Uploaded by The Student Hub Marlize Botha

Afrikaans(21)

advertisement
Lydende en bedrywende vorm bl. 227
1. STELLINGS:
B:
L:
B:
L:
B:
L:
TEENWOORDIGE TYD
Die meisie speel die kitaar.
Die kitaar word deur die meisie gespeel.
VERLEDE TYD
Die meisie het die kitaar gespeel.
Die kitaar is deur die meisie gespeel.
TOEKOMENDE TYD
Die meisie sal die kitaar speel.
Die kitaar sal deur die meisie gespeel word.
VOLTOOIDE VERLEDE TYD
B: Toe ek daar kom, het die seun reeds die kas
gemaak.
L: Toe ek daar kom, was die kas reeds deur die seun
gemaak.
HULPWERKWOORDE
B: Die seun kan/mag/moet die kas maak.
L: Die kas kan/mag/moet deur die seun gemaak
word.
2. VRAE:
B:
L:
B:
L:
B:
L:
TEENWOORDIGE TYD
Wat maak haar bang?
Waardeur word sy bang gemaak? OF
Deur wat word sy bang gemaak?
VERLEDE TYD
Hoekom het sy dit gedoen?
Hoekom is dit deur haar gedoen?
TOEKOMENDE TYD
Watter vrou sal haar help?
Deur watter vrou sal sy gehelp word?
3. BEVELE
B: Maak dadelik die deur toe.
L: Die deur moet dadelik toegemaak word.
B: Julle mag nie hier eet nie.
L: Hier mag nie geëet word nie.
B: ‘n Mens moet dit so doen.
L: Dit moet so gedoen word.
B: Hulle sê hy is bang.
L: Daar word gesê dat hy bang is.
B: Hulle beweer dat die vrou die pap gemaak het.
L: Daar word beweer dat die pap deur die vrou
gemaak is.
LET WEL:
Hulle, ‘n mens, die mense word nie in die lydende
vorm herhaal nie!
Huiswerk: bl. 229 no. 1.1 – 3.7
Download