Bywoorde
Die bywoord beskryf die werkwoord.
(Mag net een woord wees.)
3 soorte bywoorde:
Bywoord van tyd.
Bywoord van plek.
Bywoord van wyse.
Bywoord van tyd.
(Wanneer?)
Sy het gister gewen.
Bywoord van plek.
(Waar?)
Ek loop buitentoe.
Bywoord van wyse.
(Hoe?)
Liam eet stadig.
Voorsetsels
Is kort woordjies wat beskryf
waar iets of iemand is.
Voorsetsels kan ook tyd aandui.
Voorsetsels voorbeelde
aan, buite, deur, met,
na, op, onder, teenoor,
tussen, tot, langs,
binne, bo, oor.
STOMPI
STOMPI
Sinsontleding:
S = Subject = Onderwerp = Wie/wat + werkwoord.
T = Time = Tyd = Wanneer?
O = Object = Voorwerp = Wie/wat word ge+werkwoord.
M = Manner = Wyse = Hoe?
P = Place = Plek = Waar? Plek?
I = Infinitive = Infinitief = Om + Te + Werkwoord.
STOMPI
1. Vind eenvoudigste vorm van die sin.
2. Identifiseer die gesegde. Wat word gedoen?
(selfst.ww. + koppelww. +hulpww.)
3. Identifiseer die onderwerp.
Wie/wat + ww.
4. Identifiseer die voorwerp.
Wie/wat word ge+ww
5. Infinitief gevorm deur om + te + werkwoord.
Sinsoorte
Vraagsin (?):
Hier vra jy ‘n vraag en die sin eindig altyd
met ‘n vraagteken.
Bv. Wat is jou naam?
Tydsvorme
Verlede Tyd
Lank gelede, gister, is verby.
Onthou wanneer ons ‘n sin in die verlede tyd oorskryf,
kry die woorde wat begin met be-; ge-; her-; er-; ont-; en ver- nie ‘n ge- in die verlede tyd nie. Bv. Die koei herkou. Die koei het herkou.
Teenwoor- dige tyd
dit is die hede, gebeur
NOU, hier op die oomblik.
Bv. Daniel wen ‘n diploma.
Toekom- ende tyd
dit kom nog, sal of gaan gebeur.
Bv. Logan sal in die swemgala swem.
- Gebruik die woord “sal” om aan te dui
dat die aksie nog moet gebeur.
- Sin moet met die werkwoord eindig.
Samestellings
Wanneer twee of meer woorde
saamgevoeg word om ‘n nuwe woord te vorm.
Dit moet die eenvoudigste vorm van
die woorde wees en geen
voor- of agtervoegsels bevat nie.
Bv. Spring + Haas = Springhaas.
Voor- en agtervoegsels (Afleidings)
Die woorddeel kan nie op hul eie ‘n woord vorm nie.
Voorvoegsels
Dit staan voor ‘n woord.
Bv. er- her- ont- on-
ver- mis- ge- be-.
Agtervoegsels
Staan na die woord.
Bv. -aar -ig -aard -lik
-agtig -loos -baar -ing.
Verbindingsklank
Wanneer daar twee van dieselfde konsonante langs mekaar staan, is die tweede konsonant ‘n verbindingsklank. Bv. stokke se agtervoegsel is slegs -e, want die k is die verbindingsklank.
Dit word soms tussen samestellings gebruik bv. hempsmou = s is die verbingingsklank.
Verlede Tyd - Stappe
- Gebruik “het” in jou sin.
- Las “ge-“ vooraan jou werkwoord.
- Plaas die werkwoord aan die einde van jou sin.
Verlede Tyd - WENK
Kan verander na kon.
Wil verander na wou.
Moet verander na moes.
Sal verander na sou.
Die res van die sin bly dieselfde