13 DIE METING VAN DIE PRESTASIE VAN DIE EKONOMIE Leeruitkomste Verduidelik die vyf makro- ekonomiese doelwitte Verduidelik wat die nasionale rekeninge is Verduidelik die belangrikste begrippe met betrekking tot die nasionale rekeninge Toon die verwantsakp aan tussen die belnagrikste nasionale rekeninge begrippe Definieer werkloosheidskoers Definieer die verbruikersprysindeks (VPI) Verduidelik die betalingsbalans Verduidelik wat di Lorenz-kromme en die Gini-koëffisiënt is 1. MAKRO- EKONOMIESE DOELWITTE 5 Makro- ekonomiese doelstellings 1. Ekonomiese groei 2. Volle indiensname 3. Prysstabiliteit 4. Betalingsbalansstabiliteit 5. Regverdige inkome verdeling Vervolgens kortliks bespreek a. Ekonomiese groei Die totale produksie van goedere en dienste van een tydperk na die volgende moet toeneem. b. Volle indiensname Die ideaal is dat al die produksiefaktore in ‘n land ten volle aangewend moet word. c. Prysstabiliteit Die doelstelling is om inflasie so laag as moontlik te hou. d. Betalingsbalansstabiliteit Daar moet ‘n balans tussen die invoer en uitvoer wees. e. Regverdige inkome verdeling Die verdelingsdoelwit is gedeeltelik ‘n subjektiewe of normatiewe kwessie. 2. DIE METING VAN DIE PEIL VAN EKONOMIESE AKTIWITEIT Bruto Binnelandse Produk (BBP) Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat gedurende ‘n sekere tydperk binne die grense van ‘n land geproduseer is. Die verskillende elemente van die definsie van die BBP word kortliks ontleed a. Die eerste belangrike element is waarde Pryse van verskillende goedere en dienste word gebruik om die waarde van die produksie te bepaal. Beskou die volgende 20 Appels kan nie met 30 pere vergelyk word nie, maar die makwaarde van albei produkte kan bymekaar getel word om ‘n gekombineerde maatstaaf van die produksie van die twee goedere te verkry. Indien: Appels – 80c elk Pere – R1 elk 20 Appels teen 80c en 30 Pere teen R1 is onderskeidelike markwaardes. Appels : R 0.8 x 20 = R16 Pere : R1 x 30 = R30 Gesamentlike waarde van die twee produkte is R46. b. Die tweede belangrike element finale. Daar moet tussen finale en intermediêre goedere onderskei word Finale goedere – Goedere wat deur individuele huishoudings en firmas gebruik word. Intermediêre goedere – Goedere wat gekoop word om as insette in die produksie van ander goedere gebruik te word. of Enige produk wat aangekoop word met die doel om dit weer te verkoop of te verwerk. Let egter daarop dat die uiteindelike gebruik van ‘n produk is wat bepaal of dit ‘n finale of intermediêre produk is. c. Binne die grense van ‘n land Binne die grense van ‘n land word in sommige definisies vervang met die term “in die ekonomie”. BBP is ‘n geografiese begrip wat al die produksie wat binne die geografiese gebeid van ‘n land geproduseer is, insluit. d. Die vierde belangrike element is slegs goedere en dienste wat gedurende ‘n bepaalde tydperk geproduseer is, word by die BBP ingesluit. Die BBP het betrekking op die produksie van nuwe goedere en dienste gedurende ‘n spesifieke tydperk, ook bekend as heersende produksie. Gedurende die tydperk waarvoor BBP bereken word, veroorsaak veroudering en slytasie wat die waarde van die kapitaaltoerusting verminder of depresieer. Voorsiening moet vir waardevermindering gemaak word en hierdie voorsiening moet van die waarde van die produksie afgetrek word. Deur die voorsiening vir waardevermindering af te trek, verander die bruto totaal na ‘n netto total. Die netto totaal is ‘n meer korrekte maatstaaf van die ekonomiese prestasie, omdat dit die afname in die waarde van die kapitaalgoedere insluit. Drie maniere om dubbeltelling te vermy 1. Toegevoegde waarde ook bekend as Produksiebenadering 2. Finale goedere en dienste ook bekend as Bestedingsbenadering 3. Inkome van produksiefaktore