GEDIG: Die beginner
DIE BEGINNER: Ina Rosseau
Dit is ’n Italiaanse of Petrarcaanse sonnet.
Die gedig is bekend gemaak deur die Italianer,
Petrarca, vandaar die term Petrarcaans.
Hy gebruik helder kleure:
sonneblomgeel mure
oranje drumpel
fesrooi dak
hiasintblou vensters
gifgeel draak
papegaaigroen gras
kraaiswart muis
sinnaber-rooi blomme
In versreël 9 tree ’n wending/volta in:
“Ander kleure” kom ter sprake:
misblou
gryswit
die kleur van klip
Wolke
kaneel
Wat word deur hierdie kleure geïmpliseer, dink jy?