SKOOLWAPEN Gauteng-Wes DISTRIK: SKOOL: Randfontein High School DATUM: VAK: Afrikaans Eerste Addisionele Taal GRAAD: 12 TAAK 6 Vraestel 4 Mondeling 2: Voorbereide Lees 2 Keuses (Teks A en B) 20 PUNTE: 2 – 3 minute TYDSDUUR: INSTRUKSIES: Bestudeer en lees die onderstaande TEKSTE en berei EEN voor vir hardop lees. Let op die volgende as jy die leesstuk voorberei: ● Leesspoed – Jy moet so vloeiend as moontlik probeer lees. ● Uitspraak van die woorde – Jy moet oefen om die woorde reg uit te spreek. ● Leer om met gevoel te lees en stop by by punte en kommas. ● Woorde wat jy nie verstaan nie, se betekenis moet jy opsoek in die woordeboek. ● Maak seker jy verstaan wat jy lees sodat jy die vrae wat daaroor gevra gaan word, kan beantwoord. ● Let op na die rubriek, wat die kriteria aandui, waarvolgens jy punte sal kry. Die onderwyser sal dit met jou bespreek. Bladsy 1 van 9 Pre-lees ● Lees die opskrif en subopskrif. Wat beteken die opskrif? (Sien teks A en B) ● Lees en bepaal die betekenis van onbekende woorde deur kontekstuele leidrade te gebruik, herlees waar nodig. ● Gebruik ’n woordeboek om onbekende woorde op te soek. Behandel die woordeskat met die leerlinge: Woordeskat: TEKS A digitale koerant digital newspaper kenners experts verwagtings expectations superhelde superheroes trefslae hits sluipmoord-aanval assasination attack moedeloos geheim insig afskrik ontbrekende geleenthede Woordeskat: TEKS B discouraged secret insight deter missing opportunities DIE ONDERWYSER MAG NOG MOEILIKE WOORDE NEERSKRYF Tydens lees ● Lees aandagtig sodat jy kan verstaan waaroor die leesstuk gaan. ● Lees en bestudeer die volgende artikel en berei dit voor om hardop te lees vir formele assessering Bladsy 2 van 9 AFRIKAANS EAT GRAAD 12/2025 Teks A: Bron: Sterreredenaars.co.za TYD 1. 2. Vriende, ons tyd het uiteindelik aangebreek. Jammer, onderwysers dis nie meer u tyd nie. U tyd is nou iets van die verlede. Nóú is die tyd van Generasie Z. As jy tussen 1995 en 2010 gebore is, dan is dit jy. Ons ster kom nou op, en ek kan julle maar sê: “Dit is hoogtyd!” Ek lees op Netwerk24.com, die digitale koerant, die berig wat deur Vida Booysen, joernalis vir ekonomiese sake, gepos is op 19 Oktober 2014, “Omgee geslag sal wêreld verander” waarin kenners dit duidelik stel dat die aarde tans soos ‘n tydbom is en sien Generasie Z as die superhelde wat wesenlike verskille gaan maak om dit wat tot dusver alles verkeerd geloop het, weer reg te ruk. 3. As dit vir julle na baie hoë verwagtinge klink moenie bekommerd wees nie want ‘met tyd kom raad’, soos my ouma altyd sê. 4 In die berig reken Bruce Tulgan, ’n skrywer en strateeg wat navorsing oor die omwenteling van geslagte doen, dat ons generasie se verwagtings is baie meer realisties en ons wenslys is beskeie. Ons gaan nuwe oplossing vir baie ou probleme uitdink want ons kan uit die boks dink. 5.. Hy verwys na Logan LaPlante wat op 13 jarige ouderdom ’n aktivis is vir selfdoen-onderwys en sy Youtube-video, “Hackschooling makes me happy”, het meer as vyf miljoen trefslae gekry. Ook na Adora Svitak, wat op 17 drie boeke geskryf het en ’n spreker op wêreldforums is. 6. 7. 8. 