ook bekend as Inkome benadering a. Produksiebenadering By elke transaksie word slegs die toegevoegde waarde in berekening gebring. Beskou die volgende voorbeeld: ‘n Boer produseer 1000 sakke koring wat teen R10 per sak aan ‘n meulenaar verkoop word om ‘n opbrengs van R10 000 te lewer. Die meulenaar verwerk die koring tot meel wat hy vir R12 500 aan ‘n bakker verkoop Nadat die brood met die meel gebak is, verkoop die bakker dit aan ‘n winkel vir R18 000. Die winkel verkoop vervolgens die brood aan die finale verbruiker vir R21 000. Berekening- Tabel Deelnemer Boer Meulenaar Bakker Winkellier Total Waarde van verkope R10 000 R12 500 R18 000 R21 000 R61 500 Toegevoegde waarde R10 000 R2 500 R5 500 R3 000 R21 000 Let daarop dat die totale waarde gelyk is aan R21 000 (Ons gebruik die toegevoegde waarde) b. Bestedingsbenadering Die verkope het slegs betrekking op finale goedere en dienste. Dubbeltelling kan vermy word deur slegs die waarde van verkope van goedere en dienste aan die finale verbruikers te gebruik dus is die totale waarde van die verkope aan die finale verbruikers (Winkellier) gelyk aan R21 000 soos in die bostaande tabel Let egter daarop dat die uiteindelike gebruik van ‘n produk is, wat bepaal of dit ‘n finale of intermediêre produk is. As die meel in die bogenoemde voorbeeld deur verbruikers gekoop is, sou dit as ‘n finale produk klasifiseer gewees het. Sou die meel nie gedurende die betrokke tydperk verkoop word nie, word dit deel van die meulenaar se voorrraad. c. Inkome benadering Dit is slegs die inkome wat in die verskillende stadiums van die produksieproses deur die deelnemers aan die proses verdien is, in berekening te bring. In die voorbeeld is R10 000 gedurende die boerderystaduim verdien, R2 500 gedurende die meulstadium. R5 500 gedurende die bakstadium, R3 000 gedurende die finale verkoop stadium. Dit lewer ‘n totaal van R21 000 Let daarop dat die totale inkome in die ekonomie net sal toeneem indien die produksie toeneem. Drie metodes om BBP te bereken 1. Produksiebenadering (toegevoegde waarde) Verkoopprys – aankoopprys 2. Bestedingsbenadering (finale goedere en dienste) 3. Inkome benadering (inkome van die produksiefaktore) a. Vanaf produksiefaktore b. Lone, rente, huur, wins c. NB: bereken wins Produksie is die bron van alle inkome. Die enigeste manier waarop inkome in die ekonomie geskep kan word is deur goedere en dienste te produseer en te verkoop. Produksie, inkome en bestedingsbenadering tabel: Rolspeler Koop 1ste 0 A A B Laaste Verkoop (TGW) Lone Huur Rente Wins Som A–0 w r i p wrip1 B B-A w r i p wrip2 C C-B w r i p wrip3 Totaal (TGW) www rrr iii ppp Som Voorbeeld 1: Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die: 1) Produksie benadering 2) Bestedings benadering 3) Inkome benadering. Die Merino wol (vanaf Suid-Afrika) is bekend vir hul sagtheid en kwaliteit. Die wol komberse is aanlyn te koop by Tich and Bean (In verkoop kolom: 2600 x 9 = 23 400). Die komberse word verkoop vir R2600 per stuk. Mev Bezuidenhout koop nege van die komberse by Tich and Bean. (2600 x 9) Omdat Tich and Bean ʼn aanlyn winkel is, is hul uitgawes beperk, hulle betaal slegs lone van R1500. Tich and Bean het die komberse aangekoop vanaf Love Weaving wat R500 se loon, R800 se huur en, R440 se rente betaal, terwyl hulle ʼn wins van R1860 maak. Die spesiale wol is oorspronklik van ʼn Merino boer verkry, wat die rou produk aan Draw the Line verkoop het. Die boer maak ʼn wins van R6658 op die wol en betaal huur van R422, rente van R320 en lone van R2500. Draw the Line is Love Weaving se verskaffers. Hulle verander die rou wol in garing en voeg R5700 se waarde by tot die produk. Hulle lone beloop R868, huur R740 en hulle betaal ook rente. Verder maak Draw the Line ʼn wins