Uploaded by Tenique Olivier

Fotosintese en respirasie gr8 pakkie

advertisement
FOTOSINTESE EN RESPIRASIE
Fotosintese: Die proses waartydens chlorofil in groen plante sonlig absorber en die plante dan hierdie
energie gebruik om energieryke koolhidrate soos glukose en suurstof uit koolstofdioksied en water te
vorm.
Metabolisme: Al die chemiese prosesse wat binne ‘n lewende sel of organisme plaasvind wat nodig is
vir die behoud van lewe.
Outotrofiese organismes: ‘n Organisme wat in staat is om sy eie voedsel te vervaardig met die hulp
van lig of chemiese energie
Heterotrofiese organismes: ‘n Organisme wat nie sy eie voedsel kan vervaardig nie, dit moet ander
plante en diere eet om aan die lewe te bly.
Chlorofil: Dit is die groen pigment wat plante gebruik om ligenergie van die son vas te vang, dit kom in
chloroplaste voor.
Chloroplast: ‘n organel wat teenwoordig is in die selle van plante wat chlorofil bevat en waarin
fotosintese plaasvind.
Organel: ‘n Aantal gespesialiseerde strukture wat binne lewende selle voorkom. (soos
chloroplaste,ribosome ens.)
Glukose: Dit is ‘n koolhidraat en word in plante gestoor as stysel.
Die formule vir fotosintese:
Water
Wortels van die
plant absorber
water en
voedingstowwe
uit die grond uit
+
Koolstof
Sonlig en water
Die plant neem
koolstofdioksied
op uit die
atmosfeer deur
sy huidmondjies
Glukose
+
Glukose is ‘n
koolhidraat wat
as stysel in
plante gestoor
word
Energie vanaf
die son
Suurstof terug in
die atmosfeer
Koolstofdioksied
vanaf die
atmosfeer
Water en minerale
uit die grond
FOTOSINTESE
Suurstof
Suurstof word
vrygestel in die
atmosfeer en verlaat
die plant deur die
huidmondjies
BLAAR AANPASSINGS VIR FOTOSINTESE:
Wasagtige kutikula - sodat dit sonlig kan deurskyn.
Boonste epidermis - laat ook sonlig deur.
Pallisade selle - is regop gerangskik om soveel as moontlik selle in te pas en bevat baie chloroplaste
Sponsagtige selle - laat gaswisseling plaasvind deur die groot intersellulere lugruimtes.
Onderste epidermis - met huidmondjies (stomata)
Vaatweefsel
Figure 1: Blaar struktuur
Xileem - Vervoer water vanaf die wotels na die blare
Floeem - Vervoer glukose na ander dele van die blaar waar dit gestoor word.
RESPERASIE
Selrespirasie: Die chemiese proses wat in alle selle van organismes plaasvind waar glukose
afgebreek word deur suurstof om koolstofdioksied water en energie te vorm
Mitochondrion: ‘n Organel wat in groot getalle in die meeste selle voorkom waarin resperasie en
energieproduksie plaasvind. Hulle staan bekend as die kragsentrales van die sel
Die formule vir respirasie:
Glukose + Suurstof
Waar word die energie gebruik?
Diere benodig energie vir:
-
Spiersametrekking
Vervoer van stowwe binne die liggaam
Liggaamshitte generasie en behoud
Plante gebruik energie vir:
-
Mineraal soute opneem uit die grond
Huidmondjies oop en toe maak
Vervoer van stowwe binne in die plant
Alle organismes:
-
Metaboliese prosesse
Selverdeling
Aktiewe Vervoer
Koolstofdioksied + water + Energie
TOETS VIR SUURSTOF
Word gebruik om te sien of fotosintese werklik plaasgevind het.
‘n Gloeiend hout splinter slaan aan die brand in die
teenwoordigheid van suurstof.
Gloeiende
splinter
Suurstof
TOETS VIR WATERSTOF
Waterstof sal met ‘n knal-geluid ontplof wanneer
‘n gloeiende hout splinter nader gebring word.
TOETS VIR
KOOLSTOFDIOKSIED
Word gebruik om te sien of respirasie werklik
plaasgevind het.
As ‘n gas deur helder kalkwater geborrel word
en die kalkwater melkerig word, weet ons dat
die gas koolstofdioksied is.
TOETS VIR STYSEL
Word gebruik om te sien of respirasie werklik plaasgevind het.
Die chlorofil moet verwyder word deur die blaar eers vir 1-2 minute in kookwater te hou om die waslagie te
verwyder.
Daarna word die blaar in alkohol geplaas en dit word warm gemaak in warm water om die chlorofil te verwyder.
Die blaar word verwyder uit die alkohol en in warm water gedoop om dit sag te maak en die alkohol te verwyder,
omdat die alkohol die blaar bros maak.
Verdunde jodium-oplossing word daarop gedrup. Jodiumoplossing verander van oranjebruin na donker
blouswart in die teenwoordigheid van stysel.
FOTOSINTESE EN RESPIRASIE AKTIWITEIT
1. 'n Gr 4 leerder wou boontjies kweek en het hulle versigtig geplant en natgegooi in 'n joghurtbak. Hy
was bang dat sy klein boetie die bak sou omgooi, daarom het hy die bak in sy kas weggesteek.
a) Verduidelik wat hy sou oplet 'n paar dae nadat die boontjies geplant is. [2 punte]
b) Wat sou gebeur na 'n paar dae, met die boontjies steeds in sy kas? [2 punte]
c) Verduidelik hoekom jy hierdie resultaat vir sy boontjies verwag. [2 punte]
d) Wat moes hy doen om sy boontjies sterk en hoog te laat groei? [2 punte]
2. Wat is die vereistes vir fotosintese om te kan plaasvind? [3 punte]
3. 'n Boer kweek tamaties. Hy het van sy dogter gehoor dat plante glukose vervaardig tydens
fotosintese en hy besluit om dit self te ondersoek. Wanneer hy die blare toets vind hy nie veel glukose
nie, maar wel baie stysel.
a) Hoekom sien die boer hierdie resultaat? [2 punte]
b) Beskryf die toets wat die boer gedoen het om te bewys dat die blaar stysel bevat. [5 punte]
4. Ondergaan plante fotosintese en respirasie heeldag en heelnag? Gee redes vir jou antwoord.
[4 punte]
5. 'n Groep Gr 7 leerders wou bewys dat
koolstofdioksied gebruik word om brood te
laat rys, omdat die gis en suiker wat by die
broodmengsel gevoeg word koolstofdioksied
vorm. Hulle het die volgende twee
eksperimente opgestel. Die gas wat hulle
versamel het van elke proefbuis is deur helder
kalkwater geborrel.
a) Hoekom het hulle 'n rubberbuis
vanaf proefbuis A na Proefbuis B laat
strek? [3 punte]
b) Verduidelik hoekom hulle proefbuis
A met 'n prop toegemaak het. [1 punt]
c) Een van die proefbuise se helder-kalkwater is melkerig aan die einde van die eksperiment.
Watter proefbuis dink jy is dit en van watter opstelling? Gee redes vir jou antwoord. [2 punte]
d) Hoekom dink jy het die gisoplossing in Opstelling 1 nie koolstofdioksied gevorm nie? [2
punte]
6. Bestudeer die volgende diagram en vul die ontbrekende inligting in. [6 punte]
a)
c)
b)
d)
7. Trek 'n tabel en dui die verskille tussen die twee prosesse, fotosintese en respirasie, aan te dui. [8
punte]
8. Benoem die byskrifte genommer 1 tot 10: [10 punte]
TOTAAL: 54 punte
Download