiewe klein deel van
die totale bedrag geld. In die meeste gevalle word betaling gedoen deur deposito's
van een persoon na 'n ander oor te plaas, byvoorbeeld elektronies of deur 'n tjek uit
te skryf.
Geld dien ook as 'n rekeneenheid. Pryse, inkomste en ander belangrike
veranderlikes word gewoonlik in geldterme uitgedruk. Dit stel my in staat om my
KOPIEREG VOORBEHOU
32
C MARAIS NOTAS
ECON 122
uitgawes te begroot en te bestuur. Deur waardes in geldterme uit te druk, kan
verskillende dinge bymekaargetel word en verskillende soorte berekeninge gedoen
word. Individue se welvaart kan bereken word en die winste van ondernemings kan
geskat word. Geld is inderdaad 'n belangrike eenheid van rekening.
'n Derde belangrike funksie van geld is dat dit 'n waarde-waarde kan dien. Hiermee
bedoel ons dat u 'n deel van u welvaart in die vorm van geld kan hou. Elkeen wat
welvaart besit, moet besluit in watter vorm hy dit gaan hou. Rykdom kan in
verskillende vorme gehou word, insluitend vaste eiendom, aandele, effekte,
spaarrekeninge en Persiese tapyte. Rykdom kan ook in die vorm van geld gehou
word, wat maklik vir goedere en dienste verruil kan word.
5. DIE SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK (SARB)
Die Reserwebank is die hoof monetêre owerheid in Suid-Afrika.
Die SARB funksies en verantwoordelikhede:
a. Formulering en implimentering van monetêre beleid
b. Diens aan die regering
c. Voorsiening van ekonomiese en statistiese dienste
d. Handhawing an finansiële stabiliteit
Diens aan die regering
Dienste wat die SARB aan die sentrale regering lewer:
1. Bankier en raadgewer
2. Bewaarder van goud – en ander buitelandse reserwes
3. Administrasie van valutabeheer
Handhawing van finansiële stabiliteit
a. Banktoesighouding
b. Nasionale Betalingstelsel
c. Bankier van ander banke
d. Banknote en munte
6. DIE VRAAG NA GELD
Besitters van inkome en rykdom moet besluit in watter vorm hulle hul inkome en
rykdom gaan hou.
Rykdom kan in verskeie vorme gehou word:
Reële bates – Vate eiendom, ander waardevolle items soos skulderye, Oosterse
matte, oudhede
Finansiële bates – Kan verdeel word in Geld en rentedraende bates wat effekte
genoem word.
KOPIEREG VOORBEHOU
33
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Effek
‘n Finansiële instrument waarvolgens die person wat die effek uitreik (uitreiker /
lener) onderneem om gereeld aan die houer van die effek rente te betaal, asook om
op ‘n sekere datum die hoofsom terug te betaal.
Staatseffekte
Regering reik effekte uit om ‘n gedeelte van sy besteding te finansier.
Effek kenmerke:
a. Die hoofsom – Die bedrag wat die uitriker aan die houer moet terug betaal
wanner die effek verval.
b. Die verval datum – Die datum waarop die effek verval (d.w.s. die datum waarop
die uitreiker die hoofsom aan die houer moet terug betaal).
c. Die koeponkoers – Die rente uitgedruk as ‘n jaarlike koers wat die uitreiker
onderneem om tot die verval datum aan die houer te betaal.
Effekte mark vorm deel van die kapitaalmark.
Kapitaalmark
Die mark waar langtermyn finansiële instrumente verhandel word.
Finansiële instrumente bestaan uit vier katogorieë:
1. Vasterentedraende effekte
2. Veranderlike rentedraende effekte
3. Aandele
4. Verhandelbare dokumente
Vraag na geld
Die bedrag wat onderskeie deelnemers in die ekonomie beplan om in die vorm van
kontant te hou.
Wat is die geleentheidskoste van die hou van kontant
Die geleentheidskoste aan die hou van kontant is die rente wat verdien kon gewees
het indien effekte eerder met kontant gekoop is.
Twee belangrikste funksies van geld:
1. Ruilmiddel
2. Waardedraerfunksie
Hierdie twee funksies van geld kan gebruik word om tussen die twee
hoofkomponente van die vraag na geld te onderskei.
Twee hoofkomponente van die vraag na geld:
1. Transaksievraag na geld (hou verband met ruilmiddelfunksie van geld)
2. Vraag na geld as ‘n bate (hou verband met die waardedraerfunksie van geld)
KOPIEREG VOORBEHOU
34
C MARAIS NOTAS
ECON 122
John Maynard Keynes het die vraag na geld ook bekend as die
Likiditeitsvoorkeur (L) bestempel.
Drie redes om geld aan te hou
1. Transaksiemotief
 Aktiewe saldo, onafhanklik van rentekoerse.
2. Voorsorgmotief
 Aktiewe saldo, onafhanklik van rentekoerse.
3. Spekulasiemotief
 Passiewe saldo, afhanklik van rentekoerse
Verdere inligting volg oor die redes waarom geld aangehou word:
Transaksiemotief
 Die transaksiemotief hou verband met die ruilmiddelfunksie van geld.
 Die hoeveelheid geld wat vir transaksiedoeleindes nodig is, word hoofsaaklik
deur die totale waarde van die betrokke transaksies bepaal.
 Die waarde word op sy beurt deur die inkomepeil bepaal.
 Op die makrovlak is die transaksievraag na geld gevolglik ‘n funksie van die
totale inkome in die ekonomie.
Figuur 14-1 a: Die transaksievraag na geld
Die hoeveelheid geld wat vir transaksiedoeleindes aangevra word hang af van
die inkomepeil in die ekonomie (Y) en is hoofsaaklik onafhanklik van die
rentekoers (I). Vir ‘n gegewe vlak van inkome (Y1) is daar ‘n bepaalde
hoeveelheid geld wat aangevra word (L 1). Hoe hoër die inkomepeil, hoe verder na
regs sal L1 gelee wees.
KOPIEREG VOORBEHOU
35
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Spekulasiemotief
 Gekoppel aan die waardedraerfunksie van geld.
 Die geleentheidskoste om geld te hou is die rente wat verbeur word deur nie
effekte te hou nie.
 Die hoeveelheid geld wat vir spekulatiewedoeleindes gevra word laag sal wees
wanneer die rentekoers hoog is.
 Die hoeveelheid geld wat vir spekulasiedoeleindes gevra word hoër sal wees
wanneer die rentekoers laag is.
 Hou van geld – Min of geen rente verdien word nie.
 Hou van effekte – Rente word verdien.
Die gevolgtrekking is dus dat daar ‘n negtiewe / inverse / omgekeerde verband is
tussen die hoeveelheid geld wat vir spekuasiedoeleindes gevra word en die
rentekoerspeil. Dit word voorgestel in die vraagkromme van figuur 14.2
Figuur 14-2 b : Waardedraerfunksie
Die vraag na passiewe saldo’s word deur L 2 verteenwoordig. Hierdie kromme toon
die negatiewe of omgekeerde verband tussen rentekoerse en die hoeveelheid
passiewe saldo’s wat aangevra word. Teen ‘n bepaalde rentekoerspeil (i1) sal daar
geen fondse vir spekulatiewe doeleindes aangevra word nie.
Tabel 14-1: Die vraag na geld / likiditeitsvoorkeur: ‘n Opsomming
Funksie
Motief
Aktief / Passief
Ruilmiddelfunksie
Transaksie
Aktiwe saldo’s
Belangrike
determinante
Inkome
Waardedraer
Spekulasie
Passiewe saldo’s
Rentekoers
KOPIEREG VOORBEHOU
36
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 14-1 c : Totale geldvoorraadkromme
Die simbool L word gebruik om die likiditeitsvoorkeur aan te dui. Die totale vraag
na geld (LL) word verkry deur by elke rentekoerspeil die hoeveelheid aktiewe
saldo’s en die hoeveelheid passiewe saldo’s by mekaar te tel. Die totale vraag na
geld ten die gegewe inkomepeil (Y1)
Eienskappe van die geldvraagkromme:
 Negatiewe helling weerspeel die omgekeerde verband tussen die rentekoerspeil
en die hoeveelheid geld wat vir spekulasiedoeleindes gevra word.
 Die posisie van die vraagkromme word hoofsaaklik bepaal deur die vraag na
aktiewe saldo’s wat deur die inkomepeil bepaal word.
 Enige toename in inkome sal die totale vraagkromme na regs verskuif, terwyl ‘n
afname in die inkomepeil (die LL kromme) na links sal verskyf.
Likiditeitsvoorkeur vergelyking → L = f(Y, i)
L = Hoeveelheid geld wat aangevra word
Y = Totale inkome
i = Rentekoers
Beskou die volgende vraag (vir toets en eksamen doeleindes) :
Wat is die determinante van vraag na geld? Verduidelik die skakel tussen elke
determinant en die hoeveelheid geld gevra.
Die belangrikste bepalers is inkomste en rentekoerse. Die vraag na aktiewe saldo's,
dit wil sê die vraag na geld vir transaksiedoeleindes (wat verband hou met die
funksie van geld as 'n medium van ruil) hou ‘n positiewe verband met inkomste. Hoe
hoër die inkomstevlak, hoe groter is die waarde van die transaksies wat aangegaan
is, en hoe groter is die hoeveelheid geld wat gevra word (vir transaksiedoeleindes).
Met ander woorde, hoe groter die ekonomie word, hoe groter is die waarde van die
transaksies en hoe groter is die hoeveelheid geld wat benodig word vir
transaksiedoeleindes.
Die vraag na passiewe saldo's, dit wil sê die vraag na geld vir spekulatiewe
doeleindes (wat verband hou met die funksie van geld as 'n waardestoor) hou
verband met die huidige en verwagte rentekoersvlak. As rentekoerse byvoorbeeld
KOPIEREG VOORBEHOU
37
C MARAIS NOTAS
ECON 122
hoog is, is die geleentheidskoste om geld te hou (wat min of geen rente verdien nie)
hoog, en die hoeveelheid geld wat vir spekulatiewe doeleindes gevra word, sal laag
wees (ceteris paribus). Daar is dus 'n omgekeerde verband tussen rentekoerse en
die hoeveelheid geld wat vir spekulatiewe doeleindes gevra word. Hierdie
verhouding is geneig om te versterk as die verwagte rentekoerspeil ook in ag
geneem word.
7. DIE ROL VAN BANKE IN DIE GELDSKEPPING PROSES
Hoe word geld deur banke geskep
 Banke skep deposito’s deur lenings toe te staan
 Banke skep geld deur te reageer op die vraag na lenings deur leners wat die
bank as kredietwaardig beskou.
 Banke kan slegs lenings skep indien daar ‘n vraag na lenings deur
kredietwaardige voornemende leners is.
 Geld (in die vorm van onmiddellik opeisbare deposito's) word geskep deur die
geldskeppingsproses.
Twee maniere waarop geld geskep kan word:
1. Passief
2. Aktief
Passief
Geldvoorraad bly onveranderd
Aktief
 Geldvoorraad verander → Krediet word geskep
 Daar is beperkinge op die hoeveelheid krediet wat banke kan skep
Die aanbod van geld kan deur die volgende verander:
 Kontant reserwes
 Repo koers
 Ope mark transaksies
Hoe word geldvoorraad bepaal ?
Geldvoorraad word bepaal deur die wisselwerking tussen die rentekoers en die
vraag na geld
Geldmarkewewig
Vraag na geld = Aanbod van geld (beheer deur SARB).
KOPIEREG VOORBEHOU
38
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 14-2: Die bepaling van geldvoorraa
Geldvoorraad word bepaal deur die wisselwerking tussen die rentekoers en die
vraag na geld. Die prys van geld word bepaal deur die vraag na en aanbod van
geld. Teen rentekoerse hoër as i 1, sal daar ‘n oormaataanbod van geld wees en by
rentekoerse laer as i 1 sal daar ‘n oormaatvraag na geld wees. Indien die monetêre
owerhede die geldvoorraad verhoog, sal daar ‘n regwaartse verskuiwing van die
geldaanbodkromme wees en die ewewigsrentekoers daal van i 1 na i2.
8. MONETÊRE BELEID
Monetêre beleid
Die maatreëls wat deur die monetêre owerhede getref word om die geldvoorraad /
rentekoers te beïnvloed ten einde prysstabiliteit, volleindiensneming en ekonomiese
groei te bewerkstellig.
Hoe word die monetêre beleid gebruik?
1. Uitbreidende beleid
 Rentekoerse  of
 Geldvoorraad 
2. Inkrimpende beleid
 Rentekoerse  of
 Geldvoorraad 
9. INSTRUMENTE VAN DIE MONETÊRE BELEID
Instrumente van die monetêre beleid
a. Akkomodasiebeleid
b. Opemarkbeleid
c. Staatskuldbeheer
d. Inmenging in die mark vir buitelandse valuta
KOPIEREG VOORBEHOU
39
C MARAIS NOTAS
ECON 122
a. Akkomodasiebeleid
 Werk d.m.v. die repokoers
 Indien banke likiditeits probleme ervaar, tree die Reserwebank as kredietverlener
in laaste instansie op en stel dit deur die repostelsel, die nodige fondse
beskikbaar aan die banke.
 Deur die terugkooptenderstelsel / repostelsel word likiditeit aan banke voorsien
d.m.v. terugkoopooreenkomste tussen die Reserwebank en die bankkliënte.
Repokoers
Die koers waarteen banke die SARB bereid is om krediet aan banke te verleen.
b. Opemarkbeleid
 Werk d.m.v. die koop en verkoop van finansiële bates deur die sentrale bank met
die doel om ‘n bepaalde invloed op rentekoerse en die geldvoorraad uit te oefen,
via die invloed op die banke se kontantreserwes.
c. Ander maatreëls
Niemarkverwante maatreëls:
 Kredietplafonne
 Depositokoersbeheer
Monotêre beleidsmaatreëls:
 Wysings in valutabeheer regulasies
 Inmenging in die mark vir buitelandse valuta
 Staatskuldbeheer
Banktoesighouding
Banke word verplig om buiten kontant-reserwevereistes, ook aan kapitaal- en
likiede-batevereistes te voldoen.
10. SLOTOPMERKINGS
Monotêre oordragsmeganisme
Die skakel tussen die monotêre sektor en die reële sektor.
Oordragsmeganisme:
 Beskryf hoe veranderings in die geldvoorraad en rentekoerse deur die ekonomie
werk om uiteindelik die pryspeil, produksie, inkome en ander belangrike
veranderlikes te beïnvloed.
KOPIEREG VOORBEHOU
40
C MARAIS NOTAS
ECON 122
15 DIE OWERHEIDSEKTOR
Leeruitkomste







Verduidelik die redes vir owerheidsdeelname aan die ekonomie
Beskryf hoe die owerheid inmeng in die ekonomie
Verduidelik waarom die owerheid net soos market kan misluk
Onderksei tussen privatisering en nasionalisering
Verduidelik die fisikale beleid
Bespreek owerheidsbesteding en die finansiering daaran
Bespreek die kriteria vir ‘n goeie belasting
1. DIE OWERHEIDSEKTOR (OF OPENBARE SEKTOR)
Owerheidsektor bestaan uit die volgende:
1. Die sentrale regering
2. Streek / Provinsiale regering
3. Plaaslike owerheid
4. Openbare korporasies
A. Die sentrale regering
Hoofsaaklik bekommerd is met nasionale sake soos verdediging in die land se
betrekking met die res van die wêreld (d.w.s. buitelandse sake).
B. Streek / Provinsiale regering
Hoofsaaklik bekommerd met streeksake soos behuising, gesondheidsdienste en
onderwys
C. Plaaslike owerheid
Bekommerd oor plaaslike aangeleenthede soos die voorsiening van riolering,
water en elektrisiteit, paaie en verkeerskontrole
D. Openbare korporasies
Ander sake-ondernemings van die owerheid soos Eskom, Transnet en Rand
Water
Algemene owerheid bestaan uit:
1. Sentrale regerings
2. Provinsiale regerings
3. Plaaslike regerings
Openbare sektor bestaan uit:
1. Algemene owerheid
2. Openbare korporasies
3. Ander sake-ondernemings van die owerheid
KOPIEREG VOORBEHOU
41
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 15-1: Die wisselwerking tussen die owerheid, huishoudings en firmas
Die owerheid koop produksiefaktore van huishoudings op die faktormark en
goedere van die firmas op die goedere mark. Die owerheid verskaf
owerheidsgoedere-en-dienste aan huishoudings en firmas. Owerhuidsbesteding
word gefinansier deur belasting wat deur huishoudings en firmas betaal word.
2. MARKMISLUKKING
Markmislukking
Wanneer die markstelsel nie in staat is om ‘n doeltreffende allokasie van bronne te
bewerkstellig nie.
Markmislukking beteken dat die beste moontlike resultaat nie bereik is nie.
Vyf verskillende soorte markmislukking
1. Monopolie en onvolmaakte mededinging
2. Owerheidsgoedere
3. Eksternaliteite
4. Asimmetriese inligting
5. Gemeenskaplike eindomsbornne
A. Monopolie en onvolmaakte mededinging
Monopolie, Monopolistiese mededinging en Oliopolie nie tot ‘n doeltreffende
allokasie van skaars hulpbronne lei nie.
Stappe om die ekonomiese mag van monopolieë en oligoplieë teen te werk:
1. Niks te doen nie → Eenvoudig te hoop dat mededingers deur groot winste na die
mark gelok sal word.
2. Prysbeheer → Stel ‘n poging in om buitensporig hoë pryse te voorkom.
3. Volle ekonomiese wins van die monopolis te belas.
4. Monopolieë d.m.v. mededingingsbeleid te reguleer.
KOPIEREG VOORBEHOU
42
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Owerheidsgoedere (Nie private goedere)
Markmislukking deur owerheidsgoedere ontstaan wanneer die mark nie daarin slaag
om voldoende hoeveelhede van sekere goedere en dienste te voorsien nie.
Tabel 15.1 Vier soorte goedere
Uitsluitbaar
Mededingend in verbruik
1. Suiwer private
goedere
 Roomys
 Piesangs
 Hemde
 Rekenaars
 DVD- Spelers
 Mediese dienste
 ‘n Sitplek in bioskoop
Niemededingend in
verbruik
3.





Gemengde goedere
Stil paaie
Museums
Rugbystadions
Bioskope
Sataliet- TV
Nie-uitsluitbaar
2. Gemeenskaplike
eiendom
 Visserye
 Ander marienbronne
 Natuurlewe
 Riviere
 Lug
 Die omgeweing
 Gemeenskaplike
weiveld
4. Owerheidsgoedere
 Verdediging
 Straatligte
 Openbare inligting
 Uitsaaiseiene
 Basiese navorsing
Mededingend in verbruik
As meer as een persoon nie dieselfde eenheid van die produk kan verbruik nie.
Niemededingend in verbruik
As die verbruik deur een persoon nie die moontlikheid van verbruik deur ander
persone verminder nie.
Uitsluitbaar
‘n Produk is uitsluitbaar indien dit moontlik is, en nie te duur is nie, om iemand uit te
sluit van die voordele wat die produk bied nadat dit geproduseer is.
Nie-uitsluitbaar
As daar geen manier is om enige persoon van die gebruik daarvan te weerhou nadat
dit geproduseer is nie.
 Private firmas
Die kwadrante in tabel 15.1 stel elk ‘n ander soort produk of diens voor
1. Die eerste kwadrant bevat:
Goedere en dienste wat sowel mededingend in verbruik as uitsluitbaar is.
a. Mededingend en uitsluitbaar staan bekend as:
Suiwer private goedere / Normale goedere.
KOPIEREG VOORBEHOU
43
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Suiwer private / Normale goedere
Goedere en dienste wat verkieslik deur private inisiatief deur die markstelsel
voorsien behoort te word.
2. Die tweede kwadrant bevat:
Goedere wat mededingend in verbruik, maar nie-uitsluitbaar is.
b. Mededingend in verbruik, maar nie-uitsluitbaar staan bekend as:
Gemeenskaplike eiendomsbronne
3. Die derde kwadrant bevat:
Goedere wat uitsluitbaar, maar niemededingend in verbruik is.
c. Uitsluitbaar, maar niemededingend in verbruik staan bekand as:
Gemengde goedere
Gemengde goedere
Goedere kan deur die private sektor geproduseer word, maar die doeltreffende
gebruik daarvan vereis ‘n nulprys.
4. Die vierde kwadrant bevat:
Goedere wat nie-mededingend in verbruik en nie-uitsluitbaar is.
d. Nie- mededingend in verbruik en nie-uitsluitbaar staan bekend as :
Owerheids goedere / openbare goedere / kollektiewe goedere
Owerheidsgoedere
Goedere word gewoonlik nie deur die vrye mark geproduseer nie.
Breë impikasies van die klassifikasie vir die rol van die owerheid in die ekonomie
A.



