Uploaded by karodiamuhammad7

Afrikaans-Lien-se-Lankstaan-Skoene

advertisement
LIEN SE LANKSTAAN SKOENE
VOORSPEL
Opsomming
•
’n Manlike persoon kyk glimlaggend na video’s uit ’n boks, maar veral graag na hierdie spesifieke een. Hy
drink koffie en lê agteroor in die stoel.
•
Dis ’n klanklose amateurvideo van ’n swembadtoneel met ’n opgewonde haasbekdogtertjie wat swem. ’n
Swart krulkopseuntjie hardloop saam met twee hondjies, ’n swarte en ’n witte, rond.
•
’n Donker krulkopman braai vleis en beduie laggend met die braaitang.
•
Die persoon wat die video neem het pienk plakkies met geel rosies aan.
Summary
•
An unidentified male watches old home movies. He drinks coffee and lies back in his chair.
•
It is a silent amateur video of two children; an excited gap-toothed little girl and a dark-haired boy, playing in
and around a swimming pool. Two puppies – one white and the other black – run alongside the boy.
•
A smiling man with dark curly hair waves braai tongs at the video/camera operator.
• The camera operator wears pink flip flops decorated with little yellow roses.
Vrae
1.
2.
3.
4.
Wat weet die leser van die persoon wat die video’s kyk? (3)
Die mense in die video tree op asof hulle (familie/’n gesin/vriende) is. Motiveer. (2)
Mense kyk graag na ou tuis video’s van hulleself omdat dit (goeie herinneringe oproep/’n vroeëre tyd
oproep/albei). (1)
Hoe voel die kyker oor wat hy sien? Motiveer. (2)
Woordverklarings
ongeduldig
haasbek
bakstene (so twee bakstene hoog)
piepie
braaivleistang
kantel
plakkies
impatient
gap-toothed
knee-high to a grasshopper
wee-wees/urinate
braai tongs
tilt
flip flops
HOOFSTUK 1: GEEL EN GELUKKIG
Opsomming
•
Lien luister na haar ma se bekende wynskinkgeluide uit die kombuis.
•
Haar broer, Braam, hoor dit skynbaar nie en sit net die televisie harder.
•
Hulle eet roereier en halfverbrande roosterbrood wat hul ma gemaak het.
•
Hulle ma staar “geel en gelukkig” deur die venster na die liggies.
•
’n Vioolkonsert blêr oor die CD-speler.
•
Die wynboks is die fokuspunt tussen die karige kosvoorraad in die yskas.
•
Braam reageer vies op sy giggelende, wankelende ma.
•
Hulle ma eet weer nie en gaan slaap in haar klere.
•
Lien maak maar self Braam se grys skoolbroek met die vasgekramde soom met blou gare reg. Met Norah
Jones oor haar oorfone, spreek sy haar haat vir “hom” in die spieël uit.
1
Summary
•
Lien listens to the sound of her mother’s well-known ritual of pouring wine in the kitchen.
•
Her brother, Braam, simply turns up the volume on the TV.
•
They eat scrambled eggs and burnt toast, made by their mother.
•
Their mother is tipsy, staring at the city lights through the window and listening to a violin concerto blaring from
the CD player.
•
The box of wine is the centrepiece in the fridge, surrounded by very little food.
•
Braam is annoyed by his mother’s giggling and unsteady gait.
•
Their mother does not eat supper with them and falls asleep in her work clothes.
•
Lien sews the stapled hem of Braam’s grey school trousers with blue thread.
•
In her room, while listening to Norah Jones, Lien tells her reflection in the mirror that she hates “him”.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
Die ritueel van wynskinkgeluide in die kombuis laat Lien na Braam kyk en sy wil nie gaan help of gaan eet nie.
Dis omdat sy (kwaad/moedeloos/verras) voel. (1)
Uit die kos vir etes en die yskasinhoud weet ons die gesin leef op ______________ en ______________
kos. (2)
Kies die beste moontlikheid: Hulle ma word hier as “geel en gelukkig” beskryf, maar dit beteken
a. sy voel lekker ontspanne oor haar musiek.
b. sy is aangeklam en luister ontspanne na haar musiek.
c. sy het vrede met haar situasie. (1)
Braam reageer vies en sê sy ma moet gaan (vlieg/klavier speel/slaap). (1)
As Lien Braam se vasgekramde skoolbroek se soom insit, toon sy die karaktereienskap
(bedagsaamheid/verantwoordelikheid/getrouheid). (1)
Noem twee bewyse dat die ma nie meer die huishouding goed versorg nie. (2)
Lien luister na ________________________ se musiek en ons weet dat sy die woorde “all alone” op haarself
toepas omdat dit vir haar voel of die sangeres met haar ________________________. (2)
Deur wie word die verhaal vertel? En uit wie se oogpunt word dinge gesien? Watter tipe verteller is dit? (3)
Woordverklarings
behaaglik sug
eetlus
gulsig
honger (rasend van die honger)
kamtig
loom
naaldwerktrommeltjie
suurpruim
traag
a sigh of comfort
appetite
greedy
starving
so-called
drowsy
a small sewing trunk
sourface
reluctant
HOOFSTUK 2: JOU STANDAARD-SKOOLNOMMERTJIE
Opsomming
•
Lien is teneergedruk op pad skool toe saam met Wouter, haar enigste maat, omdat sy die middag by tant Malie
se koffieplek begin werk.
•
Tant Malie klink altyd uitasem en beklemtoon elke tweede woord en dit irriteer vir Lien.
•
Tannie Bets in hul woonstelblok het vir haar die werk gekry. Die ander moontlikheid was by die haarkapper.
•
Lien is al ’n jaar in dié skool en haat steeds die plek.
•
Lien skuil deesdae voor skool in die biblioteek vandat Wouter begin meng met die ander kinders. Sy lees op
die internet oor ander lande en stede waarheen sy wil gaan: Japan en ook Praag.
2
•
•
•
•
Lien hou die meeste van Engels, oor mister MacMillan se unieke en interessante klerestyl en
letterkundeaanbieding.
Meneer Bruwer deel hulle in LO na gelang van hul beroepsbelangstellings in taakgroepe.
In die prokureurgroep is Lien, die maer Miemie Spies, die terterige Sally Swanepoel en die fris, baie stil Hein
Venter.
Sally neem nie deel nie en stel haar bene ten toon en Miemie neem leiding.
Summary
•
Lien walks to school with Wouter (her only friend). She feels down because she will start working at tant
Malie’s coffee shop in the afternoon.
•
Tant Malie’s breathless way of speaking irritates Lien.
•
Tannie Bets, who resides in the same block of flats as Lien, organised this job for Lien. Lien’s only other option
was to work at the hairdresser’s.
•
Lien has been at this school for the last year and still hates it.
•
Before school starts, Lien prefers to surf the internet in the library rather than being alone, because Wouter, her
only pal, has started mingling with other learners. She reads about countries and cities she would like to visit,
like Japan and Prague.
•
Lien loves English with Mr MacMillan because of his weird clothes and enthusiastic way of presenting
literature.
•
In the LO class with Mr Bruwer, Lien is part of the group of learners interested in becoming an attorney. The
other learners in this group are rakish Miemie Spies, tartish Sally Swanepoel and quiet Hein Venter. Sally only
shows off with her legs, while Miemie shows leadership.
Vrae
1.
2.
3.
4.
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
5.
6.
7.
8.
Lien sien nie uit na die werk by die koffiewinkel nie, want
a. sy hou nie van tant Malie se oranje hare nie.
b. sy wou eintlik by die haarsalon gaan werk het.
c. tant Malie se manier van praat irriteer haar klaar. (1)
Wie het vir Lien die werk gekry? (1)
Lien kies die koffiewinkelwerk, wat minder per uur betaal as die haarsalon, oor (die moontlike fooitjies/die
aangenamer personeel/die mooier plek). (1)
Waar of onwaar?
Lien voel gespanne as sy by die skoolhek instap.
Sy haat die skool.
Sy voel uitgesluit uit geselsgroepies.
Die kinders maak nie met haar maats nie.
Sy gaan lees in die biblioteek oor plekke waarheen sy graag sou wou vlug. (5)
Lien hou van mr MacMillan oor sy ongewone ____________________ , sy interessante
_____________________ , en dat hy hom nie baie aan _________________________ steur nie. (3)
Hoe oud is Braam? (1)
In die LO-klas dink Lien dat sy altyd ’n _______________________ wou word, maar sy dink sy sal nou
maar ’n _______________________ in ’n winkel word. Eintlik wil sy net _______________________
wees. (3)
KARAKTERS: Skryf inligting uit die teks neer om te sien hoe karakters geteken word. Hoe lyk hulle? Hoe
tree hulle op? Wat sê mense van hulle?
Miemie Spies: (3)
Sally Swanepoel: (4)
Hein Venter: (3)
3
9.
9.1
9.2
9.3
In Macbeth kom die drie hekse in die donker bymekaar om ’n brousel van allerhande vreemde goed te brou.
Hulle voorspel later Macbeth se koningskap en nog later sy ondergang. Kyk gerus vir agtergrond na die
volgende You Tube video: Poetry video: The Three Witches from Shakespeare’s Macbeth, performed by
Renee LaTulippe:
https://www.youtube.com/watch?v=VY0Hyza6C-U
In Lien se lankstaanskoene is die hekse se vraag oor wanneer hulle drie weer ontmoet en of dit in
donderweer, weerlig of reën sal geskied, ook op twee situasies van toepassing.
Waarom moet die drie leerders (sonder die onaktiewe Sally) weer saamkom om iets te doen of te brou?(1)
Die hekse se vraag is ook op Lien, Braam en hulle ma van toepassing. Hulle woon saam, maar elkeen leef
apart. Die vraag is wanneer hulle gesin mekaar weer gaan _______________________. Die leser
wonder ook oor die omstandighede en moeilike tye (thunder , lightning or in rain ?) waardeur die gesin
sal gaan. (1)
Macbeth is hier dus ’n _______________________. (1)
Woordverklarings
beklemtoon
boeretroos
drentel
gekraam was
hoendervleis kry
intieme
kwylend
lusteloos
prokureur
ruimtevaarder
skarrel
skinder
teleurgesteld
toelatingsvereistes
toewies
verlig
verpes
verveeld
warboel
emphasise
coffee
stroll/dawdle
highly upset (literally: delivered a baby)
get goosebumps
close-knit
drooling
dull/spiritless
lawyer/attorney
astronaut
scramble
gossip
disappointed
admission requirements
sandwiches, colloquial (sarmies)
relieved
pester/hate
bored
chaos/a mess
HOOFSTUK 3: ’N KAKOFONIE VAN KLANKE
Wie is Prokofiëf?
Kortliks : Hy was ’n Russiese komponis, pianis en dirigent, een van die groot komponiste van verskeie
genres van die twintigste eeu, ten spyte van die tragiese teistering wat hy in sy eie land ervaar het. (Hy het die
orkesmusiek van “Pieter en die Wolf” geskryf, asook die balletmusiek van “Romeo en Juliet”.)
Opsomming
•
Toe Lien tuiskom, wonder sy geïrriteerd of haar ma werk toe was.
•
Haar ma luister in ’n wynwalm na ’n klavierkonsert van Prokofiëf.
•
Dit laat Lien die fliek “Dr Somebody” of iets (Dr Zhivago ) met sy sneeutonele onthou en sy droom oor
Rusland.
•
Christien Jooste was mooi, maar het haarself die laaste twee jaar verwaarloos.
•
Sy is slordig geklee, sonder grimering en haar hare is ongekam.
•
Lien pleit by haar ma om weer klavier te speel, maar sy skud net haar kop.
4
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Lien skreeu dat sy die klavier vir kos gaan verkoop.
Tant Malie van die blommerige oumenskoffieplek steek haar dadelik in die werk en rits die reëls en werkwyses
af.
Die ander twee kelnerinne is Agnes, die lange, en Sophie, die ene met die vlegseltjies.
Lien leer gou dat die oumense verstrooid is en hul bestellings daarom bly verander, en ook baie suinig met
fooitjies is.
Lien maak ’n fout deur die Dinsdag-korting af te trek by nie-pensioentrekkers en die woedende tant Malie wil
hê Lien moet dit inbetaal.
Wouter kom ondersteun vir Lien by die koffieplek en stap saam terug.
Lien dink met waardering aan Wouter, haar beste pel wat saam met haar by Jakaranda begin het en haar altyd
laat lag.
Braam boer by sy maat, Deon.
Lien vind haar ma later aangeklam in die sitkamer met haar wynboks en Mozart-musiek.
Die videokyker kyk na die swartkopvrou se klavierspel en die kinders wat saam sing.
Summary
•
Lien doubts whether her mother had been to work.
•
Christien Jooste smells of wine and listens to a Prokofiev piano concerto.
•
Christien was beautiful once, but now she is dishevelled all the time, without make-up and with uncombed hair.
•
Lien begs of her mother to play piano again, but she refuses.
•
Tant Malie from the flowery coffee shop has a list of do’s and don’ts for Lien.
•
Lien soon learns that the old people are scatter-brained and stingy with tips.
•
Lien makes a mistake with the Tuesday discount for non-pensioners. Tant Malie is angry and wants Lien to pay
for the loss.
•
Wouter supports Lien in the coffee shop and Lien is grateful for his friendship. Wouter walks Lien home.
•
Braam spends far too much time with his pal Deon.
•
Lien finds her mum in the living room, tipsy, and with her wine box and Mozart playing.
•
The chapter ends with the person who watches the home movies. This time it is a video of the dark-haired
woman playing the piano, while the two children sing along.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
Waarom is Lien vies vir haar ma kort na haar tuiskoms? Noem twee redes. (2)
Lien dink en droom juis hier oor Rusland
a. omdat sy nog altyd soontoe wou gaan.
b. omdat Mr MacMillan hulle daarvan vertel het.
c. omdat haar ma na ’n Russiese komponis luister. (1)
Christien Jooste lyk nie meer soos eers nie, want sy verwaarloos haarself as gevolg van (haar kinders/haar
werk/haar alkoholmisbruik). (1)
WAAR of ONWAAR? Dit ontstel vir Lien so baie dat haar ma nooit meer klavier speel nie, dat sy op haar ma
skreeu. (1)
___________________________________________ is meestal die kliënte by Malie se Tuin. (1)
Tant Malie het twee reëls vir die kelnerinne: Die kliënte moet ________________________________ voel.
Kelnerinne moet ____________________________________ en
________________________________wees. (3)
Hoe moet Lien die mense aanspreek? (2)
Lien ondervind probleme by die werk. Watter een is ONWAAR?
a. Die oumense is verstrooid.
b. Hulle gee min fooitjies.
c. Die ander kelnerinne is onhoflik.
d. Tant Malie is onredelik. (1)
5
9.
10.
11.
12.
Watter van die volgende “foute” van Lien het vir tant Malie woedend gemaak?
a. Sy het Dinsdae se korting vir pensioenarisse gegee.
b. Sy het ’n groot foutiewe bestelling vir die kombuis gegee.
c. Sy het korting vir nie-pensioenarisse gegee. (1)
Hoe ontferm tannie Bets haar oor die gesin? (1)
Lien voel dat sy soos in Norah se liriek op bladsy 43 ook ___________________________________ vir
goed wat sy nie ___________________________________ het nie. (2)
Van watter komponis se werk het Lien en Braam al van kleinsaf geweet? (1)
Woordverklarings
bestelling
boesempelle
bollemakiesie
frilletjies/valletjies
fooitjies
geruisloos
hooikoors
kakofonie
korting
maag (knop op haar maag)
myle opgesit
onkant betrap
sakke patats uitgepak
skoonveld
slordig
speelgoed
spyskaart
suinig
uitasem
uittrap
uitverkorenes
verstrooid
verwaarloos
order
bosom/best buddies
somersault
frill/frilly
tips
without a sound
hay fever
disharmony/cacophony
discount
stomach is in a knot/feeling tense
many miles on the clock /old
caught unawares
share their past/history
vanished/missing
untidy
toys
menu
stingy
out of breath
scold
chosen ones/favourites
scatter-brained
neglected
HOOFSTUK 4: DIE MEESTERSTUK
Opsomming
•
Juffrou Breytenbach, die Afrikaans-onderwyser, is opgewonde oor die toneelteks wat hulle gaan opvoer.
•
Dis gebaseer op die Amerikaanse fliek, The Breakfast Club , uit die tagtigerjare.
•
Dit gaan oor die vrese, probleme en drome van ’n groepie detensie-skoolkinders in die biblioteek. Hulle
bravade verdwyn soos hul maskers sak en hulle meer insig in hulleself kry.
•
Later luister almal geïnteresseerd na die teks, selfs Christiaan, die klasnar.
•
Juffrou Breytenbach roep Lien en konfronteer haar reguit maar met begrip oor haar onbetrokkenheid by almal
en alles. Sy moet haar probleme uitpluis, nie onskuldige mense daarvoor blameer nie, en die wêreld in die oë
kyk. Sy moet ook ’n rol kom lees.
•
Lien bied oorbluf haar werk en akademie as verskonings aan.
•
Sy is beïndruk met die deurmekaar juffou se insig, maar voel blootgestel.
•
Sy word later kwaad oor die juffrou se ontleding van haar.
•
Sy ontplof teenoor Wouter, wat haar verder kwaad maak toe hy sê sy oorreageer.
•
Haar ma begin tuisbly met skete wat sy as verskonings by Binnelandse Sake aanbied.
6
• Braam irriteer haar met sy TV-kykery en sy onbehulpsaamheid.
• Sy voel verantwoordelik vir die kos op hul tafel.
Summary
•
Juffrou Breytenbach, the Afrikaans teacher, is enthusiastic about their play, based on the eighties movie The
Breakfast Club .
•
The play is about a group of learners who sit detention in a school library. They face their fears, problems and
dreams and gain self-insight.
•
Even Christiaan, the class clown, is interested in the text of the play.
•
Juffrou Breytenbach confronts Lien about her negative attitude despite her potential. She tells her to sort out
her personal problems, face reality and not blame others for her issues. She insists Lien should also audition for
the play.
•
The teacher impresses Lien with her insight, but at the same time Lien feels exposed and angry.
•
Wouter says she overreacts, which infuriates Lien.
•
Her mother thinks up excuses to stay at home instead of going to work.
•
Lien feels responsible for providing food for the family.
Vrae
1.
1.1 J
1.2
1.3
1.4
1.5
2.
2.1
2.2
2.3
2.4
2.5
WAAR of ONWAAR?
uffrou Breytenbach is opgewonde oor die toneelteks en kry dit reg om almal met die
storie te boei.
Lien reageer eers negatief op die Amerikaans-gebaseerde toneelteks.
Christiaan is nogal flink met sy huiswerk.
Juffrou Breytenbach kom deurmekaar voor, maar is oplettend en reguit.
Lien presteer nie op skool nie, maar is slim. (5)
Skryf die letter van die gepaste stelling uit die regterkantste blok neer.
Lien se werk in die middag ________
A Sy voel blootgestel
Lien het haar onderskat ________
B ’n Verskoning vir toneeldeelname
Lien oorreageer ________
C Ma gaan werk verloor
Woede ________
D Juffrou Breytenbach
Lien is bang ________
E Lien beland amper onder ’n kar (5)
Woordverklarings
beïndruk
bravado
deur staan vir jou oop
ernstig
kloutjie (kry die kloutjie by die oor)
kultuurdier
meesterstuk
moer (de moer in)
radar (onder die radar)
rugsteker
skanse
skeet
veld (uit die veld geslaan)
verbouereerd
vermoed
wind uit jou seile gehaal
impress(ed)
(false) bravado
you are welcome
serious
figure something out
culture vulture
masterpiece
extremely angry
under the radar
traitor
masks
imaginary complaint/ache
surprised
bewilderd/perplexed
suspect
take the wind out of your sails
7
HOOFSTUK 5: LIENTJIE LIEFLIK
Opsomming
•
Die personeel in die koffiewinkel sê tant Malie is altyd kwaad.
•
Lien doop haar in haar gedagtes “Moeilike Malie”.
•
Sophie studeer eintlik en werk net Dinsdae en Donderdae.
•
Lien en Agnes bots by die swaaideur en hulle breek ’n klomp breekgoed en koek spat oraloor.
•
Tant Malie sê eers niks, maar tel die gebreekte goed teen vyfuur en bereken die skade. Hulle sal ’n paar dae
sonder betaling moet werk, maar Lien protesteer dat dit ’n ongeluk was.
•
Tant Malie hou nie van haar houding nie en sê kwaai dat Lien dan maar kan gaan, wat sy dan doen. Lien sê sy
sal die geld bring wanneer sy dit het.
•
Lien begin aflei dat haar ma “geel”(dronk) van die werk af kom, want sy slaap al weer.
•
Tannie Bets bring gereeld vir hulle kos.
•
Ds. Gerhard kom onverwags besoek aflê en Lien doop hom “Kuifie”.
•
Braam gesels lekker met hom, maar Lien is kortaf.
•
Hy bied hulp met probleme aan, maar Lien dink sinies dat hy te lig in die broek is.
•
Sy gaan kuier by die gesellige tannie Bets om haar pot terug te gee.
•
Tannie Bets weet tant Malie is moeilik en beveel vir Dirkie, die haarkapper, aan vir ’n werksmoontlikheid.
•
Lien gaan hoor by hom van werk. Hulle soek iemand vir middae en Saterdae.
•
Lien besef sy is so kwaad vir Wouter omdat hy tuisgeraak het onder die ander kinders en sy hom “verloor”. Sy
gaan vroeër skool toe om hom te vermy.
Summary
•
The members of staff of the coffee shop say tant Malie is always cross.
•
Sophie is a student and only works on Tuesdays and Thursdays.
•
Lien and Agnes collide at the swing doors and much crockery is broken.
•
This means they will have to work several days without pay to make up for the breakage.
•
Lien protests calmly and eventually quits, but promises to pay for the breakage.
•
Her mother’s alcohol problem worsens.
•
Tannie Bets helps them with meals.
•
Ds. Gerhard visits them and offers help, but Lien replies curtly and thinks cynically that he is a lightweight. She
secretly calls him “Kuifie” (Tuft).
•
Tannie Bets recommends Dirkie, a hairdresser, as another possibility for work for Lien.
•
Dirkie tells Lien they need someone to help out on Saturdays and in the afternoons.
•
Lien is angry with Wouter because he has started to fit in at school and she feels she is “losing” him. She avoids
walking to school with him by leaving earlier in the mornings.
Blokkiesraaisel Leidrade:
1.
Dwars : Lien se bynaam vir tant Malie is _____________ Malie.
2.
Af : Tant Malie se personeel sê sy is altyd _____________
3.
Af : Sophie is ’n _____________ wat deeltyds werk.
4.
Af : Lien se min fooitjies laat dink haar aan hulle _____________ yskas.
5.
Af : Lien probeer met haar werkery ook genoeg geld vir ’n _____________ oorsee bymekaar kry.
6.
Dwars : Die botsing tussen Lien en Agnes by die swaaideure het ’n klomp _____________ laat breek.
7.
Dwars : Tant Malie wil hê dat Lien en Agnes vir ’n paar dae sonder betaling moet werk om hulle
_____________ af te betaal.
8.
Af : Lien protesteer dat die breekskade net ’n _____________ was.
9.
Af : Lien dink aan die lysie kruideniersware in haar _____________ wat sy wou aankoop.
10.
Af : Uiteindelik is Lien nie _____________ om verder te werk vir iemand wat so onredelik is nie.
11.
Dwars : Die _____________ kom onverwags besoek by Lien-hulle aflê.
8
12.
13.
14.
15.
16.
17.
18.
19.
20.
21.
22.
Af : Lien kyk na die _____________ in die kombuis waarmee Braam ’n prys gewen het.
Af : As Lien die vrolike sketsie van ’n gelukkige gesin raaksien en dink aan hulle huidige gesinssituasie, is sy
bewus van die _____________ (’n stylfiguur).
Dwars : Lien noem die dominee in haar gedagtes _____________
Dwars : Daar is ’n groot _____________ (’n stylfiguur) tussen die predikant se “strate van melk en heuning”
en die werklikheid van “cheap dooswyn en boontjies in tamatiesous”.
Af: Braam en die dominee gesels lekker oor _____________
Af : Lien neem tannie _____________ se pot terug en kuier ’n bietjie daar.
Dwars : Sy drink koffie en eet _____________ saam met die tannie wat eintlik op ’n dieet is.
Dwars : Die tannie se woonstel is vrolik en _____________
Af : Dirkie en _____________ soek iemand om hulle by die werk te help.
Dwars : Millennium Creations is ’n _____________
Dwars : Lien is kwaad dat Wouter by die _____________ begin aanpas en vriende maak. (22)
Woordverklarings
aspris/met opset
bereken
gesellig
goorgat
homp
langtand
land (gesels land en sand)
lippe (lek my lippe af)
mompel
petalje
wiel (vyfde wiel aan die wa)
on purpose
calculate
cosy
a nasty person
chunk
reluctantly
talk the hind leg off a donkey/talk unceasingly
smack my lips (at the thought of something)
mumble
commotion
the fifth wheel to the coach /more of a hindrance than offering
assistance
9
HOOFSTUK 6: A CHANGE OF SCENERY
Opsomming
•
Lien het nie internet tuis nie en moet die taak se navorsing in die skoolbiblioteek doen.
