Uploaded by decintimia

ergonomic packing station

advertisement
ERGONOMIESE PAKSTASIES
Doel van dokument: om te verstaan waarom ergonomie belangrik is, om te sien waar daar huidiglik leemtes en
om verbeteringe te identifiseer. Dit moet in die SOPs ingesluit word.
ERGONOMIE
WAT IS DIT?
Ergonomie (fisies, kognitief of organisatories) is die wetenskap om ‘n werksomgewing só op te stel dat die
werknemer se interaksie daarmee geoptimaliseerd word. Die doel hiervan is om die produktiwiteit en
gesondheid van die werknemers te verbeter en te onderhou. Indien enigeen van die ergonomiese fasette
geskend word, kan dit gesondheidsimplikasies vir die werknemer inhou. Dit kan voorkom word deur te
verseker dat die werksomgewing aan spesifieke standaarde voldoen.
WAAROM IS DIT NODIG?
Werknemers kan verskeie tipes spanning ondervind deur heeldag fisiese arbeid te verrig. Voorbeelde sluit in:








Die optel en hantering van kratte op die vervoerband.
Die optel en hantering van kratte op die pakstasie.
Die optel en hantering van gepakte bestellingsbokse vanaf die pakstasie tot op die vervoerband.
Die draai-aksie wat verrig word as kratte van die vervoerband af opgetel word.
Die buk-aksie van goedere uit die kratte uit te haal.
Strek-aksie/op tone gaan om verpakkingsmateriaal/-toerusting van hoër rakke af te haal.
Nek- en skouerspanning van heeltyd afkyk terwyl bestellingsbokse gepak word.
Spanning op die oë van naby fokus/swak beligting.
Gevolge van hierdie tipes spanning is verskeie gesondheidsrisiko’s, insluitend karpale sindroom, artritis en
tendonitis. Die koste wat ‘n maatskappy sal moet aangaan indien werknemers met hierdie gesondheidsrisiko’s
gediagnoseer word, sal baie groter wees as die uitgawe om ergonomie by die werkstasies te verseker.
Dit is ook al bewys dat ‘n ergonomiese werksomgewing die werknemers se fokus behou, moegheid verminder
en gevolgelik produktiwiteit verhoog. Werkers word nou toegelaat om meer intensief en met minder spanning
te werk, wat ook beteken dat minder foute gemaak word.
DIE VERBAND TUSSEN ORGANISASIE EN ERGONOMIE
Dit is bewys dat daar ‘n verband tussen die ergonomie en die organisasie van ‘n werksomgewing is – dié
konsep staan beter bekend as organisatoriese ergonomie. Goed georganiseerde en gemerkte werkstasies
verminder die besluitingsfaktor van die betrokke werknemer, en verminder onnodige soekery na toerusting of
materiaal. Die makliker toegang verbeter die werksvloei, verminder die ‘lead’ tyd en verhoog dus die
produktiwiteit van die werkstasie.
Die verband tussen die organisasie en netheid van ‘n werksomgewing en die sielkundige welstand van die
werknemers word dikwels misgekyk – dit is een van die drie hoof drie hoofredes vir swak sielkundige welstand
in die werksplek (die ander twee is emosionele toksisiteit en maatskappy groeipyne). Om meer hieroor uit te
vind, lees Get Merit se artikel oor die onderwerp hier en Brother UK se artikel hier.
ERGONOMIE BY VLAKTESTOOR #2
MAATSTAF
Kenmerke van ‘n ergonomiese werkstasie sluit in:











Duidelike gemerkte kanban-bins. ‘n Goed georganiseerde werkstasie verminder sielkundige spanning
vir die betrokke werknemer en sal sodoende die ergonomie verbeter.
n Tafel wat op ‘n gemaklike hoogte vir die werknemer is (skouers moet teen 90 grade wees).
Alle skerms (indien wel) op ooghoogte.
Trappie vir goed wat te hoog is/werknemers wat te kort is.
Goeie beligting.
Asblik/plek om rommel te sit.
Geen drastiese verskille in werksoppervlaktes – hoogtes nie
Anti-fatigue mats.
Duidelike gemerkte plekke vir alle nodige toerusting.
Genoeg bewegingspasie.
Gereelde inspeksie teen ‘n gestandardiseerde templaat.
Download