van R3192 op die transaksie. Let daarop dat die syfers in geel die enigste informasie is wat aan jou gegee word. Rol spelers Koop Verkoop TGW (Verkoop – Koop) Lone (W) Huur Rente (R) (I) Wins (P) Som (W + R + I + P) Merino wol 0 9 900 9 900 2500 422 320 6658 9 900 Drwa the line 9 900 15 600 5 700 868 740 900 3192 5 700 Love weaving 15 600 19 200 3 600 500 800 440 1860 3 600 Tick and Bean 19 200 23 400 4 200 1 500 0 0 2 700 4 200 Carli 23 400 Bezuidenhout (2600 x 9) Bestedingsbenadering 23 400 (2600 x 9) Produksiebenadering 23 400 (2600 x 9) Inkomebenadering Voorbeld 2: Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die: 1) Produksie benadering 2) Bestedings benadering 3) Inkome benadering. George (die eienaar van ‘n koffie plaas) verkoop R 5 000 se koffie bone aan ʼn koffie produsent (Nestlé Nespresso). George betaal sy werkers R700 en huur sy perseel teen R1000. George betaal ook rente van R200 op sy besigheid se lening. Nespresso, gebruik die bone om koffie kapsules te vervaardig ter waarde van R10 000. Nespresso se loononkostes beloop R900 en huur masjinerie teen R400. Nespresso moet ook rente van R1 000 betaal. Nespresso verkoop die koffie kapsules vir R17 000 aan Yuppiechef waar Yuppiechef die kapsules verkoop aan verbruikers regoor Suid Afrika. Yuppiechef se salarisse beloop R1 100 en rente op die oortrokke bankrekening is R 400. Rolspelers George Nespresso Koop 0 5 000 Verkoop 5 000 17 000 TGW 5 000 12 000 Lone 700 900 Yuppiechef 17 000 0 17 000 1 100 Huur 1 000 400 Rente 200 1 000 400 Wins 3 100 9 700 Som 5 000 12 000 15 500 17 000 Voorbeeld 3: Gebruik die inligting wat volg en bereken BBP volgens die: 1. Die produksiebenadering 2. Inkomste benadering Steven verdien 'n bestaan deur diamante te grawe in ou mynskagte buite Kimberley. Hy betaal die veiligheidswagte R 100 vir toegang tot die gebied en betaal ook R350 vir uitstaande skuld op sy toerusting. Hy verkoop die diamante wat hy vir R950 opgesluit het aan De Beers wat weet hoe om diamante skoon te maak. De Beers gebruik 'n werkspan van drie met 'n totale loon van R500. Hulle huur die perseel vir R600 en betaal R800 rente op die lening vir sy toerusting. Die skoongemaakte diamante word teen R3100 aan Ashanti Jewellers verkoop en dit word verwerk tot 'n armband wat vir R4600 aan NWJ verkoop word. NWJ verkoop dit aan Jean Fouche vir R7095, 'n eerstejaarstudent in Ekonomie wat dit vir Valentynsdag vir sy vriendin wil koop. Ashanti Jewellers betaal lone van R700, huur van R250 en rente van R275 op lenings. NWJ se salarisse beloop R1300 en hul huur is R1000 Berekening - Tabel Rol players Koop Verkoop Steven R950 0 De Beers R3100 R950 Ashanti Jewelers R4600 R3100 NWJ R7 095 R4600 TGW R950 R2150 R1500 R2495 Lone (W) Huur (R) Rente (I) Wins (P) R100 0 R350 R500 R500 R600 R800 R250 R700 R250 R275 R275 R1300 R1000 0 R195 Inkome (W + R + i + P) R7 095 4. Meting teen markpryse, basiese pryse en faktorkoste Drie stele pryse om BBP te bereken: a. Markpryse – Bestedingsbenadering b. Basiese pryse – Produksiebenadering c. Faktorkoste – Inkomebenadering Die verskil tussen markpryse, basiese pryse en faktorkoste is die gevolg van sekere belasting en subsidies op goedere en dienste. Indirekte belasting (belasting op produksie en produkte) Die markpryse van goedere en dienste is hoër as hul basiese pryse of faktorkoste. Subsidies (op produksie of produkte) Die markpryse is laer as die basiese pryse of faktorkoste. Twee soorte belasting en subsidies op produksie en produkte 1.1 Belasting op produkte Verwys na die belasting wat per eenheid van ‘n bepaalde produk of diens betaalbaar is. 1.2 Ander belasting op produksie Verwys na belasting op produksie wat nie aan bepaalde goedere en dienste gekoppel is nie. R950 R2150 R1500 R2495 R7 095 2.1 Subsidies