Mededingend en uitsluitbaar
Die produksie van private goedere behoort aan die mark oorgelaat te word.
Private firmas kan hierdie goedere produseer en verkoop.
Indien die firmas prysnemers is sal hulle voldoen aan die voorwaarde vir
allokasiedoeltreffendheid en sal produseer waar die grenskoste gelyk is aan
die prys van die produk of diens
B. Nie mededingend en Nie- uitsluitbaar
 Private firmas sal nie owerheidsgoedere voorsien nie omdat dit nie-uitsluitbaar is.
 Die voorsiening van owerheids goedere is die verantwoordelikheid van die
owerheid.
C. Uitsluitbaar, maar niemededingend
 Gemengde goedere kan deur die private sektor voorsien word.
 Om ondoeltreffendheid te vermy, voorsien die owerheid dikwels self die
gemengde goedere. Slefs in sulke gevalle hef die owerheid soms ‘n
gebruikersheffing.
KOPIEREG VOORBEHOU
44
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Nie-uitsluitbaarheid gee aanleiding tot meelopery (free riding).
Meelopery
‘n Toetsand waar sommige of alle verbruikers glo dat die produk of diens in elke
geval voorsien sal word ongeag of hulle daaroor betaal of nie.
Eksternaliteite
Koste of voordele van ‘n transaksie of aktiwiteit wat gedra of geniet word deur party
wat nie regstreeks by die transaksie of aktiwiteit betrokke is nie.
Eksternaliteit staan ook bekend as derdeparty effekte / oorloop effekte /
omgeweings effekte


Waar eksterne koste tersprake is word die eksternaliteite as negatiewe
eksternaliteite bestempel.
Waar daar eksterne voordele is, word die term positiewe eksternaliteite gebruik.
Inkomeverdeling
Sosiaal onaanvaarbare inkome verdeling:
 Gemeenskap is ongelukkig met die uitkomste
Die owerheid se rol:
 Die owerheid van die gemeenskap moet maatreels tref om ‘n meer aanvaarbare
verdeling te bewerkstellig.
Maatreëls in verband wat getref word
i.
Instelling van ‘n progressiewe inkomebelasting
ii.
Gratis of gesubsidieerde voorsiening van sekere goedere en dienste aan
diegene wat dit die minste kan bekostig
iii.
Kontantoordragbetalings aan behoeftiges
iv.
Wetgewing en ander vorme van regulering
3. VERDIENSLIKE GOEDERE
Verdienstelike goedere
Goedere wat voordelig is vir die gemeenskap sodat elkeen in staat gestel behoort te
word om dit te ontvang en te verbruik.
Voorbeelde soos onderwys, gesondheid, brandbeskerming en sportgeriewe.
Drie breë funksies van owerheidsinmenging in die ekonomie:
1. Allokasiefunksie
2. Verdelingsfunksie
3. Stabilliseringsfunksie
KOPIEREG VOORBEHOU
45
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Allokasiefunksie
Verwys na die rol van die owerheid om markmislukking te korrigeer om ‘n meer
doeltreffende allokasie van bronne te bewerkstellig.
Verdelingsfunksie
Verwys na die optrede van die owerheid om ‘n meer gelyke of sosiaalaanvaarbare
verdeling van inkome as die wat deur markkragte gegenereer word te bewerkstellig.
Stabiliseringsfunksie
Verwys na maatreels wat die owerheid tref om makro-ekonomiese stabiliteit te
bevorder.
4. HOE MENG DIE OWERHEID IN
Maatreëls wat die owerheid tref om sy doelstellings te bereik
1. Openbare voorsiening van goedere en dienste
Dit kan bereik word deur openbare besit of deur owerheidsfinansiering van
produksie wat deur die private sektor onderneem word.
2. Om as ‘n markdeelnemer op te tree
Kan bereik word deur prysstabiliteit en herverdeling van inkome.
3. Owerheidsbesteding
Kan bereik word deur oordragsbetalings om die inkomeverdeling te verander.
4. Belasting
 Kan bereik word om inkome herverdeel en gewenste bedrywighede te bevorder.
 Belastingaansporings wat laer belastingskoerse insluit word gebruik om
investering te stimuleer en kleinsakeontwikkeling aan te moedig.
5. Regulering
Regulering verwys na alle wette, reels en regulasies wat private optrede
beinvloed soos arbeidswette.
Oorsake van owerheismislukking:
a. Die gedrag van politici wat stemme wil maksimeer
b. Die gedrag van burokrate
c. Die pagsoekende optreede van belangegroepe
 Verwys na pogings van private firms, huishoudings, sake-organisasies,
georganiseerde arbeid en ander belange groepe om hul self te bevoordeel ten
koste van die gemeenskap as geheel.
Ekonomiese pag
Die addisionele vergoeding wat eienaars van produksiefaktore ontvang afgesien van
die vergoeding wat die produksiefaktore in hul beste alternatiewe aanwendings sou
ontvang het.
KOPIEREG VOORBEHOU
46
C MARAIS NOTAS
ECON 122
5. NASIONALISERING EN PRIVATISERING
Nasionalisering
Die oodrag van eienaarskap van private besit na die owerheid
Privatisering
Die oodrag van die eienaarskap van bates van die owerheidsektor na die
privatesektor.
Beskou die volgende voorbeeld (Vir eksamen en toets doeleindes)
Die belasting op suikerversoete drankies in Suid-Afrika is tot dusver taamlik
kontroversieel. Op die oomblik word ʼn 20% belasting op die waarde van sulke
drankies voorgestel. In ʼn artikel op The Conversation maak Aviva Tugendhaft en
Karen Hofman die volgende argument:
Daar is ʼn oorweldigende opvatting dat as verbruikers opgevoed is, hulle goeie
keuses sal maak. Maar tans word voedsel- en drankkeuses gevorm deur
beskikbaarheid, bekostigbaarheid en mees belangrik onophoudelike bemarking. Die
voedsel en bemarkingsomgewing in SuidAfrika maak dit toenemend moeilik om
gesonde keuses te maak. Tans drink hoër inkomste groepe meer suikerversoete
drankies. Maar dit sal waarskynlik verander aangesien die industrie begin het om
laer inkomste groepe, wat meer kwesbaar is, te teiken
5.1 Daar word lank reeds die argument gevoer dat Eskom se prestasie verbeter kan
word deur privatisering. Vergelyk en kontrasteer die argumente vir en teen
privatisering, en stel dan kortliks jou opinie oor of Eskom geprivatiseer behoort te
word. Motiveer jou standpunt.




Argumente vir:
Doeltreffendheid
Regstreekse belegging
Belastingbasis
Fondse uit verkope



Argumente teen:
Doeltreffendheid
Eksterne kostes
Breër openbare belan
6. FISIKALE BELEID EN DIE BEGROTING
Fisikale beleid
Beleid oor die vlak en samestelling van owerheidsbesteding, belasting en
lenings.
Fisikale beleid word verdeel in:
a. Uitbreidende fisikale beleid
b. Inkrimpende fisikale beleid
KOPIEREG VOORBEHOU
47
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Uitbreidende fiskale beleid
 Resessie, negatiewe groei, werkloosheid
 Verhoog ekonomiese aktiwiteit
Hoe word die uitbreidende fisikale beleid toegepas:
 Verhoog owerheidsbesteding (G) en / of verlaag belasting (T)
 G>T
 Begrotingstekort (as G > T)
Inkrimpende fiskale beleid
 Oorverhitte ekonomie, inflasie, betalingsbalansprobleme...
 Verlaag ekonomiese aktiwiteit
Hoe word die fisikale beleid toegepas:
 Verhoog belasting (T) en / of Verlaag owerheidsbesteding (G)
 T>G
 Begrotingsurplus (as T > G)
Fiskale beleid word uitgeoefen d.m.v. die owerheidsbegroting
 Dit wys inkomstes en besteding van owerheid
 Verskil tussen owerheidsbesteding en belasting dus
 Uitgawes > inkomstes = Begrotingstekort
Die regering gebruik begroting om ekonomiese groei en indiensneming te
stimuleer, inkome te herverdeel, inflasie te beheer.
Fisikale beleid
Word deur die regering beheer.
Monetêre beleid
Die manipulasie van rentekoerse.
 Word deur die sentrale bank toegepas.
Owerheidsbesteding:
1. Veranderende verbruiksvoorkeure
Soos mense se inkome groei, groei hul vraag na G
2. Politieke en ander skokke
Owerheid spandeer aan wet en orde
3. Herverdeling van inkome
As die arm mense die grootste stem dra, gaan owerheid meer geld aan hulle
spandeer (vat van rykes, deur belasting) spandeer op armes om sosiale
besteding wat lewenspeil van armes te verbeter
KOPIEREG VOORBEHOU
48
C MARAIS NOTAS
ECON 122
4. Wanopvattings en aansprake
Mense vereis baie van die owerheid, as hul daarop reageer (om populer te wees)
gaan owerheidsbesteding buite beheer raak
5. Bevolkingsgroei en verstedeliking
Almal gaan stede toe, plaas druk op G, paaie, skole, HIV
10. FINANSIERING VAN OWERHEIDSBESTEDING
Drie bronne van finansiering:
1. Inkome uit eiendom
2. Belasting
3. Lenings
1. Inkome uit eiendom
 Huurinkome
 Rente
 Dividende inkom
 Wins wat verdien word uit owerheidsproduksie en verkope
 Lisensies en Gebruikerheffings
Inkome uit eiendom is egter ‘n relatief geringe bron van inkomste
2.



Lenings
Begrotingstekort te finansier
Binnelandse kapitaalmark/ internasionale kapitaalmarkte
Sentrale Bank
Sentale bank verhoog die geldvoorraad en is potensieel inflasionêr
11. BELASTING
Belasting
Verpligte betalings aan owerheid
 Vernaamste bron van owerheids inkome
Kriteria vir ‘n goeie belasting
a. Neutraliteit
b. Billikheid
c. Administratiewe eenvoud
a. Neutraliteit
Belasting moet minimum invloed op relatiewe pryse he, omdat pryse
markdeelnemers se besluite beinvloed (moet nie mense ontmoedig nie)
b. Billikheid
Die belasting moet so billik as moontlik tussen belasting betalers versprei word.
KOPIEREG VOORBEHOU
49
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Twee begeinsels kan gebruik word vir die betaling van belasting:
1. Vermoë-om-te-betaal-beginsel
2. Voordeelbeginsel
Vermoë-om-te-betaal-beginsel
Die vermoë om te betaal word deur die inkomevlak bepaal.
Twee soorte billikheid
a. Horisontale billikheid – Mense wat in dieselfde posisie verkeer moet dieselfde
belas word.
b. Vertikale billikheid – Mense wat in verskillende posisies is moet verskillende
belas word. (Ryk-klas betaal meer belasting as arme-klas)
Voordeelbeginsel
Die ontvangers van die voordele van ‘n bapaalde owerheidsuitgawe moet vir die
betrokke produk of diens betaal.
 Belasting kan beskou word as ‘n vordering of heffing t.o.v. die goedere en dienste
wat deur die owerheid voorsien word.
Voordeelbelasting staan bekend as gebruikersheffing.
Voorbeelde sluit in:
 Tolpaaie
 Bibioteekdienste
 Elektrisiteit
c. Administratiewe eenvoud
Belasting bring koste vir belastingbetalers mee.
Beskou die volgende voorbeeld(Vir eksamen en toets doel eindes)
Bespreek kortliks die kenmerke van goeie belasting.
 Neutraliteit -Belasting moet ‘n minimum invloed op relatiewe pryse he, omdat
pryse markdeelnemers se besluite beinvloed

Billikheid - Billik tussen belasting betalers versprei; "vermoë-om-te-betaalbeginsel", horisontale billikheid (dies inkomste dies belasting), vertikale billikheid
(ryk meer belas as arm) - "gebruiksheffing", tolpaaie, bibioteekdienste, elektrisiteit

