Naam: Fossiele in die rotse Fossiele is die oorblyfsels van ou plante en diere wat duisende jare gelede geleef het wat in die verskillende lae rotse behoue gebly het. Fossiele is belangrik omdat hulle ons ‘n beeld gee van hoe die lewe duisende jare gelede was. Hierdie organismes het nou uitgesterf omdat hul spesies uitgesterf het. Die enigste manier waarop ons weet dat hulle in die verlede bestaan het, is omdat ons hul fossiele het. Waar kan fossiele gevind word? Nie elke rots bevat fossiele nie. Die meeste fossiele word in sedimentêre gesteentes aangetref. Hierdie rots word gevorm wanneer lae geërodeerde aarde op mekaar neergelê word. Hierdie lae word mettertyd meer en meer gedruk totdat die onderste lae stadig in rots verander. Die proses waardeur sedimentêre gesteentes gevorm word, is delikaat genoeg om fossiele daarin te bewaar. Hoe is fossiele gevorm? Fossiele het gevorm toe lewende dinge gesterf het en vinnig begrawe is voordat die hardste dele van die dier verrot het. Oor duisende jare heen het meer en meer lae sand en modder bo-op die dier se oorblyfsels gaan lê. Al hierdie lae het druk veroorsaak wat die skelet in rots laat verhard het. Hierdie proses word fossilisering genoem. Met verloop van tyd word die rots rondom die versteende skelet deur wind en water geërodeer. As die fossiel naby genoeg aan die oppervlak is, kan dit deur wetenskaplikes opgegrawe word. As al die bene van die dier gevind word, kan die hele skelet herbou word. Aktiwiteit 1: Fossilisering 1 Pas die volgende beskrywings by die prente aan die linkerkant deur die nommer van die korrekte prent langs die korrekte beskrywing te skryf. • Oor duisende jare heen is die rots deur wind en water geërodeer om die fossiel bloot te stel. 2 3 4 © e-classroom • ʼn Dinosourus gaan dood en die sagte dele van sy liggaam verrot. • Oor duisende jare heen het baie lae modder op die skelet gaan lê en dit het die skelet in rots laat verhard. • Die skelet moet deur sand en modder bedek word voordat dit kan verrot. www.e-classroom.co.za Mense wat fossiele bestudeer Paleontoloë is mense wat plante en diere bestudeer wat duisende jare gelede geleef het. Omdat hulle lewensvorme bestudeer wat nou uitgesterf het, maak hulle staat op fossiele om oor lewe in die verlede te leer. Deur die geraamte van ʼn uitgestorwe dier te ondersoek, kan ons sien hoe die dier gelyk het, hoe groot dit was, hoe dit beweeg het, watter kos dit geëet het en hoe lank gelede dit gelewe het. Aktiwiteit 2: Verbeel jou jy is ʼn paleontoloog Jy het sopas al hierdie bene ontdek. Sny hulle uit en bou ʼn skelet. © e-classroom www.e-classroom.co.za