op produkte Sluit in regstreekse subsidies wat per eenheid wat uitgevoer is betaal word ten einde uitvoer aan te moedig sowel as produkgekoppelde subsidies op produkte wat plaaslik verbruik word. 2.2 Ander subsidis op produksie Verwys na subsidies wat nie aan bepaalde goedere en dienste gekoppel is nie. Berekening van BBP teen markprys en faktorkoste BBP @ basiese pryse = BBP @markpryse – belasting op produkte + subsidies op produkte BBP @ basiese pryse = BBP @faktorkoste + ander belasting op produksie – ander subsidies op produksie BBP @ faktorkoste = BBP @basiese pryse – ander belasting op produksie + ander subsidies op produksie BBP @ markprys = BBP @basiese pryse + belasting op produkte – subsidies op produkte 5. Meting teen heersende en konste pryse a. BBP teen heersende pryse – Nominale BBP b. BBP teen konstante pryse – Reële BBP Nominale pryse (Geld of monotêre waardes) Nominaal beteken “volgens die naam” Wat nou gevra word in die winkel Huidige pryse Inflasie ingesluit Reële pryse (Inflasie) Reël beteken “werklik” of “wesenlik” Koopkrag As pryse verhoog daal die reële waarde Relatief tot ‘n basisjaar Konstante pryse Inflasie uitgesluit Izak het in 1992 ‘n salaris van R5 000 per maand verdien. Terwyl Sipho in 2013 ‘n salaris van R5 000 per maand verdien. Nominaal het Izak en Sipho dieslefde salaris verdien. In Reële terme het Izak egter meer as Sipho verdien. Nominale en Reële BBP Beskou die volgende voorbeeld Drie produkte 1. Appels 2. Piesangs 3. Lemoene In 2005 100 appels geproduseer en teen 50c elk verkoop 200 Piesangs geproduseer en teen 25c elk verkoop 150 Lemoene geproduseer en teen 30c elk verkoop Die totale waarde van die produksie in 2005 is (100 x 50c) + (200 x 25c) + (150 x 30c) = 50 + 50 + 45 = R145 In 2013 150 Appels geproduseer en teen R1 verkoop 200 Piesangs geproduseer en teen 40c verkoop 100 Lemoene geproduseer en teen 50c verkoop Die totale waarde van die produksie in 2013 is (150 x R1) + (200 x 40c) + (100 x 50c) = 150 + 80 + 50 = R280 Berekening van reële BBP Ons gebruik 2005 as die basisjaar en 2005-pryse om die waarde van produksie in 2013 teen konstante pryse te bereken. (150 x 50c) + (200 x 25c) + (100 x 30c) = 75 + 50 + 30 = R155 Nominale BBP 2005 100 Appels teen 50c 200 Piesangs teen 25c 150 lemoene teen 30c Totaal = R50 = R50 = R45 = R145 Nominale BBP 2013 150 Appels teen R1 200 Piesangs teen 40c 100 Lemoene teen 50c = R150 = R80 = R50 = R280 Reële BBP 2013 150 Appels teen 50c 200 Piesangs teen 25c 100 Lemoene teen 30c = R75 = R50 R30 = R155 Toename in nominale BBP tussen 2005 en 2013 𝟐𝟖𝟎−𝟏𝟒𝟓 𝟏𝟒𝟓 × 𝟏𝟎𝟎 𝟏 = 93.1 % Toename in reële BBP tussen 2005 en 2013 𝟏𝟓𝟓−𝟏𝟒𝟓 𝟏𝟒𝟓 × 𝟏𝟎𝟎 𝟏 = 6.9 % Voorbeeld 1: Die tabel hieronder bevat inligting oor die Suid- Afrikaanse ekonomie wat Coke en sjokolade vervaardig. Die basis jaar is 2014. Jaar Prys van coke 2014 2015 2016 R12 R14 R18 Hoeveelheid coke 150 180 190 Prys van sjokolade R7 R8 R9 Hoeveelheid sjokolade 40 60 60 Bereken die reële BBP vir 2016. Produk Coke Sjokolade Prys 2014 R12 R7 Hoeveelheid 2016 190 60 Reële BBP P2014 x Q2016 R2 280 R420 R2 700 Voorbeeld 2: Berekening - Tabel Produk Klere Kos Meubels Petrol P 2010 R1 250 R1 160 R850 R9 100 Q 2010 565 927 256 341 P 2017 R1 300 R1 210 R870 R9 150 Q 2017 570 955 266 350 P 2018 R1 350 R1 280 R910 R9 820 Q 2018 588 987 284 394 Deur gebruik te maak van die tabel, bereken Reële BBP vir die jaar 2018.