Administratiewe eenvoud - Belasting betalers-rekord hou, rekenmeesters
(nakomings koste) en admin koste
Nakomings koste
Belastingbetalers moet rekord hou en belastingopgawes voltooi of rekenmeesters
aanstel om dit vir hulle te doen.
KOPIEREG VOORBEHOU
50
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Administratiewe koste
Mense word aangestel om belastingwette te skryf, belastingvorms te ontwerp,
belastingopgawes aan te slaan en belasting in te vorder.
Belastingvermyding
Hoë nakomings- en administratiewe koste en skep skuiwergate vir belastingbetalers.
 Wettig, maar verminder die owerheid se belastinginkomste.
Belastingontduiking
Wanneer mense nie belasting betaal wat hulle veronderstel is om te betaal nie.
 Onwettig
Verskillende soorte belasting:
1. Direkte belasting
2. Indirekte belasting
3. Algemene belasting
4. Selektiewe belasting
Direkte belasting
Op persone, meer spesifiek die inkomste en rykdom van individue en organisasies.
Voorbeelde sluit in:
 Persoonlike inkomstebelasting
 Maatskappybelasting
 Hereregte
Direkte belasting ook bekend as belasting op inkomste en rykdom.
Indirekte belasting
Belasting word op transaksies gehef en word betaal deur die diegene wat die
goedere en dienste verbruik.
Voorbeelde sluit in:
 BTW
 Doeaneregte
 Aksynsregte
Indirekte belasting ook bekend as belasting op goedere en dienste of belasting op
produkte en produksie.
Algemene belasting
Belasting word op meeste goedere en dienste gehef.
Selektiewe belasting
Belasting wat slegs op bepaalde goedere gehef word. (Aksynbelasting)
Voorbeelde sluit in:
 Sigarette
 Drank
 Brandstof
KOPIEREG VOORBEHOU
51
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Verskillende tipes belastingkoerse
1. Progressief
2. Proporsioneel
3. Regressief
Progressief
Belasting wat betaal word in verhouding tot die belasbare inkome toeneem soos die
belasbare inkome toeneem.
Voorbeeld - Persoonlike inkomste belasting in SA
Proporsioneel
Belasting wat betaal word en die belasbare inkomste by alle inkomstevlakke
dieselfde is
Voorbeeld - Maatskappybelasting in SA, word teen konstante % van
maatskappywinste gehef.
Regressief
Die verhouding tussen die belasting wat betaal word en die belasbare inkome
afneem soos wat belasbare inkomste toeneem (of styg soos wat inkomste daal).
Vorbeeld - Individue met lae inkome betaal 'n groter deel van hulle inkome aan
belasting as individue en groepe wat ’n hoë inkome verdien. (Bv. BTW)
Persoonlike inkomstebelasting
 Belangrikste vorm van direkte belasting en ok die belangrikste enkele bron van
belastinginkomste.
 Word gehef op belasbare inkomste van individue
 Belasbare inkomste is die wetlike betalingbasis
Betalings balans:
Persoonlike en ander toelae word van die individu se totale inkomste af getrek.
Grenskoers van belasting
Koers waarteen elke addisionele rand belas word.
Gemiddelde belastingskoers
Die verhouding tussen die belasting wat betaal word en die belasbare inkomste.
Gemiddelde belastingskoers ook bekend as effektiewe belastingskoers.
12. PERSOONLIKE INKOMSTE BELASTING IN SA IS PROGRESSIEWE
BELASTING
Belasting op toegevoegde waarde (BTW)
Belangrikste bron van indirekte belasting.
 Regressiewe belasting
 15% standaardkoers
 0% op sekere basiese voedselsoorte
KOPIEREG VOORBEHOU
52
C MARAIS NOTAS
ECON 122
16. DIE BUITELANDSE SEKTOR
Leeruitkomste
 Verduidelik wat globalisering beteken
 Verduidelik hoekom internasionale handel plaasvind
 Identifiseer verskillende moontlike handelsversperrings
 Verduidelik hoe wisselkoerse op die mark vir buitelandse valuta bepaal word
 Definieer die ruilvoet en verduidelik die belangrikheid daarvan
1. INLEIDING
Globalisering
Handel brei uit, kapitaalmarkte ontpop in ontwikkelende en oorgangsekonomieë,
toerisme neem toe en nuwe tegnologieë verbind die verste uithoeke van die wêreld
met mekaar.
Voordeel van globalisering
Skep nuwe geleenthede en verminder armoede.
Risiko’s wat globalisering inhou:
Die kewsbaarheid vir skokke wat hul oorsprong in die buitelandse sektor het,
verhoog.
Oopheid / Mate van integrasie
Die omvang van ‘n land se betrokkendheid by internasionale handel en finansies.
Suid-Afrikaanse ekonomie kan as ‘n oop ekonomie beskou word.
2. WAAROM LANDE HANDEL DRYF
Drie redes waarom lande handel dryf:
1. Nie selfonderhoudend nie
2. Produksiefaktore is nie eweredig tussen die verskillende lande verspreid nie
Besit nie alle hulpbronne nie
3. Spesialisasie, voer surplus uit
Twee teorië van spesialaisasie
a. Absolute voordeel
b. Relatiewe / vergelykende voordeel
Absolute voordeel
 Produseer ʼn produk goedkoper as ʼn ander land
 Lande sal baat indien hulle spesialiseer in die produksie van die produk waarvan
dit ‘n absolute voordeel het en daar dan handel tuseen hulle plaasind.
Beskou die volgende voorbeeld
KOPIEREG VOORBEHOU
53
C MARAIS NOTAS
Land
Australia
Japan
ECON 122
Produksie en verbruik
Voor handel plaasvind Na handel plaasgevind
het
100kg wool
50kg wol
Of
en
5 digitale kameras
5 digitale kamers
50kg wol
50kg wol
Of
en
10 digitale kamers
5 digitale kamers
Australia het ‘n absolute voordeel in produksie van wol, terwyl Japan ‘n absolute
voordeel in die produksie van digitale kamers.
Gestel die ruilverhouding is 10kg wol vir een digitale kamera.
 Austalia sal 50kg wol uitvoer na Japan inruil vir 5 digitale kamers.
 Met spesialisasie en handel kan sowel Australia as Japan dus 50kg en 5 digitale
kamers verbruik.
Relatiewe voordeel
 Lande sal voordeel trek uit handel indien die geleentheidskoste van produskie in
die twee lande verskil.
 Elke land sal geneig wees om te spesialiseer in daardie goedere waarin dit ‘n
relatiewe voordeel het en dan ‘n deel daarvan uitvoer mits ‘n geemnskaplike
voordelige ruilverhouding gevind kan word.
Beskou die volgende voorbeeld:
Maksimum produksie per arbeider per dag in Duitsland en Suid-Afrika
Duitsland: 2 motors of 8 vate wyn
Suid – Afrika: 1 motor of 6 vate wyn
Figuur 16-1: Produksiemoontlikhede vir Duitsland en Suid-Afrika
KOPIEREG VOORBEHOU
54
C MARAIS NOTAS
ECON 122
‘n Duitse werker kan ‘n maksimum van 2 motors of 8 vate wyn of enige
intermediêre kombinasie van die twee per week produseer soos in (a) aangetoon.
‘n Suid-Arikaanse werker kan ‘n maksimum van 1 motor of 6 vate wyn of enige
ander intermediêre kombinasie van die twee per week produseer soos in (b)
aangetoon. Die helling helling van die produksiemoontlikheidskrommes illustreer
die geleentheidskoste in die twee lande. In Duitsland is die geleenheidskoste van
‘n motor gelyk aan 4 vate wyn en inSuid-Afrika is die geleentheidskoste van ‘n
motor 6 vate wyn. Vir internasionale handel om te geskied, moet die ruilverhouding
iewers tussen die twee verhoudings wees, bv 1 motor vir 5 vate wyn.
Voorbeeld 3
Die onderstaande tabel toon produksiemoontlikhede vir Suid-Afrika en Spanje in die
vervaardiging van pruime en appels.
Appels
Pruime
A
0
15
Suid-Afrika
B
C
20
40
10
5
Spanje
D
60
0
R
0
60
S
20
40
T
40
20
U
60
0
1. Wat is elke land se kosteverhouding van die vervaardiging van pruime en
appels?
Vir Suid-Afrika is die geleentheidskoste om 1 Pruim te produseer = 4 Appels te
produseer (of 1 appel om ¼ pruim te produseer)
Vir Spanje is die geleentheidskoste om 1 Appel te produseer = 1 Pruim
2. Watter nasie behoort in watter produk te spesialiseer?
 Spanje het 'n vergelykende / relatiewe voordeel in die produksie van pruime.
Spanje moet pruime uitvoer.
 Suid-Afrika het 'n vergelykende / relatiewe voordeel in die produksie van appels.
Suid-Afrika behoort appels uit te voer.
Voorbeeld 4
Oorweeg die geval van twee lande, Afganistan en die VSA, wat albei tapyte en
vliegtuie produseer. Die tabel hieronder toon opbrengskoerse per dag in die twee
lande as alle hulpbronne volkome en doeltreffend benut word. Beantwoord Vrae 3.13.3, aan die hand van hierdie tabel.
Afganistan
VSA
Tapyte
100
500
Vliegtuie
4
25
1. Hierdie is ʼn voorbeeld van watter tipe handelsvoordeel?
 Vergelykende voordeel (Relatiewe voordeel)
KOPIEREG VOORBEHOU
55
C MARAIS NOTAS
ECON 122
2. Watter land moet vliegtuie uitvoer, en hoekom? Motiveer deur gepaslike
syfers te toon.
VSA
 Vir Afghanistan is die geleentheidskoste om 1 vliegtuig te vervaardig = 25 matte.
 Vir die VSA is die geleentheidskoste om 1 vliegtuig te vervaardig = 20 matte,
daarom het die VSA vergelykende voordeel in vliegtuie.
3. Watter land moet tapyte uitvoer, en hoekom? Motiveer deur gepaslike
syfers te toon.
Afganistan
 Vir Afghanistan is die geleentheidskoste om 1 tapyt te vervaardig = 1/25 vliegtuig.
 Vir die VSA is die geleentheidskoste om 1 tapyt te vervaardig = 1/20 vliegtuig,
daarom het Afghanistan 'n vergelykende voordeel in matte.
Voorbeeld 5
Suid-Afrika en Nigerië het die handelsbande tussen hulle deur die jare versterk.
Hierdie twee lande is produsente van kakao en hout. Onder die voorwaardes van
volle indiensneming word die produksie-inligting per arbeider hieronder gelys.
Produk per arbeid
Kakao
Houd
Suid-Afrika
100kg
150kg
Nigerië
300kg
30kg
1. Wat is die geleentheidskoste om 1 kg hout in Suid-Afrika en Nigerië te
produseer?
 Suid-Afrika = 100/150 = 0,67 of 2/3 kg kakao
 Nigerië = 300/30 = 10 kg kakao
2. Watter land het die vergelykende (relatiewe) voordeel in die produksie van
hout?
 Suid-Afrika
3. Wat is die geleentheidskoste om 1 kg kakao te produseer in Suid-Afrika en
Nigerië?
 Suid-Afrika = 150/100 = 1,5 kg hout
 Nigerië = 30/300 = 0,1 kg hout
4. Watter land het die vergelykende (relatiewe) voordeel in die produksie van
kakao?
 Nigerië
5. Watter land moet kakao produseer en uitvoer, en watter land moet hout
produseer en uitvoer?
 Nigerië moet kakao produseer en na Suid-Afrika uitvoer.
 Suid-Afrika moet houtproduseer en na Nigerië uitvoer.
KOPIEREG VOORBEHOU
56
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Voorbeeld 6
Suid-Afrika en Brasilië is een van die twee lande in die ekonomiese groep met die
naam BRICS. hierdie lande het besluit om hul handelsbande te versterk deur
produkte te ondersoek waarmee hulle kan handel dryf mekaar, naamlik vars
produkte soos appels en lekkers en banketbakkers. Veronderstel verder dat as SuidAfrika al sy hulpbronne gebruik, 100 kg lekkers en banketbakkers kan produseer of
50 kg appels per dag. Net so kan Brasilië óf 40 kg lekkers en banketbakkers
produseer, óf 10 kg van appels. 1.1 Bereken en bepaal watter land 'n relatiewe
voordeel in die produksie van appels en watter land het 'n relatiewe voordeel in die
produksie van lekkers en banketbakkers.
Lekkers en
suikergoed (S) in kg
Suid-Afrika 100
Brazil
40
Appels (A) in kg
Verhouding
50
10
1 Lekker : 0.5 Appels
1 Lekker : 0.25 Appels
Suid-Afrika 100
Brazil
40
50
10
1 Appel : 2 Lekkers
1 Appel : 4 Lekkers
Suid-Afrika het dus 'n relatiewe voordeel in die produksie van appels.
Brasilië het 'n relatiewe voordeel in die produksie van lekkers en suikers.
Voorbeeld 7
Neem aan dat Japan drie motors of nege motorfietse kan vervaardig, terwyl
Duitsland vier motors of agt motorfietse kan vervaardig:
1. Bereken die geleentheidskoste om een van elke produk te produseer.
Voertuie
Motorfietse
Japan
3
9
Duitsland
4
8
Voertuie:
JAPAN: 1 Motor: 3 motorfiets
DUITSLAND: 1 motor: 2 motorfiets
MOTORFIETSE:
JAPAN: 1 MOTORFIETS: 0.33 Voertuie
DUITSLAND: 1 MOTORBIKE: 0.5 Voertuie
2. Watter land het ʼn mededingende voordeel in motors en motorfietse?
Duitsland: Voertuie
Japan: Motorfietse
KOPIEREG VOORBEHOU
57
C MARAIS NOTAS
ECON 122
3. Bepaal die gemeenskaplike voordelige ruilverhouding tussen die twee
lande vir beide die produkte.
2<x<3
4. HANDELSBELEID
Handelsbeleid
Die regering tref maatreëls om die binnelande firmas teen buitelandse mededinging
te beskrem of om die invoervolume te beperk.
Maatreëls wat regering instel:
a. Invoertariewe
b. Invoerkwotas
c. Subsidies
d. Nietariefversperrings
e. Valutabeheer
f. Wisselkoersbeleid
Invoertariewe
Regte of belasting wat gehef word op produkte wat deur ‘n land ingevoer word.
Beskermende tariewe
Tariewe word gebruik om die binnelandse firmas teen invoermededinging te
beskerm.
Inkomste-Tariewe
Om inkomste vir die regering te genereer.
Invoertariewe kan ‘n netto verlies aan die welvaart van die gemeenskap tot gevolg
he.
Invoerkwotas
Fisiese hoeveelheid ingevoerde goedere te beheer en is ‘n vorm van regstreekse
inmening in die markmeganisme.
Subsidies
Plaaslike produsente het dieselfde ekonomiese impak as belasting op ingevoerde
goedere.
Nietariefversperrings
Geskied in die vorm van diskriminerende administratiewe praktyke
Voobeelde van diskriminerende administratiewe praktyke:
 Die doelbewuste toekenning van regeringskontrakte aan plaaslike firmas
 Die daarstelling van bepaalde tegniese standaarde
 Die spesifikasies waaraan buitelandse firmas moeilik kan voldoen
 Spesiale lisensievereistes
KOPIEREG VOORBEHOU
58
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Valutabeheer
Word gebruik om die invoer te beperk deur die hoeveelheid buitelandse valuta wat
vir die aankoop van ingevoerde goedere gebruik kan word, te beperk.
Wisselkoersbeleid
‘n Doeltreffende instrument om internasionale handel te beïnvloed as die tradisionele
elemente soos tariewe, kwotas en subsidies.
5. WISSELKOERSE
Wisselkoers
Die koers waarteen geldeenhede verruil word.
Die wisselkoers is ‘n verhouding tussen die pryse van twee geldeenhede of die
prys van een geldeenheid uitgedruk in ‘n ander geldeenheid.
Appresiasie
‘n Toename in die waarde of prys van een geldeenheid.
Depresiasie
‘n Daling in die waarde of prys van ander geldeenhede.
Valutamark
‘n Internasionale mark waarin een geldeenheid vir ‘n ander geldeenheid verruil word.
DIE VRAAG NA EN AANBOD VAN DOLLARS
1. Die vraag na dollars
Diegene wat hul rande vir dollars wil verruil.
Die vraag na dollars kom uit verkillende bronne:
A. Handel
Suid-Afrikaanse invoerders wat goedere en dienste invoer waarvoor hulle in
dollar betaal.
B. Koop van aandele
Suid-Afrikaanse inwonders wat dollar-gedomineerde bates in Amerikaanse
maatskappye wil koop.
C. Verkoop van aandele
Amerikaanse beleggers wat hul Suid-Afrikaanse bates wil verkoop.
D. Toerisme
Suid-Afrikaanse toeriste wat dollars of dollar-gedomineerde reisigerstjeks
aankoop.
E. Spekulante
Verwag dat die waarde van die rand m.b.t. to dollar gaan daal.
KOPIEREG VOORBEHOU
59
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Algemene reël is dat hoe duurder die dollar is, hoe kleiner is die hoeveelheid dollar
wat aangevra word, ceteris paribus.
Figuur 16-2: Die mark vir buitelande valuta
Die prys van dollar (in rand) word op die vertikale as aangedui. Die hoeveelheid
dollar word op die horisontale as gedui. DD verteenwoordig die vraag na
Amerikaanse dollar en SS die aanbod van Amerikaanse dollar. Die
ewewigswisselkoers is 1$ = R8. Teen laer pryse is daar ‘n oormaat vraag na
dollar. Teen hoer pryse is daar ‘n oormaat aanbod van dollar. Die
ewewigshoeveelheid is $10 miljard per dag.
2. Die aanbod van dollar
Diegene wat hul dollars vir rande wil verruil.
Die aanbod na dollars kom uit verkillende bronne:
A. Handel
Suid-Afrikaanse firmas wat goedere en dienste uitvoer. Die invoerders van SuidAfrikaanse goedere wat in dollar uitgedruk is, word verruil na rand.
B. Koop van aandele
 Buitelandse houers wat van dollar wat Suid-Afrikaanse bates aankoop.
 Dollar word ook op die valutamark aangebied.
C. Verkoop van aandele
Suid-Afrikaanse beleggers wat hul buitelandse bates wat in dollar-gedonineerd is,
verkoop en die opbrengs omskakel na rand.
D. Toerisme
Toeriste in Suid-Afrika wat dollars en dollar-gedomineerde reisigerstjeks vir rande
wil omruil.
E. Spekulante
Verwag dat die waarde van die rand m.b.t. to dollar gaan styg.
KOPIEREG VOORBEHOU
60
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 16-3: ‘n Afname in die aanbod van dollars
Die oorspronklike aanod (SS), vraag (DD) ewewigsprys-en-hieveelheid is dieselfde
as figuur 16-2. Die daling in die aanbod van die dollars verskuif die
aanbodkromme na S1S1. Die ewewigsprys (of wisselkoers) verander na $1 = R9
en die ewewigshoeveelheid daal na $8 miljard.
3. Die ewewigswisselkoers
Ewewigswisselkoers
Die koers waarteen die hoeveelheid dollar wat aangevra word, gelyk is aan die
hoeveelheid dollar wat aangebied word.
Hierdie toon hoe ‘n wisselkoers deur markkragte bepaal word.
4. Veranderings in vraag en aanbod: Appresiasie en Depresiasie van
geldeenhede


Wanneer die dollar duurder word, word gesê dat die dollar teenoor die rand
appresieer of dat die rand teenoor die dollar depresieer.
Wanneer daar ‘n daling in die prys in dollar is beteken dit dat die dollar teenoor
die rand depresieer en die rand teenoor die dollar appresieer.
Beskou die volgende voorbeeld:
$1 = R8
$1 = R9
Rand het teenoor die dollar gedepresieer.
1÷8 = $0.125 vir 1 Rand
1÷9 = $0,111 vir 1 Rand
Dollar het geappresieer.
$1 = R8
$1 = R6.50
KOPIEREG VOORBEHOU
61
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Rand het teenoor die dollar geappresieer.
1÷8 = $0.125 vir 1 Rand
1÷6 = $0,167 vir 1 Rand
Dollar het gedepresieer.
Tabel 16-1: Veranderings in aanbod van en vraag na dollar: ‘n Opsomming
Verandering
Vraag na dollar
neem toe
Aanbod van dollar
neem toe
Vraag na dollar
daal
Aanbod van dollar
neem af
Aangedui deur
Verskuiwing van
die vraagkromme
na regs
Verskuiwing van
die
aanbodkromme na
regs
Verskuiwing van
vraagkromme na
links
Verskuiwing van
die
aanbodkromme na
links
Rand
Depresieer
Dollar
Appresieer
Appresieer
Depresieer
Appresieer
Depresieer
Depresieer
Appresieer
F. DIE RUILVOET
Ruilvoet
Die verhouding tussen uitver en invoer pryse (uitgedruk as ‘n indeks).
Ruilvoet =
𝑈𝑖𝑡𝑣𝑜𝑒𝑟𝑝𝑟𝑦𝑠𝑖𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠
𝐼𝑛𝑣𝑜𝑒𝑟𝑝𝑟𝑦𝑠𝑖𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠
KOPIEREG VOORBEHOU
𝑥 100
62
C MARAIS NOTAS
ECON 122
17. ‘N EENOUDIGE KEYNESIAANSE MODEL VAN DIE
EKONOMIE
Leeruitkomste




Verklaar die ewewigspeil van totale inkome in die ekonomie
Beskryf die vernaamste kenmerke van die verbruiksfunksie
Aan te dui wat die vernaamste determinante van investering is
Bepaal die ewewigsonkomepeil in ‘n ekonomie wat slegs uit huishoudings en
firmas bestaan
 Beskryf wat die vermenigvuldiger is en verduidelik hoe dit werk
1. PRODUKSIE, INKOME EN BESTEDING
Nasionalerekeninge-stelsel
‘n Boekhoustelsel wat gebruik word om ekonomiese aktiwiteite te meet nadat dit
plaasgevind het.
Ex post- gelykheid
‘n Latynse term wat aandui dat die meting na afloop van die gebeurtenis (of na die
werklike gebeure) geskied.
In die nasionale rekeninge is:
Toetale besteding gedurende enige bepaalde tydperk altyd gelyk aan die totale
produksie en inkome gedurende daardie tydperk.
Makro-ekonomiese teorie
Daar is geen waarborg dat die totale besteding aan totale produksie of inkome gelyk
sal wees nie.
Drie hoofvloeie in die ekonomie:
1. Produksie
2. Inkome
3. Besteding
Produksie – Skep inkome wat dan gebruik word om die produkte wat in die eerste
plek geproduseer is, te koop.
Inkome - Altyd gelyk aan produksie maar daar is geen waarborg dat alle inkome
bestee sal word nie.
Besteding – Kan sowel groter of kleiner as inkome wees.
Drie moontlikhedes van besteding:
1. Besteding kan gelyk wees aan produksie en inkome
2. Bestings kan groter as produksie en inkome wees
3. Besteding kan kleiner as produksie en inkome wees
KOPIEREG VOORBEHOU
63
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Besteding kan = Produksie en inkome
 Indien alle inkome bestee word, word die totale produksie verkoop en kan verwag
word dat die huidige produksiepeil gehandhaaf word.
 As besteding net genoegsaam is om die totale produksie te koop, het produsente
geen aansporing om hul produksie uit te brei nie.
 In hierdie geval is produksie en inkome by hul ewewigsvlakke.
Ewewig is ‘n situasie waar daar geen neighing tot verandering is nie en waar
geeneen van die deelnemers enige aansporing het om hul gedrag te verander nie.
Dinge sal gevolglik dieselfde bly.
Indien besteding > Produksie en Inkome
Sal die vraag na goedere en dienste groter wees as die beskikbare produksie of
aanbod.
 Produksie en inkome neig om toe te neem.
 In hierdie geval sal produsente se voorraad afneem wat hulle sal aanspoor om
hul produksie uit te brei.
 Produksie en inkome is gevolglik nie by die ewewigsvlakke nie.
Twee redes waarom besteding in ‘n gegewe tydperk groter kan wees as inkome wat
tydens daardie tydperk verdien word:
1. Huishoudings en firmas kan besparings uit ‘n vorige tydperk aanwend om hul
besteding te financier.
2. Goedere en dienste kan op krediet aangekoop word.
Indien totale besteding < Totale produksie en inkome is, sal:
 Totale vraag na goedere en dienste kleiner as die totale produksie wees.
 Produksie en inkome sal neig om te daal.
 In hierdie geval sukkel produsente om hul goedere en dienste te verkoop, d.w.s.
hul voorraad neem toe.
 Produksie en inkome is gevolglik nie by hul ewewigvlakke nie.
Y = Totale produksie, Opbrengs of inkome in die ekonomie.
A = Totale besteding / Totale vraag in die ekonomie.
Drie moontlike verwantskappe tussen produksie, inkome en besteding:
1. A = Y
Ewewig
2. A > Y
Produksie brei uit
3. A < Y
Verminder produksie
A = Y, dit sal gebeur by volleindiensname van produksie of inkome.
KOPIEREG VOORBEHOU
64
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Yf = Volle-indiensnemingsinkomepeil
Wet van Say
Alle lekkasies / onttrekkings sal vanself weer deel van die inkome-enbestedingskringloop word.
 Wanneer dit gebeur, sal totale besteding altyd gelyk wees aan totale inkome.
 Volgens die Wet van Say sal daar nooit ‘n ontoereikende vraag na goedere en
dienste in die ekonomie wees nie.
Die Wet van Say vereis geen owerheidsinmenging om totale besteding te
beïnvloed nie.
Volgens Jean-baptiste word:
Totale prouksie of aanbod (Y) deur sy eie vraag (A) skep.
Y→A
Volgend John Maynard Keyens word:
Die inkomepeil (Y) deur die peil van van totale besteding of vraag (A) bepaal.
A→Y
In die Keynesiaanse model is die ewewigsvoorwaarde dat die totale vraag gelyk
moet wees aan die totale inkome.
 Dikwels nodig vir die owerheid om in te gryp ten einde totale besteding te
stimuleer.
‘n Ekonomie wat net uit huishoudings en firmas bestaan:
Twee soorte besteding aan goedere en dienste:
1. Verbruikersbesteding (C) - Besteding deur huishoudings aan
verbruikersgoedere en dienste
2. Investering (I) – Besteding deur firmas aan kapitaalgoedere.
Indien totale besteding (A) uit verbruikersbesteding (C) en Inversteringsbesteding (I)
bestaan, volg dit dat die ekonomie in ewewig is wanneer verbruikersbestedingplus
inversteringsbesteding gelyk is aan die totale inkome (Y).
Daar is ewewig wanner Y = C + I
3. VERBRUIKERSBESTEDING
Hooftipes verbruikersgoedere en-dienste:
a. Duursame goedere
b. Semiduursame goedere
c. Nieduursame goedere en dienste
Aankoop van duursame goedere
Totale verbruik is ‘n relatiewe stabiele deel van die totale inkome in enige ekonomie.
Duursame goedere – meublement, huishoudelike toestelle en vervoertoeristing.
KOPIEREG VOORBEHOU
65
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Aankoop van semiduursame goedere
Aankope word bepaal deur faktore soos veranderings in verbruikers se inkome, die
beskikbaarheid en koste van krediet beïnvloed.
Semiduursame goedere – Klerasie, skoeisel en motoronderdele.
Besteding aan nieduursame goedere
Mees stabiele komponent van verbruikersbesteding.
Nieduursame goedere – Voedsel, Drank, Tabak.
DIE VERBRUIKERSFUNKSIE
Verbruikersfunksie / Konsumpsiefunksie
Die verwantskap tussen verbruikersbesteding deur huishoudings en totale inkome.
3 Belangrike kenmerke van die verbruikersfunksie:
1. Verbruik neem toe as inkome toeneem
2. Verbruik is positief selfs as inkome nul is
3. Verbuik neem toe as inkome toeneem, maar die toename in verbruik is kleiner as
toename in inkome.
A. Verbruik neem toe as inkome toeneem
Positiewe verband tussen verbruikersbesteding en inkome.
B. Verbruik is positief selfs as inkome nul is
Weerspieël die invloed van die nie-inkome-determinante van
verbruikersbesteding.
C. Verbuik neem toe as inkome toeneem, maar die toename in verbruik is
kleiner as toename in inkome
‘n Deel van die bykomende inkome word gespaar.
Figuur 17-1: Die Verbruikersfunksie
KOPIEREG VOORBEHOU
66
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Lyn C verteenwoordig die verbruikersfunksie. Die drie kenmerke van die
verbruikersfunksie wat vroeër genoem is word bevestig in die figuur.
1. Dit is eerstens ooglopend dat verbruikersbesteding toeneem as inkome
toeneem.
2. Die tweede kenmerk is dat verbruik nie tot nul daal nie, selfs al daal inkome tot
0. Wanneer Y nul is, is verbruik steeds op ‘n positiewe vlak, wat in die figuur
deur C1 voorgestel word. Die feit dat C1 positief is, beteken dat inkome nie die
enigste determinant van verbruik is nie.
3. Die derde belangrikste kenmerk wanneer verbuik toeneem as inkome
toeneem, maar die toename in verbruik is kleiner as toename in inkome. As
inkome van Y1 na Y2 toeneem, styg verbruik van C2 na C3. Die verandering in
C ( ∆𝐶 ) is kleiner as die verandering in Y ( ∆𝑌 ).
Totale verbruikersbesteding kan in twee komponente verdeel word :
a. Outonome komponent
b. Geïnduseerde komponent
Outonome verbruik
Die deel van verbruik wat onafhanklik van die inkomepeil is.
Outonome verbruik kan ook beskou word as die minimum vlak van verbruik wat uit
ander bronne benewens inkome gefinansier word.
Bv – Vorige besparings of krediet.
Geïnduseerde komponent
Verbruik neem toe as inkome toeneem.
Figuur 17-2: Outonome en Geïnduseerde verbruik
Die grys oppervlakte stel outonome verbruik voor, terwyl die oorblywende
gedeelte van die oppervlakte onder die verbruiksfunksie geïnduseerde verbruik
voorstel. Outonome verbruik is onafhanklik van die inkomepeil, terwyl
geïnduseerde verbruik toeneem as inkome toeneem. Outonome verbruik
verander wanneer een van die nie-inkome-determinante van verbruik
verander.
KOPIEREG VOORBEHOU
67
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Nie-inkome-Determinante van verbruik wat outonome verbuik sal beïnvloed:
1. Rentekoers
2. Verwagtings
3. Rykdom
4. Inkomeverdeling
5. Ander