•
Wouter gee vir haar ’n verskoningbriefie met ’n koffie-uitnodiging en ’n Milo Bar en sê dat hulle pals for life is.
•
Sy sien vir Riekie en Sanet by hom en voel jaloers.
•
Sy en Wouter gaan Wimpy-koffie drink en praat oor hulle irritasie met die uithangery by die matriekafskeid.
Hulle loop dit liewer mis. Hy vra haar oordrewe-verspot op sy knieë om saam met hom te gaan. Hulle oorweeg
ook onvanpaste klere om die geleentheid daarmee te bevraagteken. Sy voel weer veilig in hulle vriendskap na
die baie lag.
•
Wouter moedig haar aan om vir die oudisie te gaan.
•
Sy voel weer bang om sy vriendskap te verloor.
•
Dertig kinders daag by die oudisies op – vir agt groot en twee klein rolle.
•
Lien lees Weird Maria se rol.
•
Tuis verwonder Lien en Braam hulle aan hul ma wat soos van ouds kosmaak en gesels.
•
Dirkie laat weet dat Lien die volgende middag kan begin en sy begin somme maak met wat sy sal kan doen met
haar geld.
•
Hulle eet en gesels soos ’n normale gesin aan tafel en Braam sê hulle krieketspan soek nog ’n borg.
•
Lien sien teleurgesteld dat die wynboks saamgaan kamer toe.
•
Die videokyker kyk na ’n man en vrou in deftige aandklere, maar stop dit en pluk die video vies uit die speler.
Summary
•
Before school Lien does research on the profession of an attorney using the school library’s internet.
•
Wouter hands Lien a letter of apology, along with a Milo Bar and an invitation to Wimpy for coffee. He
promises her that they are pals for life.
•
Soon afterwards she feels jealous when she sees Wouter chatting to Riekie and Sanet.
•
At the Wimpy, Lien and Wouter discuss their irritation with the matric farewell party and consider the option of
either staying away or wearing inappropriate clothing. He then asks her in an exaggerated, silly way to
accompany him to the matric farewell, which leaves Lien feeling safe in their friendship.
•
Wouter encourages her to audition.
•
Lien fears losing Wouter’s friendship.
•
Thirty learners compete for ten roles. Lien reads the part of Weird Maria.
•
That night their mum seems her old self again and they eat supper together at the table. Braam mentions that
his cricket team needs sponsorship. Their mum takes the box of wine with her to her room.
•
Dirkie lets Lien know that she can start at the hairdresser’s the following afternoon. Lien calculates what she
will be ble to do with her prospective earnings.
•
The person who watches the home movies looks at an image of a man and a woman in formal attire. This
appears to annoy him and he stops the video.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
Watter onderwyser sluit soggens die biblioteek oop? (1)
Tukkies is ’n noemnaam vir Die Universiteit van (Johannesburg/Pretoria). (1)
Wouter het ’n positiewe invloed op Lien. Watter een van die volgende bewyse is ONWAAR?
a. Hy lag vir die breekgoed-botsing.
b. Hy laat Lien ook lag.
c. Hy maak humoristiese opmerkings.
d. Hy vra haar op sy knieë om met hom uit te gaan.
e. Hy vra haar grappenderwys saam afskeid toe. (1)
Dink jy dis goed dat Wouter vir Lien aanmoedig om vir die oudisie te gaan? Sê waarom jy so dink. (2)
Watter vrees het Lien oor haar vriendskap met Wouter? (1)
10
6.
7.
8.
9.
10.
11.
Norah sing oor iets wat sy verloor het en waarna sy soek en dat sy dit miskien uiteindelik sal vind. Hoe dink jy,
waarna verlang Lien eintlik? (2)
Daar daag so baie kinders by die oudisie op omdat (die goeie toneelstuk hulle meegevoer het/hulle hou van juf.
Breytenbach/almal hou van ’n bietjie kalklig). (1)
Watter een pas NIE?
Die kinders lag vir die maer Miemie Spies se oudisie omdat (sy glad nie soos ’n tert lyk nie/sy so hard bulder/sy
so dramaties is/hulle haar wil verkleineer). (1)
Agter die verhooggordyn maak die reuke ’n groot indruk op Lien en sy ervaar ’n snaakse ____________ (1)
Hulle ma tree tuis onverwags normaal op. Noem enige drie dinge wat sy doen wat haar kinders verbaas. (Daar
is agt.) (3)
Die spanlid wat die krieketborg vir Braam-hulle se span kry, kry 15% __________________. (1)
Woordverklarings
aardskuddend
beset
draak
gate uit geniet
gunsteling
handskoen (soos ’n handskoen pas)
hemel op aarde
kassie (uit sy kassie)
kat (spin soos ’n kat wat melk gekry het)
kersregop
kop kap aan
ligjare laas
muur (oor die muur)
slurp
vlam (vat vlam)
verbaas
verhoging
verhoog
verskoning
verslind (ek kan ’n bees verslind)
verstik
vroetel
terug-op-die-brug
stunning
occupied
vixen/old terror
enjoy something tremendously
favourite
fit like a glove
heaven on earth
in high spirits
to be the cat that stole the cream/smug/self-satisfied
bold upright
hasn’t got all her marbles/has a few screws loose
very long ago
past its sell-by date
gulp greedily
flare up
surprised
a raise
a stage
excuse/apology
so hungry I can eat a horse
choke
fidget
backward/from the boondocks
HOOFSTUK 7: EFFENS LAST SEASON
Opsomming
•
Donovan is in beheer by Millennium Creations.
•
Hy het ’n moderne klerestyl, is ’n ekstrovert en gee graag bevele.
•
Mary Morning Glory werk soggens in Sue-Ellen se plek.
•
Dirkie praat min en is ’n goeie luisteraar.
•
Donovan skinder lekker saam met die vrouens.
•
Dirkie wip hom kort-kort vir Donovan en vries dan plooimond.
•
Lien is verantwoordelik vir die telefoon en afspraakboek, vee, drinkgoed, die kombuis, tydskrifte opstapel en
netheid van die toonbank en trollie.
•
Sy herorganiseer die kombuis en werk hard, maar voel tuis.
•
Donovan gee haar krediet, maar sê sy moet onthou dis dalk net tydelik.
11
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Lien wil haar verniet-haarsny eerder vir haar broer gee, maar Dirkie sê hulle kan albei kom.
Donovan en Dirkie beplan solank haar nuwe haarstyl.
Tannie Bets sleep Lien saam na Weigh-Less waar die fyne Mara die mense weeg.
Oom Faantjie is ’n vriend van Tannie Bets – wat ook al jare gaan weeg.
Lien wag in die motor terwyl Tannie Bets by ’n sentrum ingaan en Lien hou ’n vrou dop wat met ’n plakkaat
bedel.
Lien wonder oor die sin van dinge. (“Wat is die punt?”)
Sy kry ’n plan: Braam kan die haarsalon vra om hul krieketspan te borg.
Uit die kommissiegeld kan hy ’n nuwe denim koop. Sy hoop dit sal hom aanmoedig om sy hare te laat sny.
Die videokyker kyk na die seuntjie wat met die hondjies stoei. Hy wonder oor die honde wat tog niks
verkeerds gedoen het nie.
Summary
•
Donovan is in charge at Millennium Creations and he likes to issue commands.
•
Mary Morning Glory does the morning shift while Sue-Ellen is on maternity leave.
•
Dirkie, the other hairdresser, is a good listener, but Donovan likes gossiping with the clientele.
•
Dirkie is repeatedly annoyed by Donovan.
•
Lien is responsible for the telephone, the appointments, the kitchen, beverages, and the general neatness of the
salon.
•
She reorganises the kitchen and feels at home. Donovan praises her, but warns her appointment might be
temporary.
•
Lien wants to give her free hair cut to her brother, but Dirkie says both of them may have a free cut.
•
The two hairdressers plan Lien’s new hairstyle.
•
Lien accompanies Tannie Bets to her Weigh-Less meeting. Later, at the mall, she notices a woman begging for
money.
•
The meaning of life intrigues Lien.
•
Lien has a brainwave: she should ask the salon to sponsor Braam’s cricket team.
•
Braam could use some of the commission to buy a new pair of jeans. Lien also hopes this will encourage
Braam to have a haircut.
•
The home movie is of a little boy, playing with his dogs.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
7.1
7.2
7.3
8.
9.
Donovan swaai die septer by Millennium Creations met sy (goue stud/bevelstyl/moderne klere). (1)
Watter irritasie beleef Lien oor Donovan se verwysings na Sue-Ellen? (1)
Watter kontras is daar tussen Donovan en Dirkie se maniere van kommunikeer? (2)
Dink jy dis ’n getroue prentjie wat van ’n haarsalon geskets word: die uitblaker van hul persoonlike goed deur
kliënte en die skinderstories by ’n haarsalon? Waarom sê jy so? (2)
As iemand nie wil praat nie omdat hy vererg is, soos Dirkie maak as hy hom vir Donovan wip, sê ons hy het
s_____________. (1)
Lien toon (eiesinnigheid/inisiatief) as sy die kombuis herorganiseer. (1)
WAAR of ONWAAR? Motiveer telkens.
Lien is verantwoordelik vir bestellings van haarprodukte. (2)
Lien is na die eerste dag positief oor die haarkapperwerk. (2)
Donovan en Dirkie is onselfsugtige mense. (2)
Teen watter swakheid moet tannie Bets heeltyd veg?
a. Haar liefde vir eet.
b. Haar manier om alle mense te vertrou.
c. Haar swak tydsbegrip. (1)
Tannie Bets antwoord vir Lien: “Dié wat ek wou hê, kon ek nie kry nie, en dié wat ek kon kry, wou ek nie hê
nie.” Wat was Lien se vraag aan haar? (1)
12
10.
10.1
10.2
11.
12.
13.
Tannie Bets antwoord ook: “Ek leef soos ek wil en ek hoef nie met iemand anders se nonsens opgeskeep te sit
nie.”
Met watter situasie vorm hierdie woorde ’n kontras? (1)
Dink jy die woorde hierbo getuig van selfsug? Motiveer. (2)
In reaksie op ’n tranerige liedjie oor ’n verlore liefde waar die sanger “whiskey by the bottle” drink, wonder
Lien vererg of grootmense dan nie hulle dinge kan “face” nie. Dink jy Lien het simpatie met haar ma se
alkoholprobleem? Motiveer. (2)
Die stylfiguur (sarkasme/ironie/satire) is van toepassing op die situasie as die oorgewig tannie Bets, pas van
Weigh-Less af, stapels Pick n Pay-sakkies vol kos koop, by die arm Lien in die motor klim en dan verby ’n
bedelende vrou met ’n plakkaat ry. (1)
Braam sê: “Ek laat sny nie my hare by daai plek nie.” ’n Biejie verderaan noem hy dit ook ’n
“vroumenshaarkapper”. Waarom, dink jy, reageer hy so hewig? En dink jy dis reg om so te reageer? (3)
14. Waarom doen Lien moeite om Braam om te praat om die haarkappers as ’n borg vir hulle krieketspan te
vra?(2)
Woordverklarings
baba (is ook haar baba)
belofte
dolleeg
galstene
gedweë
gekroek
kitaar slaan
kruideniersware
neerhalend
nimmereindigend
stryd (tevergeefse stryd)
vertroulik
wip
her responsibility
promise
completely empty
gallstones
meek
cheated
being in charge
groceries
insulting/derogatory
never-ending
useless struggle
confidential
to take offense
HOOFSTUK 8: WEIRD MARIA
Opsomming
•
Juffrou Breytenbach deel die rolle uit:
Sanet speel Jenny, die tert
Riekie speel Rona
Elma speel Esther
Lien speel Maria, weird Maria
John Toerien speel die windgat Alec
Wian Reynecke speel die moeilike Frederick
Sors Naudé speel die nerd Ben
Christiaan speel David, die hunk
Herman speel die onderwyser, en
Miemie Spies speel die skoonmaker.
•
Die ander kinders doen die dekor, ligte, bemarking, kaartjies en kostuums.
•
Wouter is in sy skik met Lien. Die oefentye bots met sy ekstra Wiskundeklasse.
•
Wouter en sy suster, Yvette, gaan die vakansie by sy pa en stiefma in Bloemfontein kuier.
•
Hulle aanvaar die stiefma omdat sy mal oor hul pa is en hulle twee goed saam doen.
•
Lien skram weg toe Wouter vra of sy haar pa mis.
•
Braam daag ongemaklik op vir sy haarsny.
13
•
•
•
Lien vra vir Braam om vir Dirkie en Donovan as borge te vra en verduidelik die konsep.
Braam verhoog die borgbedrag na R3 000 en Lien sê sy en Braam sal hulle van krieket leer. Oor die
kleurekwessie van die hemde kan hul later besluit.
Braam lyk cool met sy haarstyl.
Summary
•
Miss Breytenbach has decided on the roles:
Sanet will play Jenny, the tart
Riekie will play Rona
Lien will play Maria, weird Maria
Christiaan will play David, the hunk, and
Miemie Spies will play the cleaner.
•
Other roles will be played by Elma, John, Wian, Sors and Herman.
•
The rest of the learners will be responsible for the décor, lights, marketing, tickets and costumes.
•
Wouter and his sister, Yvette, are going to visit their father and stepmother – with whom they get along well.
•
Lien does not answer when Wouter asks if she misses her dad.
•
Braam uncomfortably allows Donovan to cut his hair.
•
Lien helps Braam by asking the hairdressers to sponsor his cricket team and she explains the concept to
Donovan and Dirkie.
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
Braam increases the sponsorship money to R 3 000. Lien offers, together with Braam, to teach them about
cricket.
Braam’s new hairstyle looks cool.
Watter een pas NIE?
Juffrou Breytenbach is sensitief, want sy
a. betrek die onbetrokke Lien in die stuk
b. sluit vir Miemie, wat baie graag wou toneelspeel, in as skoonmaker
c. laat die klein rolle ook belangrik klink
d. sê die spelers moet solank die stuk deeglik deurlees
e. betrek al die ander by die dekor, bemarking, verkope en kostuums. (1)
Hoe verskil Wouter en sy suster, en hulle ma se houding teenoor hulle pa? (2)
Wouter en Yvette (hou nou van/hou nie van/aanvaar darem) hul stiefma. (1)
Waarom, dink jy, word Lien “koud” en “gaap hom verskrik aan” toe Wouter vra of sy haar pa mis? (1)
Die emosie wat eintlik onder Braam se dikbekhouding in die haarsalon lê, is (arrogansie/ verleentheid/
woede). (1)
Hoe kry Lien vir Braam sover om die haarkappers as die krieketspanborg te vra? (1)
Hoe oortuig Lien hulle dat die salon daarby gaan baat? (1)
Kies die beste antwoord: Uit al Lien se antwoorde vir die twee haarkappers kan ’n mens aflei dat sy (sosiaal
intelligent is/goed kan toneelspeel/kan voorgee). (1)
Watter kwessie rondom die borg laat Lien versigtig tot later oorstaan? (1)
Woordverklarings
ingedagte
lam ter slagting
onderlangs
skuif (maak jou skuif)
vies
lost in thought
like a lamb to the slaughter
secretly
make your move
fed up
14
HOOFSTUK 9: ’N RUS OP DIE MENU
Opsomming
•
By die salon is daar dié oggend onmin tussen Dirkie en Donovan.
•
Die kombuis is teruggeskuif soos dit was, blykbaar Mary Morning Glory se werk, en Lien skuif weer die
bekers nader.
•
Dis baie besig en Lien help later hare was in die salon.
•
Dirkie en Donovan argumenteer. Dirkie gil dat Donovan ’n tweegesig is en Donovan sê Dirkie is ’n drama
queen.
•
Donovan betaal haar meer omdat sy ’n ster was en sy kan meer kos koop, asook twee klein sjokolades.
•
Braam is die naweek na Deon toe.
•
Hulle ma sê sy voel sleg oor Lien kos koop.
•
Lien sê haar ma kan weer klavierlesse gee en meer geld maak as by die staatsdepartement.
•
Sy konfronteer haar ma en vra waarom sy nooit meer klavier speel nie.
•
Uit magtelose woede oor haar ma se stilswye storm sy self na die klavier en speel sukkelend en hardhandig
“Die Blou Donau”.
•
Na haar woede-uitbarsting gaan slaap sy die middag.
•
Haar ma bly in haar kamer en Lien eet alleen aandete.
•
Lien voel baie eensaam en wonder oor haar vriende uit haar vorige lewe.
•
Sy oorweeg om met iemand kontak te maak, maar besluit daarteen en luister na Norah.
•
Die videokyker kyk na ’n toneel waar die man met ’n leer teen die kant van ’n huis opklim en ’n blonde
tweelingetjie van die dak afkry, maar die vurige klein donkerkoppie met haar kat kyk anderpad. Die videokyker
stop die beeld van die man en gaan raak aan die skerm.
Summary
•
On Saturday morning Dirkie and Donovan quarrel in the salon.
•
It is busy in the hairdressing salon and Lien helps with washing the clients’ hair.
•
Dirkie and Donovan call each other names.
•
Donovan gives Lien more money and she can afford to buy more food as well as two chocolates.
•
Braam spends the weekend with his friend Deon’s family.
•
Christien, Lien’s mother, feels guilty about Lien having bought food.
•
Lien confronts her mum about why she does not play the piano anymore.
•
In a rage Lien herself hammers out “The Blue Danube” on the piano.
•
Lien spends the afternoon sleeping and eats supper alone.
•
She feels lonely and contemplates contacting some friends from her previous life, but eventually decides not to
contact anyone and rather listens to Norah Jones.
•
The home movie shows a man on a ladder perched against the wall of a house, trying to persuade twin blonde
girls and another dark-haired girl to come down from the roof. He is unable to convince the fierce little brunette
with her cat to come down. The video watcher stops the video and touches the image of the man on the screen.
Vrae
1.
2.
3.
4.
Wat is jou reaksie op konflik soos dié tussen Donovan en Dirkie op bladsy 85, waar mense mekaar kamma nie
raaksien nie of deur iemand anders met mekaar praat? (2)
Watter effek kan uitskelname soos “tweegesig” en “drama queen” op iemand hê? Verduidelik. (2)
Watter feit rondom die bakleiery amuseer vir Lien? (1)
Lien bevlieg self die klavier en speel hardhandig en sukkelend omdat
a. haar ma nie meer lief is daarvoor om klavier te speel nie.
b. haar ma bang is om klavier te speel.
c. Lien gefrustreerd is met haar ma wat hulle situasie so swak hanteer. (1)
15
5.
5.1
5.2
6.
In haar eensaamheid dié aand besluit Lien om niemand te kontak nie. Die klein donkerkopdogtertjie in die
video weier ook beslis om van die dak af te kom.
Watter een van die volgende karaktereienskappe sou op albei van toepassing kon wees:
(buierigheid/eiesinnigheid/dwarstrekkerigheid)? (1)
Wat sou die verband tussen die twee karakters kon wees? (1)
Wat beteken die hoofstuktitel, ’n Rus op die menu ? (2)
Woordverklarings
agterstallig
onmin
tande (op haar tande byt)
traag
tweegesig
tydsaam
overdue
discord
bite (on) the bullet
reluctant
two-faced
slowly
HOOFSTUK 10: IETS OM DIE PALAAT TE VERFRIS
Opsomming
•
Wouter dink steeds hulle moet net matriekafskeid toe gaan vir die kos en om die grootste fool te gaan kyk.
•
Lien sê sy sal daaroor dink, want sy wil eintlik nie nee óf ja sê nie.
•
Mr MacMillan is siek en Lien sit en droom oor Skotland.
•
Lien is kwaad en jaloers toe sy sien Riekie giggel by Wouter en wil huil.
•
Miemie Spies keer haar by die hek voor. Sy sê sy is pas agtien en nooi Lien saam Wimpy toe.
•
Lien weet net dat Miemie-hulle in ’n luukse huis bo teen die berg bly en dat sy soggens in ’n swart Mercedes
afgelaai word.
•
Hulle eet steak en tjips.
•
Miemie sê Lien is ook sonder vriende en vat nie twak van die simpel skool nie.
•
Miemie vertel later van haar ma, ’n verveelde sepieslaaf met ’n meestergraad in toegepaste wiskunde, maar
wat nog nooit gewerk het nie en kosprogramme kyk, maar ’n kok aanhou.
•
Miemie se pa het ’n IT-besigheid in Johannesburg en maak baie geld, maar is min by die huis. Tuis sit hy in sy
studeerkamer en bou modelvliegtuigies.
•
Miemie wil regte gaan doen en het nie erg aan kinders nie.
•
Tuis kry sy vir Deon by Braam voor die TV met ’n speletjie en sy ervaar skaamte en skrik oor hulle afgeleefde
meubels en min kos.
•
Die videokyker kyk na ’n Kersvadertoneel waar die kinders geskenke kry en staar daarna lank onsiende na
buite.
Summary
•
Wouter still thinks they should attend the matric farewell just for the food and to see who will be the biggest
fool.
•
Lien is not sure and says she will think about it.
•
Mr MacMillan is absent and Lien daydreams about Scotland.
•
Lien feels angry and jealous when Riekie giggles near Wouter and she almost cries.
•
At the school gate Miemie Spies invites Lien to Wimpy for lunch to celebrate her eighteenth birthday.
•
Lien knows very little about Miemie, except that she stays in a luxury house on the mountainside and is driven
to school in a black Mercedes.
•
They eat steak and chips.
•
Miemie says her mum is a bored soapie addict with a Masters in Applied Mathematics. She has never worked
and watches food programmes all the time, but they have a chef.
16
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
3.1
3.2
4.
5.
6.
7.
8.
9.
Miemie’s father has an IT business in Johannesburg. He makes lots of money, but does not spend much time at
home. If he is there, he almost never comes out of his study, where he builds model aeroplanes.
Miemie is interested in studying law and does not want to have children.
When Lien arrives home she feels ashamed about their rundown flat where Braam has brought his friend Deon.
The home movie shows a Christmas scene with children receiving gifts. The watcher stares outside, without
really seeing anything.
Waarom wil Lien nie vir Wouter nee sê vir die afskeid nie? (1)
Waarom wil sy ook nie ja sê nie? (2)
“Mense dink Bloem is so koek”, sê Wouter.
Dink jy dis billik teenoor inwoners om plekke so te etiketteer, byvoorbeeld as verkramp , agter-die-klip,
common, rof of koekerig ? Waarom sê jy so? (2)
Waarom doen mense dit? (Dink aan die Brakpan-/Bellvillegrappies.) (2)
Waarom, sê Miemie, wou sy vir Lien saamnooi Wimpy toe? (2)
Waaruit lei jy af dat Miemie se ouers se kommunikasie swak is? (2)
Daar is verskeie ooreenkomste tussen Lien en Miemie se huise. Noem drie. (3)
Is daar iets vreemds aan Miemie se versoek vir “’n soetigheidjie om die palaat te verfris” na hulle maaltyd van
steak en chips? (3)
Watter emosies of vrese ervaar Lien as sy sien Braam het vir Deon huis toe gebring? Noem twee. (2)
Die lewenswaarheid dat geld nie __________________ bring nie, word deur Miemie se agtergrond
gedemonstreer. (1)
Woordverklarings
blindelings
dringend
mond water
moed
moerig
oë uitkrap
opoffer
palaat
selfbeheersing
sigbaar
vasbeslote
verslete banke
blindly
urgent
mouth waters
courage
extremely angry
be jealous of
sacrifice (v.)
palate
self-control
visible
determined
worn-out couches
HOOFSTUK 11: JULIA ROBERTS SONDER DIE MOND
Opsomming
•
Juffrou Breytenbach vra dat Lien en nog iemand die rekwisietekamer, waar die dekor en kostuums gehou word,
gaan regpak. Lien wink vir Miemie saam.
•
Dis stowwerig en deurmekaar en hulle pak die kostuums in bokse.
•
Miemie en Lien pas snaakse kostuums en pruike aan terwyl die juffrou weg is en lag dat die trane rol. Lien het
lanklaas soveel pret gehad.
•
Lien voel tuis en is weer bewus van ’n reuk waarvan sy hou terwyl hulle orde skep.
•
Dirkie en Donovan is steeds knorrig.
•
Sue-Ellen Swanepoel daag met haar baba by die salon op en vertel hoe moeilik dit met ’n huilende baba is.
•
Sue-Ellen en Donovan fluister vir mekaar en hou skuldig op met praat toe Lien naderkom. Dirkie sit eenkant en
sê niks.
17
•
•
•
•
•
•
•
•
Donovan sê teen sluitingstyd vir haar Sue-Ellen gaan die Maandag weer daar begin werk en die baba gaan by
’n tannie bly.
Hulle sal steeds Lien se hare elke twee maande verniet sny en Braam se span borg.
Lien sê Donovan moet haar nie weer “Engel” noem nie.