5 10 15 20 Maar wat ons generasie so uitstaande maak is dat ons “omgee”. Ons gee om vir die planeet en vir alle mense ook op die planeet. Malala Yousafzai, Nobelvredespryswenner op die ouderdom van 17 jaar, is seker die beste voorbeeld van my generasie. Nie eens die sluipmoordaanval wat amper haar lewe geëis het kan haar stuit om die wêreld vir kinders en vrouens te verander nie. 25 Logan Lavoie, uitvoerende hoof van ‘n talentwerwingsplatform sê, : “Geld is nie vir Generasie Z belangrik nie – hulle is maatskaplike entrepreneurs wat die wêreld wil verander, en hierdie gedrewe en digitale geslag sal eerder ’n loopbaan volg waaroor hulle passievol voel.” 30 Ek sê weer: “Ons tyd is nou” en, soos ons almal weet, tyd is die kosbaarste geskenk wat jy vir enige persoon kan gee. Gee dit met vrymoedigheid want jy is ‘n kind van Generasie Z. Bron: Sterreredenaars.co.za Bladsy 3 van 9 AFRIKAANS EAT GRAAD 12/2025 TEKS B: Bron: afrikaanseskoolprojekte.co.za Wees goed voorbereid vir die eksamen deur oefenvraestelle te gebruik. 1. Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon weg? Dit laat ons soms moedeloos voel omdat ons gedink het ons het al die antwoorde geken. Wel, daar is 'n manier om seker te wees jy weet presies hoe om 'n vraag te beantwoord - deur middel van oefen-eksamenvraestelle. 5 2. Selfassessering is die geheim wat 'n verskil in slaag of druip te kan maak, of in 'n 60% en 80%. Navorsing het keer op keer gewys dat oefenvraestelle jou kennis van 'n onderwerp sal verbeter, maar ook jou insig oor hoe om vrae oor ’n bepaalde onderwerp te beantwoord. Om oefen eksamenvraestelle deur te werk, neem tyd en moeite, maar moenie dat dit jou afskrik nie. 10 3. Thomas Edison, uitvinder en sakeman het gesê: “Geleenthede word deur mense misgeloop omdat dit in ’n oorpak aangetrek is en soos werk lyk.” Moenie die geleentheid om te leer en goeie punte te behaal deur jou vingers laat glip, net omdat dit na harde werk lyk nie. 15 4. Waarom jy oefenvraestelle moet gebruik om jou studie-sessies te verbeter: 5. 1. Weet wat belangrik is en wat nie. Wanneer jy eksamenvraestelle deurgaan, sal jy gou besef watter onderwerpe en watter soort vrae belangrik is. Jy het dalk al jou aandag op een onderwerp gefokus, maar gou besef dat daar 'n ander onderwerp is wat jy nie so belangrik geag het nie. Deur oefenvraestelle sal jy weet op watter onderwerpe jy moet fokus. 6. 2. Verkry vertroudheid. Jy raak gewoond aan die styl van die vrae. Normaalweg studeer ons nie in die vorm van meervoudige keuse of deur kolom A by kolom B te pas nie, maar dit is juis die tipe vrae wat ons moet kan beantwoord. Oefenvraestelle help ons om hierdie tipe vrae te beantwoord. Ons word bekend gestel aan langvrae, kort of- eenantwoordvrae, vul in die ontbrekende woord, diagramme en sketse, en oefen hoe om die antwoorde te gee wat punte sal verdien. 20 25 30 7. 3. Beoefen jou konsentrasie. As jy 'n werklike eksamen skryf, moet jy kan konsentreer vir die hele tyd wat jy skryf. Ons studeer meestal in sessies van 45 minute met 'n 15 minute breek tussenin. Gedurende 'n eksamen skryf ons nie net 45 minute en breek dan tussenin nie. Ons moet kan konsentreer vir die volle duur van die eksamen en dit verg oefening om dit te reg te kry. Deur die Bladsy 4 van 9 35 AFRIKAANS EAT GRAAD 12/2025 gebruik van oefen eksamenvraestelle raak jy gewoond aan die hoeveelheid vrae. . 8. 