Rentekoers
Kan verbruikersbesteing op twee maniere beïnvloed :
a. Die meeste verbruikers gebruik krediet om duursame goedere te koop.
Die koste van sulke verbruikerskrediet is die rente wat verbruikers moet betaal op
die bedrag wat hul leen. Hoe hoër die rentekoers, hoe duurder is krediet en hoe
kleiner sal verbruikersbesteding wees.
b. Rentekoers verteenwoordig ook opbrengs op besparings .
Hoe hoër die rentekoers, hoe groter is die opbrengs op besparing en hoe meer
aantreklik is dit om te spaar.
 Verwagtings
Die vlak van verbruikersbesteding hang af van huishoudings se verwagtings.
Huishoudings sal hul verbruikersbesteding verhoog indien tekorte verwag word of
indien hul oortuig is dat inflasie gaan styg.
 Rykdom
Rykdom bestaan uit die netto geldwaarde van die bates soos geld, aandele en vaste
eiendom wat mense besit. As die waarde van die hierdie bates toeneem is hul
geneig om meer te bestee. Die geldwaarde van sulke bates kan ook daal, wat
beteken dat verbruik afneem. Die reële waarde van verbruiks se bates word deur die
pryspeil beïnvloed. ‘n Styging in die pryspeil verlaag die die reële waardes van die
bates.
 Inkomverdeling
Lae-inkomehuishoudings bestee ‘n groter gedeelte van hul inkome as die met ‘n hoë
inkome. Die vlak van verbruikersbesteding sal van die verdelig van inkome afhang.
Veranderings in die verdeling van inkome sal geneig wees om totale
verbruikersbesteding te verander. As inkome van ryk na arm gesinne herverdeel
word sal die vlak van verbruikersbesteding neig om te styg. ‘n Herverdeling van
inkomste ten gunste van hoë-inkomehuishoudings neig om hoër besparings en laer
verbruikersbesteding tot gevolg te he.
 Ander
Ander nie-inkomefaktore wat die vlak van verbruikersbesteding kan beïnvloed is
oudersomsamestelling van die bevolking en die peil van belasting.
KOPIEREG VOORBEHOU
68
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die vergelyking vir die verbruikersfunksie
Die verbruikersfunksie wat in figuur 1 en 2 voorgestel word deur kan ook as ‘n
vergelyking geskryf word. Ons gebruik die simbool 𝐶̅ vir outonome verbruik. Die
waarde van die outonome verbruik 𝐶 word deur die vertikale afsnit van die
verbruikersfunksie gegee.
̅ + cY
Verbruikersfunksie → C = 𝑪
Die waarde van die geïnduseerde verbruik hang van twee dinge af:
a. Die grensverbruiksgeneigdheid c, wat die helling van die verbruikersfunksie gee
b. Die inkomepeil Y
Beskou die volgende:
Geïnduseerde verbruik kan uitgedruk word as die produk van c en Y (d.w.s. cY). As
die grensverbruiksgeneigdheid (c) 0.75 en die inkomepeil (Y) R1000 is, is
geïnduseerde verbruik cY = 0.75 x R1 000 = R750. Dit beteken dat R750 van R1000
wat verdien word aan die verbruik bestee sal word.
Totale verbruik (C) is die som van outonome verbruik (𝐶̅ ) en geïnduseerde verbruik
̅ + cY
(cY) d.w.s. C = 𝑪
𝐶̅ → Altyd groter as nul
c → ‘n Waarde tussen 0 en 1
Grensverbruiksgeneigdheid
Die verhouding tussen die verandering in verbruik en die verandering in in inkome.
 Word gewoonlik met die simbool C aangedui.
Grensverbruiksgeneigdheid (C) =



∆C
∆Y
Grensverbruiksgeneigdheid dui die gedeelte van ‘n toename in inkome aan wat
verbruik sal word.
Kan nooit groter as een wees nie, omdat die gedeelte van bykomende inkome
wat verbruik sal word nooit die bykomende inkome sal oorskry nie.
Grensverbruiksgeneigdheid lê tussen 0 < c < 1.
4. BESPARING
Besparing
Die weerhouding van verbruik.
Huishoudings kan hul inkome op twee maniere aanwend:
a. Bestee
b. Spaar
Y=C+S
Waar die simbool S besparing verteenwoordig
KOPIEREG VOORBEHOU
69
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Om die vergelyking vir die besparingsfunksie te verkry:
S=Y–C
= Y – (𝐶̅ + cY) aangesien C = 𝐶̅ + cY
= Y - 𝐶̅ – cY
= - 𝐶̅ + y – cY
= - 𝐶̅ + (1 – c)Y
̅ + (1 – c)Y
Besparingsfunksie S = - 𝑪
Of
̅ + (1 – c)Y waar 𝑺
̅=-𝑪
̅
Besparingsfunksie S = 𝑺
Byvoorbeeld, as 𝐶̅ = 50 en c = 0.75 is:
S = -50 + (1 – 0,75)Y
= -50 + 0,25Y
5. INVESTERINGSBESTEDING
Investering (I )
Verwys na die produksie en aankoop van kapitaalgoedere.
 Investering hou verband met die produksiefaktor, Kapitaal.
 Die vlak van investering word as onafhanklik van die inkomepeil beskou.
Investeringsbesluit
Investeringsbesluit berus op 3 belangrike veranderlikes:
1. Koste van Kapitaalgoedere
2. Rentekoers
3. Verwagte inkomste wat uit die kapitaalgoedere verdien gaan word
Figuur 17-3: Die Investeringsfunksie
Daar is ‘n inverse of omgekeerde verband tussen die investering (I) en die
rentekoers (i), ceteris paribus. Hoe hoër die rentekoers, hoe laer sal die verwagte
KOPIEREG VOORBEHOU
70
C MARAIS NOTAS
ECON 122
opbrengs op investering wees. Ingelyks sal die verwagte opbrengs op inverstering
toeneem as die rentekoers daal.
Volgens die figuur sal ‘n:
 Verbetering in winsverwagtings deur ‘n regswaartse verskuiwing van die
investeringsfunksie voorgestel word.
 Verswakking in sakevertroue sal ‘n linkswaartse verskuiwing van die
investeringsfunskie toon.
Die vergelyking van die investeringsfunksie
Investering (I) is onafhanklik van die inkomepeil (Y).
 Dit is outonoom m.b.t. inkome
Inversteringsfunskie → I = 𝑰̅
Figuur 17-4: Investering en die inkomepeil
Investeringsbesteding (I) is onafhanklik van die inkomepeil (Y). Investering is
outonoom m.b.t. die vlak van totale inkome in die ekonomie.
6. DIE EENVOUDIGE KEYNESIAANSE MODEL VAN ‘N GESLOTE EKONOMIE
SONDER ‘N OWERHEID
‘n Eenvoudige makro-ekonomiese model van inkomebepaling
Die totale bestedingsfunksie
KOPIEREG VOORBEHOU
71
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Om totale besteding te verkry moet C en I by elke vlak van Y bymekaar getel
word. Verbruikersbesteding (C) is positief verwant aan die inkomepeil (Y).
Figuur 17-5 c: Die totale berskedingsfunskie
Totale bestedingsfunksie word verkry deur deur verbruik (C) en investering (I) by
elke inkomepeil bymekaar te tel. Die A-funksie is parallel aan die C-funksie. Die
vertikale verskil tussen die twee is die outonome investeringspeil (𝐼 ̅ )
Die 45°- lyn
Figuur a
Indien albei asse volgens dieselfde skaal
geteken word, verteenwoordig dit ‘n 45°lyn wat deur dieoorsprong loop en alle
punte waar A = Y. Die lyn toon dus alle
moontlike ewewigspunte aan.
KOPIEREG VOORBEHOU
Figuur b
Enige punte bo die lyn is A > Y
verteenwoordig dit ‘n oormaatvraag.
Enige punt onder die lyn is Y > A
verteenwoordig dit ‘n oormaataanbod
72
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 17-7: Die ewewigsinkomepeil
Die ewewigsvlak van inkome wat as Y0 aangedui word, is die inkomepeil waarby
totale besteding (A) aan totale inkome (Y) gelyk is. Dit word in die figuur getoon
waat totale besteding die 45°-lyn sny (0A0 = 0Y0 ). By enige inkomepeil onder Y0 is
daar ‘n oormaatvraag en by enige inkomepeil bo Y0 is daar ‘n oormaataanbod
langs die totale bestedingsfunksie.
Hoe word die ewewigsinkomepeil bepaal ?
Met behulp van:
1. Woorde
2. Simbole en vergelykings
3. Syfers
4. Grafieke
Met behulp van woorde
Ewewigspunt : A = Y
Daar is slegs ewewig indien A = Y
Onbepaalde afname in voorraad : A > Y
Die rede vir hierdie is dat heersende produksie nie voldoende is om in die vraag
na goedere en dienste te voorsien nie. Die onbepaalde afname in voorrade dien
as ‘n aansporing vir firmas om hul produksie van goedere en dienste in die
volgende tydperk te verhoog.
Onbepaalde toename in voorraad : Y > A
Firmas vind dat hul nie al die goedere en dienste wat gedurende die tydperk
geproduseer is kan verkoop nie en verlaag daarom hul produksie in die volgende
tydperk.
Met behulp van simbole en vergelykings
Veronderstel die verbruiks- en investeringsfunksies is soos volg:
C = 50 + 0.8Y en I = 150
KOPIEREG VOORBEHOU
73
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Om totale besteding (A) te verkry:
A =C+I
= (50 + 0.8Y) + 150
= 200 + 0.8Y
Om ewewig te bepaal (Y + A):
Y = 200 + 0.8Y
Y – 0.8Y = 200
0.2Y = 200
200
Y=
0.2
Y0 = 1000
Met behulp van syfers
Makro-ekonomiese ewewig kana an die hand van ‘n syfervoorbeeld geïllustreer
word.
Tabel 1 – Makro-ekonomiese ewewig : ‘n Syfervoorbeeld
Kombinasie
1
Totale besteding
(A)
600
Totale produksie
(Y)
500
2
800
750
3
4
1000
1200
1000
1250
5
1400
1500
Resultaat
Oormaatvraag van
100
Oormaatvraag van
50
Ewewig
Oormaataanbod
van 50
Oormaataanbod
van 100
Soos aangetoon word totale besteding verteenwoordig deur A = 200 + 0.8Y
As Y = 500, is
A = 200 + 0.8(500)
= 600
Dit word deur kombinasie 1 voorgstel
As Y = 750, is
A = 200 + 0.8(750)
= 800
Dit word deur kombinasie 2 voorgestel
Ewewig is waar A = Y
Dit word voorgestel deur kombinasie 3
Met behulp van grafieke
Die inligting in die voorbeeld kan grafies voorgestel word.
KOPIEREG VOORBEHOU
74
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 8 - Die ewewigsinkomepeil
Die figuur toon die Verbruiksfunksie C = 50 + 0,8Y, die Investeringsfunksie I =
150, die Totale bestedingsfunksie A = 200 + 0,8Y en die Ewewigsvoorwaarde
Y = A. Die ewewig kom tot stand waar die A-kromme en die 450-lyn sny, d.w.s. by
inkomepeil van 1000. Snypunt word deur punt E aangedui. By enige punt links
van punt E is A bo die 45°-lyn d.w.s. A> Y. Daar sal ‘n oormaatvraag voorkom en
firmas sal hul vlak van produksie uitbrei. By enige punt regs van punt E le A
onder die 45°-lyn d.w.s. Y> A. Daar sal ‘n oormaataanbod voorkom en firmas sal
hul produksie verminder. Ewewig sal net by ‘n produksie- of inkomevlak van
1000 tot stand kom.
5. DIE ALGEBRAÏSE WEERGAWE VAN DIE ENVOUDIGE KEYNESIAANSE
MODEL
Die keynesiaanse model het drie elemente:
a. Verbruikersfunksie
b. Investeringsfunksie
c. Ewewigsvoorwaarde
̅ + cY
Verbruikersfunksie → C = 𝑪
waar C = Totale verbruikersbesteding
𝐶̅ = Outonome verbruik
c = Grensverbruiksgeneigdheid
Y = Inkome
cY = Geïduseerde verbruik
Inversteringsfunskie → I = ̅𝑰
Ewewigsvoorwaarde → Y = A
KOPIEREG VOORBEHOU
75
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Ewewigsinkomepeil
Y=A
=C+I
= 𝐶̅ + cY + 𝐼 ̅
= 𝐶̅ + 𝐼 ̅ + cY
Y – cY = 𝐶̅ + 𝐼 ̅
(1 - c)Y = 𝐶̅ + 𝐼 ̅
Ewewigsinkomepeil → Y0 =
1
1−c
(𝐶̅ + 𝐼 ̅ )
Of
Ewewigsinkomepeil → Y0 =
1
1−c
(𝐴̅)
Waar 𝐴̅ = 𝐶̅ + I̅
6. DIE INVLOED VAN ‘N VERANDERING IN INVESTERING : DIE
VERMENIDVULDIGER
Vermenigvuldiger
Die verhouding tussen die verandering in inkome en die verandering in outonome
besteding.
∆Y
∆A
Die grootte an die vermenigvuldiger hang af van die grootte van die deel van die
addisionele inkome wat in elke rondte gegenereer word wat in die volgende rondte
bestee word, met ander woorde van die grensverbruiksgeneigdheid (c) .
Figuur 17-9: Die vermenigvuldigerproses
KOPIEREG VOORBEHOU
76
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die oorspronklike totale bestedingsfunksie word deur A1 voorgestel en die
oorspronklike ewewig deur E1. Die investering neem toe wat die totalebestedingskromme opaarts na A2 verskuif. Die nuwe ewewigsposisie word deur E2
aangedui. Ten einde die vermenigvuldiger te verduidelik word die beweging van E1
na E2 in verskillende tydperke verdeel. Die trapsgewyse proses word deur die
bewegings na z,y,x,w,v,u ens aangedui.
Beskou die volgende eenvoudige syfervoorbeeld.
Veronderstel 'n ekonomie waarin C = R2 miljoen + 0.6Y en 𝐼 ̅ = R2 miljoen.
Ewewigsinkomepeil Y0 is R10miljoen. Veronderstel dat sakevertroue
geweldig verbeter en dat investering met R12 miljoen (tot R14 miljoen)
styg. Die uitwerking van hierdie toename in investering op die
ewewigsinkomepeil word nou grafies en numeries ondersoek.
Sowel die oorspronklike totale bestedingsfunksie (A1) as die nuwe een na die
toename in investeringsbesteding (A2) word in Figuur 9 aangetoon. Let op dat
die afsnit (A = 𝐶̅ + 𝐼 ̅ ) van R4 miljoen tot R12miljoen toegeneem het, terwyl
die helling van albei krommes 0,6 (R4 000 000 ÷ R16 000 000)is. Die helling
bly dieselfde omdat die grensverbruiksgeneigdheid (c) nie verander het nie.
Die snypunt van die 450 -lyn en die A-kromme (d.w.s. die ewewigspunt)
verskuif van E1 tot E2. Die figuur lewer duidelik ‘n resultaat dat daar die
verskuiwing 'n toename in die ewewigsinkomepeil van R10miljoen tot
R40miljoen impliseer. Die proses waardeur die aanvanklike toename in
investering van R12 miljoen die ewewigsinkomepeil met R30 miljoen (van
R10 miljoen tot R40miljoen) verhoog, word nou nagegaan.

Die hoër investeringsbesteding veroorsaak onmiddellik 'n beweging vanaf
E1 na punt z. By hierdie punt is die totale besteding gelyk aan R22
miljoen, terwyl produksie steeds tydelik by 'n vlak van R10 miljoen is. Daar
is dus 'n oormaatvraag na goedere.

Gedurende die daaropvolgende tydperk (ongeveer so lank as wat dit
neem om die goedere te produseer) sal produksie ook tot 'n vlak van R22
miljoen uitbrei ten einde in die groter vraag te voorsien. Daar word
gevolglik in die rigting van punt y in die figuur beweeg.

