Uploaded by Rozanne.Steenkamp

1. Leeskaarte (2)

advertisement
Haas eet kaas!
Haas is lus vir kaas.
Hy kyk na die maan.
In die maan is kaas.
Hoe gaan Haas die kaas kry?
Haas vra sy maat om die kaas
te gaan haal.
Faan Aap
Aap se naam is Faan.
Faan Aap hou van ‘n raap.
Aap gaan haal ‘n raap om te eet.
Aap eet en eet.
Faan Aap is vaak.
Hy gaap en gaap.
Faan Aap gaan slaap.
Beer eet ‘n peer
Beer neem ‘n peer.
Hy wil die geel peer eet.
Beer eet en eet.
Die peer val op sy poot.
Beer se poot is seer.
Beet keer en keer dat daar weer ‘n
peer op sy poot val.
Beer lees!
Beer hou van lees.
Hy leer hoe om tee te maak.
Beer maak tee.
Hy gee van die tee vir Bees.
Bees neem die tee.
Bees hou van die tee.
Beer kan nou tee maak.
Koos kook!
Koos hou van kook.
Hy kook ‘n kool.
Die kool is groot.
Hy loop na Poon.
Hy gee vir Poon van die kool.
Poon hou van die kool.
Koos en Poon eet van die kool.
Die boot
Poon loop na die boot.
Die boot is groot.
Poon hou van die groot boot.
Poon loop om die boot.
Hy kyk na die roos op die boot.
Die vuur!
Die man sit op die muur.
Hy lees die nuus.
In die nuus lees hy van
‘n groot vuur.
Die vuur was in ‘n skuur.
Die skuur was duur.
Die man is suur
Die man is suur.
Hy huur ‘n skuur.
In die skuur is ‘n duur kar.
Hy lees in die nuus van die vuur.
Die vuur is in die skuur
wat hy huur.
Koen soek sy ma
Koen soek sy ma.
Koen loer om die huis se hoek.
Hy roep en roep.
Koen soek en soek.
Koen begin huil.
Daar kom Boel.
“Jy hoef nie te huil nie, Koen”
sê Boel.
Boel help soek.
Daar kom Koen se Ma!
Koen is baie bly.
Boel hoes!
Boel staan vroeg op.
Boel voel siek.
Hy hoes en hoes.
Boel het te veel koek geëet.
Sy ma gee hom ‘n soen.
Dis nie die koek wat jou siek laat voel.
Boel voel gou beter.
Kiets is siek
Kiets is ‘n tier.
Kiets voel siek.
Hy is drie jaar oud.
Mier sien vir Kiets.
“Is jy siek?” vra Mier?
“Ja, ek is baie siek”
sê Kiets die tier.
Jy het ‘n kiem!
Kiets sê: “Ek het nie ‘n kiem nie!”
Wie is ‘n dier?
Is jy ‘n dier?
Nee! ek is ‘n tier.
Ek is tien jaar oud.
Mier, is jy ‘n dier?
Wie is ‘n dier?
Mier en tier is diere.
Sien jy mier! Sien jy tier!
Julle is diere.
Dis koud!
Dit is baie koud!
Louw gaan haal hout.
Hy wil gou ‘n vuur maak.
Louw se voet is blou van die koue.
Die vrou vou ‘n doek om sy voet.
Louw kry nie meer koud nie.
Die stout seun
Vrou! vrou dis baie koud.
Kry jy koud?
Die vrou kry hout om ‘n vuur
te maak.
Die seun gooi sout op die hout.
“Jy is baie stout!” raas die vrou.
Die stout seun kou aan die
soutpot vas.
Die vrou is vies vir die stout seun.
Die vuil muis
In die huis is ‘n muis.
Die muis skuil in die huis.
Die muis is vuil.
Die muis sien die duif.
Die duif sit teen die ruit.
“Hoekom is jy so vuil?” vra duif
Die muis huil.
“Ek wil nie vuil wees nie,” sê muis.
Duif en Muis speel
In die tuin woon ‘n muis.
Die muis skuil in die tuin.
Duif sien vir Muis.
Duif fluit vir Muis.
Muis gaan na Duif.
Muis en Duif speel in die tuin.
Hulle speel huis-huis in die tuin.
Die skape wei in die vlei
Skaap en sy ma woon in die vlei.
In Mei is dit koud in die vlei.