Dirkie sê op pad huis toe dat hy alles gedoen het wat hy kon, maar Donovan het die meeste aandele in die salon.
Lien vra ’n agent uit oor die koste om Londen toe te gaan en die moontlikheid van ’n werk in Londen.
Sy het R10 000 nodig vir die kaartjie, visum en versekering, en R20 000 tydelik in haar rekening as bewys dat
sy vir haarself kan sorg.
Die agentskap help dan ook met werk soek, blyplek vind en die oopmaak van ’n bankrekening.
Lien besef sy moet beslis ’n werk kry om haar droom waar te maak.
Summary
•
Miss Breytenbach asks Lien and a friend of her choice to tidy the props room. Miemie helps her.
•
The room is dusty and untidy and they pack the costumes into boxes.
•
While the teacher is away the girls try on some of the costumes and wigs. They laugh and Lien enjoys the fun.
•
Lien feels content amongst the props and costumes and she is aware of a smell she likes.
•
Dirkie and Donovan are still grumpy.
•
Sue-Ellen and her baby arrive at the salon and she tells Dirkie and Donovan how difficult it is with a crying baby.
•
Sue-Ellen and Donovan whisper to each other and stop guiltily when Lien brings the coffee. Dirkie sits to one
side, saying nothing.
•
At closing time Donovan informs Lien that Sue-Ellen will be back at work on Monday. Someone will take care
of the baby.
•
They will still sponsor the cricket team and cut Lien’s hair for free every second month.
•
Lien asks Donovan not to call her “Engel”.
•
On their way home Dirkie tells Lien he could not prevent her losing her job. Donovan is the majority
shareholder in the business.
•
Lien consults a travel agency about the possibility of going to London and working there.
•
She will need R10 000 for the ticket, visa and insurance, as well as R20 000 in her account temporarily as proof
that she can look after herself. The agency will assist Lien with finding employment and accommodation and
opening a bank account.
•
Lien realises that she needs a job urgently.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
Wat kan die leser van Lien se daaglikse lewe aflei na aanleiding van die aanpas-pret in die rekwisietekamer
waar sy “lag soos sy in jare nie gelag het nie”? (2)
Verklaar die hoofstuktitel: “Julia Roberts sonder die mond”. (2)
Lien wonder hoe Sue-Ellen gewerk kry. Wat laat haar dit dink? (1)
Waarom sê die skrywer Sue-Ellen en Donovan het “skuldig” opgehou met fluister toe Lien die koffie bring? (2)
Dirkie sê op pad huis toe hy het regtig alles gedoen wat hy kon, maar Donovan het die meeste aandele in die
salon. Hieruit kan afgelei word dat hulle baklei het oor:
a. Donovan te veel van Sue-Ellen hou.
b. Dirkie vir Lien in die werk wou behou.
c. Sue-Ellen beter as Lien gewerk het. (1)
Nou is dit duidelik waarom Dirkie in die vroeëre konflik by die werk vir Donovan ’n “tweegevreet” genoem
het: Donovan gee voor dat hy beïndruk met Lien is, maar ____________________ dan vir Sue-Ellen met wie
hy close is. (1)
Vir wie kan Lien dalk vra om tydelik R20 000 te leen om in haar rekening te lê? (1)
Watter tipe werk gaan doen jong mense in so ’n oorsese werksvakansie? (1)
18
Woordverklarings
bewegingloos
gemors
moedeloos
onwettig
rekwisietekamer
sout (’n sak sout saamopeet)
motionless/not moving
junk
despondent/discouraged
illegal
props room
share many experiences
HOOFSTUK 12: DIE TRAANDRUPPEL
Opsomming
•
Die Jakaranda-krieketspan lyk goed in die liggroen gholfhempies met die salon as borg agterop, sonder die
krulletjie-logo.
•
Lien merk Braam se gemak tussen sy maats op; hy leef asof niks verkeerd is nie.
•
Donovan en Dirkie woon ook die wedstryd by. Lien is nie regtig kwaad vir hulle nie, maar gaan sit alleen bo,
agter op die pawiljoen.
•
Sy let Braam se gaar beenskutte op en besef sy R450 kommissie is nie genoeg vir beenskutte en ’n denim nie.
Sy sal iets moet doen; hul koskas is ook leeg.
•
Die aand luister haar ma meegevoer na ’n Chopin-werk met die naam “Die traandruppel”.
•
Christien onttrek in haar musiekwêreld met oorfone en ’n wynglas: haar gelukkige gesig ’n rooi son. Lien is
magteloos.
Summary
•
The Jakaranda cricket team looks striking in pale green golf shirts with the salon logo on the back.
•
Braam is at ease among his peers. Everything seems to be normal.
•
Donovan and Dirkie also attend the match. Lien is not angry with them, but prefers to sit alone in the back row
of the stands.
•
She sees her brother’s worn cricket pads and realises that the commission will not be enough for jeans and for
pads. She will have to do something. They have also run out of food.
•
That evening Christien listens to a Chopin concerto, “The Teardrop”.
•
Christien withdraws into her world of music with earphones and wine, her face a happy red sun. Lien feels
helpless.
Vrae
1.
Watter emosies uit die lysie langsaan ervaar Lien telkens as sy die volgende sien:
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
Braamse liggroenhempie-krieketspan
Braamtuis tussen sy maats
Donovan en Dirkie se teenwoordigheid
Braamse gaar beenskutte
Donovan en Dirkie wat juig vir die verkeerde span
2.
A
B
C
D
E
verbaas
beïndruk
geskok
verslae
jaloers
(5)
Van watter karakter sou jy in hierdie stadium eerder ’n traandruppel verwag? En hoe verklaar jy haar gebrek
aan trane? (2)
Woordverklarings
beenskutte
ingesluimer
paaltjies
toeskouers
traandruppel
leg pads
to doze off/fall asleep
wickets
spectators
a teardrop
19
HOOFSTUK 13: ’N HUIS SONDER ’N MOEDER
Opsomming
•
Lien laat weet vir Wouter sy gaan baie vroeg skool toe; hy moenie vir haar wag nie.
•
Sy is vroeg by die biblioteek en werk aan ’n brief op die rekenaar. Sy jaag die nuuskierige seuntjie weg wat na
haar skerm en die drukstukke loer.
•
Sy gaan leen ’n pruik en brilletjie uit die rekwisietekamer.
•
Sy is verbaas dat sy nie die klomp stories en verskonings wat sy reg gehad het, nodig gehad het nie.
•
Haar ma kla oor die duur kos terwyl sy ’n paar goedjies en ’n wynboks uit ’n winkelsak pak. Lien kyk
beskuldigend na haar ma, wat ewe skuldig lyk terwyl sy wyn ingooi.
Summary
•
Lien messages Wouter to say she will be off to school very early. He mustn’t wait for her.
•
At school Lien types something on the library computer. She chases away a curious boy who tries to look at
her screen and printouts.
•
She borrows a wig and spectacles from Miss Breytenbach’s props room.
•
She is surprised when none of the excuses she had ready had to be used.
•
Christien complains about the cost of food while unpacking a few groceries and a box of wine. Lien looks on
accusingly as her mother guiltily pours herself a glass of wine.
Vrae
1.
2.
3.
4.
Waarom wil Lien nie aandag trek met haar boodskap wat sy tik en haar drukstukke nie? (1)
Waarom, dink jy, gee juffrou Breytenbach toe en leen vir Lien die pruik en bril? (1)
Lien se regstaan met ’n klomp stories en verskonings om die pruik en bril te leen, sê vir ons sy (is ’n baie goeie
planmaker/is bereid om die waarheid in haar situasie te plooi/is blatant oneerlik). (1)
Die stylfiguur (ironie/sarkasme/hiperbool) is van toepassing as Christien kla ”Als is so dúúr … Hoe moet ’n
mens lewe …” as sy ’n paar goedjies en ’n wynboks uitpak. (1)
Woordverklarings
agterdogtig
beskuldigend
uitasem
verskonings
suspicious
accusingly
breathless
apologies
HOOFSTUK 14: A CHANGE OF SCENERY (RÉGTIG)
Opsomming
•
Lien klim huiwerig van die bus af by ’n kleinerige, onbekende winkelsentrum.
•
Sy voel bang op pad na die kruising en sweet onder die pruik en die brilletjie wil heeltyd afval.
•
Op haar bedelplakkaat staan: “Werkloos. Twee afhanklikes. Enige donasie welkom. Die Here seën u!”
•
Sy is geklee in ’n stokou rok van haar ma en Braam se rooi sportsak staan langs haar.
•
Sy dink telkens: “Ek haat jou” en voel verleë en skuldig oor die munte wat sy ontvang en in die sak stop.
•
Na ’n halfuur verjaag ’n krom, songebrande vroutjie haar skreeuend, en stuur haar na die oorkant, na ene
Johnny se ou plek.
•
Sy gooi amper tou op, maar ontspan mettertyd ten spyte van die irritasies en skuldgevoelens.
•
Sy let ’n geselserige, laggende, jongerige bedelaar by die sentrumuitgang op. Hy kom roep haar vir hulle tea
break onder ’n boom.
•
Lien is rooigebrand en besef sy moes iets aangesmeer het.
•
Die jong ou stel homself as Tibbey voor en die ou vroutjie as Roos.
•
Tibbey dra ’n Bloubul-petjie en sê dit laat mense gee.
20
•
•
•
•
•
•
Roos ignoreer haar onder die boom, maar toe sy vyfuur in die sentrumkleedkamer gaan uittrek en vir Roos om
verskoning vra oor die verkeerde plek, gee Roos kortaf vir haar raad: haar bord lyk nie arm nie en sy kort plat
skoene.
Lien tel die geld in ’n toilethokkie en dis amper R150 vir die middag se hel.
Roos se raad laat haar ’n paar plat, sagte skoene by Pep Stores koop.
Die aand in die bed voel sy half swart, half wit – skuldig, maar ook asof sy oor ’n groot rivier in die Amasone
woud geswem het.
Sy besluit om nie vir Wouter te vertel nie.
Die videokyker kyk na die gesin by ’n waterval. Die donkerkopdogter is gehipnotiseer deur die vallende water.
Summary
•
Lien takes a bus to a small, umfamiliar shopping centre.
•
She is afraid and uneasy. The wig is hot and the spectacles keep sliding down.
•
She has a poster: “Jobless. Two dependants. Any donation welcome. God bless you”.
•
She wears an old dress of her mum’s. Braam’s red tog bag is next to her.
•
“I hate you,” she thinks over and over again. She feels ashamed and guilty to accept money.
•
After a while, a little old lady shouts at her to go to the other side, to “Johnny’s old place”.
•
Lien nearly throws in the towel, but relaxes in spite of the irritations and feelings of guilt.
•
Lien notices a talkative, laughing young man at the shopping centre exit. He calls her to join him and the old
lady for their tea break under a tree.
•
Lien has been in the sun all afternoon without suntan lotion.
•
The young man with the Bulls cap introduces himself as Tibbey and the old lady as Roos.
•
Roos ignores Lien during the tea break but later on in the rest room, after Lien had apologised to her for being
on the wrong spot, Roos gives her advice out of the blue. She says Lien’s board is too fancy and she needs flat
shoes.
•
Lien counts her money. It amounts to nearly R150 for one afternoon of hell. She buys a pair of flat shoes.
•
In bed that evening she feels guilty and decides not to tell anyone what she has done.
•
The home movie shows the family at a waterfall. The falling water hypnotises the daughter.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Hoe voel Lien as sy die eerste keer bedel? Noem drie emosies. (3)
Wie is die persoon wat sy so haat waarskynlik? (1)
Wat motiveer haar om uit te hou om vir geld te bedel? (3)
Die meeste motoriste vermy ________________________ met die bedelaars, of draai hul
________________________ op en maak of hulle nie die bedelaars sien nie. (2)
Kies die beste antwoord: Dit sal bedelaars (minderwaardig/verontwaardig/vies) laat voel as motoriste só
teenoor hulle optree. (1)
Maak ’n lys van die vier dinge wat vir Lien irritasies is terwyl sy bedel. (4)
Dink jy Tibbey is slim om met ’n Bloubul-pet te bedel? Verduidelik hoekom dit werk. (2)
Watter kritiek en raad het Roos vir Lien? (2)
“Dinge gaan nooit weer ________________________ wees nie”, sê Lien vir haarself in die spieël na haar
eerste bedeldag wat suksesvol verloop het. (1)
Dink jy die skrywer het ’n goeie beskrywende woord in die titel saamgestel vir die skoene wat Lien toe
aanskaf? Motiveer waarom jy so sê. (2)
Hierdie skoene kan, omdat hulle prominent is op die voorblad, as ’n (karikatuur/antiklimaks/simbool) van Lien
se deursettingsvermoë gesien word. (1)
Lien voel die aand in die bed half swart, half wit. Dit dui op haar ________________________ en dan op
haar ________________________. (2)
21
Woordverklarings
afhanklikes
doelgerig
gemaklik
hond (voel soos ’n hond)
huiwer
onhoorbaar
plakkaat
uitdrukkingloos
dependants
purposeful
comfortable
to feel terrible/guilty
hesitate
inaudible
poster
expressionless
HOOFSTUK 15: ’N BOTTEL ENERGADE
Opsomming
•
Lien kliek dadelik met Tibbey en hy gee vir haar raad oor hoe om te bedel.
•
Sy leer elke bedelaar het sy staanplek en dit word gerespekteer.
•
Roos bly ontoeganklik en maak of Lien nie bestaan nie.
•
Sy praat soms Sotho (wat sy lank gelede op ’n plaas ver daarvandaan geleer het) met Tibbey.
•
’n Meisie met peroxide-hare kom laai smiddae laat vir Roos in ’n ou oranje Datsun op.
•
Daar is ook drie witkopkindertjies in die motor.
•
Tibbey laat die mense skater by sy hoek en Roos noem dit die “Entertainment Corner”.
•
Hy maak omtrent dubbeld wat hulle maak, sien Lien as hulle teetyd hul geld tel.
•
Tibbey bly in ’n buitekamer by die rolbalklub daar naby.
•
Hy werk twee dae per week in die tuin in ruil daarvoor.
•
Met sy gevatte antwoorde laat hy mense lag en beter voel en hy sien dit asof hul hom vir vermaak betaal.
•
So voel motoriste goed oor hulself en hulle “belê in die hemel”, sê hy.
•
Lien raak meer gewoond aan die lewe op straat.
•
Sy doen ook sekere dinge wat die lewe vir haarself makliker maak.
•
Sy leer die Pretorianers ken as haastig, doelgerig en altyd op pad.
•
Sy weet presies hoe hulle op die robotbedelaars reageer.
•
Lien het haar hoek versigtig gekies: naby genoeg sodat sy binne tien minute per bus daar kan kom, maar ver
genoeg dat sy nie sommer bekendes sal raakloop nie.
•
Dis asof Lien ’n ander mens word as sy bedel: laer as slaksleepsel.
Summary
•
Lien and Tibbey immediately become friends and he gives her advice on begging strategies.
•
Every beggar has his own place to beg and it is respected by the others.
•
Roos ignores Lien and sometimes she speaks in Sotho to Tibbey.
•
A girl with peroxide hair collects Roos in the late afternoon in an old orange Datsun.
•
There are always three blonde children in the car.
•
Rose calls Tibbey’s corner “Entertainment Corner”. The passersby enjoy Tibbey’s sense of humour and he
makes double the money they make.
•
Tibbey lives in a room at the bowling club where he works in the garden two days per week in exchange for his
accommodation.
•
Lien becomes used to life on the street. She begins to anticipate the reactions of passersby.
•
She has chosen her corner carefully: it can be reached by bus in ten minutes, and it is just far enough from
where people she knows might notice her.
•
Lien becomes someone else when she’s on the street. Less important than the trail a snail leaves.
22
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
Watter drie stukkies raad gee Tibbey vir Lien oor hoe om te bedel? Skryf Tibbey se mengtaal oor in Afrikaans. (3)
Hoekom is Tibbey en Roos so na aan mekaar, dink Lien? (2)
Tibbey gebruik sy Bloubul-pet, sy ________________________ en verskillende ________________________
om sy ondersteuners te oortuig om vir hom geld te gee. (2)
Maak ’n lys van drie dinge op straat waaraan Lien gewoond word. (Daar is vyf.) (3)
Maak ’n lys van drie dinge wat Lien geleer doen het om beter uit te hou deur die dag. (Daar is vyf.) (3)
Noem drie verskillende reaksies van motoriste op robotbedelaars. (Daar is ses.) (3)
Lien ervaar die rol wat sosiale _____________________ in die samelewing speel as sy iemand in ’n ander
vel, ’n bedelaar, word. Hoe sal dit jou perspektief verander as jy ’n ruk in die bedelaar se skoene moet staan?
Woordverklarings
eis
gewete
haastig
mettertyd
ongemerk
slaksleepsel
demand
conscience
in a hurry
in due course
unseen
snail slime
HOOFSTUK 16: DIE PUSSYCAT DOLLS
Opsomming
•
Die repetisies is aanvanklik chaoties, maar Riekie sê dit kom elke jaar uiteindelik reg.
•
Lien is spyt sy speel toneel; sy verstaan nie die karakter nie en die vervelige herhalings en simpel dialoog maak
nie sin nie.
•
Lien gaan skep in ’n pouse vars lug by die pawiljoen.
•
Sy hoor ’n mondfluitjie agter bo-op die pawiljoen en kom op Hein af, wat eintlik dekor bou en die saal moet
sluit.
•
Hein speel weer “Moon River” wat hy by sy oupa, wat die vorige jaar dood is, geleer het.
•
Miemie se motorbestuurder, Joe, laai haar saans by die huis af.
•
Lien is dankbaar vir tannie Bets se kerriemaalvleisvetkoeke.
•
Sy tel haar buit en dis die eerste keer oor die R200 vir ’n middag.
•
Hulle gaan dalk Saterdae ook repeteer.
•
Sy wou eers kop uittrek by die toneel, maar raak nou geheg aan Weird Maria.
•
Sy wonder, soos Weird Maria, oor waarop alles uitloop.
•
Sy sien haar ma deur die kamerdeurskreef met oorfone op die matjie sit en wieg by die wynboks en sy weet
haar ma is onder die invloed.
•
“Tell me how does it feel […],” sing Norah.
Summary
•
At first the repetitions are chaotic and Lien does not understand her character.
•
During break she seeks fresh air outside. She finds Hein Venter on the stands playing mouth organ. He is part
of the set building team and must lock up the hall after repetition.
•
He plays “Moon River”, a song his late grandpa taught him.
•
Joe, Miemie’s driver, drops Lien at home after repetition.
•
Lien’s money from the afternoon’s begging amounts to more than R200.
•
They might start with repetitions on Saturdays too.
•
Lien considers quitting the play, but she has become attached to Maria, she realises.
•
She, like Maria, wonders what the point of everything is.
•
At home Lien sees her mum sitting on the rug in her room, with earphones and rocking to the music. Next to
her is a box of wine. She knows her mother is drunk.
23
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Lien vind dit aan die begin moeilik om met haar karakter te bind, want sy verstaan nie die
______________________ waarom Maria goed sê of doen nie. Die dialoog maak ook nie
________________________ vir haar nie. (2)
Lukas is verantwoordelik vir die (tuin/geboue) van die skool. (1)
“Ek het nie geweet jy kan musiek maak nie”. Met wie praat Lien, waar is hulle en waarmee word musiek
gemaak? (3)
Hierdie inligting stel die stil Hein in ’n ander lig. Die slim meisies het hom voorheen so dom soos ’n kluit
genoem. Dis lyk nou asof hulle eerder (meerderwaardig/ bevooroordeeld/aanstellerig) was. (1)
Watter liedjie speel Hein? Soek die liriek se woorde op die internet. Hoe sluit dit by Lien se droom aan? Dink
jy die skrywer laat Hein ’n gepaste liedjie speel? (4)
Die eerste aand na die repetisie het Lien aanhou loop toe Miemie en Joe haar wou oplaai. Lien se
(humeurigheid/eiesinnigheid/trots) word hier geïllustreer. (1)
Hoe voel Lien as hulle haar daarna saans oplaai? (2)
Bespreek die woordkeuse van die skrywer as hy sê Lien tel haar “buit” van die dag: Verduidelik eers die
betekenis van “buit”. Hoe laat dit Lien voel om “buit” te hê? (3)
Watter dinge verstaan Lien nie in hierdie stadium (teen die einde van die hoofstuk) nie? (3)
Waarop dui die hoofstuk se naam “Die Pussycat Dolls”? (1)
Woordverklarings
benoud
dankbaar
hartseer
maermerrie
mondfluitjie
snuif
vaagweg
verligting
verwaarloos
anxious
thankful
sad
shin
mouth organ
sniff
vaguely
relief
neglected
HOOFSTUK 17: DIE AFGEVAARDIGDE VAN TIBET
Opsomming
•
Lien gee die insittendes van ’n wit Volvo by die robot byname:
Sproet, die rooihaarbestuurder (wat vir haar kleingeld gee),
Muismondjie, die suur vrou,
en ’n snipperige rooi ponytail -dogtertjie, Sproetjie.
•
Tibbey is nie daar nie en Roos praat steeds nie. Lien dink Roos hou nie van haar nie.
•
Roos pyl af op Johnny, wat weer op Lien se hoek verskyn het, en moker hom tussen haar wegjaagwoorde
deur met haar pienk handsak.
•
Lien is verstom oor die onverwagse lojaliteit en beskerming van haar hoek.
•
Hierna kyk Roos na Lien en praat selfs met haar.
•
Lien vra Roos uit oor haar dogter in die oranje Datsun.
•
Sy is ’n prostituut by ’n agency in die stad.
•
Roos en haar dogter se lewens maak vir Lien bang. Sy wil wegkom.
•
Sproet en Sproetjie kom weer verby en gee vir haar ’n pienk noot (R50).
•
Tibbey spreek haar naam Lieen Djôste uit, soos dié van ’n verteenwoordiger uit ’n eksotiese land.
•
Tibbey is omtrent 23 en ’n sokker-entoesias.
•
Haar ma is nou selde nugter, bewe en vermy oogkontak.
•
Lien is beangs dat haar ma probleme by haar werk sal kry oor haar toestand.
24
•
•
Braam slaap al meer oor by Deon-hulle.
Tibet is die wêreld se hoogste streek. Mount Everest is op die grens tussen Tibet en Nepal. Lien lees dit op die
internet.
Summary
•
Lien gives the passengers of a white Volvo she sees at the traffic lights often the following nicknames:
Sproet (Freckles), the driver with red hair, who gives her coins,
Muismondjie (Mouse Mouth), his rather sour-looking wife,
and Sproetjie (Little Freckles), their pert little girl with red ponytails.
•
Tibbey is absent and Roos still ignores Lien. Lien thinks Roos does not like her.
•
Johnny appears on Lien’s corner (his old corner). Roos chases him away and hits him repeatedly with her pink
handbag.
•
Lien is astounded by Roos’s loyalty. After this incident Roos speaks to Lien often and looks after her.
•
Roos’s daughter in the orange Datsun is a prostitute at an agency in the city.
•
Their life scares Lien and she realises she must get away.
•
Sproet and Sproetjie give Lien R50.
•
Tibbey pronounces Lien’s name strangely, as if she is somebody from an exotic land.
•
He is 23 and a soccer enthusiast.
•
Lien’s mum is seldom sober. She trembles and avoids eye contact.
•
Lien is worried about her mum’s job and her condition.
•
Braam sleeps over at Deon’s house more often.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
Hoe laat die snipperige opmerkings van Sproetjie vir Lien voel? (1)
Op watter twee ander plekke werk Tibbey as hy nie bedel nie? (Bl 122 en 124) (2)
Roos dra selfs in hitte ’n langmourok teen ________________________ en haar stywe hare lyk onnatuurlik,
soos ’n ________________________. (2)
Watter swakheid het Johnny? (1)
“Lien weet nie of sy moet lag of huil nie. Maar van toe af is Roos anders.”
Wat het op die hoek gebeur dat Lien sulke gemengde gevoelens gehad het? En hoe was Roos hierna
“anders”?(3)
Roos se antwoord op Lien se vraag oor waarom haar dogter by die agency werk, is: ”Dis geld”. Dit sê eintlik
dat:
a. hulle materialisties is.
b. hulle nood vir geld bo enige iets anders kom.
c. hulle nie omgee oor sedelike waardes nie. (1)
Watter vrees het Lien as sy na Roos kyk en van haar dogter se werk hoor? (2)
Lien se ma is nou meestal gedrink. Hierdie situasie maak dat Lien
a. nie meer omgee wat ander van hulle dink nie.
b. baie hartseer word.
c. baie opstandig voel. (1)
Woordverklarings
genadiglik
motorwag
nugter
onkantreël
oogkontak
sproete
voorstel
mercifully
car watch
sober
offside rule
eye contact
freckles
introduce
25
HOOFSTUK 18: TEE EN KAASKOEK
Opsomming
•
Wouter vra Lien weer oor die matriekafskeid.
•
Christien daag dronk by die skool op om die kinders te kom haal. Lien word yskoud.