By punt y het inkome ook met R12 miljoen toegeneem (d.w.s. van z tot y),
wat beteken dat verbruiksbesteding vanweë die
grensverbruiksgeneigdheid met R7,2 miljoen toegeneem het (cY = 0,6 x
12 = 7,2). So word daar na punt x beweeg.

Die toename in vraag (van y tot x) moedig vervaardigers weereens aan
om produksie met 'n ooreenstemmende bedrag (R7,2 miljoen) tot punt w
te verhoog.
KOPIEREG VOORBEHOU
77
C MARAIS NOTAS

ECON 122
Die proses word herhaal met kleiner toenames in besteding en inkome
totdat die nuwe ewewigspunt E2 bereik word. By punt E2 is die gaping
tussen besteding en die inkomepeil (d.w.s. die oormaatvraag) volledig
uitgewis en is daar geen verdere rede om produksie te verhoog of te
verlaag nie.
Die totale toename in inkome (∆Y) kan uitgedruk word as:
∆Y =
𝟏
𝟏−𝐜
(∆𝐈)
Waar c = Grensverbruiksgeneigdheid
∆I = Aanvanklike verandering in investering
Om die verandering in inkome (∆Y) te verkry:

Moet die verandering in investeringsbesteding (∆I) met
Om die verandering in inkome te verkry → ∆𝐈 x
1
1−c
gemaal word.
𝟏
𝟏−𝐜
Enige verandering in outonome besteding (∆𝐴̅), sal 'n vermenigvuldigerproses in
werking stel en die ewewigsinkomepeil (Y0) met 'n veelvoud van die aanvanklike
verandering verander. Die verhouding tussen die verandering in inkome en die
verandering in outonome besteding (∆Y/∆A) word die vermenigvuldiger genoem.
In 'n ekonomie wat slegs uit huishoudings en firmas bestaan:
 Word die grootte van die vermenigvuldiger deur die grensverbruiksgeneigdheid
(c) bepaal.
 Hoe groter die grensverbruiksgeneigdheid, hoe groter sal die vermenigvuldiger
wees.
𝐕𝐞𝐫𝐦𝐞𝐧𝐢𝐠𝐯𝐮𝐥𝐝𝐢𝐠𝐞𝐫 → α =
1
1−c
Ons kan ook skryf ∆Y = α (∆𝐴̅), wat bloot 'n ander manier is om te sê dat die
verandering in inkome gelyk sal wees aan die produk van die vermenigvuldiger en
die verandering in outonome besteding.
Die vermenigvuldiger kan ook gebruik word om die Ewewigsinkomepeil te bepaal.
𝐄𝐰𝐞𝐰𝐢𝐠𝐬𝐢𝐧𝐤𝐨𝐦𝐞𝐩𝐞𝐢𝐥 → Y0 =
KOPIEREG VOORBEHOU
𝟏
𝟏−𝐜
(𝒄̅ + ̅𝑰)
78
C MARAIS NOTAS
ECON 122
7. ‘N ALGEBRAÏESE AFLEIDING VAN DIE VERMENIGVULDIGER
̅ + cY en I = 𝑰̅ word die oorspronklike ewewigsinkomepeil (Y0) soos
A. Met C = 𝑪
olg bereken:
Y=A
=C+I
= 𝐶̅ + cY + 𝐼 ̅
= 𝐶̅ + 𝐼 ̅ + cY
Y – cY = 𝐶̅ + 𝐼 ̅
(1-c)Y = 𝐶̅ + 𝐼 ̅
Y0 =
1
1−c
(𝐶̅ + 𝐼 ̅ )
B. Indien 𝑰 met ∆𝑰 van ̅𝑰 tot (𝑰̅ + ∆𝑰) toeneem, sal die ewewigsinkomepeil (Y0 +
∆Y) wees.
Deur 𝐼 deur (𝐼 ̅ + ∆𝐼) en Y0 deur (Y0 + ∆Y) te vervang, kry ons:
(Y0 + ∆Y) =
=
1
(𝐶̅ + 𝐼 ̅ + ∆𝐼)
1−c
1
1−c
(𝐶̅ + 𝐼 )̅ +
1
1−c
(∆𝐼)
C. Om die ∆Y te kry gebeur die volgende:
∆Y =
1
1−c
∴ ∆Y =
(𝐶̅ + 𝐼 )̅ +
1
1−c
1
1−c
(∆𝐼) of
(∆𝐼) -
∆𝐘
∆𝐈
=
1
1−c
(𝐶̅ + 𝐼 )̅
1
1−c
Dit toon weereens dat die vermeniguldiger gelyk is aan
1
1−c
In die algemeen kan gestel word dat:
∆Y = α(∆𝐴̅)
Waar α = Die vermenigvuldiger
∆𝐴̅ = Verandering in outonome besteding
8. VOORBEELDE
Voorbeeld 1
Veronderstel die volgende inligting beskryf die ekonomie van Suid-Afrika:
KOPIEREG VOORBEHOU
79
C MARAIS NOTAS
ECON 122
C = 300 + 0.8Yd
I = 300
G = 250
X = 300
M = 150 + 0.6Yd
T= 0.25Yd
1. Bereken Suid-Afrika se ewewigsinkomste (Ye) deur gebruik te maak van die
bestedings benadering en stel ook u antwoord grafies voor.
Y=C+I+G+X–Z
Y = 300+0.8(1-0.25)Y+300+250+300-(150+0.6Y)
Y = 300 + 0.8(0.75)Y +300+250+300-150-0.6Y
Y = 300 + 0.6Y+300+250+300-150-0.6Y
Y = 1000
A=Y
A
C+I+G+X-Z
1000
Y
1000
2. Bereken Suid-Afrika se huidige vlak van spare (by ewewig).
S = -300 + 0.2Y
S = -300 + 0,2(1000)
S = -100
OF
S = -300 + 0.4Y
S = -300 + 0,4(1000)
S = +100
VOORBEELD 2
Gebruik die gegewe data om die volgende vrae te beantwoord. Toon alle
berekeninge (rond elke antwoord af tot die tweede desimaal).
S = -250 + 0.2Y
Z = 75 + 0.15Y
KOPIEREG VOORBEHOU
80
C MARAIS NOTAS
ECON 122
G = 2 000
I = 900
X = 1 500
T = 0.1Y
1. Lei die verbruiksfunksie sonder belasting af.
C = 250 + 0.8Y
2. Bereken die vermenigvuldiger.
α=
=
1
1−c (1−t)+𝑚
1
1−0.8(1−0.1)+0.15
= 2.33
3. Hoeveel is totale spare
S = -250 + 0.2Y
S = -250 + 0.2(10636.53)
S = 1877.91
OF
S=1877.31
4. Hoeveel word deur huishoudings spandeer
C = 250 + 0.8(1-0.1)Y
C = 250 +0.72(10636.53)
C = 7908.30
Of
C= 7910.47
5. Wat is die verandering in die ewewigsproduksiepeil indien investering met
10% verlaag?
90
∆Y = α(∆𝐴̅)
= 2.33 (-90)
= -209.7
So
10636.53-209
= 10426.83
OF
=10427.53
KOPIEREG VOORBEHOU
81
C MARAIS NOTAS
ECON 122
6. Bereken die vermenigvuldiger indien belasting tot 15% styg.
α=
=
1
(1−t)+𝑚
1−c
1
1−0.8(1−0.15)+0.15
= 2.13
7. Gebruik die oorspronklike data en bereken die nuwe ewewigsproduksiepeil
indien regeringsbesteding daal met 500.
∆Y = α(∆𝐴̅)
= 2.33 (-500)
= -1165
SO
10636.53-1165
= 9471.53
KOPIEREG VOORBEHOU
82
C MARAIS NOTAS
ECON 122
18. KEYNESIAANSE MODELLE WAT DIE OWERHEID EN
DIE BUITELAND INSLUIT
Leeruitkomste
 Verduidelik hoe owerheidsbesteding die vlak van produksie en inkome
beïnvloed.
 Beskryf hoe ‘n proporsionele inkomstebelasting die vermenigvuldiger
beïnvloed.
 Die eenvoudige Keynesiaanse model te gebruik om die uitwerking van die
fisikale beleid te ontleed.
 Verduidelik hoe uitvoer en invoer die inkomepeil in die binnelandse ekonomie
beïnvloed.
 Die uitwerking van veranderings in owerheidsbesteding in die oop ekonomie te
ontleed.
1. DIE INSLUITING VAN DIE OWERHEID IN DIE MODEL
Die insluiting van die owerheid beteken dat:
Die uitwerking van die owerheidsbesteding (G) en belasting (T) op veranderlikes
ondersoek word.
Die veranderlikes wat ondersoek word:
 Die peil van totale besteding (A)
 Die vermenigvuldiger (α)
 Ewewigspeil (Y0)
Owerheidsbesteding en belasting is die hoofkomponente van die begroting
en ook die hoofinstrumente van die fisikale beleid.
Owerheidsbesteding (G)
Owerheidsbesteding is in wese ‘n politieke aangeleentheid d.w.s.
owerheidsbesteding word deur politieke doelwitte eerder as deur die inkomepeil (Y)
bepaal.
Owerheidsbesteding word dikwels verhoog wanneer die inkomepeil daal.
Daar is geen stelselmatige verband tussen G en Y nie.
̅
Owerheidsbesteding → G = 𝐆
Die strepie bokant G dui aan dat G outonoom is m.b.t. Y
Grafiese voorstelling van die verwantskap tussen owerheidsbesteding en in
inkomepeil
KOPIEREG VOORBEHOU
83
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur 18-1: Owerheidsbesteding
̅ toon die owerheidsbesteding (G) outonoom m.b.t. inkome (Y)
Die horisontale lyn G
is. Met ander woorde die vlak van G is onafhanklik van die vlak van Y.
Hoe beïnvloed die insluiting van owerheidsbesteding (G) die peil van totale
besteding (A).
 Owerheidsbesteding aan goedere en dienste (G) moet by die ander komponente
van totale besteding, nl verbruikersbesteding en investering gevoeg word.
Wanneer die owerheid bygevoeg word is → Totale besteding (A) = C + I + G
Figuur 18-2: Totale besteding in ‘n ekonomie met ‘n owerheidsektor
Om die vlak van totale besteding (A) te verkry, moet G (wat onafhanklik van Y is)
bloot teen elke vlak van Y by C + I gevoeg word. Dit word geïlistreer deur die afsnit
wat van 𝐴̅1 toeneem met G tot 𝐴̅2 en die hele A-kromme verskuif paralel opwaarts
met dieselfde afstand. Die nuwe totale-bestedingskromme is C + I + G. Die figuur
toon ook die 45°-lyn. Let daarop dat die insluiting van owerheidsbesteding die
snypunt tussen die totale besteding en die 45°-lyn van E1 na E2 verskuif. Die
ewewigsinkome neem toe van Y1 tot Y2 – die insluiting van owerheidsbesteding
verhoog dus die ewewigsinkome, ceteris paribus.
KOPIEREG VOORBEHOU
84
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Met hoeveel sal die ewewigsinkome toeneem?
Inkome sal gelyk wees aan die verandering in outonome besteding (in hierdie geval
die toevoeging van G) vermenigvuldig met die vermenigvuldiger.
Algebraïs kan die model soos volg uitgedruk word:
(Ewewigsvoorwaarde – Vergelyking 18-1)
(Totale besteding – Vergelyking 18-2)
(Verbruikersfunksie – Vergelyking 18-3)
Y=A
̅
A = C + I̅ + G
C = 𝐶̅ + cY
Stappe om die ewewigsinkomepeil (Y) te bereken.
Stap 1: Ons begin met die ewewigsvoorwaarde (Vergelyking 18-1):
Y=A
Stap 2: Vervang A in deur dit aan die regterkant van Vergelyking 18-2 te plaas:
̅
Y = C + I̅ + G
Stap 3: Vervan C in deur dit aan die regterkant van Vergelyking 18-3 te plaas:
̅
Y = (𝐶̅ + cY) + I̅ + G
Stap 4: Al wat oorbly is om die vergelyking op te los:
̅
Y – cY = 𝐶̅ + I̅ + G
̅
∴ Y(1 – c) = 𝐶̅ + I̅ + G
∴ Y0 =
1
1−c
̅ )…………….(Vergelyking 18-4)
(𝐶̅ + I̅ + G
̅ tot outonome
Die algemene formule vir die toevoeging van owerheidsbesteding G
besteding:
̅)
Y0 = α(A
Waar Y0 = Ewewigsinkomepeil
α = Vermenigvuldiger
̅ = Totale outonome besteding
A
Beskou die volgende
Veronderstel ‘n klein ekonomie bestaan slegs uit huishoudings en firmas. Daar is
geen owerheid nie. Die geldeenheid wat gebruik word is ekon. Outonome verbruik is
10miljoen ekons p.j en huishoudings verbruik 60% van elke toevoeging tot hul
inkome. Firmas bestee 30 miljoen ekons p.j aan kapitaalgoedere, d.w.s. investering
beloop 30 miljoen ekons p.j.
Dit beteken dat C = 10 miljoen ekons + 0.6Y en I̅ = 30 miljoen ekons.
Die vermenigvuldiger is:
KOPIEREG VOORBEHOU
85
C MARAIS NOTAS
1
1−c



=
1
1−0.6
=
1
0.4
ECON 122
= 2,5
̅ ) d.w.s. 2.5 x 40 miljoen ekons = 100
Die ewewigsinkomepeil (Y0) is gelyk aan α(A
milhoen ekons.
Veronderstel dat daar nou ‘n regering gevorm is en dat owerheidsbesteding 20
̅ = 20 miljoen ekons.
miljoen ekons p.j beloop d.w.s. G
Owerheidsbesteding verhoog outonome besteding van 40 na 60 miljoen ekons.
̅ = 𝐶̅ + I ̅ + G
̅
A
̅
A = 10 miljoen + 30 miljoen + 20 miljoen
= 60 miljoen ekons

̅ ) met die
Die ewewigsinkomepeil word verkry deur outonome besteding (A
vermenigvuldiger (α) te vermenigvuldig:
̅)
Y0 = α(A
= 2.5 x 60 miljoen ekons
= 150 miljoen ekons
DIE UITWERKING VAN OWERHEIDSBESTEDING (G) KAN OPGESOM WORD
DEUR TE KYK NA DIE DRIE ASPEKTE.
Die drie aspekte:
1. Verhoog die vlak van totale besteding (A)
2. Laat die vermenigvuldiger (α) onveranderd
3. Verhoog die ewewigsinkomepeil (Y0), ceteris paribus.
Belasting (T)
Belasting verminder die besteebare-inkome van huishoudings en veroorsaak dat
huishoudings minder goedere en dienste as andersins kan bekostig.
Ons kyk na hoe beïnvoed belasting (T) die volgende:
 Die vlak van totale betseding (A)
 Die grootte van die vermenigvuldiger (α)
 Die ewewigsinkomepeil (Y0)
Twee verkillende soorte belasting:
a. Direkte belasting – Belasting op inkome en rykdom
b. Indirekte belasting – Belasting op goedere en dienste
Persoonlike inkomstebelasting – Direkte belasting
BTW – Indirekte belasting
KOPIEREG VOORBEHOU
86
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Belastingskoers
Balsting (T) is ‘n sekere gedeelte (t) van inkome.
Belastingskoers → T = tY
Indien die belastingskoers (t) bv 0,2 is, is T = 0,2Y wat beteken dat 20% van die
totale inkome in die ekonomie aan die owerheid betaal moet word in die vorm van
belasting. Hierdie verband kan grafies voorgestel word.
Figuur 18-3: Belasting as ‘n funksie van inkome
Belasting (T) is ‘n sekere gedeelte (t) van inkome (Y). In die figuur is t = 0,2.
Wanneer Y = 0 is T ook gelyk aan 0. Wanneer Y = 500 is T = 0,2Y.
T = tY
T = 0,2 (500)
= 100
Die helling van die kromme is gelyk aan t. In hierdie geval is die helling 0,2.
Vervolgens moet daar vasgestel word hoe belasting die besteding en inkome
in die ekonomie beïnvloed:
 Die onmiddellike uitwerking daarvan is om die inkome wat beskikbaar is vir
besteding, te verminder.
Besteebare inkome (Yd)
Inkome wat huishoudings se beskikking is nadat hulle belasting betaal het.
Besteebare inkome (Yd) → Yd = Y – T
Aangesien T = tY, kan daar gesê word dat:
Besteebare inkome (Yd) → Yd = Y – tY
Of deur die terme aan die regterkant te herrangskik:
Besteebare inkome (Yd) → Yd = (1 – t)Y
KOPIEREG VOORBEHOU
87
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Beskou die volgende voorbeeld
As t = 0,20 (d.w.s. as 20% van inkome oorbetaal word aan die owerheid in die vorm
van belasting), dan is (1 – t) = 0,08.
Wanneer belasting in berekening gebring word moet:
Daar onderskei word tusen totale inkome en besteebare inkome.
Dit gee ‘n aanduiding dat die verbruikersfunksie aangepas moet word om aan te
dui dat huishoudings nie hul totale inkome kan bestee nie.
In die verbruikersfunksie moet die totale inkome (Y) deur besteebare inkome (Y d)
vervang word:
̅ + cYd
Verbruikersfunksie → C = 𝑪
(Vergelyking 18-9)
Hoe verkskil die Verbruikersfunksie met die een van Hoofstuk 17?
Die belasting (T) en verbruikersbesteding (C) by elke inkomepeil (Y) verminder.
As verbruikersbesteding nou teen totale inkome (Y) gestip word beteken dit dat die
verbruikersfunksie ‘n kleiner helling sal hê.
Hierdie resultaat kan algebraïes voorgestel word
Stap 1: Begin met vergelyking 18-9
C = 𝐶̅ + cYd
Stap 2: Vervang Yd deur Y – tY (aangesien Yd = Y – T = Y – tY)
∴ C = 𝐶̅ + c(Y – tY)
Stap 3: Herrangskik die terme
Verbruikersfunksie → C = 𝐶̅ + c(1 – t)Y
Die helling van hierdie kromme is c(1 – t), wat kleiner is as c.
Figuur 18-4: Die uitwerking van belasting op die verbruikersfunksie
KOPIEREG VOORBEHOU
88
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die oorspronklike verbruikersfunksie word verteenwoordig deur C = 𝐶̅ + cY. Die
helling van ‘n proporsionele inkomstebelasting beteken dat huishoudings nie al hul
inkome kan bestee nie. Hulle moet eers belasting betaal. Die verkil tussen inkome
verdien en belasting betaal staan bekend as besteebare inkome (Y d). die nuwe
verbruikersfunksie is laer as die vorige een, behalwe by ‘n inkome van nul waar
belasting ook gelyk is aan nul. Die verbruikersfunksie word platter soos angedui
deur C = 𝐶̅ + c(1 – t)Y.
‘n Proporsionele inkomstebelasting is ‘n lekkasie of onttrekking uit die kringloop en
sal die heffing van so ‘n belasting beteken dat ‘n kleiner gedeelte van enige
toevoeging tot totale betseding (A) in elke rondte van die vermenigvuldigerproses
deurgegee sal word. Die instelling van ‘n proporsionele inkomstebelasting sal die
vermenigvuldiger kleiner maak.
Vermenigvuldiger sonder belasting:
α=
𝟏
𝟏−𝐜
Vermenigvuldiger met belasting:
α=
𝟏
𝟏−𝐜 (𝟏−𝐭)
Voorbeeld 1
Bereken die vermenigvuldiger indien belasting tot 15% styg.
S = -250 + 0.2Y
Z = 75 + 0.15Y
G = 2 000
I = 900
X = 1 500
T = 0.1Y
α=
α=
1
1−c (1−t)+𝑚
1
1−0.8(1−0.15)+0.15
= 2.13
Voorbeeld 2
Die SA ekonomie lyk as volg:
Huishoudings se verbruikersfunksie is C=500 + 0.8Y, Investering = 600,
Owerheidsbesteding is 300, Uitvoere is 120 en Invoere word gegee deur Z=80+0.1Y.
SARS eis ʼn proporsionele belastingkoers van 20% by huishoudings.
KOPIEREG VOORBEHOU
89
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Wat is die waarde van die vermenigvuldiger in hierdie ekonomie?
α=
α=
1
1−c (1−t)+𝑚
1
1−0.8(1−0.2)+0.1
= 2.17
Die heffing van ‘n proporsionele belasting het die volgende uitwerking:
̅ ) nie.
 Dit beïnvloed nie outonome besteding (A
 Dit verlklein die vermenigvuldiger (α)
 Dit verklaar die ewewigsinkomepeil (Y0), ceteris paribus.
2. DIE EWEWIGSINKOMEPEIL IN ‘N EKONOMIE MET ‘N OWERHEIDSEKTOR

Owerheidsbesteding (G) is ‘n inspuiting in die kringloop van besteding en inkome.
Dit verhoog die peil van totale besteding (A) by elke inkomepeil.