(Gebruik 2010 as basis jaar) 2017 Klere Kos Meubels Petrol P 2010 R1 250 R1 160 R850 R9 100 Q 2017 570 955 266 350 Totaal P2010 x Q2017 = R712 500 = R1 107 800 = R226 100 = R3 185 000 = R5 231 400 2018 Klere Kos Meubels Petrol P 2010 R1 250 R1 160 R850 R9 100 Q 2018 588 987 284 394 Totaal P2010 x Q2018 = R735 000 = R1 144 920 = R241 400 = R3 585 400 = R5 706 720 BBP van 2018 − BBP van 2017 100 × BBP van 2017 1 = 𝑅5 706 720 − 𝑅5 231 400 = 9,09% 𝑅5 231 400 × 100 1 Voorbeeld 3: Fire swembaddens Pluimvee omheining Grasdak lapas P 2015 Q 2015 R15 000 600 Totale waarde in 2016 Q 2017 900 1 600 R32 000 P 2017 R800 000 16 R780 2 500 R40 000 20 Totale waarde in 2017 R16 200 000 1. Bereken die nominale waarde vir die BBP in 2015 Nominale BBP van 2015 = (R15 000 x 600) + R800 000 + (R32 000 x 16) = R9 000 000 + R800 000 + R512 000 =R10 312 000 2. Bereken die reële waarde van BBP in 2017 (2015 basis jaar) Reële BBP vir 2017 = (R15 000 x 900) + ( 𝑅800 000 1600 × 𝑅2 500 1 ) + (R32 000 x 20) = R13 500 000 + R1 250 000 + R640 000 = R15 390 000 3. Met hoeveel het die reële BBP gegroei tussen 2015 en 2017 Groeikoers = Reële BBP van 2017−Reële BBP van 2015 = Reële BBP van 2015 𝑅15 390 000−𝑅10 312 000 𝑅10 312 000 × × 100 1 100 1 = 49,24% 6. Bruto nasionale inkome of produk Bruto nasionale inkome (BNI) Inkome wat verdien is deur alle permanente inwoners van die land. Sluit alle produksie in deur produksiefaktore, ongeag waar dit voorkom BNI = BBP – faktorbetalings aan die buiteland + faktorbetalings aan Suid-Afrikaners Brekening van nasionale-rekeninge-totale Beskou die volgende voorbeeld Bereken die nasionale-rekeninge-totale in Suid-Afrika vir 2013 teen markprys Finale verbruikersbesteding deur huishoudings Bruto Kapitaalvorming Finale verbruikersbesteding deur die algemene owerheid Respos = Bruto binnelandse besteding + Uitvoere van goedere en dienste − Invoer van goedere en dienste = Bruto binnelandse produk teen markprys - Netto primêre inkomebetalings = Bruto nasionale inkome teen markprys 7. Besteding aan BBP Besteding aan BBP Besteding aan goedere en dienste geproduseer in ʼn land. Totale besteding bestaan uit die volgende elemente: a. b. c. d. e. Verbruikersbesteding deur huishoudings (C) Investeringsbesteding deur firmas (I) Owerheidsbesteding (G) Besteding aan uitvoer (X) Besteding aan invoer (Z) R2 057 898 R655 519 R752 781 R14 360 R3 480 558 R1 054 353 R1 149 542 R3 385 369 R71 324 R3 314 045 Die volgende vergelyking word gebruik BBP = C + I + G + (X - Z) Bruto kapitaalvorming Geen voorsiening is gemaak vir die verbruik van vaste kapitaal nie. Vaste kapitaalvorming Aankoop van kapitaalgoedere soos geboue en toerusting. Veranderings in voorraad Goedere wat in die betrokke tydperk geproduseer is, maar nie verkoop is nie. Die volgende komponent van die besteding aan die BBP is: Die finale verbruikersbesteding deur die algemene owerheid Sluit kapitaalbesteding deur die owerheid uit Die owerheid se kapitaalvorming word in die nasionale rekeninge by die bruto kapitaalvorming ingesluit. ‘n Beduidende deel van die besteding aan die Suid-Afrikaanse BBP vind in die res van die werêld plaas. Hierdie besteding aan die Suid-Afrikaanse uitvoer moet by die ander komponente van die besteding aan die BBP getel word. Aan die ander kant, sluit C, I, G en X ook besteding aan goedere en dienste in wat nie in Suid-Afrika vervaardig is nie. Hierdie invoer van goedere en dienste moet afgetrek word om die totale besteding aan Suid-Afrikaanse goedere en dienste te bepaal. Besteding aan BBP sluit nie invoer in nie, aangesien die invoer in die buiteland geproduseer word. besteding aan BBP sluit slegs besteding aan Suid-Afrikaanse goedere en dienste in. 8. Bruto binnelandse besteding (BBB) Bruto Binnelande Besteding (BBB) Totale besteding binne die grense van die land BBB sluit die invoere (Z) in, maar sluit die uitvoer (X) uit. BBB = C + I + G Die verskil tussen die binnelandse produksie en die binnelandse besteding word in die verskil tussen die invoer (Z) en uitvoer (X) weerspeel. Netto uitvoer (NX) = X - Z Indien die BBP gedurende ‘n bepaalde tydperk groter a die BBB is, volg dit dat