•
Wouter help haar agterin haar motor, terwyl die kinders geskok en geamuseerd toekyk.
•
Wouter ry huis toe en hulle sleepdra haar ma na die hysbak, waar Dirkie hulle sien, en tot by haar bed.
•
Lien besef sy sal iets moet doen, maar weet nie wat nie.
•
Dirkie nooi haar per SMS vir tee en kaaskoek.
•
Dirkie bied diskreet hulp aan, dat hy die jong predikant, Gerhard, kan bel.
•
Hy stel ook versigtig ’n kliniek of inrigting voor.
•
Hy sê vir Lien dat hy baie gelowig is.
•
By die pastorie ontvang ’n valerige, swanger Elna die kritiese Lien.
•
Die predikant is modern en informeel geklee. Hy het ook moderne musieksmaak.
•
Lien koester kritiese en siniese gedagtes terwyl sy rondkyk en amper loop.
•
Ds. Gerhard vra uit oor Braam en vertel van die kerkbasaar by die ouetehuis.
•
Lien is verbaas oor hoe hy van haar ’n bondgenoot maak.
•
Sy empatie laat haar trane opwel, maar hy gee haar sensitief regrukkans.
•
Sy vertel dat sy en Braam oornag hul ou, gerieflike lewe moes agterlaat.
•
Haar ma het in hul klein woonstel troos in wyn gevind.
•
Hy vra na ’n vertroueling en sy stel liewer vir tannie Bets voor, as haar suur en outydse oom Frank en die
klaende tannie Poppie.
•
Ds. Gerhard sê slegte goed gebeur dalk om jou sterker te maak om iemand anders eendag te help. En dat hy
glo dat God vir elke mens lief is.
•
Lien se binnekant reageer opstandig; sy luister nie verder nie en dink aan Macbeth.
•
Die videokyker kyk na ’n skaatsplankryery: hoe die donkerkopdogter later alleen skaats, val, en lag. Hy gooi
’n kasset teen die muur, maar is dadelik spyt en verlig dat dit niks makeer nie.
Summary
•
Wouter asks Lien about the matric farewell again.
•
Christien turns up drunk to fetch the children at school. Lien is ashamed.
•
Wouter helps to get Christien into the car while shocked and amused learners look on.
•
Wouter drives them home and they help Christien into the lift and to her bed. Dirkie sees the commotion at the
lift.
•
Lien realises she must do something but she does not know what.
•
Dirkie messages her for tea and cheese cake.
•
He discreetly suggests the involvement of the reverend, Gerhard, as well as perhaps a clinic.
•
Dirkie is a firm Christian.
•
Lien is critical and cynical about the reverend when she visits him at home, but he quickly makes an ally of Lien
by sharing some information about himself.
•
His empathy as well as sensitivity helps Lien to share her problems with him: how she and Braam had to leave
their old, comfortable life overnight for a small flat.
•
Lien declares that their mother has found comfort in wine.
•
Ds. Gerhard asks if Lien has a confidante and Lien mentions tannie Bets, rather than her own family members.
•
The reverend says bad things might happen but they make you stronge so you are able to help someone else
down the line. He believes God loves us all.
•
Lien feels rebellious and she stops listening.
•
The home video shows a dark-haired girl on a skateboard. She is no sooner on the board than she falls down
and laughs. The person watching takes the video cassette and hurls it at the wall, but regrets it immediately.
26
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Wat is Lien se twee voorwaardes vir matriekafskeid toe gaan met Wouter? (2)
Watter EEN moontlikheid is ONWAAR?
Lien is skaam toe haar ma dronk by die skool opdaag en
a. skeef op die sypaadjie parkeer en die motordeur ooplos.
b. sy onvas teen die hekpaal leun.
c. sy struikel en val.
d. haar gesig bloedrooi en haar oë vaag is.
e. sy sleeptong praat. (1)
Kies die korrekte woorde uit die moontlikhede tussen hakies:
(Dirkie, laaste strooi, verleë, geamuseerd, opregtheid, Sally Swanepoel, skaam)
________________________ by die skool laat voel Lien ________________________ oor haar dronk ma
deurdat sy ________________________ toekyk. Lien dink dis die ________________________. By die
hysbak sien ________________________ ook die situasie en hy kry diskreet koers. Lien voel weer
________________________ Dirkie se gesprek kort hierna met Lien toon sy ________________________(7)
Lien se beswaar teen ds. Gerhard, of Kuifie, is dat hy te jonk en (oningelig/onervare) is. (1)
Lien reageer krities in haar gedagtes oor die predikant se klomp boeke. Sy verwag (sinies/satiries) dat hy ander
daarmee wil beïndruk. (1)
Deur vir Lien uit te vra en dinge met haar te deel, skep die predikant ________________________ sodat sy
makliker oor haar probleme kan praat. (1)
As Lien vertel wat hulle alles verloor het , soos die swembad en die honde, besef die leser dat dit wel Lien en
Braam se vorige lewe in die ________________________ is wat gewys word. (1)
Dink jy dis ’n sensitiewe predikant? Voer een bewys daarvoor aan. (Daar is drie.) (1)
Lien bedoel met “pienk” in “Jy preek en dis pienk!” dat dit (oorvereenvoudig/onaanvaarbaar) is. (1)
Watter emosie laat die videokyker die video teen die muur slinger? (1)
Hoe voel hy werklik oor die video’s? (1)
Wie sou jy sê is die videokyker? (1)
Woordverklarings
bondgenoot
ferm
ingenome
huiwerig
koppe bymekaarsit
sleeptong
strooi (die laaste strooi)
verspot
weerskante
ally
firmly
pleased
hesitantly
put their heads together
slurred speech
that does it!
ridiculous
on either side
HOOFSTUK 19: BAIE STERKER AS CAMEL FILTERS
Opsomming
•
Lien is selfbewus by die skool na die insident die vorige dag, maar niemand toon reaksie nie.
•
Sy kry vir Sally Swanepoel in die kleedkamer, sigaret in die hand, en verwag die ergste.
•
Sally erken onverwags dat haar eie pa ook baie drink, en soms sterk goed rook.
•
“Dis nie óns skuld nie,” sê Sally. Sy kyk Lien vas in die oë en stap trots weg.
•
Tannie Bets laat weet Lien-hulle moet daar kom eet na skool.
•
Kuifie wag in die sitkamer en sê hul ma is vir so drie tot vier weke in ’n kliniek opgeneem.
•
Tannie Bets gaan vir hulle sorg.
•
Hulle ma mag die eerste ruk nie besoekers of oproepe ontvang nie.
27
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Tibbey sê ook mense sal weet dis nie haar skuld nie. Dit sal verbygaan.
Dis stil by die woonstel, want Braam is byna nooit daar nie.
Tannie Bets sê later dit gaan orraait met haar ma.
Toe tannie Bets nog later vir Lien-hulle saamnooi kliniek toe, het Lien verskonings, want sy sien nie kans nie.
Tydens ’n repetisiebreek gesels sy met Hein. Sy pa wil hê hy moet prokureur word, omdat hyself nie gestudeer
het nie.
Hein wil eerder bou of goed met sy hande maak.
Miemie Spies se pa is Kaïro toe en sy nooi vir Lien om die naweek by haar te kuier.
Lien het eers verskonings, maar Miemie sê sy moet daaroor slaap.
Lien droom van haar tweelingmaats, Su-Marie en San-Marie, agter ’n glasafskorting in hulle binnenshuise
swembad. Sy het nie die moed om hulle te bel nie.
Summary
•
Lien is self-conscious at school, but no one refers to the incident of the day before.
•
She meets Sally, cigarette in hand, in the rest room. Lien expects the worst.
•
Sally unexpectedly acknowledges that her dad is an alcoholic too and that he sometimes smokes heavy stuff.
•
“It is not our fault,” Sally says, looking into Lien’s eyes before strutting off.
•
Tannie Bets tells Lien and Braam to have lunch with her after school.
•
Ds. Gerhard/Kuifie waits for them and tells them their mum has been admitted to a clinic where she will be
treated for three to four weeks.
•
Tannie Bets will look after them.
•
Patients are not allowed phone calls or visits at the start of the treatment.
•
Tibbey says it will pass and people will know it is not her fault.
•
A few days pass and tannie Bets invites Lien to visit her mum in the clinic, but Lien has excuses.
•
During a repetition break, Lien chats with Hein. His father wants him to become an attorney, but Hein prefers
to build and make things with his hands.
•
Miemie invites Lien home for the weekend.
•
Lien dreams about her old friends, the twins Su-Marie and San-Marie, behind the glass partition of their indoor
swimming pool. She does not have the courage to call them.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Lien het verwag dat Sally haar sou (verkleineer/klap/boelie), maar toe wys sy dat sy (simpatie/empatie) het met
Lien, omdat haar eie pa ook drink. (2)
Die titel van die hoofstuk, “Baie sterker as Camel Filters” dui op
a. Lukas, die skool se tuinier
b. Sally Swanepoel
c. Sally se pa
d. Deon, Braam se maat. (1)
Sally se woorde “Dis nie ons skuld nie” en haar houding kommunikeer aan Lien dat sy nie skaam hoef te wees
oor haar ma se drankprobleem nie, maar steeds met ________________________ kan voortgaan. (1)
Hoe het Kuifie haar ma sover gekry om vir behandeling te gaan? (1)
Tibbey (voel jammer vir Lien/voel nie jammer vir Lien) oor die verleentheid van ’n dronk ma by die skool (nie).(1)
Lien voel nie beter nie, al sê almal vir haar dis nie haar skuld nie. Dit is oor haar groot sin vir
________________________ dat sy so voel. (1)
Waarom skram Lien weg toe sy vir haar ma in die kliniek kon gaan kuier? (2)
Dink jy dis reg dat ouers hul drome deur hul kinders probeer waarmaak, soos Hein se pa? Motiveer. (1)
Wat bedoel Lien met die metafoor dat haar ma “al vir twee jaar op Pluto” is? (1)
Wat dink jy van Lien se wit leuentjie, dat haar ma “bietjie weg is” en dat sy na haar broer moet kyk, as Miemie
haar vir die naweek nooi? (2)
28
Woordverklarings
afskorting
behandeling
kriewelrig
neurie
divider
therapy
uncomfortable/unable to sit quietly
hum
HOOFSTUK 20: NUWE MENSE RELAX NOU HIER
Opsomming
•
Lien klim verlig op die bus met hul ou woonbuurt se naam nadat sy by die kaartjieskantoorman op Kerkplein
navraag gedoen het.
•
Mettertyd begin sy die omgewing herken: hulle ou sentrum, kliniek, laerskool, biblioteek, die bakkery, die
slaghuis.
•
Sy onthou die snoek en die snoeksousie waarmee “hy” altyd gaste beïndruk het.
•
Daar het geboue en huise bygekom.
•
Daar klim ’n groepie skoolkinders in die bekende skooldrag op en Lien dink sy herken een van die meisies,
maar haar pruik en uitrusting beskerm gelukkig haar eie anonimiteit.
•
Sy voel jaloers en sinies en klim naby hulle ou huis af.
•
Sy kyk na die blonde Nina Groenewald se huis en skrik toe sy haar in die tuin sien.
•
Sy bekyk hulle ou huis van oorkant die straat.
•
Die wit muur om die huis is nou skelpienk en daar is ’n nuwe posbus.
•
Sy wens sy kan ingaan en wonder oor die ou bure, die Blakes en Smitte.
•
’n Vrou en seun ry uit in ’n groot wit BMW en Lien sien ’n glimp van die erf.
•
Sy lui die klokkie by die hek en maak of sy iets kom aflewer.
•
’n Vrou in ’n uniform loer deur die luik en Lien sien ’n groter stuk van die tuin.
•
Lien se versoek om die toilet te gebruik word geweier en die luik toegemaak.
•
Sy skree, na aan trane, en besef sy hoort nie meer hier nie.
Summary
•
Lien takes a bus to their old suburb and she recognises the buildings they pass.
•
School children wearing her old school’s uniform get on the bus and Lien thinks she recognises one of the girls.
•
Lien’s wig and glasses protect her identity.
•
She feels jealous and cynical and gets off the bus near their old house.
•
Lien remembers the blonde Nina Groenewald’s house and gets a fright when she sees Nina in the garden.
•
Lien looks at their old house from across the street.
•
The white wall around the house is now shocking pink and there is a new post box.
•
She wishes she could go inside and she wonders whether the neighbours still live there.
•
A woman and boy leave the premises in a big white BMW and Lien catches a glimpse of the garden when the
gate slides open.
•
Lien rings the bell at the gate as if she has something to deliver.
•
A woman in uniform peeps through the hatch and Lien sees more of the garden.
•
Lien’s request to use the toilet is refused and the hatch is closed.
•
She cries out, almost in tears, and realises she does not belong there any more.
Vrae
1.
2.
Lien gaan kyk na hulle ou huis omdat (sy soms voel dat sy haar dié lewe verbeel het/ sy wou gaan afskeid neem
van die huis.) (1)
Waarmee bring jy haar herinnering aan iemand, ’n “hy”(met ’n braaitang in die hand, besig om sy gaste met die
snoeksousie te beïndruk) in verband? (2)
29
3.
4.
5.
6.
As Lien die skoolkinders in die bekende skooldrag hoor lag en gesels, ervaar sy sterk emosies. Skryf die DRIE
WOORDE uit die volgende lysie neer wat haar gevoel die beste beskryf: hartseer, jaloers, keelvol, vies,
verontwaardig, kwaad (3)
Lien sien verskeie bekende dinge uit haar ou lewe, en ’n paar dinge wat verander het, met hierdie besoek.
Klassifiseer die woorde hieronder in twee groepe, “Bekend” en “Anders”: Pienk muur, posbus, voordeur, wit
rose, swembad, tuinmeubels, groen gras, jakarandaboom (8)
Waarom maak mense “hier rond” nie sommer vir vreemdelinge oop nie? (2)
Die deure is teen die hoofstukeinde vir Lien gesluit, die hekke gegrendel. Wat besef Lien hier? En hoe voel sy
daaroor? (2)
Woordverklarings
aanwysings
fluister gedemp
grendel
ongestoord
onophoudelik
directions
to whisper softly
lock
uninterrupted
non-stop
HOOFSTUK 21: SJERRIE VIR DIE KOUE
Opsomming
•
Na die besoek aan hul ou huis klim Lien voor die sentrum van die bus af om te gaan verklee.
•
Sy gaan koop kos en veroorloof haar ’n bietjie meer as gewoonlik.
•
Sy ry deesdae van en na die repetisies saam met Miemie-hulle.
•
Sy reën sopnat in ’n storm wat losbars toe sy die sentrum verlaat.
•
’n Motor hou stil en iemand skree dat sy moet inklim. Dis Hein en sy ouers.
•
Sy ma is ’n kort, ronde, vriendelike tannie wat aaneen babbel.
•
Sy pa lyk soos Hein, met ’n kort, dik nek, blonde krulhare en groot neus.
•
Hulle is doodnormale mense.
•
Lien sê vir Miemie sy sal die naweek kom kuier, want Braam gaan na Deon toe.
•
Braam sê hul ma het gebel en kom dalk die einde van die week huis toe.
•
Tibbey is reg, dis beter op straat in die winter, maar Roos bly koud kry.
•
Lien is vir Roos se onthalwe bly toe dit lente raak.
Summary
•
After the visit to their old house, Lien gets off at the shopping centre to change into her own clothes.
•
She buys groceries and allows herself to spend a little bit more than usual.
•
She is caught in a rain storm as she leaves the centre and ends up soaking wet.
•
A car stops and someone shouts at her to get in. It is Hein and his parents.
•
His mum is a friendly, short, plump woman who chats non-stop.
•
His father resembles Hein, with his short neck, curly blonde hair and prominent nose.
•
They are ordinary people.
•
Lien accepts Miemie’s invitation for the weekend. Braam is going to Deon’s again.
•
Braam tells Lien their mother called and is likely to come home at the end of the week.
•
It is better on the streets during winter time, but Roos struggles with the cold. Lien is thankful when the season
turns to spring.
Vrae
1.
2.
3.
Lien maak meer geld omdat (sy makliker vra/mense haar al begin herken/haar plakkate beter is). (1)
Watter gesin laai vir Lien, druipnat van ’n skielike reënstorm net buite die sentrum, op? (1)
Hoe verskil Hein se ouers van die ander ouers van die skool van wie Lien weet? (1)
30
4.
5.
Watter nuus het Braam tuis, nadat hy ’n telefoonoproep gehad het? Wie het gebel? Hoe voel Lien daaroor? (3)
Waar of onwaar? : “Roos drink glad nie.” Motiveer waarom jy so sê. (2)
Woordverklarings
vermoed
verorber
suspect
to polish off/consume
HOOFSTUK 22: IETSIE MET CHOCOLATE VIR POEDING
Opsomming
•
Joe kom haal vir Lien vir die naweek by Miemie in hul huis teen die berg.
•
Miemie-hulle se reusetuin het golwende grasperke en ’n blou-blou swembad met beeldhouwerke daarom.
•
Miemie se wit hondjie, Patsy, is haar “sielsgenoot”.
•
Hulle gaan op met ’n groot marmertrap, verby yslike abstrakte skilderye, na Miemie se luukse slaapkamer met
haar eie elektroniese toestelle.
•
By Roberta, die goed opgeleide sjef, bestel Miemie sushi, hoender en sjokoladenagereg.
•
Miemie se rooikopma sit met mineraalwater en kyk na TV-kosdemonstrasies.
•
Sy is vriendelik, maar die meisies sien haar min; hulle eet net saam by die tafel.
•
Die meisies ontspan langs die swembad en geniet Roberta se vreemde smake en geure in die volop eetgoed en
drinkgoed.
•
Hulle kyk DVD-flieks en gesels tot die oggendure in Miemie se groot bed.
•
Miemie vertel van haar weird pa en sy modelvliegtuigies.
•
Lien vertel van haar ma en die kliniek.
•
Lien voel soos ’n celeb . Sy is weg van haar probleme.
Summary
•
Miemie’s parents’ house, garden and swimming pool are luxurious and Roberta is the chef.
•
Patsy is Miemie’s white dog, her “soul mate”.
•
Miemie’s mum sits in a chair all day, drinking mineral water and watching food shows on TV.
•
She is friendly, but the only contact with her is at the dinner table.
•
The girls relax in the pool and enjoy Roberta’s plentiful snacks and drinks.
•
They watch DVD movies and chat until the early hours in Miemie’s huge bed.
•
Miemie tells Lien about her weird father and his model aeroplanes.
•
Lien tells Miemie about her mum in the clinic.
•
Lien feels like a celeb. She escapes her many problems for a few days.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
Watter twee dinge by Miemie-hulle moes vir Lien aan hul ou huis laat dink het? (Daar is vier.) (2)
Die oorvloed van koskeuses laat vir Lien (verwonderd en beïndruk/ongemaklik en verleë). (1)
Kies die korrekte moontlikheid uit die onderstaande lys opsigte waarin Miemie se ma ooreenstem met
(dieselfde is as) Lien se ma.
a. Albei is aantreklike, vriendelike mense wat hulleself bietjie verwaarloos.
b. Albei is geleerd, baie geïnteresseerd in een belangstelling, maar is onbetrokke by hul kinders.
c. Albei voel alleen en het ’n drankprobleem. (1)
Wat het gebeur dat Lien die vrymoedigheid het om vir Miemie van haar ma se probleem en die kliniek te
vertel? Kies die beste een uit die onderstaande moontlikhede:
a. Lien voel tydens die naweekkuier Miemie hou van haar en sal verstaan.
b. Lien soek nog heeltyd iemand wat na haar sal luister en vind dit by Miemie.
c. Die saamkuiery het vertroue geskep waarbinne hul albei oor hulle probleme kon praat. (1)
Miemie se reaksie op die nuus van Lien se ma wat in ’n rehabilitasiekliniek is, toon (simpatie/opgewonde
geïnteresseerdheid/onbelangstellendheid). (1)
31
Woordverklarings
reusagtig
teëgekom
verveeld
huge/massive/gigantic
to come across
bored
HOOFSTUK 23: DIE WELCOME-HOME-MAMMIE-DING
Opsomming
•
’n Maer en brose Christien is terug uit die kliniek.
•
Sy omhels vir Lien, en sê sy het verlang.
•
Lien voel ongemaklik, druk haar nie regtig terug nie en haas haar na haar “werk”.
•
Sy het nie lus om haar ma welkom te heet nie; sy is te kwaad.
•
Tibbey reken die lewe het haar ouers geklap; Lien moet dit nie ook doen nie.
•
Lien voel ellendig om ’n arm swart motoris se aalmoes te aanvaar.
•
Lien proe wantrouig aan haar ma se koeldrankglas met goue vloeistof en is verlig oor die Appletiser. Sy voel
skuldig toe haar ma haar dit sien doen.
•
Hein vra haar die aand op die pawiljoen vir die matriekafskeid en Lien erken sukkelend dat Wouter haar reeds
gevra het.
•
Tuis sit haar ma en Braam doodnormaal en gesels en hulle wag vir haar vir ete.
•
Lien voel kwaad omdat haar ma haar en Braam die afgelope twee jaar ignoreer, maar sê niks.
•
Aan tafel vat hul ma hulle hande en vra om verskoning dat sy dit so moeilik gemaak het vir hulle.
•
Braam reageer vergewensgesind; maar Lien is steeds ongemaklik en kwaad vir haar ma en haarself.
•
Christien begin eers oor ’n paar dae werk.
•
Lien dink dat hulle gesin nou so oordrewe gaaf met mekaar is dat dit vals is.
•
Binnelandse Sake het geweet waar Christien was en die mediese fonds betaal haar behandeling.
•
Lien en Braam hou hulle ma met ’n valkoog dop vir enige tekens van drankgebruik.
•
Hul ma is baie onseker, asof sy bang is sy doen iets verkeerd.
Summary
•
Christien is back from the clinic, but she is thin and fragile.
•
She gives Lien a hug and says she missed them.
•
Lien is uncomfortable, does not hug back and disappears to “work”.
•
She is too angry to welcome her mum.
•
Tibbey says life has smacked her parents and Lien must not smack them too.
•
Lien feels terrible to accept money from an obviously poor black couple in a car.
•
Lien suspiciously tastes the golden liquid in her mum’s glass and is relieved when she tastes Appletiser. She
feels guilty when her mum sees her do this.
•
Hein asks Lien to accompany him to the matric farewell and she has trouble to explain that Wouter has asked
her already.
•
Lien is annoyed because her mum and Braam sit and chat before supper as if nothing has happened during the
last two years.
•
At the table Christien takes her children’s hands and offers an apology because she has made life so difficult for
them.
•
Braam reacts in a forgiving manner, but Lien stays uneasy and angry at her mum and herself.
•
Christien still has a few days before she starts work again. Her employer knows where she was and the
medical aid has paid for the treatment.
•
Lien thinks their family is too nice to each other. It is fake.
•
Lien and Braam watch an uncertain Christien closely for any signs of alcohol use.
32
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
6.1
6.2
6.3
6.4
6.5
6.6
6.7
6.8
6.9
7.
8.
9.
10.
10.1
10.2
10.3
11.
Waarom is Christien so maer en broos nadat sy teruggekom het van die kliniek af? (Wenk: Lees na oor die
onttrekkingsfase van die rehabilitasie van alkoholiste.) (2)
Waarom is Lien so kwaad dat sy nie opreg vir haar ma welkom gesê kry nie? (2)
“Die lewe het jou mama geklap en die lewe het jou pa geklap, maybe jy moet nie saamklap nie.” Hiermee
bedoel Tibbey dat Lien …
a. dit nie nog moeiliker moet maak vir haar ouers nie.
b. dat Lien hulle nie moet slaan nie.
c. dat Lien nie nou haar eie gevoelens moet wys nie.
d. dat ’n mens nie vir jou ouers kwaad moet wees nie. (1)
Verduidelik waarom Tibbey se raad aan Lien dat haar ma dalk “’n bietjie tender love and care ” kort, goed
is. (2)
Lien antwoord kwaad haar ouers het vir die klappe gevra. Dit wys haar sin vir
a. betroubaarheid.
b. verantwoordelikheid.
c. integriteit. (1)
Die skrywer breek dwarsdeur die verhaal vooroordele af deur mense nie volgens stereotipes te laat optree nie.