Belasting is ‘n onttrekking of lekkasie uit die bestedings en inkome kringloop.
‘n Proporsionele belasting verminder besteebare inkome en ook die
verbruikersbesteding (C) by elke positiewe vlak van inkome (Y).
Die uitwerking van die inspuiting van die owerheidsektor word grafies voorgestel:
Figuur 18-5: Die uitwerking van owerheidsbesteding en ‘n proporsionele
inkomstebelasting op die ewewigsinkomepe
Die oorspronklike totale-bestedingskromme (voor die insluiting van die owerheid)
word voorgestel deur A1. Die ewewigsinkomepeil is Y1. Met die insluiting van
owerheidsbesteding verskuif die totale-bestedingskromme parallel tot A2. Met die
heffing van 'n proporsionele inkomstebelasting word die totale-bestedingskromme
platter, soos aangedui deur A3. Die uiteindelike ewewigsinkomepeil word aangedui
deur Y3.
KOPIEREG VOORBEHOU
90
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Algebraïes lyk die model soos volg:
Y=A
Ewewigsvoorwaarde (Vergelyking 18-11)
̅
̅
A=C++I+G
Totale beseding (Vergelyking 18-12)
̅
C = 𝐶 + c(1 – t)Y Verbruikersfunskie (Vergelyking 18-3)
Deur vergelykings 18-12 en 18-13 in vergelyking 18-11 in te stel, word die volgende
verkry:
Y=A
̅
= C + + I̅ + G
̅
= (𝐶̅ + c(1 – t)Y) + I̅ + G
̅
Y – c(1 – t)Y = 𝐶̅ + I̅ + G
̅
Y(1 – c(1 – t)) = 𝐶̅ + I̅ + G
1
̅)
∴ Y0 = 1−𝑐(1−𝑡) (𝐶̅ + I̅ + G
Waar Y0 = Ewewigsinkomepeil
1
1−𝑐(1−𝑡)
= Vermenigvuldiger (α)
̅ ) = Outonome besteding (𝐴̅)
(𝐶̅ + I̅ + G
3. FISIKALE BELEID
Fisikale beleid
Die gebruik van owerheidsbesteding en belasting om belangrike makro-ekonomiese
veranderlikes soos totale produksie en inkome te beïnvloed.
Die uitwerking van veranderings in twee fisikale veranderlikes nl.
Owerheidsbesteding (G) en belastingskoers (t) kan soos volg opgesom word:
Indien die owerheid die ewewiginkomepeil wil verhoog
Verhoog G en verlaag t.
Die toename in G sal:
‘n Direkte uitwerking op totale besteding hê, wat dan vermenigvuldig sal word a.g.v.
die toename in afgeleide / geïnduseerde verbruikersbesteding.
Die afname in t sal:
Die vermenigvuldiger verhoog.
Die ewewigsinkomepeil sal op ‘n indirekte wyse verhoog word deur besteebare
inkome en verbruik by elke inkmepeil te verhoog en sodoende geïnduseerde
verbruikersbesteding te verhoog.
KOPIEREG VOORBEHOU
91
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Inkomegaping
Die toename in G moet kleiner wees as die vereiste toename in Y.
∆Y = α∆G
∆G =
∆Y
α
Grafiese voorstelling van die toename in owerheidsbesteding wat gelyk moet wees
aan die inkomegaping.
Figuur 18-6: Fisikale beleid in die eenvoudige Keynesiaanse model
Die oorspronklike ewewigsinkomepeil (met totale besteding by A 0) is Y0, wat laer is
as die volleindiensnemingsinkomepeil Yf. Die owerheid kan die gaping tussen Y0
en Yf (d. w.s. ∆Y) uitwis deur owerheidsbesteding met ∆G te verhoog (van G0 tot
G1. Die toename in inkome is groter as die toename in owerheidsbesteding as
gevolg van die werking van die vermenigvuldiger.
4. DIE INSLUITING VAN DIE BUITELANDSE SEKTOR: DIE OOP EKONOMIE
Buitelandse besteding = C + I + G
Besteding aan uitvoere
‘n Toevoeging tot of inspuiting in die binnelandse inkome-en-bestedingskringloop
verteenwoordig.
Besteding aan invoere
‘n Lekkasie of onttrekking uit die binnelandse inkome-en-bestedingskringloop.
Daar word ondersoek ingestel oor hoe invoere en uitvoere die volgende beïnvloed:
 Die peil van totale besteding
 Die vermenigvuldiger
 Die ewewigsinkomepeil
KOPIEREG VOORBEHOU
92
C MARAIS NOTAS
ECON 122
A. Uitvoer (X)
Uitvoere is outonoom m.b.t. totale inkome (Y).
̅
Uitvoer → X = 𝑿
Die verband tussen uitvoer (X) en inkome (Y) word grafies geïlustreer.
Figuur 18-7: Uitvoer
Die horisontale lyn X = 𝑋̅ toon dat uitvoer X outonoom is met betrekking tot inkome
Y, met ander woorde, die vlak van X is onafhanlik van die vlak van Y. Dit word
deur ander faktore bepaal.
Hoe beïnvloed uitvoere die peil van totale besteding (A)
 Buitelandse besteding aan goedere en dienste wat uitgevoer word, moet by
ander komponente van totale besteding nl. C, I en G gevoeg word.
 Uitvoer verhoog die totale besteding aan binnelandse produksie, ceteris paribus.
 Uitvoer beïnvloed nie die grootte van die vermenigvuldiger nie d.w.s. die helling
van die A-kormme bly onveranderd.
 Enige toename in uitvoer sal totale besteding verhoog.
‘n Toename in uitvoer sal die A-kormme opwaarts skuif.
B. Invoer (Z)
Wanneer bestededing en inkome in die binnelandse ekonomie toeneem, lei dit tot ‘n
styging in die invoere.
Invoer is ‘n lekkasie of onttrekking uit die binnelandse inkome-enbestedingskringloop
Aangesien invoer die laaste toevoeging tot die model is, word albei gevalle
behandel:
1. Bepaal wat gebeur as invoer (Z) outonoom is.
2. Wat gebeur as indien invoer ‘n funksie van inkome is.
Outonome invoer
Wanneer huishoudings, firmas en die owerheid ingevoerde goedere en dienste
aankoop daal hul totale besteding aan plaaslike vervaardigde goedere en dienste,
ceteris paribus.
KOPIEREG VOORBEHOU
93
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Wanneer uitvoer (X) en invoer (Z) in ag geneem word is totale besteding:
Totale besteding (A) → A = C + I + G + X – Z
Aangesien die laaste twee terme in die bo-genoemde vergelyking albei met die land
se verbintenisse met die res van die wêreld verband hou, word dit dikwels saam in
ag geneem word.
Die vergelyking kan dan soos volg voorgeskryf word:
Totale besteding (A) → A = C + I + G + (X – Z)
Uitvoer (X) is outonoom m.b.t. inkome (Y).
 Indien aangeneem word dat invoer (Z) ook outonoom is, kan dit soos volg geskryf
word:
̅
Invoer → Z = 𝒁
Netto uitvoer is dan ook outonoom en die totale bestedingsfunksie sal soos volg
geskryf word:
̅ + (𝐗
̅-𝐙
̅)
Totale besteding (A) → A = C + 𝐈̅ + 𝐆


Indien uitvoer (X) > invoer (Z) sal:
Netto uitvoer positief wees en totale besteding (A) by elke inkomepeil (Y) sal
groter wees as die insluiting van die binnelandse sektor.

̅>𝐗
̅ sal:
As 𝒁
̅
̅
X - 𝑍 negatief wees en sal A by elke inkomepeil kleiner wees as vantevore.
Figuur 18-8: Die uitwerking van die outonome netto uitvoer
Figuur a
‘n Positiewe en negatiewe vlak van outonome netto uitvoer onderskeidelik deur
̅ - 𝑍̅)2 en ( ̅
(X
X - 𝑍̅)1 aangedui.
KOPIEREG VOORBEHOU
94
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Figuur b
Die binnelandse bestedingskromme voor die instelling van die buitelandse sektor
deur A0 aangedui. Die ooreenstemmende ewewigsinkomepeil is Y 0. Wanneer
̅ - 𝑍̅)1, by totale besteding A0 (d.w.s. C + I + G) gevoeg
negatiewe netto uitvoer (X
word, verskuif die kromme parallel afwaarts tot by A1. Die ewewigsinkomepeil daal
̅ - 𝑍̅)2 by die oorspronklike totaletot by Y1. Wanneer positiewe netto uitvoer (X
bestedingskromme A0 gevoeg word, lewer dit ‘n nuwe A-kromme (A2) wat bo A0
en parallel daaraan is. Die ewewigsinkomepeil styg tot Y 2.
Algebraïes lyk die model soos volg:
Y=A
(Ewewigsvoorwaarde)
̅
̅
̅
̅
A = C + 𝐈 + 𝐆 + (𝐗 - 𝐙 ) (Totale besteding)
̅ + c(1 – t)Y
C=𝑪
(Verbruikersfunksie)
Die ewewigsinkomepeil word gegee deur:
𝟏
̅ + 𝐈̅ + 𝐆
̅ + (𝐗
̅-𝐙
̅)
Y0 =
(𝑪
𝟏−𝒄(𝟏−𝒕)
𝟏
Waar 𝟏−𝒄(𝟏−𝒕) = Vermenigvuldiger
̅ + 𝐈̅ + 𝐆
̅ + (𝐗
̅-𝐙
̅ ) = Outonome besteding
(𝑪
Geïnduseerde / Afgeleide invoer:
Invoer verminder totale besteding (A) asook totale inkome (Y).
Invoer het ‘n outonome komponent (Z̅) asook ‘n geïnduseerde komponent (mY)
waar m die grensinvoergeneigdheid is.
Invoerfunksie:
̅ + mY
Invoerfunksie → Z = 𝐙
As m positief is:
Word ‘n deel van enige toename in inkome (Y) aan invoer bestee. Die lekkasie of
onttrekkings uit die inkome-en-bestedingskringloop neem dan toe soos inkome
toeneem.
KOPIEREG VOORBEHOU
95
C MARAIS NOTAS
ECON 122
‘n Kleiner gedeelte van enige toename in inkome word in elke rondte van die
vermenigvuldigerproses deurgegee, met die gevolg dat die vermenigvuldiger kleiner
word.
Die algebraïese voorstelling volg:
Y=A
̅ + (𝐗
̅-𝐙
̅)
A = C + 𝐈̅ + 𝐆
̅ + c(1 – t)Y
C=𝑪
̅ + mY
Z=𝐙
Om die ewewigsinkomepeil te bepaal:
Stap 1:
A word in die ewewigsvoorwaarde vergelyking eers deur die regterkant van die totale
bestedings vergelyking te vervang:
̅+𝐗
̅-𝐙
̅
Y = C + 𝐈̅ + 𝐆
Stap 2:
C en Z word in die ewewigsinkomepeil formule in vervang deur die regterkant van
die totale bestedings vergelyking
̅ + c(1 – t)Y) + 𝐈̅ + 𝐆
̅+𝐗
̅ – (𝐙
̅ + mY)
Y = (𝑪
̅
̅
̅
̅
̅
∴ Y = 𝑪 + c(1 – t)Y) + 𝐈 + 𝐆 + 𝐗 – 𝐙 – My
Stap 3:
Herrangskik en los vir Y op
̅+𝐗
̅–𝐙
̅
Y – c(1 – t)Y + mY = 𝑪 + 𝐈̅ + 𝐆
̅+𝐗
̅–𝐙
̅
Y(1 – c(1 – t) + m) = 𝑪 + 𝐈̅ + 𝐆
𝟏
̅+𝐗
̅–𝐙
̅)
Y = 𝟏−𝒄(𝟏−𝒕)+𝒎 (𝑪 + 𝐈̅ + 𝐆
̅)
= α(𝑨
DIE INVOERFUNKSIE WORD NOU GRAFIES VOORGESTEL.
Figuur 18-9: Netto uitvoer, totale besteding en ewewigsinkome in die oop ekonomie
Figuur a: Outonome uitvoer
KOPIEREG VOORBEHOU
96
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Uitvoer word voorgestel deur ‘n horisontale lyn X = ̅
X. Die vertikale afsnit
verteenwoordig die outonome invoer, terwyl die helling van die invoerfunksie
(d.w.s m) die grensinvoergeneigdheid verteenwoordig. Daar is slegs een
inkomepeil waar uitvoer gelyk is aan invoer (d.w.s. waar netto uitvoer gelykis aan
nul). Dit verteenwoordig die inkomepeil waar die handelsbalans van die lopende
rekening van die betalingsbalans gelyk is aan nul en word deur die simbool Y b
voorgestel.
Figuur b: Netto uitvoer (X – Z)
By Yb is netto uitvoer gelyk aan nul. By inkomepeile laer as Yb is netto uitvoer
positief en by inkomepeile hoër as Yb is netto uitvoer negatief. Omdat invoer
toeneem as inkome toeneem, neem netto uitvoer af soos inkome styg.
Figuur c: Netto uitvoer word by ander komponente van totale besteding gevoeg
Die netto uitvoer van (b) word by die ander komponente van totale besteding (A)
gevoeg. Die nuwe totale-bestedingsfunksie is A1. Dit is platter as A, wat aandui dat
die vermenigvuldiger kleiner is as te vore. In hierdie spesifieke geval is die
ewewigsinkomepeil Y1 laer as Y0, die inkomepeil voor die insluiting van die
buitelandse sektor.
VOORBEELDE
KOPIEREG VOORBEHOU
97
C MARAIS NOTAS
ECON 122
VOORBEELD 1
Gebruik die gegewe data om die volgende vrae te beantwoord. Toon alle
berekeninge. (rond elke antwoord af tot die tweede desimaal)
S = -250 + 0.2Y
Z = 75 + 0.15Y
G = 2 000
I = 900
X = 1 500
T = 0.1Y
1. Wat is die waarde van die handelsbalans? Is dit ‘n surplus of tekort?
X–Z
= 1500 – 75 + 0.15(10636.53)
= -170.93
=Tekort
2. Bereken of Suid-Afrika se owerheid tans ʼn wins of verlies maak (by
ewewig).
Owerheid = T – G
= 0.25 (1000) – 250
=0 (Breuk gelyk)
VOORBEELD 2
Gebruik die gegewe data om die volgende vrae te beantwoord. Toon alle
berekeninge. (rond elke antwoord af tot die tweede desimaal)
S = -250 + 0.2Y
Z = 75 + 0.15Y
G = 2 000
I = 900
X = 1 500
T = 0.1Y
1. Bereken die totale outonome besteding.
̅ + (X
̅ - Z̅ )
A = 𝐶̅ + I ̅ + G
= 250+900+2000+1500-75
=4575
2. Wat is die waarde van die handelsbalans? Is dit ‘n surplus of tekort?
X–Z
=1500 – 75 + 0.15(10636.53)
= -170.93
OF
= -170.48
= Tekort
KOPIEREG VOORBEHOU
98
C MARAIS NOTAS
ECON 122
20 INFLASIE
Leeruitkomstes
 Omskryf, definieer, bespreek en bereken inflasie
 Onderskei tussen verskillende maatstawwe van inflasie
 Onderskei tussen die vier benaderings tot die verklaring van waarom inflasie
plaasvind.
 Verduidelik vraagtrek- en kostedrukinflasie
 Bespreek die verskillende beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om inflasie te
bekamp
1. DIE DEFINISIE VAN INFLASIE
Inflasie
‘n Volgehoue en aanmerklike styging in pryse oor die algemeen, waar die kwaliteit
van produkte dieselfde bly.
Vier aspekte van die definisie word beklemtoon:
1. Neutraal
2. Proses
3. Aanmerklike
4. Oor die algemeen
Neutraal
Maak voorsiening vir alle moontlike oorsake van inflasie en bied ‘n stewiger
grondslag vir die formulering van anti-inflasionêre beleid.
Proses
Verwys na ‘n volgehoue toename in pryse. Inflasie verwys na die proses waardeur
die pryse van die meeste goedere en dienste van jaar tot jaar toeneem.
Aanmerklike
‘n Aanmerklike / beduidende toename in pryse.
Oor die algemeen
Daar is slegs inflasie wanneer die pryse van die meeste goedere en dienste in die
ekonomie styg.
2. DIE METING VAN INFLASIE
Aangesien inflasie ‘n volehoue en aanmerklike toename in die algemen pryspeil is, is
‘n maatstaaf vir die algemene pryspeil nodig ten einde inflasie te kan meet.
Die verbruikersprysindeks (VPI) maatstaaf word gebruik.
Die verbruikersprysindeks (VPI) - ‘n Indeks wat die koste van ‘n
verteenwoordigende mandjie verbruikers goedere en dienste weerspieël.
KOPIEREG VOORBEHOU
99
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Hooflyn-VPI
Die onaangepaste VPI vir alle stedelike gebiede.
Indien ‘n stel VPI-syfers beskikbaar is kan die inflasiekoers bereken word.
Inflasiekoers word bereken deur:
Die persentasieverandering in die VPI van een periode tot ‘n volgende.
Beskou die volgende
Wanneer daar gesê word dat die inflasiekoers 10% is, beteken dit dat pryse teen ‘n
gemiddelde koers van 10% per jaar toeneem.
Hoe word die inflasiekoers vir ‘n bepaalde jaar bereken?
Vir enige bepaalde jaar is daar twaalf syfers (een vir elke maand) .
Beskou die volgende tabel.
Tabel 20-1: Die verbruikersprysindeks en inflasie in Suid-Afrika, 2012-2013
Maand
Januarie
Februarie
Maart
April
Mei
Junie
Julie
Augustus
September
Oktober
November
Desember
Jaargemiddeld
Verbruikersprysindeks
2012
2013
95.5
100.3
95.7
101.3
96.8
102.5
97.2
102.9
97.2
102.6
97.5
102.9
97.8
104.0
98.0
104.3
98.9
104.8
99.5
105.0
99.8
105.1
100.00
105.4
97.8
103.4
Inflasiekoers (% )
5.4
5.9
5.9
5.9
5.6
5.5
6.3
6.4
6.0
5.5
5.3
5.4
5.7
Twee metodes om inflasiekoers vir 2013 te bereken:
a. Maand op maand van die vorige jaar
b. Jaargemiddeld op jaargemiddeld
Maand op maand van die vorige jaar
In die algemeenste praktyke is om die indeks vir ‘n betrokke maand te vergelyk met
die vir die ooreenstemmende maand van die vorige jaar.
Beskou die volgende formule
𝐻𝑢𝑖𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 − 𝑉𝑜𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟
𝑥 100
𝑉𝑜𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟
KOPIEREG VOORBEHOU
100
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Indien die indekswaarde vir Desember 2013 (105.4) met die indekswaarde van
Desember 2012 (100.0 vergelyk word:
105.4−100.0
100
x 100 = 5.4%
Die inflasiekoers is 5.4%
Jaargemiddeld op Jaargemiddeld
Beskou die volgende formule
𝐼𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠 𝑣𝑎𝑛 2013 − 𝐼𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠 𝑣𝑎𝑛 2012
𝑥 100
𝐼𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠 𝑣𝑎𝑛 2012
Die jaargemiddeldes vir 2012 en 2013
103.4−97.8
97.8
x 100 = 5.7%
3. DIE PRODUSENTEPRYSINDEKS (PPI)
Die produsenteprysindeks (PPI)
Meet die pryse by die vlak van die eerste betekenisvolle transaksie.
Die pryse van vervaardigde goedere word gemeet waar dit die fabriek verlaat en
nie wanneer dit aan die verbruikers verkoop word nie.
‘n Belangrike eienskap van die PPI is dat dit kapitaal-en intermediêre goedere insluit
maar dienste (wat 45% van die VPI-maantjie uitmaak) uitsluit.
Hoofverskille tussen die VPI en die PPI
VPI