die uitvoer gedurende daardie tydperk die invoer oorskry het. Indien BBP > BBB is X > Z Indien BBB > BBP is Z > X Om van BBB na BBP teen markprys te beweeg: BBP @ markprys = BBB + X – Z = C + I + G + (X-Z) Om van BBP teen markprys na BNI teen markprys te beweeg: BNI @ markprys = BBP @ markprys – netto primêre inkomebetalings Let op na die volgende: -d Bruto Binneland - FB Besteding Mark Pryse Netto + FI Nasionaal Bruto +d + FB - FI +X -Z Produksie -X +Z -t Faktor koste +t +s d = Waardevermindering / Depresiasie FB = Faktorbetalings FI = Faktor ontangstes X = Uitvoere Z = Invoere T = BTW S = Subsidies -s Binneland Besteding Mark Pryse Voorbeeld 1: Komponent BBP@Markprys BTW Rente op owerheidskuldinstrumente ontvang Salarisse van SA lektore van in Australie klas gee. Oordragsbetalings deur die staat Waardevermindering Invoere Uitvoere Produksiegoedere Subsidies Salarisse betaal aan konstruksiewerkers vanuit Zambie Bereken die volgende : 1. BBPfc BBPfc = BBPmp –t + s = 30 360 – 850 +3660 = 33 170 2. BBBmp BBPmp = BBPmp – x + z = 30 360 – 2500 + 2000 = 29 860 3. NI NI = BBPmp - d – FB + FI – t + s = 30 360 – 2950 – 11 770 + 13 000 – 850 + 3660 = 31 450 Voorbeeld 2: Komponent BBP @faktorkoste Subsidies op produkte Belasting Kapitale investering Depresiasie Uitvoere Invoere Dividende verdien deur Amerikaanse aandeelhouers van aandele in Woolworths. Oordragsbetaling deur staat Lone verdien deur Suid-Afrikaanse kelners by gastehuise geleë in Canada R Miljoen 335 400 7 000 9 300 19 110 5 015 6 230 8 860 1 950 3 520 3 300 R Miljoen 30 360 850 19 000 13 000 1100 2950 2000 2500 12 860 3660 11 770 Bereken die volgende : 1. BBBmp BBBmp = BBPfc – X + Z + t – s = 335 400 – 6 230 + 8 860 + 9 300 – 7 000 = 340 330 2. NI NI = BBPfc – d – FB + FI = 335 400 – 5 015 – 1 950 + 3 300 = 331 735 Voorbeeld 3: Komponent BTW BBP @faktorkoste Subsidies Oordragsbetaling deur staat Invoere Uitvoere Depresiasie Salarisse verdien deur Au Pairs van Engeland wat kinders in Suid Afrika oppas Winste verdien by Sasol se aanleg in die VAE R Miljoen 2 600 49 100 2 100 2 600 26 000 38 500 2 100 2 600 2 900 Bereken die volgende: 1. BBBmp BBBmp = BBPfc – X + Z + t – s = 49 100 – 38 500 + 26 000 + 2 600 – 2 100 = 36 100 2. NI NI = BBPfc – d – FB + FI = 49 100 – 2 100 – 2 600 + 2 900 = 47 300 3. Bereken Suid-Afrika se handelsbalans en dui aan of dit ‘n surplus of ‘n tekort is. X–Z = 38 500 – 26 000 = 12 500 Surplus Voorbeeld 4: Komponente BTW BBP @faktorkoste Indirekte subsidies Invoer Uitvoer Depresiasie (6% van kapitaal goedere) Salarisse verdien deur Suid-Afrikaanse sokkerspelers in die Engelse premierliga Winste verdien deur Singapore Airlines wat in Suid-Afrika handel dryf Inkomebelasting Kapitaal goedere R (Rand) 16 500 293 500 43 330 10 000 20 000 35 400 125 700 17 000 36 000 Bereken die volgende: 1. NI NI = BBPfc – d – FB + FI = 293 500 – (36 000 x 6%) – 125 700 + 35 400 = 300 500 9. Die meting van werkverskaffing en werkloosheid Om werkverskaffing te meet, moet slegs bepaal word hoeveel mense werk het op die tydstip, waarop die meting plaasvind. Om die aantal werklose persone te meet moet slegs bepaal word hoeveel mense wat bereid en in staat is om te werk op daardie tydstip nie werk het nie. Die aantal werklose persone kan dan uitgedruk word as ‘n persentasie van die aantal wat bereid en in staat is om te werk. Hierdie persentasie word die werklossheidkoers genoem. Twee definisies van werkloosheid 1. Eng definisie 2. Uitgebreide definisie a. Eng definisie Om werkloos geklasifiseer te word moet ‘n person onlangse stappe geneem het om werk te soek. b. Uitgebreide definisie Die blote begeerte om te werk Volle indiensname Indiensneming – Aantal mense wat op tydstip werk het. Arbeidsmag – Aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk Tussen 15 en 65 jaar Werkloses + werkendes Uitgesluit: pensionarisse, kinders (<15jr) , persone wat nie kan werk nie, ontmoedig Werkloosheid – aantal mense wat werkloos is Werkloosheidskoers = aantal werkloses / arbeidsmag x 100 Informele sektor Informele sektor ook bekend as: 1. Skadu-ekonomie 2. Onopgetekende ekonomie 3. Ondergrondse ekonomie 4. Niewaargenome ekonomie Drie redes waarom mense in die informele sektor bedrywig is 1. Omdat hulle nie werk in die formele sektor kan kry nie 2. Omdat hulle by onwettige aktiwiteite betrokke is 3. Omdat hulle nie belasting wil betaal nie Aktiwiteite in die informele sektor Wettig / Sosiaal aanvaarbaar Produsente Self indiensgeneemde ambagsmanne Skoenmakers Kleremakers Kunstenaars Verspreiders Straat verkopers Snuffelmarkhandelaars Karweiers Boodskappers Sjebeeneienaars Dienste Taxi – operator Geldskieters Musikante Herstellers Haarkappers Fotograwe Onwettig / Sosiaal onaanvaarbaar Produsente Daggaprodusente Vervalsers Dwelmvervaardigers Verspreiders Sakkerollers Inbrekers Rowers Swartmarkhandelaars Dwelmsmouse Dienste Prostitute Smokkelaars Omkopers Kredietwoekeraars 10. Verbruikersprysindeks (VPI) As die pryse van goedere en dienste styg, neem die koopkrag van die verbruiker se inkome af. Verbruikersprysindeks (VPI) ‘n Indeks van die pryse van ‘n verteenwoordigende “mantjie” verbruikersgoedereen dienste. Die VPI verteenwoordig dus ‘n “mandjie” goedere en dienste wat ‘n huishouding aankoop. By die samestelling van die VPI moet statestiek Suid-Afrika Die goedere en dienste kies wat in die mandjie ingesluit word ‘n gewig aan elke produk of diens toeken om die relatiewe belangrikheid daarvan in die mandjie aan te dui Op ‘n basistydperk vir die berekening van die VPI besluit Op ‘n formule vir die berekening van die VPI besluit Elke maand pryse versamel om die VPI vir daardie maand te bereken Berekening van inflasie Formule: Inflasie2013 = ∆VPI VPI = VPI 2013−VPI 2012 VPI 2012 x 100 Samestelling van ‘n prysindeks Gestel dat slegs twee produkte naamlik vleis en brood verbruik word. die gemiddelde verbruiker koop 4kg vleis en 10 brode per week. In 2012 Vleis: R35 per kg Brood: R10 In 2013 Vleis: R45 per kg Brood: R12 Met hoeveel het die lewenskoste tussen 2012 en 2013 toegeneem ? In 2012 (4 x 35) + (10 x 10) = R240 In 2013 (4 x 45) + (10 x 12) = R300 Toename in die VPI tussen 2012 en 2013 300−240 240 x 100 1 = 25% 11. Die meting van transaksies met die res van die wêreld: Betalingsbalans Betalingsbalans Rekeningkundige rekord van alle transaksies met die res van die wêreld Elke land hou rekord van alle transaksies met die res van die wêreld. Opsomming van al die transaksies tussen SA huishoudings, firmas en owerheid met buitelandse huishoudings, firmas en owerhede gedurende ‘n bepaalde tydperk. Die betalinsbalans bestaan hoofsaaklik uit twee rekeninge: 1. Lopende rekening 2. Finansiële rekening a. Lopende rekening Al die verkope van goedere en dienste aan die res van die wêreld, alle aankope an goedere en dienste, al die primêre inkomste-ontvangste en betalings. Surplus in lopende rekening Wanneer daar ‘n surplus in die lopende rekening is dui dit aan dat die waarde van die land se uitvoer die waarde van die invoer oorskry het. Uitvoer > Invoer Tekort in lopende rekening Invoer > Uitvoer Inkomste ontvangstes Verwys na inkome wat deur Suid-Afrikaanse inwoners in die buiteland verdien word. Inkome betalings Verwys na inkome wat nie-inwoners in Suid-Afrika verdien. Inkomevloeie a. Vergoeding van werknemers b. Beleggingsinkome Vergoeding van werknemers Lone, Salarisse en ander voordele wat vedien word deur individue in lande buite die waarvan hulle inwoners is. Beleggingsinkome Dividende, rente, wins en ander vorms van inkome wat deur die