Skryf die letter wat pas by die regte nommer neer:
die gay haarkappers ________
A verstaan en spot nie
die predikant ________
B toon ander tipes intelligensie
die ou, arm swart egpaar in die motor ________
C is modieus en opreg
die tert Sally ________
D borg onverwags ’n sportspan
die stil “dom” Hein ________
E is intelligent en mededeelsaam
die deurmekaar juffrou Breytenbach ________
F het opgeruimde lewenswysheid
die weird, onaantreklike Miemie Spies ________
G “glo érg
die swart bedelaar, Tibbey ________
H ontleed vir Lien akkuraat
die gay Dirkie ________
I gee vir Lien ’n muntstuk
(9)
Braam en Lien sukkel albei om hul ma se veranderde drinkgewoontes te glo en haar te
________________________ (1)
Lien voel soos ’n luis om vir Hein te sê dat Wouter haar klaar gevra het. Wat bedoel sy?(1)
Aan tafel vra Christien haar kinders om ________________________ Die rede vir haar probleem is die
gebeure rondom hulle ________________________ (2)
Lien is ook vir haarself kwaad omdat sy
moeilik haar gevoelens deel.
sukkel om haar ma te vergewe.
nie die regte woorde kry nie. (1)
Watter drie dinge rondom hulle ma maak nou die kinders gespanne? (3)
Woordverklarings
duiselig
gehawende
inspanning
steil
uitrafel
verslae
dizzy
dilapidated
effort
steep
to come undone
dismayed
33
HOOFSTUK 24: DIE TOPPIE SONDER BATES
Opsomming
•
Tannie Bets maak kos en Lien maak die deur vir haar vriende, Wouter en Miemie, oop.
•
Miemie se verleidelike swart toppie beklemtoon haar gebrek aan bates.
•
Lien kry ’n CD by Miemie en ’n later-present by Wouter.
•
Braam en Christien is ook by Lien se 18de verjaarsdagete.
•
Tannie Bets bied eers wyn aan, maar besef haar flater en skink vir almal Woolies-sap.
•
Almal gesels en lag en dit word ’n vrolike aand om tannie Bets se eetkamertafel.
•
Miemie trek en vroetel aan haar toppie, wat haar skaaf, en Braam is uit sy kassie.
•
Selfs Christien lag nou en dan ’n regte laggie.
•
Lien lê die aand tevrede in haar bed en kyk na die maan.
•
Norah lewer kommentaar in haar kop.
•
Die videokyker kyk na die twee kinders by ’n vliegtuigverjaarsdagkoek. Die dogtertjie skree oopmond as die
seuntjie sy vinger in die koek druk.
Summary
•
Lien welcomes her friends, Wouter and Miemie. Tannie Bets is cooking for them for Lien’s eighteenth birthday
dinner.
•
Miemie wears a sexy black top which only accentuates her flat chest.
•
She gives Lien a CD and Wouter promises a present.
•
Braam and Christien are also present at Lien’s party.
•
Tannie Bets offers wine at first, but realises her blunder and then serves Woolies juice.
•
There is a cheerful mood around tannie Bets’s dining room table. Even Christien laughs a few times.
•
That evening a contented Lien lies in her bed and looks at the moon.
•
Norah echoes in her mind.
•
The home movie shows two children with an aeroplane birthday cake. The girl cries out when the little boy
sticks his finger into the cake.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
Wat dink Lien gaan Wouter se present wees? En watter CD, raai sy, is dit van Miemie? (2)
Die “gebrek aan bates” vir Miemie se klein borsmaat is ’n voorbeeld van ’n
a. hiperbool
b. antiklimaks
c. eufemisme
d. kontras (1)
Wie se optrede in die situasie, dink jy, is die sosiaal korrekte: tannie Bets wat uiteindelik wegskram van alkohol
en vir almal vrugtesap ingooi, of Lien se ma (die gerehabiliteerde alkoholis) wat sê dis sy wat nie drink nie, die
ander mag maar iets drink? Verduidelik jou standpunt. (2)
Waaroor lê en wonder Lien die aand in die bed? Dink jy sy sal haar naaste mense mis as sy oorsee gaan?
Waarom sê jy so? (2)
Waarom is die skrywer se keuse van die video so gepas na hierdie hoofstuk?
a. Dit is ook ’n verjaarsdagviering.
b. Die kontras met hul kinderverjaarsdae is opvallend.
c. Lien se vermoë om die korrekte ding te doen, word gewys.
d. Al drie bogenoemdes. (1)
34
Woordverklarings
kassie (uit sy kassie)
knertsie maak
koekerig (nogal nie te koekerig nie)
peusel
steunpilaar
tevrede
in high spirits
to have a drink
not too common/not too plain/not too old-fashioned
to nibble
pillar of strength
satisfied
HOOFSTUK 25: HALFPRYS IS HALFPRYS
Opsomming
•
Magriet, met haar armoedige rokke, bedel aan die agterkant van die sentrum.
•
Sy vertel hulle van Spar se halfprys op baked beans en pilchards.
•
Roos is gretig om die winskopie op te raap. Halfprys is halfprys.
•
Lien, en veral Tibbey, volg traag, nie meer lus vir gebakte bone nie.
•
Die drie pak ’n klomp blikkies in hulle mandjies, veral Roos.
•
Lien is eers onseker en sê dis dan gewone pryse, maar Roos reken die kennisgewings is nog net nie opgesit nie.
•
By die kasregister stop Roos die kassier en sê dis halfprys.
•
Roos word kwaad, verwys na hulle pamflet, en laat roep die bestuurder – wat sy toe nie wil glo nie.
•
Roos dring aan op halfprys en die bestuurder swig en laat hulle dit halfprys kry.
•
Buite kry hulle vir Magriet en die pamflet en ontdek dat dit eintlik Checkers se pamflet was.
•
Die Volvo met Sproet en Sproetjie kom elke middag verby.
•
Sproetjie sê sy gaan ’n boetie kry. Sproet gee weer baie geld, wat Lien ongemaklik maak.
Summary
•
Magriet, always clad in very shabby dresses, begs behind the shopping centre.
•
She tells the others about the Spar half price promotion.
•
Especially Roos is eager to get the bargain and she, Lien and Tibbey try to buy baskets full of tinned baked
beans and pilchards for half price. The cashier insists there are no specials on these goods.
•
Roos takes a stand and calls the manager, who eventually relents and lets them buy baked beans and pilchards
for half price.
•
Outside they get hold of Magriet. They realise the promotion is on at Checkers, and not Spar.
•
Lien sees the Volvo with Sproet and Sproetjie every afternoon.
•
Sproetjie is excited about getting a baby brother. Lien is uncomfortable when Sproet again gives her quite a bit
of money.
Vrae
1.
2.
3.
4.
Watter moontlikheid is die beste? Magriet verskil van Lien …
a. in die opsig dat sy regtig brandarm is.
b. in die opsig dat sy nie selfvertroue het nie.
c. in die opsig dat sy nie fyn oplet nie.
d. in al drie genoemde opsigte. (1)
Wie het die hoofstuk se naam, “Halfprys is halfprys”, gesê en wat word daarmee bedoel? (2)
Roos staan op haar regte as ’n verbruiker. Voltooi die bekende uitgangspunt van besighede wat seker ook hier
die bestuurder laat toegee het: Die ___________________________________ is altyd reg. (1)
Na die drie bedelaars uitgevind het van die misverstand en hulle weer agtermekaar wegstap, elkeen met sy
winkelsakkie en handsak, vlag of sportsak, lewer die skrywer kommentaar: “Shopping gedoen.” Hiermee
beklemtoon hy
a. die humor in die situasie.
b. die hartseer in die situasie.
c. die erns in die situasie. (1)
35
5.
Sproetjie praat die heeltyd deur haar pop met Lien. Die skrywer illustreer hiermee die karakter se idee dat
a. rykes beter as die armes is en nie direk met hul praat nie.
b. rykmanskinders maar ongeskik kan wees.
c. ’n rykmanskind kan sê wat sy wil. (1)
Woordverklarings
beduie
boos
glips
ongeduldig
steun
to point out/indicate
furious
a minor mistake
impatient
groan
HOOFSTUK 26: CHEERS OP BINNELANDSE SAKE
Opsomming
•
Lien word stadig Weird Maria en wonder ook, soos sy, oor die betekenis van dinge.
•
Sy kom tuis en tref haar ma weer aan die wyn drink uit ’n koffiebeker aan.
•
Christien giggel dat sy nie meer by Binnelandse Sake werk nie.
•
Lien wil gil en skree en huil. Sy pluk die yskas en kaste oop en kry die weggesteekte wyn.
•
Sy sê “Welkom terug” vir haar ma, en skink vir haarself ’n groot koeldrankglas vol wyn en slaan alles met ’n
toegedrukte neus weg. Op Binnelandse Sake se gesondheid!
•
Sy gooi alles dadelik in die toiletbak op.
•
Norah sing in Lien se kop van die stokkiesboot wat wegdryf terwyl die kaptein te trots is om te erken dat hy
die roeispaan verloor het.
•
Toe Braam tuiskom, is sy ma al goed gekletter (besope) en hik sy en lag sy sommer oor sy groot voete.
•
Lien voel die volgende oggend asof sy nie meer omgee nie.
•
Sy kan al vir ’n kaartjie Londen toe betaal en reken dis nou elkeen vir homself.
•
Lien en Braam kan net raai wat by hul ma se werk gebeur het.
•
Vir twee weke kuier Christien met die bokswyn en Paganini, toe is daar niks oor nie.
Paganini , ’n Italianer, was een van die heel grootste vioolvirtuose van alle tye.
Hy het ingewikkelde komposisies geskryf en briljante uitvoerings gelewer. Hy het baie geld met konserte
gemaak, maar ook baie verloor met losbandighede en dobbel. Hy het selfs sy viool verpand. Hy het tot ’n
duur Guarnerius-viool by ’n ryk Franse handelaar geleen omsy verpligtinge na te kom– ’n viool wat hy
geweier het omterug te gee, en wat vandag nog in Genoa te sien is.
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Lien versorg weer die gesin uit haar straatgeld en Braam bly meestal by Deon en ander maats oor.
Haar ma drink steeds, met ’n dolleë beursie en rekening. Lien het met die PIN-nommer gaan kontroleer.
Lien sal die huur ook moet betaal, wat meeste van haar geld sal opslurp.
Die rol van Weid Maria word ’n uitvlug, ’n verlossing.
’n Maand na haar ma uit die kliniek gekom het, ontbied tannie Bets Lien dringend van haar bedelhoek.
Kuifie is ook by tannie Bets en hulle vertel verleë dat Christien vir winkeldiefstal van wyn by Pick n Pay
voorgekeer is.
Kuifie/Ds. Gerhard het Christien klaar terug in die kliniek bespreek.
Die kinders wil nie by oom Frank en tannie Poppie gaan bly, soos tannie Bets voorstel, nie.
Lien sê sy het genoeg spaargeld vir huur en alles.
Uiteindelik kom hulle ooreen dat tannie Bets aandetes en skoolbrood sal verskaf en hulle wasgoed sal doen.
Lien verwonder haar aan almal se ongemak en verleentheid.
Kuifie sal gaan hoor van moontlike pensioen van Christien by Binnelandse Sake.
Lien is woedend en kan net aan ver weggaan dink. Sy beplan om in skooltyd ook te gaan bedel.
36
Summary
•
Lien slowly becomes Weird Maria, and like her, thinks about the meaning of things.
•
Lien comes home and finds her mother drinking wine from a coffee mug.
•
Christien giggles and says that she does not work at Home Affairs any more.
•
Lien is livid and wants to cry. She starts to search all the cupboards for the hidden wine.
•
With a sarcastic “Welcome back” to her mum, Lien proceeds to down a glass of wine “on Home Affairs” –
and then immediately throws up in the toilet.
•
When Braam comes home their mum is plastered.
•
The next morning Lien feels she simply does not care anymore. From now on, it is every man for himself.
•
Lien and Braam can only guess at what happened at Home Affairs.
•
A month after Christien’s release from the clinic, tannie Bets and Kuifie call Lien with the news that Christien
was caught shoplifting at Pick n Pay. They tell Lien they’ve taken her back to the clinic.
•
Lien says she has enough money for rent. She and Braam will stay on in the flat. Tannie Bets will provide dinner
and sandwiches for school and do their washing.
•
Lien is astonished by everyone’s embarrassment.
•
She is angry and wants to go away, far away. She plans to start begging during school hours too.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Watter ooreenkoms is daar tussen Lien en haar karakter, Weird Maria? (1)
Haar ma se terugval na drank en die nuus dat sy nie meer ’n _____________ het nie, laat Lien haar haar
_____________ verloor. “Welkom terug,” sê sy _____________ vir haar ma en drink ’n heildronk op
Binnelandse Sake, deur ’n koeldrankglas _____________ weg te sluk en daarna ____________ te word. (5)
Die Norah-lied van die stokkiesboot wat wegdryf terwyl die kaptein te trots is om te erken dat hy die
roeispaan verloor het, is ’n (personifikasie/vergelyking/metafoor) vir hulle huislike situsie waar Christien weer
voor drank geswig het en beheer verloor het. (1)
hiermee opsy skuif? (1)
Daar is ’n ooreenkoms tussen die komponis en musikus, Paganini, se persoonlike geskiedenis en dit wat nou
met Christien gebeur, naamlik
a. die verlies van dinge as gevolg van verkeerde keuses.
b. die noodlot wat jou tref. (1)
Lewer kommentaar op Lien se gebruik van haar ma se PIN-rekeningnommer om in haar rekening te gaan loer
of daar geld is. Dink jy dis reg om so inbreuk in haar privaatheid te maak? Sê waarom jy so sê. (3)
Dolly Boesem is Dolly Parton, (’n country-sangeres met ’n groot borsmaat/’n bekende Idols-sangeres/’n
welbekende operasangeres) na wie tannie Bets luister. (1)
Tannie Bets noem die winkeldiefstal “net ’n ongeluk”, “maar net ’n ou boksie wyn, seker nie eers R30 werd
nie.” Dit is ’n voorbeeld van (metonimia/inversie/eufemisme). (1)
Hoekom is Christien nie in hegtenis geneem nie? (1)
Behalwe die woonstelhuur en kos is daar nog rekeninge wat Lien pla, maar waarvan sy niks vir Kuifie of tannie
Bets sê nie. Wat is dit? (1)
Lien wens Tibbey kon vir die verleë Kuifie en tannie Bets iets oor hul ongemak oor Christien sê: dat dit nie die
mense om die alkoholis se ____________ is nie. (1)
Watter gebeure spoor Lien aan om ook in skooltyd te gaan bedel? (2)
Woordverklarings
aarsel
bestemmings
brieke
dolleeg
hemelruim
hesitate
destinations
brakes
completely empty
sky/celestial space
37
stasie (op ’n stasie)
suiplappe
drunk
boozers
HOOFSTUK 27: DIE TOWN CLOWN
Opsomming
•
Christiaan, die klasleier, is gekies volgens die demokratiese stemstelsel.
•
Hy moet Vrydae die doktersbriewe en sulke goed indien.
•
Mnr. Moller, die voogonderwyser, se kop is by sy eerste rugbyspan wat ’n belangrike wedstryd speel.
•
Die situasie is nou tot Lien se voordeel. Sy wil probeer afwesig wees sonder dat dit aandag trek.
•
Lien gaan tik voor skool kamma afwesigheidsbriewe namens haar ma. Lien gaan soms soggens met ’n
“beseerde nek na fisio-afsprake”. Lien krap ook ’n vae “C. Jooste” onderaan.
•
Lien droom nie meer van onderskeidings nie en wil net deurkom, omdat dit nie vir oorsee gaan saakmaak nie.
•
Sy besluit om eers die afwesigheidsbrief vir Christiaan te gee as hy vra.
•
Vir Wouter sê Lien sy gaan vroegoggend in die bib werk, hy moenie vir haar wag nie.
•
Die eerste Dinsdagoggend op straat voel sy selfbewus, ongeag haar swaarder grimering.
•
Dis ’n lang, warm dag waarin sy naar, natgesweet, en stokflou voel en sy weet nie hoe hou Roos en Tibbey dit
elke dag nie.
•
Sy maak egter meer as dubbeld soveel as in die middae. Die R10 000 mikpunt lyk moontlik vorentoe, al sal sy
ook die woonstelhuur moet betaal. Dalk sal haar ma se pensioengeld vir die R20 000 in haar rekening kan
instaan.
•
Eers bly sy net Dinsdae en Donderdae uit die skool en niemand sê iets nie.
•
Teen week drie vra Christiaan haar daarna en sy wys die brief, maar hy sê dit moet ’n doktersbrief wees.
•
Lien sê haar dokter is ’n paar weke in Pole. Christiaan vra vir ’n brief van die fisio’s en Lien vra-skree kwaad
of hy dink sy lieg.
•
Verbouereerd gee Christiaan in en sê hy sal vir ou Moller sê dat dit ’n doktersbrief is.
Summary
•
Christiaan, the scatter-brained class leader, is in charge of the absentees.
•
Mr Moller, their class teacher, is pre-occupied with the upcoming first team rugby game.
•
Lien tries to be absent without drawing attention to herself.
•
Lien types letters to explain her absence in the name of her mother. She sees “a physio” for her “neck injury”.
•
Lien does not dream about distinctions any more, she just wants to pass.
•
Lien feels self-conscious on the street the first morning during school hours.
•
It is a very long, hot and tiring day, but she makes double the money of the afternoons.
•
R10 000 seem possible, in spite of having to pay rent too.
•
At first she only stays out of school on Tuesdays and Thursdays.
•
After the third week she is asked to show her absentee letter, but Christiaan demands a doctor’s letter. Lien
reacts so aggressively that he eventually backs off and says he will lie to Mr Moller on Lien’s behalf.
Vrae
1.
Blitsvasvra of blitshersiening: Hier is elke keer net een van vyf antwoorde moontlik. Skryf die korrekte
karakter se naam uit die lysie langsaan by elke leidraad neer:
1.1
town clown
Lien
1.2
village idiot
Mnr. Moller
1.3
die paspoort na vryheid
Mnr. Visagie
1.4
voogonderwyser
Wouter
1.5
kaptein van die skip
Christiaan
38
1.6
afrigter van die eerste rugbyspan
1.7
sluit die biblioteek oop
1.8
beïndruk met Lien se leesgierigheid
1.9
vervals afwesigheidsbrief
1.10 laat vaar onderskeidingsdroom
1.11 glo die vroegoggend-biblioteekwerk-verskoning
1.12 konfronteer Lien oor haar afwesigheid
1.13 gereed met ’n leuen oor dokter in Pole
1.14 geforseerd bereid omte jok om Lien te beskerm
1.15 word bedrieg met vervalste afwesigheidsbrief
1.16 kwaad omdat hy/sy in ’n hoek is
(16)
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
Die vertellerstem dink dat Christiaan se verkiesing as klasleier
a. goeie demokrasie is
b. die leemtes van demokrasie illustreer
c. ’n reusegrap is. (1)
Is die volgende stelling ’n feit of ’n mening? Christiaan is ’n onbetroubare klasleier, want Lien vermoed sy
rapportering oor doktersbriewe is nie vreeslik presies nie. (1)
Maak ’n lys van vier leuens/oneerlike dinge wat Lien in hierdie hoofstuk vertel en doen. (Daar is sewe.) (4)
Watter DRIE moontlikhede verwoord op hierdie tydstip haar primêre gevoel? Terwyl Lien hierdie oneerlike
dinge sê en doen, voel sy
a. niemand gaan weet nie
b. sy het nie ’n keuse nie
c. sy gee eintlik nie meer om nie
d. sy gaan oor vier maande weg wees
e. tog selfbewus (terwyl sy bedel)
f. skuldig toe sy weer skool toe stap
g. ook selfvertroue (toe sy vir Christiaan in die oë kyk)
h. woedend en skree toe sy in ’n hoek is. (Christiaan) (3)
Hoe regverdig Lien dit vir haarself om die afwesigheidsbrief te vervals? (1)
Lien beplan om die agterstallige skoolwerk by (Miemie/Wouter) te kry. (1)
Watter drie probleme put Lien uit toe sy heeldag bedel? (3)
Waarom voel Lien vrymoedig om behalwe Dinsdae en Donderdae, ook Woensdae weg te bly van die skool?(1)
Die tipiese gevolg van leuens is : Een leuen lei tot ’n (1)
Wat dink jy van Lien se leuens? (2)
Woordverklarings
aanvanklik
onderskeidings
stokflou
verbouereerd
voogonderwyser
initially
distinctions
exhausted
bewildered/perplexed
register teacher
HOOFSTUK 28: SOMETHING FOR THE POOR, MY KONING
Opsomming
•
Tibbey is op sy stukke tussen die karre en die mense gee graag vir hom.
•
Lien is op pad Spar toe vir hoofpynpille.
•
Tibbey roep nog “Something for the poor, my koning”, toe is daar ’n dowwe slag, skreeuende remme en ’n
oomblik se doodse stilte.
39
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
’n Vrou gil histeries en mense koek om iets op die grond.
Lien sien Tibbey se bord, Homeless and parentless, eenkant.
Tibbey is roerloos, sy swart gesig is blouerig en daar is ’n bloedplas onder sy bene.
’n Vrou met kort, donker hare neem beheer en ontbied ’n ambulans en ’n man sny Tibbey se broekspype oop.
Sy bene is ’n gemors. Die man probeer die bloed met ’n handdoek stop.
Die vrou sê hy het baie sleg seergekry.
Lien kry kouekoors as ’n skokreaksie. Tibbey se pet en vlag is weg.
Die ambulans vertrek met Tibbey.
Die swarthaarvrou, ’n dokter, gee vir die bewende Lien ’n kalmeerpilletjie.
Sproet stop by Lien, sê sy moet inklim, stel homself as Gordon voor en stel simpatiek voor dat hulle die bloed
op haar rok en hande gaan skoonmaak voor hy haar huis toe neem.
Gordon het by ander mense gehoor dat Tibbey voor ’n kar ingeloop het, deur die lug getrek het, en dat ’n
afleweringstrok oor sy bene gery het.
Sproet stop by ’n gebou en neem die huiwerige Lien met die hysbak na die vyfde vloer.
Hy vra hoe lank sy al doen wat sy doen, en Lien sê ontwykend hulle het die ekstra inkomste nodig.
Lien weier die paar blou note wat hy haar gee en hy druk dit in haar rooi sak.
In die luukse woonstel beduie hy haar na die badkamer waar sy die ergste bloed afwas terwyl hy gaan koffie
maak.
Lien sien Sproetjie se kamer vol teddies en speelgoed en vra na die vrou en dogtertjie, wat blykbaar in
Menlyn is.
Lien hoor en voel vir Gordon naby agter haar, en hy streel oor haar nek.
Lien ruk los en sit sy note op die koffietafel neer, en loop koud geskrik teen die trappe af.
Sy klim blind in ’n taxi en wonder of sy dan só (soos ’n prostituut) lyk.
Sy herken later haar omgewing en op pad na Kerkplein loop sy by ’n klein kerkie in. Sy wonder geskok of sy
dit dalk vir geld sou doen (prostitusie sou oorweeg).
’n Stokou non begin die orrel bespeel en drie woelige seuntjies sing soos engele “Panis Angelicus”, een van
Christien se gunstelinge as sy al goed gedrink is.
Lien huil, al weet sy nie hoekom nie, want sy haat die song .
Verryking: Panis Angelicus
Dit is ’n deel uit “Sacris Solemniis”, geskryf deur Sint Thomas Aquinas en is die Latyn vir “Bread of Angels”.
Een vertaling is te vinde by: http://www.chantcd.com/lyrics/bread_of_angels.htm ’n Uittreksel lui as volg:
The bread of heaven
puts an end to all symbols: A thing wonderful!
The Lord becomes our food: poor, a servant and humble.
Die hoofstuknaam“Something for the poor, my koning”, Tibbey se bedelroep, en hierdie lied lewer ironiese
kommentaar op mekaar. In die Christelike tradisie word die hemelse Koning gelowiges se nagmaalbrood (Hy gee sy
liggaam), Hy word dus nederig en arm, ’n dienskneg. In Tibbey se bedelroep vra ’n arm mens geld vir kos by ander –
dalk gelowiges? – deur hulle nederig as “my koning” aan te spreek.
Summary
•
Tibbey is in great form amongst the cars and the motorists like to give him money.
•
A woman yells hysterically, people crowd around something on the ground. Lien sees Tibbey’s poster lying to
one side: Homeless and parentless .
•
Tibbey does not move. He has a blueish colour and there is blood under his legs.
•
A woman identifies herself as a doctor and calls an ambulance. She says Tibbey is injured severely.
•
The ambulance departs and Lien has cold shivers, so the doctor gives Lien a sedative.
•
Sproet stops, introduces himself as Gordon, and sympathetically offers to take her home – after she has
cleaned the blood from her hands and dress.
40
•
•
•
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
13.
14.
15.
16.
17.
18.
19.
19.1
19.2
19.3
Somebody has told him Tibbey was hit by a car and that a delivery truck drove over his legs.
Sproet takes Lien to his family’s flat. Lien refuses the several blue notes he offers her. He then puts them into
her red bag.
Lien washes the blood off her hands and dress while Gordon makes coffee.
She suddenly feels uncomfortable, because Gordon fondles her neck and he is standing too close behind her –
clearly with other intentions.
Lien breaks free, puts his money on the table and descends the stairs, shocked.
Down the road she walks into a small church and starts to cry when three small boys sing “Panis Angelicus”, a
favourite of Christien’s when she is drunk.
Lien is shocked by the thought that she might consider prostitution.