4. Los wat jy weet en fokus op wat jy nie weet nie. Nadat jy 'n oefenvraestel voltooi het, is die werk nog nie klaar nie! Jy moet jouself evalueer. As jy jou antwoorde met 'n rooi pen gemerk het, identifiseer die gedeelte waar jy die meeste rooi sien, en gaan bestudeer dit wat jy nie korrek kon beantwoord nie. 40 [Bron:afrikaanseskoolprojekte.co.za] Post –lees ● Die onderwyser sal aan jou vrae vra, wat jy moet kan beantwoord. ● Ongeveer 5 vrae word gevra waarop leerders mondeling reageer, die res van die punte is leesvaardighede. (Sien aangehegte rubriek Vir die onderwyser: Die vrae hieronder is slegs ʼn RIGLYN. Die onderwyser kan eie vrae ook opstel. Vir Onderwyser (Vrae en antwoorde) Toets die leerder se begrip van die gelese gedeelte d.m.v vrae. Hierdie vrae word nie as ʼn begripstoets geassesseer nie. Bladsy 5 van 9 AFRIKAANS EAT GRAAD 12/2025 MOONTLIKE VRAE : TEKS A VRAAG VRAAG EN ANTWOORD 1 Na wie verwys Generasie Z? PUNT (1) VLAK 1 (1) 3 (2) 3 (1) 3 (2) 1 (2) 5 (1) 2 Almal wat tussen 1995 en 2010 gebore is 2 Hoeveel jaar gelede is Vida Booysen se berig geskryf? Nege jaar gelede 3 Wat maak Logan Laplante so besonders? Verduidelik in jou eie woorde. Hy was op 13 jarige ouderdom ’n aktivis is vir selfdoen-onderwys en hy het ook ‘n Youtube-video gemaak wat baie gewild was. Die video het meer as 5miljoen trefslae gehad/ miljoene mense het na sy video gekyk. (Leerder kan in eie woorde verduidelik) 4 Hoe weet jy dat Malala Yousafzai iemand is wat haar nie maklik laat afskrik nie? Na ‘n sluipmoord aanval op haar lewe het sy steeds aangehou om kinders en vroue se lewens te verbeter. 5. Noem TWEE dinge waarvoor Genersie Z omgee. Mense en die planeet 6. Watter verandering sal jy graag in jou gemeenskap wil aanbring en hoe sal jy doen? Vertel volledig Leerders se eie perpektief word gegee, maar daar moet motivering wees 7. Wat het Adora Svitak en Malala Yousafzai in gemeen? Albei het op 17 jaar oud sukses behaal/ was op 17 jaar oud wêreldbekend [10] Bladsy 6 van 9 AFRIKAANS EAT GRAAD 12/2025 TEKS B VRAAG VRAAG EN ANTWOORD 1. Wat,volgens die tiel is die beste manier om vir eksamens voor te berei? 2. Jy moet oefenvraestelle gebruik/ deur vorige vraestelle werk Skryf EEN woord neer wat die sin die beste voltooi. PUNT (1) VLAK 1 (1) 3 (1) 2 (1) 1 “Die dag van die toets is jou geheue skoon weg”,beteken jy het die antwoorde... vergeet 3. Hoe weet jy dat oefenvraestelle jou kennis oor ‘n onderwerp kan verbeter? Navorsing het dit keer op keer bewys 4.1 Wie was Thomas Edison? ‘n Amerikaanse uitvinder wat baie toestelle ontwikkel het 4.2 Noem TWEE van sy uitvindings (2) 3 5. gloeilamp/fonograaf of gramofoon/rolprent Waarom is die volgende stelling ONWAAR: Jy moet nooit langer as 45 minute studeer nie (1) 3 (1) 2 (2) 5 6. 7. Dis ONWAAR want jy moet leer om langer te konsentreer as jy studeer, omdat die eksamen sessie twee tot 3 ure kan duur Hoekom moet jy jouself evalueer as jy klaar gestudeer het? Jy sal kan sien wat jy verkeerd het en dit weer bestudeer totdat jy dit ken. Vertel ons van jou studiemetodes en hoekom dit effektief is. Leerder se eie antwoord. Moet voorbeelde kan noem/ beskryf hoe hy/sy studeer en hoe dit die punte verbeter [10] Bladsy 7 van 9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Mondeling Assesseringstake Graad 12 2024 EERSTE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR VOORBEREIDE HARDOPLEES: GRAAD 10-12 [10x2 = 20] Kriteria Uitsonderlik 10-8 Verdienstelik 