Eenheid 1 – Materie om ons” - Alle vloeistowwe, vastestowwe & gasse in die heelal is materie. 1. Eienskappe van materie – Bl. 4 - Eienskappe – is die kwaliteite of karaktertrekke van materie en materiale. Materiale is oral om ons. Materiale is Vastestowwe, Vloeistowwe of Gasse. VASTESTOF – Bv. Baksteen - Het ‘n bepaalde vorm Vul ‘n bepaalde ruimte Vloei nie VLOEISTOF – Bv. Lemoensap - Het geen bepaalde vorm nie Vul ‘n bepaalde ruimte Kan vloei GAS – Bv. Heliumgas in ballon - Het geen bepaalde vorm nie Vul al die beskikbare ruimte Kan vloei 2. Verskillende Toestandsveranderinge – Bl.8 - Stowwe reageer op temperatuurveranderings rondom hulle. Veranderinge Ons noem van toestand Verhitting of Afkoeling die proses Vastestof na Vloeistof → Verhitting → Smelting → Verhitting → Verdamping Vloeistof → Afkoeling → Kondensering Stolling → Afkoeling → Vriesing of Vloeistof na Gas Gas na ‘n Stolling - Sommige stowwe smelt baie maklik, terwyl ander eers vir ‘n ruk verhit moet word. Elke stof smelt by ‘n sekere temperatuur Dit word die stof se smeltpunt genoem Temperatuur word gemeet in grade Celsius (°C) en met ‘n termometer 3. Die Watersiklus – Bl. 10 Die watersiklus verwys na hoe water verander van een toestand na 'n ander in 'n siklus, wat oor ons hele planeet plaasvind. 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7 3.8 Die son se hitte veroorsaak dat water uit die oseane, strome, riviere en mere verdamp. Die waterdamp styg dan in die lug op. Hoër op in die lug waar die lug koeler is, kondenseer die waterdamp tot miljoene waterdruppeltjies wat saam ‘n wolk vorm. Wanneer van die waterdruppeltjies in die wolke groter raak, val van die water na die Aarde in die vorm van reën – neerslag. (Die wetenskaplike naam vir hierdie proses is presipitasie). In ander wolke wat nog kouer word vries die waterdamp en vorm dan sneeu. Die sneeu val na die grond en smelt. Van die afloop water wat op die grond val, vloei na die riviere en oseane. Hierdie water sal weer verdamp, wat die watersiklus weer van voor af begin. 4. Die Watersiklus Model – Bl. 11 – Diktaat – Kyk en verstaan die model. Eenheid 2 – Metale en nie-metale 2.1 Wat is ‘n Metaal? (Bl. 13) ‘ n Metaal is: • • • ‘n chemiese element wat hitte en elektrisiteit gelei vastestowwe by kamertemperatuur hard en sterk • • • • Kwik is die enigste metaal wat ‘n vloeistof is by kamertemperatuur. Metaal – kan gebuig of ingeduik word. Die oppervlakte van ‘n metaal is blink as dit skoon is. Voorbeelde van Matale is: Goud Aluminium Koper Indium Waar word metale in die natuur gevind? - In die aarde se kors. 5% van die aarde se kors bestaan uit yster. Baie klein hoeveelhede kom in sekere lewende selle voor. Sekere kossoorte bevat yster. Dit is belangrik om yster in te neem omdat dit suurstof na ons bloed toe vervoer. 1. Eienskappe van metale (Bl. 14 - 15) - Eienskappe is dit wat voorwerpe uniek maak - Wanneer ons iets bruikbaar wil maak, moet ons kyk na wat die doel van die voorwerp gaan wees. - Ons kies dan die materiaal waarvan dit gemaak word, gebaseer op die eienskappe wat vir daardie spesifieke doek benodig word. • BLINK OPPERVLAKTE - Die meeste metale is metaalgrys. Meeste metale se oppervlaktes blink as dit skoon is Dit blink wanneer die lig van die oppervlakte weerkaarts word • HARD EN STERK - Metale is hard en sterk. Dit is ook swaar, omdat die deeltjies dig saamgepak is. Dink maar aan yster en koper. • PLETBAAR - Metale kan gebuig of geslaan word sonder om te breek - Dit kan gevorm word bv. Sinkplate • REKBAAR - Metale is rekbaar. Kan in lang, dun drade uitgerek word sonder om te breek, soos koperdraad. • SMELT MET Hoë TEMPERATURE - Die meeste metale het ‘n hoë smeltpunt. Dit beteken dat dit teen ‘n hoë temperatuur verhit word voor dit smelt of vorm verander. Kwik se smeltpunt is laer as kamertemperatuur. Die gloeidraadjie in gloeilampe het die hoogste smeltpunt van al die metale. - • GELEIERS - Metale is goeie geleiers van hitte en elektrisiteit. Bv. Koper en Goud gelei elektrisiteit. ‘n Stof wat hitte goed gelei is ‘n termiese geleier – Bv. Silver gelei hitte bv.’n teelepel - 2.2 - NIE-METALE Daar is ‘n groot hoeveelheid nie-metale. Nie-metale kan vastestowee, vloeistowwe of gasse wees. WAT IS NIE-METALE? - Nie-metale verwys na elemente soos: koolstof, swawel of stikstof Daar is baie nie-metaalverbindings. Nie-metaalvastestowwe is: - Glas, hout, plastiek, polistireen, papier, koolstafies, chloorpoeier vir swembaddens ens, ammoniumnitraatkorrels vir kunsmis. Nie-metaalvloeistowwe is: - Broom en olie Nie-metale wat gasse is: • • Suurstof en stikstof Nie-metale het laer smeltpunte as metale. Nie-metale is ook swak geleiers van hitte en gelei nie elektrisiteit nie. EIENSKAPPE VAN NIE-METALE - Nie-metale word gebruik om voorwerpe te maak, want dit het sekere eienskappe. • - DOF Nie-metale het baie verskillende kleure. Dit het ‘n dowwe voorkoms en oppervlakte blink nie. Bv. Silikon/hout NB: Koolstof = uitsondering – Koolstofstafies gelei elektrisiteit, • - BROS Nie-metale is hard en bros. Breek in stukkies wanneer dit geslaan word. Bros beteken dat dit breekbaar is en in stukke opbreek bv. bord.