Wat doen Tibbey alles dat die motoriste hom so ondersteun? (3)
Wat is die laaste kwinkslag waarmee hy voor die ongeluk gebedel het? (1)
Hoe het Lien gevoel toe sy Tibbey se plakkaat eenkant sien lê het? (1)
Tibbey se ras word hier die eerste keer genoem – waarom is dit goed dat dit nie voorheen genoem is nie? (1)
Tibbey se bene is ________________ in die ongeluk. (1)
Lien soek Tibbey se ________________ en ________________ terwyl sy lewe in gevaar is, omdat sy hom
nie eintlik kán help nie en omdat hy die goed nodig het om te bedel. (2)
Lien ruk en bewe so omdat sy (koud kry/sy maer is/geskok is). (2)
Wat help dat Lien oor die skok kom? (1)
Dink jy ’n mens behoort op ’n ongelukstoneel aan bloed te vat? Verduidelik. (2)
Lien klim by Sproet/Gordon in
a. omdat sy dankbaar is om ’n bekende te sien.
b. omdat sy lammerig voel van die dokter se pilletjie.
c. omdat sy nog geskok is oor die gebeure.
d. al drie bogenoemde redes. (1)
Dink jy Lien moes versigtig gewees het om by Sproet in te klim? Waarom? (2)
Hoe het Tibbey se ongeluk gebeur? (2)
Waar of onwaar: Daar is nie ’n hospitaal naby nie. (1)
Lien antwoord ontwykend in die hysbak. Wat het Sproet/Gordon haar gevra? (2)
Lien weier die blou note wat Sproet vir haar gee, omdat
a. sy verleë voel in hierdie situasie.
b. sy ’n ander plan het.
c. sy bang is Muismondjie daag daar op. (1)
Sproet se omhelsing en streling van haar nek het vir Lien laat besef dat Sproet dink sy is ’n
__________________________________ (1)
Hoe beoordeel jy Lien se optrede na die voorval met Sproet? Het sy die situasie goed of sleg hanteer?
Motiveer. (3)
Watter skokkende gedagte spook in die kerkie by Lien? (2)
Lien huil in die kerkie as die seuns “Panus Angelicus” saam met die orrel sing.
Aan watter negatiewe ding in haar lewe laat die musiek haar dink? (1)
Verskillende dinge dra nou tot Lien se spanning by: Haar ma het weer begin
________________ Lien bedel nou in ________________ Tibbey het waarskynlik sy ________________
verloor. Gordon sien haar vir ’n ________________ aan. (4)
Lien huil in die kerkie, want
A. alles raak net emosioneel te veel vir haar.
B. sy voel kwaad oor die musiek.
C. sy is vies vir Gordon/Sproet. (1)
41
Woordverklarings
draagbaar
ontwykend
skrik (hoofpyn wat skrik vir niks)
speld (soos ’n groot speld verdwyn)
standbeeld
streel
stretcher
vague
severe/heavy headache
slipped away/disappeared
statue
caress/to stroke
HOOFSTUK 29: WAT IS SY VAN NOU WEER?
Opsomming
•
Lien kom amper donker by hulle woonstel en kry vir Dirkie voor die gebou.
•
Sy kry weer kouekoors en Dirkie ontferm hom oor haar en gaan maak vir haar kruietee met heuning.
•
Lien vertel nét wat met Tibbey, haar kollega van die werk, gebeur het.
•
Katrien, Dirkie se kat, se warm lyfie troos vir Lien.
•
Dirkie bel rond tussen polisiestasies en hospitale, op soek na Tibbey.
•
Lien ken nie sy van nie en voel erg sleg daaroor.
•
Uiteindelik hoor hul van ’n man wat ernstig beseer is in die omgewing waar hulle was, en wat geopereer word.
•
Dirkie sê Lien moet gaan bad en slaap; hy sal haar die volgende dag na skool hospitaal toe vat en Tibbey help
soek.
•
Tuis sê ’n briefie dat Deon se ma Braam later sal aflaai.
•
Lien raak aan die slaap en word natgesweet, met ’n behoefte om met haar ma te praat, wakker.
•
Sy tik ’n boodskap vir haar ma en stuur die verlang-stukkie wel uiteindelik. Sy wil nou haar ma hê. Sy weet
ook haar ma sal antwoord.
•
Sy raak weer aan die slaap, met die vraag of sy soos ’n prostituut lyk in haar kop. En sy wonder hoekom sy
nie dadelik weggeruk het nie.
Summary
•
Lien arrives home when it is almost dark. She meets Dirkie in front of the block of flats.
•
She has cold shivers again and Dirkie, compassionate as always, makes her herbal tea with honey.
•
Lien tells Dirkie what has happened to Tibbey, her colleague.
•
Dirkie calls police stations and hospitals in search of Tibbey.
•
Lien feels bad not knowing Tibbey’s surname.
•
At last they find someone who is undergoing surgery and who could be Tibbey.
•
Dirkie will take Lien to the hospital the next day after school.
•
Lien awakens that night, sweating, with an urge to talk to her mum.
•
She sends a message to her mum, mentioning that she is longing for her. She needs her mum and knows she
will answer.
•
She asks herself whether she looks like a prostitute and falls asleep again.
Vrae
1.
2.
3.
4.
Lien lyk asof sy in ’n oorlog was oor
a. die bloedkol op haar klere
b. die trauma van die ongeluk
c. die Gordon-voorval
d. al die bogenoemdes. (1)
Ten spyte van Lien se toestand, dink sy (onselfsugtig/meerderwaardig) en verantwoordelik aan Braam wat
moet eet toe Dirkie simpatiek vir haar wil gaan tee maak. (1)
Waar of onwaar? Dit is die eerste keer dat Lien vir iemand van Tibbey vertel. (1)
Watter feit maak dit moeilik vir Lien en Dirkie om vir Tibbey in die hospitale op te spoor? (1)
42
5.
6.
7.
Hoe word dit beklemtoon dat Lien nie Tibbey se van ken nie? (1)
Lien stuur hier vir haar ma ’n boodskap omdat
a. sy nie meer vies is vir haar ma nie.
b. Lien sélf emosioneel swaarkry.
c. Lien nou genoeg gehad het van verantwoordelikhede. (1)
Daar is, ten spyte van alles, steeds by Lien (’n afkeur/vertroue/teleurstelling) in haar ma, want sy weet haar ma
sal haar boodskap beantwoord. (1)
Woordverklarings
geleidelik
hulpeloos
kruie-konkoksie
kruip
onbedaarlik
van
gradually
helpless
herb concoction
crawl
without stopping/without end
surname
HOOFSTUK 30: DIE GRAFSTEENSANGERS
Opsomming
•
Die suster sê Tibbey se bene is net onder die knieë afgesit.
•
Hy is baie siek en eintlik mag net familie ingaan.
•
Lien sê hulle werk saam en sy kry twee minute by hom.
•
Hy is vol pype, het ’n vaalbruin kleur en ’n wilde kyk in die oë.
•
Sy vat sy hande en sê alles gaan regkom; hulle sal ’n plan maak.
•
Lien is ontsteld as sy by Dirkie se Uno inklim en sê dit gaan sleg en Tibbey weet dit.
•
Lien wonder of daar nog iemand is wat oor Tibbey se situasie omgee.
•
Dirkie en Lien drink koffie by ’n koffieplek en die bont papegaai in ’n kou sê: “Môre is nog ’n dag” en “Die
Grafsteensangers is hier.”
•
Lien gee die motorwag R10 en hy is baie bly.
•
Lien los die slapende Braam voor die televisie.
•
In die bad maal haar kop oor die plan wat sy vir Tibbey moet maak.
•
Daardie nag droom sy van Sproet: Sy is in die papegaaihok en hy druk ’n rol note deur die tralies.
•
Sy skrik natgesweet wakker en dink aan haar ma se boodskap: “Baie lief vir julle”.
•
Sy probeer haarself oortuig dat sy nie prostitusie sou oorweeg nie.
Summary
•
A nursing sister tells Lien that Tibbey’s legs have been amputated under the knees.
•
He is very ill and only family is allowed to visit him.
•
Lien says she is his colleague. She is allowed to visit for two minutes only.
•
He is attached to various life support machines. Lien notices his unnatural colour and the wild look in his eyes.
•
Lien takes his hands and promises that everything will be fine. They will think of something.
•
Lien is upset by Tibbey’s situation. She realizes she is probably the only one who cares.
•
That evening in the bath she remembers her promise and tries to think of a solution for Tibbey’s immobility.
•
She has a nightmare about Sproet and awakens, sweating.
•
She thinks about her mum’s message: “Love you all.”
•
She tries to convince herself that she won’t consider prostitution.
Vrae
1.
2.
Met watter verduideliking kry Lien dit reg om vinnig vir Tibbey te besoek? (1)
In die hospitaal is dit die eerste keer dat Tibbey vir Lien sonder haar pruik en brilletjie sien, en hy (herken haar/
herken haar nie). (1)
43
3.
Lien se belofte aan Tibbey – dat alles gaan regkom en hulle ’n plan sal maak – “terwyl ’n hele klomp hane
kraai”, beteken dat
a. Lien positief is oor sy herstel.
b. Lien moed wil verloor oor sy herstel.
c. Lien voel sy belowe iets wat sy nie kan nakom nie en dat sy dus haar vriend
d. verraai en in die steek laat. (1)
4.
Waar of onwaar?: Die jakarandablommetjies wat onder die motorbande kraak, wys hoe maklik ’n mens ook
platgetrap kan word en hoe broos die lewe is. (1)
5.
Hoe pas die papegaai by die koffieplek se sêgoed (“Môre is nog ’n dag” en “Die Grafsteensangers is hier”) aan
by Lien se gevoel? Verduidelik. (2)
6.
Kies die beste antwoord: Die karaktereienskap (hulpvaardigheid/saghartigheid/opregtheid) laat Lien R10 vir die
motorwag gee. (1)
7.
Watter probleem spook die aand in die bad en eintlik ook in haar deurmekaar droom by Lien? (1)
8.
Watter ander vraag pla haar in die nag toe sy van die nagmerrie wakker word? (1)
9.
Hierdie kwelvraag sê vir die leser Lien is ________________ dat omstandighede haar sal dwing om ’n
________________ te word. (2)
Woordverklarings
besoekers
visitors
hysbak
lift/elevator
rusteloos
restless
twyfel
doubt
HOOFSTUK 31: DIE CORNER SONDER ENTERTAINMENT
Opsomming
•
Toe Lien se wekker die volgende oggend afgaan, het sy ’n plan.
•
Sy vra Hein vir koffie by Wimpy en sê sy het ’n probleem waarmee hy kan help.
•
Juf. Breytenbach vra ’n verleë Lien na haar beseerde nek uit.
•
Die juffrou sê dis nog nie te laat vir ’n onderskeiding in Afrikaans nie.
•
Die videokyker kyk na waar die donkerkopdogtertjie (Lien) ’n trofee op die verhoog ontvang.
•
Lien vertel van haar “kollega” wat sy bene in ’n motorongeluk verloor het.
•
Hy benodig so gou moontlik iets soos ’n sterk buite-rolstoel vir sy werk.
•
Hein is mos goed met sy hande. Lien sal vir Hein betaal om ’n soort rolstoel te ontwerp en te maak.
•
Lien is bang vir die karre en vir Sproet. Hy kom nie meer elke dag verby nie, of ry middelbaan en kyk stip voor
hom.
•
Lien mis vir Tibbey en sy sêgoed. Roos is ontwykend oor die gebeure.
•
Roos waak jaloers oor Tibbey se hoek en verdryf vir Johnny wat dit intussen wil beman.
•
Die leë hoek is nou die corner sonder entertainment .
•
Roos is skepties oor Lien se plan om ’n ryding vir Tibbey te laat maak.
•
Lien se plan is om die klomp wat daar werk vir bydraes te vra.
•
Roos vra minagtend of sy vir Johnny van sy dopgeld kan sien afstaan.
•
Lien reken onseker dat hul eers moet kyk wat alles gaan kos en dan geld daarvoor soek.
Summary
•
The next morning Lien has a plan and she asks Hein out for coffee.
•
Miss Breytenbach questions Lien about her injured neck.
•
Lien tells Hein about her “colleague” who has lost his legs in a car accident.
•
He needs a strong wheelchair which can be used outside.
•
Will Hein be able to make such a thing? Lien will pay him.
•
Lien is scared of the traffic, as well as of Sproet, who does not pass every day any more and avoids eye
44
•
•
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
contact when he does.
Lien misses Tibbey, and Roos is elusive about what happened.
Roos looks after Tibbey’s corner and chases Johnny away.
Roos is sceptical about Lien’s idea of someone making a vehicle/motorized chair of some sort for Tibbey.
Lien wants to ask the other beggars for a donation for Tibbey’s vehicle.
Roos doesn’t think Johnny will part with his booze money for Tibbey’s sake.
Lien is uncertain about the financial implications of her plan.
Waarom is Hein hier so ongemaklik as Lien met hom praat? (1)
Lien voel (beledig/verontwaardig/verleë) toe juf. Breytenbach haar uitvra oor haar nek wat haar so uit die skool
hou. (1)
Hoe hanteer Lien Hein se vraag oor watter werk sy en Tibbey doen? (1)
Watter kompliment gee Lien vir Hein? (1)
Watter van die onderstaande lysie woorde beskryf Lien se reaksie op straat na Tibbey se ongeluk en die
Gordon-voorval? Skryf net DRIE neer: agterdogtig, bang, onhulpvaardig, onvriendelik, benoud,
onverantwoordelik (3)
Skryf die TWEE korrekte eienskappe neer: Uit Roos se beskerming van die ander se bedelhoeke, kan haar
(regverdigheid/aanpasbaarheid/lojaliteit/menslikheid) afgelei word. (2)
Watter skeptiese vraag het Roos oor die ryding wat Lien vir Tibbey wil laat bou? (1)
Watter swakheid het Johnny? (1)
Waar of onwaar: Roos voel sterk dat die ander bedelaars nie van hulle geld sal bydra vir Tibbey se ryding nie.(1)
Woordverklarings
agterdogtig
skrefiesoë
snork
stompie
tragies
veilig
verleë
suspicious
eyes narrowed/only slightly open
grunt/snort
cigarette stubb
tragically
safe
perplexed/embarrassed
HOOFSTUK 32: IETS WAT PICASSO KON BEDINK HET
Opsomming
•
Hein en Lien sit op die pawiljoen en Hein ontwerp Tibbey se ryding.
•
Twee fietswiele kom agter en ’n wiel met ’n fietsketting voor sodat hy die kar met sy hande kan ry.
•
Hein raak opgewonde en weet nog nie wat dit gaan kos nie.
•
Lien gaan besoek die bestuurder van die rolbalklub waar Tibbey gebly het, James van Biljon.
•
Hy is ’n besige, geïrriteerde, kortaf en onsensitiewe man, met digte wenkbroue en ’n maer, rooierige gesig.
•
Hy reken Tibbey kan nie werk met af bene nie en kan dus ook nie meer daar bly nie.
•
Lien verduidelik vinnig van die karretjie en dat hy in die week elders werk en vir die kamer kan betaal.
•
Naweke sal hy die karre daar verniet oppas, met ’n fluitjie waarmee hy aandag kan trek.
•
Sy vra net ’n maand kans om te kyk of dit werk.
•
Hy sê uiteindelik hy sal met die bestuur praat en Lien moet hom Maandag bel.
•
Roos is verontwaardig omdat Johnny maak of hy blind is met ’n sonbril, wit kierie en ’n verflenterde seuntjie
aan die hand en goed geld kry.
•
“Wie sal kan sê van goed en wie sal kan sê van sleg?” is die waarheid wat oor Roos se lippe kom.
•
Lien dink aan die brief in mnr. Moller se presensielêer.
•
’n Vrou wys haar simpatiek, maar afkeurend tereg omdat sy so jonk bedel en nie werk nie, en gee haar ’n
tienrandnoot.
45
Summary
•
Hein and Lien sit on the stands. Hein is designing Tibbey’s vehicle.
•
Lien visits the manager of the bowling club where Tibbey has a room.
•
Mr van Biljon is a busy, irritated and insensitive man who does not want Tibbey to stay there any longer,
because he won’t be able to work without legs, he says.
•
Lien explains he will be in an adapted wheelchair, will be able to pay for the room and he will look after the
cars over weekends. He will use a whistle.
•
She asks for a one month trial period and eventually he says she must call him the following Monday.
•
Roos is displeased because Johnny acts blind (with sunglasses, a white stick and a boy in tow) and makes
loads of money.
•
“Who will be able to tell what is good … or bad?” Roos comments.
•
Lien remembers her absentee letter in Mr Moller’s file. Lien is touched when a woman gives her a ten rand
note and sympathetically asks why a young girl like herself is begging for money and not working.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Lien raak (ongeduldig met/vies vir/verontwaardig vir) Hein wat so stadig aan die karretjie ontwerp en ook so
min ___________________________________ (2)
Hoe gaan Tibbey die kar beheer? (1)
Watter karaktereienskap illustreer die rolbalklub se bestuurder se woorde: “ Is sy bene of arms of iets nie af
nie? Nou hoe de duiwel wil hy werk?”? (1)
Hoe sal Tibbey vir die verblyf vergoed? (Noem TWEE maniere.) (2)
Vir hoe lank het Lien waarskynlik voorlopig verblyf vir Tibbey kon kry? (2)
Roos is verontwaardig oor ________________ nou blind-speel en goed geld kry. (1)
Watter wysheid van Roos oor Johnny som die deurlopende tema van die boek goed op? (2)
Waarom dink Lien hier aan die brief in meneer Moller se lêer? (1)
Waarom sluit die skrywer die kort stukkie oor die motorisvrou wat vir Lien sê sy behoort te werk, juis hier in,
ná Roos se woorde oor goed en sleg en Lien se skuldige onthou van haar eie leuens met die
afwesigheidsbrief? (2)
Waarop dui die hoofstuktitel, Iets wat Picasso kon bedink het ? (1)
Woordverklarings
duiwel (hoe de duiwel)
flenters
gatvol
hengse lawaai
kortaf
lawaai
miskien
pleit
verantwoordelikheid
how the hell
rags
fed up
big/excessive noise
abrupt
noise
perhaps
beg
responsibility
HOOFSTUK 33: GELDIG VIR DERTIG DAE
Opsomming
•
Hein se formele kwotasie vir die karretjie is R2 800, ’n hele maand se woonstelhuur. Hein se arbeid is gratis.
•
Sy sal die klomp by die sentrum bymekaar kry om ook te help met die fondse.
•
Roos het ’n maagpyn-verskoning om haar nie te help met die vra nie.
•
Roos is reg, almal het redes waarom hulle nie kan bydra nie of nie wil nie. Kenny, Magriet, Siyabulela, Selo en
Johnny. Johnny antwoord nie eens nie.
46
•
•
Roos troos dat sy sal gee wat sy kan, maar Lien weet sy sal maar self moet opdok.
Die videokyker kyk na ’n gholfspeelvideo van die donkerkopman. Die donkerkopmeisie tree as sy sakdraer
op; sy gee hom raad en hy wen. Hy ontvang ook ’n trofee.
•
Dirkie laai Lien by die hospitaal af met eet- en drinkgoed vir Tibbey.
•
Sy vertel van Roos en die ander bedelaars, maar hy lê net met lewelose oë en reageer op niks nie. Sy sê niks
van die besoek aan mnr. Van Biljon nie en ook niks van die karretjie nie.
•
Dirkie weier haar petrolgeld.
•
Lien bel mnr. van Biljon en hy sê Tibbey kan daar kom bly, maar hy moet homself kan help en naweke karre
oppas.
•
Lien gaan sien suster Vermeulen omdat Tibbey nie praat nie en sy sê dis depressie; dis normaal in sy
omstandighede.
•
Die suster sê dat as hy in sy roetine kom, dit beter sal gaan.
•
Lien vra wie vir alles gaan betaal en die suster sê Tibbey is ’n staatspasiënt.
•
Lien beplan hoe sy met die bus by die kliniek kan kom en wonder of sy haar ma sal kan vergewe.
•
Kan dinge ooit weer dieselfde wees, dat hulle sommer kan lag vir hulle ma se opera-songs ?
Summary
•
Hein’s formal quotation for Tibbey’s car is R2 800. It is equal to a month’s rent for Lien. Hein’s labour is free.
•
Lien decides to ask the others at the shopping centre to help raise the money.
•
Roos cites a stomach ache as excuse for why she can’t help Lien.
•
Like Roos, everyone has an excuse why he/she cannot contribute. Johnny does not even answer.
•
Lien knows she will have to foot the bill.
•
The home video shows a golf tournament in which the father wins a trophy with his daughter as caddy.
•
At the hospital Lien talks about Roos and the others, but Tibbey does not react. She says nothing about his
room or the car.
•
Mr van Biljon grants permission for Tibbey to stay on, but he must help himself and at weekends he must look
after the cars.
•
Sister Vermeulen explains to Lien that depression is normal in a case like Tibbey’s.
•
Things will be better when he is in a new routine.
•
She also says Tibbey is a state patient.
•
Lien plans the bus route to the clinic where her mum is. Lien is not yet sure if she’ll be able to forgive her
mother. Can things ever be the same again?
Blokkiesraaisel
Leidrade:
1.
Dwars: Hein gee sy arbeid vir die maak van die ryding vir Tibbey ________________.
2.
Dwars: Lien probeer tevergeefs om ’n bietjie ________________ by die ander bedelaars te kollekteer, maar
sy weet gou sy sal self vir die onderdele wat Hein nodig het, moet betaal.
3.
Af : Daar is geen ________________ by Tibbey as Lien hom in die hospitaal besoek nie.
4.
Dwars : Lien hou die ________________ as ’n verrassing vir later vir Tibbey.
5.
Af : Lien het dit reggekry dat Tibbey weer by die rolbalbaan ’n ________________ oor sy kop sal hê as hy
uit die hospitaal kom. Die hoofstuktitel, “Geldig vir dertig dae” verwys ook daarna.
6.
Dwars: Die bestuurder sê hy gaan nie na Tibbey kyk nie en hy moet naweke die ________________ oppas.
7.
Dwars: Suster Vermeulen lyk vir Lien na ’n ________________.
8.
Af: Lien deel haar bekommernis dat Tibbey nie ________________ nie met die suster.
9.
Af: Suster Vermeulen sê ________________ is normaal as iemand ledemate verloor.
10.
Dwars: Lien vra ook of hy sal regkom en die suster sê sodra hy sien hy kan wel nog ________________, sal
dit beter gaan.
11.
Dwars: Lien wil ook by die suster weet wie die hospitaalonkostes gaan ________________.
12.
Af: Die suster sê Tibbey is ’n pasiënt van die ________________.
47
13.
14.
15.
Af: Lien begin ’n bustog na die ________________ waar haar ma is, beplan.
Af: Lien wonder of sy haar ma kan ________________.
Af: Lien wonder ook of hulle gesin weer sal lê van die ________________ vir die ma se opera-songs. (15)
Woordverklarings
bereken
besoektyd
dankbaar
haweloos
horde
opgewonde
tande (byt op haar tande)
verrassing
calculate
visiting hours
thankful
homeless
many/a large crowd
excited
bite (on) the bullet
surprise
48
HOOFSTUK 34: SHOPPING IS NIE VIR SISSIES NIE
Opsomming
•
Wouter het die vorige dag sy lisensie gekry en wil dit by die Wimpy gaan vier.
•
Lien voel skuldig omdat hulle nou min dinge saam doen.
•
Sy is die laaste tyd vol verskonings oor die “nuwe koffiewinkel” waar sy kamma werk.
•
Lien voel anders as toe hul laas in die Wimpy oor die matriekafskeid gepraat het, asof sy nie meer op dieselfde
manier na goed kyk nie.
•
Riekie se naam duik kort-kort op en dit irriteer vir Lien.
•
Sy vra vir Wouter om vir haar ’n Bloubul-vlag, ’n Bloubul-pet en ’n fluitjie by die Bloubul-winkel naby Loftus
te koop, as ’n geskenk vir ’n “kollega”.
•
Donovan loop haar op pad na die bus by en bied haar weer Sue-Ellen se werk aan, maar vir meer geld.
•
Lien dink aan die uitdagings op straat, maar besluit sy kan nie vir so min werk nie en wys die aanbod huiwerig
van die hand. Donovan sê sy moet daaroor dink; hy sal bel.
•
Lien vra vir Roos uit oor haar man en verlede.
•
Haar man het geld gevat op ’n plaas naby Tzaneen waar hy vir ’n boer gewerk het en hulle gebly het. Hulle is
weggejaag, waarna hy met die koöperasiemeisie vort is.
•
Roos en haar matriekkind het sonder inkomste in Pretoria agtergebly.
•
Die dogter het by ’n versekeringsmaatskappy begin werk en met ’n swak man deurmekaar geraak. Drie
kinders later eindig sy sonder man by ’n escort agency en Roos sit op straat.
•
Lien wonder hoe mense se lewens dan so vinnig verkeerd kan loop.
•
Sy oorweeg weer Donovan se aanbod.
•
Ou Johnny roep vir Lien en tel bakhande vol munte vir Tibbey uit. Toe Lien dit later tel, is dit R102.49.
•
Tibbey groet al vir Lien, en antwoord ja en nee, maar is steeds stil.
