Uploaded by Corne Basson

nedersettings

advertisement
GR.8A4
Chené Anke Basson
Hoërskool Tygerberg
3 September 2018
Aardrykskunde projek:
Nedersettings
[Bellville]
Inhoudsopgawe:
~Inleiding
~Opskrifte en formaat
~Slot
~Verwysing van bronne
Inleiding:
My keuse vir ‘n nedersetting is Bellville, ‘n voormalige stad in die WesKaap, maar is nou ‘n residensiële voorstad van Kaapstad. Dit is ‘n stedelike
nedersetting, sowat 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad geleë. Die
Universiteit van Wes-Kaapland, die hoofkantore van die Bybelgenootskap
van Suid-Afrika en van Sanlam kan in die voorstad gevind word. Danksy
die sentrale ligging, is dit ook naby die Kaapstad Internasionale Lughawe, ’n
aantal gholfbane, die Kaapse wynroetes en verskeie winkelsentrums.
Bellville het ‘n ryk herkoms en bestaan reeds amper 200 jaar, van uitruilpos
tot volwaardige stad.
Opskrifte en formaat:
REDES VIR LIGGING:
Bellville was oorspronklik as die 12 Myl Pos bekend, genoem na die leiklip–mylpaal
met sy Romeinse XII wat by die hoek van Voortrekker- en Durbanweg staan. Dit was
presies twaalf myl of 19,3km van die Kaap. Later is dit na “Hardekraaltjie Uitspan”
herdoop.
Die area was van belang omdat dit die enigste harde grond was waarop waens met
voorraad soos groentes, uitgespan kon word op hul tog deur die Kaapse Vlakte se
sagte sand. Menigte ruiter het ‘n sug van verligting gesaak met hul aankoms by
Hardekraaltjie.
Die Hardekraaltjie-karavaanpark beslaan vandag nog hierdie
oorspronklike terrein. Die uitspan pos het dus ook handel van ware tussen die reisigers
moontlik gemaak. Die Elsiesrivier het ook deur die Bellville area gevloei en dus was
dit vrugbaar en gesog.
Toe die spoorlyn van Kaapstad na Wellington Hardekraaltjie bereik, is daar ‘n halte
gemaak, wat “Durban Road” genoem is (Durbanville was vroeër bekend was as
“D’Urban”). Durbanville was toe al ‘n gevestigde gemeenskap, terwyl die latere Bellville
toe net begin ontwikkel het. In 1861 is Hardekraaltjie na die landmeter Charles Bell
hernoem en die area het bly groei. Bellville het in 1940 ‘n onafhanklike munisipaliteit
geword en het in 1979 stadstatus verkry.
12 Myl steen
Charles Bell
Wapen:
Bellville se munisipale raad het in 1947 ‘n wapen aangeneem en dit later drie keer
gewysig. Die oorspronklike weergawe was: Gedwarsbalk van rooi en goud van twaalf
stukke, ’n swart paal belaai met twee silwer klokkies, oor alles heen ‘n blou binneskild
belaai met ‘n goue koringgerf. Die helmteken was ‘n swart adelaar met uitgespreide
vleuels, en die wapenspreuk “Prendre sa belle”.
In die tweede weergawe is die binneskild weggelaat en die
koringgerf tussen die twee klokkies geplaas. In die derde
weergawe, soos deur Ivan Mitford-Barberton hersien, is die
koringgerf met ‘n derde klokkie vervang. Dit is in 1959 by die
Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.
In die vierde en laaste weergawe, soos deur dr. Cornelis Pama
hersien, is die klokkies met kerkklokke vervang. Hierdie
weergawe is in 1980 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.
Ekstra inligting:
Charles Bell was die staatslandmeter en kunstenaar waarna Bellville vernoem is. Twee
maande voor Charles Davidson Bell se sewentiende verjaarsdag het hy, in die lente
van 1830 vir die eerste keer voet aan wal gesit in Kaapstad. Hy is in 1813 in Skotland
gebore en is deur sy oom, kol. John Bell, toe die koloniale sekretaris, Kaap toe
genooi. Charles was baie goed met die kwas. Hy het Kaapstad-tonele en plaaslike
persoonlikhede met ‘n humoristiese en oplettende oog geteken en geskets. Toe hy 21
was, het hy aangesluit by dr. Andrew Smith se “Expedition for Exploring Central
Africa”. Tydens die reis moes hy ‘n sketsdagboek van die expedisie hou deur sketse
van die landskappe en die inboorlinge wat hulle raakgeloop het, te maak. Hy was ook
baie goed met hout en het ‘n groot liefde gehad vir hout en houtsneewerk.
Volgende in Charles se visier was ‘n loopbaan in siviele diens. Op die ouderdom van
24 was hy reeds ‘n gekwalifiseerde landmeter. Toe hy 36 was, raak hy die voorsitter
van die Old Mutual en ontwerp die welbekende Old Mutual-embleem (die een met die
drie ankers). Die volgende jaar, 1850, het Charles en sy vrou geskei. Hulle het drie
kinders saam gehad. Hy het later jare weer getrou.
Die kunstige Charles het ook ‘n goue medalje
gewen vir die “beste oorspronklike historiese
skildery” getiteld “Die landing van Jan van
Riebeeck by die Kaap van Goeie Hoop in 1652”.