7-6 Lees vlot en aandagtig volgens doel en taak Lees vlot en onderhoudend; uitstekende uitdrukkingsvermoë Lees vlot; goeie uitdrukkingsvermoë Uitstekende begrip en interpretasie van die teks Aanbieding Gebruik van toon, stemprojeksie en tempo om betekenis te verhoog Gebruik van oogkontak, gesigsuitdrukking en houding Matig 5-4 Goeie begrip en interpretasie van die teks Elementêr 3-2 Ontoereikend 1-0 Lees vlot; voldoende uitdrukkingsvermoë Lees nie baie vlot nie; ’n mate van uitdrukkingsvermoë Lees glad nie vlot nie, maar betekenis kan gevolg word Genoegsame interpretasie van die teks om betekenis oor te dra ’n Mate van interpretasie van die teks; net genoeg om sekere betekenis oor te dra Byna geen bewys van interpretasie van die teks nie; betekenis is verwronge Swak poging om frasering, pousering en stembuiging te gebruik om betekenis te versterk Swak frasering en onnatuurlike stembuiging bederf die lees Uitstekende gebruik van frasering, pousering en stembuiging om betekenis op skitterende wyse oor te dra Goeie gebruik van frasering, pousering en stembuiging, wat betekenis versterk Die leser poog om frasering, pousering en stembuiging te gebruik om betekenis te versterk Uitstekende stemprojeksie en artikulasie verhoog betekenis Goeie stemprojeksie en artikulasie verhoog betekenis Lees is meestal duidelik en hoorbaar en artikulasie verhoog betekenis Skitterende vermoë om tempo volgens vereistes van die teks aan te pas Goeie vermoë om tempo volgens vereistes van die teks aan te pas Die leser poog om tempo af te wissel, maar lees soms te vinnig of te stadig Gepaste oogkontak Goeie oogkontak Suksesvolle pogings om oogkontak te maak Effektiewe en gepaste gesigsuitdrukkings, gebare en lyftaal om betekenis te versterk Gesigsuitdrukkings, gebare en liggaamstaal word korrek aangewend om betekenis oor te dra Gepaste gesigsuitdrukkings, gebare en liggaamstaal dra betekenis oor Lees is hoorbaar en uitspraak affekteer nie betekenis nie Swak poging om tempo af te wissel; lees dikwels te vinnig of te stadig Ongereelde oogkontak Bladsy 24 of 9 Daar is soms gepaste gesigsuitdrukkings, gebare en lyftaal Lees is nie altyd hoorbaar nie en baie woorde word verkeerd uitgespreek Lees te vinnig of te stadig Onsuksesvolle pogings om oogkontak te maak Daar is baie min gepaste gesigsuitdrukkings, gebare en liggaamstaal Bylaag H2 MONDELING MODERERING: LEERDER SE INLIGTINGSVORM (Moet deur elke leerder voltooi word vir gebruik tydens moderering.) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 Naam en van: Skool: Onderwyser: 1. Onderwerp van voorbereide toespraak: 2. Titel van voorbereide lees: 3. Titel van Luisterbegrip: 4. Enige boeke/films/ opvoerings wat jy geniet het? 5. Belangstellings en stokperdjies: 6. Voorgenome beroep: VERKLARING Ek verklaar dat al die inligting hierbo korrek is. ____________________________ ______________ HANDTKENING: LEERDER DATUM LET WEL: Leerders sal ook aan informele besprekings deelneem. Oefen hoe om jouself voor te stel, vertel iets van jouself (belangstellings en stokperdjies) en vertel van jou toekomsplanne. Bladsy 9 van 9
0
You can add this document to your study collection(s)
Sign in Available only to authorized usersYou can add this document to your saved list
Sign in Available only to authorized users(For complaints, use another form )