•
Hy reageer nie op die nuus van die kamer by die rolbalklub en dat hy naweke karre vir geld gaan oppas nie.
•
Dirkie neem steeds elke aand vir Lien hospitaal toe en suster Vermeulen/Perd sê Tibbey kan teen die einde van
die week huis toe gaan.
•
Hein gaan saam na Tibbey se kamer en stel voor dat hul vir hom ’n oprit na die kamer bou, die bed en kas se
pote afsaag en ’n opklimkassie vir by die toilet en wasbak maak.
•
Lien beloof dankbaar dat sy eendag sal vergoed.
Summary
•
Wouter invites Lien for coffee at Wimpy to celebrate his driver’s licence. They do not see each other often
these days.
•
She pretends to work at a “new coffee shop”.
•
Lien is aware that she has a different perspective on things now in comparison to their first chat in Wimpy about
the matric farewell.
•
It irritates Lien that Wouter mentions Riekie several times.
•
Lien asks Wouter to buy her a Blue Bull flag, a Blue Bull cap and a whistle at the rugby shop near Loftus, as a
present for “a colleague”.
•
Donovan again offers her Sue-Ellen’s job, but for a better salary.
•
Lien refuses hesitantly. She cannot work for such a small salary. Donovan urges her to think about it, he says he
will call her.
•
Lien asks Roos about her husband and their past.
•
Roos shares with Lien the sad story of the dishonesty of her husband, her and her daughter’s predicament after
her husband left and further wrong choices on her daughter’s part.
•
Lien asks herself how it is possible that things could go so wrong in someone’s life.
•
She reconsiders Donovan’s offer.
•
Old Johnny gives her a handful of coins to help Tibbey: It amounts to R102.49.
•
Tibbey is still mostly silent, but greets Lien and answers with a “yes” or “no”.
49
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
13.
He does not react to the news about his accommodation.
Sister Vermeulen says Tibbey will be discharged at the end of the week.
Hein builds a ramp to Tibbey’s room, as well as a box with steps to the toilet and basin. He also shortens the
legs of the bed and the cupboard to help Tibbey.
Lien promises she will compensate Hein one day.
Met watter leuen vir Wouter moet Lien nou volhou? (1)
Wat beteken die stelling “Leuens het ’n manier om op te stapel”? Verwys na een ander voorbeeld van leuens in
Lien se lewe. (3)
Watter van die onderstaande verklarings is die beste? As Lien en Wouter na ’n lang tyd weer by die Wimpy
sit, voel sy “asof sy rondom die wêreld gereis het”, en “nie meer op dieselfde manier na goed kan kyk nie”,
want
a. dit gaan beter met hul huishouding vandat die kerk help.
b. sy het meer maats gemaak.
c. sy het haar op ander begin toespits.
d. sy verstaan beter dat alle mense foute maak, maar ook goeie eienskappe het, en dat daar baie is om voor
dankbaar te wees. (1)
Dit krap vir Lien om dat Wouter so baie na Riekie verwys, omdat sy (jaloers voel/ nie van Riekie hou nie). (1)
Wouter sê Lien is ’n dark horse omdat hy
a. verbaas is dat sy nou geïnteresseerd is in rugby-aandenkings koop.
b. hou van verrassings.
c. hou van die grappies wat sy maak. (1)
Die hoofstuktitel “Shopping is nie vir sissies nie” dui op
a. Lien wat maar min kos op ’n slag kan bekostig.
b. Donovan wat sweet met sy klomp inkopiesakke toe hy vir Lien roep.
c. die bedelaars wat net specials kan bekostig. (1)
Wat het dan van Sue-Ellen geword as Lien haar werk by die haarsalon kan terugkry? (2)
Watter uitdagings van bedel op straat laat Lien huiwer met die haarsalon se werksaanbod? Noem drie. (Daar is
sewe.) (3)
Daar is veral drie keusefoute in Roos se gesin gemaak wat tot hulle ondergang gelei het:
Haar man het ________________ Daarna het hy hulle ________________ Hulle dogter het
________________ (3)
Waar of onwaar? Roos se verhaal laat Lien dink hoe mense se lewens vinnig verkeerd kan loop en sy oorweeg
weer Donovan se terugkom-aanbod. (1)
aar ons leef.” (1)
Waarom, dink jy, laat die skrywer vir suster Vermeulen telkens rook by die Rook Verbode-teken? Dit is om
a. haar swakheid te wys (dat almal foute het).
b. haar gebrekkige higiëne te wys.
c. haar senuweeagtigheid te demonstreer. (1)
Hein se oplossings om Tibbey se kamer vir hom toeganklik te maak, toon sy (praktiese/ intellektuele)
ingesteldheid. (1)
Woordverklarings
dring aan
gehawende
hart (soek jou met ’n seer hart)
horries (die horries kry)
ingedagte
to insist
tattered
searching high and low/urgently looking for some one
freak out
deep in thought
50
lendelam
ongeduldig
peinsend
rolbal
sissies (nie vir sissies nie)
trots
rickety
impatient
deep in thought/meditating
bowls
hard work
proud
HOOFSTUK 35: WERK DINGE IN LONDEN OOK SÓ ?
Opsomming
•
Die karretjie lyk vreemd met sy drie wiele, kettings en drade en is ’n nare blou geverf.
•
Hein het dit met sy pa se bakkie hospitaal toe gebring.
•
Tibbey vra ongeskik wat hy daarmee moet maak.
•
Lien verduidelik dat hy nog sal kan werk en demonstreer hoe die kar bestuur word.
•
Hulle tel Tibbey protesterend in die kar, Hein verduidelik van die trurat en Tibbey ry gang af.
•
Tibbey word ontslaan. Hulle laai die kar weer op die bakkie en vir Tibbey voor in die middel.
•
By sy kamer is Tibbey verbaas oor die oprit.
•
Hein verduidelik van die trappies vir opklim by die toilet.
•
Tibbey kyk sonder woorde na die lae bed en kas.
•
Lien sê daar is kos in die kas en dat sy hom die volgende dag vir werk kom haal.
•
Hy hoef nie dadelik karre op te pas nie.
•
Lien sit sy pille en ’n glas water op die kassie voor sy bed neer, by die Bloubulvlag en -pet.
•
Op pad terug voel Lien moedeloos, maar Hein sê Tibbey sal leer.
•
Later ry Lien bus en dink aan Tibbey, Braam , “hóm” en haar ma en die twee jaar wat verby is en hoe hulle
almal se lewens so verander het. (Bl 203 is belangrik.) Sy voel asof sy iemand anders is.
•
Sy stap die laaste ent na die kliniek en dink aan die weeklikse roetine van gewone mense. Sy wonder of dit in
Londen ook so werk.
•
Sy loop tot by die klein hekkie langs die groot hek voor die baksteengebou, en staan met haar vinger op die
interkomknoppie. Dan draai sy om na die bushalte.
Summary
•
Tibbey’s new vehicle looks weird with its three wheels, chains and wires and it is painted an odd blue.
•
Hein brought it to hospital in his dad’s truck.
•
Tibbey at first reacts rudely. Lien explains how he still would be able to work and demonstrates how Tibbey’s
new mode of transportation works.
•
They put Tibbey in the car and Hein explains about the reverse gear. Tibbey rides down the hospital passage.
•
Tibbey is discharged from hospital and they take him and the car to his room at the bowling club.
•
Tibbey is surprised when he sees the ramp.
•
They show him the steps to reach the basin and toilet and the food in the cupboard. Lien puts his pills and
water next to his bed along with the new Bulls cap and flag.
•
Lien will fetch Tibbey for work the next morning.
•
On their way home Hein tells a disheartened Lien that Tibbey will survive.
•
Later on Lien is on a bus to the clinic and thinks about Tibbey, Braam, her mum and “him” and how their lives
have changed in the last two years. (Page 203 is important.) She feels like she is a different person now.
•
Lien walks to the gate of the clinic, puts her hand on the intercom button, but does not push it.
•
Then she returns to the bus stop.
51
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
Hein is hier eintlik baie ________________ op die karretjie, Lien is eers effens ________________ en
Tibbey is aanvanklik ondankbaar, maar kom gou reg met die ________________ in die gang af. (3)
Kies die beste antwoord: Tibbey is heel waarskynlik so stil in die hospitaal en op pad huis toe omdat hy dink
a. dat hy hom nie self sal kan help nie.
b. dat niemand vir hom omgee nie.
c. dat sy hele ou lewe onmoontlik sal wees. (1)
Noem nog twee dinge wat Lien vir Tibbey in sy kamer wys of doen wat demonstreer dat sy vooruit dink oor sy
versorging? (2)
Watter werk doen Hein se pa? (1)
Kort nadat Lien vir Tibbey alleen by sy kamer agtergelaat het, neem sy die bus na haar ma se kliniek. Sy doen
dit
a. toevallig na mekaar.
b. want sy het die laaste tyd bewus daarvan geraak hoe nodig mense mekaar het.
c. want sy weet sy moet een of ander tyd by haar ma uitkom. (1)
In die bus dink Lien eers aan Tibbey, en dan aan Braam, aan hóm, haar ma en die twee jaar wat hulle almal se
lewens so verander het. Hieruit is dit redelik seker af te lei dat
a. die “hóm” haar pa is.
b. dat Lien wegskram om na hom te verwys as haar “pa”.
c. dat hy waarskynlik verantwoordelik was vir die verandering in hulle lewe.
d. al drie moontlikhede van toepassing is. (1)
Lien voel op die bus “asof sy iemand anders is”. Hiermee word bedoel dat sy oor die twee jaar
a. meer volwasse geword het.
b. geleer het om niks van enige grootmense te verwag nie.
c. geleer het dis elkeen vir homself. (1)
Lien voel ________________ as sy die kliniek sien, want dan word sy weer met haar ma se drankprobleem
gekonfronteer. (1)
Dink jy Lien se optrede is realisties as sy nie ingaan by die kliniek nie, maar terugdraai bushalte toe? (Kan jy
dus verstaan dat sy dit doen?) Verduidelik dit in een sin. (2)
Woordverklarings
koddige
moedeloos
verduidelik
odd
despondent/discouraged
explain
HOOFSTUK 36: COOL, SOU ÉK SÊ, ACTUALLY
Opsomming
•
Lien gaan haal Saterdagoggend vir Tibbey en hy sit regop in sy karretjie voor die deur.
•
Sy vervies haar dat hy nie die pet en vlag gevat het nie en niks praat nie.
•
Sy sê hy moet ’n “grip” kry en sy gaan haal die pet en vlag.
•
Sy stoot die kar en sê hy moet net dieselfde doen as voorheen; die mense sal hom onthou.
•
Hy moet ook leer om self te ry. Tibbey reageer steeds nie.
•
Sy parkeer hom veilig op die sypaadjie op sy hoek en hou hom van agter ’n boom dop.
•
’n Motoris groet en skree-vra vrolik na sy bene. Een vra ’n rugby-vraag. Dis asof Tibbey uit ’n lang slaap
wakker word, sy vlag waai en terugskree.
•
Lien voel lig, asof sy sweef, en loop betraand terug na haar hoek.
•
Elfuur wil Tibbey nie dat Lien hom stoot nie. “I can do it,” sê hy met blink oë.
•
“You are a true friend, Lieen Djôste, a real blerrie true friend,” gee Tibbey erkenning aan Lien.
•
Miemie het ’n besempie op haar boud laat tatoeëer, en wys dit vir Lien langs hulle swembad.
•
Sy sê dit bemagtig haar as vrou en herinner haar aan wat sy kan wees as sy nie haar kant bring nie.
52
Summary
•
On Saturday morning Lien finds Tibbey sitting outside his room in his car.
•
Lien is annoyed because Tibbey has left the Blue Bulls flag and cap in his room and he does not talk.
•
She tells him to get a grip and fetches his stuff.
•
She pushes his car and encourages him to do the same as always. The people will remember him.
•
He must learn to drive his car. Tibbey does not react.
•
Lien parks him on the pavement and watches him from behind a tree.
•
Someone shouts at him, asks where his legs are and starts talking rugby. It is as if Tibbey awakens from a long
sleep. He waves his flag and shouts back.
•
Lien is relieved and in tears on her way back to her corner.
•
“I can do it,” Tibbey says at eleven o’ clock and refuses Lien’s help.
•
He calls her a true friend.
•
Miemie now sports a tattoo of a little broom on her behind and shows it to Lien at their swimming pool.
•
Miemie says it empowers her as a woman and it reminds her of what she might be if she does not pull her
weight.
Vrae
Identifiseer net elke keer die spreker:
1.
“Waar is jou nuwe petjie en vlag?” ________________
2.
“….. jy sal ’n grip moet kry.” ________________
3.
“ Jy moet net doen wat jy nog altyd gedoen het. Die mense sal jou onthou.” ________________
4.
“Jy sal moet leer om self met die karretjie te ry.” ________________
5.
“Haai, waar was jy en waar is jou blerrie bene?” ________________
6.
“Die WP se móér!” ________________
7.
“Los my. I can do it !” ________________
8.
“You are a true friend ________________, a real blerrie true friend.” ________________
9.
“Dit empower my… Dit remind my aan wat kan wees as ek nie my steps ken nie ________________
10.
“Cool , sou ék sê. Actually .” ________________ (10)
Woordverklarings
besem
herken
stoot
uitdrukkingloos
broom
recognise
push
expressionless
HOOFSTUK 37: KOUE GOED IN GROOT GLASE
Opsomming
•
Lien kry swaar op ’n winderige bedeloggend in September.
•
Haar fonds is lelik uitgeput na Tibbey se karretjie en die woonstelhuur. Sy twyfel of haar ma, as sy huis toe
kom, sal kan bydra.
•
Sy bid dat die pensioengeld sal kom en dat dit die R20 000 kan voorsien wat sy wil leen vir haar trippie
Londen toe.
•
’n Rukwind pluk haar pruik af en Lien sit dit agterna tussen die stilstaande karre in.
•
Ds. Gerhard/Kuifie gaap haar verbaas aan en roep na haar, maar hy moet ry. ’n Paar minute later sit hy sy
noodligte aan en forseer haar om in te klim deur daar te bly staan.
•
Hy vra vriendelik of sy nie in die skool moet wees nie en ook of sy dit al lank doen. Hy neem haar huis toe en
wys trots hulle baba, maar Lien kyk skaars.
•
Ds. Gerhard sê hy is bekommerd dat sy in matriek in skooltyd op straat staan.
•
Hy sê die kerk het geld vir mense wat swaarkry en sy moet ’n lys van hulle uitgawes maak.
53
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Lien ervaar begrip en opregtheid en gee opreg aandag aan die baba toe sy gaan.
Kuifie vertel van ’n musiekpos by die laerskool en dat hy sal bel as haar ma terug is.
Hy vra of Lien nie teen vergoeding Vrydagaand wil kom baba-oppas nie; hulle wil gaan fliek.
Lien droom van haar ma en van “hóm”. In die droom huil haar ma en “hy” hou haar vas. Miemie eet ’n vis wat
sy met wasabi gesmeer het. Roos sê: “Goed en sleg is eintlik bietjie deurmekaar”.
Lien raak omgekrap wakker. Dis die eerste keer dat sy haar pa “sien” sedert hy weg is, twee jaar gelede. Sy
wil nie aan hom dink nie, maar sy kan sy laggende beeld nie langer keer nie.
Lien bel vir Donovan en sê sy sal kom werk vir R40 ’n uur en Saterdae vir meer, maar sy sal ook meer doen.
Niemand mag ook vir haar “Engel” sê nie. Hy sal terugbel.
Sy doen haar huiswerk en maak die uitgawelys vir Kuifie.
Sy wonder wat gaan van Braam word.
Drieuur die nag sien Lien dat Braam ou video’s kyk. In die opname lees Riaan Cruywagen nuus. Hy berig van
twee prokureurs wat van die rol geskrap is en vier jaar gevangenisstraf gekry het. Hul moet ook miljoene se
trustgeld met rente terugbetaal.
Lien sluip stil terug.
Summary
•
Lien struggles on the streets on a windy weekday morning in September.
•
She has used a big percentage of her money for Tibbey’s car and the rent. She doubts if her mother would be
able to contribute when she comes home.
•
She still hopes to borrow her mother’s pension money for the R20 000 she needs for her trip.
•
A gust of wind seizes her wig and Lien runs about the cars to get it.
•
Ds. Gerhard/Kuifie recognises her, surprised to see her there. He forces her to get in by stopping with the
emergency lights of his car on.
•
In a friendly way ds. Gerhard/Kuifie asks whether it is wise for her to be on the streets – shouldn’t she be at
school? It is her matric year.
•
The church is in a position to help people like them. All Lien has to do is list their expenses.
•
Lien experiences understanding and sincerity.
•
Kuifie mentions a music post at the primary school and asks Lien to do baby sitting for them.
•
Lien has a dream about her mum and “him”. “He” is holding her crying mum and Roos says: “Good and bad is
a little bit mixed up”.
•
It is the first time in two years Lien “sees” her father.
•
Lien calls Donovan and accepts his offer of work at the salon, but for R40 an hour. However, no one may call
her “Angel”. He says he will call her back.
•
She does her homework and lists their expenses for Kuifie.
•
She wonders what will happen to Braam.
•
At three o’ clock that night Lien sees Braam in front of the television, watching a recording of a news bulletin.
Riaan Cruywagen is talking about two attorneys whose names had been struck from the roll and each sentenced
to four years’ imprisonment for millions of rands of trust money they embezzled.
•
Lien sneaks back to bed.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
Hoe het die noodlot gehelp dat Kuifie vir Lien op haar bedelplek herken het? (1)
Watter karaktertrek illustreer Lien as sy weier om by ds. Gerhard in te klim? (1)
Die dominee weet hoe om mense op hulle gemak te laat voel, deur eers oor die weer en sy eie probleempies te
praat en humor te gebruik. Lien beleef so sy ________________ sy. (1)
Wat is ds. Gerhard/Kuifie se groot beswaar teen Lien se bedelry? (1)
Ds. Gerhard toon respek vir Lien se ________________ deur te sê dat dit nie sy saak is hoe sy haar geld
verdien nie. Hy is ook ________________ met haar, want hy glimlag. Lien beleef hom as opreg, asof hy
________________ het vir haar. Daarom kan sy regtig vir die ________________ kyk voor sy groet. (4)
54
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
13.
Watter drie voorstelle van Kuifie sal Lien se gesin geldelik kan help? (3)
Lien besef sy sal moet woonstel skoonmaak voor haar ma kom. Haar sin vir ________________
________________ kan hieruit afgelei word. (1)
Lien pluk haar oorfone af as Norah begin sing, want sy weet Norah gaan nie nou werk nie. Stem jy saam met
die onderstaande stelling? Motiveer ook waarom jy so sê. “Hiermee wys Lien dat sy heel moontlik klaar
daarmee is om maar troos te vind in hartseer liedjies.” (2)
Die eerste keer dat Lien sonder negatiewe emosie van haar pa praat, asook oor sy verhouding met haar ma, is
in haar ________________ oor hulle. Toe sy wakker skrik, besef sy dis ook die eerste keer dat sy hom weer
________________ het, al was dit van agter. Sy het sy ________________ lank uit haar gedagtes geskuif,
omdat sy haarself beskerm het, want sy was verskriklik ________________ vir hom. Hier onthou sy weer
haar pa se gesig, asof sy weer bereid is om hom as haar pa te erken. (4)
Lien bel vir Donovan, sê dat sy meer as voorheen sal doen, maar stel ook haar vereistes. Sy sal werk vir
________________ en niemand mag haar ________________ noem nie. (2)
Lien takel haar probleme doelgerig na die droom oor haar pa. Sy onderhandel met Donovan, doen agterstallige
(huiswerk/goed in die kombuis) en maak die uitgawe-lys vir (tannie Bets/die dominee). (2)
In die nag ontdek Lien dat Braam sit en ou familievideo’s kyk. Watter informasie oor die kinders se pa is op
die nuusvideogreep waar Lien Braam se kykery afloer? (3)
Braam het snags na die video’s gekyk
a. omdat hy nie kon slaap nie.
b. om die ou herinneringe te beleef.
c. omdat hy na sy pa verlang.
d. omdat dit sy manier is om dinge te verwerk.
e. Al die vorige verklarings. (1)
Woordverklarings
agterstallig
bekommerd
flikkerbeelde
verbouereerd
versigtig
verspot
in arrears
worried/concerned
flickering images
bewildered
careful(ly)
ridiculous
HOOFSTUK 38: DIE DING MET DIE KUIF
Opsomming
•
Die toneelkinders kan elkeen ses gaste na hul eerste volwaardige optrede nooi. Die Verbruikerstudieleerders
doen sommer ook hulle eerste prakties en maak kos vir die onthaal na die geleentheid.
•
Lien oorweeg vir tannie Bets en Wouter. Braam sal nie wil kom nie. En sy wonder oor nog ander …
•
By die haarsalon voel Lien tuis, en Donovan en Dirkie behandel haar meer soos ’n kollega.
•
Die werksomstandighede is wonderlik in vergelyking met bedel op straat en Lien se kommunikasie met kliënte
verbeter.
•
Sy vertel vir die meisies in haar klas waar sy werk en sy doen moeite om vir hul afsprake te kry.
•
Sy steur haar nie aan die stryery tussen Donovan en Dirkie nie en sy voel nie skuldig oor iets nie.
•
Na ’n week is sy reg vir die gratis haarsny.
•
’n Maand na die vorige keer ry Lien weer die roete na die bedelhoek.
•
Sy wonder of Roos haar sonder die pruik en brilletjie sal herken. Tibbey het die regte Lien in die hospitaal leer
ken.
•
Sy voel sleg dat sy nog nie gebel het om na Tibbey te vra nie, maar sy het die bestuurder se nommer verloor,
en nog nie moeite gedoen om daar uit te kom nie.
•
Johnny staan op haar hoek en sy besef hiermee maak hy eintlik haar agterdeurtjie vir haar toe.
55
•
•
•
•
•
•
•
•
Tibbey eet bly van tannie Bets se Hertzoggies, maar Roos ignoreer dit vies.
Tibbey vertel dat Sello R250 000 met die lotto gewen het en ’n huis kon koop.
Johnny het ’n girlfriend .
Roos sê vies dat sy Johnny ’n paar keer goed op Lien se hoek gemoker het, maar later moes opgee.
Lien vertel dat sy hard moet leer vir die eksamen. Roos sê Lien kon kom sê het.
Lien bly liewer stil oor die haarsalonwerk en Roos vra wanneer sy terugkom.
Lien sê sy weet nie; dis eindeksamen en sy móét deurkom. Roos bly verergd.
Tibbey swaai sy karretjie behendig in sy hoek se rigting en waai vir Lien met sy vlag.
Summary
•
The learners taking part in the play may invite six guests each to the opening performance.
•
Lien thinks tannie Bets and Wouter would want to go. She is still considering who else to invite …
•
Lien’s work at the salon is much more pleasant this time. She feels like they are all colleagues.
•
Her working conditions are wonderful and Lien’s communication skills have improved.
•
At school she talks freely about her job and encourages her class mates to make appointments.
•
She ignores Dirkie and Donovan’s fights and does not feel guilty about anything.
•
After a week she gets her hair cut.
•
After a month Lien returns to her begging corner for the first time.
•
She feels guilty for not having had contact with Tibbey.
•
Johnny now occupies Lien’s corner and Lien realises that there is no going back to begging.
•
Tibbey acts normally and is cheerful, but Roos is clearly annoyed. She defended Lien’s corner for a while but
eventually gave up.
•
Roos does not accept Lien’s excuse of studying for her exams. She says Lien could have told them she
wouldn’t be back.
•
Roos stays annoyed, because Lien cannot say when she will be back.
•
Tibbey waves to Lien with his flag and drives his “car” skilfully in the direction of his corner.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Lien kan ses gaste nooi na (die prysuitdeling/die toneelopvoering/die skoolete). (1)
Waarom, dink jy, huiwer sy so oor nog moontlike gaste, behalwe tannie Bets en Wouter? (1)
Lien voel (gewaardeer/na waarde geskat) terug by die haarsalon. (1)
Hoe verskil die haarsalon en die straathoek oor hoe dit daar voel en hoe dit daar ruik? (2)
Waarom kan Lien nou vir haar klasmaats van haar werk vertel? (1)
Die haarsalon is ook vir haar gewete ’n verlossing, want sy voel oor niks meer ________________ nie. (1)
Lien is nou gereed vir ’n nuwe haarstyl, want
a. sy begin selfvertroue ontwikkel.
b. sy begin haar probleme takel.
c. sy het die waarde van goedwees vir ander leer ken.
d. al drie redes is waar. (1)
Waaroor voel Lien tog skuldig op pad na haar bedelmaats? (2)
Watter besluit “neem” Johnny eintlik vir Lien? (2)
Roos is vies vir Lien, want
a. sy hou nie van Hertzoggies nie.
b. sy het verniet met Johnny baklei om Lien se hoek te beskerm.
c. Lien kon laat weet het dat sy nie weer kom bedel nie.
d. B en C. (1)
56
11.
12.
13.
14.