Het betrekking op verbruikers se
lewenskoste
Maandjie bestaan uit
verbruikersgoedere en dienste
Kapitaal-en intermediêre goedere
word uitgesluit
Pryse sluit BTW in
PPI




Het betrekking op firmas se
produksiekoste
Maandjies bestaan slegs uit goedere
en geen dienste nie
Kapitaal-en intermediêre goedere
word ingesluit
Pryse sluit BTW uit
4. DIE IMPLISIETE BBP-DEFLATOR
Ekonome stel egter belang in die verandering in die pryse van alle finale goedere en
dienste wat gedurende ‘n bepaalde jaar in die ekonomie geproduseer word.
Die reële BBP meet die waarde van die BBP volgens die pryse in ‘n bepaalde basis
jaar (relatief tot ‘n ander jaar se pryse / konstante pryse). Dit verskaf die grondslag
vir die berekening van ekonomiese groei.
KOPIEREG VOORBEHOU
101
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die inplisiete BBP-deflator
DeflJaar x =
Normale BBP van jaar x
Reële BBP van jaar x
x 100
Beskou die volgende
Bereken die inflasiekoers vir 1999 vanuit die onderstaande tabel. Toon alle
vergelykings en berekeninge.
Defl1998 =
=
Normale BBP van 1998
Reële BBP van 1998
365 987
389 432
x 100
x 100
= 93.98
Defl1999 =
=
Normale BBP van 1999
Reële BBP van 1999
398 254
403 528
x 100
x 100
=98.69
Inflasiekoers vir 1999 =
Defl van 1999−Defl van 1998
Defl van 1998
Defl van 1998
=(
Defl van 1998
Inflasiekoers vir 1999 =
98.69−93.98
=(
93.98
98.69
93.98
𝑥 100
− 1 )𝑥 100
𝑥 100
− 1 )𝑥 100
= 5.10%
KOPIEREG VOORBEHOU
102
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Beskou die volgende (Vir eksamen en toets doeleindes)
In Maryland is daar net drie goedere: springmielies, films en dieetdrankies. Die
volgende tabel toon die pryse en hoeveelhede wat in 2016, 2017 en 2018
geproduseer is van hierdie goedere:
Springmielies
Films
Dieetdrankies
2016
Basis jaar
P
Q
1.00
500
5.00
300
0.70
300
2017
P
1.00
10.0
0.80
2018
Q
600
200
400
P
1.05
10.50
0.75
Q
590
210
420
1. Bereken die reële BBP groeikoers vir die jaar 2018
Springmielies
Films
Dieetdrankies
2017 Reële BBP
P 2016
Q 2017
1.00
600
5.00
200
0.70
400
Springmielies
Films
Dieetdrankies
2018 Reële BBP
P 2016
Q 2017
1.00
590
5.00
210
0.70
420
Springmielies
Films
Dieetdrankies
2017 Normale BBP
P 2016
Q 2017
1
600
10
200
0.8
400
Springmielies
Films
Dieetdrankies
2018 Normale BBP
P 2016
Q 2017
1.05
590
10.5
210
0.75
420
KOPIEREG VOORBEHOU
Totaal
600
1 000
280
1 880
Totaal
590
1 050
294
1 934
Totaal
600
2 000
320
2 920
Totaal
619.5
2 205
315
3 139.5
103
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Deflator vir 2017
=
2 920
1 880
x 100
= 155.32
Deflator vir 2018
=
3 139.5
1 934
𝑥 100
= 162.33
𝑁𝑜𝑟𝑚𝑎𝑙𝑒 𝐵𝐵𝑃 𝐷𝑒𝑓𝑙𝑎𝑡𝑜𝑟 𝑣𝑖𝑟 2018 − 𝑁𝑜𝑟𝑚𝑎𝑙𝑒 𝐵𝐵𝑃 𝐷𝑒𝑓𝑙𝑎𝑡𝑜𝑟 𝑣𝑖𝑟 2017
𝑥 100
𝑁𝑜𝑟𝑚𝑎𝑙𝑒 𝐵𝐵𝑝 𝐷𝑒𝑓𝑙𝑎𝑡𝑜𝑟 𝑣𝑖𝑟 2017
=
162.33 − 155.32
𝑥 100
155.32
= 4.51%
5. DIE OORSAKE VAN INFLASIE
Sommige elemente van die inflasieproses kan verduidelik word deur vier
benaderings tot die verklaring van inflasie te ondersoek.
Die drie benaderings is:
1. Die onderskeid tussen vraagtrekinflasie en kostedrukinflasie
2. Die strukturalistiese benadering
3. Die konflikbenadering
A. Vraagtrek en kostedrukinflasie
Vraagtrekinflasie
Kom voor wanneer die totale vraag na goedere en dienste toeneem (AD) terwyl die
totale aanbod van goedere en dienste onverander bly (AS).
Vraagtrekinflasie word beskryf as te veel geld wat te min goedere najaag. Die
oormaatvraag trek die pryse van goedere en dienste op.
Onthou dat AD = C + I + G + X – Z
Vraaginflasie kan deur enige van die verskillende komponente van totale vraag
veroorsaak word:

‘n Toename in verbruikersbesteding (C) deur huishoudings
Die groter beskikbaarheid van verbruikerskrediet of die beskikbaarheid van
goedkoper krediet a.g.v. ‘n daling in rentekoerse.

‘n Toename in investering (I) deur firmas
Lae rentekoerse of ‘n verbetering in sakevertroue en winsverwagtings.
KOPIEREG VOORBEHOU
104
C MARAIS NOTAS
ECON 122

‘n Toename in owerheidsbesteding (G)
Om werkloosheid teen te werk of om meer en beter dienste aan die gemeenskap
as geheel te verskaf.

‘n Toename in uitvoerverdienste (X)
Verbeterde ekonomiese toestande in die res an die wêreld of ‘n styging in die
pryse van belangrike uitvoergoedere.
Vraagtrekinflasie kan geïllustreer word met behulp van die AD-AS-model
Figuur 20-1: Vraagtrekinflasie
Vraagtrekinflasie kom voor wanneer die totale vraag na goedere en dienste
toeneem. Dit word voorgestel deur ‘n regwaartse verskuiwing van die AD-kromme
van AD1 tot AD2, AD3 en AD4. Solank daar onbenutte kapasiteit is, sal die
prysstygings met ‘n styging in produksie en inkome gepaard gaan. Wanneer volle
indiensneming bereik is sal verdure verskuiwings van die AD-kromme slegs tot
prysstygings lei.
Om vraaginflasie te bekamp moet die owerheid die totale vraag na goedere en
dienste beheer.
Twee maniere om vraaginflasie te beheer:
1. Beperkte monetêre maatreëls
2. Beperkte fisikale maatreëls
Beperkte monetêre maatreëls
Behels rentekoersverhogings en die beperking van die groei van in geldvoorraad.
Dit verhoog die koste van krediet en verminder die beskikbaarheid van krediet aan
die verskillende sektore van die ekonomie.
Beperkte fisikale maatreëls
Behels die inkorting van owerheidsbesteding en/of belastingverhogings.
KOPIEREG VOORBEHOU
105
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Dit sal tot ‘n daling in pryse lei, maar kan sakdelike newe-effekte he omdat
produksie, inkome en indiensneming ook sal afneem.
1. Kostedrukinflasie
Kostedrukinflasie
Word deur ‘n styging in die produksiekoste veroorsaak. Stygings in produksiekoste
druk die pryspeil opwaarts.
Vyf oorsake van kostedrukinflasie:
a. Styging in lone en salarisse
b. Styging in ingevoerde kapitaal & intermediêre goedere
c. Styging in winsgrense
d. Daling in produktiwiteit
e. Natuurrampe
Styging in lone en salarisse
Grootse enkele koste-item in ‘n ekonomie.
Styging in ingevoerde kapitaal en intermediêre goedere
Wanneer die pryse vir ingevoerde goedere styg, styg die produksiekoste.
Prysstyging kan die gevolg wees van prysstygings in die res van die wêreld of van
‘n depresiasie van die binnelandse geldeenheid teenoor die geldeenhede van die
uitvoerlande.
Styging in winsgrense
Wanneer frimas hul winsgrense opstoot styg die koste van produksie.
Daling in produktiwiteit
Indien verskillende produksiefaktore minder produktief raak terwyl hul steeds
dieselfde vergoeding ontvang neem die eenheidskoste van produksie toe.
Natuurrampe
Natuurrampe verhoog die produksiekoste en pryse van landbou en verwante
produkte.
Figuur 20-2: Kostedrukinflasie
KOPIEREG VOORBEHOU
106
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Kostedrukinflasie kom voor wanneer die koste van die produksie van elke
produksiepeil (Y) styg. Dit word voorgestel deur ‘n opwaartse / linkswaartse
verskuiwing van die AS-kromme van AS1 na AS2. Stygings in die pryspeil gaan
gepaard met dalings in totale produksie of inkome (Y). in die figuur styg die
pryspeil van P1 na P2 en daal inkome van Y1 na Y2.
Beperkte maatreëls om inflasie te bekamp:
 Slegs veranderings in die prysvlak kan verklaar
 Die moontlike onderlinge verband tussen totale vraag en totale aanbod in die
ekonomie
 Nie vir die dinamiese inflasieprose voorsiening maak nie
NB! ‘n Styging in produksiekoste lei tot ‘n styging in die pryspeil (P) en ‘n afname
in produksie (Y).
2. Die strukturalistiese benadering
Volgens die strukturalistiese benadering is die inflasieproses die resultaat van die
wsieelwerking tussen drie verwante stelle faktore:
a. Onderliggende faktore – Skep agtergrond waarteen die inflasieproses
plaasvind.
b. Inisiërde faktore – ‘n Bepaalde inflasieproses wat dit aan die gang sit of
vererger.
c. Voortplantingsfaktore – Aanvanklike impuls deur die ekonomie en oor tyd
versprei om sodoende ‘n volgehoue proses van stygende pryse te genereer.
Onderliggendefaktore
 Tradies, waardes en norme van ‘n samelewing
 Mate van konflik tussen groepe binne ‘n samelewing
 Politieke mag en bedingingsvermoë van vakbonde
 Mate van mededinging in die goederemark
 Mate van beskerming teen indernasionale mededinging
Inisiërde faktore
 Vraagtrekfaktore – bv outonome stygings in C,I,G of X
 Kostedrukfaktore – bv eksogene stygings in lone, winste of onvoerpryse
 Ander prysstygings – bv natuurrampe of stygings in indirekte belasting
Voortplantingsfaktore
 Verskillende loon-prys, prys-loon, loon-loon, prys-prys verwantskappe in ‘n
ekonomie
 Wisselwerking tussen binnelandse pryse, die betalingsbalans en die wisselkoers
 Endogene stygings in geldvoorraad – bv Akkomodasie deur die monetêre
owerhede
KOPIEREG VOORBEHOU
107
C MARAIS NOTAS
3.
•
•
•
ECON 122
Die konflikbenadering
Eise en bydraes is nie gelyk nie.
Die gelykheid tussen die eise en bydraes word deur prysverhogings herstel word.
Dit kan beskou word of as ‘n nominale verhoging in die waarde van die produksie
of as ‘n reële daling in die waarde van die effektiewe eise.
6. ANTI-INFLASIONÊRE BELEID
Die koste van anti-inflasionêre beleid
Voordat besluit word op die aangewese stappe om inflasie te bekamp, moet
beleidmakers oorweging skenk aan die volgende:
a. Die aard van die inflasie wat ervaar word
b. Die moontlike onderlinge verwantskappe tussen inflasie en die ander
doelwitte of probleme.
c. Die potensiële koste indien doelwitte nie bereik word nie
d. Die voordele verbonde aan ‘n verlaging in die inflasiekoers
e. Die moontlike koste of newe-effekte van die beleidmaatreëls wat ingestel word
in ‘n poging om die inflasiekoers tot die verlangde koers af te bring.
7. INDEKSKOPPELING
Indekskoppeling
Pryse, lone en pensioene word aan die prysindeks gekoppel ten einde die
verdelingsgevolge van inflasie uit te skakel.
Inflasiemikpunt-stelling
Vyf hoofkenmerke van die inflasiemikpunt-stelling:
1. Die aankondiging van kwantitatiewe mikpunte.
2. Die voorrang wat prysstabiliteit as die hoofdoelwit van die monetêre beleid moet
geniet.
3. ‘n Breë, pragmatiese benadering tot die ontleding van inflasie
4. Deursigtigheid
5. Aanspreeklikheid
Voordele van die Inflasiemikpunt-stelling
 Maklik en verstaanbaar
 Monotêre beleid is uitdruklik daarop gemik om prysstabiliteit na te streef
 Deur ‘n eksplisiete maatstaaf daar te stel, word die monotêre beleid aan groter
dissipline onderwerp en word die aanspreeklikheid van di sentrale bank verhoog
 ‘n Stabiele verband tussen veranderings in die geldvoorraad en inflasie te
identifiseer
 Dien as ‘n anker vir inflasieverwagtings
 Mate waarin inflasieverwagtings beïnvloed dra die raamwerk by om inflasie te
verlaag
KOPIEREG VOORBEHOU
108
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Nadele van die inflasiemikpunt-stelling
 Ingewikkelde benadering wat sterk steun op vooruitskattings in ‘n onsekere
ekonomiese omgewing
 Indien vooruitskattings verkeerd is, kanndie geloofwaardigheid van die sentrale
bank in die gedrang kom.
 Hoe om op eeksterne skokke te reageer
Inflasiemikpunt-stelling in Suid-Afrika
• Gemiddelde inflasiekoers tussen 3% - 6%
• Die SARB gebruik die repokoers as sy beleidinstrument, en hierdie koers word
deur die president van die SARB in oorleg met die Bank se Monetêre
Beleidskomitee (MBK) vasgestel.
• Voorts word ‘n Monetary Policy Review ook elke ses maande gepubliseer.
• Voorts doen die president van die SARB gereeld verslag aan die Parlementêre
Portefeuljekomitee oor Finansies en word die SARB se beleidstandpunt ook
dikwels aan die media en in openbare toesprake verduidelik.
KOPIEREG VOORBEHOU
109
C MARAIS NOTAS
ECON 122
21 WERKLOOSHEID
Leeruitkomstes
 Beskryf die koste van werkloosheid
 Onderskei tussen die verskillende soorte werkloosheid
 Bespreek die beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om werklossheid te
verminder
 Verduidelik wat die Philips-kromme beteken en hoe dit verband hou met die
totale aanbodkromme
 Verduidelik wat ‘n inkomebeleid behels
1. WERKLOOSHEID
Werkloosheidskoers
Die getal werklose persone uit te druk as ‘n persentasie van die arbeidsmag.
Ekonomiese bedrywige bevolking – Die getal mense wat gewillig en in staat is om
te werk.
Werkloosheid kan verdeel word in 4 elemente:
a. Werkloosheidspoel
b. Meting, Koste, Soorte
c. Maatreëls om werkloosheid te verminder
d. Die Makro modelle
1. Werkloosheidspoel
Vier redes waarom ‘n persoon die werkloosheidspoel betree:
1.1 Soek vir die eerste keer werk / Hertoetreder
Die person kan vir die eerste keer ‘n werk soek en is ‘n nuwe toetreder tot die
arbeidsmag of die person kan ‘n hertoetreder wees wat tot die arbeidsmag
terugkeer na ‘n periode waarin hy nie in werk belang gestel het nie.
1.2 Persoon verlaat sy werk opsoek na ‘n nuwe werksgeleentheid
Die persoon word word derhalwe beskou as werkloos terwyl hy na soek na ‘n
betrekking.
1.3 Persoon wat afgelê is
Iemand wat afgelê is, is nie afgedank nie en kan heraangestel word wanneer
die vraag na die firma se produkte toeneem.
1.4 Het werk permanent verloor
Verloor werk permanent a.g.v. afdanking of omdat die firma finaal hul deure moet
sluit.
KOPIEREG VOORBEHOU
110
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Faktore wat tot die uitvloei uit die werkloosheidspoel lei:
a. Persoon kan indiens geneem word
b. Persoon wat afgelê is kan heraangestel word
c. ‘n Persoon kan so ontmoedig word dat hul ophou na werk soek
2. Die meting van werkloosheid
Die meting van werkloosheid kan definieer word deur die eng of die uitgebreide
definisie.
Volgens die eng definisie
Mense wat ouer as 15 jar is wat nie in betaalde of enige diens is nie, tydens die
sewe dae wat die onderhoud voorafgegaan het beskikbaar was vir betaalde
indiensneming en gedurende die vier weke voor die onderhoud spesifieke stappe
gedoen het om betaalde indiensname of selfindiensneming te bekom.
Volgens die uitgebreide definsie
Mense wat ouer as 15 jar is wat nie in betaalde of enige diens is nie, tydens die
sewe dae wat die onderhoud voorafgegaan het beskikbaar was vir betaalde
indiensneming.
Die koste van werkloosheid
Koste van werkloosheid word verdeel in twee elemente nl:
a. Individue
b. Gemeenskap
Individue
‘n Individu wat sy werk verloor ervaar ‘n verlies aan inkome asook skok en
frustrasies.
In die nywerheidslande is die individuele of persoonlike koste van werkloosheid
aansienlik verlaag deur werkloosheidsversekering en ander
bestaansbeveiligingsmaatreëls.
Gemeenskap
Groot verlies vir die gemeenskap. Werkloosheid is nadelig vir die soiale en politieke
orde. Dit gee aanleiding tot misdaad en betogings, onluste en ander vorme van
gewelddadige onrus.
Soorte werkloosheid
Verskillende soorte werkloosheid:
a. Wrywingswerkloosheid
b. Seisoenwerkloosheid
c. Sikliese werkloosheid
d. Strukturele werkloosheid
KOPIEREG VOORBEHOU
111
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Wrywingswerkloosheid
Ontstaan omdat dit tyd neem om van een werk na ‘n ander te verskuif.
Wrywingswerkloosheid ook bekand as Soekwerkloosheid
Seisoenwerkloosheid
Ontstaan omdat werkers in sekere beroepe slegs vir ‘n spesifieke tyd van die jaar
benodig word. Sommige poste is ook gebonde aan die toename in verkope bv
gedurende Kersfees.
Mense wat afhanklik van seisoenale beroepe is meestal werkloos vir ‘n gedeelte
van die jaar
Sikliese werkloosheid
Ontstaan wanneer daar a.g.v. ‘n tydelike gebrek aan vraag ‘n insinking in die
ekonomie is.
 Tye van vinnige toename in vraag (oplewerings / voorspoedfases) word gevolg
deur tydelike tydperke van stadige toename in afname (resessies).
 Wanneer ‘n ekonomie ‘n resessie ervaar is daar ‘n algemene afname in
ekonomiese aktiwiteite. Verkope daal en sommige mense verloor hul werk omdat
die vraag na goedere en dienste wat hul vervaardig, te laag is.
Struktuele werkloosheid
Ontstaan omdat daar ‘n wanbalans is tussen werkers se kwalifikasies en die
vereistes wat aan die beskikbare werk gekoppel is of omdat werksgeleenthede a.g.v.
struktuele veranderings in die ekonomie verdwyn.
Struktuele werkloosheid is gewoonlik beperk tot bepaalde nywerhede, sektore of
kategorieë werkers.
Beskou die volgende
 Sekere werkers beskik nie oor die nodige skoling, opleiding of vaardighede wat
nodig is om werk te bekom nie.
 Veranderings in produksiemetodes kan die vraag na mense met bepaalde
kwalifikasies of vaardigehede laat daal.
Werkers wat deur arbeidsbesparende masjiene vervang word, word soms as
tegnologies werkloosheid geklasifiseer.
Beskou die volgende (vir eksamen en toets doeleindes)
Verduidelik strukturele en wrywings werkloosheid.
Wrywingswerkloosheid
 Kom voor wanneer werkers tussen werk beweeg
 Dit is onvermydelik - daar is altyd werkers wat beter geleenthede op die
arbeidsmark soek
 Maak nie saak hoe goed die ekonomie presteer in die skep van inkomste, uitset
en werk nie, daar sal altyd sommige mense wees wat wrywingloos werkloos is.
KOPIEREG VOORBEHOU
112
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Strukturele werkloosheid
- Die gevolg van wanbalans tussen die vraag na arbeid en die aanbod vir arbeid
- Dit word geassosieer met veranderinge in die struktuur van die ekonomie, soos
veranderinge in tegnologie. Veranderinge in tegnologie verskuif die vraag na
arbeid ten gunste van hoër vaardighede, wat voorheen ongeskoolde of
halfgeskoolde werkers struktureel werkloos verlaat.
3. Maatreëls om werkloosheid te verminder
Om werkloosheid te bekamp moet stappe geneem word om die aanbod van arbeid
te beperk en die vraag na arbeid te stimuleer.
Stappe wat geneem kan word aan die aanbodkant:
a. Bevolkingsgroei
b. Migrasies
c. Gebrek aan vaardighede
Bevolkingsgroei
Stappe om die bevolkingsgroei te laat afneem kan beskou word as deel van die
strategie om werkloosheid te bekamp.
Enige daling in die geboortekoers sal uiteindelik die koers waarteen die
arbeidsmark groei, laat daal.
Migrasies
Enige afname in die groei van de binnelandse bevolking kan egter ongedaan
gemaak word deur ‘n toename in positiewe netto migrasie.
Strenger immigrasiebeheer kan beskou word as ‘n element van ‘n strategie om
werkloosheid in die land te verminder.
Gebrek aan vaardighede
Daar is ‘n ooraanbod van ongeskoolde en semi-geskoolde arbeid.
Enige strategie om werkloosheid te verminder moet daar beleidsmaatreëls
ingesluit word wat die kwaliteit van arbeid sal verhoog.
Aan die vraagkant
Stappe wat geneem kan word aan die vraagkant:
a. Skep addisionele werksgeleenthede
b. Owerheidsbesteding
c. Verbruikersbesteding en Investering
d. Uitvoer
Skep addisionele werksgeleenthede
Addisionele werksgeleenthede kan geskep word deur totale vraag na goedere en
dienste te stimuleer en deur die arbeidssintensiteit van produksie te verhoog.
As meer goedere en dienste geproduseer moet word sal daar meer
werksgeleenthede geskep word.
KOPIEREG VOORBEHOU
113
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Owerheidsbesteding
Die owerheid kan die vraag na goedere en dienste verhoog deur meer te bestee,
maar ‘n toename in owerheidsbesteding moet gefinansier word.