SKETSKAART:
Stadsaal
Hardekraaltjie
Biblioteek
Winkelsentrum
Residensiële area
Kommersiële area
Industriële area
Onderwys
Parke en Ontspanning
Bellville HS
Vervoer
Water liggaam
Openbare nutsdienste
DF Malan
Park
Swembad
Treinstasie
ONDERHOUDE:
(ek het met 6 mense onderhoude gevoer, maar noem slegs die mees relevantste
inligting)
~Hoe lank woon u al in Bellville?
1. 34 jaar
2. 6 jaar
3. 19 jaar
~wat het gemaak dat u Bellville gekies het as u tuiste?
1. Het in Bellville gewerk en aangebly nadat ek getroud is.
2. Nader aan my werk.
3 .Meer werks geleenthede
~Wat sou u sê is die grootste veranderinge in die gebied vandat u hier woon?
1. Meer misdade word gepleeg.
2. Baie meer mense wat in die straat ronddwaal sonder ‘n rede.
3. Meer woonbuurte is aangebou, bevolking is baie meer as wat dit was. (uitbreidings
van sentrums)
~Het u al gehoor van die Greater Tygerberg Partnership? Indien wel, wat dink u van
die werk wat hulle probeer doen om Bellville een van die Stad Kaapstad se mees
inklusiewe, lewendige en ekonomies voorspoedige gebiede te maak waarin ons kan
woon, werk en speel?
1.Nee
2.Nee
3.Baie goeie idee, meer werks geleenthede.
~Is daar iets omtrent Bellville wat u graag sou wou hê moet verbeter? (bv die verkeer,
die misdaad, beter behuising, werkloosheid) en hoekom?
1. Misdaad – te veel inbrake, besoedeling-strate en sypaadjies lyk vreeslik. Ook meer
werksgeleendhede - sodat mense besig bly en minder tyd het om landswette te
breek.
2. As jy gaan stap met jou hond om veilig te voel in die daglig.
3. Veiligheid, om huise en strate, deurloop van mense wat snags rond beweeg,
diefstal, mense aanval sonder rede.
Sosiale kwessies:
Plekke om te speel:
Toe my ma klein was, het hulle gereeld by die parkie in 12de laan, Boston gaan speel.
Hulle het in 10de laan gewoon, so dit was naby. Daardie dae was dit nog veilig vir
kinders om alleen parkie toe te loop en hulle kon ure op die speelrame, swaaie en
ander speelgoed spandeer. Daar was ook ‘n stroompie wat langs die parkie verby
geloop het, waar hulle as kinders piekniek gehou het.
Vandag is dieselfde parkie vervalle en afgeskeep, want die stad onderhou dit nie meer
nie. Die kostes hieraan het heel moontlik te hoog geraak. Die stroompie is vol gemors.
Die area is ook duidelik nie meer veilig nie, aangesien ons gereeld daar verby ry en
menigte tikkop daar sien uithang. Ook haweloses hang daar uit en vullis is die wêreld
vol gestrooi. Daar is nie meer ‘n kind in sig nie, want dit is lankal nie meer veilig vir
hulle om daar te speel nie. My ma sê dit maak haar baie hartseer want dit was haar
gelukkigste tye as kind.
Sulke parkies wat net vir sekere areas bedoel was, is seker deesdae nie meer werklik
‘n noodsaaklikheid nie. Daarom is die werk wat by die Jack Muller/Danie Uys Park, net
‘n entjie verder die pad van 12e laan op, gedoen word, so spesiaal. Hierdie park is
gratis vir mense om te besoek, van
sonop tot sononder en spog met
pragtige
grasvelde,
lekker
loop
paadjies, ’n buitemuurse gymnasium
en veilige piekniek en speel areas vir
kinders. Die feit dat die Stad Kaapstad
eerder fondse in die opgradering van
die park vir baie mense se gebruik
(teenoor die opgradering van ‘n area
parkie vir sommiges se gebruik),
bestee, wys dat daar steeds ‘n
aanvraag bestaan vir sulke tipes plekke vir kinders om (veilig) te kan speel en families
om te kan kom ontspan en piekniek hou. Ek sou dieselfde keuse gemaak het.
Slot
Die nuwe organisasie ”Greater Tygerberg Partnership” word deur die Stad Kaapstad
gemagtig om die Voortrekkerweg corridor en die groter Tygerberg-streek te omskep in
‘n voorspoedige, suksesvolle en aantreklike kommersiële sentrum vir sake eienaars en
‘n lewendige, inklusiewe, veilige en modern hub vir inwoners, studente en die
algemene publiek. Hulle glo dat die stad Bellville die ekonomiese hart van die Groter
Tygerbergstreek is, wat vergelyk kan word met baie ander Afrika-strede in terme van
sy infruktuur, grootte, voetgang en, bowenal, sy potensiaal.
Ek glo dat die werk wat hulle in die area prober doen, baie van die probleme wat
Bellville tans ondervind in die toekoms sal uitskakel en weer vir ons veilige en
ekonomiese areas sal skep vir speel en werk. Deur ons deelname aan hulle
uitgebreide projekte, kan ons help om hierdie drome tot stand te bring.
Bellville is ‘n stad wat homself die heeltyd bly herskep: Eers as halfweg pos, toe as
klein dorpie, toe ‘n stad en nou ‘n meer moderne “hub”. Ek glo dat Bellville steeds die
vermoeë het om relevant te wees in vandag se moderne wêreld, aangesien oud en
nuut hier suksesvol saamgevoeg word.
Verwysing van bronne
1.
Blog: http://tygerbergstories.co.za (onderhou deur Etienne Rossouw)
2.
af.wikipedia.org
3.
Gtp.org.za (the greater Tygerberg partnership webwerf)
4.
Google Maps
5.
Flickr.com
Download