Uploaded by amy.nicole.nayman

FLARDE HOOFSTUK 1 (OPSOMMING)

advertisement
HOOFSTUK 1 – DIE MAATSKAPLIKE WERKER
(THE SOCIAL WORKER)
Ek gaan weekliks deur ’n hoofstuk van die novelle werk. Die doel is nie om die
hoofstuk op te som of om die hoofstuk te vertaal nie, maar om belangrike literêre
aspekte en verwysings in die hoofstuk te bestudeer sodat jy die STORIE
VERSTAAN.
Titel: Flarde
In Engels beteken die titel “shreds”. (Flarde van ’n item. Letterlik kan dit verwys na
byvoorbeeld ’n stuk lap wat in flarde (stukkies) geskeur het. Figuurlik kan dit verwys
na dele van ’n persoon (of karakter) se lewensverhaal soos in die geval van die
novelle.
Let wel: Roman versus novelle
roman = novel
novelle = novella
Die novelle bestaan uit 33 hoofstukke.
Hoofstuk 1 (bl. 9-18)
-
Wie vertel? Die maatskaplike werker (eerstepersoonsverteller) – “ek”
Mawethu Butchery & General Dealers behoort aan die verteller (narrator) se
broer.
Mama Minoto (“verskriklike vet vrou”) – Haar van (surname) is Tlhale.
Liesbet: Liesbet werk agter die saag in die slaghuisgedeelte van die winkel.
Mama Minoto noem die verteller “Mosadiotsile”.
Mama Minoto koop hoenderpote (chicken feet) by die slaghuis (Word ook
“runaways” genoem.)
Waar speel die verhaal af? => Ganyesa (Noordwes) – Ruimte/milieu (setting)
Kedibone werk ook in die winkel.
Bladsy 13 – Terugflits na Augustus 2000
-
-
Dit was die eerste keer toe die verteller vir Mama Minoto ontmoet het.
Mama Minoto het na haar kantoor gekom om ’n kis (coffin) vir meneer
Oneboy Dipeko te vra.
Mama Minoto kyk na ’n kind (Bontle) wat sy in pleegsorg geneem het.
Die maatskaplike werker merk op dat die kind se hande verbrand is. Mama
Minoto (die hoenderpootvrou) verduidelik dat hy by ’n vuur gespeel en sy
hande verbrand het. (Is dit die waarheid?)
Ivan is ’n Kubaanse dokter wat by die plaaslike kliniek werk.
In Augustus 2000 ken Mama Minoto en die maatskaplike werker mekaar al
ongeveer ’n jaar lank.
Mama Minoto praat Tswana (Setswana).
Sy het die maatskaplike werker geleer oor die wyse waarop die plaaslike
gemeenskap dinge doen, tradisies ensovoorts.
Die maatskaplike werker (verteller) het as kind op ’n plaas gewoon. Die hond
se naam was Nero.
Download