Indien belasting verhoog word:
Kan private verbruikersbesteding en investering daal wat die positiewe uitwerking
van die toename in owerheidsbesteding tot gevolg sal he.

Indien owerheidsbesteding deur lenings gefinansier word:
Rentekoerse sal neig om styg en private verbruikersbesteding en investering sal
afneem.

Indien die styging in owerheidsbesteding gefinansier word deur geldvoorraad te
verhoog:
Sal die gevolg waarskynlik inflasie wees.
Verbruikersbesteding en Investering
Verbruikersbesteding en Investering kan gestimuleer word deur belasting of
rentekoerse te verlaag. ‘n Oormatige stimulering van binnelandse vraag kan tot
inflasie en betalinsbalansprobleme lei.
Daar is perke aan die mate waarin die binnelandse vraag gestimuleer kan word
met die doel om werkloosheid te verminder.
Uitvoer
Uitvoere kan verhoog word deur die vraag na plaaslike vervaardigde goedere op te
stoot.
Stappe moet geneem word om die land se internasionale mededingendheid te
verhoog deur ‘n realistiese wisselkoers te handhaaf en binnelandse
produksiekostes binne perke te hou.
2. WERKLOOSHEID IN DIE KEYNESIAANSE EN AD-AS-MODELLE
In hierdie makro-ekonomiese modelle is die kragte wat die totale reële produksie /
inkome (Y) in die ekonomie bepaal bestudeer en is aangeneem dat die vlak van
indiensneming positief verwant is aan die vlak van produksie.
Figuur 21-1 Die totale produksiefunksie
KOPIEREG VOORBEHOU
114
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die produksiefunksie toon die verband tussen die reële produksiepeil (Y) en die
indiensnemingspeil (N). Die reële produksie (Y) neem toe namate indiensneming
toeneem, maar styg teen ‘n dalande tempo. Die helling van die produksiefunksie
neem af namate indiendneming toeneem. Volle indiensneming in die arbeidsmag
word deur Nf aangedui en die ooreenstemmende volle-indiensnemingspeil van
produksie / inkome deur Yf aangedui.
3. WERKLOOSHEID EN INFLASIE: DIE PHILLIPSKROMME
Tabel 21-1: Totale vraag, produksie, pryse en werkloosheid
Uitwerking
Verandering in
totale vraag (AD)
Toename
Afname
Produksie
Y
Styging
Daling
Pryspeil
P
Styging
Daling
Werkloosheid
U
Daling
Styging
Figuur 21-2: Die Phillipskromme
 Produksie ... Werk
 Pryse ... Produksie
 Inflasie
 Inverse verhouding tussen inflasie en
werkloosheid
Die Phillipskromme Koppel die werkloosheidskoers (U) aan die inflasiekoers. Laer
inflasie gaan gepaard met hoër werkloosheid en omgekeerd. In die figuur is dit
duidelik dat wanneer die inflasiekoers 4% is, sal die werkloosheidskoers 2% wees.
Volgens die figuur kan inflasie tot nul verlaag word maar slegs as die
werkloosheidskoers (u) toegelaat word om tot 5% te styg.
Die afruilings- of afkoopbeginsel
Die Phillipskromme is beskou as duidelike bewys dat inflasie en werkloosheid
teenoor mekaar afgeruil of afgekoop kan word.
Die kromme dui daarop aan dat ‘n laer inflasiekoers bereik kan word deur dit af te
koop of af te ruil vir groter werkloosheid.
KOPIEREG VOORBEHOU
115
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Volgens figuur 21-2 kan ‘n daling in werkloosheid van 3% tot 2% “gekoop” word deur
totale vraag te stimuleer en ‘n styging in inflasie van 2% tot 4% te aanvaar.
Figuur 21-3: ‘n Gelyktydige toename in inflasie en werkloosheid
Die oorspronklike Phillipskromme word deur PP voorgestel. Veronderstel dat die
ekonomie by punt A verkeer met ‘n inflasiekoers van 5% en ‘n werkloosheidskoers
van 4%. Faktore soos ‘n hoër koers van toename in invoerpryse, hoër koerse van
toename in lone of hoër winsgrense verksuif die Phillipskromme na regs (P’P’) wat
met ‘n toename in inflasie met ‘n toename in werkloosheid gepaard gaan. Dit word
stagflasie genoem en word aangedui deur ‘n beweging van punt A na B in die
figuur. Die regswaartse verskuiwing van die Phillipskromme word deur dieselfde
faktore veroorsaak as die wat ‘n linkswaartse verskuiwing van AS-kromme
veroorsaak.
4. INKOMEBELEID
Inkomebeleid
Behels een of ander vorm van owerheidsinmenging in die vasstelling van lone en
pryse.
Optrede van die owerheid kan gewissel word deur die formulering van:
a. Riglyne
b. Verpligte berheermaatreëls
Vir enige inkomebeleid om suksesvol te wees vereis dit ‘n driesydige ooreenkoms:
a. Regering
b. Werknemers (Vakbonde)
c. Werkgewers (Firmas)
KOPIEREG VOORBEHOU
116
C MARAIS NOTAS
ECON 122
22. EKONOMIESE GROEI EN KONJUNKTUURGOLWE
Leeruitkomste




Definieer ekonomiese groei
Verduidelik hoe ekonomiese groei gemeet word
Verduidelik die konjunktuurgolf
Identifiseer die belangrikste bronne van ekonomiese groei
1. DIE DEFINISIE EN METING VAN EKONOMIESE GROEI
Ekonomiese groei
Die jaarlikse koers van toename in totale produksie of inkome in die ekonomie.
Ekonomiese groei moet in twee opsigte gekwalifiseer word in:
a. Reële terme
Produksie en Inkome word gemeet ten eiende die invloed van Inflasie uit te
skakel.
b. Aanpassing moet gemaak word vir bevolkingsgroei
Syfers moet per capita-grondslag uitgedruk word.
Daar is slegs positiewe ekonomiese groei indien die totale reële produksie of
inkome vinniger as die bevolking groei.
Totale reële produksie – Word verteenwoordig deur die reële bruto binnelandse
produk (Reële BBP)
Probleme wat met die BBP verband hou:
1. Nie markproduksie
2. Onopgetekende bedrywighede
3. Datahersienings
4. Ekonomiese Welvaart
Nie markproduksie
Hierdie probleem is van toepassing op die goedere en dienste wat deur die owerheid
geproduseer word. Aangesien die meeste van hierdie goedere en dienste nie op 'n
mark verkoop word nie, word hulle teen kosprys waardeer. Daar word aanvaar dat
die waarde van die uitset van ‘n staatsamptenaar gelyk is aan sy salaris.
Nog ‘n voorbeeld van Nie markproduksie – Boere se verbruik van hul eie
produskie.
Onopgetekende bedrywighede
Baie transaksies of aktiwiteite in die ekonomie word nêrens opgeteken word nie.
Sulke transaksies of aktiwiteite word deur terme soos die Onopgetekende ekonomie
/ Ondergrondse ekonomie / Skadu-ekonomie en die Informele sektor beskryf. Die
informele sektor waarna daar gewys is, is dat onopgetekende aktiwiteit kan strek van
KOPIEREG VOORBEHOU
117
C MARAIS NOTAS
ECON 122
smokkelary, dwelmhandel en prositusie tot kontanttransaksies wat daarop gemis is
om belasting te ontduik.
Datahersienings
Nog 'n probleem wat met die BBP en ander nasionalerekeninge-totale geassosieer
word, is dat die aanvanklike beramings dikwels aangepas word wanneer beter en
nuwe data beskikbaar word. Dit is dikwels baie frustrerend vir ontleders, aangesien
hulle nooit seker is of en met hoeveel die oorspronklike syfers aangepas gaan word
nie.
Ekonomiese Welvaart
Baie ekonome beweer dat die BBP en die ander nasionalerekeninge-totale nie
goeie maatstawwe vir ekonomiese welvaart is nie. Hulle wys daarop dat
ongewenste neweprodukte soos besoedeling, kongestie en geraas nie in ag
geneem word nie. Dit is ook moeilik om rekening te hou met veranderings in die
kwaliteit van goedere en dienste, en verder behoort voorsiening ook gemaak te
word vir die uitputting van skaars mineraalbronne. Boonop hou die BBP nie
rekening met die verdeling van produksie en inkome nie.
2. DIE KONJEKTUURGOLF
Die Konjektuurgolf
Die patroon van opswaai (uitbreiding) en afswaai (inkrimping) in ekonomiese
aktiwiteite oor ‘n aantal jare.
Een voltooide golf het vier elemente: ‘n
a. Trog
b. Opswaai / uitbreidingsfase (ook bekend as voorspoedfase)
c. Piek
d. Afswaai / inkrimpfase (wat gewoonlik ‘n resessie genoem word)
Figuur 1 – Die konjektuurgolf
Van punt A tot C – Een volledige trog
Van punt A tot B – Opswaai d.w.s. uitbreidingsfase
Punt B – Verteenwoordig die piek
Van punt B tot C – Afswaai d.w.s. inkrimpingsfase
KOPIEREG VOORBEHOU
118
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Oorsake van konjektuurgolwe
Daar is drie verskillende standpunte oor konjektuurgolwe:
1. Die klassieke standpunt
2. Die Keynesiaanse standpunt
3. Die strukturalistiese standpunt
Die klassieke standpunt
Die markekonomie is inherent stabiel en word konjektuurgolwe deur eksogene
versteurings veroorsaak.
Eksogene faktore – Faktore buite die markstelsel.
Figuur 2a – Die Klassieke standpunt
Die ekonomie is inherent stabiel soos aangedui deur die dik lyn.
Die Keynesiaanse standpunt
Keynesiaanse glo dat die konjunktuurgolf 'n intergrerende deel is van die manier
waarop die markekonomie funksioneer. Hulle glo met ander woorde dat die
konjunktuurgolf 'n endogene verskynsel is.
Indien ekonomiese omstandighede verbeter:
 Word dit deur ‘n meganisme soos die vermenigvuldiger versterk en dit het 'n
sterk opwaartse swaai tot gevolg.
 Soos die ekonomie groei, styg rentekoerse neem invoer toes daal buitelandse
reserwes, ensovoorts, totdat n piek bereik word.
 Die hele proses word dan omgekeer en 'n ekonomese resessie volg.
Gedurende die resessie daal rentekoerse, Invoer neem af en buitelandse
valutareserwes styg. Die proses duur voort totdat die ekonomie ‘n trog bereik.
Figuur 2b – Die Keynesiaanse standpunt
KOPIEREG VOORBEHOU
119
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die ekonomie is inherent siklies onstabiel soos aangedui deur die dik lyn. Volgens
die standpunt is konjunktuurgolwe ‘n onafskeidelike deel van die private
markekonomie.
Die strukturalistiese standpunt
Die bestaan van natuurlike ekonomiese neigings in die markekonomieë word ontken
en beskou konjektuurgolwe as toevallig en onreëlmatige verskynsels.
Figuur 2c – Die strukturalistiese standpunt
Ontken die bestaan van natuurlike ekonomiese neigings in mark ekonomieë en
beskou die konjektuurgolwe as toevallig en onreëlmatige verskynsels.
3. DIE METING VAN KONJEKTUURGOLWE
Die meting van konjektuurgolwe bestaan uit drie konjektuuraanwysers:
a. Leidende aanwysers
Bereik gewoonlik voor die piek in die totale ekonomiese aktiwiteite ‘n
hoogtepunte wat neig om voor die trog in totale ekonomiese aktiwitite ‘n
laagtepunt te bereik.
b. Samevallende aanwysers
Neig om met bewegings in die totale ekonomiese bedrywighede saam te val
c. Sloerende aanwysers
Neig om bewegings met ‘n sloering tot gevolg, te identifiseer
4. BRONNE VAN EKONOMIESE GROEI
KOPIEREG VOORBEHOU
120
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Ekonomiese groei kan in twee kategorieë verdeel word naamlik:
a. Aanbodfaktore
b. Vraagfaktore
Aanbodfaktore
 Natuurlike hulpbronne
 Arbeid
 Kapitaal
 Ondernemerskap
i.
Natuurlike hulpbronne
'n Land is bedeel met minerale, bewerkbare grond en 'n gunstige klimaat.
Minerale moet ontdek word, hetsy per toeval of deur eksplorasie, terwyl vrugbare
grond bewerk moet word. Nuwe tegnieke of prysstygings kan sekere
mineraalneerslae wat vroeër as niewinsgewend of onontginbaar beskou is,
winsgewend maak om te ontgin. Dit is in beginsel moontlik om meer natuurlike
hulpbronne te benut.
ii.
Arbeid
Die grootte van die arbeidsmag word deur faktore soos die ouderdom- en
geslagsamestelling van die bevolking bepaal. Die groei van die arbeidsmag word
deur die natuurlike bevolkingsaanwas en die migrasie tussen lande bepaal. Die
kwaliteit van die arbeidsmag is egter belangriker en dit word deur faktore soos
ondenws, opleiding, gesondheid, voeding en werksetiek bepaal.
iii.
Kapitaal
Ekonomiese groei vereis meer en beter kapitaaltoerusting. 'n Toename in die
kapitaalvoorraad kan deur kapitaalverbreding of kapitaalverdieping bewerkstellig
word.
Kapitaalverbreding - Wanneer die kapitaalvoorraad toeneem ten einde 'n groter
arbeidsmag te akkommodeer.
Kapitaalverdieping - Wanneer die hoeveelheid kapitaal per arbeider toeneem,
d.w.s. wanneer die groei in die kapitaalvoorraad hoër as die groei in die aantal
arbeiders is. So 'n verandering word as 'n toename in die kapitaalintensiteit van
produksie beskryrf.


iv.
Ondernemerska
Die ondernemer is die dryfkrag van ekonomiese groei. Ondernemerstalent moet
daarom bevorder word. Daar moet geen onnodige struikelblokke (soos wette,
reëls en regulasies) wees wat die ontwikkeling van ondernemerskap belemmer
nie.
Vraagfaktore
 Binnelandse vraag
 Uitvoer
 Invoervervanging
Soos vroeër verduidelik, bestaan die vraag na goedere en dienste uit verbruiksvraag
(C), investeringsvraag (I), owerheidsvraag (G) en netto uitvoer (X — Z).
KOPIEREG VOORBEHOU
121
C MARAIS NOTAS
ECON 122
Die verskillende komponente van totale besteding of totale vraag kan gebillik word
om tussen drie groepe vraagfaktore te onderskei:



Binnelandse vraag - Verbruik (C) , investerign(I) en owerheidsbesteding (G)
bestaan.
Uitvoervraag (X)
Invoervervanging - Daarop ingestel is om invoer (Z) te verminder.
Ekonomiese groei kan dus gestimuleer word deur binnelandse vraag (C + I + G) te
verhoog, uitvoer (X) te verhoog of invoer (Z) te verminder.
Binnelandse vraag
Verbruik (C) is hoofsaaklik 'n funksie van inkome (Y). Investering (I) is weer 'n
funksie van die verwagte winsgewendheid van investeringsprojekte (en daarom ook
van die rentekoers), terwyl owerheidsbesteding (G) deur regeringsbeleid bepaal
word. Inwaartse industrialisasie is 'n groeistrategie wat daarop gemik is om in die
behoeftes van die snel groeiende arm bevolking in die stedelike gebiede van SuidAfrika te voorsien.
Uitvoer
‘n Toename in uitoer verhoog die rentekoers en verlig ook die
belastingsbalansbeperking.
Invoerverandering
Om invoer te verminder deur goedere wat voorheen ingevoer is plaaslik te
vervaardig.
5. ENKELE GRONDLIGGENDE OORSAKE VAN LAE EKONOMIESE GROEI
a. Instellings – Mensgemaakte beperkings wat die wisselwerking tussen mense
vorm en die aansporings verskaf waarop mense reageer.
b. Geografie – Die disiese en goegrafiese omgewing en sluit klimaat en ekologie in.
c. Kultuur – Belangrike bepaler van waardes, voorkeure en oortuigings wat
uiteindelik help om die prestasie van die ekonomie te bepaal.
KOPIEREG VOORBEHOU
122
Download