Beeldskone gevaar “Danger can be intensely beautiful in the Amazon jungle” Groen wat klop, ritmies soos ‘n reënwoudtrom, so klop my hart rammelend as jy na my toe kom. Reënwoud-druppels wat blinkend glinster, hardloop hoendervleis oor my, as jy fluister. Gevaarlik soos die reënwoudpadda se kobaltblou, is jy vir my, as jy my styf teen jou manslyf hou. Beeldskoon, verraderlik, gevaarlik, begeerlik soos die diepste reënwoud, is jý vir my, as jy my in jou hart se reënwoud -gevange hou.