15.
Die fout wat Lien hier teenoor Roos en Tibbey gemaak het, is om
a. dit nie belangrik genoeg te ag om hulle te gaan sê nie. om uit te stel en hul hierdeur
b. nie respekvol te behandel nie.
c. te vergeet om hulle te sê.
d. te besluit sy gaan niks sê nie. (1)
Waarom vertel Lien nie vir hulle van haar haarsalonwerk nie? (2)
Tibbey stel ook belang in Lien se lewe, soos bewys word deur
a. sy navraag na haar ma
b. sy simpatieke geluide
c. die raad wat hy uitdeel – dat sy moet ondersteun
d. al drie bogenoemde voorbeelde. (1)
“Anders as party mense moet party mense werk”. Roos is hier
a. ’n bietjie jaloers op Lien
b. jammer vir haarself
c. effens lelik met Lien
d. al drie moontlikhede. (1)
Lien se besoek aan Roos en Tibbey het haar verseker dat Tibbey (selfstandig en positief/steeds afhanklik en
teneergedruk) is. (1)
Woordverklarings
behendig
beskuldigend
gluur
onseker
skuldig
skillful
accusingly
glare
unsure
guilty
HOOFSTUK 39: DIE BESOEK (1)
Opsomming
•
Tannie Bets hou met ’n benoude Lien voor die kliniek stil.
•
Hulle albei weet sy moet alleen met haar ma gaan praat.
•
Lien is verbaas om te sien dat al die mense doodgewoon lyk, glad nie weird nie.
•
Die ontvangsdame raai haar aan om haar ma op die stoep te soek, want dis ontspanningstyd.
•
’n Man neem haar na haar ma wat met ’n blonde meisie in die tuin sit en gesels.
•
Christien is maerder, lyk verbaas en omhels vir Lien wat ongemaklik terugdruk.
•
Lien vra na die jong meisie – wat ook vir behandeling daar is.
•
Hulle is eers ongemaklik, maar praat dan oor Braam, die kerk wat help en tannie Bets se kosbydrae.
•
Lien ignoreer die vraag oor haarself. Haar ma klink anders, iewers ver.
•
Lien vra of dit erg is daar en haar ma sê die eerste dag was, toe hulle alles deursoek het vir skelm drank.
•
Daar is geen genade, geheime of voorgee nie.
•
Daar is daaglikse groepsessies en ’n afspraak met ’n sielkundige wat hulle “wonde toewerk” en hulle probeer
oortuig dat hul lewe sonder drank meer betekenis sal hê.
•
Haar terapeut is Harry die heler wat nogal simpatiek, maar ook reguit, is.
•
Christien sê sy het ontvlug omdat sy nie die pyne kon vat nie. Die wyn het haar pyn verdoof.
•
Sy was ’n vreeslike ma wat haar kinders gelos het om self op te snork.
•
Harry sê sy moet leer om haarself te vergewe voor sy kan verwag dat hulle haar moet vergewe.
•
Lien vra of haar ma weer sal drink en sy sê sy sal hard daarteen stry.
•
Lien vra of hulle ooit vir “Pa” sal kan vergewe en haar ma antwoord nie.
•
Christien gaan wys vir Lien die kapelletjie waar Bach se musiek gespeel word en hulle luister na “Air on a G
String.” Lees na oor waar die naam van die stuk vandaan kom.)
57
•
•
•
Lien vra waarom haar ma nie meer wil klavier speel nie en sy sê dis asof dit behoort tot ’n lewe waar alles goed
en reg was. En sy kón nie speel met ’n paar wyne in nie.
Lien sê haar ma moet huis toe kom en bedoel dit regtig.
Sy gee vir haar ma die toegedraaide CD met Chopin-klavierkonserte.
Summary
•
Tannie Bets and Lien pull up to the clinic. Lien has to face her mother alone.
•
To Lien’s surprise the other patients seem more normal than she expected.
•
Lien finds a much thinner Christien in the garden. She is surprised and hugs Lien. Lien hugs in return, despite
feeling uncomfortable doing so.
•
They chat about Braam, the church’s assistance and tannie Bets’s food.
•
Christien seems disconnected.
•
She talks about the first day at the clinic, when staff searched through everything in search of hidden alcohol.
•
There is no mercy, secrets or pretending at the clinic.
•
The patients have daily sessions with a psychologist. Christien’s therapist is Harry, a sympathetic, but
outspoken man.
•
The wine made her pain bearable. Christien realises now that she neglected her children. Harry said she must
forgive herself before she can expect forgiveness from others.
•
Christien says she will fight the urge to drink.
•
Lien asks if they will be able to forgive their father, but Christien does not answer.
•
Christien shows Lien the little chapel where Bach’s music is played.
•
Lien asks why her mum does not play the piano any more and she explains it was part of a life where
everything was good. She also explains she was unable to play when she was drinking.
•
Lien asks her mum to come home and she actually means it.
•
She gives Christien the CD with Chopin piano concertos.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
Dis vir Lien moeilik om alleen met haar ma te gaan praat omdat
a. sy nog so kwaad voel vir haar ma.
b. sy skrikkerig is vir die opset tussen die drankverslaafdes.
c. Beide redes. (1)
In watter opsig lyk haar ma anders as voorheen? (1)
Waar of onwaar? Lien is onseker as sy by haar ma kom, want die vertroue tussen hulle is verbreek toe haar ma
hulle kinders in die steek gelaat het en Lien die verantwoordelikheid moes oorneem. (1)
Lien ignoreer haar ma se vraag oor hoe dit met haar gaan omdat sy
a. nie oor haar eie gevoelens wil praat nie.
b. eerder oor haar ma wil praat.
c. sy eerder van Braam wil vertel. (1)
Die sielkundige probeer die pasiënte se “gate toestop” en “hul wonde toewerk”. Dit beteken hy probeer werk
aan hulle leemtes en help hulle om insig in hulle probleme te kry en om te herstel. Dink jy die skrywer gebruik
hier gepaste metafore? Motiveer. (2)
Waarom, sê Christien, het sy gedrink? (1)
Harry, die terapeut, sê Christien moet eers haarself ________________ voor sy dit van haar kinders kan
verwag. (1)
Harry sê dit (alkoholisme) ”bly by jou vir die res van jou lewe”. Dit beteken ’n gerehabiliteerde alkoholis sal
altyd ’n stryd hê om nee te sê vir drank. Is dit korrek? (1)
Lien uiter die kern van hulle gesin se probleem aan haar ma. Sal ons (1)
Vir watter twee dinge moet die gesin die pa vergewe? (2)
Christien wou nie klavier speel nie omdat dit haar aan hulle vroeëre lewe herinner het, toe alles nog
________________ was. (1)
58
12.
13.
Watter opregte versoek rig Lien aan haar ma voor sy groet? (1)
Met hierdie versoek reik Lien na haar ma uit, en het haar ________________ vir haar ma begin. (1)
Woordverklarings
benoud
doekies (nie doekies omdraai nie)
doodloopstraat
dronkgatpaadjie
geheim
heler
molshopies
skielik
snork (self op te snork)
tuur
vergewe
verlig
anxious
not beat about the bush/be plain with some one
dead-end street/ be at an impasse
booze your life away
secret
healer
small molehills
suddenly
muddle along/cope as best you can
stare
forgive
relieved
HOOFSTUK 40: DIE BESOEK (2)
Opsomming
•
Lien gaan per bus en te voet na ’n vaal gebou waar sy deursoek word deur ’n man in uniform.
•
Die bewaarder laat Lien op ’n houtbankie sit terwyl hy by die deur staan.
•
Haar grys, effens krom pa kom met soekende oë staan en lyk of hy wil huil.
•
Sy wil “Ek haat jou!” uitgil, maar dink net: “My pa, my pa”.
•
Hy gaan sit uiteindelik oorkant haar en wil haar hand vat, maar sy ruk weg.
•
Daar is ’n vreemde, onseker trek om sy mond, maar sy sien iets bekends in sy oë.
•
Hulle kyk lank net vir mekaar.
•
Hy sê hy het baiekeer gedink hy sou haar nooit weer sien nie.
•
Sy konfronteer hom: “Hoekom het jy dit gedoen?”
•
Hy erken hy het gedink hy is die slimste en sterkste mens onder die son. Daar was versoekings en hy was gulsig.
•
Sy vra na die geld wat hulle gevat het en hy lyk ongemaklik.
•
Dié wat hulle in die buiteland belê het, het hulle grootliks in ’n twyfelagtige skema verloor. Die res het hulle
uitgegee en die ander moes hulle terugbetaal.
•
Hy sê hy weet hy het sy gesin seker vir altyd verloor. Hy wonder elke dag of hulle hom ooit sal vergewe.
•
Lien sluk haar trane en vra wanneer hy uitkom.
•
Hy sê dit sal oor sowat ses maande wees, en vat haar hand.
•
Hy sal dan seker eers na oom Frank-hulle gaan. Die tronkowerhede sal hom help om werk te kry.
•
Hy wil graag sy gesin help en praat van meubels maak.
•
Lien sê sy gaan nie meer regte studeer nie; sy weet nie wat sy wil doen nie. Sy wil die wêreld gaan sien.
•
Hy sê sy het lank en groot geword.
•
Besoektyd is verby en sy gee die pakkie droëwors wat sy gebring het, vir hom.
Summary
•
Lien is searched by a man in uniform in a grey building, which Lien reached by bus.
•
She waits on a wooden bench while a warden stands at the door.
•
When he emerges, her grey, slightly stooped father’s eyes are searching, and he looks like he wants to cry.
•
Instead of the “I hate you!” she wants to cry out, the only thought on Lien’s mind is “my dad, my dad”.
•
When her dad sits down, he tries to take her hand, but Lien pulls away.
•
There is a strange, uneasy expression around his mouth, but she recognises something familiar in his eyes.
•
After a long silence her dad says he often thought he would never see Lien again.
59
•
•
Lien confronts him with: “Why did you do it?”
He says there were temptations and he was greedy. He thought he was the smartest person ever.
•
She asks about the money they took and he explains that they lost most of it in a dodgy scheme overseas. The
rest they spent or had to return.
He knows that his family might be lost forever and he does not know if they will ever forgive him.
Taking Lien’s hand, he says he will be released in six months’ time.
At first he will stay at her uncle Frank’s. The prison authorities will help him to find work. He wants to help his
family.
Lien says she does not want to study law any more. She does not know what she wants, but she does know
she wants to see the world.
Lien gives her dad the droëwors she brought along.
•
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
13.
14.
15.
Lien se reaksie as sy haar pa uiteindelik in die tronk se besoekkamer sien, is dat sy wil (huil/ baklei/spoeg). (1)
Noem twee fisiese dinge wat vir Lien anders is aan haar pa. (Daar is vier.) (3)
Lien kry dit nie reg om “Ek haat jou” vir hom te gil nie, want
a. sy wil nie aandag trek in die tronk nie.
b. sy voel te jammer vir hom.
c. sy besef dat hy nog haar pa bly, ten spyte van wat gebeur het. (1)
Lien ruk haar hand weg toe hy dit die eerste keer wou neem, omdat sy nog so (kwaad/vreemd) voel en is dan
daarna (bly/spyt) dat sy dit gedoen het. (2)
Die onseker trek om sy mond vorm (’n kontras/’n simbool/inversie) met die gladde bek en selfvertroue wat
Lien kan onthou. (1)
Watter vrees wat hy baie kere oor haar gehad het, deel haar pa hier met haar? (1)
Na ’n lang stilte konfronteer Lien haar pa met haar eerste woorde. Wat is haar vraag? (1)
Lien se pa (toon selfinsig/ toon nie selfinsig nie) as hy verduidelik van die versoekings en sy eie
_______________________. (2)
Wat verwag haar pa sal sy gesin se houding teenoor hom wees? (1)
As Lien haar lip byt en sy haar trane voel brand, is dit omdat sy besef hoe nodig haar pa nou
_______________________ en _______________________ van sy gesin het. Daarom laat sy die tweede
keer toe dat hy haar _______________________ neem. (2)
Waarom glimlag sy toe hy sê hy sal dalk meubels maak as hy uitkom? Verduidelik en verwys na die
videokamera. (2)
Lien se pa reageer (teleurgesteld/vies/ontevrede) toe sy sê sy gaan nie meer vir prokureur studeer nie. (1)
Hoe is dit moontlik vir Lien en Braam om te gaan studeer as hulle nou so swaarkry? (1)
Haar pa sê sy het grootgeword en “ is nie meer (sy) poplap nie”. Hy bedoel hier sy is nie meer
(vrolik/naïef/verspot/spelerig) nie. (1)
Lien het vir hom sy gunstelingeetgoed, _______________________, saamgebring. (1)
Woordverklarings
bewaarder
onhandig
poplap
uiteindelik
versoekings
verstom
warden
clumsy
sweetie
eventually
temptations
stunned
60
HOOFSTUK 41: ’N BIETJIE KULTUUR
Opsomming
•
Lien kyk na haar karakter, Maria, se bleek gesig met die donker kringe onder haar oë in die spieël. Lien is
rustig in die geskarrel agter die skerms en gaan trek die hemelse verhoogreuk agter die wynrooi gordyne in en
loer deur die skrefie.
•
Hein het vir Tibbey in sy blou kar tot in die paadjie langs Roos en haar peroxide-dogter in die tweede ry
gestoot. Die eregaste skuur by die kar verby, van Ou Uil en tannie Uil tot Kuifie en Valetjie.
•
Tibbey praat sonder ophou en Roos, in ’n helderpienk pakkie, kyk ongemaklik voor haar. Die peroxide-dogter
kou en kyk rond in haar swart nommertjie wat erg cleavage wys.
•
Almal neem hul plekke in en die gordyn gaan oop. Lien word hoendervleis van opwinding. Dis waar sy wil
wees. Ongeag klein foutjies, verloop hulle eerste regte optrede vlot en juf. Breytenbach is in ekstase.
•
Lien voel of sy vlieg; sy ervaar sukses op die verhoog. Sy loer later alleen deur die gordyne na die saal.
•
Die Verbruikerstudieleerders het hulle oortref met die kos.
•
Mathilda Hanekom speel gewilde musiek op die klavier reg voor die verhoog.
•
Juffrou Breytenbach geniet almal se aandag. Tannie Bets en oom Faantjie bespreek die eetgoed.
•
Roos en haar dogter oorlaai hulle borde met eetgoed. Tibbey verduidelik iets van sy karretjie vir ou Uil.
•
Lien sien haar ma onseker in ’n nuwe swart broek en toppie naderkom. Sy is maer en bleek en neem vrugtesap
voor sy vir tannie Bets gewaar.
•
Matilda vat ’n blaaskans en tannie Bets por Christien, wat donker kringe onder haar oë het, om iets te speel.
Uitendelik stem sy in. Eers sukkel sy ’n bietjie, en dan groei haar selfvertroue totdat sy spéél.
•
Lien weet Schubert se “Impromptu” in G-kruis mineur is vir háár en vee haar trane aan die wynrooi gordyne af.
Christien lyk verleë oor die applous, maar lyk soos die regte ma wat Lien onthou en Lien dink dat sy dalk dié
keer regtig terug is.
•
Lien glip uit na buite, en voel rustig onder die halfmaan en enkele sterre. Hein het vir Tibbey gaan aflaai en sy
sien die bakkie van Venter Constructions is terug.
•
Lien groet vir Roos, wat haar komplimenteer en sê Lien kan dit maak.
•
Peroxide glimlag terterig vir Christiaan. Sy pak ’n groterige bak vol eetgoed in.
•
Lien sê vir Roos sy is ’n great pel en Roos groet met ’n “sien jou wanneer ek jou sien”. Albei weet Lien sal nie
sommer weer bedel nie.
•
Haar ma gesels met Kuifie en Valetjie en Lien hoop dis oor die musiekpos.
•
Wouter en Riekie nooi haar om die sukses saam met hulle te gaan vier by Riekie se huis. Lien besluit om te
gaan en om sommer ook oor die afskeid te praat: dat sy en Wouter nie meer saam gaan nie. Sy sê sy bring
iemand saam en hulle sal self daar kom.
•
Lien kies koers pawiljoen toe met eetgoed, twee koeldrankglasies en ’n bottel met ’n bietjie roséwyn.
Summary
•
Lien, as Maria, is backstage with the other actors. She enjoys the heavenly smell of the stage area and peeps
through the maroon curtains.
•
Hein has pushed Tibbey in his blue cart to next to Roos and Peroxide in the second row. Roos looks
uncomfortable in her impossibly bright pink outfit while Peroxide is in a little black number which shows way
too much cleavage.
•
Lien gets goosebumps when the play starts. This is where she wants to be.
•
The evening is a great success. Juffrou Breytenbach is ecstatic.
•
The audience enjoys the food prepared by the Consumer Studies learners, as well as Mathida Hanekom’s
music on the piano.
•
Lien sees her mum, looking uneasy and wearing a new black outfit. She is pale and thin and takes juice from a
tray. Then Christien sees tannie Bets.
61
•
•
•
•
•
•
•
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Mathilda, the pianist, takes a break and tannie Bets urges Christien to play something. At first Christien lacks
confidence, but eventually she plays well. Lien recognises the piece and knows her mother is playing it for her.
Lien wipes her tears on the curtains.
Christien looks like the mum Lien knew long ago. Perhaps this time she really is back.
Outside the hall Lien sees that Hein has returned after taking Tibbey home.
Roos pays Lien a compliment and says Lien will make it. Lien calls Roos “a great pal”. They both know Lien
will not be begging again.
Christien is in conversation with Kuifie and Valetjie and Lien believes it is about the music post at the primary
school.
Wouter and Riekie invite Lien to Riekie’s house to celebrate their success. Lien decides to go and to take Hein
with her. She wants to tell Wouter and Riekie that she and Wouter will not be going the the farewell as a couple
any more.
Lien is on her way to the pavilion with snacks, two cold drink glasses and some leftover rosé from the
reception.
Donker kringe onder die oë verklap iets van swaarkry, stres of min slaap en Lien (identifiseer uiteindelik
wel/identifiseer nie) met haar karakter, Maria (nie). (1)
Kies die BESTE moontlikheid: Lien nooi vir Tibbey en Roos na die skoolopvoering en dit wys veral
a. dat haar verhouding met hulle vir haar belangrik is.
b. dat sy dink hulle kort ’n bietjie kultuur.
c. dat sy vir hulle ordentlik en lekker wil laat eet.
d. dat sy eintlik vir hulle tot siens sê en hulle nie weer gaan sien nie. (1)
Roos en Peroxide se uitrustings en optrede word
a. sosiaal effens onvanpas, maar lewensgetrou en ietwat humoristies uitgebeeld.
b. doelbewus oorhumoristies uitgebeeld.
c. onregverdig minderwaardig uitgebeeld. (1)
Waar of onwaar? Die opvoering was ’n sukses, ongeag ’n paar klein foute. (1)
Lien “voel of sy vlieg” na die toneelstuk. Dit beteken sy is (in ekstase/in ’n verleentheid). (1)
Watter persoon se teenwoordigheid by die opvoering is agterna ’n groot verrassing vir Lien? (1)
Wie dink jy is daarvoor verantwoordelik dat Lien se ma by die konsert is en ook mooi aangetrek is? (1)
Christien is bereid om weer klavier te speel
a. omdat sy besig is om haar probleme te oorkom.
b. omdat sy hou van aandag.
c. omdat tannie Bets so aanhou.
d. omdat daar baie mense is wat applous kan gee. (1)
Hoe weet Lien haar ma speel eintlik vir háár? (1)
Die leser lei af Lien kry hoop vir die herstel van die verhouding met haar ma
a. omdat sy aangedaan huil toe haar ma weer klavier speel.
b. omdat Christien weer vir Lien soos haar regte ma lyk.
c. omdat Lien baie rustig word.
d. Al drie vorige redes. (1)
Lien se terugvoer aan Roos “Jy is ’n great pel” wys
a. Lien aanvaar vir Roos.
b. Lien waardeer vir Roos.
c. Lien is dankbaar vir Roos se lojaliteit op die straathoek.
d. Al drie verklarings. (1)
Roos se groet “Sien jou wanneer ek jou sien” wys sy (aanvaar/aanvaar nie) dat Lien hierna ’n lewe sonder
bedel gaan hê en hulle haar maar min sal sien (nie). (1)
62
13.
14.
15.
16.
Waarom hoop Lien Kuifie gesels met haar ma oor die musiekpos? (1)
Kies die BESTE rede: Lien besluit om nie meer saam met Wouter afskeid toe te gaan nie
a. omdat sy sien hy en Riekie hou van mekaar en dit aanvaar.
b. omdat sy vir hom vies is.
c. omdat sy beter inskakel by die skool.
d. oor haar persoonlike probleme. (1)
Vir wie wil Lien saamneem na Riekie se huis toe? Verduidelik hoe jy weet dis hierdie persoon? (3)
Wat gaan doen Lien op die pawiljoen met die eetgoed en bietjie wyn? Verduidelik. (2)
Woordverklarings
aanvanklik
blaaskans (vat ’n blaaskans)
hysbakmusiek
kultuur
pogings
verdwyn
initially
take a break
elevator music
culture
attempts
disappear
NASPEL
Opsomming
•
’n Groepie mense ryg hulle laggend in op ’n bank voor ’n televisie.
•
Hulle kyk ’n video wat van mense by die see geneem is.
•
Die amateurkameraman laat die beeld kantel.
•
Die bruingebrande seun het ’n bos swart krulhare onder sy bofbalpet.
•
Daar is ook ’n ernstige blonde jongman met ’n prominente neus wat met sy harige arm besitlik om die
donkerkopmeisie se skouers staan.
•
Sy lag en dra ’n swart T-hemp waarop “Tuks Drama” gedeeltelik gesien kan word.
•
Die laggende ouer vrou het ’n modieuse kort kapsel met ’n geel blom agter haar oor.
•
Sy lag toe die kameraman weer die kamera laat kantel na sy yslike mansvoete in blou plakkies.
Summary
•
A family happily squeezes in on a couch in front of a television.
•
On screen is footage of their seaside holiday.
•
The amateur cameraman tilts the camera.
•
A suntanned boy has a shock of curly black hair visible under his baseball cap.
•
There is also a serious-looking blonde guy with a prominent nose, who places his hairy arm possessively
around the shoulders of a dark-haired girl.
•
She laughs. On her black T-shirt the slogan “Tuks Drama” is discernable.
•
A laughing older woman with a short, modern hairstyle and a yellow flower behind her ear can be seen.
•
She laughs when the cameraman again tilts the camera towards his own big feet in blue flip flops.
Vrae
1.
2.
3.
4.
5.
6.
Die atmosfeer waarin die groepie mense op die bank voor die televisie gaan sit is
(lighartig/somber/verdrietig). (1)
Wie is die “hy”wat die Play -knoppie druk waarskynlik? Motiveer. (2)
Wie is die blonde jongman? Watter twee uitstaande kenmerke van hom bevestig sy identiteit? (3)
Sy besitlike arm om Lien dui waarskynlik daarop dat hulle (in ’n verhouding is/net vriende is/toevallig
so staan).(1)
Lien het uiteindelik gaan (reis/au pair/drama studeer/werk). (1)
Aan watter inrigting is Lien verbonde? (1)
63
7.
8.
9.
10.
11.
12.
Wat het van Lien se reisplanne geword? Waarom word dit nie uitgeklaar nie? (3)
Hier is ’n tydsprong gemaak tussen die laaste hoofstuk en “Naspel”. Sou jy die sprong skat as (ses maande/een
of twee jaar/vyf jaar)? (1)
Lien en haar ma lag albei (gespanne/ontspanne) – wat suggereer dat die gesin se tyd van (worsteling met
probleme/jaloesie op mekaar/woede vir die samelewing) grootliks verwerk en verby is. (1)
Lien het haar dronk ma vroeër as “geel en gelukkig” beskryf. Dis eintlik (ironies/satiries), want die
oppervlakkige geluk van ’n drinker is nie werklike geluk nie. Hier het Lien se ma ’n geel blom agter haar oor en
dit word ’n (hiperbool/simbool) van haar geluk en herstel. (2)
Christien lag vergewensgesind as die kameraman die kamera laat kantel en sy eie paar mansvoete wys. In die
“Voorspel” was dit sy wat die kamera laat kantel het en haar voete afgeneem het. Sy weet nou hoe maklik dit is
om foute of verkeerde keuses te maak. Die kantel van die kamera word hier (’n metafoor/ vergelyking) vir albei
ouers se dwalings. Die feit dat almal saam is en gelukkig is, suggereer dat die gesin die pa (vergewe het/steeds
kwalik neem). (2)
Interessant: Watter ooreenkomste tussen Lien en Norah Jones se lewe kan jy raaksien? Noem drie. (Daar is
meer.) Dink jy dit is bloot toevallig, of het die skrywer doelbewus dié sangeres gekies as die een wie se lirieke
Lien ’n lang tyd troos, asof Norah verstaan? (4)
Woordverklarings
asemrowend
besitlik
kantel
onverstaanbaar
breathtaking
possessive
tilt
incomprehensible
64
Related documents
Download