voorsiening van finansiële kapitaal verdien word. Inkome-ontvangste in die betalingsbalans is gelyk aan die primêre inkome vanaf die buiteland. Inkome betalings in die betalingsbalans is gelyk aan die primêre inkome aan die buiteland. Onthou dat die BNI = BBP + primêre inkome vanaf die buiteland - primêre inkome aan die buiteland. b. Finansiële rekening Internasionale transaksies in bates en laste word opgeteken. Alle suiwer finansiële vloeie na en van die land, soos die aankoop en verkoop van finansiële bates. Drie hoofkomponente van die finansiële rekening 1. Regstreekse belegging 2. Portefeulje belegging 3. Ander belegging 1. Regstreekse belegging Alle transaksies waar die doel van die belegger is om beheer te verkry in die bestuur van die onderneming waarin die belegging gemaak word. 2. Portefeulje belegging Aankope van bates soos aandele of effekte waar die belegger slegs in die verwagte finansiële opbrengs van die belegging, belang stel. 3. Ander belegging Alle finansiële transaksies wat nie as regstreekse of portefeulje belegging geklassifiseer is nie. Lenings, valuta en deposito’s word ingesluit. Surplus op finansiële rekening Dui daarop dat meer fondse gedurende die betrokke tydperk die land ingevloei het as wat uit gevloei het. Dit staan bekend as netto invloei van buitelandse kapitaal. Tekort op finansiële rekening Dui aan dat die uitvloei die invloei oorskry het. Dit staan bekend as ‘n netto uitvloei van buitenadse kapitaal. Die meting van ongelykheid: Die verdeling van inkome Drie maatstawwe word gebruik 1. Lorenz – kromme 2. Gini – koëffisient 3. Kwantielverhouding 1. Lorenz – kromme Eenvoudige grafiese hulpmiddel om die graad van ongelykheid van inkome te illustreer. Om die Lorenz – kromme t.o.v. die verdeling van inkome op te stel: a. Verskillende individue of huishoudings in die ekonomie vanaf die armste tot die rykste gerangskik word. Dit word op ‘n persentasiebasis gedoen. b. Die opeenvolgende persentasies van die bevolking word op die horisontale as getoon. Die Horisontale as = kumulatiewe persentasie van inkome Die vertikale as toon die kumulatiewe persentasie van totale inkome Die Vertikale as = kumulatiewe persentasie van bevolking Tabel 1 Persentasie Bevolking Inkome Armste 20% 3 Volgende 20% 7 Volgende 20% 15 Volgende 20% 25 Rykste 20% 50 Kumulatiewe persentasie Bevolking Inkome 20 3 40 10 60 25 80 50 100 100 Figuur 1: Lorenz – kromme Punt a – Armste 20% van die bevolking, wat 3% van die inkome verdien. Punt c – Toon 60% van die bevolking, wat 25% van die inkome verdien. Diagonale lyn = Absolute gelyke verdeling van inkome Die diagonaal moet by die oorsprong begin Graad van ongelykheid Hoe groter die afstand tussen die diagonaal en die Lorenx – kromme, hoe groter is die graad van ongelykheid. Grys gedeelte = Gebied van ongelykheid 2. Gini- koëffisiënt Maatstaf van ongelykheid verkry deur gebied van ongelykheid in Lorenz-kromme te verdeel en uit te druk as ʼn verhouding van die oppervlakte van die reghoekige driehoek wat deur die asse en die diagonaal verkry word. Figuur 1 vorm die driehoek deur die punte 0, A en B. Kum.% Inkome Gini koëffisiënt kan tussen 0 en 1 lê. Inkome absoluut gelyk verdeel = 0 Inkome gelyk verdeel = nader aan 0 Inkome ongelyk verdeel = nader aan 1 In die praktyk lê die Gini-koëffisiënt gewoonlik tussen ongeveer 0.3 (meer gelyk) 0.7 (meer ongelyk). Kum.% Bevolking 3. Kwantiel verhouding Die verhouding tussen die persentasie van die inkome wat deur die hoogste x present ( % ) van die bevolking ontvang word en die persentasie van die inkome wat deur die y persent ( % ) van die bevolking ontvang word. As ons die syfers van Tabel 1 gebruik word ‘n antwoord van 50 ÷ 3 = 16,7 verkry. Hoe groter die verhouding, hoe groter is die graad van ongelykheid.