Skaap speel met die klei in die vlei.
Skaap is klein.
Hy is kleiner as sy ma.
Hulle wei elke dag.
Ouma gaan op ‘n reis!
Ouma gaan op ‘n reis in Mei.
Sy reis met die trein.
Sy sit en brei op die trein.
Ouma reis op haar eie.
Sy gaan ook met ‘n boot seil.
Ouma hou van reis.
Die reus
Ek maak die deur oop.
Wie staan daar?
‘n Reus staan agter die deur.
“Hallo seun” sê die reus.
Die reus gee vir my ‘n neut.
Die reus eet sy neut.
Ek ek eet my neut.
Die reus hou van my.
Die seun kleur in!
Die seun hou van inkleur.
Hy kleur ‘n prent van ‘n reus in.
Die reus het ‘n groot neus.
Hy kleur die reus se neus in.
Hy plak die prent teen die deur.
Haai en Kraai
Die haai woon naby die kaai.
Haai waai vir my.
Wat is jou naam?
Raai wat is my naam?
My naam is Kraai.
Ek woon ook naby die kaai.
Kraai en Haai braai op die kaai.
Hulle waai vir die man.
Die fraai kraai
Kraai lyk te fraai.
Sy draai om en om.
Ek lyk nog te fraai.
Nou kan ek saam met Haai gaan braai.
Die fraai kraai waai vir Haai.
Sy laai die kos af.
Kraai en Haai speel raai-raai.
Hulle braai die kos.
Die fraai kraai is moeg.
Haai waai vir Kraai toe sy huis toe gaan.
Leeu kry koud!
Leeu kry koud.
Hy staan in die sneeu.
Leeu sien vir Meeu.
Kry jy koud Leeu?
“Ja, ek kry baie koud” sê Leeu.
Meeu gaan staan by Leeu.
Hulle kyk na die wit sneeu.
Meeu en Leeu skreeu hard.
Meeu en Leeu
Meeu sien die sneeu.
Meeu roep vir Leeu:
“Leeu kyk die sneeu.”
Leeu en Meeu skreeu.
Hulle speel in die sneeu.
Leeu gooi die sneeu vir Meeu.
Meeu gooi die sneeu vir Leeu.
Die mooi nooi!
Sy is ‘n mooi nooi.
Die nooi het ‘n rooi rok.
Die mooi nooi se rok het ‘n plooi.
Sy sien die plooi in die rok.
Die mooi nooi val op die kooi.
Sy hou nie van die plooi in haar rok.
Sy wil nie meer die mooi rooi rok hê nie.
Sy gee die mooi rooi rok vir ‘n ander nooi.
Vlooi!
Dit is vlooi.
Vlooi woon in die strooi.
Vlooi hou van strooi.
Vlooi wag vir sy prooi.
Hy loer deur die strooi.
“Waar is my prooi?” sê Vlooi.
Vlooi sien sy prooi.
Hy vang sy prooi!
Koei roei
Dit is koei.
Koei staan en loei.
Hy loei en loei.
Wat is fout Koei?
Ek wil gaan roei.
Koei roei met sy boot.
Die water vloei sterk.
Koei roei en roei.
Koei en Hen
Hen sien vir Koei.
“Wat maak jy Hen” vra Koei?
“Ek broei op ses eiers” sê Hen.
“Koei, hoekom stoei jy so? vra Hen.
“Ek wil ook op eiers broei” sê Koei!
“Nee, Nee! Koei” lag Hen.
“Jy kan nie jy is ‘n Koei” sê Hen.
‘n Koei kan nie op eiers broei nie!
Leeu leer ‘n les! (1)
Loei die koei sien vir spreeu.
Spreeu waai vir koei.
In die bos woon ‘n kwaai leeu.
Die spreeu sien die kwaai leeu.
Leeu is lus vir kos, hy soek sy prooi
om te eet.
Spreeu broei op haar eiers.
Koei sien hoe bang is spreeu.
Leeu leer ‘n les! (2)
Koei roep vir Ben wat met sy boot roei.
Ben laai vir Koei op en roei na Spreeu.
Spreeu gooi vir Koei die net.
Hulle vang vir Leeu in die net.
Leeu huil en huil.
Ek sal dit nooit weer doen nie!
Koei, Ben en Spreeu maak die net los.
Leeu stap weg.
Download